text
stringlengths
42
10.1k
id
stringlengths
38
49
fw_edu_score
int64
-1
5
As daar een waarheid is wat die Nuwe Testament in sy lesers se harte wil ingrafeer, is dit dat Christus persoonlik, liggaaamlik en histories opgestaan het uit die dood. Een van die mees triomfante verse in die ganse Bybel is Mk 16:6: "Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie." Al vier die Evangelies beskryf dit uitvoerig. In Handelinge is dit reg van die begin af keer op keer aan die hart van die apostels se prediking (vgl. o.a. Hd 2:29-32; 3:15; 5:30). Dis geen wonder nie, want hulle het uitdruklik opdrag gehad om daarvan te getuig (Lk 24:46-48) en het dit duidelik as 'n absolute prioriteit verstaan. Toe 'n opvolger vir Judas Iskariot aangewys moes word, is sy taak en kwalifikasie in soveel woorde uitgespel: hy moes 'n oog- en oorgetuie van Jesus se lewe en werk wees; en van alles wat hy beleef het, moes hy veral van die opstanding gaan getuig (Hd 1:21-22). In die apostoliese brieue kom die opstanding weer en weer ter sprake en die heilsbetekenis daarvan word puntenerig uitgewerk. Sonder twyfel het die apostels van 'n persoonlike, liggaaamlike en historiese opstanding getuig - en dit saam met kruis en pinkster as die essensie van die evangelië beskou. MODERNISTIESE BESKOUINGS Ten spyte van die Nuwe Testament se klinkklare getuienis, herdefinieer talle modernistiese teoloë vandag die opstanding van Christus - alles in 'n poging om van die bonatuurlike in die Christelike geloof te ontkom. Volgens hulle het Hy nie persoonlik, liggaaamlik en histories opgestaan nie, maar bloot in die harte, herinneringe en toegewyde lewens van die vroeë kerk. Dit is, sê hulle, soos 'n Verdi wat steeds op die operaverhoë van die wêreld voortleeft. Hierdie standpunt neem ook onrusbarend in Suid-Afrika toe en word al hoe meer openlik verkondig, soos talle denominasies die begeerte en vermoeë om leertug toe te pas, verloor. Tog is die man in die bank beswaarlik daarvan bewus, omdat hierdie mense steeds Bybelse woorde gebruik en naiewe kerkgangers nie besef dat 'n ander inhoud daaraan gegee word nie. Op die oor af klink alles dus regstinnig, maar iemand wat --- 1. Hy het 'n verheerlikte liggaaam gehad, maar 'n werkelike liggaaam. Die dissipels kon hulle hande in Sy wonde streek en Hy het geëet (Jn 20:27; Lk 24: 41-43). Antipas Herout No 7 : Die opstanding van Jesus Christus weet waarna om te luister, kan die slang in die gras bespeur deur te let op wat nie gepreek word nie. **WAAROM SO BELANGRIK?** Daar is veral 3 redes waarom dit lewensbelangrik is dat Jesus Christus persoonlik, liggaaamlik en histories opgestaan het - en ons dit so preek en glo. *Eerstens is dit die onomstootlike bevestiging van Jesus Christus se persoonlike aansprake.* Sonder blik of bloos het Hy in die dae van Sy vernedering talle verbysterende aansprake gemaak. Hoeveel maal het Hy nie gesê dat Hy die Seun van God en God die Seun is; dat Hy die Messias en vervulling van die Ou Testamentiese profesieë is; dat Hy die Regter van die wêreld is nie? Sou hierdie aansprake nie waar wees nie, is niks wat Hy gesê het betroubaar nie, allermins Sy beloftes. Trouens, dit sou moeilik wees om Hom nie as 'n verstreure te beskou nie. Op aarde was Sy aansprake inderdaad deur talle asemrowende tekens en wonders bevestig. Maar dan word Hy gekruisig - en almal twyfel. Was dit die einde van net nog 'n mal man se groothedswaan? Sekerlik was dit van die Emmausgangers se worstelgedagtes: "Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos" (Lk 24:21). Maar op die derde dag het die grootste en finaalste van alle tekens waar geword! Dit is presies wat Hy lank tevore belowe het (Jh 2:18-22). Sy opstanding was die absolute bevestiging van Sy hemelse gesag en sending. Presies dit is wat die Emmausgangers verstaan het en waarom hulle die hele 12 kilometer terug Jerusalem toe gehardloop het: "Die Here het regtig opgestaan ..." (Luk 24:34). Hulle het die implikasies verstaan: *Hy is presies wie en wat Hy gesê het Hy is!* *Tweedens is dit die onfeilbare waarborg dat Jesus Christus se middelaarswerk ter wille van sondaars, volkome deur die Vader aanvaar is.* Is daar regtig vir my versoening gedoen? Kan ek regtig die dood en wat daarop volg met vertroue tegemoet gaan? Die Nuwe Testament se antwoord is onomwonde: As jy in Christus ingevlug het, inderdaad! Waarom? Christus het opgestaan! Die Jode het eeuwe gewag vir die Messias, "... die uitverkorene van God ..." (Lk 23:35). Ten spyte van die volk se aanvanklike opgewondenheid oor Jesus van Nasaret, het hulle algaande ontrugter geraak, omdat Hy nie 'n nuwe politieke bedeling volgens hulle verwagtinge gebring het nie. Die kruising, as teken van God se vervloeking (Dt 21:23), is dan vir hulle die laaste strooi. Tog, as hulle Hom spottend uitdaag om van die kruis af te kom (Lk 23:35-36), sit daar waarskynlik ook nog 'n sprankie hoop in. Sou Hy nie dalk op hierdie dramatiese oomblik met 'n goddelike kragtoer kom nie? Maar Hy sterf! *Die opstanding is egter God se uitverkiesende handeling.* Dit, meer as enigiets anders, is die Vader se proklamering dat die Seun Sy reddingsmissie na hierdie wêreld volmaak voltooi het (Ro 1:4; Hd 17:31). Alle eise van geregtigheid is bevredig - die uitverkorenes is onomkeerbaar losgekoop! *Sonder die opstanding het ons geen versekering dat Christus se werk enige gewig by God dra nie.* *Derdens was dit Jesus Christus se toetrede tot 'n volgende, absoluut noodsaklike fase van Sy verlossingswerk.* Terwyl die regsbasis vir gelowiges se verlossing finaal afgehandeld daargestel is aan die kruis, sal die uitwerk daarvan eers met hulle heerlikmaking voltooid wees. Met laasgenoemde werk bly Christus in Sy verheerlikte staat steeds besig. Hoe werk Hy dit uit wat hier op aarde uitstaande is? Hy doen dit deur die werk van die Heilige Gees! (Hd 2:32-36). Die Nuwe Testament is vol hiervan. Christus is in al Sy hoedanighede met hierdie werk besig. As *Profeet* is Hy Here van die oes, wat werkers in die oes uitstuur om die evangelië aan alle nasies te verkondig (Mt 9:36-38). As *Priester* tree Hy vir die gelowiges by die Vader in, ten einde hulle in *volkommenheid* in (Grieks) te red (Hb 7:25. Vgl. ook Jes 53:12; Ro 8:34; Hb 9:24; 1Jn 2:1). As *Koning* onderwerp Hy Sy vyande en oordeel Hy hulle eendaag (Hd 17:30-31; 1Kor 15:24-28; Ef 1:20-23). Elke Christen weet die Here moes sterf sodat mense gered kan word, maar *hoeveel besef dat dit net so noodsaklik was dat Hy weer moes léwe!* SONDER DIE OPSTANDING IS ALLES TEVERGEEFS In 1 Kor 15:12-19 werk Paulus die implikasies uit indien Christus nie sou opgestaan het nie (v. 14,17). In die lig van bg. is sy skokkende gevolgtrekkings waterdig. Alles draai hier om: het Christus régtig opgestaan? Die apostels se prediking sou sonder inhoud en gevolglik
bf35796a-4c78-4738-b4f5-2dba4266df46-0
1
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V1 NOVEMBER 2012 GAUTENG Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye. PUNTE: 120 TYD: 2½ uur 2 NSS (Gauteng) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings. (20) 2. Lees die instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae. STANLEY SE NUWE HART KLOP WARM VIR DIE LEWE 1. Stanley Henkeman (53) het eers ʼn hartaanval en toe ʼn hartoorplanting oorleef. Dit het hom anders oor die lewe laat dink. Hy is nou ʼn atleet wat aan wêreldkompetisies deelneem. 2. Stanley was ʼn hoërskoolonderwyser van Muizenberg, buite Kaapstad. Hy was op ʼn staptog by Swellendam saam met sy seun, Luke, en twee ander seuns, toe hy tien jaar gelede ʼn hartaanval gehad het. 3. "Binne die eerste uur het ek begin sweet. Ek het pyne in my bors gekry. Toe begin ek opgooi. Die veldwagter het my na die hospitaal toe geneem," vertel Stanley. By die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad het die dokters vir hom gesê dat ʼn deel van sy hart baie skade opgedoen het. 4. Stanley kon nie verstaan waarom hy ʼn hartaanval gekry het nie omdat hy baie fiks was en hard geoefen het. Stanley se pa was baie gesond, maar sy oupa het ook ʼn hartaanval gehad. 5. Die jaar na die hartaanval was baie moeilik vir Stanley. Wanneer hy oefeninge gedoen het, het hy opgegooi of flou geword. Hy was so moeg dat hy nie eers 20 treë kon loop nie. 6. Stanley moes ʼn nuwe hart kry, maar daar was nie ʼn hart beskikbaar nie. Sy naam is op die skenkerslys geplaas en hy moes wag vir ʼn skenker. Na ʼn jaar het hy ʼn oproep gekry. Die dokter het hom laat weet dat daar ʼn hart was om oor te plant. 4 7. Hy is dadelik na Christiaan Barnard-gedenkhospitaal geneem. Die operasie het ses uur geduur. Na die operasie was hy baie bly dat hy nog geleef het en dat hy weer maklik kon asemhaal. 8. Stanley het skuldig gevoel om iemand anders se hart te kry. Hy het geweet iemand het doodgegaan om die hart vir hom te gee. Later het hy uitgevind dit was ʼn jong man se hart. Die jong man wat in Port Elizabeth gebly het, is in ʼn motorongeluk dood. 9. Stanley se nuwe hart het na die operasie warm geklop. Hy kon weer aan sport deelneem. Hy sê: "Almal wat die artikel lees, moet daaraan dink om ʼn orgaanskenker te word. Hulle kan soveel lewens red." [Verwerk uit Huisgenoot , 3 November 2011] 5 NSS (Gauteng) TEKS B: INFORMATIEWE TEKS Lees die informatiewe teks hieronder en beantwoord die vrae. [Verwerk uit Beeld , 19 Oktober 2011] 7 NSS (Gauteng) AFDELING B: OPSOMMING TEKS C VRAAG 2: DIE SIMBOLIEK VAN KLEUR * Som die simboliek van verskillende kleure in SEWE sinne op. * Nommer die sinne van 1 tot 7. * Skryf die stappe PUNTSGEWYS neer. * Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie. * Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan. ROOI GROEN Rooi is een van die primêre kleure en ook die kleur van bloed. Dit is ʼn gewilde kleur om op Valentynsdag te dra. Rooi is ʼn teken van liefde. Groen is die kleur vir groei. Die mens se oog is gewoond aan hierdie kleur in die natuur. Bome is mos groen in die lente. Blare wat dus nie groen is nie, is dood. ORANJE Wat maak ʼn vuurtjie so gesellig? Dit is die kleur van die vlamme wat so warm en hartlik is. Om hierdie rede is oranje die kleur wat gebruik word om vuur voor te stel. GEEL BLOU Geel straal vriendelikheid uit. Hierdie kleur is die ideale kleur om te dra op dae wat jy nie goed voel nie, want geel help om ʼn mens se gees op te hef. Op die kleurwiel lê blou tussen groen en indigo. Op ʼn sonnige dag is die hemel helder blou. Blou stel rustigheid voor. SWART WIT Swart is die kleur wat in baie kulture gebruik word om te rou. Wanneer iemand in een van daardie kulture sou sterf, dra die mense swart klere as teken van hulle hartseer. Wit is ʼn teken van vrede. Wit duiwe word baie keer vrygelaat wanneer mense ophou baklei of lande na ʼn oorlog besluit om nie meer te veg nie. [Verwerk uit Vrouekeur, 28 Oktober 2011] 8 AFDELING C: TAAL VRAAG 3: WOORDSTRUKTURE TEKS D: STROKIESPRENT Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae. * Skryf net die vraagnommer en die KORREKTE antwoord neer. * Al die antwoorde in hierdie vraag moet KORREK gespel word. 3.1 Gee die korrekte VERKLEININGSVORM van die woord tussen hakies. Sarah is ʼn klein (dogter) en sy leer baie hard. 3.2 Gee die MANLIKE VORM van die woord tussen hakies. Sarah se (tante) studeer aan ʼn universiteit. 3.3 Gee die VERGROTENDE TRAP VAN VERGELYKING van die woord tussen hakies. Sarah is (mooi) as haar suster. 3.4 Vorm die korrekte SAMESTELLING van die woord tussen hakies. Sarah se (tennis + skoene) is onder die tafel. 3.5 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD uit die woorde tussen hakies. Sarah het al (haar/sy/hom) boeke op die tafel gelos. 9 NSS (Gauteng) (1) (1) (1) (1) 3.6 Gee die korrekte VORM VAN DIE WOORD tussen hakies. 3.18 Kies die korrekte spelling van die WOORD tussen hakies. Sarah wil graag (volgende jaar/volgendejaar) verder studeer. 3.19 Kies die korrekte WOORD tussen hakies. Die onderwyseres (help/hulp) Sarah met haar beplanning. 3.20 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. Sarah het haar eie (penne, skryfpapier, potlode) gebruik in die eksamen. VRAAG 4: SINSTRUKTURE TEKS E Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae. Skryf elke keer die hele sin uit. [Uit: LO Vandag Graad 10 ]
600225f9-caba-478a-b88e-6aba03292f32-0
3
REGTE VAN DIE BESTUUR Die Bestuur sal toesien dat die dienste van geskikte persone as beoordelaars verkry word. Die Bestuur het die reg: 1 om te bepaal of 'n optrede voor die publiek sal plaasvind of nie; 2 om in alle geskille wat mag ontstaan, 'n uitspraak te lewer wat as beslissend deur alle partye beskou moet word. 3 Alleenlik komiteelede mag die beoordelaar voor, gedurende of na afloop van optredes spreek. LW: Geen ouer of kind 4 Beoordelaars mag nie hul eie studente beoordeel nie. 5 Beoordelaars se beslissing is finaal maar volgens die reëls van die Kempton Park Eisteddfod. 6 Alle werk moet in goeie smaak en gepas wees om aangehoor te word deur gehore van alle ouderdomme. Die Bestuur behou die reg voor om enige ongepaste optrede te diskwalifiseer. INSKRYWING 1. Inskrywing word aanlyn gedoen. 2. Die Eisteddfod neem geen verantwoordelikheid om enige inskrywings te doen of na te gaan nie. BELANGRIK 1. Aan die einde van 'n dag sal die afdelingshoof net tot 15 minute na die programtyd nog beskikbaar wees. 2. Herdruk van sertifikate sal slegs volgens die diskresie van die bestuur gedoen word teen 'n koste van R50 per sertifikaat. 3. Versoeke vir herdrukke moet die bestuur voor die laaste dag van die Eisteddfod program bereik. 4. Die bestuur behou die reg voor om toekennings vereistes aan te pas. POWERS OF THE COMMITTEE The Committee will ensure that the services of capable adjudicators are acquired. The Committee has the right: 1 to decide whether a performance will take place in public; 2 to make a decision which must be regarded as final, by all parties concerned, whenever differences of opinion arise. 3 Only members of the committee may address an adjudicator before, during or after performances. NB: No parent or child 4 Adjudicators may not adjudicate their own students. 5 The adjudicator's decision is final and binding but in accordance to the rules of Kempton Park Eisteddfod. 6 All performances must be of good quality and taste and suitable for audiences of all ages. The Committee reserves the right to disqualify any inappropriate performance. ENTRY 1. Entires are done online. 2. The Eisteddfod accepts no responsibility for doing or checking entries. IMPORTANT 1. At the end of a day, a section head will only be available for 15 minutes after the time indicated on the program. 2. Certificates will only be reprinted according to the discretion of the committee and at a cost of R50 per certificate. 3. Requests for reprints must reach the committee before the last day of the Eisteddfod program. 4. The committee reserves the right to amend award
023549aa-2ad9-4725-9c23-b5da6e134e3a-0
1
