Delete af/af_afribooms-ud-test.txt
Browse files- af/af_afribooms-ud-test.txt +0 -764
af/af_afribooms-ud-test.txt
DELETED
@@ -1,764 +0,0 @@
|
|
1 |
-
Verlede jaar het ons ons eerste resessie in 17 jaar ervaar. Die krisis het ons
|
2 |
-
ekonomie ongeveer 900 000 werksgeleenthede gekos. Baie mense wat hul werk
|
3 |
-
verloor het, was die broodwinners van arm families. In Februarie verlede jaar
|
4 |
-
het die regering, sakelui, arbeidsektor en gemeenskapsverteenwoordigers
|
5 |
-
ooreengekom op 'n pakket van maatreëls om die skaal en impak van die krisis te
|
6 |
-
bekamp. Ons het talle van hierdie maatreëls reeds in werking gestel. Ons het
|
7 |
-
besliste teen-resessiebesteding deur die regering geïmplementeer, veral op
|
8 |
-
infrastruktuur. Ten einde 'n veiligheidskussing vir armes te skep, het ons die
|
9 |
-
verhogings in maatskaplike toelaes vervroeg, en die Kindersorgtoelaag uitgebrei
|
10 |
-
na kinders ouer as 14 jaar. Gedurende die volgende drie jaar sal 'n addisionele
|
11 |
-
twee miljoen kinders uit arm gesinne en huishoudings tussen die ouderdom van 15
|
12 |
-
en 18 jaar, by die Kindersorgtoelaag baat vind. Die
|
13 |
-
Nywerheidsontwikkelingskorporasie het R6 biljoen bewillig om maatskappye in nood
|
14 |
-
by te staan. Die Regering het 'n "opleidingsafleggingskema" ingestel om aan
|
15 |
-
werkers die opsie van 'n opleidingstydperk, in plaas van aflegging, te bied.
|
16 |
-
Hierdie pogings is deur ons Openbare Werke-program versterk. Die nasie sal
|
17 |
-
onthou dat ek tydens die 2009-Staatsrede aangekondig het dat die Uitgebreide
|
18 |
-
Openbare Werke-program teen Desember 2009 500 000 werksgeleenthede sou skep. Ek
|
19 |
-
wil beklemtoon dat dit nie poste in die hoofstroom-ekonomie is nie. Hierdie is
|
20 |
-
werksgeleenthede wat geskep is om werklose mense van 'n inkomste, ervaring en
|
21 |
-
opleidingsgeleenthede te voorsien. Ons kondig graag aan dat ons teen die einde
|
22 |
-
van Desember reeds meer as 480 000 openbare werksgeleenthede geskep het, met
|
23 |
-
ander woorde, 97% van die doelwit wat ons gestel het. Hierdie poste is in areas
|
24 |
-
soos konstruksie, tuis- en gemeenskapsgebaseerde sorg en omgewingsprojekte. Ons
|
25 |
-
het 'n aantal terreine geïdentifiseer waar ons in die toekoms verder gaan
|
26 |
-
verbeter, soos om meer arbeidsintensiewe projekte te verseker. Ons weet egter
|
27 |
-
dat hierdie en ander maatreëls nie die uitwerkings van die resessie heeltemal
|
28 |
-
kan temper nie. Ons is dankbaar vir die gees van familie, gemeenskap en
|
29 |
-
vrywillige werk wat soveel mense inspireer om diegene wat die swaarste deur die
|
30 |
-
krisis getref word, deur hierdie moeilike tye te help. Ekonomiese aanwysers dui
|
31 |
-
daarop dat ons nou deur die ergste van die ekonomiese resessie is. Ekonomiese
|
32 |
-
aktiwiteit is aan die toeneem in Suid-Afrika, en ons verwag groei in die
|
33 |
-
toekoms. Die arbeidstatistiek wat Dinsdag vrygestel is, dui daarop dat die
|
34 |
-
ekonomie tans werksgeleenthede skep eerder as om dit in te boet. Dit is egter te
|
35 |
-
gou om seker te wees oor die tempo van hierdie herstelproses. Die Regering sal
|
36 |
-
dus nog nie sy ondersteuningsmaatreëls opskort nie. Dit is nou die tyd om die
|
37 |
-
basis te lê vir sterker groei in die toekoms en vir groei wat tot meer
|
38 |
-
werksgeleenthede lei. Ons langtermyn-infrastruktuurprogram sal ons help om
|
39 |
-
vinniger te groei. Ons onderwys- en vaardigheidsprogramme sal ons produktiwiteit
|
40 |
-
en mededingendheid verhoog. Ons Nywerheidsbeleids-aksieplan en ons nuwe fokus op
|
41 |
-
groen werksgeleenthede sal sterker en meer arbeids-absorberende nywerhede bou.
|
42 |
-
Ons landelike ontwikkelingsprogram sal landelike produktiwiteit verhoog en die
|
43 |
-
lewens van die mense in landelike gebiede verbeter. Ons
|
44 |
-
kapitaalinvesteringsprogram lê ten grondslag aan ons strategie vir ekonomiese
|
45 |
-
herstel en groei. Oor die volgende drie jaar sal die regering R846 biljoen aan
|
46 |
-
openbare infrastruktuur spandeer. Op die terrein van vervoer, sal ons ons
|
47 |
-
padnetwerk in stand hou en uitbrei. Ons sal verseker dat ons spoornetwerk
|
48 |
-
betroubaar en mededingend is en beter met ons seehawens geïntegreer is. Om
|
49 |
-
betroubare kragtoevoer te verseker, het ons 'n Inter-Ministeriële Komitee oor
|
50 |
-
Energie ingestel, om 'n 20-jaar- geïntegreerde hulpbronplan te ontwikkel.
|
51 |
-
Hierdie komitee sal, onder andere, kyk na die deelname van onafhanklike
|
52 |
-
kragprodusente, en arm mense teen stygende elektrisiteitspryse beskerm. Ons sal
|
53 |
-
'n onafhanklike stelseloperateur instel, wat afsonderlik van Eskom Beherend sal
|
54 |
-
funksioneer. Eskom sal voortgaan om addisionele opwekkingskapasiteit te bou en
|
55 |
-
die instandhouding van sy kragstasies te verbeter. Ten einde 'n inklusiewe
|
56 |
-
ekonomie te verseker wat groei en ontwikkeling bevorder, het ons die Adviesraad
|
57 |
-
oor Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging in die lewe geroep, onder voorsitterskap
|
58 |
-
van die President. Beleidsverandering moet fokus op ingrypings om
|
59 |
-
werksgeleenthede vir jongmense te skep. Werkloosheidskoerse vir jongmense is
|
60 |
-
aansienlik hoër as die gemiddeld. Voorstelle sal ingedien word om die koste van
|
61 |
-
die indiensneming van jonger werkers te subsidieer ten einde ondernemings aan te
|
62 |
-
moedig om onervare personeel in diens te neem. 'n Verdere uitbreiding van
|
63 |
-
openbare-werkskeppingsprogramme is ook reeds aan die gang. Dit sluit in
|
64 |
-
plaaslike-infrastruktuur- en tersiêre projekte en geletterdheidsprojekte,
|
65 |
-
tuisgebaseerde versorging, skoolinstandhouding en
|
66 |
-
vroeëkindontwikkelings-inisiatiewe. Verlede jaar het ons die Nasionale
|
67 |
-
Jeugontwikkelingsagentskap in die lewe geroep. Ons het die Agentskap aangesê om
|
68 |
-
vinniger te werk om sy strukture regdeur die land te vestig sodat dit ons kan
|
69 |
-
help om jeugontwikkelingsprogramme in die regering as hoofstroomprojekte te
|
70 |
-
loods. Toe hierdie administrasie verlede jaar aan bewind gekom het, het ons
|
71 |
-
onsself daartoe verbind om harder te werk om 'n sterk ontwikkelingstaat te bou.
|
72 |
-
Ons het gesê dat dit 'n staat sou wees wat op die mense se behoeftes en
|
73 |
-
aspirasies reageer, en wat beter en vinniger presteer. Hierdie jaar, 2010, sal
|
74 |
-
'n jaar van aksie wees. Die onderskeidende kenmerk van hierdie administrasie sal
|
75 |
-
wees dat dit weet waar mense bly, hulle behoeftes verstaan en vinniger daarop
|
76 |
-
reageer. Die Regering moet vinniger, harder en slimmer werk. Ons sal van die
|
77 |
-
Uitvoerende Gesag en die Staatsdiens verwag om aan hierdie visie te voldoen. Ons
|
78 |
-
bou 'n staat wat op effektiewe werkverrigting fokus. Dit sal bereik word deur
|
79 |
-
beplanning asook prestasie-monitering en -evaluering te verbeter. Ons moet ook
|
80 |
-
geslagsgelykheidsmaatreëls in die Regering se Aksieprogram integreer. Hierdie
|
81 |
-
optrede sal verseker dat vroue, kinders en persone met gestremdhede toegang tot
|
82 |
-
ontwikkelingsgeleenthede kry. Ons kondig graag aan dat ons in die Regering dinge
|
83 |
-
op 'n nuwe manier gaan doen. Departemente se werk sal gemeet word deur
|
84 |
-
uitkomste, wat op grond van ons prestasie-monitering-en-evalueringstelsel
|
85 |
-
ontwikkel word. Die ministers wat vir 'n bepaalde uitkoms verantwoordelik is,
|
86 |
-
sal 'n gedetailleerde leweringsooreenkoms met die president onderteken. Hierdie
|
87 |
-
ooreenkomste sal duidelik uiteensit wat gedoen moet word, hoe, deur wie, binne
|
88 |
-
watter tydperk en met behulp van watter maatreëls en hulpbronne. Daarbenewens
|
89 |
-
sal ons werk om die effektiwiteit van plaaslike regering,
|
90 |
-
infrastruktuurontwikkeling en menslike nedersettings te verbeter. Ons sal 'n
|
91 |
-
aantal sleutelaktiwiteite onderneem ter bereiking van hierdie uitkomste. Ons het
|
92 |
-
onderwys en vaardigheidsontwikkeling as die middelpunt van hierdie regering se
|
93 |
-
beleide gestel. In ons 2010-program wil ons die vermoë van kinders om in die
|
94 |
-
grondslagjare te lees, skryf en tel, verbeter. As ons dit nié doen nie, sal ons
|
95 |
-
nie die gehalte van die onderwys kan verbeter nie. Ons onderwysteikens is
|
96 |
-
eenvoudig, maar van kritiese belang. Ons wil hê dat leerders en onderwysers
|
97 |
-
betyds in die skool, in die klas moet wees, besig om sewe uur per dag te leer en
|
98 |
-
te onderrig. Ons sal onderwysers help deur gedetailleerde daaglikse lesplanne te
|
99 |
-
voorsien. Ons sal werkboeke wat maklik is om te gebruik in al 11 tale aan
|
100 |
-
studente voorsien. Van vanjaar af sal alle leerders in graad 3, 6 en 9
|
101 |
-
geletterdheids- en gesyferdheidstoetse skryf, wat onafhanklik gemodereer word.
