text
stringlengths 42
10.1k
⌀ | id
stringlengths 38
49
| fw_edu_score
int64 -1
5
|
---|---|---|
NO. R. 98
DR DAVID MASONDO
ADJUNKMINISTER VAN FINANSIES
DOEANE- EN AKSYNSWET, 1964.
WYSIGING VAN BYLAE NO. 4 (NO. 4/2/375)
Kragtens artikel 75 van die Doeane- en Aksynswet, 1964, word Deel 2 van Bylae No. 4 by bogenoemde Wet hiermee gewysig in die mate in die Bylae hierby aangetoon.
BYLAE
SUID-AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS
5 Februarie
|
0527cd55-c7b5-42d8-95e8-a7eb49083c32-0
| 0 |
Skrifgedeelte: Klaagliedere 3:18-33
F
OKUSGEDEELTE
: NGB, ART 13
Die grense van ons verstand
Dat God voorsien is nie 'n uitnodiging om roekeloos te lewe nie. God voorsien mos ook gesonde verstand, en jy moet dit gebruik! Deur die verstand het daar deur die eeue ongelooflike ontdekkings en vooruitgang gekom. Die verstand is dus 'n lieflike perd om te ry, maar onthou dat die teuels stewig in die hande van geloof moet bly. Die rede is dat die verstand ook sy grense het. Daar kom tye wanneer ons sê dat ons gedagtes vasdraai (vers 20). Hoe ek ook nadink, 'n logiese verklaring en oplossing is net nie voor hande nie.
In ons Skrifgedeelte én in Artikel 13 word die punt bereik wanneer die mens probeer verstaan hoe God die kwaad bestuur. Die tipiese vraag is dan: As God dan goed is, hoe kan Hy so-iets toelaat? Vir die inwoners van Jerusalem was dit onverklaarbaar dat God sy eie stad laat inneem, sy eie tempel laat ontheilig en sy eie volk laat doodmaak en aan ballingskap oorgee. Die vreeslike geweld en verwoesting was vir hulle 'n geweldige skok. Hoe meer hulle met hulle verstand daaruit wou sin maak, hoe meer het "gal en gif" (verbittering) deel van hulle geestelike mondering geword (vers 19).
Jy moet sulke verbittering vermy (Heb 12:15). Aanvaar dat wat God doen en toelaat dikwels ver bo die insig en vermoë van jou verstand is. Sy liefde gaan ons verstand TE BOWE (Ef 3:19). In watter mens se verstand sou dit immer kon opkom dat God se eie Seun vir jóú sondes moet sterf?
Al kom daar dus onbegryplike dae van wag (vers 25), las dra (vers 27), eensaamheid (vers 28) en wang draai (vers 30); van God se liefde sal jy nie geskei wees nie – al beweer jou verstand ook anders!
DR. WC VERGEER (POTCHEFSTROOM-OOS
)
|
93355091-99d8-4508-87f6-96ec5bacce12-0
| 2 |
Ontmoeting 2: Johannes die Doper en Jesus
Teks: Matt 1 en Luk 1-3
Ons stel die kinders bekend aan Johannes die Doper, Jesus se nefie, en wys dat Jesus en Johannes die Doper vriende was wat mekaar respekteer het.
Hulpmiddels:
1 stel afdrukke van die prentjies
Genoeg afdrukke van die mannetjies wat hande vashou (sien patroon) vir die kinders
Skêre, bruinpapiersakkie en swart koki
Lyntjies papier, potlode, afvalpapier engel glo nie. Omdat hy nie die engel wou glo nie, kon hy praat tot na my geboorte nie. Toe ek 'n naam moes kry, het my pa die naam wat die engel gesê het op 'n bordjie geskryf . Hy kon toe weer praat en het vir almal vertel wat gebeur het. Van kleins af het ek 'n beste maatjie gehad. Regtig van kleinsaf, selfs van voor my geboorte af. My mamma, Elizabeth, vertel vir my dat toe my tannie daar kom kuier het, ek in haar maag beweeg het toe ek van die maatjie hoor. My maatjie se naam is Jesus en sy ma was Maria.
Welkom
Speletjies:
1. Speel 'n variasie op die speletjie "Krappe en Kraaie". Kinders word in 2 groepe ingedeel wat in 2 rye regoor mekaar staan met 2 meter spasie tussen in. Die een groep is die Springkane en die ander groep Spaghetti. Wanneer jy "Springkane" roep, moet die Springkane groep probeer om die Spaghetti groep te vang en an ders om.
2. Druk 2 stelle van die prentjies uit en knip los van me kaar. Plaas onderstebo teen 'n plat oppervlak. Speel 'n geheue speletjie waartydens kinders individueel of as teenwoordigers van hul groep 2 kaartjies kan kom omdraai – as dit pasmaats is, kan hul punte of 'n klein prysie kry.
3. Jan de Wet se Lofliedjies 2 het 'n liedjie oor Jesus se doop wat julle hier kan sing.
Wyding
Stilword ritueel
Temalied: "Jesus be the center" met bewegings. (Julle is welkom om hierdie liedjie aan te leer en gereeld te sing. Bewegings en die liedjie is beskikbaar op ons webwerf.)
Gebedstyd: Gee kans vir "Popcorn" gebede. Staan bymekaar in 'n groepie en gee kans vir enigeen in die groep om een sinnetjie te bid. Dit kan 'n dankie wees, ietsie vra of net die Here loof. Wanneer dit stil raak, sluit die leier af.
Verhaal gebaseer op Matt 1 en Luk 1-3. Die verhaal word vanuit die eerste persoon vertel - deur Johannes die Doper self. (Maak 'n Johannes poppie uit 'n bruin papiersakkie en hou dit in jou hand soos 'n handpop wat die storie vertel. Jy is welkom om die verhaal voor te lees terwyl jy die poppie met jou hand laat "praat", dit is nie nodig om dit te memoriseer nie.)
"Hallo julle, my naam is Johannes. Mense ken my as Johannes die Doper. My geboorte was 'n wonderwerk. My pa en ma was baie oud en kon nie kinders hê nie, maar 'n engel het aan my pa verskyn het om te vertel dat ek gebore gaan word. My pa, Sagaria, wou nie die
Ek was maar van altyd af "weird" en ek het nie baie maatjies gehad nie. Daarom was dit vir my baie spesiaal om 'n beste maatjie te kon hê. Vir 'n lang tyd het ek in die woestyn gaan bly en allerhande goed soos springkane en heuning geëet Ek het ook vreemd aangetrek. My klere was van kameelhare en ek het nie eers skoene gedra nie.
Ek het 'n spesiale boodskap gehad om vir mense te vertel. Dit was dat hulle hulle moes bekeer dat hulle sondes vergewe kan word en dat hulle hulle moet laat doop. 'n Groot getal mense het na my kom kyk en ek het baie van hulle sommer daar in die Jordaanrivier gedoop. Mense het gewonder of ek die Verlosser is wat al hulle swaarkry van hulle af sal wegneem, maar ek het hulle elke keer van my Vriend Jesus vertel wat baie belangriker is as ek – Hy is so spesiaal dat ek dink ek is nie eers goed genoeg om sy skoene vas te maak nie en SY doop sal baie kragtiger as myne wees.
Op 'n dag, terwyl ek nog so besig was om met mense te praat en party te doop, het Jesus daar aangekom. Ek was baie opgewonde en het vir die mense gesê: "Daar is die Lam van God wat die sondes van die wêreld wegneem!"
Ek was op die punt om op my knieë voor Hom neer te val en te vra dat Hy my sal doop, toe Hy my keer en sê: "Nee, jy moet my doop, want dit is God se wil." Dit was die grootste oomblik van my lewe. My beste maatjie – die Seun van God – het toegelaat dat ek Hom seën. Ek, die "weird" een, kon iets baie spesiaals vir Hom doen. Wat dit nog meer spesiaal gemaak het, was dat, toe Jesus uit die water kom, die Heilige Gees soos 'n duif uit die hemel op Hom kom daal het en 'n stem uit die hemel het gesê: "Dit is my Seun vir wie Ek baie lief is. Hy verskaf My baie vreugde!" Daarna het Jesus begin preek en wonders doen.
Die kinders dink oor die verhaal:
Ek wonder van watter deel van die verhaal het jy die meeste gehou.
Ek wonder wie is jy in die verhaal.
Ek wonder watter deel van die verhaal dink jy is die belangrikste.
Ek wonder waarom God wou hê hierdie verhaal in die Bybel moet wees.
Ek wonder op watter manier is Jesus ook jou Vriend.
Gee die groep 'n paar voorstelle:
- Miskien wil jy 'n brief vir Jesus skryf of 'n prentjie teken van hoe Jesus jou Vriend is.
- Dalk wil jy die mannetjies wat hande vashou soos vriende, uitknip en inkleur.
- Dalk wil jy iets anders doen of teken. Gebruik die tyd om dit te doen.
Opruim en Seëngroet
Johannes die Doper gemaak met 'n bruinpapiersak.
|
40b939a4-3305-47c3-a607-765a723d1c28-0
| 4 |
Van die beste praters onder kouvoëls is deesdae besoekers by voëlvoerders in tuine. Moet 'n mens dié praters nie uit sy voëlhokkies plaas nie.
Vir baie dekades reeds is daar groot kolonies ringnek parkiete in Johannesburg en Durban, en kolonies van posduie in Kaapstad.
Is dit moontlik vir ontsnapte kouvoëls om soos posduie weer hulle pad terug huis toe te kry? Dit lyk nie soos 'n moontlikheid nie.
Dié wilde budjie gaan drink in die oop voëlhok water – tot die duif se groot verstommenis
'n Troetel-ringnek parkiet het in die middel van Desember uit sy kou in Waterkloofrif ontsnap en het teen die einde van Januarie teruggekeer.
'n Ontsnapte parkiet of budjie kan glo net oorleef as hulle by 'n wilde kolonie aansluit. In Bronbergwêreld is daar 'n groot kolonie posduie wat 'n uitstekende plek vir ontsnapte parkiete is.
Wanneer hokbudjies aanvanklik ontsnap kyk hulle alles af wat die vinke doen – wanneer hulle opvlieg, hoe hulle vlieg, hoe hulle voer en so voort.
Blou en geel wilde budjies voer saam in ‘n tuin
Foto: Jacques Conradie
Budjie
Die budjie, *Melopsittacus undulatus*, leer maklik woorde, frases en deuntjies aan. Budjies eet ook maklik.
Budjies kom van Australië af, waar hulle steeds die grasvelde in groot swerms domineer. Die spesie is baie geskyn.
Die wilde budjie is soortgelyk aan dié wat ons vandag in troeteldierwinkels sien, maar hulle is kleiner.
Die Australiërs het in 1894 ’n uitvoerverbod op budjies ingestel en van toe af het Europeërs met dié
Wanneer budjies ses tot agt maande oud is, kan jy die verskil tussen mannetjies en wyfies duidelik sien.
'n Wilde ringnek parkiet by 'n voëlvoerder
Parkiete
Die ringnek parkiet (*Psittacula krameri*), is 'n groen voël met turkoois stertvere en kry sy naam van sy lang, swart nekband.
Hulle is nie inheems aan Suid-Afrika nie, maar is baie aanpasbaar en het al 'n subspesie in Afrika ingeburgerd.
Die antieke Griekse *Psittacus erithacus* is 'n subspesie wat uitrotel en die antieke *P. krameri krameri* is die Afrika subspesie.
As 'n gewilde, pratende troeteldier word dié voëls dwarsoor die wêreld aangehou en het ook al in borgte en as geboortegeboorte gebruik word.
Die wilde budjie wat elke dag 'n Cullinanse voëlvoerder besoek
As jy so 'n ringnek in jou tuin gewaar, kan jy dit aan die ringnek parkiet projek rapporteer en foto's van hulle deel.
In 2010 is daar geskat dat daar 10 000 wilde ringnekke in Nederland se stedelike gebiede is, omtrent 5% van die totale populasie.
Hulle vreet sade, neute, vrugte en bessies en in sommige lande is hulle as landboupes verklaar.
Myna
Die Indiese spreeu (alom bekend as Indiese myna) is ook inheems aan suidelike en suidoos Asië.
Die eerste Indiese spreeu, *Acridotheres tristis*, in Suid-Afrika dateer terug na 1902 toe voëls uit aanheemse kolonies in die Verenigde State en Kanada geïmporteer is.
Die bevolking en verspreiding van die voëls het teen 'n geweldige spoed toegeneem ná verskeie vredestryde.
Daar is bewyse dat 'n myna 330 km en meer binne 'n jaar kan aflê. Dié eienskap het veroorsaak dat die voël so verre afgevlug het.
Indiese spreeus is waarskynlik een van die beste aangepaste uitheemse voëls in Suid-Afrika. 'n Mynas is baie intelligente en kan leer om te praat.
Dit is dan ook waar die generiese naam 'Acridotheres', wat 'sprinkaanjagter' beteken, vandaan kom.
'n Myna maak graag in huise se dakke nes
Foto: Lim Jun Ying
Ander
Daar word gesê dat tien van die 19 uitheemse voëlspesies wat doelbewus die land ingevoer is, suksesvol gevestig is. Die pou en rooiwoudhoender is plaasspesies, wat hulle beperk.
Die huismossie, of Europese mossie (*Passer domesticus*), is 'n indringer uit Europa. Die Asiatiese mossie (*Passer montanus*) word ook in Suid-Afrika aangetref.
Mossies is saadvreters, wat hulle dieet met wurms en insekte aanvul. Hulle word redelik mak en saamgesteld.
Budjies is
|
2c1ba51c-c7b9-4443-af3f-4acb41a22c98-0
| 2 |
GRAAD 12
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUTEGNOLOGIE
NOVEMBER 2019
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B.
1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND.
1.3 Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
1.4 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
1.5 Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
1.6 Skryf netjies en leesbaar.
2. AFDELING A: KORTVRAE
2.1 Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae.
2.2 Volg die instruksies wanneer jy die vrae beantwoord.
3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE LANGVRAE
3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae.
3.2 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 to 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 B.
1.1.1 ... verwys na die hooffaktore van risikobeoordeling.
A Die moontlikheid en erns van 'n insident
B Gesonde verstand en inligting oor ongelukke in die verlede
C Die uitskakeling van gevaar of om veiliger alternatiewe te vind
D Die beskerming en opleiding van werkers
(2)
1.1.2 ... is 'n veiligheidsgevaar op 'n plaas en word as 'n biologiese gevaar geklassifiseer.
A Bestraling
B Bakterieë
C Werkslas
D Plaagdoders
(2)
1.1.3 ... sal die sweiseienskappe van vlekvrye staal verbeter.
A Mangaan
B
C Lood
D Chroom
Nikkel
(2)
1.1.4 Hierdie toestel kan NIE vir die monitering van beeste se weidingspatrone op 'n plaas gebruik word NIE:
A GPS-halsband
B GPS-skyfie-inplanting
C RFID-oorplaatjie
D Hommeltuig
(2)
1.1.5 Die ...-besproeiingstelsel kan tot gronderosie lei indien dit nie doeltreffend beheer word nie.
A drup
B mikro
C vloed
D mis
(2)
4
NSS
1.2 Verander die ONDERSTREEPTE woord(e) in elk van die volgende stellings hieronder om dit WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 to 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Baalmasjien.
1.2.1 'n Soliede membraan laat slegs water op 'n molekulêre vlak deur gedurende omgekeerde osmose.
(2)
1.2.2 Die baalkamer van die vierkantige baalmasjien is aanvanklik klein, maar vergroot soos wat die hooi in die baalkamer gevoer word. (2)
1.2.3 Die enigste manier om te voorkom dat 'n hamermeul oormatig vibreer, is om die glygeut ('hopper') te balanseer. (2)
1.2.4 Die driepuntmeganisme van 'n trekker werk met lug. (2)
1.2.5 Harde grond het 'n neutrale uitwerking op 'n trekker se brandstofverbruik wanneer daar geploeg word. (2)
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die woord/term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 J.
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
6
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: MATERIAAL EN STRUKTURE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Gebruik die verskillende materiaal hieronder wat vir suksesvolle vervaardigingsprosesse op 'n plaas belangrik is, om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.1.1 Watter EEN van die metale hierbo kan doeltreffend vir soldering gebruik word?
2.1.2 Identifiseer die metaal wat die geskikste is vir die installering van warmwaterpype in 'n plaashuis.
2.1.3 Noem die materiaal wat gebruik word om die foelie om voedselprodukte te bedek, te vervaardig.
(1)
(1)
(1)
2.1.4 Gee DRIE redes waarom vlekvrye staal die beste materiaal is om voedselverwerkingstoerusting te vervaardig.
(3)
2.2 Noem DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer tin geïdentifiseer word. (3)
2.3
Beskryf TWEE voordele van 'n tin-/koperallooi wanneer dit met koper vergelyk word. (2)
2.4 Noem TWEE eienskappe van brons.
(2)
2.5 In die foto hieronder is 'n persoon besig om 'n skoen met 'n kleefmiddel te herstel.
Noem TWEE belangrike aspekte wat in aanmerking geneem moet word wanneer 'n kleefmiddel vir 'n spesifieke toepassing gekies moet word.
2.6 Noem VIER voorsorgmaatreëls wat gevolg moet word wanneer daar met glasvesel gewerk word.
(2)
(4)
7
NSS
2.7 Hieronder is 'n foto van 'n Vesconite-bus wat in die omhulsel van 'n bootskroef pas.
Noem VIER eienskappe wat van Vesconite 'n gepaste materiaal maak om in marinetoepassings te gebruik. (4)
2.8 Die illustrasie hieronder is 'n ontwerptekening van 'n elektriese heining op 'n plaas om diere veilig te hou.
2.8.1 Verduidelik die funksie van die elektriese drade by A. (2)
2.8.2 Noem die komponent van die elektriese heining by B en verduidelik die funksie daarvan. (2)
2.8.3 Noem VIER veiligheidsmaatreëls wat op veiligheidsheinings op 'n plaas van toepassing is. (4)
2.8.4 Bespreek die prosedure wat gevolg moet word wanneer die aardstelsel van 'n elektriese heining getoets word. (4) [35]
VRAAG 3: ENERGIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die prent hieronder toon 'n sonpaneelstelsel wat algemeen vir die opwekking van elektrisiteit op plase gebruik word.
3.1.1
Verduidelik hoe elektrisiteit met hierdie sonpaneel opgewek word. (5)
3.1.2 Gee VIER moontlike redes waarom 'n sonpaneel nie teen sy volle potensiaal funksioneer nie. (4)
3.2 Verduidelik die werking van 'n geotermiese kragstasie vanaf die oomblik dat 'n geotermiese energiebron ontdek word tot by die punt waar elektrisiteit deur die kragstasie gelewer word.
(5)
3.3 Noem DRIE voordele van wind as 'n alternatiewe energiebron vir 'n boer wat geen toegang tot die nasionale elektrisiteitsnetwerk het nie.
3.4 Noem TWEE soorte plantolies wat ekonomies in die vervaardiging van biobrandstof gebruik kan word.
3.5 'n Groot hoeveelheid metaangas is onlangs aan die kus van Suid-Afrika ontdek.
|
178e6253-89b8-4868-b091-9d0f2ae90186-0
| 1 |
Wag Gretig Op Jesus se Wederkoms
Published on World Challenge (https://worldchallenge.org)
Wag Gretig Op Jesus se Wederkoms
David Wilkerson (1931-2011)September 19, 2019
Jesus kom binnekort! "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde" (1 Thessalonicense 4:16-18).
In Grieks, beteken die woord "geroep" om op te wek met woorde, om te wakker te maak, tot aksie oor te haal. Almal wat oorwin, sal die stem van die aartsengel hoor: "Hy staan by die deur! Hy vir Wie jy liefhet het gekom om jou te kom haal!" Dit is geen diskrete koms wat stil in 'n hoekie plaasvind nie. Nee! Jesus kom met 'n trompetgeskal, met leërs van engele, met 'n geroep en met 'n kosmiese geskal van die aartsengel. Die dooies in Christus sal eerste opstaan om Hom in die lug tegemoet te gaan en wat 'n donderende gejubel sal dit wees. Dan sal Hy sy engele deur die hele wêreld uitstuur en Sy kinders bymekaarmaak.
Dwarsdeur die geskiedenis heen, het verskillende mense dwaaslik die tyd van Christus se wederkoms voorspel. Menigtes het alles wat hulle gehad het verkoop en na spesifieke plekke gegaan om op sy koms te wag – net om teleurgestel te word. "Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie" (Markus 13:33). Pasop om behep te raak met wanneer en hoe Jesus weer kom as jy liewer moet konsentreer op Wie kom. God het doelbewus die tyd van Christus se wederkoms weerhou om sy kinders in 'n toestand van waaksaamheid te hou.
"Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het" (Handelinge 1:11). Dit was 'n verheerlikte Mens wat opgevaar het en dit is 'n verheerlike Mens wat weer kom! Begeer jy om by die Here te wees? Het jy geweet dit is sy begeerte om by jou te wees? Lewe elke dag in blye verwagting van sy koms op enige uur. En onthou dat totdat Hy kom, is daar baie werk om te doen!
Download PDF [1]
Links
[1] https://worldchallenge.org/printpdf/30622/
Page 1 of
|
ae7b1c4e-4ff6-4e5d-8cb6-73b93bc702fc-0
| 1 |
LEWENSWETENSKAPPE V1
SEPTEMBER 2019
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
BEGINSELS MET BETREKKING TOT NASIEN VAN LEWENSWETENSKAPPE
1. Indien meer inligting as die puntetoekenning gegee word
Hou op nasien wanneer die maksimum punte behaal is en trek 'n kronkellyn en duik 'maks' punte in die regterkantse kantlyn aan.
2. Indien, byvoorbeeld, drie redes vereis en vyf gegee word
Sien net die eerste drie na ongeag of almal of sommige korrek/nie korrek is nie.
3. Indien die hele proses beskryf word terwyl slegs 'n deel vereis word
Lees alles en krediteer die relevante dele.
4. Indien vergelykings vereis word, maar beskrywings gegee word
Aanvaar indien die verskille/ooreenkomste duidelik is.
5. Indien tabulering vereis word en paragrawe gegee word
Kandidate sal punte verbeur indien nie getabuleer nie.
6. Indien geannoteerde diagramme gegee word as beskrywings vereis word
Kandidate sal punte verbeur.
7. Indien vloeidiagramme i.p.v. beskrywings aangebied word
Kandidate sal punte verbeur.
8. Indien die volgorde vaag is en skakels nie sin maak nie
Krediteer waar volgorde en skakelings korrek is. Waar volgorde en skakelings nie korrek is nie, moenie krediteer nie. As die volgorde en skakelings weer korrek is, gaan voort om te krediteer.
9. Nie-erkende afkortings
Aanvaar indien dit aan begin van antwoord omskryf is. Indien dit nie omskryf is nie, moenie die nie-erkende afkorting krediteer nie, maar krediteer die res van die antwoord indien dit korrek is.
10. Verkeerd genommer
Indien die antwoorde by die regte volgorde van die vrae pas, maar die verkeerde nommer word gegee, is dit aanvaarbaar.
11. Indien die taal wat gebruik word, die bedoelde betekenis verander
Moenie aanvaar nie.
12. Spelfoute
Aanvaar as dit herkenbaar is, met die voorbehoud dat dit nie iets anders in Lewenswetenskappe beteken nie of as dit nie buite konteks is nie.
13. Indien gewone name in terminologie gegee word
Aanvaar, indien dit by die nasionale memobespreking aanvaar is.
14. Indien slegs die letter vereis word, maar slegs die naam gegee word (en andersom)
Geen krediet nie.
15. As eenhede nie in mate aangedui word nie
Kandidate sal punte verbeur. Memorandum sal afsonderlike punte vir eenhede aandui.
16. Wees sensitief vir die betekenis van ‘n antwoord, wat soms op verskillende maniere aangebied kan word
17. Opskrif
Alle illustrasies (diagramme, tekeninge, grafieke, tabelle, ens.) moet ‘n opskrif hê.
18. Vermenging van amptelike tale (terme/konsepte)
‘n Enkele word of twee in enige ander amptelike taal anders as die leerder se assesseringstaal waarin die meeste van sy/haar antwoorde aangebied word, moet gekrediteer word, indien dit korrek is. ‘n Nasiener wat in die relevante amptelike taal vaardig is, behoort geraadpleeg te word. Dit geld vir alle amptelike tale.
19. Veranderinge aan die memorandum
Memorandums mag nie verander word sonder dat die provinsiale interne moderator geraadpleeg is nie.
AFDELING A
VRAAG 1
| | | |
|---|---|---|
| 1.1 | 1.1.1 | B ✓✓ |
| | 1.1.2 | B ✓✓ |
| | 1.1.3 | D ✓✓ |
| | 1.1.4 | C ✓✓ |
| | 1.1.5 | C ✓✓ |
| | 1.1.6 | B ✓✓ |
| | 1.1.7 | C ✓✓ |
| | 1.1.8 | A ✓✓ |
| | 1.1.9 | D ✓✓ |
| | 1.1.10 | C ✓✓ |
(10 x 2) (20)
| | | |
|---|---|---|
| 1.2 | 1.2.1 | Aldosteroon ✓ |
| | 1.2.2 | Neuron ✓ |
| | 1.2.3 | Testosteroon ✓ |
| | 1.2.4 | Chorion ✓ |
| | 1.2.5 | Glukagon ✓ |
| | 1.2.6 | Veelvuldige/meervoudige sklerose ✓ |
| | 1.2.7 | Allantois ✓ |
| | 1.2.8 | Konjunktiva ✓ |
| | 1.2.9 | Hipofise ✓ / Pituitère klier |
| | 1.2.10 | Endokriene ✓ |
(10)
| | | |
|---|---|---|
| 1.3 | 1.3.1 | Geeneen ✓✓ |
| | 1.3.2 | B ✓✓ |
| | 1.3.3 | Geeneen ✓✓ |
(3 x 2) (6)
| | | |
|---|---|---|
| 1.4 | 1.4.1 | B - Chromatied/e ✓ |
| | | C - Sentromeer ✓ |
| | | D - Sentriool ✓ |
(3)
| | | |
|---|---|---|
| 1.4.2 | (a) Metafase II ✓ |
| | (b) Anafase I ✓ |
(1)
(1)
| | | |
|---|---|---|
| 1.4.3 | - Homoloë chromosome skei ✓ / chromosome beweeg uitmekaar |
| | - Spoelfibrille trek saam ✓ |
| | (MERK SLEGS DIE EERSTE EEN) |
Enige (1)
| | | |
|---|---|---|
| 1.4.4 | - Elke chromosoom het DNS / 'n segment van die ander chromosoom ✓ |
| | - Elkeen het 'n mengsel van moederlike en vaderlike DNS ✓ |
Enige (1)
| | | |
|---|---|---|
| 1.4.5 | Twee ✓ / 2 |
(1)
| | | |
|---|---|---|
| 1.4.6 | A ✓ |
(1)
(9)
| 1.5 | 1.5.1 | ‘n Refleksaksie✓ | (1) |
|-----|-------|-----------------|----|
| | 1.5.2 | Motoriese✓ neuron | (1) |
| | 1.5.3 | (a) Sinaps✓ | (1) |
| | | (b) Sensoriese✓ neuron en verbindingsneuron✓/interneuron | (2) |
**TOTAAL AFDELING A:** 50
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 A – Middelstuk✓ (1)
2.1.2 - Mitochondriums✓: verskaf energie ✓ vir beweging van die spermsel
- Stert✓: kan vorentoe aandryf ✓ om te swem/beweging van die spermsel
- Torpedo vorm✓: verminder
|
2c6c9cfc-e0bf-48fe-99a1-bcd96056926e-0
| 1 |
Biblische Texte vom Glück: Ligpunte vir lesers
Book Title:
Zum Leuchten bringen – Biblische Texte vom Glück
Book Cover:
Authors:
Herausgegeben von Luzia S. Rehmann, Ursula Rapp and Ulrike Metternich
ISBN:
978-3-579-05405-6
Publisher:
Gütersloher Verlagshaus (a division of Verlagsgruppe Random House), Güterloher; 2006, pp. 207, € 19.95*
*Book price at time of Review
Review Title:
Biblische Texte vom Glück Ligpunte vir lesers
Reviewer:
Peter Nagel
Affiliation:
Departement Nuwe Testament, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika email:
[email protected]
Postal address:
Suid-Afrika
Posbus 578, Lanseria 1748,
How to cite this book review:
Nagel, P., 2010, 'Biblische Texte vom Glück: Ligpunte vir lesers', Verbum et Ecclesia 31(1), Art. #419, 2 pages. DOI: 10.4102/ ve.v31i1.419
This review is available at:
http://www.ve.org.za © 2010. The Authors. Licensee: OpenJournals Publishing. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.
Die bundel bestaan uit 12 bydraes deur verskillende skrywers, naamlik Ursula Rapp (spesialis in die eksegese van die Ou Testament, Universiteit van Luzern), Ulrike Metternich (feministiese teoloog), Luzia S. Rehmann (titulêre professor in die Nuwe Testament, Universiteit van Basel), Nancy C. Pereira (Metodistiese pastoor in die ekumeniese pastorale bediening in Porto Alegre, Brasilië) en Luise Schottroff (Protestantse feministiese teoloog, Universiteit van Keulen). Hierdie skrywers is ʼn groep medewerkers wat hulle, veral uit ʼn feministiese perspektief, vir sosiale geregtigheid en regverdigheid beywer. Sommige van die skrywers is ook betrokke by die Duitse Bybelvertalingsprojek, Bibel in gerechter Sprache, wat ten doel het om onder andere juis op sosiale geregtigheid te konsentreer.
Die bydraes is in agt kategorieë verdeel, naamlik Euangelion, Glücklich ist, Konzentrationsübung, Engel, Augen fangen dich auf, Verborgenes Licht, Freude II en Glück wünschen, waarin die skrywers geluk nie aan die toekomstige ewigheid oorlaat nie, maar dit in die alledaagse soek. Dit is onder meer die skrywers se bedoeling om te besin oor hoe God Hom in elkeen se lewe sigbaar maak. Hulle poog om hierdie doelwitte te verwesenlik deur hul huidige kontekste met Bybeltekste in gesprek te bring wat sowel eksplisiet as implisiet oor geluk handel.
Ursula Rapp benader die tema uit die hoek van die Ou Testament. In haar eerste bydrae onder die tema Die Seligpreisungen der Bibel als Glückssprache fokus sy op Psalm 1. Sy kom tot die gevolgtrekking dat hierdie psalm die Tora as bron van die lewe beskou, en geluk lê dus in die nadenke en uitleef daarvan. In die ander twee bydraes uit haar pen beklemtoon Rapp die 'geluk' van Sarai en Hanna. Die tipe geluk wat sy hier wil beskryf, is geluk wat sigself met liefde, erotiek en lag sowel as met die realiteit van vrees bemoei.
Ulrike Metternich steun op en besin oor die bydrae van Dorothee Sölle, ʼn Duitse liberale teoloog (1923– 2003), wat onder andere van mening was dat geluk ʼn toestand van stilwees behels; geluk is om die huidige met die verwagting te verweef. Metternich benader die vraag na geluk deur ook na 'moderne' gedigte te verwys wat juis op geluk en die soeke daarna konsentreer. Metternich se twee bydraes in die bundel, in samewerking met Ursula Rapp, handel oor die verskynsel dat geluk ʼn positiewe soort mag (en bemagtiging) kan teweeg bring. Hiervoor doen die twee outeurs breedvoerig verslag van ʼn onderhoud met Michaela Bank (ʼn Katolieke non) en Ingrid Schmid (ʼn verpleegster), en verwys daarna vlugtig na Sarai en Hanna. Hierdie bydrae word gevolg deur Ursula Rapp se beoordeling van Sarai en Hanna se lewe wat betref geluk al dan nie.
Luzia S. Rehmann benader geluk, of die nadenke daaroor, deur na sprankeling en lig as metafore vir geluk te verwys. Rehmann beperk nie die metafore van lig en sprankeling tot mense nie, maar pas dit ook op dae, jare en kosbare geleenthede toe. Sy verwys na die bekende gedeelte in Lukas 11:33–36, wat impliseer dat werklike geluk nie verdoesel moet/kan word nie. Sy betoog dat die sigbaarheid van lig God se heiligheid weerspieël, terwyl die teendeel skynheiligheid impliseer. Die draers van geluk beskik dus oor geweldige potensiaal, maar daarmee saam kom ook ʼn ernstige verantwoordelikheid: Die uitstraal van lig, wat dit ook al simboliseer, kan immers sowel positiewe as negatiewe gevolge hê. In haar volgende bydrae in die bundel ondersoek Rehmann die Griekse woord καιρός (kairos) in Lukas 13, en sluit só by Luis Schottroff se bydrae aan, met ʼn blik op geluk in moeilike tye. Sy benader Lukas 13 betreklik uitvoerig, van waar sy die ritme van geluk beklemtoon.
Nancy C. Pereira dryf die spanning tussen genade en swaarkry, wat mettertyd geluk meebring, op die spits deur haar baie praktiese benadering in die verwysingsraamwerk van die Latyns-Amerikaanse teologie. Pereira maak dit duidelik dat sy geen teoretiese verhandeling wil skryf of haar op die woordeboek wil beroep wanneer sy haar oor geluk uitspreek nie, maar dat sy veel eerder ʼn lofrede wil voorhou wat in ʼn geleefde realiteit veranker is. Sy stel hoofsaaklik belang in die verloop van geleefde geluk – om deur middel van feeste en ander rituele die fisiese en simboliese vermoë as't ware aan te wakker ten einde die slegte van die realiteit vir ʼn meer konstruktiewe denkraamwerk te verruil. Sodanige konstruktiewe raamwerk behels die vermoë om voort te lééf en te glo. Sy beroep haar dan ten slotte op ʼn paar aanhalings uit Spreuke.
Luise Schottroff se ondersoek na die tema van geluk in Bybelse tekste geskied uit ʼn gelykenisperspektief. Buiten die Ou-Testamentiese tekste Psalm 79:1 en 4 Esra 10:50 waarna sy verwys, verreken sy ook Lukas 13:1–9 in hierdie verband. Schottroff behandel ook ander gelykenisse uit die Evangelies waarin geluksmomente voorkom. Die koninkryksmotief wat deur die gelykenisse toeganklik word, word dan Schottroff se uitgangspunt, naamlik dat die nabyheid van God juis in die gemeenskaplike maaltyd tot sy volle reg kom. Dit is juis dáár wat die speelveld van die wat honger het, die wat dors het, en die wat het en nié het nie, gelykgemaak word. Sy beskryf dit só: 'Dem Abendmahl, ist das Glück Gottes zu ahnen, zu schmecken, zu sehen, zu kosten.'
Luzia S. Rehmann het die laaste woord in die bundel met haar bydrae getiteld Glückelchen Reflexionen über Herkunft und Werdegang eines fremdes Wortes, wat oor geluk en die herkoms van dié woord handel. Sy struktureer die aanbieding van haar data onder die volgende hoofde:
* Heidenzeit (ʼn vlugtige verwysing na die Romeinse godin wat met geluk of voorspoed geassosieer is)
(page number not for citation purposes)
:
1
* Paarungsversuche (die soeke na semantiese verwantskappe)
* Schwierige Zeiten (geluk by die ongeluk)
* Neuzeit (potensiaal vir geluk)
* Auszeit (geluk in stilte en in tye van rus en besinning)
* Umwertung (herwaardering, herevaluering)
* Auferstehung (geluk te midde van die Opstanding)
Die skrywers slaag daarin om, in hul nadenke oor relevante Bybeltekste en geluk, die materiaal vir lesers toeganklik te
|
<urn:uuid:6b2d8a1a-00f6-4869-ad0c-45bd0329e412>-0
| 1 |
Junie 2011
Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,
Jammer dat hierdie 'n algemene brief oor die geskiedenis is en nie direk met ou Pretoria te doen het nie. Ek is besig om 'n stuk te skryf oor die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk [Oom Paul se kerk] in Pretoria en hoop om dit volgende maand aan julle te stuur.
Ek het die volgende navraag van Olf Paamstra van die Universiteit van Leiden in Nederland ontvang. Ek het dit vir hom in die oorspronklike Nederlands gestuur en het besluit om dit hier vir julle in Afrikaans weer te gee. Ons hedendaagse politici kan gerus hier leer hoe om mense te dreig.
Geachte mevrouw Swanepoel,
In Theo E.G. Cutten, A history of the press in South Africa, Cape Town, National Union of South African Students, 1935, p. 53 staat een citaat uit De Volksstem van 21 februari 1874, dat door hem in het Engels is vertaald. Ik zou dit stuk graag in het origineel lezen. Het is een oproep aan de "subscribers" – abonnees zouden wij zeggen – om toch vooral abonnee te blijven en op tijd hun abonnementsgeld te betalen. Weet u hoe ik een kopie daarvan in handen kan krijgen?
Met vriendelijke groet, Olf Paamstra
De Volksstem, 21 Februarie 1874
Vir intekenare van koerante – in die Amerikaanse koerante sien ons aanhoudend aanmanings van die uitgewers aan die intekenaars om hul verskuldigde intekengeld te betaal. Die aansporings geskied soms op so 'n eienaardige manier, dat ons 'n paar van die staaltjies met julle wil deel. Byvoorbeeld: "Ons streef daarna om 'n godsdienstige lewe te lei en hoop om daardeur in die hemel te kom; ons sou graag al ons intekenaars daar wil onmoet …… dit sal egter nooit kan geskied, as hulle nie, soos dit hul plig is, hul skuld aan ons betaal nie. Mag hy deur duisend vlooie uitgesuig word, as hy nie skuld betaal nie. Mag hy, as hy 'n nuwe stewel aantrek 'n lewende stekelvarken [ystervark of krimpvarkie?] daarin kry. Mag hy 'n kywende vrou en 'n rokende skoorsteen hê. Dit is 'n baie merkwaardige verskynsel, dat geen man, wat sy rekening gereeld betaal, nog ooit selfmoord gepleeg het nie, ook dat hy met weinig uitsonderings 'n lang lewe het." "Ons het die opmerking gemaak" voeg 'n ander koerant by, "dat wanbetaling van gelde gewoonlik die eerste stap tot misdaad is, en mag dit 'n waarskuwing vir ons lesers wees. Ons ken 'n man wat sy intekengeld gereeld vooruitbetaal; hy was in sy hele lewe nog nooit 'n enkele dag siek gewees, het geen liddorings en sy kinders huil nie in die nag nie."
--------------------------------------------------------------
Ek wou graag skryf oor wat alles in die winkels in ou Pretoria te koop was, maar kon geen foto's opspoor om die artikel te illustreer nie. Na baie ure se gesoek [en 'n hele paar koppies koffie] het ek maar die projek laat staan. Nogtans baie dankie aan Elsie Roeloffse wat haar lyste van goedere aan my geskikbaar gestel het.
Net 'n paar van die markpryse soos dit verskyn in die Staatskoerant van 29 Maart 1864. Rynoster-hoorn, 20 Rds per pond; Rozyne 24 Rds per pond; Struiseiren 40 Rds per stuk; Struisveederen, 17700 Rds per pond; Hoenders 52 Rds per stuk; Osse, 7200 Rds per stuk; Koedoevellen 500 Rds per stuk; Pampoene 12 Rds per stuk. [Rds = Riksdaalders]
-------------------------------------------
Die advertensies in die ou koerante van kruideniersware wat te koop aangebied was het my laat wonder "Wat het die vroue alles in hul kombuise gebak en gebrou?" Ek was 'n paar jaar gelede gelukkig genoeg om "De Suid-Afrikaanse Kook-, Koek- en Resepteboek" van Mejuffr. E.J. Dykman [Vyftiende Druk 1912] op 'n vlooimark raak te loop. In die boek word haar van soms as Dykman en soms as Dijkman gespel.
Ek is geen taalkundige nie maar het altyd gedink Afrikaans is maar net 'n vereenvoudigde vorm van Nederlands, maar ek dink selfs die Nederlanders sou gesukkel het om hierdie "Afrikaans" te verstaan. In haar voorwoord tot die eerste uitgawe [Paarl, Desember 1890] skryf mej. Dijkman as volg:
"LIWE KINDERS EN FRINDINNE.
Julle het my al so lank en dikwels om resepte fan koek, en raad in tyd fan siiktes gefra, en ofskoon ek altyd gewillig [is] om dit te gé, tog is dit moeilik fan wege di distansi – daar julle algar so fêr fan my is – in tyd fan nood en siikte raad te gé en koek resepte om dan fer di een, dan fer ander uit te skrywe, so denk ek dat dit beter is om al myn resepte in di form fan 'n boek te laat druk en uit te gé.
Ek was eers fan plan al lank gelede dit in Engels uit te gé omdat ek di taal beter ferstaan. Mar myn friende het my gefraag om dit liwers in Afrikaans te doen, dan kan ons Afrikaanse Onderfeldse susters – wat minder of gen Engels ken – ook nut daarvan hê."
Die tweede druk van die boek was in Julie 1891, die derde uitgaaf of sesde duisend was in Februarie 1892. Die vierde en vyfde drukke was elkeen 3000 eksemplare. Ek wonder hoeveel van die boeke was in Pretoria beskikbaar en hoeveel van hulle bestaan vandag nog.
Meeste van die kosresepte in die boek lyk baie lekker. In daardie tyd was dit regtig 'n kuns om te bak; daar was nie gestandaardiseerde maatlepels nie en die stoof se temperatuur moes geskat word. Hier is die resep vir haar Lekker Poeding: "Neem 6 yers, 8 lepels meel, 1 koppi soet melk, 1 koppi dik melk, 1 koppi suiker, 1 lepel botter, 1 lepel fet, di skil van 'n suurlimoen, klop di yers, roer di suiker daarby, dan al di ander goed, smeer 'n skottel en bak di poeding daarin. Wynsous of poeding kustard sous daarby is lekker."
Behalwe kosresepte is daar 'n hoofstuk van "Reseppe fer menslike Siiktes" en een van "Reseppe vir Fésiiktes".
Hier volg 'n paar van die resepte:
Beroerte
Di sike mak dagga laat rook; en as hy ni self kan rook ni, dan kan 'n ander di rook in zijn mond in blaas tot syn tong los gaan, dan kan hy self rook. Ook 'n mespunt sout op die nugter maag met 'n wynig water. Di lyer nie op te lig nie, hou die kop koel met kompresse, mosterd plysters op di kuite en terpentyn onder di voete te smeer, 'n mespunt epsensout, 3 maal op 'n dag met water te drink.
Bloed te stop fan 'n sny of wond
Fars perdemis, of terpentyn en sout.
Wyn en neutmuskaat fyn gestamp en opgesit.
Neem aluin en di wit fan 'n yer, geklits tot dit geheel dik word en met 'n fiirdubbel doek op di bloedwond geleg.
Buitengewone dikte
As jy wens dunner te wees, kan jy wilde (of berg) seldery op brandewyn laat trek, en saans 'n sopi daarfan drink, men kan dit ook met water of wijn gebuik. Dit is 'n sterk middel, jy kon dit ferflou tot dit goed is. Dis fer mans.
Geen Eetlus
Brood gebraai, neut daar o'er geraspe, suiker en wijn daarop.
Dowigheid
'n Mens sny 'n hasie oop en druk di water uit di blaas in 'n flessie en
|
eb8c99b4-0b72-46ae-8ad3-a9352135f40d-0
| 2 |
Simboliek in die Evangelie van Johannes
J G van der Watt
(UP)
ABSTRACT
Symbolism in the Gospel according to John
The use of terminology like symbol, metaphor and figurative speech is very confusing, since these terms are defined in a variety of ways. A definition of symbol is formulated, and applied to the imagery of shepherding in John 10. A few other symbols are also treated briefly to confirm the results of the symbolic analysis of shepherding in John 10.
SIMBOOL OF METAFOOR?
Die term simboliek word dikwels gebruik om figuurlike taalgebruik\(^1\) in die Evangelie van Johannes te beskryf. Ander gebruik weer die term metafoor (en nie simbool nie) as die oorkoepelende term vir figuurlike taal in die Evangelie\(^2\). In ander gevalle word simboliek en metaforeik as sinonieme gebruik\(^3\), of word metafoor as onderafdeling van simboliek gerekend. Dat dit dus 'n komplekse saak is om die term simbool te definieer, veral omdat dit vir soveel verskillende betekenisse gebruik kan word, het Van Luxemburg *et al*\(^4\) reeds oortuigend betoog. Dit is natuurlik uiters verwarrend en lei tot allerhande misverstande\(^5\). In hierdie artikel gaan daar aan die hand van 'n spesifieke definisie van simboliek, 'n kort oorsig gegee word oor die simboliese aard van die Johannesevangelie. Daar gaan bloot eksemplaries gewerk word.
Simbool? Waarvan praat ons?\(^6\)
Baldich sê tereg: "Symbol, in the simplest sense, may be used for anything that stands for or represents something else beyond it - usually an idea conventionally associated with it..." (klem JGvdW). 'n Simbool is gebaseer op semantiese konvensies\(^8\) en is in baie gevalle "Privatsprache"\(^9\). Iemand sal byvoorbeeld aan 'n padteken 'n spesifieke betekenis toedig, hoewel daar in baie gevalle geen logiese verband tussen die simbool en die toegekende betekenis bestaan nie\(^{10}\). So 'n simbool funksioneer op die basis van konsensus, of soos Goodenough dit stel: "...we have constantly to bear in mind that the meaning or value of any given symbol is not a denotative, precise meaning, but a connotative one"\(^{11}\). Dit veronderstel natuurlik dat
die lesers die simbool met die referent of toegekende betekenis moet kan verbind. Dit word gedoen op die basis van bestaande konvensies. "Images suggesting further meanings and associations in ways that go beyond the fairly simple identifications of metaphor and simile are often called symbols" \textsuperscript{12}. In die geval van 'n teks sal so 'n referent gewoonlik ekstratekstueel wees, behalwe as dit spesifiek in die teks self geïdentifiseer word. Sodra daar buite die die sfeer van konsensus \textsuperscript{13} beweeg word, sal die simbool nie meer as simbool kommunikeer nie; byvoorbeeld, 'n oninge-wyde persoon sal nie die simbole van 'n vreemde kultus verstaan nie. Hulle sal aan daardie persoon verduidelik moet word.
Om dus 'n simbool te interpreteer hang van die lesers se vermoe af om die teks te kan dekodeer \textsuperscript{14}. Konvensies word gewoonlik nie eksplisiet in die teks gestel nie, maar word as gemeenskaplike kennis tussen skrywer en lesers gesien, met ander woorde, as konvensie. Dit maak die interpretasie van veral antieke tekste moeilik, aangesien die hedendaagse eksegeet meermale afhanklik is van toevallige informasie ten einde vas te stel of die outeur en sy lesers 'n spesifieke term of frase as simbool sien. Byvoorbeeld, in die woorde self is daar geen aanduiding dat skape en herder na die God van Israel of Israel self moet verwys nie. Sodra so 'n verband gekonvensionaliseer word, kan gesê word dat herder en skape simbole vir God en sy mense word. Dit is dus glad nie so maklik om vas te stel of 'n sogenaamde simbool werkelik 'n simbool is nie. In baie gevalle kom dit neer op interpretasie van wat die oorspronklike lesers presies sou gehoor het. Die eksegeet is dus afhanklik van duidelike aanduidings uit die teks self \textsuperscript{15}.
'n Spesifieke term mag ook "gekonvensionaliseer" word as simbool in 'n spesifieke boek, om sodoende 'n interne simbool in die boek self te word. Byvoorbeeld, "duisternis" en "lig" mag konstant verbind word aan die geestelike dimensies in die teks en so gekonvensionaliseer word in die betrokke geskrif \textsuperscript{16}. Die implisierte lesers sal dus terme soos "nag" met die interne simboliese wêreld van "duisternis" verbind op grond van die konvensie wat deur daardie teks self tot stand gebring is. Dit word egter nie 'n simbool wat in alle ander tekste ook so geld nie. Warren & Wellek noem dit "private symbolism": "'Private symbolism' implies a system, and a careful student can construe 'private symbolism' as a cryptographer can decode an alien message" \textsuperscript{17}.
Simbole is nie noodwendig stagnant nie, maar kan ook verander. Omdat die bestaan van simbole op konvensie gebaseer is, mag die betekenis van simbole verander soos konvensies verander. Dit maak dit vir Johannes moontlik om van gevestigde simbole gebruik te maak en dit vir sy eie behoeftes aan te pas \textsuperscript{18}.
Dodd\textsuperscript{19}, (en voor hom Kennedy\textsuperscript{20}), het geargumenteer dat \(\sigma\eta\mu\varepsilon\iota\alpha\) in die Johannesevangelie eintlik simbole is, aangesien die dade wat uitgevoer word, betekenisvol is en “correspond with something divinely ordained to happen in the real world...”\textsuperscript{21}. Ng\textsuperscript{22} wys daarop dat die erkenning van die simboliese aard van hierdie vertellings feitlik eenparig is\textsuperscript{23}. Die \(\sigma\eta\mu\varepsilon\iota\alpha\) as aksies korrespondeer gewoonlik met die gepaardgaande gesprekke en funksioneer so as openbaring. Die \(\sigma\eta\mu\varepsilon\iota\alpha\) as tekens kan as simbole beskryf word, veral omdat hulle aan gesprekke verbind word. Op hierdie wyse word simbole in die Evangelie self geskep. Hoewel die \(\sigma\eta\mu\varepsilon\iota\alpha\) as simbole gesien kan word, sal dit nie verder aandag ontvang in hierdie artikel nie.
Nie alle simbole in die Evangelie gaan hier bespreek word nie, veral nie sekere van die karakteristieke wat verband hou met Jesus, die Jode, sekere feeste, ensovoorts, nie. Daar sal eksemplaries en illustratief te werk gegaan word.
Simbole waarna daar in hierdie artikel verwys word, moet nie verwar word met figuurlike taal in die algemeen of met metafore in besonder nie. Simbole word spesifiek gesien as figuurlike taal wat betekenis vind op die basis van konvensie\textsuperscript{24}. Metafore is per definisie vars en onkonvensioneel. ’n Metafoor mag egter ’n simbool word indien die oorspronklike metafoor stabiliseer en fossileer\textsuperscript{25} op die basis van semantiese konvensie.
