title
stringlengths 0
200
| maintext
stringlengths 0
24.9k
| url
stringlengths 21
190
| date_publish
stringlengths 0
19
|
---|---|---|---|
Valtra hou aan werk
|
This post is also available in: English
Op ՚n groenteplaas moet daar deurlopend geplant en geoes word, want elke dag is markdag. Na 100 mm reën in enkele dae kan dit egter ՚n redelike modderige uitdaging wees om in enige land met ՚n trekker te beweeg en swaar vragte te sleep.
“Nie vir ons Valtra-trekkers nie,” vertel Robért Venema van Rosaly Farms by Tarlton. “Hulle gaan net aan. Ek het ՚n ander trekker wat slote uittol in ’n poging om vastrap te kry, maar kyk net hoe rustig loop die Valtras.”
Rustig is die woord. So rustig, die Valtra N103 kruip op eie stoom stadig deur die land terwyl die personeel slaai oes en die sleepwa vol kratte laai! Die smal wiele loop netjies in die vore en die trekker is hoog genoeg om skoon oor die groente te beweeg. ՚n Entjie van daar af word die T191 gou ingespan om die grond ՚n bietjie oop te rol dat dit kan afdroog voordat die volgende lot kool geplant word. Met sy 138 kW is hy net die regte perd vir die werk. Die N141 staan rustig en wag vir die planter om volgemaak te word sodat hy met sy dagtaak kan voortgaan. Die trekker het ՚n hidrouliese driepunthyser op sy snoet sodat hy vir vele ander take ook aangewend kan word.
՚n Valtra tree nie maklik af nie.
“Een van die groot voordele van die Valtras is dat jy die trekkers kan bestel soos jy hulle wil hê met enige bykomstighede vir bepaalde doelwitte,” sê Robért.
՚n Boer kan ook kies watter kleur sy trekker moet wees. By Rosaly is die meeste trekkers blou. Robert wil nie sê hoekom juis blou nie, maar dit is opvallend dat die buurman rooi Valtras het …
Die Valtra N141 wag geduldig vir die planter om volgemaak te word met die volgende sarsie koolsaailinge. Daar word elke week 700 000 saailinge op die plaas gemaak! Let op die hidrouliese driepunthyser voor.
Benewens die 800 hektaar groente onder besproeiing, plant Rosaly ook 400 hektaar droëlandmielies en daar is ook koring- en haweraanplantings vir wisselbou en vir voer vir die Simbrakudde. Benewens die Tarlton-plaas, bewerk hulle ook grond by Vaalwater.
Dit is waarom die boerdery ՚n tuiste bied aan so ՚n wye reeks trekkers uit die Valtra-stal. Hulle moet regstaan vir grondvoorbereiding, sleepwerk, laaiwerk, spuitwerk en geenbewerkingplantwerk.
Die kleiner reeks N-trekkers, ՚n N121, vyf N103’s en twee N141’s is ingerig om in die vore tussen die groentebeddings te beweeg. Al die trekkers, tot die kleineres, is vierwielaangedrewe. Robért sê: “Ons sit harde ure op hulle. Die lande onder besproeiing is kort, daar is baie draaiwerk en hulle werk sonder ophou elke dag.”
Die T191 word gou nader geroep om die modder te kom ooprol dat die nuwe koolplantjies se wortels ՚n stewige staanplek kan kry. Net vanmôre het een van Valtrac se tegnici gou iets kom versien aan die trekker, vandaar die geel merker.
Die oudste Valtra op die plaas, ՚n 2009-model, het nou amper 24 000 uur op die klok en hoewel daar tans instandhoudingsdiens gedoen word, is daar eintlik nog geen groot werk aan die trekker gedoen nie. Robért sê hy glo nie hulle sal hom sommer verkoop nie, want dit is nou op die punt waar hulle wil sien hoe ver en lank hy nog getroue diens kan lewer! Hulle enigste trekker in die S-reeks, die S293, is nie net ՚n spiertier nie, maar self ook ՚n lekker hardebaard met 14 000 eerlike werksure agter die rug.
As daar diep gewerk moet word, is dit die man wat sy krag kom vertoon. In die T-reeks gebruik hulle ՚n T171, T151, twee T191’s en die spoggerige T213 Versu met sy semi-outomatiese ratkas met 30 vorentoe en 30 truratte, kruipspoed, AutoTraction wat sorg vir gladde, koppelaarlose wisseling tussen agtertoe en vorentoe ry en die gesogte nuwe Valtra armleuningbeheer. Die kragtige hidrouliese stelsel word ook van die armleuning af beheer en die hyser lig lag-lag meer as 8 ton. Aparte oliekaste word gebruik vir transmissie en hidroulika, wat beteken daar is altyd krag wanneer dit nodig is. Die beste van alles is dat dit ՚n TwinTrac-model is; die sitplek draai om en dan werk die trekker net so goed agtertoe as vorentoe!
Robért sê Valtra is ՚n uitstekende produk, maar dit gaan ook oor die mense wat agter die produk staan. “Net soos Valtrac, is ons ook ՚n familie-onderneming; ons verstaan mekaar. As ek bel, praat ek met ՚n mens en nie met ՚n maatskappy nie.”
Boerdery is spanwerk. Rosaly Farms en Valtrac is albei familie-ondernemings en saam vorm hulle ՚n gedugte span. Brian en Robért Venema weet hulle kan Attie de Villiers van Valtrac enige tyd skakel om hulle boerdery volstoom aan die loop te hou.
Hy sê enigiets kan verkeerd gaan met ՚n masjien, maar die mense van Valtrac se legendariese dienslewering beteken dat geen stel wiele op die plaas ooit lank stilstaan nie. Hulle maak ՚n plan, maak nie saak wanneer die probleem opduik nie. Robért se seun, Brian, sê vir hom is die lekkerste ding dat jy enige tyd in ՚n Valtra kan klim en alles werk! Jy sukkel nie, jy klim in, ry en doen jou werk. Met soveel trekkers wat besig is met soveel verskillende take gelyk is dit ook nodig dat die operateurs verantwoordelikheid aanvaar vir hulle trekkers. Die trekkers moet skoongehou word en enige probleem moet dadelik aangemeld word.
As daar diep gewerk moet word, kom maak die Valtra S293 sy stem dik. Met 14 000 uur agter die blad, weet hy hoe!
Dit is nodig om die operateurs op te lei, maar die tegnologie is gebruikersvriendelik en doelmatig sonder onnodige fieterjasies. By Rosaly is dit ook nie net Valtrac se Valtras wat woes werk nie. Werktuie soos die Jumil-geenbewerkingsplanter, die Pöttinger-reeks vir hooimaak, ՚n Kuhn-baler en stewige Tatu-skottelwerktuig word ook deur Valtrac verskaf en onderhou, en almal werk net so hard soos die Venema-gesin self om kos te maak vir die mense van Suid- Afrika.
Pa en seun mik altwee graag vir die T213 as hulle self die stuurstok
moet vasvat, want “dis net anders” sê Brian en Robért Venema omtrent gelyk.
As jy op soek is na ՚n betroubare trekkervennoot vir jou boerdery, hoef jy nie verder te kyk as die Valtras van Valtrac nie. Praat met Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-7308, of stuur ՚n e-pos aan [email protected]. Besoek ook www.valtrac.co.za.
|
https://www.proagri.co.za/valtra-hou-aan-werk/
|
2020-11-17 12:45:14
|
Sink hou jou boerdery se kop bo water: Zinchem kry ’n nuwe sinksulfaatmonohidraat-spuitdroogtoring
|
This post is also available in: English
Sink is ’n kort woordjie, maar hierdie element speel oral op die plaas ’n belangrike rol: In die versinking van pale, pype en heiningdrade om hulle teen roes te beskerm en langer te laat hou, in salwe teen sonbrand, bysteek, veluitslae en baba se brandboudjies, in verf, in voertuigbande, in vitamien- en mineraalaanvullings vir mens en dier …en as kunsmiskomponent waarsonder wenoeste nie behaal kan word nie.
Die ou Voortrekkers het selfs sink by die lood vir hulle voorlaaierkoeëls gegiet om dit harder te maak. Die boer se vriend in die voorsiening van sink, is Zinchem, een van die grootste vervaardigers van sinkoksied, sinkstof, sinkallooie en sinksulfate in Afrika.
Zinchem se sinksulfaat en sinkoksied is belangrike spoorelemente in aanvullings vir dierevoer en vir sinkaanvulling in kunsmis. Zinchem is ’n gesertifiseerde ISO9001-maatskappy. Alle produkte word volgens streng gehaltestandaarde vervaardig en al hulle kunsmis- en voerprodukte is geregistreer ingevolge Wet 36 van 1947.
Om nog beter produkte en tydiger diens te lewer en in die groeiende aanvraag te voorsien, het Zinchem in September ’n nuwe spuitdroogtoring by hulle aanleg in Benoni in bedryf gestel. Die spuitdroogtoring is ten volle outomaties en werk met die jongste tegnologie om die aanleg se produksie van sinksulfaat-monohidraat meer as te verdubbel.
Vervaardigingsproses:
Zinchem koop sinkas by die versinkingsmaatskappye. Die sinkas is ’n kombinasie van sinkoksied en sinkmetaal. Die sinkmetaal word met ’n sinkherwinningsoond verwyder en die sinkas wat oorbly word na die versoutingsaanleg gestuur. Dit het nou ’n baie lae metaalinhoud.
Die sinkas word in groot tenks in swaelsuur opgelos. Die proses word uitloging genoem en die produk daarvan is ’n sinksulfaatoplossing, wat deur ’n filter gepers word om dit te suiwer. Die gesuiwerde sinksulfaatoplossing word dan na ’n tenk gepomp waar die pH en soortlike gewig aangepas word. Daarna word die oplossing onder druk na die bokant van die spuitdroogtoring gepomp en verhit.
Die spuitdroogtoring stuur die oplossing deur uiters fyn sproeiers en met die hitte word die druppels droog en vorm sinksulfaatkristalle. Die droë kristalle of poeier val dan na die bodem van die toring om verpak te word.
Sinkbyvoeding is veral belangrik vir goeie pekanneutproduksie. Foto: Pecans SA
Produkte
Die toring lewer vier grade sinksulfaatmonohidraat afhangend van die sinkinhoud en kleur:
• Voergraad 35 tot 36% Zn en wit van kleur B22129.
• Kunsmisgraad 35% Zn wit en naaswit van kleur B621.
• Monohidraat 35% Zn vir die maak van monohidraatkorrels B3987.
• Tegniese graad 34% Zn, naaswit.
Zinchem verkoop die sinksulfaatoplossing aan plaaslike boere wat hulle gewasse daarmee bespuit. Die sinksulfaatmonohidraat wat die nuwe toring lewer is van die hoogste gehalte en oortref die markspesifi kasies van die verskillende grade. Dit is 100 persent wateroplosbaar. Die korrels is naaswit, suiwer sinksulfaat met ’n organiese bindmiddel en bevat tipies 32 tot 34% sink. Dit is wateroplosbaar aangesien daar geen sinkoksied wat nie oplosbaar is in die korrels is nie. Die volledige oplosbaarheid maak dit geskik vir bespuiting sonder verstoppings of probleme.
Praat met Zinchem oor jou sinksulfaat-monohidraatbehoeftes en vermy prys-, versending- en wisselkoersrisiko’s deur plaaslik te koop. Boonop is Zinchem ’n ISO9001-, ISO14001-, ISO45001- en ISO50001- geregistreerde vervaardiger wat beteken dat kliënte kan reken op ’n omvattende gehalteversekeringstelsel met terugspeurbare produkte wat op ’n veilige, ergonomiese en omgewingsvriendelike manier vervaardig word.
Kontak Sudesh Singh by 082-574-6570, 011-746-5047 of [email protected], of besoek http://zinchem.co.za/ vir meer inligting.
|
https://www.proagri.co.za/sink-hou-jou-boerdery-se-kop-bo-water-zinchem-kry-n-nuwe-sinksulfaatmonohidraat-spuitdroogtoring/
|
2020-11-12 12:21:01
|
Beskerm jou oes 2: Gebruik die regte spuitpunte
|
This post is also available in: English
Opgestel deur JP le Roux
Goeie oesbeskerming begin by ’n goeie spuit. Verlede maand het ons die verskillende onderdele van spuite bespreek en waarna ’n boer moet oplet as hy ’n spuit koop.
Nou praat ons verder oor spuitpuntsoorte en volgende maand tref ons ’n kostevergelyking tussen sleep- en selfaangedrewe spuite.
Spuitpunttipes
Verskeie oorsese maatskappye vervaardig ’n uiteenlopende reeks spuitpunte, elk met sy eie doel en aanwending:
Platwaaiertipe spuitpunte (Flat-fan)
Platwaaierspuitpunte word op die meeste plase gebruik vir die breedwerpige of strooktoediening van onkruiddoder op goed voorbereide grond.
Breedwerpige toedienings met platwaaierspuitpunte
Platwaaierspuitpunte word eweredig op die spuitbalk gemonteer. Die spasiëring van die spuitpunte hang af van die spesifieke spuithoek van die spuitpunt en die hoogte van die spuitbalk van die grondoppervlak af. Die spuitbalk moet op ’n spesifieke hoogte bo die grondoppervlakte geplaas word sodat ’n 30% oorvleueling op die kante van die spuitpatrone tussen spuitpunte verkry word. ’n Kodenommer op die spuitpunt dui die spuithoek en lewering van platwaaierspuitpunte aan.
So byvoorbeeld dui die getal 80 in die kodenommer 8004 op die spuitpunt aan dat die spesifieke spuitpunt die spuitmengsel teen ’n hoek van 80° uitspuit. Die laaste twee syfers in die kodenommer, naamlik 04, dui (in Amerikaanse terme) die lewering van die spuitpunt aan wat in hierdie geval die volgende sal wees: 4 VSA gelling per minuut by ’n druk van 40 pond per vierkante duim.
Platwaaierspuitpunte met verskillende spuithoeke en lewerings word in die handel aangebied.
Strookbespuiting met platwaaierspuitpunte (Egalig)
Kodenommers op hierdie spuitpunte word gevolg deur ’n “E”. Dit beteken dat, anders as die gewone platwaaierspuitpunte, ewe veel spuitmengsel oor die hele spuitwydte van die spuitpatroon van ’n spuitpunt gelewer word en dus nie toelaat vir oorvleueling met ander spuitpunte nie. Die hele spuitstrookwydte word dus eenvormig benat deur die een spuitpunt.
Die “E”-tipe spuitpunte moet nie vir breedwerpige toedienings gebruik word nie.
Kegeltipe spuitpunte
Van die kegeltipe spuitpunte is die volgende twee van groot belang:
Holkegelspuitpunte
Soos die naam aandui en weergegee word, is die spuitpatroon van hierdie spuitpunt in die vorm van ’n hol kegel. Dit is belangrik om te let op die wyse waarop die spuitpunt aanmekaar gesit moet word. Holkegelspuitpunte is by uitstek geskik vir die toediening van swam- en insekdoders en ook blaarvoeding op plante. Die feit dat spuitdruppels in die vorm van ’n holkegel uitgespuit word, bring mee dat verskillende druppels die teiken teen verskillende invalshoeke bereik.
Op die manier word beter indringing en benatting in digte plantlower verkry. So byvoorbeeld kan versteekte insekte en swamme ook makliker getref word. Holkegelspuitpunte is besonder geskik vir die toediening van sowel kontak- as sistemiese plantbeskermingsmiddels. Die aanwending van een, twee of drie spuitpunte per ry en die plasing daarvan sal afhang van die grootte van die plante sowel as die digtheid van die lower.
Eienskappe van holkegelspuitpunte:
• Druppels bereik die teiken vanuit verskillende invalshoeke, wat blaarbenatting (veral in digte lower) bevorder.
• Fyn druppels word gewoonlik gevorm, wat indringing en benatting bevorder, maar ook die gevaar van swewing (drift) verhoog.
• Werk teen drukvlakke van 300 tot 500 kPa.
Volkegelspuitpunte
Deur slegs die kern of swaaiplaatjies van die spuitpunt te verander, kan die spuitpatroon van ’n holkegel na ’n volkegel verander word. ’n Volkegelspuitpunt is by uitstek geskik vir die na-opkomsbeheer van onkruid en insekte in gewasse deur breedwerpige of strookbespuiting.
Hierdie spuitpunte werk by drukvlakke van tussen 300 tot 500 kPa. Die opvolgbespuitings van onkruid in staande mielies is ’n goeie voorbeeld waar volkegelspuitpunte doeltreffend aangewend word. Volkegelspuitpunte kan ook met groot sukses reg bokant die mielierye geplaas word om ’n spesifieke teiken op die plante, byvoorbeeld die kelke van mielieplante wat besmet is met mieliestamruspelarwes, te benat.
Indien ruspes nie te diep in die kelke in beweeg het nie, kan hulle doeltreffend beheer word deur korrekte plasing van holkegelspuitpunte bo-oor die rye en die toediening van genoeg spuitstof om druppelvorming in die kelke te bewerkstellig.
Vloedstraalspuitpunte (floodjet)
Hierdie tipe spuitpunt kan doeltreffend gebruik word vir grondingewerkte onkruiddoder en tot ’n mindere mate vir vooropkomsonkruidbeheer. In ander lande word die spuitpunte gebruik om vloeibare kunsmis toe te dien, maar hulle word in Suid-Afrika veral gebruik in boorde, veral vir toedienings onder die lower van bome.
Eienskappe van vloedstraalspuitpunte:
• Werk teen lae druk van 100 tot 200 kPa
• Lewer groot druppels en min swewing (drift)
• Betreklik groot spuitopeninge wat nie maklik verstop nie.
• Lewer ’n breë spuitwydte
Opmerking
Die aanwending van die regte spuitpunte, die regte plasing, druk en lewering is aspekte wat boere nog grootliks verwaarloos en wat uiteindelik lei tot swak beheer en ’n vermorsing van duur spuitmiddels.
Raadpleeg kundiges as jy twyfel. Op die ou end betaal ’n goeie oes dubbel en dwars die moeite en moontlike koste om kundige hulp in te win. In die volgende aflewering bespreek ons lugondersteunde balkspuite wat baie doeltreffend werk, maar nog nie algemeen gebruik word nie en vergelyk die koste van driepunt-, sleep- en selfaangedrewe spuite.
|
https://www.proagri.co.za/beskerm-jou-oes-2-gebruik-die-regte-spuitpunte/
|
2020-11-18 15:26:38
|
KragDag Landbouskou
|
This post is also available in: English
KragDag se landbouskou word vanjaar vir die tweede jaar aangebied by die Diamantvallei Landgoed net buite Rayton. Met 21 400 besoekers in 2019 sien ons uit om almal weer te verwelkom. Kom maak gerus ‘n draai by die TLU SA stalletjie.
Verbeterde toegangsroetes is beplan en die gebied se uitleg is aangepas vir die groter getal uitstallers en besoekers.
Besoek gerus www.kragdag.co.za vir meer inligting en om vooraf as besoeker te registreer vir gratis toegang. Toegangsfooi is R100 per persoon as jy nie vooraf geregistreer het nie. Bring die gesin en vriende! Daar is iets vir ‘n ieder en elk om te sien en te ervaar.
Wat vind op die terrein plaas:
2 boeredae
Veetentoonstellings
Demonstrasies
Arena program
Kosstalletjies
Plaasproemark
165 Landbou-uitstallers
330 Selfstandigheidsuitstallers (kragbesparing)
Snuffelmark
Junior entrepreneurs
Pretpark en vermaak van ‘n ossewarit tot ‘n helikopterrit
Kampgeriewe net langs die terrein
Daar is nog enkele uitstalruimtes beskikbaar:
Landbou-uitstaller = R2 392-00 Plaasproemark uitstaller = R1610-00 (produkte sluit in vleis, groente, suiwel, konfyt, olywe, souse, brode en fyngebak) Veerastentoonstelling = R1 610-00 Junior entrepreneur vir al die kinders = R115-00
Vir diegene wat belangstel om te kom uitstal – besoek www.kragdag.co.za en registreer voordat ‘n aansoekvorm ingevul kan word.
Kontak TLU SA gerus by [email protected]
|
https://www.proagri.co.za/kragdag-landbouskou/
|
2020-11-11 12:23:03
|
VL verwelkom aanstelling van plaasmoorde ondersoekspan in VS
|
This post is also available in: English
Vrystaat Landbou (VL) het sy dank teenoor die Hennenman Boereverening, die gemeenskap van Hennenman en omliggende dorpe en die publiek uitgespreek vir hul ondersteuning tydens die protesaksie teen plaasmoorde in Hennenman op Maandag 16 November.
Die organisasie is oortuig dat die wyse waarop die protes aksie verloop het, vertroue en steun werf vir die plaasmoorde-veldtog, in aggenome die enorme hoeveelheid steun wat VL vanaf die publiek ontvang. Die verdagtes het verkies om nie om borgtog aansoek te doen nie en bly in aanhouding. VL verwelkom ook die aanstelling van ‘n span kundiges om plaasmoorde en –aanvalle in die Vrystaat te ondersoek. Tommie Esterhuyse, vise-president van VL, het groot lof vir die boerevereniging en gemeenskap van Hennenman vir die wyse waarop die protes aksie hanteer is.
“Daar was geen voorvalle van geweld nie, die terrein is skoon nagelaat en almal het vreedsaam verdaag. Die orde reëlings deur die boerevereniging het vlot verloop en VL is trots op die geleentheid,” het Esterhuyse na afloop van die dag gesê. ‘n Versoekskrif wat deur VL opgestel is en waarin versoek word dat geen borg aan die verdagtes toegestaan word nie, is Maandag aan die staatsaanklaer oorhandig.
Danksy die druk deur VL en die landbougemeenskap, het die verdagtes verkies om nie om borg aansoek te doen nie. VL verwelkom die verwikkeling, veral in die lig daarvan dat die beskuldigdes reeds met ander misdade in die omgewing verbind word. Die organisasie verwelkom ook die aanstelling van ‘n span kundiges wat plaasmoorde en –aanvalle in die Vrystaat moet ondersoek. VL het n petisie geloots waarby die publiek genooi word om te ondersten wat gekant is teen borg aan plaasmoord beskuldigdes.
Om VL te ondersteun met die petisie kan ‘n persoon eenvoudig sy naam SMS na 37846/R1 (b’s & v’s geld). Bennie de Klerk, vise-voorsitter van Hennenman Boerevereniging, het aan VL genoem dat die Hills-moorde weer die kwessie van jou eie veiligheid en paraatheid op die voorgrond geplaas het.
“Ons het besef dat ons weer met ander oë na ons eie veiligheid situasie moet kyk. Daarom is die plaaswag in gesprek met die buurtwag om te kyk hoe ons kan saamwerk om die landelike gebied hier by ons beter te beveilig,” het de Klerk gesê.
Esterhuyse ondersteun die gedagte en is van mening dat dit tyd geword het dat plaaswagte en buurtwagte nou sal saamwerk, veral aangesien dit duidelik is dat misdaad bedrywighede al hoe meer van die stad na die landelike gebiede verskuif.
Bron: Vrystaat Landbou
|
https://www.proagri.co.za/vl-verwelkom-aanstelling-van-plaasmoorde-ondersoekspan-in-vs/
|
2020-11-07 00:00:00
|
Scania help boere in nood
|
This post is also available in: English
Beelde van die verwoesting van plase in die Vrystaat deur onbeheerbare brande het ՚n kettingreaksie van hulpverlening deur die algemene publiek, ander boere en maatskappye tot gevolg gehad.
Scania is ՚n maatskappy wat ՚n noue verbintenis met die landbougemeenskap het en toe hulle genader is met die uitdaging om 340 ton kuilvoer na boere in nood te vervoer, het hulle onmiddellik die wiele aan die rol gesit om trokke van hulle huurvloot in te span.
Hulle spanmaat vir die veldtog is ՚n Scania-klant, Werner Boshoff van Boshoff Afrikaners, wat al die afgelope drie jaar bydraes lewer aan Burre Burger se voortgesette veldtog om droogtehulp aan boere te verleen. Werner het die 340 ton kuilvoer aangekoop by Winterstorm op Lichtenburg, wat ook bereid is om boere in nood by te staan met verlaagde pryse. Om die vrag voer na die boere aan te ry het hy uitgereik na sy vervoervennoot, Scania.
“Ek het ook ՚n vervoeronderneming, Bulk Fuel Services, maar ek kan nie net my trokke onttrek en nalaat om my kontrakte na te kom nie, want dan gaan my eie onderneming tot stilstand knars en dan kan ek nooit weer iemand anders help nie,” sê hy.
“Ek het vir Coenie Kaufmann, my verteenwoordiger by Scania, gebel en soos altyd, was hy bereid om die ekstra myl te loop.”
Werner Boshoff van Boshoff Afrikaners het die voortou geneem om Scania by die hulpprojek vir boere in die Vrystaat te betrek. Hy loop graag die pad saam met Scania, want “hulle doen moeite om my onderneming te verstaan”.
Coenie het met Scania se huurtrokafdeling gepraat en hulle het twee kragtige PGR-voorhakers beskikbaar gestel. Die twee trokke is vol brandstof van Aeroton in Johannesburg af gestuur om die waens van Paramount Trailers te haak en die vragte te gaan oplaai.
Gerhard le Roux, nasionale bestuurder, Scania Truck Rental, sê: “Boere is belangrik vir ons onderneming en ons waardeer ook hulle bydrae tot die land, daarom het ons besluit om te help.”
Baie boere maak gebruik van Scania se seisoenale huuropsies om oeste in piektyd te vervoer. “Die huurplan is buigsaam en help boere om met minder kapitaaluitleg betroubare vervoer tot hulle beskikking te hê op tye wanneer dit die nodigste is. Dit beteken hulle kan op hulle kernsake konsentreer sonder om bekommerd te wees oor vervoersake.”
Die meeste van die huurkontrakte is seisoenaal, maar dit kan van een maand tot twaalf maande strek. ՚n Volledige Scania-onderhoud-, bystanden dekkingsplan is beskikbaar vir die huurtydperk.
Scania Truck Rentals het sowat 400 voertuie in hulle vloot en wanneer die trokke klaar daar hulle diens van drie jaar of 600 000 km gelewer het, word hulle beskikbaar gestel vir die gebruiktevoertuigmark as ՚n betroubare vervoeroplossing met ՚n volledige diensrekord. Die PGR-trokke wat beskikbaar gestel is vir die hulpprojek het hulleself oor vele jare in die land bewys, en nadat hulle duidelik in die werkswinkel in Johannesburg gemerk is, was hulle weer eens slaggereed vir die langpad.
Die vragte voedsame kuilvoer gaan ՚n groot verskil maak aan boere en hulle diere se kans op oorlewing. Werner sê een van die hoofredes waarom hy Scania-trokke gebruik, is die puik kliënte- en naverkopediens wat hy ontvang. Van die pynlose finansieringsproses tot padbystand enige plek en tyd, Scania se mense maak dit maklik vir die kliënt.
Werner sê: “Ek bly maar ՚n Scania-outjie! Met Scania wat nou sorg vir die vervoer van die kuilvoer, kan ek ook aandag gee aan ons volgende projek, Skenk ՚n boer ՚n vers. Ons het reeds 300 verse beskikbaar om boere te help om weer hulle kuddes op te bou, maar daar is nog baie meer nodig.”
Om deel te word van die Scania-familie, gaan loer in by jou naaste handelaar, of kontak Scania Rental by 087-286-6707 vir huuroplossings.
|
https://www.proagri.co.za/scania-help-boere-in-nood/
|
2020-11-18 12:48:34
|
TLU SA lê klag van terrorisme teen Julius Malema
|
This post is also available in: English
Die dreigemente van Julius Malema oor die polisie is vir TLU SA onaanvaarbaar en ‘n bedreiging vir stabiliteit in die land. Suid-Afrika, en spesifiek die regering, staan op die oomblik voor een van die grootste toetse van geloofwaardigheid en stabiliteit, in hulle hantering van die voorval.
Die leier van die EFF het tydens ‘n byeenkoms in die Vrystaat gesê dat hulle polisielede in hulle huise sal aanval.
Die president van TLU SA, mnr. Henry Geldenhuys, het vandag in Sheepmoor, Mpumalanga ‘n klag van terrorisme en ondermyning teen mnr. Malema gelê oor hierdie uitsprake.
“Dit is totaal onaanvaarbaar dat enige persoon blatant en in die openbaar ‘n aanslag teen die SAPD en sy lede loods,” sê mnr. Geldenhuys. “Die SAPD verteenwoordig die gesag in ons land en sodanige aanslag moet dus in die ernstigste moontlike lig gesien word. Die feit dat hy ook ‘n sittende lid van die Parlement is, behoort verswarend teen hom te tel.
“Die staat behoort alle regsmiddele tot hul beskikking in werking te stel, om korte mette te maak van hierdie soort gedrag en uitsprake.”
Dit is onmoontlik om aan die stabiliteit in Suid-Afrika te bou, wanneer sulke gedrag slegs met ‘n verklaring verdoem word. Dit is nie voldoende nie. Mnr. Malema het hom nou al herhaaldelik bewys as een van die grootste destabiliseerder van wet en orde, asook verhoudinge in die land.
“Dit is vir ons as landbouers onaanvaarbaar dat ongegronde stellings soos hierdie gemaak word,” sê mnr. Geldenhuys. “Dit is kommerwekkend dat ‘n klimaat geskep word waarin verskille met fisiese geweld besleg kan word. Mnr. Malema en sy trawante se uitsprake dra gewis by tot die geweldskultuur wat Suid-Afrika teister en elke wetsgehoorsame burger se toekoms steel.
“Die regering moet in hul optrede teen mnr. Malema wys of hulle regtig die land regeer en of hulle maar eintlik – soos baie keer beweer word – net pionne in die EFF se spel is.”
Bron: TLU SA
|
https://www.proagri.co.za/tlu-sa-le-klag-van-terrorisme-teen-julius-malema/
|
2020-11-26 15:02:04
|
Waar laat vergoeding die Zimbabwiese boere?
|
This post is also available in: English
’n Artikel deur dr. Theo de Jager
Daar is geen eenvoudige antwoorde op die komplekse politieke en ekonomiese vrae van ons tyd nie. Ek besef dit opnuut elke week as ek weer ’n e-pos van die Kommersiële Landbou-unie (CFU) oopmaak waarin hulle die afsterwe van nog ’n lid aankondig, en die naam by ’n gesig plaas; nog ’n verswakte bejaarde wat in ’n verwaarloosde ouetehuis of hospitaalbed gesukkel het om vir mediese versorging te betaal en finansieel sy punte bymekaar te kry.
Elkeen van hulle het gehoop dat vergoeding vir plase, vee, oeste en toerusting wat sedert 2000 sonder vergoeding onteien is, nog in hulle leeftyd sou realiseer, en die nood sou verlig.
Slagoffers van onteiening sonder vergoeding in Zimbabwe vra daagliks: “Behoort ons met ’n minder-as-ideale vergoedingskikking tevrede te wees? Of moet ons aanhou om in Zimbabwiese en Suid-Afrikaanse howe, in streektribunale en internasionale forums te baklei totdat ons ’n billike en regverdige uitkoms kan beding?” Sulke vrae het geen eenvoudige antwoorde nie.
Daar is nie ’n ideale skikking wanneer mens ’n weg uit ’n diepgewortelde konflik uit onderhandel nie. In die hamermeule van gee-en-neem-ooreenkomste offer almal meer op as waarmee hulle gemaklik is, om minder te wen as wat hulle wou gehad het. Die CFU het bereken dat verbeteringe op onteiende plase, wat die ZANU-PF-regering nou bereid is om uit te betaal, ongeveer 5,2 miljard Amerikaanse dollar werd is. Die skikkingswaarde van $3,5 miljard wat in Julie 2020 onderteken is, is twee derdes daarvan.
Die vraag is eerder: moet daar na die doelhok geskop word wanneer die geringste gaping hom voordoen, of is dit die moeite werd om nog tien of vyftien jaar te wag vir ’n beter geleentheid en intussen op elke moontlike platform vir jou regte te baklei? Wat is die finansiële, ekonomiese, politieke, sosiale en reputasierisiko’s wat daarmee gepaard gaan?
Vir Zimbabwiese boere hoef dit egter nie ’n óf te wees nie, dit kan ook ’n én wees. Tref ’n ongemaklike kompromie en behou die morele hoë grond deur ’n onvolmaakte onderhandelde skikking oor vergoeding te onderskryf, terwyl jy terselfdertyd in Suid-Afrikaanse en internasionale howe en tribunale, media en beleidmakende liggame die ongeregtigheid aanval. Waar die plaaslike landboustruktuur weens die inhoud van die skikkingsooreenkoms dit nie kan doen nie, kan ’n ander verteenwoordigende voertuig daarvoor gebruik word.
Die veg-opsie is vermoeiend, duur, tydrowend en tap jou hulpbronne. Hulp van buite is daarvoor nodig, maar tot dusver het dit resultate gelewer. In November 2008 het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) -tribunaal ’n epogmakende uitspraak teen die Zimbabwiese regering se grondgrype gelewer. Alhoewel dit daartoe gelei het dat die tribunaal in 2012 deur die SAOG-beraad ontbind is (ná ’n proses waarin die Suid-Afrikaanse regering geen geringe rol gespeel het nie), is die uitspraak in die Suid-Afrikaanse reg geregistreer en is daar in September 2015 op Zimbabwiese eiendom in Kaapstad beslag gelê en is dit opgeveil om uitstaande regskoste te dek. Vandeesweek is ’n verdere saak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof aangehoor waarin die Suid-Afrikaanse regering se aanspreeklikheid getoets is vir verliese wat vanweë sy betrokkenheid by die ontbinding van die SAOG-tribunaal gely is. Uitspraak in dié saak is voorbehou.
Die konfrontasieroete, veral in die internasionale en regsarenas, leun swaar op Artikel 17 van die Universele Deklarasie van Menseregte, wat in Washington en Brussel meestal die debat oor hulp aan Zimbabwe dikteer. Tydens die Groenweek in Berlyn in Januarie vanjaar het ek ’n gesprek tussen ’n senior amptenaar van die Wêreldbank en wyle minister Perrance Shiri van Zimbabwe gefasiliteer waartydens die voorneme tot vergoeding, die inkoop van geaffekteerde boere en moontlike toegang tot ’n lening daarvoor bespreek is. Die amptenaar het gesê hy verteenwoordig ’n bank, nie ’n welsynorganisasie nie, en dat hulle kyk na die vermoë om terug te betaal, die baanrekord van terugbetaling van vorige skuld, en die huidige beleidsomgewing se vermoë om groei en welvaart teweeg te bring. Hy was skepties oor Zimbabwe se profiel op enige van daardie kriteria.
Die grootste enkele probleem met die Zimbabwiese vergoedingskikking is dat hulle nie die geld het om dit uit te voer nie, en nog nie weet waar om dit te kry nie. Die helfte van die $3,5 miljard is betaalbaar voor Julie 2021.
As Zimbabwiese grondhervorming nies, kry Suid-Afrika en Namibië ook verkoue. Die beginsels wat in die Zimbabwiese vergoedingskikking geld, word ’n formaat vir die res van die streek, en daarom is dit vir elke Suid-Afrikaanse plaaseienaar belangrik om verwikkelinge aldaar dop te hou. Dit is belangrik om te kyk na hoe, waar, wat en wanneer vergoeding betaal word en waarom.
Net verbeteringe word uitbetaal, nie die grond nie, behalwe aan “inheemse Zimbabwiërs” en boere wat deur Bilaterale Beskerming van Beleggingsooreenkomste (BIPPA’s) gedek word (Suid-Afrikaners, Switsers, Hollanders, Duitsers, Dene en sewe ander). Dit gee aan buitelandse beleggers meer regte as aan Zimbabwiese burgers. Dit sê aan wit Zimbabwiërs dat hulle eintlik “nie van hier is nie”, en ken ’n tweedeklasburgerskap aan hulle toe.
Dit pypkan die Zimbabwiese staat se betrokkenheid en voordeel uit die totstandkoming van die “onaanvaarbare verspreiding van grondeienaarskap” deurdat hulle deurlopend eienaarskap in ’n aktekantoor geregistreer en oordragbelastings daarop gehef het.
Maar geen ongeregtigheid is ooit finaal nie.
Moet onteiende Zimbabwiese boere die skikkingsooreenkoms aangryp of nie? Hulle gemiddelde ouderdom is oor die 80 jaar. Hulle moet die vergoeding wat aangebied word vat en daardeur die deur oopmaak vir Zimbabwe om weer sy rol as ’n hoogs mededingende landbouprodusent te herstel. Hulle moet weer die vertoonvenster van die wêreld se beesvleis-, tabak-, katoen- en snyblombedrywe word, en die welvaart skep wat hulle land uit sy nypende armoede kan trek.
Hulle mag in die proses egter nie die konfrontasie-opsies afskeep nie!
* Dr. Theo de Jager is die direksievoorsitter van Saai en president van die Wêreldlandbou-organisasie.
|
https://www.proagri.co.za/waar-laat-vergoeding-die-zimbabwiese-boere/
|
2020-11-13 14:40:56
|
Sonneblom se Toekoms in die somer-saaigebiede in Suid-Afrika
|
This post is also available in: English
Deur Philip Fourie, Landboukundige van Pioneer Saad
Buiten mielies, word sonneblom in die Westelike somersaaigebiede al vir dekades suksesvol verbou. Dit is een van die belangrikste gewasse in die Westelike produksiegebiede om saam met mielies in ‘n wisselbouprogram te gebruik.
Die gewas se uitsonderlike aanpasbaarheid onder koel temperature tot uitermate hoë somertemperature en droogteverdraagsaamheid is van die eienskappe wat tot die gewas se sukses oor dekades bygedra het. Sonneblom se aanpasbaarheid by verskillende omgewingstoestande word toegeskryf aan sy verdraagsaamheid vir beide lae en hoë temperature. “Kry hom net op!”
Die grootste dryfveer vir seisoenale aanplantings bly mieliehektare. Wat hiermee bedoel word, is dat grondvog tesame met plantdatum, grootliks die seisoenale sonneblom hektare op ‘n plaas sal bepaal. Die groot rede hiervoor is dat die meeste sonneblomprodusente, primêr mielieboere is. Daar is slegs ‘n handjievol produsente wat sonneblomaanpantings jaarliks bedryf op dieselfde beginsel as sy mielie-aanplantings. Daarteenoor is dié handjievol produsente, ook die produsente wat jaar na jaar hoë oesgemiddeldes en hoër opbrengste najaag en verkry. Hulle boer hulle blomme met dieselfde passie, navorsing en tegnologie as met hulle mielies.
Tabel 1 dui die afgelope 6 seisoene se aangeplante hektare in Suid-Afrika aan. Ek verwys sterk na die 2016/17 en 2018/19 seisoen waar tot laat in die daaropvolgende jaar se Januariemaande geplant was. In die meeste gevalle was mielies ook in die seisoene laat geplant gewees. Sonneblom se korter groeiseisoen as mielies, maak dit egter ‘n uiters geskikte gewas vir laat aanplantings in die somer.
14/15 15/16 16/17 17/18 18/19 19/20 Gem. RSA 500,300 515,350 601,500 635,750 718,500 576,000 591,233 Vrystaat 260,000 270,000 314,000 330,000 400,000 285,000 309,833 Noordwes 167,000 175,000 233,000 210,000 245,000 200,000 205,000 Limpopo 65,000 61,000 45,000 90,000 65,000 82,000 68,000 Ander 8,300 9,350 9,500 5,750 8,500 9,000 8,400
Tabel 1: Die gemiddelde hektare aangeplant vir die drie hoof produksiegebiede in Suid-Afrika, vir die afgelope 6 seisoen (2014-2019). Bron: www.sagis.org.za/CEC
2de Viool: Ongelukkig loop sonneblom in Suid-Afrika, dieselfde paadjie as sonneblom in ander produserende dele van die wêreld. Sonneblom word gebruik as vervangingsgewas as aanplantings vir ander gewasse minder optimaal raak.
Laat aanplantings die afgelope 2019/20 – seisoen
Gemete hitte eenhede in Sannieshof die afgelope seisoen was 324 eenhede minder vir mielies, gemeet teenoor die ooreenstemmende tyd laasjaar. Gemete eenhede vir Maart 2020, was alleen op ‘n gemiddelde minimum en maksimum daaglikse temperatuur, slegs 300 eenhede. In leke terme – ons someraanplantings, moes met minder sonligenergie (petrol) ‘n oes produseer. ‘n Week vroeër geplant, was tot elke gewas se voordeel.
Baie sonneblomme, veral die laat aangeplantes sou minder geskepel het. Jou 10 ton wa was vol soos gewoonlik, maar dit het nie 10 ton se vrag geweeg nie. Die sonneblomme het alles bestuif, maar daar was nie genoeg hitte en sonstralingsenergie om die koppe ten volle te vul nie.
Foto 1 Gideon Knobel; Pioneer Hi-Bred
Foto 2: Charl de Wet; Pioneer Hi-Bred
Foto 2 is ‘n land naby Coligny. Die gebruik van ‘n pakket aanplanting, kan nie beter verduidelik en oorbeklemtoon word as op die foto nie. In plaas van 100% rypskade op die land is daar nou net 50% skade. Lande word in die geval 50/50 tussen twee verskillende basters verdeel en so aangeplant. Hoe later geplant word en hoër die risiko, hoe groter die behoefte om risiko oor die aanplantings te versprei tussen genetika, dus ‘n pakketaanplanting.
Ryp het die land gevang, maar een van die basters was net-net verder gevorder as die ander. Ryp was so erg dat selwande in die stam gebars het en tot valprobleme gelei het.
Pioneer Hi-Bred bemark huidiglik die vinnigste sonneblombaster in die mark: P 64LL23, met ‘n dae tot stroop vanaf 125 dae na plant. Dit differensieer die spesifieke baster in die mark t.o.v. spoed en blomtyd. Blomtyd veral om die infeksieperiode van sclerotinia kopvrot te vermy of versprei in jou pakket.
Sonneblom Saadolie konsentrasie persentasie
Olie konsentrasie persentasie is huidiglik ‘n baie warm onderwerp, met aantuigings van stadige genetiese vordering en teling t.o.v. olieinhoud en sonneblom opbrengste. Die waarheid is egter dat sonneblom opbrengste en saadolie konsentrasie negatief gekorreleer is, en totdat die wetenskap nie deur geneties gemodifiseerde prosesse vir ons beter opbrengste met hoë olie konsentrasie persentasies teel nie, is ons uitgelewer aan ‘n stadige teelproses en omgewingsfaktore. Alhoewel daar geteel word vir hoë olieinhoud, het omgewingsfaktore die grootste invloed op olie konsentrasie. Dit sluit faktore in soos hitte, droogtes en sonstraling.
Die alternatief is dat olie-perse premies betaal vir goeie kwaliteit oliekonsentrasies. Die Argentynse model waar ‘n glyskaal gebruik word vir elke persentasie hoër as ‘n basis waarde, kan ‘n antwoord wees om aanplantings te stimuleer. ‘n Agterskot word sodoende betaal op elke goeie kwaliteit olie, gelewerde vrag.
Hoër oliekonsentrasies verg beter bestuur en verbouiingspraktyke. Dit is algemeen bekend dat sonneblom baie afgeskeep word as dit kom by bemesting. In baie gevalle verkry die gewas darem volle bemesting as mielielande vooraf bemes word, en die hektare oorgeswaai word na sonneblom a.g.v plantdatum. Die aanplantings reageer egter baie positief t.o.v. die bemestingspeile, maar oor die algemeen kry sonneblom ook laer as wat die behoefte kalium vereis. Die wegbeweeg van ploeg veroorsaak ook dat kaliumvlakke in die ondergrond uitgemyn word.
N P K Ca S Saad 28 3.7 6 4.5 Stronk en blare 1.7 7 1.4 85 Hele plant 2.7 35 5.1 91
Tabel 2: Plantvoedingstowwe (Makro-elemente) verwydering per 1 ton bemarkbare produk. Bron: Fertasa Bemestingshandleiding 2016, bl: 156.
Genetiese Vordering
Die verkeerde afleidings word gemaak as na die grafiek verwys word as aanduiding van genetiese vordering. Daar word beweer dat die produsente vinniger vordering maak as nuwe genetika wat deurkom volgens die LNR Nasionale kultivar proewe. Die feit is die produsente gebruik die resultate van die Nasionale kultivar proewe om juis die kultivars te kies om beter stabiele opbrengste te verseker.
Die Nasionale kultivarproewe resultate ondersteun die aanpassingsvermoë van sonneblom oor verskillende omgewings. Al is die gemiddelde opbrengste van die produsente laer as die gemiddelde opbrengste van die nasionale proewe, moet in ag geneem word dat die eindproduk oor omtrent 500,000 ha die gemiddelde opbrengs van die produsent bepaal. Die feit bly staan dat jou keuse op ‘n pakket uit die boonste top 6-8 basters van die nasionale proewe kan bestaan, en gegewe die seisoen en spesifieke land, jy altyd ‘n stabiele opbrengs behoort te stroop uit jou keuses.