|
102 |
-
Ons mikpunt is om die slaagsyfer vir hierdie toetse van die huidige gemiddeld
|
103 |
-
van tussen 35 en 40% tot minstens 60% teen 2014 te verhoog. Die uitslae sal aan
|
104 |
-
die ouers gestuur word om vordering te monitor. Daarbenewens sal elk van ons 27
|
105 |
-
000 skole deur amptenare van die Departement van Basiese Onderwys geassesseer
|
106 |
-
word. Dit sal in 'n ouditeerbare skriftelike verslag opgeteken word. Ons beoog
|
107 |
-
om die aantal matriekstudente met universiteitstoelating teen 2014 tot 175 000
|
108 |
-
per jaar te verhoog. Ons spoor ouers aan om met ons saam te werk om 'n sukses
|
109 |
-
hiervan te maak. Ons verwelkom verlede maand se verklaring deur die drie
|
110 |
-
onderwysersvakbonde, NAPTOSA, SADTU en SAOU, waarin hulle hulle vanaf die begin
|
111 |
-
van 2010 herverbind het tot die Kwaliteit Leer- en Onderrigveldtog. Ons moet in
|
112 |
-
ons jeug belê ten einde 'n vaardige en bekwame werksmag te verseker wat groei en
|
113 |
-
werkskepping ondersteun. Ons beplan dus om die opleiding van 16 tot 25-jarige
|
114 |
-
persone te verbeter in verdere onderwys-en-opleidingsfasiliteite. Dit sal ons in
|
115 |
-
staat stel om aan diegene wat nie vir universiteit kwalifiseer nie, nog 'n kans
|
116 |
-
op geleerdheid te bied. Ons werk saam met hoëronderwysinstellings om te verseker
|
117 |
-
dat studente wat daarvoor kwalifiseer, deur die Nasionale Finansiële Hulpskema
|
118 |
-
vir Studente finansiële bystand ontvang. Ons het ook ambisieuse doelwitte gestel
|
119 |
-
vir vaardigheidsontwikkeling om addisionele ingenieurs en tegnici te kweek en om
|
120 |
-
die aantal gekwalifiseerde Wiskunde- en Wetenskaponderwysers te vermeerder. Ons
|
121 |
-
moet verseker dat meer jongmense leerderskappe in die privaat- en openbare
|
122 |
-
sektor betree. Nog 'n sleuteluitkoms is om 'n lang en gesonde lewe vir alle
|
123 |
-
Suid-Afrikaners te verseker. Ons sal voortgaan om ons gesondheidsorgstelsel te
|
124 |
-
verbeter. Dit sluit in die bou en opgradering van hospitale en klinieke en die
|
125 |
-
verdere verbetering van die werksomstandighede van gesondheidswerkers. Ons het
|
126 |
-
'n vennootskap met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) gesluit om die
|
127 |
-
funksionaliteit van openbare hospitale en hul distrikskantore te verbeter. Ons
|
128 |
-
werk ook saam met die DBSA en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie in 'n
|
129 |
-
publiek-private vennootskapsprogramme om hospitale te verbeter en finansiering
|
130 |
-
vir projekte te verskaf. Ons moet die feit in die gesig staar dat
|
131 |
-
lewensverwagting by geboorte van 60 jaar in 1994, tot net onder 50 jaar vandag,
|
132 |
-
gedaal het. Ons doen dus stappe om sterftesyfers onder moeders te verlaag, om
|
133 |
-
nuwe MIV-infeksies te verminder en om MIV en tuberkulose effektief te behandel.
|
134 |
-
Ons sal ook babasterftesyfers deur 'n massiewe immuniseringsprogram verlaag. Ons
|
135 |
-
sal gesondheidsprogramme in skole herinstel. Ons sal al die ondernemings wat op
|
136 |
-
Wêreldvigsdag met betrekking tot die voorkoming van nuwe MIV-infeksies en die
|
137 |
-
behandeling daarvan gemaak is, implementeer. Intensiewe stappe word geneem om te
|
138 |
-
verseker dat hierdie werk op skedule bly. Ons sal ook voortgaan met ons
|
139 |
-
voorbereidings vir die instelling van 'n nasionale
|
140 |
-
gesondheidsorgversekeringstelsel. Ons werk hard om te verseker dat almal in
|
141 |
-
Suid-Afrika veilig voel en veilig is. Ons sal ons werk uitbrei om ernstige en
|
142 |
-
geweldsmisdade te verminder en te verseker dat die regstelsel doeltreffend
|
143 |
-
funksioneer. Ons implementeer planne om die aantal polisiemanne en -vroue oor
|
144 |
-
die volgende 10 jaar met 10% te vermeerder. Ons het die stryd teen kapings,
|
145 |
-
besigheids- en huisrooftogte asook kontakmisdade soos moord, verkragting en
|
146 |
-
aanranding, as ons topprioriteite geïdentifiseer. Ons het almal 'n rol om te
|
147 |
-
speel. Laat ons aan gemeenskapsveiligheidsforums deelneem. Kom ons hou op om
|
148 |
-
gesteelde goedere te koop. Laat ons altyd gereed wees om die polisie van
|
149 |
-
inligting oor misdaadaktiwiteite te voorsien. Deur saam te werk sal ons misdaad
|
150 |
-
verslaan. Die plaaslike regering moet werk. Munisipaliteite moet die voorsiening
|
151 |
-
van behuising, water, sanitasie, elektrisiteit, afvalbestuur en paaie verbeter.
|
152 |
-
Ons het verlede jaar met burgemeesters en munisipale bestuurders vergader. Dit
|
153 |
-
het waardevolle insig in die uitdagings op die terrein van plaaslike regering
|
154 |
-
gebied. Ons het ook verskeie gemeenskappe en munisipaliteite besoek, insluitende
|
155 |
-
Balfour in Mpumalanga en Thembisa in Gauteng. Na afloop van die Balfour-besoek
|
156 |
-
het ons 'n ministeriële span, bestaande uit nege lede, gestuur om die gebied te
|
157 |
-
besoek en aandag te skenk aan die kwessies wat deur die gemeenskap geopper is.
|
158 |
-
'n Hele aantal sake het reeds aandag geniet. Ek het die ministers beveel om die
|
159 |
-
uitstaande aangeleenthede ook op te los. Ons wil herbeklemtoon dat geen griewe
|
160 |
-
ooit geweld en die vernietiging van eiendom kan regverdig nie. Ons het
|
161 |
-
wetstoepassingsagentskappe beveel om strenger op te tree teen wetteloosheid in
|
162 |
-
Balfour en ander gebiede. In Desember 2009 het die Kabinet 'n omkeerstrategie
|
163 |
-
vir die plaaslike regering goedgekeur. Dit sal verseker dat die plaaslike
|
164 |
-
regering oor die korrekte bestuurs-, administratiewe en tegniese vaardighede
|
165 |
-
beskik. Laat ons gedurende hierdie jaar van aksie saamwerk om plaaslike regering
|
166 |
-
almal se besigheid te maak. Ons werk daaraan om goed geleë informele
|
167 |
-
nedersettings op te gradeer en om teen 2014 aan minstens 500 000 huishoudings
|
168 |
-
behoorlike dienste en grondbesit te verskaf. Ons beplan om meer as 6 000 hektaar
|
169 |
-
goed geleë openbare grond vir lae-inkomste en bekostigbare behuising opsy te
|
170 |
-
sit. 'n Nuwe sleutelinisiatief sal wees om mense te akkommodeer wie se salarisse
|
171 |
-
te hoog is om regeringsubsisies te ontvang, maar wat te min verdien om vir 'n
|
172 |
-
normale bankverbandlening te kwalifiseer. Ons sal 'n waarborgfonds van R1
|
173 |
-
biljoen opsy sit as aansporingsmaatreël om die private bank en behuisingsektor
|
174 |
-
aan te moedig om nuwe produkte te ontwikkel om in hierdie vraag na behuising te
|
175 |
-
voorsien. Verlede jaar het ons gesê dat mense op die platteland ook die reg het
|
176 |
-
om elektrisiteit, water, spoeltoilette en paaie te hê. Ons het gesê hulle moet
|
177 |
-
sportsentrums en beter inkopiesentrums hê soos dié in die stede. In hierdie
|
178 |
-
verband het ons in Augustus verlede jaar die eerste loodsterrein van die
|
179 |
-
Omvattende Landelike-ontwikkelingsprogram in Giyani, Limpopo, geloods.
|
180 |
-
Sedertdien is 231 huise gebou. Vordering is ook gemaak met die voorsiening van
|
181 |
-
infrastruktuur om landbou-ontwikkeling en opleiding vir gemeenskapsleiers te
|
182 |
-
ondersteun. Toegang tot gesondheids- en onderwysgeriewe het verbeter. Ons
|
183 |
-
implementeer tans soortgelyke programme in sewe terreine regoor die land, tot
|
184 |
-
voordeel van 21 wyke. Ons beoog om teen 2014 terreine in 160 wyke te hê. Ons
|
185 |
-
mikpunt is dat 60% van huishoudings in hierdie terreine teen 2014 uit eie
|
186 |
-
produksie in hul voedselbehoeftes sal voorsien. Tree vir tree sal ons dit maak,
|
187 |
-
soos die spreekwoord lui, landsgenote, groot dinge begin met klein treetjies.
|
188 |
-
Ons wil ook grondhervornming en landbou-ondersteuningsprogramme beter integreer.