Self-Liefde Kan self-liefde die basis wees vir liefde tot God en jou naaste? Een van die oorsake van eensaamheid en depressie, vorms van psigiese nood, is volgens baie mense gebrek aan liefde vir en aanvaarding van jouself. Daarom word self-liefde in sommige (selfs Christelike) hulpverleningskringe beskou as 'n manier om hierdie psigiese nood te verlig: self-liefde as die basis vir naasteliefde. Daar is selfs 'n gebod tot eie-liefde. En met behulp van terapieë kan jy leer om jouself lief te hê. Hierdie situasie roep die vraag op: is self-liefde regtig nodig vir naasteliefde? Oor hierdie vraag het die Christelik Gereformeerde prof. J.W. Maris 'n bydrae geskryf. Maris beskou eie-liefde nie as 'n opdrag nie. Dit is 'n gegewe feit wat nie veroordeel word nie, maar wat ook nie los gesien kan word van dit wat deur die sonde in ons lewe aangerig is, nie. Die Bybel beskou die liefde vir jouself as 'n sondige liefde (2 Timoteus 3: 2). Jou naaste liefhê soos jouself Dit is opvallend dat Christelike hulpverleners eie-liefde sien as medikasie teen depressie deur 'n beroep op die dubbelgebod te doen. Die eerste en groot gebod is: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart; en die tweede gebod wat hiermee gelyk staan is: jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Sonder self-liefde sou jy jou naaste nie kan liefhê soos jouself nie, word daar gesê. Daarmee is self-liefde die onmisbare voorwaarde vir die naasteliefde. So word self-liefde die een saak wat al die ander gebooie van naasteliefde voorafgaan. Die vraag is dus: word eie-liefde in die dubbelgebod as 'n gesonde en genesende krag geleer? Dit is duidelik dat daar nie drie nie, maar twee gebooie in die samevatting van die wet is. In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat. Die tweede gebod is nie om jou naaste lief te hê en jouself nie, maar jou naaste lief te hê soos jouself. Die gebooie is aan die mens gerig wat die beeld van God verloor het, wat van nature God en sy naaste haat, geneig is tot alle kwaad (Romeine 3:9-18); wat die splinter elders ontdek maar die balk in eie oë nie raaksien nie; wat die tiende gee van die kruisement, anys en koljander, maar die weduwee en die weeskind kaal uittrek. Om dit volgens Calvyn te sê: die liefde tot onsself maak dat ons ander mense verag en verwerp, maak dat ons wreed is en 'n bron van gierigheid, roof en bedrog is. Die eie-liefde is nie nodig om aangeleer te word nie, maar is aangebore. Eie-liefde moet in opregte liefde verander word. Hierdie self-liefde kan dus nie die basis vir naasteliefde wees nie, maar moet deur die bloed en die Gees van Christus oorwin word. As iemand nou depressief gemaak is deur hom of haar te laat streef na 'n totaal onbereikbare ideaal; as iemand so met sweep en lat opgejaag is tot onmoontlike eise, dat hy of sy daardeur geleer het dat jy nie deur God of jou ouers of vriende aanvaar word as jy nie volmaak is nie, wat gebeur dan? Sal die eie-liefde dan die sleutel tot die oplossing of die medisyne tot herstel wees? Is dit nie die hele evangelie wat hier in gedrang is nie, nl. dat jy jou verlossing buite jouself in Christus Jesus soek? As ek glo dat ek deur 'n ware geloof in Jesus Christus geregverdig is, en dat al kla my gewete my aan dat ek swaar teen God gesondig het, God my nogtans die geregtigheid en heiligheid van Christus gee – hoe pas dit in by hierdie leer van die eie-liefde? En omgekeerd? Is die heerlike van die evangelie nie juis dat selfs die eie-liefde geen voorwaarde vir die verlossing is nie? Daar is troos vir depressiewe mense nog voordat hulle genees word! Om iemand te leer streef na 'n absoluut onbereikbare ideaal, iemand met sweep en lat op te jaag tot onmoontlike eise, is mos geheel en al wettisisties. Dit is 'n harde, koue en wrede wet sonder liefde. Mens kan dit ook anders stel: dit is die naasteliefde wat hier ontbreek . So word die wet losgemaak van die liefde en die belofte van Christus en verander ook daardeur van karakter. In so 'n situasie is eie-liefde nie die regte medikasie nie, maar om te leer van die liefde van God vir sondaars, die liefde van Christus wat nie Homself gesoek het nie, maar homself vir sondaars aan die kruis oorgegee het. En 'n mens kan ook leer uit die liefde van opregte Christene wat in navolging van Christus nie hulleself eerste gestel het nie, maar van jou hou sonder enige voorwaardes. Afkeer van jouself? Maar, sal hulpverleners miskien sê, ons word te veel gekonfronteer met mense wat 'n afkeer van hulleself het, sodat hulle in die mees diepe depressies selfs tot selfvernieting sou kon oorgaan. Daar bestaan inderdaad sieklike selfhaat en die hulpverleners wil tereg ons oë daarvoor oopmaak. Daarom pleit baie vir selfaanvaarding, 'n gesonde eie-liefde - laat mense toe om weer van hulself te hou. In hierdie verband het ek meermale daarvoor gepleit om duidelik te onderskei tussen 'selfaanvaarding' en 'self-liefde'. 'n Meisie moet byvoorbeeld leer om haarself as meisie en vrou te aanvaar, hoe moeilik dit soms ook al mag wees. En dit geld natuurlik ook vir 'n seun. Die daad van 'selfaanvaarding' moet jy onderskei van dit wat ons hierbo bespreek het van die 'self-liefde'. Tog moet ons ook meer oor hierdie selfaanvaarding sê. Dit bly maar 'n bleek en skraal woord, ook nie so 'n duidelike woord. 'n Mens aanvaar immers nie jouself nie, maar God se gawe aan jou, en God se weg met jou. Wie is dit wat ons geslag, ons ouderdom, afkoms en talente bepaal? Ons bely God se voorsienigheid. God wat in ewige liefde mense na sy beeld skep en herskep, onderhou en regeer. En dan mag ons probeer leer om God se wyse beskikkings en liefdevolle bestuur te aanvaar, ook soos dit tot uiting kom in iemand se geslag, afkoms en talente. Is dit nie wonderlik as selfveragting en selfafwysing dan plek maak vir selfaanvaarding en selfaanneming nie? Maar dit is iets wat ons moet leer. God die Vader hou van jou en sorg vir jou in alle groot en klein dinge - selfs vir die hare van jou hoof. Hoekom sou jy dan nie jou hare was en borsel nie? Ons is in onsself nie die verlossing werd nie; ons verdien deur die sonde God se vloek en die ewige dood. Onverdiende saligheid het ek van my God gekry. Ons is deur Christus gekoop en betaal. Ons waarde gaan nie aan die lyding en dood van Christus vooraf nie, maar is die vrug daarvan. Ons waarde word nie bepaal deur onsself nie, maar deur die feit dat God ons geskep en Christus sy lewe vir ons gegee het. Daarom is ons dood kosbaar in die oë van die Here (Psalm 116). Wat 'n groot liefde van ons Heiland en van sy Gees! Die Heilige Gees kom woon in ons liggaam en laat die vrug van sy Gees in ons ryp word. Ouers mag sekerlik hul kinders ook aanprys en goeie werke beloon! (vgl. Romeine 13: 13, 1 Petrus 2: 14; Spreuke). Die liefde gee blydskap aan die kinderlike geloofslewe en dra ons deur ons depressiwiteit. Maar leer die formulier van die Heilige Nagmaal ons nie dat ons 'n afkeer van onsself moet hê nie? Nee, dis nie hoe die formulier dit vir ons leer nie. Vanweë sy sonde sal iemand 'n afkeer van homself kry en hom voor God verootmoedig (vgl. Ook art. 15 NGB). Hoe ernstig die sonde is blyk hieruit: nie alleen afkeer van die sonde nie, maar ook vanweë die sonde afkeer van onsself.
8c7ec5e9-6a69-45cb-9c86-d939f7440b6c-0
1
O. Channing • P. Hanekom • G. Kleynhans I. Kritzinger • J. Swanepoel Studiegids Via Afrika Afrikaans Huistaal Graad 12 Via Afrika Publishers Our Teachers. Our Future. 40 Heerengracht, Kaapstad, 8001 Posbus 5197, Kaapstad, 8000 www.viaafrika.com ISBN: 978-1-41543-662-2 Eerste uitgawe Eerste druk Maart 2012 © Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring en herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie. Inhoud AFDELING 1 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal ................................................................. 4 AFDELING 2 HERSIENING: LUISTER EN PRAAT .................................................................................................. 16 AFDELING 3 HERSIENING: LEES EN KYK ............................................................................................................. 21 AFDELING 4 HERSIENING: SKRYF EN AANBIED ................................................................................................... 33 AFDELING 5 HERSIENING: GEïNTEGREERDE TAAL .............................................................................................. 54 AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTELLE VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS ............................................................................ 87 MEMORANDUM VRAESTEL 1: TAAL IN KONTEKS .................................................. 93 VRAESTEL 3: SKRYF .................................................................................................... 95 Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Jy het in die vorige afdeling goeie algemene studiewenke gekry. Hierdie afdeling bevat spesifieke wenke wat vakgerig is vir Afrikaans Huistaal. Afrikaans Huistaal bestaan uit 4 verskillende komponente of fokusse en word ook daarvolgens geassesseer: 1. Luister en praat 2. Lees en kyk 3. Skryf en aanbied 4. Taalstrukture en -konvensies Elkeen van hierdie komponente het belangrike aspekte waarop jy moet fokus om sukses te behaal: **Luister en praat** (Sien Afdeling 2 vir volledige hersiening oor hierdie komponent/fokus.) Hierdie afdeling word hoofsaaklik tydens die deurlopende assessering deur die jaar geassesseer. Daarom is dit baie belangrik dat jy elke opdrag of taak na die beste van jou vermoeë uitvoer. **Luister** Jou luistervaardighede sal ten opsigte van die volgende geassesseer word: - Kan jy vir spesifieke inligting luister? - Kan jy luister om krities te ontleed en te evaluateer? - Kan jy waardering toon ten opsigte van dit waarna jy luister? Om vir spesifieke inligting te luister, moet jy besik oor die volgende basiese vaardighede om: - die boodskap van die teks te onderskei - begrip te hê vir nuanses ten opsigte van die manier waarop woorde gebruik word - tussen hoof- en ondersteunende gedagtes te onderskei - verskille aan te toon en inligting te vergelyk - betekenisse te vertolk - verbande raak te sien en afleidings te maak ten opsigte van die inhoud. Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Wanneer jy inhoud krities moet ontleed en evalueer, moet jy spesifiek vir die volgende luister: - Watter inhoud is feite en watter is menings. - Watter soort taal word gebruik: oorredings-, gevoels- of manipulerende taal? - Jy moet partydigheid, vooroordeel en stereotipering kan herken. - Jy moet die styl en register van die teks kan identifiseer. - Jy moet kan identifiseer watter spesifieke woordkeuses en taalgebruik gebruik word. Luister vir waardering behels die volgende vaardighede: - Begrip vir die verhouding tussen taal en kultuur. - Toepaslike reaksies in kommunikasiesituasies. - Begrip vir gebare, oogkontak en liggaaamstaal. Assessering van jou luistervaardighede vorm uiteindelik deel van Vraestel 4. Dit tel 15 van die 50 punte. Hierdie is maklike punte om te verdien as jy die luisteroefeninge/luistertoets reg aanpak. Wenke: - Moenie net op name, spesifieke datums of gebeure fokus nie. Dit is ook belangrik, maar nie die enigste soort vrae wat jy sal moet beantwoord nie. - Let op die soort taal wat gebruik word, die woordkeuses, die doel en algehele betekenis van die hele teks. - Jy moet ook jou eie afleidings kan maak en die inhoud kan evalueer. - Uit bogenoemde is dit dus duidelik dat jy nie bloot feite moet teruggee in ’n luistertoets nie, maar ook die inhoud moet kan interpreteer. Praat Om gemaklik voor en met ander te kan praat, is ’n belangrike lewensvaardigheid om te bemeeester. Dit is belangrik om jou vrees vir mondeling te oorkom. Daar is niks om voor bang te wees nie. Onthou net, hoe deegliker jy voorberei is, hoe makliker sal dit wees en hoe meer selfvertroue sal jy hê. Om goed voor te berei, moet jy die volgende stappe in die praatproses volg: 1. beplanning, navorsing en organisering 2. voorbereiding 3. aanbieding 1. Beplanning, navorsing en organisering Jy moet jou mondeling vooraf baie goed beplan. As jy dit klaar beplan het, kan jy deeglike navorsing doen oor die onderwerp en die inligting in jou aanbieding organiseer. Jy moet ook in hierdie eerste stap van die praatproses let op die gepaste register, praatstil en die gebruik van toepaslike taal. Kritiese taalbewustheid en die uitdrukking van waardes en houdings is ook belangrik. Gebruik bronne soos woordeboeke vir effektiewe woordeskat en beplan ook die gebruik van hulpmiddels om jou aanbieding meer interessant te maak. 2. Voorbereiding Wanneer jou mondelinge aanbieding deeglik beplan en goed nagevors is, moet jy jouself baie goed voorberei om dit aan te bied – dit is die wenresep vir enige suksesvolle aanbieding! Wanneer die inhoud goed aan jou bekend is, sal jy dit met selfvertroue kan aanbied. 3. Aanbieding Jy moet die volgende vaardighede bemeester in jou aanbieding van ’n mondelinge opdrag: - Praat direk met die gehoor: maak oogkontak en gebruik gepaste verbale en nie-verbale tegnieke, soos die korrekte stemtoon, volume, frasering, gesiguitdrukkings en gebare. - Verwys in jou aanbieding na die verskillende bronne wat jy gebruik het. - Gebruik gepaste aanspreekvorme en herhalings soos “Dames en here” en “Ek wil beklemtoon dat …” - Bied ’n duidelike argument aan en bewys jou standpunt deur verskillende gepaste bewyse en motiverings te gebruik wat geldig en relevant is. Van die belangrikste mondelinge opdragte wat jy hierdie jaar onder die knie moet kry, is die volgende: - voorbereide toespraak - onvoorbereide toespraak - onderhoud - bekendstelling van ’n spreker - bedankings - paneelbesprekings - gesprekvoering - debat. Jou formele assesseringsstake vir mondeling in Graad 10 bestaan uit die volgende: 1 luisteroefening = 15 punte 2 voorbereide toesprake [2 x 10] = 20 punte 1 onvoorbereide toespraak = 15 punte Totaal: 50 punte Wenke vir prestasie in Afrikaans Huistaal Lees en kyk (Sien Afdeling 3 vir volledige hersiening oor hierdie komponent/fokus.) Hierdie afdeling bestaan uit 2 dele: - Nie-literêre tekste - Begripstoets - Opsomming - Literêre tekste - Poësie - Drama - Roman Die leesproses bestaan uit 3 fases: 1. **Pre-lees** In hierdie fase sal die
f5463099-a357-434e-b7de-61657542dc89-0
2