**Simbole in die Evangelie**
Uitdrukkings soos Jesus is die goeie herder of Jesus is die wynstok sluit aan by bekende temas uit die antieke wêreld. Johannes kon goedsikks by bekende uitdrukkings of teksgedeeltes aangesluit het en dit inter-tekstueel in sy teks opgeneem het. Aangesien dit uitdrukkings of tekste is wat binne die konvensie van sy lesers lewe, funksioneer dit as simbole. Vanuit ’n inter-tekstuele perspektief word ’n bekende beeld gebruik, wat dan heraangewend word deur Johannes en so ’n bydrae maak tot die semantiek van Johannes se figuurlike taalgebruik.
Johannes 10 sal meer breedvoerig bespreek word ten einde as voorbeeld te dien, waarna daar kortliks na ’n paar van die ander simbole in die Evangelie verwys sal word. Daar gaan eers vasgestel word of die gedagte van skaapboerdery prominent funksioneer in tekste wat Johannes moontlik kon gebruik het. Uiteraard bied die Ou Testament die
|
<urn:uuid:ef00310c-262f-4db6-a703-0947eee5729f>-0
| 1 |
die gelykenisse in die Ou Testament oor herders asook sulke verwysings in die res van die Nuwe Testament.
Paschal, *a w*, 152-153.
J Gnilka, *Johannesevangelium*, Würzburg, 1983, 81, beklemttoon dit ook en verwys na Jesaja 63:11; Esegiela 34:1-16; Psalm 77:21. Hy wys tog ook daarop dat die temas uit die Ou Testament nie die gebruikswyses in Johannes 10 volledig dek nie.
Sien 2 Samuel 24:17; Psalm 78:71-72; Jeremia 3:15; 6:3; 22:22; 23:2, 4; Esegiël 34; Acts 20:28; 1 Petrus 5:2; Openbaring 2:27; Filo, *On the embassy of Gaius*, V (20); VII (43). In die Griekse tradisie gaan hierdie idee terug na Homerus wat deur Aristoteles, *Nicomachean Ethics*, 8 (11) aangehaal word asook deur Filo, *Every good man is free*, III (31); *On Joseph I* (2-4). Sien ook Plato, *Gorgias* 155.177. Die frekwensie van hierdie idee blyk laer te wees onder die Griekse fikosowe, behalwe vir Plato wat die idee gebruik in *Republic* 71.646; 276.646 and *Statesman* 22.124; 29.124; 42.124. Vergelyk J D Turner, “The history of religions background of John 10” in: J Beutler, & R T Fortna (eds), *The shepherd discourse in John 10 and its context*, Cambridge 1991, 35-38; Barrett, *a w*, 373-374 wys daarop dat hierdie nie net 'n tipiese Joodse idioom is nie, maar dat dit algemeen in gebruik was. Koester, *a w*, 14 wys daarop dat leierskap en herderskap verbind word, beide in die Joodse geskrifte asook in die Griekse klassieke literatuur, byvoorbeeld in die *Iliad* 2.243ff and Plato in *Rep. Discourses* 3.22.35.
1 Kronieke 11:2 *par*. Hierdie tema word opgeneem in Matteus 9:36 (Mk 6:34 *par*) en reflekteer op die geestelike situasie van die mense in die stede wat Jesus besoek het. ’n Verdere interessante punt is dat die tema van oes, wat so prominent in Johannes 4 voorkom, met die skaap en herdermotief in Matteus 9:36-37 verbind word.
Sien 1 Konings 2:17; 2 Kronieke 18:16; Judit 11:19; Sagaria 10:2; Matteus 9:36; Markus 6:34; Filo, *On the posterity of Cain and his exile, XIX* (66-68); *On Humanity X* (58).
Johannes 16:32 verwys waarskynlik hierna.
Plato, *Republic* 71.646 beklemtoon dit.
*On the life of Moses, XI* (60-62).
Hierdie idee is prominent in Joodsverwante godsdienste, maar word ook byvoorbeeld aangetref in Plato, *Statesman* 36.124; 42-45.124. Plato argumenteer dat gode oor mense heers soos konings oor hulle onderdane heers. Hulle status is egter hoër as die van konings.
Filo, *On Husbandry XII* (49-53), noem God ook herder in 'n konteks waar die konings en leiers 'n rol speel. Hy haal ook Psalm 23 aan wat iets sê oor die *Wirkungsgeschichte* van Psalm 23.
Sien Psalm 28:9; 80:1; Jesus Sirag 18:13. In Psalm 47:15 (LXX) word die sorg en leierskap van God in terme van herderskap geformuleer (Sien ook Hos 13:5). In Esegiël 34:11-12 neem God die rol van herderskap oor, maar stel later 'n ander herder aan (Es 34:23-24).
Byvoorbeeld Psalm 78:71-72; Jeremia 3:15; 23:3-4; Esegiël 34; 37:24; Sagaria 11:4-17.
Sien ook Esegiël 34:7-10; Sagaria 11:17.
"hy sal sy skape oppas deur die krag van die Here; deur die belangrikheid van die Here hulle God".
Vergelyk Matteus 2:6: καὶ σὺ Βηθλέεμ, γῆ Ἰούδα, οὐδαμῶς ἐλαχίστη εἰ ἐν τοῖς ἡγεμόσιν Ἰούδα ἐκ σοῦ γὰρ ἐξελεύσεται ἥγουμενος, ὃστις ποιμανεῖ τὸν λαὸν μου τὸν Ἰσραὴλ ὅσιν φόβε 5·3· καὶ σήσεται καὶ ὑπεσταί καὶ ποιμανεῖ τὸ ποίμνιον αὐτοῦ ἐν ἰσχύι κυρίου, καὶ ἐν τῇ δόξῃ τοῦ ὀρόματος κυρίου τοῦ θεοῦ αὐτῶν ὑπάρξει οὐσιν,
Sien ook Sagaria 11:4-17.
Hierdie kan as Messiaanse uitdrukking gesien word, aangesien Dawid, koning van Israel, reeds vir sowat vierhonderd jaar dood was en daar geen ander koning Dawid daarna bekend is nie. Die Messias word so genoem omdat Hy van Dawid afstam en omdat die beloftes wat aan Dawid gemaak is, in Hom vervul is (Jes 55:3-4; Jer 30:9; Op 22:16).
Sien ook J Beutler, "Der alttestamentlich-jüdische Hintergrund der Hirtenrede in Johannes 10", in: J Beutler, & R T Fortna (eds), *The shepherd discourse in John 10 and its context*, Cambridge, 1991, 29-30.
Turner, *a w.*, 43-45 is skepties oor direkte verbande tussen die sinoptiese gebruik van die herdermotief en die wyse waarop Johannes dit gebruik: "Clearly, as Bultmann recognized, the conceptions of this passage are either original with the Evangelist, or derived from other quarters that the known parables of Jesus" (45).
J A T Robinson, "The parable of John 10,1-5", *ZNW* 46(1955), 235 sien affiniteite tussen hierdie beeld en die verwysings na skape in die Sinoptiese
evangelies, byvoorbeeld in Matteus 15:24; 18:12-14; Markus 14:27f.; Lukas 12:32; 15:4-7. Sien ook P Riga, “Signs of glory. The use of ‘semeion’ in St John’s Gospel”, *Interpretation* 17(1963), 407.
Beutler, *a w*, 29-30.
N A Dahl, “The Johannine Church and History”, in: W Klassen (ed), *Current issues in New Testament Interpretation, Essays in honour of Otto A Piper*, New York 1962, 125.
D A Carson, *The Gospel according to John*, Leicester 1991, 511, wys daarop dat die verwysings na wingerde in die Sinoptiese evangelies almal na Israel verwys. Daar word gewoonlik na die gebrek aan vrugte verwys. Dit is ook ’n algemene beeld in ander religieë. In die Ou Testament word dit byvoorbeeld aangetref in Psalm 80:9-16; Jesaja 5:1-7; 27:2-9; Jeremia 2:21; 12:10-11; Esegiël 15:1-8; 17:1-21; 19:10-14; Hosea 10:1-2.
Carson, *a w*, 513.
Paschal, *a w*, 152.
Carson, *a w*, 114-116.
|
<urn:uuid:ef00310c-262f-4db6-a703-0947eee5729f>-1
| 1 |
15. Jefta, Simson en Rut
Rigters 11 - 16 en Rut 1 - 4
God verlos sy volk
Die Here gee aan die volk persone wat die volk van hul vyande verlos en hulle teruglei na Hom toe. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:
- God straf sy volk se ongehoorsaamheid.
- As die volk hulle bekeer en volgens God se wil lewe, verlos Hy hulle van hul vyande.
- God beskik dit so dat daar ook mense van heidense afkoms in Christus se geslagsregister opgeneem word.
Die Israeliete vra Jefta om hul leier te word
Toe die Israeliete weer doen wat verkeerd is in die oë van die Here, stuur Hy die Ammoniete om Kanaan vanuit die ooste binne te val. Terzelfertyd val die Filistyne die land vanuit die weste binne. Agtien jaar lank verkeer die Israeliete in baie moeilike omstandighede. Toe verwyder hulle al die afgodde wat hulle gedien het, uit hul midde en dien God weer in alle erns.
Die Ammoniete slaan hul laer op by Gilead. Toe die Israeliete dit sien, trek hulle by Mispa byeen om teen die Ammoniete te veg. Die Israeliete het egter geen aanvoerder gehad nie. In Sirië woon Jefta, 'n baie dapper Israeliet wat die leier van 'n bende is. Die oudstes van die volk vra hom om hul leier te wees. Hy weier eers want sy broers het hom vroër uit die land weggejaag.
Later willig Jefta wel in om hul aanvoerder te wees op voorwaarde dat hy steeds hul leier moet bly ook nadat die stryd met die Ammoniete afgehandel is. Jefta probeer eers met die Ammoniete onderhandel, maar toe hulle nie tot 'n vergelyk kan kom nie, ontrek die Ammoniete hulle aan die samesprekings en begin voorbereidings tref om Israel aan te val.
Jefta verslaan die Ammoniete
Jefta het niks om te vrees nie aangesien die Gees van die Here op hom gekom het. Tog twyfel hy en daarom vra hy God om Israel te help. Hy lê ook ’n gelofte af dat hy die eerste wat hom ná sy oorwinning oor die Ammoniete uit sy huis tegemoet kom, uit dankbaarheid aan God sal afstaan.
Die Here gebruik Jefta as ’n instrument in sy hand om Israel te verlos.\textsuperscript{112} Die Israeliete verslaan die Ammoniete heeltemal en verdryf hulle uit Kanaan. Hulle is baie bly oor die oorwinning en Jefta se dogter, sy enigste kind, is die eerste om hom vrolik te ontvang. Jefta het nou berou oor die gelofte wat hy afgelê het, maar nadat hy sy dogter oor sy gelofte inlig, is sy gewillig om die belofte wat haar pa afgelê het, uit te voer. Sy vra Jefta om haar toe te laat om twee maande lank saam met haar vriendinne deur te bring, waarna sy haar hele lewe in diens van die Here stel.
Die Efraimiete kom nou teen Jefta in opstand. Hulle beskuldig hom daarvan dat hy hulle nooit gevra het om saam met hom teen die Ammoniete te veg nie. Jefta wys hulle daarop dat hy hulle wel opgeroep het, maar dat daar geen reaksie van hul kant af was nie. Die gevoelens tussen Jefta en die Efraimiete loop so hoog dat Jefta die mans van Gilead byeenroep om teen Efraim te veg. In die geveg wat volg, word 42 000 Efraimiete verslaan.
Van die volgende drie rigters lees ons nie veel nie. Ná Jefta se dood het Ebsan die volk sewe jaar lank gerig. Hy is opgevolg deur Elon en tien jaar later deur Abdon, wat Israel agt jaar lank gerig het. Hy is in Efraim begrawe.
Die geboorte van Simson
Simson is in baie opsigte ’n merkwaardige persoon. Sy vader was Manoag en van sy ma word gesê dat sy onvrugbaar was. Die Engel van die Here verskyn aan haar en vertel haar dat sy ’n seun sal hê. Ook Jesus Christus se geboorte word op ’n soortgelyke wyse aangekondig.\textsuperscript{113} Die Engel sê verder dat die seun ’n nasireër van God sal wees, dit beteken dat hy sy hele lewe in God se diens sal staan.
\textsuperscript{112} Heb. 11: 32 En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gideon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal,
\textsuperscript{113} Luk. 1: 30 en 31 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
Die Engel dra ook sy boodskap aan Manoag oor. Uit dankbaarheid bring Manoag 'n offer aan die Here. Hy en sy vrou het die seuntjie Simson genoem. Dit beteken die “Sterke” of “Geweldige”. Hy mag nooit enige sterk drank drink of sy hare afsny nie.
God seën Simson se kinderjare en hy word vinnig groot. Ongelukkig raak hy as jongman verlief op 'n Filistynse vrou wat naby hulle woon. Sy ouers maak aanvanklik beswaar teen Simson se verhouding met 'n heidense vrou, maar later gaan hulle tog saam met hom na Timna waar sy woon. Hulle gaan onderhandel met haar ouers oor sekere voorwaardes met die oog op 'n huwelijk. Sy ouers weet nie dat die Gees van die Here Simson dryf om na die Filistyne te gaan nie, want hy moet Israel van die Filistyne verlos.
Terwyl Simson alleen stap, bestorm 'n jong leeu hom. Hy gryp die leeu en maak hom met gemak dood. Daarna gooi hy die leeu se karkas langs die pad neer.
**Huwelik van Simson**
'n Ruk later volg Simson dieselfde roete toe hy op pad is na sy troue. Toe hy by die plek kom waar hy die leeu verskeur het, sien hy dat daar 'n byenes in die karkas is. Simson haal van die heuning uit en eet daarvan.
Op die troue, wat sewe dae lank duur, gee Simson 'n raaisel op aan die gaste. Volgens die gebruik van daardie tyd kon die bruidegom so 'n raaisel aan sy gaste stel. As hulle daarin slaag om die raaisel korrek uit te lê, ontvang hulle 'n beloning; maar as hulle nie daarin slaag nie, moet hulle vir Simson 'n geskenk gee. Toe die gaste nie daarin slaag om die raaisel te ontrafel nie, dreig hulle Simson se vrou en haar familie met die dood indien sy nie die antwoord aan hulle verskaf nie.
Simson se vrou soebat hom om aan haar die antwoord van die raaisel te gee. Die raaisel handel oor die leeu wat Simson doodgemaak het en die bye se nes in die karkas. Toe Simson die antwoord vir haar gee, gaan sy dadelik na die gaste en gee vir hulle die antwoord. Simson moet nou aan 30 mans elkeen 'n stel klere gee. Hy kry die klere in die hande deur 30 Filistyne dood te slaan en hul uitrustings te vat. Simson is so kwaad dat hy sy vrou agterlaat en na sy ouers teruggaan. Daarna gee sy skoonpa sy vrou aan een van die strooijonkers.
'n Ruk later keer Simson egter terug om sy vrou te gaan haal. Toe hy uitvind dat sy vir iemand anders gegee is, is hy so kwaad vir die Filistyne dat hy 300
jakkalse vang en hulle twee-twee met fakkels tussen hul sterte aan mekaar vasbind. Daarna laat hy hulle in die Filistyne se koringlande los. Die Filistyne is baie kwaad en verbrand haar en haar pa se huis.
**Die slag by Legi**
Uit reaksie op die Filistyne se optrede berokken Simson hulle weer groot skade. Om hom op sy plek te sit, bring die Filistyne ’n leer op die been wat optrek om teen hom te veg. Toe die Israeliete die leer sien, is hulle so bang, dat hulle Simson met toue vasbind om hom aan die Filistyne uit te lewer. Simson laat toe dat hulle hom vasbind en aan die Filistyne oorhandig.
Die Filistyne juig toe die Israeliete Simson bring om hom aan hulle uit te lewer.
|
8c35bea3-bbd0-4093-876f-3a291b7bbd43-0
| 4 |
Skrifgedeelte: Psalm 144
Fokusgedeelte: Psalm 144:3,4,12-15
Loof die Here vir sy seëninge
Besef jy hoe maklik ons kla? Ons kla oor die weer, die regering, ons werk, die mense wat saam met ons werk. Dis asof ons soms net die donker dinge in die lewe raaksien en net daaroor praat.
Psalm 144 maak vandag ons oë oop vir heerlike seëninge van die Here wat ons dikwels nie raaksien of waardeer nie. God werk nie net met ons harte en ons innerlike geloofsband met Hom nie, ons hele lewe word deur Hom beheers – ook gewone, alledaagse en vanselfsprekende dinge is seëninge van die Here.
Vanoggend kon jy wakker word op jou bed. Sien dit raak as God se sorg vir jou. By die ontbyttafel is kos om te eet – dis jou hemelse Vader se seën. Jou kinders wat opgroei as kinders van die Here, familie en vriende wat jou bystaan en vir jou baie beteken – dis alles heerlike geskenke van God! Jy het genoeg inkomste om goed te lewe en `n werkplek waarheen jy kan gaan. Dit is alles wonderlike seëninge van die Here!
Onthou, dit is alles onverdiende seëninge, want elkeen van ons kan vandag uitroep: "Here, wat is `n mens dat U hom sou wil ken; `n mensekind dat U aan hom sou dink?" (vers 3).
Kom ons gaan hierdie nuwe dag tegemoet nie as klaers nie, maar as mense met `n positiewe hartsgesindheid. Kom ons kyk deur die krag van die Heilige Gees met nuwe oë na ons lewens. Kom ons sien die onverdiende seëninge van die Here raak in ons gewone, alledaagse lewe. En kom ons loof en prys die Here met blydskap daarvoor. Kom ons sing `n nuwe lied tot eer van sy Naam. Ja, dit gaan goed met die volk wie se God die Here is!
Sing: Psalm 147:5
Ds L du P van der Vyver
|
994eff3c-251b-4b76-b047-26ccb7a7e7d3-0
| 1 |
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2017
Boutekene 111 (BOU 111)
Kwalifikasie
Fakulteit
Module-inhoud
Studente word bekend gestel aan ontwerpaspekte in die bou-omgewing aan die hand van tegniese tekeninge van eenvoudige geboustrukture met toepaslike detailsketse. Werkopdragte deur die loop van die semester stel die studente bloot aan die volgende onderwerpe: fondamente; bostruktuur; dakstruktuur; venster- en deurtipes; plan- en snittekeninge en plaaslike owerheid goedkeuringsvereistes.
Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2017 |www.up.ac.za| 06:55:53 03/06/2023 | Bladsy 1 van
|
5c952bb8-b7af-45a7-8ae2-e4d32e06455a-0
| 1 |
GROND EN VOEDING
Grondvoorbereidingsprogram
In die Tydige Wenke van Desember het ons gekyk na die prosedure om grondmonsters vir onderhoudskalk te neem. Die uitslae van die analise behoort nou beskikbaar te wees.
In die Wes-Kaap neig ons om te praat van 'n "Bekalkingsprogram" wanneer dit kom by die regstelling van grondchemiese toestande in gevestigde boorde. Aangesien die produksie van vrugte plaasvind in baie gebiede waar kalk nie nodig is nie, sal ek eerder na hierdie program verwys as 'n grondvoorbereidingsprogram.
Hierdie program moet die grond en blaaranalise (monsters geneem in weke 3 tot 4) en waarnemings in die boord inkorporeer. Die doel is tweedelig:
1. Skep 'n uniforme boord deur sones wat anders is, anders te behandel, en
2. Balanseer die chemie van die grond om optimale toestande vir gewasproduksie te skep. Neem in ag die huidige chemiese status van die grond en enige kwessies waargeneem in die boord soos interne verbruining of slegte vrugte groottes.
Hierdie optimale toestande is:
- pH (KCl) 5.5 (5 tot 6)
- Southeid afwesig (Weerstand groter as 750 ohm)
- Ca 70-80% van KUK*
- Mg 12-15% van KUK
- Ca:Mg van 4:1
-
K 80dpm en/of 4% van KUK
- Na <8% van KUK
- P 30dpm (Bray 2)
* KUK = Katioon Uitruil Kapasiteit, of eenvoudig gestel, die grond se vermoë om positief gelaaide verbindings (katione) te bind. Ons oorweeg dus nie net die absolute waardes van elemente nie, maar ook die gedeelte van die KUK wat die element in beslag neem.
Dit is duidelik uit die bogenoemde norme dat dit 'n baie komplekse interpretasie en aanbeveling is.
FEBRUARIE 2022 STEENVRUGPRODUKSIE
Vir onderhoudsprogramme sal ons nie spoorelemente toedien nie, aangesien hulle reeds tydens aanplant geïnkorporeer moes wees. Indien daar 'n drastiese tekort in die blaaranalise is, sou ons kon oorweeg om analises vir spoorelemente op 'n ad hoc basis te doen vir probleemoplossing doeleindes. Die opname van spoorelemente deur die wortels word beperk in gronde met 'n pH hoër as 7 en dus sal ons dit nie oorweeg in hierdie toestande nie. In laasgenoemde geval kan regstelling d.m.v. blaar toedienings gedoen word.
Die doel van die grondvoorbereidingsprogram sal wees om bogenoemde parameters reg te stel deur die toediening van:
- Kalsitiese Kalk (Verhoog pH en Ca)
- Dolomitiese Kalk (Verhoog pH, Ca en Mg)
- Gips (Verhoog Ca, geen merkbare effek op pH)
- Magnesiumoksied (Verhoog Mg, geen effek op pH)
- Fosfaat moet toegedien word indien:
o Grond P (<30dpm) en blaar P (< 0.2-0.25%) OF
o Grond (<20dpm) OF
o Blaar (< 0.2%)
o P produkte is duur en gereelde analises en interpretasie sal doeltreffende bestuur moontlik maak.
- Soutgronde moet op 'n ad hoc basis behandel word, aangesien elke scenario uniek is. Die benadering moet die dreinering, besproeiingswater, chemiese en fisiese status van die grond en bemesting in ag neem. Die toediening van gips is net voordelig tot op 'n sekere punt. Moet dus nie slegs op hierdie strategie staatmaak om grondsoutheid te beheer nie.
'n Grondvoorbereidingsprogram moet elke 2 tot 3 jaar gedoen word om veranderende vereistes aan te spreek.
Gebruik van presisie monsterneming metodes en presisielandbou
Daar word elke dag meer en meer presisie-dienste aan boere gebied. Dit sluit beide wonderlike en waardelose tegnologieë en strategieë in.
Met hierdie in gedagte wil ek graag 'n paar riglyne verskaf vir wanneer so 'n diens gebruik word:
- Die neem van monsters op 'n ruitnet patroon in plaas van 'n saamgestelde monster per boord
o Dit sal 'n groot koste-implikasie inhou omdat daar meer monsters geneem word
o Moenie die koste van analise verminder deur kritiese analises soos bv. weerstand, uit te laat nie.
o Die monsterneming, interpolasies en vertoning hoef nie duur te wees nie. Daar is baie gepaste oplossings deesdae.
o Daar is kontrakteurs wat gerat is om produkte varierend te versprei. Hulle kan gebruik word totdat u jou eie masjien het eendag.
o Word monsters vanaf 'n enkele punt op 'n ruitnet geneem (kern monster) of is dit steeds 'n saamgestelde monster? 'n Monster wat op 'n verkeerde punt geneem word sal skewe uitslae gee.
o Is die variasie in u gronde van so 'n aard dat dit die skaal van monsterneming regverdig?
o Raadpleeg u voedingskonsultant voor 'n ruitnet projek aangesien hulle die data sal gebruik na monsterneming. Moenie so 'n projek aanpak met slegs die tegnologie verskaffers se steun nie.
- Monsterneming om die grond se chemiese status te korrigeer
o Word dit slegs gedoen vanuit 'n grondperspektief of word die blaaranalise ook in ag geneem?
o Is die persoon/sagteware wat die aanbeveling maak bekend met die tipe gewas, die spesifieke fenologie, die grondverspreiding op die plaas en die geskiedenis van die boord?
Ek wil hierdie afdeling graag met 'n analogie afsluit:
Baie boere sal presisie-landboudienste uit nuuskierigheid probeer, baie soos die maand wat die jongste "Banting" dieët gevolg word. Hulle sal gelos word met 'n teleurstellende ervaring van geld wat uitgegee is sonder enige resultaat en terugkeer na die ou manier van dinge doen. Vir 'n dieët om te werk, moet dit gepaard gaan met 'n verandering in ingesteldheid, konsekwente toepassing en geen uitsonderings wanneer mens lui voel. Kry hulp van iemand wat u vertrou.
Maak seker u benadering tot presisie is gebaseer op bewysde wetenskaplike beginsels, dat dit aangebied word deur betroubare verskaffers en by u begroting en huidige toerusting pas. Die gereedskap (en speelgoed) sal mettertyd kom.
Kliek op die skakel onder vir 'n video oor Voeding: Grond- en Blaar-analise.
BESPROEIING
Gaan voort met optimale besproeiing vir solank as wat daar nog vrugte op die boom is. Verminder die besproeiing na oes stelselmatig tot slegs 50—60% van die voor-oes behoefte. Moenie heeltemal met besproeiing ophou nie aangesien die bome tot die einde van Februarie aanhou sal groei en blomknop inisiasie in hierdie tyd plaasvind. Besproeiing moet slegs verder verminder word indien die bome uitermatig geil groei. Teen die stadium soek ons groen blare met geen aktiewe groei nie. Gebruik lg. as 'n 3de manier om besproeiing te monitor, saam met vogmeters en grondvog observasies.
OESWENKE
U uitvoerder sal riglyne verskaf vir die rypheidstandaarde wat hulle vir uitvoer vereis, en die Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development (DALRRD) het ook rypheidstandaarde vir uitvoer wat deur die PPECB, as agent van DALRRD, gemonitor en geverifieer word. Wat volg is 'n paar wenke vir oes:
Kliek op die skakel onder vir 'n video oor die Pluk van Steenvrugte.
Perskes vir die varsmark
Gaan ook met die uitvoerder na wat die rypheidstandaarde is wat hulle vereis. Perskes word op grond van druk/fermheid geoes en die korrekte druk sal die agtergrondkleur bepaal waarby dit geoes moet word.
- Beserings is ook 'n groot probleem en dieselfde sorg as met die oes van appelkose moet geneem word. Maak ook seker dat veral die skouer van die vrugte nie beseer word nie.
- Oorryp vrugte is 'n probleem, dus moet perskes bestem
|
97a125fe-c13b-49f9-8996-c5c4c4150f1b-0
| 1 |
die opbrengste van die vorige seisoen en bepaal watter faktore bygedra het tot laer as verwagte opbrengste en hoeveel van daardie faktore tydens die komende Herfs, Winter en Lente aangespreek kan word, en aandag aan geskenk kan word.
- Byvoorbeeld; kruisbestuiwing: Was daar voldoende kruisbestuiwing en was die korrekte bestuiwers teenwoordig? Hierdie is van kritieke belang vir pruime. Soos voorheen bespreek, is twee bestuiwers beter as een. U kan bepaal of dit nodig is om bykomende kruisbestuiwers in Julie/Augustus in te ent en dan begin om planne daarvoor te maak.
- Aalwurmmonsters: Neem monsters van aalwurms en dien hulle in vir analise om te bepaal of hulle moontlik een van die beperkende faktore in die boorde is.
- Verkry 'n na-oes misstof en blaarvoeding spuitprogram vanaf u plantvoedingkonsultant.
3. Slot
Ter afsluiting, die tydperk na-oes/in die herfs is wanneer mens begin beplan vir die nuwe seisoen en probeer om die tekortkominge van die vorige seisoen reg te stel. 'n Goed beplande strategie vir hierdie komende seisoen is van onskatbare waarde en dit moet in die na-oes/herfstydperk onderneem word.
PLAE EN SIEKTE BEHEER
Die Januarie Tydige Wenke, wat die beheerstrategieë vir vals kodlingmot, vrugtevlieg en naoesbederf uitgebeeld het, moet baie sorgvuldig in die latere deel van die seisoen geïmplementeer word. Die druk vanaf vlieë en motte, veral op laat donkerkleurige pruime, is altyd baie ernstig. Daarbenewens, met vrugverbouing wat dwarsdeur die jaar plaasvind as gevolg van die gekombineerde boerdery met steenvrugte, sitrus en wingerd op dieselfde plaas, word daar 'n ideale toevlug geskep vir peste om te floreer en hulle lewensiklusse in verskillende vrugsoorte en verskillende tye van die jaar te voltooi, wat lei tot druk vanaf insekte wat dwarsdeur die jaar opbou.
Vals Kodlingmot (VKM) – Alle Steenvrugte:
Vir die aanwending van virus of parings-ontwrigting (mating disruption of MD) verwys asseblief na die Januarie Tydige Wenke. Die tabel hieronder lys die huidige lys van geregistreerde produkte vir VKM beheer.
Broadband of Eco Bb (Beauveria bassiana) is 'n swam kontak insekdoder wat op sy eie gespuit moet word. 'n Benatter plakker soos Biodew of Villa 51 @ 6ml/hl moet by die spuitoplossing gevoeg word. 'n Reeks van 3 sproeie moet toegedien word. Indien dit gedoen word, sal rooi spinnekop miet onderdruk word.
Marksman, ten spuite van die 7-dag veiligheidsvenster, moet vroeg in die kontrole program ingestel word omdat die VKM eiers bo-op die spuit gelê moet word vir beste doeltreffendheid.
| Produk | Veiligheid (Dae) | Getal Spuite | Perskes | Nektarien | Pruime |
|---|---|---|---|---|---|
| Altacor 10g OF Coragen 17.5ml | 14 | 2 | √ | √ | √ |
| Exirel 50ml | 7 | 2 | √ | √ | √ |
| Marksman 60ml | 7 | 2 | √ | √ | √ |
| Ampligo 350ml/Ha | 28 | 3 | √ | √ | √ (14) |
| Calypso 15ml | 60 | 3 | √ | √ | |
| Delegate 20g | 7 | 4 Insluitend Tracer | √ | √ | √ |
| Steward 20g | 28 | 2 | √ | √ | √ |
| Warlock 80ml | 21 | 4 | √ | √ | √ |
Vrugtevlieg – Alle Steenvrugte. Verwys na die Januarie Tydige Wenke.
Vrugskade bepaling. Dit moet in ooreenstemming met Hortgro se FF en P/N FMSbestuurstelsels gedoen word, 6 en 4 weke voor die verwagte oes en binne 10 dae van oes, deur 10 vrugte per boom op die gemerkte 25 bome/2 ha blok te inspekteer.
Daarbenewens kan kultivars wat vroeër ryp word addisionele hulp benodig om die rooi spinnekop en na-oes blaarpatogen besmetting te voorkom, soos volg:
- Rooispinnekop – Appelkoos. Agrimec Gold @ 225ml/Ha (130–320 ml/Ha) + 250ml/hl Eos olie kan toegedien word met 'n gepaardgaande onthoudingstydperk van 21 dae. 'n Maksimum van twee bespuitings mag per seisoen toegedien word, solank hulle meer as 21 dae uitmekaar is.
- Rooispinnekop – Perskes en Nektariens. Agrimec Gold @ 225ml/Ha (130-320ml/Ha) + 250ml/hl Eos olie kan toegedien word met 'n gepaardgaande onthoudingstydperk van 21 dae vir beide uitvoer en plaaslik. 'n Maksimum van twee bespuitings mag per seisoen toegedien word, solank hulle meer as 21 dae uitmekaar is. Alternatiewelik kan Epicure @ 100ml/hl toegedien word, ook met 'n 21-dag onthoudingstydperk vir
uitvoer, maar vyf dae vir plaaslik. In hierdie geval mag daar ook net 'n maksimum van twee bespuitings per seisoen toegedien word.
- Rooispinnekop – Pruime. Agrimec Gold @ 190ml/Ha (130-320ml/Ha) + 250ml/hl Eos olie kan toegedien word met 'n gepaardgaande onthoudingstydperk van 21 dae vir beide uitvoer en plaaslik. 'n Maksimum van twee bespuitings mag per seisoen toegedien word, solank hulle meer as 21 dae uitmekaar is. Alternatiewelik kan Zoro @ 17,5ml/hl + 150ml/hl Ligte Mineraalolie eenmalig toegedien word, met 'n 14-dag onthoudingstydperk vir uitvoer en sewe dae vir die plaaslike mark.
- Na-oes rooispinnekop – Alle Steenvrugte. Indien dit nodig is, op grond van monitering wat 'n gebrek aan roofvyande aandui, kan 'n skoonmaak-spuit benodig word. Probeer om 'n ander chemiese groep te gebruik as wat voor-oes gebruik is om sodoende weerstand te vertraag, aangesien reste op die vrugte nie meer 'n probleem is nie. Acarstin Flo @ 50ml/hl is geregistreer op perskes, nektariens en pruime (mag nie toegedien word op vrugte wat vir uitvoer bestem is nie). Onthou ook dat bome onder waterstres baie meer vatbaar is vir spinnekop-aktiwiteit as bome wat nie waterstres ervaar nie.
- Na-oes Swaminfeksies – Alle Steenvrugte. Indien boorde 'n geskiedenis het van vatbaarheid vir gomvlek, bruinroes of witroes moet voorkomende spuite toegedien word om te verseker dat daar nie 'n negatiewe impak op blaar-doeltreffendheid en blaarkwaliteit in die na-oestydperk is nie, wanneer die assimilasie van reserwes baie belangrik is. Oor die algemeen is ingevoerde kultivars meer vatbaar vir bruinroes as plaaslike gekweekte kultivars. Óf Mancozeb @ 150g/hl óf Benatbare Swael @ 300g/hl kan toegedien word. Die benatbare swael sal beide witroes en bruinroes beheer, in teenstelling met Mancozeb, wat bruinroes en gomvlek beheer.
TYDIGE WENKE bydraers:
HORTGRO Science en die span Tydige Wenke bydraers het alles in hul vermoë gedoen om inligting so akkuraat moontlik oor te dra. Derhalwe word geen aanspreeklikheid aanvaar vir die gebruik van hierdie inligting nie.
|
97a125fe-c13b-49f9-8996-c5c4c4150f1b-1
| 1 |
Nominasievorm vir Wykskomiteelede
Wyksnommer
9
Naam van Kandidaat
Identiteitsnommer
(ID)
(Heg 'n kopie van die Kandidaat se strepieskode ID aan)
Woonadres
Kontaknommer(s)
E‐pos adres
Verteenwoordig die kandidaat 'n organisasie?
JA / NEE
Indien JA, spesifiseer asb:
AREA VAN DIE WYK WAARIN DIE KANDIDAAT WOON
Besonderhede van Voorsteller(Die Voorsteller moet in die wyk woonagtig wees)
Naam van Voorsteller
Identiteits‐ Nommer
(ID)
(Heg 'n kopie van die Voorsteller se strepieskode ID aan)
Woonadres
Kontaknommer(s)
Handtekening
Die kandidaat bevestig die volgende deur langs die stelling te parafeer
Parafeer
1. Ek is geregistreer as 'n kieser op die kiesersrol van die wyk waarvoor ek genomineer is
2. Ek is nie 'n Munisipale Raadslid nie
3. Ek is nie 'n werknemer van die Stellenbosch Munisipaliteit.
4. Ek is nie agterstallig met enige van my Munisipale rekeninge nie
5. Ek is nie skuldig bevind aan 'n oortreding/misdryf of tot gevangenisstraf gevonnis sonder die keuse van 'n boete vir 'n periode van 12 of meer maande sedert Februarie 1997 nie.
6. Ek is nie deur 'n erkende hof verklaar as iemand wat geestelik versteurd is nie.
Ek , ______________________________________ , aanvaar die nominasie om as Kandidaat vir Wyk ______ te staan.
Handtekening van Kandidaat: _________________________________
Datum: ______________________
Let wel:Voltooide vorms moet op die laatsteteen 12uur vm op 13 Januarie 2017by u wykskantoor of die GOP (IDP) departement op die Tweede vloer van die Ecclesia gebou, 71 Plein straat, Stellenbosch ingehandig word. U kan dit ook e‐pos aan:[email protected]
SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK
NAAM EN NOMMER VAN GEOGRAFIESE BLOK
WORD ʼn AKTIEWE DEELNEMER IN DIE VERKIESING VAN JOU NUWE WYKSKOMITEE
Die Stellenbosch Stadsraad is in die proses om nuwe wykskomitees te stig.
Die primêre rol van die wykskomitees is om gemeenskapsdeelname in plaaslike regering te fasiliteer en te koördineer en dus sal die wykskomitee stelsel daartoe bydra dat gemeenskappe self die middelpunt van ontwikkelings beplaninning en munisipale bestuur is.
U betrokkenheid is van kardinale belang vir die effektiewe funksonering van die wykskomitee en dus nooi die Raad alle inwoners, organisasies en belanghebbendes om geskikte persone woonagtig in die wyk, te nomineer om op die wykskomitee te dien.
Neem asseblief kennis dat die sluitings datum vir die indiening van nominasie vorms aangeskuif is na 13 Januarie 2017.
Die wyk se verkiesings vergadering sal plaasvind op 18 Januarie 2017 om 19h00 in die Stellenbosch Stadsaal.
Blaai om
|
b4f8c613-b93f-4709-aa8e-74326965d2ac-0
| 1 |
GKSA NUUSBROKKIES
Sondag 23 Augustus 2020
LIEF EN LEED
Beterskapwense
Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir 'n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op 'n spoedige herstel toe.
Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae
18 Augustus Mev J van der Walt (Janette), eggenote van ds JP van der Walt (Jan) – GK Otjiwarongo
18 Augustus Mev GA Verryn (Ernia), eggenote van ds DH Verryn (Hendrik) – GK Potchefstroom-Suid
20 Augustus Ds FR Pretorius (Franscois) – GK Phalaborwa
21 Augustus Ds MP Modise (Paul) – GK Kagiso
23 Augustus Mev M van der Schyff (Marthie), eggenote van ds JL van der Schyff (Jannie) – GK Welkom
23 Augustus Mev L Coetsee (Lulu), eggenote van prof AJ Coetsee (Albert) – TSP
23 Augustus Mev A Linde (Arina), eggenote van ds SJL Linde (Lohan) – GK Pretoria-Wonderboom-Suid
24 Augustus Ds AP Kruger (Abraham) – GK Wolmaransstad
24 Augustus Mev CL Pretorius (Cynthia), eggenote van dr J Pretorius (Jacob) – GK Linden
25 Augustus Dr ALA Buys (Wikus) – GK Innesdal
26 Augustus Ds HV Venter (Henning) – GK Windhoek
26 Augustus Ds IH Scholtz (Zak) – GK Bloempark
27 Augustus Mev D le Cornu (Dorothea), eggenote van ds S le Cornu (Slabbert) – GK Carletonville
Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae
21 Augustus Mev SMM Jordaan (Santie), eggenote van ds JH Jordaan (Johan) – GK Vereeniging
22 Augustus Mev CC Venter (Corrie), weduwee van ds HJ Venter (Herman) – GK Pongola
22 Augustus Dr RM Britz (Dolf) – GK Bloemburg
23 Augustus Dr DG Breed (Douw) – GK Waterkloofrand
27 Augustus Dr H Kruger (Helena), eggenote van prof PP Kruger (Paul) – TSP
Gods ryke seën word u toegewens vir die nuwe lewensjaar *(Ps 16:5, 6)*
**Doodsberigte**
![Image of a couple]
Ds RJP du Plessis (Roelf) emerituspredikant van GK Gobabis, is oorlede op 13 Augustus 2020. Ds du Plessis was predikant van GK Elandskraal 1968-1970, Phalaborwa 1970-1976, Klerksdorp 1976-1982 en Gobabis 1982-2007.
Mev EF Buytendach (Elsie), weduwee van wyle dr FW Buytendach (GK Lichtenburg), is oorlede op 18 Augustus 2020.
![Image of an older woman]
**KERKLIKE ADMINISTRASIE**
**Beroepbaarstelling ingevolge KO, art 11**
*Ds MJ Nkili (Jafta)*
Sel: 086 636 8212 / 076 489 8601
E-pos: *[email protected]*
Beroepbaarstelling is geldig tot volgende Klassis in 2021 (volgens Klassisbesluit van Augustus 2020)
Bevestiging
Die bevestiging van proponent Hanno van Schaik sal op Sondag, 23 Augustus 2020 by GK Burgersdorp plaas vind. Die bevestiging word deur sy vader ds Joop van Schaik van GK Randburg hanteer. Ds Hanno van Schaik lewer daarna sy intreepreek.
Hanno, Lizani en Handri van Schaik
Verandering van kontakbesonderhede
Die e-posadres van GK Louis Trichardt het verander na: [email protected]
Kom ons ondersteun die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se 200ste jaar en hul doel om 2 000 000 Bybels in ons land te versprei aan dié wat dit broodnodig het.
Kom, hardloop of stap saam in die "VIRTUELE WEDLOOP vir HOOP!"
Die opbrengs uit die inskrywings gaan alles vir die aankoop van die broodnodige Bybels wat hoop sal gee in 'n tyd waar ons mense hunker na die Hoop wat Jesus Christus se verlossing bring.
Sal julle omgee om dit ook met ander lidmate en vriende te deel asseblief?
Klik hieronder om te registreer asb.
#RunWalkForHope
https://www.modernathlete.co.za/run-walk-for-hope-race/
Hennie Dekker
Skakeldeputaat – Bybel
082 372 5823
Nuut op die GKSA se boekrak
SKAKERINGS VAN DIE KLANKE VAN DIE GODSTEM …
Hierdie is ’n beskeie poging om oor elke Bybelboek – 66 van hulle – ’n kort Skrifuitleg oor een enkele gedagte (soms slegs ’n enkele woordjie) te verwoord. Dit is dus meer die vrug van woordeksegesie. Daarby is dit ’n kulminasie van meer as 40 jaar se denke oor die Wonderwoord van ons God – en die genade dat ek oor soveel jare kon luister na my God se stem. Dit was voorwaar ’n wye skakering. Baie van die vrug van my preke, ’n paar duisend, is vervat in hierdie kort bundel. Dit was juís die moeilike deel: om uit hierdie paar duisend op nêt 66 te besluit. En ek skryf dit in ’n vorm, soos gebeëtel uit my styl van preek.
Koste: R 100 (posgeld uitgesluit)
Bestellings: 083 274 7911 of [email protected]
Nuwe boek geskryf deur ds Nico Ligthelm nou beskikbaar
SKAKERINGS VAN DIE KLANKE VAN DIE GODSTEM …
In die Skriflig/In Luce Verbi
In a number of tydskrifte gepubliseer onder ander die Gereformeerde Teologiese Wetgewenskrab (GTW)
en in samewerking met die Endabu vir Reformatoriese Teologie en die Ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Teologiese Wetgewenskrab (SATS) het die Fakulteit Teologie van die NWU ’n nuwe tydskrif gestig. Die titel van die tydskrif is In Luce Verbi en dit word deur die Gereformeerde Kerken van Suid-Afrika uitgegee. Die tydskrif is op verskillende nasionale en internasionale lyste geïndeksieer. Dit is ’n op toegang tydskrif waar navorserswerkstukke gronds afgelei kan word. Sedert die tydskrif in 2012 aanlyn gepubliseer word, is meer as 3 miljoen artikeldownloads gemaak. Die tydskrif is ook deur die Gereformeerde Teologiese Wetgewenskrab (GTW) geïndeksieer. Vanaf Januarie 2020 is daar reeds 43 artikels gepubliseer onder andere die volgende titel: Die titels is leverende skakels wat toegang bied tot die gepubliseerde artikels.
- The Bible as seedbed for revival in the 21st century Johannes Wessels
- The impact of Reformed theology on church unity and mission location in the Reformed churches in South Africa: the case of the Dutch Reformed Church 2000 Chaka C. Muthandela
- Die GKSA as “sendingslêstand” na 100 jaar Ignatius W. Ferreira
- Bible reading insights showing how the Gospel and Acts link the apostles to Jesus: A biblical hermeneutical approach Takalani C. Mabaso
- The legacy of singing Scripture only in the Reformed Churches in South Africa: The regulative role of the Word from Heidelberg to Dordrecht Simon N. Jooste, Johannes C. Pretorius
- Factorising inclusion, embracing and integration of migrants: A migration biblical theological perspective on the challenges of intra-African migrants and migrants
- Die impak van die teoloogte van Dirk Postma op die Gereformeerde Hermeneutiek Wim C. Vergeer
- Reformed theology and natural science – Conflict or concurrence? Toek van der Walt
- Expressive therapy in contextual pastoral care and counselling Amanda L. du Plessis, Gert Broek
- Die future of theology at
|
cc66c5ce-4bd1-40d4-b4fa-304f0cad8ab1-0
| 1 |
SKRIFGEBRUIK IN PRAKTIES-TEOLOGIESE SPANNINGSVELDE / USING SCRIPTURE IN PRACTICAL-THEOLOGICAL TENSION-FIELDS
Author:
F.W. De Wet
Affiliation:
School for Biblical Counselling and Church Ministry
Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus
Correspondence to:
F.W. De Wet
Email:
[email protected]
In this article the author makes a case for a Sola Scriptura point of departure as an adequate instrument for shining the light of the Word of God not only on the surface level of a practical theological research field, but also on its depth level. It is argued that a Sola Scriptura point of departure does not only involve the biblical text on its own, but also a living relationship with The God who reveals Himself in Scripture. This point of departure entails that the researcher will not only deploy Scripture on the surface level as a mere formal prescriptive source for what ought to happen in the research field. Scripture will also be utilized at the depth level of the research field as a means by means of which the underlying motifs that may be present in the tension field of a particular practical-theological research area are unlocked. This method of using Scripture works with the following faith-expectations: That motifs and actions in a particular tension field will – under the guidance of the Spirit - be brought into living contact with the One in whom the fullness of the Word of God is revealed, namely Jesus Christ; that disintegrative forces at work in the tension field will be brought into contact with the integrative presence of Jesus Christ, unlocking the reformational power of the Word of God in the process.
Postal address:
727 27th Avenue, Villieria 0186, Pretoria, South Africa
Dates:
Accepted: 01 Jun. 2015 Published: 01 Sep. 2015
How to cite this article:
De Wet, F.W., 'Skrifgebruik in prakties-teologiese spanningsvelde', KOERS — Bulletin for Christian Scholarship 80(1), Art. #2205, 12 pages. http:// dx.doi.org/10.19108/ koers.80.1.2205
Copyright:
© 2015. The Author(s). Published under the Creative Commons Atribution License.
Key terms: Using Scripture, Sola Scriptura, Practical-theological research, Tension fields
In hierdie artikel beredeneer die outeur die waarde van `n Sola Scriptura-vertrekpunt as toereikende instrument om die lig van die Woord van God nie alleen op die oppervlakte van `n prakties-teologiese ondersoekveld te laat skyn nie, maar ook tot in die dieptevlak daarvan. Dit word beredeneer dat die Sola Scriptura-vertrekpunt nie alleen die bybelse teks opsigself behels nie, maar ook `n lewende verhouding met die God van die Woord by die ondersoekproses betrek. Hierdie benaderingswyse impliseer dat die navorser nie die Skrif bloot op die oppervlakte van die ondersoekproses sal betrek as `n formele voorskriftelike bron van wat behoort te gebeur in die ondersoekveld nie. Die Skrif sal ook op die dieptevlak van die ondersoekveld gerig word as `n ontsluitingspunt vir onderliggende motiewe wat in die prakties-teologiese ondersoekveld teenwoordig mag wees. Hierdie metode van Skrifgebruik werk met die volgende geloofsverwagtings: Dat motiewe en handelinge wat waargeneem word in `n bepaalde spanningsveld onder leiding van die Gees in lewende kontak gebring word met die Een waarin die volheid van die Woord van God geopenbaar word, naamlik Jesus Christus; dat disintegrerende kragte wat aan die werk is in die spanningsveld in kontak gebring word met die integrerende teenwoordigheid van Jesus Christus, sodat die reformerende krag van die Woord in die proses ontsluit kan word.
Sleutelterme: Skrifgebruik, Sola Scriptura, Prakties-teologiese ondersoek, Spanningsvelde
INLEIDING
Dit is gepas dat ons by 'n geleentheid soos hierdie¹ reflekteer oor ons reformatoriese erfenis en die implikasies daarvan vir die uitdagings waarmee ons in kontemporêre wetenskapsbeoefening te doen het. "Sola Scriptura" (Die Skrif alleen) is een van die mees kenmerkende slagspreuke van die sestiende eeuse Reformasie en hierdie geloofsuitspraak het sedert die ontstaan van ons universiteit 1 'n wesenlike invloed uitgeoefen op die manier waarop die Skrif as bron van lig vir ons wetenskapsbeoefening beskou en hanteer is. Deur die lig van die Skrif op wetenskaplike ondersoekvelde te laat val – so glo ons - word ons denke verruim deur God se geopenbaarde bedoeling met die werklikheid en word ons teoretiese oorwegings normatief gefokus op 'n manier wat ons by perspektiefryke en begronde bevindings kan laat uitkom.
Skrifgebruik moet egter - soos enige wetenskaplike instrument - op 'n verantwoordelike wyse en met 'n aanvoeling vir die doel waarvoor dit aan ons toevertrou is, aangelê word. Onakkurate en oorvereenvoudigde gebruik van die Skrif in die gerigtheid daarvan op die werklikheid kan tot eensydige, eendimensionele en onwetenskaplike resultate aanleiding gee.
Op die navorsingsterrein van die Praktiese Teologie 'n ondersoekterrein waarin daar nie alleen gefokus word op die teks van die Bybel nie, maar ook nagedink word oor die mate waarin menslike handelinge 'n weerspieëling is van Skrifbepaalde denke - blyk verantwoordelike Skrifgebruik geen onproblematiese saak te wees nie. Ballard (2012:163) beskryf hoe `n teks-gesentreerde inkleding van die Sola Scripturavertrekpunt in `n polariserende spanning te staan kan kom met `n meer konteks-in-agnemende benadering van Skrifinterpretasie:
In Protestantism, with its slogan of Sola Scriptura, the Bible stands over the church and its meaning is received through the work of the Holy Spirit. However, there is a tension, especially in Protestantism, between a more conservatist (even fundamentalist) emphasis on the priority and literal authority of the scriptures and more liberal interpretation that reads the Bible in relation to contemporary insights and culture.