Grafiek 1: Gemiddelde jaarlikse opbrengs van produsente teenoor die gemiddelde jaarlikse opbrengste van die Nasionale Sonneblom kultivarproewe. Bron: LNR – Somergraan Potchefstroom.
Ek glo dat grafiek 2 eintlik ‘n beter aanduiding is van wat regtig aangaan in die twee hoof produserende streke naamlik Vrystaat en Noordwes. Die rooilyn dui slegs die 5-6 hoof basters in die Suid-Afrikaanse mark se gemiddelde opbrengste aan in die LNR proewe.
Die opbrengste stem goed ooreen van wat in die praktyk aangaan by van die hoër opbrengs sonneblomprodusente. Die kurwe en gemiddelde ombrengste van by die 2,6t/ha stem ook ooreen met ander produserende lande in die wêreld soos Argentinië. Inteendeel dis hoër en dit kan die sterk styging in die produsente se kurwe verder ondersteun.
Corteva AgriScience toets jaarliks basters tussen kontinente om te verseker dat die produsent nie agter raak in genetiese vordering nie, maar solank sonneblom altyd deur die agterdeur gebruik gaan word as omgewingstoestande minder gunstig raak vir die ander gewasse, sal die grafieke stadiger styg as wat verlang word. Inteendeel, die inkomstes wat sonneblom vir ons gee in sulke nie gunstige moeilike omstandighede maak van die gewas ‘n ongelooflike bo-menslike gewas en plant.
Grafiek 2: Die gemiddelde opbrengste van die 5-6 hoogste opbrengsbasters in die LNR Nasionale Proewe vanaf 2007.
Sclerotinia – Kopvrot
Die tweede grootste hekkie naas mieliehektare vir sonneblom aanplantings is Sclerotinia – kopvrot. Sclerotinia het ‘n massiewe groot invloed op die sonneblom produsente se besluite op die aantal hektare vir die komende seisoen. Dis gewoonlik ook dié produsente wat verstaan hoekom en wanneer sclerotinia infekteer, maar nie kan bekostig op ‘n oes te verloor nie.
Die pasafgelope seisoen het produsente weereens groot opbrengsverliese gelei weens Sclerotinia kopvrot. In die Oos-Vrystaat het sommige produsente vir die tweede agtereenvolgende jaar massiewe tot geen opbrengste gerealiseer, as gevolg van sclerotinia kopvrot. Die aanhoudende wydverspreide reën gedurende blomtyd die pas afgelope seisoen het tot groter geaffekteerde hektare gelei as die vorige seisoen. Deur basters met verskillende blomtye in jou pakket te plant, sou min tot geen impak gelewer het die jaar nie, juis omdat reën in die najaar meer gereeld en aanhouded geval het as die vorige seisoen. Die reënbuie het konstant tydens blomtyd gebeur. Die defnitiewe verspreiding van plantdatum het ‘n groter invloed uitgeoefen.
Die komende seisoen beplan Pioneer Saad groot navorsingsblokke om sekere bestuurspraktyke en sclerotinia probleme aan te spreek. Ons kan nie bekostig dat ‘n tekort aan informasie, die oorsaak is dat sonneblomaanpantings verminder nie. Ons gaan groot klem lê op sclerotinia bestuur in samewerking met die Sclerotinia werkgroep.
Opsomming
Ten spyte van variasie in opbrengs en oliekonsentrasie persentasie is sonneblom as gewas in die Vrystaat en Noordwes somersaaigebiede diep gewortel tussen ons produsente. Groei en belangstelling in die gewas word gedryf deur interne en eksterne faktore.
Die ontwerp van ‘n prysmodel wat kan vergoed op grond van oliekonsentrasie wat seisoenale omgewingsfaktore in ag neem, is seker die belangrikste dryf om sonneblomhektare uit te brei en jaarlikse variasie in aangeplante hektare te verminder.
Die bestuur van sclerotinia bied sy eie uitdagings vir die produsent en navorsing. Dit bly huidiglik die moeilikste patogeen en mees nagevorste siekte in landbou in die wêreld. Elke bietjie hulp en inligting is ‘n tree nader aan die doeltreffende bestuur en ontwikkeling van strategieë vir die beheer van die siekte.
Vir meer inligting, gaan na www.pioneer.com/za of stuur ‘n e-pos na [email protected]
|
https://www.proagri.co.za/sonneblom-se-toekoms-in-die-somer-saaigebiede-in-suid-afrika/
|
2020-11-04 15:18:31
|
Gemeenskap se belang moet in ag geneem word
|
This post is also available in: English
“Die gemeenskap se belang moet deur die hof in ag geneem word wanneer vermeende misdadigers aansoek doen om borg of wanneer howe gepaste vonnisse oorweeg vir beskuldigdes in plaasaanvalle,” sê Tommy Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid.
Hy het gereageer op die uitstel van die borg verrigtinge van die beskuldigdes in die Pieter Hills plaasmoord van Hennenman waartydens sy seun Eddie ook gister oorlede is. Esterhuyse het ook gereageer op die dood van Tebogo Machakela ‘n vee-eienaar van Odendaalsrus wat tydens ‘n winkelroof gedurende Augustus 2020 ernstig beseer is en verlede week aan sy beserings beswyk het. In dié geval is die vermeende misdadigers nog nie aangekeer nie en doen hy ‘n beroep op die polisie om alles moontlik te doen om die skuldiges vas te trek en voor die hof te daag.
“Die voortslepende aanslag op die lewens van boere en plaaswerkers moet ten sterkste veroordeel word. Hierdie brutale aanvalle wat nie net boere en plaaswerkers raak nie, raak ook huishoudings en die breë gemeenskap. Plaasaanvalle bly skokkend en het ‘n traumatiese uitwerking op die gemeenskap waarin dit plaasvind. Dit is dan ook die reg van dié gemeenskappe om op ‘n vreedsame en wetsgehoorsame wyse hulle stem te laat hoor by hof verrigtinge en howe bewus te maak van die effek van geweld en moorde op plase. Gemeenskappe moet ook die geleentheid gebruik om inligting aan die hof te voorsien wat kan lei tot straf verswaring” sê Esterhuyse.
Die minagting van wet en orde deur misdadigers het ‘n nadelige uitwerking op die wese van die landelike gemeenskap. Agri SA sê dat net soos alle landsburgers, het die boerderygemeenskap ook ‘n grondwetlike reg om beskerm te word en daarom word ‘n beroep op die regering gedoen om met oortuiging te reageer en nie afstand te doen van die handhawing van wet en orde in die landelike gebied nie.
Agri SA doen weereens ‘n beroep op die polisie om spoedeisend aandag te gee aan die hulpbronbehoeftes van die Landelike Beveiligingstrategie sodat dit doeltreffend geïmplementeer kan word om ‘n verdere bydrae te maak tot die bekamping van landelike misdaad en die beskerming van die gemeenskap.
Wanneer boere die teiken is van misdadigers, soos in die geval van plaasaanvalle, grondbesettings en eiendomsverwante misdaad en die sake gerapporteer word, word daar van die polisie verwag om sy regsplig na te kom en die nodige ondersteuning te bied. Die blatante verontagsaming van sommige polisiebeamptes van hulle regsplig om misdaad te ondersoek kan nie geduld word nie.
Lede word aangemoedig om dié beamptes uit te wys en aan die toepaslike gesagstrukture in die polisie te rapporteer sodat swak dienslewering geïdentifiseer en daarteen opgetree word. Dit word van die polisiebestuur verwag om streng op te tree teen beamptes wat hulle skuldig maak aan pligsversuim.
Bron: Agri SA
|
https://www.proagri.co.za/gemeenskap-se-belang-moet-in-ag-geneem-word/
|
2020-11-10 12:44:57
|
TLU SA Jongboer van die Jaar 2020 finaliste bekend gemaak
|
This post is also available in: English
TLU SA stel graag die top drie finaliste in TLU SA se Jongboerkompetisie 2020 bekend. Die wenner word op 23 November tydens ‘n geleentheid in Silverton, Pretoria aangekondig.
“Dit wil vir ons voorkom asof die inskrywings wat ons ontvang, jaar na jaar al hoe beter raak,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Hoewel ons opgewonde is dat die toekoms van landbou in hierdie bekwame hande lê, maak dit die taak van ons beoordelaars aansienlik moeiliker om ‘n wenner aan te kondig!”
Die wenner ontvang die volgende van ons borge:
‘n Oorsese reis na die Manitou fabriek in Frankryk;
R25 000 kontant van Santam; en
R10 000 kontant van CMH Kempster Ford Hatfield.
Santam gee ook R15 000 aan die naaswenner en R10 000 aan die derde plek.
“Ons is dankbaar dat hierdie borge ingestem het om die toekoms van landbou in Suid-Afrika te versterk, deur in jong boere te belê,” sê mnr. Geldenhuys. “Dit is baie belangrik dat hoop vir die toekoms dwarsdeur die waardeketting gevestig word.”
Die drie finaliste is:
CT van der Merwe (35) van Dendron in Limpopo. CT boer die afgelope 13 jaar op Al3 Boerdery met aartappels, botterskorsies, uie, beeste en het onlangs ook dragon fruit by hulle produkte gevoeg.
Danie Bester (35) van Balfour in Mpumalanga boer al vir 17 jaar. Hy boer die afgelope 12 jaar op Rietbult met mielies en soja’s.
Janis Terblanche (32) van Marble Hall in Limpopo boer al vir tien jaar. Hy het die Janis Terblanche Boerdery ses jaar gelede gekoop en boer voltyds met druiwe.
Bron: TLU SA
|
https://www.proagri.co.za/tlu-sa-jongboer-van-die-jaar-2020-finaliste-bekend-gemaak/
|
2020-11-16 16:33:33
|
Ongeveer 400 VS-boere neem deel aan wit/ bloulig operasie saam SAPD
|
This post is also available in: English
Vrystaat Landbou het gister, as deel van sy landelike veiligheidsplan, boere en SAPD-lede se paraatheid en reaksie getoets tydens n groot wit/ bloulig operasie.
Die Lejweleputswadistrik, wat die afgelope tyd erg onder misdaad deurgeloop het, was gisteraand ‘n gewemel van voertuie toe sowat 400 boere saam met lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ’n distriks wit/ bloulig operasie gehou het. Die operasie vorm deel van die Landelike Beveiligheidsplan wat maandeliks in distrikte en stasies gesamentlik moet plaasvind.
Die sigbaarheid van boere en die polisie speel ‘n groot rol in die voorkoming van misdade op landbougrond en is dus noodsaaklik om gereeld plaas te vind. Sowat 400 boere en 50 polisielede van dorpe soos Allanridge, Hoopstad, Wesselsbron, Winburg, Virginia, Theunissen, Odendaalsrus, Hennenman, Bultfontein, Welkom en Bothaville het saam met lede van die SAPD aan die wit/bloulig operasie deelgeneem.
Mnr Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Veiligheidskomitee, sê dat daar ook ‘n plaasaanval inoefening plaasgevind het om die reaksiespan se optrede te toets. Aspekte soos bewaring van die misdaadtoneel, monitor van die reaksiegroep het deelgevorm van dié inoefening. Die Lejweleputswa–distrik is die toenemende teiken van ernstige geweldsmisdade (plaasaanvalle), groot veediefstalle en skroot/koper kabeldiefstal. Die distrik het die afgelope tyd 6 plaasaanvalle beleef.
“Die operasies gebeur op ‘n gereelde grondslag en het ten doel om boere meer paraat te maak, sigbaarheid te verhoog en probleemareas te identifiseer wat gesamentlik met die polisie aangespreek moet word,” het le Roux gesê.
“Ons wil boere aanmoedig om by hul plaaslike veiligheidstrukture betrokke te raak. Die aanslag op ons boere is deesdae net te groot en ons kan nie meer bekostig om nie betrokke te wees nie.“ sê le Roux.
Die publiek kan bydra tot Vrystaat Landbou se landelike veiligheid inisiatiewe deur die woord VEILIG te SMS na 37846. (R1/SMS. B’s & V’s geld).
Bron: Vrystaat Landbou
|
https://www.proagri.co.za/ongeveer-400-vs-boere-neem-deel-aan-wit-bloulig-operasie-saam-sapd/
|
2020-11-20 00:00:00
|
Huidige behoeftebepalings van Wes-Vrystaatse boere deur brande geraak
|
This post is also available in: English
Die boeregemeenskap is oorweldig deur die vrygewigheid van die publiek en bedank almal wat hul harte oopgemaak het om die boere en boeregemeenskap wat deur die brande geraak is, te help.
Die Boshof- en Hertzogville gemeenskappe wat die ergste deur die onlangse veldbrande geraak word, pleit by skenkers om die volgende drie maande die broodnodige voer vir vee oor te hou.
Ons is ook bewus van die desperate benoudheid van die boere wat steeds onder die verskriklike langdurige drooge ly en vra donateurs om donasies van voer eerder nader aan te wend as om dit aan die Vrystaat te lewer.
Boere in die gebiede Hoopstad, Hertzogville, Boshof en Dealesville werk hard om die logistiek te koördineer om die voer wat geskenk is, veilig by die aflaaiplekke in te neem vir die sowat 300 boere wat deur die brande geraak word. Die huidige behoeftebepalings is vir voedingsaanvullings soos korrels, lekke en melasse om die droë gras en bale wat geskenk word, meer smaaklik te maak en die vee weg te hou van die sagte graslote wat uitloop na die brande en welkome reën wat die afgelope naweek uitgesak het.
Produkte wat spesifiek aangevra word is:
– LS33
– Melassestroop / meel
– Meester 20
– Super 18 ens.
Vrystaat Landbou kyk na die gebruik van die fondse wat geskenk is om veevoer en korrels in groot maat in te koop, om diesel te betaal vir die vervoer van voer- en veeskenkings die naaste aan die betrokke gebiede en vir dit wat die boere nodig het om hul plase te herbou en te herstel (omheiningsmateriaal en veesuiping) asook vir die georganiseerde en billike herverdeling van die skenkings binne die betrokke gebied aan boere volgens die gedetailleerde impak en behoeftebepalings wat nog gedoen word.
Diegene wat nog donasies aan die rampfonds wil doen, kan die woord SKENK na 37846 SMS (R1 / sms. – B’s & V’s geld) en ons skakel u terug.
Bron: Vrystaat Landbou
|
https://www.proagri.co.za/huidige-behoeftebepalings-van-wes-vrystaatse-boere-deur-brande-geraak/
|
2020-10-06 00:00:00
|
VW Golf GTI TCR: Nr 7 se swanesang met witwarm TCR-model gevier
|
This post is also available in: English
Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive
Die aankoms van VW se Golf 8 is om die draai, en Volkswagen het al laasjaar internasionaal die uitgaande model met ‘n baie spesiale TCR model gedenk wat slegs in beperkte hoeveelheid beskikbaar gestel was. In Suid-Afrika is die GTI modelle baie gewild en vertoon 33% van alle Golf modelle wat verkoop, ‘n GTI-embleem met ‘n aanhang wat omtrent kultusstatus geniet.
Die TCR het sy inspirasie gekry van die Volkswagen Golf renmotor wat twee maal die algehele wenner was van die internasionale TCR ren reeks. Suid-Afrika het 300 modelle ontvang en ek was bevoorrreg om nommer 299/300 (volgens die plaatjie op die voorpaneel) te kom toetsbestuur.
Die 2020 Golf GTI 7 TCR model is seker die enigste VW model, ten minste onder die Golf modelle, wat ten volle toegerus beskikbaar gestel is en geen opsionele ekstras aan kopers bied nie. Die enigste opsie is die keuse van kleur. Drie bakkleure is beskikbaar naamlik, Tornado Red, Pure White of Pure Grey. Ons het die Pure Grey model onder hande gehad.
Binne herinner die kajuit en veral sitplekbedekkings aan die eerste generasie GTI met rooi en grys gestreepte materiaaloorgetrekte sitplekke. Verder is dit hoë vlakke van gerief en moderne tegnologie wat die TCR binnekant spesiaal maak. ‘Virtual Cockpit” met ondermeer ten volle digitale instrumentasie, groot infotainment raakskerm en alcantara leerbedekte sportstuurwiel is maar enkeles om te meld. Wanneer jy die voordeure oopmaak gooi ’n spesiale liggie onder die kantspieël ‘n “TCR” halogrambeeld op die grond.
Buite word die TCR visueel onderskei deur ‘n spesiale swart lugsnoer voor onder, lugvloeiverdeler agter asook lugvinne agter wat langs die kant en om die hoeke agter strek om lugdruk na die grond te kanaliseer as jy die TCR oopketel deur die draaie wil looi. Daar is ook ‘n groter en meer prominente drukvin bo op die agterklap asook ‘n “TCR”-logo en bakplakker teen die agterdeure wat die TCR model uniek maak. Rooi remknypers vertoon sportief teen die spesiale blinkswart Riefnitz 19” allooiwiele, die eerste VW luikrug wat in Suid-Afrika met die swart allooiwiele getooi is. Touareg en Tiguan in R-Line gewaad is die ander modelle wat met swart allooiwiele kan spog. Die TCR klou aan die teer met behulp van 235/35/19 Continental rubbertekkies en ek kan getuig dat die warmbuks beïndruk het met uitstekende greep en remvermoë wanneer dit nodig was.
Die 2020 VW Golf 7 GTi TCR word aangedryf deur Volkswagen se beproefde 2.0 liter viersilinder turbo petrolenjin. Kraglewering is gelykstaande aan die vorige Golf R met aandrywing na die voorwiele deur ‘n seepgladde 6-spoed DSG dubbelkoppellaar ratkas met blitsvinnige oorskakelings veral in die Sport-modus. Die enjin geniet om die toere in die rooi te jaag en die uitlaatstelsel se knor, blaf en knalle wanneer met die ratte deur die toerestrek gespeel word, is simfonies verslawend vir ‘n petrolkop.
Op die pad het die TCR beïndruk met uitstekende verrigting,balans en dinamika, veral deur uitdagende draaie. Die model is dalk nie die vinnigste in sy klas in die reguitlyn van stilstaan to 100kpu nie, maar gaan ‘n paar frisser en meer geroemde blitsbukse die uitlaatpype wys deur die knap draaie en haarnaaldboë van byvoorbeeld Franschhoekpas.
Die Golf GTI TCR is bedoel om begeerlik te wees, en slaag gemaklik daarin.
Kernsyfers:
Prys: R669 000
Enjin: 4-silinder petrol turbo
Krag: 213kW @ 5900 – 6400 rpm
Wringkrag: 380Nm @ 1950 – 5300 rpm
0-100 kpu: 5.6 sekondes
|
https://www.proagri.co.za/vw-golf-gti-tcr-nr-7-se-swanesang-met-witwarm-tcr-model-gevier/
|
2020-11-03 16:05:41
|
ProAgri 249
|
This post is also available in: English
26 ton bloubessies van ՚n Suid-Afrikaanse boerdery mag nie in Europa afgelaai word nie oor ՚n naam. Die OZblu-bessies is ՚n kultivar wat in Australië ontwikkel is en die kultivarregte word gehou deur ՚n maatskappy, United Exports.
Ross Berries het die plantmateriaal wettig aangekoop en gekweek, en probeer nou sy bessies in die vryemark verkoop. Dit wil United Exports nie hê nie, want hulle wil die hele proses beheer, van plant tot verkoop.
Ek is geen regter nie en weet nie of daar ooreenkomste aangegaan is en of die optrede onwettig is nie. Wat ek wel weet, is dat daar ՚n verskil tussen wettigheid en regmatigheid is en dat enige boer daarop geregtig behoort te wees om sy produkte teen die beste moontlike prys te verkoop. Dit is hoe ՚n bedryf groei.
Vandat daar weggedoen is met die bemarkingsrade in elke bedryf, is boere in Suid-Afrika blootgestel aan skommelings en uitdagings in plaaslike en wêreldmarkte en die boere wat vandag nog boer, is diegene wat geleer het hoe om in die diep waters te swem. Ons boere is nou klaar daar waar hulle geleer het om te veg vir hulle plek in die mark; geen private maatskappy gaan dit sommer net so kom wegraap nie!
In die groentewêreld is almal bekend met internasionale standaarde soos Global Gap; nou is daar ook ՚n wolstandaard om na te streef, alles ter wille van naspeurbaarheid sodat die Europeërs gemoedsrus kan hê dat die ragfynwol vir hulle onderklere van tevrede skape af kom wat deur tevrede werkers hanteer word. Maar ek wonder hoeveel van hulle besef dat van daardie wol letterlik uit ՚n grot uit kom! Kom kuier saam met ons in oom Piet se grot op bladsy 31.
Ek hoop die reën val op die regte tyd op jou plaas. Voorspoed met planttyd en wees asseblief altyd en orals paraat. As jy boer is, is jy ՚n teiken.
Boer slim!
Annemarie Bremner > [email protected]
|
https://www.proagri.co.za/proagri-249/
|
2020-11-16 13:24:54
|
Geskatte mielie-oes is 37% groter as in 2019
|
This post is also available in: English
Kommersiële mielies:
Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 15,408 milj. ton gestel, wat 0,08% of 12 040 ton minder is as die vorige skatting van 15,420 milj. ton.
Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,611 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,90 t/ha is. Die geskatte mielie-oes is 37% groter as die 2019-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 84% van die 2020-oes produseer.
Die oppervlak onder witmielies is 1,616 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 994 500 ha. Die produksieskatting van witmielies is 8,666 milj. ton, wat 0,91% of 80 000 ton minder is as die 8,746 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 5,36 t/ha. Die produksieskatting van geelmielies is 6,742 milj. ton, wat 1,02% of 67 960 ton meer as die 6,674 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 6,78 t/ha.
Sonneblomsaad:
Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 785 910 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 500 300 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,57 t/ha is.
Ander gewasse:
Die produksieskatting van sojabone is 1,246 milj. ton, wat 1,25% of 15 750 ton minder is as die 1,261 milj. ton van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 705 000 ha en die verwagte opbrengs is 1,77 t/ha.
Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 50 080 ton. Die oppervlakteskatting is 37 500 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,34 t/ha is.
Die produksieskatting van sorghum is 155 560 ton, wat 1,06% of 1 625 ton meer is as die 153 935 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 42 500 ha, en die verwagte opbrengs is 3,66 t/ha.
In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 64 800 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 50 150 ha, en die verwagte opbrengs is 1,29 t/ha.
Nie-kommersiële mielies
Die oppervlakte beplant met mielies in die nie-kommersiële landbou-sektor word geskat op 297 460 ha, wat ’n effense toename van 0,49 % verteenwoordig in vergelyking met die 296 000 ha van die vorige seisoen. Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 543 545 ton, wat 1,03% minder is as die 549 180 ton van die vorige seisoen. Dit is belangrik om daarop te let dat ongeveer 40% van die mielies wat geproduseer word in die nie-kommersiële sektor, in die Oos-Kaap geplant word, gevolg deur KwaZulu-Natal met 27%.
Wintergewasse – 2020 produksie-seisoen
Koring:
Die verwagte produksie vir koring is 2,149 milj. ton, wat 0,67% of 14 280 ton meer is as die vorige skatting van 2,135 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 4,22 t/ha is. Hierdie is die grootste verwagte koring-oes sedert die 2,427 milj. ton van die 2002 seisoen. Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,108 milj. ton (52%), in die Vrystaat 432 400 ton (20%) en in die Noord-Kaap 275 650 ton (13%).
Ander gewasse:
Die produksieskatting vir moutgars is 552 766 ton, wat 4,95% of 26 060 ton meer is as die vorige skatting van 526 706 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 141 690 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,90 t/ha beloop. Dit is die grootste verwagte moutgars-oes wat nog vir SA aangeteken is.
Die verwagte kanola-oes is 148 456 ton, wat 8,08% of 11 100 ton meer is as die vorige skatting van 137 356 ton.
Die oppervlakteskatting vir kanola is 74 120 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 2,00 t/ha. Dit is ook die grootste verwagte kanola-oes wat nog aangeteken is vir SA.
Die verwagte hawer-oes (ontbytgraan) vir die 2020-seisoen is onveranderd gelaat op 47 400 ton. Die oppervlakteskatting is 26 200 ha en die verwagte opbrengs is 1,81 t/ha.
Die voorlopige oppervlakteskatting vir somergewasse vir 2021 sal op 28 Januarie 2021 vrygestel word en die vyfde produksieskatting vir wintergewasse vir 2020 op 18 Desember 2020.
|
https://www.proagri.co.za/geskatte-mielie-oes-is-37-groter-as-in-2019/
|
2020-11-27 13:01:40
|
Vrystaat Landbou beplan plaasmoord protes in Hennenman
|
This post is also available in: English
Vrystaat Landbou het vandag ‘n beroep op die organisasie se lede gedoen om die Hillsgesin op Maandag 16 November in Hennenman te ondersteun.
Dit is in die lig van die plaasaanval in Hennenman waarin Pieter Hills vermoor en sy seun, Eddie, aanvanklik ernstig gewond en gister oorlede is. Vrystaat Landbou (VL) beoog om die borgtogaansoek van die vermeende plaasaanvallers by te woon.
“Howe moet kennis neem van die publiek se woede en frustrasie met moord in die landelike gebiede. Die hof moet ons in ag neem wanneer borg oorweeg word aan beskuldigdes wat misdade in landelike gebiede pleeg, spesifiek plaasmoorde,” sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), Hierdie aankondiging volg ook na die jongste plaasaanval in Odendaalsrus op die Regalgesin. Hiertydens is Mark Regal noodlottig gewond.
“Ons land het nog ‘n boer, ‘n voedselprodusent, verloor. Die misdaad aanslag op die landbousektor en in ons land duur onophoudelik voort en dit is onaanvaarbaar. Landbouers, maar ook die publiek as ’n geheel, is nie meer bereid om die wetteloosheid toe te laat nie”, het Wilken gesê.
Die reëlings van die protes-aksie sal binnekort bekend gemaak word. VL sal toesien dat die protes fokus op die veldtog van #StopPlaasmoorde. Alle organisasies en lede van die publiek is welkom om VL te kontak vir meer besonderhede oor die protes aksie en deelname is vrylik, maar met die versoek om te alle tye binne die wet en die protesreëlings op te tree.
Bron: Vrystaat Landbou
|
https://www.proagri.co.za/vrystaat-landbou-beplan-plaasmoord-protes-in-hennenman/
|
2020-11-12 11:57:44
|
Maak wenbewerkings met LEMKEN
|
This post is also available in: English
LEMKEN is welbekend vir hulle veeldoelige grondbewerkers soos die Karat, Rubin en Heliodor wat jou verseker van ’n ferm saadbed vir die plantseisoen.
Wanneer daar geploeg moet word, staan LEMKEN ook gereed met sy Diamant-reeks. ProAgri het ’n paar boere besoek wat op LEMKEN steun vir wenoeste.
Karat 9 en Rubin 9 en 12
“Die Karat is die oudste van al ons LEMKEN-werktuie en ook die wonderlikste en beste. Die Karat 9 van LEMKEN kan vir enigiets op jou plaas gebruik word,” sê Wrench Cilliers, voorman van Delpa Boerdery in Douglas.
As Wrench sukkel om ’n land glad en reg te kry, dan gaan haal hy die Karat, want hy is baie veelsydig. Die masjien word eerstens gebruik om die reste in te werk en om die grond te herkonsolidieer.
“As die Karat heeldag werk, kan hy maklik 75 hektaar per dag bewerk,” sê hy.
Boonop is die Karat betroubaar en duursaam en hy het nog net kleinighede aan die masjien herstel. Wrench sleep die Karat 9 maklik en lekker met ’n trekker van 275 kW, maar ’n mens kan ook ’n kleiner trekker gebruik.
Wrench Cilliers by sy beste oplossing vir bewerking op die plaas, die Karat 9.
Wrench se lys van voordele van die Karat:
• Sy dubbelrollers maak die saadbed die beste wat jy kan kry.
• Beter vermenging van plantreste en grond
• Baie veelsydig
• Pak nie maklik aan nie
• Die Karat bring ook vir die boer kostevermindering omdat jy die land net een keer bewerk teenoor die vorige kere twee keer
• Dit bring definitief ’n opbrengsverhoging mee.
Regardt Schulenburg van die plaas De Put buite Pietersburg, sê die Karat is van ordentlike staal gemaak, soos al LEMKEN se werktuie. Hy boer met aartappels, uie, botterskorsies en vee. Die hoofrede hoekom hy die Karat aangeskaf het, is omdat die werktuig se skare nader aan mekaar is, wat die grond beter losmaak.
Hoe hy te werk gaan: “My eerste bewerking nadat ek my aartappels uitgehaal het, is met die Karat. Ek gebruik hom om die spore los te maak. Dan plant ek voersorghum in my land. Daarna gebruik ek weer my Rubin 12. En nadat ek hom gebruik het, gebruik ek weer my Karat. Ek haal die rollers van my Karat af en bewerk die grond sonder die rollers. Dan neem my grond die reënwater beter op.”
Nog ’n boer wat baie ingenome is met sy LEMKEN Karat 9, is Skippies Joubert van Gideon Joubert Boerdery buite Luckhoff. Hy het nog net een seisoen met die Karat gewerk, maar is baie in sy skik, want soos hy sê: “Dit help nie die planter plant presies, maar die saadbed is nie presies nie. Die rollers agter aan die Karat gee ’n ferm saadbed en verseker egalige plantdiepte.”
Hein Mulke en sy seun, Erich, van die plaas Zoutpansdrift, Douglas. Hein het in 2013 die eerste Rubin 9 in Douglas gekry.
Nog ’n span van die Douglasomgewing wat op LEMKEN steun, is Hein Mulke en sy seun, Erich. Hulle gebruik hulle Rubin 9 al van 2013 af om groot volumes plantmateriaal te sny en in die grond in te werk. Op besproeiingslande is daar nie tyd vir sukkel nie en hoe meer werk ’n werktuig kan doen, hoe beter!
Hein sê hy het nog net nodig gehad om slytonderdele te vervang en die onderhoudskoste is minimaal, veral vir ’n werktuig wat so hard werk.
LEMKEN Diamant 11-ploeg
As jy onkruid het, ploeg dit blinkskoon met LEMKEN se 8-skaarploeg. Hy ploeg mooi en diep.
Org Teesen, hier saam met sy vrou, Joline, en seun, Duardt, sê met ’n LEMKEN se Diamant aan jou kant, klop jy onkruid.
Org Teesen van Otterfontein, Koster, sê daar is goeie redes waarom hy ’n ploeg inspan: “Ek gebruik ’n ploeg slegs om onkruid op geselekteerde lande te beheer. Kweek is ’n gras wat baie moeilik chemies beheer of doodgespuit word. As jy hom nie op die regte tyd met regte dosisse bespuit nie, kom hy maar net weer terug en kwaaier as tevore. Deur lande in die winter te ploeg, verhoed ek dat te veel vog verlore gaan oor bogrond wat reeds droog is en dop ek kweeksooie om, wat dan doodryp. So beheer ek vog en onkruid, weer eens op spesifieke lande.”
’n Ploeg kan grond baie vermeng en laat uitdroog bo, maar met LEMKEN se tegnologie word die struktuur van die bogrond nie vernietig nie. “Die gebruik van ’n ploeg moet elkeen maar self oorweeg. As onkruid begin wen, moet jy planmaak,” sê Org.
Org voeg by dat LEMKEN se ploeg eenvoudig is en slytasie kan vat. “Alles het ’n pennetjie wat losmaak om iets af te haal; die boer het net een moersleutel nodig.”
Hy noem dat hy in die drie jaar wat hy die ploeg het net twee stelle breekboute en beitelpunte opgesit het. Hulle hou baie lank.
“Die ploeglyne is mooi en hy ploeg tussen 6 en 8 km per uur. Indien die grond nat is, probeer mens dat die wielglip nie bo 20% gaan nie. ’n Mens kry ’n breekskaar (skimmer) wat die grond voor breek, wat dit dan makliker maak vir die ander skare om die grond om te dop,” sê Org.
Vir meer inligting oor LEMKEN se werktuie, kontak Karel Munnik by 082-412-2577of [email protected]; of Blackie Swart by 082-404-9651 of [email protected], of besoek www.lemken.com.
|
https://www.proagri.co.za/maak-wenbewerkings-met-lemken/
|
2020-11-17 18:01:00
|
Publiek moet standpunt inneem teen plaasaanvalle en misdaad in die algemeen!
|
This post is also available in: English
Agri SA doen ‘n beroep op die publiek om hul stemme te laat hoor teen plaasaanvalle en misdaad in die algemeen. Plaasaanvalle is weer besig om toe te neem, veral in die Vrystaat. Dit is onaanvaarbaar.
“Die aankondiging deur die minister van Polisie gister dat verskeie taakspanne aangestel is om die toename in plaasaanvalle in die Vrystaat te ondersoek word verwelkom. Ons hoop dat die oorsake van hierdie brutale aanvalle vasgestel sal word en dat die polisie die nodige aksie sal neem”, sê Christo van der Rheede, Agri SA se uitvoerende direkteur.
Die landbou het die land aan die gang gehou tydens die inperking. Boere en plaaswerkers het uit hul pad gegaan om ons land, ons buurlande en, deur uitvoere, ander dele van die wêreld, van voedsel te voorsien. Met behulp van nie-regeringsorganisasies het boere vars groente, vrugte en vleispakkies afgelewer aan gemeenskappe wat honger nood ervaar, in ondermeer die Kaapse Vlakte, townships en menige arm gemeenskappe oor die land heen.
Die toename in plaasaanvalle gedurende die afgelope paar weke kan dus nie geduld word nie. Dit moet gestop word! Hierdie aanvalle is gemik op alle boere, ongeag ras. Swart en wit boere en plaaswerkers word geteiken en word dikwels wreed vermink en vermoor.
Ten spyte van die uitdagings rondom plaasaanvalle, ‘n gebrek aan staatshulp en die ewig-dreigende likiditeitsprobleme wat boere in Suid-Afrika in die gesig staar, het die landboubedryf steeds noemenswaardig tot ekonomiese groei bygedra. Die prys van basiese voedsel in Suid-Afrika bly stabiel danksy ons boere. Ons land trek voordeel uit landbou-uitvoere. In 2019, het landbou-uitvoere, ter waarde van R156,3 biljoen, nagenoeg 10% tot totale uitvoere bygedra. Menige werksgeleenthede is in die proses geskep. Volgens die jongste arbeidsmag-opname deur Statistieke SA, bied die landboubedryf werksgeleenthede aan 808 000 persone.
‘n Paar miljoen gesinslede is afhanklik van die inkomste wat deur die landbousektor gegenereer word. In verskeie gebiede oral in die land werk wit en swart boere saam om die sektor te transformeer en ‘n sukses te maak van grondhervorming. Boere en plaaswerkers is ‘n bate. Ons land het sy boere nou meer as ooit tevore nodig. Hulle moet beskerm word. Agri SA doen dus ‘n beroep op die breë publiek om druk op die regering uit te oefen en aan te dring op daadwerklike optrede om ‘n einde aan plaasaanvalle en misdaad in die algemeen te bring. Neem standpunt in! Raak betrokke by gemeenskap-polisiëringsplatforms en plaaswagte.
Lig alle belanghebbendes wat by hierdie misdaadvoorkomingsplatforms betrokke is in oor verdagte bedrywighede. Swart en wit gemeenskappe moet hande vat en saamwerk om kriminele aktiwiteite te ontbloot en meewerk om misdadigers in hul midde tot verantwoording te bring. Polisie betrokkenheid by kriminele aktiwiteite moet aangemeld word by die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (IPID), wie se taak dit is om kriminele oortredings deur lede van die SAPD te ondersoek.
Kom ons ondersteun die slagoffers en gesinslede van alle boere, plaaswerkers, asook alle ander kwesbare mense wat slagoffers is van hierdie wrede aanvalle. Plaasmoorde en misdaad in die algemeen neem epidemiese afmetings aan in Suid-Afrika. Hierdie toenemende vlaag misdaad kan slegs gestuit word deur druk uit te oefen en met samewerking en voorkomingsaksies deur die breër publiek. Neem asseblief standpunt in teen plaasmoorde en misdaad in die algemeen, veral gedurende die opkomende feesseisoen.
Bron: Agri SA
|
https://www.proagri.co.za/publiek-moet-standpunt-inneem-teen-plaasaanvalle-en-misdaad-in-die-algemeen/
|
2020-11-13 14:58:43
|
VinoVeritas deur CTP Toep - reuse sprong vir Veritas aanlyn-wynverkope
|
This post is also available in: English
Daardie gesogte Veritas Goud- en Dubbelgoud-wenwyne en -brandewyne sal voortaan beskikbaar wees vir maklike bestelling en aflewering op jou drumpel, danksy ’n nuwe, spesiaal ontwikkelde toepassing vir aanlyn-wynverkope – ʼn briljante nuwigheid in die wêreld van wynkompetisies deur Veritas, Suid-Afrika se oudste en mees gesaghebbende kompetisie vir markklaar wyne en brandewyne.
Hierdie reuse sprong vir die land se top wynkompetisie is moontlik gemaak deur baanbreker samewerking tussen die organiseerders – die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV) – en sy jarelange finansiële vennoot CTP Packaging (deur sy afdelings SA Litho Label Printers en CTP Cartons & Labels), met die goed-gevestigde Getwine-portaal vir aanlyn-dienste en die Johannesburgse Cognition FoneWorx toep-ontwikkelaar.
Dit is ʼn baie betekenisvolle wynbedryf-gebeurtenis wat op ʼn besonder geleë tydstip kom, waar die Suid-Afrikaanse verbruiker ʼn groot beweging ten gunste van aanlyn-aankope, insluitend wyn, weens die Covid-19 beperkinge en realiteite vertoon, terwyl daar die behoefte is om te herstel van die bedryf se verlore momentum met verkope.
“Hierdie is ʼn trotse oomblik in die 30-jaar lange geskiedenis van Veritas dat ons so ʼn unieke toepassing van stapel kan stuur, wat beide die Suid-Afrikaanse wynbedryf en die verbruiker sal baat,” het SANWSV-voorsitter Christo Pienaar gesê.
“Hierdie mylpaal is bereik ondanks die moeilike tye wat die wynbedryf gedurende die Covid-19-pandemie ervaar en dit sal vanjaar al direkte voordele hê van verkope vir al die kelders en die wyne en brandewyne wat Dubbelgoud en Goud losslaan. Veritas se fokus was uit die staanspoor om die verbruiker van ʼn riglyn na die top wyne en brandewyne wat aan die kompetisie deelneem te voorsien en die top presteerders kan nou in die gemak van hul tuiste bestel word.
“Ons het dus daarin geslaag om ʼn negatiewe situasie in ʼn groot positiewe een te omskep, wat tot groot voordeel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf in hierdie moeilike tye sal wees, ook met langtermyn voordele vir almal betrokke,” het Pienaar bygevoeg.
Die koperspubliek van wyn en brandewyn sal hierdeur die toegewyde VinoVeritas Toep op hul slimfone of persoonlike rekenaars kan aflaai, die uitslae kan lees en onmiddellik van die 198 produkte bestel wat met Goud- of Dubbelgoud-medaljes by die 2020 Veritas Toekennings bekroon is.
ʼn Voorvereiste vir wynmakerye se deelname aan Veritas is dat ʼn minimum van 300 bottels wyn en 120 brandewyn vir aankope beskikbaar moet wees – maar toegang tot hierdie wenners via kleinhandel-verkoopspunte landwyd was in die verlede dikwels uitdagend uit ʼn logistieke oogpunt.
Die samewerking met Getwine en hul vaartbelynde distribusie-netwerk sal hierdie situasie nou radikaal verbeter.
ʼn Voornemende wyn-aankoper sal voortaan (van vandag) in staat wees om die toepassing eenvoudig af te laai, te registreer en dan van 20:00 op die aand van 14 November bestellings te plaas – wanneer die Veritas-uitslae bekend gemaak sal word by ʼn afgeskaalde toekennings-middagete by die Val de Vie residensiële landgoed se polo-kompleks in die Paarl.
Die aanlyn kooptransaksies vir die wyne en brandewyne, waarop die toepaslike Veritas-bottelplakkers sal verskyn, is transaksies tussen die verbruiker en Getwine. Dít wat die prys, betaling en aflewering volgens die ooreenkoms betref. Gratis vervoer word landwyd hierby aangebied vir bestellings van 12 bottels of meer.
ʼn Aantreklike promosie wat hiermee gepaard gaan, is dat een gelukkige wyn- en brandewynliefhebber wat vir VinoVeritas registreer, daagliks van 4 – 14 November, ’n sesbottel-kis van Veritas se wenprodukte kan losslaan, sowel as die groot prys van twee sitplekke vir die Veritas-toekenningsfunksie op 14 November.
In die lig van die Covid-19 beperkings op openbare byeenkomste, sal die jaarlikse gebruiklike landwye publieke proeë van Veritas-wenners nie vanjaar plaasvind nie. Die volledige Veritas-uitslae sal egter wel terselfdertyd aanlyn op die verskillende webtuistes van die rolspelers beskikbaar wees – Veritas, CTP/SA Litho, Getwine en Cognition – ondersteun deur inligting in die wye sosiale en ander media. Hierdie kanale sal die gebruiklike uitslae-boekie wat oor die jare danksy borgskap van SA Litho gepubliseer is, vervang – terwyl hierdie maatskappy aanbly as ʼn rojale finansiële vennoot van die Veritas Toekennings.
Om te soek vir die VinoVeritas-toepassing, dit af te laai en daarop te registreer, gaan na Google Play of die Apple App Store op jou slimfoon – verken dan die toekennings, kies wyne en bestel hulle direk deur die Toep. Jy sal ook toegang hê tot sosiale media-stroming en verdere relevante inligting. Daar sal ook twee ikone op die veritas-webwerf wees waarop jy sal kan klik om direk na Toep geneem te word vir registrasie.
SANWSV se VinoVeritas-vennote is:
CTP Packaging, deur hul afdelings CTP Cartons & Labels and SA Litho Label Printers – ʼn jarelange finansiële vennoot van die Veritas Toekennings, wie se direkteur, Leon Witbooi, gesê het: ”Die krag en kontinuïteit van ons vennootskap met Veritas kan toegeskryf word aan ʼn gesamentlike visie van uitnemendheid – Veritas in sy viering van voortreflike Suid-Afrikaanse wyn en ons in ons verbintenis tot die vervaardiging van verpakking van die hoogste gehalte in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Oor die dekade waartydens CTP ’n geesdriftige finansiële vennoot van die Veritas Toekennings gebly het, het ons deurentyd gesoek na nuwe maniere om wynmakerye wat aan die kompetisie deelneem, te bevoordeel. Die loodsing van VinoVeritas deur CTP, ʼn eerste vir die bedryf, getuig hiervan.
Getwine – ʼn Suid-Afrikaanse wynportaal wat verbruikers toelaat om hul gunsteling Suid-Afrikaanse wyne maklik aanlyn te bestel. “Ons fokus daarop om topgehalte wyne van die beste Suid-Afrikaanse wynprodusente teen bekostigbare pryse aan te bied”, sê Johan Wegner, HUB van Getwine. “Ons is vreeslik opgewonde om deel van die Veritas-span te wees, aangesien dit die oudste en mees prestigeryke kompetisie van sy soort in Suid-Afrika is – sinoniem met uitnemendheid in wyn en brandewyn.”
Cognition FoneWorx – ʼn genoteerde maatskappy wat die Toep as deel van die Caxton CTP-familie onwikkel het. Met heelwat meer as 20 jaar in die bedryf, het Cognition duisende verskillende “verbruikersreise” met direkte verbruikers-intervlakke ontwerp, gehuisves en bestuur, met die fokus op digitale verbruikers-deelname oplossings. Dit is die enigste JSE-genoteerde WASP in die land (Wireless Application Service Provider).
Kontak ons vir verdere inligting by tel 021-863-1599 of e-pos [email protected].
|
https://www.proagri.co.za/vinoveritas-deur-ctp-toep-reuse-sprong-vir-veritas-aanlyn-wynverkope/
|
2020-11-05 13:03:48
|
Tshwane stop Sakeliga KragDag ekspo
|
This post is also available in: English
Dit is met groot teleurstelling dat daar aankondig is dat die Sakeliga KragDag ekspo wat volgende week sou plaasvind, deur die Tshwane munisipaliteit gekelder is.
Tshwane se Events Management afdeling het die organiseerders van die jaarlikse Sakeliga KragDag ekspo verbied om met die ekspo voort te gaan wat op 3-5 Desember sou plaasvind.