|
189 |
-
Ons sukses op hierdie terrein sal gemeet word deur die toename in die aantal
|
190 |
-
kleinskaalse boere wat ekonomies lewensvatbaar word. Ons is nie 'n waterryke
|
191 |
-
land nie. Maar steeds verloor ons baie water deur lekkende pype en onvoldoende
|
192 |
-
infrastruktuur. Ons sal maatreëls instel om ons waterverlies teen 2014 met die
|
193 |
-
helfte te verminder. As deel van ons pogings om groter ekonomiese groei aan te
|
194 |
-
moedig, doen ons stappe om die koste verbonde aan kommunikasie te besnoei. Die
|
195 |
-
Suid-Afrikaanse publiek kan uitsien na 'n selfs verdere verlaging in breëband-,
|
196 |
-
selfoon-, landlyn- en openbaretelefoon-tariewe. Ons sal stappe doen om
|
197 |
-
breëbandspoed te verhoog en 'n hoë standaard van internet-dienste te verseker
|
198 |
-
wat in ooreenstemming met internasionale norme is. Hierdie regering sal verseker
|
199 |
-
dat ons omgewingsbates en natuurlike hulpbronne goed beskerm en deurentyd
|
200 |
-
verbeter word. Saam met Brasilië, Indië en China, en in samewerking met die
|
201 |
-
Verenigde State, wat die ontwikkelde wêreld verteenwoordig, het ons 'n wesenlike
|
202 |
-
bydrae gelewer tot die ooreenkoms wat in Desember verlede jaar by die
|
203 |
-
Klimaatberaad in Kopenhagen aanvaar is. Alhoewel dit nie ver genoeg gaan nie, is
|
204 |
-
dit tog 'n belangrike stap in die regte rigting, aangesien dit alle lande
|
205 |
-
daartoe verbind om op klimaatsverandering te reageer. Ons sal harder met ons
|
206 |
-
internasionale eweknieë moet saamwerk om 'n wettig bindende verdrag te beding.
|
207 |
-
As Suid-Afrika, het ons ons vrywillig verbind tot spesifieke
|
208 |
-
uitlaatgas-verlagingsteikens, en ons sal aanhou werk aan ons langtermynstrategie
|
209 |
-
om klimaatsverandering teen te werk. Ons sal harder werk om Suid-Afrika se
|
210 |
-
belange wêreldwyd te bevorder. Ons sal pogings ondersteun om die politieke en
|
211 |
-
ekonomiese integrasie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap- (SAOG)
|
212 |
-
streek te bespoedig en intra-streekhandel en beleggings te bevorder. Suid-Afrika
|
213 |
-
gaan voort om 'n toonaangewende rol te speel in kontinentale pogings om die
|
214 |
-
Afrika Unie en sy organe te versterk en na eenheid te streef. Ons sal ons
|
215 |
-
energie daarop toespits om die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling
|
216 |
-
(Nepad) te laat herleef, as 'n strategie vir ekonomiese ontwikkeling op die
|
217 |
-
vasteland. Die Staatsdiens moet reageer op die beroep om hierdie termyn deur
|
218 |
-
vinniger optrede en beter prestasie deur die staat te laat kenmerk. Ons vereis
|
219 |
-
uitnemendheid en harde werk. Ons benodig staatsamptenare wat toegewyd en bekwaam
|
220 |
-
is en wat na landsburgers se behoeftes omsien. Die Regering werk reeds aan die
|
221 |
-
ontwikkeling en implementering van 'n staatsdiens-ontwikkelingsprogram, wat die
|
222 |
-
norme en standaarde vir staatsamptenare in alle sfere sal bepaal. Ons sit ons
|
223 |
-
pogings voort om korrupsie en bedrog in verkrygings- en tenderprosesse uit te
|
224 |
-
wis, asook in aansoeke om bestuurderslisensies, maatskaplike toelaes en
|
225 |
-
identiteitsdokumente, om net 'n paar te noem. Ons is tevrede met die vordering
|
226 |
-
van die regering op sommige terreine. Hierdie week het ons 32 687 onregmatige
|
227 |
-
maatskapliketoelaagbetalings opgeskort, ter waarde van R180 miljoen. Ons
|
228 |
-
Inter-Ministeriële Komitee op Korrupsie ondersoek maniere om korrupsie doelgerig
|
229 |
-
die nek in te slaan. Deur saam te werk kan ons meer doen. Soos u weet, het ons
|
230 |
-
die Presidensiële Klagtelyn ingestel om die regering en die Presidensie meer
|
231 |
-
toeganklik vir die publiek te maak en om te help om blokkasies in dienslewering
|
232 |
-
uit die weg te ruim. Die klagtelyn verteenwoordig ons vasberadenheid om dinge
|
233 |
-
anders in die regering te doen. Dit het 'n verskil aan baie Suid-Afrikaners se
|
234 |
-
lewens gemaak. Ons kan mev Buziwe Ngaleka van Mount Frere hier noem, wie se
|
235 |
-
oproep oor haar oorlede man se pensioen die eerste oproep was wat ons op die
|
236 |
-
eerste dag van die klagtelyn geneem het. Sy is vanaand hier saam met ons. Ons
|
237 |
-
het ook mnr Nkululeko Cele hier by ons, wat bygestaan is om sy
|
238 |
-
identieitsdokument te kry sodat hy by die Tshwane Universiteit van Tegnologie
|
239 |
-
kon inskryf. Dit is net twee van die talle suksesstories. Uit hierdie en ander
|
240 |
-
voorbeelde het ons swakhede geïdentifiseer wat deur die onderskeie regeringsfere
|
241 |
-
reggestel moet word. Deur die Speaker het ons 'n veelparty-afvaardiging van die
|
242 |
-
Parlement uitgenooi om die oproepsentrum te besoek, sodat LP's eerstehandse
|
243 |
-
ervaring kan kry van die werk wat gedoen word. Ek het 'n uiteensetting gegee van
|
244 |
-
die hoofelemente van ons planne vir 2010, ons kollektiewe verbintenis as
|
245 |
-
regering teenoor die mense van Suid-Afrika. Die Staatsrede bied 'n breë oorsig
|
246 |
-
oor ons aksieplan. Ministers sal die details in hul onderskeie begrotingsredes
|
247 |
-
verskaf. In November vanjaar vier ons die 150ste herdenking van die aankoms van
|
248 |
-
die Indiërs in Suid-Afrika. Dit bied 'n geleentheid om erkenning te gee aan die
|
249 |
-
belangrike bydrae van die Indiese gemeenskap op die gebied van arbeid, die
|
250 |
-
sakesektor, wetenskap, sport, godsdiens, kuns en die bereiking en konsolidasie
|
251 |
-
van ons demokrasie. Ek wil weer van hierdie geleentheid gebruik maak om ons
|
252 |
-
almal se diepe meegevoel te betuig teenoor die Regering en die mense van Haiti
|
253 |
-
met die enorme tragedie wat hulle getref het. Ons is bly dat ons reddingspanne
|
254 |
-
hulle kon gaan bystaan. Ek wil graag besondere erkenning verleen aan een
|
255 |
-
Suid-Afrikaner wat nooit huiwer om in tye van nood en rampe te help nie, en ons
|
256 |
-
help om die visie van 'n sorgsame gemeenskap te bevorder. Ons verwelkom vandag
|
257 |
-
dr Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers in hierdie huis. Om as gasheerland vir
|
258 |
-
die FIFA Wêreldbeker op te tree, maak van 2010 voorwaar 'n jaar van aksie. Ons
|
259 |
-
beplan reeds jare lank aan hierdie Wêreldbeker. Daar is nog net drie maande oor
|
260 |
-
voor hierdie geskiedkundige gebeurtenis plaasvind. En ons is vasberade om 'n
|
261 |
-
sukses daarvan te maak. Die nodige infrastruktuur, sekuriteit en logistieke
|
262 |
-
reëlings is alles gereed om 'n suksesvolle toernooi te verseker. As 'n nasie is
|
263 |
-
ons groot dankbaarheid verskuldig teenoor die 2010 Plaaslike Reëlingskomitee vir
|
264 |
-
hul uitstekende poging. Ons wens die voorsitter van die komitee, Irvin Khoza,
|
265 |
-
die Hoof Uitvoerende Beampte, Danny Jordaan, en die afrigter van Bafana Bafana,
|
266 |
-
Carlos Alberto Parreira, alles van die beste toe vir die volgende paar maande.