11 Skryf die eerste sin van die leesstuk oor sodat die betekenis van die sin geheel en al die teenoorgestelde sal wees. Begin met: Dit het geen ... (2) **TOTAAL: 15** **VOORBEELDVRAESTEL 1: EINDJAAREKSAMEN** **AFDELING 2: LETTERKUNDE** [TYD: 2 UUR] Soos met die halfjaareksamen, word hier slegs op die ongesteene gedig gefokus. **AFDELING A: POESIE** **Vraag 1: Ongesteene gedig** Bestudeer die onderstaande gedig sorgvuldig en beantwoord daarna die daaropvolgende vrae: --- **Rekenskap** | Jaarrede | eksamens op kampus | |----------|---------------------| | | jakarandatyd | | Geleidelik, nou, saai dit koskuskamers liggipoeoi | |---------------------------------------------------| | touie trolies stasie toe — skulfiel | | stil studente bestek neem | | van gedane dosse boeke en sake | | Kennis opgeloen | | Asook Acts in die meeste gevalle wat kort na Krismis gaan deweg sy pond Vleis vou es | | 5 | 10 | 15 | --- **Teks 2** ‘n Veer in haar hoed 1 Wie coö al dit kwytgemaak het dat vroue dier swakker geslag is, moet weer gaan drink. Ek het die storie van dr. Helena Krüger in die Julie/Augustus-uitgawe van Taalgehoor oor en oor gelees en elke keer breed geglimag. Hoe trots voel ek nie om ook ’n vrou te wees nie! Ek drink elke maand ’n veer in haar hoed. Hierdie dame se hoed steek. Om ’n meestergraad in risiko te verwet, erf dit boonop ’n laude te doen, sit nie sommer in Engelse land nie. (G) maak sy al haar studies haar en gaan man se sek kinders groot, tam die Comrades-marathon en beleef die middernagson in Antarctica eenstydse. Danke vir die ongeloflike verhaal van inspirasie. Ek is seker elke vrou is nou genietweerd om. 10 Ook haar die dronk na te streed – selfs al sy tans is ’n husbyma. 12 Verduidelik in jou eie woorde wat die uitdrukking: “’n veer in haar hoed” beteken. 13 Geen die teenoorgestelde van “versehands” (teel 8). 14 Gebruik “inspirasie” (teel 9) as ’n werkwoord in ’n ander sin. 15 Geen die betekenis van “cum laude” (teel 6). 16 In die laaste sin is ’n moed voorbeeld van ’n noodgeesne Skryf dit meer. 17 a Wat beteken die spreekwoord: “sit nie in eintegrendt se broeke nie” (teel 6)? b Skryf ’n idioom neer waarin die woord “broek” ook voorkom wat beteken dat ’n vrou baas speel oor haar man. c Wat beteken die ditoms: “Hets aan jou broek voek?” 18 Skryf die haste-sin in die verleden tyd oor. Begin jou sin met: Ek was sekur dat... 19 Skryf die wederkerende voornaamwoord uit reël 7/veer. --- **VAN PRÉVOST VAN DER MERWE VERSEISIE, 2000** 1 Die titel van die gedig sluit op twee maniere aan by die inhoud van die gedig. Van watter twee dinge moet die studente rekenstap gee? 2 Met watter tyd val die jaarendeeksamen saam? 3 Waar woord in strofe 2 toon ’n verband met die woord “kampus” in strofe 7? 4 Toon die alliterasie in reël 6 aan deur dit allitererende klankte te onderskep. 5 a Wat word met “beghooi” in regel 5 bedoel? b Met watter betekenis praat hets ons hier te make? c Op watter wyss word daar in die laaste strofe na die sonmyds losbandige lewe van die studente verwys? d Kan ’n mens sê dat die gedig eindlik op ’n ironiese noot afsluit? GROOTOTAAL: 30 TOTAAL: 15 TOTAAL: 10 AFDELING 6 VOORBEELDVRAESTEL 1: EINDJAAREKSAMEN AFDELING A: OPSTEL Vraag 1 • Kies een van die onderstaande opdragte en skryf ’n gespel van 300 – 350 woorde daaroor. • Jy moet jou skryfstuk beplan en bewys van beplanning en redigering gee. • Jy moet jou skryfstuk minstens een keer rediger voordat jy dit finaal oorskryf, maar jy mag dit meer kere rediger as jy dit so verkees en die tyd dit toelaat. • Dui jou finale produkt duidelik aan met die volgende opskrif: Vraag 2: Finaal, asook ’n aanduiding van jou keuse, byvoorbeeld: 2.1 1 Skryf ’n vriendeskrabie brief aan jou ouers waarin jy hulle probeer oortig dat julle nie na Australië moet emigreer nie. OF Vraag 1: Ongesiesse gedig Bestudeer die gedig “Rekenskap” en voer dan die onderstaande opdrag uit. Skryf ’n goed gestruktureerde opset van 180 – 200 woorde waarin jy verduidelik: • wat die betekenis die titel kan wees; • hoe die titel en die inhoud van die gedig bymekaar aansluit; • wat die taal in strofe gebruik word en hoe funksioneel dit is; en • wat die tonie in die laaste strofe opgesluit is. AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE Vraag 2 • Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 2 skryfstukke van 180 – 200 woorde elk daaron. • Jy moet jou skryfstuk beplan en bewys van beplanning en redigering gee. • Jy moet jou skryfstuk minstens een keer rediger voordat jy dit finaal oorskryf, maar jy mag dit meer kere rediger as jy dit so verkees en die tyd dit toelaat. • Dui jou finale produkt duidelik aan met die volgende opskrif: Vraag 2: Finaal, asook ’n aanduiding van jou keuse, byvoorbeeld: 2.1 1 Skryf ’n vriendeskrabie brief aan jou ouers waarin jy hulle probeer oortig dat julle nie na Australië moet emigreer nie. OF 2. Skryf ’n beroep vir jou skoolkoerant oor: Die Mnr. en Mev. [Gebruik jou skool se naam] staan. OF 3 Skryf ’n formele brief aan die metropolistis waarin jy kapasie maak teen die metropoliese regering om leegdaaiwels en ander verkeersoorreders op ons land se padle was te vat. OF 4 Jy en jou vriend/vriendin het besluit dat dit beter sal wees as elkeen liewer sy/haar eie padlejie loop. Skryf ’n dialoog tussen julle neer. OF 5 Jy moet tydens die saalopening ’n toespraak lewer om namens die leerders afseid te neem van een van die ganseling onderwyser wat julle skool gaan verlaat om ’n bevorderingspos by ’n ander skool te aanvaar. Skryf jou toespraak neer. OF 6 Skryf ’n resensie aan jou skoolkoerant oor die afgepoee musieproduksie wat deur jou skool opgevoer is. Verwyse in jou resensie na die volgende: • Die roerbedeling • Die dekor en kostuums • Die klank en kense van musiek • Die choreografie • Die aanbeveling TOTAAL AFDELING B: 59 GROOTTOTTAAL: 100
f5463099-a357-434e-b7de-61657542dc89-1
3
Ons wag en vertrou op die Here vir… die uitbou van ons Omgeebediening Wag op die Here! Augustus 2022 Sinodale deurkollekte: Barmhartigheid Vergadering 6 13 20
67b17d21-982c-4081-9b80-6bb16ead8baf-0
1
Hierdie hoofstuk word in sy geheel gewy aan die aspekte van owerheidsverhoudinge in Suid-Afrika. In vorige hoofstukke is daar by wyse van voorbeeld enkele aspekte van verhoudinge in die Republiek aangehaal. Waar die Suid-Afrikaanse situasie nou afsonderlik bespreek word, mag daar moontlik 'n mate van herhaling voorkom. Die Zuid-Afrikawet, 1909, is gegiet in 'n unitêre staatsvorm. As inleiding tot hierdie hoofstuk word die stigting van die destydse Unie van Suid-Afrika kortliks in oënskou geneem, veral met betrekking tot die redes wat geleë het tot die uiteindelike keuse van 'n unitêre bo 'n federale staatsvorm. 6.1 HISTORIESE PERSPEKTIEF 6.1.1 Nasionale Konvensie In die twee jaar voordat die Nasionale Konvensie in 1908 in Durban gehou is, waar die vier kolonies, naamlik Transvaal, die Vrystaat, Kaapland en Natal bymekaar sou kom om die moontlikhede van unifikasie te bespreek, het die moontlike keuse van 'n federale of unitêre staatsvorm vir die beoogde nuwe staat wye belangstelling geniet en bykans wêreldwye bespreking uitgelok (vgl. Thompson, 1960). Van die bekendste geskrifte wat in Suid-Afrika die lig gesien het, het 'n lywige dokument van die Central News Agency, getiteld "The Government of South Africa" (1908) onbevooroordeeld die administratiewe implikasies van federale en unitêre staatsvorme bespreek. Aan die ander kant het die bekende Olive Schreiner haar in 'n lang betoog in "The Transvaal Leader" in Oktober 1908 ten gunste van 'n federale staatsvorm uitgespreek (Schreiner, 1961). Sy het onder andere aangevoer dat die diversiteit van die gebiede en die verskil- lende tradisies en geskiedenis van elkeen nie bevorderlik sou wees vir 'n unitêre staatsvorm nie. Die grondslag van haar keuse van 'n federale staatsvorm het daarin bestaan dat sy van mening was dat 'n federale staat die konsepsie van individuele vryhede beter sou pas, omdat die onderskeie afsonderlike dele in 'n unitêre staat in die geheel opgeneem sou word met die gevolglike verlies van individuele vryheid. Die Nasionale Konvensie het op 12 Oktober 1908 te Durban begin en het geduur tot 5 November van daardie jaar. Op die tweede dag reeds het John X. Merriman van Kaapland en Jan Smuts van Transvaal die kwessie van die konstitusionele vorm voor die konvensie gelê, en albei sprekers was sterk ingestel op 'n unitêre staatsvorm vir Suid-Afrika (Thompson, 1960: 187). Merriman het sy saak gestel deur pogings om die federale stelsel in diskrediet te bring, en het voorbeelde van "ongewenste" toestande in twee federale state, naamlik Amerika en Australië, aangehaal om sy argumente te staaf. Smuts het ook sterk argumente voorgelê ten gunste van 'n unitêre staatsvorm. Hy het aangevoer dat die nuwe staat op onderlinge vertroue gefundeer moes word, en dat die kolonies derhalwe in 'n unitêre staatsvorm saamgevoeg moes word. Federalisme sou 'n onbuigsame konstitusie tot gevolg hê, en finale seggenskap oor die gemeenskap sou by die regters van 'n hof berus in plaas van by die verteenwoordigers van die gemeenskap. As unie sou die land as 'n ekonomiese eenheid bedryf kon word, en die Naturelle vraagstuk sou op 'n een- vormige wyse aangepak kon word. Hy was egter versigting om nie die kolonies af te skrik nie, en het sy betoog aangevul met beloftes dat identifiseerbare en definitiewe magte aan die "provinssies" in die konstitusie toegesê sou word. Die Vrystaat (Steyn) het sterk ondersteuning vir Smuts en Merriman uitgespreek. Natal het aanvanklik weerstand gebied maak ook uiteindelik, na 'n referendum aldaar, toegestem tot 'n unitêre staatsvorm. Op 11 Mei 1909 is die grondwetlike voorstelle in Bloemfontein afgerond en na Londen deurgestuur vir finalisering en afkondiging as 'n Britse wet. 6.1.2 Grondwet van 1909 Die Zuid-Afrikawet, 1909, is deur en deur 'n unitêre grondwet waardeur die vier voormalige kolonies in 'n unie saamgevoeg is onder 'n enkele soewereine owerheid. Toegewings wat gemaak is ten opsigte van funksieverdeling tussen die sentrale owerheid en die provinsies, word deur sommige vertolk as van federale aard, en daar word na die konstitusie verwys as van kwasi-federale aard (South Africa, 1978: 135). Hierdie benadering is egter foutief, aangesien die soewereine oppergesag van die parlement duidelik in die wet gestel word. Funksieverdeling impliseer nie magsverdeling nie, en die mag het in die parle- ment gesetel. Die Zuid-Afrikawet het voorsiening gemaak vir drie vertikale verhoudingsvlakke, naamlik sentraal, provinsiaal (die vier kolonies) en plaaslik (wat onder die gesag van die provinsies ingedeel is). Voorsiening is ook gemaak vir drie horisontale verhoudingsvlakke, naamlik 'n wetgewende gesag (die parlement), 'n uitvoerende gesag (die kabinet) en 'n regsprekende gesag (die howe). Dit is van belang om te let op 'n bepaalde verhoudingsituasie wat in die 1909-Grondwet neergelê is. Die Zuid-Afrikawet is opgestel vir die Unieparlement, wat aan die Britse parlement ondergeskik was (Wiechers, 1967: 484), groten-deels as gevolg van die *Britse Colonial Laws Validity Act*, waarvolgens koloniale wetgewing aan Britse goedkeuring onderhewig was. Hoewel Suid-Afrika later dominium-status verkry het, en sy wette nie meer aan Britse gesag onderworpe was nie, het die Britse verbinding eers finaal met die afkondiging van die 1961-Grondwet verdwyn. Dit is ook van belang om te let op verhoudinge tussen die wetgewende en die regsprekende gesag. Met die afkondiging van die 1909-Grondwet is die regsprekende gesag geskep om alle regsaangeleenthede in Suid-Afrika te hanter. Die howe het dientengevolge by geleentheid ook uitspraak gelewer oor wetgewing van die parlement. 'n Keerpunt in die verhoudinge het egter gekom met die Harris-saak (kyk Wiechers, 1967: 503) waar die howe uitspraak *teen* die regering gelewer het oor 'n aangeleentheid wat vir die regering van fundamentele belang was. Die gevolg hiervan was die aanname deur die parlement van Wet 9 van 1956, waarvolgens (art. 2) geen gereghof in die toekoms bevoeg sou wees om onderzoek in te stel na of uitspraak te lewer oor 'n wet wat deur die parlement aangeneem is nie. Die bekende "verskanste klousules" oor die amptelike tale is uitgesluit van hierdie bepaling (Wiechers, 1967: 520). Deur die aanname van hierdie wet het die wetgewer ook ten opsigte van regspraak sy absolute soewereine gesag laat geld. ### 6.1.3 Grondwet van 1961 Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1961 (Wet 32 van 1961) is afgekondig om die Republiek tot stand te bring, nadat Suid-Afrika besluit het om die Statebond te verlaat. Hierdeur is die Britse verbinding met Suid-Afrika finaal verbreek, in teenstelling met die 1909-Grondwet waarvolgens Suid-Afrika onderhorigheid aan Brittanje verskuldig was. Die vertikale
<urn:uuid:1b557706-fd5d-4b04-ba7f-6b36379fbcf7>-0
1
| 104 | | Term | Page | |-------------------------------------------|------| | Stadstate | 2 | | Subsidies | 20 | | Swart Nasionale State | 153 | | Swartes | 125 | | Wet op Groepsgebiede | 123 | | Wet op Streeksdiensterade | 85 | | Zuid-Afrikawet, 1909 | 121 | | TBVC-lande | 159 | | Technocratic politics | 27 | | Transkei | 156 | | Unitêre staatsvorm | 108 | | Venda | 156 | | Verdediging, Dept. van | 38 | | Verenigde Nasies | 149 | | Vereniging van Staatsamptenare | 27 | | Vennootskap | 100 | | Verenigde Munisipale Bestuur | 18, 130 | | Verhoudingsintensiteit | 63, 65, 72, 94, 95, 103, 156 | | Verkiesings | 45 | | Verteenwoordigende regering | 2 | | Waardes | 45 | | oordeel van | 57 | | relativisme van | 57 | | voorkoms van | 67 | | Werkprosedures | 28, 138 | | Wet op Bantoe-owerhede | 155 | | Wet op Burgerlike Beskerming | 38 | | Wet op Besoldiging van Stadsklerke | 130, 133 | | Wet op die Bevordering van Bantoeself-bestuur | 155 | | Wet op die Bevordering van Plaaslike Owerheidsaangeleenthede | 54, 56, 97, 133 | | Wet op die Finansiering van die Inkomsterekenings | 136 | | Wet op die Komitee van die Staats-president oor Nasionale Prioriteite | 60, 73, 136 | | Wet op Finansiële Verhoudings | 19, 134 | | Wet op Gesondheid | 15 | Jan Hattingh, voormalige stadsklerk van Sandton, is tans Professor Extraordinaire aan die Universiteit van Suid-Afrika, alwaar hy tussen 1962 en 1973 die grade B. Admin, Hons. B. Admin (met lof), M. Admin, en D. Admin verwerf het. Gedurende sy jare diens as munisipale amptenaar was hy vir 'n aantal jare verkose lid van die uitvoerende komitee van die Munisipale Vereniging van Transvaal, en ook tussen 1979 en 1982 agtereenvolgens onderpresident en president van die Instituut van Stadsklerke van Suidelike Afrika, waarvan hy in 1986 tot lewenslange erelid verkies is. Hy het ook in 1981 en 1982 sitting gehad op die bekende Croeser-werkgroep wat ondersoek ingestel het na die finansiële posisies van plaaslike owerhede in Suid-Afrika. Verskeie artikels het reeds in vaktydskrifte onder sy naam verskyn. Die skrywer wend in hierdie boek 'n daadwerklike poging aan om weg te beweeg van die starre formalistiese, pragmatiese en kontekstuele benaderings tot die studie van owerheidsverhoudinge waaraan dit reeds sedert die veertigerjare in tydskrifartikels in die Republiek gekenmerk word. Vir die eerste keer word daar 'n teoretiese onderbou vir die studie van die problematiek van hierdie baie belangrike onderwerp aangebied, en word die student sowel as die praktisyen in staat gestel om die manifestering daarvan in die owerheidswese op 'n sinvolle wyse te kontroleer. Binne die algemeen aanvaarde en bekende raamwerke van die Publieke Administrasie behandel die skrywer verhoudingsverskynsels in die owerheidsopset aan die hand van die administratiewe proses en daar word in daardie konteks ook gelet op die basiese etiese norme wat dien as rigsnore vir owerheidsoptrede. Veral twee nuwe konsepsies word ontwikkel, naamlik dié van owerheidsafstand en verhoudingsintensiteit. Deur die aanwending van hierdie konsepsies in besondere omstandighede word dit moontlik om nadelige ongelykhede tussen owerheidsinstellings in 'n mindere of meerdere mate te niveleer. Omdat staatsvorm in 'n groot mate ook die aard van die verhoudinge binne 'n staat bepaal, word aandag in die besonder ook gegee aan die onderskeie geïdentifiseerde kenmerke en toepassingsveldse van unitêre en federale staatsvorme. Verder word verhoudinge tussen die Republiek en die onafhanklike Nasionale State ook in oënskou geneem. Die verhoudingsproblematiek in die Republiek word in sy geheel behandel aan die hand van die nuwe konstitutionele verwikkelinge, en in besonder met betrekking tot die bepalings van die 1983-Grondwet.