Die besluit is geneem op ´n Tshwane -JOC (Joint Operations Committee) vergadering wat verlede week plaasgevind het. Dit volg nadat ´n afvaardiging wat bestaan het uit bestuurslede van Sakeliga en KragDag, bygestaan deur ´n mediese span en regulasievoldoeningsprokureur, ´n positiewe vergadering met Tshwane se nuwe DA burgemeester gehad het, waarin die teenwoordige raadslede hulle ondersteuning vir die hou van die ekspo aangetoon het en die waarde daarvan vir die gemeenskap bevestig het.
Om die Sakeliga KragDag 2020 buitelug-ekspo te verbied asof grendelstaatregulasies so bepaal, terwyl daar daagliks groot winkelsentrums en weekliks talle markte regoor die land oop is met veelvoude meer besoekers, maak egter geen sin nie.
Die besluit van Tshwane kom nieteenstaande die organiseerders se reëlings om nie net die ekspo binne die grendelstaatregulasies aan te bied nie, maar ook bykomende maatreëls in plek te stel om ´n bykans Covid-vrye omgewing vir die ekspogangers daar te stel.
Die KragDag organiseerders het tot op die laaste praktiese oomblik alles in hulle vermoë gedoen om binne die wet die ekspo te laat voorgaan, maar dit was tevergeefs. Afgesien van die verlies van miljoene rande wat reeds deur die organiseerders en uitstallers spandeer is in voorbereiding van die ekspo, maak die besluit Tshwane aanspreeklik vir die inkomsteverlies van talle ondernemings wat hierdeur van ´n geleentheid beroof is om hulle lewensonderhoud aan te vul en die besluit kan selfs tot die ondergang van sommige ondernemings lei.
As daar een ekspo is wat hierdie jaar van groot waarde sou wees, is dit die Sakeliga KragDag Ekspo wat met sy ekspo-tema Immuun teen grendelstaat en ander virusse … en ons geniet dit! mense sou kon help om meer bestand te raak teen die uitdagings wat ons vanjaar beleef.
Let daarop dat die ekspo nie deur KragDag afgestel is nie, maar bloot uitgestel word na waarskynlik vroeg volgende jaar. Al die waardevolle nuwe byvoegings wat vir hierdie jaar beplan is, sal steeds plaasvind sodra die groenlig ontvang word. Wanneer dit gebeur, is dit ons voorneme om die grootste en beste KragDag ekspo tot nog toe te hou.
KragDag is in die proses om met al die KragDag uitstallers telefonies te skakel en ontvang baie begrip en ondersteuning van hulle. KragDag wil ook in die volgende ruk hierdie ondernemings met bykomende aksies van hulp probeer wees.
Besoekers wat reeds registreer het se registrasies sal geldig bly wanneer die ekspo weer hervat.
Ons hoor graag jou mening oor of die Tshwane munisipaliteit reg opgetree het om KragDag te stop?
|
https://www.proagri.co.za/tshwane-stop-sakeliga-kragdag-ekspo/
|
2020-11-24 11:16:57
|
Danie Bester is TLU SA se Jongboer van die Jaar 2020
|
This post is also available in: English
Danie Bester van Balfour is die wenner van TLU SA se Jongboerkompetisie 2020 in ondersteuning met Manitou, Santam en CMH Kempster Ford Hatfield. Hy is vandag as die nuwe TLU SA Jongboer van die Jaar aangewys.
“Ons was baie beïndruk met Danie se gebruik van tegnologie en veral die internasionale skakeling en navorsing oor sojaboontjies,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Hy is voorwaar ‘n boer wat nie net aanpas by die hulpbronne tot sy beskikking nie, maar ook die hulpbronne uitbrei en verbeter. Dit is presies die tipe vindingrykheid waarna ons soek onder ons jong boere. Hy het ‘n blink toekoms voor hom.”
Danie (35) het na skool op die Potchefstroomse Landbou Kollege studeer. Soos die meeste kinders wat op ‘n plaas grootgeword het, boer Danie al vandat hy ‘n klein seuntjie was. Hy het toe ook amptelik na skool begin boer, en is die afgelope 12 jaar op Rietbult by Balfour in Mpumalanga. Hy hanteer die graangewasse wat bestaan uit mielies en soja’s terwyl sy pa, wat saam met hom boer, die beesboerdery hanteer.
Hy is getroud met Janet en hulle het twee kinders, Dawie en Janike.
Die borge van TLU SA se Jongboer van die jaar is: (agter) Burger Nortje van CMH Ford Hatfield; Hanlie Kroese van Santam en Steve Rider van Manitou. Voor staan CT van der Merwe met ‘n tweede plek; Danie Bester, eerste plek en Janis Terblanche met ‘n derde plek.
Afgesien van die spogtitel – Jongboer van die Jaar – ontvang Danie die volgende van ons borge:
• ‘n Oorsese reis na die Manitou fabriek in Frankryk;
• R25 000 kontant van Santam; en
• R10 000 kontant van CMH Kempster Ford Hatfield.
Buiten die geskenkpakkies het TLU SA se Jongboere stewige kontantpryse en die wenner boonop ‘n toer na Manitou se fabriek in Frankryk gewen.
CT van der Merwe (35) van Dendron in Limpopo is as die naaswenner aangewys. Hy boer die afgelope 13 jaar op Al3 Boerdery met aartappels, botterskorsies, uie, beeste en het onlangs ook dragon fruit by hulle produkte gevoeg. CT ontvang R15 000 van Santam.
Janis Terblanche (32) van Marble Hall in Limpopo ontvang met sy derde plek R10 000 van Santam. Janis boer al vir tien jaar. Hy het die Janis Terblanche Boerdery ses jaar gelede gekoop en boer voltyds met druiwe.
“Ons wens elkeen van hierdie jong boere geluk met hulle vernuf,” sê mnr. Geldenhuys. “Ons is tevrede dat die toekoms van landbou in bekwame hande lê.
“Ons wil ook ons borge Manitou, Santam en CMH Kempster Ford Hatfield bedank vir die belangrike rol wat hulle in hierdie kompetisie het. Julle skep hoop deur die belegging in ons jong boere.”
Bron: TLU SA
|
https://www.proagri.co.za/danie-bester-is-tlu-sa-se-jongboer-van-die-jaar-2020/
|
2020-11-24 10:50:04
|
AUDI A7 SPORTBACK 55TFSI: Statig, Stylvol en Subliem
|
This post is also available in: English
Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive
Uit die Duitse drie is Audi meestal die skaam slim kind. Histories altyd in die skadu van Mercedes se status as weelde ikoon, en tweede viool teen die paddinamika van BMW.
Die een waaroor die minste bohaai gemaak word, maar tog die een wat vanuit die agtergrond die meeste beïndruk. Dis ook die storie van die nuwe A7 Sportback. Die kompetisie in hierdie segment is formidabel met name wat in helderblink ligte getooi word. Dink maar aan Mercedes se CLS of BMW se 6-reeks Gran Coupe.
Ons het Audi se tweede generasie A7 Sportback 55 TFSI quattro S-tronic in sportiewe S-Line afwerking getooi, onlangs bestuur en was omtrent stomstil verras.
Ontwerp
Luukse vierdeur koepees is al sedert vroeg 2000 met ons, so daar is niks nuuts of revolusionêr aan die ontwerp nie. Dit is egter wat ons betref seker die mees praktiese keuse wanneer dit met 2-deur koepees en 4-deur sedans vergelyk word. Veral die groot “fastback” agterklap maak die bagasiebak net soveel meer toeganklik. Dan weer is die koepee-agtige daklyn wat na agter swiep mooi op die oog en met goeie ontwerp en verpakking binne soos wat die A7 bied, slegs minimaal inhiberend vir die agterste insittendes wat nie langer as 1.8 meter is nie. Danksy die 2926 mm lange wielbasis is agterste beenspasie uitsonderlik goed.
Buite agter vorm die 2020 A7 Sportback se skerp hoekige LED ligte ‘n aandagtrekkende kontras met die sterk aksentlyne van die agterklap. Voor is die neus laag, breed, plat en intimiderend sportief met die skrefies ontwerp van die LED/laser ligte wat die vooraansig modern en vars laat vertoon.
Die vernuwende agterste lighulse wat oor die breedte van die agterklap verbind is, bied ‘n skouspelagtige “vertoning” elke keer wanneer die ligte aan of af geskakel word.
Van die kant betrag is die lang lyf wat op die VW groep se skitterende effe gerekte MLB-platform gebou is, sjiek-soepel en baie laag gehurk oor pragtige antrasiet swart 21 duim allooiwiele (R21 000 ekstra). Die sportiewe S-line pakket kom met breë 255 mm Turanza rubber van 35-profiel.
Kajuit en toerusting
Binne in die leerbeklede kajuit is die ontwerp en ergonomie modern, luuks en gesofistikeerd. Ons is van mening dat die jongste generasie Audi’s die toon aangee wat betref kajuitontwerp en instrumentasie-uitleg.
Ons toetsmotor was ook toegerus met die opsionele “S-sport” voorste sitplekke teen R30 000. Hierdie sitplekke was uiters gemaklik en het hoë vlakke van rugsteun gebied.
Twee groot nuutontwerpte MMI kleurskerms oorheers die voorpaneel. Een agter die stuurwiel wat grootliks die instrumentasie vir rit-, enjin- en motorinfo bied, maar ook sateliet navigasie op ‘n innoverende wyse inkorporeer. Die skerm middel bo in die voorpaneel bied toegang tot alle kommunikasie en klank info. Ook SatNav en die parkeerhulp se hoëdefinisie kamerabeelde.
Daar is ook ‘n derde skerm wat laer middel onder in die voorpaneel geplaas is om die klimaat, lugversorging en sitplekverwarming te beheer. Dit die nook as ‘n “skryfblad” om instruksies na die SatNav stelsel te stuur.
Die raakskerms kan ook met behulp van ‘n groot draaiknop middel tussen die sitplekke die funksies beheer. Die peperduur en uiters gesofistikeerde Bang& Oelofssen klankstelsel dra by tot die luukse ambiaans in die kajuit. Night Vision Assist was ook ‘n opsionele ekstra teen R40 000 waar die kamera met infrarooi beelde opstruksies, diere en mense in die pad kan “sien” wanner dit digte mis of donker is.
Agterste passasiers kry ook ‘n skerm tussen die twee voorste sitplekke vir die dubbelsone-klimaatbeheer asook twee USB koppelpunte. Android Auto en Apple Carplay integreer seepglad en intuitief met die stelsel. Daar is ook ‘n laaiblad waar selfone koordloos herlaai kan word.
Enjin en Verrigting
Die A7 Sportback is slegs beskikbaar met een enjin opsie. Die turbo aangejaagde 3.0L V6 kragbron is ‘n juweel wat 250kW en 500Nm se piekragte lewer om die bykans 2ton se gewig in gesofistikeerde bykans geluidlose stilte onder 6 sekondes van 0-100kpu te laat versnel, danksy seepglade en vinnige oorskakelings van die sewe-spoed dubbelkoppelaar S-tronic ratkas wat krag na al vier die wiele stuur.
Brandstofverbruik word aangegee as 7,1L/100 km in ‘n gekombineerde siklus. Die enjin word bygestaan deur ‘n 48Volt mikrohibriedstelsel wat ondermeer die litium-ioon battery tydens remwerk met 12kW laai om die enjin te deaktiveer ten einde “vry te loop” tussen 55kpu en 160kpu.
Rit en paddinamika
Ons toetsmotor was toegerus met die opsionele aanpasbare lugvering teen ‘n bykomende koste van R36 000 wat nie minder nie as vyf hoogteverstellings toelaat. Die stelsel sorg vir ‘n uiters gemaklike en sublieme rit ten spite van die baie lae 35-profiel bande en in weerwil van uitdagende padoppervlaktes.
Die elektries ondersteunde kragstuur is ons insiens perfek gelaai en dra by tot ‘n uiters aangename en genotvolle ritervaring. Die A7 Sportback is in wese ‘n heerlike luukse toermotor wat matelose bestuursgenot bied op die ooppad waar lang swiepe die onderstel en veerstelsel soos ‘n handskoen pas. Die opsionele agterwielstuurstelsel (R34 000) dra by tot heerlike hantering deur die draaie en help ook om die groot wa te parkeer. Ook die uiters effektiewe remstelsel het beïndruk.
Gevolgtrekking
Die 2020 Audi A7 55TFSI quattro is bedoel vir ‘n nismark van fynproewers wat stylvolle luuksheid hoog aanslaan.
In ‘n wereld waar SUV’s koning kraai, is die A7 Sportback 55TFSI die koningin met ongeëwenaarde sjiek en styl in hierdie segment en as ek moet kies tussen die A7 Sportback en die kompetisie uit Duitsland, wen die A7 Sportback gemaklik.
Prys: R1 298 000 (R1,6-miljoen soos getoets)
Enjin: 3.0-litre turbopetrol V6
Krag: 250 kW
Wringkrag: 500 Nm
0 -100 kpu: 5,7 sekondes
Ratkas: 7-spoed S-tronic Outomaties
Brandstofverbruik: 7,1 L/100 km (amptelik)
|
https://www.proagri.co.za/audi-a7-sportback-55tfsi-statig-stylvol-en-subliem/
|
2020-11-20 00:00:00
|
Suid-Afrika moet dringend optree teen wanbestuur van land, sê TLU SA
|
This post is also available in: English
TLU SA is dit eens dat die afgradering van die Landbank deur die kredietgradering agentskap Moody’s Investors Service bloot ‘n simptoom van die vele probleme in Suid-Afrika is.
Die Landbank het vandeesweek aangekondig dat dit nie daarin gaan slaag om uitstaande skuld teen einde November te herstruktureer soos voorheen beplan is nie. Dit sal waarskynlik nou eers einde Maart plaasvind. Moody’s het die Landbank in reaksie tot Caa1 afgradeer.
“Dit is nou tyd vir Suid-Afrikaners om wakker te skrik oor die oorsaak van die land se ineenstorting op feitlik elke moontlike terrein,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Keer op keer word staatsinstellings reddingsboeie aangebied (met fondse wat nie uit die staatskas beskikbaar is nie) en word daar geherkapitaliseer. Telkens slaag dit nie. Dit is dwaas om aan te hou om die simptome te probeer behandel terwyl die oorsaak nie opgelos word nie.
“Die ANC-regering wat die land wanbestuur deur kaderontplooiing, korrupsie en gierigheid is die nommer een vyand van Suid-Afrika. Terwyl die ANC aan bewind bly, sal die reeds benarde situasie bloot versleg.”
Die afgradering hou dramatiese gevolge in aangesien verskeie landbou-ondernemings asook die produksiekrediet van 27% van boere deur die Landbank gefinansier word. Dit hou beslis ernstige gevolge vir elke persoon in die land in aangesien ‘n gebrek aan finansiering ‘n direkte negatiewe invloed op voedselverskaffing het.
“Ons is dan besig om misdaad en wanbestuur te befonds deur ons belastings wat betaal word,” sê mnr. Geldenhuys.
Bron: TLU SA
|
https://www.proagri.co.za/suid-afrika-moet-dringend-optree-teen-wanbestuur-van-land-se-tlu-sa/
|
2020-11-26 08:38:24
|
Baarlamanka HirShabeelle oo doortay guddoomiye iyo ku-xigeen
|
https://www.voasomali.com/a/5647808.html
|
2020-11-04 00:00:00
|
|
Net èèn nuusberig is nodig as bewys dat die Sirkus voortgaan
|
Dinsdagaand, 24 November 2020, het een van die bekende radiostasies tydens ’n nuusbulletin getoon dat daar geen einde gaan kom aan die sirkus wat hierdie land 26 jaar gelede getref het toe die ANC bewind by die destydse heersende party oorgeneem het nie.
Daar was slegs drie berigte tydens die 7 uur bulletin uitgesaai. Berigte wat toon dat die volgehoue barbaarsheid van Afrika, die geldsug en korrupsie van kaders, ministers en tenderpreneurs en die onbeholpenheid van die ANC regering in sy poging om werk te skep steeds voortleef in die tradisie van die res van Afrika en veral sy regeerders.
Dit wat kan lei tot die verryking van die land se vakkundige basis, waar daar ’n werklike behoefte bestaan, is steeds afwesig en floreer in die “demokratiese Suid-Afrika van die ANC”.
Om by die eerste berig te begin. Solank as die man tradisioneel as die absolute hoof van ’n huishouding of verhouding beskou word sal die mishandeling teen vroue en kinders steeds ’n groot probleem bly.
Die berig het verwys na ’n 2-jarige dogtertjie wat dood is nadat sy ondermeer seksueel aangerand is. Die 17-jarige ma van Diepkloof het die kind eers twee dae na die voorval na die Baragwanath Hospitaal in Gauteng geneem waar sy met ernstige gesigbeserings opgeneem is. Toe die dokter die kind ondersoek het hy gevind dat daar seksuele penetrasie plaasgevind het en hy het die polisie ontbied.
Die kind is dood en die 30-jarige vriend van die 17-jarige meisie, is saam met die ma aangekla van erge aanranding
Die tweede berig het ’n stemnota bevat waar ’n minister opgewonde die nuus bekend maak dat etlike miljarde rande deur die Suid-Afrikaanse regering begroot gaan word om ’n entstof teen die Covid-19 virus te ontwikkel.
Natuurlik gaan die minister opgewonde hieroor wees. Nie oor die feit dat Suid-Afrika beslis nie meer oor die wetenskaplikes van vroeër beskik om so iets te ontwikkel nie, maar oor die feit dat geld wat deur belastingbetalers betaal word, nou weereens geskuif kan word om ministers, kaders en tenderpreneur te bevoordeel. Almal weet dat hierdie fondse maar eintlik net bestem is om in ’n donkergat-sak te verdwyn. Met drie farmaseutiese groepe wat betrokke gaan wees is daar soveel meer spasie vir tenderpreneurs om dit te doen waarmee hulle baie goed is, naamlik om die grootste finansiële voordeel vir hulself daar uit te trek. Mens hoef maar net te verwys na die chaos met die toekenning van tenders vir beskermde en voorkomende toerusting en middels tydens die Covid-19 pandemie. Baie van die sogenaamde saniteerders kon net sowel in ’n agterplaas êrens in Soweto vervaardig word en dit direk daarvandaan bemark sonder dat enige vrae gevra word.
Die derde berig handel oor die feit dat duisende gemeenskap-gesondheidswerkers gaan staak aangesien hulle daarop aandring dat hulle “tydelike”-werkstatus na “permanent moet” verander.
Hierdie werkers is tien teen een deel van die wat die minimum opleiding het en wat tydens die Covid-19 Pandemie aangestel is om temperatuurlesings van moontlike gevalle en neus-monsters te neem tydens Covid-19 toetsing asook die dergelike ander take waar hulle aangewend word.
Die bewyse is daar dat die regerende party geen beheer oor werkskepping het nie. Dit is in elk geval geen regering se taak is nie,
Daar is geen manier dat hierdie werkgeleentheid ooit in ’n produktiewe voltydse werk omskep kan word nie – mens kan maar weet dat die regering wel ’n manier sal vind, kyk maar net wat het met die status van die huis-hulp gebeur.
Minimum geletterdheid neig tot minimum redenasievermoë daarom reken hierdie werkers dat dit nou die regering se taak is om te sorg dat hulle maandeliks ’n salaris sal ontvang aangesien hulle nie die hele konsep rondom “tydelike werker” verstaan nie. Die werk is tydelik want daar is geen waarborg dat die werk oor ’n maand of twee kan wegval en nie meer beskikbaar gaan wees nie.
As jy as on- of semi-geskoolde werker moet staak om jou bevoegdheid of onmisbaarheid te bewys, word die hele beginsel van produktiwiteit en jou erns om ’n inkomste te verdien weerspreek – jy as tydelike werker is jy maklik vervangbaar.
Dieselfde geld vir die duisende hulp-werkers wat die ANC wil aanstel in die onderwys en waar ook al om werk te skep vir die werkloses. Die grootste rede vir werkloosheid is gebrekkige tersiêre of vakkundige opleiding, of die totale afwesigheid daarvan. Hierdie hulp-werkers gaan een of ander tyd ook ’n plafon van onbevoegdheid bereik waarna hy totaal nutteloos vir die samelewing gaan wees.
Sorg dat die mense behoorlik opgelei word om ’n produktiewe rol in die samelewing te speel. Dit het ’n groot invloed op jou “vervangbaarheid”.
Die enigste rol wat die regerende party moet vertolk is om redelike belasting- en arbeider-wetgewing daar te stel om te verseker dat die ekonomie en veral die kleinsakesektor sy rol kan vervul om as die grootste werkskepper te groei en sodoende werkloosheid te bekamp.
Daardeur word buitelandse beleggers gelok om te investeer en kan die ekonomie groei. Geen welsynstaat kan bestaan sonder ’n gesonde en sterk groeiende ekonomie nie. ’n Ekonomie wat deur ’n gesonde ekonomiese beleid en regering ondersteun word.
Beslis nie met ’n korrupte spul ministers en kaders wat elke moontlikheid om geld, wat tot voordeel van die land aangewend moet word, op ’n korrupte manier te bekom om hulself, vriende en familie te verryk nie.
Die ANC is besig om weereens die toekoms van hul verlore jeug by hulle te steel – dit sonder dat apartheid enige aandeel hierby het.
Kommentaar deur: Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/26/net-een-nuusberig-is-nodig-as-bewys-dat-die-sirkus-voortgaan/
|
2020-11-26 05:18:37
|
Kom lag saam met Die Grapmakers van Lizz Meiring
|
Die KunsteGrot op Thabazimbi sit die res van die jaar se program voort met ’n splinternuwe komedie, Die Grapmakers, uit die pen van die aktrise en skrywer Lizz Meiring, met Neels van Jaarsveld en Michelle Botha in die hoofrolle.
“Komedie is nie ’n grap nie, dis ’n ernstige saak!” is Lizz Meiring se antwoord op die vraag wat telkens in ’n geselskap opduik, “Waar kom grappe vandaan?” Wie skep die humor rondom gebeure? Wie draai binne minute die tragiese om in humoristiese?
Vir die antwoord, eintlik die fiktiewe antwoord, maak seker dat jy deel van die KunsteGrot gehoor is op Donderdag 19 November om 19:00 waar twee uitgeworpe karakters, deel van die Antieke Griekse mitologiese muse van komedie, iewers in ’n stowwerige, vergete kantoor sit. Hulle woon van begin van tyd iewers in die wolke, maar moeilikheid duik op vir die muse.
Neels van Jaarsveld en Michelle Botha is die twee akteurs in Lizz Meiring se “Die Grapmakers” wat Donderdag 19 November in die KunsteGrot op Thabazimbi op die planke sal wees.
Die twee hanteer die humorafdeling met al die humor, grappe en komedie wat ons daagliks geniet, wat skep en inspireer. Maar eintlik is hulle in die moeilikheid.
Die mensdom is nie meer oopkop genoeg om humor te verstaan, te aanvaar en te waardeer nie.
En as hulle boonop hulle werk en doel verloor, verdwyn hulle in die swart gat van depressie en hopeloosheid.
Met Covid-19 wat so onder die mense se werk gemaai het, verstaan mens dalk hierdie tipe van reaksie beter. Maar die verhaal wat volg is verrassend, aweregs, uniek en lewer skerp en spitsvondige kommentaar oor die waarde en humor vir die mens.
Dit bevat sterk en slim satire oor die verlies van die vermoë om vir onsself en ander met deernis te lag.
Die Grapmakers is beslis die regte wind in ons seile om onder die depressie-wolk van die pandemie, wat steeds oor ons bly hang, weg te kom.
Lizz Meiring in die muse saam met die twee akteurs, Michelle Botha en Neels van Jaarsveld.
Hierdie nuwe stuk van Lizz Meiring sou open as opdragstuk by Innibos Kunstefees. Innibos is gekanselleer maar die stuk gaan voort by vier van die kleiner teaters in die land, waar mense wat nie noodwendig Innibos toe sou kon gaan nie, nou geleentheid kry om dit eerstehands te ervaar.
Daar is ’n ouderdomsbeperking van geen persone jonger as 16 jaar nie. “Die rede hiervoor,” sê Lizz, “daar is ’n paar rowwe woorde en kontroversiële temas wat nie geskik is vir kinders onder 16 nie.”
As sy so sê, hou dit maar in gedagte as jy jou plek bespreek.
Besprekings is reeds oop en Rita Volschenk kan by 083 744 8559 geskakel word om jou plek te verseker. Kaartjies is R150 vir volwassenes en pensioenarisse betaal R100.
Pak gerus die piekniekmandjies en beleef ’n gesellige aand van hoogstaande komedie saam met top akteurs en die veelsydigheid van Lizz Meiring.
Onthou, slegs 100 kaartjies is beskikbaar aangesien die inperking steeds geld. Die KunsteGrot, die akteurs en die kunste het jou ondersteuning nodig. Bespreek nou jou kaartjie en doen ook jou deel om te sorg dat “Doodkry is Min”, ook vir ons Afrikaanse toneel sal geld en nie sal stuit vir ’n pandemie nie.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/05/kom-lag-saam-met-die-grapmakers-van-lizz-meiring/
|
2020-11-05 03:20:25
|
HFM se hoofleiers ontmasker
|
Hoërskool Frikkie Meyer op Thabazimbi het tydens die jaarlikse Toekenningsfunksies op 19 Oktober die Hoof- en Onderhoofleiers vir 2021 aangekondig.
Vir die eertse keer in die geskiedenis is die toekenningsfunksie nie in die formele atmosfeer van die skoolsaal aangebied nie, maar in die formele buitelug pawiljoen op die rugbyveld.
Met sport wat weens die Covid-19 inperking nie tot sy reg kon kom nie was dit dan ook ’n waardering daarvoor dat die toekennings wel op die sportvelde gedoen kon word.
Hoof- en Onderhoofleiers van Hoërskool Frikkie Meyer vir 2021
Die Hoof- en Onderhoofleiers (kultuur en sport) is op die foto van links:
Onderhoofleiers-Kultuur: Fanie Swanepoel en Karla Coetzee, Hoofleiers: Choppa du Preez en Mariska Coetzee en Onderhoofleiers-Sport: RF Schoeman en Quinelle Blaauw.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/18/hfm-se-hoofleiers-ontmasker/
|
2020-11-18 07:43:44
|
Eerbare president sukkel ook met somme
|
Ontleed mens die statistieke volgens die jongste Covid-19 inligting is dit duidelik dat dit nie net die vorige president is wat met getalle sukkel nie, maar ook ons huidige staatspresident wat deur sy Ramp Bevelsraad aan die neus gelei word.
Regstellende aksie en die sogenaamde swart ekonomiese bemagtiging is seker die grootste rede hiervoor. Inplaas daarvan om waarde aan getalle toe te sê word waarde toegevoeg volgens die aantal “B’s” en “E’s” in die waardeketting van enige besigheid. Talle swart tenderpreneurs, onder andere Julius Malema, het vinnig geleer om groot getalle, soos miljoene rande op ’n slag op te tel, al het hulle net ’n standard drie kwalifikasie of houtwerk op skool gedop.
Ons president, ’n groot voorstander van die swart ekonomiese bemagtiging-beginsel, val blykbaar in dieselfde kategorie. Dit wys duidelik dat hy nie die super sakeman is waarvoor hy voor sy verkiesing uitgemaak is nie, maar dat swart ekonomiese bemagtiging sekerlik tot sy direkteurskap van verskeie sogenaamde “Wit Bevoorregte” maatskappye asook tot sy status as biljoenêr bygedra het.
President Ramaphosa en sy Covid-19 Bevelsraad, wat so graag die statistieke van lande soos China, Brittanje en die res van Europa slaafs navolg om die Suid-Afrikaanse publiek mee bang te maak en te verarm, is beslis nie bewus van die jongste statistieke wat gebaseer is op die ouderdomme van die mense wat weens Covid-19 gesterf het nie.
Hierdie statistieke wys dat die persentasie Covid-19 sterftes vir mense onder die ouderdom van 70 jaar so klein is as zero komma zero vyf persent (0,05%), wat die persentasie van dié wat die siekte oorleef te staan bring op nege-en-negentig komma nege vyf persent (99,95%). Hierdie syfers word deur dr Jay Bhattacharya, ’n professor verbonde aan die Stanford Universiteit, onderskryf.
Dit het aan die lig gekom tydens ’n onderhoud wat Jackie Cameron, van The Daily Insider by BizNews.com, die afgelope week met hom gevoer het.
Dr Bhattacharya is een van die groot dryfvere van die Great Barrington Declaration wat sterk daarop aandring dat heroorweging aan die streng inperking regulasies verleen moet word met ’n intelligente benadering tot die gevalle waar die meeste sterftes voorkom. Van orals word sy standpunt deur regering se raadgewers en andere afgeskiet, maar steeds bly hy vasbeslote om sy standpunt van Gefokusde Beskerming (Focused Protection) te propageer aangesien “sy gewete hom nie sal toelaat om anders te doen nie”.
Intussen word daar gereken dat ’n verdere 130 miljoen mense wêreldwyd sal sterf weens hongersnood wat juis deur die ekonomiese ontwrigting van erge inperking veroorsaak word.
“Mense word geskandeer vir kanker, entstowwe teen ander voorkombare siektes word nie voorsien nie. Selfdood syfers het dramaties gestyg waar een uit elke vier jongmense in Amerika selfdood ernstig oorweeg het gedurende Julie vanjaar alleen.” Al hierdie feite word deur mediese kundiges uitgewys, het hy gesê.
“Mense kry seer,” sê hy. Hierdie boodskap vind weerklank onder die Suid-Afrikaanse sakeleiers. Die besigheidsorganisasie, B4SA, het die afgelope week ’n dringende versoek to president Ramaphosa gerig om die drang om die inperking beperking weereens strawwer te maak, te onderdruk en Suid-Afrika te red van verdere ekonomiese vernietiging wat uiteindelik tot nog hagliker omstandighede vir die bevolking sal lei.
Professor Salim Abdool Karim, ’n Suid-Afrikaanse epidemoloog en spesialis op die gebied van aansteeklike siektes, en deel van die regering se raadgewers oor Covid-19, het die afgelope week op Ontbyt met Martin Bester, gesê dat daar word te veel na daaglikse statistieke gekyk inplaas daarvan om die statistieke oor langer tye in ag te neem.
Hy het ook genoem dat die bestaande maatreëls is genoegsaam om ’n tweede uitbraak te voorkom, dit moet net beter toegepas word.
Sien meer onder
Professor Karim speaks to Martin Bester on Breakfast with Martin Bester
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/13/eerbare-president-sukkel-ook-met-somme/
|
2020-11-13 05:15:37
|
Bekende Elandskuil-laagwaterbrug gesluit na insakking
|
Die Elandskuil-laagwaterbrug oor die Krokodilrivier, wat toegang aan inwoners en oewerboere oos en wes van die Krokodilrivier tussen Thabazimbi en Koedoeskop verleen, is gesluit nadat die rivier oplaas sy tol geëis en ’n groot deel van die anker-gedeelte van die brug aan die een oewer inmekaar gesak het.
Die hoof van Thabazimbi Munisipaliteit se Rampbestuur, Gerrie Visagie, het in ’n gesprek aan Kwêvoël genoem dat die Elandskuilbrug gedurende die vorige groot vloed heelwat skade opgedoen het met wegkalwing van die fondasies van die stutpilare.
Thabazimbi Munisipaliteit het toe by die Waterberg Streeksmunisipaliteit, onder wie se jurisdiksie die betrokke brug val, aansoek gedoen vir dringende onderhoudswerk aan die brug om dit vir verkeer te beveilig.
Waarskuwingsborde word in elk geval opgerig dat die pad gesluit is sodra die rivier oor die laagwaterbrug stroom.
Intussen is die enkelverkeer-brug by Koedoeskop, met ’n nuwe tweerigtingverkeer-brug vervang en alhoewel daar vir die fondse vir die Elandskuil laagwaterbrug begroot is, het die geld in die sisteem verdwyn en is die werk nooit gedoen nie.
Die reën van die afgelope paar weke het blykbaar die fondasies verder uitgekalwe, sodanig dat ’n gedeelte van die brug by een van die oewers inmekaar gesak het.
Die brug word gedurende die droër seisoen hoofsaaklik deur plaaslike inwoners asook pendelaars na die Northam Platinum myn asook na die Jabulani informele nedersetting gebruik.
“Ek het onmiddellik gereageer toe ek die boodskap Donderdag 12 November ontvang het dat ’n gedeelte van die brug inmekaar gesak het,” het Visagie verder genoem. Met sy aankoms op die toneel het hy dadelik voorsorg getref dat geen voertuie en selfs nie eens voetgangers die brug mag gebruik nie.
Die rivier vloei redelik sterk onderdeur die brug en hou ook vir voetgangers die gevaar in dat hulle meegesleur kan word indien daar nog dele van die brug meegee.
Weens die feit dat die brug vir ’n onbepaalde tydperk onveilig verklaar is, moet daar van alternatiewe roetes oor Koedoeskop of vanaf Thabazimbi gebruik gemaak word.
Op die foto kan duidelik gesien word hoë die ryvlak oor die jare heen gesak het en daartoe gelei het dat die ryvlak verbrokkel.
Die wegkalwing van die materiaal om die fondasies is duidelik sigbaar
Die een gedeelte van die ryvlak wat weens die uitkalwing van die fondamente onder die stutpilare meegegee het en dit uiters gevaarlik maak om oor te steek.
Hooffoto: Die Elandskuil laagwaterbrug oor die Krokodilrivier wat nou vir alle motor- sowel as voetgangerverkeer gesluit is. (Alle foto’s met dank aan TPM: Gerrie Visagie – die foto’s is reeds die afgelope week op die internet beskikbaar – ‘n Foto sê soms ‘n duisend woorde maar Kwêvoël bring vir jou die storie agter die foto)
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/19/bekende-elandskuil-laagwaterbrug-gesluit-na-insakking/
|
2020-11-19 14:23:30
|
Eksamentyd en moeg? - Medhof kan help
|
Die laaste skof van die jaar het vir die matrikulante asook ander grade en diegene op Kolleges en Universiteite aangebreek.
Eksamens lê soos ’n berg voor jou, jy is moeg, lusteloos en kan nie aan die gang kom nie.
Moenie alleen voel nie, hierdie is maar tipiese spanningsimptome as jy voel alles raak te veel.
Kom gesels met jou apteker by Medhof Apteek
Daar is ’n oplossing om jou konsentrasie, fokus, produktiwiteitsvlakke en leervermoë te verbeter deur slegs ’n paar aanvullende vitamiene en minerale.
Moenie net die eerste, naaste aanvulling of vitamiene op die rak gryp nie, kom gesels gerus met Medhof se aptekers om leiding te kry deur jou simptome te bespreek en raad te kry oor die vitamiene en aanvullings wat jou gaan baat.
Verskeie Vitamiene B aanvullings is beskikbaar, gesels gerus met jou apteker hieroor om die beste kombinasie te kry.
Mense met Vitamiene B tekorte se leervermoë is laag, hulle sukkel met genoeg energie en word maklik afgelei van hul onderwerp.
Die beproefde Vitamiene C is volgende wat jou indirek gaan help om beter te fokus en help met jou stres-vlakke.
Indien jou dieet reg is maar jy sukkel steeds met fokus- en konsentrasie-vlakke moet jy dalk kyk na vitamiene D3. Hierdie vitamiene is krities vir gesonde senuwee-funksies asook vir meer as 200 liggaamsprosesse, waaronder gemoedstoestand.
Omega-3 Vetsure is die heilige ark van vitamiene en daarom word aanbeveel dat jy dit daagliks moet inneem. Die lys van liggaamlike funksies wat hierdeur ge-optimiseer word, is veelvoudig.
Dit verseker dat jy langer kan konsentreer, verbeterde geheue en jou vermoë om ingewikkelde take te bemeester en uit te voer.
Lae-vet diëte kan ernstige Omega-3 vetsure tekort veroorsaak, wat op sy beurt weer tot probleme soos fokus en konsentrasie aanleiding kan gee.
Moenie magnesium vergeet nie. Dit verlaag stres Die beproefde Vitamiene C is volgende wat jou indirek gaan help om beter te fokus en help met jou stres-vlakke en het ’n kalmerende invloed, presies wat jy nodig het om op jou studies te konsentreer.
Onthou dat die volgende net so belangrik is om jou breinkrag te ontwikkel:
Doen oefening aangesien dit die verbindinge na jou breinselle versterk.
Breinkrag word verder versterk deur sink, jodium, Vitamiene B6 en B12 asook Omega-3.
Om jou balans te hou, moenie vergeet om nie jou vriende nie te vergeet nie – moet dit net nie oordoen nie. Selfs ’n sinvolle gesprek met iemand vir so min as 10 minute daagliks help reeds om jou brein verder te optimiseer en verbeter geheue.
Sorg dat jy genoeg slaap kry, en voordat jy jou studies aanpak na die oggend se eksamen-sessie, laat jou self toe om ’n kragslapie – “power nap”, nie langer as 30 minute nie, te neem. Jy sal verfris opstaan met nuwe krag en konsentrasie om weer te begin studeer.
Terwyl jy na die eksamenlokaal stap, neem ’n ander roete om jou gedagtes af te lei van die komende toets.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/04/eksamentyd-en-moeg-medhof-kan-help/
|
2020-11-04 12:42:04
|
Runaway train Saved by the Whale’s Tail
|
’n Weghol metrorail trein is van ’n rampspoedige ongeluk gered toe dit ontspoor, deur ’n versperring gebars en die voorste wa op die stert van ’n walvisbeeldhouwerk tot stilstand gekom het. Die beeldhouwerk het verhoed dat die trein sowat 10 meter ondertoe in die water stort.
In dié buitengewone en ongewone voorval wat Maandag net na middernag in die stad Spijkenisse naby die Nederlandse hawestad Rotterdam gebeur het, het ’n reuse- beeldhouwerk van ’n walvisstert reg langs die spoorlyn die treinwa in sy val gestuit en daardeur ook verhoed dat dit die ander waens agterna sleep.
Net die bestuurder van die trein was aan boord en niemand is in die ongeluk beseer nie.
Toevallig is die naam van die beeldhouwerk “Gered deur die Walvisstert”. Die beeldhouwerk bestaan uit twee reuse- walvissterte wat uit ’n dam in ’n park steek waar die spoor eindig na die De Akkers metrostasie.
Lees Meer – Read More
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/04/runaway-train-saved-by-the-whales-tail-walvisstert-keer-weghol-trein/
|
2020-11-04 08:51:08
|
Skou gekniehalter maar stop nie Baba-en-Kleuterkompetisie
|
Soos dit telkens in die vermaaklikheidswêreld gesê word wanneer dinges swaar trek, “The Show Must go on!”, het Medhof Apteek nie eenvoudig teruggesit toe die Thabazimbiskou weens die Covid-19 pandemie gekanselleer moes word nie en die jaarlikse Baba-en-Kleuterkompetisie ook daardeur geraak is.
Medhof Apteek is bekend vir hulle Baba-en-Kleuterkompetisie wat vir etlike jare reeds sinoniem met die Thabazimbiskou is. Medhof het gevoel dat hulle die ouers van Thabazimbi nie die geleentheid kan ontsê om bietjie met hulle kleingoed te spog nie en plan gemaak dat dit wel kan gebeur, net op so ’n bietjie anderse manier.
Aangesien die inperking-regulasies sodanig was dat daar nie van ateljee foto’s gebruik gemaak kon word nie, het Medhof besluit om die kompetisie op sosiale media te loods waar ouers geleentheid gebied is om enige “Pret-Foto’s” van hul kinders in te stuur.
Wenner 24-36 Maande Seuns en Algehele wenner Marnus de Klerk.
Daar was tien verskillende kategorieë van verskillende ouderdomme met die groter kleuters in hul eie kategorie volgens geslag, asook ’n uiteindelike algehele wenner. Medhof se verskaffers vanaf die voorwêreld was die aangewese onbetrokke beoordelaars wat deur die foto’s gesif het. Medhof bedank hulle dan ook vir die taak wat hulle so gewillig uitgevoer het.
Die uitslag het ook net weereens getoon dat Thabazimbi vir geen ander plek terugstaan as dit by die kosbare kleingoed kom nie.
Buiten die eksterne borge wat baie van die pryse geborg het, het Bibs and Babes asook Limpopo Stationers steeds hulle volgehou steun aan die kompetisie gegee.
Die uitslag van die kompetisie was soos volg (slegs eersteplekke):
3-6 Maande: Seuns en Dogters saam – Wenner: Orategile Madira; 6-12 Maande: Seuns en Dogters saam – Wenner : Rohan Van Wyngaard; 12-24 Maande: Dogters – Wenner: Leamy van der Merwe; 12-24 Maande: Seuns – Wenner: Jurgens Pieterse; 24-36 Maande: Dogters – Wenner: Mi-Anke Balani; 24-36 Maande: Seuns – Wenner: Marnus De Klerk; 36-48 Maande: Dogters – Wenner: Amoré Jordaan; 36-48 Maande: Seuns – Wenner: Duncan Swanepoel; 48-60 Maande: Dogters – Wenner: Kara du Plessis; 48-60 Maande: Seuns – Wenner: Juwan Van Der Merwe.
3-6 Maande Seuns en Dogters: Wenner Orategile Madira en tweede, Mia Grové.
24-36 Maande: Seuns van links: Tweede: Keanu Steyn en 3de Jandre Pretorius.
6-12 Maande Seuns en Dogters: Wenner Rohan van Wyngaard en Tweede June Pieters.
0-3 Maande Seuns en Dogters: Tweede Geru Symons (regs) en derde Motheo Sikwane.
48-60 Maande Seuns: Van links tweede plek Francois Steyn en wenner Juwan van der Merwe.
24-36 Maande Dogters: Van links derde Melandri du Plessis en tweede Mila du Plessis.
Wenner 24-36 Maande Seuns en Algehele wenner Marnus de Klerk.
Wenner 24-36 maande Dogters: Mi-Anke Balani.
Wenner 0-3 Maande Seuns en Dogters: Rouxlé Kriel.
Al die wenners het geskenkpakkies vanaf Medhof Apteek ontvang en die Algehele Wenner ‘n groot geskenk van verskeie produkte wat deur die onderskeie borge geskenk is.
Aangesien nie al die wennertjies vir die oorhandiging van die geskenkpakkies opgedaag het nie, is die foto’s wat geneem is slegs van die wennertjies wat wel opgedaag het.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/25/skou-gekniehalter-maar-stop-nie-baba-en-kleuterkompetisie/
|
2020-11-25 19:34:14
|
Abraham Kriel Kinderhuis: Gemeenskap se bydrae noodsaaklik om skade van die Inperking teen te werk
|
Daar is sekerlik baie min instansies wat moedeloosheid so in die gesig staar gedurende hierdie uitgerekte inperking soos tehuise wat na die wel en wee van ons kinders en oumense moet omsien.
Almal het gehoop dat na 96 dae van isolasie tydens inperking vlak-3 daar verligting sou kom, maar steeds was dit nie en niemand het enige idee gehad wanneer almal weer normaal sal kan funksioneer nie.
By die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom was huisouers gestroop van alle vrye tyd wat hulle normaalweg sou hê en die kinders het meer met hulle huismaats te doen gekry as ooit tevore en almal het die inperking positief maar onseker benader.
Baie moeite is gedoen om die kinders konstruktief besig te hou om hulle aandag met verskillende aktiwiteite van die Covid-19 virus weg te hou.
Die grootste probleem wat hulle steeds in die gesig staar is die feit dat almal ewe swaar deur die inperking getref is en skenkings aan liefdadigheid skerp afgeneem het.
As gevolg van die inperking kon die kinderhuis se koffiekroeg wat hulle bedryf word nie funksioneer nie en is hulle ook hierdie inkomste ontneem, nie net dat hulle nie koffie mag bedien nie, maar dit was ook die plek waar die publiek allerhande handewerk items, wat deur die kinders en vrywilligers gemaak is, kan aankoop.
Deurmekaar tye is juis die tyd dat sake ander benader moet word en hier is dit veral die plaaslike gemeenskap en vriende van die kinderhuis wat verskeie inisiatiewe laat verskyn/publiseer/uitgee het.
’n Grendelvlak 4-resies is deur ’n aantal vriende van die kinderhuis aangebied om ’n bydrae tot die kinderhuis se fondse te maak.
In nog ’n aksie het Nico Nagel ’n virtuele fietstoer vanaf Pretoria na Nylstroom onderneem om fondse vir die kinderhuis in te samel. Sien meer hieroor deur op die skakel onder te klik.
Virtuele Fietstoer – Klik Hier
Die leraar van die Gereformeerde Kerk Warmbad het saam met een van die gemeentelede ’n wedloop voltooi om fondse vir verskeie kinderhuise in te samel. Klik op die skakel hieronder vir meer inligting hieroor.
Klik hier vir die GK Warmbad wedloop.
Nadat die Matrieks en Graad 7 leerlinge weer skool-toe kon gaan het die kinderhuis met ’n groot probleem gesit om tuisstudie sonder enige rekenaars, selfone en data te voorsien. Steeds is fondse nodig om ’n funksionerende rekenaarsentrum aan die kinders te bied. Volgende keer gesels ons meer hieroor.