In `n reaktiewe hantering van die verhouding tussen koersaanduidende Skrifgesag aan die een kant en komplekse verstaansmoontlikhede wat aan die ander kant deur besinning en ondersoek in kontemporêre empiriese konteks oopgemaak word, kan dit gebeur dat die Skrif so gebruik word dat dit voorafgeformuleerde waarhede en oorvereenvoudigde antwoorde
Verwerkte weergawe van die sk-rywer se intreerede gelewer met die oog op die aanvaarding van 'n professoraat in Praktiese Teologie aan die Fakulteit Teologie van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus, 31 Oktober 2013.
1. Met verwysing na die Noordwes-Universiteit se historiese wortels, soos dit in die kenmerkende Christelike wetenskapsbeoefening van die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys geleë is.
aanbied. In plaas van om lig te bring deur lewende en kragtige kontak met die wêreld, hou die Skrifgebruiker hom-/haarself blind vir die komplekse handelingsvelde waarin mense in hierdie wêreld leef.
Awad (2008:64) wys daarop hoe die kriteria vir die verkryging van betekenis in post-moderne teologie verskuif vanaf 'n eksegetiese benadering (waarin betekenis verkry word deur die Bybelse teks op sigself te analiseer en toe te pas) na "meaning by virtue of performance" (waarin die lewende betekenis van die Skrif deur middel van die geleefde geloof van godsdienstige gemeenskappe opnuut uitgevoer word). Ten einde 'n perspektiefryke en verantwoordbare greep op die betekenis van die Skrif te kry, sou die wetenskaplike ondersoeker dus nie bloot kon vra: "Wat beteken die Bybelse teks van die Skrif?" nie, maar sou ook gevra moes word: "Hoe word die lewende en kragtige aard van die Skrif weerspieël in die manier waarop die kerk sy geloofsinhoude uitleef?"
Vir die praktiese teoloog wat getrou wil bly aan sy of haar Sola Scriptura-benadering tydens wetenskapsbeoefening, is die vrae wat voortspruit uit hierdie voorgestelde fokusverskuiwing duidelik:
In hoe 'n mate kan 'n ondersoek na die manier waarop die Skrif gestalte vind in die geleefde geloof van mense, wetenskaplike
|
c5dd829d-f6b2-4f83-aa49-72c0547fb2cc-0
| 1 |
172, Blackwell Publishing, Chichester.
Ballard, P. & Pritchard, J., 2006, Practical Theology in action- Christian thinking in service of church and society, SPCK, London.
Bausch, K.C., 2012, The emerging consensus in social systems theory, Springer, London.
Bohren, R., 1975, Dass Gott schön werde: Praktische Theologie als theologische Ästhetik, Chr. Kaiser, München.
Bohren, R., 1996, 'Practical Theology as a critique of knowledge', in T.G. Long & E. Farley, (eds.), Preaching as a theological task: Word, Gospel, Scripture (In honor of David Buttrick), pp. 59-70, Westminster John Knox Press, Louisville.
Bond, L. S., 1999, Trouble with Jesus: Women, Christology, and preaching, Chalice
Press, St. Louis.
Boulton, M.M., 2011, Life in God - John Calvin, practical formation, and the future of protestant theology, Eerdmans, Grand Rapids.
Bowen, M., 1985, Family therapy in clinical practice, Rowman & Littlefield Publish
ers, Lanham, Maryland.
Brueggemann, W, 2005a, The Book that breathes new life- Scriptural authority and biblical theology, Fortress Press, Minneapolis.
Brueggemann, W., 2005b, 'The preacher, the text and the people', Review and Expositor 102(1): 493-506.
Brueggemann, W., 2011, Disruptive grace- Reflections on God, Scripture, and the church (Edited and introduced by Carolyn J. Sharp), Fortress Press, Minneap olis.
Calvyn, J., 1991/1992 [1559], Institusie van die Christelike godsdiens, vert. H.W. Simpson, CJBF, Potchefstroom.
Campbell, A., 2000, 'The nature of Practical Theology', In J. Woodward & S. Patti son (eds.), The Blackwell reader in pastoral and practical theology, pp. 77-88, Blackwell Publishing, Oxford.
Campbell, C.L., 1997, Preaching Jesus: New directions for Homiletics in Hans Frei's postliberal theology, Wipf & Stock, Eugene.
Campbell, C.L., 2002, The Word before the powers: an ethic of preaching, West minster John Knox Press, Louisville.
Cilliers, J., 2008, '"Skrifgetrouheid" in die erediens? Kantaantekeninge by 'n kern belydenis', In die Skriflig 42(3), 431-447.
De Leede, H. & Stark, F., 2013, 'Protestantse preken in hun kracht en zwakheid: Een quickscan', Nederlands Theologisch Tijdschrift 67(2): 85-100.
De Wet, F.W. & Kruger, F.P., 2010, ''n Prakties-teologiese perspektief op die handel ing van kerklike besluitneming: praktykteorie', In die Skriflig 44(2), 405-427.
De Wet, F.W., 2011, Hoe lieflik is die lig: 'n Verkenning van die dieptevlak van die homiletiese proses, Potchefstroomse Teologiese Publikasies, Potchefstroom.
De Wet, F.W., 2012, 'Verrekening van die kragveld van die verbond in die inkleding van die kommunikatiewe driehoeksverhouding tussen teks, prediker en hoor der', In die Skriflig/ In Luce Verbi 46(1), 1-9.
Dingemans, G.D.J., 1996, Manieren van doen: Inleiding tot de studie van de Prak tische Theologie, Kok, Kampen.
Dreyer, J.S., 2012, 'South Africa', in B.J. Miller-McLemore, (ed.), The Wiley-Black well Companion to Practical Theology, pp. 505-514, Blackwell Publishing, Chichester.
Firet, J., 1987, Spreken als een leerling: Praktisch-theologische opstellen, Kok, Kampen.
Frame, J.M., 1997, 'In defense of something close to biblicism: reflections on Sola Scriptura and history in theological method', Westminster Theological Journal 59(1), 269-291.
Hays, R.B, 2008, 'Reading the Bible with eyes of faith: theological exegesis from the perspective of biblical studies', in M. Root & J.J. Buckley (eds.), Sharper than a two-edged sword - preaching, teaching and living the Bible, pp.82-101, Eerdmans, Grand Rapids.
Hermans, C.A.M. & Moore, M.E., 2004, 'The contribution of empirical theology by Johannes A. Van der Ven: An introduction', in C.A.M. Hermans and M.E. Moore (eds.), Hermeneutics and empirical research in practical theology: the contribution of empirical theology by Johannes A. van der Ven, pp.1-20, Brill, Leiden.
Heyns, J.A., 1977, Die Kerk, N.G. Kerkboekhandel, Pretoria.
Immink, F.G., 2005, Faith: a practical theological reconstruction, Eerdmans, Grand Rapids.
Kim, M.Y., 2003, 'Reformed Pneumatology and Pentecostal Pneumatology', in W.M. Alston, Jr. & Welker, M., (eds.), Reformed Theology- Identity and Ecumenicity, pp. 170-189, Eerdmans, Grand Rapids.
Louw, D., 2005, Die ratwerke van die menslike siel- oor volwassenheid en lewens vaardighede, Sun Press, Stellenbosch.
Mager, R., 2012, 'Action Theories', in B.J. Miller-McLemore, (ed.), The Wiley-Black well Companion to Practical Theology, pp. 255-265, Blackwell Publishing, Chichester.
Mathison, K.A., 2001, The shape of Sola Scriptura, Cannon Press, Moscow, Idaho.
McClure, J.S. 2001, Other-wise preaching: A postmodern ethic for Homiletics, Chalice Press, St. Louis.
McGrath, A., 1990, The Genesis of doctrine: A study in the foundations of doctrinal criticism, Blackwell, Oxford.
Noble, T., 2000, Social theory and social change, St. Martin's, New York.
Pieterse, H.J.C., 1979, Skrifverstaan en prediking- Die verhouding van Woordge beure en verstaansgebeure by Gerhard Ebeling as antwoord op die nood van prediking, N.G. Kerkboekhandel, Pretoria.
Pieterse, HJC. , 2009, 'Prediking wat God ter sprake bring in die Suid-Afrikaanse konteks van regstellende aksie', in F.G. Immink & C.J.A. Vos (reds.), God in een kantelende wereld: Geloof en kerk in veranderende contexten, pp.250-273, Boekencentrum, Zoetermeer.
Pleizier, T., 2010, Religious involvement in hearing sermons- A Grounded Theory study in empirical theology and Homiletics, Eburon Academic Publishers, Delft.
Regina, W.F., 2011, Applying family systems theory to mediation- a practitioner's guide, University Press of America, Lanham, Maryland.
Trimp, C., 1983 [1971], De aktualiteit der prediking: In het licht van het 'Sola Scrip tura' der Reformatie, Uitgeverij De Vuurbaak, Groningen.
Vanhoozer, K.J., 2002, First theology: God, Scripture and Hermeneutics, InterVarsi ty Press, Downers Grove.
Vorster, J.M., 2012, 'Christian ethics in the face of secularism', Verbum et Ecclesia 33(2), 1-8.
Wilson, P.S., 2004, Preaching and homiletical theory, Chalice Press, St. Louis.
Zimmermann, J., 2004, Recovering theological hermeneutics- an incarnation al-Trinitarian theory of interpretation, Baker Academic, Grand Rapids.
Competing interests
The author declares that he has no financial or personal relationship(s) that may have inappropriately influenced him in writing this article.
|
c5dd829d-f6b2-4f83-aa49-72c0547fb2cc-1
| 1 |
Encyclopedic Prosopographical Lexicon of Byzantine History and Civilization, vol. 1 Aaron – Azarethes, edited by Alexis G. Savvides & Benjamin Hendrickx (Assistant Editors Alicia J. Simpson & Thekla Sansaridou-Hendrickx) Brepols Publishers (Turnhout 2007) pp. XLI + 476.
Dit gebeur nie aldag dat 'n Afrikaanse resensent 'n internasionaal-erkende naslaanwerk op die relatief rare gebied van die Bisantinistiek (die studie van die Griekse Middeleeue) ter hand neem en met genoeë kan kennis neem van die waardige, en waardevolle, bydraes daartoe van talle van sy Suid-Afrikaanse en Afrikaanse kollegas nie. Die eerste volume, in Engels, van die pas-verskene "ensiklopediese prosopografiese leksikon van die Bisantynse geskiedenis en beskawing" (EPLBHC) staan onder die redaksie van Prof Alexios Savvides, professor in Bisantynse geskiedenis aan die Universiteit van die Egeïese See en jarelange vriend van Suid-Afrika, asook besoekende professor aan die eertydse Randse Afrikaanse Universiteit, en van Prof Ben Hendrickx, tans (2009) emeritus professor aan die RAU en die University of Johannesburg.
Dit is geen geheim nie dat die studie van die Griekse en Latynse studies van die Klassiekeen die Middeleeuse tye sedert ongeveer die middel van die tagtigerjare van die vorige eeu 'n treurige aftog in Suid-Afrika moes blaas. Die realiteite van die polities-ekonomiese ontwikkelingsbehoeftes van Suid-Afrika het eenvoudig nuwe waardes in die universiteitswese afgedwing. Die studie van Grieks en Latyn en die Antieke Geskiedenis het dus, soos die studie van trouens alle vreemde tale, Europees of andersins, sedert die middel van die 1980's begin agteruitgaan; talle universiteitsdepartemente het begin krimp, sodat die Klassieke, die Bisantinistiek en die Medievalistiek vandag in die algemeen bloot fl oue afskaduwings van hul vroeëre glorie as vakgebiede in SA is. Juis daarom is 'n mens so aangenaam verras en dankbaar by die verskyning van hierdie werklik internasionale publikasie waarin bydraes, lemmas of inskrywings, van nie minder nie as veertien (uit die totaal van eenhonderd bydraers) vooraanstaande SA klassici verskyn. Van deurslaggewende belang daartoe is die rol gespeel deur Prof Ben Hendrickx, die vermaarde en deurwinterde klassikus-medievalis wat sedert sy aansluiting by die toentertydse Randse Afrikaanse Universiteit in 1971 (tans die University of Johannesburg) 'n reuse rol gespeel het in die uitbouing van die vakgebied op Afrika-bodem. As mede-hoofredakteur van hierdie publikasie het hy verseker dat elke bruikbare SA geleerde se potensiële bydrae bygetrek word om 'n waardige rol te speel. Prof Hendrickx is hierin getrou bygestaan deur sy eggenote, Thekla Sansaridou-Hendrickx, 'n bedrewe Bisantinis-Graïkus in eie reg.
Die EPLBHC het oorspronklik in 'n Griekse weergawe verskyn, dog is met die fi nansiële ondersteuning van die Europese Gemeenskap se Kultuur 2000-program nou in die Engels vertaal, aangevul deur nuwe besonderhede en 'n nuwe bibliografi e. Sowat sewe volumes van ongeveer 470 pp. elk, met 'n agste volume wat 'n algemene bibliografi e, 'n kumulatiewe indeks en die uiteindelike addenda et corrigenda sal bevat, word vir die volledige werk voorsien. Die volgende volume word binnekort verwag. Volume I dek inskrywings onder die letter A, volume II, dié onder B,C,D en E, volume III dié onder F, G (insluitende die gamma-inskrywings uit die Grieks), H, I en J; volume IV, dié onder K, L en M; volume V, dié onder N, O, P en Q; volume VI, dié onder R, S en T, volume VII, dié onder die letters U, V, W, X, Y en Z.
Die redakteurs wys in hul Voorwoord (pp. V-VIII) daarop dat hul onderneming (d.w.s die EPLBHC) volledig terugloop op 'n lewende tradisie van persone-leksikons in die antieke geskiedenis en die medievalistiek. In hierdie verband verwys hulle na die Prosopography of the Later Roman Empire van Jones, Morris en Martindale, Winkelmann en Lilie se monumentale Prosopographie der mittelbyzantinischen Zeit, wat deur die Prosopographisches Lexikon der Palaiologenzeit van Trapp opgevolg is. Die EPLBHC kon dus kapitale groei toon op die voortrefl ike werk wat deur sy internasionale voorgangers gedoen is, ook op die onlangse elektroniese Britse weergawe van die Prosopography of the Byzantine Empire (PBE) onder leiding van John Martindale. 'n Vername hulpmiddel was die prosopografi ese argiewe van die "Databank van die Bisantynse Geskiedenis", 'n kollektiewe navorsingspoging uitgevoer sedert 1981 aan die Bisantynse Navorsingsentrum van die Griekse Nasionale Navorsingstigting in Athene, waaraan Prof. Alexios Savvides aktief meegewerk het.
Die scopus van die EPLBHC – as 'n versameling van Bisantynse en daartoe relevante Middeleeuse prosopografi e – word noukeurig deur die redakteurs omskryf: iedere inskrywing betrek 'n persoon (prosopon) wat direk (d.w.s. as protagonis), of indirek, 'n tasbare invloed op die Bisantynse geskiedenis of beskawing uitgeoefen het. Daarmee wil die EPLBHC 'n goedgefundeerde oorsig van die materiaal wat nodig is vir 'n omgangskennis met die Bisantynse geskiedenis en beskawing, bied, tesame met gedetailleerde bibliografi eë van die primêre bronne en sekondêre werke wat op elke lemma betrekking het. Bisantynse rolspelers van vreemde herkoms (soos mense en volkere uit Wes-Europa, Skandinawië, die Slawiese groepe, Asië en Afrika) word ook behandel, asook persone uit alle relevante Bisantyne velde, soos die hagiologie en hagiografi e; godsdiens, die kloosterlewe en die teologie; die argeologie, argitektuur en die kunste; die geografi e, die topografie en studie van naasliggende gebiede; die geskiedenis, geskiedskrywing en chronografi e; die wetenskappe en die geneeskunde; die musiek en himnografi e; letterkunde, taal en fi lologie; die reg en instellinge; fi losofi e en die intellektuele lewe; die politiek, diplomasie en die militêr, en die munt- en seëlkunde.
Die redakteurs gee geredelik toe dat dit nie moontlik sou wees om iedere persoon – veral randstandige persone – wat in die Bisantynse en ander Middeleeuse bronne vermeld word in die leksikon in te sluit nie. Dit sluit wel "groepe" soos dinastieë, maatskappye (of: korporasies) en families in. In hierdie verband is die Katalaanse Kompanie, Armeense Silesië, die dinastie van Aksoem, die Artukiede, die Danishmendiede, die Vandale, asook die Acciaiuoli, die Crispo, die Ghisi en die Tocco ook in die leksikon opgeneem. Uiteindelik sal die EPLBHC sowat seweduisend inskrywings insluit wat op persone, families, dinastieë en so meer fokus.
Lemmata in die EPLBC is in alfabetiese volgorde (chronologies waar daar meer as een persoon met dieselfde naam/voornaam voorkom) geplaas en is onderteken met die individuele bydraer se voorletters, sodat die gebruiker of leser haar/hom geredelik in die lys van bydraers kan opspoor. Elke lemma verskaf die feitelike verhaal van die betrokke persoon of groep, bespreek kontroversiële aangeleenthede en takseer sover moontlik kortliks die bydrae(s) van elkeen. Alle inskrywings word deur 'n bibliografi e afgesluit waarin die tersaaklike primêre bronne en mees resente sekondêre literatuur so gedetailleerd moontlik vermeld word. Die ekonomiese gang van inskrywings en die sitasie van bibliografi ese materiaal word aangehelp deur die
|
<urn:uuid:f2760490-a7f9-4655-bfd8-9f161ab152c1>-0
| 1 |
is daar egter geen direkte bewyse nie. Een gedig in die bundel (wat onder die voorletters L.W.B. verskyn het) word aan Leipoldt toegeskryf en is waarskynlik sy eerste gepubliseerde gedig (pp. xvi, 44). Onder die ander digters was daar drie vroue. Hulle was Anna Purcell, Betty Molteno (dogter van die eerste premier van die Kaapkolonie) en Alice Greene. Laasgenoemde twee was goed bevriend met die bekende Boeregesinde skrywer en aktivis Olive Schreiner. Verder was daar Friedrich Kolbe, 'n RoomsKatolieke priester, en Albert Cartwright, redakteur van The South African News, 'n Kaapse koerant wat die Britse optrede in die oorlog skerp gekritiseer het. Van Bart het deeglike navorsing gedoen en verskaf waardevolle inligting oor hierdie persone.
Die eerste deel van Van Bart se inleiding, "politiek-historiese agtergrond", bevat insiggewende aantekeninge oor die Britse pro-Boerbeweging en die politieke situasie aan die Kaap tydens die oorlog. Hy bespreek ook die agtergrond tot die oorlog. Dit is nie maklik om te bepaal watter sake uitgelig moet word om die agtergrond tot die Anglo-Boere-oorlog te verduidelik nie. Van Bart skryf onder meer kortliks oor die Jameson-inval en die botsings tussen Paul Kruger en Alfred Milner. Verder verskaf hy biografi ese inligting oor twee hooffi gure in die oorlog, lords Milner en Kitchener. Dit is nie duidelik waarom hy juis hierdie gegewens selekteer nie. Iemand wat baie min van die oorlog en sy oorsake af weet, kan uit hierdie inligting nie 'n duidelike begrip daarvan vorm nie, terwyl diegene met 'n redelike kennis van hierdie geskiedenis reeds met hierdie sake vertroud behoort te wees. Dit kom soms voor of die emosionele toon van die gedigte deurwerk in die inleiding. Hy skryf byvoorbeeld oor die Jameson-inval as 'n "Brits-kapitalistiese sameswering" (p. xxxii) en (op p. xxxiv) oor die "immorele politieke en ekonomiese eiebelang" van die Britse kapitaliste. (Dat Van Bart veral kapitaliste vir die oorlog blameer en kapitalisme nie binne die breër konteks van imperialisme beoordeel nie, wyk af van interpretasies wat tans wyd aanvaar word in wetenskaplike kringe.) In 'n inleiding tot protespoësie sou 'n baie sobere aanslag meer van pas gewees het. Emosionele taal in die inleiding is steurend en kan die teenoorgestelde uitwerking hê van dit wat Van Bart daarmee beoog.
'n Verdere beswaar teen die inleiding is die omslagtige en ietwat onsistematiese aard daarvan. Daar is 'n voorwoord, erkennings, 'n inleiding, 'n nawoord, 'n bibliografi e, voetnotas – eindnotas sou 'n beter term wees – en 'n addendum, en daarna eers word by die faksimilee-uitgawe van die gedigte uitgekom. Verder gebruik Van Bart in sy teks die Harvardmetode om na ander publikasies te verwys, maar maak daarbenewens van eindnote gebruik om bykomende inligting te verskaf. Daar moet dus baie rondgeblaai word as 'n mens die inleidende gedeelte behoorlik wil deurgaan. Die bykomende inligting in die eindnote is waardevol, hoewel sommige notas net sowel deel van die teks kon gevorm het. Sommige van hierdie probleme sou uitgeskakel kon gewees het deur goeie redigering. Hiermee word Van Bart se kundigheid nie in twyfel getrek nie. 'n Skrywer sien egter nie altyd sy eie gebreke raak nie. Dit wil voorkom of kleiner uitgewers soms met die belangrike redigeerproses wegdoen.
Dit kan nogtans net verwelkom word dat die uitgewers kans gesien het om hierdie boek te laat verskyn. Dit is op glanspapier gedruk en bevat 'n aantal toepaslike foto's, onder meer van die ses digters. Die uitgawe van die boek is fi nansieel moontlik gemaak deur 'n aantal intekenare wie se name voor in die boek vermeld word (net soos wat die oorspronklike bundel ook deur intekenare gefi nansier is en wie se name ook herdruk is). 'n Mens sou beswaar kon hê teen die feit dat die heruitgawe van die digbundel 'n inleiding bevat wat sterk gerig is op die skrywers van slegs 'n gedeelte van die gedigte en dat daarmee 'n ietwat eensydige aksent op die bundel geplaas word. Die publikasie kan egter daardeur geregverdig word dat dit die huidige inwoners van Suid-Afrika daaraan herinner dat baie Engelssprekende Suid-Afrikaners sterk teen die oorlog gekant was. Marthinus van Bart en sy uitgewer het daarvoor gesorg dat hulle stemme van protes nie vergete raak nie.
P. de Klerk
Noordwes-Universiteit
Annerlike Afrikaans deur Anton Prinsloo
Sagteband ISBN 978-1-86919-265-5 Kleinhandelsprys is R250.00, 536 bladsye
Protea Boekhuis
Wie sal weet wat 'n dollewarie is? Of 'n geldmannetjie? Van 'n mooi versorgde ouer vrou word gesê "baie kilometer op maar min enemmel af". Wat sal tog 'n krompokkel wees? Wie word kolkoppe genoem?
Diegene wat wil weet, kan gerus Anton Prinsloo se jongste publikasie Annerlike Afrikaans gaan lees. Dit bevat 'n skat van inligting oor ons land se kontreitale. Die outeur het honderde gesegdes, woorde en sommersêgoed, gebonde aan sekere streke en groepe in ons land, bymekaargemaak, gedokumenteer en betekenisse agterhaal. Dis 'n skat van inligting, opgeneem in 'n lywige boekwerk van 536 bladsye. Dit het nie net 'n kosbare naslaanwerk geword nie, maar sommer ook 'n boeiende leesboek wat vanweë sy interessante leesstof jou sommer uit die slaap sal hou. Ek vermoed dat skrywers/digters/skeppende kunstenaars dit as 'n handige naslaanbron sal gebruik en ek sal nie verbaas wees nie as ons letterkunde so mettertyd met woorde uit Anton Prinsloo se kontreiwoordeboek verryk gaan word nie. Dit is origens glad nie ongewoon nie dat digters byvoorbeeld woordeboeke as naslaanbron/ sinoniemebron gebruik nie. Nederland se beroemdste moderne digter, Lucebert, was klaarblyklik 'n ywerige leser van woordeboeke. Uit sy poësie het dit duidelik geblyk dat hy die vreemdste bestaande woorde benut en uit woordeboeke geput het as inspirasiebron.
Taalkundiges sal openbarende taalverskynsels vind in hierdie kontreiwoordeboek uit die pen van hierdie bekende taalkundige en radiopersoonlikheid. Lesers het as 't ware help skryf aan hierdie boek: Hoewel sommige van die inskrywings al opgeteken is in algemene woordeboeke en in kontreikuns, is heelwat data die produk van die outeur se briefwisseling en gesprekke met taalgebruikers oor die hele taalspektrum van Suid-Afrika.
Met hierdie boeiende werk word die taal van meer as 700 kontreie na die mense toe gebring en so lewend gehou.
Anton Prinsloo is 'n voormalige programleier van RSG se "Die tale wat ons praat" en "Klassieke keuse". Hy het op 10-jarige leeftyd sy eerste stories in die kinderhoekie van die destydse koerant Die Transvaler gepubliseer en word sedertdien steeds deur taal betower. Hy was voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans en van die Komitee vir Taaladvies van die SAUK. Ander publikasies: Feite, fl aters, fi ksie ('n versameling taaleienaardighede); Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom, asook Sleng (woordeboek van hedendaagse Omgangsafrikaans), Afrikaans op sy beste (medeouteur prof. F.F. Odendal). Medeouteur van die Supplement van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans. Sy werk is bekroon deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die FAK en die ATKV.
J van der Elst
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
|
<urn:uuid:f2760490-a7f9-4655-bfd8-9f161ab152c1>-1
| 1 |
VERORDENING
Om voorsiening te maak vir beheer oor die aanhou van honde in die Emthanjeni munisipaliteit; en vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.
_________
DAAR WORD BEPAAL deur die Emthanjeni munisipaliteit, soos volg:-
Woordomskrywing
1. In hierdie Verordening, tensy uit die samehang anders blyk, beteken –
"aanhou" met betrekking tot 'n hond, om toesig of beheer daaroor te hê of om dit in bewaring te hê of om skuilplek te bied aan sodanige hond;
"eienaar" met betrekking tot 'n hond, iemand wat 'n hond aanhou en ook enige persoon aan wie 'n hond toevertrou is of wat beheer oor 'n hond het ten opsigte van enige terrein binne die regsgebied van die Munisipaliteit waar sodanige hond aangehou word of toegelaat word om te lewe of te bly;
"gemagtigde beampte" –
(a) 'n vredesbeampte, soos omskryf in artikel 1 van die Strafproseswet, 1977 (Wet No. 51 van 1977) in diens van die Munisipaliteit;
(b) enige ander persoon, hetsy in diens van die Munisipaliteit of nie, wat as gemagtigde beampte deur die Munisipaliteit aangestel is;
"hond" vir doeleindes van artikel 3(1) en (2), 'n hond bo die ouderdom van ses maande;
"Munisipaliteit" die Emthanjeni munisipaliteit;
"openbare plek" ook grond, 'n park of oop ruimte, pad, straat, nagstraat of deurgang, brug, gebou of struktuur wat gewoonlik deur die publiek gebruik word, wat die eiendom van die Munisipaliteit is, of waarvan die beheer, tot volle uitsluiting van die eienaar in die Munisipaliteit gevestig is, of waartoe die inwoners van die Munisipaliteit 'n gesamentlike reg of toegang het;
"soneer" 'n grondgebruik aan 'n perseel gekoppel kragtens enige wet, die dorpsaanlegskema of 'n titelakte; en
"straat" ook 'n sypaadjie.
Toepassing van Verordening
2. Die bepalings van artikels 3(1) en 5 is nie van toepassing op 'n perseel wat vir landboudoeleindes gesoneer is nie: Met dien verstande dat iemand wat honde aanhou op 'n perseel wat vir landboudoeleindes gesoneer is nie van voldoening aan enige ander bepaling van hierdie Verordening of enige ander wetgewing wat van toepassing mag wees, vrygestel is nie.
Getal honde
3. (1) Behoudens die bepalings van subartikel (2), hou niemand, sonder die voorafverkreë skriftelike toestemming van die Munisipaliteit, meer as twee honde op enige erf of perseel aan nie.
(2) 'n Hondeteler wat meer as twee honde –
(a) op 'n perseel wat vir landboudoeleindes gesoneer is wil aanhou, is geregtig om dit te doen;
(b) op 'n perseel wat vir enige ander doeleindes as landboudoeleindes gesoneer is wil aanhou, moet die skriftelike toestemming van die Munisipaliteit verkry.
(3) 'n Aansoek om die Munisipaliteit se goedkeuring ingevolge subartikel (2), word alleen deur die Munisipaliteit oorweeg, indien –
(a) die Munisipaliteit oortuig is dat die perseel waarop die honde aangehou sal word nie kleiner as 5 000 vierkante meter is nie; en
(b) die aansoek vergesel gaan van 'n aansoek om verandering van die grondgebruikbeperkings van toepassing op die perseel, waar dit nodig is.
(4) Die Munisipaliteit se toestemming ingevolge subartikel (2)(b) om meer as twee honde op 'n perseel aan te hou, word verleen –
(a) alleen in daardie gevalle waar, na aanleiding van advertensie ingevolge die betrokke wetgewing, geen besware ontvang word teen die voorgestelde afwyking van grondgebruikbeperkings nie; en
(b) onderworpe aan die voorwaardes en beperkings wat die Munisipaliteit nodig ag.
(5) Die Munisipaliteit kan, nadat behoorlike prosedure gevolg is, 'n toestemming ingevolge subartikel (2)(b) toegestaan, terugtrek.
Beheer oor honde
4. Niemand –
(a) laat toe dat 'n hitsige teef wat deur hom of haar besit of aangehou word, in 'n openbare plek kom nie;
(b) moedig 'n hond aan om enige mens of dier aan te val of skrik te maak nie, behalwe waar dit nodig is vir beskerming van sy of haar persoon of goed of van enigiemand anders;
(c) abandoneer 'n hond deur hom of haar besit of aangehou nie;
(d) hou 'n hond aan wat –
(i) deur te blaf, kef, tjank of te huil;
(ii) deur die gewoonte aan te geleer het om motors, diere, pluimvee, duiwe of mense buite die perseel waar dit aangehou word, te jaag; of
(iii) deur op enige ander manier op te tree,
die normale gemak, gerief, vrede of stilte van sy of haar bure versteur nie; of
(e) laat 'n hond wat deur so iemand besit of aangehou word –
(i) toe om, terwyl dit aan brandsiekte of enige ander besmetlike of aansteeklike siekte ly, in 'n openbare plek te wees nie;
(ii) wat wild, kwaai of gevaarlik is in 'n openbare plek toe, indien dit nie gemuilband is en aan 'n leiband onder die beheer van 'n verantwoordelike persoon gehou word nie;
(iii) toe om op privaatgrond te oortree nie;
(iv) toe om 'n gevaar te wees vir verkeer wat enige pad of straat gebruik nie;
(v) toe om 'n bron van gevaar of besering te wees of, volgens sy of haar kennis, om waarskynlik 'n bron van gevaar of besering te wees vir iemand buite die perseel waar die hond aangehou word nie; of
(vi) toe om in 'n openbare plek te wees, behalwe aan 'n leiband en onder beheer van 'n verantwoordelike persoon nie.
Omheining van persele
5. Niemand hou 'n hond aan op 'n perseel wat nie behoorlik en genoegsaam omhein is om die hond binne te hou wanneer dit nie aan 'n leiband is nie.
Honde mag nie 'n bron van gevaar wees nie
6. Iemand wat 'n hond op 'n perseel aanhou –
(a) neem redelike voorsorg om seker te maak dat die hond nie 'n bron van gevaar vir werknemers van die Munisipaliteit wat die perseel binnegaan om hul pligte uit te voer, uitmaak nie; en
(b) vertoon, in 'n opvallende plek, 'n kennisgewing tot die effek dat 'n hond op die perseel aangehou word.
Verwydering van aanstootlike stowwe
7. Indien 'n hond in 'n openbare plek ontlas, verwyder die persoon in beheer van die hond sonder verwyl die ontlasting, plaas dit in 'n plastiek- of papiersak of omhulsel en gooi dit weg in 'n houer vir die weggooi van rommel of vullis.
Honde op persele waar kos verkoop word
8. Enigeen wat die eienaar is of in beheer is van 'n winkel of ander plek waar kos voorberei, verkoop of uitgestal word vir verkoop, laat nie toe dat 'n hond in die winkel of op die plek is of bly nie.
Inbeslagneming, skut en afmaak van honde
9. (1) Enige hond wat in 'n openbare plek aangetref word en wat aan brandsiekte of 'n ander besmetlike of aansteeklike siekte ly, of wat kwaai, wild of gevaarlik is of ernstig beseer is, kan deur 'n gemagtigde beampte van die Munisipaliteit in beslag geneem en van kant gemaak word.
(2) 'n Gemagtigde beampte kan op enige hond wat in 'n openbare plek gevind word strydig met die bepalings van hierdie Verordening, beslag lê en dit skut op 'n plek deur die Munisipaliteit bepaal.
(3) 'n Hond wat ingevolge subartikel (2) geskut is, kan –
(a) aan
|
<urn:uuid:912b1f91-d5fb-450f-9f2d-55bfcc760429>-0
| 0 |
16. Eli en Samuel
I Samuel 1 - 8
God eis gehoorsaamheid
Die Here wil hê dat sy kinders aan Hom gehoorsaam is. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:
- Ouers moet hul kinders dissiplineer.
- God laat Hom nie manipuleer deur mense wat hul eie idees wil bevorder nie.
- Die Here bewaar sy volk.
Eli, hoëpriester in Silo
Die rigtertydperk sluit af met Eli en Samuel wat Israel lei. Eli is ’n Leviet wat as hoëpriester diens doen by die heiligdom in Silo. Hy het twee seuns, Hofni en Pinehas. Hulle is deugniete wat nie gehoorsaam aan die Here is nie en van die offers steel wat in Silo geoffer word. Die priesters mag ’n deel van die offers neem, maar Hofni en Pinehas dwing die mense wat offer, om meer vir hulle te gee as wat hulle toekom.
Die twee seuns van Eli lei ook ’n losbandige lewe. Eli hoor dit en vermaan sy seuns ernstig. Hy straf hulle egter nie soos hy veronderstel is om te doen nie. Dit het tot gevolg dat sy seuns hulle nie aan hom steur nie en voortgaan om sedeloos te lewe. Die Here wil hulle om die lewe bring. Hy verwerp hulle en gee hulle oor aan hul sondige lewens.
Hanna besoek die tempel
As hoëpriester is Eli altyd besig in en om die huis van die Here. Die volk bring hul tiendes, kom om te bid en vra hom om namens hulle te offer. Terwyl hy by die ingang van die tabernakel sit, sien hy ’n vrou wat woorde prewel terwyl tranе oor haar wange rol. Eli dink dat sy dronk is en toe sy opstaan
---
123 Lev. 7: 31 en 32 En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe. Jullie moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit jullie dankoffers.
124 Op. 22: 11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
om te loop, roep hy haar en spreek haar skerp aan oor haar swak gedrag. Sy sê aan hom dat sy nie dronk is nie, maar wel baie hartseer. Sy wil baie graag 'n kindjie hê, maar God het nie een aan haar gegee nie. Dit is hoekom sy kom bid het.
Eli is dadelik spyt oor sy oorhaastige optrede en seën haar voordat sy huis toe gaan. Die vrou se naam is Hanna en haar man se naam Elkana. Elkana het twee vroue, Hanna en Peninna. Peninna het kinders maar Hanna kan nie kinders kry nie. Peninna het Hanna hieroor gespot en Hanna het baie hartseer geword. Daarom lê sy 'n gelofte af dat wanneer die Here haar 'n seun gee, sy hom in sy diens sal stel.
**Die geboorte van Samuel**
Die Here verhoor Hanna se gebed. Sy kry 'n seun en noem hom Samuel. In Hebreeus beteken Samuel om iets te ontvang wat van die Here gebid is. Toe hy 'n bietjie groter is, neem sy hom na die huis van die Here in Silo om hom aan die Here af te staan soos sy beloof het. Later kry sy nog kinders, maar elke jaar neem sy vir Samuel 'n manteltjie as sy met haar man na Silo gaan om daar te aanbid.
Nadat die Here Hanna se gebed verhoor het, sing sy 'n lofsang tot eer van die Here. Net soos Maria, die Here Jesus se moeder, prys sy die Here vir sy groot genade.\(^{125}\)
Daarna stuur die Here 'n profeet na Eli om God se oordeel oor hom en sy huis aan te kondig. Hy sê eers wat Hofni en Pinehas verkeerd gedoen het en daarna wys hy op Eli se sonde. Hy het nie soos sy seuns van die offers gesteel nie, maar hy het nie sy seuns streng gestraf soos wat hy veronderstel was om te doen nie. Vir hom was die goedgesindheid van sy seuns belangriker as die eer van die Here.
**Die oordeel oor die huis van Eli**
Die Here straf Eli. Daar sal in die toekoms geen bejaarde in Eli se huis wees nie, omdat almal op 'n vroeë ouderdom sal sterf. Eli self sal die dood van sy twee seuns beleef.
\(^{125}\) Luk. 1: 46 - 48 En Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker; omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.
Die saak is so belangrik dat die Here na Samuel kom om met hom daaroor te praat. Terwyl Samuel een nag in die tabernakel slaap, hoor hy 'n stem wat na hom roep: "Samuel, Samuell" Samuel staan toe op en gaan na Eli omdat hy dink dit is Eli wat hom roep. Eli sê egter dat hy hom nie geroep het nie. Skaars het Samuel gaan lê of hy hoor weer die stem wat na hom roep. Hy staan op en gaan na Eli, maar Eli stuur hom weer terug. Toe hy die derde keer by Eli kom nadat hy die stem gehoor het, sê Eli aan hom dat hy moet antwoord: "Spreek, Here, want u kneg hoor."
Die Here vertel nou aan hom van 'n vreeslike oordeel wat op Eli en sy huis wag. Die boodskap is dieselfde as die van die profeet. Samuel is te bang om dit aan Eli te gaan vertel, maar vroeg die volgende môre roep Eli hom om te hoor wat gebeur het. Eli dwing hom om alles te vertel wat die Here aan hom gesê het. Toe Samuel vir Eli vertel wat God gesê het, berus hy daarin en sê: "Hy is die Here, laat Hom doen wat goed is in sy oë." Hy besef dat hy God se straf verdien, maar doen niks om die saak reg te stel nie.
**Die ordeel kom**
Die Here beskik dit so dat die Filistyne weer die land binneval en dit plunder. Die Israeliete bring 'n leer op die been en trek uit om teen die Filistyne te veg. Die Filistyne verslaan Israel en 4 000 Israeliete sterf. Die volk besef dat dit die Here is wat aan die Filistyne die oorwinning gegee het, maar hulle erken nie dat die Here dit gedoen het omdat hulle so sondig lewe nie.
Hulle gaan haal die ark in Silo in die hoop dat dit vir hulle geluk sal bring. Net Hofni en Pinehas is by die tabernakel en hulle gee toestemming dat die ark saamgeneem word. Hulle gaan saam met die ark na die slagveld. Toe die Israeliete die ark sien, juig hulle van blydskap aangesien hulle dink dat God nou aan hul kant is.
Die Filistyne word bang toe hulle die gejuig hoor en sê: "God het in die laer gekom." Hulle weet dat God die Egiptenaars met allerhande plaë getref het en is bang dat dieselfde nou met hulle gaan gebeur. Hulle deins egter nie terug nie, maar spoor mekaar aan om dapper te veg. Israel glo dat hulle die Here kan dwing om hulle te help, maar hulle maak 'n fout. God laat Hom nie deur mense voorskryf nie.\(^{126}\)
\(^{126}\) Jes. 40: 14 Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?
Die Filistyne verslaan Israel
Die Filistyne dien Israel 'n verpletterende nederlaag toe en meer as 30 000 Israelitiese soldate sterf. Hofni en Pinehas word ook gedood en die ark van die Here word weggevoer. Intussen is aan Eli vertel dat Hofni en Pinehas die ark met hulle saamgeneem het. Hy is al baie oud, 98 jaar en byna blind.
Eli neem 'n stoel en gaan sit by die poort om te wag op nuus van wat op die slagveld gebeur het. 'n Boodskapper kom aangehardloop en vertel van die dood van Hofni en Pinehas. Toe hy van die ark vertel en hoe die Filistyne dit geneem het, is Eli so geskok dat hy agteroor val en sy nek breek. Dit wat God gesê het, gaan met Eli en sy huis
|
249b7fc7-b267-4149-90a3-d6aa8e3e9246-0
| 3 |
GRAAD 7 – 9: Natuurwetenskappe, Wiskunde en Lewensorientering
BEHEERLIGGAAM KONTRAKPOS
1 Januarie 2021 - 31 Desember 2021
Jan Krielskool is 'n gekombineerde parallel-medium spesiale skool, Grade R to 12. Aansoeke word ingewag vir toepaslike gekwalifiseerde Seniorfase onderwysers met die volgende vakke: Natuurwetenskappe. Wiskunde en Lewensorientering. Die ideale kandidaat moet goed tweetalig wees, met 'n bewese rekenaar geletterdheid en ondervinding van E-Leer. Die kandidaat moet bereid wees om koshuisdiens en studiediens te doen en betrokke te raak by buitemuurse aktiwiteite en fondsinsamelings.
Belangstellendes kan 'n volledige CV, gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, getuigskrifte en kontakbesonderhede van referente per hand by die skool inhandig of pos aan Posbus 17, Kuilsrivier, 7579. Slegs hardekopie aansoeke sal aanvaar word. Dui duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag, 2 November 2020. Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie. Korrespondensie sal beperk word tot gekortlyste
|
3705bf6c-4caa-41c4-94f9-1034b02707b9-0
| 0 |
Môre gaan my suster trou
Volksliedjie
Die kinders staan in twee lang rye teenoor mekaar. By die sing van elke strofe, beweeg die rye as geheel na mekaar toe en weer agteruit. Dit word herhaal. As strofe 6 klaar gesing is, moet die 2 kinders wie se name in strofes 5 en 6 genoem is, mekaar se hande vat en trek om te kyk wie die sterkste is. Die een wat omgetrek word, is die verloorder en moet in die ander ry gaan staan. In die volgende 2 strofes word weer 2 name gesing en die proses word herhaal. Die doel is om te kyk of een ry al die spelers in die ander ry kan oorneem.
Ry 1: Môre gaan my suster trou, suster trou, suster trou
Môre gaan my suster trou
Een twee drie
Ry 2: O mag ons na die bruilof kom, bruilof kom, bruilof kom,
mag ons na die bruilof kom
Een twee drie
Ry 1: O julle is te morsig, te morsig, te morsig
julle is te morsig
Een twee drie
Ry 2: O julle is dieselfde dieselfde dieselfde
julle is dieselfde
Een twee drie
Ry 1: O mag ons maar vir Kelly kry, kelly kry, Kelly kry
mag ons maar vir Kelly kry
Een twee drie
Ry 2: O mag ons maar vir Nathan kry, Nathan kry, Nathan kry
mag ons maar vir Nathan kry
Een twee
|
<urn:uuid:70247166-e24a-4a5a-b4f2-a38fe8590b8a>-0
| 2 |
Die rol van in gesonde breinfunksie
Breinfunksie is die vermoë om 'n gegewe kognitiewe of fisiologiese taak te kan uitvoer. Dis die vermoë om kennis op te doen, betekenisvol te verwerk, en daaroor te kan redeneer. Dit sluit in 'n mens se geheue, leervermoë, volgehoue aandag, besluitneming, die vermoë om nuwe herinneringe te skep, inligting te herroep, ens.
Kognitiewe agteruitgang is deel van die oudword-proses, maar daar is sekere faktore wat hierdie agteruitgang kan versnel, of vertraag. Siekte- en emosionele toestande soos hoë stresvlakke, skok, trauma, demensie, en Alzheimer se siekte dra by tot kognitiewe agteruitgang, en beïnvloed 'n mens se vermoë om vinnig en helder te kan dink en optree. Demensie en Alzheimer se siekte kom veral onder ouer persone voor, maar hoë stresvlakke en die onvermoë om ʼn mens se lewensomstandighede te hanteer, veroorsaak ook kognitiewe agteruitgang. Gesonde breinfunksie begin in so ʼn geval reeds op 'n baie jonger ouderdom agteruitgaan.
70% van membrane van breinselle bestaan uit fosfatidilserine (PS), daarom dat PS so ʼn belangrike rol speel in leervermoë, geheue, volgehoue aandag en die suksesvolle uitvoering van take. PS verbeter die vermoë van die brein om nuwe inligting vrylik en ongehinderd te kan ontvang en daarop te reageer. Studies wat met PS gedoen is, toon dat kognitiewe prestasie veral onder ouer volwassenes verbeter het.
Navorsing toon dat PS-aanvullings kan help om simptome van ADHD te verlig, wat fokus en gedrag verbeter. ADHD-simptome sluit in breinmistigheid, ʼn onvermoë om te fokus, swak konsentrasie, en probleme om inligting sinvol te verwerk.
Studies het ook getoon dat PS help om stres en angs te bestuur deur kortisolvlakke te verminder. Kortisol is 'n streshormoon wat deur die liggaam afgeskei word in reaksie op stres. Omdat PS ʼn sleutelkomponent van breinselle is, help PS-aanvullings die brein beskerm teen oksidatiewe stres, verminder degeneratiewe agteruitgang, en dra sodoende by tot breingesondheid.
Studies het getoon dat fosfatidilserine die vrystelling van neurosenders soos serotonien en dopamien positief kan beïnvloed, en sodoende gemoedstoestande kan verbeter. Vitamine B5 in is behulpsaam met die regulering van die streshormoon kortisol, en help die liggaam herstel na stresvolle situasies. Vitamine B6 in help om simptome van depressie te verminder.
The role of in healthy brain function
Brain function is the ability to perform any given cognitive or physiological task. It involves the ability to acquire knowledge, process it meaningfully, and reason about it. This includes aspects such as memory, learning ability, attention, decision-making, the ability to create new memories, recall information, etc.
Cognitive decline is a part of the aging process, but there are certain factors that can accelerate or slow down this decline. Diseases and emotional conditions like high stress levels, shock, trauma, dementia, and Alzheimer's disease contribute to cognitive decline, which affects one's ability to receive and respond to information. Dementia and Alzheimer's disease particularly affect older individuals, but high stress levels and the inability to cope with life's circumstances also lead to cognitive decline. Healthy brain function will then start deteriorating at a much younger age.
70% of cell membranes in the brain are composed of phosphatidylserine (PS), therefore PS plays a crucial role in learning ability, memory, sustained attention, and the successful performing of tasks. PS is necessary for healthy nerve cell membranes and enhances the brain's ability to receive new information freely and unhindered, improving thinking skills and the ability to act accordingly.
Studies conducted with PS have shown improvement in cognitive performance, especially among older adults. Research suggests that PS supplements can help alleviate symptoms of ADHD, leading to improved focus and behaviour. ADHD symptoms include brain fog, an inability to focus properly, poor concentration, or difficulty processing information meaningfully.
Studies have also indicated that PS assists in managing stress and anxiety by reducing cortisol levels. Cortisol is a stress hormone released by the body in response to stress. As PS is a key component of brain cells, PS supplements can help protect the brain against oxidative stress, reduce degenerative decline, and thus contribute to brain health.
Research has shown that PS can benefit the release of neurotransmitters such as serotonin and dopamine, thereby improving mood. Vitamin B5 in aids in regulating the stress hormone cortisol and helps the body recover after stressful situations. Vitamin B6 in assists in reducing symptoms of depression.
#80
2023-09
ENGLISH: Shortly after birth, Janco was readmitted to hospital for jaundice, and was placed under the blue lights. The effect of the lights was very bad on his sensitive skin. Photo 1 was taken just after we got home from the hospital. Because he was only 6 days old, I first tested the on his tiny legs for 2 days. When I saw the improvement on his legs, I started applying daily to his entire body. After 2 more days you could already see an improvement, and after about 2 weeks his skin was completely healthy.
is the first product I reach for, even for the tiniest of spots. Janco is now 6 weeks old, and his skin is still particularly sensitive. I use on his entire body after every bath. – Marelize Welthagen
AFRIKAANS: Janco is kort na geboorte in die hospitaal opgeneem vir geelsug, en onder die blou ligte geplaas. Die uitwerking van die ligte was baie erg op sy sensitiewe velletjie. Foto 1 is geneem net na ons van die hospitaal af gekom het. Omdat hy nog net 6 dae oud was, het ek eers vir 2 dae op sy beentjies getoets. Toe ek sien sy beentjies raak beter, het ek daagliks aan sy hele lyfie begin smeer. Na nog 2 dae was daar reeds merkbare beterskap, en ongeveer 2 weke later was sy velletjie heeltemal gesond.
is die eerste produk waarna ek gryp, al is daar net 'n kolletjie op sy lyf. Janco is nou 6 weke oud en sy velletjie is steeds besonder sensitief. Ek gebruik op sy hele lyf na elke bad. – Marelize Welthagen
R115
SAVE R28
Fynbos Mask 50 ml
SAVE R22 150 ml R75
SAVE R32 R150 60
|
7ebd8d53-380e-472e-959f-f155b45b094c-0
| 2 |
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2018
Fakulteit Teologie en Religie
Fakulteitsregulasies en -inligting
Die regulasies ten opsigte van grade wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.
Die Algemene Regulasies (G-regulasies) en Algemene Reëls is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies, sowel as all fakulteitspesifieke en programspesifieke regulasiese en inligting, sal wees. Onkunde betreffende hierdie regulasies sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.
1. Algemeen
Die programme van die Fakulteit Teologie en Religie is gemik op teologiese opleiding met die oog op kerklike bediening. Sommige daarvan bied algemeen-vormende teologiese opleiding wat deur kerke as basis gebruik kan word vir eie-kerklike opleiding en vorming. Ander programme wat in samewerking met kerklike vennote aangebied word, bied beide algemeen-vormende teologiese opleiding en kerk-spesifieke opleiding en vorming. Die programme kan ook in twee verdere groepe verdeel word:
Dié wat op vroeë spesialisasie gemik is [MTh en PhD]; i.