<urn:uuid:1b557706-fd5d-4b04-ba7f-6b36379fbcf7>-1
1
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad. INSTRUKSIES AAN NASIENERS 1. Alle vrae met veelvoudige antwoorde impliseer dat enige relevante, aanvaarbare antwoord oorweeg moet word. 2. Berekeninge: 2.1 Alle berekeninge moet die formule toon. 2.2 Vervanging van waardes moet korrek toegepas word. 2.3 Alle antwoorde MOET die korrekte eenheid insluit om oorweeg te word. 2.4 Alternatiewe metodes moet oorweeg word, met dien verstande dat die antwoord korrek moet wees. 2.5 Wanneer 'n verkeerde antwoord in 'n daaropvolgende antwoord gebruik moet word, word die eerste antwoord as verkeerd beskou. Indien die verkeerde antwoord egter verder korrek toegepas word moet die nasieer die antwoord weer uitwerk met die verkeerde waardes. Indien die kandidaat daarna die aanvanklik verkeerde antwoord korrek toepas, moet die kandidaat volpunte vir daaropvolgende korrekte berekeninge kry... 3. Hierdie memorandum is slegs 'n gids met modelantwoorde. Alternatiewe interpretasies moet oorweeg word en op meriete nagesien word. Hierdie beginsel moet konsekwent deur alle onderwysers toegepas word. VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 1.1 Regulasies is 'n stel reëls √ wat die Wet op Beroepsgesondheid omskryf en ondersteun. √√ (2) 1.2 Inligtingsteken √ (1) 1.3 Geen masjienskerms √ Swak beligting Swak ventilasie (1) 1.4 Ergonomika binne die Wet op Beroepsgesondheid hanteer kwessies van veilige en effektiewe wisselwerking tussen die werker en werksomgewing√ gereedskap√, materiaal, stelsels en take √ (2) [6] VRAAG 2: GEREEDSKAP EN MEETINSTRUMENTE 2.1 Fasemeting √ Frekwensiemeting √ Spanningsmeting (2) 2.2 Die klampmeter is veiliger en makliker om te gebruik√ aangesien dit nie nodig is om fisies aan die kring te verbind om metings te maak nie. √ (2) 2.3 Om die tappe te krimp√, krimpringe en proppe te vervorm om drade te las √ Om tappe en krimpringe stewig aan geleiers vas te maak. (2) [6] VRAAG 3: GS-MASJIENE 3.1 'n Generator skakel elektriese energie om na meganiese energie√, terwyl 'n motor meganiese energie na elektriese energie omskakel. √ In 'n generator word 'n as vas aan die rotor deur 'n meganiese krug gedraai en elektriese stroom word in die ankerwikkelings geproduseer, terwyl die as van 'n motor deur die magnetiese krags wat tussen die anker en die veld ontwikkel, gedraai word. Stroom moet aan die ankerwikkeling voorsien word. (4) 3.2 Stator√ Poolskoen√ Veldwikkeling √ Laer As Borsel (3) 3.3 3.3.1 Die doel is om stroom wat oor die veld beweeg, te dra, √ en daardeur aswringkrug in 'n roterende masjien te ontwikkel√ of krug in 'n lineêre masjien en tweedens om elektromotoriese krug te ontwikkel. √ (3) 3.3.2 Die doel is om die stroomrigting in die anker√ konstant te laat verander om die korrekte magnetiese veld√ te handhaaf wat beweging van die anker verseker. √ (3) 3.4 Ankerreaksie is die invloed van ankervloed op die hoofveld wat vervorming van die hoofveld veroorsaak. 3.5 Weerstands-/Resistiewe Kommutasie en EMK-kommutasie 3.6 3.6.1 Aansit van motorvoertuigenjins, aandryf van hyskrane, treine, wenasse, trembusse en ander elektriese voertuie. 3.6.2 Staalrolmeulens, snymasjiene, ponsmasjiene en skeermasjiene 3.7 Koperverliese, magnetiese verliese en meganiese verliese 3.8 \[ \eta = \frac{P_{out}}{P_{in}} \times 100 \] but \( P_{in} = VI \) \[ = 12 \times 0,125 \] \[ = 1,5 W \] \[ \eta = \frac{1,4}{1,5} \div 100 \] \[ = 93,33\% \] VRAAG 4: ENKELFASE-WS-OPWEKKING 4.1 Vloeddigtheid verwys na die aantal vloedyne in 'n gegewe area en word in Weber per vierkante meter (Wb/m²) of Tesla (T) gemeet. 4.2 Wisselstroom (WS) vloei eers in een rigting en dan in die teenoorgestelde rigting deur die kring en verander voortdurend amplitude. (Wanneer 'n sein se polariteit verander, d.i. die sein wissel tussen positief en negatief, dan is hierdie sein 'n wisselstroomsein (WS). WS-spanning wissel polariteit heen en weer. Gelykstroom vloei slegs in een rigting teen 'n konstante waarde. 4.3 'n Geleier word binne 'n permanente magnetiese veld geplaas. √ Wanneer die geleier geroteer word, sal dit volgens Faraday se wet van binne 'n stroom ontwikkel√. Hoe nader die geleier aan die pool beweeg, hoe groter is die geïnduseerde emk. √ Wanneer die geleier verby die pool beweeg, sal die geïnduseerde spanning verminder as gevolg van 'n afname van die vloeddigtheid. √ Wanneer die geleier na 'n punt beweeg waar dit die minste vloed ondervind, sal die emk nader aan of gelyk aan 0V wees. √ Wanneer die geleier verder na die teenoorgestelde pool beweeg, sal die vloed wat dit ondervind, 'n emk laat ontwikkel in die teenoorgestelde rigting as dié van die aanvanklike pool. √ Hierdie proses herhaal totdat alle beweging gestop word. Die sein kan deur die volgende formule voorgestel word: \( e = E_{\text{max}} \sin \theta \) (5) 4.4 \( H = \frac{NI}{\ell} \) √ \[ = \frac{350 \times 200 \times 10^{-6}}{40 \times 10^{-6}} \] √ \[ = 1.75 A/m \] √ (3) 4.5 \( B = \frac{\Phi}{A} \) √ \[ = \frac{2.7 \times 10^{-3}}{9 \times 10^{-4}} \] √ \[ = 3 T \] √ (3) 4.6 4.6.1 f=aantal omwentelinge per minuut √ \[ = \frac{1400}{60} \] √ \[ = 23,33 Hz \] √ (3) 4.6.2 \( E_m = 2\pi BAnN \) √ \[ = 2\pi \times 0,5 \times 60 \times 10^{-4} \times 23,33 \times 150 \] √ \[ = 65,96 V \] √ (3) 4.6.3 \( e = E_m \sin \theta \) √ \[ = 65,96 \times \sin 68^\circ \] √ \[ 61,13 V \] √ (3) [26] VRAAG 5: ENKELFASETRANSFORMATORS 5.1 Kerntipe ✓ Manteltipe ✓ (2) 5.2 5.2.1 Outotransformator: Reguleer transmissielynspannings na die verlange waarde ✓ OF Gebruik in lae kragtoepassings om kringe met verskillende spanningsklasse te verbind (1) 5.2.2 Middeltaptransformator: Bedien
97e356f6-522e-4da9-9b85-ad730eb90dfe-0
1
word dat dit inligting daarop kan dra. Amplitudemodulasie Frekwensiemodulasie Pulsmodulasie Ingestemde kringe word gebruik om te onderskei tussen die verskillende frekwensies en slegs die verlange frekwensie na die volgende fase deur te laat. Die kring sal teen die verlange frekwensie resoneer en alle ander frekwensies verwerp. RF-versterkers versterk die frekwensie gekies deur die ingestemde kring na 'n bruikbare omvang/sterkte toe. Die informasie word uit die dragolf verwyder en die RF-dragolf word na die grond gefilter. Slegs die verlange oudiosein bly dus oor. Diode-opsporing, met gebruik van kapasitors en weerstande, word algemeen in detektorkringe gebruik. Dit spoor die aanwesigheid of afwesigheid van die radiosein op om klikgeluide in die ontvanger se oorstuk voort te bring wat die Morse kode-simbole verteenwoordig. Die AF-versterker word gebruik om oudioinformasie tot 'n waarde te versterk wat genoeg is om die luidspreker te aktiveer. VRAAG 16: LOGIKA 16.1 16.1.1 OF-funksie ✓ (1) 16.1.2 \[ A \quad B \quad Q = \geq 1 \] (2) 16.1.3 \( Q = A + B \) ✓ (2) 16.1.4 WAARHEIDSTABEL | B | A | OUT | |---|---|-----| | 0 | 0 | 0 | | 0 | 1 | 1 | | 1 | 0 | 1 | | 1 | 1 | 1 | (4) 16.2 16.2.1 \( Q_1 = AB \) ✓ (2) 16.2.2 \( Q_2 = AC \) ✓ (2) 16.2.3 \( Q = AB + AC \) ✓ (3) 16.3 \[ X = \overline{ABC} + ABC + \overline{ABC} + \overline{ABC} \] \[ = (\overline{ABC} + ABC) + (\overline{ABC} + \overline{ABC}) \] \[ = BC(\overline{A} + A) + \overline{BC} (A + \overline{A}) \] \[ = BC + \overline{BC} \] \[ = \overline{C} (B + \overline{B}) \] \[ = \overline{C} \] (7) 16.4 \[ X = \overline{B} \] (7) 16.5 A B = 1 Sum Som & Carry Oordrag (4) 16.6 Logika hoog✓ Logika laag✓ (2) 16.7 Eenvoudig, aanpasbaar by CMOS indien die toegepaste spanning dieselfde is. Kan met diskrete komponente gebou word.✓ Het 'n lae stroomtrekking/-dreineringsvlak✓ (2) 16.8 Stadige skakelspoed✓ Kan maklik deur statiese elektrisiteit beskadig word✓ (2) VRAAG 17: KRAGBRONNE 17.1 'n Kragbron kan wisselstroom omskakel na die verlange GS-waarde✓ vir gebruik in radio's, selfone en rekenaars.✓ (2) 17.2 17.2.1 Die kring word 'n seriegereguleerde kragbroneenheid genoem omdat die lasweerstand in serie met die transistor geskakel is.✓ (1) 17.2.2 Die Zenerdiode slaan deur teen 'n vasgestelde spanning✓ daarom verander enige verhoging in spanning nie die uitset nie.✓ Die Zener word aan die basis van die transistor verbind wat die basisspanning $V_{BE}$ vaspen✓ wat dan die uitsetspanning konstant hou.✓ (4) 17.3 Het 'n baie 'skoon' uitset met min geraas wat in die GS-uitset ingevoer word. ✓ Is eenvoudig✓ Is goedkoop (2) 17.4 Persoonlike rekenaars✓ Batterylaaiers ✓ Sentrale kragverspreiding Voertuie Verbruikerselektronika, bv. TV's Verligting, bv. LUD's Ruimtestasies (2) [12] TOTAAL: 200 | Enkelfase-WS-opwekking | Enkelfasetransformators | |------------------------|-------------------------| | **Magnetiese Veldsterkte** | **Drywing** | | $H = \frac{N \times I}{l} \left( \frac{A}{m} \right)$ | $P = VL \cos \theta$ (Watt) | | **Vloeddigtheid** | $S = VL$ (VA) | | $\beta = \frac{\phi}{A}$ (Tesla) | $Pr = VL \sin \theta$ (Watt) | | **Poolpare** | **Verhoudingsberekeninge** | | $p = \frac{aantal\ pole}{2}$ | $\frac{V_p}{V_s} = \frac{N_p}{N_s} = \frac{I_s}{I_p}$ | | **Area van die spoele** | $\eta = \frac{Po}{Pin} \times 100\%$ | | $A = lb \left( m^2 \right)$ | | | **Rotasiefrekwensie** | **RLC-kringe** | | $F = \frac{1}{T}$ (Hertz) | **Induktiewe reaktansie** | | $f = p \times n$ | $X_L = 2\pi fL$ (Ω) | | **Oombliklike waarde** | **Kapasitiewe reaktansie** | | $\omega = 2\pi f$ (radiale) | $X_C = \frac{1}{2\pi fC}$ (Ω) | | $\theta = \omega t$ (grade) | **Impedansie** | | $i = I_{Maks} \times \sin \theta$ (A) | $Z = \sqrt{R^2 + (X - X')^2}$ Ω | | $v = V_{Maks} \times \sin \theta$ (V) | **Drywing** | | **Maksimum waarde** | $P = VI \cos \theta$ (Watt) | | $V_{Maks} = V_{RMS} \times 1,414$ (V) | **Drywingsfaktor** | | $V_{Maks} = 2\pi \beta AnN$ (V) | $\cos \theta = \frac{R}{Z}$ | | $E = \beta l v$ (V) | $\cos \theta = \frac{V_R}{V_Z}$ | | **WGK-waarde** | **Fasehoek** | | $V_{WGK} = V_{Maks} \times 0,707$ (V) | $\theta = \cos^{-1} \frac{R}{Z}$ (Grade) | | | $\theta = \cos^{-1} \frac{V_R}{V_Z}$ (Grade) | | Gemiddelde waarde | Resonansiefrekwensie | |-------------------|----------------------| | $V_{Gem} = V_{Maks} \times 0,637(V)(1/2 \text{ Siklus})$ | $f_r = \frac{1}{2\pi\sqrt{LC}} (\text{Hertz})$ | | Beheertoestelle | Q-faktor | |-----------------|----------| | $I_{Op} = I_{Maks} \times 125\% (\text{Ampere})$ | $q = \frac{1}{R} \sqrt{\frac{L}{C}}$ | | $q = \frac{1}{R} \sqrt{\frac{L}{C}}$ | $q = \frac{X_C}{R}$ | | Kragtoevoer | Bandwydte | |------------|-----------| | $P = V_Z \times I_Z$ | $BW = \frac{f_r}{q} (\text{Hertz})$ | | $R_s = \frac{V_S - V_Z}{I_Z}$ | | | $I_L = \frac{V_Z}{R_L}$ | | | Versterkers | | |------------|---| | $I_C = \frac{V_{CC}}{R_C + R_E}$ | |
97e356f6-522e-4da9-9b85-ad730eb90dfe-1
1
Natuurwetenskap En Tegnologie Vraestelle Graad 5 2013 Book ID : hQpzL7qCY1jWFev | [PDF] Natuurwetenskap En Tegnologie Vraestelle Graad 5 2013 [Download] [FREE] Book Natuurwetenskap graad 5 mybooklibrary. Via afrika natuurwetenskappe en tegnologie graad 5. Oxford suksesvolle natuurwetenskappe en tegnologie graad 5. Natuurwetenskap lardies co za. Think online worksheets werkvelle. Platinum natuurwetenskappe en tegnologie graad 5. Graad 6 afrikaans natuurwetenskappe amp tegnologie ander. Graad 5 vraestelle en memos best education. Wiskunde geletterdheid graad 11 vraestelle en memo. Graad 4 vak natuurwetenskappe en tegnologie kwartaal een. Natuurwetenskappe en tegnologie graad 5 b the. Jaarlikse nasionale assessering 2013 graad 5 afrikaans. Free graad 6 natuurwetenskap vraestelle pdf. Natuurwetenskap en tegnologie graad 5 kruiners co za. Wiskundevraestel en memorandum november graad 5. Via afrika natuurwetenskappe en tegnologie graad 6. Platinum natuurwetenskappe en tegnologie graad 5. Graad 5 voorbeeld revelation co za. Natuurwetenskap graad 5 past papers. Docscientia graad 9 eksamen vreastelle en memos. Natuurwetenskappe en tegnologie vir graad 5 google books. Free download here. Dokumente impies co za. 2014 natuurwetenskap en tegnologie gr 4 primary school. Platinum natuurwetenskappe en tegnologie graad 5. Nasionale kurrikulumverklaring nkv. Natuurwetenskappe graad 9 junie vraestel. Ana jaarlikse nasionale assessering © my klaskamer. Sosiale wetenskap graad 5 vraestele pdf ebook download. Eksamen afrikaans vraestelle graad 5 pinterest. Natuurwetenskap graad 4 eksamen vraestel worksheets. Graad 5 vak natuurwetenskappe en tegnologie kwartaal een. Docscientia graad 7 eksamen vreastelle en memos. Natuurwetenskap en tegnologie graad 5 handboek. Laerskool helderkruin afbakenings eksamen junie 2014. 2013 graad 4 graad 5 graad 6 graad 7 psjf co za. Natuurwetenskap vraestel 1 graad 7 junie 2013 tyd 1 uur. Natuurwetenskap worksheets printable worksheets. Graad 5 © my klaskamer idees en gedagtes uit n. Graad 4 nw vraestel sedy76 hol es. Nw en tegnologie vir graad 4 6 kleuters co za. Natuurwetenskap Graad 5 mybooklibrary September 8th, 2018 Natuurwetenskap Graad 5 Download ebook Natuurwetenskap Graad 5 in pdf kindle epub format also available for any devices anywhere Related Book To GRAAD 11 PROEFVRAESTEL AFRIKAANS. Via Afrika Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 October 11th, 2018 Via Afrika Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Onderwysersgids R 205 90 Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring 'CAPS' geskryf. Oxford Suksesvolle Natuurwetenskappe En Tegnologie Graad 5 October 13th, 2018 Buy the Oxford Suksesvolle Natuurwetenskappe En Tegnologie Graad 5 Leerdersboek Kabv online from Takealot Many ways to pay Eligible for Cash on Delivery Hassle Free Exchanges amp Returns for 30 Days 6 Month Limited Warranty We offer fast reliable delivery to your door. Natuurwetenskap lardies co za October 10th, 2018 Natuurwetenskap Wetenskap is 'n sistematiese manier van soek vir verduidelikings en aaneenskakeling van idees wat ons het In Wetenskap word sekere metodes van navraag gedoen en ondersoek ingestel. Think Online Worksheets Werkvelle October 11th, 2018 en laai sommer die graad 5 woordraaisels hier af Natuurwetenskap en Tegnologie Siyavula in samewerking met Sasol het werkboeke en onderwysersgidse beskikbaar gestel aan alle skole u kan dit gratis hier aflaai Natural Sciences and Technology Siyavula joined up with Sasol and developed workbooks and educator guides click here to download for free Die sogenaamde Reënboogwerkboeke. Platinum Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 October 10th, 2018 • Briljante KABV dekking CAPS en geskryf deur kundige outeurs • Briljante illustrasies en aktiwiteite sal uitslae verbeter en leerders motiveer • Briljante onderwyserondersteuning maak Platinum Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Leerderboek ePDF perpetual licence WCED ePortal. Graad 6 Afrikaans Natuurwetenskappe amp Tegnologie Ander October 6th, 2018 Download education worksheets for maths english science and technology life skills social science afrikaans health and hygiene environment. Graad 5 Vraestelle en Memos Best Education October 12th, 2018 Graad 5 Vraestelle en Memos Gr 5 Maart 2016 Gr 5 November 2014 Gr 5 Junie 2015 Toetse en Memos. Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo October 7th, 2018 Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo Download or Read Online eBook wiskunde geletterdheid graad 11 vraestelle en memo in PDF Format From The Best User Guide Database Apr 3 2013 voorbeeld vraestelle met hulle memorandums. GRAAD 4 VAK NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE KWARTAAL EEN October 14th, 2018 Gr 4 FAT NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE KWARTAAL 1 TOETS Bladsy 5 WKOD NWT Graad 4 Kwartaal 1 – Maart MEMORANDUM 1 1 1 D beweeg 1 2 C – beweging. Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 B The October 4th, 2018 Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 B The Thunderbolt Read more about aarde energie gebruik grond baie and hoofstuk. JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 5 AFRIKAANS October 12th, 2018 JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 5 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL MODELVRAE Hierdie boekie bestaan uit 24 bladsye die voorblad uitgesluit Grade 5 Afrikaans FAL Exemplar Questions 1 RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE ANA 1 Hoe om die eksemplaar vraestelle te gebruik Alhoewel die eksemplaar vraestelle vir die verskillende grade en vakke as n. Free Graad 6 Natuurwetenskap Vraestelle PDF September 30th, 2018 natuurwetenskap en tegnologie graad 5 handboek 6 1 hefbome en katrolle Kurrikulum En Assesseringsbeleidsverklaring Afrikaans 2 kurrikulum en assesseringsbeleidsverklaring kabv afrikaans huistaal graad 4 6 kabv 3 afdeling. NATUURWETENSKAP EN TEGNOLOGIE GRAAD 5 kruiners co za October 8th, 2018 Datum van ontvangs NATUURWETENSKAP EN TEGNOLOGIE GRAAD 5 TOETSAFBAKENING DONDERDAG 20 AUGUSTUS 2015 Onderwerp 10 Bl 112 Sleutelwoorde. Wiskundevraestel en memorandum November graad 5 October 13th, 2018 Hi daar hoe kry n mens graad 5 aardrykskunde tegnologie en geskiedenis vraestelle in die hande Dit dalk te koop iewers aanlyn Dit dalk te koop iewers aanlyn Reply. Via Afrika Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6 October 12th, 2018 Home Intermediate Phase Grade 6 Natural Sciences and Technology Via Afrika Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6 Leerderboek Via Afrika Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 6 Leerderboek R 133 90. Platinum Natuurwetenskappe En Tegnologie Graad 5 October 12th, 2018 Buy the Platinum
d08583b8-38e4-4a9d-b97e-1b0fb771bca6-0
1
BOELIEBELEID 1. DOEL MET DIE BELEID * Die Laerskool Danie Malan verdra geen boelie-gedrag in enige vorm nie. * Geen persoon het die reg om 'n ander seer te maak by wyse van boelie-gedrag nie. Personeel, leerders en ouers sal saamwerk. 2. TIPES BOELIES (leerder, onderwysers en ouers) * Verbaal: Vloek, skinder, dreig, afpers, beswadder; * Kuber: Stories versprei en foto's op die web plaas tot nadeel van 'n individu; * Fisies: Aanrand, mishandel, slaan, stamp, vernederende take; * Anti-sosiaal: Uitsluiting, skinder en nie-verbale projeksie; * Koggel en vernedering van individu deur groepe. 3. VOORKOMS VAN BOELIE-PRAKTYKE * 'n Leerder word deur 'n ander geboelie; * 'n Leerder word deur 'n groep geboelie (bv. onaanvaarbare inlywingspraktyke van 'n junior/individu/spanlid deur seniors/ander lede in 'n span; koggel van 'n individu deur 'n groep.); * 'n Leerder kan in 'n klaskamer, tydens wisseling, op die skoolgronde, in die kleedkamers, op die oefenveld (sport), buite die skool op pad skool- of huis toe geboelie word; * Boelie wissel vanaf 'n ongemaklike irritasie tot aanranding met die doel om ernstig te beseer en wat neerkom op die oortreding van 'n wet; * Boelie kan sporadies voorkom of langdurig wees; * Ouers wat ander leerders aanspreek of intimideer op die skoolterrein. * Sommige leerders is geneig om geboelie te word, selfs al skuif die kind na ander klas of skool; 4. BOELIES EN SLAGOFFERS * Slagoffers: Leerders wat normaalweg broser, kleiner, fisies en psigies swakker is, in die minderheid is en onseker en skaam voorkom. ʼn Leerder met 'n liggaamlike voorkoms anders as die norm is ook geneig om geteiken te word. * Boelies is geneig om te ly aan 'n swak selfbeeld, hulle voel onseker oor hulself, wil ten alle koste ervaar dat hulle ander se meerdere is, en is moontlik self die slagoffer van liggaamlike en psigiese mishandeling. Boelies is nie noodwendig liggaamlik groot nie, maar in staat om manipulerend op te tree – veral in die teenwoordigheid van maats; * Die boelies kan leerder, onderwysers en selfs ouers wees. 5. GEVOLGE VAN BOELIES * Die boelie van leerders deur ander leerders hou ernstige gevolge in en moet baie streng hanteer word: o Emosionele, fisiese, akademiese en sosiale afgetakeldheid; o Verlies aan motivering en konsentrasie met die gevolg dat akademiese prestasie daaronder ly; o Swak selfbeeld, swak gesondheid, angstigheid, paniekaanvalle, depressie en selfmoordgedagtes; o Teruggetrokkenheid en sosiaal geïsoleerdheid wat kan lei tot sosiale fobies; o Skoolfobie ontstaan; o Die leerders kan fisieke skade opdoen. * Ouers moet hul kinders dophou vir bogenoemde simptome. 6. OPTREDE 6.1 Bewusmaking * Die profiel van 'n boelie, voorkoms van boelie en die inhoud van hierdie beleid word met die personeel en leerders behandel tydens geleenthede soos saalopeninge. Sodoende is almal ingelig oor wat boelie-praktyke behels. * Reël sprekers om oor Boelie-praktyke en moontlike oplossings te praat. * Die leerders en ouers word bewus gemaak van die Boeliebeleid. * Die boeliebeleid word op die skool se webwerf, "School communicator", dagboek en Prospektus geplaas sodat ouers na aanleiding van die inhoud boeliery onder die hoof se aandag kan bring, by wyse van 'n brief en/of besoek. 6.2 Rapportering * Enige vorm van boelie word aangeteken sowel as die optrede deur die betrokke personeellid of spelterapeut. * Die Boelie register vorm word voltooi en in die lêer geplaas. * Die insident se datum word langs die boelie en slagoffer se naam op die klaslys aangeteken sodat die omvang en frekwensie bepaal kan word. 6.3 Minder ernstige gevalle – Optrede teenoor boelie * waarsku * wegskuif van slagoffer * debietpunte * gesprek met leerder 6.4 Minder ernstige gevalle – Hulp vir slagoffer * wegskuif van boelie * gesprek met leerder 6.5 Boelie – Indien die leerder vyf keer as boelie op die register aangeteken is oor minder ernstige oortredings. * Ouers word genooi vir onderhoud en toestemming word verkry vir terapie deur spelterapeut. * Nog 5 keer op Boelie register – ouer word in kennis gestel en leerder word verwys na Dissiplinêre komitee. 6.6 Slagoffer – Indien die leerder vyf keer as slagoffer op die register aangeteken is oor minder ernstige oortredings. * Nog 5 keer op Boelie register as slagoffer – verwys na Sielkundige vir bemagtiging. * Ouers word genooi vir onderhoud en toestemming word verkry vir bemagtiging deur spelterapeut. 6.7 Ernstige fisiese of psigiese boelie praktyke * Die boelie word onmiddellik deur die hoof / dissiplinehoof geïsoleer (weggeskuif of geskors) vir tyd en wyl die ondersoek duur. * Verslag word geneem van die boelie en die slagoffer. * Ouers van die beskuldigde word onmiddellik ingelig oor die situasie tydens 'n onderhoud met die Spelterapeut of Dissiplinêre beampte en versoek om die beskuldigde te kom haal. * Die omstandighede en die gesteldheid van die slagoffer sal bepaal of laasgenoemde ook huis toe gestuur word. * 'n Ondersoek deur die Dissiplinêre beampte word gedoen om die presiese feite te bepaal deur onder andere ooggetuies se verslae te ontvang en die feite daarvan te verifieer. * Spesifieke reëlings word getref om die veiligheid van die slagoffer te verseker. Die volgende reëlings kan geld: * Plasing in spesifieke lokaal onder toesig van 'n onderwyser of personeellid. * Begeleiding tydens wisseling. * Berading deur skool se sielkundige / maatskaplike werker en/of jeugwerkers. * Dissiplinêre optrede teen boelie: Tydelike skorsing; dissiplinêre verhoor deur formele tugkomitee van die skool wat kan uitloop op uitsettingsprosedures, program van gedragsaanpassing deur skool en Departement van Onderwys en/of jeuginstansies. * 'n Tugkomitee bestaan uit ouers, onderwysers en beheerliggaamslede. 7. OUERS * ʼn Sterk band, gekenmerk deur ʼn stabiele, warm en liefdevolle verhouding, met hul kinders skep. * ʼn Atmosfeer by die huis skep wat dit maklik maak vir die kind om oor sy ervaring te praat. * Opreg in hul kinders se onderwys belangstel. * Oplettend wees om gedragsveranderings in hul kind waar te neem. * As primêre opvoeders die viktimisering van hul kinders onverwyld as eerste stap onder die aandag van die kind se onderwyser bring. * Nie die reg in eie hande neem as die boelie situasie geopenbaar word nie. * As ouer se kind die boelie is: Sonder enige voorbehoud dit as onaanvaarbaar oordra aan die kind en saam met die onderwyser span om die gedrag te korrigeer. * Goeie voorbeeld is van kardinale belang. 8. PERSONEEL * Direkte kontrole/monitor van die boelie se bewegings. * Boelie se naam word op die graadnotule geplaas, sodat ingeligte personeel met kontrole kan help * Opsigtelik toesig hou tydens skoolaktiwiteite en pouses. * Leerder inlig oor die
23fd80ef-6244-4eff-92dd-d9e70440c052-0
2
BEZONKEN ROOD – Jeroen Brouwers P20. Hoe het dit gekom dat ek is soos wat ek is? Die eerste dae na my ma se dood het ek aan haar én aan Liza gedink, soms oorstelp deur gevoel, ander kere emosieloos, en met dieselfde heftigheid: met daarby dan ook nog 'n weersin in die verdriet oor die een, en verliefdheid op die ander, en soms met albei hierdie gevoelens gelyktydig. Hierdie gedagtes en emosies irriteer my en maak my bang – dit hinder my in my werk (ek skryf 'n boek oor selfmoord in die Nederlandse literatuur, ek werk aan die hoofstuk oor die Nederlandse skrywer en selfdoder Jakob Hiegentlich), wanneer ek eet (ek kry niks afgesluk nie omdat ek aanhoudend sug) en ook in my slaap (ek droom van albei vroue, soms op dieselfde oomblik, in dieselfde droom). Los my net uit. Ek is nie hier nie. Moenie iets van my verwag nie. Ek voel niks, en ek wil niks voel nie. In die mis. Bewerig geskryf. Die dood kan my nie skeel nie. Die lewe traak my nie. Laat my ook maar net eensaam sterf – wat maak dit in hemelsnaam saak? In hierdie tyd, in die stilte van my huis druk ek soms die gehoorstuk van die telefoon teen my oor en roep so hard as wat ek kan teenoor die zoemgeluid: "Kwaak kwaak!" * Ek het my ouers skaars geken, ook dit het ek al tevore opgeteken; die opruiming van my eie lewe is byna op sy einde, binnekort is my werk voltooi. Ek wil nie maak of ek meer sinies is as wat ek is nie, en beslis ook nie sentimenteler nie – maar in elk geval het ek my ma destyds wél geken, in die oorlogsjare in die Japannese strafkamp, daar waar sy my leer lees het. Die plek se naam was Tjideng. Dit was die kamp onder bevel van die alom gevreesde Japannese kaptein Kenitji Sone; in 1946 is hy as oorlogsmisdadiger tereggestel; ek onthou hom. Hy het my ma persoonlik afgeransel en dit het ek met my eie oë gesien. "Sy was koninklik." "Hulle het haar geslaan totdat sy vir dood bly lê het." "My ma was die mooiste ma – op daardie oomblik het ek opgehou om haar lief te hê." So het ek dit neergeskryf, net soos ek ook geskryf het: "Wanneer sy binnekort sterf, gaan ek nie saam om haar te begrawe nie." Die vrouekamp waarheen ook die seuntjies onder tien geneem is, en ek met my ouma, my ma en my suster gebly het, was 'n afgekampte deel van Batavia, omring met rietmure, wagtorings en doringdraad. In die baksteenhuise het die duisende geïnterneerde Europese vroue met hulle kinders op met liniaal-afgemete oppervlaktes van enkele meters geleef; wat hulle bereid was om indien nodig, met hulle lewens te verdedig. Ook die vensterbanke van die huise is bewoon, so ook die drumpels, en elke afsonderlike trappie; die stoepe, die gange, selfs die lug in die huise is bewoon – diegene wat 'n hangmat besit het, het tussen die ewigaanwesige waslyne met grillerige, verslete klere gebly. In een van die huise, Tjitaroemweg 7, het ons saam met nog 'n tiental ander mense in die kombuis gewoon. My ma het op die werkoppervlak van die wasbak geslaap; ek, my ouma en my suster het binne-in die wasbak se kassie geslaap; my ouma op die plank wat dit in 'n bo- en onderkant verdeel, ek en my suster op die grondvloer onder my ouma. Die honger, die siektes, die lyding, die dood. En al die baie ander dinge. Die geskiedenis van die Japannese kampe dreig om vergete te raak, want wie dit beleef het, het geswyg, en wie die swye deurbreek het, was te laat: want hulle verontwaardiging en haat was toe al versag en het selfs al verdwyn: nadat hulle reeds die dood van mildheid gesterf het. Ek het niks anders beleef as die ander wat hierdie hel oorleef en later daaroor met 'n klank van vertedering en selfs met heimwee gepraat het nie. Sodat die buitestaander ook hierdeur die indruk kon kry van: "dat dit alles dan tog nie so erg kon gewees het nie." Dit wat oor die Japannese kampe geskryf is, is swak en bestaan hoofsaaklik uit relativering, uit vrees vir huilerigheid en patos. Helaas, ek kan ook nie die ware kampgeskiedenis skryf nie, al het ek ook mý Tjideng ervaar – ek deins nie terug vir patos nie en skaam my nie vir trane nie, maar ek was daardie tyd 'n egoïstiese lewenslustige kleuter, ek het nie honger gely nie (want my ma, die vriendelike pelikaan, het my aan háár rantsoen laat saameet.) Ek was nie siek