Aangeheg hier onder is die bydraevorm wat ons vra dat lesers met ’n oop hart sal druk en ’n donasie maak.
Elke bietjie sal help om die kinders ’n gelyke kans te bied om die nodige onderrig te ontvang.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/10/abraham-kriel-kinderhuis-gemeenskap-se-bydrae-noodsaaklik-om-skade-van-die-inperking-teen-te-werk/
|
2020-11-10 11:08:08
|
Grapmakers prikkel die lagspiere
|
Die Grapmakers met die twee uitstekende akteurs, Michelle Botha en Neels van Jaarsveld wat die grappe op mekaar laat rol het, het goed daarin geslaag om die gehoor se lagspiere te laat werk tydens hulle optrede in die KunsteGrot op Thabazimbi Donderdag 19 November.
Die twee muse, wie se werk dit is om die mense op Aarde aan die lag te kry met hulle grappe, is reeds van die begin van tyd in hul vergete kantoor. Hulle hanteer die humor afdeling maar dinge lyk nie goed vir hulle nie en hulle kan nie op dreef kom nie.
Die mensdom is nie meer oopkop genoeg om humor te verstaan, te aanvaar en te waardeer nie. Hulle kry nie eintlik werklike steun meer vanaf Zeus en Olimpia nie en sou hulle hul werk verloor, verdwyn hulle in die universele swart gat van depressie en hopeloosheid.
Om boonop uit te vind dat hulle nie net daar is om humor aan die mensdom te verskaf nie, bring daai swart gat van depressie nog nader.
Buiten nuwe grappe het hul selfs teruggeslaan na Jan Spies en Tolla van der Merwe vir inspirasie met selfs ’n tweespraak uit Lipstick Dipstick tot groot vermaak van die hele gehoor.
Wat Afrikaanse humor aan betref sal die twee muse beslis altyd werk hê en ook keer dat ten minste nie die totale mensdom in die donker gat van depressie sal beland nie.
Hierdie vertoning sluit dan ook die jaarprogram vir optredes by die KunsteGrot af.
Bertie Joubert Eiendomme se personeel, gades en vriende het saam na die KunsteGrot oopgetrek vir die Grapmakers. Op die foto is van links Tom, Louise, Antionette en Casper.
Maretha en Helize van Bertie Joubert Eiendomme saam met Glen van Rooyen.
Tala van Medhof Apteek saam met haar man Paul.
Vriende en families het ’n groot poging aangewend om lekker voor en na die toneel saam te kuier met lekker eetgoed en so ietsie vir die keel. Op die foto is van links: Welita Birch, Heleen Brits, Daleen Jacobs, Anita van Staden, Hendrik van Staden, Kobus Jacobs, Suzanne Brits en Lisa van Staden.
Rita saam met die twee muse van die Grapmakers, Michelle Botha en Neels van Jaarsveld. Sekerlik twee van Suid-Afrika se beste akteurs vir komedie.
Die eerste vertoning vir volgende jaar by die KunsteGrot is op 30 Januarie wanneer Chris Else vir lekker musiek gaan sorg, gevolg deur Mathys Roets op 13 Maart, Doringdraadduwwels op 17 April en Ruhan du Toit op 3 Junie.
Heelwat eerste besoekers aan die KunsteGrot het die aand meegemaak. Vertel gerus vir julle vriende hoe lekker gesellig daar gekuier is en die meelewende toneel wat die gehoor betrek het.
Maak seker dat jy nie weer ’n vertoning by die KunsteGrot misloop nie.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/26/grapmakers-prikkel-die-lagspiere/
|
2020-11-26 04:53:26
|
Gratis toegang-week tot Marakele en ander Nasionale Parke
|
Vanaf volgende week Maandag, 16 November, kry Suid-Afrikaners die geleentheid om die meeste Nasionale parke gratis te besoek to Vrydag 20 November. Hierdie is ’n kans om bietjie uit te kom en te ontspan van die Covid-19 inperking wat besig is om ons lewens te ontwrig.
Met Marakele Nasionale Park op Thabazimbi se drumpel is dit die geleentheid om te gebruik en ’n dag in die natuurskoon van die Kransberge te beleef. Dit is naby genoeg vir besoekers vanaf Modimolle, Bela-Bela, Vaalwater en Ellisras om ook bietjie weg te breek.
Volgens die SANParke se hoof uitvoerende hoof, Fundisile Mketeni word die gratis week gewoonlik gedurende September aangebied, maar is dit weens die pandemie beperking wat die aantal besoekers beperk het, is dit uitgestel tot November.
Daar is volop kameelperde in hul statige aksie te siene in die park.
“Spesiale kontrole sal geïmplementeer word om toe te sien dat besoekers-volumes wel binne die inperking bepalings wat steeds van toepassing is, nie oorskry word nie,” het hy toegevoeg..
Die enigste parke wat uitgesonder is van die gratis toegang gedurende die spesifieke week is die Namaqua Nasionale Park en die Rotse afdeling van die Tafelberg Nasionale Park. Die gratis toegang sluit nie gratis toegang tot verblyf en ander toeriste fasiliteite in nie.
SANParke poog jaarliks om die meer en meer Suid-Afrikaners geleentheid te bied om die parke gratis te besoek. Op hierdie manier word ’n gevoel van trots in Suid-Afrika se natuurlike-, kulturele- en historiese-erfnis by Suid-Afrikaners gekweek om ’n dieper gevoel van biodiversiteit by hulle te wek.
Besoek Marakele Nasionale Park naby Thabazimbi vir sy groot verskeidenheid van wildlewe, voëls en natuurlike Bosveld-Skoonheid
Mketeni het verder daarop gewys dat deur die Sosio-Ekonomiese en die uitgebreide Openbare Werke Programme werk SANParke nou saam met omliggende gemeenskappe om dringende sake soos Wild-misdaad aan te vat deur die jongmense in te lig aangaande beroepskeuses wat die parke bied asook met die skepping van werksgeleenthede.
“Hierdeur hoop SANParke om die gemeenskappe te versterk terwyl hulle die voordeel van die Nasionale Parke op hulle eie drumpel kan ervaar,” het Mketeni afgesluit.
Vir meer besonderhede kontak Marakele Nasionale Park by 014 – 777 6929 gedurende besigheidsure of besoek die SANParks tuisblad.
Lees Meer – Read More
Sien ook – More
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/12/sanparke-gratis-toegang-week-tot-marakele-en-ander-nasionale-parke/
|
2020-11-12 07:42:56
|
HFM Jukskei-seuns deur na SA Juniorkampioenskappe
|
Hoërskool Frikkie Meyer het die besondere prestasie bereik deurdat drie van die vier lede van Limpopo se o/16 Jukskeispan leerlinge van die skool is.
Hulls is Raphael de Beer, Arno van Niekerk en Dylan Wagenaar wat al drie lede van HFM se 0/16 Jukskeispan is.
’n Verdere prestasie is dat Gehard Booysen, Jukskei sport organiseerder van HFM, as spanbestuurder van die Seuns 0/16 Limpopo span, en Joyce du Preez, afrigter van HFM se jukskei-spanne, as afrigter van die Limpopo Seuns 0/16 span aangewys is.
Die SA Junior Jukskeikampioenskappe word vanaf 11 tot 15 Januarie 2021 in Kroonstad aangebied.
Op die Hoof-foto is die drie o/16 seuns van HFM wat vir die Limpopo o/16 Seunspan vir die SA’s Junior Jukskeikampioenskappe gekies is. Hulle is van links Dylan Wagenaar, Raphael de Beer en Arno van Niekerk. Saam met hulle op die foto is Joyce du Preez (Afrigter van HFM asook afrigter vir die Limpopo o/16 span) en Gerhard Booysen (Spanbestuurder van die o/16 Limpopo Jukskeispan).
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/12/hfm-jukskei-seuns-deur-na-sa-juniorkampioenskappe/
|
2020-11-12 05:38:59
|
NASA SpaceX sending: Dragon-kapsule koppel aan ruimtestasie
|
Die vier ruimtevaarders wat Maandag gelanseer is, het die Internasionale Ruimtestasie veilig bereik.
Die SpaceX Dragon-kapsule is met weinige maneuvers in die perfekte posisie gebring om aan die voorkant van die ruimtelaboratorium te koppel.
Die bevelvoerder van die sending, Mike Hopkins, Shannon Walker, Victor Glover en Soichi Noguchi, het saam geskiedenis gemaak as die eerste span aflos-ruimtevaarders wat gebruik gemaak het van ‘n kommersiële vervoerstelsel, wat gesertifiseer is vir menslike gebruik, om die ruimtevaart vanaf die aarde tot by die ruimtestasie af te lê.
Die bemanning van die sending het by die drie ander ruimtevaarders Kate Rubins, Sergey Ryzhikov en Sergey Kud-Sverchkov. Hiermee word die aantal navorsers tot sewe verhoog wat die mikro-aantrekkingskrag eksperimente verdriedubbel wat in die ruimte, 410km bokant die aarde, uitgevoer kan word.
Die Falcon vuurpyl met die Dragon kapsule wat gebruik is vir die lansering, is ’n diens wat deur die Kaliforniese firma, SpaceX aan Nasa verkoop word. Voorheen moes Nasa self die diens, wat deur die Amerikaanse regering geborg is, verskaf.
SpaceX is kontraktueel verbind to nog vyf soortgelyke sendings.
Read More here
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/11/18/nasa-spacex-sending-dragon-kapsule-koppel-aan-ruimtestasie/
|
2020-11-18 14:30:54
|
#raahil chopra
|
https://www.campaignasia.com/tag/raahil%20chopra
| ||
Baudet kom weer want hy kan nie langer wag
|
Dit lied leek mij gisteren al toepasselijk voor de FvD-operette, maar vandaag is het dat nog meer.
De muziek is gebaseerd op een bekende jig waarvan de titel mij evenwel even niet te binnen wil schieten. De tekst is gebaseerd op die van een zekere Charles Miller, 1893. The cat came back, naspeuringen leveren op dat het als een black & white-minstrelnummer is bedoeld: met een accent te zingen dat het publiek moet herkennen. Dat spijt me dan voor het lied.
Nou, hier is een uitvoering door een als te goeder trouw bekend staande artiest.
Cisco Houston
De versie in het Afrikaans is als een steek onder water tegen de rooinek bedoeld, zoals uit het laatste couplet op te maken lijkt. Liedjes gaan de wereld rond en veranderen van betekenis.
Ou Jan Wilson had ‘n kat wat die ou nie wou verlaat
Hy‘t alles geprobeer om die kat daar weg te keer,
selfs na die predikant om raad van hom te kry
Die predikant die het gesê: “Die kat moet daar bly”
Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer net die volgende dag,
die kat kom weer, glo vir my dis waar,
die ander dag môre was die kat weer daar
Hulle sit hom op ’n skip en hul stuur hom na Ceylon
Die skip die was gelaai met ‘n twaalfduisend ton
Nie ver van die land daar het die skip gesink,
en al die matrose op die skip het verdrink
Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer net die volgende dag,
die kat kom weer, glo vir my dis waar,
die ander dag môre was die kat weer daar
Die boer die sweer toe blou: Ja, hy sou die kat doodskiet
Hy laai toe sy ou sanna met kruit en dinamiet
Hy lê die kat toe voor, die pad wat hy sou kom
die ander dag môre lê net vel en been
Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer net die volgende dag,
die kat kom weer, glo vir my dis waar,
die ander dag môre was die kat weer daar
Hullie sit hom in ’n ballon en die man die neemt dit aan;
Die katje te gaan gee vir die man in die maan.
Die ballon het gebars met ’n enorme skoot,
Tien myl van die plek lê die man morsdood.
Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag.
Die kat kom weer, net die volgende dag;
Die kat kom weer. Glo vir my dis waar
Die ander dag môre was die kat weer daar.
Die kat sit op die stoep en hy eet ‘n stukkie kaas,
daar kom ‘n Skotsman aan, hy maak ‘n groot geraas
Die katjie kyk verwonder, veeg hom met sy poot,
die Skot speel “Britannia”, die kat skrik hom dood
Maar die geest kom weer, want hy wil nie langer wag,
die geest kom weer net die volgende dag,
die geest kom weer, glo vir my dis waar,
die ander dag môre was die kat weer daar,
die ander dag môre was die kat weer daar
Die kat kom weer, Jannie Moolman.
Maar goed, we hebben nu die kat Thierry…
– Uitgelichte afbeelding: Door Chosovi – Eigen werk, CC BY-SA 2.5, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=1544918
|
https://www.krapuul.nl/cultuur-2/2752501/baudet-kom-weer-want-hy-kan-nie-langer-wag/
|
2020-11-25 18:00:46
|
Beste MIV-behandelingsopsies vir pasgeborenes
|
Beste MIV-behandelingsopsies vir pasgeborenes
Navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) is op soek na die veiligste en doeltreffendste behandeling vir babas met ’n hoё risiko om MIV op te doen.
“Babas met MIV maak ’n klein deel van die MIV-positiewe bevolking uit en min antiretrovirale middelformulerings en farmakokinetiese data is tans beskikbaar om optimale behandeling te help rig,” sê prof Adrie Bekker van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW).
“Ons het betekenisvolle vordering op die gebied van MIV gemaak, maar daar is steeds ’n gaping wat betref optimale voorkoming en die behandeling van babas van ma’s met MIV.”
In hoё-inkomstelande word behandeling met ’n kombinasie van drie middels aanbeveel vir pasgeborenes met ’n hoё risiko vir MIV-besmetting, maar baie min antiretrovirale middels is in werklikheid goedgekeur vir gebruik onder pasgeborenes (wat as die eerste 28 dae van lewe gedefinieer word).
Dit is ook moeilik om die formulerings wat tans beskikbaar is, aan babas toe te dien – ma’s en versorgers moet ’n spuit gebruik om spesifieke volumes af te meet, wat boonop verander soos wat die baba gewig optel. Voorts bevat van die bestaande kombinasies hoё konsentrasies van alkohol en polipropileen-glikol, wat toksies kan wees as dit van geboorte af gebruik word.
Die nuwe VDK-formulering hoef nie in alkohol opgelos te word nie, omdat dit in die vorm van m poeier is wat met ’n klein hoeveelheid borsmelk gemeng word. Dit smaak voorts lekkerder en hoef nie in ’n yskas verkoel te word nie. As die doeltreffendheid van hierdie formulering bewys word, kan ’n baba met ’n hoё risiko dit vir 4-6 weke as MIV-profilakse ontvang, of in die geval van MIV-besmetting aanhou om dit te gebruik.
“Hierdie is die eerste keer dat ons ’n nuwe lopinavir/ritonavir-formulering van geboorte af sal bestudeer, asook die gebruik van abacavir van so ’n jong ouderdom af. Derhalwe sal die vasstelling van middelblootstelling om dosering te rig belangrik wees,” verduidelik Bekker.
“Hierdie middelkombinasie sal maklik van geboorte af toegedien kan word. Voorts sal dit minder middelwisselings later meebring, wat beteken dit sal minder verwarrend vir versorgers wees.”
Bekker en dr Tim Cressey van die Chiang Mai-universiteit in Thailand is die hoofnavorsers van die PETITE-studie, wat die evaluering behels van die farmakokinetika en veiligheid van ’n nuwe vaste-dosis kombinasie (VDK) 4-in-1-korrelformulering (abacavir/lamivudine/lopinavir/ritonavir) vir pasgeborenes wat aan MIV blootgestel is.
Die studie word aangedryf deur ’n hoёprioriteit-navorsingsgaping wat in 2018 deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se Pediatriese Antiretrovirale Middeloptimaliseringsgroep (Pado) geïdentifiseer is.
“Ons het die studieprotokol sedertdien aan die Pado-groep voorgelê en sal die resultate bekend maak soos wat ons vorder. As hierdie studie as doeltreffend en veilig bewys kan word, het dit die potensiaal om globale beleid te help rig,” aldus Bekker.
|
https://www.we.com.na/news/beste-miv-behandelingsopsies-vir-pasgeborenes-2020-11-26/
|
2020-11-26 00:00:00
|
2020 Hilux Legend: Die beste nou selfs beter!
|
2020 Hilux Legend: Die beste nou selfs beter!
Kaapstad • Dirk Gallowitz
Die Toyota Hilux is na meer as 50 jaar in Suider-Afrika die mees suksesvolle voertuigverkoper nóg.
Ten spyte van die Covid-19-pandemie en gepaardgaande streng en uitgerekte inperkings, het verkope nie net konstant gebly nie, maar selfs toegeneem.
Die Hilux is in 2016 in sy agtste generasie in Suider-Afrika bekend gestel en het voortgebou op die suksesverhaal wat sewe voorgeslagte geskryf het.
Die 2020 model, wat ook plaaslik vervaardig word, het pas met aansienlike verbeterings aan onder andere nuwe tegnologie en veral stilering buite, die lig gesien. Sekere modelle se name is verander terwyl die SRX modelle wegval. Die werkesels S- en SR-modelle bly egter en behou die vooraansig van die uitgaande modelle.
Die SRX en Raider spesifikasievlakke word gekombineer en gaan voortaan op 2.4L en 2.8L-modelle pryk.
Dit het die geleentheid geskep om ’n nuwe vlagskip-spesifikasievlak bekend te stel wat as die Legend modelreeks verkoop gaan word.
Drie verskillende neusontwerpe is beskikbaar, naamlik dié van die ou model soos op die S- en SR-weergawes, die Raider-reeks wat met chroom omlyning kom en dan die nuut ontwerpte Legend waar die bosstamper in die sierrooster integreer is. Verder tref die nuut ontwerpte hoofligte dadelik die oog.
Dit bly ’n legende
Tot met die nuwe model het Toyota die Legend-naam gereserveer vir spesiale en beperkte modelle van die Hilux soos met die viering van die Hilux se 35ste, 40ste, 45ste en 50ste herdenkings. Met die opgekikkerde model word die Legend-naam egter aangewend vir die vlagskipmodelle in die reeks.
Die Legend se byekorf-sierrooster is swart en geïntegreer met die voorste stamper in die enjinkap en vorm ’n netjiese eenheid met die nuut ontwerpte skermplaat onder. Die Toyota-kenteken met chroom afwerking in die middel van die sierrooster, staan uit en dra by tot die nuweling se voorkoms.
Nuwe, meer prominente wielboogbeskermingstroke wat nou ook met grafietkleur insetsels kom, is ’n interessante toevoeging tot die Legend se stilering. By die voorste wielboë strek die stroke tot voor by die voorste buffer waar dit die misligte netjies insluit.
Agter is daar nuut ontwerpte ligte en ’n groter swart gekleurde beskermingspaneel rondom die agterklap handvatsel wat die “Hilux”-naam, LED remligte asook die tru-kamera inkorporeer. ’n Trekstang is standaard ingesluit met die topmodel Legend.
’n Opsionele RS-pakket vir die Legend is beskikbaar met RS wat na “Roller Shutter” verwys en ’n gemotoriseerde verskuifbare roldeur insluit wat die bak met spesiale verdigting toemaak.
Die RS-pakket sluit verder ’n grafietkleurige sportrolstaaf, laaibak met rubbervoering, agterklap met oop- en toemaakhulp asook sentrale sluitwerking in.
Die nuwe Raider-modelle kom met donkergrys alloowiele en 265/65 R17-bande, terwyl die Legend spog met nuwe spesiaalontwerpte wiele wat met 265/60 R18-bande toegerus is.
Binneruim geniet ook aandag
By Raider modelle is daar ’n nuutontwerpte instrumenthuls met metaalafwerking. ’n Losstaande 8” infotainmentskerm bied toegang tot tru-kamerabeelde, klank- en telefoonstelsels en werk steeds (dankie tog!) gemaklik met draaiknoppe.
Die topmodel 4x4 Legend bied addisionele en doelgemaakte ekstras in die kajuit. Geperforeerde leerbekleedsel op die sitplekke, blou deurbeligting en swart dakvoering maak hierdie legende spesiaal. Ook sleutelose toegang met ’n aansitknoppie en ’n baie goeie JBL-klankstelsel met nege luidsprekers is standaard in die topmodel.
Toyota het egter ook die 2.8 GD-6-enjin in die 2020 Legend verbeter om 150kW se piekverrigting te lewer wat beskikbaar is tussen 3000 en 3400 rpm. Maksimum wringkrag is ook met 50Nm verhoog tot 500Nm by outomatiese weergawes en is beskikbaar tussen 1600 en 2800 rpm.
Die witjasse by Toyota het ook die werkverrigting en brandstofverbruik verbeter deur ’n groter swaardiens-turboaanjaer met ’n koeëllaerpatroon vir buitengewoon sterk versnellerreaksie in te span, asook ’n hoëdrukinspuitingstelsel wat ’n hoër maksimum brandstofdruk van 250 Mpa bied.
Legend 4×4 outomatiese modelle kom toegerus met ’n nuwe balanseer-as om geraas en vibrasies in die enjin te verminder. Daarmee saam is die onderstel en veerstelsel verder verfyn vir ’n veel meer gesofistikeerde rit.
Veiligheid het nie agterweë gebly nie en Toyota se Safety Sense-stelsel is vir die eerste keer in die Hilux beskikbaar en as standaardtoerusting by die Legend 4×4-modelle. Die stelsel sluit onder meer waarskuwings in om botsings te vermy, asook wanneer daar van bane verwissel word sonder om flikkerligte te gebruik. Aanpasbare spoedbeheer, lugsakke, ISOFIX-hegpunte op die agtersitplekke, ABS-remme met noodremhulp, elektroniese remkragverspreiding, stabiliteitsbeheer, anti-swaaibeheer wanneer daar gesleep word asook afdraandremhulp vir die 4×4-modelle, is deel van veiligheid by die nuwe model.
Eienaars kan ook nou Wi Fi-toegang in die voertuig geniet met Toyota Connect, wat 15GB komplimentêre data insluit. Sodra klante hul profiel op die bakkie se stelsel gekoppel het, kan hulle die voertuig deur middel van die My Toyota-toep beheer en ook diensbesprekings, voertuiginfo asook data-opsporing doen.
Slotsom
Ons het die voorreg gehad om die topmodel Legend dubbelkajuit 4x4 outomaties deur ’n strawwe en uitdagende 4x4-roete te neem om eerstehands te ervaar tot watter mate die nuweling verbeter is.
Die verbeterde onderstel en kragtiger enjin was opmerklik beter in die veld, met die 50Nm meer wringkrag en die veranderings viertrekstelsel wat verstom met hoeveel groter gemak die nuweling die uitdagings baasraak as die vorige Legend50 model.
Waar goeie momentum teen ’n uiters skuins heuwel noodsaaklik is om bo uit te kom, kon ons byvoorbeeld halfpad teen die skuins heuwel stop, om dan teen net meer as 2000rpm gemaklik die heuwel suksesvol uit te kruip SONDER wieltol!
Die nuwe Legend is jou wrintiewaar ’n groter legende as ooit!
|
https://www.we.com.na/news/2020-hilux-legend-die-beste-nou-selfs-beter2020-11-18/
|
2021-11-16 10:10:16
|
Statig, stylvol en subliem - Audi se A7 Sportback
|
Statig, stylvol en subliem – Audi se A7 Sportback
Kaapstad • Dirk Gallowitz
Uit die Duitse drie is Audi meestal die skaam slimkind. Histories altyd in die skadu van Mercedes se status as weelde ikoon, en tweede viool teen die paddinamika van BMW; die een waaroor die minste bohaai gemaak word, maar tog die een wat vanuit die agtergrond die meeste beïndruk.
Dis ook die storie van Ausi se nuwe A7 Sportback.
Die kompetisie in hierdie segment is formidabel met name wat in helderblink ligte getooi word. Dink maar aan Mercedes se CLS of BMW se 6-reeks Gran Coupe.
Ons het Audi se tweede generasie A7 Sportback 55 TFSI quattro S-tronic in sportiewe S-Line afwerking getooi, onlangs bestuur en was omtrent stomstil verras.
Luukse vierdeur koepees is al sedert vroeg 2000 met ons, so daar is niks nuuts of revolusionêr aan die ontwerp nie. Dit is egter wat ons betref seker die mees praktiese keuse wanneer dit met 2-deur koepees en 4-deur sedans vergelyk word. Veral die groot “fastback” agterklap maak die bagasiebak net soveel meer toeganklik. Dan weer is die koepee-agtige daklyn wat na agter swiep, mooi op die oog en met goeie ontwerp en verpakking binne soos wat die A7 bied, slegs minimaal inhiberend vir die agterste insittendes wat nie langer as 1.8 meter is nie. Danksy die 2926mm lange wielbasis, is agterste beenspasie uitsonderlik goed.
Buite agter vorm die 2020 A7 Sportback se skerp hoekige LED-ligte ’n aandagtrekkende kontras met die sterk aksentlyne van die agterklap. Voor is die neus laag, breed, plat en intimiderend sportief met die skrefies ontwerp van die LED/laserligte wat die vooraansig modern en vars laat vertoon.
Die innoverende agterste lighulse wat oor die breedte van die agterklap verbind is, bied ’n skouspelagtige “vertoning” elke keer wanneer die ligte aan- of afgeskakel word.
Van die kant betrag, is die lang lyf wat op die VW groep se skitterende effe gerekte MLB-platform gebou is, sjiek-soepel en baie laag gehurk oor pragtige antrasiet swart 21” allooiwiele (N$21 000 ekstra). Die sportiewe S-line pakket kom met breë 255mm Turanza rubber van 35-profiel.
Kajuit en toerusting
Binne in die leerbeklede kajuit is die ontwerp en ergonomie modern, luuks en gesofistikeerd. Ons is van mening dat die jongste generasie Audi’s die toon aangee wat betref kajuitontwerp en instrumentasie uitleg.
Ons toetsmotor was ook toegerus met die opsionele “S sport” voorste sitplekke teen N$30 000. Hierdie sitplekke was uiters gemaklik en het hoë vlakke van rugsteun gebied.
Twee groot nuutontwerpte MMI-kleurskerms oorheers die voorpaneel: Een agter die stuurwiel wat grootliks die instrumentasie vir rit-, enjin- en motorinfo bied, maar ook satellietnavigasie op ’n innoverende wyse inkorporeer. Die skerm middel bo in die voorpaneel bied toegang tot alle kommunikasie en klank info, ook SatNav en die parkeerhulp se hoëdefinisie kamerabeelde.
Daar is nog ’n derde skerm wat laer middel onder in die voorpaneel geplaas is om die klimaat, lugversorging en sitplekverwarming te beheer. Dit dien ook as ’n “skryfblad” om instruksies na die SatNav-stelsel te stuur.
Die raakskerms kan ook met behulp van ’n groot draaiknop middel tussen die sitplekke die funksies beheer. Die peperduur en uiters gesofistikeerde Bang & Oelofssen klankstelsel dra by tot die luukse ambiaans in die kajuit. Night Vision Assist was ook ’n opsionele ekstra teen N$40 000 waar die kamera met infrarooi beelde obstruksies, diere en mense in die pad kan “sien” wanneer dit digte mis of donker is.
Agterste passasiers kry ook ’n skerm tussen die twee voorste sitplekke vir die dubbelsone-klimaatbeheer asook twee USB koppelpunte. Android Auto en Apple Carplay integreer seepglad en intuitief met die stelsel. Daar is ook ’n laaiblad waar selfone koordloos herlaai kan word.
Enjin en verrigting
Die A7 Sportback is slegs beskikbaar met een enjin opsie. Die turbo aangejaagde 3.0L V6 kragbron is ’n juweel wat 250kW en 500Nm se piekragte lewer om die bykans twee ton se gewig in gesofistikeerde bykans geluidlose stilte onder 6 sekondes van 0-100kpu te laat versnel, danksy seepglade en vinnige oorskakelings van die sewe-spoed dubbelkoppelaar S-tronic ratkas wat krag na al vier die wiele stuur.
Brandstofverbruik word aangegee as 7,1l/100km in ’n gekombineerde siklus. Die enjin word bygestaan deur ’n 48 volt mikrohibriedstelsel wat onder meer die litium-ioon battery tydens remwerk met 12kW laai om die enjin te deaktiveer ten einde “vry te loop” tussen 55kpu en 160kpu.
Rit en paddinamika
Ons toetsmotor was toegerus met die opsionele aanpasbare lugvering teen ’n addisionele koste van N$36 000 wat nie minder nie as vyf hoogteverstellings toelaat. Die stelsel sorg vir ’n uiters gemaklike en sublieme rit ten spyte van die baie lae 35-profiel bande en in weerwil van uitdagende padoppervlaktes.
Die elektries ondersteunde kragstuur is ons insiens perfek gelaai en dra by tot ’n uiters aangename en genotvolle ritervaring. Die A7 Sportback is in wese ’n luukse toermotor wat matelose bestuursgenot bied op die ooppad waar lang swiepe die onderstel en veerstelsel soos ’n handskoen pas. Die opsionele agterwielstuurstelsel (N$34 000) dra by tot heerlike hantering deur die draaie en help ook om die groot wa te parkeer. Ook die uiters effektiewe remstelsel het beïndruk.
Slotsom
Die 2020 Audi A7 55TFSI quattro is bedoel vir ’n nismark van fynproewers wat stylvolle luuksheid hoog aanslaan. In ’n wereld waar SUVs koning kraai, is die A7 Sportback 55TFSI die koningin met ongeëwenaarde sjiek en styl in hierdie segment. As ek moet kies tussen die A7 Sportback en die kompetisie uit Duitsland, wen die A7 Sportback gemaklik.
Pryse begin by om en by N$1,3 miljoen.
|
https://www.we.com.na/news/statig-stylvol-en-subliem-audi-se-a7-sportback2020-11-02/
|
2020-11-02 00:00:00
|
TB-studie werp lig op siekte ontwikkeling
|
TB-studie werp lig op siekte ontwikkeling
Foto ter illustrasie - Pixabay
’n Studie deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) het gewys dat sekere mense se immuunstelsel anders as die norm reageer wanneer hulle blootgestel word aan die bakterie wat tuberkulose (Mycobacterium tuberculosis of Mtb) veroorsaak.
Dié navorsing is onlangs in The Lancet se EBioMedicine vakjoernaal gepubliseer. Dit bring navorsers nog ’n stappie nader daaraan om maniere te vind om mense teen TB te beskerm. Mense wat met MIV leef, het ’n verhoogde risiko om TB te ontwikkel, en dit is veral belangrik dat die navorsers hierdie immuunreaksie ook by sommige mense wat met MIV leef, gevind het.
Die studie daag tradisionele sienswyses uit oor wat met mense gebeur na infeksie met Mtb, sê prof Marlo Möller van die Afdeling Molekulêre Biologie en Menslike Genetika van die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
“In die verlede het ons ’n meer eenvoudige idee gehad van wat na infeksie met Mtb gebeur, maar hierdie studie het dit verander,” sê Möller, die senior outeur van die artikel. Die kliniese werk is deur haar kollega, dr Elouise Kroon gedoen, en prof Eileen Hoal was die plaaslike hoofnavorser.
Die studie wys dat nie alle mense positief toets vir Mtb-infeksie met die toetse wat tans gebruik word nie. “Nie almal toets positief nie, al was hulle in kontak met die bakterie. Ons studie wys dat sommige mense negatief toets, maar tog teenliggame het teen die bakterie. Dit wys hulle was in kontak met die bakterie en dat hulle immuunsisteem dit moontlik anders hanteer,” sê Möller.
Oor die waarde van die artikel, sê sy: “Die navorsing help ons om te verstaan hoekom sommige mense, ten spyte van die feit dat hulle blootgestel is aan Mtb, nie aktiewe tuberkulose ontwikkel nie. Indien ons hierdie proses beter kan verstaan, mag ons dalk kan voorkom dat mense met Mtb-infeksie tuberkulose ontwikkel.
Volgens Möller is dit beduidend dat die studie twee toetse gebruik het wat gereeld dien om Mtb-infeksie vas te stel. “Hierdie toetse is nie ’n direkte toets wat kan bewys dat jy verseker die bakterie in jou het nie. In teendeel, dit wys slegs of jou immuunstelsel die bakterie herken, wat aandui dat jy voorheen blootgestel was aan die bakterie.
“Dit is interessant omdat hierdie mense moontlik alternatiewe wyses het waarop hulle immuunstelsel van infeksie ontslae raak en sodoende TB voorkom.”
Dit is baie bevredigend om jou en jou kollegas se harde werk in ’n joernaal van hoogstaande gehalte te sien, het Möller gereageer op die aanvaarding van die artikel. “Dit is altyd ’n hoogtepunt wanneer ’n artikel aanvaar word. Dit is waarheen ons werk, om tot die wetenskap te kan bydra en om die gesondheid van mense te verbeter. Dit is die kroon op jou harde werk, die lang ure wat jy ingesit het asook die uitdagings wat oorkom is.”
|
https://www.we.com.na/news/tb-studie-werp-lig-op-siekte-ontwikkeling2020-11-02/
|
2020-11-02 00:00:00
|
Ontwikkelaar in sop oor advertensie
|
Windhoek • [email protected] ’n Ontwikkelaar is deur die stadsraad aangesê om ’n tweede advertensie in koerante te plaas ná die eerste sonder toestemming gedoen is en verkeerde inligting weergegee is.Die Windhoekse stadsraad en Champac Investments het in 2017 ’n openbare private vennootskap aangegaan vir die beplanning, ontwerp en konstruksie van Kleine Kuppe uitbreiding 1. Die konstruksie het op 1 Augustus verlede jaar begin en moes op 31 Julie vanjaar voltooi wees. Weens Covid-19, het die projek vir 90 dae gesloer en is die nuwe voltooiings datum as 30 Oktober bepaal. Volgens munisipale dokumente, sou die stadsraad versoek word om die projek oor te neem vir die verkoop van erwe.Die ontwikkelaar het vroeg in Oktober met lede van die munisipaliteit se eiendomsbestuureenheid ontmoet oor die verkoop van die erwe, met ’n tweede vergadering op 15 Oktober. “Die ontwikkelaar is ingelig dat die stadsraad nie die verkoopsproses voor Februarie 2021 kan begin nie, weens ’n tekort aan kapasiteit omdat daar reeds verkoopsprosesse in Academia, Rocky Crest uitbreiding 4, Khomasdal uitbreiding 4 en Otjomuise uitbreiding 5 aan die gang is,” lui die dokument.Op 19 Oktober het die ontwikkelaar ’n brief aan die munisipaliteit se uitvoerende hoof gerig om namens die stadsraad met die vervreemding van grond voort te gaan. Hy was bekommerd oor die impak wat die vertraging van verkope op die wins van die projek sou hê weens rentekoerse op geld wat vir die ontwikkeling geleen is.Op 21 Oktober wou die ontwikkelaar weer met die span vergader, ter voorrbereiding vir die advertensie en die verkoop van erwe, maar niemand was beskikbaar om gesprekke af te handel nie. ’n Advertensie is dus op 23 Oktober in die plaaslike media geplaas vir die verkoop van 88 erwe, maar dit is nooit deur die munisipale span goedgekeur nie.Die advertensie het belangstellendes ook ingelig dat verkope by die Windhoekse stadsraad sou plaasvind en dat die registrasieproses op 26 Oktober sou begin. “Dit is in teenstryd wat vroeër met die ontwikkelaar bespreek is,” lui munisipale dokument. Dus is die ontwikkelaar aangesê om nog ’n advertensie te plaas dat die verkope van die erwe eers in Januarie 2021 sal begin.
|
https://www.we.com.na/news/ontwikkelaar-in-sop-oor-advertensie2020-11-17/
|
2020-11-17 00:00:00
|
Plaaslik, op jou vingerpunte
|
Windhoek • [email protected] By The Local is alles presies net dit – plaaslik. En as jy ’n ondersteuner is van plaaslike produkte engoedere, gaan hierdie aanlynwinkel vinnig jou nuwe gunsteling webblad wees.Entrepreneur Nerine Uys het besluit om ’n eenstopwinkel te skep wat eg Namibiese produkte lewer.“Jy hoef nie nou elke besigheid self te kontak en jou bestelling te gaan optel by drie verskillendeplekke nie,” verduidelik sy.Hier kry jy alles onder een dak. En die beste van alles? Jy betaal nie méér vir die produkte nie.“Dit is belangrik dat mense kan sien watter ongelooflike produkte ons Namibiërs mee vorendag kom.En ek is opgewonde om daardie platform te kan skep,” sê sy.Na die jaar wat mense regoor die land beleef het, is dit nou veral die tyd om plaaslik te ondersteun.“Covid-19 het almal geraak, veral finansieël. Hierdie besighede is afhanklik van ons om seker te maakhulle kan kos op die tafel sit,” sê Nerine.Daar is reeds ’n verskeidenheid produkte op haar webblad beskikbaar wat vissel van kos en juweletot kinderboeke en lekker lyf produkte. Daar is tot produkte vir die mans en ietsie vir die huis, tuinen kombuis. “En as jy nie weet wat om te kry nie, is daar vooraf saamgstelde geskenkpakke wat ookbeskikbaar is,” verduidelik sy.Nerine kan ook vir jou ’n korporatiewe geskenkpak aanmekaar sit om seker te maak jy bederf joulojale kliënte. As jy nie tyd het om jou pakkie te gaan optel nie, is daar ook ’n afgeleweringsdiens.Hulle maak van SunCycles se sonaangedrewe e-bikes gebruik om pakkies in Windhoek af te lewer,wat wee reens nog ’n plaaslike besigheid ondersteun en beter vir die omgewing is.So waarvoor wag jy? Gaan loer vandag nog wat alles te koop is by thelocal.com en ondersteunplaaslik. Indien jy jou produkte op dié platform wil adverteer, kontak Nerine by
|
https://www.we.com.na/news/plaaslik-op-jou-vingerpunte2020-11-23/
|
2020-11-23 00:00:00
|
Joe Biden: "Waxaan rumeysanahay in aan guuleysan doono"
|
Joe Biden: "Waxaan rumeysanahay in aan guuleysan doono"
"Halkan kama sheegayo in aan guuleysannay balse waxaan halkan ka sheegayaa in marka lasoo gabagabeeyo tirinta codadka, waxaan rumeysanahay in aan guuleysan doono" ayuu yiri Biden.
|
https://www.bbc.com/somali/war-54820564
|
2020-11-05 00:00:00
|
Maxay Qaramada Midoobay ka tiri dilka Muxsin oo horseedi kara dagaal ka qarxa Bariga Dhexe?
|
https://www.bbc.com/somali/war-55119116
|
2020-11-29 00:00:00
|
|
Tierisch
|
https://www.myheimat.de/quedlinburg/freizeit/tierisch-d3220788.html
|
2020-11-03 00:00:00
|
|
Sorghum as somerweiding sorg vir gesonde skape
|
This post is also available in: English
Boere moet voortdurend aan vernuwende idees dink om hulle vee gevoer te kry sonder dat dit hulle beursies leegmaak. ՚n Goeie idee vir intensiewe beweiding van gewasse met ՚n hoë voedingswaarde is om sorghum te plant, mits jy toegang tot besproeiingswater het.
Pierre Bruwer boer in vennootskap met Kobus de Villiers net buite Vanderkloof met 1 000 Merino-ooie op 60 hektaar lusern- en sorghumlande onder besproeiing. Hy plant in die winter koring en lusern en in die somer sorghum. Alles wat hy plant word gebruik vir voer vir sy skape.
“Ek moet maar so intensief moontlik boer met dit wat ek tot my beskikking het. Voersorghum is maklik om te vestig en groei vinnig,” sê hy.
Hy noem dat Merino-ooie selektief eet en nie vraatsugtig is nie. “Ek sal byvoorbeeld nie enige skaap op die lande kan sit nie; want hulle sal bars.”
Pierre sit verder energielekke by die krippe neer en gee vir die skape ruvoer, soos lusernbale, as byvoeding vir die nodige veselinhoud. “Ek het my 60 ha met elektrifisering toegemaak wat vir die ongediertes in die omgewing help,” sê hy.
Pierre het lamhokkies waarin hy die ooie sit voor en tydens lamtyd. Die ooi gaan vyf dae voor sy lam in die lamhokkie en bly daar vir vyf dae nadat sy gelam het voordat hulle lande of veld toe gaan. “So maak ek seker die ooi gooi nie die lam weg nie, want Merino-ooie doen dit van tyd tot tyd. “Met al hierdie maniere van boer is my verliese omtrent nul,” sê Pierre.
Pierre Bruwer se skape wei en eet lekker voer uit die sorghumland.
Vinnige feite oor sorghum
Sorghum word gewoonlik tussen middel Oktober en Desember geplant. Dit is ՚n glutenvrye graan. Die gemiddelde produksie-opbrengs van sorghum is twee ton per hektaar. Sorghum kan vir mens- of dierevoeding gebruik word. As dierevoeding word dit vir kuilvoer en hooi gebruik. Vir menslike gebruik word sorghum gewoonlik gebruik in meel vir brood, soetgebak en vir ontbytpap. Dit is ՚n goeie bron van yster, fosfor, magnesium, koper, kalsium, sink en kalium.
Die styselinhoud van graansorghum is 7 tot 10% hoër as die van mielies, wat dit ook baie geskik maak vir etanolproduksie wat as brandstof gebruik word. Voersorghum is smaaklik en voedsaam vir diere. Dit het die vermoë om goed van ontblaring te herstel en reageer uiters goed op bemestingstowwe.
Stingels wat na oes oorbly kan bewei word, aangesien sommige soorte vir ՚n lang tydperk groen bly. Dit is die beste vir weiding wanneer dit 20 tot 30 cm hoog is.
|
https://www.proagri.co.za/sorghum-as-somerweiding-sorg-vir-gesonde-skape/
|
2020-12-23 12:40:26
|
Rolspelers vat hande om sukses van gesamentlike landbouontwikkelingsprojek te maak
|
This post is also available in: English
AfriForum, Pioneer, Saai, Agri All Africa (AaA), Purposely Ignited, Boschveld Free Range Chickens, Agrico en Laeveld Agrochem het met die Boiphitlhelelo Koöperatief hande gevat om ’n gesamentlike landbouontwikkelingsprojek by die Noga’s Post-nedersetting van Thaba ’Nchu naby Bloemfontein aan te pak.
Dié rolspelers het besluit om die Noga’s Post-gemeenskap met dié ontwikkelingsprojek te ondersteun nadat die gemeenskap suksesvol mielies en ander groente tydens die vorige plantseisoen geproduseer het.
Die Boiphitlhelelo Koöperatief is in 2017 gevorm om voordeel te trek uit die een-huishouding-een-hektaar-program van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling. Altesaam 36 gesinne het oorspronklik by die koöperatief aangesluit en onder leiding van Kgosatsana (Prinses) Gabo Moroka, tradisionele leier van Noga’s Post, daarin geslaag om afgesien van die 36 hektaar wat deur die regering aangeplant is, ’n verdere 20 hektaar mielies en groente op eie inisiatief aan te plant tydens die 2019/2020-plantseisoen. Verskeie gemeenskapslede het ook kos in hul eie tuine geproduseer. Die groente en mielies wat só geproduseer is, het verseker dat die Noga’s Post-gemeenskap tydens die moeilike maande van inperking kos gehad het om te eet.
“Ons het baie hard saamgewerk om die gemeenskapslede van Noga’s Post se ingesteldheid aan te pas om weer hoop te hê en te werk om voedselsekerheid en ’n beter toekoms te verseker. Ek is baie trots op die prestasie van die gemeenskap en is dankbaar dat ander rolspelers besluit het om betrokke te raak om van ons projek ’n nog groter sukses te maak. Hierdie inisiatief is ’n voorbeeld van wat ons bedoel met vreedsame naasbestaan en samewerking. Ek beskou dié samewerking as ’n voortsetting van die goeie verhoudinge wat ontstaan het in die tyd van my voorvader Kgosi Moroka II in 1836,” sê Kgosatsana Gabo Moroka, woordvoerder van die Boiphitlhelelo Koöperatief en tradisionele leier van die gemeenskap.
“Dit is baie inspirerend om saam met die gemeenskap te werk. Hulle is só passievol oor die projek en het groot drome vir die toekoms. Dit is vir Pioneer ’n voorreg om by dié projek betrokke te wees en deur, onder meer, die skenking van die beste gehalte saad by te dra om van die projek ’n nog groter sukses te maak,” sê Charles Matlou, kleinboerontwikkelingsbestuurder by Pioneer Hi-Bred RSA.
Rolspelers saam met gemeenskapslede
“As ’n familieboernetwerk is dit vir Saai belangrik dat mense wat graag kommersiële boere wil wees, ondersteun word om te ontwikkel tot volwaardige landbouers wat nie net in staat is om vir hulself welvaart te skep nie, maar om ook by te dra tot voedselsekerheid in die land. Hier is families wat graag wil boer en daarom is ons, saam met ons implementeringsvennoot Agri All Africa, hier betrokke,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.