Dié wat breë, algemene opleiding aanbied tot op 'n redelike gevorderde vlak en eers daarna op 'n ii. spesialisasie- en navorsingsgebied toespits [BDiv, MDiv, MTh, wat na PhD lei].
2. Keuring
Keuring vind plaas voor toelating tot enige graadprogram in dié Fakulteit. Studente wat aan die einde van die eerste studiejaar nie voldoende modules slaag om tot die tweede studiejaar bevorder te word nie, moet opnuut aansoek om toelating doen.
3. Akademiese geletterdheid
Alle studente wat vir die eerste keer aan die Universiteit van Pretoria inskryf en alle nuwelingstudente wat vir die eerste keer by die Fakulteit Teologie en Religie inskryf se akademiese geletterdheid sal aan die begin van die akademiese jaar deur middel van hulle NSS-punte bepaal word.
Studente wat 'n graadprogram volg:
Die NSS Graad 12-Engelspunt sal gebruik word om te bepaal of studente in die Fakulteit Teologie en Religie vir die akademiesegeletterdheidsmodules (ALL 110 en ALL 120 in Engels) sal registreer.
Huistaal: Studente wat 'n 4 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 120. G
Eerste Addisionele Taal: Studente wat 'n 5 of laer behaal het, registreer vir ALL 110 en ALL 120. G
Let wel: Graad 12-eksamen verwys na die Nasionale Senior Sertifikaat-eindeksamen.
4. Eksamentoelatings- en slaagvereistes
Om tot die eksamen in 'n module toegelaat te word, moet 'n student 'n prestasiepunt van minstens 40% behaal, met uitsondering van eerstesemester-modules op vlak 100 waar minstens 30% vereis word. Behalwe waar hoër vereistes in fakulteitsregulasies gestel word, word 'n subminimum van minstens 40% in die eksamen in elke module vereis.
Sou die student nie die vereiste subminimum behaal nie, kan die dosent 'n hereksamen toestaan indien die
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2018 |www.up.ac.za| 02:52:16 01/04/2022 | Bladsy 1 van 4
gemiddeld van die semesterpunt en die eksamenpunt hoër as 40% is.
Om in 'n module te slaag, moet 'n student 'n finale punt van minstens 50% behaal. Die slaagsyfer vir miniverhandelings is minstens 50%. Die bepalings van Algemene Regulasie G.39 ten opsigte van slaagvereistes vir verhandelings is mutatis mutandis ook op miniverhandelings van toepassing.
4.1 Subminima in eksamenvraestelle
Subminima wat in eksamenvraestelle vereis word (indien enige), verskyn onder die regulasies van die betrokke graad en in die leerplanne van die modules.
4.2 Eksamens
Die eksamens vir semestermodules vind aan die einde van die semesters plaas.
Die eksamens vir jaarmodules vind gedurende Oktober/November plaas, behalwe waar sulke modules binne 'n blokstelsel aangebied word, in welke geval die eksamens aan die einde van die betrokke blokke plaasvind.
Dit is elke student se verantwoordelikheid om op die amptelike eksamenrooster vas te stel wanneer sy/haar modules geskryf word.
Geen selfone of enige ander elektroniese kommunikasiemiddele word in die toets- of eksamenlokale toegelaat nie.
4.3 Aanvullende eksaminering
Die eksaminatore kan 'n student na aflegging van 'n eksamen en voor bekendmaking van die eksamenuitslae oproep om 'n aanvullende eksamen oor bepaalde aspekte van die werk van 'n module af te lê.
4.4 Hernasien van eksamenantwoordstelle (Sien ook Alg.Reg. G.14
)
Departemente gee na eksaminering terugvoering aan studente oor die raamwerk wat eksaminatore tydens eksaminering gebruik. Die wyse waarop hierdie terugvoering geskied, word deur die Departementshoofde bepaal. Studente kan binne 14 kalenderdae na die aanvang van lesings in die volgende semester aansoek doen om die hernasien van 'n antwoordstel. Na betaling van die voorgeskrewe gelde, sal die antwoordstel hernagesien word deur 'n eksaminator wat deur die betrokke departementshoof aangewys is.
Indien die hereksamen in die betrokke module reeds afgelê is wanneer die uitslag van die hernasien bekend word, sal 'n hereksamen nie aan 'n student toegestaan word op grond van die uitslae van die hernasien nie.
4.5 Hereksamens
Hereksamens vind na afloop van die eksamens plaas, soos gereël deur die Dekaan. a.
Om in die hereksamen te slaag, moet 'n student minstens 50% behaal – die semesterpunt tel nie. b.
Die hoogste finale persentasie wat in 'n hereksamen aan 'n student toegeken kan word, is 50%. c.
Alle studente met 'n finale punt van 40-49% kwalifiseer om 'n hereksamen te skryf. Daar is nie 'n verdere d. geleentheid op 'n hereksamen indien 'n student om welke rede ook al die hereksamen nie op die geskeduleerde dag aflê nie.
4.6 Siekte-/buitengewone eksamens
'n Student wat nie op die geskeduleerde eksamendag sy/haar vraestel skryf nie, kan vir 'n siekte-/buitengewone eksamen by Studenteadministrasie aansoek doen. Elke geval word deur die Departementshoof in oorleg met die Dekaan oorweeg. Dosente mag nie self reëlings tref met studente oor die toestaan van hierdie kategorie van eksamen nie. Die onus berus op die student om vas te stel of sy/haar aansoek suksesvol was. Indien die aansoek suksesvol was, moet die student die buitengewone eksamen tydens die hereksamen aflê. Sodanige student kan dan nie vir 'n verdere hereksamen kwalifiseer nie.
Aansoeke vergesel van 'n geldige mediese sertifikaat moet by Studenteadministrasie ingedien word nie later nie as drie werksdae nadat die eksamen in die module geskryf moes word. Die geykte verskoning van "verslaap" of "rooster verkeerd gelees" word nie aanvaar nie.
'n Student wat toestemming verkry het om 'n siekte-/buitengewone eksamen af te lê en dan afwesig is,
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2018 |www.up.ac.za| 02:52:16 01/04/2022 | Bladsy 2 van 4
kwalifiseer nie vir enige verdere sodanige aansoek nie.
4.7 Spesiale eksamen
'n Finalejaarstudent wat
|
345207f9-a00f-4703-bf25-26db74d3e761-0
| 1 |
DIE OPTIMALE HANTERING VAN DIE GRAAD 0 KIND SE TEMPERAMENTELE PATRONE: 'N GESTALTRIGLYN
deur
ELIZABETH C SWART
voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad
MAGISTER DIACONIOLOGIAE (RIGTING: SPELTERAPIE)
aan die
UNIVERSITEIT VAN SUID AFRIKA
Studieleier: Me. B. Jansen van Rensburg Februarie 2009
Man wishes to be confirmed in his being by man, and wishes to have a presence in the being of other ... secretly and bashfully he watches for a YES which allows him to BE and which can come to him only from one human person to another.
Martin Buber
BEDANKINGS
My opregte dank en waardering aan die volgende persone en instansies:
* Me. Beatrix Jansen van Rensburg vir haar bekwame studieleiding.
* Prof. P.J. Jonas vir taalkundige versorging.
* Die skole en Graad 0 opvoeders wat as respondente opgetree het.
* Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement vir toestemming om hierdie studie in skole in die Wes-Kaap te kon onderneem.
* My man Zaak vir begrip, volgehoue ondersteuning en wat my vlerke gee.
Dank aan my Hemelse Vader wat my elke dag krag en genade skenk.
VERKLARING
Ek verklaar hiermee dat Die optimale hantering van die graad 0 kind se temperamentele patrone: ʼn Gestaltriglyn my eie werk is en dat ek alle bronne wat ek gebruik of aangehaal het deur middel van volledige verwysings aangedui en erken het.
Aangesien hierdie studie as voorondersoek gaan dien vir verdere navorsing deur die student op DPhil-vlak is die aantal bladsye soos voorgeskryf vir Magister-vlak navorsing oorskry.
....................................
.......................
HANDTEKENING Me. E.C.Swart (4185-801-8)
DATUM
OPSOMMING
Die doelstelling vir hierdie navorsing was om ʼn Gestaltriglyn te ontwerp wat die Graad 0 opvoeder sal bemagtig ten einde die kind in haar klas se temperamentele patrone te identifiseer, te verstaan en optimaal te hanteer om sodoende die effektiewe aanpassing van die Graad 0 kind te bewerkstellig. Hierdie navorsing het die vorm van intervensienavorsing aangeneem. Rothman en Thomas se "Design and Development model" is gedeeltelik gevolg. Hierdie studie van beperkte omvang het slegs tot Stap 1 van Fase 4, naamlik die ontwerp van ʼn voorlopige Gestaltriglyn, gestrek. Kwalitatiewe navorsing is vir hierdie studie gebruik. Semi-gestruktureerde onderhoude is met 12 Graad 0 opvoeders gevoer ten einde hulle behoeftes en knelpunte rakende temperament en temperamentele patrone te verken. Die geïdentifiseerde probleme is suksesvol in verband gebring met toepaslike literatuur en met menings van kundiges in die veld. Dit was moontlik om vanuit die Gestaltbenadering ʼn voorlopige riglyn saam te stel.
Kernbegrippe
Gestaltriglyn, kind in die ontvangsjaar, opvoeder, temperament, temperamentele patrone
SUMMARY
The aim of this study was to design a Gestalt guideline to assist the Grade R teacher to identify, understand and manage the temperamental patterns of the Grade R child enabling optimal adjustment of the child. Intervention research (Design and Development model of Rothman & Thomas) as phase model was partly used as method for this study. A qualitative approach was followed during data collection. The needs and concerns in relation to temperament and temperamental patterns were explored through semi-structured interviews with 12 Grade R teachers. The identified problems were analyzed and in order to address the problems, information was gathered through relevant literature and consulting with professionals. Functional elements of successful models were identified and used in the Gestalt guideline. The study concludes at Phase 4 by designing a Gestalt guideline as preliminary intervention for the Grade R teachers. The Gestalt approach was used as cornerstone for the guideline.
Keywords
Gestalt guideline, child in the reception year, teacher, temperament, temperamental patterns
INHOUDSOPGAWE
HOOFSTUK 1 INLEIDING TOT DIE STUDIE
1.6.4
23
Opvoeder
HOOFSTUK 4
5.3.1
90
Homeostase / Organismiese selfregulering
6.4.3.2 Uitkomste vir die werkswinkel
128
Tabel 6.2
Voorgestelde prosedure wat tydens die implementering
HOOFSTUK 1
INLEIDING TOT DIE STUDIE
1.1 INLEIDING EN MOTIVERING VIR DIE KEUSE VAN DIE ONDERWERP
In hierdie studie is daar gefokus op die ontwikkeling van ʼn Gestaltriglyn as voorlopige intervensie wat die Graad 0 1 opvoeder sal bemagtig ten einde die kind in haar 2 klas se temperamentele patrone te identifiseer, te verstaan en optimaal te hanteer om sodoende die effektiewe aanpassing van die Graad 0 kind te bewerkstellig. Optimale strukturering van aktiwiteite en ervarings binne die Graad 0 klas is afhanklik van die kennis en begrip van hoe elke kind sy 3 temperament uitleef. Die Graad 0 opvoeder wat ʼn kind se temperament en sy uitdrukking daarvan verstaan, sal aktiwiteite en ervarings kan struktureer sodat dit die kind se temperament beter kan akkommodeer. Die leerervaring sal dus positief wees en ʼn stewige fondasie lê wat die kind sal voorberei vir aanpassings tydens die Graad 0 jaar en die daaropvolgende lewensfases. Opvoeders wat die individuele verskille van kinders se temperamente verstaan, is volgens Pelco en Reed-Victor (2003:3) beter in staat om aanpassings te maak wat ontwikkeling bevorder.
Temperament word beskryf as ʼn persoon se geneigdheid om op ʼn bepaalde manier op te tree. Thomas en Chess (1977:9) beskou temperament as die hoe, eerder as die waarom (motivering) of die wat (vermoë) van gedrag. ʼn Persoon word volgens DiLalla en Jones (2000:33,50) gebore met ʼn predisposisie tot ʼn sekere temperament. Temperament kan dus beskou word as een van die boustene van persoonlikheid. Persoonlikheid dui op die totaliteit van alle eienskappe wat die gedrag en interaksie van ʼn persoon bepaal. Dit sluit eienskappe soos waardes, houdings, gewoontes, emosies, vooroordele en doelstellings in (Meyer, Moore & Viljoen, 2003:12).
Die meeste skrywers stem ooreen dat temperament reeds by geboorte teenwoordig is en redelik stabiel bly dwarsdeur ʼn persoon se lewe (Bates,2001:177; DiLalla & Jones,
1 Graad 0 verwys na die jaar voor Graad 1. Suid-Afrikaanse beleidsdokumente verwys ook na hierdie jaar as die Ontvangsjaar of "Reception year". Ten einde omslagtigheid te vermy, sal die term Graad 0 deurgaans gebruik word wanneer daar na die Ontvangsjaar verwys word.
3 Daar sal deurgaans, sonder om seksisme te impliseer, verwys word na die manlike geslag wanneer daar van die kind gepraat word.
2 Daar sal deurgaans, sonder om seksisme te impliseer, na die vroulike geslag verwys word wanneer daar van die opvoeder gepraat word.
2000:33; Schaffer 2006:70). Die omgewing speel volgens Keogh (2003:51) ʼn rol in die manier waarop ʼn persoon sy temperament uitleef of aanpas by die eise van die omgewing. Die mate waarin temperament ʼn impak op die omgewing het, word volgens Ding en Littleton (2005:83) bepaal deur die versorgende kwaliteit van die familie en omgewing. ʼn Kind se temperament ontlok verskillende reaksies by sy portuurgroep en volwassenes. Hierdie reaksies kan die kind motiveer om sy patrone van gedrag dienooreenkomstig te verander of aan te pas by sy omgewing. Die kind wat baie aktief, reaktief en intens is, kan sy gedragpatroon verander, maar sal volgens Keogh (2003:51) altyd hierdie eienskappe besit. Die kind se inherente temperament bly dus dieselfde, maar die uitdrukking van sy temperament oftewel temperamentele patrone, mag wissel.
Die mate waarin ʼn kind se temperament inpas by sy omgewing word
|
<urn:uuid:4c11502a-3e6b-48b5-a685-0d2f046d64b0>-0
| 2 |
opvoeder – WKOD pos
Graad 0 opvoeder – Ander pos
2. 0 – 5 jaar onderwysondervinding
5 – 10 jaar onderwysondervinding
10 – meer jare onderwysondervinding
3. Sou u u kennis rakende temperament beskou as
Uitstekend
Goed
Gemiddeld Swak
Baie swak
4. Sou u u kennis rakende temperamentele eienskappe/patrone beskou as
Uistekend
Goed
Gemiddeld Swak
Baie swak
5. Sou u u kennis rakende die invloed wat die Graad 0 kind se temperament op die klaskamer-opset het beskou as
Uitstekend
Goed
Gemiddeld Swak
Baie swak
6. Sou u u kennis rakende u eie temperament beskou as
Uitstekend
Goed
Gemiddeld Swak
Baie swak
7. Sou u u kennis rakende die invloed wat u eie temperament op die klaskameropset het beskou as
Uistekend
Goed
Gemiddeld Swak
Baie swak
8. Stem u saam met die volgende stellings?
Temperament is aangebore Temperament kan verander Omgewing beïnvloed temperament Temperament en persoonlikheid is dieselfde Temperamentverskille het ʼn invloed op verhoudings Temperament beïnvloed skolastiese vordering
9. Dink u dat u u onderrigstyl moet aanpas by die Graad 0 kind se temperament?
Ja
Nee
Onseker
10. Stem u saam met die volgende stelling? Gedragsprobleme en moeilike temperamentele patrone is dieselfde.
Ja
Nee
Onseker
11. Watter van die volgende temperamentele patrone vind u moeilik om te hanteer by die Graad 0 kind?
Die besige kind
Die kind wat lank neem om take te voltooi
Die kind wat moeilik aanpas by verandering
Die kind wat wegskram van nuwe take af
Die kind wat oorreageer teenoor sensoriese stimuli
Die kind wat onbewus is van sensoriese stimuli
Die kind met intense reaksies en emosies Die kind wat min emosies toon
Die stil kind
Die afleibare kind Die perfeksionistiese kind
Die kind met ʼn somber gemoed
Ja Nee Onseker
Ander: Spesifiseer
................................................................................................
12. Watter kennis rakende temperament verlang u? Merk van toepassing.
Hoe identifiseer ek verskillende temperamente
Hoe maak ek kontak met elke temperamenttipe
Hoe motiveer ek elke temperamenttipe
Hoe dissiplineer ek elke temperamenttipe
BYLAAG 6 – VRAELYS VAN FANTASIE AKTIWITEIT
Merk asseblief die woorde, emosies of persepsies wat u ervaar het tydens die aktiwiteit van die boot in die storm. Daar is geen regte of verkeerde antwoorde nie.
POSITIEF/ POSITIVE
INOVEREND/ INNOVATIVE
KREATIEF/ CREATIVE
PASSIEF/ PASSIVE
EMOSIONEEL/ EMOTIONAL
AGGRESSIEF/ AGGRESSIVE
JOVIAAL/ JOVIAL
NAÏEF/ NAIVE
GEDULDIG/ PATIENT
TENEERGEDRUK/ DESPONDENT
HULPELOOS/ HELPLESS/ POWERLESS
BLAMEER/ BLAMING
REALISTIES/ REALISTIC
REDENEREND/ REASONING
ONAFHANKLIK/ INDEPENDENT
AFHANKLIK/ DEPENDENT
TEMPERAMENTEEL/ TEMPERAMENTAL
NEGATIEF/ NEGATIVE
TERUGGETROKKE/ WITHDRAWN
ANGSTIG/ ANXIOUS
AKKOMMODEREND/ACCOMODATING
SELFGELDEND/ ASSERTIVE
TROTS/ PROUD
JOLIG/ HAPPY-GO-LUCKY
ONNET/ UNTIDY
PRESIES/ PRECISE
KONSIDEREREND/ CONSIDERATE
SELFSUGTIG/ SELFISH
TOEGEEFLIK/ CHARITABLE
SUINIG/ STINGY
SUSPISIEUS/ SUSPICIOUS
PESSIMISTIES/ PESSIMISTIC
NUUSKIERIG/ INQUISITIVE
GELOWIG/ TRUSTING
BESLUITLOOS/ INDECISIVE
HUMORISTIES/ HUMORISTIC
VERANTWOORDELIK/ RESPONSIBLE
ONGEDULDIG/ IMPATIENT
GLO IN MENSE/ TRUST IN HUMAN BEINGS
GEÏRRITEERD/ IRRITATED
NUUSKIERIG/ CURIOUS
BETROKKE/ CONNECTED
REBELLEER/ REBELLIOUS
GROEPGEORIËNTEERD/ GROUP-FOCUSED
FAMILIE GEORIËNTEERD/ FAMILY-FOCUSED
NATUUR GEORIËNTEERD/ NATURE-
FOCUSED
RELIGIEUS/ RELIGIOUS
GEWILLIG/ UNPROTESTING
OPTIMISTIES/ OPTIMISTIC
PARAAT/ THRIFTY
Bron: Schoeman (2004b: 158-160)
BYLAAG 7 – DENKBEELDIGE GEVALLESTUDIE
Nandi, a six year old girl, was in Grade R in a large school in Cape Town. She spent the first five years of her life with her grandmother in a rural area. Nandi and her grandmother understood each other well, and Nandi was very happy. She enjoyed playing outdoors and loved to daydream. Her mother and father supported the family and tried to visit regularly. The family's circumstances changed for the better. It was decided that Nandi should leave her grandmother and come and stay with her parents in order to improve her chances of getting a good education. Nandi's new life was more structured and Nandi became shy and awkward. Mrs X her teacher is cheerful, outgoing, attentive and persistent in tasks. She tried her best with the 45 children in her class, but she was inclined to favour the friendly, outgoing, enthusiastic children who persisted in their tasks and usually finished their tasks on time. Nandi's initial response to the class was to hide behind her parents. She would often become tearful in class and cover her ears during music time. She loved to draw but seldom finished her tasks. She took a long time before engaging in a new activity and preferred to watch, although she would eventually take part. Her social relationships with other learners were reasonable, though the other children tended to treat her as if she was much younger than them. Nandi seldom initiated play. Her teacher described her as moody and at times manipulative. Mrs X also found Nandi unable to concentrate and found her behind her age group. She noted that she was not very adaptable and was avoidant and anxious. Mrs X concluded her observations by commenting that Nandi might be better off in a special school.
Nandi is ʼn sesjarige dogter. Sy is tans ingeskakel by die Graad 0 klas van ʼn groot laerskool in Kaapstad. Sy het tot op vyfjarige ouderdom by haar ouma op die platteland gebly. Sy het goed met haar ouma oor die weg gekom en was ʼn sorgvrye kleuter. Sy was lief vir buitespel en het graag gedagdroom. Haar ouers het gereeld kom kuier. Haar ouers se ekonomiese situasie het sodanig verander dat hulle besluit het dat Nandi voltyds by hulle kon kom woon. Hulle was ook van mening dat die stadskole beter opvoedkundige geleenthede bied. Nandi het moeilik aangepas by die gestruktureerde lewenstyl van haar ouers en skool. Mev X, haar opvoeder, is ʼn vriendelike, uitgaande, entoesiastiese opvoeder. Sy het baie deursettingsvermoë en voltooi altyd haar take na die beste van haar vermoë. Sy probeer ook haar bes om die 45 kinders in haar klas te akkommodeer. Sy is egter geneig om die vriendelike entoesiastiese kinders wat hulle take betyds voltooi, voor
te trek. Nandi was aanvanklik skaam en het gereeld agter haar ouers geskuil. Sy huil tans gereeld in die klas en druk haar ore toe tydens musiektyd. Sy neem lank voordat sy aan ʼn nuwe taak deelneem, konsentreer swak en voltooi selde haar take. Sy geniet dit om te teken en sosialiseer geredelik met die ander kinders in haar klas. Sy inisieer nie self spel nie en die ander kinders behandel haar asof sy ʼn jonger kind is. Haar opvoeder beskryf haar as "buierig" en manipulerend. Mev X is ook van mening dat sy skolasties swakker as die res van die klas is en dat sy moontlik ʼn kandidaat is vir ʼn spesiale skool.
BYLAAG 8
Posbus 23 WELLINGTON 7654 24 Februarie 2009
Hiermee bevestig ek dat ek die verhandeling
DIE OPTIMALE HANTERING VAN DIE GRAAD 0 KIND SE TEMPERAMENTELE PATRONE: 'N GESTALTRIGLYN deur ELIZABETH C SWART
geproeflees en taalkundig versorg het.
Die uwe
Prof PJ Jonas
|
<urn:uuid:4c11502a-3e6b-48b5-a685-0d2f046d64b0>-1
| 1 |
Project Gutenberg's Oom Gert Vertel en Ander Gedigte, by C. Louis Leipoldt
This eBook is for the use of anyone anyw here at no cost and w ith almost no restrictions w hatsoever. You may copy it, give it aw ay or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included w ith this eBook or online at w w w .gutenberg.org
Title: Oom Gert Vertel en Ander Gedigte
Author: C. Louis Leipoldt
Contributor: Johannes J. Smith
Release Date: November 6, 2006 [EBook #19729]
Language: Afrikaans
*** START OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK OOM GERT VERTEL EN ANDER GEDIGTE ***
Produced by Christine D. and the Online Distributed
Proofreading Team at http://w w w .pgdp.net
OOM GERT VERTEL
EN ANDER GEDIGTE
DEUR
Dr. C. LOUIS LEIPOLDT
MET 'N INLEIDING
DEUR
JOHANNES J. SMITH.
DERDE DRUK (Hersien)
J.H. de BUSSY, beperk, PRETORIA. HOLL.-AFRIK. UITGEVERS-MIJ. v/h J. DUSSEAU & Co., KAAPSTAD 1921.
INHOUD.
SLAMPAMPERLIEDJIES:
OPDRAG.
"Aan almal, wat voorgegaan het".
Die son gaan onder in die weste, agter Die grysvaal koppies van ons ou Karoo;
Die hele lug is rooi, en goud, en silwer, Met elke wolk half-wit as sneeu daarbo;
En saggies oor die veld hier val die skemer. Die laaste glans en jongste gloed verdwyn
Van elke berg, waar nog so kort die kranse Geverf was deur die son met karmosyn.
Oor al ons land daar trek die nag 'n skadu, Groen as die blare van 'n sederboom.
Die hamerkop verlaat die vlei; die reier Stap na sy nes om op een been te droom;
Die naguil vlieg, en vlieënd klop sy vlerke;
In die tabaktuin gons die duiwelby;
En die aandblommetjies is algar ope Om wierook oor die vlakte te versprei.
Waar in die weste, as 'n muur van purper, Die bergrant teen die lug 'n skadu bou,
Daar stadig klim die volmaan na die sterre En haal die hele wêreld weer uit rou.
Sag is die nag en slaaprig al die wêreld— Sag as die wit gesiggie van 'n kind.
Dof in die maanlig skitter net die sterre, En rustig in 'n klipskeur skuil die wind.
Slaap rustig so, jul almal, wat geworstel,
Slaap so, jul algar, wat gesneuwel het!
Hoe hard ook was die dag, die nag gee slaaptyd: Na stryd kom slaap—dis die natuur se wet!
Kan julle op ons neerskou as die sterre, Kind, vrou, en man, wat in ons tyd van nood
Die bitter kelk gesluk het en gevinde 'n Rus vir ewig in 'n heldedood,
Neem dan, wat ek (die nooit geen kans gehad het Die laaste stap te doen uit liefdeplig)
As brokkies vir 'n eerbewys gebou het— 'n Nietig reeks van rympies—my gedig.
Ja, nietig, want geen sterretjie kan dowwer, In vergelyking met jul voorbeeld, blinkEn tog, miskien, dis moontlik, dis 'n weerklank, Van wat vir altyd in ons harte klink! Die maanlig gooi 'n silwerwaas oor velde, Waar eens die grys kruitwolke het gerol; En elke plaas, wat vroeër van rook geruik het, Is met die geure van aandklossies vol. Maar selfs die silwerlig kan nie verberge Die tekens van die tyd tien jaar verby: Maak net jou oë toe, en tussen wierook Bespeur jy nog die kruitrook op die vlei! Ja, man, wat op die slagveld het gesneuwel, En in die kinderkampe, kind en vrou, Slaap rustig stil, julle, wat so geworstel,
En so gesterwe het—want ons onthou!
VOORREDE.
As 'n mens 'n Voorrede skrywe, dan het hy die reg om van homself te praat. Ek wil egter van die reg afsien, want van myself is daar niks te vertel nie. Slegs dit: hoe ek daartoe gekom 't om die bundel rympies te laat druk. En miskien is dit nodig, dat ek die leser 'n verklaring van sulke astrantheid gee.
Vir jare het ek my vermaak met versies draai en met die loop van tyd het ek 'n hele boel van die rympies in my tafellaai opgegaar. Dit was, en is, 'n onnosel vermaak, waarmee ek net maar myself gekwel 't, deurdat ek somtyds nie 'n rym in die hande kon kry nie, en nog meer kere nie goed in woorde kon uitdruk, wat ek gevoel en ondervind 't. Toe het ek terloops eenmaal met my vrind Smith oor ons taal gepraat, en hom ook een en ander van my versies gewys. Hy was vrindelik genoeg om te sê, dat dit hom geïnteresseer het; en later het hy my wysgemaak, dat dit ook miskien andere van ons mense kon interesseer. Hy het sommige van die rympies uitgekies—dié wat in die volgende bladsye staan—en het my gehelp om dit vir die pers klaar te maak.
Die leser sien dus, dat die boekie in 'n seker sin soveel sy, as my kind is, en dat hy 'n deel van die lof, as daar lof is, of van die blaam, as daar blaam is, moet dra.
Vir die gevoelens, wat in die gediggies geuiter word, is ek alleen verantwoordelik. Ek weet natuurlik nie, of die gevoelens byval sal vind nie by ons mense, wat nog gediggies lees; en ek vra ook geen ekskuus daarvoor, al is daar hier en daar 'n reël of 'n woord wat ek nou, as ek weer die rympies moes oorskrywe, nie sou behou nie.
Die meeste van die gediggies is gemaak geword, toe ek nog half flou was met die skok van die oorlog, en toe die donder van die Engelse kanonne nog altyd in my ore was. Miskien het dit my snare al te veel laat tril. Miskien is dit beter, dat ons nie meer oor sulke goed praat of sing nie. Maar daar is ook 'n ander kant: en dit kan wees, dat daar onder my lesers is, wat nie maklik vergeet nie, hoe gou hul ook vergewe. Ek laat dus maar die versies, soos ek hul geskrywe het, in die hoop, dat die leser hul met 'n bietjie geduld en lankmoedigheid sal lees, en nie 'n al te strawwe oordeel sal vel oor
Die Skrywer.
Londen, Oktober 1911.
BY DIE TWEDE DRUK.
Die spelling is in ooreenstemming gebring met die voorskrifte van die Suidafrikaanse Akademie; en hier en daar is 'n woord verander, of die punktuasie verbeter. Vir die orige is die gediggies nog, soos ek hul oorspronklik geskrywe het.
C.L.L.
Pretoria, Mei 1917.
INLEIDING.
'n Teken van Lewe en Groei.
As 'n gesonde kind 'n seker leeftyd bereik, dan begin hy praat, en sy moeder is groots. So ook met 'n volk: solank as hy nog jonk en klein is, is dit voldoende vir hom om na die stem van die moederland te luister; maar sodra hy verstand begin kry, wil hy ook self praat—op sy eie manier. Hoe krom en skeef die eerste woordjies vir volwasse ore ook mag klink, dit getuig van lewe en vooruitgang—en aanhou!
Gedurende die laaste helfte van die neentiende eeu het die Afrikaanse volk selfbewus begin word, en gevolglik ook begin lisp. Toe kom die gebeurtenisse van die end van die eeu; en dié het sy groei sodanig verhaas, dat dit bykans onmoontlik is om in die forse mannetaal van vandag die dowwe stemmetjie van tien jaar gelede te herken.
Sover ek weet, dagteken die allereerste geskrif, waarin die Afrikaans-Nederlandse taalvorm op 'n bewuste wyse aangewend word, uit die jaar 1861. Ons skryftaal is dus uiterlik vyftig jaar oud; en wat beteken vyftig jaar in die
|
<urn:uuid:191b7e58-6920-4181-85f4-f114d62d0079>-0
| 1 |
and discontinue all use of and all access to other copies of Project Gutenberg-tm w orks.
- You provide, in accordance w ith paragraph 1.F.3, a full refund of any money paid for a w ork or a replacement copy, if a defect in the electronic w ork is discovered and reported to you w ithin 90 days of receipt of the w ork.
- You comply w ith all other terms of this agreement for free distribution of Project Gutenberg-tm w orks.
1.E.9. If you w ish to charge a fee or distribute a Project Gutenberg-tm electronic w ork or group of w orks on different terms than are set forth in this agreement, you must obtain permission in w riting from both the Project Gutenberg Literary Archive Foundation and Michael Hart, the ow ner of the Project Gutenberg-tm trademark. Contact the Foundation as set forth in Section 3 below .
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread public domain w orks in creating the Project Gutenberg-tm collection. Despite these efforts, Project Gutenberg-tm electronic w orks, and the medium on w hich they may be stored, may contain "Defects," such as, but not limited to, incomplete, inaccurate or corrupt data, transcription errors, a copyright or other intellectual property infringement, a defective or damaged disk or other medium, a computer virus, or computer codes that damage or cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the "Right of Replacement or Refund" described in paragraph 1.F.3, the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the ow ner of the Project Gutenberg-tm trademark, and any other party distributing a Project Gutenberg-tm electronic w ork under this agreement, disclaim all liability to you for damages, costs and expenses, including legal fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE PROVIDED IN PARAGRAPH F3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a defect in this electronic w ork w ithin 90 days of receiving it, you can receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a w ritten explanation to the person you received the w ork from. If you received the w ork on a physical medium, you must return the medium w ith your w ritten explanation. The person or entity that provided you w ith the defective w ork may elect to provide a replacement copy in lieu of a refund. If you received the w ork electronically, the person or entity providing it to you may choose to give you a second opportunity to receive the w ork electronically in lieu of a refund. If the second copy is also defective, you may demand a refund in w riting w ithout further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth in paragraph 1.F.3, this w ork is provided to you 'AS-IS', WITH NO OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTIBILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied w arranties or the exclusion or limitation of certain types of damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement violates the law of the state applicable to this agreement, the agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or limitation permitted by the applicable state law . The invalidity or unenforceability of any provision of this agreement shall not void the remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the trademark ow ner, any agent or employee of the Foundation, anyone providing copies of Project Gutenberg-tm electronic w orks in accordance w ith this agreement, and any volunteers associated w ith the production, promotion and distribution of Project Gutenberg-tm electronic w orks, harmless from all liability, costs and expenses, including legal fees, that arise directly or indirectly from any of the follow ing w hich you do or cause to occur: (a) distribution of this or any Project Gutenberg-tm w ork, (b) alteration, modification, or additions or deletions to any Project Gutenberg-tm w ork, and (c) any Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg-tm
Project Gutenberg-tm is synonymous w ith the free distribution of electronic w orks in formats readable by the w idest variety of computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations from people in all w alks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers w ith the assistance they need, is critical to reaching Project Gutenberg-tm's goals and ensuring that the Project Gutenberg-tm collection w ill remain freely available for generations to come. In 2001, the Project Gutenberg Literary Archive Foundation w as created to provide a secure and permanent future for Project Gutenberg-tm and future generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see Sections 3 and 4 and the Foundation w eb page at http://w w w .pglaf.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non profit 501(c)(3) educational corporation organized under the law s of the state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal Revenue Service. The Foundation's EIN or federal tax identification number is 64-6221541. Its 501(c)(3) letter is posted at http://pglaf.org/fundraising. Contributions to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by U.S. federal law s and your state's law s.
The Foundation's principal office is located at 4557 Melan Dr. S. Fairbanks, AK, 99712., but its volunteers and employees are scattered throughout numerous locations. Its business office is located at 809 North 1500 West, Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887, email [email protected]. Email contact links and up to date contact information can be found at the Foundation's w eb site and official page at http://pglaf.org
For additional contact information: Dr. Gregory B. New by Chief Executive and Director gbnew [email protected]
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
Project Gutenberg-tm depends upon and cannot survive w ithout w ide spread public support and donations to carry out its mission of increasing the number of public domain and licensed w orks that can be freely distributed in machine readable form accessible by the w idest array of equipment including outdated equipment. Many small donations ($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt status w ith the IRS.
The Foundation is committed to complying w ith the law s regulating charities and charitable donations in all 50 states of the United States. Compliance requirements are not uniform and it takes a considerable effort, much paperw ork and many fees to meet and keep up w ith these requirements. We do not solicit donations in locations w here w e have not received w ritten confirmation of compliance. To SEND DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state visit http://pglaf.org
While w e cannot and do not solicit contributions from states w here w e have not met the solicitation requirements, w e know of no prohibition against accepting unsolicited donations from donors in such states w ho approach us w ith offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but w e cannot make any statements concerning tax treatment of donations received from outside the United States. U.S. law s alone sw amp our small staff.
Please check the Project Gutenberg Web pages for current donation methods and addresses. Donations are accepted in a number of other w ays including checks, online payments and credit card donations. To donate, please visit: http://pglaf.org/donate
Section 5. General Information About Project Gutenberg-tm electronic w orks.
Professor Michael S. Hart is the originator of the Project Gutenberg-tm concept of a library of electronic w orks that could be freely shared w ith anyone. For thirty years, he produced and distributed Project Gutenberg-tm eBooks w ith only a loose netw ork of volunteer support.
Project Gutenberg-tm eBooks are often created from several printed editions, all of w hich are confirmed as Public Domain in the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, w e do not necessarily keep eBooks in compliance w ith any particular paper edition.
Most people start at our Web site w hich has the main PG search facility:
http://w w w .gutenberg.org
This Web site includes information about Project Gutenberg-tm, including how to make donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to subscribe to our email new sletter to hear about new eBooks.
*** END: FULL LICENSE ***
|
<urn:uuid:191b7e58-6920-4181-85f4-f114d62d0079>-1
| 0 |
Broker: Makelaar:
General
Algemeen
Note: Cover may only be taken in conjunction with a domestic policy and is only available as accommodation to an entire portfolio insured by Safire
Nota: Dekking mag slegs uitgeneem word, gekoppel met 'n huishoudelike polis en is slegs beskikbaar as deel van 'n hele portefeulje verseker deur Safire
Definition: Pleasure Craft - means pleasure craft having a maximum designed speed of 43 (forty-three) knots (80 (eighty) km/h) specified in the schedule comprising the hull, superstructure, fittings, machinery, engines, motors, gear and equipment such as would normally be sold as one unit, excluding its trailer, limited to R1 000 000 (one million rand).
Omskrywing: Plesierboot – beteken 'n plesierboot wat 'n ontwerpsnelheid van hoogstens 43 (drie-en-veertig), d.w.s. 80 (tagtig) km/h het, en in die skedule gespesifiseer is as bestaande uit 'n romp, bowerk, monterings, enjins, motore, toebehore en toerusting wat gewoonlik as een eenheid verkoop sou word, met uitsluiting van die sleepwa, tot hoogstens R1 000 000 (een miljoen rand).
Insured full name:
Versekerde se volle naam:
Branch:
Tak:
Policy no: Polis nr:
Craft details
Vaartuig besonderhede
Particulars of hull
Besonderhede van romp
Particulars of motor
Besonderhede van motor
Manufacturer
Vervaardiger
Year
Jaar
Serial number
Reeksnommer
Sum insured
Versekerde bedrag
Besonderhede van sleepwa
(Die versekerde waarde vir 'n nuwe sleepwa moet vervangingswaarde wees, al die ander - die markwaarde)
*Nota: Alle sleepwaens sal onder die motor-afdeling van die polis verseker word
Year
Registration number
Sum insured
Jaar
Registrasie nommer
Coastal waters Kuswaters
Versekerde bedrag
Inland Binnelands
Yes / Ja
No / Nee
Pleasure Craft Proposal Form / Plesierboot Aansoekvorm | Page: 1 of 3
Inboard
Binneboord
Outboard 1
Buiteboord 1
Outboard 2
Buiteboord 2
Particulars of trailer
(The sum insured for new trailers must be replacement value, all others – market value) *Note: All trailers will be insured under the motor section of the policy
Make & model
Built by
Maak & model
Use of craft
Gebruik van vaartuig
If seagoing, the craft must have a current seaworthy certificate. Please provide a copy.
Indien as seevaartuig, moet dit 'n geldige seewaardigheidsertifikaat hé. Verskaf asseblief 'n afskrif.
Will the craft be used for private pleasure purposes only?
Gaan die vaartuig slegs vir plesierdoeleindes gebruik word?
If no, provide details:
Indien nie, verskaf besonderhede:
Version 201912 | Copyright © │ Safire Insurance Company Limited │ All rights reserved
Gebou deur
Pleasure Craft Proposal Form Plesierboot Aansoekvorm
Please return fully completed form to your broker Stuur asseblief voltooide vorm aan u makelaar
Has the craft been licensed?
Is die vaartuig gelisensiëer?
If so, provide boat number:
Indien wel, gee bootnommer:
Please give details of experience as owner / crew, of craft of this type:
Gee asseblief besonderhede van ondervinding as eienaar / bemanning van vaartuig van hierdie tipe:
Value of wearing apparel and personal effects (max R2 500)
Waarde van die dra van klere en ander persoonlike besittings (maksimum R2 500)
Value of fishing equipment (max R2 500)
Waarde van hengeltoerusting (maksimum R2 500)
Value of electronic accessories (max R10 000)
Waarde van elektroniese toebehore (maksimum R10 000)
What boating accidents / or casualties and / or claims have you had in the past 3 (three) years?
Het jy in die afgelope 3 (drie) jaar enige bootongelukke / ongevalle en / of eise gehad?
Have you had insurance on any craft declined?
Is u versekering op enige vaartuig geweier?
Yes / Ja
Have you had insurance on any craft cancelled?
Is u versekering op enige vaartuig gekanselleer?
Yes / Ja
Where is the craft kept when not in use?
Waar word die vaartuig gehou wanneer dit nie gebruik word nie?
*NB: The onus rests with the insured to ensure all requirements by law are adhered to at all times (licensing, registration and the like)
*NB: Die onus rus op die versekerde om te verseker dat alle vereistes volgens wet te alle tye nagekom word (lisensiëring, registrasie, ens)
Are the craft and / or motors subject to hire purchase?
Is die vaartuig en / of motors onder huurkoop?
Yes / Ja
If so, with whom?
Indien wel, met wie?
Is the skipper qualified in terms of current legislation?
Is die kaptein in terme van die huidige wetgewing gekwalifiseer?
Yes / Ja
No / Nee
No / Nee
No / Nee
No / Nee
No / Nee
Version 201912 | Copyright © │ Safire Insurance Company Limited │ All rights reserved
Pleasure Craft Proposal / Plesierboot Aansoekvorm | Page: 2 of 3
Yes / Ja
Declaration
Verklaring
I hereby declare that the above particulars and answers are true and complete in every respect, and that no material fact has been suppressed or withheld, and I undertake to exercise all ordinary and reasonable precautions for the safety of the property. I further declare that if such statements and particulars are in the writing of any person other than myself, such person shall be deemed to have been my agent for the purpose, and I agree that this declaration and the answers given above shall be the basis of the contract between myself and Safire Insurance Company Limited. I further agree to accept a policy subject to the usual conditions prescribed by Safire Insurance Company Limited and endorsed on their policy, and to pay the premium thereunder when called upon to do so.
Ek verklaar hiermee dat die bogenoemde besonderhede en antwoorde in elke opsig waar en volledig is, en dat geen wesenlike feit verdoesel of teruggehou is nie. Ek onderneem om alle moontlike en redelike voorsorg te tref vir die veiligheid van die eiendom, en verklaar verder dat indien sodanige verklarings en besonderhede in die handskrif van enige ander persoon as ek self is, die persoon geag sal word as my agent vir die doel. Ook verstaan ek dat heirdie verklaring en die antwoorde hierbo die basis van die kontrak sal wees tussen my en Safire Insurance Company Limited sal wees. Verder onderneem ek om die polis te aanvaar onderhewig aan die normale voorwaardes voorgeskryf deur Safire Insurance Company Limited en geëndosseer op die polis, en om die premie daarvoor te betaal wanneer dit versoek word.
*Signing this form does not bind the proposer to effect this insurance, but it is agreed that this form shall be the basis of the contract should a policy be issued.
*Ondertekening bind nie die aansoeker om die versekering te bewerkstellig nie, maar hierdie vorm sal die basis van die kontrak wees as die polis uitgereik word.
Date:
Datum:
Signature of proposer:
Handtekening van aansoeker:
SIGN
Safire Insurance Company Limited reserves the right to decline this insurance.
Safire Insurance Company Limited behou die reg voor om hierdie versekering af te keur.
Broker declaration
Makelaar verklaring
I acknowledge and understand that if I complete and sign this proposal form on behalf of the insured, that I am responsible for the accuracy and correctness of the information recorded herein. I declare that the information provided in this proposal form is true in every respect and as communicated to me by the insured. I confirm that it has been explained to the insured that if any part of this proposal is exaggerated, or any false declaration or statement is made, that the insured shall not be entitled to receive any benefit under the policy.
Ek erken en verstaan dat indien ek hierdie aansoekvorm voltooi en onderteken namens die versekerde, dat ek verantwoordelik is vir die korrektheid van die inligting hierin vervat. Ek verklaar dat die inligting wat in hierdie aansoekvorm vervat word in elke opsig waar is en soos aan my gekommunikeer deur die versekerde. Ek bevestig dat dit aan die versekerde verduidelik is indien enige deel van hierdie aansoek oordryf is, of enige valse / bedrieglike verklaring / inligting verskaf word ter ondersteuning, dat die versekerde enige voordeel onder die polis
|
ce1b01bb-5a21-4b2a-9b8c-8affc43a7f10-0
| 0 |
As 'n klein-, mikro- of mediumonderneming (KMMO), sal daar op een of ander stadium van jou verwag word om jou belastingklaring-inligting aan 'n ander entiteit te verskaf/bevestig/deel. Dit kan wees om vir 'n tender aansoek te doen, 'n nuwe kontrak, goeie reputasie of ten opsigte van 'n buitelandse belegging. Jou belastingklaring-inligting kan bekom word deur die belastingnakomingstatusstelsel.
**Wat is die belastingnakomingstatus-stelsel?**
Belastingnakomingstatus (TCS) het die belastingklaringstertifkaat-stelsel, wat voorheen deur SARS gebruik is, vervang.
Die nuwe TCS-stelsel stel jou in staat om 'n TCS-PIN in werkelike tyd te bekom, in plaas van 'n gedrukte belastingertifkaat.
Onthou! Jou belastingnakomingstatus is nie onbeweeglik nie, omdat dit verander inlyn met jou belastingopptrede, en dit kan 'n impak op jou sakegeleenheid hê.
**Wat het ek nodig om belastingnakomed te wees?**
Om belastingnakomed te wees, moet jy seker maak dat:
- Jy vir alle vereiste belastingsoorte geregistreer is
- Jy al jou belastingopgawes betyds indien
- Jy al jou belastingskuld betyds betaal
**Hoe om 'n TCS-PIN deur eFiling te bekom?**
Maak seker dat Adobe Flash op jou rekenaar of skoottreknaar geïnstalleer is en in werking is. Besoek www.adobe.com om dit af te laai.
1. **Teken aan op eFiling**
Indien jy nog nie 'n eFiler is nie, registreer op www.sarsefiling.co.za.
Jy moet vir eFiling geregistreer wees en een belastingsoort aktief op jou eFiling-profiel hê, om die TCS-diens te aktiveer.
2. **Aktiveer jou belastingnakomingstatus-diens**
Jy hoef slegs een keer jou belastingnakomingstatus te aktiveer, en dit sal aktief bly. Sodra jy die diens geaktiveer het, sal jy die "My Compliance Profile" op jou skerm sien.
Indien jy vir meer as een belastingsoort geregistreer is en jy het nog nie die belastingsoorte saamgevleg in een geregistreerde profiel nie, word dit aanbeveel dat jy die "Merge Entities"-funksie voltooi om 'n nakomingsprofiel van alle belastings te sien.
3. **Besigtig jou "My Compliance Profile"**
Jou nakomingstatus sal vertoon word volgens die volgende nakomingsvereistes:
- Registrasiestatus
- Indiening van opgawes
- Skuld
- Toepaslike stawende dokumente.
'n Kleur-gekodeerde profiel sal verskyn om aan te duif of jy belastingnakomed is vir elke nakomingsvereiste soos hierbo gelys.
- Groen - Jou belastingsake is in orde en jy is belastingnakomed
- Rooi - Jou belastingsake is nie in orde nie en jy is nie belastingnakomed nie.
4. **Versoek 'n PIN op eFiling**
Om 'n PIN te versoek, gaan na "My Compliance Profile":
- Kies die "Tax Compliance Status Request"-opsie
- Kies die soort TCS waarvoor jy wil aansoek doen. Jy sal die volgende opsies hê:
» Gooie reputasie
» Tender
» Buitelandse beleggingstoelaag (slegs individue)
» Emigrasie (slegs individue)
- Voltooi die "Tax Compliance Status Request" en dien dit in.
Jou PIN sal onmiddellik per SMS of e-pos uitgereik word indien jou belastingsake in orde is.
Jy kan 'n heruitreiking van jou PIN versoek onder "My Compliance Profile".
LW: 'n Unieke PIN sal uitgereik word vir elke TCS-versoek wat jy by SARS indien.
**Wat moet ek doen as my "My Compliance Profile" ROOI is?**
**Opsie 1:**
Beweeg oor die "non-compliant"-statusanduijer op eFiling vir meer inligting oor hoe om jou nakomingstatus reg te stel, en neem daarvolgens akse.
**Opsie 2:**
Indien jy nie saamstem nie en jy wil jou belastingnakomingstatus uitdaag, kies die "Challenge Status"-opsie onder aan jou "My Compliance Profile" skerm.
**Wie sal jou belastingnakomingstatus verifieer?**
Daar kan gevalle wees waar iemand ('n individu of ander maatskappy of regeringssentiteit) mag nodig hê om jou belastingnakomingstatus te verifieer vir 'n tenderaansoek, vir goeie reputasie - wat bevestig of jou belastingsake in orde is by SARS, of vir buitelandse beleggingstoelaag.
Om jou belastingnakomingstatus op eFiling te verifieer, sal die persoon of entiteit jou belastingverwysingsnommer en PIN nodig hê. Besoek www.sars.gov.za vir die proses om 'n TCS-PIN te verifieer.
**VRYWARING**
Die inligting in hierdie blaadjie vervat, is slegs as riglyne bedoel en word nie as regsverwyzing geag nie, dit is ook nie 'n bindende regli nie. Die inligting neem nie die plek van wetgewing in nie en lesers wat twyfel oor enige aspek van die inligting in hierdie blaadjie vertoon, moet na die toepaslike wetgewing verwys, of 'n formele opinie versoek van 'n geskikte gekwalifiseerde individu. Vir meer inligting kan jy:
- Die SARS-webuitste besoek www.sars.gov.za
- Jou geregistreerde belastingpraktisy kontak
- Die SARS Nasionale Kontaksentrum kontak – indien plaaslik, by 0800 00 7277; of indien jy van oorsée skakel, by +27 11 602 2093 (slegs tussen 8:00 en 16:00 Suid-Afrikaanse
|
7b58e226-08ce-4756-bebe-0cec775a1b55-0
| 0 |
Original Research
Wat is reformatoriese teologie?: Nadenke na aanleiding van 'n kerklike beswaarskrif
Author:
Ignatius W.C. van Wyk 1
What is Reformational theology?: Thoughts on a petition of protest
Affiliation:
1Africa Institute for Missiology, Reformed Theological College, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: Natie van Wyk
Email:
[email protected]
Postal address:
PO Box 32186, Waverley 0135, South Africa
Dates:
Received: 29 July 2011 Accepted: 09 Aug. 2011 Published: 04 Nov. 2011
How to cite this article: Van Wyk, I.W.C., 2011, 'Wat is reformatoriese teologie?: Nadenke na aanleiding van 'n kerklike beswaarskrif', HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 67(3), Art. #1156, 11 pages. http:// dx.doi.org/10.4102/hts. v67i3.1156
© 2011. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.