nie, ek het nie gely nie. Ek het my eie herinneringe aan die dood in die kampe, en van baie ander dinge, maar ek het nouliks die reg om daaroor te praat. Ek bring dit hier ter sprake om 'n ander rede, sê maar op grond van die toonhoogte daarvan. In 'n vierdelige werk met die titel Onderdrukking en verzet. Nederland in oorlogstijd word 'n veels te beknopte hoofstuk gewy aan "De Japanse bezetting van Indonesië" – deur die skrywer, D. M. G. Koch. Ek lees: "In die berug-geworde Tjideng-kamp is tienduisend vroue, waaronder die vrou en die dogter van die goewerneur-generaal opgesluit. " Die Goewerneur-generaal ter sprake was meneer A. W. L. Tjarda van Starkenborgh Stachouwer – 'n naam soos 'n drieluik. My ma was Henriette Maria Elisabeth van Maaren; sy was die ma van Jeroen Brouwers, en sy was in dieselfde Tjideng-kamp. Toe sy jare daarna bevry is, was sy nie meer wat sy was voor die gevangenisskap nie. In dié tyd was sy vyf-, ses-, sewe en dertig jaar; sy was toe twaalf en 'n halfjaar getroud. Sy het drie seuns en 'n dogter gehad. In dié tyd was haar man 'n krygsgevangene in Japan, haar oudste twee seuns was ouer as tien en in mannekampe êrens in Java (later het dit geblyk dat sy nooit geweet het waar haar man en oudste kinders was nie, en ook nie of hulle nog leef nie.) My ouma, die ma van my ma, die eggenote van Die Grote Van Maaren, die komponis, was sieklik. Vir haar onthou ek uiteindelik maar net soos wat sy op die plank onder die wasbak gelê het, by die dag maerder en geler en met meer vlekke; en elke dag ook kouer, hoewel die son buite soos die hel sou wees en die hitte op jou neerstort. Ek en my sussie moes om die beurt snags by haar slaap om haar lyf warm te maak, maar sy het dit nie oorleef nie – net soos haar komponis het sy in die Japannese kamp gesterf. En skielik verloor my ma toe ook nog haar enigste dogtertjie: sy kry buikloop en as gevolg van die gevaar vir besmetting word sy opgeneem in wat die "kamphospitaal" genoem is – met 'n groter kans om nie weer lewend daar uit te kom nie, as om gesond te word. (My sussie het herstel. Maar toe sy in 1945 ag jaar oud word, het die rokkie wat sy as vierjarige gedra het haar steeds gepas.) Ook ek is weggeneem van my ma af, of eintlik, my ma is van my weggeneem – ek was vir haar die laaste wat sy uiteindelik nog oorgehad het – dit het ek nie geweet nie, nie tóé nie. Dat die allerlaaste wat jy het, jou eie lewe is – dit moes vir my ma van minder belang gewees het. En ek, ek het nog te kort geleef om te weet wat lewe is. Dié periode was ook die tyd van die Japannese sielkundige
8daca452-01bf-40f0-b7e5-ef3d457eea8b-0
1
09:00 09:00 09:00 09:00 18:00- In aanbidding voor God Psalm 118: 21 Julie 2015 Ek wil u loof omdat U my gebed verhoor en my gered het. 4 11 18
09c1cf33-1c66-4ccc-9ed5-33a4cef0fd20-0
1
Posbus 12015, Queenswood, 0121 Pierneefstraat 901, Villieria, 0186 Tel 012 329 6011 / 086 613 9913 E-pos [email protected] www.voortrekkers.co.za 28 Oktober 2019 Vir aandag: Transvaal Staatmakers; Staatmakergroepbesture Vir kennisname: Gebiedsbestuur; Oordbesture; Kommandobesture RE: VERKIESING VAN DIE TRANSVAALSE GEBIEDSTAATMAKERRAAD 2019/2021 Ooreenkomstig die grondwet en reglemente van Die Voortrekkers word die bogenoemde bestuursliggame versoek om nominasies in te dien vir die verkiesing van die Adjunk-gebiedskakeldraers van die Gebiedstaatmakerraad van Transvaal vir die termyn 2019/2021. Nominasies moet voor of op 14 November 2019 ingedien wees by [email protected]. Die verkiesing sal in die vorm van ʼn elektroniese stemming plaasvind op 20 November 2019. Die uitslag van die verkiesing sal teen 22 November 2019 gekommunikeer word. Finale reëlings vir die stemproses sal saam met die nominasies versprei word teen 15 November 2019. ʼn Nominasievorm is hierby ingesluit. Die volgende posisies is verkiesbaar op die Gebiedstaatmakerraad: * Adjunk-Gebiedskakeldraer [Admin] * Adjunk-Gebiedskakeldraer [Algemeen] 'n Persoon wat hom-/haarself vir die Gebiedstaatmakerraad wil laat nomineer moet aan die bepalings van die grondwet, reglemente en ondergenoemde lys van verantwoordelikhede voldoen, soos deur die Gebiedsbestuur goedgekeur, voordat 'n nominasie aanvaar kan word: 1. Die persoon moet 'n geregistreerde lid van Die Voortrekkers wees, en ledegeld moet volgens die bepalings van die reglemente betaal wees. 2. Die persoon moet as 'n staatmaker geregistreer en ledegeld opbetaal wees vir die huidige finansiële jaar. 3. Die persoon moet met nominasie 'n CV indien waarin genoegsame besonderhede beskikbaar gestel word ten einde hom/haar vir die spesifieke pos, met spesifieke portefeulje te oorweeg. Die volgende moet daarin opgeneem wees: 3.1 Persoonlike besonderhede. 3.2 Opleiding, ervaring en dienswerk buite Die Voortrekkers. 3.3 Opleiding, ervaring en dienswerk binne Die Voortrekkers. 4. Die persoon neem kennis van die spesifieke dienswerk wat in die spesifieke pos, gelewer moet word en moet van mening wees dat hy/sy dit kan hanteer. Die basiese omskrywing van dienswerk is vervat in paragraaf 9. 5. Die persoon onderneem dat hy/sy opleiding in Die Voortrekkers sal deurloop ten einde hom/haar in staat te stel om alle verantwoordelikhede suksesvol te hanteer. 5. Die persoon onderneem om deurlopend met Die Voortrekkers, formeel en informeel, te skakel ten einde op hoogte te wees van wat nodig is om dienswerk te verbeter. 6. Die persoon moet bereid wees om, sover moontlik, al die betrokke vergaderings by te woon. 7. Die persoon besef dat Die Voortrekkers die eienaar is van alle dokumente en verwante bates wat tydens sy/haar dienswerk geskep word, en dit aan die Nasionale Staatmakerraad oorhandig moet word met uittrede, om watter rede ookal. 8. Die persoon moet vertroud wees met al die toepaslike Voortrekkerdokumentasie (grondwet, reglemente, literatuur, vorms) wat vir die spesifieke portefeulje, nodig is. 9. Die spesifieke pos en dienswerk is as volg: 9.1 Adjunk-Gebiedskakeldraer [Administrasie] a) Sekretaris van vergaderings. b) Toesien dat alle reëlings getref word om die vergaderings binne bepalings van die grondwet en reglemente te hanteer. c) Stel sakelyste en notules op vir die genoemde vergaderings in oorleg met die gebiedskakeldraer. d) Deurlopende kommunikasie met Adjunk-Gebiedsleier [Administrasie] en die gebiedskantoor. e) Deurlopende ondersteuning aan Staatmakergroepbesture met administrasie. f) Opstel van 'n kontakbesonderhedelys van Transvaal Staatmakers. 9.2 Adjunk-Gebiedskakeldraer [Algemeen] a) Deelnemende bestuur op die GSR en werk saam met die ander portefeuljes op die GSR. b) Spesifieke funksies word self deur die betrokke GSR bepaal. Moontlike bemarkingsfunksies sluit in: - Hantering en administrasie van Transvaal Staatmakers se sosiale media platforms. - Skakeling tussen Staatmakergroepe bewerkstellig. - Staatmakeraktiwiteite in gebied koördineer en bemark. - Bewusmaking kweek onder senior Verkenners en studente oor staatmakerwees. - Deurlopende ondersteuning aan staatmakergroepe rondom bemarkingsaktiwiteite. ʼn Lys van alle nominasies en die CV's van die betrokke kandidate, sal saam met die besonderhede vir die verkiesingsproses vanaf 15 November 2019 beskikbaar gestel word. Navrae rakende die verkiesing kan gerig word aan GSD MJ Gouws by 082 253 5977 of [email protected]. Navrae kan ook gerig word aan GL Zandra Machin by [email protected] of AGL [Volwasse Sake] Dirk van den Berg by [email protected]. Voortrekkergroete Transvaal Gebiedstaatmakerraad 2017/2018-2019 en GSD 2019-2021 E-pos:
1a955126-44ea-4b80-b456-707a50e4c716-0
0
"Alles wat nie met hierdie onfeilbare reël ooreenkom nie" Wat is "liberale" teologie? Kan ons vandag as eenvoudige gelowiges tussen die veelheid van (teologiese) stemme wat op ons afkom, nog die stem van die Goeie Herder onmiskenbaar herken en navolg? Loop ook ons nie die gevaar om deur die stem van die Satan mislei te word nie? Die kenmerkende van soveel misleiding vandag, is dat dit in die naam van die Here gesê en gedoen word en dan ook nog met 'n beroep op die Skrif. Dié misleiding kom op baie maniere en in baie vorme op ons af. Hoe kan ons dit herken sonder om hier te probeer om in kort bestek 'n veelkleurige verskynsel te beskryf? Die onfeilbare reël In plaas daarvan om te probeer beskryf in watter moontlike vorme liberale teologie vandag op ons afkom, wil ons eerder 'n voorstelling gee van die gemeenskaplike uitgangspunte wat in alle teologie funksioneer wat deur ons afgewys moet word. Die taal van ons geloof is hierin duidelik. Liberale teologie is nie dit wat in stryd is met ons eie tradisies en/of gewoontes nie. Dit is nie wat omvêrgooi waaraan ons vir lank gewoond was nie. Soms moet juis dit waaraan ons vir lank gewoond was, vervang word met 'n nuwe vormgewing van ons gehoorsaamheid. Ons glo dat bo ons tradisies en gewoontes die Skrif as Woord van God staan. Oor die gesag van hierdie Woord van God bely ons (NGB Art 4) in geen onduidelike taal dat teen hierdie boeke "niks ingebring kan word nie". Alleen die boeke van die Bybel ontvang (L.W.!!) ons en aanvaar hulle alleen "om ons geloof daarna te rig, daarop te grond en daarmee te bevestig". Ons glo, sonder om daaraan te twyfel, alles (L.W.!) wat daarin vervat is (NGB Art 5). Dit glo ons sonder huiwering, selfs nadat ons eers bely het dat God se Woord na ons kom deur mense wat dit gespreek en geskryf het soos hulle deur die Heilige Gees gedryf is (2 Pet 1:21). Ons twyfel nie daaraan dat die Bybel die volledig Woord van God is nie. Selfs al het die Here dit vir ons gegee deur die diens van mense. Die waarheid van God se Woord is bo alles. Selfs 'n engel uit die hemel kan en mag ons nie verlei om iets anders te glo en te leer as wat in God se Woord staan nie. Sonder om dus 'n sluitende definisie te probeer gee van wat liberale teologie is, behoort dit duidelik te wees dat die paaie tussen die ware Christelike geloof en alles wat verwerp moet word, op hierdie punt van mekaar skei. Ons verwerp nie sommer teologie wat vir ons "nuut" voorkom, nie strook met wat ons eie inbeeldings is sedert ons eie jeug of wat ingaan teen wat vir ons gerieflik is nie. "Ons verwerp met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël [d.i. die Skrif - E.V.] ooreenkom nie." - NGB Artikel 7. Elkeen en wat hy leer moet ondersoek word of hy van God afkomstig is (1 Joh 4:1). Vir ons is daar net een reël en dit is die onfeilbare Woord van God; daaraan moet alles en almal gemeet word. Liberale teologie wil dit nie doen nie. Kennis van goed en kwaad Kenmerkend van alle liberale teologie (in al die skakerings en onderskeidings wat daar ook mag wees) is dat dit gaan oor die mondige mens wat self kan oordeel wat goed en kwaad is. Die mens word 'n reël vir homself. Liberale teologie moet daarom nie geïdentifiseer word met wat sogenaamd "modern" is nie. In die tuin van Eden het Adam en Eva al in hul val in sonde die onfeilbare reël van God se Woord verruil vir die leuen van die Satan en so hul eie reël bo alles verhef. Dit is egter veral sedert die 17de eeu dat die liberale teologie programmaties gevorm word deur die uitgangspunt van die sondeval. Losgemaak van God se Woord as norm, moet die mens stelselmatig bevry word van wat Immanuel Kant beskryf het as die mens se selfopgelegde onmondigheid. "Ek dink daarom is ek" In die agtiende eeu veral word hierdie "nuutgevonde" selfstandigheid (vryheid) van die mens teenoor God gesien as 'n saak van die mens se denke of verstand. Dit word veral sterk verwoord in die bekende tese van die filosoof Rene Descartes: "Ek dink daarom is ek". Ek mag aan alles twyfel. My sintuie kan my bedrieg, die kerk kan my bedrieg, die Skrif kan my mislei. Aan alles kan ek twyfel. Van net een ding kan ek seker wees - dat ék dink; daaroor kan daar geen twyfel wees nie. Vanuit die sekerheid van die reël dat ek dink, kom daar of kan daar sekerheid kom oor alles. Selfs oor God. Vir die teologie wat hieruit opgebou word, is God die hoogste uitdrukking van die rede van die mens. Elke denkende mens sal ook 'n gelowige mens wees. Geloof is om jou verstand te gebruik. Hier beland ons in 'n ander geloof as wat ons bely. Wat agterbly nadat alles deur die sif van die mens se verstand gegaan het, is "geloofwaardig". Die taak wat die kerk nog gegee word is om die mens deur opvoeding te leer om sy eie insig en selfstandige beoordeling van sake te bevorder. Dit moet gedoen word in plaas daarvan om met 'n gesagvolle boodskap na die mense te kom uit 'n gesagvolle boek, wat deur niemand gekontroleer kan word nie. Die mens moet denkend en mondig gemaak word. Allerlei teenstemme kom teen Descartes op. Iemand soos Blaise Pascal wil hom laat lei deur die ervaring. Dit mag wees, volgens Pascal, dat ons tot hier alle appels gesien val het, maar wie sê dat daar nie dalk ook appels kan wees wat bly sweef sonder om na die aarde te val nie? Ons dink maar net wat ons ervaar en ons ervaring kan ons denke in totaal nuwe bane stuur. Immanuel-kant Kant (1724 - 1804) se hantering van die subjektivisme wat die denke en/of ervaring van die individu tot norm vir almal wil verhef, beïnvloed tot vandag die teologie wat nie wil leef volgens die reël van God se Woord nie. Volgens Kant ken ons met ons verstand. Oor die werklikheid buite ons kan ons niks met sekerheid sê nie. Dit pas nie in ons denkraamwerk nie. Alle ondersoek van die mens vind plaas deur ons eie waarneming en verstand. In alle kennis van dit wat ons bestudeer, is ons self betrokke. Dit wat ons bestudeer kan ons op sigself ("das Ding an sich") nie ken nie. Dit bly vir ons 'n geheimenis. Alles wat ons ken, is slegs die beelde van sake wat deur ons eie denke geskep word. Nou is God buite ons en bo die tyd en ruimte waarbinne ons dink. Ons godsbeelde is uiteindelik niks anders as onsself nie. Elke mens is in sy denke alleen met homself. Ons kan niks sinvol oor die wêreld buite onsself sê nie; wat ons wêreld te bowe gaan, kan ons nie ken nie en ons kan niks betekenisvol sê oor wat ons nie ken nie. Historiese kritiek Hierdie uitgangspunte (met alle moontlike variasies en uitbreidings) soos geformuleer sedert die 18e eeu spreek natuurlik ook van 'n bepaalde benadering tot en waardering van die Skrif as God se Woord en openbaring. Die Bybel moet net soos enige ander boek gelees word met behulp van 'n sogenaamde "wetenskaplike" metode. Die histories-kritiese metode soos ontwikkel in die agtiende en veral negentiende eeu verteenwoordig 'n metode wat poog om die lees van die Bybel los kom maak van wat die Bybel oor homself te sê het. Dit poog om wetenskaplik te wees en daarom meer "objektief". Dit is natuurlik 'n illusie om te dink dat die Bybel "objektief" gelees kan word los van waarop die Bybel reeds aanspraak maak om te wees, nl. God se Woord en openbaring in mensetaal. Tog gaan die historiese kritiek steeds uit van ten minste drie