|
267 |
-
President Mandela het 'n sentrale rol gespeel om die land te help om die
|
268 |
-
gasheerregte vir hierdie groot geleentheid te wen. Ons moet dus tot sy eer 'n
|
269 |
-
sukses van die Wêreldbeker maak. Landsgenote, kom ons skaar ons ook agter ons
|
270 |
-
nasionale span, die Bafana Bafana. Die belangrikste is, wees in besit van julle
|
271 |
-
kaartjies, landsgenote! Kom ons koop almal betyds kaartjies sodat ons die
|
272 |
-
wedstryde kan bywoon. Wanneer ons vandag Madiba se vrylating gedenk, herverbind
|
273 |
-
ons onsself tot versoening, nasionale eenheid, nie-rassigheid en om 'n beter
|
274 |
-
toekoms vir ons as Suid-Afrikaners, swart en wit, te bou. Gedurende my lewe het
|
275 |
-
ek myself toegewy aan hierdie vryheidstryd van die mense van Afrika. Ek het
|
276 |
-
gestry teen blanke oorheersing en ek het gestry teen swart oorheersing. Ek het
|
277 |
-
die ideaal gekoester van 'n demokratiese en vrye samelewing, waarin almal in
|
278 |
-
harmonie saamleef met gelyke geleenthede. Dit is 'n ideaal waarvoor ek hoop om
|
279 |
-
te lewe en te bereik. Maar, as dit nodig sou wees, is dit 'n ideaal waarvoor ek
|
280 |
-
bereid is om te sterf. Besiel deur ons ikoon Madiba, is dit nou vir my 'n eer om
|
281 |
-
hierdie 2010-Staatsrede aan al ons helde en heldinne, besonge en onbesonge,
|
282 |
-
bekend en onbekend, op te dra. Kom ons werk saam om hierdie jaar van aksie 'n
|
283 |
-
suksesvolle jaar vir ons land te maak. Ons is ons status as demokrasie te danke
|
284 |
-
aan die mense van Suid-Afrika wat op 27 April 1994 vir die eerste keer
|
285 |
-
gesamentlik hul toekoms in hul eie hande geneem het. Met daardie eenvoudige dog
|
286 |
-
verreikende aksie om 'n kruisie te trek vir 'n regering vir al die mense van ons
|
287 |
-
land, het ons die rug gekeer op 'n verlede wat almal ontmens het. Daarom is dit
|
288 |
-
gepas om by hierdie geleentheid die 20ste herdenking te vier van die Verklaring
|
289 |
-
van die OAE se ad hoc-komitee vir Suidelike Afrika ten opsigte van die vraag oor
|
290 |
-
Suid-Afrika- algemeen bekend as die Harare Deklarasie. Daardie inisiatief het
|
291 |
-
die grondslag gelê vir wêreldwye konsensus deur die Verenigde Nasies oor die
|
292 |
-
benadering tot onderhandelinge in Suid-Afrika. In Suid-Afrika het dit ook die
|
293 |
-
inhoud van die 1989 Konferensie vir 'n Demokratiese Toekoms bepaal- wat
|
294 |
-
patriotte vanuit byna alle vlakke van die samelewing verenig het. Al hierdie
|
295 |
-
dinge het gelei tot die onderhandelingsproses wat uitgeloop het op ons eerste
|
296 |
-
demokratiese verkiesing in 1994. In hierdie opsig moet ons die oorlede president
|
297 |
-
van die African National Congress, Oliver Reginald Tambo, salueer vir dit wat hy
|
298 |
-
deur vastelands- en wêreldliggame geïnisieer en bekendgestel het en wat later 'n
|
299 |
-
kompas vir die vreedsame oplossing van die konflik in ons land sou word. Die
|
300 |
-
moedige stap om 'n raamwerk te ontwerp wat vrede en rekonsiliasie nagestreef
|
301 |
-
het, in plaas van oorlog en konflik, het eens en vir altyd die skyndaeraad van
|
302 |
-
'n 100 jaar tevore herroep, naamlik die sluiting in 1909 van die Nasionale
|
303 |
-
Konvensie, wat die vorming van die Unie van Suid-Afrika voorspel het. Alhoewel
|
304 |
-
daardie konvensie die territoriale integriteit van Suid-Afrika soos ons dit
|
305 |
-
vandag ken gedefinieer het, was dit gebaseer op rasse-onderdrukking en
|
306 |
-
-uitsluiting. En nou, 15 jaar na die aanvang van ons demokrasie, kan ons
|
307 |
-
bevestig dat die vrees, onsekerheid en weersin wat 100 jaar gelede 'n
|
308 |
-
eksklusiewe en bedrieglike vrede onder koloniale meesters geskep het, nie net
|
309 |
-
ongegrond was nie, maar ook waarlik misplaas was. Daardie vrese en onsekerhede
|
310 |
-
het gelei tot dekades van verset. In hierdie opsig salueer ons daardie dapper
|
311 |
-
seun van ons mense, Solomon Kalushi Mahlangu, wat 30 jaar gelede ter dood
|
312 |
-
veroordeel is met sy kop omhoog, in die trotse wete dat sy bloed die boom van
|
313 |
-
vryheid sou voed. Vergun my om aan Lucas Mahlangu, broer van Kalushi, wat die
|
314 |
-
Mahlangu-familie verteenwoordig, erkenning te gee. Solomon Mahlangu het die
|
315 |
-
tradisie van vergange krygsmanne voortgesit, onder meer diegene wat onder Koning
|
316 |
-
Cetshwayo geveg het en wat in 1879 die Britse weermag in Isandlwana oorwin het
|
317 |
-
ter verdediging van die vryheid van die inheemse mense van ons land en die
|
318 |
-
soewereiniteit van hul grond. In opleidingsentrums het daardie selfde
|
319 |
-
deursettingsvermoë massaverset aangevuur gedurende daardie koue winter ná die
|
320 |
-
verbanning van die vryheidstryd en die inhegtenisneming van meeste van die
|
321 |
-
senior leiers daarvan. 'n Groep moedige soldate het 40 jaar gelede weggebreek
|
322 |
-
van NUSAS om die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (Saso) te stig. Deel van
|
323 |
-
hierdie generasie was die vroeë leiers van Saso, wat die volgende persone
|
324 |
-
ingesluit het: Strini Moodley, Professor Barney Pityana, Steve Biko, Onkgopotse
|
325 |
-
Tiro, Harry Nengwekhulu, Themba Sono, Mapetla Mohapi, Mosioua Lekota, Johnny
|
326 |
-
Issel en Mthuli ka Shezi. Ons salueer hulle vir die hoop wat hulle gebring het
|
327 |
-
in 'n tyd van wanhoop. In hierdie opsig gee ons erkenning aan Onkgopotse Tiro se
|
328 |
-
neef, Pat Tlhagwana. In dieselfde asem moet ons ook erkenning gee aan die
|
329 |
-
oorlede Ephraim Mogale, die stigterspresident van die Kongres van
|
330 |
-
Suid-Afrikaanse Studente (Cosas) en andere 30 jaar gelede. In herinnering aan
|
331 |
-
hierdie studente van vervloë dae is daar 'n blywende boodskap, en die dors na
|
332 |
-
vryheid en kennis is nou selfs sterker ingeboesem by ons jeug. Die boodskap van
|
333 |
-
hul heldedade geld vandag nog net so duidelik as soveel jaar gelede, naamlik dat
|
334 |
-
ons saam die grense van geleenthede moet verken; dat ons inderdaad, soos die
|
335 |
-
Vryheidsmanifes dit stel, die "deure van geleerdheid en van kultuur" nog wyer
|
336 |
-
moet oopmaak! Ons onthou hierdie organisasies en leiers om die gees van hoop en
|
337 |
-
uithouvermoë te beklemtoon wat die demokratiese stryd geïnspireer het, selfs toe
|
338 |
-
alles treurig gelyk het; om die verantwoordelikheid te benadruk wat op ons
|
339 |
-
skouers rus, naamlik om die ideale waarvoor daar soveel opgeoffer is, te
|
340 |
-
bevorder; om te weier om te swig voor terugslae en ontberinge. En dus, Mevrou
|
341 |
-
die Speaker en Agbare Voorsitter, moet ons onsself afvra: hoe het ons dade die
|
342 |
-
afgelope 15 jaar, sedert die geboorte van ons demokrasie, die weg gebaan vir die
|
343 |
-
Suid-Afrikaanse samelewing se evolusie, en hoe het ons die saak van menslike
|
344 |
-
ontwikkeling en menswaardigheid sedert die 2004 demokratiese mandaat bevorder!
|
345 |
-
Vandag het ons 'n doeltreffende demokratiese stelsel, gebaseer op die beginsels
|
346 |
-
van deursigtigheid en openheid, met verskeie platforms vir openbare deelname en
|
347 |
-
onafhanklike instansies wat deur die Grondwet gelas is om demokrasie te
|
348 |
-
ondersteun. Deur die jare het ons voortdurend die regeringstrukture verbeter.
|
349 |
-
Ons het 'n stelsel van gesonde interregeringsverhoudings tussen alle sfere
|
350 |
-
opgebou, en integrasie binne en tussen hulle verbeter. Die Regering kan met reg
|
351 |
-
trots wees daarop dat ons die demografiese samestelling van die Staatsdiens
|
352 |
-
verander het, wat feitlik in alle opsigte die karakter van ons samelewing
|
353 |
-
weerspieël. Maar hoewel vroue omtrent 34% van alle senior poste in die
|
354 |
-
Staatsdiens beklee, is dit minder as die teiken vir gelykheid wat ons vir
|
355 |
-
onsself gestel het. In die nasionale en provinsiale wetgewers is daar
|
356 |
-
aanduidings dat ons nasie hierdie jaar die 32%-vlak van vroulike
|
357 |
-
verteenwoordiging sal oortref wat in 2004 bereik is, en hopelik selfs die 40%
|
358 |
-
wat in die 2006 plaaslike verkiesings bereik is. Ons hoop dat al die politieke
|
359 |
-
partye, terwyl hulle hul verkiesingslyste finaliseer, 'n bydrae sal maak tot
|
360 |
-
hierdie edele strewe! Alhoewel sekere vooruitgang gemaak is (naamlik 0,2%), is
|
361 |
-
die situasie minder indrukwekkend met betrekking tot mense met gebreke wat vir
|
362 |
-
die Regering werk, gemeet teen die 2%-teiken wat ons vir onsself gestel het. In
|
363 |
-
albei gevalle is die privaatsektor ver agter. Verskeie maatreëls is in plek
|
364 |
-
gestel om die doeltreffendheid van die Staatsdiens te verbeter, insluitend
|
365 |
-
finansiële bestuur, Thusong-dienssentrums en ander diensleweringsinisiatiewe,
|
366 |
-
izimbizo en, soos tans in die Departement van Binnelandse Sake, ferm leierskap.
|
367 |
-
Daar moet egter nog baie meer gedoen word om die dienskultuur en diensgerigtheid
|
368 |
-
van sommige staatsdiensamptenare te verbeter, veral diegene wat direk met die
|
369 |
-
publiek werk. Soos die agbare lede weet, het ons regering die geveg teen misdaad
|
370 |
-
een van ons hoof-fokusareas gemaak. Dit word onder meer weerspieël deur
|
371 |
-
wetgewing, reëls en regulasies vir sowel staatsamptenare as politieke
|
372 |
-
ampsbekleërs, vennootskappe met die burgerlike gemeenskap en
|
373 |
-
teenkorrupsie-blitslyne. Dit mag wees dat die stelsels vir die voorkoming en
|
374 |
-
straf van korrupsie steeds onvoldoende is, maar uit 'n regeringstelsel-oogpunt
|
375 |
-
kan ons troos vind in die feit dat meer as 70% van korrupsiesake waaroor in die
|
376 |
-
media berig word, openbaar gemaak word omdat die Regering die oortreding opgetel
|
377 |
-
het en inderwaarheid daarteen optree. Die privaatsektor het met dieselfde
|
378 |
-
uitdagings te kampe. Op die ou einde het die uitdagings net soveel met
|
379 |
-
regulering te doen as wat dit met konsekwente toepassing te doen het. Ek is
|
380 |
-
seker ons almal stem saam dat die welstand van ons samelewing grootliks afhang
|
381 |
-
van die vordering wat ons maak om die nasie se welvaart uit te bou en te
|
382 |
-
verseker dat die voordele van ekonomiese groei deur alle mense gedeel word. Dit
|
383 |
-
is algemene kennis dat Suid-Afrika, ná die ekonomiese stagnasie van die
|
384 |
-
laat-1980's en vroeë-1990's, die langste tydperk van volgehoue ekonomiese groei
|
385 |
-
beleef het sedert statistieke daaroor in 1940 vir die eerste keer aangeteken is.