The Netherdutch Reformed Church of Africa (NRCA) has been associated with apartheid for decades. In 2010 the NHKA decided to withdraw its theological legitimisation of apartheid. This decision caused conflict and strife within the church. This article deals with the theological arguments of the opponents of Decision 54 of the General Church Assembly of 2010. It argues that the defenders of apartheid deviate from the Reformational theology on central issues. Special attention is given to the doctrines of justification and the imago Dei. Christian freedom and ethical responsibility also receive attention.
Inleiding
Die geskiedenis van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) hang ten nouste saam met die vryheidstrewe van die Afrikaner (Van Wyk 1994a, 1994b) en die beleid van apartheid (Van Wyk 1978; NHKA 1985, 1990). Gedurende die laaste dekades het ekklesiologie en missiologie in die NHKA hand aan hand met onder meer die volgende gedagtes geloop: onafhanklikheid, selfstandigheid, eie identiteit, selfverwesenliking, geen vermenging en afsonderlikheid (vgl. Van Wyk 1985). Die teologiese gevolg was dat staat, party(e), volk en kerk moeilik onderskei kon word. Die noue band tussen Kerk en volk het uitdrukking gevind in die gedagte van die 'volkskerk' (red. Botha 1989; Van der Westhuizen 1981). Die gebrek aan onderskeidingsvermoë is egter nie net beperk tot die ekklesiologie nie, maar deurtrek die teologiebeoefening van diegene wat hulle enduit vir die apartheidsideaal beywer. Hierdie benadering het aanleiding gegee tot twee fundamentele teologiese probleme, naamlik die verknogtheid van die teologie aan 'n ideologie en die onvermoë om aan die Reformatoriese onderskeidings van geloof en werke, regverdiging en heiliging, dogmatiek en etiek, en belydenis en utopie reg te laat geskied. Hierdie twee teologiese dwalings het die gevolg gehad dat Besluit 54 van die 69ste Algemene Kerkvergadering 1 tot sodanige protes gelei het dat 'n buitengewone Algemene Kerkvergadering op 04 en 05 Oktober 2011 byeengeroep moes word. Die protes van 'n minderheidsgroepering in die NHKA het uitgemond in hulle 'Beswaarskrif'(2010). (Vervolgens word gewoon na 'Beswaarskrif' verwys en na die opstellers hiervan as 'Beswaardes'. Vir inligting oor die Kommissie van die AKV se hantering van die saak kyk Beukes [2011]; kennisgewing en konsepagenda in Die Hervormer [2011c]; en die redes vir die AKV in Die Hervormer [2011d]).
Hierdie artikel is 'n kort kursus oor die teologiese vertrekpunte in die Reformatoriese teologie. Die teologiese standpunte van Luther en Calvyn hieronder aangebied sal dit duidelik laat blyk dat die 'Beswaardes' nie daarop aanspraak kan maak om geloofwaardige verdedigers van die Reformatoriese leer te wees nie. Met 'Beswaardes' word bedoel die opstellers en ondertekenaars van die beswaar teen Besluit 54 asook die simpatiserende briefskrywers. Ek fokus op die teologieverstaan agter hulle beswaar. Hulle beskuldig die Kerk van kettery, maar hulle eie teologie getuig van 'n afwyking van die sentrale motiewe van die hoofstroom van Reformatoriese denke.
Die artikel is nie 'n poging om die redes vir Besluit 54, soos deur die 'vyf dosente' voorgedra, te verdedig nie. 'n Besluit van 'n Algemene Kerkvergadering word nie nét of hoofsaaklik op grond van 'n voorstel in die agenda geneem nie, maar op grond van die aanloop van die saak en die bespreking tydens die vergadering. Die teologie van die 'vyf dosente' wat die motiveringsgedeelte van die voorstel geskryf het is na my mening irrelevant aangesien die besluit die Kerk se besluit is. Die artikel wil eerder op die groter probleem, naamlik die basiese argumentasiestruktuur
1.Die 69ste Algemene Kerkvergadering maak in die lig van die 68ste Algemene Kerkvergadering se besluit dat dit verkeerd was om 'n bepaalde regeringsbeleid (apartheid) goed te praat, onomwonde die uitspraak dat apartheid nie teologies geregverdig kan word nie. Die Kerk verwerp sy goedkeuring van apartheid omdat dit (1) in stryd is met die evangelie van Jesus Christus, (2) gebaseer is op die idee van onderlinge onversoenlikheid, (3) onreg sanksioneer en (4) die beeld van God in mense aantas. Die vergadering beklemtoon die Bybels-teologiese aard van hierdie verklaring. Motivering: Ons ken geen ander evangelie nie as die evangelie van God se liefde in Christus wat van ons eis om met ander deernis te hê soos God met ons deernis het. Daarom kan ons die apartheidsisteem in kerk en samelewing nie anders as inherent mensonterend sien nie. Terwyl die aantasting van menswaardigheid op geen manier Bybels, teologies of moreel geregverdig kan word nie, dring die evangelie sowel mense wat deur onregverdige strukture bevoordeel is as dié wat nie bevoordeel is nie, om sulke regverdigingspogings te weerstaan (NHKA 2010:108–109).
van die Beswaarskrif konsentreer. Die argument kom op die volgende neer: Die aanhangers van apartheid is in ooreenstemming met die regte Reformatoriese leer terwyl diegene wat apartheid verwerp 'n leerdwaling begaan. Die loskoppeling van die Hervormde Kerk van apartheid is rewolusionêr en kan verklaar word met die feit dat die Kerk die 'bevrydingsteologie', die 'teologie van die revolusie' en die 'Belhar Belydenis' (Beeld 04 Junie 2011a:3, 08 Junie 2011b:4) omarm het. Die Beswaardes verwag van die Kerk om die 'regte Reformatoriese leer', soos dit in die verlede in die NHKA geleer is, te bly handhaaf – en daarmee saam die sosiaal-etiese oordeel wat daarmee gepaard gegaan het. Die Beswaardes het dan ook reeds laat blyk dat hulle bereid is om finansiële afpersing en hofdreigemente in te span om die Kerk te dwing om húlle etiese oordele oor sosiaal-politieke aangeleenthede te aanvaar (kyk Beukes 2011; Beeld 04 Junie 2011a:3, 08 Junie 2011b:4). Juis hierdie hanteer van sake wys dat daar agter die Beswaarskrif 'n onreformatoriese teologie lê wat gedy op gewetensdwang en die onvermoë om tussen dogmatiek en etiek te onderskei.
Die artikel wil ook die samehang tussen geloof en werke, regverdiging en liefde, en antropologie en sosiale etiek beredeneer. Die Reformatoriese dissonansie van die Beswaardes kom
|
<urn:uuid:74ceef71-605a-4c65-b76f-94582a0629de>-0
| 1 |
Neue Folge. Bd 1.)
Kuropka, N., 2010, Melanchthon, Mohr, Tübingen. (UTB Profile.)
Luther, M 1520a, Von der Freiheit eines Christenmenschen, in WA 7, 20−38.
Luther, M 1520b, Tractatus de libertate christiana, in WA 7, 39−57.
Luther, M., 1883vv, Luthers Werke: Kritische Gesamtausgabe, 67 Vol, Weimarer
Ausgabe = WA
Luther, M., 1883vv, Luthers Werke: Kritische Gesamtausgabe: Tischreden, 6 Vol, Weimarer Ausgabe = WA Tr.
MacCulloch, D., 2009, Christianity: The first three thousand years, Viking (Penguin Group), New York, NY.
Melanchthon, P., [1553] 2010, 'Gottes Bild im Menschen: Zerstörung und Wiederherstellung (Liber de anima)', in Glaube und Bildung: Texte zum christlichen Humanismus, pp. 80−89, Hg v G. Schmidt, Reclam, Stuttgart.
Moltmann, J., 1999, 'Theologia Reformata et semper reformanda', in D. Willis & M. Welker (eds.), Toward the future of Reformed Theology: Tasks, Topics, Traditions, pp. 120−135, Eerdmans, Grand Rapids, MI.
Moltmann, J., 2010, Ethik der Hoffnung, Gütersloher Verlagshaus, Gütersloh.
Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, 1973, Herderlike Skrywe van die Algemene kerkvergadering, in D.J.C. van Wyk (red.), 1978, Stemme uit die verlede 1: Volkereverhoudings in Suid-Afrika, pp. 258−272, HAUM, Pretoria.
Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, 1985, Kerk en Wêreld 2000, KITAL, Pretoria.
Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, 1990, Kerk en Politiek: Herderlike Skrywe, uitgestuur deur die Kommissie van die AKV, KITAL, Pretoria.
Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, 2010, 'Besluitebundel', 69ste Algemene Kerkvergadering vanaf Sondag 26 September 2010.
Nordholt, H-H. (zus), 1983, Apartheid und Reformierte Kirche: Dokumente eines Konflikts, Neukirchener Verlag, Neukirchen-Vluyn.
Nyomi, S., 2010, 'Der Reformierte Weltbund und das Erbe Calvins', in M. Weinrich & U. Möller (Hrsg.), Calvin heute: Impulse der reformierten Theologie für die Zukunft der Kirche, 2. Aufl., pp. 119−130, Neukirchener Verlag, Neukirchen-Vluyn. Beswaarskrif, 2010, Vergadering,Gereformeerde Kerk, Meyerspark, Pretoria, 13 November 2010.
Opitz, P., [2009] 2010, 'Calvins Interpretation der Kirche als "Gemeinschaft der Heiligen" als 'Herausforderung und Chance für "reformierte" Kirchen der Gegenwart', in M. Weinrich & U. Möller (Hrsg.), Calvin heute: Impulse der reformierten Theologie für die Zukunft der Kirche, 2. Aufl., pp.225−242, Neukirchener Verlag, NeukirchenVluyn.
Pannenberg, W., 1991, Systematische Theologie: Band 2.,Vandenhoeck, Göttingen.
Pannenberg, W., 1996, Grundlagen der Ethik: Philosophisch-theologische Perspektiven, Vandenhoeck, Göttingen. (Kleine Vandenhoeck-Reihe 1577.)
Pannenberg, W., [1978] 2004a, 'Christliche Rechtsbegründung', in
Beiträge zur Ethik, pp.
38−54, Vandenhoeck, Göttingen.
Pannenberg, W., [1992] 2004b, 'Leben in Gerechtigkeit', in Beiträge zur Ethik, pp. 202−212, Vandenhoeck, Göttingen.
Peters, A., 1979, Der Mensch, Mohn, Gütersloh. 'Redes waarom die Kommissie van die AKV besluit het om 'n buitengewone sitting van die AKV te hou', Die Hervormer, Augustus, 2011d, p. 4.
Sauter, G., 1982, Was heißt nach Sinn fragen?: Eine theologisch-philosophische Orientierung, Kaiser, München.
Sauter, G., 1986, '"Freiheit" als theologische und politische Kategorie', in Bekenntnis, Widerstand, Martyrium, Hrsg v G. Besier und G. Ringhausen, pp. 148−165, Vandenhoeck, Göttingen.
Sauter, G., 2011, Das verborgene Leben: Eine theologische Anthropologie, Gütersloher Verlagshaus, Gütersloh.
Selderhuis, H. (Hrsg.), 2008, Calvin Handbuch, Mohr, Tübingen.
Smit, D., 2010, 'Eigenliebe – Calvin und Calvinismus als Fundament sozialen Lebens', in M. Weinrich & U. Möller (Hrsg.), Calvin heute: Impulse der reformierten Theologie für die Zukunft der Kirche, 2. Aufl., pp. 187−211, Neukirchener Verlag, NeukirchenVluyn.
Van den Berg, V., 2011, 'Die Kerk se besluit oor apartheid', Die Hervormer, Augustus, p. 6.
Van der Westhuizen, H.G., 1981, Volkskerk en sending, HAUM, Pretoria.
Van Wyk, D.J.C., 1985, Artikel III van die Kerkwet van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika: 'n Verantwoording, KITAL, Pretoria.
Van Wyk, I.W.C., 1994a, 'Nog steeds geslote eredienste? Deel 1', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 50(3), 755−779.
Van Wyk, I.W.C., 1994b, 'Nog steeds geslote eredienste? Deel II', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 50(4), 1070−1093.
Van Wyk, I.W.C., 1996, 'Het die kerk 'n politieke verantwoordelikheid: Oor die noodwendigheid en grense van die "twee-ryke-leer"', HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 52(4), 765−799.
Van Wyk, I.W.C., 2007, '"God and the gods": Faith and human-made idols in the theology of Karl Barth', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 63(4), 1587−1612.
Van Wyk, I.W.C. 2010, 'Calvin, Luther and church unity', In die Skriflig 44, suppl. 3, 215−231.
Van Wyk, J.H., 1993, 'Homo Dei: 'n Prinsipiële besinning oor enkele mensbeskouings, waaronder dié van Calvyn', In die Skriflig 27, suppl. 1.
Vroom, H., 2009, '"Meaning" as a replacement for "justification"', in M. Weinrich & J. Burgess (eds.), What is justification about? Reformed contributions to an ecumenical theme, pp. 248−261, Eerdmans, Grand Rapids, MI.
Weinrich, M., 2010, 'Unbequeme, weil konsequente Theologie: Johannes Calvin und Karl Barth', in M. Weinrich & U. Möller (Hrsg.), Calvin heute: Impulse der reformierten Theologie für die Zukunft der Kirche, 2. Aufl., pp. 79−95, Neukirchener Verlag, Neukirchen-Vluyn.
Welker, M., 2010, 'Calvins Lehre vom "bürgerlichen Regiment" Ihre Orientierungskraft in Pluralismus und Globalisierung', in M. Weinrich & U. Möller (Hrsg.), Calvin heute: Impulse der reformierten Theologie für die Zukunft der Kirche, 2. Aufl., pp. 243−252, Neukirchener Verlag, Neukirchen-Vluyn.
Wolf, E., 1975, 'Das Problem der "Imago Dei"', in Sozialethik: Theologische Grundfragen, pp. 27−43, Vandenhoeck, Göttingen.
|
<urn:uuid:74ceef71-605a-4c65-b76f-94582a0629de>-1
| 1 |
Ds. A. W. C. Bester Vredendal-Wes 3 Oktober 1976
Onderwerp:
Opvoeding van kinders Doopdiens
Lees:
Deuteronómium 6 verse 1 tot 12
Teks:
Deuteronómium 6 verse 6 en 7
Sing:
Psalm 48 verse 4 Psalm 119 vers 39 Gesang 94 verse 1 en 4
"Die wêreld en veral lande in die Westerse wêreld sit met ʼn jeugprobleem, met jonglewens wat ontspoor en verval het. Waaraan is dit te wyte? Is dit ʼn jeugprobleem? Of is dit in die eerte plek ʼn ouerprobleem en nog meer so, ʼn geloofskrisis? Hierdie verwilderde jongmense is maar net ʼn simptoom van ʼn dieper liggende nood en gebrek. Is dit nie omdat ouers en kinders van God losgeraak het en omdat die ware Christelike opvoeding ontbreek nie?
"Êrens in ʼn gevangenis is ʼn jongeling aan wie die misdaad van sy ouers besoek is. En êrens is daar ʼn gevalle dogter wat nie die pad van die lewe aan die hand van haar moeder gevind het nie. Die Woord van God sê: '… die HERE jou God, is ʼn jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat'. (Ex 20:5) Die verskriklikste wat ʼn mens seker ooit in die lewe kan hoor, is ʼn kind wat sy ouers verwens omdat hulle, hul Christelike plig teenoor daardie kind versuim het.
"Natuurlik is daar kinders wat verkeerd geloop en wat die pad na die vêrland van sonde gevat het, ten spyte van die vermaning, lering en gebede van ouers. Maar hoeveel het nie hierdie pad gevat omdat die ouers hulle nooit die pad na Jesus Christus gewys het nie?
"Broers en Susters, die herstel van hierdie situasie is lewensnoodsaaklik. Hoor wat sê God van die Christelike opvoeding: 'En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek'. (Deut 6: 6,7)
"Die geloof van die ouers is die basis van die Christelike opvoeding. Manóag het voor die geboorte
van Simson vir die Engel van God gevra: 'As u woorde nou uitkom, wat moet die leefwyse en die werk van die seun wees?' Toe het die Engel hom geantwoord: 'Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem.' (Rig 13:12,13) Dit was nie Simson se leefwyse en werk wat getel het nie, maar sy moeder s'n.
"Die geloof van die ouer is die fondament van die kind se lewe en werke. Soos die kind in die verborge diepte van die moederskoot van sy ouers lewensbloed en geaardheid ontvang, so is die geloof in die hart van die vader en moeder vir die kind van allergrootste belang. Daarom sê God aan die ouer, vóórdat Hy oor die onderrig van kinders praat: 'En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees'. (Deut 6:6)
"Die woorde wat aan die kinders oorgedra word, of dit nou lering, vermaning of bestraffing is, moet God se Woord wees. Hierdie woorde moet deur die hart van die ouer na die kind vloei.
"Godsdiens moet ook nie vir die ouers ʼn oppervlakkigheid wees wat vir hulle geen betekenis het nie. Nee, die godsdiensonderrig wat die kind ontvang, moet in die lewens van die ouers gesien word. Die woord wat by die kind gewig sal dra, is die getuienis van die ouer se lewe en dade. Een ding is duidelik. Geen mens kan aan ʼn ander gee wat hy self nie het nie.
"Kinders het ʼn fyn aanvoeling. Hulle weet of hulle vader en moeder God werklik liefhet. Daarom sê die Here die liefde moet in jou hart wees.
"Broers en Susters, daarom begin die plegtigheid van die Doop met die geloofsbelydenis van die ouer. Die ouer moet sy saak met God uitmaak, vóórdat hy met die opvoeding van sy kind begin. Die ouer se verhouding met God moet reg wees. Eers wanneer die liefde vir God in hulle harte leef, sal hulle waardige lewende woorde vir hulle kinders wees.
"Daarom moet ons voordat ons van jeugprobleme en afwykings praat, eers diep in ons eie harte kyk. Ons moet die saak hier met God uitmaak. Daar moet in ons eie hart plek wees vir God. Ons eie hart moet oopgaan vir sy Woord en liefde, anders sal ons voor Hom skuldig staan.
"As ons vooruit kyk na die dag van oordeel, durf geen mens die verantwoordelikheid van ouerskap te aanvaar, voordat hy of sy God nie self ken en vrees nie. ʼn Mens kan nie die kind in die vrese van God onderrig as jy nie self ʼn kind van God is nie.
"Verantwoordelikheid en om verantwoording voor God te doen, is twee begrippe wat ouers nooit mag vergeet nie.
"God leer ons hoe ons, ons kinders moet leer. Hy alleen weet, want Hy gee die lewe en Hy ken die mag van die Bose. Wat meer is, Hy ken die siel van elke kind. Die Here sê: '… jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.' (Deut 6:7) Die rede hiervoor is dat die opvoedingstaak ʼn voltydse werk is en ons durf dit nie maar net so nou en dan doen nie.
"Ons kinders is immers in sonde ontvang en gebore. Hulle is nie alleen swaar belaai met dit wat hulle van hulle ouers geërf het nie, maar in hulle lewe woel die sonde en die dood om heerskappy oor hulle te kry. Daarom is ʼn enkele woord nie genoeg nie.
"Die geloof word in die kind se hart gevestig deur herhaling. Soos ʼn harde klip alleen gebreek word deur aanhoudend daarop te hamer, sal die Woord van God alleen die harde hart vernuwe as dit daagliks ingeskerp word.
"Die ouer moet ten alle tye konsekwent wees. Jou vakansie-lewe en onderrig moet nie anders wees as jou gewone lewe by die huis nie. God se Woord moet ten alle tye die norm in jou lewe wees. Elke dag, waar jy ook al is, moet jy die HERE dien.
"Die Woord van God moet alleen deur liefde ingeskerp word en ook deur ware gemeenskap met God. Godsdiens moet nooit ʼn lat wees waarmee stout kinders geslaan word nie.
"Ouers kan die Woorde alleen inskerp as dit deur die genadige werking van God in hul eie harte is. Ouer en kind moet God saam dien. Só sink die Woord van God in die harte in.
"As die Woord van God in die hart van die ouer is en ingeskerp word in die lewe van die kinders, dra die lewe die allermooiste vrugte.
"Die kind sal nie die verwaande niksnut word nie. Hy sal nie ʼn jammerlike swakkeling wees nie. Nee, die kind in wie se lewe die Woord van God ingeskerp word, sal God verheerlik.
"Hy sal God roepingsbewus dien en die eienskappe wat God in hom gelê het, sal wonderlik ontwikkel. Jesus Christus sal in hom gestalte kry en die beeld van God sal dag na dag in hom vernuwe word.
"Hy sal nie die pad byster raak nie. Nee, die Here sê hy sal geen ander vreemde gode volg nie en by geen
ander naam sweer nie. Hy sal doen wat reg en goed is in die oë van die HERE.
"Vra maar aan die ontspoordes hoe hulle op die pad van verbreking en die dood gekom het. U sal hoor dat hulle nie weet wat goed of kwaad is nie. Hulle het die maatstaf verloor.
"Stel maar ondersoek in na dié wat so in die moeras van die lewe vasgeval het. Hulle is dikwels nie nét verlore seuns en dogters nie, maar die kinders van verlore seuns en dogters.
"Waar God die ouer se God is, sal God ook die kind se God wees. En aan die hand van
|
dcdcda18-1f3d-476c-a465-7ef853f687d8-0
| 1 |
Ekklesiologie en Etiek: Die werk van Etienne de Villiers in die lig van die ekumeniese diskussie oor ekklesiologie en etiek
Author:
Conrad Wethmar 1
Affiliation:
1Department of Dogmatics and Christian Ethics, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to:
Conrad Wethmar
Email:
[email protected]
Ecclesiology and Ethics: Etienne de Villiers' work in the light of ecumenical discussions on ecclesiology and ethics. In honouring Etienne de Villiers, this article discusses the latter's contribution to a deepening of the notions of church and ethics, as well as the mutual relationship between these notions in the South African context. De Villiers' work in this regard is compared with that which has been done by the World Council of Churches (WCC). The article therefore highlights the manner in which De Villiers, in line with the WCC, analysed the moral deformation, but also the transformation and formation in which especially the Dutch Reformed Church was involved in in South Africa since the middle of the 20th century. Although De Villiers mainly works in the field of Christian ethics, it is clear that the latent ecclesiological views to which his ethical contributions are related, would also, to a considerable extent, be in line with those that have been and are being developed by the WCC.
Postal address:
Private Bag X20, Hatfield, Pretoria 0028, South Africa
Dates:
Received: 30 July 2012
Accepted: 19 Sept. 2012
Published: 06 Dec. 2012
How to cite this article:
Wethmar, C., 2012, 'Ekklesiologie en Etiek: Die werk van Etienne de Villiers in die lig van die ekumeniese diskussie oor ekklesiologie en etiek', Verbum et Ecclesia 33(2), Art. #772, 5 pages. http://dx.doi.org/10.4102/ ve.v33i2.772
© 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.
Inleiding
Maurice Wiles (2001) het enkele jare gelede beklemtoon dat vriendskap nie net vir die persoonlike sfeer belangrik is nie, maar dat dit ook akademies vrugbaar kan wees toe hy een van sy laaste boeke gepubliseer het met die titel A shared search. Doing theology in conversation with one's friends. Hoe belangrik vriendskap vir die teologie kan wees, kan maklik aan die hand van enkele verwysings na klassieke voorbeelde uit die verlede bevestig word. Die vriendskap van Gregorius van Nazianzus met Basilius van Caesarea sou 'n voorbeeld kon wees. 'n Voorbeeld nader aan ons tyd is dié van Karl Barth met Eduard Thurneysen.
Gelukkig is teologiese vriendskappe egter nie beperk tot klassieke gestaltes uit die geskiedenis nie. Almal van ons kan getuig dat vriendskap 'n veilige oord bied waarin onryp en voorlopige gedagtes tot groter helderheid gebring of van onbesonnenheid bewaar kan word. Ek is bevoorreg om al vir 47 jaar so 'n vriendskap met Etienne de Villiers te deel - 'n vriendskap wat nie net op 'n persoonlike vlak nie, maar ook op 'n akademiese vlak vir my besonder baie beteken.
Die beste manier om uitdrukking te gee aan 'n akademiese vriendskap, is om met die werk van die betrokke persoon in gesprek te tree. Die tema aan die hand waarvan ek hierdie artikel doen, is 'Ekklesiologie en Etiek. Die werk van Etienne de Villiers in die lig van die ekumeniese diskussie oor ekklesiologie etiek'.
Kerk en morele deformasie
Wanneer 'n mens De Villiers se publikasies bestudeer, is dit opvallend hoe dikwels hy etiese temas behandel met die oog op die verantwoordelikheid wat die kerk, spesifiek die Nederduits Gereformeerde (NG) Kerk, in die betrokke verband het. Titels soos die volgende kom voor: 'Die NG Kerk en die nuwe situasie in die samelewing', 'Die NG Kerk en die oorgang na 'n nuwe SuidAfrika', 'Die morele genesing van die Suid-Afrikaanse samelewing: die bydrae van die Afrikaanse kerke' en 'Kan die NG Kerk nog 'n konstruktiewe rol in die Suid-Afrikaanse samelewing speel?'. De Villiers se werk kan in hierdie opsig byna in etiese perspektief as kontemporêre Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis gelees word. Hierdie werk kan oorsigtelik in herinnering geroep word deur van die begrip morele formasie, wat in die meer onlangse ekumeniese diskussie oor die verhouding tussen ekklesiologie en etiek as rigtinggewend na vore getree het, as indelingsbeginsel gebruik te maak. (Forrester 1997:76–95). 'n Mens sou dan Etienne de Villiers se bydrae ten opsigte van die kerk se rol in die hedendaagse moraliteitsvorming aan die hand van drie gesigspunte kon bespreek, naamlik, (1) kerk en morele deformasie, (2) kerk en morele transformasie en (3) kerk en morele formasie.
Met hierdie benadering is ook reeds 'n aanduiding gegee van die wyse waarop die betekenis en belang van De Villiers se werk in die lig gestel kan word. 'n Mens kan sy werk vergelyk met die wyse waarop die verhouding tussen ekklesiologie en etiek in die gestalte en werk van
die Wêreldraad van Kerke neerslag gevind het. Die bepaling van die verhouding tussen ekklesiologie en etiek is nie net 'n toevallige tema in die Wêreldraad se werk nie. 'n Mens sou selfs kon sê dat die Wêreldraad sy ontstaan en bestaan te danke het aan die noodsaak om aan die verband tussen ekklesiologie en etiek, soos dit onderskeidelik in die Faith and Order en Life and Work tradisies behartig word, uitdrukking te gee.
Om De Villiers se werk met dié van die Wêreldraad in terme van morele formasie te vergelyk, is voor die handliggend omdat die eerste gesigspunt, waaronder die verhouding tussen ekklesiologie en etiek in sy werk ter sprake kom, die deformasie is wat vanaf die 1960's in ekumeniese kringe gekonstateer is ten opsigte van die NG Kerk se morele impak op die Suid-Afrikaanse samelewing. Gedurende 1985 het De Villiers, naamlik as Von Humboldt-stipendiaat, 'n uitvoerige navorsingsprojek gewy aan die kritiek uit die ekumene op die NG Kerk se betrokkenheid by apartheid (De Villiers 1986, 1989). Hy het in hierdie verband veral op die volgende gesigspunte gewys.
Eerstens word daar gekritiseer dat die NG Kerk hom te veel met die belange van een bepaalde volk vereenselwig en sodoende kerkwees verstaan as die godsdienstige aspek van 'n bepaalde groep. Dit dien dan as motivering om die belange van dié betrokke groep ten koste van die van ander groepe te verskans en te bevorder. Dit lei nie net daartoe dat die Bybelse gebod van geregtigheid in die gedrang kom nie, maar ook dat die koinonia of gemeenskap wat alle Christene kragtens hulle verbondenheid aan Christus met mekaar het, nie tot sy reg kom nie (De Villiers 1989:157–160).
Tweedens word daar uit die Wêreldraad-geledere daarop gewys dat daar 'n moreel deformatiewe invloed van die NG Kerk uitgaan omdat hierdie kerk sy profetiese roeping versaak deur te weier om fundamentele kritiek teen 'n onaanvaarbare politieke bestel te lewer. Met hierdie deformatiewe ontwikkeling hang saam dat gebrekkige solidariteit betoon word met slagoffers van apartheid en dat onverdraagsaamheid voorkom teen diegene uit eie geledere wat krities staan teenoor hierdie beleid (De Villiers 1986:155).
'n Derde gesigspunt is die feit dat 'n verabsolutering van rasgeskeidenheid daartoe gelei het dat die sigbare uitlewing van die eenheid van die kerk benadeel is. Hierdie gegewe vind uitdrukking in 'n streng beleid van afsonderlike kerke vir afsonderlike bevolkingsgroepe, 'n gebrekkige gemeenskapsbelewing tussen sogenaamde moeder- en dogterkerke, asook 'n afweer van ekumeniese gemeenskapsverhoudinge (De Villiers 1986:163).
|
<urn:uuid:bb67164e-61bc-47d6-ba77-a1cfb3519500>-0
| 1 |
om vrede te bevorder. In die destydse Suid-Afrika het De Villiers beklemtoon dat Christene die strydende partye moet probeer oortuig dat die oorwinning oor vyandskap 'n veel beter weg tot die verwesenliking van die ideaal van 'n gemeenskaplike vrede is as die oorwinning oor die vyand.
Vrede is op die lang duur slegs moontlik as dit tot voordeel van al die inwoners van die land is. Een van die dringendste voorwaardes vir vrede, 20 jaar gelede en nogsteeds, is die noodsaak om die dramatiese armoedevraagstuk en die probleem van die groot ekonomiese ongelykheid effektief te hanteer. De Villiers het telkens beklemtoon dat die kerk, en met name die NG Kerk, 'n belangrike rol hierin kan speel deur enersyds sy lidmate daarvoor te motiveer en andersyds op allerlei praktiese maniere daarby betrokke te raak (De Villiers 2000:440–455).
De Villiers het egter nie net die kerk opgeroep om 'n morele transformasierol te vervul nie, maar ook om betrokke te raak in die bied van morele oriëntasie. Dit is naamlik bekend dat samelewings wat ingrypende veranderinge deurmaak in 'n morele vakuum teregkom. Dit is begryplik dat dit sedert die politieke herskikking ook in Suid-Afrika sou gebeur. De Villiers het die agtergrond van die morele krisis in Suid-Afrika in verskillende publikasies ontleed en gewys op veroorsakende faktore, soos die geweldskultuur en morele afstomping wat met militêre konflik gepaard gaan, ekonomiese wanbalanse in die samelewing en die deurbraak van die sekularisasieproses in Suid-Afrika nadat die isolasie wat deur die vorige politieke bedeling teweeggebring was, beëindig is (De Villiers 1999, 2000).
'n Belangrike aksent in De Villiers se werk is dat hy eweneens in verskillende publikasies klem gelê het op die bydrae wat ook die Afrikaanse kerke kan lewer tot die morele genesing van die samelewing. In hierdie verband wys hy in die eerste plek daarop dat dit van belang is dat die kerke, sover dit in hul vermoë is, meewerk om die omstandighede wat tot die morele krisis aanleiding gee, uit die weg te ruim. Verder is dit nodig dat hulle op die gebruiklik kerklike wyse (deur erediens, sakramentsbediening en kategese) tot die morele vorming van hul lidmate bydra. Dit is veral belangrik dat lidmate begelei word om die vaardigheid van selfstandige, morele besluitneming te ontwikkel en dat evangeliese waardes in gesinne aan jong mense oorgedra word. De Villiers het in verskillende verbande beklemtoon dat die onkritiese oorname van die materialistiese waardes van die vryemarkekonomie teengegaan moet word.
Van tyd tot tyd sluit De Villiers by kollega-etici aan met die suggestie dat die morele oriëntasie wat die kerk bied, beskryf kan word aan die hand van Christus se drie ampte. So dui
hy, byvoorbeeld, daarop dat die erediens by geleentheid so ingeklee behoort te word dat lidmate wat traumatiese ervaringe in die arbeidswêreld beleef, die vertroostende en genesende genade van God kan ervaar. Terselftertyd moet hulle egter ook toegerus word om as konings te oorwin oor die sonde en die negatiwiteit in die werksplek, en as profete by te dra tot die transformasie van immorele arbeidspraktyke (De Villiers 2004:915–917).
Slotsom
Wanneer ons dit alles op ons laat inwerk, kan die konklusie nie anders wees nie as dat Etienne De Villiers, in lyn met tendense in die breë ekumeniese wêreld, 'n besondere bydrae gelewer het tot die verruiming van die moraliteitsen kerkbegrip in die Suid-Afrikaanse konteks, asook tot die belangrike verantwoordelikheid om die komplekse verband tussen hierdie twee begrippe te verhelder. Alhoewel hy nog nie 'n omvattende en sistematiese ekklesiologie uitgewerk het nie, toon sy werk dat so 'n ekklesiologie sterk aansluiting sal vind by tendense wat in die breë ekumeniese beweging aangetref word.
Acknowledgements
Competing interests
Die outeur verklaar hiermee dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beinvloed in die skryf van hierdie artikel.
Literatuurverwysings,
Best, T.F., 1990, Faith and Order 1985–1989: The commission meeting at Budapest WCC, Geneva.
Best, T.F. & Robra, M., 1997, Ecclesiology and Ethics. Ecumenical ethical engagement, moral formation and the nature of the church, WCC, Geneva.
Brinkman, M.E., 1995, Progress in unity?, Peeters, Louvain.
De Villiers, D.E., 1986, 'Kritiek uit die ekumene', in J. Kinghorn (red.), Die NG Kerk en apartheid, pp. 144–164, Macmillan, Johannesburg.
De Villiers, D.E., 1988, 'Die evangelie van vrede en vrede in Suid-Afrika', in C.J. Wethmar & C.J.A. Vos (reds.), 'n Woord op sy tyd (F.S.J.A. Heyns), pp. 9–22, NG Kerkboekhandel, Pretoria.
De Villiers, D.E., 1989, 'Tussen simpatie en veroordeling', in P.F. Theron & J. Kinghorn (reds.), Koninkryk, kerk en kosmos (F.S.W.D Jonker), pp. 144–163, Pro Christo Publikasies, Bloemfontein.
De Villiers, D.E., 1995, 'Die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die nuwe situasie in die samelewing', Ned Geref Teologiese Tydskrif 36(4), 558–569.
De Villiers, D.E., 1999, 'Die NG Kerk en die oorgang na 'n nuwe Suid-Afrika', Verbum et Ecclesia 20(1), 15–38.
De Villiers, D.E., 2000, 'Die morele genesing van die Suid-Afrikaanse samelewing: die bydrae van die Afrikaanse kerke', Hervormde Teologiese Studies 56(2–3), 440–455.
De Villiers, D.E., 2004, 'Durf ons nog preek dat werk 'n roeping van God is?', HTS Teologiese Studies 60(3), 901–918.
De Villiers, D.E., 2008, 'Kan die NG Kerk nog 'n konstruktiewe rol in die Suid-Afrikaanse samelewing speel?', Verbum et Ecclesia 29(2), 368–386.
De Villiers, D.E., 2010, 'The public role of churches in present democratic South Africa', in J.D. Gort, H. Jansen & W. Stoker (eds.), Crossroad discourses between Christianity and culture, pp. 197–214, Rodopi, Amsterdam.
Forrester, D., 1997, The true church and morality. Reflections on ecclesiology and ethics, WCC, Geneva.
Schwöbel, C., 1996, 'Kirche als communio', in W. Härle & R. Preul (eds.), Marburger Jahrbuch theologie 8, 11–46.
Veenhof, J., 1981, 'Pluraliteit en conciliariteit', in J.M. Vlijm (red.), Geloofsmanieren. Studies over pluraliteit in de kerk, pp. 168–197, Kok, Kampen.
Wethmar, C.J., 2010, 'Recent ecclesiological developments in the World Council of Churches: continuity or discontinuity?', in J.D. Gort, H. Jansen & W. Stoker (eds.), Crossroad discourses between Christianity and culture, pp. 505–523, Rodopi, Amsterdam.
Wiles, M., 2001, A shared search. Doing theology in conversation with one's friends, SCM, London.
World Council of Churches, 2005, The nature and mission of the church: A stage on the way to a common statement, WCC, Geneva.
|
<urn:uuid:bb67164e-61bc-47d6-ba77-a1cfb3519500>-1
| 1 |
Maandag 5 Desember
Skrifgedeelte: Openbaring 7:9-17
Fokusgedeelte: Openbaring 7:14 (AFR83)
Hulle kom uit die groot verdrukking
Vandag sien ons weer 'n groep mense. Maar hierdie groep mense staan voor die troon en die Lam. Hulle staan dus in die hemel voor God. Hierdie is nie maar net 'n groot groep van 60 000 soos by 'n rugbywedstryd nie, maar hierdie groep is ontelbaar. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en hulle verteenwoordig die uitverkorenes wat reeds in die hemel by God is. Alhoewel hulle ontelbaar is, is dit almal wie se name in die boek van die Lewe geskryf is.
Gister het ons gehoor dat daar 'n spesifieke getal mense (wat vir God bekend is) gemerk is en dat hulle God se uitverkorenes hier op aarde is. As jy waarlik in Christus glo (Hand. 16:31), dan is jy deel van hierdie gemerktes.
Die misterie is dat net die Here weet hoeveel hulle is en die troos is dat hulle almal aan Hom behoort. Johannes sien dat dit dié is wat uit die groot verdrukking kom (vs 14). Hierdie groep mense is dié wat getrou aan die Here gebly het en deur volharding en lyding die Here bly dien het (Op. 3:10).
Vir hulle gaan die Ou-Testamentiese beloftes (die woestynreis eindig en die Beloofde Land word ingetrek) in vervulling. Psalm 23 gaan in vervulling en ons hoor dit in ons teks. Die Lam wat geslag was en opgestaan het, sal hulle Herder wees. Hy sal hulle siele verkwik deur hulle na die fonteine te lei. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog.
Die hele tyd praat ons van "hulle", maar dit is tog ons waarna die Here se Woord hier verwys. Dit is tog die groot troos waaraan ons vashou, dat die wêreld nie ons woning is nie en dat ons as pelgrims op pad is om eendag ten volle by Hom te wees.
Ds. W van den Heever (Werner) (Gobabis)
Sing: Psalm 23-1:2,
|
7b9db53f-f121-40f5-990a-00838398b7a3-0
| 1 |
Saterdag 5 November
Skrifgedeelte: Matteus 24:36-44
Fokusgedeelte: Matteus 24:43-44
Jou vreemdste afspraak
Skryf maar hierdie afspraak van Christus gedurende die Adventstyd op. Skryf dit met rooi letters in jou dagboek vir die komende Kersfeesmaand. As jy dink dis nodig, skryf dit met lipstiffie oor jou kamerspieël. Skryf dit oor elke komende dag van jou lewe: "My afspraak met die komende Seun van die mens is miskien vir vandag, miskien vir vannag – maar in elk geval juis níé in die tydsgleuf wat ek vir Hom in my besige program wil inruim nie. Hy gaan my soos 'n dief verras."
"Die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie." Die vreemdste hiervan is dat Hy, die Seun van die mens, dit sélf vir ons sê! "Verwag My juis wanneer julle My níé verwag nie."
Bly waaksaam ... gedurig! Miskien wil ons nog waaksaam wees om te luister na die voetstappe van die komende Christus in gróót dinge: oorloë, terroriste-aanvalle, dinge wat die wêreld ruk? ... Maar wanneer daardie voetstappe sag, verskriklik gedemp, byna onhoorbaar naderkom – soos 'n dief s'n wat op sy tone nadersluip, wat dan ...? Dis wanneer die lewe gewoonweg voortgaan met eet en drink en troues, soos in Noag se tyd ... en: Is dit nie juis dán wanneer Christus kom, soos Hy met ons afgespreek het nie – onverwags?
Dr. PP Kruger (Paul) (emeritus)
Sing: Skrifberyming
|
1ce88746-9e36-4d5b-b30d-6d16bc7c6e3e-0
| 1 |
Fisiese Wetenskap Vraestel Nov 2018
Free access to download fisiese wetenskap vraestel nov 2018 ebooks. Read online and save to your desktop fisiese wetenskap vraestel nov 2018 PDF. Unlimited access by single click to your fisiese wetenskap vraestel nov 2018 PDF book.
Related :
Fisiese Wetenskap Vraestel Nov 2018
June 15th, 2019 - Fisiese Wetenskap Vraestel 1 Graad 11 November 2018 Nss Fisiese Wetenskap Graad 11 Vraestel 2 Noverber 2018 Fisiese Wetenskap Graad11 Vraestel 2 November 2018 Fisiese Wetenskap 2018 Model Vraestel 1 Graad 11
Fisiese Wetenskap Nasionale Sertifikaat Vraestel November 2018 Graad 11
June 11th, 2019 - Fisiese Wetenskap Vraestel1 Gr11 Nov 2018 Fisiese Wetenskap Vraestelle Graad 11 2018 Graad 11november 2018 Fisiese Wetenskap Fisiese Wetenskap Graad 11 Model 2018 Memorandum
Fisiese Wetenskap Vrae Stel 1 Gr11 2018
June 24th, 2019 - Mpumalanga Fisiese Wetenskap P1 September 2018 Memo Nationale Fisiese Wetenskap Vraestelle En Memorandums 2018 Gr 11 Fisiese Wetenskap Impak November Eksamen 2018 Nasionale Senior Sertifikaat Graad11 2018 Fisiese Wetenskap Western Cape
Nasionale Fisiese Wetenskap November2018
June 3rd, 2019 - Model Vraestel 2018 Fiesiese Wetenskap V2 Dbe Graad 12 Lewens Wetenskap Vraestel 1 Model 2018 Graad 10 Gr11 Fisiese Wetenskap Vraestelle En Memo Fisiese Wetenskappe Graad 12 Vraestel 2 2018
Fisiese Wetenskape Gr10 Vraestel 1 2018
June 30th, 2019 - Fisiese Wetenskappe Vraestel 1 Graad 11 November 2018 Fisiese Wetenskappe Vraestel 1 November 2018 Memorandum Memos Van Fisiese Wetenskappe Gr10 Vraestel 1 2018 Nss Fisiese Wetenskappe Graad 11 November 2018 Vraestel 2
Fisiese Wetenskappe Vraestel 1 November 2018 Graad 11
June 22nd, 2019 - Fisiese Wetenskappe Graad 11 Vraestel 2 November 2018 Vraestel Model Fisiese Wetenskappe 2018 November Graad 11 Gr11 Model Vraestel Fisiese Wetenskappe V1 2018 Memo Graad 11 November 2018 Fisiese Wetenskappe Vraestel 2 Chemie
Memorandum En Vraestel Van Besigheidstudies Vraestel Eind Eksamen 2018
June 13th, 2019 - Ekonomie Vraestel 1 Graad 11 November 2018 Vraestel Wiskunde Geletterdheid Vraestel Gr 11 2018 Vraestel 2 Memo Besigheid Vraestel November 2018 Gr 11 Model Vraestel Fisise Wetenskap Graad11 2018 Memo
2018 Fiesiese Wetenskap Graad11 Vraestelle En Memos
June 25th, 2019 - Fisiese Wetenskappe V1 Graad 11 2018 Graad 11 Fisiese Wetenskappe V1 2018 Fisiese Wetenskappe V1 Gr11 Module 2018 Fisiese Wetenskappe V2 Model 2018 Graad 11
Fisiese Wetenskappe V1 Graad 11 November 2018 Memo
June 10th, 2019 - Fisiese Wetenskappe Fisika V1 Novenber 2018 Memo Graad 12 November 2018 Fisiese Wetenskappe Vreastel 2 Graad 12 November 2018 Fisiese Wetenskappe Vreastel 2 Memo Fisiese Wetenskappe November Graad 11 Vraestelle En Memorandums 2018
Fisiese Wetenskappe Fisika V1 Model 2018 Graad 11 November
June 6th, 2019 - Fisiese Wetenskappe Graad 12 Memorandum Chemie November 2018 Nss Vraestel 2018 Graad 10 Wetenskap Vraestelle En Memorandum Vir November Ekonomie 2018 Vraestel
Nsc Afrikaans Vraestel 2 2018
June 13th, 2019 - Nss Afrikaans Vraestel 2 2018 Nss Ekonomie Vraestel 1 2018 Ekonomie Vraestel 2 Nss 2018 Besigheid Vraestel Van 2018
Besigheid Studie Vraestel Nov 2018
June 20th, 2019 - Wg November 2018 Vraestel Graad 11 Besigheid Vraestel Van November 2018 Besigheidstudy Vraestel Gr 11 Noverber 2018 Lewenswetenskappe Graad 10 Vraestel 1 2018
2018 Lewenswetenskap Vraestel 1 Graad 10
June 28th, 2019 - Besigheidstudie Vraestel Van November 2018 Vir Gr 11 Graad 11 Wiskunde P2 2018 Vraestel Ekonomie Vraestel 2018 Nov Memo Ekonomie Vraestel June 2018
Gr 11 Besigheidstudie Vraestel November 2018
June 11th, 2019 - Besigheidstudies Vraestel November 2018 Gr 11 Ekonomie Vraestel 1 Van 2018 September Lewenswetenskape Vraestel November 2018 Besigheids Vraestel 2018 Vir Graad 11
Ekonomie Vraestel 2018 En Memo
June 8th, 2019 - Ekonomie Vraestel 2018 Vir November 2018 Lewenswetenskappe Vraestel 1 Graad 10 Gr 11 November 2018 Besigheidstudies Vraestel Gr11 Besigheids Vraestel 2018
Besigheidstudie Vraestel Gr11 Van 2018
June 7th, 2019 - Ekononie Vraestel 2 Junie 2018 Afrikaans Fal Vraestel 2 November 2018 September 2018 Besigheidstudie Vraestel Besigheidstudie Gr11 Vraestel Van
|
<urn:uuid:86064627-1c16-48cc-8bb3-4ea82077968d>-0
| 1 |
EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA
Geregistreer by die poskantoor as nuusblad
NR. 27
Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk., Posbus 156, Potchefstroom 2520.
GEBED ------------------------
Almagtige God, het medelye met ons,
vergeef ons ons sonde, vervul ons lewe met u genade en u Gees,
heilig ons, rig ons liefde, ons verlange, ons hoop op Jesus Christus. Amen.
DIE TWEE VERDIEPINGS
Twee verdiepings — een onder en een bo. Jy woon op die onderste verdieping van jou lewenshuis wanneer jy jou besig hou met bekrompe gedagtetjies of klein, persoonlike griefies, selfsugtige oorwegings, verheerliking van jou eie deugde, skinderpraatjies, nuttelose tydverdryf, luidrugtige plesiersoekery en ligsinnige naweke. Op die onderste verdieping word daar net geëet en gedrink en gewerk.
Daar is ons onder die heerskappy van die sinne. Jy wil alles proe wat smaaklik is, ruik wat geurig is, tas wat weelderig is, hoor wat prikkelend is — en sien wat aanloklik is.
Op die boonste verdieping is daar 'n stilte — al die raasgeluide van elke dag is gedemp. Daar kan jy tot jouself kom. Daar is jy alleen. Daar kan jy 'n inventaris van jouself maak.
'n Wenteltrap nooi jou uit om op te stap na die boonste verdieping... om jouself af te vra wat die doel en sin van jou lewe is, om weer terug te dink aan jou jeugjare en die opvoeding van jou ouers... om al die kortsluitings in jou lewe na te gaan... om te dink aan die dieper lewenswaardes... om te vra na jou verhouding tot jou medemens en om te vra na God.
Op die boonste verdieping is daar 'n ander uitsig op dié dinge. Van bo af lyk die dinge wat jou lewe beset so klein: jou tuin, jou motorkar, jou kinders, jou vriende. Van bo af skyn die sterre nader en is die hemelruim intiemer.
Gaan op — gooi die vensters oop en vind jouself en jou lewe weer in God.
Die wenteltrap is 'n uitnodiging!
W. J. de Klerk
JESUS CHRISTUS, ONS ONDERWYSING
Wie is Jesus Christus? Ek wil hierdie keer jou vraag beantwoord deur te sê dat Hy ons Profeet en Leraar is. Die woorde Profeet en Leraar beteken in hierdie verband dat Hy ons Onderwyser is.
Die woord voer jou gedagte seker ook terug na die dae toe jy nog op die skoolbanke gesit het en jou onderwysers jou geleer het. Waarom het hulle jou geleer? Natuurlik, sodat jou kennis kon vermeerder en jy met die meerdere kennis jou plek kon volstaan in jou latere lewe — met ander woorde, soos die mense dikwels sê, dat jy 'n sukses van die lewe kon maak. Het jy al van Christus as Onderwyser gehoor? Eintlik is Hy ons hoogte en grootste Onderwyser.
Jy vra wat Hy ons nou eintlik leer? Ek kan hier ook antwoord: om 'n sukses van die lewe te maak. Oppervlakkig geoordeel lyk dit asof die onderwysers in die leerskole van hierdie wêreld en Christus as Onderwyser ons dieselfde leer. Tog is dit nie presies dieselfde nie. Dit hang net af wat 'n mens onder die woordjie "sukses" verstaan.
Onder 'n suksesvolle lewe word hier op aarde meestal verstaan dat jy geleer het om goed geld te maak, om hoë roem en eer te verwerf, om onder die mense hoog aangeskrewe te wees. Dis al. En tog kan, nieteenstaande al die roem en prestasies, oor die lewe van so 'n persoon in groot letters MISLUKTE LEWE geskrywe staan, omdat hy by al sy kennis en roem nooit geleer het om vir sy siel te sorg nie. Dit is juis in hierdie verband dat Christus, as ons groot Onderwyser, die vraag stel: "Wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?" (Mat. 16:26).