44518050-54b7-4f79-81f3-372edbed5b10-0
1
Duiwelskloof: geskiedenis, storie en oraliteit Anne-Mart Olsen en Helize van Vuuren Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit Abstract Devil's Valley: history, story and orality In Devil's Valley (2000) André Brink employs various postmodern methods to critique the lack of emphasis placed on orality by the historian and "official history". This is an intertextual study of texts and geography that have influenced Brink in the writing of Devil's Valley. Most pertinent is the history of Gamkas Kloof as described in B.M. du Toit's The People of the Valley: Life in an isolated Afrikaner community in South Africa (1974). The focus is on how Devil's Valley offers an alternative reading to other official histories that have disregarded the oral tradition and stories of those whose history is being recorded. Opsomming Duiwelskloof: geskiedenis, storie en oraliteit In Duiwelskloof (1998) lewer André P. Brink kommentaar op die historikus wat meer klem lê op feite en waarheid, en die belangrikheid van mondelinge tradisie onderskat. Hierdie artikel bied 'n intertekstuele studie van die tekste en geografie wat Brink beïnvloed het gedurende die kreatiewe proses van Duiwelskloof. Die opvallendste invloed is dié van die geskiedenis van Gamkaskloof, soos opgeteken in B.M. du Toit se The People of the Valley: Life in an isolated Afrikaner community in South Africa (1974). Die fokus is op hoe Duiwelskloof 'n alternatiewe lesing bied tot die offisiële geskiedenis, waarin daar 'n onderwaardering is van die orale weergawe van diegene wie se geskiedenis opgeteken word. André P. Brink se Duiwelskloof bied perspektief op die belangrikheid van orale tradisie in die samelewing deur te kyk na die rol wat stories in 'n gemeenskap speel. Die artikel suggereer dat alhoewel Brink gebruik maak van intertekste soos The People of the Valley: Life in an Isolated Afrikaner Community (Du Toit 1974) met sy sosiohistoriese blik op die Gamkaskloof, geskiedenis en die waarheid in die roman gekontrasteer word met stories en leuens. Boeiend is om te sien hoe Brink kritiek lewer op die sogenaamde belangrikheid van geskiedenis, soos opgeteken deur die "elite" en 'n geskoolde historikus, in teenstelling met die geringskatting van die mondelinge tradisie van dié wat soms beskou word as onbelangrik en ongeletterd. Intertekste vanuit Brink se werklike omgewing In Duiwelskloof (1998) verwys Brink na Gamkaskloof in sy outeursnota: Dis waar dat die Duiwelskloof in hierdie roman nie sou bestaan het as Gamkaskloof se Hel nie daar was nie. Maar die verhouding tussen die twee is ingewikkeld. Dis moontlik dat Die Hel soos die Duiwelskloof sou kon gewees het as die buitewêreld nooit daartoe toegang gekry het nie. Maar eintlik is die verskil nog groter, want op stuk van sake lê Die Hel in die Swartberge, terwyl die Duiwelskloof, sy inwoners en sy geskiedenis uitsluitlik in hierdie boek bestaan (voorwoord tot Duiwelskloof). In hierdie nota erken Brink dat daar tog ooreenkomste is tussen Die Hel en die Duiwelskloof, alhoewel dit "ingewikkeld" is. Die ooreenkomste tussen Die Hel en die Duiwelskloof is meer opvallend as net eenvoudige inspirasie. Alhoewel die leser kan veronderstel dat dit blote toeval is, staan Gamkaskloof en sy geskiedenis, soos opgeskryf deur Du Toit (1974), in 'n noue intertekstuele verband met Duiwelskloof, die roman. Michele Wallace herinner ons daaraan dat dit onmoontlik is om die verhouding tussen 'n teks en geskiedenis te ignoreer: "[It] is impossible not to draw upon the relationship of the text to other texts that precede and surround it in a web of signification and 'history'" (Wallace 1993:121). Daar is glad nie 'n suggestie dat Duiwelskloof kommentaar lewer op die huidige inwoners van Gamkaskloof nie. Dit is tog duidelik nie die geval nie. Dit sou 'n belediging wees vir die skrywer en sy estetiese projek, aangesien die kommentaar in dié roman veel verreikender is as die grense van Gamkaskloof en selfs die hele Suid-Afrika - veral ten opsigte van ras, klas en geslag. Dit is egter ongelukkig waar, soos die outeur in sy nota uitwys, dat nie almal verby die ooreenkomste tussen Die Hel en die Duiwelskloof kan verby lees en die dieper kritiek raaksien nie. Daar is wel ooreenkomste; dit is veral duidelik omdat dit so 'n groot impak het op die inwoners van Gamkaskloof en die lesers van die roman. Dit vorm ook 'n groot deel van die postmoderne aspek, waar die geskiedenis en die toeganklike omgewing deel vorm van fiksie. John verduidelik dat dit nodig is om verskillende "dissiplines of benaderinge te betrek, soos antropologie, geskiedskrywing, of, les bes, letterkunde". Hy brei uit oor die letterkunde deur te verduidelik: Letterkunde word by uitstek beskou as 'n "dissipline" waar die "donkerder" dele van die menslike bestaan en ervaring aan die lig gebring word, waar elemente van die bestaan belig word wat nie elders belig kan word nie, as gevolg van verskeie redes. Verder word letterkunde tradisioneel gesien as 'n kulturele instelling waarin en waarmee sosiale en psigiese kompleksiteit, teenstrydigheid, dubbelsinnigheid, onstabiliteit, onsekerheid ensovoorts ondersoek kan word. (2005:148) As gevolg van globalisering word daar deesdae meer aandag gegee aan die "nieglobale", soos die omgewing wat uitgebeeld word in Duiwelskloof of "die agterhoekies van die nuwe wêreldorde" (2005:149) wat deur die kosmopolis ontgin moet word. (In) Duiwelskloof is die kosmopolis verteenwoordig deur Flip Lochner, 'n siniese, ontgogelde, wêreldmoeë Afrikaanse joernalis wat besluit om die Duiwelskloof-wêreld te ondersoek, met die bygedagte om 'n oorspronklike geskiedenis van die gemeenskap te skryf. (2005: 149) In die hedendaagse is die leser die kosmopolis wat die "donker, ongeglobaliseerde 'klowe'" wil verken. Ekotoerisme, internasionaal, maar ook hier te lande, 'n snel groeiende bedryf wat finansieel erg lonend is vir die bedrywers daarvan, steun byvoorbeeld grootliks op die bewusmaking by die ekotoeris van die spesifieke geografiese, botaniese omgewing, medisinale plante, streekgeskiedenis, anekdotiese en die legendariese. Dié bedryf het terselfdertyd 'n sterk ontwikkelingselement, waarin die inheemse mense, of voorheen-agtergeblewenes, in 'n streek via orale vertelling en orale geskiedenis aan die woord gestel word, of as gidse deur die spesifieke tradisionele streek dien. So is daar byvoorbeeld in die Baviaanskloof 'n sterk opbloeiende ekotoerisme, soos in 'n mindere mate ook in Die Hel in die Swartberge. Hierdie tipe bedryf steun op 'n rykdom aan uiteenlopende dissiplines en belangstellings, sodat 'n tipiese postmodernistiese eklektisisme die aard daarvan kleur. Maar dis juis hierdie verskeidenheid en geskakeerdheid wat veral meer tradisionele gemeenskappe nog kan bied (anders as die gelykmakende, eendersheid van die "globale dorp" met sy ooreenstemmende kleredrag, gewoontes en mediagesentreerdheid), wat toeriste uit stede aantrek as 'n soort rare eksotisiteit, 'n soort karnivaleske wêreld met helderder kleure in teenstelling met die stede waarin hulle hul grys dae slyt. Hier vind hulle ongelooflike verhale wat byna mities oorkom, pragtige natuurskoon, gepaard met, vir die stedeling, dikwels feitlik agterlike gebruike, of lang vergete tradisies (soos witblits stook
5bf7b863-fb0c-4511-a576-d10afde1edad-0
1
bedank in die voorwoord van sy streeksgeskiedenis die inwoners van Gamkaskloof: "the people in this Valley deserve a word of sincere appreciation for the way in which they accepted this outsider." Dit is dus duidelik dat die Gamkasklowers ook suspisieus is teenoor vreemdelinge, soos die inwoners van die Duiwelskloof. Belangrik is dat "outsiders", "vreemdelinge" of "inkommers" met agterdog bejeën word, al kom die mense "gasvry voor". 'n Voorbeeld hiervan sien ons wanneer Lochner die Siener tegemoet stap (aan die begin van die roman, soos ook weer aan die einde, wat die vraag laat ontstaan of hy ooit uit die Kloof weggekom het): "Ek het hier gesit wag vir jou," het die ou man gesê sonder om na my toe om te kyk" (Brink 1998:11). Tant Poppie maak haar deure vir hom oop, maar selfs dan word hy nie sonder agterdog behandel nie: Die volgende paar dae het ek gereeld my gat gesien. Dit was asof ek daar was, maar ook nie. Waar ek ook al gaan of kom, het die mense my dopgelê asof ek van die fokken maan af daar opgedaag het – en wat hulle betref hét ek ook seker. Om tot hulle deur te dring, was net nie moontlik nie. Tant Poppie was gesegliker as die ander, maar dit was ook asof sy net haar plig teenoor my doen en fok die res. (Brink 1998:50) Dit beteken nie noodwendig dat dit dieselfde was met Du Toit se aankoms in die Kloof in 1965 nie, maar daar is wel 'n parallel tussen hoe die twee "inkommers" die gemeenskap ervaar. 'n Mens sou kon argumenteer dat Du Toit altyd 'n vreemdeling gebly het, omdat hy nooit diep genoeg in die mondelinge tradisie van die gemeenskap gedelf het nie, en omdat hy dit waarmee hy wel in aanraking kom, as onbelangrik afmaak. Uiteindelik word Du Toit toegelaat om die Kloof te verlaat, maar Lochner waarskynlik nie. Du Toit is dus nie as 'n gyselaar teen sy wil daar gehou nie. Lochner is wel aan die begin met agterdog benader, maar uiteindelik, soos hy na die gemeenskap se stories begin luister, word hy self in hul stories ingetrek tot hy self deel van die storie, die waarheid én die geskiedenis word. John stel dit as volg: Wat sy [Lochner] se besoek aan Duiwelskloof vir hom duidelik maak, is dat hy, as "moderne" en "verligte" Afrikaner, nie los staan van die wêreld waarin die Duiwelskloof-inwoners leef nie, al hul vooroordele, ongeregtighede, agterlikhede ensovoorts ingeslote. (2003:290) Slot Die invloed van intertekste, feite en "waarheid" het duidelik 'n invloed op Brink se kreatiewe proses, maar dit word duidelik uit die roman dat dit stories is wat uiteindelik belangrik is vir die gemeenskap, in Duiwelskloof en wyer. Duiwelskloof se geskiedenis word uiteindelik van binne na buite geskryf en Lochner erken ten slotte: "Op die duur leef mens jou maar in die stories in wat vir jou reggelê word, soos klere vir 'n nuwe dag" (Brink 1998:251). Duidelik is dit ook meer kennis as wat die Duiwelsklowers aan die buitewêreld wil bekend maak. Hierin lê die waarskynlike rede waarom Flip nie die Kloof kan verlaat nie, soos Emma hom ook gewaarsku het: "Hulle het jou toegelaat om te kom, Flip. Dis nog nie te sê dat hulle sal jou laat gaan nie" (Brink 1998:200). 'n Vreemdeling mag Duiwelskloof nog verlaat, maar as jy eers deel van die gemeenskap en hul geskiedenis is, bly jy vir ewig daar gevange, vas in die weefsel van hul verhale ... Dít is uiteindelik die finale kommentaar van die roman, aangesien daar wel historiese optekeninge van die Kloof is, wat Lochner in die Argief opgespoor. Veel sterker as die offisiële kommentaar van die historikus, is dit egter die rykdom aan verskillende stories en mondelinge oorlewering wat uiteindelik lééf in hierdie afgeslote wêreld van die Kloof – én bly leef in die herinnering van die leser na die toemaak van die roman. Bibliografie Brink, André P. 1998. Duiwelskloof. Kaapstad: Human & Rousseau. . —. 1996. Reinventing a Continent. Writing and Politics in South Africa 1982-1995 Londen: Secker en Warburg. Brink, André. 1998b. Stories of History: Reimagining the Past in Post-apartheid Narrative. In Nuttall en Coetzee 1998. —. 2000. Devil's Valley. Johannesburg: Random House. Coetzee, J.M. 1998. The Novel Today. Upstream, 6(1): 4–18. —. 1974. The Narrative of Jacobus Coetzee. In Dusklands. Londen: Vintage. Cartwright, Justin. 1998. Books: Afrikaners' heart of darkness. Justin Cartwright on a bold, if flawed, post-apartheid novel. The Daily Telegraph, 22 Augustus 1998. During, Simon (red.). 1993. The Cultural Studies Reader. Londen en New York: Routledge. Du Toit, B.M. 1974. People of the Valley: Life in an Isolated Afrikaner Community inSouth Africa. Kaapstad: A.A. Balkema. Felman, S. 2000. Testimony: Crises of Witnessing in Literature, Psychoanalysis and History. In McQuillan 2000. Foucault, Michel. 1986. The Archaeology of Knowledge. Londen: Tavistock. John, Philip. 2003. Verowering in Duiwelskloof (1998) en The heart of redness (2000): Implikasies van ons siening van die verlede vir ons toekoms. Stilet 15 (1): 284–301. John, Philip. 2005. Globale paradys of plaaslike hel? 'n Lesing van Duiwelskloof (André P. Brink), Lituma en los Andes (Mario Vargas Llosa) en Paradise (Toni Morrison). Tydskrif Vir Letterkunde, 42 (1): 147–59. . Hutcheon, Linda. 1988. A Poetics of Postmodernism: History, Theory, Fiction Londen: Routledge. McQuillan, Martin. 2000. The Narrative Reader. Londen: Routledge. Nieuwoudt, S. 1998. Brink bly geroepe om waarheid "oop te skryf". Beeld, 25 September 1998. http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1998/09/25/4/1.html (19 Oktober geraadpleeg). Nuttall, Sarah en Carli Coetzee. Negotiating the Past: The Making of Memory in South Africa. Kaapstad: Oxford University Press. Schoonakker, Bonny. 2006. Paved with good intentions. http://www.suntimes.co.za/2006/06/18/lifestyle/travel/travel02.htm (10 Oktober 2006 geraadpleeg). Vansina, Jan. 1985. Oral Tradition as History. Londen: James Currey. Van Vuuren. H. 1999. Formidabele roman delf diep in Afrikaanse kultuur en wese. Die Burger,24 Februarie 1999. Venter, L.S. 1998. Nuwe Brink-roman laat 'n onuitwisbare indruk. Hellevaart Duiwelskloof af tart logika en rede. Rapport, 1 November 1998. Viljoen, Hein. 2002. Die vloek van Duiwelskloof en ander spekulasies oor identiteit. Stilet 14 (2): 66–81 Wallace, Michelle. 1993. Negative Images. In During (red.) 1993.