Agri All Africa koördineer die kommersiële boere van die omgewing wat by die projek betrokke is. Dié boere tree as mentors vir die gemeenskapslede op en help ook met die verskaffing en aanwending van toerusting.
“Dit is vir AfriForum ’n groot vreugde om by die gemeenskapsprojek betrokke te wees. Hulle het bewys dat hulle graag selfstandig wil wees en dat hulle bereid is om te werk om ’n beter toekoms vir hul kinders moontlik te maak. ’n Toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan lê in wedersydse erkenning en respek en samewerking tussen verskillende kulturele gemeenskappe en rolspelers, waarvan dié projek ’n uitstekende voorbeeld is,” sê Barend Uys, hoof van Interkulturele Samewerking by AfriForum.
Gerda Kotzé van Purposely Ignited verleen bystand met die koördinering van die verskillende rolspelers, terwyl Mike Bosch van Boschveld Free Range Chickens ook hoenders aan die koöperatief geskenk het. Laeveld Agrochem het saadpakke geskenk vir die aanplant van groentetuine in die gemeenskapslede se erwe en steun ook die groter landbouprojek met ander middele.
Die plaaslike Agrico-tak in Bloemfontein dra tot die projek by deur die ontwerp van die waterverspreiding- en besproeiingstelsel met die doel om die optimale besproeiing vir elke gewas en area te spesifiseer en sodoende opbrengs en wins te maksimaliseer.
Kyk die Forum Nuus-video hier.
Bron: AfriForum, Boiphitlhelelo Koöperatief, Pioneer, Saai, Agri All Africa, Purposely Ignited, Boschveld Free Range Chickens, Agrico en Laeveld Agrochem
|
https://www.proagri.co.za/rolspelers-vat-hande-om-sukses-van-gesamentlike-landbouontwikkelingsprojek-te-maak/
|
2020-12-04 06:58:06
|
Senwes presteer goed in Covid-jaar
|
This post is also available in: English
Die finansiële resultate van die Senwes Groep toon ‘n verhoging in omset van 80% na R3,517 miljard (2019: R1,954 miljard), terwyl verdienste voor rente, depresiasie en amortisasie met 49% gestyg het, naamlik van R343m tot R511m.
Kontantvloei gegenereer uit bedryfsaktiwiteite beloop R440m – 29,8% hoër as die R339m wat gedurende die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar gegenereer is. ‘n Wins toeskryfbaar aan normale ekwiteitshouers van R281m is vir die eerste ses maande geëindig 31 Oktober 2020 aangeteken – ‘n 67,3% verhoging vanaf R168m vir die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar.
“Die eerste ses maande van 2020 sal altyd met die Covid-19 pandemie vereenselwig word, terwyl lae oordragvoorraadvlakke, laat aanplantings, oormatige reënval in April 2020 en die swak gehalte van graan soos wat die seisoen verloop het op Senwes Groep-vlak ‘n beduidende impak gehad het. Ondanks hierdie faktore, het die Senwes Groep beter presteer as wat aanvanklik verwag is. Die prestasie van die landboutoerustingsbesigheid het verbeter teenoor die vorige jaar, met ‘n verhoging in totale omset van 74% vir die jaar tot op datum. Die groter oes, tesame met die aansienlik hoër kommoditeitspryse, laer rentekoerse en goeie vooruitsigte vir die komende seisoen, het ‘n positiewe impak op hierdie mark gehad,“ sê Francois Strydom, Senwes Groep se hoof uitvoerende beampte.
Ander hoogtepunte is ‘n interim dividendverklaring van 32 sent per aandeel (2019: 30s/aandeel), terwyl die netto batewaarde van die groep met 12,4% verhoog het na R16,3 per aandeel. Wesensverdienste per aandeel van 164,1 sent is gelewer vir die eerste ses maande, wat 65% hoër is as die 99,7 sent/aandeel vir die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar.
Vooruitsigte “Weens die ontbondeling van die gesamentlike kleinhandelsbesigheid met Afgri, Hinterland, die konsolidasie met Suidwes, wat teen Januarie 2021 op die laatste afgehandel sal wees, sowel as die vinniger as verwagte herstel van besighede in die portefeulje na die verslapping van die Covid-19 maatreëls, behoort die momentum voort te duur vir die volgende ses maande,” volgens Strydom.
“Voeg daarby ‘n normale tot bo-normale landbousiklus vir die somergraangebiede, en die Senwes Groep behoort goeie resultate teen 30 April 2021 af te lewer. Dit word egter voorsien dat opwaartse druk op kommoditeitspryse en die beskikbaarheid van gehalte witmielieprodukte gedurende die laaste kwartaal van die finansiële jaar sal verhoog,” sê Corné Kruger, Senwes Groep se hoof finansiële beampte.
Bron: Senwes
|
https://www.proagri.co.za/senwes-presteer-goed-in-covid-jaar/
|
2020-12-07 06:02:05
|
Saai veroordeel COVID-hulp aan slegs swart wynboere
|
This post is also available in: English
Die familieboerorganisasie Saai is verstom oor en veroordeel die blatante rassediskriminasie in die Wes-Kaapse Provinsiale Regering se COVID-19-ramphulp wat slegs aan swart wynboere toegeken word.
Dié ramphulp word deur die Kaapse agentskap vir volhoubare geïntegreerde ontwikkeling in die platteland (CASIDRA) geadministreer en Saai beplan ’n multidimensionele veldtog om nierassige beginsels op alle vlakke van die staatsdiens af te dwing.
Só ’n veldtog kan ’n hofgeding, die insameling van ’n miljoen handtekeninge, politieke druk binne en buite die parlement, openbare vrae, ’n bewusmakingsprogram en ’n buitelandse veldtog insluit.
In die regering se irrasionele COVID-19-regulasies wat die wynbedryf vir 20 weke lamgelê het, honderde familieboerderye in ’n finansiële krisis gedompel het en nog meer plaaswerkers sonder ’n werk en inkomste gelaat het, is daar nie op grond van kleur gediskrimineer nie. Almal moes daaronder ly al was dit – soos die hof in die saak teen die soortgelyke tabakverbod bevind het – totaal ongrondwetlik.
CASIDRA en die Wes-Kaapse regering is, soos die ANC met sy SEB-beleid, baie vaag oor wie “swart” is. Die meeste begunstigdes van grondhervorming in die Wes-Kaap is bruin mense van gemengde herkoms. “Vir ’n hof om persentasies van afkoms as kriterium vir hulp vas te stel en dit eties, moreel en grondwetlik te regverdig, sal van Suid-Afrika in die internasionale arena opnuut ’n karikatuur maak, en dit is burgerlike organisasies se plig om dit te stuit,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.
Saai se lede is familieboere van alle groottes, ouderdomme, rasse, taalgroepe en vlakke van ervaring. Aan die hand van samewerking, eensgesindheid en vooruitgang, moet daar ’n verbintenis wees tot ’n nierassige samelewing waar die kleur van ’n boer se vel, die samestelling van sy genetiese herkoms of sy taal en kultuurerfenis hom of haar nie in ’n eerste- of tweedeklasburgerskap indeel nie.
Rampe soos COVID-19, droogte en brande diskrimineer nie op grond van herkoms of velkleur nie. Dit is onvergeeflik vir die regering om dit te doen in sy reaksie op rampe.
Saai bly daartoe verbind om die grondwetlike fondasie van nierassigheid na te jaag en daarvoor te baklei op elke vlak, ongeag wie of watter party daardeur geraak word.
Bron: Saai
|
https://www.proagri.co.za/saai-veroordeel-covid-hulp-aan-slegs-swart-wynboere/
|
2020-12-23 11:52:13
|
Logistiek in 'n veranderende sake-omgewing: Druk op voedselproduksie
|
This post is also available in: English
deur Delia Cooney van Freight Innovations
Dit is uiters moeilik om na die Covid-inperkings sake in die wêreld te doen, en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Verbruikers se besteebare inkomste het verminder en hulle kooppatrone het die landskap verander.
As gevolg van sakelui wat van die huis af werk en die gevolglike lewenstylveranderinge, beweeg onder meer kosmetiese produkte baie stadiger van die rakke af. Toestelle, insluitend televisiestelle en verskillende kombuistoebehore, word aanlyn aangeskaf, aangesien mense winkelsentrums vermy. Dit plaas meer druk op logistiek en aflewerings.
Met Amazon se uitbreiding van sy voetspoor in Suid-Afrika en die uitbreiding van aanlynbestelmaatskappye soos Take A Lot, is daar geleenthede vir kostedoeltreffende transaksies vir verbruikers. Dit sal ’n domino-effek hê; baie winkelsentrums het huurinkomste verloor en met die nuwe regulasie rakende die verbod op gesubsidieerde huur vir ankerhuurders, kan eiendomsportefeuljes ernstig geraak word.
Verbruikersneigings sluit in die aanlyn-aankope van kruideniersware en daar is vinnige aflewering deur die meeste supermarkkettings. Dit beteken dat aanloklike uitstallings van handelsware minder invloed op produkverkope sal hê, wat ook impulsiewe verkope sal verminder, wat gewoonlik ’n betroubare bron van omset vir winkels is.
Sommige bedrywe het werksgeleenthede verloor wat waarskynlik nooit weer herskep sal word nie. Toe-risme, restourante, snuisterywinkels en skoonheidsbehandelings word die meeste geraak. Inflasie is glo net 2,9%, af van 4,5%, maar dit is onwaarskynlik dat dit na voedselinflasie verwys. Voedselpryse wissel baie en hou regstreeks verband met die brandstofprys wat voortdurend verander. Die media berig dat die koste ook deur misdaad beïnvloed word, met berigte van groot bedrog in vervoerondernemings weens dieseldiefstal.
Nie net is die ekonomie onder druk weens die gevolge van Covid-19 nie; die gebruik van petroleum het verminder en met die opkoms van die Teslas (elektriese voertuie) in die wêreld, kan die toekoms finansiële probleme vir die olieproduserende lande inhou.
Landbou word ook geraak deur die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie, wat afhanklikheid van arbeid verlaag, meganisering verhoog en dus werkskepping beïnvloed. Dit kan die koste van boerdery verlaag, wat ook ’n invloed op voedselpryse kan hê.
Klimaatsverandering bly groot nuus, besoedeling neem toe en munisipaliteite se nie-nakoming van maatreëls rondom rioolverwydering het tot gevolg dat ongesuiwerde afvalwater drinkwater, riviere en damme besoedel. Dit sal ongetwyfeld die ekonomie verder beïnvloed.
Alhoewel mediese koste relatief stabiel is, lewer hospitaalaandele ’n baie laer opbrengs, aangesien voorbereidings vir die pandemie nie daartoe gelei het dat hospitale méér gebruik word nie, maar eerder minder. Die rol van dokterspraktyke wat sjirurgie- en teatergeriewe insluit, het toegeneem, want dit bied operasiedienste waar hospitale beperk word deur die regering se Covid-maatreëls.
Die koste van sake doen in Suid-Afrika het ingewikkelder geword met die voortgesette aanvalle op en kaping van vragmotors. Dit lei uiteindelik tot verhoogde koste vir die meeste produkte, en met die versekeringskoste wat styg, sal die verbruiker weer die misdaadrekening betaal. Verseke-ringsmaatskappye verhoog premies en daar is al hoe meer uitsluitings, sowel as verhoogde bybetalings in ‘n poging om koste te verminder namate misdaad toeneem.
Die pandemie het gelei tot die wye verspreiding van waardevolle persoonlike beskermende toerusting, wat die teiken geword het van georganiseerde misdaad en kapings. Hierdie soort vrag is tans feitlik onversekerbaar en dit beïnvloed weer die koste van sake doen sowel as die produk.
Aanlynonderwys en -opleiding het toegeneem, wat die gebruik van voertuie verminder en gevolglik die motorbedryf beïnvloed. Die fabrieksproduksie van bande het verminder en kleiner spelers het die mark betree om voorraad te lewer. Dit het werkgeleenthede geraak en die rol van logistiek in die waardeketting vergroot.
Die druk op die Kaapstadse hawe het afgeneem as gevolg van die inperking van beweging en skepe wat nie kon vaar nie. Baie van die seevragte word blykbaar via die Durban-hawe gelei, waar die diensvlakke verbeter het na ’n lang stryd met swak diens en vertragings.
Die voortsetting van stabiele voedselvoorrade in Suid-Afrika om aan plaaslike markte, sowel as buurlande, te voorsien, is steeds onder druk van verskillende faktore, waaronder die voortslepende droogte in sekere gebiede, politieke onsekerheid en onrus; asook vragmotors wat voortdurend aangeval word, wat ‘n impak het op afleweringstye as gevolg van vragmotors wat slegs gedurende die dag kan ry.
Met groot uitdagings in voedselvoorsiening, minder koopkrag as gevolg van werkverliese en ‘n ekonomiese afswaai, kan die eindresultaat laer pryse wees en die uiteindelike skepping van werk op die langtermyn. Suid-Afrika is weer die finansiële leier op die vasteland teenoor Nigerië wat die afgelope paar jaar die Suid-Afrikaanse ekonomie oortref het. Die Nigeriese bruto binnelandse wins het in die tweede kwartaal van 2020 met 6,1% gekrimp.
Die toneel is reg vir interessante ontwikkelings op die kontinent, met logistiek wat ’n belangrike rol speel in die groei van die ekonomie. Freight Innovations is jou vriend vir logistieke diense in die ontstuimige tye!
|
https://www.proagri.co.za/logistiek-in-n-veranderende-sake-omgewing-druk-op-voedselproduksie/
|
2020-12-07 11:26:38
|
Bespaar water en krag met Agrico
|
This post is also available in: English
Water is ՚n natuurlike hulpbron waarsonder geen boer kan plant nie. “Alles in landbou vandag gaan oor goeie waterbestuur.” So sê Riaan Botha, hoofbestuurder van Green Valley Nuts van die Karstens-groep buite Prieska.
Hulle boer op 635 hektaar met pekanneute en op 470 hektaar met mielies. “Landbou staan op die vooraand van vernuwende denke en tegnologie. Om daarby uit te kom, moet iemand soos Agrico saam met die boer ՚n pad stap om dit te laat gebeur,” verklaar Riaan.
Green Valley Nuts het 17 Agricospilpunte en Agrico het ook ՚n drupbesproeiingstelsel vir hulle pekanneutbome ontwerp en geïnstalleer. Agrico stap al sedert 1996 ՚n pad saam met Green Valley Nuts, want die firma het toe reeds vir hulle ontwerpe gedoen. Green Valley Nuts gebruik ook Agrico se beheerstelsels – die webbeheer vir spilpunte en ՚n Motorolastelsel vir pekanneutbome.
“Die voordele van die beheerstelsels is dat dit onmiddellike data en beheer beskikbaar stel. So, ons kan met presiese data werk wat ՚n mens toelaat om water beter te benut. ՚n Boer moet maar altyd met sy voete op die grond bly, maar ongeag waar ek is, is ek steeds in volle beheer van die stelsel op die plaas,” sê Riaan.
Riaan-hulle is baie tevrede met alle aspekte met Agrico se diens. “՚n Maatskappy moet vir ՚n boer ondersteuning bied, en dit is wat Agrico doen. Ons sal nie so ՚n projek aanpak saam met mense wat ons nie volkome vertrou nie.”
Selfs die ouerige spilpunte van Green Valley Nuts is opgegradeer met die nuutste Agrico webbeheerstelsel.
Meer oor die stelsel wat Agrico vir Green Valley Nuts ontwerp het:
Agrico het eers proewe gedoen sodat hulle die korrekte besproeiingstoerusting kon kies, waarna hulle besluit het om drie drupperlyne per ry op die pekanneutbome te installeer. “Met hierdie opsie het ons goeie resultate gekry wat die verspreiding en diepte van die besproeiingsone betref. Die ontwerp is gedoen met laevloei-, drukkompenserende drup. Met die bestaande infrastruktuur asook die spilpunte se behoeftes, kan ons die totale neutaanplanting in drie besproeiingsblokke verdeel,” sê Hannes Schoeman van Agrico wat by die ontwerpe betrokke was.
Agrico het ook vier nuwe filterstasies by Green Valley Nuts opgerig om invloeifiltrering te doen. “Die bestaande pompe is gebruik en ՚n beheerstelsel is geïnstalleer om die pompe outomaties en meer doeltreffend aan- en af te skakel namate die behoefte by die spilpunte en drupbesproeiing gedurende die dag verander. Opstellings is so gedoen om slegs binne Ruraflex se groen en geel tye te besproei en sover moontlik slegs in die groen tyd, afhangende van die seisoen en die waterbehoefte. Kleiner pompe is bygevoeg, met VSD-beheerders. Sodoende kan enige besproeiingsblok se vloei op ՚n doeltreffende wyse voorsien word,” sê Hannes.
Verder noem Hannes dat hulle die nuwe besproeiing vir die neute en die bestaande spilpunte in een stelsel gekombineer het, wat die doeltreffendheid van die besproeiing verhoog.
Riaan Botha van Green Valley Nuts
beheer die hele besproeiingstelsel
van sy selfoon af.
Die voordele van die stelsel vir die boer:
• Die korrekte hoeveelheid water per boom word voorsien.
• Doeltreffendheid van energieverbruik is drasties verbeter.
• Deurlopende vloeibarekunsmistoediening (verrykte water).
• Besproeiing/kunsmistoediening van die neutbome vind ooreenstemmend met grondklassifikasie plaas.
• Besproeiing/kunsmistoediening maak voorsiening om blokke van verskillende ouderdomme onderskeidelik en doeltreffend te bedien.
• Die stelsel verhoog die opbrengs en is ՚n element van die presisieboerderystelsel.
Vir enige navrae, kontak Alfred Andrag by 082-824-1214 of 021-950-4111 of stuur ՚n e-pos aan [email protected].
|
https://www.proagri.co.za/bespaar-water-en-krag-met-agrico/
|
2020-12-22 17:51:07
|
TLU SA lewer kommentaar oor voorgestelde nasionale minimumloon
|
This post is also available in: English
Die regering moet heeltemal van ‘n minimumloon afsien totdat die ekonomie groei en werkloosheid afneem. Daarom het TLU SA amptelik kommentaar gelewer oor die voorgestelde minimumloon van die Nasionale Minimumloon Kommissie.
Die kommissie moet die minimumloon volgens die Nasionale Minimumloon wet jaarliks hersien. Een van die kritiese voorstelle van die kommissie is om die minimumloon van plaaswerkers te verhoog na die voorgestelde nasionale minimumloon van R21,69 per uur.
“Die inperkingsregulasies van 2020 het die Suid-Afrikaanse ekonomie uitermate beskadig en daarom is die standaard benadering om die minimumloon aan te pas nie haalbaar nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys.
“Die vermoë van werkgewers om die vlakke van vergoeding voor die inperking vol te hou, is uitermate deur die inperking gereguleer. Dit het gelei tot die hoogste vlakke van werkloosheid in die onlangse geskiedenis. Werkloosheid is die grootste bedreiging tot stabiliteit in die land en die toekoms van Suid-Afrikaners. ‘n Toename in werkloosheid as gevolg van ‘n verhoogde minimumloon sal negatiewe gevolge hê.”
Die regering moet besef dat die minimumloon indruis teen die vryheid van keuse van werksoekers. As iemand verkies om teen R100 per dag te werk en sodoende ervaring opdoen en ‘n inkomste verdien, eerder as om staat te maak op ‘n toelaag van R40 per dag, moet dit hulle keuse wees. Die land het nou meer as ooit tevore meer werksgeleenthede nodig, wat die vlakke van armoede sal verlig.
“Die regering moet ernstig besin oor hulle aanslag tot arbeid,” sê mnr. Geldenhuys. “Elke besluit moet teen die effek daarvan op ekonomiese groei getoets word. Die regering moet eerder inisiatiewe vir besighede skep om meer werkers in diens te neem as om werkloosheid te skep. Suid-Afrika se beleidsomgewing is ongunstig vir handel en belegging.
“Die beste uitkoms vir die land, besigheid en arbeid is wanneer die markkragte die arbeid reguleer.”
Bron: TLU SA
|
https://www.proagri.co.za/tlu-sa-lewer-kommentaar-oor-voorgestelde-nasionale-minimumloon/
|
2020-12-15 08:28:13
|
Benut en benat jou plaas van hoek tot kant met 'n Reinke-besproeiingstelsel
|
This post is also available in: English
՚n Boer moet elke stukkie grond tot sy beskikking behoorlik benut. Dit is nie in ՚n boer se aard om te mors nie, veral nie met iets so kosbaar soos krag, water of grond nie. Reinke is dit met die boere eens en daarom probeer hulle altyd om die boer te help om doeltreffend en kostedoeltreffend te besproei.
Reinke is die wêreld se grootste besproeiingsmaatskappy in private besit. Dié Amerikaanse maatskappy is al ՚n hele paar jaar aan die uitbrei na Afrika. In Augustus 2017 het die eerste voorraad by die nuwe pakhuis in Durban aangekom. Hierdie pakhuis word gebruik om voorraad te berg vir Reinke se kliёnte in Afrika.
Wikus van Niekerk van Alwee Boerdery naby Potchefstroom plant saadmielies, droëbone, koring en voersorgum onder besproeiing. Soos baie ander boere, het Wikus met uitvalhoeke tussen sy bestaande spilpunte gesukkel. Die uitvalhoeke was net groot genoeg dat hy drie 18-hektaar Reinke spilpunte daar kon inpas. “Ek het waterregte op daardie grond en moes dit daarom beter benut,” sê Wikus.
Wikus het vele besproeiingstelsels oorweeg voordat hy besluit het om Reinke-spilpunte te koop. Die prys was die deurslaggewende faktor. “Ek het gekyk na koste in rand per hektaar en daar was Reinke die heel beste,” vertel Wikus. Met Reinke se diens kon Wikus geen fout vind nie.
“Ek het in Oktober 2019 die drie spilpunte vanaf die pakhuis in Durban bestel en binne ՚n week was al drie opgerig. Die ratkaste en struktuur kom ook met ՚n goeie waarborg, en ek het nog nie ՚n dag se probleme met een van hierdie spilpunte gehad nie,” sê Wikus.
՚n Spilpunt werk nie sonder doeltreffende water- en kragtoevoer nie. Daar moet slote gegrawe en moederlyne aangelê word vanaf die pomp na die toring. Dieselfde geld vir kragkabels. Reinke se span is betrokke by die hele proses, van die beplanning en ontwerp tot by die oprigting en naverkopediens. Dit stel Reinke in staat om vir elke boer ՚n stelsel te ontwerp wat presies aan sy unieke behoeftes voldoen.
Reinke-spilpunte word geken aan hulle stewige struktuur wat van ligte, maar sterk materiaal vervaardig word. “Dit is een van die redes waarom dit nie moeilik is om Reinke se spilpunte op te rig nie. Hulle is ligter as die ander, maar net so stewig,” vertel Wikus.
Wikus van Niekerk het aan die einde van 2019 drie 18-hektaar Reinkespilpunte aangeskaf om die uitvalshoeke op sy plaas te besproei.
Nog ՚n groot voordeel van Reinkespilpunte is dat die oorhang op die punt nie met kabels vasgehou word nie, maar met stewige staalstutte ondersteun word. Die gevolg is dat die oorhang baie stewiger is. Reinke se oorhang beweeg dus minder wanneer water daardeur gepomp word, wat spanning op die struktuur verminder. Die torings word ook so ontwerp dat meeste van die spanning wat normaalweg deur die pyplyn gedra sou word nou deur die torings gedra word. Dit verleng die spilpunt se leeftyd en verminder versieningswerk aan die onderdele.
Wikus het die mees basiese beheerkaste vir die drie Reinke spilpunte op sy plaas gekies, maar selfs hierdie beheerkaste maak die boer se werk minder. “Die spilpunte skakel vanself aan wanneer die waterdruk die regte vlak bereik, en skakel dan ook weer self af wanneer die druk daal,” verduidelik Wikus.
Dit verseker dat daar nooit met water of krag gemors word nie. Dit bespaar ook tyd aangesien Wikus net die pomp hoef aan te skakel, waarna die spilpunt outomaties sal begin loop en besproei.
Wikus se spilpunte is nog onder waarborg, nie dat nodig was om daarvan gebruik te maak nie. “Alles het goed verloop die afgelope seisoen,” sê Wikus.
“Ek glo daarin om die spuitpakkette dop te hou en te sorg dat die ratkaste vol skoon olie is voor die begin van elke seisoen. Op die manier weet jy niks kan skeefloop nie.”
Reinke sorg dat die boer sy grond, en sy geld, so goed as moontlik benut deur ՚n besproeiingstelsel te ontwerp wat spesiaal by daardie plaas pas.
Vir enige navrae kan Patrick Ellis, direkteur van Reinke Suid-Afrika, gekontak word by +27(0)31-350-4525 of stuur ՚n e-pos aan [email protected].
|
https://www.proagri.co.za/benut-en-benat-jou-plaas-van-hoek-tot-kant-met-n-reinke-besproeiingstelsel/
|
2020-12-23 11:35:57
|
ProAgri SA 250
|
This post is also available in: English
“Those who can, do; those who can’t, teach.” Met apologie aan George Bernard Shaw wat die gewraakte stelling in 1903 geskryf het, gee ek graag my weergawe daarvan: Die wat nie kan boer nie, skryf daaroor! Wat anders motiveer ’n joernalis om in landbou te spesialiseer as die droom om self eendag te boer?!
Vir min van ons is dit ooit beskore om ons weg te vind tot in ons eie trekker se kajuit of om tussen ons eie beeste te staan. Die meeste van ons kom darem genoeg op plase om te weet dat die romantiese voorstelling van ’n idilliese lewe op die platteland nie altyd verband hou met die werklikheid nie, maar ons weet ook dit is vir seker lekkerder op die plaas as in die stad! Van Januarie af gaan ek na nege jaar in die tuig as redakteur van ProAgri my plaasvere ’n bietjie regskud en die juk van spertye oorgee aan die jonger garde.
Jaco Cilliers sal die leisels oorneem en saam met ’n stewige bestuurspan ProAgri nog vinniger vorentoe laat galop. Ek gaan nog betrokke bly as spesialisskrywer en help met ProAgri se nuwe televisie- en video-afdeling, asook ons uitbreidings verder in Afrika. Met ander woorde, ek gaan nou net al die lekker werk doen, terwyl ek bietjie meer aandag gee aan die Bremners se boerdery, Kleinskuur Aquaponics. Dit is nou wel nie beeste en trekkers nie, maar darem visse en groente! Kom loer gerus in by www.ksba.co.za om te sien wat ons doen.
Boerdery in Suid-Afrika was nog altyd aan die voorpunt van tegnologie, maar in hierdie afgelope amper-dekade het ek gesien hoe gryp ons boere die nuwe moontlikhede van tegnologie aan om mededingend in die taai wêreldmarkte te bly. Sukses word nie meer gemeet in hektare beplant nie, maar in opbrengs per vierkante meter of per boom.
Soos die eb en vloei van getye het bedrywe gegroei en teruggeval, met groot krisisse soos listeriose, uitbrekings van bek-en-klouseer, voëlgriep, slenkdalkoors, stompkopkewer, kommandowurms, sprinkane en aanhoudende droogte wat boere dwing om rigtinggewende besluite te neem.
Daar was ’n sterk swaai na boordboerdery en elke keer as almal in ’n streek oorslaan na suurlemoene, pekanneute, macadamias en deesdae bloubessies, en kommer oor pryse en standhoudende markte neem toe, hoor ons van die baie Sjinese wat almal moet eet!
Boerdery bly maar op sy beste ’n waagstuk, maar een ding weet ek: Net sodra jou knoffel uiteindelik reg is en jou lammers op hulle beste lyk, val die pryse. Luister maar wat die oumense gesê het: Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie!
’n Geseënde en veilige Kerstyd vir almal en mag die boodskap van hoop jou begeester en dra deur die nuwe jaar.
Boer slim!
Annemarie Bremner > [email protected]
|
https://www.proagri.co.za/proagri-sa-250/
|
2020-12-04 17:14:08
|
Grootste verwagte koring-oes sedert 2002
|
This post is also available in: English
Die verwagte produksie vir koring is 2,148 milj. ton, wat 0,06% of 1 370 ton minder is as die vorige skatting van 2,149 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 4,21 t/ha is.
Hierdie is die grootste verwagte koring-oes sedert die 2,427 milj. ton van die 2002-seisoen. Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,108 milj. ton (52%), in die Vrystaat 432 400 ton (20%) en in die Noord-Kaap 275 650 ton (13%).
Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is 550 246 ton, wat 0,46% of 2 520 ton minder is as die vorige skatting van 552 766 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 141 690 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,88 t/ha beloop. Dit is die grootste verwagte moutgars-oes wat nog vir SA aangeteken is. Die verwagte kanola-oes is 163 256 ton, wat 9,97% of 14 800 ton meer is as die vorige skatting van 148 456 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 74 120 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 2,20 t/ha.
Dit is ook die grootste verwagte kanola-oes wat nog aangeteken is vir SA. Die verwagte hawer-oes (ontbytgraan) vir die 2020-seisoen is onveranderd gelaat op 47 400 ton. Die oppervlakteskatting is 26 200 ha en die verwagte opbrengs is 1,81 t/ha.
Die sesde produksieskatting vir wintergewasse vir 2020 sal op 28 Januarie 2021 vrygestel word.
|
https://www.proagri.co.za/grootste-verwagte-koring-oes-sedert-2002/
|
2020-12-21 10:38:30
|
ProAgri SA 251
|
This post is also available in: English
Die nuwe jaar het aangebreek en alhoewel ProAgri aan die einde van 2020 ‘n puik redaktrise moes groet, sien ons uit na die jaar wat voorlê.
My nuwejaarsvoorneme is om ProAgri op dieselfde hoë standaard te hou wat Annemarie Bremner deur die jare gestel het. Annemarie het die produksiespan geleer dat slegs die beste goed genoeg is vir ProAgri se lesers, en ons sal daarop voortbou. (Annemarie is nie verlore vir die landbou nie – sy gaan nou haar lewenslange droom bewaarheid: Om self voltyds te boer.)
Ongelukkig het COVID-19, maskers en inperkings saam met ons die nuwe
jaar betree. Die pandemie het toe nie, soos almal gehoop het, op 31 Desember 2020 so vinnig verdwyn as wat dit byna ՚n jaar vantevore verskyn het nie. Die verskil is dat ons nie in 2021 onkant betrap gaan word deur die invloed van die siekte nie.
Mense is aanpasbaar. Van jonk tot oud weet almal nou van Zoom en al die ander maniere om steeds met mekaar kontak te hou, al is dit ook oor ՚n afstand. Die boerderybedryf was die enigste deel van die ekonomie wat staande kon bly deur die COVID-storm. Boere het steeds geplant, hulle vee steeds geteel, en steeds aangehou om hulle boerderye uit te brei.
Net so kon ProAgri ook aanhou groei deur die uitdagende 2020, en daardie groei word voortgesit in 2021. Met 65 000 gedrukte eksemplare van drie verskillende tydskrifte wat in vyf lande versprei word en ՚n aanlynteenwoordigheid waarop bykans 6-miljoen mense elke maand met die druk van ՚n knoppie reageer, pronk ProAgri met ՚n harde stem. Ons sien ook daarna uit om die boere van Mosambiek, Malawië, Tanzanië,
Kenia en Angola eersdaags met ProAgri-artikels te trakteer.
ProAgri se wens vir ons boere is dat dit op die regte tyd en regte plek sal reën, dat dieselpryse sal daal, en dat die kommoditeitspryse sal styg in 2021.
Geniet die eerste uitgawe van die nuwe jaar. In hierdie uitgawe bespreek ons besproeiing en beleggingsmoontlikhede. Ons wys ook Massey Ferguson se nuutste hoogloopspuit en kuier by Valtrac om meer te leer oor hulle bobaasbalers.
Boer slim!
Jaco Cilliers – [email protected]
|
https://www.proagri.co.za/proagri-sa-251/
|
2020-12-22 15:52:33
|
Belê in jou plaas se groei met Valley Besproeiing
|
This post is also available in: English
՚n Spilpunt hou langer as die boer indien dit van hoë gehalte staal vervaardig is, goed ontwerp is, behoorlik onderhou word en betroubaar is. Dit is alles kenmerke wat Valley-spilpunte ons boere bied. ՚n Valley-besproeiingstelsel stel die boer in staat om jaar na jaar ՚n goeie oes te behaal.
Hannes Schutte van Sudami 13 CC-boerdery buite Groblersdal het sy eerste Valley-spilpunt in 1998 aangeskaf. Daarna het hy elke twee jaar ՚n nuwe spilpunt tot sy boerdery bygevoeg en hy is vandag die trotse eienaar van 11 Valley-spilpunte. “Die spilpunt betaal homself binne 2 tot 4 jaar, afhangend van watter gewasse jy plant en hoe groot die spilpunt is,” sê Hannes.
Valley bied die boer die gemoedsrus om sy kontantgewasse te plant sonder om bekommerd te wees oor die risiko van droogte. Dit is nie ՚n goedkoop belegging nie, maar dit is onvermydelik vir die boer wat graag sy boerdery wil uitbrei en sekerheid oor opbrengste wil verhoog.
Die eerste spilpunt wat Hannes gekoop het, werk 22 jaar later steeds elke dag op die plaas. “Valley verskaf ՚n hoë gehalte produk, maar die geheim lê in hoe jy na jou belegging omsien,” sê Hannes.
“Boere gebruik graag hulle spilpunte om kunsmis en ander chemikalieë toe te dien. Met Valley se versinkte pype is dit nie ՚n probleem nie, maar dit bly steeds ՚n goeie praktyk om die stelsel behoorlik te spoel na die kunsmistoediening. Dit is hoe ek na my spilpunte omsien en waarom hulle steeds soos nuwe spilpunte lyk en werk na al die jare,” verduidelik Hannes.
Daar is sekere dele van die spilpunt wat daagliks nagegaan moet word, soos die sproeierkoppe om seker te maak dat daar nie verstoppings is nie. Die bande en wiele moet ook gereeld dopgehou word. “As daar ՚n pap band is wat nie opgemerk word nie, kan dit skade veroorsaak,” waarsku Hannes. Buiten die gewone versieningswerk maak Hannes seker dat al die ratkaste en dryfaste versien word voordat die nuwe seisoen begin. Hy weet dan dat sy spilpunte nie sal staan wanneer hy hulle die nodigste het nie.
Jannes van Niekerk en Jimmy Ludwig,
Loskop Valley Besproeiing, Hannes
Schutte, boer, en Cobus Vermaak en
Francois Griesel van Valley Besproeiing
Suid-Afrika, by Hannes se eerste
Valley-spilpunt wat al vanaf 1998
werk.
Valleyfikasie van ՚n gewone spilpunt
Hannes se 11 spilpunte wissel van 1,7 hektaar tot 90 hektaar in grootte. “Op ՚n ander plaas het ek ՚n ander tipe spilpunt geërf, maar ek het oor die jare al meeste van sy onderdele met Valley s՚n vervang,” sê Hannes.
Hannes en Jimmy Ludwig van Loskop Valley Besproeiing in Groblersdal het nou saamgewerk om die stelsels op Hannes se plaas uit te brei. Oor die jare het Jimmy en Loskop Valley Besproeiing ՚n groot rol in die sukses van Sudami-boerdery gespeel. “Valley bou goeie verhoudings met die boere om seker te maak dat die naverkopediens net so lank soos die spilpunt hou,” sê Jimmy.
Die onderskeie bestuurstelsels wat Hannes gebruik om sy spilpunte te beheer is almal baie maklik om te gebruik. “Die oudste spilpunt op die plaas kon ek twee weke vooruit programmeer – iets wat destyds byna ondenkbaar was,” vertel Hannes.
Francois Griesel verduidelik hoe Valley steeds hulle vinger op die pols hou van die nuutste besproeiingstegnologie: “Die Valley 365™-platform is tydens NAMPO Virtueel 2020 bekend gestel. Dit is ՚n elektroniese platform wat die boer op sy slimfoon, tablet of rekenaar kan laai. “Die boer kry dan toegang tot al die gereedskap wat hy nodig het om grondvog en weerstoestande dop te hou. Hy kan ook hierdie platform gebruik om die spilpunte te verstel en te beheer. Die boer kan dus volle beheer oor sy plaas uitoefen, maak nie saak waar in die wêreld hy homself bevind nie.”
Die oudste spilpunt op Hannes
Schutte se plaas besproei 90 hektaar
al vir 22 jaar lank getrou.
Buiten die slimmigheid van die spilpunte, bou Valley hulle steeds so sterk soos altyd. Die hoë gehalte versinkte staal en ՚n stewige ontwerp plaas Valley in ՚n klas van sy eie.
“Vandat ek in 1998 die eerste Valley op my plaas opgerig het, het daar tot vandag nog nie een spilpunt hier omgeval nie … en hier was al ՚n paar storms wat groot bome ontwortel het,” sê Hannes.
Valley se uitgebreide handelaarsnetwerk strek regoor Suider- en Oos-Afrika met meer as 80 dienssentrums. Kontak Francois Griesel vir meer inligting oor Valley Besproeiing en die Valley 365™-beheerstelsel, by [email protected], of +27(0)67-412-9089
|
https://www.proagri.co.za/bele-in-jou-plaas-se-groei-met-valley-besproeiing/
|
2020-12-23 12:02:37
|
VS steier onder 10 plaasmoorde sedert April 2020
|
This post is also available in: English
Die onlangse plaasmoord van Poenkie Bisset van Smithfield, bring die aantal plaasmoorde in die Vrystaat op tien te staan.
Die Vrystaat is gedurende 1 April tot 30 November 2020 deur 53 plaasaanvalle op landbougrond geruk. Die Bisset moord te Smithfield is die 10de moord op landbougrond sedert April 2020.
Volgens dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), het daar in dieselfde periode verlede jaar (2019) 34 plaasaanvalle wat 6 moorde insluit, plaasgevind. “Dit dui dus op ʼn toename van 19 plaasaanvalle / moorde (35,9%) in die Vrystaat.” sê Buys.
Sy noem verder dat daar in die oorgrote meerderheid van aanvalle/moorde (28) kontant, selfone of vuurwapens geroof is terwyl daar in drie aanvalle ook voertuie van slagoffers geroof is. In nege voorvalle is niks geroof nie danksy die vinnige reaksie van die slagoffers om weerstand te bied. In drie aanvalle is skape en beeste geroof en is daar in drie ander aanvalle gepoog om diere te roof (veral beeste oorgrens). Buys het ook uitgewys dat die meeste van die plaasaanvalle of –moorde gedurende November (12) plaasgevind het.
Daar word dus ʼn toename in plaasaanvalle en –moorde bespeur in November 2020 en die aanloop tot die feesseisoen kan moontlik bydra tot ʼn verdere toename. Intussen sê Jacobus Stroebel, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, dat “die brutale moord op Bissett net weereens op die weerloosheid van landbouers wys, veral ons ouer mense.”
Dit is belangrik dat boere hulself, hul gesinne en werkers bemagtig en hul weerloosheid so ver moontlik verminder deur altyd paraat te wees.” Hy wys weer daarop dat dit uiters noodsaaklik is dat landbouers moet deel vorm van georganiseerde veiligheidstrukture in hul omgewing.
Die drie verdagtes wat in verband met Bisset se moord in hegtenis geneem is, verskyn weer vandag (21 Desember) in die hof.
Bron: Vrystaat Landbou
|
https://www.proagri.co.za/vs-steier-onder-10-plaasmoorde-sedert-april-2020/
|
2020-12-21 12:02:03
|
Massey Ferguson: Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik
|
This post is also available in: English
“Ek wonder wat sou my pa en oupa gesê het as hulle dit kon sien,” sê Johan Landman van Volksrust. “Dit” is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het. Oesbeskerming kan nou blitsig, noukeurig en pynloos geskied.
Johan onthou nog uit sy kinderdae hoe spanne werkers met bottels gif geloop het om dit by die kelk van elke mielie in te gooi om die ruspers dood te maak. Dit is nie al wat hy onthou nie: “Ek is gebore in daardie geslag. Ek onthou dit nog baie goed, toe ek so vier of vyf jaar oud was het my pahulle vieruur in die more die osse begin inspan om te ploeg. Daar was ՚n rooispan, swartspan en bontspan. Hulle het so vyfuur begin ploeg tot tienuur toe, dan word hulle uitgespan dat hulle kan gaan wei,” vertel hy verder.
Vandat die eerste Vaaljapie op die plaas aangekom het, loop die Landmans ՚n pad met Massey Ferguson. Japie Landman en sy pa, Johan, is baie trots op hulle volledige AGCO-vloot, van die Challenger-stroper, deur die hele reeks Massey Ferguson-trekkers, wat elkeen sy eie werk in die uitgebreide gemengde boerdery het, tot die nuutste toevoeging, die MF 9330 selfaangedrewe spuit. (Foto’s: Colin Bremner)
Hy onthou ook toe die eerste Vaaljapie op die plaas aangekom het om die tweeskaarploeg by die osse oor te neem. Van toe af het dinge vinniger begin beweeg; daar kon heeldag gewerk word.
“Die trekker was paraffienaangedrewe: jy begin hom met petrol en as hy warm is, skakel jy oor paraffien toe. Na die Vaaljapie was dit die 35 en toe die 135; daarna die 65 Ferguson met sy lang neus, die 188’s het gevolg … so het dit aangegegaan, en ons is nog al die tyd by Massey Ferguson.”
Sy seun, Japie, is die sesde geslag Landman wat op die grond boer, wat ook, net soos die rooispan trekkers, deur die jare aangevul is. Japie is verantwoordelik vir die saaiboerdery, terwyl pa Johan op die veeboerdery fokus.
Foto: Pinterest
“Ek hou van die nuwe tegnologie,” sê Johan, “maar Japie is die een wat dit alles verstaan.”
Japie vertel dat hulle vorige spuit nie die kapasiteit gehad het om die werk te hanteer in die tyd tot sy beskikking nie. Hy het die MF 9330 in Brasilië gesien werk en met sy plaaslike handelaar, Werner Nel van JWL, daaroor begin gesels.
JWL is een van die gedugte span handelaars landwyd wat die topvervaardiger, AGCO, se reeks landboumeganisasie-oplossings versprei. In die AGCO-kraal is Massey Ferguson, Valtra, Fendt en Challenger.
AGCO het onlangs besluit om ՚n groter regstreekse invoer- en verspreidingsrol in Afrika te begin speel om die pad na die boer korter te maak.
Lenard Langenfelder, streeksverteenwoordiger van AGCO in die Oostelike streek, sê boere sal steeds by hulle bekende plaaslike handelaars al die produkte en dienste kry wat hulle nodig het, maar AGCO ondersteun die handelaars nou regstreeks met verkryging van produkte, tegniese kundigheid en bemarking.
Japie Landman van JaJoLa Boerdery neem sy droomspuit, die MF 9330, in ontvangs van Werner Nel, JWL; Robbie Hall, produkbestuurder van AGCO; en Lenard Langenfelder, streekbestuurder van AGCO.
AGCO se kantoorgedeelte by hulle reuse pakhuis in Kemptonpark is onlangs vergroot om die span te huisves. Met AGCO se hulp het Werner gereël vir ՚n toetseenheid waarmee Japie ՚n goeie 250 uur lank gewerk het voor hy sy eie MF 9330-hoogloper in ontvangs geneem het.
Die spuit moes dadelik inspring, want die mielies het gekraak soos hulle groei na al die reën in die omgewing. ՚n Amptelike oorhandigingsgeleentheid is gereël vir 15 Desember en ProAgri was daar om die tegnologie te beskou.
Dit is duidelik dat Johan in die Massey-voetspore van oupa Johan en pa Japie gaan volg.
Só lyk en werk die nuwe MF 9330-hoogloper
Die spuit loop werklik hoog. Japie sê grondvryhoogte is vir hom baie belangrik, want dit beteken hy kan ook laat in die seisoen werk wanneer die mielies hoog staan. Die spuit het ՚n grondvryhoogte van 1,65 meter en die balk kan tot 2,1 meter gelig, of laat sak word tot 0,7 meter om ook doeltrefffend vir vooropkomsspuitwerk gebruik te word. Die balk is 30 meter lank, maar stabiliteit oor ongelyke terrein is geen probleem nie.
Robbie Hall, tegniese produkbestuurder van AGCO, sê die derdegeslagspuit in die 9-reeks (dit is waarvoor die 93 in 9330 staan) is toegerus met ՚n Norac 9-ultrasoniese stelsel. Net soos ՚n vlermuis stuur en ontvang die eenhede klankgolwe om die hoogte te bepaal en te handhaaf. Jy kan kies of jy ՚n bepaalde hoogte bokant die grond of die plante wil handhaaf en die hoogte word in die ry aangepas.