Om vir jou siel te sorg, beteken dat jy moet leer in watter verhouding jy tot God staan. Jy moet leer dat jy, vanweë jou sondes, as 'n skuldige voor God staan en dit verdien om in hierdie lewe en die lewe na die dood met die vreeslike straf na liggaam en siel gestraf sal word. Jy moet ook leer dat jy, as jy in Christus glo en Hom van harte liefhet en dien, van die vreeslike straf kan vrykom, omdat Hy in liefde en genade in jou plek die straf gedra het.
Dit is nou wat Christus self, as Profeet en as ons groot Leermeester, aan ons wil leer, naamlik dat by Hom alleen redding en verlossing van ons sondeskuld te vinde is. Christus het die heerlike boodskap op so 'n wonderlike wyse aan die mens geleer. Magtig en aangrypend was sy onderrig en tog was dit so eenvoudig dat almal dit kon verstaan. Verruk oor Sy woorde het die wat na Hom geluister het, uitgeroep: "Nog nooit het 'n mens so gespreek soos Hy nie".
Waarom raak die onderrig van Christus die mens so diep? Omdat Hy, wat nie net waaragtig is nie, maar ook waaragtig God, ons lewe met al sy probleme die diepste kan peil, omdat Hy ons nood die beste verstaan, omdat Hy ons grootste lewensvrae die suiwerste sien en daarop die raakste en aangrypendste antwoorde kan gee.
Dit raak die snare van 'n mens se siel werklik aan as Hy wat die moeite en verdriet van die mens se lewe ken, aan jou sê: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele, want my juk is sag en my las is lig." (Mat. 11:28-30).
Ons groot Onderwyser sê: "Leer van My... " Het jy al van Hom geleer? Jy is tog ook vermoeid en belas. Jy soek tog ook ontlading vir jou gekwelde gemoed. Waarom gaan jy dan nie na Christus en leer van Hom hoe om ware rus vir jou siel te vind nie... rus in Sy verlossing? Dan sal jy die ware lewenskuns leer ken. Dan sal jou lewe suksesvol wees — nou en na die dood. Dan sal jou siel nie skade ly nie.
Dan moet jy ook van Christus leer om in hierdie lewe die klem reg te lê, sodat jy jou nie moeg maak oor dinge wat werklik nie soveel waarde het nie. Luister op hoe 'n ontroerende
wyse Christus as ons Onderwyser dit aan ons leer:
"Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?
Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat moet ons eet, of wat moet ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy
|
3fe5000c-e60a-4be8-b42d-81ab1e3b0aee-0
| 1 |
voëltjie wat vlieg met jou vlerkies waar jy wil, jy kan nooit van die bloed op jou vere wegvlieg nie!
As jy Sondag weer 'n "voëltjie" behaal op die gholfbaan — kyk daar is bloed op sy vere. As jy die voëltjie so in hul vrye vlug in die berg of by die rivier bewonder — kyk daar is bloed op hul vlerkies. Vryheid, ja, ek is vry soos die voëltjie wat wegvlieg, maar daar is bloed aan my. Die bloed van Jesus Christus!
Verklaar Sy bloed my rein van melaatsheid, of klaag dit my aan as Sy moordenaar?
Jy vrye voëltjie, met die bloed op jou vlerkies, — waar vlieg jy heen?
B. v. d. Walt
(Keetmanshoop)
MY KARAKTER IS DIE HINDERNIS...
Van godsdiens gepraat, my karakter is regtig 'n "hindernis." Ek is nie in die wieg gelê vir godsdiens nie. Ek is 'n ou wat hou van vrolikheid en jolyt en die godsdiens is alles so ernstig en swaar. Verder moet 'n mens in die godsdiens glo 'n hele klomp dinge aanvaar wat heeltemal onlogies is en wat nie met die verstand uitgeredeneer kan word nie.
U redeneer miskien so. Is dit werklik so dat 'n mens se karakter 'n "hindernis" kan wees?
U sê dat u vrolik van geaardheid is. Dis 'n mooi karaktertrek. Dit maak u aantreklik vir ander mense, nie waar nie? Kom ons gesels oor 'n opgewekte geaardheid. As ek in my Bybel lees, kom ek telkens daarop af dat daar gepraat word van blydskap en vreugde. Neem nou maar 1 Tessalonisense 5:16: "Wees altyddeur bly." Die wese van die Christelike godsdiens is immers dat dit blydskap wil bring.
Sê my nou, as u baie teenspoed moet kry, soos 'n aaklige ongeluk waardeur u genoop word om vir die res van u lewe in 'n rolstoel deur te bring, sal u dan nog vrolik en opgewek wees? Ek glo nie!
As jy nou die Christelike godsdiens ondersoek, sal jy vind dat dit jou opgewekte geaardheid gaan verdiep, sodat dit kan standhou ook as die lewe vir jou minder voorspoedig word. Dit gaan vir jou 'n nog groter vreugde en lewensblyheid bring as wat jy nou ken.
U sê dalk: dit mag miskien wees, maar wat van die ander saak: die onlogiese dinge wat 'n mens moet aanvaar. Ek eet nie alles sommer vir soetkoek op nie, maar wil 'n ding verstaan en uitredeneer!
Dit is ook 'n mooi karaktertrek; dit dwing ook respek af by jou medemens, maar is dit nou so dat daar in die godsdiens geen plek vir die mens se redenasievermoë en logika is nie — dat dit maar net 'n kwessie is van glo en aanvaar sonder om te verstaan? Ek lees die Bybel dat daar gepraat word van 'n "redelike" godsdiens. (Romeine 12:1)
As jy nou die brief aan die Romeine lees, sal jy verbaas staan oor watter plek die logiese redenasievermoë in die Christelike godsdiens inneem. Natuurlik sal 'n mens nie alles kan uitredeneer nie, maar is dit nodig? Geen mens kon nog presies bewys wat lewe is en dit so verklaar dat daar nie teenstrydighede vir ons verstand oorbly nie. Tog aanvaar ons dat daar so iets soos lewe is. Sien jy, alhoewel ons verstand 'n rol speel, kan mens tog nie alles eers uitredeneer voor jy dit aanvaar nie? Waarom nou van die godsdiens 'n uitsondering maak en vereis dat alles uitgeredeneer moet kan word?
Nee, as jy mooi daaroor gaan nadink, sal jy agterkom dat jou aard om alles met die verstand te wil benader, geen "hindernis" is om die Bybel te aanvaar nie. Inteendeel, jy sal in die Bybel en in die godsdiens veel kry wat juis hierdie behoefte van jou om dinge uit te redeneer, gaan bevredig. Gaan gesels gerus bietjie oor hierdie saak eendag met 'n predikant en jy sal verbaas wees!
Nee, jou karaktertrekke is geen "hindernis" om die Bybel te aanvaar en te glo nie. Die Bybel vertel van Christus, die Seun van God, wat gekom het om vir alle soorte mense blydskap en vreugde te bring. Ek wys jou maar net op 'n paar: sy dissipels, eenvoudige ongeletterde mense; sekere vroue met hulle emosionele kante; Paulus, die man van verstand en daadkrag.
Kom, ondersoek die Bybel ernstig, gaan gesels openhartig met mense wat die Bybel aanvaar, en ek kan jou verseker: daar wag vir jou 'n groot verassing!
Wil jy dit nie maar doen nie?
J. C. Lessing
Die tekens van die tyd
Ek woon in 'n streek wat deur die droogte geteister word. Ek is altyd bewus van die knellende droogte. Wanneer ek smôrens opstaan, let ek op na die rigting van die wind. Ek asem die lug in, angstig om te ruik of die geur van waterdamp nie in die lug is nie. Ek kyk of daar nie miskien tekens van wolke is nie.
Al hierdie dinge is vir my tekens: 'n Noordewind... klam, geurige lug... wolke wat in die Weste verskyn. Die hoop vlam op. Dit is tekens van reën. Dit is sommer asof die las in my gemoed ligter word. Met opgewonde afwagting hou ek die verdere verwikkelinge in die weer dop.
Ek sien en hoor baie meer. Ek sien hoe die Christendom, die Christelike beskawing, die Christelike kerk vinnig besig is om terrein te verloor. Die liberalis en humanis lag en spot met die bekrompe en eenvoudige mense wat nog glo in 'n almagtige en alwyse God wat oor alles regeer. Sommige sê reguit dat as daar 'n God is, Hy 'n gemors gemaak het van die skepping en regering van die wêreld.
Vir my as Skrifgehoorsame is dit nie vreemd dat mense soms wanhopig en fatalisties word by die aanskouing van soveel verwarring in die wêreld nie. Ek moet beken dat die koue vrees soms om my hart sluit as ek dink aan wat alles nog kan gebeur. Dit kan nog veel erger word. Selfs Job het, toe die ellende en verwarring oor hom toesak, sy geboortedag vervloek. Asaf was in Psalm 73 in opstand teen die onreg wat die goddelose ongestraf doen. Daarteenoor het hy, wat godvresend is, elke dag alleen maar ellende en verdrukking geken. In sy bespiegelinge het die Prediker die wêreld in oënskou geneem en moes die versugting herhaal: "Dit is alles tevergeefs en 'n gejaag na wind..."
Aan die ander kant moet ek beken dat die Bybel van hierdie verwarrende gebeure weet en dit duidelik voorspel. As ek die strominge in die wêreld betrag en my Bybel daarby lees, dan sien ek duidelik hoe die Woord van God in vervulling gaan. Daar is vir my soveel tekens van die tyd: die Noordewind waai; die lug se geur vogtig; die wolke pak saam... die reën kom. Die Vyeboom bot, sy blaartjies verskyn... die lente is hier! Die somer is voor die deur!
Oorloë en gerugte van oorloë, afval van die godsdiens en kerk, toenemende sonde en geestelike vervlakking, vrees en frustrasie, openlike goddeloosheid en vloeke teen die hemel. Al hierdie dinge is lentetekens. Die somer is in aantog... my Here kom; ja Hy kom spoedig op die wolke van die hemel, want al hierdie dinge het Hy vooraf spesifiek genoem as tekens wat sy koms vooraf gaan.
Ek is ook bang vir die nood wat al groter word, want ek is 'n mens van vlees en bloed. Diep in my hart weet ek: hierdie dinge is lentetekens... my Here kom!! By die aanskouing van die wêreldgebeure van ons tyd, kan selfs die blindes weet dat die Woord van God waar is. Die wêreld spoed na sy einde soos Hy gesê het.
M. J. Booyens
|
3fe5000c-e60a-4be8-b42d-81ab1e3b0aee-1
| 1 |
basic education
Department: Basic Education
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAAT
GRAAD 12
TOERISME
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagty voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Rond jou antwoorde in VRAAG 3.3 tot TWEE desimale plekke af.
5. Toon ALLE berekeninge waar nodig.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Gebruik die puntetoekenning by elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel.
| AFDELING | ONDERWERP | PUNTE | TYD (minute) |
|----------|-------------------------------------------------|-------|--------------|
| A | Kortvrae | 40 | 20 |
| B | Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandsevalutaverhandeling | 50 | 50 |
| C | Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en Erfenistoerisme; Bemarking | 50 | 50 |
| D | Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike Toerisme | 30 | 30 |
| E | Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; Kommunikasie en Kliëntediens | 30 | 30 |
| | TOTAAL | 200 | 180 |
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 Die 2015 Rugbywêreldbeker wat in Engeland gehou is, is 'n voorbeeld van 'n ...
A wêreldberaad.
B niesport-wêreldgebeurtenis.
C wêreld-politieke gebeurtenis.
D wêreld-sportgebeurtenis.
1.1.2 'n Toeris sal by sy/haar aankoms op 'n internasionale lughawe die groen kanaal volg wanneer hy/sy ...
A iets het om te verklaar.
B niks het om te verklaar nie.
C voorskrifmedikasie het om te verklaar.
D reisdokumente het wat getoon moet word.
1.1.3 Doeanebeamtes sal ... om te verseker dat passasiers aan doeaneregulasies op 'n internasionale lughawe voldoen wanneer hulle deur die groen kanaal beweeg.
A alle handbagasie lukraak skandeer
B 'n persoonlike sekuriteitskontrole doen op alle passasiers wat uit 'n vliegtuig klim
C passasiers visenteer
D passasiers en hulle ingeweegde bagasie lukraak deursoek
1.1.4 Belastingvrye goedere word nie belas nie omdat ...
A belastings by lughawens toegelaat word.
B winkels by nasionale lughawens van belastings vrygestel word.
C die belasting reeds by BTW ingesluit is.
D inkopies in internasionale gebied gedoen word.
1.1.5 'n Suid-Afrikaanse uitgaande internasionale toeris wat China wil besoek, sal by die ... vir 'n vakansievisum aansoek doen.
A Departement van Binnelandse Sake
B Nasionale Departement van Toerisme
C Asiatiese Ambassade
D Chinese Ambassade
1.1.6 Die prent hieronder toon 'n wêreldbekende ikoon.
A Die Piramides
B Auschwitz
C Die Switserse Alpe
D Die Algarve
1.1.7 .... sal tot 'n positiewe ervaring vir toeriste by 'n besienswaardigheid bydra.
A Die instel van interaktiewe slimfoonaktiwiteite
B Die verhoging van toegangsfooie
C Om die afstand tussen toeriste en die vertoonde items te vergroot,
D Om interessante feite oor die besienswaardigheid nie aan toeriste mee te deel nie,
1.1.8 Die hoofborg van die Getaway-skou:
A 'n Reisversekeringsmaatskappy
B 'n Reispublikasie
C 'n Reisagent
D 'n Reisaandenkingswinkel
1.1.9 Die hoofrol van Suid-Afrikaanse Toerisme:
A Om nuwe rolspelers in diens te neem
B Om 'n besienswaardigheid te ontwikkel
C Om toerismewette in te stel
D Om Suid-Afrika te bemark
1.1.10 Kriterium 1 van UNESCO se Wêrelderfeniskriteria bepaal dat 'n Wêrelderfenisterrein 'n meesterstuk van menslike kreatiewe begaafdheid moet voorstel. Hierdie terrein voldoen aan Kriterium 1 vir sy uitstaande voorbeelde van San-rotskuns:
A uKahlamba-Drakensbergpark
B Mapungubwe Kulturele Landskap
C Robbeneiland
D Wieg van die Mensdom
1.1.11 UNESCO het die plan om 'n kabelkar te installeer wat toeriste na Machu Picchu sou vervoer, gekeer. Hierdie besluit ondersteun die ... pilaar van volhoubare toerisme.
A sosiale
B omgewings-
C ekonomiese
D korporatiewe sosiale
1.1.12 Omgewingsvriendelike toeriste is toeriste wat ...
A in avontuurgedrewe sportaktiwiteite belangstel.
B uit die stad vlug om met 4x4-voertuie op die strand te gaan rondry.
C verantwoordelik reis en die omgewing bewaar.
D so veel as moontlik oor hulle bestemming se gewoontes, geografie en kultuur leer.
1.1.13 'n Werknemer wat tot 'n nuwe posisie binne dieselfde maatskappy bevorder word, kan versoek word om 'n ... te teken.
A nuwe dienskontrak en 'n aansoek om jaarlikse verlof
B aansoek vir jaarlikse verlof en 'n gedragskode
C nuwe dienskontrak en 'n gedragskode
D aansoek vir jaarlikse verlof en 'n beëindiging-van-diens-vorm
1.1.14 Inligting oor oortydwerk word in die ... afdeling van die dienskontrak aangetref.
A verlof-en-aftrekkings-
B reisvoordele-
C uniformtoelae-
D werksure-
1.1.15 'n Suid-Afrikaanse uitgaande internasionale toeris sal by die ... vir 'n transitovisum aansoek doen wanneer hy/sy op Heathrow Internasionale Lughawe in Londen 'n ander vlug moet haal.
A Departement van Ekonomiese Sake
B Britse Ambassade
C
|
d754a510-c2d5-4ac8-a989-684bb9b316e5-0
| 1 |
8.1 Die plakkaat hieronder is by die ingang van 'n gorillareservaat opgesit. Bestudeer die plakkaat en beantwoord die vrae wat volg.
8.1.1 Gee EEN rede waarom die internasionale gorillabewaringsprogram dit nodig geag het om hierdie plakkaat te ontwerp en aan toeriste wat die park besoek, te vertoon.
8.1.2 Verwys na die plakkaat en identifiseer EEN omgewingskwessie wat vir die bestuur van die park 'n bron van kommer is.
8.1.3 Gee EEN rede waarom toeriste nie hulle kamera's se flitse moet gebruik wanneer hulle foto's van die gorillas neem nie.
8.1.4 Verduidelik EEN rede waarom toeristegroepe 'n tydsbeperking het om saam met die gorillas deur te bring.
8.1.5 Gee EEN manier hoe die bestuur van die park kan optree teen toeriste wat nie die gorilla-reëls op die plakkaat nakom nie.
8.2 Die park beoefen twee van die pilare van die driedubbele-slotreël, naamlik die omgewings- en die ekonomiese pilaar.
Noem TWEE maniere waarop die park ook die sosiale pilaar by hulle volhoubare toerismepraktyke kan insluit.
9.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
**VAN G8-BERAAD TOT G7-BERAAD**
Brussel het wêreldwyse erkenning gekry sedert hulle die 2014 G7-beraad aangebied het. As gevolg van onlangse gebeure in die Oekraïne het die beplande 2014 G8-beraad in Sochi, Rusland, nie plaasgevind nie. Rusland is uit die beraad geskors. Leiers van die G7-nasies het toe in Brussel, België, vergader.
Verskeie dringende kwessies oor die wêreldekonomie, energie en klimaatsverandering is by die G7-beraad bespreek. G7-leiers het ekonomiese groei en werkskepping as 'hoofprioriteit' geïdentifiseer.
Buiten die uitsers belangrike kwessies wat by die beraad bespreek is, was die G7-beraad voordelig vir die gasheerland.
[Aangepas uit www.ewn.co.za]
9.1.1 Verduidelik die opskrif: Van G8-beraad tot G7-beraad.
9.1.2 Rusland se betrokkenheid in die Oekraïne het veroorsaak dat hulle deelname aan die G8-beraad geweier is.
Verduidelik TWEE maniere waarop hierdie verlore geleentheid om as gasheer vir die beraad op te tree, Rusland se beeld en toerismegeleenthede beïnvloed het.
9.1.3 Bespreek, in 'n paragraaf, DRIE maniere waarop belanghebbendes by die beplanning van die G7-beraad, omgewingsvolhoubaarheid ten opsigte van vervoer gedurende die geleentheid kon verseker.
9.1.4 Verduidelik die volgende stelling:
Die G7-beraad was voordelig vir die gasheerland.
9.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE REIS VAN DIE REISIGERSTJEK
Rus in vrede
[Specimen]
[Specimen]
[Aangepas uit www.cartoonstock.com]
9.2.1 Interpreteer die boodskap in die prent hierbo oor die gebruik van reisigerstjeks.
(2)
9.2.2 Gee TWEE vorme van betaling wat reisigerstjeks tydens internasionale reise vervang het.
(2)
9.3 Bestudeer die statistiek hieronder, wat buitelandse aankomste in Suid-Afrika in 2013 aandui, en beantwoord die vraag wat volg.
| KONTINENTE | AANKOMSTE GETALLE |
|--------------------------|-------------------|
| Noord-Amerika | 417 582 |
| Sentraal- en Suid-Amerika| 129 463 |
| Europa | 1 494 978 |
| Midde-Ooste | 57 382 |
| Asië | 435 076 |
| Australasië/Oseanië | 148 660 |
| Indiese Oseaan-Eilande | 24 394 |
| Afrika | 6 889 389 |
| **Groottoaal** | **9 616 964** |
(4,7% styging vanaf 2012)
[Aangepas uit www.southafrica.net]
Buitelandse toeriste-aankomste in Suid-Afrika het in 2013 met 4,7% gegroei in vergelyking met 2012, en presteer dus ver bo die wêreldgemiddeld.
Gee TWEE redes wat tot die toenemende groei in internasionale inkomende toeriste na Suid-Afrika bygedra het.
VRAAG 10
Bestudeer die reaksie op die kliënteterugvoeringsinstrument wat deur die Inn Hotel gebruik is en beantwoord die vrae wat volg.
**Inn Hotel**
Ons hier by die Inn Hotel gee om oor wat jy dink van die produkte en diens wat ons lewer. Neem asseblief 'n paar minute om jou gedagtes met ons te deel … ons heg waarde aan jou terugvoering.
**Kamernr.:** 1106
**Datum:** 06/11/2015
**Naam van gas:** R Turner
| | Uitstaande | Goed | Gemiddeld | Swak |
|---------------------|------------|------|-----------|------|
| Voorkantoorpersoneel | | | | × |
| Restaurant (maaltye) | | | | × |
| Huishouding | | | | × |
| Hoe skoon is die kamers | | | | × |
| Algemene indruk van die hotel | | | | × |
**Gas se kommentaar:** Ek dink die hotel gee aan hulle personeel 'n lisensie om by niksvermoedende gaste te steel. Die hotelpersoneel was geensins van plan om na items te soek wat uit my kamer weggeraak het nie. Die personeel het nie in my verlies belanggestel nie.
**Ons hoop jy het 'n wonderlike tydjie by die Inn Hotel gehad.**
*Sien jou binnekort!*
10.1 Dit wil voorkom asof mnr. Turner se verblyf by die Inn Hotel nie aangenaam was nie.
Maak TWEE voorstelle vir strategieë wat die bestuur van die hotel in werking kan stel om die probleme wat mnr. Turner genoem het, op te los.
10.2 Verduidelik waarom die personeel by die Inn Hotel aandag moet gee aan die kommentaar van hulle gaste.
**TOTAAL AFDELING E:** 30
**GROOTTOTAAL:** 200
|
d754a510-c2d5-4ac8-a989-684bb9b316e5-1
| 2 |
CROSSING THE CREEK
CROSSING THE CREEK
Die Afrikaanse weergawe van die Praktiese Gids
Oor Die Sterwensproses
Kopiereg 2016:
www.crossingthecreek.com
Hierdie werk is onderhewig aan kopiereg en dit mag onder geen omstandighede elektronies of op enige ander wyse sonder skriftelike toestemming reproduseer word nie. Buiten redelike aanhalings en sommige nie-handelsgebruike, mag dit nie op enige webwerf gebruik word nie. Dit mag wel afgelaai en uitgedruk word, maar mag nie in gedrukte formaat reproduseer of gebruik word vir kommersiële gewin nie. Dit is slegs vir persoonlike en private gebruik.
ISBN 10: 0979013305
ISBN 13: 9780979013311
Om die skrywer of die redigeerder te kontak, skryf aan:
Die Redigeerder Kapokbos 4 Village on Sea, Mosselbay Western Cape South Africa, 6511
Of stuur 'n epos aan:
[email protected]
3
INHOUDSOPGAWE
ONTKENNING
Hierdie gids MOET NIE gesien word as 'n plaasvervanger vir die dienste van u plaaslike dokter, hospies, gesondheidsagentskap of sorgeenheid nie. Dit MOET SLEGS gesien word as 'n aanvullende hulpmiddel tot bogenoemde. Hierdie gids spreek net algemene temas en begrippe aan. Dit verteenwoordig slegs die waarnemings, gevolgtrekkings en persoonlike opinie van die skrywer.
Raadpleeg geskikte professionele persone in u area vir spesifieke voorskrifte en bystand met sekere take soos hoe om 'n pasiënt in die bed om te draai, hoe om medisyne toe te dien of hoe om 'n urinekateter reg te hanteer.
Die mening wat in hierdie gids uitgespreek word, is die opinie van en vanuit die perspektief van die skrywer. Dit is die resultaat van jare se samewerking met sterwende mense, maar dis nie verteenwoordigend van alle ander geldige standpunte rondom hierdie proses nie. Indien die uitsprake in hierdie boek bots met u eie siening, hou liewers op met lees en soek na ander ondersteuningstelsels.
INLEIDING
Die doel van hierdie gids is om sterwende mense en hulle versorgers toe te rus met algemene inligting van wat hulle te wagte kan wees. Insig hierin skakel nie die impak van ondervinding uit nie; dit kan egter die ergste ontsteltenis wegneem en daardie knaende gevoel van paniek besweer.
Alle oorgangstydperke toon dieselfde sleutel-elemente. Elke persoon ervaar ook 'n groot verskeidenheid van oorgange gedurende sy/haar leeftyd. Daarom kan ons sê, gebeur daar niks nuuts in die sterwensproses nie. Trouens, elkeen van ons ontwikkel ons eie persoonlike styl om hierdie oorgange te hanteer. Ons neig om hierdie manier van doen, op watter wyse ookal, vol te hou wanneer ons die oorgang wat ons "dood" noem, in die gesig staar.
Indien jy graag wil weet hoe jy jou eie dood gaan hanteer, moet jy net terugkyk na jou lewe en oplet hoe jy al die ander oorgange hanteer het. Dit is die padkaart wat jy sal volg terwyl jy sterf, tensy jy besluit om jou aanslag en gesindheid te verander. (Vir meer inligting hieromtrent, gaan lees Key Elements of Transitions, ook geskryf deur Michael Holmes.)
Terwyl alle oorgange ooreenkomstige sleutel-elemente het, handel hierdie gids, Crossing the Creek, oor die oorgang na die dood.
Elke persoon ervaar nie noodwendig soortgelyke tekens of simptome as wat hier beskryf word nie. 'n Persoon mag sekere tekens of simptome op sy/haar unieke manier ervaar. Daar is ruimte vir 'n oneindige variasie waarop individue die sterwensproses mag ervaar.
Terselfdertyd is sekere algemene temas bekend aan almal. So baie versorgers en familielede het my al dikwels vertel hoe hulle, nadat hulle hierdie boek gelees het, dieselfde proses stap vir stap in hulle sterwende geliefdes sien ontvou het. Dit het ook baie gehelp dat hulle vertroud was met die betekenis van elkeen van hierdie stappe. Instede daarvan dat die proses onverwags en skrikwekkend was, kon hulle die stappe van die sterwensproses voorsien en die doel daarvan verstaan.
Dis egter ook goed om te onthou dat alle oorgange etlike onaangename of ongemaklike kenmerke mag bevat.
Die sterwensproses is geen uitsondering nie. Geen redelike persoon verwag dat die lewe sonder enige ongerief sal wees nie, en tog kleef sommige aan die veronderstelling dat die dood, om een of ander rede, daarsonder sal wees. Dit is nie 'n redelike verwagting nie. Die sterwensproses het moeilike kenmerke, ongeag hoeveel inligting jy tot jou beskikking het.
Moderne medisyne toon egter 'n merkwaardige vermoë om die onaangename kenmerke van die liggaamlike dood te versag of uit te skakel. Maar moderne medisyne kan mense ook nie vrystel van die verantwoordelikheid vir hulle eie lewens nie. Ons almal berei onsself voor vir ons afsterwe deur die manier waarop ons ons lewens lei. Opgeleide klinici is van groot hulp, maar ons dra uiteindelik elkeen alleen die las van die verantwoordelikheid hoe ons lewe en hoe ons sterwe.
EETLUS
Eetlus neem af
Die pasiënt mag geheel en al ophou eet. Dis egter te verwagte. Toenemende verlies van eetlus is die stempel van die sterwensproses en dit is 'n meganisme waarmee die liggaam homself meer gemaklik hou. Dit is dikwels baie moeilik vir versorgers om dit te aanvaar maar dis belangrik om te luister na wat die pasiënt wil hê, en nie wat jy dink hy/sy nodig het nie. Die menslike liggaam gaan al vir duisende jare hierdeur en het al doeltreffende tegnieke ontwikkel om homself gemaklik te hou. Gee dus aandag aan wat die liggaam sê hy wil hê, of nie wil hê nie.
Soos wat die fisiese liggaam vorder deur die sterwensproses, verloor hy die vermoë om kos behoorlik te verteer. Wanneer die pasiënt homself forseer om te eet terwyl die maag se vermoë om kos te verteer afgeneem het, dan bly die kos net daar en veroorsaak dit 'n gevoel van opgeblaasdheid asof 'n klip ingesluk is. Die maag sal waarskynlik die kos onmiddellik verwerp. Die pasiënt sal dan opgooi indien hy/sy geforseer word om te eet terwyl daar geen eetlus is nie.
Indien die doelwit is om gemak te verseker, sal geforseerde voeding die direkte teenstelling van daardie doel wees. Om terminale siek pasiënte te forseer om te eet, kan slegs ongemak meebring.
Vloeistofinname
Die sterwende persoon sal uiteindelik nie meer vloeistof en vaste stowwe wil inneem nie. Ek sê weer, dis hoe die liggaam sy gemak behou. Om vloeistof af te forseer wanneer die liggaam dit nie meer wil hê nie, veroorsaak net ellende.
Die Reaksie van Versorgers
Ons is ons lewe lank geleer dat om 'n goeie versorger te wees, hang daarvan af of ons die pasiënt kan oorreed om te eet en drink.
Dit is nietemin verkeerd wanneer iemand in 'n aktiewe sterwensfase is. Oorwegend sterf die meeste mense nie omdat hulle ophou eet nie; hulle hou op eet omdat hulle besig is om te sterf. Die enigste rede waarom 'n werklik sterwende persoon sal eet of drink, is om plesier daaruit te put. Indien dit nie meer 'n plesier is nie, is daar geen rede oor om te eet of te drink nie. Inteendeel, dit sal hulle eerder benadeel as goed doen.
Versorgers moet hulself eerder afvra: Doen ek dit om hulle beter te laat voel? Of doen ek dit om myself beter te laat voel?
'n Praktiese Voorbeeld
Vroeg in my loopbaan in 'n hospies het ek 'n dame leer ken wat oorleef het op 'n dieet van een maraschino kersie elke oggend. Sy het 'n drang na daardie kersie gehad en dit het haar versadig. Sy het so uitgesien na daardie een kersie elke oggend
|
6c51ff17-2809-4392-9add-0a041fc6fd5e-0
| 1 |
fases met elke verlies te gaan, maar indien die verlies baie straf is, mag ons deur omtrent almal gaan. Somtyds, wanneer ons wegskram om ons gevoelens rondom die klein alledaagse verliese te verwerk, kan die groter verliese wat ons teëkom, dien as snellers vir die vrylating van opgekropte verlies.
"I can't forgive my friends for dying; I don't find these vanishing acts of theirs at all amusing." Logan Pearsall-Smith (1865-1946), Amerikaanse essayis, aforis Afterthoughts (1931), "Age and Death"
Sommige van die emosies wat met normale rou verbind word, is verrassend. Byvoorbeeld, dis doodgewoon om kwaad te wees vir die persoon wat gesterf het. Dis ook doodgewoon om verlig te voel dat hy/sy dood is. Hierdie emosies mag verwarrend wees vir vriende en bloedverwante van die afgestorwene. Dit mag onverwags wees en dit lyk ook nie altyd of dit enige sin maak nie; dit mag ook gevoelens van skuld ontketen. Nogtans is dit in die meeste gevalle algemeen en normaal.
Dis interessant dat ons somtyds verras voel om te ontdek hoe 'n gevoel eintlik voel. Ons mag wonder hoe dit voel om 'n ouer te verloor. Ons mag dink ons kan voorspel hoe dit sal voel, en dan is ons absoluut geskok oor die werklike ervaring. Selfs professionele mense wat die dood elke dag hanteer, mag verras wees oor hoe dit eintlik voel wanneer dit met hulle gebeur. Om 'n gevoel vooruit te loop en 'n gevoel te voel is twee verskillende dinge.
Sommige emosies rondom smart is moeiliker om te hanteer as ander. Woede, veral woede teenoor die afgestorwene, mag moeilik wees vir sommige mense om dit aan hulself te erken. Woede van ander mense is ook moeilik aanvaarbaar. Sulke tye mag
dit help om te onthou dat die emosie wat gewys word, net 'n deeltjie van die rouproses is en dat dit beter is om die emosie los te laat eerder as om dit binne te hou.
Hartseer is nog 'n moeilike emosie. Dis nie ongewoon dat besorgde familielede 'n kalmeermiddel aanvra (gewoonlik vir iemand anders as hulself) wanneer die hartseer intens raak en die trane vrylik begin vloei nie. Eintlik is huil baie gesond wanneer 'n intense verlies gely word; selfs vir mans.
Om 'n emosie te begrawe, vertraag die uitlewing daarvan en mag selfs lei tot verlengde of ingewikkelde rou met skadelike langtermyn gevolge.
Indien 'n persoon dreig om homself/haarself leed aan te doen of dit aan ander te doen in antwoord op hul rou, dan het hy/sy professionele hulp nodig. Dit uitgesluit, is die eerlike uitdrukking van rou 'n goeie ding en dit behoort aangemoedig te word.
Die gesondste families is die wat die behoorlike uitdrukking van emosies aanmoedig. Die emosioneel ondersteunende familie spoor sy lede aan om hul eie gevoelens te erken en aan te spreek. Dit laat almal in die familie toe om sy/haar smart op te los en aan te gaan met hul lewens.
Laat ruimte vir die rouproses
In 'n normale rouproses spring elke individu rond van een fase na die ander. Gevolglik is dit nie redelik om te verwag dat elkeen in 'n familie dieselfde emosies op 'n gegewe tydstip sal ervaar nie. Om die waarheid te sê, dit gebeur selde dat almal op dieselfde wyse rou oor die verlies van 'n geliefde. Op enige gegewe tydstip sal een familielid kwaad wees, 'n ander sal onderhandel, nog een sal geskok wees en nog iemand sal dit aanvaar. 'n Uur later mag hulle almal emosionele plekke ruil. Dis goed om dit te besef en elkeen ruimte gee vir die individuele uitdrukking van smart.
Kinders en rou
Kinders moet ook ingesluit word en aangemoedig word om deel te neem aan die uitdrukking van rou en verlies. Hulle moenie forseer word om deel te neem nie, maar hulle moet toegelaat word om deel te neem indien hulle verkies. Die rouproses is deel van elke dag en daarom behoort volwassenes goeie roubeginsels aan kinders te leer gedurende hulle lewens. Vir kinders om goeie rouvaardighede aan te leer moet hulle kan sien hoe sodanige vaardighede rondom hulle aangewend word.
Om kinders te beskerm teen verlies en hoe om dit te hanteer, ontneem hulle die geleentheid om te leer hoe om die lewe te hanteer.
Kinders moet nie verban word om die dood en sterwende mense te sien nie. Hulle verbeelding kan en sal baie erger beelde optower as wat die werklikheid ooit kan. Somtyds mag die werklikheid baie taai wees om te hanteer maar die verbeelding kan baie erger wees.
Hoe lank neem die rouproses?
Rou word nie gekoppel aan tyd nie. Hoe lank dit neem om te rou kan baie verskil en hang grootliks af van 'n wye verskeidenheid fatore, waarvan nie die minste nie die volgende is: die felheid van verlies, die beskikbare ondersteuning aan die persoon wat die verlies ly, en hoe hy/sy deur die rouproses kan werk. Streng gesproke oorkom 'n mens nooit 'n ernstige verlies nie. Mens leer om daarmee saam te leef en om die verlies te verenig in 'n groter geheel, maar jy vergeet nooit.
Om verlies te deel
Mense is ingebore sosiaal en het nodig om ten minste sommige van hul gevoelens te deel om dit doeltreffend te verwerk. Om tyd alleen te spandeer na die ervaring van verlies, is belangrik. Dit is ook net so belangrik om saam met iemand te rou. Dis nodig om die verloop van ons verlies te herroep. Dis 'n normale en doeltreffende manier om verlies te verwerk.
Sommige mense mag vind dat ondersteuningsgroepe baie nuttig is om hierdie rouproses te verwerk. Ander mag 'n intieme vriend kies om sy/haar gevoelens mee te deel. Nog ander mag 'n professionele raad as 'n klankbord gebruik om hul gevoelens te lug. Predikante kan ook behulpsaam wees; gebed en meditasie ook. 'n Hospies voorsien ook raadgewers.
Leer hoe om te rou
Dis belangrik om te onthou dat ons almal een of ander tyd rou. Om te rou is 'n belangrike lewensvaardigheid wat ons moet aanleer en ook na ons kinders oordra. Dit stel ons en hulle in staat om dit meer doeltreffend baas te raak en om die betekenis van die wêreld duideliker te verstaan. Wanneer rou intens is, kan ons maklik oorweldig raak deur ons magdom emosies en begin dink daar is iets verkeerd met ons; dat ons die eerste en enigste mense is wat ooit so gevoel het. Ons mag selfs ons diepsinnige verbondenheid aan die mensdom en ons emosionele gemeenskaplikheid uit die oog verloor.
Terwyl ons deur gevoelens van afsondering beweeg, is dit natuurlik om die behoefte voel om weer te bind met ander mense. 'n Tydsbeproefde manier om dit te bereik is
om ons verhaal te deel. Daar kom 'n tyd om alleen te wees en 'n tyd om verhoudings weer herstel, 'n tyd om afsondering te ervaar en 'n tyd om gepamperlang te word.
OPSOMMING
Die ware doel van die sterwensproses is om al die gebeurtenisse van ons leeftyd op te los sodat ons gereed sal wees vir die volgende fase van lewe. Dis 'n reusagtige taak, maar die sterwensproses is ontwerp om ons te help om ons doel te bereik.
Ons sal nooit geheel en al gereed wees vir die oorgang na die dood nie, selfs al doen ons baie ondervinding op omtrent oorgange dwarsdeur die loop van ons lewe. Ons ontwikkel inderdaad ons eie persoonlike styl om sodanige oorgange te hanteer. Tog, as die dood kom, word ons oorweldig deur die enorme omvang daarvan.
Oorgange is hoofsaaklik tye van versnelde leerkurwes en geestelike groei. Alhoewel ons dit skrikwekkend vind, verlang ons tog na die voordele daarvan – om Huis toe te gaan.
Emily Dickenson, wat die mees algemene gebeurtenisse in digvorm kon vertolk, het net voor haar dood gesê:
"Let us go in; the fog is rising"
Emily Dickenson (1830-1886), Amerikaanse digter
|
6c51ff17-2809-4392-9add-0a041fc6fd5e-1
| 1 |
Toelatingsbeleid van Hoërskool Parel Vallei
Aanvaar deur die Beheerliggaam ingevolge Artikel 5(5) van die Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van 1996
1. Interpretasie
Tensy die konteks anders aandui, beteken, in hierdie beleidsdokument:-
1.1.
die Wet die Suid-Afrikaanse Skolewet no 84 van 1996 (soos gewysig);
1.2.
Opvoeder
1.3.
Voederarea
1.4 Finansiële verligting
1.5. Leerder
enige persoon, uitsluitend 'n persoon wat aangestel is om uitsluitlik buitekurrikulêre pligte uit te voer, wat leerders by die Skool leer, onderrig of afrig en wat deur die Beheerliggaam van die Skool of die WKOD aangestel is;
Slegs leerders wat binne die gebied wat deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement beskryf word as "Metropool-Oos" sal oorweeg word. Voorkeur sal gegee word aan leerders wat binne die volgende gebied woon: vanaf Kirkiastraat in die noorde, langs 'n oostelike roete wat die SomersetWes hoofweg volg, tot by die "Old Bridge". Van daar, in 'n noord-oostelike rigting wat die Lourensrivier volg, tot by die Vergelegenhek. Vanaf daardie punt, al langs die munisipale grenslyn wat die voorheuwels van die Helderberg volg tot en insluitend Bel'aire. (Voorkeur sal gebaseer wees op die toelatingsinligting wat ons van die leerder se huidige skool ontvang.)
Finansiële verligting soos in paragraaf 6 uiteengesit.
enige persoon wat onderrig ontvang of verplig is om onderrig te ontvang ooreenkomstig die Wet;
1.6. Ouer:
1.6.1. die biologiese of aangenome ouer(s) van 'n leerder;
1.6.2. die persoon wat wettiglik geregtig is op die voogdyskap oor 'n leerder;
1.6.3.
die wettige voog(de) van 'n leerder;
1.6.4.
'n persoon wat onderneem om die verpligtinge te vervul van 'n persoon waarna verwys word in paragrawe 1.6.1, 1.6.2 en 1.6.3 teenoor die Leerder se opvoeding by die skool;
1.7.
die Skool die Hoërskool Parel Vallei.
2. Dokumentasie wat benodig word vir die toelating van 'n leerder
2.1. Beide ouers moet die aansoekvorm volledig invul en beide biologiese ouers moet die aansoekvorm om toelating van 'n leerder teken op die vorm wat van tyd tot tyd deur die Skool voorgeskryf word. Die aansoekvorm, tesame met die bykomende dokumente, soos beskryf in subparagraaf 2.2 hieronder, moet by die skool afgelewer word teen die datum wat deur die Skool geadverteer sal word. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wie se aansoeke volledig voltooi is en betyds ingelewer is.
2.2. Wanneer 'n ouer aansoek doen om toelating van 'n leerder, moet die ouer die volgende toon:
2.3. 'n Ouer sal die reg hê om tesame met die aansoek, sodanige addisionele dokumentasie in te dien wat sal aantoon dat instemming met die toelatingskriteria hieronder beskryf, getoon word.
3. Getal Leerders
3.1 'n Leerder-onderwyser-verhouding van 33:1 (Grade 8 en 9) en 30:1 (Grade 10 – 12) sal gehandhaaf word.
3.2. Die skool sal in 2018 'n maksimum van 260 leerders in graad 8 toelaat.
4. Toelatingskriteria
4.1. Voorkeur sal aan Leerders gegee word wat:
4.2. In die geval dat, na die toepassing van die kriteria waarna in subparagraaf 4.1 verwys word, kandidate gelyk is, sal voorkeur verleen word aan leerders wat voorheen benadeel is as gevolg van onregverdige diskriminasie in die verlede.
5. Appèl
Die leerder of die ouer van 'n leerder mag appèlleer teen die besluit om toelating te weier by 'n lid van die Uitvoerende Raad ingevolge Seksie 5(9) van die Wet.
6. Finansiële verligting
6.1 Ouers sal aan die nodige kriteria moet voldoen vir die toestaan van finansiële verligting.
6.2 Indien die skool sekere voorwaardes instel vir die toestaan van finansiële verligting, sal die ouer en leerder(s) betrokke deur sodanige voorwaardes gebind wees.
6.3 Finansiële verligting sal onmiddellik opgeskort word indien een of meer van die volgende voorkom:
6.3.1 Die ouers voldoen nie meer aan die vereistes vir die toestaan van finansiële verligting nie;
6.3.2 Die ouers en leerders betrokke, weier om enige van die voorwaardes deur die skool beveel/voorgeskryf na te
|
<urn:uuid:e8af1e84-b90b-4b6d-8946-670faead39e8>-0
| 1 |
WAT JY WIL WEEET OOR COVID-19 VAKSINE
AFRIKAANS
WAT JY WIL WEET OOR COVID-19 VAKSINE
♦ Ons is baie bly dat persone tussen 18 – 34 vanaf 1 September 2021 ook kan regstreer om hul vaksines te ontvang.
♦ Ons glo dit is belangrik dat jy genoeg inligting het sodat jy die regte besluit kan neem.
♦ Down Sindroom Suid Afrika het besluit om hierdie inligting vir jou bymekaar te sit. Dit sal jou help om beter te verstaan hoe die proses werk as jy sou besluit om jou vaksien te kry.
♦ In ’n onlangse studie wat deur die Trisomie 21 Navorsing Vereniging onderneem is, is daar bewys dat persone met Down sindroom, veral die persone ouer as 40 en dié jonger as 40 jaar met ernstige kormobiditeite, ’n groter risiko het om ernstige infeksies te kry wanneer hulle met Covid-19 geïnfekteer word.
♦ Daar is nog geen bewyse gevind dat daar meer newe effekte na die toediening van vaksine is, vir persone met Down sindroom as vir die gewone populasie nie.
BELANGRIK:
Onthou jy het die reg om te kies of jy die vaksine wil hê of nie.
* Praat asseblief met jou ouers/versorger/mediese dokter oor vaksinering as jy onseker is of iets nie verstaan nie.
ALLES OOR DIE COVID-19 VAKSINE (INSPUITING)
Wat is die COVID-19 vaksine?
Die vaksine is daar om te keer dat mense wat Covid-19 kry nie ernsig siek word nie.
Die Covid-19 vaksine is ’n inspuiting op jou bo-arm.
Dit is nie seer nie, jy voel ’n knypie op jou vel.
Jy mag KIES om die vaksine te kry of nie!
Is al die vaksines dieselfde?
Nee, daar is verskillende vaksines wat kan voorkom dat mense nie ernsig siek word nie.
Is die vaksines veilig?
Al die vaksines is oor en oor getoets op mense om seker te maak dit is veilig om te gebruik.
Het die vaksine enige slegte nagevolge vir mense met Down sindroom?
Daar was nog niemand in die wêreld wat gesê het dat die nagevolge slechter is vir iemand met Down sindroom nie. Dit beteken dat persone met Down sindroom dieselfde reaksie het op die Covid-19 vaksine as enige ander persoon.
Wat om te verwag na die inspuiting?
♦ Jou arm mag dalk vir ’n dag of twee bietjie seer wees.
♦ Jy mag lyfseer hê vir ’n dag of twee.
♦ Jy kan baie moeg voel
♦ Jy mag dalk ’n kopseer kry.
♦ Jy kan nog steeds die COVID-19 virus kry maar jy sal nie so siek word nie.
♦ Onthou al het jy die vaksine gekry, moet jy nog altyd jou masker dra, jou hande was en ver genoeg van ander mense staan.
Na die inspuiting kan my arm seer wees, ek kan effens moeg voel en kopseer hê. Wees rustig die res van die dag en sê dadelik vir jou ouers of versorger as jy sleg begin voel.
Na ’n dag of twee gaan ek weer goed voel.
Voel jy bang of onseker om die COVID-19 vaksine te kry?
♦ As jy bang of onseker voel om die vaksine te kry, moet jy met jou ouers, versorger of dokter gesels. Hulle sal vir jou meer kan vertel en so kan jy dan 'n beter besluit maak.
♦ Jou ouer of versorger moet jou op die Departement van Gesondheid se aanlyn registrasie portal regstryer: https://sacoronavirus.co.za/evds/tscs/
WhatsApp: 0600 123 456 • SMS: *134*832+ID nommer – Geen ID nommer skakel *134*832#
Waar moet ek gaan om die inspuiting te kry en wat gebeur as ek daar aankom?
Jy kan ingespuit word by 'n hospitaal, /kliniek/ apteek of by jou dokter. Die proses mag verskil by die verskillende faciliteit.
♦ Onthou om jou ID kaart saam te neem
♦ Jy mag dalk in 'n tou sit of staan.
♦ 'n Verpleegster mag dalk jou bloeddruk en temperatuur meet.
♦ Een van jou ouers of helper mag heeltyd by jou bly.
Sheri Brynard se bloeddruk word geneem.
Sheri Brynard besig met haar vorm.
'n Covid-19 werker sal jou I.D. kaart of boekie vra.
♦ Jy mag dalk ook 'n paar vrae beantwoord.
♦ Jy mag gevra word om 'n vorm in te fil en om dit te teken.
♦ Dan sal jy in 'n ander ry gaan wag.
As dit jou beurt is om ingespuit te word sal jy geroep word na 'n kamer of afskorting.
♦ Jou ouer of helper mag saam met jou gaan.
♦ Jy moet weer jou I.D. en papiere gereed hou.
♦ Die verpleegster gaan vir jou vra of jy gesond voel. As jy sê ja word jy ingespuit.
♦ Na die inspuiting plak hulle 'n pleister op jou arm.
Sheri sê dit was nie vir haar seer nie. Sy het wel 'n ligte knypie op haar arm gevoel.
As jy wil kan jy verdowingsalf aansmeer, dit sal jou vel verdoof, dan sal jy nog minder voel as hulle jou inspuit.
Alles verby! Sheri sê dit was nie seer of moeilik nie!
Ek is klaar ingespuit, wat gebeur nou?
Jy moet vir 15 minute wag na jy jou inspuiting gekry het. Dit is om seker te maak dat jy nie allergies is of siek raak van die inspuiting nie.
♦ Die verpleegster mag dalk weer jou bloeddruk en temperatuur meet voor jy huis toe gaan.
♦ Onthou sommige vaksines moet twee keer ingespuit word, die verpleegster sal vir jou sê as jy weer moet kom en ook vir jou 'n datum gee.
♦ Wees rustig die res van die dag en sê dadelik vir jou ouers of versorger as jy sleg begin voel.
Elk mens reageer anders op die inspuiting:
♦ Sheri het effens moeg gevoel
♦ Sy het vir die eerste dag seer spiere gehad
Sheri moet vir 15 minute wag voor sy mag huis toe gaan.
Sheri het self besluit om die vaksine te kry. Dit was vir haar belangrik want sy werk elke dag met kinders en onderwysers.
Soos meeste mense het die vaksine haar nie ernstig siek gemaak nie. Sheri het ook nog nie Covid-19 gehad nie.
Niemand se reaksie op die vaksine is dieselfde nie:
Sheri het bietjie moeg gevoel
Op die eerst dag na die inspuiting het sy gevoel haar spiere is bietjie seer.
Jy moet 18 jaar of ouer wees om die vaksine te kry.
ONTHOU JY HET DIE REG OM TE KIES OF JY DIE VAKSINE WIL HÊ OF NIE.
BELANGRIK: INDIEN JY ERNSITGE MEDIESE TOESTANDE OF SIEKTES HET OF ERGE ALLERGISE REAKSIES OP ANDER VAKSINES GEHAD HET IS DIT BETER OM MET JOU DOKTER TE GESELS VOOR JY JOU LAAT VAKSINEER.
Down Sindroom Suid Afrika (DSSA) is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO 009-415) wat in 1986 gestig is. Dit is ‘n oorsigtelike nasionale organisasie wat hom be-ywer vir die bevordering en beskerming van die konstitusionele regte van persone met Down sindroom en ander soortgelyke intellektuele gestremdhede. DSSA het tans 12 streeks assosiasies en ondersteunings groepe regdeur Suid Afrika. Hierdie organisasie verskaf dienste aan persone met Down Sindroom en ander soortgelyke intellektuele gestremdhede, hulle families, versorgers of enige persoon wat hierdeur geraak word.