5bf7b863-fb0c-4511-a576-d10afde1edad-1
1
Grade 3 TERM 2 HL AFR WORKSHEET PACK | GRAAD 3 TERMYN 2 | WERKKAART | |------------------|-----------| | MAANDAG AKTIWITEIT 1 | WEEK 1 | | **KYK & HERHAAL** | maats, hulle, fiets, skool, niemand | | **KLANK** | brug, brak, bril, bros | | snik, snip, snaaks, snak | | **LEES** | Eendag was daar ’n klein eendjie wat altyd deur sy broers gespot is omdat hy ’n bril moes dra. Hy was altyd baie hartseer en jy kon hom hoor snik omdat hy nie by hulle ingepas het nie. Hy het ’droom gehad dat hy ook eendag oor die brug sal kan vlieg, al dra hy ’n bril. Eendag het hy die nare boer en sy brak gesien, hulle wou die eende jag. | | **SKRYF** | Skryf die **KYK** en **KLANK** woorde in jou woordeboek. | | MAANDAG AKTIWITEIT 2 | |----------------------| | **LEES** | Lees die **KYK** en **KLANK** woorde van Aktiwiteit 1. | | **LEES** | Sy broers dink hy is baie snaaks. “Hoe sal jy nou weet dat die boer en sy brak ons wil jag?” Die eendjie snik, “Ek het hulle van vêr af al gesien met my bril.” Sy boeties skrik groot en waggel na die brug toe. Daar sien hulle ook die nare boer en sy brak. Hulle kan nie glo dat hulle boetie met die bril so gou die gevaar gesien het nie. | | **WRITE** | Skryf ’n sin met: brug Skryf ’n vraag met: snik | DINSDAG AKTIWITEIT 1 | KYK & HERHAAL | maats | hulle | fiets | skool | niemand | |---------------|-------|-------|-------|-------|---------| | KLANK | krap | kryt | krom | krag | | | kreef | kruip | kreun | kraan | LEES Die krap en die kreef het saam in die see gewoon. Waar het die krap en die kreef gewoon. Hulle het saam in die see gewoon. Die krap sê eendag vir kreef, “Ek hou nie meer van die seewater nie!” Kreef is baie verbaas. Waar gaan krap dan bly? “Jy kan nie op land bly nie. Jy moet in die see bly waar daar seewater is!” sê kreef. SKRYF 1. Wie woon in die see? _______ en _______ woon in die see. 2. Wat het krap gaan soek? Hy het ’n _______ gaan _______. DINSDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees die oog en mond woorde van Aktiwiteit 1. SKRYF Skryf ’n sin met: kryt Skryf ’n vraag met: krap WOENSDAG AKTIWITEIT 1 | KYK & HERHAAL | maats | hulle | fiets | skool | niemand | |---------------|-------|-------|-------|-------|---------| | KLANK | light | sight | fight | night | | | right | tight | bright | LEES Die ou man stap met ’n stok om die boomstam. Hy stop elke nou en dan, want hy is oud en moeg. Hy gaan staan en staar na sy stoep. Wie is daar op die stoep? Dit lyk vir die ou man soos ’n krap. Maar wat sal ’n krap op sy stoep maak. Die krap is stout, want hy moet in die seewater wees. Hy loop stadig nader en sien dat krap onder die kraan sit. SKRYF 1. Waarmee stap die ou man? Die ou man _____ met ’n _____. 2. Hoe het die krap terug gekom by die strand? Die ou man het hom _____ met sy _____. Grade 3 Term 2 Home Language Afrikaans Worksheets WOENSDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees die 👀 en 🗣️ woorde van Aktiwiteit 1. SKRYF Skryf die 👀 woorde en 🗣️ woorde in jou woordeboek. Skryf ’n sin met: stok Skryf ’n vraag met: stap DONDERDAG AKTIWITEIT 1 KYK & HERHAAL maats | hulle | fiets | skool | niemand KLANK | krap | kryt | krom | krag | |---|---|---|---| | stok | stap | stam | stop | LEES Kreef sien vir krap op die strand een aand. Hy stap nader en stop voor haar. Kreef kyk vir krap snaaks aan, want sy stap dan skeef. Hy wonder of hulle ooit maats kan wees? Kreef vra vir ma oor die nuwe maat van hom. Pa is kwaad en baie verstorm. “Krewe stap reguit en krappe stap skeef, daarom kan julle nie maats wees nie!” Kreef is hartseer. Hy wens hy en krap kon maats wees. DONDERDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees die 👀 en 🗣️ woorde van Aktiwiteit I. 1. Waarom mag krap en kreef nie maats wees nie. Kreef se _________ en ________ wil nie hê hulle moet ________ wees nie. 2. Wat is die verskil tussen krap en kreef? Krappie stap _______ en krewie stap ________. 3. Dink jy dat ’n krap in kraanwater kan bly? Nee, ’n ________ moet in die ________ bly. 4. Waar het kreef vir krap gesien? Kreef het vir __________ een aand op die ________ gesien. 5. Hoe kan krap en kreef maats word? Hulle kan dalk ________ word as hulle ________ om dieselfde te ________. SKRYF Skryf die sinne in jou boek. Maak die foute reg. 1. oom jan stapmet sy stok in die bos 2. jy kan nie in kraanwater bly nie! sê kreef 3. kreef het ’n ma pa en twee sussies VRYDAG AKTIWITEIT 1 LEES Lees al die 👀 en 🗣️ woorde weer. LEES Lees die 👀 en 🗣️ woorde van Aktiwiteit I. VRYDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees al die 👀 en 🗣️ woorde weer. SKRYF Skryf die sinne in jou boek. Maak die foute reg. 1. oom jan stapmet sy stok in die bos 2. jy kan nie in kraanwater bly nie! sê kreef 3. kreef het ’n ma pa en twee sussies | GRAAD 3 TERMYN 2 | WERKKAART | |------------------|-----------| | MAANDAG AKTIWITEIT 1 | WEEK 1 | | **KYK & HERHAAL** | maats, hulle, fiets, skool, niemand | | **KLANK** | brug, brak, bril, bros | | snik, snip, snaaks, snak | | **LEES** | Eendag was daar ’n klein eendjie wat altyd deur sy broers gespot is omdat hy ’n bril moes dra. Hy was altyd baie hartseer en jy kon hom hoor snik omdat hy nie by hulle ingepas het nie. Hy het ’droom gehad dat hy ook eendag oor die brug sal kan vlieg, al dra hy ’n bril. Eendag het hy die nare boer en sy brak gesien, hulle wou die eende jag. | | **SKRYF** | Skryf die **KYK** en **KLANK** woorde in jou woordeboek. | | MAANDAG AKTIWITEIT 2 | |----------------------| | **LEES** | Lees die **KYK** en **KLANK** woorde van Aktiwiteit 1. | | **LEES** | Sy broers dink hy is baie snaaks. “Hoe sal jy nou weet dat die boer en sy brak ons wil jag?” Die eendjie snik, “Ek het hulle van vêr af al gesien met my bril.” Sy boeties skrik groot en waggel na die brug toe. Daar sien hulle ook die nare boer en sy brak. Hulle kan nie glo dat hulle boetie met die bril so gou die gevaar gesien het nie. | | **WRITE** | Skryf ’n sin met: brug
a6aded1d-4000-4aae-81de-1de055cc428f-0
4
1. Wie het aan die slimplan gedink? ________ het aan die slim plan gedink. 2. Wat was die plan? Hulle moes ________ aan Padda se ________ smeer. 3. Hoe sou die plan help? Padda se ________ sou ________ wees en hy sou sukkel om kos te vang. 4. Het die diere gedink die plan sou werk? ________, hulle was beindruk met die plan. 5. Het die plan gewerk? Ja, ________ het nie meer tyd om die ________ te ________ nie. SKRYF VRYDAG AKTIWITEIT 1 LEES Lees al die 👀 en 🗣️ woorde weer. LEES Lees die 👀 en 🗣️ woorde van Aktiwiteit 1. VRYDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees al die 👀 en 🗣️ woorde weer. SKRYF Skryf die sinne in jou boek. Maak die foute reg. 1. die olifant buffel renoster en kameelperd is in die veld 2. Padda sê julle sal my nooit kan vang nie 3. oppas skree Aap MAANDAG AKTIWITEIT 1 | KYK & HERHAAL | ware | verhaal | dolfyne | branders | hulp | |---------------|------|---------|---------|----------|------| | KLANK | fraai| frons | Frik | frommel | | | | flou | flap | flits | fluks | | LEES Mense het eers 5,000 jaar terug begin skryf. Een so ’n plek waar die skryfkuns uitgevind is, is Sumer genoem. Sumer het in ’n plek bestaan wat ons vandag as Iraq ken. Sumer is een van die eerste plekke in die wêreld waar mense in stede begin woon het. Die mense van Sumer het groot tempels binne die stadsmure gebou waar hulle hul gode kon aanbid. Ek dink die lewe moes baie anders in daardie tyd gewees het. SKRYF Skryf die ☝️ en 🗣️ woorde in jou woordeboek. MAANDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees die ☝️ en 🗣️ woorde van Aktiwiteit 1. LEES Die tempels nie net vir aanbidding gebruik nie, maar ook as pakhuise gebruik om ’n verskeidendheid van goedere in te stoor. Die tempel se skribas moes ’n sisteem ontwikkel om rekord te hou van alles wat in die tempel gestoor is – sodat hulle nie iets sou vergeet nie. Dit is hoe die skryfkuns ontstaan het. Vandag skryf ons baie anders en ons gebruik letters en syfers. WRITE Skryf ’n sin met: frons Skryf ’n vraag met: fluks DINSDAG AKTIWITEIT 1 | KYK & HERHAAL | ware | verhaal | dolfyne | branders | hulp | |---------------|------|---------|---------|----------|------| | | | | | | | | KLANK | kweek | kwas | kwaak | kwaai | |---------------|-------|---------|---------|----------| | | klim | klip | klas | kleur | LEES Lank gelede, toe bome kon praat en visse kon vlieg, was Padda die grootste van al die diere. Hy kon die hardste kwaak en het onder ’n groot klip gewoon. Hy het graag almal geboelie en die diere was besig om baie moeg te raak vir hom. Hulle het kwaai met hom gepraat en gevra dat hy moet stop. Op ’n dag, toe Padda gaan swem, hou die ander diere ’n vergadering om te besluit wat om met Padda te doen. SKRYF 1. Wie was die groot boelie? _______ was die groot boelie. 2. Waar het hy gewoon? Padda het _______ ’n _______ gewoon. DINSDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees die ☝️ en ☞ woorde van Aktiwiteit 1. SKRYF Skryf ’n sin met: kwas Skryf ’n vraag met: kleur WOENSDAG AKTIWITEIT 1 | KYK & HERHAAL | ware | verhaal | dolfyne | branders | hulp | |---------------|------|---------|---------|----------|------| | | | | | | | | KLANK | nooit | prooi | strooi | plooii | |---------------|-------|---------|---------|----------| | | swaai | kraai | lawaai | slaai | LEES “Ons sal ’n plan moet maak!” “Ons moet hom besig hou sodat hy vergeet om ons te hiet en gebied,” sê Leeu met ’n frons. “Goeie idee,” sê Renoster, “maar hoe gaan ons dit doen?” “Ek weet,” sê Wildsbok. “Waarom vra ons nie vir Aap nie, hy het altyd sulke goeie idees. Aap swaai net toe verby en vra wat hy kan doen om te help. Die diere verduidelik aan hom hulle plan. SKRYF 1. Wie het wou n plan maak? _______ het gesê hulle sal n _______ moet maak. 2. Met wie het Padda gestoei? Hy het met _______ gestoei. WOENSDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees die 👀 en 🗣️ woorde van Aktiwiteit I. SKRYF Skryf die 👀 woorde en 🗣️ woorde in jou woordeboek. Skryf ’n sin met: slaai Skryf ’n vraag met: fraai DONDERDAG AKTIWITEIT 1 KYK & HERHAAL ware | verhaal | dolfyne | branders | hulp KLANK spreeu | sneeu | leeu | skreeu groei | broei | stoei | vloei LEES Aap se gesig trek op ’n plooi. “Mmmm,” sê hy “Ons moet iets doen wat geen haan oor gaan kraai nie.” Skielik is daar ’n groot lawaai, Padda is terug en hy begin sommer dadelik met Aap stoei. Aap besef dat die diere regtig ’n probleem het. Wat daarvan as ons stroop aan sy tong smeer sodat dit taai raak? Ons kan wag tot hy weer lê en snork en dan kan ons die feetjies vra om sy tong te smeer met stroop. DONDERDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees die 👀 en 🗣️ woorde van Aktiwiteit 1. 1. Wie het aan die slimplan gedink? ________ het aan die slim plan gedink. 2. Wat was die plan? Hulle moes ________ aan Padda se ________ smeer. 3. Hoe sou die plan help? Padda se ________ sou ________ wees en hy sou sukkel om kos te vang. 4. Het die diere gedink die plan sou werk? ________, hulle was beindruk met die plan. 5. Het die plan gewerk? Ja, ________ het nie meer tyd om die ________ te ________ nie. SKRYF VRYDAG AKTIWITEIT 1 LEES Lees al die 👀 en 🗣️ woorde weer. LEES Lees die 👀 en 🗣️ woorde van Aktiwiteit 1. VRYDAG AKTIWITEIT 2 LEES Lees al die 👀 en 🗣️ woorde weer. SKRYF Skryf die sinne in jou boek. Maak die foute reg. 1. die olifant buffel renoster en kameelperd is in die veld 2. Padda sê julle sal my nooit kan vang nie 3. oppas skree Aap
a6aded1d-4000-4aae-81de-1de055cc428f-1
5