Japie Landman wys hoe gemaklik die gifbak afswaai tot werkshoogte. Die rooi tenk onder die kajuit is die skoonwatertenk, die swart tenk is vir handewas en die hooftenk van 3 000 liter bied goeie gewigsverspreiding oor die onderstel.
Japie sê nog ՚n groot oorweging vir hom is dat die spuit reeds al die gevorderde presisietegnologie bevat. “Jy hoef nie agterna nog allerlei pakkette en toerusting by te koop om presisietoedienings met outomatiese stuurtegnologie te doen nie; dit is alles standaard op die masjien.”
Daar is twee raakskerms in die kajuit. Op die boonste skerm kan jy bepaal watter spoor die spuit moet volg en hoe die toediening moet geskied, en onder kan jy presies volg wat gaan aan in elke seksie van die spuit. Die inligting kan telematies na jou rekenaar in die kantoor of selfoon gestuur word, of deur die USB-poort afgelaai word.
Die balk kan in sewe tot nege seksies verdeel word en die afsluiting van ՚n seksie geskied met lugtoevoer wat meer onmiddellik is as die elektriese beheer van sekere ander spuite. Die spuit kompenseer ook outomaties tydens draaie deur meer vloeistof na die buite-arm te stuur as na die binne-arm, sodat daar nie ՚n kol is wat oorbespuit word nie.
Alles gaan daaroor dat spuit egalig en presies voortwerk ongeag enige wisselende omstandighede soos ongelyke terrein. Daar is geen sweislaste aan die buigsame onderstel nie en selfs al lig die wiele oor hobbels of sak in gate in, bly die balk op ՚n konstante hoogte.
Vir vinnige ry tussen lande of na die volgende plaas, vou die Massey Ferguson 9330-hoogloopspuit se 30-meter vlerke knus toe om deur enige hek te pas.
Japie sê wat hy ook waardeer is dat die tegnologie gevorderd, maar die werking eenvoudig is. Jy word nie oorweldig as jy by die kajuit inklim met iets wat lyk of dit in ՚n ruimteskip hoort nie: daar is ՚n stuurwiel, armleuningbeheer en twee skerms waarmee jy alles kan doen wat nodig is om ՚n gehalte oes te verseker.
Die 30 agter aan die 9330-reeksnommer beteken die spuit het ՚n 3 000 liter tenk. Daar is ook ՚n MF 9335 met ՚n 3 500 liter tenk. Met die 3 000 liter kom Japie baie ver en hervulling is maklik met behulp van die 568 liter/minuut hervulpomp wat water uit ՚n dam uit kan pomp sou dit nodig wees. Die tenk is toegerus met ՚n dubbelstel hidrouliese roerders vir goeie vermenging van spuitstof en as jy spuitstof wil ruil, word die tenk vanuit ՚n 240-liter skoonwatertenk skoongespuit met ՚n slingerende spuitstuk.
Op die skerms in die kajuit kan jy alles sien en beheer vir presisietoediening.
Daar is ook ՚n handewastenk met ՚n gerieflike armhoogte kraantjie. Om die spuitstof in die tenk te kry, trek jy die spuitstoftenk met sy wye bek van bo af tot heuphoogte om maklik te kan werk sonder vermorsing of gevaar. Al vier die spuit se wiele geniet hidrostatiese aandrywing en ՚n dubbelaksieklep sorg dat die wiele hulle nodige olietoevoer kry selfs al loop die enjin teen lae omwentelings soos 1 500 opm. Die voorwiele doen die draaiwerk en die draaisirkel is ՚n knap 7,6 meter. ՚n Betroubare 6,6-liter sessilinder AGCO Power-enjin is die hartklop van die spuit.
Vir enige verdere inligting oor die spuit, kontak Robbie Hall van AGCO by +27 82-760-0417, +27 11-230-8660 of [email protected]. Besoek gerus ook http://www.masseyferguson.co.za om na die produkreeks te kyk of uit te vind wie is jou naaste handelaar.
|
https://www.proagri.co.za/massey-ferguson-die-nuwe-mf-9330-maak-oesbeskerming-maklik/
|
2020-12-23 10:21:30
|
Beskerm jou oes 3: Kies tussen sleep, dra en selfloop
|
This post is also available in: English
Opgestel deur JP le Roux
In die vorige aflewering het ons verskillende spuitpunte bespreek en die belangrikheid om die regte keuse te maak. Nou moet daar gekies word tussen driepunt-, sleep of selfaangedrewe spuite, maar eers bekyk ons die interessante metode om lug as aandrywing in balkspuite te gebruik.
Lugondersteunde balkspuite of kortweg genoem kousbalkspuite het in die negentigjare in Suid-Afrika hulle verskyning gemaak alhoewel die beginsel reeds vroeër in die buiteland bekend gestel is.
Die werkbeginsel
Die trekker dryf ’n waaier aan en die lugstroom word in ’n versterkte PVC-kous geblaas. Hierdie lugstroom word dan deur ’n reeks gate aan die onderkant van die kous uitgeforseer. Lugspoed by die uitlate is ongeveer 50 m/sekonde.
Die lugvolume en lugspoed is eenvormig by elke uitlaat dwarsoor die lengte van die kous. Die spuitbalk is onder die kous gemonteer. Die spuitstukke daaraan is 250 mm van mekaar en is teen ’n hoek van 30° na die vertikale windstroom gemonteer. Die lugstroom voer die spuitdruppels na die plante of die grond. Lugwarreling verseker dat die spuitstof ook doeltreffend aan die onderkant van die blare beland.
Die uitstaande kenmerke van die spuit is dat, in plaas daarvan dat hoë volumes water (250 liter/ha en meer) en groot druppels soos by konvensionele balkspuite gebruik word, gebruik die kousbalkspuit laer volumes (30 tot 75 liter/ha) en kleiner druppels wat deur ’n sterk vertikale lugstroom grondwaarts gevoer word.
Van die boere wat die spuite aangeskaf het is tevrede dat die spuite onkruiddoder- en plaagbeheerbespuiting doeltreffend verrig. Die volgende voordelige eienskappe van die spuit en die spuitbeginsel het hulle veral beïndruk:
Driepuntspuit met bykomende tenk
Laer volumes water
Teen 30 tot 75 liter water per hektaar wat die kousbalkspuite algemeen gebruik, word die koste en moeite van skoon water na die lande aanry dadelik verlig.
Indien ’n vergelyking tussen die waterbehoefte van ’n kousbalkspuit en ’n konvensionele spuit vir 500 hektaar gemaak word, is die resultaat soos volg:
Kousbalkspuit (75 ℓ/ha) -37 500 liter vir 500 hektaar
Konvensionele spuit (250 ℓ/ha) -125 000 liter vir 500 hektaar
Die besparing in die hoeveelheid water wat by die lande verskaf moet word is dus voor-die-handliggend, veral waar water oor lang afstande na lande aangery moet word.
Sleepspuit
Vermindering van wegdryf
Wanneer daar in winderige toestande gespuit word, verseker die kousbalk-spuit se afwaartse windstroom dat minder spuitstof as gevolg van die heersende wind wegdryf. ’n Groter spuitdoeltreffendheid is dan moontlik.
Hidroulies beheerde balk
Die spuit se goed ontwerpte, hidroulies beheerde spuitbalk vergemaklik die hantering van die spuit. Selfaangedrewe spuite word al hoe meer op lande gesien en die spuite kan groot areas op ’n dag spuit juis omdat dit ook teen ’n hoër spoed werk. ’n Verdere voordeel is dat die tegnologie waarmee dit toegerus is die kalibrasieproses heelwat makliker maak. In tabel 2 word die koste van hierdie spuite aangetoon.
Tabel 1 Spuitkoste vir trekkerspuite – Trekker 60 – 65 kW 4WD
Wat kos dit om te spuit?
Dit is belangrik om seker te maak wat die meganisasiekoste van ’n spuitprogram bo en behalwe die koste van die spuitmiddel is. Die faktore wat die koste bepaal, is die aankoopkoste van die spuittrekker en die spuit, die spoed waarteen gespuit word en die wydte van die spuit. In hierdie verband kom die Meganisasiegids van JP le Roux baie handig te pas om die koste per hektaar of per uur regstreeks af te lees. In tabel 1 word die koste vir verskillende spuite gekoppel aan vierwieltrek-trekkers van 60 tot 65 kW aangetoon. Die gids gee alle inligting oor spuitkoste met trekkers vanaf 30 tot 90 kW en ’n reeks spuite. Met die spuit behoorlik nagegaan, die korrekte spuitpunte gekies, die korrekte spuitstof volgens voorskrif aangemaak, die spuit korrek gekalibreer en ook kennis van die koste van die spuitaksie per hektaar, is u gereed om te begin spuit.
Tabel 2 Koste van selfaangedrewe spuite
Ten slotte
’n Goeie spuit is onmisbaar in ’n suksesvolle gewasboerdery. Waar boere al hoe meer na geenbewerking oorskakel is ’n goeie spuit onontbeerlik vir sukses.
Met dank aan Koos le Roux, samesteller van die Meganisasiegids.
|
https://www.proagri.co.za/beskerm-jou-oes-3-kies-tussen-sleep-dra-en-selfloop/
|
2020-12-08 10:04:40
|
TLU SA versoek Suid-Afrikaners om oor Onteieningswet kommentaar te lewer
|
This post is also available in: English
TLU SA moedig Suid-Afrikaners aan om teen die wysiging van die bestaande Onteieningswet (Wet 63 van 1975) kommentaar te lewer.
Die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur het einde November ‘n voorlegging hieroor goedgekeur en dit is nou vir kommentaar van die publiek oopgestel. Die bestaande wet is volgens die regering strydig met die transformasiemandaat van die Grondwet.
“Ons is teen hierdie wetsontwerp gekant omdat die definisie vir onteiening daarin ‘n deur oopmaak vir die regering om enige eiendom van enige persoon af te neem of te gebruik sonder vergoeding,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA.
“Suid-Afrikaners – nie net boere nie – moet verstaan dat dit nie net grond is wat in gedrang is nie. Die regering kan dan ook pensioene, huise en beleggings afneem aangesien die Grondwet reeds bepaal dat bates nie tot grond beperk is nie.”
Die publiek het nou sestig dae – tot 10 Februarie 2021 – geleentheid om oor die voorgestelde wetswysiging kommentaar te lewer. TLU SA het ‘n platform geskep waar Suid-Afrikaners oor die wet kan kommentaar lewer. Hierdie kommentaar sal dan ook deel van TLU SA se mondelinge voorlegging aan die parlement.
“Hierdie wet is ‘n aanslag op privaat besitreg,” sê mnr. Geldenhuys. “Dit is van uiterste belang dat die publiek hulle teenkanting hieroor uitspreek deur deel te neem aan die proses van kommentaar. As privaat besitreg nie meer geld nie, is kommunisme ons voorland.”
**Die platform is beskikbaar by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/onteieningswet/
Bron: TLU SA
|
https://www.proagri.co.za/tlu-sa-versoek-suid-afrikaners-om-oor-onteieningswet-kommentaar-te-lewer/
|
2020-12-11 11:52:09
|
Balerresies: Valtra en Kuhn is bobaasbaalbielies!
|
This post is also available in: English
“Koringstrooi baal nie soos gewone hooi nie. Dit is anders,” sê Devin Dedwith van Valtrac. Hy sê die strooi verander deur die dag en soos dit droër word, word dit ook gladder.
Dit het Devin nie gekeer om die Farmspace-balerresies se afdeling vir veranderlikekamerbalers teen Formule 1-spoed te wen nie! Sy flink baalspan was ՚n Valtra T194 en ՚n Kuhn VB3160 wat in 70 sekondes twee perfekte bale met ՚n gesamentlike gewig van 664 kg uitgespoeg het!
Die Balerresies is in Januarie 2019 vir die eerste keer en weer in Januarie 2020, met Valtrac se ondersteuning, naby Parys gehou, maar vir afwisseling en ՚n nuwe uitdaging is besluit om die bulbalers in Desember in die Swartland teen mekaar te laat meeding. Meerhofwynplaas het die terrein verskaf en Optimal Agri het gehelp met die reëlings. Die helfte van die dag se baalopbrengs is vir droogtehulp geskenk.
In die afdeling vir veranderlikekamerbalers het Kuhn die stryd aangepak teen CLAAS (2de), Krone (3de) en Massey Ferguson (4de). In die vastekamer-afdeling het Krone Comprima (1ste), Massey Ferguson (2de), Krone Fortima (3de) en CLAAS (4de) deelgeneem.
Die balers ding mee in terme van spoed, baaldigtheid en baalgewig, wat gebruik word om volgens ՚n formule ՚n puntetal uit te werk. Devin sê die groot voordeel van die KUHN VB 3160 is dat die baler aanpasbaar is by omstandighede. Die baler is nie so sensitief vir veranderings dat vanoggend se verstellings nie meer vanmiddag kan werk nie.
Die meganisme wat gebruik word om die baaltou vas te draai werk ook eenvoudig en hoe eenvoudiger iets werk, hoe minder is die kans dat dinge verkeerd kan gaan. Die baler spog met ’n ingeboude rotorvoerstelsel reg agter die opteller. Die verkorte afstand tussen die rotoren die opteller is een van die baler se groot voordele om beter en vinniger te kan baal.
AGCO was goed verteenwoordig by
die kompetisie met ՚n hele span Massey
Ferguson-trekkers en balers wat
almal deel van die AGCO-groep is.
Die balervloer kan vanuit die trekker se kajuit laat sak word om enige moontlike verstopping blitsig uit te skop. Die grootte van die baal, 0,8 m tot 1,6 m, word ook vanuit die kajuit verstel. Verder kan die digtheid en grootte van die baalkern, asook die drukverskil van die kern teenoor die buitekant van die baal, ook vanuit die kajuit aangepas word.
“Daar is geen breekboute aan die baler nie,” sê Devin. “Die kragaftakker en die opteller het albei nokkoppellaars wat die baler beskerm.” Onderhoud aan die KUHN VB 3160 is net so moeitevry soos sy baalmakery, danksy die gesentraliseerde ghriespunt. Dit het ook ’n outomatiese oliestelsel wat die werkende dele soos die kettings deurgaans van olie voorsien vir gladde, aanhoudende werk.
Die Valtra T194 Active was die beste moontlike spanmaat vir die balerresies. Devin sê dié trekker se ratkas is gebore vir baalmaak! Valtra se Powershift is die gladste kragoordrag wat jy kan kry. Die operateur gebruik die koppelaarpedaal net wanneer die enjin aan die gang gesit word. Daarna neem die Active Powershift outomatiese koppelaar oor en kies deurgaans vir jou die regte, mees ekonomiese ratverhouding volgens die las en die werkspoed.
Devin sê hy sal dit nie in die ry aanbeveel nie, maar as jy regtig mooi wil kyk wat gebeur met die balery, kan jy eenvoudig jou sitplek omdraai in die T194 TwinTrac.
Die Auto Neutral-stelsel laat die koppelaar outomaties inskop as jy rem trap, wat veral nuttig is wanneer jy werktuie gebruik wat kort-kort moet stop, soos balers. Powershift verander vanself ratte wanneer die versnellerpedaal getrap word en dit laat die operateur se hande vry om die trekker en werktuig te beheer.
Die vyfgang-Active Powershiftratkas het vier strekke en twee kruipstrekke. Dit beteken dertig vorentoe- en dertig truratte! Die T194 se Sigma Power stuur ook ՚n bykomende 17 kW krag na die kragaftakker wanneer dit benodig word.
Jy sit op ՚n wolk in die trekker met sy ligte veerstelsel en luggeveerde sitplek, sê Devin. Alles is net reg vir ՚n lang dag se baalwerk. As dit van Devin afhang, sal die baalwerk egter redelik blitsig verby wees! Hy het ՚n spesiale toekenning as die Spoedvraat van die kompetisie ontvang; ՚n bottel heerlike wyn van Meerhof.
“Met die vorige baalresies het ek in albei kategorieë tweede gekom, ek het net besluit: Ons kom nie weer tweede nie!”
R.A.T. Brahmane het die baler vir die kompetisie beskikbaar gestel met die voorwaarde dat Devin Dedwith moet sorg dat hy wen! By Devin is Johan Steyn, Valtrac se streeksverteenwoordiger in die Oos-Kaap.
Word deel van die wenspan. Praat met Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-7308, of stuur ՚n e-pos aan [email protected]. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting oor al Valtrac se wentrekkers, wenwerktuie en wendiens.
|
https://www.proagri.co.za/balerresies-valtra-en-kuhn-is-bobaasbaalbielies/
|
2020-12-23 11:13:52
|
Cronin bevestig bekommernisse oor Onteieningswet
|
This post is also available in: English
Die Onteieningswysigingswet is ’n aanval op elke individu se eiendomsreg. Hierdie impak is reeds in 2013 deur Jeremy Cronin, voormalige adjunk-minister van Openbare Werke, tydens ‘n debat op die KykNet program RobinsonRegstreeks bevestig.
Vrystaat Landbou (VL) het die afgelope Vrydag ’n voorlopige verslag bekend gestel waarin die organisasie die impak van die voorgestelde Onteieningswetswysigingswet uitlig. Die organisasie het ook in hierdie verslag dit uit gewys dat Jeremy Cronin se uitlating landburgers se vrese lankal reeds bevestig het. In die onderhoud erken Cronin, adjunk-hoofsekretaris van die SAKP, dat die wet ten doel het om “toegang tot die land se hulpbronne te bied…”.
Op ‘n vraag of dit ook sou geld vir persoonlike bates soos byvoorbeeld spaargeld, het Cronin beaam dat dit wel onteien kan word: “yes, exactly you could do that”. Skakel na die video greep: https://vrystaatlandbou.co.za/stop-expropriation/
“Daar word verkeerdelik aanvaar dat slegs landbougrond die teiken is van onteiening sonder vergoeding. VL glo dat ons verslag daarop wys dat die voorgestelde wet privaat eiendomsreg in die algemeen aftakel.” sê Francois Wilken, president van VL.
Volgens Wilken is VL van mening dat die Onteieningswet gestop moet word want:
1. anders as standaard onteiengswetgewing is die uitgesproke doelwit van hierdie wet herverdeling;
2. die verskoning vir onteiening van bates sluit sg.
“Openbare doelwitte” in – ‘n konsep wat oop gedefinieër is en wat deur enige regeringsamptenaar geïnterpreteer en toegepas kan word.
3. die wet maak onteiening sonder vergoeding (OSV) moontlik;
4. die wet stel breë algemene kategorieë waarbinne OSV mag plaasvind en, 5. alle bates kan deur die wetgewing geteiken word.
“Openbare betrokkenheid in hierdie proses is vir landbou en die algemene landsbelang uiters belangrik.”, sê Wilken. “Ons beoog om so wyd as moontlik ondersteuning te mobiliseer teen hierdie wet, aangesien ons van mening is dat onteiening sonder vergoeding ‘n maak of breek saak nie net vir boere is nie maar ook vir die land en al sy mense.”
Vrystaat Landbou nooi mense uit om hul teenkanting teen die Onteieningswet aan te teken. “Ons het daarom ‘n “Stop Onteiening” veldltogblad beskikbaar gestel vir submissies teen hierdie wet. Die submissies wat op hierdie blad gemaak word sal aan die parlement oorhandig word.
Die webblad kan besoek word by https://vrystaatlandbou.co.za/stopexpropriation/
(Volledige Cronin debat: https://www.youtube.com/watch?v=zcrIZ1miS50&feature=youtu.be)
Bron: Vrystaat Landbou
|
https://www.proagri.co.za/cronin-bevestig-bekommernisse-oor-onteieningswet/
|
2020-12-15 08:37:42
|
Hortgro- Beginsel standpunt rakende IP regte
|
This post is also available in: English
Daar word met kommer kennis geneem van die voortslepende geskil in die bloublessiebedryf oor intellektuele eiendom (IP) en verwante planttelersregte (PTR).
Dit word beskou as ’n private kommersiële aangeleentheid wat as sulks hanteer moet word. Gegewe die potensiële negatiewe impak op ander vrugtebedrywe se voortgesette toegang tot die jongste, internasionale genetika en plantmateriaal, is Hortgro versoek om ’n beginselstandpunt oor IP en verwante PTR te maak – gegewe dat sodanige materiaal die ruggraat van ‘n volgehoue relevante en internasionaal-mededingende bedryf is.
Derhalwe word die negatiewe uitwerking wat sulke openbare geskille op die posisie van SuidAfrika as ’n gerekende en betroubare wêreldvenoot kan hê, betreur.
Hiermee as volg, Hortgro se standpunt oor IP en verwante PTR:
Herbevestig beginselsteun en erkenning van internasionale konvensies en wetgewing wat as riglyne dien vir die beskerming van IP en PTR;
Verseker internasionale telers, eienaars en lisensiehouers dat die Suid-Afrikaanse kern- en steenvrugbedrywe hulle IP en verwante PTR, gekoppel aan ooreenkomste en wetgewing, ten volle onderskryf en respekteer;
Respekteer die reg om die bemarking- en handelsvoorwaardes van produkte, insluitend die betaal van tantieme, te kontroleer en te reguleer, op voorwaarde dat sodanige reëlings billik, duidelik en formeel ooreengekom is voordat verwante plantmateriaal aangeplant word;
Moedig Suid-Afrikaanse produsente en ander belanghebbendes in die bedryf aan om wettige kontrakte en internasionale ooreenkomste m.b.t. IP en verwante aangeleenthede, te respekteer en daaraan te voldoen.
Dat IP/PTR eienaars wêreldwyd die Suid-Afrikaanse vrugtebedrywe sal vertrou om hul regte te respekteer om voortgesette toegang tot die nuutste tegnologie, genetika, innovasie en beskikbare plantmateriaal uit wêreldwye bronne, te verseker.
*Hortgro is die nasionale oorkoepelende bedryfsliggaam vir die Suid-Afrikaanse kernvrug- (appels en pere) en steenvrug (pruim/pruimedant, perske/nektarien, appelkoos en kersie) bedrywe.
Bron: Hortgro
|
https://www.proagri.co.za/hortgro-beginsel-standpunt-rakende-ip-regte/
|
2020-12-01 14:54:42
|
Bakkies, bakkies en nog bakkies: 2020 se Bestes
|
This post is also available in: English
deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive Wes-Kaap
2020 Ford Ranger Thunder
Ford SA het onlangs die Ranger Thunder-modelreeks bekendgestel. Die Thunder is volgens Ford SA ’n spesiale model, maar is bloot ’n Wildtrak, waarop dit gegrond is, met mooier klere aan. In die Ranger-reeks is die Raptor die vlagskip, waarna die Thunder en dan die Wildtrak volg.
Die Thunder word in Suid-Afrika gebou en in vier bakkleure beskikbaar gestel naamlik, Frozen White, Sea Grey, Moondust Silver en Absolute Black. Van buite bied die nuwe Ranger Thunder LUD-hoofligte, dagryliggies en prominente rooi omlynde luginlate weerskante in die sierrooster. Daar is ook ’n rooi “Thunder”-kenteken laag onder op die voordeure en agter op die agterklap. ’n Rooi band om die blinkswart rolstaaf agter die kap, spesiale swart 18” allooiwiele, ’n verskuifbare laaibakverdeler en sluitbare metaalroldeur om die bak dig en droog te hou, rond die visuele veranderinge af.
Binne vertoon die oorwegend swart afwerking met kontrasterende rooi stiksels van die leerbekleedsel sportief, modern en luuks. Die voorpaneel en multi-funksie stuurwiel is ook met leer oorgetrek. Wat pla is dat die stuurwiel slegs hoogte-verstelbaar is. Op ’n bakkie in hierdie prysklas sou ek graag teleskopiese verstelling vir die stuurwiel wou sien.
Die sitplekke sit gemaklik met die elektries verstelbare voorste sitplekke wat verhit kan word en met spesiale rooi “Thunder” embleme in die kopstutte versier is. Hoë vlakke van standaard toerusting is deel van die Ranger Thunder se aanloklikheid, met Ford se Sync3 inligting- en vemaakstelsel wat verbruikersvriendelike toegang bied op die 8” raakskerm bo middel in die voorpaneel.
Standaardtoerusting op die Ranger Thunder sluit onder meer in SatNav, aanpasbare spoedbeheer, waarskuwings as ’n botsing van voor dreig asook gonsers om te waarsku as jy uit jou baan ry. Ook parkeerhulp wat gonsers, ’n tru-kamera en halfoutomatiese parallelparkering insluit, maak knap parkeerruimtes in beknopte stedelike parkeergarages draagliker.
Ford SA het die Ranger Thunder plaaslik in drie modelle beskikbaar gemaak. Die 3.2 TDCI (147kW/ 470Nm) dubbelkajuit 4×2, ’n 2.0 liter BiTurbo dubbelkajuit 4×2 en die vlagskip 2.0 liter BiTurbo Dubbelkajuit 4×4. Die nuwe generasie 2.0 liter bi-turbo diesel enjin lewer 157 kW en 500 Nm se piekkragte. Terwyl die 2.0 liter Bi-Turbo modelle toegerus is met Ford se jongste 10-spoed outomatiese ratkas, kry die 3.2 TDCI steeds die 6-spoed outokas. ’n Elektroniese agterste ewenaarslot is standaard op al drie modelle met die 4×4 weergawes wat ook met laestrek en heuwel-af beheer toegerus is. Grondvryhoogte by al drie modelle word aangegee as 237mm.
Tydens ons toetsperiode het ons die topmodel Thunder Dubbelkajuit 4×4 behoorlik laat sleep en deur uitdagende veldrytoestande geneem. Die Thunder is inderdaad bogemiddeld bekwaam bevind – op die pad en in die veld. Ons gemiddelde brandstofverbruik gemeet oor meer as 1 200 kilometer was ’n indrukwekkende 8,8 liter per 100 km.
Pryse vir die 2020 Ford Ranger Thunder is:
* 3.2 TDCI Dubbelkajuit 4×2: R711 600
* 2.0 BiT Dubbelkajuit 4×2: R736 000
* 2.0 BiT Dubbelkajuit 4×4: R787 000
2020 Hilux Legend: Die beste nou selfs beter
Toyota het in die derde kwartaal sy 2020 model Hilux Legend-reeks, wat ook plaaslik vervaardig word, bekendgestel. ’n Nuwe vlagskip-spesifikasievlak dubbelkajuitmodel gaan as die Legend-modelreeks verkoop word.
Tot met die nuwe model het Toyota die Legend-naam gereserveer vir spesiale en beperkte modelle van die Hilux soos met die viering van die Hilux se 35ste, 40ste, 45ste en 50ste herdenkings.
Met die opgekikkerde model word die Legend-naam egter aangewend vir die vlagskipmodelle in die reeks. ’n Opsionele RS-pakket vir die Legend is beskikbaar met RS wat na “Roller Shutter” verwys en ‘n gemotoriseerde verskuifbare roldeur insluit wat die bak met spesiale verdigting toemaak. Die RS pakket sluit verder ’n grafietkleurige sportrolstaaf, laaibak met rubbervoering, agterklap met oop- en toemaakhulp asook sentrale sluitwerking in.
Die nuwe Legend spog met nuwe spesiaalontwerpte wiele wat met 265/60 R18-bande toegerus is. Die topmodel 4×4 Legend bied bykomende en doelgemaakte ekstras in die kajuit. Geperforeerde leerbekleedsel op die sitplekke, blou deurbeligting en swart dakvoering maak hierdie legende spesiaal. Sleutelose toegang met ’n aansitknoppie en ’n baie goeie JBL-klankstelsel met nege luidsprekers is ook standaard in die topmodel.
Toyota het egter ook die 2,8 GD- 6-enjin in die 2020 Legend verbeter om 150 kW se piekverrigting te lewer wat beskikbaar is tussen 3 000 en 3 400 opm. Maksimum wringkrag is ook met 50 Nm verhoog tot 500 Nm by outomatiese weergawes en is beskikbaar tussen 1 600 en 2 800 opm.
Veiligheid het nie agterweë gebly nie en Toyota se Safety Sense-stelsel is vir die eerste keer in die Hilux beskikbaar en as standaardtoerusting by die Legend 4×4-modelle. Die stelsel sluit onder meer waarskuwings in om botsings te vermy, asook wanneer daar van bane verwissel word sonder om flikkerligte te gebruik. Aanpasbare spoedbeheer, lugsakke, ISOFIX-hegpunte op die agtersitplekke, ABS-remme met noodremhulp, elektroniese remkragverspreiding, stabiliteitsbeheer anti-swaaibeheer wanneer daar gesleep word asook afdraandremhulp vir die 4×4-modelle, is deel van veiligheid by die nuwe model.
Eienaars kan ook nou WiFi-toegang in die voertuig geniet met Toyota Connect, wat 15 GB gratis data insluit. Sodra klante hul profiel op die bakkie se stelsel gekoppel het, kan hulle die voertuig deur middel van die My Toyota-toepassing beheer en ook diensbesprekings, voertuiginfo asook data-opsporing doen. Daar is selfs ook die moontlikheid om die voertuig se lisensie aanlyn te hernu. Die nuwe Legend is jou wrintiewaar ’n groter legende as ooit!
Prys:
Toyota Hilux Dubbelkajuit Legend 2.8 GD-6 4×4 Handrat R733 500
Toyota Hilux Dubbelkajuit Legend 2.8 GD-6 4×4 Outomaties R765 600
Isuzu brei D-Max X-Rider reeks uit in 2020
Isuzu Suid-Afrika het begin 2020 sy D-MAX bakkiereeks uitgebrei deur vyf modelle van die 250 turbodiesel weergawes met 5-gang outomatiese ratkaste toe te rus.
Die nuwe 5-spoed outomatiese ratkas is ontwikkel en aangepas om spesifiek die D-Max 250 se 2,5 liter tussenverkoelde turbodiesel enjin se verrigting en kraguitsette te pas. Die bewese 2,5 diesel turbo-enjin lewer maksimum 100 kW by 3 400 opm en 320 Nm piek wringkrag tussen 1 800 en 2 800 opm. Amptelike brandstofverbruik vir die outomatiese modelle word aangegee as 8,1 liter per 100 km gegrond op ‛n gemengde siklus van stads- en ooppadry. Soos met die D-Max 250 handrat modelle kan die outomatiese weergawes ook ’n maksimum van 2 100 kg sleep met ’n sleepwa wat self kan rem, terwyl die laaibak 1 000 kg se vrag kan dra.
’n X-Rider dubbelkajuit 250TD 4×4 Outomaties is ook in 2020 bekendgestel. Later in die jaar is ook die X-Rider dubbelkajuit 3.0TD 4×2 Outomaties bekendgestel wat die eerste van die gewilde X-Rider modelle is om met Isuzu se bewese 3.0 liter turbo-enjin toegerus te word. Maksimum kraglewering is steeds 130 kW wat teen ’n lae 3 600 opm beskikbaar is. Wringkrag van 380 Nm piek steeds tussen 1 800 en 2 800 opm. Die model is slegs beskikbaar met ’n 6-spoed outokas en kan ’n maksimum van 3 500 kg sleep.
Topmodelle kom goed toegerus in terme van bestuurder- en passasiersgerief. Dit sluit in klimaatbeheer, klank en kommunikasiestelsels wat ook met Bluetooth kan koppel en via ’n 8” raakskerm beheer word, USB koppelpunte en vele mere. Sleutelose toegang en aan/af skakel is ook standaard asook ’n ultrasoniese alarmstelsel en spoedbeheer.
Vir passasierveiligheid is ABS remme met elektroniese remkrag en verspreiding, remhulp, elektroniese stabiliteitsbeheer met traksiebeheer, heuwel wegtrek en heuwel-af beheer deel van die standardtoerusting wat ook lugsakke voor vir beide bestuurder en passasier insluit.
Alle Isuzu D-MAX modelle word verkoop met Isuzu Complete Care wat standaard insluit ’n 5 jaar/120 000 km buffer-tot-buffer waarborg, Isuzu padbystanddiens, ’n 5 jaar/onbeperkte kilometer anti-roes waarborg asook ’n 5 jaar/90 000 km diensplan. Ekstra dekking kan aangekoop word vir padbystanddiens, diensplan asook die onderhoudsplan.
Pryse (BTW uitgesluit):
D-Max 250 TD Dubbel kajuit X-Rider 4×2 Outo R421 043,48
D-Max 250 TD Dubbel kajuit X-Rider 4×4 Outo R451 478,26
D-Max 3,0 TD Dubbel kajuit X-Rider. 4×2 Outo R479 217,39
2020 Mahindra Pik Up S11- Dubbelkajuit 4×4: Outomaties beïndruk
Mahindra het vroeg in 2020 hul Pik Up S11 met outomatiese ratkas in Suid-Afrika bekendgestel – die eerste land in die wêreld om dit te doen.
Na aanleiding van groeiende belangstelling in outomatiese weergawes gaan aanvanklik slegs die Pik Up dubbelkajuitmodelle daarmee toegerus word. Die vlagskipmodel in die reeks, die “KAROO” is ook opgekikker en is slegs as 4×4 outomaties beskikbaar. Met spesiale sierwiele, voorste bosbreker asook ’n rolstaaf agter die kap, vertoon die KAROO visueel indrukwekkend en behoort belangstelling onder kopers te lok. Die Mahindra S11 Pik Up word aangedryf deur die groep se mHawk turbodiesel 2,2 liter enjin. Die 4-silinder lewer 103 kW piek verrigting teen 3 750 opm en 320 Nm maksimum wringkrag in ’n plat kurwe tussen 1 500 en 2 800 opm. Amptelike brandstofverbruik word aangedui as 7,9 liters vir elke 100 km gery in ’n kombinasie van stad en ooppadry.
Aandrywing na die pad gaan via die agterwiele of na al vier die wiele (by 4×4 model) deur middel van ’n nuwe 6-spoed outomatiese ratkas wat in die S11 Pik Up debuteer en tans nog net vir die S11 dubbelkajuit bedoel is. Die ratkas kom met ’n selfwissel-opsie wat in die 4×4 model ook oor ’n heuwel-af beheer funksie beskik wat, in samewerking met die voertuig se traksiebeheerstelsel, spoedbeheerkontrole asook enjinremming en rembeheer gebruik om die voertuig veilig en stadig teen steil afdraendes gedurende uitdagende veldrytoestande te laat ry.
Die S11 Pik Up dubbelkajuitbakkie is heel bekwaam in die veld danksy ’n 210 mm grondvryhoogte en ’n meganiese ewenaarslot (MLB) wat in samewerking met Eaton ontwikkel is. Met ’n intreehoek van 34˚, ’n vertrekhoek van 15˚ en ’n oorklimhoek van slegs 18˚ kon die S11 gemaklik klaarspeel met uitdagende veldrywerk danksy die hulp van die swaardiens Cushion-veerstelsel wat in die S11 diens doen. Die Mahindra Pik Up-dubbelkajuitreeks is gesertifiseer om ’n sleepwa met eie remme plus vrag met ’n maksimum totale gewig van 2 500 kg te sleep.
Binnekant het die S11 se kajuit ook onder die poeierkwas deurgeloop met veral die voorpaneel wat ’n nuwe 7” volkleur raakskerm insluit. Hierdie infotainmentstelsel vertoon die kamerabeelde van die nuwe tru-kamerastelsel asook die satellietnavigasiestelsel. Klank en telefoonskakeling kan nou ook via Bluetooth gedoen word in die S11 of met die USB-koppelpunt in die voorpaneel. Verder is die S11 standaard toegerus met onder meer twee voorste lugsakke, outomatiese klimaatbeheer, spoedbeheer, elektriese vensters en kantspieëls asook ’n verstelbare stuurwiel met beheerskakelaars vir die telefoon, klankstelsel en spoedbeheer. Die Karoo kry ook kantskorte ekstra, asook ’n sluitbare roldeksel vir die laaibak. Alle modelle kom standaard met rubbervoering vir die laaibak.
Prys:
Mahindra Pik Up S11 4×4 Dubbelkajuit Outomaties: R414 999
Mahindra Pik Up S11 4×4 Dubbelkajuit Karoo Outomaties: R429 999
Mahindra SA verkoop die Pik Up met ’n 4 jaar / 120 000 km tegniese waarborg en ’n 5 jaar/100 000 km diensplan. ’n Gratis padbystanddiens is ook ingesluit. Die eerste oliediens is op 10 000 km met 20 000 km diensintervalle daarna.
|
https://www.proagri.co.za/bakkies-bakkies-en-nog-bakkies-2020-se-bestes/
|
2020-12-08 09:25:31
|
Werk dieper en wyer met Agrico se nuwe T1000-vouvlerkskeurploeg
|
This post is also available in: English
՚n Werktuig moet sy waarde bewys voordat die Versters van Potlachi Familietrust by Luckhoff oorweeg om hom op hulle plaas toe te laat. Daarom toets hulle elke aspirant-werktuig deeglik en maak seker hulle koop net die beste masjiene wat hulle strewe na die beste opbrengs ondersteun.
Hulle boer met mielies, koring, springmielies, lusern, ertjies en sojabone onder besproeiing en het ՚n sterk, betroubare, doeltreffende werktuig nodig om die grond deeglik en vinnig voor te berei voor planttyd. Na ՚n demonstrasiedag verlede jaar op hulle plaas, waar hulle ՚n wye reeks van Agrico se masjiene getoets het, het hulle besluit om vanjaar die nuwe T1000-vouvlerkskeurploeg van Agrico te koop. Dit is een van die grootste skeurploeë (korsbrekers/rippers) in die Agrico T1000-reeks. Die Versters gebruik ՚n trekker van 430 kW om die werktuig te sleep. Die T1000 is beskikbaar in modelle van 1 tot 21 tande en in rame van tot 10 m wyd om enige boerdery of taak te pas.
“Agrico se mense verstaan boerdery en gee die boer presies wat hy wil hê,” sê Ryno Verster: “Hulle het die skeurploeg spesiaal vir ons boerdery aangepas; ons het byvoorbeeld spesifieke wiele laat opsit.
Die T1000-hersetskeurploeg van Agrico se balkvryhoogte is 1 000 mm en die tande se skaarpunt wegbreekkrag is 7 600 N (760 kg). Perfek vir harde werk op die plaas.
“Agrico het ook, op versoek, die tande 420 mm uitmekaar geplaas, al is die standaardspasiëring gewoonlik 500 mm. Die skeurploeg kan tot 630 mm diep werk, maar gemiddeld werk ons die grond so 500 mm diep,” sê Ryno.
Volgens Agrico is die ideale werksdiepte tussen 400 mm en 630 mm, na gelang van toestande en die bewerkingsmetode. Binne hierdie band werk die ploeg op sy doeltreffendste en kan die tande nog volledig wegbreek en outomaties herset.
Ryno sê Agrico se skeurploeg staan uit bo ander maatskappye s’n omdat hulle raamwerk en tande van hoësterkte materiale gemaak is en ontwerp is om ՚n lang lewe te gee. Tog bied dit heelwat beter waarde vir geld as ander werktuie in sy klas.
Aangesien die werktuig spesifiek vir die Versters se behoeftes verander is, was daar klein tandekryprobleme met die tuimel-as en sweiswerk aan ՚n skarnier. “Agrico was bereid om vir my ՚n splinternuwe raam te gee, maar ek het gesê hulle kan hom net kom versterk, wat hulle by die skarnierpunt gedoen het. Die tuimel-as is vervang met ՚n opgegradeerde een,” sê Ryno.
՚n Skeen (of
skermplaat) voor
aan die T1000-
skeurploegtand
se skag beskerm
die tand
teen wrywing
en beskadiging.
Dit verseker ՚n
langer lewe.
“Verder het ons nog nie eers ՚n bout aan ՚n skaar vervang nie en ons het reeds ongeveer 500 hektaar se diep ripwerk met die Agrico T1000 gedoen.”
Hy is ook tevrede met die feit dat die werktuig 6,3 hektaar per uur kan bewerk. “Sy wegbreekaksie is wonderlik, en die bewerking is baie doeltreffend.” Ryno is baie tevrede met Agrico se diens; ՚n groot oorweging vir die aankoop van enige toerusting.
“Hulle help my altyd as daar probleme is. Ek sal beslis weer werktuie van hulle koop.”
Ryno se pa, Francois Verster, voeg by: “Agrico het baie moeite gedoen om die aanpassings presies volgens ons behoefte te maak. Die skeurploeg is ontwerp om by ons boerdery in te pas en is beter as enige ingevoerde werktuig.”
Paul Burger, ingenieur en produkbestuurder van Agrico, verduidelik dat die werktuig op ‘n vouraam is om vervoer te vergemaklik, terwyl jy steeds wyd kan werk.
Hy dui aan hoekom die T1000-reeks uitsonderlik is: “Die groter tande gee die boer meer bewerkingsopsies, hetsy diep of effens vlakker in harder grond, of met meer materiaal op die lande wat met kleiner tande kan pak en bewerking bemoeilik.
“Die T-reeks is suksesvol as gevolg van sy laer trekkragvereistes as die mededingers, danksy geoptimeerde wegbreekaksie, skagwydte, skaarhoek en -tandvorm. Die standaard 80 mm skaar het ‘n aggressiewer werking as die mededingers se skare.” Daar is ook ՚n wye reeks alternatiewe skare beskikbaar.
Francois, Ryno en Jacques Verster is baie tevrede met hulle skeurploeg van Agrico.
Voordele van die T1000-hersetskeurploeg:
• Die werktuig doen sy werk met min moeite, omdat tande outomaties herset tydens die bewerking, sonder om spoed te verminder of die werktuig op te lig.
• Die tande slyt stadiger.
• Die werktuig is kostedoeltreffend.
• Dit is beskikbaar in driepunt- of sleepmodelle en nou ook met vouvlerke vir die wyer modelle.
• Dit sorg vir lae brandstofverbruik te danke aan baie lae trekweerstand.
• Die tandgeometrie, -uitleg en vryhoogte onder die raam verseker goeie stoppelvloei en weerstand teen verstopping.
• Die T1000 is die enigste werktuig in sy klas met terugslagskokabsorbeerders op elke tand vir ՚n langer verwagte leeftyd.
• Dit is standaard toegerus met Agrico se bekende en gewilde reguit skeurskaar.
• Die skare bout vas, wat dit maklik maak om te ruil, maar stewig vashou.
Vir enige navrae, kontak Alfred Andrag by 082-824-1214 of 021-950-4111 of stuur ’n e-pos aan [email protected].
|
https://www.proagri.co.za/werk-dieper-en-wyer-met-agrico-se-nuwe-t1000-vouvlerkskeurploeg/
|
2020-12-07 11:40:39
|
Spruite by mielies: Oorsake en die invloed daarvan op die hoofplant
|
This post is also available in: English
deur Pioneer Agronomie
Spruite, die bykomende stamme wat ontwikkel uit ondergrondse knoppe, kom gereeld voor by grasse. By koring en ander kleingrane is spruitvorming ՚n belangrike komponent om gapings in te vul.
By mielieverbouing raak boere egter ongemaklik met die verskynsel indien dit wel voorkom. Dit is reeds vir jare ՚n baie aktuele onderwerp by boere en die menings daaroor is ook uiteenlopend.
Redes vir spruitvorming by mielies
Spruite is laterale stamme wat uit ondergrondse knoppe vorm. Die aantal spruite wat uit hierdie knoppe ontwikkel hang af van die plantbevolking, grondvrugbaarheid en klimaatstoestande vroeg in die seisoen, asook die genetiese boustene van die mieliebaster. Sekere basters spruit vir seker meer as ander, maar byna enige baster sal spruit indien dit die ruimte en voeding gegun word om dit te doen. Spruitvorming is meer waarskynlik wanneer daar vroeg in die seisoen ՚n oormaat water en voedingstowwe beskikbaar is vir die plant. Basters wat meer geneig is tot spruitvorming maak een of meer spruite by selfs hoë plantbevolkings, veral as die klimaatstoestande ook gunstig is.
Spruite dreineer nie die hoofstam nie
In vroeë navorsingstudies is die spruite vroeg in die seisoen verwyder en later vergelyk met die plante waarvan die spruite nie verwyder is nie. Hierdie studies het aangetoon dat spruitverwydering nooit die opbrengs verhoog het nie, maar meestal verlaag het. Later is blaarverwyderingstudies gedoen, om die verwantskap tussen die spruite en hoofstam en die moontlike vloei van voedingstowwe beter te verstaan.
՚n Proef is gedoen op ՚n land met ՚n baie lae plantbevolking sodat daar groot spruite op die plante kon ontwikkel. Die blare aan die hoofstam is dan vroeg in die graanvulstadium verwyder. Helfte van die plante wat ontblaar is het spruite aangehad en die ander helfte nie. Blare op die spruite is net so aan die stamme gelaat en die uiteinde was dat plante met spruite byna dubbel die opbrengs gehad het as plante sonder spruite. Hieruit kon afgelei word dat daar ՚n verband bestaan tussen die vloei van voedingstowwe tussen die hoofplant en spruite.