|
386 |
-
In die Eerste Dekade van Vryheid het die ekonomie jaarliks gemiddeld met 3%
|
387 |
-
gegroei, en dit het verhoog tot 5% gemiddeld per jaar tussen 2004 tot 2007.
|
388 |
-
Terwyl die verbruikersbloeitydperk, aangevuur deur meer werksgeleenthede,
|
389 |
-
stygende inkomste en laer inflasie- en rentekoerse, in hierdie verband 'n rol
|
390 |
-
gespeel het, word ons bemoedig deur die breë spektrum geleenthede vir verdere
|
391 |
-
ontwikkeling in die toekoms. Dit sluit eerstens hoër beleggingskoerse in, beide
|
392 |
-
deur die openbare en privaatsektor. Wat dit betref, omtrent vyf jaar gelede het
|
393 |
-
ons gedraai by 16% van bruto vastekapitaalformasie as 'n persentasie van Bruto
|
394 |
-
Binnelandse Produk (BBP). Die groei in beleggings was so groot dat hierdie syfer
|
395 |
-
vandag 22% is, nader aan die 25% wat ons beoog het om eers in 2014 te verkry.
|
396 |
-
Dit is deels die gevolg van doelbewuste programme deur die Regering om openbare
|
397 |
-
infrastruktuur uit te brei. Dit is ook 'n gevolg van beleide om die klimaat vir
|
398 |
-
privaatsektor-beleggings te verbeter; en om fiskale en monetêre beleid so te
|
399 |
-
bestuur dat dit toegang tot dienste verbeter en die inflasielas verminder, en
|
400 |
-
terselfdertyd makro-ekonomiese stabiliteit en volhoubaarheid verseker. Die fokus
|
401 |
-
op mikro-ekonomiese hervorming gedurende die afgelope dekade, en veral die
|
402 |
-
pogings sedert 2004 om stelselmatig die magdom versperrings in die pad van groei
|
403 |
-
uit die weg te ruim, het 'n positiewe impak gehad. Dit is in hierdie konteks dat
|
404 |
-
die Inisiatief vir Versnelde en Gedeelde Groei (AsgiSA) geïmplementeer word, om
|
405 |
-
te verseker dat alle deurslaggewende blokkasies soos infrastruktuur-bottelnekke,
|
406 |
-
geïntegreerde nywerheidsbeleid en -programme, die vaardigheidstekort,
|
407 |
-
gereguleerde opeenhopings en ondoeltreffendheid van regeringsdienste op 'n
|
408 |
-
gefokusde en stelselmatige wyse aangespreek word. Ons ekonomie het meer
|
409 |
-
toeganklik geword, en sedert 1994 het dit gelyktydig meer geïntegreerd geraak in
|
410 |
-
die globale stelsel. Ons finansiële instellings is 'n kragtige voorbeeld wat ons
|
411 |
-
ietwat beskut het teen die wêreldwye ekonomiese storms. Tog is hul reikwydte in
|
412 |
-
ons samelewing ver onder verwagting. Ons ekonomie bly grotendeels afhanklik van
|
413 |
-
mynbou en landbou vir uitvoere. Buiten die privaatsektor is daar nog nie genoeg
|
414 |
-
uitbreiding van kritieke sektore nie, veral wat vervaardiging betref. Daarom is
|
415 |
-
die groeikoers van uitvoere nie so hoog soos in vergelykbare lande nie. Dit is
|
416 |
-
presies hierdie swakheid wat verantwoordelik is vir die groot negatiewe saldo
|
417 |
-
van die Lopende Rekening, veral in die tye toe ons hoër groei beleef het. En
|
418 |
-
omdat ons nie genoeg gespaar het nie, moes ons op korttermyn-kapitaalvloei
|
419 |
-
staatmaak om die tekort sowel as ons beleggingsprogramme te finansier. Dit is
|
420 |
-
die uitdagings wat ons land vir seker sal moet aanspreek op die pad vorentoe.
|
421 |
-
Van deurslaggewende belang is die vraag: waaroor behoort ekonomiese groei
|
422 |
-
eintlik te gaan? Welvaart word geskep om mense se lewenskwaliteit te verbeter.
|
423 |
-
Dus behoort die vraag of groei regverdig verdeel word 'n sentrale aspek van alle
|
424 |
-
ekonomiese oorwegings te wees. Wat belangrik is, is dat die voordele van groei
|
425 |
-
werkskepping moet insluit en moet verseker dat daar behoorlike werk is. Ons kan
|
426 |
-
inderdaad met trots meld dat die ekonomie tussen 1995 en 2003 ongeveer 1,5
|
427 |
-
miljoen netto nuwe werksgeleenthede geskep het en selfs meer merkwaardig,
|
428 |
-
omtrent 500 000 werksgeleenthede tussen 2004 en 2007. In die laasgenoemde
|
429 |
-
tydperk is daar vir die eerste keer sedert die aanbreek van demokrasie meer werk
|
430 |
-
geskep as die aantal mense wat die arbeidsmark betree het, wat die
|
431 |
-
werkloosheidskoers van 31% in 2003 tot 23% in 2007 laat daal het. Natuurlik moet
|
432 |
-
dit ons nie laat afsien van ons verpligting om die kwessie van die kwaliteit van
|
433 |
-
hierdie werke te bevraagteken nie, insluitend die regte en voordele wat werkers
|
434 |
-
geniet. Om die voordele van groei te deel sluit ook versnelde implementering van
|
435 |
-
regstellende aksie in, insluitend breë swart ekonomiese bemagtiging. Dit is nie
|
436 |
-
'n strewe na 'n sogenaamde rassistiese agenda nie. In werklikheid sal 'n land
|
437 |
-
wat nie die betrokkenheid van sy hele bevolking op alle vlakke van ekonomiese
|
438 |
-
aktiwiteit verseker nie, definitief ver onder sy ware potensiaal presteer. Die
|
439 |
-
feit dat die privaatsektor nie genoeg doen om die demografie van bestuurs- en
|
440 |
-
vaardigheidsberoepe in ondernemingsontwikkeling en so meer te verander nie, maak
|
441 |
-
van ons land deels 'n agtergeblewene in hoëgroei-aandele. Om in die voordele van
|
442 |
-
groei te deel beteken ook dat die Staat belastinggeld doeltreffend en billik
|
443 |
-
moet aanwend as 'n instrument om die las van voorsiening van openbare goedere te
|
444 |
-
herverdeel én te deel. Agbare lede sal bekend wees met meeste van die data oor
|
445 |
-
kwessies rakende maatskaplike dienste. Ek sal egter 'n paar voorbeelde opnoem om
|
446 |
-
weereens die aard van die vooruitgang wat ons al gemaak het en die uitdagings
|
447 |
-
wat ons nog in die gesig staar, uit te lig. Die Regering is pynlik bewus daarvan
|
448 |
-
dat volslae armoede nog steeds te wydverspreid in ons samelewing voorkom, en die
|
449 |
-
vlak van ongelykheid is te hoog. Ons het in die afgelope 15 jaar ons bes gedoen
|
450 |
-
om hierdie euwel deur maatskaplike dienste uit te roei. Eerstens het
|
451 |
-
geld-metrieke armoede aansienlik afgeneem sedert die eeuwisseling. Hierdie
|
452 |
-
afname is grootliks te danke aan 'n dramatiese uitbreiding van besteding op
|
453 |
-
maatskaplike toelae sedert 2002. Hierdie verbetering word weerspieël deur
|
454 |
-
toegang tot basiese dienste- 'n vinnige afname in bate-armoede het die afname in
|
455 |
-
geld-metrieke armoede voorafgegaan. Tweedens, alhoewel die afname in armoede
|
456 |
-
wesenlik was, het algehele ongelykheid gedurende die 1990s vermeerder. Derdens,
|
457 |
-
die dinamika onderliggend aan armoede- en ongelykheidsneigings bepaal die breë
|
458 |
-
beleidsuitkyk... Armoede het afgeneem sedert die oorgang, maar ongelykheid het
|
459 |
-
nie verbeter nie. In huishoudings met kinders (gedefinieer as diegene 17 jaar en
|
460 |
-
jonger), het die aantal huishoudings wat gemeld het dat 'n kind honger ly,
|
461 |
-
tussen 2002 en 2006 dramaties verminder (van net oor 31% tot 16%). Dit gee te
|
462 |
-
kenne dat die armoede-situasie opmerklik verbeter het, veral onder mense wat die
|
463 |
-
hoogste graad van welsynsontneming ervaar. Die voorkoms van honger kinders het
|
464 |
-
in vier jaar byna halveer. Hierdie waarnemings word inderdaad bevestig deur ons
|
465 |
-
eie navorsing, wat wys dat inkomste-armoede veral in swart- en
|
466 |
-
kleurling-gemeenskappe afgeneem het, deels as gevolg van laer vlakke van
|
467 |
-
werkloosheid en beter toegang tot maatskaplike toelaes. Terwyl die aantal
|
468 |
-
toelae-begunstigdes in 1999 2,5 miljoen was, het dit teen 2008 vermeerder tot
|
469 |
-
12,4 miljoen. Dit is grootliks te danke aan grootskaalse verbetering in toegang
|
470 |
-
tot die Kindersorg-toelae, wat vermeerder het van 34 000 begunstigdes in 1999
|
471 |
-
tot 8,1 miljoen in 2008. As gedeeltelike bydraer tot die inkomste van die armes,
|
472 |
-
is die teiken van een miljoen werksgeleenthede deur die Uitgebreide Openbare
|
473 |
-
Werke-Program in 2008 bereik, 'n jaar vroeër as beoog in die
|
474 |
-
2004-verkiesingsmandaat. Dit het die moontlikheid om die program uit te brei en
|
475 |
-
die kwaliteit daarvan te verhoog, aansienlik verbeter. Wat huishoudelike toegang
|
476 |
-
tot basiese dienste aanbetref, spreek die syfers vanself. Byvoorbeeld, toegang
|
477 |
-
tot drinkwater het van 62% in 1996 tot 88% in 2008 verbeter; asook tot
|
478 |
-
elektrisiteit (58% tot 72%); en sanitasie (52% tot 73%). Bewyse van maatskaplike
|
479 |
-
dienste kan ook gesien word in die reuse verbetering in toegang tot
|
480 |
-
primêregesondheidsorggeriewe. Altesaam 95% van Suid-Afrikaners leef nou nader as
|
481 |
-
vyf kilometer aan 'n gesondheidsfasiliteit, en ons is ingelig dat alle klinieke
|
482 |
-
nou toegang tot drinkwater het. Immunisasiedekking vir kinders het gelykmatig
|
483 |
-
verbeter tot omtrent 85%; en malaria-gevalle het dramaties afgeneem. Ons is ook
|
484 |
-
bemoedig dat navorsing oor die voorkoms van MIV stabilisasie 'n effense afname
|
485 |
-
in die tempo van infeksie toon. Ons antiretrovirale behandelingsprogramme is nie
|
486 |
-
net die grootste ter wêreld nie, maar dit brei ook voortdurend uit, met meer as
|
487 |
-
690 000 pasiënte wat al met antiretrovirale behandeling begin het sedert die
|
488 |
-
aanvang van die program. Tog het baie gesondheidsgeriewe nie altyd die nodige
|
489 |
-
medisyne, geskikte aantal personeellede en 'n bestendige voorsiening van basiese
|
490 |
-
dienste soos skoon lopende water en elektrisiteit nie. In sommige van hierdie
|
491 |
-
geriewe is die bestuur swak en die gesindheid van personeel moet verbeter. In
|
492 |
-
onderwys was daar 'n daling in die onderwyser-leerder-verhouding; amper
|
493 |
-
universele toegang met betrekking tot inskrywings op laerskoolvlak, en 'n
|
494 |
-
verbetering in die aantal leerlinge wat Wiskunde slaag, om 'n paar voorbeelde te
|
495 |
-
noem. Terselfdertyd is baie moeite gedoen om infrastruktuur in arm gebiede te
|
496 |
-
verbeter. Natuurlik weet ons dat die uitsakkoers, veral op sekondêre en tersiêre
|
497 |
-
vlak, onaanvaarbaar hoog is, en dat die onderwysstelsel nog die nodige
|
498 |
-
vaardighede moet voorsien wat deur die samelewing vereis word. Om aan te sluit
|
499 |
-
hierby, dui neigings in prestasie, beide vir onderwys en leer, 'n kommerwekkende
|
500 |
-
ooreenstemming met die sosiale verdeeldheid van die verlede. Ironies genoeg is
|
501 |
-
die infrastruktuur en administratiewe en onderwyservermoëns juis die minste
|
502 |
-
indrukwekkend waar onderwys die nodigste is om die siklus van armoede te verlig.
|
503 |
-
Die Regering se maatskaplike programme het die batebasis van arm mense verbeter,
|
504 |
-
in die vorm van behuising- met 2,6 miljoen gesubsidieerde huise wat voorsien is.
|
505 |
-
Natuurlik moet ons ook toegee dat die grondherverdelingsprogram en die
|
506 |
-
na-vestiging-ondersteuning vinniger en beter hanteer kon word. Oor die algemeen
|
507 |
-
is ons trots op die vordering van ons maatskaplike programme. Maar ons kan nie
|
508 |
-
tevrede wees met slegs kwantitatiewe verandering nie. Hetsy in onderwys,
|
509 |
-
gesondheid, behuising, water of sanitasie, die sentrale vraag waarmee ons elke
|
510 |
-
dag gekonfronteer word, is hoe om die kwaliteit van hierdie dienste te verbeter!
|
511 |
-
Ons het nog baie werk wat dit aanbetref. Die euwel van misdaad bly 'n hoofbron
|
512 |
-
van onsekerheid vir Suid-Afrikaners. Daar is daagliks, beide in arm en ryk
|
513 |
-
buurte, vrees vir die moontlikheid van 'n gewelddadig aanval. In openbare en
|
514 |
-
privaatinstansies is die moontlikheid van misdadige skemas wat hulpbronne uitwis
|
515 |
-
deur korrupsie altyd 'n bron van groot kommer. Die feit is dat die algehele
|
516 |
-
misdaadkoers, nadat dit in 2002 'n hoogtepunt bereik het, bestendig gedaal het.
|
517 |
-
Allerhande statistieke kan aangehaal word om dit te bevestig. Maar ons weet dat
|
518 |
-
die afname nie vinnig genoeg gebeur nie, nie eens teen die koers van 7% tot 10%
|
519 |
-
wat ons vir onsself in verskeie kontakmisdaadkategorieë gestel het nie. Die feit
|
520 |
-
dat voorvalle van gewelddadige inbrake in huise en besighede toegeneem het, en
|
521 |
-
dat misdaad teen vroue en kinders nie beduidend afgeneem het nie, is rede tot
|
522 |
-
groot kommer. Dit dui op swakhede in ons buurte, veral om bande van
|
523 |
-
gemeenskaplike solidariteit te bou wat ons sal help om misdaad te voorkom en te
|
524 |
-
bekamp. Dit dui op swakhede in die doeltreffendheid van die hofstelsel, beide
|
525 |
-
met betrekking tot tegniese en ander infrastruktuur en bestuur. Hierdie is die
|
526 |
-
kwessies wat nou aangespreek word deur omvattende veranderinge in die kriminele
|
527 |
-
regstelsel. Tog, as ons heeltemal eerlik wil wees, moet ons nie die feit uit die
|
528 |
-
oog verloor dat ons 'n stelsel beoordeel wat by verre meer legitimiteit geniet
|
529 |
-
as wat ons ooit tevore in ons land gehad het nie. Dit is te danke aan die
|
530 |
-
transformasie wat hierdie instansies ondergaan het betreffende hul doktrines,
|
531 |
-
gebaseer op 'n kultuur van menseregte, hul demografiese samestelling en hul
|
532 |
-
stelsels vir aanspreeklikheid. Maar ons moet onsself nie flous nie: soos op alle
|
533 |
-
maatskaplike gebiede, is sulke transformasie steeds in wording. Ons het nog 'n
|
534 |
-
ver pad om te gaan. Ek is seker dat die agbare lede sal saamstem dat die
|
535 |
-
menslikheid van ons demokratiese bedeling uitdrukking behoort te vind in die
|
536 |
-
mate waartoe ons aandag skenk aan die weerbaarste lede van ons samelewing. In
|
537 |
-
hierdie opsig het ons, deur wetgewing, internasionale konvensies, regulasies en
|
538 |
-
veldtogte, verseker dat daadwerklike pogings gemaak word om die toestande van
|
539 |
-
kinders, vroue, mense met gebreke en bejaardes te verbeter. Deur
|
540 |
-
bewusmakingsveldtogte en inderdaad as gevolg van die vennootskappe wat ons
|
541 |
-
gesluit het met organisasies wat hierdie kwesbare groepe verteenwoordig, het ons
|
542 |
-
bewustheid rondom die kwessies wat hulle beïnvloed verbeter; en toenemend die
|
543 |
-
belangrikheid van hierdie sake aangemoedig. Ons kan byvoorbeeld met trots getuig
|
544 |
-
dat huishoudings waar vroue aan die hoof staan 'n groter as gemiddelde deel van
|
545 |
-
die maatskaplike toelaes ontvang het, insluitend behuising en gesondheidsorg; en
|
546 |
-
dat van die suksesvolste programme dié rondom kinderimmunisasie en -voeding was.