In meer onlangse navorsing is radioaktiewe koolstof gemerk en die vloei daarvan deur die verskillende plantdele is deur die seisoen gevolg. Daar is in hierdie studies gesien dat daar voor blom baie min beweging van voedingstowwe tussen die hoofstam en spruite plaasvind. In teenstelling daarmee beweeg daar egter na blom en stuifmeelstorting groot hoeveelhede voedingstowwe vanaf spruite sonder koppe na die kop van die hoofstam.
Daar is egter baie min voedingstofbeweging tussen die spruite en hoofstam indien daar wel koppe op die spruite en hoofstam teenwoordig is. Met ander woorde, die kop op ՚n hoofstam
kry sy kos van die blare op die hoofstam en die kop op die spruit kry sy kos van die blare op die spruit. Die enigste keer wat daar gevind is dat voedingstowwe van die hoofstam na die spruite beweeg het, was as daar geen kop op die hoofstam was nie, maar wel op die spruite. Dit is natuurlik minder moontlik in die praktyk en die proef is net gedoen om die vloei van voedingstowwe beter te verstaan. Hierdie proewe is by baie lae plantbevolkings gedoen om die spruite so root as moontlik te kry. In die praktyk is die plantdigtheid egter baie hoër en daarom is die spruite ook gewoonlik baie kleiner, koploos en groei meestal in die koelte van die hoofstam. Hierdie spruite het gewoonlik min tot geen uitwerking op die hoofstam nie en indien hulle wel ՚n klein bydrae kan lewer, sal dit eerder bydra tot die opbrengs.
By lae plantbevolkings kan spruite groter as normaal wees, maar sal nie die hoofstam beroof van voedingstowwe nie. Inteendeel, soos uit die proewe gesien is, sal die opbrengs eerder hoër wees by plante met spruite as gevolg van die bydrae van koppe op die spruite of verplasing van voedingstowwe vanaf die spruite na die hoofstam.
Vir meer inligting, of om ՚n Pioneer landboukundige te kontak, besoek www.pioneer.com/za of stuur ՚n e-pos aan [email protected]
|
https://www.proagri.co.za/spruite-by-mielies-oorsake-en-die-invloed-daarvan-op-die-hoofplant/
|
2020-12-06 19:56:22
|
John Deere glo: Aanhouer wen!
|
This post is also available in: English
Aanhouer wen! Gert Grobler se toekenning as John Deere se Tegnikus van die Jaar is seker die beste bewys van dié uitdrukking.
Nadat hy die afgelope ses jaar elke keer in die Top Tien geëindig het, kon Gert uiteindelik met die prys ter waarde van R100 000 huis toe gaan, maar nog belangriker as dit is die bevestiging dat hy waarlik sy storie ken!
Boere in die Grootvlei-omgewing weet dit lankal, maar nou staan dit swart op wit: Gert kan!
Om ses keer in die Top Tien te wees sonder om eerste te kom en dan ՚n sewende keer in te skryf … Dit is hoe aanhouers wen. Gert Grobler van AFGRI Grootvlei is John Deere se Tegnikus van die Jaar.
Saam met hom in die voorste gestoeltes vanjaar is Albert Landman (tweede) van Senwes Wolmaransstad, Tiaan Oosthuizen (derde) van AFGRI Pietersburg, Isak de Lange van AFGRI Delmas en Eric Botha, ook van Senwes Wol-maransstad.
Gert sê dit was vir hom ՚n groot verrassing, maar ook ՚n groot verligting dat hy uiteindelik in die eerste plek kon instap.
“Ek wou eintlik glad nie hierdie jaar deelneem nie, maar my bestuurder het my aangemoedig, en ook maar goed so!”
Sy vakansieprys gaan hy saam met sy vrou, Jolandi, en kinders, Derek en Chandré, in die binneland en in Namibië geniet. “Met al die COVID-goed wil ՚n mens ook nie verder gaan nie, want netnou kan jy nie terugkom nie,” spot hy.
Die vurige ondersteuning van Gert se gesin, Jolandi, Chandré en Derek, was die moeite werd, want almal gaan nou lekker saam vakansie hou!
Hy sê van die boere het hom al geskakel en gelukgewens, maar “na die opwinding moet ՚n mens maar afkom aarde toe en aanhou werk!”.
Dit is nie ՚n maklike pad om as Tegnikus van die Jaar aangewys te word nie. Daar is ՚n reeks uitdunrondtes met aanlyntoetse en toeboektoetse voor die strawwe eindeksamen met praktiese en teoretiese toetse by John Deere se Opleidingsentrum in Boksburg.
Vir die praktiese toetse moet die tegnici onder groot tyddruk probleme in ՚n wye verskeidenheid toerusting diagnoseer en oplos. Gert sê dit maak nie saak hoeveel keer jy dit doen nie, die druk is kwaai en die vlinders in die maag pla baie.
Hy sê die kompetisie raak ook nie makliker nie en elke jaar het sy uitdagings. Hierdie jaar het almal groot geskrik toe hulle skielik twee bykomende stasies moes hanteer in plaas van die gewone tien. Saam met die gewone trekkers, stropers, tegnologie en spuite was daar ՚n bykomende stasie vir spuite en een waar hulle moes kies tussen ՚n ride-on grassnyer en ՚n John Deere Gator. Gert het die Gator se probleem opgelos.
Jaco Beyers is onlangs aangestel as die nuwe besturende direkteur van John Deere in Suid-Afrika. Met John Deere se “kanniedood”-houding het die maatskappy die Covid-uitda-gings een na die ander aangepak en sterker anderkant uitgekom.
Jaco Beyers, die onlangs aangestelde besturende direkteur van John Deere se tak in Suid-Afrika, het in sy toespraak ook daarna verwys dat ՚n mens ՚n “kanniedood-houding” nodig het om sukses te bereik. Dit is die houding wat John Deere ingeneem het in die uitdagende Covid-jaar om sterker en beter anderkant uit te kom.
Hy het sy waardering uitgespreek teenoor die 710 tegnici by John Deere se handelaars wat regdeur die staat van inperking voortgegaan het om boere te ondersteun sodat hulle kon voortgaan met hulle werk om voedsel te produseer.
Een van die eerste groot suksesse wat hulle in Maart gehad het was om daarin te slaag dat ՚n skip met onder meer 16 stropers en ՚n vrag trekkers aan boord kon voortgaan om sy kosbare vrag in Suid-Afrika te kom aflaai, nadat die skip teruggeroep is omdat dit deur die owerhede bestempel is as nie noodsaaklik nie.
Met enigeen van hierdie gedugte span in jou streek, kan jy verseker wees van kundige tegniese ondersteuning op die plaas. Lafras Cronjé het die Top 5 Tegnici voorgestel en gelukgewens: Albert Landman (tweede), Tiaan Oosthuizen (derde), Gert Grobler (wenner), Isak de Lange en Eric Botha.
Nog ՚n groot sukses was die ontginning van digitale platforms om John Deere se tegnologie-boodskap oor te dra nadat die verkoopspan skielik gekonfronteer is met die uitdaging van geen boeredae, skoue of demonstrasies nie. Hy sê: “Binne 60 dae het TechTerrain vorm gekry en ons kon met die boere praat.” Boere kan nou ook aanlyn na driedimensionele beelde van trekkers kyk.
John Deere is ook deur ՚n groot struktuurverandering en daar is nou nie meer ՚n afsonderlike Sub-Sahara-afdeling nie; Suid-Afrika is deel van die Afrika/Midde-Oostegroep. Van volgende jaar af gaan handelaars in die streek ook die geleentheid kry om John Deere se bosbou- en konstruksie-toerusting te verkoop.
Hy sê die belangrikste verandering is egter dat John Deere nou in die toekoms nog nader aan boere en sy handelaars gaan beweeg en vinniger besluite sal kan neem.
Die sukses van John Deere se strategie om alles in te sit om boere deur die moeilike tyd aan die boer te hou, is bewys deur die jaar (wat van 1 November tot 31 Oktober strek) se verkope.
John Deere se verkoopspan moes nuut dink om sonder boeredae en skoue by die boere uit te kom, maar hulle het geslaag. Op die verhoog, elkeen reg met sy reistas, is Paul van Rensburg, Johnny du Pont, Johan Swart en Dirk Stirling. Lucas Groenewald het die oorhandiging hanteer. (Ivor Haus kon nie die geleentheid bywoon nie.)
Lucas Groenewald, verkoopsbestuurder, het by die toekenningsgeleentheid bekend gemaak dat daar ՚n allemintige 94 stropers verkoop is, ver bo die teiken van 80. Daar is ook meer trekkers as verlede jaar verkoop, naamlik 1 713!
Die topverkoopsmanne van die jaar is Paul van Rensburg van AFGRI Suid, Johnny du Pont van AFGRI Noord, Johan Swart van Senwes, Dirk Stirling van JDI en Ivor Haus van Mascor.
Die tophandelaars is ook aangewys. Hulle word gemeet aan verkope, naver-kopediens en tegniese ondersteuning. Onder die groter handelaars wat elk ՚n aantal takke het, het AFGRI Wes-Kaap met die louere weggeloop, AFGRI Noord was tweede en Senwes derde.
By die kleiner handelaars het AFGRI Botswana stof in die oë geskop van die ander en nog ՚n oor-die-grens-tak, Swazi Trac, was tweede. Die beste toerusting en die wonderlikste verkoopspersoneel beteken niks as kopers nie die finansiële en sake-ondersteuning kry wat hulle nodig het nie. Vir die tweede agtereenvolgende jaar is Lizette Nichols aangewys as Sake-ontwikkelingsbestuurder van die Jaar (BDO). Sy het die verkoop van 191 John Deere-eenhede met ՚n totale waarde van R237-miljoen hanteer.
Herman Groewewald van John Deere Financial sê dit beteken sy het gesorg dat daar elke 12 werksure een John Deere-eenheid gefinansier is!
In die tweede plek is Riaan Smith aangewys en Jan Marais was derde. Jan het die transaksie van die enkele duurste eenheid hanteer, naamlik ՚n John Deere-suikerrietstroper ter waarde van R53-miljoen.
՚n Spannende oomblik voor die aankondiging van die Werkswinkel van die Jaar deur Lafras Cronjé. Artie Bester van AFGRI Bethlehem was derde, Deon Crouse van AFGRI Middelburg was tweede en Ampie Barnard is met die beker na Senwes Hoopstad toe.
In nog ՚n taai stryd is Jaco Wessels van AFGRI Marquard vir die derde keer aangewys as Onderdelespesialis van die Jaar. Johannes Haefélé van AFGRI Frankfort was tweede en Arlie Mouton van AFGRI Caledon was derde. Die onderdelespan moet net soos die tegnici deur ՚n uitdunningsproses gaan en geskrewe toetse aflê, met ՚n praktiese uitdaging teen die einde. Met al John Deere se derduisende onderdele van al sy trekkermodelle deur die jare, moet ՚n onderdelespesialis kophou, presies wees en ՚n goeie kennis hê van wat waar hoort.
Die ander naelbytstryd is tussen al die handelaars se werkswinkels. Daar kan nie ՚n ding uit sy plek wees vir ՚n werkswinkel om in die top-drie te land nie, en die wenwerkswinkel moet kan bewys dat hulle baie ekstra myle saam met hulle boere loop.
Jaco Wessels van AFGRI Marquard (middel) is vir die derde jaar as Onderdelespesialis van die Jaar aangewys. Arno Mouton van AFGRI Caledon (links) was in die derde plek en Hannes Haefélé van AFGRI Frankfort (regs) was tweede.
Senwes Hoopstad het dié prestasie behaal en Ampie Barnard het die toekenning ontvang. AFGRI Middelburg onder leiding van Dewald Crouse was tweede en Artie Bester, wat self ook al sy buiging in die Tegnikus van die Jaar-kompetisie gemaak het, het sy span van AFGRI Bethlehem na die derde plek gelei.
Om die voordele te geniet van die puik opgeleide wenspan kontak jou naaste John Deere-handelaar of besoek www.JohnDeere.com/sub-saharan.
|
https://www.proagri.co.za/john-deere-glo-aanhouer-wen/
|
2020-12-07 07:57:44
|
Saai verwelkom die oordrag van staatsplase aan familieboere
|
This post is also available in: English
Die besluit van minister Thoko Didiza om meer as 700 000 ha se plase wat sedert 1994 reeds in staatsbesit is aan begunstigdes van grondhervorming oor te dra, is een van die wysste besluite wat haar departement nóg geneem is. Die familieboerorganisasie Saai verwelkom dié besluit, wat talle van sy swart familieboerderylede raak. Die departement moes dié besluit egter reeds 20 jaar gelede geneem het.
In Mpumalanga, Oos-Kaap en Limpopo was heelwat van Saai-lede onder beleg van die departement se pogings om grond – waarop sommige van dié lede al ’n dekade of langer boer – aan derde partye te verhuur. In die Oos-Kaap het die afsetting van suksesvolle swart boere ten gunste van goed verbonde ANC-kaders hoofopskrifte gehaal. Saai het regshulp aan dié lede verleen om hulle teen korrupte amptenare te beskerm.
Soortgelyke afsettings het menige swart familieboer in Mpumalanga in die gesig gestaar. Saai was gereed om die belange van dié lede in die howe te gaan verdedig toe die minister haar aankondiging maak. Die erkenning dat die departement se inligting oor die plase en die bestuur daarvan uiters gebrekkig is, is die regte beginpunt om die chaos in haar departement reg te ruk. Korrupte amptenare het van sommige boere verwag om omkoopgeld te betaal om verblyfregsekerheid te kry.
Swart boere in Suid-Afrika se grootste uitdaging is om toegang tot finansiering te kry. Die staat het sedert 2007 reeds nie meer titelaktes aan begunstigdes in die herverdelingsprogram oorgedra nie. Pleks daarvan is aangekoopte plase as staatsgrond aan swart boere verhuur. Hierdie sagte vorm van nasionalisering het boere verhoed om dié plase as sekuriteit aan banke aan te bied en hulle kon dus nie toegang tot finansiering kry nie.
Landbank se kredietafgradering en swak posisie in die mark vererger die krisis aansienlik. Honderde ontwikkelingsprojekte wat van Landbank afhanklik was, staan gevaar om skipbreuk te ly weens befondsingsprobleme. Die departement het herhaaldelik bewys dat die staat ’n swak alternatiewe insetfinansierder is en het meer swart boere in ernstige finansiële moeilikheid gedompel as wat hulle gehelp het.
Deur nou titelaktes aan hierdie swart familieboere te gee, word groter verantwoordelikheid, toegang tot finansiering en ’n kans op welvaartskepping bewerkstellig. Dit maak hulle minder afhanklik van staatskenkings en minder kwesbaar vir die korrupsie onder amptenare.
Saai glo dat die departement se wye negatiewe mediadekking oor die afgelope paar maande ’n groot rol in die minister se besluit gespeel het. Die verdoemende hofuitspraak in die Rakgase-saak in Limpopo – waarin die departement gedwing is om sy ondernemings gestand te doen en waaruit die afknou van swart boere duidelik blyk – asook die geval van Vuyani Zigana – wat ná 12 jaar van ’n staatsplaas afgeskop, sy beeste geskut en die plaas as ’n vyfde plaas aan ’n welvarende ANC-kader gegee is – het internasionaal opslae gemaak.
Saai skakel weekliks met buitelandse verteenwoordigers en landbou-unies. Daar word deurlopend gevra hoe die ANC-regering ’n rampspoedige grondwetwysiging wil deurvoer om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak terwyl die staat oor miljoene hektare se onbenutte of onderbenutte grond beskik. Dit is skreiend hoe min die departement weet van plase onder sy beheer en wat daarop aangaan. Dit plaas ernstige vraagtekens oor ander data en inligting wat die departement bestuur, maar veral oor die grondoudit wat hulle laat doen het. Die minister se openhartige erkenning hiervan is egter al ’n groot stap in die regte rigting.
Dreigemente van ’n radikale herverdeling van water berus op dieselfde – of selfs swakker – data en is, soos die grondkwessie, eerder ’n politieke speelbal as ’n ekonomieswetenskaplike oplossing.
Hoewel minister Didiza die land in haar vertroue geneem het met die erkenning van gebrekkige vermoë en bestuur in haar departement, moet sy ook eerlik wees oor die departement se vermoë om aan haar voorneme gestand te doen om die betrokke staatsplase aan swart boere oor te dra. Die grootste risiko vir begunstigdes is dat haar amptenare haar in die steek laat en dat oordragte nie gebeur nie. Saai en ’n aantal van ons netwerkvennote bied aan om haar daarmee van hulp te wees.
Bron: Saai
|
https://www.proagri.co.za/saai-verwelkom-die-oordrag-van-staatsplase-aan-familieboere/
|
2020-12-10 12:50:25
|
Trekker en stroperverkope styg in 2020
|
This post is also available in: English
Trekkerverkope van 593 eenhede in November is aansienlik (39%) meer as die 427 eenhede wat verlede November verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 8% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
In November is vier stropers verkoop, een meer as die drie eenhede wat verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 26% meer as vir die ooreenstemmende vorige tydperk.
Dié volgehoue tendens in hoër verkope weerspieël die positiewe sentiment in die mark. Dit is ook duidelik volgens die Agribusiness Confidence Index (landbouvertroue-indeks), wat op sy hoogste vlak is in meer as ses jaar. Goeie oeste is ingebring in die meeste van die somer- en wintergewasgebiede.
Die weervooruitsigte vir die komende somerreënvalgebiede lyk ook bemoedigend. Algehele ramings vir die 2020-kalenderjaar lyk beslis nou beter, met verkope wat waarskynlik byna 10% meer kan wees as in 2019.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
|
https://www.proagri.co.za/trekker-en-stroperverkope-styg-in-2020/
|
2020-12-10 07:17:58
|
Thaba Boog en Hengel: Besigheidsure vir Feestyd
|
Thaba Boog en Hengel in Vanderbijlstraat 31, bied ‘n wye reeks gespesialiseerde produkte aan teen mededingende pryse.
Dié indrukwekkende besigheid se mark is nie net gemik op die plaaslike vissermanne, jagters en buitelewe-entoesiaste nie, maar ook dié van die stad wat die omgewing besoek en van hul een-stop-diens gebruik wil maak.
Boog-, kruisboogjag en hengel vorm die basis van die produktereeks maar die aanvullende produklyne maak ‘n groot gedeelte van die produkte uit.
As deel van die hengelgerei word stokke, katrolle, nette, lyn, en so meer aangebied vir swartbaars-, kurper-, karp en spesiehengel.
Herstelwerk aan boë, soos die vervanging van snare word ook deur Chris behartig, kontak hom gerus vir ‘n kwotasie. Kontak hulle gerus by 014 777 2084 of 014 772 1905 (Tel en Faks) of 071 696 1366.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/14/thaba-boog-en-hengel-besigheidsure-vir-feestyd/
|
2020-12-14 07:57:09
|
Politieke Party-ondersteuner ontwrig Wyk 2 komiteestigtingsvergadering
|
Die wykskomiteestigtingsvergadering vir Wyk 2 van die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit wat Dinsdag 8 Desember 2020 in die Kumba Bioskoopsaal op Thabazimbi gehou is, is deur ‘n persoon, wat as ANC-lid geïdentifiseer is, en ‘n handjievol van sy aanhangers vanuit Rooiberg ontwrig.
Die vergadering het op daardie stadium reeds laat begin nadat geleentheid aan inwoners van Rooiberg gebied is om ook die vergadering by te woon nadat die bus waarin hulle gereis het ‘n uur lank vertraag is.
Volgens ‘n verklaring deur die Kantoor van die Speaker van die Thabazimbi Munisipale Raad, het die ANC lid en sy ondersteuners luidkeels protes aangeteken teen die manier hoe die vergadering gehou word.
Die lid is na ‘n onderonsie deur ander Rooiberg-inwoners uit die saal verwyder, maar hy het daarna weer teruggekeer om verder amok te maak.
Die vergadering is verdaag aangesien die ontwrigting van so ‘n aard was dat die verkiesing nie verder kon plaasvind nie. Baie inwoners was ontsteld oor die manier van optrede deur die ANC-lede aangesien wykskomitees veronderstel is om apolities te wees.
Die Kantoor van die Speaker sê verder in die verklaring dat daar op hierdie stadium nie ‘n oplossing vir die huidige situasie is nie, aangesien ‘n volgende stigtingsvergadering op dieselfde manier ontwrig kan word.
“Indien die leierskap van politieke partye nie met ‘n werkbare voorstel van samewerking vorendag kom nie, en/of wanordelike lede dissiplineer nie, gaan hierdie optrede in toekomstige vergaderings herhaal word.”
Die plaaslike verkiesing vind volgende jaar plaas, waartydens alle bestaande wykskomitees outomaties ontbind word, wat die vraag laat ontstaan of dit die moeite werd is om voort te gaan met die verkiesing van ‘n wykskomitee vir Wyk 2.
Die wyksraadslid van Wyk 2, Raadslid Tokkie Swanepoel van die Demokratiese Alliansie, is einde verlede jaar tydens ‘n tussenverkiesing as Raadslid vir die wyk verkies. Die wykskomitee sou vroeër hierdie jaar verkies word, maar weens die Covid-19 pandemie-inperking en ander munisipale verpligtings, onder andere die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan, kon die verkiesing van die wykskomitee nie vroeër gehou word nie.
Die Kantoor van die Speaker, raadslid Swanepoel en die munisipaliteit het laat blyk dat hulle dankbaar is vir die inwoners van Thabazimbi en Rooiberg wat vir die regte redes die vergadering bygewoon het.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/18/politieke-party-ondersteuner-ontwrig-wyk-2-komiteestigtingsvergadering/
|
2020-12-18 04:40:05
|
Herinperking: ’n Verdere aanslag op die land se Ekonomie
|
Die Nasionale Coronavirus Bevelsraad het Dinsdag, 1 Desember 2020, voorgestel dat ‘n aandklokreël van 22:00 ingestel moet word vir areas wat geïdentifiseer word as brandpunte vir hoë Covid-19 aanmeldings en dat die verkoop van alkohol in hierdie gebiede beperk moet word van Maandag tot Donderdag en kroeë in hierdie geïdentifiseerde gebiede teen 21:00 moet sluit.
Vanaand, Donderdagaand 3 Desember 2020, gaan president Cyril Ramaphosa volgens bespiegelings weereens ‘n vaderlike gesinsvergadering met al die mense van Suid-Afrika hou. Daar word verwag dat hy meer duidelikheid oor die nuwe inperking maatreëls gaan lewer om alles mooi vir ons te verduidelik.
Die rede wat deur die Nasionale Coronavirus Bevelsraad aangevoer word is die skielike (verwagte) herinfeksie van Covid-19 in veral die Oos- en Wes-Kaap waar die hospitale onder druk is met geen beskikbare beddens om in hierdie toename te voorsien nie.
Die groot rede wat destyds aangevoer is vir die erge inperking beperkinge was die feit dat alkohol misbruik, en die verwante beserings wat daardeur veroorsaak word, die beperkte aantal beddens opneem wat juis voorsiening moet maak vir die verwagte toename in Covid-19 gevalle wat volgens wêreldwye statistieke aangetoon word.
Miljarde rande is daarna vermors op sogenaamde veldhospitale op te rig om meer beddens vir hierdie toename in infeksies te voorsien en kontrakte vir beskermende gesondheidsorg artikels soos gesigmaskers, handskoene, ontsmettingsmiddels, ens is links en regs onder kaders en vriende uitgedeel sonder dat daar iets voor gewys kan word.
Die vraag kan wel gevra word, “Waarvoor was al die opoffering met die langdurige drakoniese inperking maatreëls wat die land se ekonomie ontelbare miljarde rande aan inkomste verliese gekos het met geen ligpunt dat daar ’n einde aan hierdie sinnelose vernietiging gaan kom nie. Waar is al die sogenaamde hospitale en beddens om vir die vlaag van ongevalle voorsiening te maak – ongevalle wat verbasend laag was teenoor die voorspellings wat destyds deur die media uitgebasuin is.
Die Demokratiese Alliansie (DA) se skaduminister vir handel en nywerheid, Dean MacPherson, sê dat die DA kennis geneem het van die Nasionale Coronavirus Bevelsraad se aanbeveling dat alkohol verkope beperk moet word tot slegs Maandag tot Donderdag en dat die kroeë en restaurante reeds 21:00 saans nie meer alkohol of kos mag bedien nie weens die nuwe aandklokreël vir areas wat as brandpunte vir die heruitbraak van Covid-19 infeksies geïdentifiseer word.
Die DA sê dat hierdie besluite ’n vernietigende invloed gaan hê op duisende restaurante regoor Suid-Afrika wat besig is om hulle voete te vind na die vernietigende inperkingsmaatreëls waaronder hulle sedert die instelling van die langdurige inperking, wat die Suid-Afrikaanse regering reeds in Maart afgekondig het en wat steeds van toepassing is.
Hierdie instansies kan nie net eenvoudig aan en afgeskakel word as ’n vlaag van Covid-19 besmettings sekere gebiede tref nie.
Wat wel moet gebeur is dat die bestaande reëls en wetgewing aangaande die regulering van alkohol verwante gedrag toegepas moet word teen restaurante en drinkplekke wat faal om dit te doen.
Suid-Afrikaners staan op die punt om met vakansie te gaan en die gasvryheidindustrie benodig juis hierdie kapitale inspuiting om die plaaslike ekonomieë te stimuleer. Indien vakansiegangers en die plaaslike publiek weereens gedwing word om die kuierplekke 9 uur saans te verlaat en seker te maak dat hulle teen 10 uur die aand veilig in die bed is, gaan hulle beslis heroorweeg oor hoe hulle hul hardverdiende geld gaan spandeer.
Die DA besef dat die land se gesondheidversorging-stelsel weereens onder groot druk verkeer. Hierdie situasie kan in geheel voor die deur van die Nasionale Regering gelê word wat sedert die instelling van inperking op 26 Maart 2020 daarin gefaal het om sinvolle mediese fasiliteite vir die verwagte omvang van die pandemie daar te stel.
Macpherson sluit af deur te sê dat dit weereens die alkohol en restaurant bedryf is wat moet betaal om die regering se mislukkings toe te smeer.
Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël (sedert 1983)
Read the DA Media release here
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/03/herinperking-n-verdere-aanslag-op-die-land-se-ekonomie/
|
2020-12-03 19:29:22
|
Dié Standers presteer eenstryk deur
|
As dit by drama en skryf kom keer niks die Stander gesin van Suzan en Lukas van Thabazimbi om te presteer nie.
Tydens die aankondiging van die ATKV Thabazimbi se skryfkunskompetisie-wenners, Saterdag 5 Desember, is Suzan Stander en haar twee dogters as Poësie-wenners in hul onderskeie kategorieë aangewys.
Suzan was die poësie-wenner in die volwasse kategorie en verdien boonop nog goud vir haar kortverhaal. Taryn, Gr 5, het drie poësie-stukke in die kategorie Gr 4-5 ingeskryf waar sy uiteindelik as Poësie-wenner aangewys is en nog een van haar gedigte ’n derdeplek verwerf. Met haar prosa inskrywing word sy as naaswenner aangewys. Milan, die jongste in Gr 3, word as die wenner vir poësie Gr 3 asook as die algehele poësie-wenner vir Gr 1-3.
Suzan Stander met haar twee dogters, Taryn agter en Milan voor. Die drie is tydens die ATKV-Thabazimbi se onlangse Skryfkunskompetisie as Poësie-wenners in hul onderskeie kategorieë aangewys. Eksterne beoordelaars word deur die ATKV Hoofkantoor vir sulke kompetisies aangewys. Op die hooffoto heel bo is die Kortverhaalwenners met Suzan vierde van links. Meer oor die Skryfkunskompetisie-presteerders binnekort.
Taryn en Milan is ook aktief by die KunsteGrot op Thabazimbi se RiVo Drama betrokke en het regdeur die inperking aan virtuele kuns- en dramakompetisies deelgeneem. Milan het dan ook die wisseltrofee vir die beste Drama junior student verower.
Suzan vertel dat sy en haar twee dogters al drie vroumense is wat gelyk in een kombuis of in een tuin wil wees. As dit dalk gebeur dat hulle te veel vir die beskikbare spasie is, sal een sê sy gaan lees en die ander een sal opmerk, “Wel, ek sal seker maar na die koekies in die oond moet kyk.”
Dan gaan krap elkeen vir ’n pen en stuk papier – daai is ’n gedig wat moet uit, en elkeen soek sy eie hoekie op om te skryf. Die volgende dag gaan koop hulle maar koekies en lees hulle hul gedigte vir mekaar terwyl hulle winkel-koekies kou.
Pa Lukas is die geduldige gehoor wat na al die voordragte die volgende dag moet luister. Dan gaan hulle in kostuum en pa is die kameraman wat ook na elke voordrag ordentlike applous moet gee anders sit hy met Taryn, wat verlede jaar die drama intermediêre afdeling gewen het en Milan, wat op skool as redenaar van die jaar aangewys is, wat hom gou sal aanvat.
“Ons is ’n hele drama-sirkus,” het Lukas ook nog opgemerk. “Met julle sal ek gaan toer en hope geld maak.”
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/11/die-standers-presteer-eenstryk-deur/
|
2020-12-11 03:46:14
|
Nuus dat eksamens nie oorgeskryf word nie verwelkom
|
Die VF Plus sê hy is verheug dat die hof beslis het dat die Wiskunde- en Fisiese Wetenskappe-matriekvraestelle nie oorgeskryf hoef te word nie.
Dit volg op ‘n hofaansoek wat AfriForum namens individuele matrikulante gebring het en deur verskeie instansies gesteun is.
Die Hooggeregshof Hof in Pretoria het gistermiddag, Vrydag 11 Desember, die saak tersyde gestel nadat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga verlede week beslis het dat beide die wiskunde en fisiese wetenskap se tweede vraestelle oorgeskryf moet word nadat die vraestelle enkele ure voor die eksamens uitgelek het.
In sy uitspraak het regter Norman Davis gesê dat hy die minister van basiese onderwys se besluit hersien en ter syde gestel het. Alle matrikulante wat nié by onreëlmatighede betrokke was nie, se vraestelle moet volgens die hofbevel gemerk word.
Dit kom dus op die beginsel neer dat mense slegs aan die pen kan ry as hul skuld bewys is. Daar is ook ‘n kostebevel teen die minister uitgereik.
Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor onderwys, dr Wynand Boshoff, sê in ‘n mediaverklaring dat die VF Plus tevore reeds standpunt ingeneem het dat onskuldiges altyd met misdaad die duurste betaal. In daardie stadium het die VF Plus vermoed dat Umalusi se aandrang dat die vraestelle oorgeskryf moet word om die integriteit van die eksamen te beskerm, voorrang sou geniet.
Die uitspraak los egter nie die probleem van die afgelope eksamen se integriteit op nie. Tesame met die ontwrigting van die grendelstaat vanjaar, was 2020 beslis nie dié Jaar van die Matrikulant nie.
Die VF Plus herhaal sy aandrang op twee punte: Sekuriteit in die departement sal verder opgeskerp moet word; en skole moet die keuse gegun word om matrikulante deur die departement te laat eksamineer, of deur een van die onafhanklike eksamenrade.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/12/nuus-dat-eksamens-nie-oorgeskryf-word-nie-verwelkom/
|
2020-12-12 04:14:16
|
VF Plus: Heffing op huishoudings om SAUK te befonds onaanvaarbaar
|
In reaksie op ‘n voorstel wat onlangs op die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gemaak is dat elke huishouding in die land ‘n heffing moet betaal om die SAUK te befonds, het die leier van die VF Plus, dr Pieter Groenewald gesê dat dit oneties en onaanvaarbaar is.
Luidens ‘n berig in die Sunday Times is op die NUK vergadering gesê dit word as ‘n gegewe aanvaar dat elke huishouding ‘n TV het en ‘n heffing moet betaal word, ongeag wat mense op hul TV kyk.
Groenewald sê dat deur regstellende aksie word onbevoegde kader-aanstellings gedoen en die uitsaaier se topbestuur word buitensporige salarisse betaal terwyl die uitsaaier dit nie kan bekostig nie.
In 2015/16 reeds het die toenmalige hoof-operasionele bestuurder van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, ‘n salaris van R4,197 miljoen ontvang terwyl die SAUK daardie jaar ‘n verlies van R411 miljoen getoon het.
Die topbestuur van die SAUK, bestaande uit agt mense, se salarisse beloop tans R31,278 miljoen, ‘n gemiddeld van R3,9 miljoen per jaar.
Hierdie vermorsing en onbevoegdheid het die SAUK laat bankrot speel en nou wil die ANC-regering hê die publiek moet daarvoor betaal.
Die VF Plus wil dit duidelik stel dat hy dit ten sterkste sal teenstaan. Belastingbetalers is reeds oorbelas en kan nie verder belas word vir die vergrype van die ANC-regering nie.
Hierdie is ook ‘n gevaarlike beginsel, want die regering kan op dieselfde grondslag besluit om die een of ander vorm van huishoudelike belasting te hef om ander staatsinstellings soos Eskom te finansier.
“Daar kan nie van die Suid-Afrikaanse publiek verwag word om hierdie bykomende juk te dra om die ANC se onbevoegdheid, wanbestuur en korrupsie te finansier nie”, het Groenewald afgesluit.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/16/vf-plus-heffing-op-huishoudings-om-sauk-te-befonds-onaanvaarbaar/
|
2020-12-16 09:28:09
|
Skouspel in die hemelruim sigbaar vanaf die hele aarde
|
Sterrekykers kan hulself voorberei vir ‘n gebeurtenis wat laas gedurende 1623 afgespeel het toe ons sonnestelsel se twee reuse gasplanete, Jupiter en Saturnus, langs mekaar met slegs 0,06º uit mekaar vanaf die aarde, ook in Suid-Afrika sigbaar sal wees.
Jan van Riebeeck sou dit as kind misgeloop het want dit was 13º oos van die son en niemand sou dit kon sien nie.
Volgens BBC se tydskrif, Sky at Night, het die twee reuse die afgelope paar maande al hoe nader aan mekaar begin beweeg en sal op 21 Desember, vanaf die aarde gesien, minder as een graad vanaf mekaar wees. Hierdie gebeurtenis sal van orals op aarde sigbaar wees. Die enigste vereistes is mooi weer en ‘n onbelemmerde uitsig sonder geboue, bome of berge na die weste net na sononder.
In werklikheid sal Saturnus twee maal so ver as Jupiter vanaf die aarde wees. Vanaf aarde sal hierdie verskil nie waarneembaar wees nie en sal dit lyk of die twee reg langs mekaar is.
Alhoewel dié twee planete elke 20 jaar lyk asof hulle nader aan mekaar beweeg, was dit laas op 4 Maart 1226, toe Afrika nog baie donker en yl bevolk was, wat dit so sigbaar was as wat dit vanjaar sal wees.
Volgens die skrywer van die artikel sal beide die planete in dieselfde gesigsveld van ‘n verkyker wees, en met behulp van ‘n klein teleskoop (50x) sal dit moontlik wees om Saturnus se ringe, sy groot maan Titan en Jupiter se mane Ganymede, Io, Callisto en Europa in dieselfde veld te kan waarneem.
Die volgende keer dat hierdie groot skouspel weer sigbaar sal wees is op 15 Maart 2080.
Read More – Sien Meer
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/13/skouspel-in-die-hemelruim-sigbaar-vanaf-die-hele-aarde/
|
2020-12-13 04:45:40
|
Reën demp nie HFM Gholfdag nie
|
Hoërskool Frikkie Meyer op Thabazimbi het Saterdag 21 November hul jaarlikse 4-Bal Gholfdag by die Thabazimbi Gholfklub aangebied. Die Gholfdag bied ’n groot bydrae tot die skool se skoolfonds.
Wat begin het as ’n nat reënerige dag het gou omgeswaai na ’n lieflike bewolkte dag wat die temperature op die gholfbaan in toom gehou het. Twintig spanne het vir die 4-Bal ingeskryf en kompetisie was redelik taai. Die nat weer het die spanne nie afgesit om af te slaan nie en spel het goed verloop.
In hierdie Covid-19 jaar word elke bydrae kosbaar gereken en die skool bedank dan ook elke borg wat ’n bydrae gelewer het.
Pick n Pay Thabazimbi het die middagete geborg en hulle word spesiaal bedank vir die heerlike kos wat voorgesit is. Die personeel van HFM word ook hartlik bedank vir hulle aandeel tot die dag se sukses.
>Die wenners vanjaar van die HFM – Gholf Trofee was die span van Victor Potgieter. Hulle is op die foto van links: Victor Potgieter, Colin Campbell, hoof van HFM, Zack Symons, Victor Potgieter jnr en Cilliers Muller.
HFM se gholfspan wat bestaan het uit Pierre van Jaarsveld, Colin Campbell, Janco Meintjies en Henco Smit.
Die Junior gholfspan van HFM wat deelgeneem het was Scott Denton, Wandré van der Merwe, Will Taylor en Hendrik.
Foto’s onder: Aksie op die gholfbaan – HFM se span besoek die watergat wat deur HFM personeel en die personeel van Body 20 beman is.
Foto’s onder: Gholfspanne wat pryse losgeslaan het tydens die HFM Jaarlikse Gholfdag saam met die hoof van HFM, Colin Campbell.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/01/reen-demp-nie-hfm-gholfdag-nie/
|
2020-12-01 00:28:08
|
Khaya Kwa: Vervroegde Kersete vir meer Feestyd met familie en vriende
|
Khaya Kwa bied vanjaar weer hul vroeë Kersete op Woensdag 23 Desember aan om vir almal meer tyd te bied om die Feestyd saam met familie en vriende deur te bring.
Die ete word vanaf 11 uur die oggend tot 5 uur die middag aangebied. Bespreking is verkieslik en kan gedoen word by Sandra (078 794 5896).
Sien die spyskaart en koste op die meegaande advertensie.
Khaya Kwa sal sal gesluit wees gedurende die Kersnaweek vanaf Oukersdag 24 Desember en maak weer oop op Maandag 28 Desember.
Ongelukkig moes alle planne vir die Oujaarsdagviering afgestel word weens die nuwe inperkingregulasies en sal hierdie regulasies steeds vir die hele Feestyd van toepassing wees.
Die restaurant sal ook op Nuwejaarsdag 1 Januarie 2021 gesluit wees maar vanaf 2 Januarie oop wees vir sake soos gewoonlik.
Nagmark by Khaya Kwa
’n Nagmark is Vrydag 18 Desember by Khaya Kwa aangebied ten bate van fondsinsameling vir die Skuiling vir hawelose mense asook Thabazimbi Animal Rescue (TAR) vir hawelose diere.
Hou gerus Kwêvoël se Nuusbrief dop vir meer inligting aangaande hierdie nuwe skuiling wat ontwikkel word.
Khaya Kwa het hulle perseel tot beskikking gestel met verskeie entrepreneurs wat ondermeer hulle hand- en tuis-vervaardigde items te koop aangebied het.
Dit het ingesluit vanaf handvervaardigde leeritems, ’n verskeidenheid van handgeverfde houtwerk-items asook allerlei gebak, van beskuit tot ander klein gebakte lekkernye.
TAR se stalletjie het verskeie artikels direk uit hulle tweedehandse winkel ingesluit. Hieronder was daar verskeie poppe wat reeds meer as twee geslagte ver kom, allerhande negosie-artikels asook tweedehandse klere, alles items wat deur die lede van die gemeenskap aan hulle geskenk is.
Besoek gerus hulle tweedehandse winkeltjie in die agterste parkering by Thaba SuperSpar. Let net op hul ure van handeldryf.
Christelle saam met Annemarie wat TAR se stalletjies beman het. Annemarie is ook die een wat TAR se tweedehandse goedere stalletjie in die parkeerterrein by Thaba SuperSpar bedryf. Gaan loer gerus daar in en help TAR om hulle te help om die diere wat hulle red te versorg.
Elise en Johan Coetzer by hulle stalletjie met verskeie gebakte- asook ingelegde produkte. Johan is die voorslag beskuitbakker wat nie skroom om ’n paar baksels per dag deur die oond te werk nie. Elise sorg vir die ander lekkernye en versprei ook hul produkte by verskeie besighede in die dorp. Pryse wissel van R30 vir klein tertjies en koekies asook boerseep, tot R40 tot R50 vir die onderskeie tipe beskuit wat almal in 500gm pakkies verpak is. Vir bestellings kan sy geskakel word by 082 445 0282.
Hierdie was die ideale geleentheid om vir oulaas ’n geskenkie van spesiale betekenis vir iemand te koop, iets waardeur jy beslis onthou sal word.
Martie Scruton by haar stalletjie van geverfde houtwerkartikels, die ideal Kersgeskenkie om herinneringe te skep. Kontak haar by 073 474 3735 indien jy haar stalletjie dalk misgeloop het en meer inligting soek.
‘n Hout Kersboompie en ander houtvoorwerpe asook ‘n paar geestelike boekies was ook by Martie se stalletjie beskikbaar.
Van die antieke poppe wat by TAR se stalletjie beskikbaar was.
Beverly Spira, die dryfveer agter die Skuiling vir hawelose mense, het saam met Pieter die stalletjie beman waar hulle allerlei nuttige en praktiese geskenke te koop aangebied het. Dit het ook ’n verskeidenheid van duursame penne ingesluit. Vir navrae skakel Beverly by 078 403 1814.
Katryn Leigh met verskeie handvervaardigde leeritems wat insluit sleutelhouers, leergordels tot eksklusiewe hand- en reissakke. Die inperking het vir Katryn genoop om die leerwerktoerusting nader te sleep en haar ten volle in die maak van leerartikels in te gooi. Skakel haar gerus by 073 714 7033 vir meer inligting.
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/20/khaya-kwa-vervroegde-kersete-vir-meer-feestyd-met-familie-en-vriende/
|
2020-12-20 10:03:15
|
Medhof Apteek bied jou meer hierdie Kersfees
|
Dit is verstommend om te sien hoe die TOP apteke voortdurend moet aanpas en uitbrei om te voldoen aan die uitdaging wat daar gestel word.
Medhof Apteek slaag meesterlik daarin, en is vergelykbaar met die grotes daar buite. Lede van byna alle mediesefondse denkbaar is welkom met geen bybetalings waar van toepassing.
Die omvattende dienslewering is ook merkbaar.
Mediesefondse versoek hulle lede om vir gratis siftingstoetse by die interne kliniek aldaar te ondergaan, waar ’n wye reeks ander mediese dienste en ondersoeke ook gedoen word.
Klankgrens Gehoor Kliniek is ook deel van Medhof Apteek. Opvallende is die gespesialiseerde baba-afdeling asook die diere- en gesondheids-produkte op die rakke.
Medhof spog selfs met ’n alomvattende skryfbehoefte afdeling wat in al jou skool- en kantoor-behoeftes sal voldoen.
Die nuwe kosmetiese afdeling is ook ‘n lus vir die oog, om nie eens te praat van die heerlike parfuum nie.
Wel gedaan Medhof!
Wees verseker dat Medhof Apteek regdeur die Feestyd steeds daar sal wees om vir jou en jou gesin te sorg.
Ons is Kersdag 25 Desember gesluit. Ure Saterdag 26 en Sondag 27 Desember:
8:00 vm – 1:00 nm & 4:00 nm – 6:00 nm
You can rely on Medhof Pharmacy to care for you and your family throughout the Festive Season.
We are closed on Christmas Day 25 December. Hours Saturday 26 and Sunday 27 December:
8:00 am – 1:00 pm & 4:00 pm – 6:00 pm
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/17/medhof-apteek-bied-jou-meer-hierdie-kersfees/
|
2020-12-17 16:00:13
|
Byna ’n Jaar van inperking: Wat kan Ramaphosa hiervoor wys?
|
Ramaphosa se aankondiging tydens sy gesprek met die nasie van gisteraand, Maandag 14 Desember het een saak sterk na vore laat tree naamlik dat Suid-Afrika se uitbreiding van gesondheidsdienste steeds nie sterk genoeg en ontwikkeld is om die Covid-19 pandemie die hoof te bied, nieteenstaande die beloftes en redes wat aangevoer is vir die strengste inperking-regulasies in die wêreld nege maande gelede.
“Boonop het Suid-Afrika nie nodig om sy eie span op te bou om ’n entstof teen Covid-19 te ontwikkel nie, ons het ’n president nodig om ’n datum aan te kondig wanneer die middels wat wyd beskikbaar is ingevoer sal word om die bevolking te beskerm.”
Dit was die reaksie van die leier van die Demokratiese Alliansie (DA), John Steenhuisen, na gisteraand se aankondiging dat baie van die land se strande en openbare parke vir gedeeltes of in die geheel van die Feestyd gesluit sa wees.
“Hierdie aankondiging druis loodreg in teen die aanbevelings wat deur mediese kenners soos dr. Angelique Coetzee en professor Salim Abdool Karim gemaak is en boonop onmoontlik gaan wees om toe te pas.”