|
547 |
-
Tog is toegang tot werksgeleenthede 'n swaar las op plattelandse vroue,
|
548 |
-
jeugdiges en mense met gebreke. MIV het die grootste impak op jong vroue. Geweld
|
549 |
-
teen vroue en kinders is ook heeltemal te hoog. Al hierdie dinge verg aandag in
|
550 |
-
die tyd wat kom. Dit is dan sommige van die vooruitgang wat die demokrasie
|
551 |
-
meegebring het, en die vordering wat die Regering gemaak het om aan die
|
552 |
-
verkiesingsmandaat te voldoen. Dit kan geensins ontken word dat die vooruitgang
|
553 |
-
sedert 1994 gemeet aan enige maatstaf indrukwekkend is nie. Maar daar is ook
|
554 |
-
geen twyfel dat daar nog baie uitdagings is nie. Ek het die lang pad na vryheid
|
555 |
-
geloop. Ek het probeer om nie struikel nie; ek het 'n paar misstappe langs die
|
556 |
-
pad gegee. Maar ek het die geheim ontdek dat, nadat jy 'n groot heuwel oorkom
|
557 |
-
het, vind jy daar is nog soveel ander heuwels om te klim. Ek het 'n oomblik
|
558 |
-
geneem om te rus, om vlugtig na die roemryke vista rondom my te kyk, om terug te
|
559 |
-
kyk oor die afstand wat ek al afgelê het. Maar ek kan net vir 'n oomblik rus,
|
560 |
-
want saam met vryheid kom verantwoordelikhede, en ek durf nie talm nie, want my
|
561 |
-
lang pad is nog nie verby nie. Oor 'n paar maande van nou af sal die mense van
|
562 |
-
ons land besluit wie se leierskap hulle verkies om die edel werk van hierdie
|
563 |
-
groot vryheidsvegter en ander stigters van ons demokrasie voort te sit. Terwyl
|
564 |
-
ons benaderings mag verskil, is die doelwitte waarvoor ons moet mik duidelik en
|
565 |
-
ondubbelsinnig uiteengesit in ons Grondwet: om 'n verenigde, nie-rassige,
|
566 |
-
nie-seksistiese, demokratiese en vooruitstrewende samelewing te skep wat 'n
|
567 |
-
positiewe bydrae lewer tot die skep van 'n beter wêreld. Ses jaar gelede het die
|
568 |
-
leiers van die mense bymekaargekom vir die Wêreldberaad oor Groei en
|
569 |
-
Ontwikkeling en ooreengekom oor die take wat ons moet uitvoer om die
|
570 |
-
lewenskwaliteit van Suid-Afrikaners te verbeter, spesifiek om werkloosheid en
|
571 |
-
armoede teen 2014 te halveer. Ek is oortuig daarvan dat Suid-Afrikaners sal
|
572 |
-
saamstem dat daar as deel hiervan en bykomend tot hierdie doelwitte 'n behoefte
|
573 |
-
is om die onderwysstelsel te verbeter; om doeltreffende, behoorlike en billike
|
574 |
-
gesondheidsorg te bied; om ons plattelandse gebiede te ontwikkel en
|
575 |
-
voedselsekuriteit te verseker; en om die geveg teen misdaad en korrupsie te
|
576 |
-
verskerp. Ek noem nie hierdie kwessies omdat hulle omvattend is of omdat ons
|
577 |
-
alle probleme in ons samelewing sal oplos as ons hulle identifiseer nie. Die
|
578 |
-
rede hoekom ek hulle noem is om die punt te beklemtoon dat Suid-Afrika nie 'n
|
579 |
-
gebrek aan ideale het nie. Ons uitdaging is om hierdie ideale om te skakel in
|
580 |
-
programme en projekte wat doeltreffend geïmplementeer kan word. Hierdie ideale
|
581 |
-
word deur die hele mensdom gedeel, soos dit weerspieël word in die Verenigde
|
582 |
-
Nasies se millennium ontwikkelingsdoelwitte. En tog word die mensdom vandag
|
583 |
-
gekonfronteer met die gevaar dat die bereiking van hierdie doelwitte nog vir
|
584 |
-
baie jare, indien nie dekades nie, uitgestel kan word weens die ekonomiese
|
585 |
-
krisis wat die wêreld oorval het. Wat oppervlakkig as 'n finansiële krisis
|
586 |
-
tussen 'n paar krediteure ontstaan het, het ontplof in 'n wêreldwye kredietnood,
|
587 |
-
met erge gevolge vir werklike produksie en handel. Ons kan die gulsigheid,
|
588 |
-
kortsigtigheid en sorgeloosheid van bestuurders van groot korporasies, wat die
|
589 |
-
krisis bespoedig het, blameer. Ons kan regeringsbeleide verdoem wat nie
|
590 |
-
behoedsaam was nie en toegelaat het dat die hebsug van ongereguleerde markte
|
591 |
-
verwoesting saai onder finansiële stelsels. Ons kan al hierdie dinge doen, en
|
592 |
-
ons sal heeltemal korrek wees. Maar tog is ons belangrikste en noodsaaklikste
|
593 |
-
taak om die algehele gevolge van hierdie verwikkelinge op ons eie ekonomie en
|
594 |
-
ons streek behoorlik te verstaan, en om antwoorde te vind wat die impak daarvan
|
595 |
-
sal beperk, veral op die kwesbaarste sektore van ons samelewing. Wat ons wel
|
596 |
-
weet, is dat ons land se regulerende omgewing en die teensikliese
|
597 |
-
begrotingsbeleide wat ons aanvaar het, gehelp het om die ergste impak van die
|
598 |
-
krisis te vermy. Maar ons is tog ten volle bewus dat die aanvraag na ons
|
599 |
-
uitvoere verminder omdat ons sterk in die wêreldekonomie geïntegreer is; dat
|
600 |
-
toegang tot finansies en kapitale invloei versleg het; dat laer aanvraag tot 'n
|
601 |
-
afskaal in produksie gelei het; dat die skep van werk negatief beïnvloed is en
|
602 |
-
dat personeelvermindering in sommige sektore 'n realiteit geword het. Hierdie
|
603 |
-
probleme het saamgeval met 'n tydperk waarin inflasie en rentekoerse steeds te
|
604 |
-
hoog was. Tesame voorspel hierdie dinge niks goed vir die inkomste wat ons nodig
|
605 |
-
het om die voorsiening van dienste uit te brei en om ons infrastruktuur-projekte
|
606 |
-
te implementeer nie. Daarom is ons gedwing om ons vooruitsigte met betrekking
|
607 |
-
tot groei en werkskepping af te skaal. Ons weet ook dat Suid-Afrika veel minder
|
608 |
-
geraak word as baie ander lande. Inderwaarheid kan Suid-Afrika en die res van
|
609 |
-
die kontinent steeds groei verwag, al is dit teen 'n stadiger koers, in 'n tyd
|
610 |
-
wanneer ander lande resessies ervaar of voorspel. In hierdie opsig, agbare lede,
|
611 |
-
is ek bly om te berig dat ons tydens die interaksie tussen Die Kantoor van die
|
612 |
-
President en leiers van verskeie maatskaplike vennote gesamentlik saamgestem het
|
613 |
-
om bemiddelings daar te stel wat die impak van die krisis op ons samelewing sal
|
614 |
-
beperk. Eerstens sal die Regering aanhou met openbare beleggingsprojekte,
|
615 |
-
waarvan die waarde vermeerder is na R690 biljoen oor die volgende drie jaar. In
|
616 |
-
hierdie opsig sal ons, waar nodig, kreatiewe maniere vind om fondse in te samel.
|
617 |
-
Dit sal ondersteuning van ons ontwikkelingsfinansieringsinstansies en
|
618 |
-
leningsfinansiering van internasionale agentskappe insluit, sowel as 'n
|
619 |
-
vennootskap met die privaatsektor en die aanwending van hulpbronne wat deur
|
620 |
-
werkers beheer word, soos pensioenfondse. Tweedens, sal ons
|
621 |
-
openbaresektor-werkskeppingsprogramme uitbrei. Aan die een kant sal planne
|
622 |
-
voortgaan om werksgeleenthede uit te brei in sektore soos gesondheid,
|
623 |
-
maatskaplike werk, onderwys en wetstoepassingsagentskappe. Aan die ander kant
|
624 |
-
sal ons die bekendstelling van die volgende fase van die Program vir Uitgebreide
|
625 |
-
Openbare Werke bespoedig. Derdens, sal versagtende aksies binne die
|
626 |
-
privaatsektor gedoen word om die buitensporige afname in belegging en onnodige
|
627 |
-
sluiting van produksielyne of -aanlegte teen te werk. Die Regering sal van sy
|
628 |
-
kant af nywerheidsfinansiering en aansporings aanpas om die uitdagings in
|
629 |
-
verskeie sektore beter te hanteer, en ook ontwikkelingsfinansieringsinstansies
|
630 |
-
aanmoedig om firmas te help wat onder die krisis gebuk gaan. Alternatiewe tot
|
631 |
-
afleggings sal ondersoek word, insluitend langer vakansies, langer
|
632 |
-
opleidingstye, korttyd en posdeling. Dit sal gekombineer word met die
|
633 |
-
bevordering van die Trots Suid-Afrikaanse-veldtog en fermer optrede teen
|
634 |
-
onwettige invoere. Vierdens, sal die Regering maatskaplike besteding handhaaf en
|
635 |
-
uitbrei, insluitend om toenemend die Kindersorgtoelae na kinders tot en met 18
|
636 |
-
jaar uit te brei en die ouderdom waarop mans geregtig is om ouderdomspensioen te
|
637 |
-
ontvang na 60 jaar verminder. Boonop sal ons die Maatskaplike
|
638 |
-
Noodverligting-toelae en voedselsekuriteit-maatreëls meer gereeld aanwend,
|
639 |
-
spesifiek om ook diegene te teiken wat nie deur die
|
640 |
-
Werkloosheidsversekeringsfonds gedek word nie of wie se voordele uitgeput is.
|
641 |
-
Ons sal ook aanhou om spesiale aandag te skenk aan die uitdaging van
|
642 |
-
anti-kompeterende gedrag deur sommige van ons korporasies. In hierdie opsig prys
|
643 |
-
ons die Kompetisiekommissie vir die ferm hand waarmee hulle verseker dat
|
644 |
-
oortreders aan die pen ry. Ons hoop egter dat die burgerlike gemeenskap hul eie
|
645 |
-
vlak van aktivisme sal verskerp om onder andere te verseker dat die voordeel
|
646 |
-
deur die samelewing gevoel sal word soos wat insetkoste afneem. Hierdie
|
647 |
-
onmiddellike maatreëls sal gelei word deur die beginsel van 'n teensikliese
|
648 |
-
fiskale beleid. Ons sal nogtans verseker dat die leningsvlakke van die Regering
|
649 |
-
versigtig en volhoubaar is. Dit impliseer ook 'n vinnige afname in
|
650 |
-
regeringskuldvlakke wanneer toestande weer 'n gunstige wending neem. Ons pogings
|
651 |
-
sal ook ingelig word deur die wete dat die maatreëls om die omgewing te beskerm
|
652 |
-
en om die impak van klimaatsverandering af te weer ook kan bydra tot
|
653 |
-
werkskepping. In beide die G20-vergaderings en ander interaksies met
|
654 |
-
multilaterale instansies het ons regering redes aangevoer vir toepaslike en
|
655 |
-
dringende ingrypings, veral ten opsigte van ontwikkelde lande waar die krisis
|
656 |
-
ontstaan het en waar dit die ergste gevoel word. Ons glo dat die tyd nou
|
657 |
-
aangebreek het om binnelandse regulasies en oorsigte oor die finansiële stelsel
|
658 |
-
te verstewig, maar ook dat strenger toesig oor en optrede op 'n wêreldwye skaal
|
659 |
-
onvermydelik en noodsaaklik geword het. Uiters belangrik is dat ons ook die
|
660 |
-
integriteit van die wêreldhandelstelsel moet beskerm, die huidige samesprekings
|
661 |
-
van die Doha-rondte moet voltooi en verseker dat ontwikkelingshulp nie afgeskaal
|
662 |
-
word nie. Die grootste les om uit hierdie ervaring te leer is dat ons sterker
|
663 |
-
vennootskappe tussen plaaslike en globale ekonomiese rolspelers nodig het, nie
|
664 |
-
net om die impak van die krisis te stuit nie, maar ook om maatreëls in plek te
|
665 |
-
stel wat 'n herhaling daarvan sal voorkom. In ons eie land sal ons al hierdie
|
666 |
-
dinge doen as deel van die proses om ons samelewing op 'n pad van hoër groei en
|
667 |
-
ontwikkeling te plaas. Dit gaan beteken dat dit effens langer gaan neem om 'n
|
668 |
-
hoër trajek te bereik. Maar ons twyfel nie dat dit wel een of ander tyd sal
|
669 |
-
aanbreek nie. In hierdie opsig sal dit uiters belangrik wees hoe ons die land
|
670 |
-
posisioneer om voordeel te trek uit die unieke geleenthede wat oor ons pad gekom
|
671 |
-
het. Ek verwys hier spesifiek na die FIFA-Wêreldbeker in 2010, sowel as die
|
672 |
-
Konfederasiebeker 'n paar maande van nou af. Byna al die projekte en planne is
|
673 |
-
voltooi of naby aan klaar- van stadions, vervoerinfrastruktuur,
|
674 |
-
veiligheidsmaatreëls, kwessies rondom akkommodasie, tot gesondheid- en
|
675 |
-
immigrasieplanne- wat die vertroue bevestig van die globale sokkerwêreld dat
|
676 |
-
hierdie 'n waarlik suksesvolle toernooi sal wees. En ons glo, ná vyf
|
677 |
-
agtereenvolgende oorwinnings, dat die nasionale sokkerspan nou met meer
|
678 |
-
selfvertroue voorberei om bo verwagting te presteer! Maar meer as dit, die ware
|
679 |
-
erfenis van hierdie skouspel sal ons vermoë wees om Suid-Afrikaanse en
|
680 |
-
Afrika-gasvryheid en medemenslikheid ten toon te stel- om eens en vir altyd die
|
681 |
-
persepsies oor ons land en ons kontinent in die oë van die wêreld te verander.
|
682 |
-
Dit gaan van ons afhang, en daar kan nie 'n prys daaraan geheg word nie! Ons wil
|
683 |
-
ook graag in hierdie opsig al ons sportspanne gelukwens wat Suid-Afrika se
|
684 |
-
strewe na uitnemendheid gedurende die afgelope jaar bevestig het. 'n Spesiale
|
685 |
-
woord van lof aan ons krieketspan wat die kruin van die wêreldranglys bereik
|
686 |
-
het. Ons is natuurlik ook die rugby-wêreldkampioene; Giniel de Villiers en sy
|
687 |
-
span het die Dakar-wedren gewen; ons paralimpiese atlete gee ons voortdurend 'n
|
688 |
-
rede om trots te voel; en ons onder-20-sokkerspan het heel goed gevaar in 'n
|
689 |
-
uiters kompeterende omgewing. Slegs twee weke gelede het Suid-Afrika saam met
|
690 |
-
Mali 'n deel van die argiewe voltooi om die antieke manuskripte van Timboektoe
|
691 |
-
te bewaar. Hierdie ryk erfenis dui op Afrika as die baken van wetenskap en
|
692 |
-
letterkunde, filosofie en handel, wat verbreek is deur die slawehandel en 'n
|
693 |
-
gejaag na Afrika se rykdom. Hierdie inisiatief kan ons aanspoor om saam te werk
|
694 |
-
met ander lande op ons vasteland en verderweg om die toestande van mense te
|
695 |
-
verbeter. Ons het inderdaad gedurende die afgelope 15 jaar nie 'n kans laat
|
696 |
-
verbygaan om te verseker dat Afrika die hernuwing beleef in wat eintlik die
|
697 |
-
Afrika-eeu moes wees nie. Stadig maar seker vorder ons vasteland na renaissance,
|
698 |
-
met die belange van ons mense wat bo-aan ons leiers se agenda is. Ons vasteland
|
699 |
-
wys die wêreld hoe hoop en deursettingsvermoë lyk. En dit is om hierdie rede, en
|
700 |
-
slegs om hierdie rede, dat ons aanhou om die mense van Zimbabwe te probeer help
|
701 |
-
om 'n blywende oplossing vir die krisis in daardie land te vind. Ons wil graag
|
702 |
-
in hierdie verband al die partye in Zimbabwe gelukwens met die onderhandelinge
|
703 |
-
wat hulle aangegaan het, met die uiteindelike prys wat nog altyd die wens van
|
704 |
-
die mense van daardie land en die subkontinent as 'n geheel was, naamlik 'n
|
705 |
-
stabiele en wettige regering wat die uitdagings wat deur die mense in die gesig
|
706 |
-
gestaar word, wil aanspreek. Ons is opreg bemoedig dat die Zimbabwiese Parlement
|
707 |
-
gister Wysiging 19 van die Grondwet aanvaar het, wat die basis vorm vir die
|
708 |
-
implementering van 'n inklusiewe regering. Spesiale vermelding moet in hierdie
|
709 |
-
opsig gemaak word van die SAOG-fasiliteerder, voormalige President Thabo Mbeki,
|
710 |
-
en die span wat onvermoeid en geduldig gehelp het om die proses suksesvol te
|
711 |
-
voltooi. Nou kan die heropbouwerk in erns begin, en Suid-Afrika is gereed om te
|
712 |
-
help waar ons kan. In hierdie opsig is daar 'n dringende behoefte om die
|
713 |
-
menseregte-krisis in daardie land te help aanspreek. Ons is vol vertroue dat die
|
714 |
-
internasionale gemeenskap, omdat hulle omgee, saam met die mense van Zimbabwe
|
715 |
-
sal werk om 'n nuwe pad vorentoe oop te maak. Ongeag die stampe en stote wat
|
716 |
-
klaarblyklik die vordering van die mense van die Demokratiese Republiek van
|
717 |
-
Kongo (DRK) op hul pad na stabiliteit en vooruitgang karakteriseer, is dit ook
|
718 |
-
bemoedigend dat vooruitgang daar gemaak word. Die vennootskap wat die afgelope
|
719 |
-
tyd ontstaan het tussen die leierskorps van die DRK en Ruanda beloof vooruitgang
|
720 |
-
in die toekoms rakende sake soos veiligheid en die hantering van die
|
721 |
-
menseregte-krisis; maar hopelik ook ten opsigte van politieke dialoog. Op
|
722 |
-
dieselfde wyse sal ons aanhou om saam met ander lande en die Afrika-Unie te werk
|
723 |
-
om hierdie doelwitte in Burundi, Soedan, Westelike Sahara, die Ivoorkus, Somalia
|
724 |
-
en elders na te streef. Soos verskeie verwikkelinge tydens die afgelope paar
|
725 |
-
maande bewys het, sal Suid-Afrika die voorreg as voorsitter van die SAOG gebruik
|
726 |
-
om hierdie noodsaaklike streeksinstansie te versterk, met spesifieke klem op die
|
727 |
-
implementering van beraadsbesluite en die versterking van strategiese
|
728 |
-
streeksamehang. Terselfdertyd wil ons ook SAOG se interaksie met die
|
729 |
-
Gemeenskapsmark vir Oos- en Suider-Afrika (COMESA) en die Oos-Afrika Gemeenskap
|
730 |
-
(OAG) verbeter. Hierdie inisiatiewe sal onderneem word ten einde die
|
731 |
-
diepgrondige verhoudings wat ons binne die Suider Afrikaanse Doeane-Unie geniet.
|
732 |
-
te versterk eerder as te verswak. Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak
|
733 |
-
om die mense en leierskorps van Zambië, Ghana en die Verenigde State van Amerika
|
734 |
-
geluk te wens met verkiesings wat simbolies die nougesette grense van hul lande
|
735 |
-
oorgesteek het. Ons sal altyd poog om samewerking met hierdie en ander lande te
|
736 |
-
versterk ten einde die mensdom tot voordeel te strek. Ons is bevoorreg om
|
737 |
-
hierdie jaar die einde van die eerste dekade van ons diplomatiese verhouding met
|
738 |
-
China te vier. Deur die jare het dit duideliker as ooit geraak dat hierdie
|
739 |
-
vennootskap baie wedersydse voordele inhou. Ons wil ook graag weereens ons
|
740 |
-
verbintenis bevestig aan die noue bande wat ons met Brazil en Indië gevorm het
|
741 |
-
deur die IBSA; en ook die versterking van bande wat ons land gesmee het met
|
742 |
-
Rusland en lande in Asië, die Midde-Ooste, sowel as Latyn- en Noord-Amerika. Ons
|
743 |
-
het al op vele geleenthede ons kommer uitgespreek oor die volharding van konflik
|
744 |
-
in die Midde-Ooste oor die algemeen, en spesifiek in Israel en Palestina. Ons
|
745 |
-
afgryse met die onlangse eskalasie van die konflik en massiewe lewensverlies van
|
746 |
-
veral burgerlikes- insluitend kinders, vroue en bejaardes- kan nie in woorde
|
747 |
-
uitgedruk word nie. Daar is geen regverdiging vir sodanige dade van moedswillige
|
748 |
-
vernietiging en wreedheid nie. Dit word stadig maar seker sterker, en dit word
|
749 |
-
ondersteun deur 'n Grondwet wat nêrens ter wêreld geëwenaar kan word nie. Die
|
750 |
-
krag van ons politieke verbintenis tydens hierdie tyd van die verkiesingstryd-
|
751 |
-
wat ons almal saamstem waardig en vredevol moet afloop- is inderdaad die beste
|
752 |
-
waarborg van die volgehoue oorlewing en verdieping van ons demokrasie. Dit is
|
753 |
-
Suid-Afrika se mense wat die land se vooruitgang verseker; en dit is hulle wat
|
754 |
-
ons demokrasie sal verseker in die jare wat voorlê. Vergun my, Mevrou die
|
755 |
-
Speaker en Voorsitter, om op hierdie noot alle stemgeregtigde Suid-Afrikaners
|
756 |
-
aan te spoor om te registreer en te stem in die komende nasionale en plaaslike
|
757 |
-
verkiesings sodat ons self die toekoms kan bepaal. Dit kan elke werksdag by die
|
758 |
-
munisipale kantore gedoen word tot tyd en wyl die kieserslys afgesluit word.
|
759 |
-
Maar ons moet ook gebruik maak van die spesiale registrasie-naweek wat deur die
|
760 |
-
Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (die OVK) gereël is, naamlik môre en
|
761 |
-
Sondag, onderskeidelik die 7de en 8ste Februarie. Ek wil ook van die geleentheid
|
762 |
-
gebruik maak om te sê dat ek oor die volgende paar dae samesprekings met die
|
763 |
-
Verkiesingskommissie en die provinsiale premiers sal hê en die datum van die
|
764 |
-
verkiesing sal aankondig.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|