“Hierdie beperkings”, sê Steenhuisen, is irrasioneel en gaan vernietigend vir die gasvryheid- en toerisme industrieë wees. Uiteindelik gaan dit die nekslag vir die kus-ekonomieë beteken en nog meer leed vir die kusgemeenskappe beteken.
Hy sê verder dat almal saamstem dat elke individu persoonlik verantwoordelik is om te verseker dat die virus nie verder versprei nie.
Die strenger aandklokreëls gaan kontantvloei probleme by talle besighede regoor die land veroorsaak en mens moet jouself vra wat Suid-Afrika gedurende die bykans ’n jaar van inperking bereik het.
Gedurende Mei het president Ramaphosa gesê: “We have used the time during lockdown to build up an extensive public health response and prepare our health system for the anticipated surge in infections.”
Na bykans ’n jaar van inperking is ons ekonomie afgetakel, sowat die helfte van kleinsake-ondernemings moes hul deure sluit en is armoede op miljoene mense afgedwing. Suid-Afrika verkeer ook in geen beter posisie om die aanslag van Covid-19 af te weer nie.
Steenhuisen sê dat Suid-Afrika se gesondheidstelsel het onder die addisionele gewig van die pandemie, wat deur die ANC se aanhoudende diefstal oor dekades heen veroorsaak is, in duie gestort.
Hierdie diefstal het verhoed dat hospitale gebou word en verpleegpersoneel opgelei word om ’n pandemie soos hierdie die hoof te bied.
“Gedurende Maart vanjaar het Suid-Afrikaners ’n ooreenkoms met Ramaphosa aangegaan om die pandemie saam met die regering te beveg. Ongelukkig het die president nagelaat om sy deel van die ooreenkom na te kom.”
“Ons het die regering ’n kans gebied maar die vertroue is geskend. Dit gaan moeilik wees om die virus vas te vat hiersonder,” het Steenhuisen afgesluit.
Read More – Lees ook
|
https://www.kwevoel.co.za/2020/12/15/byna-n-jaar-van-inperking-wat-kan-ramaphosa-hiervoor-wys/
|
2020-12-15 08:15:19
|
Groot planne wink vir dieretuin
|
Windhoek • [email protected] Hoewel die eienaar van die Haven Zoological Park in Kleine Kuppe tans finansieël swaar trek, het hybaie planne om te verseker die park bly oop.Volgens Martin Wiese het hy die park in 2008 geopen om ’n plek vir kinders te skep om verskillendesoorte diere te sien. “Daar is kinders wat hier was, ses of sewe jaar oud, wat nog nooit ’n hoendergesien het nie,” vertel hy. Hy voeg by dat almal nie in ’n posisie is om ’n plaas te besit en plaasdierevir hulle kinders te kan wys nie. “Hier was ook al volwassenes wat ’n eland vir ’n gemsbok aangesienhet en met my daaroor gestry het,” lag hy.Boonop is dit vir hom belangrik om vir jonk en oud ’n plek te skep om te kan ontspan. “Kinders kandie diere kos gee terwyl hulle ouers ’n koffie geniet,” sê hy.Maar ná groot verliese vroeër vanjaar weens Covid, staar hy nou skuld in die gesig.In ’n poging om hierdie skuld te delg, is Martin nou besig om geld in te samel om die munisipalerekening te betaal en dus is enige donasies in hierdie verband waardeer. “Ek het nog soveel plannevir hierdie park. Ek wil ’n verskeidenheid diere aanskaf; diere wat nie aldag gesien word nie. Diealpakkas hier is reeds ’n treffer.”Hy beoog ook om Russiese swane en kamele aan te skaf. Indien moontlik, wil hy ook ’n swembadinbou, om veral tieners na die park te lok. “Dit moet ’n lekker uitstappie vir die hele familie wees.”As jy die vakansie met Jan tuisbly se karretjie ry, gaan maak gerus ’n draai by die dieretuin in KleineKuppe vir ’n paar uur se ontspanning. “Ek wil geen donasies in my rekening ontvang nie. Diegene wiewil help, kan ’n betaling direk in die park se munisipale rekening maak.”Vir meer inligting, kontak Martin by 081 227 2378.
|
https://www.we.com.na/news/groot-planne-wink-vir-dieretuin-2020-12-03/
|
2020-12-03 00:00:00
|
Nuwe enkelsnit vir SA duo
|
Nuwe enkelsnit vir SA duo
SA-sanger Janie Bay en Danie (du Toit) Reënwolf span hul unieke kragte saam vir die nuwe enkelsnit, “Ek glo in jou”, wat pas vrygestel is.
Beide sangers het ’n besonderse gawe om die luisteraar te kan boei met hul gevoelvolle lirieke en stemme en dié enkelsnit is die perfekte duet vir hierdie twee opwindende jong kunstenaars.
Bay wou nog altyd graag saam met Danie Reënwolf werk en het die idee van die lied met hom bespreek. “Ons het aan die begin van die jaar gesels oor die moontlikheid om iets saam te doen, maar met ons besige skedules en met ‘lockdown’ was ons nie seker of dit hierdie jaar sou kon gebeur nie. Ek het dadelik geweet toe die idee van ‘Ek glo nog in jou’ begin vorm het, dat dit die regte een is om saam met Danie aan te pak,” sê Bay.
Daarna het die twee hier en daar tyd gemaak om die liedjie te skryf. “Ek het een dag oppad Paarl toe die koor sommer spontaan in die kar aanmekaar gesit. Soos ek en Danie aanhou skryf het, het dit alles saamgekom as ’n baie poëtiese, maar ook egte liefdeslied. Danie is op die oomblik “the it guy” in die Afrikaanse musiekwêreld. Dit was vir my ’n groot eer om hierdie liedjie saam met hom te kon skryf en opneem.”
Danie Reënwolf voel dieselfde. “Dis vir my net so ’n voorreg om saam met Janie te kon werk. Dit was ’n lekker ‘song’ om te kon skryf. Janie het ’n ongelooflike talent om van ’n eenvoudige lied, iets baie besonders te maak. Dit was baie pret en ek dink ons het nogal iets spesiaal hiermee gedoen.”
Danie du Toit, alias Reënwolf, is ’n sanger en liedjieskrywer en deel van die groep Spoegwolf, terwyl Janie Bay se musiek sedert 2019 reeds meer as twee en ’n half miljoen keer op digitale platforms gestroom is. Sy het in Oktober 2016 by Warner Music South Africa aangesluit en ’n jaar later haar SAMA-benoemde album, Miscellany, uitgereik.
Sien die liedjie hier: https://bit.ly/37iTugu
|
https://www.we.com.na/news/nuwe-enkelsnit-vir-sa-duo2020-12-01/
|
2020-12-01 00:00:00
|
Natuurbewaring vs klimaatsverandering
|
Natuurbewaring vs klimaatsverandering
Buigsaamheid nodig
Byskrif: Die Kaapse Blommeryk bevind haar alreeds aan die mees suidelike punt van Afrika. Indien plante wat naby seevlak groei dus wil ontsnap van stygende temperature, is die enigste alternatief deur stadig maar seker te migreer na gebiede wat hoër bo seespieël lê. Dít is die standpunt van ’n nuwe, kontroversiële artikel oor die impak van klimaatsverandering op biodiversiteit. Foto verskaf
In ’n nuwe navorsingsartikel klap ekoloë en klimaatsveranderingspesialiste hard na huidige natuurbewaringspraktyke wat volgens hulle nie buigsaam en dinamies genoeg is om die impakte van klimaatsverandering te weerstaan nie.
In die praktyk sal ’n meer buigsame benadering die negatiewe impak van klimaatsverandering kan verminder deur byvoorbeeld toe te laat dat spesies natuurlik migreer, of selfs geskuif word na meer geskikte habitatte. ’n Ander benadering sou wees om spesies te identifiseer wat as gevolg van klimaatsverandering ’n groter risiko vir uitsterwing in die gesig staar, en hulle genetiese materiaal dan proaktief te bewaar met die hoop dat hulle weer eendag onder gunstiger toestande hervestig kan word.
Die navorsingsartiekel getiteld: “Post-2020 biodiversity targets need to embrace climate change” is hierdie week in die hoë-impak vaktydskrif PNAS gepubliseer. Die artikel verwys na gedokumenteerde navorsing wat daarop dui dat spesies se hougebiede alreeds poolwaarts geskuif het na koeler areas, met ’n geskatte gemiddelde skuif van 17km vir taksonomiese groeperings op land, en 72km vir hul mariene eweknieë – en dit alles binne net ’n dekade.
Die vraag of die mens moet ingryp ten einde spesies te beskerm of nie, is ’n hewige debat in bewaringskringe.
“Die interessantheid hiervan is dat die dieremense baie meer geneë is om dinge rond te skuif as die plantmense, wat as’t ware redelik konserwatief is,” meen Prof Bob Scholes, redakteur van die artikel en ’n ekoloog van die Global Change Institute aan die Universiteit van die Witwatersrand.
“Hierdie artikel was op ’n manier daarop gemik om die bewaringskundiges te skok uit hulle staat van ‘doen wat hulle nog altyd gedoen het’,” sê hy.
‘Meer buigsaamheid nodig’
Die outeurs voer aan dat natuurbewaringstrategieë meer buigsaam en dinamies moet word met betrekking tot hoe dit die impak van klimaatsverandering op natuurlike habitatte, genetiese plantbronne, die samestelling van spesies, en die funksionering van ekosisteme die hoof bied. Indien dit nie gebeur nie, sal enige oënskynlike korttermyn vordering wat gemaak is met die omkeer van biodiversiteitsverlies, in die komende dekades verlore raak as gevolg van klimaatsverandering.
Tans gee geen van die 2020 Aichi Biodiversiteitsdoelwitte van die Konvensie oor Diversiteit van Biodiversiteit aandag aan die dringendheid van die tempering van en aanpassing by klimaatsverandering as ’n kritiese komponent van biodiversiteitsbewaring nie.
Byvoorbeeld, hulle verwys na Aichi Doelwit 12, wat poog om die uitsterwing van alle bekende bedreigde spesies te voorkom en hulle bewaringstatus te verbeter. ’n Statiese of tradisionele benadering tot bewaring blyk dus onrealisties te wees gegewe die bewys dat klimaatsverandering alreeds beduidende veranderinge in verspreidingsgebiede tot gevolg gehad het.
“Dit word voorspel dat selfs baie lae vlakke van toekomstige klimaatsverandering die grootte van verspreidingsgebied van ’n beduidende aantal spesies kan verminder, wat baie spesies se risiko op uitsterwing sal verhoog,” skryf hulle.
Verskeie prominente maatreëls wat ingestel word om die tempo van stygende CO²-vlakke te vertraag, soos die aanplanting van meer bome, kan in direkte konflik met die doelwitte van biodiversiteitsbewaring in Afrika staan, beklemtoon Prof Guy Midgley, ’n kenner op die gebied van globale verandering en biodiversiteit in die Departement Plant- en Dierkunde by die Universiteit Stellenbosch, en een van die mede-outeurs.
Onbekendes
“Grootskaalse bebossing van ryk graslandekosisteme in Afrika, sal nie slegs die unieke skadu-afkerende biodiversiteit bedreig nie, maar ook menslike lewensbestaansopsies beperk en noodsaaklike ekosisteemdienste verminder, soos die lewering van varswater vanuit hierdie ekosisteme,” voer hy aan.
Verskeie onbekendes teister steeds ons vermoë om risiko’s te skat, hoofsaaklik omdat ons steeds nie weet wat die impak van klimaatsverandering kan wees op die lewering van veelvuldige ekosisteemdienste soos skoon lug en water en voedselsekuriteit, indien bestuiwingsnetwerke die gevaar loop om versteur te word nie.
Die outeurs voer aan dat daar komplekse interaksies tussen ekosisteemprosesse, atmosfeersamestelling en klimaat is wat ons tans nog nie verstaan nie. In kombinasie met volgehoue menslike bevolkingsgroei en die daarmee gepaardgaande toename in verbruik per kapita, wat dikwels tot die oorontginning en besoedeling van ekosisteme lei, word dit duidelik dat daar rede tot kommer is.
Biodiversiteit ondersteun direk die bereiking van ten minste 13 van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD), terwyl klimaatsverandering die potensiaal het om al 16 van die VODs te ondermyn. Dit is dus duidelik dat ons beide biodiversiteit en klimaatsverandering in ag moet neem.
Veerkragtig
“Wanneer die natuur genoeg tyd gegun word, is dit duidelik veerkragtig teen skokke soos klimaatsverandering. Die aarde se biologiese biodiversiteit het ook verskuif en verander in reaksie op globale krisisse in die verre geologiese verlede, soos byvoorbeeld toe dit deur meteoriete getref is. Dit is dus noodsaaklik dat ons met die natuurkragte werk wat veerkragtigheid verskaf, eerder as om bewaringsdenke te beperk tot die bereiking van vaste ideale wat gegrond is op ons beperkte historiese perspektiewe van natuurlike ekosisteme,” sê Prof Midgley.
|
https://www.we.com.na/news/natuurbewaring-vs-klimaatsverandering-2020-12-09/
|
2020-12-09 00:00:00
|
Sie lebt noch - die Solidarität
|
Solidarität. Das ist ein schönes Wort. Es war wohl auch das erste Fremdwort unserer Kindheit. Aber wir wussten, was es bedeutet: gegenseitige Hilfe.
Voe xfn xjs tp bmmft hfipmgfo ibcfo/ Xjs tdisjfcfo Qspuftucsjfgf bo c÷tf Qpmjujlfs- xfjm ejf tp hvuf Nfotdifo xjf Bohfmb Ebwjt- Mvjt Dpswbmâo pefs Ofmtpo Nboefmb fjogbdi jo efo Lfslfs hfxpsgfo ibuufo/ Xjs qbdlufo Qådldifo gýs hmfjdibmusjhf Ljoefs jo efs qpmojtdifo Wpmltsfqvcmjl- bmt xjs fsgvisfo- ebtt ft efofo ojdiu tp hvu hjoh xjf vot/ Bvdi kfef Bmuqbqjfs.Tbnnfmblujpo ibuuf njoeftufot fjo Tpmjebsjuåut{jfm- ebt vot npujwjfsuf/ Wjfmf n÷hfo ebt Xpsu ifvuf ojdiu nfis- xfjm jin efs Njfg efs EES boibgufu/ Wpn jefpmphjtdifo Njttcsbvdi jtu eboo ejf Sfef/ Njs gåmmu fjojhft fjo- ebt efs EES wps{vxfsgfo jtu/ Bcfs vot Ljoefso fslmåsu {v ibcfo- xjf nbo tpmjebsjtdi jtu- hfi÷su ojdiu eb{v/ Voe eftibmc fsgýmmu ft nfjo Ifs{ nju Xåsnf- xfoo ejftfs Ubhf Ljoefs jo Xpmlsbntibvtfo fuxbt wpo jisfn Ubtdifohfme bclobqtfo- vn ft gýs fjofo gsfnefo Kvohfo {v tqfoefo- efs lsbol jtu voe tfiotýdiujh bvg fjof Uifsbqjf jo efo VTB xbsufu- ejf bcfs piof Ijmgf wjfm {v ufvfs xåsf/ Jdi xjmm ojdiut hmpsjgj{jfsfo/ Bvdi jn Týeibs{ jtu efs Fhpjtnvt jo efs Ýcfs{bim/ Bcfs ft hjcu tjf uspu{efn opdi wjfmfspsut/ Ejf Tpmjebsjuåu/ Tjf mfcu opdi/ Voe ebt jtu hvu tp/
|
https://www.thueringer-allgemeine.de/regionen/nordhausen/sie-lebt-noch-die-solidaritaet-id231188804.html
|
2020-12-21 06:00:00
|
Weerarkii iskuulka Nigeria: Dableydii afduubatay carruurta oo 'la hareereeyay'
|
https://www.bbc.com/somali/war-55301544
|
2020-12-14 00:00:00
|
|
Sudaan Daarfuur: Erga nagaa eegsistoonni ba'anii, nageenyi Daarfuur akkam ta'a?
|
https://www.bbc.com/afaanoromoo/oduu-55329220
|
2020-12-16 00:00:00
|
|
Koppe moet rol by Landbank
|
This post is also available in: English
Die ouditeur-generaal se verdoemende verslag oor die stand van Landbank se finansiële volhoubaarheid vra vir dringende ingrypings. Wie ook al verantwoordelik is vir die finansiële verliese van R2,8- miljard sal moet verantwoording doen.
Dit en vele ander uitdagings het die OG genoop om ernstige twyfel uit te spreek oor die vermoë van die Landbank om in die afsienbare toekoms as ‘n lopende saak te oorleef. Die ongunstige ouditmening kan nie daar gelos word nie. Koppe sal dus op bestuurs en beheervlak moet rol! Dit geld ook vir diegene by Tesourie wat verantwoordelik was vir oorsig.
Dit is nie dat hulle nie geweet het wat kom nie, want die finansiële krisis by die Landbank het ‘n lang aanloop. In die ouditeur-generaal (OG) se verslag word die probleme by die Landbank toegedig aan ‘n uittog van kundige bestuurders, ‘n gebrek aan toesig van die Nasionale Tesourie (wat die SA regering as die enigste aandeelhouer van die bank verteenwoordig), die afskaling van die bank se kredietgradering deur Moody’s en die droogtetoestande wat dit moeilik gemaak het vir boere om hul lenings terug te betaal.
Dit is egter maar die oortjies van die seekoei. Die OG se verslag verwys ook na ‘n gebrek aan interne beheermaatreëls deur die bestuur van die Landbank om kredietverliese óf dalings in waarde van verlengde lenings óf sekuriteit wat aangebied wanneer om lenings aansoek gedoen word, behoorlik te verreken. Dit meld ook dat die finansiële state wat vir ouditering ingedien is, nié volgens die voorgeskrewe finansiële verslagdoeningsraamwerk en internasionale rekeningkundige standaard opgestel is nié en nié deur volledige en behoorlike rekords, soos deur die wet vereis word, ondersteun is nie! Voldoende toepaslike ouditbewyse het dus volgens die OG ontbreek om ‘n basis vir ‘n oudit te lewer.
Wie ook al vir die opstel van die state verantwoordelik is, se kop moet rol! Leierskap het dus nie voldoende toesig gehou oor finansiële verslagdoening, nakoming en verwante interne beheermaatreëls nie! Wesenlike wanvoorstellings is in die voorgelegde finansiële state geïdentifiseer. Doeltreffende interne beheermaatreëls is nie geïmplementeer wat verband hou met die maandelikse verwerking en versoening van transaksies van eksterne diensverskaffers wat gebruik word om die indirekte leningsboek te bestuur nie.
Die OG verwys ook in sy verslag na onvoldoende interne beheer oor en bestuur van instrumente en modelle wat die verwagte kredietverliese moes monitor. Dit is nie gereeld gekalibreer nie en met betroubare krediet-insetdata opdateer nie. Dit het daartoe gely dat die OG nie die meting van verwagte kredietverliese op alternatiewe maniere kon bevestig nie en was dit nie in staat om vas te stel óf aanpassings aan die netto lenings en voorskotte nodig was nie.
Bestuur het dus nie toesig gehou oor die ontwikkeling, implementering en monitering van aksieplanne om tekortkominge in terme van interne beheer wat verband hou met sekuriteit wat vir lenings vereis word soos vereis deur Internasionale finansiële verslagdoeningstandaarde nie, aan te spreek nie! In terme van verkryging en kontrakbestuur, is sommige goedere, werke óf dienste nie deur middel van ‘n billike, deursigtige en mededingende verkrygingsproses verkry nie!
In sekere gevalle waar kontrakte verval het, is nuwe verkrygingsprosesse nie gevolg om nuwe diensverskaffers aan te stel nie en is daar geen goedkeuring gegee nie. Die Landbank se bestuur het nie ‘n doeltreffende menslikehulpbronbestuurstrategie geïmplementeer om te verseker dat daar stabiliteit en voldoende opvolgbeplanning vir sleutelposisies is nie. As gevolg hiervan is die beheeromgewing van die Landbank negatief deur die aantal bedankings in hierdie sleutelposisies, beïnvloed.
Die bestuur het nie die nakoming van toepaslike wette en regulasies nagegaan en gemonitor nie. En het ook nie tesourie-instruksie in terme van die hernuwing en verlenging van kontrakte met diensverskaffers wat die indirekte leningsboek namens die bank bestuur, gevolg nie. Nog minder is die toepaslike risikobestuursaktiwiteite geïmplementeer om te verseker dat risikobeoordelings, insluitend die oorweging van likiditeitsrisiko’s en kredietrisiko’s, na behore toegepas.
Geen wonder die Land Bank se kontantreserwes of fondse wat hy vir korttermyn- en noodfinansieringsbehoeftes hou, het byna met 80% tot R700 miljoen, vergeleke met R3,2-miljard die vorige jaar, gedaal! Die vlakke van onbevoegdheid kan nie daar gelos word. Koppe sal moet rol! So kan dit nie voortgaan nie.
Bron: Agri SA
|
https://www.proagri.co.za/koppe-moet-rol-by-landbank/
|
2021-01-11 15:02:48
|
Plaasaanvallers poog om voorman in septiese tenk te verdrink
|
This post is also available in: English
Die 77-jarige plaasvoorman, mnr. Simon Makhotha, was op Sondag, 17 Januarie 2021, die teiken van ʼn plaasaanval op Harrisdale in die Zastron-gebied. Makhotha is omstreeks 20:00 deur drie persone oorrompel, aangerand en met messe gesteek.
Toegang tot die plaaswoonhuis is verkry, waarna Makhotha vasgebind en verder gemartel is. Nadat die plaaswoonhuis van etlike besittings geplunder is, het die aanvallers gepoog om Makhotha in die septiese tenk van die plaashuis te verdrink.
Hy is deurtentyd geskop en met klippe gegooi in ʼn poging om sy kop onder die rioolwater te hou. Teen dagbreek kon Makhotha daarin slaag om homself te bevry. Hy is deur die buurman se werkers gevind. Hulp is ontbied waarna Makhotha in die hospitaal in Zastron opgeneem is. Vrystaat Landbou (VL) veroordeel die plaasaanval ten sterkste. Hulle hoop dat Makhotha volkome sal herstel en dat die polisie die aanvallers spoedig sal vastrek.
Mnr. Marthin de Kock, VL-streekveiligheidsverteenwoordiger, het gemeld dat die aanval op Makhotha die boerderygemeenskap geruk het. Die plaas behoort aan ‘n opkomende swart boer wat nie op die plaas woonagtig is nie. “Alle persone wat op plase woon en werk, is aan die groeiende misdaadgevaar in die landelike gebiede blootgestel,” sê De Kock.
Na die aanmelding van die aanval op Makhotha kon die plaaslike polisie nie by die toneel kom nie. Klaarblyklik was daar nie voertuie beskikbaar nie. Die gebrek aan mannekrag en voertuie in die landelike gebiede is al vir jare ʼn knelpunt, maar word nie deur die regering hanteer nie. Alhoewel VL steeds ʼn beroep op polisie en die regering doen om te sorg dat polisiestasies volledig toegerus is, is dit toenemend duidelik dat die boerderygemeenskap op hul eie is.
Volgens mnr. Tommie Esterhuyse, visepresident van VL, is daar gister, 18 Januarie, reeds met gesprekvoering met die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie (SAMRK) rakende gebrek aan implementering van die Nasionale Landelike Beveiliging Strategie (NLBS) begin. Dit dra grootliks by tot lae weerbaarheid in landelike gemeenskappe.
Die regeringsdepartemente moet hul huis in orde kry om gemeenskappe se veiligheid te verseker en hulle die nodige dienste te voorsien.
Bron: Vrystaat Landbou
|
https://www.proagri.co.za/plaasaanvallers-poog-om-voorman-in-septiese-tenk-te-verdrink/
|
2021-01-20 08:20:42
|
Skryf in vir 2021 SA Suiwelkampioenskappe
|
This post is also available in: English
Alle suiwelprodusente word genooi om in te skryf vir die 2021 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste, oudste en mees gesogte suiwelgebeurtenis in die land. Die kampioenskappe, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, lok jaarliks sowat 900 inskrywings van groot, medium en klein vervaardigers.
Hierdie suiwelprodukte kompeteer vir die gerekende titels van SA Kampioen, die Qualité-merk van gehalte en die Produk van die Jaar, wat aangewys word tydens die glansryke Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings.
Volgens die hoofbeoordelaar Alan Fourie is die uitsluitlike doel van die kampioenskappe om uitnemendheid in die suiwelbedryf te erken en te bevorder. “Die SA Suiwelkampioenskappe is een van die enigste kompetisies ter wêreld wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik en het die maatstaf geword waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet,” sê Fourie.
Die kampioenskappe bestaan uit meer as 100 klasse vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander produkte. Die wenners in die onderskeie klasse word as SA Kampioenbekroon. Produkte van besonderse hoë kwaliteit ontvang die Qualité-toekenning, wat deur die bedryf erken word as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika. Ná die eerste rondte beoordeling deur meer as 70 beoordelaars wys ‘n onafhanklike paneel van vyf kundiges die Produk van die Jaar aan.
Enige suiwelprodusent wie se produkte in die handel beskikbaar is, kan inskryf. Aanlyninskrywings vir die 2021 SA Suiwelkampioenskappe open op Maandag 11 Januarie 2021 op die webwerf www.cheesesa.co.za. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 1 Februarie 2021. Die beoordeling vind op Donderdag 25 Februarie 2021 in die Percheron-saal op Elsenburg plaas. Die SA Suiweltoekennings word op Vrydag 26 Maart 2021 in die Endler-saal op Stellenbosch aangebied.
Die SA Suiwelkampioenskappe en SA Suiweltoekennings word moontlik gemaak in samewerking met die platinum vennoot Synercore en ander vennote. Vir meer inligting, besoek www.cheesesa.co.za of kontak Agri-Expo by 021-975-4440 of [email protected].
Bron: Agri-Expo
|
https://www.proagri.co.za/skryf-in-vir-2021-sa-suiwelkampioenskappe/
|
2021-01-11 15:17:43
|
Ramphulpfonds Raad aanstelling
|
This post is also available in: English
Agri SA verwelkom die aanstelling van Andrea Campher, as lid van die Raad vir Ramphulpfondse. Aanstellings op die raad word deur minister Lindiwe Zulu, minister van Maatskaplike Ontwikkeling gemaak.
Die aanstelling is van krag vanaf 1 Februarie 2021 vir ‘n tydperk van 2 jaar of totdat die Wet op die Fondsinsameling 107 van 1978 herroep word, wat ook al eerste plaasvind. Die doel van die raad is om humanitêre verligting aan persone, organisasies en liggame wat skade ly of skade ly as gevolg van ‘n ramp, te verleen.
Campher sal ‘n vertrouensverantwoordelikheid hê om toe te sien dat die verligting toegepas word soos bepaal in die Wet op die Fondsinsameling 107 van 1978. Campher bestuur tans Agri SA se Risiko- en rampeenheid, asook die voorgenome oprigting van Agri SA se Ramphulp stigting insluit.
Sy was aktief betrokke by die administrasie van droogtehulp ter waarde van nagenoeg R27-miljoen wat aan provinsiale affiliasies beskikbaar gestel is, sowel as Agri SA se Surplusvoedselhulpveldtog waardeur meer as 400 ton se voedselhulp aan hongergeteisterde gemeenskappe regoor Suid-Afrika laas jaar versprei is.
Agri SA sien uit na die bydrae wat Campher kan lewer as lid van die Raad vir Ramphulpfondse.
Bron: Agri SA
|
https://www.proagri.co.za/ramphulpfonds-raad-aanstelling/
|
2021-01-28 15:17:19
|
Saai versoek verlenging van amnestietydperk
|
This post is also available in: English
Die familieboerorganisasie Saai het op 20 Januarie 2021 in ’n skrywe aan die minister van Polisie versoek dat die sperdatum vir amnestie-aansoeke – teen die agtergrond van die tweede vlaag van die COVID-19-pandemie en die ontwrigtende impak daarvan op die SAPD se funksionering – met ’n verdere drie maande uitgestel word.
Die COVID-19-regulasies, vrees vir verspreiding en polisiebeamptes wat weens COVID-19-voorvalle afwesig is, is tans besig om die amnestietydperk vir vuurwapenlisensies in die wiele te ry. Polisiekantore op die platteland het dikwels ’n tekort aan die verskillende voorgeskrewe vorms wat benodig word om vir amnestie aansoek te doen. Beurtkrag en deurlopende instandhouding van stelsels bring ook mee dat rekenaarstelsels gereeld van lyn af is, terwyl die afwesigheid van die nodige beamptes die amnestieproses verder ontwrig.
Saai is bekommerd oor die SAPD se kapasiteit om die amnestie-aansoeke in ’n billike tydperk te verwerk en die korrekte vuurwapens ongeskonde aan die regte eienaars terug te besorg. Sommige Saai-lede moes tot sewe keer na polisiekantore terugkeer en etlike ure wag dat hul aansoeke sonder sukses verwerk kan word. COVID-19 kry meeste van die tyd die skuld hiervoor en dis juis om hierdie rede dat die tydperk vir aansoeke verleng behoort te word.
Een van die grootste struikelblokke is die vereiste dat vuurwapens vir die duur van die amnestieproses by die SAPD ingehandig moet word. Met die hoë landelike misdaadsyfer en toename in plaasaanvalle, veediefstal en stroping van oeste en wild maak dit egter nie sin om boere ongewapend op hul plase vir lisensiëring te laat wag nie. Saai se voorstel dat boere hul wapens moet hou en slegs laat inneem wanneer die SAPD vir ballistiese toetsing gereed is, het tot dusvêr op dowe ore geval.
Vanweë die waarde van vuurwapens en veral duur jaggewere beveel Saai vuurwapeneienaars aan om foto’s van hul vuurwapens te neem as bewys van die toestand waarin die vuurwapens tydens inhandiging was.
As die grootste netwerk eksklusief vir familieboere hou Saai die amnestieproses nougeset dop en staan gereed om die SAPD vir administratiewe geregtigheid en vir die terugbesorging van wapens verantwoordelik en aanspreeklik te hou.
Vuurwapeneienaars wat bekommerd is dat hulle in die amnestieproses tenagekom word, kan Saai by 066-071-6094 skakel.
Bron: Saai
|
https://www.proagri.co.za/saai-versoek-verlenging-van-amnestietydperk/
|
2021-01-21 11:22:56
|
Tyd raak min om onwettige vuurwapens in te handig
|
This post is also available in: English
Daar is min werkdae oor vir vuurwapeneienaars om onwettige vuurwapens in hulle besit aan die SAPD te oorhandig.
Die amnestie wat op 31 Januarie 2021 eindig, bied ook ‘n geleentheid om vuurwapens waarvan die lisensies verval het, in te handig terwyl die eienaars vir nuwe lisensies kan aansoek doen. Die doel van die amnestie is om mense aan te moedig om onwettige vuurwapens in te handig en vervolging vry te spring.
Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) raai vuurwapeneienaars aan om die laaste paar weke van die amnestie te benut om onwettige vuurwapens en ammunisie in te handig vir vernietiging. “Mense in besit van onwettige vuurwapens wat hierdie geleentheid deur hulle vingers laat glip, kan krimineel vervolg word en tot tien jaar tronkstraf opgelê word,” waarsku Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters.
Enigeen wat ‘n onwettige vuurwapen of ‘n vuurwapen waarvan die lisensie verval het tydens die amnestie inhandig, kan binne 14 dae aansoek doen vir ‘n nuwe lisensie. Sodra die lisensie goedgekeur is, sal die polisie die vuurwapen en ammunisie aan die eienaar teruggee.
Die SAPD sal ballistiese toetse op alle vuurwapens doen wat ingehandig word om vas te stel of dit aan misdaad gekoppel kan word. Enigeen wat ‘n vuurwapen vir vernietiging inhandig, sal ‘n verklaring onderteken wat die vuurwapen verbeurdverklaar en die SAPD magtig om die vuurwapen te vernietig. Geen vergoeding word betaal aan eienaars wat vuurwapens inhandig nie.
Alle nuwe aansoeke vir vuurwapenlisensies moet voldoen aan die vereistes van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000). Dit sluit onder andere in ‘n geldige bevoegdheidsertifikaat en ‘n motiveringsdokumente vir die doel van die vuurwapen (bv. selfverdediging, jag of sportskiet).
Camphor sê die Vereniging ondersteun graag sy lede met die proses, maar sal ook nie-lede bystaan wat die amnestie wil benut. Enigeen wat raad nodig het, kan SA Jagters skakel by 012-808-9300.
‘n Kort video is beskikbaar waarin Camphor belangrike vrae oor die vuurwapenamnestieproses beantwoord.
Bron: SA Jagters
|
https://www.proagri.co.za/tyd-raak-min-om-onwettige-vuurwapens-in-te-handig/
|
2021-01-11 14:15:36
|
Grondbesit: Regering se opregtheid moet bevraagteken word
|
This post is also available in: English
Die regering se grondbeleid, as instrument om individuele grondbesit in Suid-Afrika te verhoog, kan nie ernstig opgeneem word nie. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) na die onlangse publikasie oor die Wetsontwerp op Onteiening.
Volgens VL-president, Francois Wilken, bedreig die nuwe onteieningswetsontwerp alle Suid-Afrikaners se regte op eiendom. Spesifiek die eiendomsreg van arm en gemarginaliseerde gemeenskappe sal ondermyn word. Wilken meen dit is belangrik om te verstaan dat die verklaarde doelstellings van die nuwe Wetsontwerp op Onteiening daarop gemik is om die staat toe te laat om enige eiendom sonder vergoeding te teiken en te onteien.
Met ander woorde, deur hierdie wetgewing wil die regering nie eiendomsreg uitbrei nie, maar dit probeer beperk. Geskiedenis het ons gewys dat wanneer regerings inbreuk maak op eiendomsreg, dit die armes en gemarginaliseerdes is wat die uiteindelike prys betaal. Die regering het nie die onteieningswetsontwerp in sy huidige formaat nodig om die basis van private grondbesit in Suid-Afrika uit te brei nie. As breë grondbesit ‘n prioriteit by die regering is, moet dit ‘n proses begin om die eienaarskap van die 5 300 plase in staatsbesit aan die individuele begunstigdes (voorheen benadeelde individue) oor te dra.
VL meen dit is problematies dat wettige voorheen benadeelde individue en opkomende boere slegs as ‘n ‘huurderboer’ op die grond kan aanbly wat deur die staat besit word. Die onteieningswetsontwerp sal nie hierdie gevalle aanspreek nie – dit sal bloot die regte van die regmatige grondeienaars en die lewensbestaan van plaaswerkers en landelike gemeenskappe in die algemeen vernietig.
VL is besig om ‘n volledige verslag op te stel om te dien as reaksie op regering se versoek om kommentaar op die Wetsontwerp op Onteiening. Die organisasie is steeds heftig gekant teen sekere bepalings in die onteieningswetsontwerp.
Van die spesifieke geskilpunte is dat die wetsontwerp:
1. Dit moontlik maak om eiendom te onteien sonder vergoeding,
2. Sluit enige eiendom in (nie net grond nie), en
3. Laat toe dat ‘n te vae en breë definisie van ‘openbare belang’ as rede vir onteiening gebruik word.
Die geleentheid vir skriftelike openbare insette oor die Wetsontwerp op Onteiening sluit op 10 Februarie 2021. VL doen ‘n beroep op alle besorgde persone om hul stemme teen die wetsontwerp te laat hoor. Ten einde hulp te verleen, het VL ‘n portaal op hul webwerf geskep waar die publiek die kritieke afdelings van die wetgewing kan teëstaan (https://vrystaatlandbou.co.za/stopexpropriation/).
Vrystaat Landbou glo dat eiendomsreg uitgebrei moet word na alle Suid-Afrikaners. Die onteieningswetsontwerp sal egter hierdie reg, wat sentraal staan in werkskepping en ekonomiese groei, beperk indien nie totaal vernietig nie.
Bron:Vrystaat Landbou
|
https://www.proagri.co.za/grondbesit-regering-se-opregtheid-moet-bevraagteken-word/
|
2021-01-29 14:02:23
|
Wat melkprodusente kan verwag in 2021
|
This post is also available in: English
Melkprys
Die MPO is optimisties dat melkboere se produsenteprys vanjaar kan verbeter. Die verwagting is dat die opwaartse momentum in die produsenteprys vir onverwerkte melk tot minstens Augustus vanjaar sal voortduur.
Mielie- en sojaboonpryse bly steeds hoog en het ’n negatiewe uitwerking op produksiekoste.
Risiko van invoer
Die risiko van invoer het verhoog met die versterking van die rand teen die Amerikaanse dollar, wat die deurlopende monitering daarvan noodsaak. Agri Inspec kyk veral na ingevoerde produkte se land van oorsprong, om seker te maak dat produkte Suid-Afrika nie tariefvry via lande van die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap binnekom nie.
Watermeters vir besproeiingsboere
Die verlengde voldoeningsperiode van 120 werksdae vanaf 18 September 2020 deur die Departement van Water en Sanitasie wat verleen is aan besproeiingswatergebruikers om watermeters te installeer, kom op 10 Maart 2021 ten einde. Nie-nakoming van hierdie instruksie mag lei tot wetstoepassingsoptrede teen watergebruikers wat nie saamwerk nie.
Dieregesondheid
Die MPO en die nasionale dieregesondheidsforum gaan vanjaar fokus op, onder andere, brusellose, soönoses en siektes soos ensoötiese beesleukose (EBL). Bek-en-klouseer is redelik onder beheer, maar sal steeds baie aandag geniet om te verseker dat Suid-Afrika sy bek-en-klou-vrye status kan herwin. Die natter weerstoestande sal meebring dat insek-oordraagbare siektes soos knopvelsiekte en Slenkdalkoors altyd ’n gevaar bly. Boere moet verseker dat hulle diere hierteen geïmmuniseer is.
Dierewelsyn en omgewingsvriendelike boerderypraktyke
Druk vanaf verbruikers en die kleinhandel rakende omgewingsvriendelike boerderypraktyke en etiese dieresorg neem toe en laasgenoemde is een van die kwessies waarna die MPO, Melk SA en die nasionale dieregesondheidsforum vanjaar kyk. As deel van Melk SA se navorsingsprojek is die suiwelstandaarde-agentskap gevra om navorsing te doen oor die praktiese inwerkingstelling van die SABS-standaard SANS 1694 oor die welsyn van melkbeeste.
Bron: MPO
|
https://www.proagri.co.za/wat-melkprodusente-kan-verwag-in-2021/
|
2021-01-24 17:33:52
|
Die A-Z van plantrigting by mielies
|
This post is also available in: English
Die vraag is al in die verlede gevra: “Het jy al gewonder of jy jou land Noord-Suid of Oos-Wes moet plant?” of “Gaan ek meer ton/ha afhaal as ek my land se oriëntasie verander en in ‘n ander rigting plant?”.
In Pioneer se proewe wat in 3 seisoene geplant is net buite Delmas het ons hierdie vrae probeer beantwoord deur verskeie proewe en metings. In hierdie opsommende artikel gaan daar deur die afgelope drie jaar se proewe en resultate geblaai word om U as leser ‘n terugblik en finale gevolgtrekkings oor hierdie praktyk te gee.
Uit die literatuur in die VSA het dit geblyk dat daar tog rede is om hierdie eenvoudige konsep te toets, en self in ons Suid-Afrikaanse toestande te meet en te kyk wat is die verskille. Indien dit die moeite regverdig om jou gewone plantrigting aan te pas, om moontlik ‘n hoër opbrengs te stroop kan dit iets wees wat ‘n boer kan oorweeg sonder dat dit hom geld hoef te kos.
In jaar een van die proef is die beginsel getoets buite Delmas met twee aaneengrensende homogene blokke. P2553WB is gebruik en albei blokke is op dieselfde dag geplant. Die ry-wydte vir die proef was 76cm en alle behandelings was identies op beide blokke. Waarnemings is vanaf opkoms reg deur tot by stroop geneem op beide die Noord-Suid (NS) en Oos-Wes (OW) oriëntasie.
Hier volg nou ‘n paar foto’s om die visuele verskille tussen die twee plantrigtings op verskillende stadiums in die groeiseisoen te illustreer: Let veral op die groter skadu effek tussen die rye by die Noord-Suid oriëntasie.
Uit die waarnemings blyk dit dat die NS oriëntasie vanaf opkoms tot min of meer V13 meer welig en aktief groei as die plante in die OW oriëntasie. Die blyk dat seldeling vinniger en meer konstant plaasvind by die NS oriëntasie en die volgende beelde sal hierdie stelling staaf.
Figuur 1 Vewantskap tussen ry-oriëntasie en planthoogte.
Kopgrootte het op die oog af ook konstant groter vertoon op die NS aanplanting.
Hierdie proef is in die 2018-2019 seisoen herhaal, maar met ‘n paar bykomende metings wat meer lig sou werp op die redes vir die verskille wat waargeneem is in die 2017-2018 seisoen. “Probes” is in beide behandelings tussen die rye te plaas om die verskil in water verbruik deur die seisoen te meet.
Die onderskepping van stralings energie in die blaredak
Figuur 2 Die stralingsbuis op die grond tussen die rye gekoppel aan ‘n irricom.
Straling is tussen die rye met bogenoemde stralingsbuis in Fig. 2 gemeet. Die fraksie wat onderskep word deur die blaredak word dan as volg bereken:
FI = (Verwysing – straling onder blaredak gemeet) / Verwysing
By die Oos-Wes behandeling is daar gemiddeld 19% meer straling deur die seisoen onderskep as by die Noord-Suid behandeling. Aangesien die Oos-Wes behandeling deurgaans meer stralingsenergie onderskep (benut) het, sou daar verwag kon word dat dit ‘n beter opbrengs tot gevolg kan hê.
Figuur 3 Toon die fraksie van stralingsenergie wat deur die blare onderskep is op die spesifieke datum betrokke.
Opbrengs en Waterverbruiksdoeltreffendheid
Waterverbruik is oor die seisoen met behlup van ‘n neutronvogmeter gemeet en oor 2 seisoene was die afleiding dat waterverbruik tussen die verskillende behandelings weglaatbaar klein is.
Opbrengs het oor die 3 seisoene tussen die verskillende behandelings gevarieer en in Figuur 4 kan daar gesien word dat Oos-Wes die afgelope 2 seisoen beter gevaar het as die Noord-Suid.
Figuur 4 Opbrengs verskille oor die jare tussen die verskillende behandelings.
Speel ry-wydte ‘n rol by plantrigting!
In die 2019/20 seisoen is daar ook na twee verskillende ry-wydtes 76cm en 38cm binne dieselfde orientasies gekyk. Die uitkoms van die verkillende ry-wydtes kan in table 1 gesien word.
Tabel 1 Opbrengsverskille by verskillende plantpopulasies en ry-wydtes asook die effek van ry-orientasie daarop.
Opsommend kan daar uit tabel 1 gesê word dat:
76cm was by al 4 behandelings gemiddeld 1040 kg beter as 38 cm.
Oor al 8 behandelings was Oos-Wes 860 kg beter as Noord-Suid.
Hoe hoër die stand hoe groter die opbrengs verskil tussen 76 cm en 38 cm, m.a.w 76 cm was deeurgans beter as 38 cm, maar 38 cm het veral verder teruggesak as die populasie nog hoër geraak het.
Afleiding uit vorige jare was dat as dit in goeie jaar is die opbrengs by Oos-Wes beter is as Noord-Suid, omdat Oos-Wes meer straling onderskep en as water nie beperkend is nie doen dit beter as Noord-Suid.
Laaste gedagtes
Daar is nie noodwendig ‘n resep vir ry-orientasie wat bepaal dat een beter as ‘n ander is nie. Die seisoen speel ‘n belangrike rol by watter orientasie beter gaan vaar. Indien vog nie beperkend is nie het die data vir ons gewys dat OW beter moet vaar as NS, omdat die blaredak die beskikbare energie vanaf die son beter benut as NS.
Vir besproeiingsboere moet dit dan verseker ‘n voorkeur plantrigting wees, siende dat vog in hierdie praktyke nie beperkend behoort te wees nie. Alhoewel die data vir ons gewys het het dat OW 2 uit die 3 jaar beter as NS gevaar het, moet daar onthou word dat Suid-Afrika eintlik ‘n vogarm land is en daarom moet dit ook in jou agterkop gehou word indien jy sou besluit om jou orientasie na OW te verander.
Beskikbare water en beskikbare sonligenergie is sekerlik die twee heel belangrikste faktore wat opbrengs dryf. Indien dit reg bestuur word het jy die beste kans om elke jaar die grootste moontlike oes in jou omstandighede af te haal.
Artikel deur Pioneer Saad. Vir meer inligting kontak ons by [email protected]
|
https://www.proagri.co.za/die-a-z-van-plantrigting-by-mielies/
|
2021-01-04 00:00:00
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.