Down Sindroom Suid Afrika
Kontak: 012 001 2441 • 072 652 2377
Web tuiste:
|
651c06e7-9a61-41fa-bb6c-88ee5c18937a-0
| 3 |
22.3 BESWAARSKRIF: DS PA COETZEE EN DR HF VAN WYK TEEN 'N BESLUIT VAN SINODE 2012 – LIED 353 (Artt 33, 38, 239, 257)
A. Ds PA Coetzee stel die Beswaarskrif.
C. Ds HB Hattingh rapporteer namens die Kommissie Beswaarskrifte 2 – Liturgies.
B. Besluit: Die Beswaarskrif word verwys na Kommissie Beswaarskrifte 2 – Liturgies.
D. BESWAARSKRIF
Hiermee die ondergetekendes se beswaar teen 'n besluit van Sinode 2012:408, 3.1.
1. Besluit waarteen beswaar gemaak word
3.1 Aanbeveling
Besluit: Afgekeur. Lied 353 word goedgekeur.
In die lig van 2.3 keur die Sinode Lied 353 af
2. Agtergrond
Die kern van die beswaar is dat hierdie lied sterk Remonstrantse teologie verkondig, asook die leer oor die twee nature van Christus in gedrang bring:
Tydens die bespreking oor hierdie lied in Sinode 2012 is reeds dwaalleer in hierdie lied deur die beswaardes uitgewys. Die Kommissierapport erken dat daar teenoorstaande standpunte is en beveel aan dat die lied nie goedgekeur word nie. Tydens die stemming oor die saak word die Kommissierapport se aanbeveling afgekeur deur 'n meerderheidstem.
Remonstrantisme word in die Beswaarskrif uitgewys deur die woorde: Wie glo in Jesus Christus word nou sy eiendom (vers 3). Daarmee saam dat Jesus Immanuel word (vers 1) en dat Hy ons Verlosser word (Vers 2).
Die leer oor die twee nature van Christus wat in gedrang gebring word, word uitgewys in die woorde dat Christus Immanuel word (Vers 1) en dat Hy ons Verlosser word (vers 2).
Beswaargrond 1: Ons het beswaar teen die woorde: Wie glo in Jesus Christus word nou sy eiendom
Motivering
Die gebruik van die woorde "wie glo" en opgevolg deur die woord "nou" impliseer dat die geloofskeuse by die mens lê, en as die mens in Christus glo hy die eiendom van Christus word.
1. Dordtse Leerreëls Hoofstuk 3 en 4 verwerp die dwaling (paragraaf 6) wat sê: Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Met die ware bekering van die mens word geen nuwe eienskappe, kragte of gawes in sy wil deur God gestort nie. Daarom is die geloof, waardeur ons die eerste keer bekeer word en gelowiges genoem word, nie 'n eienskap of 'n gawe wat deur God ingestort word nie, maar net 'n daad van die mens. Die geloof kan alleen 'n gawe genoem word vir sover as wat die mens deur sy eie vermoë daartoe kom.
2. In Lied 353 word duidelik gestel dat die mens die keuse het om die eiendom van Christus te word. Dus: dit is 'n Remonstrantse dwaling wat nie deel kan wees van ons liedereskat nie.
Die Sinode leer: Daarmee weerspreek hulle die heilige Skrif, wat getuig dat God nuwe eienskappe van geloof, gehoorsaamheid en die besef van sy liefde in ons harte uitstort: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart, en: Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou nageslag giet, en Die liefde van God is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. Hulle is ook in stryd met die voortdurende gebruik van die kerk van God, wat in die woorde van die profeet so bid: Bekeer my, dan sal ek my bekeer.
Beswaargrond 2: Jesaja 7:14 en 8:8 word buite konteks gebruik – Lied 353 is nie 'n Skrifberyming nie, maar word as 'n Skrifgetroue lied aanbeveel en daarom moet die lied die volle Godsopenbaring in ag neem.
Motivering
In die Kommissierapport wat voor Sinode 2012 gedien het, word hierdie Skrifgedeeltes gebruik om die idee te ondersteun dat Christus Immanuel geword het. Jesaja 7:14 en 8:8 word buite konteks gebruik.
Daar is geen verwysing by Lied 353 dat dit 'n Skrifberyming is nie. Die beroep op hierdie verse alleen is daarom nie geldig nie en mag nie as motivering gebruik word nie. Hierdie is 'n vrye lied wat veronderstel is om 'n Skrifgetroue lied te wees en moet daarom die volle Godsopenbaring in ag neem.
Beswaargrond 3: Die hele uitverkiesingsleer word in gedrang gebring deur die drie bewerings dat Jesus Immanuel en Verlosser word.
Die Dordtse Leerreëls stel baie duidelik dat die mens uitverkies is voor die grondlegging van die aarde (1.7 met verwysing van Efesiërs 1) en dat Christus voor die skepping reeds bestem is as Verlosser (1.7 bely duidelik God het Christus ook van ewigheid af tot Middelaar en Hoof van al die uitverkorenes en tot Fondament van die saligheid gestel. So het Hy ook besluit om die uitverkorenes aan Christus te gee om hulle salig te maak. Christus was dus Middelaar en Verlosser voor die mens geskep is. Daarom weerspreek hierdie lied Skrif en Belydenis.
Motivering
Prof Oosterhoff skryf in Christelijke Encyclopedie (Deel 3:584) die volgende oor die woord Immanuel:
As Engel van die Verbond was Christus alreeds in die Ou Testament teken van God se genade en trou, Hy is dus Immanuel van ewigheid af. Met sy geboorte het Hy nie Immanuel geword nie, maar Hy wat Immanuel is, het vlees geword. Hy is TEKEN van God se genade en trou.
Daarom is dit woord in de komst van Jezus Christus vervul. Hij is de ware I. Hij is het teken in deze wereld, dat God met ons is. Het teken van zijn genade en trouw.
Indien daar hermeuneties uitgegaan word van die feit dat die Skrif een Godsopenbaring bevat, word die Messias in die Ou Verbond losgemaak van die Christus van die Nuwe Verbond, wat totaal onaanvaarbaar is.
Gevolgtrekking: Lied 353 weerspreek Skrif en Belydenis.
Beswaargrond 4: Ons Belydenis oor die twee nature van Christus kom in gedrang.
Motivering
Die lied beweer dat Christus Immanuel word en Verlosser word eers met sy geboorte, maar dit is in stryd met ons Belydenis oor die twee nature van Christus:
Ridderbos verklaar in die Korte Verklaring (1952:36) die gedeelte uit Matt 1 23 so: "...... de Messias is Zelf de God-met-ons. Hij is de vervulling van al de beloften Gods in den loop der eeuwen, omdat in Hem God Zelf bij de mensen leeft en woon." Christus is dus deur die loop van al die eeue, ook in die Ou Testament, God met ons, Immanuel.
2. Ons bely in die Heidelbergse Kategismus, Sondag 18 die volgende (antwoord 48): 'Die Godheid kan immers deur niks ingeperk word nie en is orals teenwoordig. Hieruit moet volg dat die Godheid wel buite sy aangenome mensheid is, maar tog ook daarin is en persoonlik daarmee verenig bly."
1. Ons bely in die Geloofbelydenis van Athanasius (par 34-37): "En alhoewel Hy God en mens is, is Hy nogtans nie twee nie maar een Christus. Hy is een, nie deur verandering van die Godheid in die vlees nie maar deur die aanneming van die mensheid in God. Hy is in alle opsigte een, nie deur vermenging van die wese nie maar deur die eenheid van die Persoon. Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en mens een Christus..."
3. Ons bely in die Nederlandse Geloofsbelydenis, art 18 dat Christus Immanuel is en nie Immanuel geword het nie.
4. In art 19 van die NGB bely ons die verhouding van die twee nature van Christus onder andere soos volg: "Hierdie twee nature is só saam in een Persoon verenig dat hulle selfs deur sy dood nie van mekaar geskei was nie". In hierdie verband het die Sinode van
|
<urn:uuid:c3a4234d-9f00-42ec-8122-5d64aaadc050>-0
| 1 |
is nou".
Daar kan nie met stelligheid uit gemaak word dat die lied Remonstrants is nie aangesien die Bybel ook soms sodanige klem lê en omdat die Remonstrantse leer nie in sy konsekwensies in die lied voorgehou word nie. Daar word nie bewys dat dit 'n Remonstrantse dwaling is wat nie deel kan wees van ons liedereskat nie.
3.1.3 Aanbeveling: Die beswaar slaag nie op hierdie grond nie.
Besluit: Punte 3.1 tot 3.1.2 kennis geneem.
Besluit: Aanbeveling afgekeur en beswaargrond slaag.
3.2.1 Beredenering
3.2 Beswaargrond 2: "Jesaja 7:14 en 8:8 word buite konteks gebruik – Lied 353 is nie 'n Skrifberyming nie, maar word as 'n Skrifgetroue lied aanbeveel en daarom moet die lied die volle Godsopenbaring in ag neem. (Gevolgtrekking: dit is 'n Remonstrantse dwaling wat nie deel kan wees van ons liedereskat)"
Hierdie beswaargrond word gerig teen 'n beredenering van die Kommissierapport wat voor die Sinode 2012 gedien het en waarvan die Sinode (Acta 2012:408, 2.2.1a) net kennis geneem het. Daar is egter geen aanduiding in die besluit dat die Sinode die beredenering vir sy rekening geneem het nie en daarom kan daar nie beswaar gemaak word teen die beredenering nie. Hierdie beswaargrond is dus tegnies nie ontvanklik nie.
3.2.2 Gevolgtrekking: Die beswaardes toon nie hiermee aan dat die lied 'n Remonstrantse dwaling is nie.
Ook indien die inhoudelike oorweeg sou word, slaag die beswaargrond nie. Die beswaardes beweer: "In die Kommissierapport wat voor Sinode 2012 gedien het, word hierdie Skrifgedeeltes gebruik om die idee te ondersteun dat Christus Immanuel geword het. Jesaja 7:14 en 8:8 word buite konteks gebruik." Die beroep op hierdie Skrifgedeeltes is egter nie die enigste begronding vir die aanbeveling in die genoemde Rapport nie. Al sou dit dus kon bewys word dat dit buite konteks aangehaal is, sou dit slegs beteken dat 'n gedeelte van die begronding geskrap moes word, aangesien daar nie aangedui is dat die res van die begronding ongeldig is nie.
Besluit: Punte 3.2 tot 3.2.2 kennis geneem.
Besluit: Aanbeveling afgekeur en beswaargrond slaag.
3.2.3 Aanbeveling: Die beswaar slaag nie op hierdie grond nie.
3.3 Beswaargrond 3: "Die hele uitverkiesingsleer word in gedrang gebring deur die drie bewerings dat Jesus Immanuel en Verlosser word. (Gevolgtrekking: Lied 353 weerspreek Skrif en Belydenis)."
Die beswaardes stel by hierdie grond die waarheid van die uitverkiesingsleer en dat Christus voor die grondlegging van die wêreld reeds bestem was om Verlosser en Middelaar te wees. Hulle lei daaruit af dat die gedagte dat Christus Verlosser en Middelaar word die uitverkiesingsleer in gedrang bring. Hulle beweer ook dat daarmee 'n skeiding tussen die Ou en die Nuwe Testament teweeg gebring word. Die teendeel is egter dat die lied juis die eenheid tussen die Ou en die Nuwe Testament voorop stel deur in die eerste reël die menswording van Christus aan te dui as die vervulling van die Ou Testamentiese profesie.
3.3.1 Beredenering
Lied 353:2, 3 volg die gedagtegang van Johannes 1. Johannes 1 het in vers 1 die uitgangspunt dat die Seun self God is en dat alles wat bestaan deur Hom tot stand gekom het. Tog realiseer die verlossing van mense om kinders van God te wees eers in sy menswording (Joh 1; 12, 13). Die ewige Skeppingsmiddelaar 'word' dus ons Verlosser in die realisering van sy menswording in die tyd.
Besluit: Punte 3.3 tot 3.3.2 kennis geneem.
3.3.2 Gevolgtrekking: Die lied weerspreek nie die Skrif nie en bring nie die hele uitverkiesingsleer in gedrang nie.
3.3.3 Aanbeveling: Die beswaar slaag nie op hierdie grond nie.
Besluit: Aanbeveling afgekeur en beswaargrond slaag.
3.4 Beswaargrond 4: "Ons Belydenis oor die twee nature van Christus kom in gedrang. Die lied beweer dat Christus Immanuel word en Verlosser word eers met sy geboorte, maar dit is in stryd met ons Belydenis oor die twee nature van Christus."
Die belydenis van Athanasius stel in artikel 29-35:
3.4.1 Beredenering
29 Maar vir die ewige saligheid is dit nodig dat hy getrou aan die menswording van ons Here Jesus Christus moet glo.
31 Hy is God uit die Wese van die Vader, voor alle tye gegenereer, en mens uit die wese van sy moeder, in die tyd gebore;
30 So is die opregte geloof dan: Ons glo en bely dan dat ons Here Jesus Christus, die Seun van God, tegelykertyd God én mens is.
32 volkome God, volkome mens met 'n redelike siel en menslike vlees;
34 En alhoewel Hy God en mens is, is Hy nogtans nie twee nie maar een Christus.
33 na die Godheid aan die Vader gelyk, na die mensheid minders as die Vader.
35 Hy is een, nie deur verandering van die Godheid in die vlees nie, maar deur die aanneming van die mensheid in God.
Die woord 'word' in die lied word nie gebruik om die begin nie, maar om die vervulling en/of voltooiing van God se belofte en die Ou Testamentiese profesie aan te dui wat in Matteus 1:21, 22 geskryf staan. Die strekking van Lied 353 volg dus in aansluiting by Johannes 1:14 die openbaringshistoriese lyn van ons Heiland se koms:
Die twee nature van die Seun van God wie van ewigheid ware God is, bestaan dus eers sedert sy menswording. Sedert Hy die mensheid in die Godheid aangeneem het, kan die twee nature nooit weer geskei word nie. Die feit dat Hy sou mens word is reeds in die raadsplan van God bepaal. Daarom word dit reeds in die Moederbelofte duidelik geprofeteer. Dit het egter eers gerealiseer toe dit in die tyd fisies gebeur het. Hierdie heilsgebeure was noodsaaklik vir die realisering van al God se beloftes van verlossing en versoening wat nooit sou kon realiseer as Hy nie ook ware mens sou word nie. Openbaring 5 teken hierdie gebeure. Johannes huil wanneer niemand gevind kan word wat waardig is om die boek oop te maak nie. Of hierdie boek die boek van die lewe of die boek van God se raadsplan is, is nie seker nie. Die betekenis bly egter dieselfde, naamlik dat die mens gedoem is indien hierdie boek nie oopgemaak word nie. Dit is slegs die Lam wat geslag is wat bevoeg is om die boek oop te maak aangesien die verlossing van die mens afhanklik is van die voldoening van Christus in sy mensheid.
"So lief het God die wêreld, Hy gee vir ons sy Seun – só word Hy ons Verlosser, ons Middelaar en Steun"
Besluit: Punte 3.4 tot 3.4.2 kennis geneem.
3.4.2 Gevolgtrekking: Die "word" van die lied is nie 'n miskenning van die twee nature van Christus nie, maar 'n erkenning van die noodsaak daarvan.
3.4.3 Aanbeveling: Die beswaar slaag nie op hierdie grond nie.
Besluit: Aanbeveling afgekeur en beswaargrond slaag.
4. Gevolgtrekking
Besluit: Aanbevelings afgekeur en beswaargronde slaag.
Nie een van die beswaargronde slaag nie.
5. Aanbeveling
Besluit: Aanbevelings afgekeur en Beswaarskrif slaag in geheel.
Die Beswaarskrif slaag in sy geheel nie.
|
<urn:uuid:c3a4234d-9f00-42ec-8122-5d64aaadc050>-1
| 1 |
DIE WEERGAWE VAN ADONAJ IN 'N BYBELVERTALING
A H VAN ZYL
In drie van sy bylaes verwys die deputate van die Gereformeerde Kerk van die Klassis Pretoria-Sentraal na die feit dat die Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (NAV) geen verskil maak tussen die vertaling van *adonaj* en die Verbondsnaam Jahweh nie. Daardeur sou die verbondsleer van die Skrif dan in die gedrang kom (vgl. Bylaes A, 1—2; C, 9—11 en D, 5). As voorbeeld kies die opsteller(s) van bylaag A dan 1 Kon. 3:5 om te verduidelik hoe die NAV se weergawe probleme skep "in die deurgee van die betekenis van die oorspronklike."
Ek vermoed die opstellers het hulle hierin laat lei deur die "kunsmatige" onderskeid van Van Gelderen in die gebruik van die drie name JHWH, Elohim en Adonaj in 3:5—15. Natuurlik is dit in die algemeen waar dat dié drie name elk 'n eie aksent gehad het, en dat daar wel tekste in die Ou Testament is waar 'n doelbewuste keuse uitgeoefen is. Maar dit geld tog nie van elke teks nie, veral nie in 1 Kon. 3:5—15 nie. Na die indrukwekkende betoog van die opsteller(s) van die bylaag, eindig dit met die woorde: "Nou verskyn God aan Salomo as *Jahweh* en nie as *Adonai* (vers 10) of Elohim (vers 5) nie — wat beteken: God sorg vir Israel." En nou vra ek vir dié geleerde deputate: "Hoe moet die Naam "God" terugvertaal word in die Hebreeus? Is dit Jahweh wat sorg of Elohim?" Ons kan tog aanvaar dat dit hier waar dit gaan om die voortbestaan van Israel (en die Dawidshuis) 'n verbondsangeleenheid is. Sou hulle nie moes sê "Die Here sorg vir Israel" nie? Maar aan die ander kant moet daarop gelet word dat die naam Jahweh ook draer is van die boodskap dat Hy magtig is en "in staat is om aan Salomo enigiets te gee" (volgens die deputate kan net God die Almagtige, dus Elohim dit doen). Daarom vra ek of die man wat die lied van Moses vir ons verwoord het onder die hand van die Gees van God net so oningelig, onregssinnig en verbondslos was as die eindredaksie van NAV? In Eks. 15:1—18 word die naam Jahweh deurgaans in 'n konteks gebruik waar dit gaan om die mag van die Here, nie net oor Egipte se oorlogskarre en leër nie, maar ook oor die skeppingselemente: seewater, aarde en wind. Hoekom is die naam Elohim "die Skepper van hemel en aarde" nie in 15:4—5, 10 gebruik nie? En as Van Gelderen en die deputate se opvatting oor die gebruik van Adonaj dan so konsekwent deurgevoer is in die Ou Testament, moes die lied van Moses
ook 'n plekkie gehad het vir Adonaj "de Opperheer" wie se keuse vir Israel gekontrasteer moes word met wat sy vyand sê (9). Dit is merkwaardig hoe Van Gelderen en sy navolgers, die Gereformeerde deputate, 1 Kon. 3:5—15 se gebruik van die name Jahweh, Elohim en Adonai net volg so ver as dit in hulle argument pas. In 3:15 is Salomo terug in Jerusalem en daar gaan staan hy voor die 'arôn berrt adonaj: die verbondsark van Adonaj, nie van Jahweh nie. Ja, ook Adonaj het met die verbond te maak. Hy is nie "Opperheer" los van die verbond nie. By die inlê van gedagtes en betekenisse en die wisselende naamgebruik moet ons oppas dat ons nie later as't ware "drie gode" in 1 Kon. 3:15 kry nie: 'n Verbondsgod, 'n Skeppergod en 'n Oppergod. Dié soort skrifuitleg herinner aan Joodse midrasj.
Moet daar in 'n psalm soos Ps. 68 nou aan die Skeppergod, dán aan die Verbondsgod en dán weer aan die "Opperheer" gedink word? Vir enige welmenende Bybelleser, teoloog of kommentaarskrywer is dit tog duidelik dat die feesoptog waarna 68:25 verwys, bestaan uit lede van die verbondsvolk: sangers, meisies en lede van die volk. Hulle sing God se lof, en in 68:26 is Elohim en Jahweh as sinonieme gebruik. Dit gebeur dikwels in die psalms. Of loof die sangers in diens van die verbondsheligdom waar hulle altyd gesing het "Loof die Here" (vgl. 1 Kron. 16:7) nou ewe skielik die Skeppergod?
Maar om terug te kom na die weergawe van die woord Adonaj en daarmee saam die naam Jahweh waaroor die hele Gereformeerde Kerk so gaande is. Heiberg\(^4\) het reeds die aandag van sy kerkgenote gevestig op die probleme wat Bybelvertalers het met die weergawe van die name Jahweh en Adonaj. Die deputate kies vir die tradisionele weergawe van die vier konsonante JHWH met: "die HERE" in navolging van die besluit van die Dordtse Sinode wat by gebrek aan 'n beter woord besluit het op die woord "Heere" wat dan met hoofletters geskryf moet word: "HEERE". So is dit gedoen in die Statevertaling, en op die hoofletters is waarskynlik besluit na aanleiding van die skryfwyse LORD in die Authorised (King James) Version van 1611.\(^5\) Dit is opvallend dat Luther hierin aansluit by 'n Bybelse vertaaltradisie wat in die Nuwe Testament opgeneem (en gesanksioneer) is. Die Griekse vertaling (die LXX) het JHWH naamlik vertaal met Kurios, en so is dit weergegee in Ou-Testamentiese aanhalings in die Nuwe Testament. Hiervan is Matt. 22:44 'n goeie voorbeeld. Dit is 'n aanhaling uit Ps. 110:1, maar volgens die LXX-vertaling (109:1), wat die Hebreeuse woorde Jahweh en Adonaj albei met Kurios weergee. Ook die Vulgaat gebruik in albei gevalle "Dominus". Daarom vertaal Luther Ps. 110:1 "Der Herr sprach zu meinem Herrn."\(^6\) Daarteenoor het die Authorised Version onderskei tussen "LORD" en "Lord", die Statevertaling tussen "HEER" en
"HERE" en "Here", onderskeidings wat slegs vir die ingeligte leser iets te sê mag hê. Die hoorder wat na die Woord luister, merk niks van hierdie optiese tegniek nie. Dieselfde geld van die oningeligte leser wat dan in Matt. 22:44 in die Statevertaling lees: "De HEER heeft gezegd tot mijnen Heer", of in die 1933-vertaling: "Die HERE het vir my Here gesê." Sou die Bybelleser nie kon vra (en dit geld van die hele Nuwe Testament): "Wat het van die HERE van Ps. 110:1 (en van die res van die Ou Testament) in die Nuwe Testament geword?" nie.
Die vertalers van NAB het nie ligtelik met die weergawe van die name van God te werk gegaan nie. Tekens van hulle worsteling is byvoorbeeld te sien in die proefvertaling van 1970. Maar uiteindelik is hulle gelei deur dieselfde beginsel as dié waardeer die Vulgaat, die Erasmusvertaling van die Nuwe Testament en Luther gelei is. En die beginsel is daarin te vind dat die Nuwe Testament nie net die vertaling van die naam Jahwe gesanksioneer het nie, maar ook vir ons geleer het om dit te doen soos die LXX dit gedoen het. Daarom het ons nié, soos bg. deputate voorskryf, die naam Jahweh onvertaald opgeneem nie.
Maar wanneer sowel Jahweh as Adonaj met die Here, eg. met of sonder vier hoofletters geskryf, weergegee word, kom vertalers voor 'n nuwe probleem te staan. Deurdat die vorm Adonaj Jahwe (of: Jahweh Adonaj) voorkom (bv. Jos. 7:7, Rig. 6:22) ontstaan die on-Afrikaanse vorm Here HERE (of die Here HERE, bv.
|
<urn:uuid:598dd0ec-e20d-4496-9582-86e952f3baae>-0
| 1 |
Die wêreld het jou nodig | 7 Mei 2023 | Ds. Teodor van der Spuy
[email protected]
Verwelkoming & Gebed:
Kan ek nee en Here in diesefde sin gebruik?
Mei -maand is by Moreleta Kerk Heilige Gees maand. Ons wil jou hart voorberei vir dit wat die Here wil kom doen. Veral in die kringe wil ons vir mense 'n vars belewenis van God se Gees kom uitwys. Die kerk was futloos en sonder krag tot en met die koms van die Gees. Daarom vra Mei -maand om ook 'n "ja maand" te wees. 'n Maand vol geloof, vol gehoorsaamheid en vol van ''ja'' vir Jesus.
Skrifgedeelte:
Handelinge 10:9-14
"Nooit nie, Here!" het Petrus gesê. "Ek het nog nooit iets wat onrein is, geëet nie."
Die volgende dag, toe Kornelius se afvaardiging al naby die dorp was, het Petrus dakstoep toe gegaan om te bid. Dit was teen twaalfuur die middag, en hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle die ete klaarmaak, het hy in geestesvervoering geraak. Hy het die hemel oop gesien en iets soos 'n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word en afkom grond toe. In die doek was allerhande diere, reptiele en voëls. 'n Stem sê toe vir hom: "Staan op, Petrus! Slag en eet!"
1. Petrus het nee en Here in dieselfde sin probeer gebruik. Hoekom dink jy is dit nie moontlik nie.
3. Wat was die belangrike uiteinde van Petrus se "ja"?
2. Wat is die definisie van "'Here" in die Bybelse konteks?
4. Dink jy Petrus se ja is deel van die rede dat jy vandag in die kerk aan die Suidelike Punt van Afrika sit? Lees Handelinge 10:34
Dit is God se hart. Hy is lief vir mense en wil elkeen laat verstaan dat Hy nie ons sonde teen ons hou nie. Hy gebruik gewone mense soos ek en jy om daardie ja van Jesus 'n realiteit vir mense te maak.
Jesus was die groot Ja oor alle mense.
1. Het die Gees al vir jou goed gewys waaraan jy gehoorsaam moet/moes wees wat jy vandag kan bely jy geignoreer het?
God dalk intensioneel oor jou pad gestuur het sodat hulle Jesus deur jou kan ontmoet?
2. Handelinge 10:19 vertel die verhaal van manne wat na Petrus toe gestuur word deur die Heilige Gees. Is daar mense in jou lewe wat
Die Delta week (Pinkster) by Moreleta Kerk is 'n groot gebeurtenis waar ons die Here vertrou om op prominente manière sy Gees uit te stort op die gemeente soos wat Hy gedoen het vir Sy dissipels.
2. Gee vir elke persoon in die kring die geleentheid om 'n "big faith" gebed te bid in afwagting vir Delta week. Groot geloof is aanneemlik vir God. Kom ons bid groter gebede oor mekaar se lewens en oor die kerk.
1. Bid dat die Here julle kring se harte in eenheid sal bind om 'n groot verwagting te koester van wat die Here gaan kom doen in Pinkster.
Kliek hier
Kliek hier om weer te kyk.
Berading
- Moreleta Wholeness Sentrum [email protected]
012 997 8035
Gesels met jou kring oor die rol van die Heilige Gees in jou
|
75232da0-0eaa-472d-9829-8339ea851462-0
| 1 |
Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE wenke wat sal verseker dat mense van jou sal hou, op.
2. Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die wenke van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C: WENKE OM TE VERSEKER DAT MENSE VAN JOU SAL HOU
Is jy alleen, eensaam en sonder vriende? Jy wil graag hê dat mense van jou hou. Maar hoe doen jy dit? Hier volg 'n paar wenke wat jou kan help.
Mense se name is belangrik. Sommige mense word kwaad as hul name verkeerd uitgespreek word. Die verkeerde uitspraak van 'n naam kan die betekenis daarvan verander. Vir baie mense verteenwoordig hul name wie hulle is. Dit is dus belangrik dat jy mense se name korrek uitspreek, veral wanneer jy met hulle praat.
Wie hou van onvriendelike mense? Onvriendelike mense skrik ander af. Die ideale manier om grense tussen oud en jonk, man en vrou en verskillende tale af te breek, is 'n vriendelike glimlag. Terselfdertyd oefen jy jou gesigspiere!
Mense gesels graag oor die dinge waarin hulle belangstel soos hul werk, sport, kos en stokperdjies. Dit werk wonderlik as jy met mense gesels oor die dinge waarin hulle geïnteresseerd is.
In sekere gevalle is konfrontasies onvermydelik, maar probeer sover moontlik om moeilike situasies wat tot argumente kan lei, te vermyn. Hierdie vermoë word deur baie mense bewonder.
Jy moet ook leer om nie so maklik ander mense se gedrag te kritiseer nie, want mense kritiseer gewoonlik omdat hulle nie ander mense se optrede verstaan nie.
Jy wil ook graag vriende maak en mense nader trek – wees dus 'n positiewe persoon. 'n Uitstekende voorbeeld van iemand met 'n positiewe persoonlikheid was Suid-Afrika se voormalige president, Nelson Mandela.
Almal begaan foute. Wanneer jy verkeerd is, vra onmiddellik om verskoning. Dit help om enige moeilike situasies te red.
[Verwerk uit: http://www.pitkos.co.za]
Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE wenke oor hoe om kritiek met grasie te hanteer, op.
2. Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die wenke van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C: HANTEER KRITIEK MET GRASIE
Niemand hou daarvan om gekritiseer te word nie. Daarom lei kritiek dikwels tot negatiewe emosies. Wat kan jy doen om kritiek positief vir jou te laat werk? Tejvan Pettinger gee die volgende wenke.
Voel jy miserabel oor kritiek? Al mag kritiek vir jou negatief lyk, is daar gewoonlik 'n stukkie waarheid in. Evalueer eerstens kritiek om te kyk of dit dalk regverdige kritiek is oor iets wat jy wel verkeerd gedaan het. 'n Belangrike wenk is om onregverdige kritiek te ignoreer as jy weet dat jy onskuldig is.
Die persoon wat jou kritiseer se aggressiewe stemtoon of lyftaal kan dieselfde reaksie by jou uitlok. Daarom is dit absoluut nodig dat jy so kalm moontlik op kritiek moet reageer as jy met grasie wil optree.
Nog 'n wenk is om nie dadelik op kritiek te reageer nie! Die rede hiervoor is dat, as jy tot later wag, jy minder kwaad of seergemaak sal voel. Hoe moet jy op kritiek reageer om te wys jy is in beheer? Glimlag terwyl jy na die kritiek luister, selfs al voel jy nie gelukkig daaroor nie.
Die moeilikste wenk is seker om nie kritiek persoonlik op te neem nie. Oorsensitiewe mense vergeet gewoonlik kritiek handel oor iets wat hulle doen en wat hulle kan verander. Daarom gaan sit hulle in 'n hoekie om hulself te bejammer.
Waardeer dit as iemand jou regverdig kritiseer. Daardie persoon kon jou geignoreer het sodat jy later weer dieselfde fout maak.
As jy hierdie wenke volg, kan jy kritiek met grasie hanteer.
[Verwerk uit: http://www.lifehack.org]
Lees die onderstaande teks deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE redes waarom elektroniese speletjies vir volwassenes goed is, op.
2. Skryf die redes PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die redes van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C: ELEKTRONIESE SPELETJIES IS GOED VIR VOLWASSENES
Kla jou ouers dat jy hopeloos te veel tyd aan elektroniese speletjies bestee? Miskien moet hulle begin saamspeel. Die jongste navorsing gee die volgende redes waarom elektroniese speletjies ook vir volwassenes goed is.
Baie volwassenes is depressief en moeg na 'n dag se werk. Hulle lewens bestaan mos net uit werk, rekeninge en verantwoordelikhede. Elektroniese speletjies kan sulke volwassenes help om te ontspan. Ontspanne volwassenes is mos gelukkiger mense. Elektroniese speletjies help hulle ook om meer gebalanceerd te lewe, want terwyl hulle speel, is die verantwoordelikhede van die lewe op die agtergrond.
In die Verenigde State van Amerika speel meer as vyftig persent van die volwassenes elektroniese speletjies. Dit help hulle om op sosiale vlak met nuwe mense te gesels, want 'n speler het altyd iets om oor te praat as hy/sy 'n medespeler aanlyn ontmoet.
Dit is belangrik dat enige paarjie elektroniese speletjies saamspeel. Volgens navorsing versterk dié kwaliteit tyd van saamspeel die paarjie se verhouding.
Navorsing het bewys dat elektroniese speletjies kreatiwiteit stimuleer. Volwassenes kan hierdie kreatiwiteit na ander fasette van hul lewens oordra. Elektroniese speletjies kan ook kompeterend wees. Deur kompeterend te speel, kan 'n volwassene leer dat wen of verloor deel van die lewe is.
Oog-handkoördinasie is baie belangrik. Goeie oog-handkoördinasie beteken byvoorbeeld dat jou hande en oë kan saamwerk, soos wanneer jy bestuur. Elektroniese speletjies verbeter volwassenes se oog-handkoördinasie.
As jou ouers dus weer oor elektroniese speletjies kla, nooi hulle eerder om saam met jou te speel.
[Verwerk uit www.lifehack.org]
Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE hoofgedagtes vir 'n uitstaande CV in jou eie volsinne op.
2. Skryf die hoofgedagtes PUNTSGEWYS neer.
3. Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
'N UITSTAANDE CV
Dikwels doen verskillende mense aansoek om dieselfde pos. Daarom is dit belangrik dat jou CV baie goed moet wees om bo die res uit te staan. Dis eerstens belangrik om seker te maak dat jy al die noodsaklike inligting (soos persoonlike inligting, opleiding, vaardighede, ervaring en referente) in jou CV noem. 'n Suksesvolle CV word professioneel aangebied. Dit beteken dat jy jou inligting moet groepeer en skoon, wit, ongekreukelde papier en 'n A4-koevert moet gebruik. Onthou: jy wil hê die mense moet ten minste jou CV lees. Wees daarom kreatief met jou CV. Voorbeelde van kreatiwiteit is die byvoeging van
|
4971859e-79c7-434e-a7f8-c13caf28d74c-0
| 2 |
WEEK 3: HOOF SHAWL - EINDE
Welkom terug! Laat ons gou gesels oor hoe fantasties en prettig dit is om vir elke kleur te wag om te verskyn uit jou wolkoek van Woltraum! Ek gaan nou nie 'n leun vertel nie, Ek het 'n paar keer laat opgebly net om by die volgende kleur van die wol uit te kom! Hierdie week gaan ons die armholtes maak en die res van die shawl se hoofdeel klaar maak.
As jy die Inligting/Benodighede/Spanning deel gemis het, kan jy op hierdie skakel druk om dit te kry:
INSERT LINK
As jy die Week 1 & 2: Hoof Shawl – Begin & Middel deel gemis het, kan jy op hierdie skakel druk om dit te kry: INSERT LINK
Hier is die ongelooflike vertalings vir die week beskikbaar:
INSERT LINKS HERE
Laat ons weg spring:
Steek Sleutel:
slaan oor
ks(e): kettingsteek(e)
so:
lb: langbeen
sp(s): spasie(s)
vlg: volgende
st(e): steek(e)
kb: kortbeen
gls: glip steek
NOU GAAN ONS DIE SPASIES VIR DIE ARMHOLTES MAAK!
Die foto wys 'n oorsig van wat ons gaan doen:
Hier gaan jy moet besluit of jy die misses of plus grootte gaan maak oor die rug.
Ek het baie konserwatief gesê 2X, ek voel dat dit baie gemaklik vir effens groter ook sal pas, maar ek gaan vir jou afmetings gee sodat JY self kan besluit of hierdie kledingstuk vir jou gaan pas en watter grootte jy moet kies.
Die beperkende afmeting van hierdie kledingstuk is "oor die rug" en is gemeet van onderarm holte tot onderarm holte oor die rug. Moenie die maatband rek nie, laat dit net oor die rug lê. Indien jy beplan om die kledingstuk oor ander klere te dra, sal jy dit moet meet met soortgelyke klere aan sodat dit ingereken kan word vir gemak wanneer jy dit gaan dra. Meet "oor die rug" soos gewys in die foto:
Die afmeting soos hier bo vertoon op die klaar gemaakte kledingstuk wanneer stewig gestrek:
(Hierdie is die MAKSIMUM afmetings. Wanneer net gedrappeerd op die lyf, is dit natuurlik kleiner. Maar die materiaal is baie oop en rekbaar, dit laat 'n groter variasie op groottes wat sal pas).
Oor die Rug: Ongeveer 18″ vir die Misses en Ongeveer 24″ vir die Plus
Wanneer jy hierdie afmetings gebruik, kan jy bepaal of dit jou gaan pas op 'n manier waarvan jy hou. Ek het al 4X dames met 'n oor die rug afmeting van 23" gehad wat ja gesê het vir die ontwerp. Ek het al 2x dames met 'n 26" oor die rug afmeting gehad wat nee gesê het vir die ontwerp. Elke persoon se lyf verskil, so die afmetings is verskaf sodat jy kan besluit.
***Die materiaal is REDELIK rekbaar, indien jy tussen die groottes is of naby daaraan, mag jy dalk 'n grootte KLEINER wil maak.
Die verandering in die patroon word aangedui as (MISSES, PLUS). Die ENIGSTE verskil tussen die twee gaan die afstand oor die rug tussen die armholtes wees. Gaan deur die stappe en merk die instruksie wat van toepassing is op die grootte wat jy gaan maak, as jy wil.
EERSTE ARMHOLTE:
*Plaas die werk so dat die steek waar jy af geheg het in Ry 24 aan die regterkant bo is.
Lus #1: Heg weer die draad met 'n gls in die 2 de kb aan die bokant van die (9 de /8 ste ) driehoek in van die regterkanste rand, 47 ks, gls in die 1 ste kb aan die bokant van die (13 de /12 de ) driehoek van regs, slaan die (10 de -12 de /9 de -11 de ) driehoek bokante tussen in, heg af.
TWEEDE ARMHOLTE:
Lus #2: Hou die kledingstuk in dieselfde posisie as in stap 1 bo en tel weer van regs na links, heg weer die draad met 'n gls in die 2 de kb in die (18 de /19 de ) driehoek se bokant, 47 ks, gls in die 1 ste kb aan die bokant van die (22 ste /23 ste ) driehoek van regs, slaan die die (19 de -21 ste /20 ste -22 ste ) driehoek bokante tussen in, heg af.
NOU, gaan ons aan met die patroon steek en RYE om die boonste rand van die shawl te maak.
NOTA: Ry 25 is afgebreek in stappe om dit makliker te kan volg.
Ry 25: Heg jou draad met 'n gls in dieselfde st (die vyfslag langbeen steek) as die af gehegde steek aan die einde van Ry 24, 1 ks, kb in dieselfde st, lb in vlg 5 kse, kb in vlg 2-ks sp, *lb in 1 ste 5 kse van die vlg 11-ks lus (maak seker jy slaan nie die 1 ste een wat kan toe trek nie), 2 ks, lb vlg ks, 2 ks, lb in die laaste 5 kse van dieselfde 11-ks lus, kb in vlg 2-ks sp, herhaal van *, tot jy die laaste kb voltooi het in die laaste 2ks sp voor jy 47 ks maak om die armholte te voltooi.
Werk in die 1 ste 47-ks lus: **lb in die vlg 5 kse, 2 ks, lb in die vlg ks, 2 ks, lb in die vlg 5 kse, gls in die vlg ks, herhaal van **, NOG TWEE KEER, lb in die vlg 5 kse, 2 ks, lb in die vlg ks, 2 ks, lb in die laaste 5 kse van die 47-ks, kb in die vlg 2-ks sp op die hoof deel van die shawl.
Werk reg oor die spasie tussen die 47-ks lusse: *lb in 1 ste 5 kse van die vlg 11-ks lus, 2 ks, lb vlg ks, 2 ks, lb laaste 5 kse van dieselfde 11-ks lus, kb in vlg 2-ks sp*, herhaal van *-*tot jy die laaste kb in die laaste 2-ks sp voor die 2 de 47-ks lus voltooi.
Werk reg oor die 2 de 47-ls lus: **lb in die vlg 5 kse, 2 ks, lb in die vlg ks, 2 ks, lb in die vlg 5 kse, gls in die vlg ks, herhaal van **, NOG TWEE KEER, lb in die vlg 5 kse, 2 ks, lb in die vlg ks, 2 ks, lb in die laaste 5 kse van die 47-ks, kb in die vlg 2-ks sp op die hoof deel van die shawl.
Werk reg oor die oorblywende deel van die shawl: *lb in 1 ste 5 kse van die vlg 11-ks lus, 2 ks, lb vlg ks , 2 ks, lb in die laaste 5 kse van dieselfde 11-ks lus, kb in vlg 2-ks sp, herhaal van * tot net voor die laaste 11ks lus gewerk word, lb in 1 ste 5 kse, 2 ks, lb in die vlg ks, 2 ks, lb in die laaste 5 kse van dieselfde 11-ks lus, kb in die vlg 2-ks sp, lb in die vlg 5 kse van die 13-ks lus van die vorige ry, kb in vlg ks, laat die oorblywende kettingsteke ongewerk.
Ry 26: 1 ks, draai, kb in dieselfde st, *11 ks, kb in vlg 2-ks sp, 2 ks, kb in vlg 2-ks sp, herhaal tot net voor die laaste 11-ks lus gewerk word, 11 ks, kb in laaste kb aan die einde.
*WENK: Wanneer jy hierdie ry werk oor die nuut gevormde armholte area, maak seker dit jy nie die armholte draai as jy oor dit werk nie *
Ry 27: 1 ks, draai, kb in dieselfde st, * lb in die 1 ste
|
cab30320-13df-4ae9-8502-143a7464f9ae-0
| 1 |
GEWASBESKERMING/CROP PROTECTION
Plaagdoders
Pesticides
Die nuutste inligting rakende geregistreerde plaagdoders teen aalwurmen insekplae van mielies word in die meegaande tabelle aangedui. Produsente moet daarop let dat dieselfde aktiewe bestanddeel onder verskillende handelsname beskikbaar is.
By die aankoop van 'n plaagdoder moet die pryse van die middels, asook die prys van 'n spesifieke middel onder verskillende handelsname vergelyk word waar toepaslik. Dit word beklemtoon dat die prys van 'n plaagdoder nie noodwendig verband hou met die middel se doeltreffendheid nie.
Voordat enige beheeraksie geneem word, moet die plaagstatus van die spesifieke organisme bepaal word. Inligting oor elke plaagspesie wat in die meegaande tabel genoem word, kan verkry word van kundiges wat agter in hierdie gids genoem word. Hierdie inligting kan van hulp wees in die besluitnemingsproses.
Die LNR verskaf hierdie inligting in die hoedanigheid as onafhanklike adviseur en die LNR verskaf geen uitdruklike of stilswyende waarborge van gebruiklikheid of gepastheid van enige agrochemikalie vir enige spesifieke doel nie. Die gebruiker van hierdie brosjure vrywaar en stel die LNR, sy werknemers en agente skadeloos teen enige eise of aanspreeklikhede wat uit die gebruik van hierdie inligting mag ontstaan.
The latest information concerning pesticides for nematodes and insect pests of maize is provided in the accompanying tables. Producers should note that a particular active ingredient may be available under different trade names.
When purchasing pesticides, note must be taken of the cost of different pesticides as well as price differences between trade names with the same active ingredient. It needs to be emphasized that the cost of a pesticide is not necessarily correlated with its efficacy.
Before any control actions are taken, the pest status of the specific organism has to be determined. Information regarding different pest species can be obtained from experts mentioned in the back of this information guide. This information can be useful in the decisionmaking process.
The ARC provides this information brochure as an advisor and the ARC makes no expressed or implied warranties of merchantability or fitness of any agrochemical for any particular purpose. The user of this brochure indemnifies and holds harmless the ARC, its employees and agents, from and against any claims or liabilities which might arise from the usage of this information.
| Plaagspesies/Pest species | 16) Valsdraadwurm/ False wireworm | SPUITFORMULASIES/ SPRAYS | | |
|---|---|---|---|---|
| | 15) Wortelwurm/Rootworm | | | |
| | 14) Swartmieliekewer/Black maize beetle | | | |
| | 13) Spinmyte/Spider mites | | | |
| | 12) Snywurms/Cutworms | | X X X | X X X X X |
| | borer 11) Plantluise/Aphids | | | |
| | borer 10) Pienkstamboorder/Pink stalk | | X X | X X |
| | 9) Mieliestamruspe/Maize stalk | | X X X | X X X X X |
| | 8) Lentekewer/Chafer beetle | | | |
| | 7) Doodhouertjie/Ground weevils | | | |
| | 6) Chilo-boorder/Chilo-borer | | | |
| | 5) Bontmieliekewer/Spotted maize beetle (Kewer)/(Beatle) | | | |
| | 4) Bontmieliekewer/Spotted maize beetle (Larf)/(Larva) | | | |
| | 3) Bolwurm/Bollworm | | X X X | X X X X X |
| | 2) Bladspringers/Leafhoppers (Streepsiekte)/Streak disease) | | | |
| | 1) Aalwurms/Nematodes | | | |
| Maatskappy/ Company name | | | FMC BASF Volcano Agrosciences | Villa Crop Protection Universal Crop Protection Klub M5 BASF Technichem Oesbeskerming |
| Plaagdoders/ Pesticides | | | Alfasipermetrien/ Alpha-cypermethrin 100 g/l EC Bestox EC Fastac EC Sentry EC | Alfasipermetrien/ Alpha-cypermethrin 100 g/l SC Alpha -Thrin 100 EC Alpha -Thrin 100 EC Avalanche Fastac SC Magnum Super |
| | | | | X X X X X X X X X X X X X |
|---|---|---|---|---|
| | | | X | |
| | X | X | | |
| X | X | X | | X X X X X X X X X X X X X |
| X | X | | | |
| | | X | | |
| Dow AgroSciences | Bayer CropScience | Tsunami Plant Protection | Makhteshim-Agan SA | Tsunami Plant Protection Avima Villa Crop Protection Kombat Shaik Agchem Cropchem Dow AgroSciences Nulandis Makhro-Agro SA Nulandis Makhteshim-Agan SA Rotam Viking Distributors |
| Benfurakarb-Fenvaleraat/ Benfuracard- Fenvalerate 220g/l EC Oncol Super 220 EC | Betasiflutrien/ Beta-cyfluthrin 125 g/l EC Bulldock | Betasipermetrien/ Beta-cypermethrin 100 g/l EC Akito | Bifentrien/ Bifenthrin 100 g/l EC Seizer | Chlorpyrifos/ Chlorpyrifos 480 g/l EC Agropyrifos 480 EC Avi-Klorpirifos Chlorpyrifos Chlorpyrifos Chlorpyrifos 480 EC Chlorpyrifos EC Dursban 480 EC Lirifos 480 EC Makrofos Pyrifos 480 EC Pyrinex 480 EC Rochlop Viklofos |
| Plaagspesies/Pest species | 16) Valsdraadwurm/ False wireworm | | |
|---|---|---|---|
| | 15) Wortelwurm/Rootworm | | |
| | 14) Swartmieliekewer/Black maize beetle | X | X |
| | 13) Spinmyte/Spider mites | | |
| | 12) Snywurms/Cutworms | | |
| | borer 11) Plantluise/Aphids | | |
| | borer 10) Pienkstamboorder/Pink stalk | | |
| | 9) Mieliestamruspe/Maize stalk | X | X |
| | 8) Lentekewer/Chafer beetle | | |
| | 7) Doodhouertjie/Ground weevils | | |
| | 6) Chilo-boorder/Chilo-borer | | |
| | 5) Bontmieliekewer/Spotted maize beetle (Kewer)/(Beatle) | | |
| | 4) Bontmieliekewer/Spotted maize beetle (Larf)/(Larva) | | |
| | 3) Bolwurm/Bollworm | | |
| | 2) Bladspringers/Leafhoppers (Streepsiekte)/Streak disease) | | |
| | 1) Aalwurms/Nematodes | | |
| Maatskappy/ Company Name | | Makhteshim-Agan SA | Dow AgroSciences |
| Plaagdoders/ Pesticides | | Chlorpyrifos/ Chlorpyrifos 250 g/l CS Pyrinex 25 CS | Chlorpyrifos/ Chlorpyrifos 750 g/kg WG Dursban |
| SPUITFORMULASIES/ SPRAYS (Vervolg/ Continued) | | | | | | | |
|---|---|---|---|---|---|---|---|
| | X | | X | X | X X X X | | |
| | | X X X | | | | | |
| | X | | | | X X X X | X X X | |
|
90aa8782-d426-498d-aef8-1c3aa4eccd68-0
| 1 |
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye wat drie rubrieke insluit.
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
VRAAG 3.3
RIGTINGAANWYSINGS
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning van idees, formaat, redigering van woord- en sinstrukture en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordboek na die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word.
Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word.
4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.
5. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste vaardigheidsvlak.
6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl.3) gebruik by die nasien van 'n skryfstuk.
7. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer as die maksimum woorde gebruik nie.
8. Visuele tekste: Vraag 1.6.1–1.6.3
* Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
* Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
* Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend wees.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2018
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur alle provinsies gebruik te word:
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2018
3.
* Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, byvoorbeeld KNAP hoog.
* Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, byvoorbeeld KNAP.
* Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22-24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning.
* Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte. Dis 'n hulpmiddel.
5. Let daarop dat AFDELING B en C nie tussen hoë en lae vlakke onderskei nie.
6. Vir Afdeling B en Afdeling C: Evalueer eers of die kandidaat se skryfstuk volgens INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf net EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN REDIGERING.
7. Skryf die punte soos volg neer:
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening.
AFDELING A: OPSTEL
1.1 EK SAL DIT NOOIT WEER DOEN NIE!
* Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat iets wat hy/sy gedoen het en nooit weer sal doen nie, op 'n lewendige wyse. Die kandidaat kan ook konsentreer op die beskrywing van die emosies en gevolge van die gebeure.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van iets wat die kandidaat gedoen het wat hy/sy nooit weer sal doen nie.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor die betekenis/implikasie van dit wat hy/sy gedoen het.
* Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.
* Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
1.2 DINK MOOI VOOR JY DIE STUURKNOPPIE OP JOU SELFOON DRUK!
* Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van 'n insident(e) waar die kandidaat nie mooi gedink het voordat hy/sy iets met 'n selfoon aangestuur het nie.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor die feit dat dit belangrik is dat selfoongebruikers mooi moet dink voordat hulle enige iets met 'n selfoon aanstuur.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse die gedagtes en emosies wat die kandidaat ervaar het toe hy/sy nie mooi gedink het voordat die stuurknoppie gedruk is nie.
o Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel of dit nodig/belangrik is om mooi te dink voor jy die stuurknoppie op jou selfoon druk. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem.
o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat enige selfoongebruiker mooi moet dink voor hy/sy die stuurknoppie op sy/haar selfoon druk, of nie. Die kandidaat motiveer sy/haar standpunt.
* Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
* Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie.
1.3 VOLG SUKSES ALTYD NA HARDE WERK?
* Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel of harde werk altyd tot sukses lei. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem.
o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n
|
354bfbf2-c3fe-42d3-8de3-a7b579474abd-0
| 1 |
* Die doel van die uitnodigingskaartjie moet duidelik wees, nl. om oumense uit te nooi na 'n ontbyt by die skool om hulle te bederf.
* Die aanslag is vriendelik en uitnodigend.
* Die nodige inligting moet in die uitnodigingskaartjie gegee word.
* Die uitnodigingskaartjie behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
* Die inhoud van die uitnodigingskaartjie moet die fokus ondersteun.
o Wie is die teikengroep/Wie word genooi?
* Die volgende inligting behoort in die uitnodigingskaartjie gegee te word:
o Waarom word die ontbyt vir die oumense gehou?
o Waar word die ontbyt gehou?
o Wanneer (dag, datum en tyd) is die ontbyt?
o Wat gaan alles by die ontbyt gebeur?
o Kontakbesonderhede
o Is daar enige koste aan verbonde?
o Hoe moet die gaste laat weet of hulle die ontbyt gaan bywoon?
FORMAAT
* Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.
* Geen omslagtige paragrawe nie.
* Verskillende lettertipes (fonts) en lettergroottes kan gebruik word om die uitnodigingskaartjie interessant/leservriendelik te maak.
* Inligting kan puntsgewys gegee word.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
* Die toon is uitnodigend en spreek die leser direk aan.
* Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat hierdie uitnodiging vereis.
* Die taal en styl is informeel en gemaklik of meer formeel.
* Grammatika:
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Sinne, indien van toepassing, word korrek gebou.
o Spelling is korrek.
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
FOKUS
Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings oor hoe hy/sy voel om aan sy/haar ouers te moet vertel dat hy/sy iets verkeerd by die skool gedoen het en dat hulle die skoolhoof moet gaan spreek.
* EEN inskrywing nadat die kandidaat se ouers die skoolhoof gaan spreek het.
* EEN inskrywing voordat die kandidaat vir sy/haar ouers vertel dat die skoolhoof hulle wil spreek.
ALGEMENE KENMERKE VAN HIERDIE TIPE SKRYFSTUK
* Die dagboekinskrywings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
* Die doel van die dagboekinskrywings moet duidelik wees, nl. om persoonlike ervarings (gedagtes en emosies) te oordink /en te verwoord.
* Die aanslag is informeel.
* Die dagboekinskrywings behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
* Die inhoud van die dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun.
* Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef word, word beskryf.
* 'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Dit moet spreek van die kandidaat se gevoelens/gedagtes voor die gesprek met sy/haar ouers en die kandidaat se gevoelens/gedagtes na die gesprek tussen sy/haar ouers en die skoolhoof.
FORMAAT
* Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.
* Die kandidaat hoef nie met "Liewe Dagboek" te begin nie.
* Die kandidaat moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.
* Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
* Die toon is persoonlik: beangs/verlig/skaam/hartseer, ens.
* Die styl is informeel.
* Die persoon skryf vir hom-/haarself.
* Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes en emosies met min woorde te beskryf.
* Die persoon skryf in die teenwoordige/verlede tyd.
* Beskrywende woorde word fyn gekies.
* Grammatika:
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Sinne word korrek gebou.
o Spelling is korrek.
o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks.
LET WEL
* Albei inskrywings moet as EEN teks in ag geneem en dus as 'n geheel geassesseer word.
3.3 RIGTINGAANWYSINGS
FOKUS
Die kandidaat gee rigtingaanwysings vir 'n bekende sanger se bestuurder hoe om van sy hotel af tot by hulle skool te kom.
ALGEMENE KENMERKE VAN HIERDIE TIPE SKRYFSTUK
* Rigtingaanwysings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
* Die doel van die rigtingaanwysings moet duidelik wees, nl. om rigting aan te dui.
* Die aanslag is informeel en informatief.
* Die rigtingaanwysings moet duidelik en puntsgewys uiteengesit word.
* Die rigtingaanwysings behoort 80–100 woorde te hê.
* In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan afgewissel word met bakenaanduiding in die vorm van stelsinne.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
* Die inhoud van die teks moet die fokus ondersteun.
* Gepaste detail dra by tot geslaagde kommunikasie:
* 'n Verskeidenheid logiese stappe vorm die idees wat die rigting aandui.
o Waar begin die roete?
o Waar eindig die roete?
o Waarlangs beweeg die roete?
o Wat is die bakens langs die roete?
FORMAAT
* Die rigtingaanwysings kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs as sinne geskryf word.
* Let wel: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat kandidate die aanwysings puntsgewys onder mekaar moet neerskryf.
* Die kandidaat moet straatname en bakens noem.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
* Die rigtingaanwysings moet in volsinne aangebied word.
* Die toon is verduidelikend.
* Die sinne hoef nie met werkwoorde te begin nie.
* Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
* Grammatika:
* Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik van min woorde inligting te gee. Dit pas by die toon en register wat hierdie skryfstuk vereis.
o Sinne word korrek gebou.
o Spelling is korrek.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL:
100
LET WEL:
* Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
* Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
* Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
* Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
|
354bfbf2-c3fe-42d3-8de3-a7b579474abd-1
| 4 |
Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV)
Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring
CAPS
STRUCTURED. CLEAR. PRACTICAL
HELPING TEACHERS UNLOCK THE POWER OF NCS
Verdere Onderwys- en Opleidingsfase
Graad 10-12
DISCLAIMER
In view of the stringent time requirements encountered by the Department of Basic Education to effect the necessary editorial changes and layout adjustments to the Curriculum and Assessment Policy Statements and the supplementary policy documents, possible errors may have occurred in the said documents placed on the official departmental website.
If any editorial, layout, content, terminology or formulae inconsistencies are detected, the user is kindly requested to bring this to the attention of the Department of Basic Education. E-mail: [email protected] or fax (012) 328 9828
Departement van Basiese Onderwys
Strubenstraat 222
Privaatsak X895
Pretoria 0001
Suid-Afrika
Tel: +27 12 357 3000
Faks: +27 12 323 0601
120 Pleinstraat Privaatsak X9023
Kaapstad 8000
Suid-Afrika
Tel: +27 21 465 1701
Faks: +27 21 461 8110
Webtuiste: http://www.education.gov.za
© 2014 Department of Basic Education ISBN: 978-4315-0573-9
Ontwerp en uitleg deur: Ndabase Printing Solution Printed by: Gedruk deur:
KURRIKULUM-ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING (KABV) GRAAD 10-12
MEGANIESE TEGNOLOGIE
Our national curriculum is the culmination of our efforts over a period of seventeen years to transform the curriculum bequeathed to us by apartheid. From the start of democracy we have built our curriculum on the values that inspired our Constitution (Act 108 of 1996). The Preamble to the Constitution states that the aims of the Constitution are to:
- heal the divisions of the past and establish a society based on democratic values, social justice and fundamental human rights;
- improve the quality of life of all citizens and free the potential of each person;
- lay the foundations for a democratic and open society in which government is based on the will of the people and every citizen is equally protected by law; and
- build a united and democratic South Africa able to take its rightful place as a sovereign state in the family of nations.
Education and the curriculum have an important role to play in realising these aims.
In 1997 we introduced outcomes-based education to overcome the curricular divisions of the past, but the experience of implementation prompted a review in 2000. This led to the first curriculum revision: the *Revised National Curriculum Statement Grades R-9* and the *National Curriculum Statement Grades 10-12* (2002).
Ongoing implementation challenges resulted in another review in 2009 and we revised the *Revised National Curriculum Statement* (2002) to produce this document.
From 2012 the two 2002 curricula, for Grades R-9 and Grades 10-12 respectively, are combined in a single document and will simply be known as the *National Curriculum Statement Grades R-12*. The *National Curriculum Statement for Grades R-12* builds on the previous curriculum but also updates it and aims to provide clearer specification of what is to be taught and learnt on a term-by-term basis.
The *National Curriculum Statement Grades R-12* accordingly replaces the Subject Statements, Learning Programme Guidelines and Subject Assessment Guidelines with the
(a) Curriculum and Assessment Policy Statements (CAPS) for all approved subjects listed in this document;
(b) *National policy pertaining to the programme and promotion requirements of the National Curriculum Statement Grades R – 12*; and
(c) National Protocol for Assessment Grades R – 12.
MEV ANGIE MOTSHEKGA, LP
MINISTER VAN BASIESE ONDERWYS
## INHOUD
### FOREWORD BY THE MINISTER
### AFDELING 1
| Section | Page |
|---------|------|
| 1.1 Agtergrond | 4 |
| 1.2 Oorsig | 5 |
| 1.3 Algemene doelwitte van die Suid-Afrikaanse Kurrikulum | 6 |
| 1.4 Tydstoekenning | 6 |
| 1.4.1 Grondslagfase | 6 |
| 1.4.2 Intermediêre Fase | 7 |
| 1.4.3 Senior Fase | 7 |
| 1.4.4 Graad 10 – 12 | 8 |
### AFDELING 2
| Section | Page |
|---------|------|
| 2.1 Wat is Meganiese Tegnologie? | 9 |
| 2.1.1 Pas en Masjienering | 10 |
| 2.1.2 Motor | 10 |
| 2.1.3 Sweis en Metaal bewerking | 11 |
| 2.2 Spesifieke doelwitte | 12 |
| 2.3 Vereistes om Meganiese Tegnologie aan te bied: | 12 |
| 2.3.1 Meganiese Tegnologie vak pakkette vir leerders. | 13 |
| 2.4 Menslike Hulpbronne | 14 |
| 2.5 Toegeruste werkswinkels | 15 |
| 2.5.1 Volhoubare ondersteuning | 15 |
| 2.6 Beroepsgeleenthede in Meganiese Tegnologie | 17 |
### AFDELING 3
| Section | Page |
|---------|------|
| 3.1 Content outlaine per term Fitting and Machining | 19 |
| 3.1.1 Fitting and Machining grade 10 | 27 |
| 3.1.2 Pas en Masjinering: Graad 11 | 34 |
| 3.1.3 Pas en Masjinering: Graad 12 | 61 |
| 3.1.4 Motorkunde: Graad 12 | 77 |
| 3.1.5 Sweis en Metaalwerk: Graad 11 | 78 |
AFDELING 1
INLEIDING TOT DIE KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS BELEIDSVERKLARING
1.1 Agtergrond
Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12 bepaal beleid ten opsigte van kurrikulum en assesseringsaangeleenthede in die skoolektor.
Teneinde die implementering van die Nasionale Kurrikulumverklaring te verbeter, is dit aangepas en die aanpassings tree in Januarie 2011 in werking. 'n Enkele samevattende Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring is vir elke vak ontwikkel om die ou Vakverklarings, Leerprogramriglyne en Vakassesseringsriglyne in Graad R-12 te vervang.
Die veranderde Kurrikulum En Assesserings beleidsverklaring (Januarie 2012) vervang die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R - 9 (2002) en die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad 10 – 12 (2004).
1.2 Oorsig
(a) Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad Grades R – 12 (Januarie 2012) verteenwoordig 'n beleids verklaring vir leer en onderrig in Suid Afrikaanse skole bestaan uit die volgende:
Kurrikulum En Assesseringsbeleidsverklaring vir elke goedgekeurde skool vak wat vervaar is in die beleidsverklaring. Die Nasionale beleid bevat die bevordering vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R -12, vervang die volgende beleids verklaring:
(i) Nasionale Senior sertifikaat: Die kwalifikasie op vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (NKR)
(ii) Die addendum tot die beleids verklaring. Die kwalifikasie op vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (NKR); oor leerders met spesiale behoeftes, geplubiseer in die nasionale Gazette, No.29466 of 11 Desember 2006.
Die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R – 12 (Januarie 2012) Die beleidsdokument, Nasionale beleid met betrekking tot die program- en bevorderingsvereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R-12, en die afdelings oor die Kurrikulum-
|
386fe711-8be2-4440-aa7b-afa5906c7b52-0
| 1 |
|------|-----------------|--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------|
| 5 – 8| HEGTINGS-METODES (Spesifieke) | INSPEKSIE VAN SWEISLASSE (Inspeksie gedurende en na voltooiing van oksiasetileenen en boogsweis):
• Skoon sweislopie
• Konstante wydte en hoogte van lopie
• Smelting en indringing
• Teenwoordigheid van holtes
• Insnyding
• Vervorming
• Krake
• Spatsels
• Slakinsluitsels
• Begin en eindig van sweislopie
• Korrekte vlam
• Druk
• Stroom
Toepassing van vernietigende toetse op sweislasse:
• Kerfbreuktoets
• Vryuigtoets
• Masjineerbaarheidstoets
Prakties:
Pas vernietigende toetse op sweislasse toe deur die kerfbreuktoets, vrybuigtoets en masjineerbaarheidstoets uit te voer om die defekte te identifiseer.
Beskryf en vergelyk die volgende nie-vernietigende toetse:
• Visuele inspeksie
• X – straal;
• Kleurstofdeurdringings toets
• Altrasoniese toets
Prakties:
Pas die bogenoemde nie-vernietigende toetse op ’n sweislas toe, om die defekte te identifiseer. |
| WEEK | ONDERWERP | INHOUD |
|------|-----------------|--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------|
| | HEGTINGS-METODES (Spesifieke) | **Spanning en vervorming in sweislasse en spanning verligting:**
- Krimping van sweislas:
➢ Definisie van krimping
➢ Dwarskrimping veroorsaak vervorming
➢ In lengte crimping veroorsaak vervorming
➢ Dikte crimping veroorsaak vervorming
➢ Die uitwerking van die tipe elektrode waarmee gesweis word
➢ Die uitwerking van die waarde van die stroom
➢ Die uitwerking van die spoed waarmee gesweis word
➢ Die uitwerking van die tempo van afkoeling tydens en na sweising
- Identifiseer die faktore wat vervorming en naspanning
- Metodes om vervorming en spanning te voorkom of te verminder.
- Identifiseer en pas **spanning verligtende** hitte behandelings-prosesse toe
- Beskryf die uitwerking van verandering in temperatuur op staal:
➢ Die uitwerking van koue- en warmbewerking op die kristalstruktuur
➢ Die toepassing van die yster-koolstof ewewigsdiagram op staal inverband met hittebehandeling en sweising
➢ Die uitwerking van vinnige afkoeling op die struktuur en eienskappe van staal
**Prakties:**
Identifiseer die faktore wat lei tot vervorming en naspanning in 'n sweislas. |
| 9 - 11 | HALFJAAR-EKSAMEN | |
## GRAAD 12: TERMYN 3 – SWEIS EN METAALWERK
| WEEK | ONDERWERP | INHOUD |
|------|-------------------------|--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------|
| 1 - 2 | INSTANDHOUING (Spesifieke) | Verwys na vervaardigershandleiding.
Gepaste voorkomende instandhouding in werkstelsels vir guillotine, staanbore, kragsae, roller, pons- en knipmasjien en bankslypmasjien.
Identifiseer oorsake van ontklaarraking van:
• Gebrek aan smering of foutiewe smering
• Oorbelading
• Wrywing
Prakties:
Voer periodieke instandhouding uit soos deur vervaardigers van spesifieke masjiene voorgeskryf. |
| 3 – 8 | TERMINOLOGIE ONTWIKKELINGS (Spesifieke) | Ontwikkeling van:
Merk maatvorms af deur berekeninge alleenlik, van die volgende tussen horisontale parallelle vlakke
• ’n Koniese afgeknotte liggaaam.
• Vierkantig na rond oorgangstukke (op senter alleenlik)
• Geutbakke met vierkantige of reghoekige opening (op- en afsenter)
Prakties:
Doen berekeninge van koniese afgeknotte liggaaam, vierkantig na rond oorgangstukke en geutbakke |
## GRAAD 12: TERMYN 4 – SWEIS EN METAALWERK
| WEEK | ONDERWERP | INHOUD |
|------|-------------------------|--------|
| 1 - 3 | HERSIENING | |
| 4 - 9 | FINALE-EKSAMEN | |
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING
TEGNIESE MEGANIESE GRAAD 10-12
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING
TEGNIESE MEGANIESE GRAAD 10-12
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING
TEGNIESE MEGANIESE GRAAD 10-12
TEGNIESE MEGANIESE GRAAD 10-12
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGSBELEIDSVERKLARING
|
386fe711-8be2-4440-aa7b-afa5906c7b52-1
| 1 |
Jeb is nuut. Hy het nie maats nie. Hy is eensaam.
Hy loop hartseer en skop teen ’n klip. Hy het sjokolade in sy sak, maar dit help nie. Hy voel nog steeds hartseer. Hy het sjokolade, maar hy het nie maats nie.
Jeb loop byna in 'n klein dogtertjie vas. Sy huil.
"Um ... kan ek jou help?"
"Nee."
Jeb dink 'n oomblik na. "Wil jy sjokolade hê?"
Die dogtertjie glimlag. "Dankie."
Jeb en die dogtertjie stap verder. Hulle loop byna in 'n bakleiery vas! Twee seuns is besig om te baklei.
Jeb dink 'n oomblik na. "Wil julle sjokolade hê?"
Die seuns hou op baklei. "Ja!"
Jeb en die dogtertjie en die twee seuns stap verder. Hulle loop byna in 'n vrou met 'n hond vas.
Die hond skrik so groot toe hy vir Jeb en die dogtertjie en die twee seuns sien, dat hy weghardloop.
Dit vat lank om hom weer te vang. Die vrou kry baie warm en is kwaad.
“Wil jy sjokolade hê?”
Die vrou glimlag. “Ja! Dankie!”
Jeb gee vir haar die laaste van sy sjokolade. Nou het hy geen sjokolade vir homself oor nie.
Maar hy het maats!
Jeb se sjokolade
Storie deur Lesley Beake • Illustrasies deur Tamsin Hinrichsen
Idees om oor te gesels
Toe Jeb sy sjokolade met ander gedeel het, het hulle sy vriende geword. Hoe anders kon hy nuwe vriende gemaak het? Wat beteken vriendskap vir jou?
Wat laat mense eensaam voel? Het jy al ooit eensaam gevoel?
Visueel
Teken ’n prentjie van jouself wat eensaam voel.
Lees
Gaan hier na die aktiwiteitsblad: https://nalibali.org/story-supplies/activity-sheets
Skryf ’n nommer in elke blokkie om die prente in volgorde te plaas. Soek die teks in die storie wat by elke prent pas.
Skryf
Skryf ’n dankiesêbriefie aan iemand wat ’n verskil in jou lewe gemaak het deur gaaf te wees met jou.
Handwerk
Gebruik ’n papierbord of sny ’n kartonsirkel uit. Teken aan die een kant ’n “voel eensaam”-gesig en aan die ander kant ’n “voel gelukkig”-gesig.
Speel toneel
Gebruik die korrek genommerde prente om die storie oor te
|
ccd71c9e-32cb-499f-8583-7cdff7151f8c-0
| 4 |
Ds. A. W. C. Bester Vredendal Wes 19 Februarie 1978
Onderwerp: Tot ʼn val en opstanding van baie
Lees:
Lukas 23 verse 33 tot 43
Teks:
Lukas 23 verse 39 tot 43
Sing:
Psalm 118 verse 11 en 13 Gesang 57 vers 4
"Toe die gryse Simeon die Kindjie Jesus in sy arms geneem het, het hy aan Maria sy Moeder gesê: 'Kyk, hierdie Kind is bestemd tot ʼn val en ʼn opstanding van baie in Israel en tot ʼn teken wat weerspreek sal word'. (Luk 2:34)
"Hierdie profetiese woorde het reeds gedurende Jesus se aardse omwandelinge in vervulling gegaan. Vir sommige was Hy tot ʼn val en vir ander tot ʼn opstanding. Vir die een ʼn reuk van die lewe tot die lewe en vir die ander ʼn reuk van dood tot die dood.
"Jesus se dissipels en baie ander het deur Hom opgestaan uit die dood van die sonde tot ʼn nuwe lewe. Daarenteen het die Fariseërs en Skrifgeleerdes oor Hom geval as ʼn steen van aanstoot en ʼn rots van struikeling. Hy was vir die veragte tollenaar en die skuldige sondaar ʼn voorwerp van geloof en aanbidding. Maar vir die blinde owerpriester was Hy ʼn voorwerp van haat en bespotting. Terwyl sommige oor Hom bely het dat Jesus Christus die Seun van God was, het ander na aanleiding van sy woorde gesê: 'Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?' (Joh 6:60)
"Simeon se woorde het nog duideliker in vervulling gegaan op Golgota, waar daar drie kruise gestaan het. Drie persone was besig om daar te sterf. Een van hulle het daarmee die saligheid vir sondaars verdien. Een het daar hierdie saligheid ontvang en die ander het dit verwerp. Die een misdadiger het die Seun van God daar belaster, terwyl die ander een Hom aanbid het. Die een het spottend na die oord gegaan waar die wurm nooit sterf nie, terwyl die ander biddend die poorte van die paradys binnegegaan het.
"Daar het op Golgota ʼn drievoudige krag tot openbaring gekom.
"Die krag van die sonde: Weerskante van Jesus het twee kwaaddoeners gehang wie se lewens getuig het
van die krag van die sonde. Hulle is deur die samelewing as rowers en moordenaars gebrandmerk.
"Een van hulle het terwyl hy sterwende was, nog gespot. Al wat vir hom oorgebly het was smartlike lyding en uiteindelike dood. Desnieteenstaande het hy gespot.
"Beproewing en die tugtigende hand van God bring die mens oor die algemeen nader aan God. Toe die deure van die gevangenis in Filíppi oopgegaan het, het dit die tronkbewaarder in die stof gewerp. Vir die eerste keer in sy lewe het die vraag oor sy lippe gekom: 'Menere, wat moet ek doen om gered te word?' (Hand 16:30)
"En tog is daar diegene wat te midde van die felste géselslae onbewoë bly. Alhoewel hulle gebind is in bande van droefheid en krank is tot die dood toe, bly hulle onbekeerlik van hart. Is dit miskien waar vir u? Dat u te midde van die bemoeiinge van God in u lewe, al harder en ongevoeliger word?
"Hierdie man aan die kruis het naby Jesus gekom, en tóg verlore gegaan. Hy was besig om aan die kruis te boet vir sy lewe van gruweldade en sonde. Hy het as rower en moordenaar die kruisdood oor en oor verdien. Tog was sy misdade nie die ergste nie. Die Verlosser, wat hom van sy sonde kon verlos en ook ʼn paradys van saligheid kon gee, het langs hom gehang. Maar, en dit is die ontsettendste van sy lewe, by hom was daar geen skulderkenning nie. Hy het saam met die ander gespot en sy hart in ongeloof verhard. Hy was naby Jesus en tóg verlore. Só groot is die mag van die sonde. Só geweldig is die greep wat sonde op ʼn mens se lewe kan kry.
"Die ewigheid sal openbaar hoeveel mense in hulle aardse lewe naby, baie naby, God gekom het en tóg verlore gegaan het vanweë die krag van sonde. Kyk na die ryk jongman: 'Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.' (Mark 10:22) Óf dink aan Felix, die Romeinse goewerneur van Judea, wat byna deur die prediking van Paulus beweeg is om ʼn Christen te word en tog die gesant van die kruis weggestuur het. Die mag van sonde was té sterk. Óf Agryppa, die agterkleinseun van Herodes die Grote, wat vir Paulus gesê het: 'Jy beweeg my byna om ʼn Christen te word.' (Hand 26:28)
"Ons teks waarsku ons om rekening te hou met die mag van die sonde. Mag God ons oë open voordat dit te laat is.
"Die krag van die geloof: ʼn Mens vra onwillekeurig waar was Petrus, wat tevore bely het: 'En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.' (Joh 6:69) En homself bereid verklaar het om met sy Meester in die gevangenis, ja, selfs in die dood in te gaan? Die dissipels het jammerlik op die vlug geslaan. Dié wat wel op Golgota teenwoordig was, het soos die graf geswyg uit vrees vir die vyand.
"En tóg was daar een wat van die onskuld en heiligheid van Jesus getuig het. Ons lees: 'Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? - ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.' (Luk 23:40-42) Die krag van sy geloof het gespreek uit hierdie woorde. Let op die vrymoedigheid waarmee hy Jesus se Naam bely het.
"Is spot aansteeklik? Dit lyk asof dit op Golgota die geval was. Eers het die owerstes en die volk gespot; en toe die soldate. Uiteindelik het ook die medegekruisigdes meegedoen. Wat ʼn antichristelike atmosfeer het daar nie op Golgota geheers nie. En tog was daar ʼn man wat in daardie duiwelse atmosfeer die Naam van Jesus bely het.
"Dit is nie moeilik om in ʼn kring van gelowiges die Naam van Jesus Christus te bely nie. Daarenteen spreek dit van ʼn vrymoedigheid wat wortel in die krag van die geloof, om aan spotters, ongelowiges en vloekers te vra: Vrees julle nie ook God nie?
"Dit was ook betekenisvol dat hierdie man in hierdie omstandighede sy toevlug tot Jesus van Nasaret geneem het. Hy het eers sy skuld bely en toe gebid: 'Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.'
"Hy het Jesus 'Here' genoem. Hy het inderdaad met vleeslike oë die kruis gesien, maar met sy oë van geloof het hy ʼn kroon gesien. Ja, sy geloof het ʼn Koning gesien. Dit was asof hierdie kwaaddoener wou sê: Al is U die Man van smarte, U is nogtans die Here. Dink aan my Here. Hy het ook melding gemaak van Jesus se koninkryk, want hy het geglo dat die Seun van God ʼn koninkryk het. Nie ʼn aardse koninkryk, soos Jesus se dissipels verwag het nie, maar ʼn hemelse en ewige koninkryk. Hy het dus by die vloekhout en die ope graf verby gekyk en ʼn Vredevors gesien, aan Wie alle mag in die Hemel en op aarde gegee is. Daarin het die krag van sy geloof tot openbaring gekom.
"Twee vereistes is nodig om gered te word. Paulus het dit aan die Romeine beskryf: 'As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word'. (Rom 10:9) Dit
|
a55485c8-ee27-48f8-9a2f-71ace5b338d4-0
| 1 |
Gereformeerde Kerk Bellville – 29 Oktober 2017 – Aand
Sing vooraf staande: Psalm 62:4, 5 (p. 302)
4 Maar jy, my siel, swyg stil voor God, / beskikker van jou lewe en lot, wat nooit sy woord ontrou sal wees nie. / God is my rots, ʼn skans vir my, Hy sal my voetstap veilig lei, / ek hoef geen wankeling te vrees nie.
5 In God is al my heil, my eer, / my sterke rots en teëweer. God is my toevlug in die lewe. / Vertrou op Hom, o volk, in smart stort voor Hom uit jul hele hart, / God is ʼn skuilplek, hoog verhewe.
Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.
Lofpsalm 33:1, 6 (p. 157)
1 Sing vrolik, hef die stem na bowe; / regverdiges, verhef die HEER! Dit pas opregtes God te lowe / en uit te jubel tot sy eer. Laat die psalmgesange – / stem van sterk verlange / om die HEER te dank – by die smeltendskone / harp- en sitertone, / liefde en lof verklank!
6 Die HEER se raad word nooit gekeer nie; / dit sal bestaan in ewigheid. Teen sy besluit is geen verweer nie; / bestendig duur dit vir altyd. Salig wie tevore / deur Hom is verkore / as sy erf en lot; wie so hoog geëer is, / dat dié HEER húl HEER is / en dié God húl God.
Gebed
Psalm 74:8, 9, 16 (p. 373)
8 Hoe lank, o God, sal nog die teenparty / ons smaad en tart? Sal dan in ewighede u Naam beskimp word in sy lasterrede? / Wat toef U nog en trek u hand tersy?
9 Strek uit u hand, die regterhand so sterk, / vernietig hul, die skenders van u woning! U is, o God, van ouds af tog my Koning, / U wat op aard' verlossingswonders werk.
16 Mag ons, o Heer, u bystand maar erlang! / Maak ons in ons gebedsroem nie verleë. Staan op, o God, en stap u vyand teë, / sodat ons U kan grootmaak in gesang.
Skriflesing: Daniël 12:1-13
Kernverse: Daniël 12:6-7
En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly? Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ʼn Tyd, tye en ʼn halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. (Daniël 12:6-7 AFR53)
Tema: Die oorwinning is in Christus gewaarborg
Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus, in die afgelope dekades het daar ʼn ontploffing van inligting plaasgevind. ʼn Mens kan inligting oor elke denkbare onderwerp kry met die druk van ʼn knoppie. Dit het nou algemeen geword, as jy iets wil weet dan gaan google jy dit. En ʼn mens hoef nie eers meer te wag vir môreoggend se koerant om te weet wat anderkant die wêreld gebeur het nie. Sosiale media maak dit moontlik dat jy inligting
van gebeure anderkant die wêreld kan kry terwyl dit aan die gebeur is en nog voordat ʼn joernalis by die gebeurtenis is.
Die mense van vandag leef vir die inligting wat hulle so kan bekom. Maar as daar een ding is waarvan alle mense graag kennis wil hê, is dit kennis oor die toekoms. Hoeveel keer het daar by ʼn mens al die begeerte gekom: As ek maar net weet wat oor ʼn jaar van nou af gaan gebeur? Mense wil weet wat in die toekoms gaan gebeur sodat hulle kan beplan en voor-bereidings kan tref. Kennis is mos mag.
Gelowiges wil ook weet wat in die toekoms gaan gebeur. Toe Jesus die laaste keer uit die tempel uitgeloop het, het een van sy dissipels vir Hom gesê: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! Hierop het Jesus geantwoord dat nie een klip op die ander gelaat sal word nie. Alles sal afgebreek word. Vir die dissipels was dit ontstellende woorde, daarom het hulle vir Hom gevra wanneer hierdie dinge sal gebeur en wat die teken van sy weder-koms en van die einde van die wêreld is (Matt 24:1-3; Mark 13:1-4). Tot kort voor sy hemel-vaart het die dissipels vir Jesus uitgevra oor die toekoms. Hulle het Hom gevra:
Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. (Handelinge 1:6-8 AFR53)
Die Here het egter nie geheel en al geswyg oor wat die toekoms vir die gelowiges inhou nie. Inteendeel, die Here stel sy kinders in ʼn baie bevoorregte posisie. Hy maak aan hulle bekend wat in die toekoms gaan gebeur, maar Hy teken dit vir hulle in breë lyne – nie in detail nie. Hy maak bekend wat Hy weet die gelowiges moet weet en nie wat hulle wil weet nie.
Broers, susters en kinders, ons het saam met Daniël die voorreg en die groot vreugde om te weet dat die Here die groot verlossing vir sy volk beskik (Dan 12:1b). Die Here sê self:
In dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
Maar met net soveel vreugde as wat Daniël en ons hierdie woorde aangehoor het, word daar met groot hartseer verneem dat hierdie groot verlossing deur ʼn baie swaar tyd vooraf-gegaan word (Dan 12:1a).
Hierdie openbaring van die Here aan Daniël het onvermydelik tot die volgende vraag gelei: Hoe lank nog? Vanaf vers 5 verander die toneel. Die engel wat op bevel van die Here die antwoord op Daniël se gebed moes kom gee, staan nou op die punt om te vertrek. Daniël staan nog langs die Tigrisrivier. Hy het gesien dat daar nou twee ander engele ook verskyn het. Een het by hom aan die duskant van die rivier gestaan en die ander een aan die ander kant van die rivier. Die engel wat die antwoord op sy gebed gebring het, was nou bokant die water van die rivier. Een van die engele wat op die oewer van die rivier gestaan het, het die vraag gevra wat voorheen al by Daniël gespook het (Dan 8:13):
Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly? (Daniël 12:6b AFR53)
Die engel praat van wonderbaarlike dinge, want dit is ondenkbaar dat die Here skynbaar sy volk aan ondergang sou prysgee. Gaan die Here werklik toelaat dat die goddelose magte die heiliges oorwin? Daniël het nie lank gewag om die antwoord te hoor nie. Die engel wat bo-oor die water gestaan het, gee die antwoord:
ʼn Tyd, tye en ʼn halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. (Daniël 12:7b AFR53)
Of hierdie antwoord die een is wat Daniël graag sou wou hoor, is nie van belang nie. Dit is die antwoord wat die Here gee tot troos van Daniël en al die gelowiges wat na hom oor die toekoms vrae sal hê. In die antwoord maak die Here twee dinge duidelik. Hy gee die duur sowel as die aard van die tyd van groot benoudheid. Voordat ons by die troos kom van hierdie
|
<urn:uuid:672e097c-498a-4723-9816-5936ccdb07d8>-0
| 1 |
HOOFSTUK V.
ONDERWYS ONDER SELFBESTUUR: 1906 - 1910.
1. Die nuwe Onderwyswet van 1907.
Op 6 Desember 1906 is selfbestuur aan die Transvaal toegeken. Tot minister van onderwys is benoem generaal J.C. Smuts, wat 'n nuwe wet vir die onderwys opgestel het. Hierdie Wet, no.25 van 1907, sou op 1 Oktober 1907 van krag word en is tans nog die geldende wet op onderwysgebied. Dit is as wet deur baie mense hartlik verwelkom maar deur 'n kleiner groep hartsotgelik bestry\(^1\).
Die Wet is in sy grondgedagtes 'n voortbouing op die beginsels van lord Selborne, en daarin huisle die besware van die teenstanders. Dit handhaaf die Britse onderwysbeginsel van openbare onderwys en verwerp die Afrikaanse beginsel van C.N. onderwys en wel ten opsigte van die grondreg van die ouers om die gees en rigting van die onderwys op skool te bepaal en om die onderwyser vir die onderwys van hulle kinders aan te wys en ook ten opsigte van die fundamentele eise van die Afrikaanssprekende bevolking betreffende die taal en die godsdiensonderwys\(^2\).
2. Die skoolraad van Wolmaransstad en sentralisasie in die onderwys.
a. Instelling van die eerste Skoolraad van Wolmaransstad.
Die instelling van adviserende skoolrade is deur lord Selborne sterk bepleit, omdat hy oortuig was dat die skoolkommissies hulle werk met groot belangstol-
---
1. Coetzee: *Onderwys in Transvaal 1838-1937*, 98.
2. Ibid., 98-99.
ling uitgevoer het en daarvoor verantwoordelik was dat daar 'n gees van samewerking ontstaan het tussen die kommissies, ouers en die Departement van Onderwys. Hy wou sy stelsel vorder bestendig deur in die groter distrikte adviserende skoolrade in die lowe te roep. Die Wolmaransstadse distrik het in dieselfde jaar 'n adviserende skoolraad gekry\(^1\). Die eerste vergadering van die Wolmaransstadse Adviserende Skoolraad het plaasgevind to Bloemhof op Dinsdag 26 Augustus 1906 met die volgende persone as lede\(^2\):
J. Blacklock (voorsitter), W.H. Hambly (sekretaris), A.R.M. Hull, McEvoy, Reeves, T. Loask, Erlank, Campbell, Einkamor, Stirling en Hamilton.
In sy rapport oor die jaar Julie 1906 – Junie 1907 erkon die inspektour dat hy pessimisties was oor die funksionering van die skoolraad. Groot administratiewe werk moes deur die drie skoolraadssekretarisse verrig word. Die lede van die Wolmaransstadse Skoolraad, wat besonder baie tyd en aandag aan hulle taak gewy het, word spesiaal deur hom genoem. Baie van hierdie lede het meer as 70 myl afgevlug om vergaderings van die Raad by te woon\(^3\). Hy ag dit besonder gelukkig dat die voorsitter die distriksmagistraat is. Hy kon egter nie met dieselfde oortuiging spreek oor die werk van die skoolkommissies nie. In party dorpe het 'n nougesette gees geheers, sodat kritiek op en inmenging in die persoonlike vryheid van die onderwyser voorgoekom het\(^4\).
Die Smuts-wet van 1 Oktober 1907 het voortgebou op die van lord Selborne, en skoolrads is nou permanent ingestel\(^5\). Die Wet het voorsiening gemaak dat skool-
---
1. T.E.D.: Report for the year ended June, 1906, 22.
2. Notule van die Wolmaransstadse Adviserende Skoolraad, d.d. 26 Aug. 1906 en 30 Jan. 1907. Die meeste lede so voorletters verskyn nie in die notule nie.
3. T.E.D.: Report for the year ended June, 1907, 59.
4. Idem.
5. Cootzee: Onderwys in Transvaal 1838-1937, 98.
rade sal bestaan uit 6, 9 of 12 lede, van wie een-
derde deur die Goewerneur aangestel en die res ver-
kies sal word deur stemgeregtigde inwoners van die
betrokke distrik. Die algemene magte van die skool-
raad sluit in: algemene toesig oor alle openbare
skole, klasse en inrigtings binne sy distrik; advies
met betrekking tot die voorsiening van skole in die
distrik; die ontvangs en behandeling van aansoeke
om toekenninge aan plaasskole; die beheer oor skool-
eiendomme; die administrasie van sekere fondse; die
oorwegin van sake voorgelê deur die skoolkommissies
en beherende liggame; die opstel van verslae en die
aanhou van registers en rekeninge; die aanbeveling
van onderwysers vir aanstelling deur die Direkteur¹).
Die eerste Skoolraad van Wolmaransstad aangestel
in terme van die Smuts-wet, het op 7 Januarie 1908
vergader en was soos volg saamgestel: Ds. L.J.J. van
der Horst (voorsitter), H.W.R. Kluever (sekretaris),
met genl. Du Toit, L.B.L. Mussmann, C. Brink, T. Loask,
M. van Rensburg, ds. G.F.C. Faustman, Jan Grayling en
Theo Potgieter as lede²). Die Direkteur van Onderwys
het getuig dat hy baie tevreden was oor die manier
waarop die 26 skoolrade saamgestel is, aangesien in
22 gevalle geen verkiesing nodig was nie – 'n teken
dat daar onderlinge goeie vertroue tussen die twee
bevolkingsgroepe bestaan het en 'n gees van diens en
offervaardigheid teenoor die onderwys geopenbaar is³).
b. Sentralisasiebeleid.
Die skoolraad het van die begin af die beleid
van sentralisasie aanvaar om die probleem van die
---
1. Coetzee: *Onderwys in Transvaal 1838-1937*, 103.
2. Notule Wolmaransstadse Skoolraad, d.d. 7 Jan. 1908.
3. T.E.D.: *Report for the year ended June, 1908*, 10.
onderwys in die dunbevolkte distrik enigsins die hoof te kon bied\(^1\). Die eerste skoolraadkonferensie het plaasgevind op 30 September 1 en 2 Oktober 1908 op Pretoria. Die afgevaardigdes van die Wolmaransstadse Raad, di. Van der Horst en Faustman, het hier voorgestel dat die beginsel van sentralisasie deur die konferensie as beleid aanvaar moet word\(^2\). Die probleem is deeglik bespreek, en die mosie is met 41 teen 9 stemme aangeneem. 'n Voorstel wat die minimum van die publieke skool wil verlaag van 25 na 20 en in die geval van 'n privaatskool van 10 na 6, is verwerp. Dit is genoegsame bewys dat die beleid "of bringing education to the doors of all" plek moes maak vir die beleid van sentralisasie\(^3\).
In sy rapport in 1909 meld inspekteur J.P.Botha dat skoolrade in sy kring die neiging tot sentralisasie van skole toon maar dat daar nog nie veel bereik is nie. Die Wolmaransstadse Raad het egter die saak verder gevoer as die ander rade en reeds by wys van 'n eksperiment 'n daaglikse vervoerskema deur middel van 'n muilwa ingestel waardeur die leerlinge op Leeuwfontein en Rooipoort aangery is om 'n sentrale skool op die dorp op te bou\(^4\). Die Skoolraad was van plan om die stelsel uit te brei na ander dele en skole indien die middels dit toelaat. Die inspekteur het egter die sukses van vervoerskemas in twyfel getrek en was ten gunste van die oprigting van koshuise, maar dan moes aansienlik hoër toelaes vir die doel deur die Regering
|
dc2388d6-ddf6-4460-97ca-19ee2722c289-0
| 1 |
| 28 | 31 | 30 |
| Zoutpan | 32 | -- | -- | -- | 29 | -- | -- | -- |
| Totale | 459 | 585 | 718 | 844 | 369 | 498 | 586 | 713 |
Personaal.
- L.H. Lee, J. Bruyn
- W. de Greeff
- Mej. G. Hoole
- C.A. Winter, A. du Toit
- Mev. E.A. Grey
- H.W. Kingston
- Mej. E.J. Erasmus
- W.T. Heughman
- J.N. Smit
Opmerkings.
- 1907-1909
- 1907-1908
- 1907-1910
- 1910
- 1907-1910
- 1907-1910
- 1907
- 1907-Open Des. 1906
- Sluit 1907
- 1907-1910-Supplementer, nie aan bepaalde skool verbonde nie.
b. Inskrywing en skoolbesoek.
Die gemiddelde skoolbesoek vir 1907 was 76%, terwyl dit in 1902, 1903 en 1904 86% was. Die rede wat die ouers aangee, is dat daar nie kaffers op die plaas is om die werk te doen nie; die kinders is tuis nodig. Die vernaamste rede egter vind die inspekteur in die algemene onverskilligheid teenoor die onderwys asook die feit dat die ouers meen dat onder 'n stelsel van selfregering die skole veilig is en dit dus nie saak maak hoe laag die skoolbesoek daal nie\(^1\).
Die inspekteur was van oordeel dat die afskaffing van die pos distrikshoofonderwyser die skoolbesoek nadelig beïnvloed het. Volgens sy gegevens was net maar twee-derdes van die skoolgaande kinders op skool. Vervoer en beurse was ook nie 'n sukses nie, omdat diegene wat nie van die dienste gebruik kon maak nie, gewoonlik gegriffig was en dan hulle kinders uit die skool geneem het\(^2\).
In Junie 1908 meld die Direkteur van Onderwys dat die aanwas van leerlinge vir die besondere jaar 7,000 was, waarvan hy meen dat 1,000 van die C.N.O.-skole oorgeskok het sedert Junie 1907. Hy beskou die groei as besonder bemoedigend as in aanmerking geneem word dat die skoolgaande kinders in 1903 23,077 was teenoor die totaal van 42,321 in Junie 1908. In die Wolmaransstadse distrik was die stand
---
1. T.E.D.: Report for the year ended June, 1907, 60.
2. Idem.
van skole soos volg:
| | 1906 | 1907 | 1908 | 1909 | 1910 |
|----------------|------|------|------|------|------|
| Aantal skole | 15 | 16 | 18 | 20 | 24 |
| Inskrywing | 459 | 459 | 585 | 718 | 884 |
| Skoolbesoek | 374 | 369 | 498 | 586 | 713 |
Die sluiting van die C.N.O.-skool op die dorp in 1907 het die inskrywing van die betrokke staatskool laat styg tot 101. Die rede vir die groei soek die Direkteur daarin dat die nuwe wet geen steurende klousules bevat het nie en vir albei die bevolkingsgroepe aanneemlik was. Die kinders wat na die oorlog gebore is, het nou skoolgaande ouderdom bereik, en die ouers was volgens hom tevreden met die staatsonderwysstelsel.
Die gunstige styging in die inskrywing gedurende die jaar Julie 1909 – Junie 1910 skryf inspokteur Botha toe aan die vermeerdering van die aantal skole maar ook wel aan die voorsiening van vervoer en losiesbeurse. Dit het ten gevolg gehad dat elf eenmanskole gedurende die jaar so gegroei het dat n tweede leerkrug op die personeel aangestel kon word. Hoewel daar hierdie verblydende groei was, was daar nogtans baie kinders glad nie op skool nie weens die groot afstande asook weens die feit dat die distrik yl bevolk was. Die skoolbesoek was 86%; en as in aanmerking geneem word dat die gewone faktore wat nadelig inwerk op goeie skoolbesoek, soos onder andere ploegtyd, oestyd, oorvol spruits in die regenseisoen en die onwilligheid aan die kant van sommige ouers, nog maar steeds 'n rol gespeel het, kan hierdie persentasie as besonder gunstig beskou word.
1. T.E.D.: Report for the year ended June, 1908, 2-3.
2. Ibid., 1910, III.
3. Ibid.
9. Samevatting.
Toen 1910, met Unifikasie, het die neutrale staatskool ten volle posgevat, aangesien die meeste hindernisse op hierdie stadium uit die weg geruim was en daar nou geleentheid was vir die onderwys om te ontwikkel.
Die Direkteur van Onderwys noem in sy rapport van 1910 die volgende belangrike sake:
a. Taal: Alle kinders in openbare skole het in albei tale onderrig ontvang, hoewel hy nog nie tevreden was met die standaard van tweetaligheid wat bereik is nie. Onderwyssers het dikwels nog nie oor die bekwaamheid beskik om albei tale deeglik te onderrig nie. Hierdie moeilikheid sou voortaan opgelos kon word deur die beskikbare leerkrags te beter te verdeel ten einde te verseker dat alle skols persone sou hê om die werk behoorlik te doen\(^1\).
b. Godsdiensonderrig: Daar word geen moeilikheid ondervind om die klousules van die nuwe Onderwyswet rakende godsdiensonderwys in werking te stel nie. Die praktyk het getoon dat onderwys religieus en gelyktydig ook nie-dogmatics kan wees\(^2\).
c. Sentralisasie: Die sentralisasiegedagte met 'n sentrale skool as opvoedkundige organisasie het ruimskoots wortel geskiet en is besig om vinnig uit te brei\(^3\).
d. Algemene toestand: "There is a forward movement, though it is and must be gradual; there is progress, though it is and must be slow"\(^4\).
---
1. T.E.D.: Report for the year ended June, 1910, 62.
Notule Wolmaransstadse Skoolraad, 5 Aug. 1908:
Toespraak van Direkteur.
2. T.E.D.: Report for the year ended June, 1910, 55.
3. Ibid., 70.
Notule Wolmaransstadse Skoolraad, 5 Aug. 1908:
Toespraak van Direkteur.
4. T.E.D.: Report for the year ended June, 1910, 67.
|
dc2388d6-ddf6-4460-97ca-19ee2722c289-1
| 1 |
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
WISKUNDE V2
SEPTEMBER 2019
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, 1 inligtingsblad en 'n antwoordeboek van 18 bladsye.
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
2
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae.
2. Beantwoord AL die vrae in die SPESIALE ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.
3. Dui ALLE berekeninge, diagramme, grafieke ensovoorts wat jy in die beantwoording van die vrae gebruik, duidelik aan.
4. Volpunte sal NIE noodwendig aan slegs antwoorde toegeken word NIE.
5. Jy mag 'n goedgekeurde wetenskaplike sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders vermeld.
6. Indien nodig, rond antwoorde tot TWEE desimale plekke af, tensy anders aangedui.
7. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.
8. 'n Inligtingsblad met formules is aan die einde van die vraestel ingesluit.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Wiskunde/V2 3
NSS
VRAAG 1
Die tyd (in sekondes) tussen die opeenvolgende landings van vliegtuie by 'n lughawe op dag 1 was aangeteken. Die data word in die Kumulatiewe Frekwensietabel hieronder gegee.
| Tyd in sekondes | Aantal vliegtuie (Frekwensie) | Kumulatiewe Frekwensie |
|---|---|---|
| 60 < t ≤ 90 | 2 | 2 |
| 90 < t ≤ 120 | 16 | 18 |
| 120 < t ≤150 | 28 | 46 |
| 150 < t ≤180 | 17 | 63 |
| 180 < t ≤210 | k | p |
1.1 Toon aan dat k = 10.
1.2 Skryf die waarde van p neer.
1.3 Bereken die geskatte gemiddelde tyd tussen die landings van twee opeenvolgende vliegtuie.
1.4 Dit word gegee dat (q ; 186,89) die interval van die landingstye, binne EEN standaardafwyking van die geskatte gemiddeld, tussen vliegtuie is.
1.4.1 Skryf die geskatte standaardawyking neer van die tyd tussen die
opeenvolgende landings van die vliegtuie. (2)
1.4.2 Bereken die waarde van q.
(1)
1.5 Op dag 2 land dieselfde hoeveelheid vliegtuie as wat op dag 1 geland het op die lughawe. Die tydsverloop, tussen die opeenvolgende landings van al die vliegtuie op dag 2, is m sekondes korter as die tye in die bostaande tabel.
Indien daar 'n ogief van dag 2 se data geteken moet word, sal die volgende waar wees:
* Die ogief sal geanker word by (57 ; 0)
* Die maksimum waarde van die ogief sal by (237 ; 80) wees
Bepaal die gemiddelde tydsverloop tussen die landings van twee vliegtuie op DAG 2, as dit gegee word dat die frekwensieverspreiding vir die twee dae dieselfde is.
(1)
(1)
(3)
(2)
VRAAG 2
Die punte, in persentasie, wat tien matrikulante in 'n Rekeningkunde- en Wiskundetoets behaal het word in 'n tabel hieronder gegee.
2.1 Identifiseer 'n uitskieter in die bostaande data.
(1)
2.2 Bepaal die vergelyking van die kleinste kwadrate regressielyn nadat die uitskieter in die bostaande data geïgnoreer is.
2.3 'n Ander leerder van dieselfde klas het 83% in die Rekeningkundetoets behaal, maar kon weens siekte nie die Wiskundetoets skryf nie. Gebruik die vergelyking wat in 2.2 bepaal is, om die leerder se punt vir die Wiskundetoets te voorspel.
(3)
(2)
2.4 Die onderwyser het besluit om vir die leerder wat afwesig was, die voorspelde punt wat in 2.3 behaal is te gee. Ander leerders in die klas het gevoel dat dit onregverdig is.
Motiveer aan hierdie leerders waarom die voorspelde punt 'n goeie aanduiding is van wat die leerder moontlik in die Wiskundetoets kon behaal het. (2)
2.5 Nadat die Wiskundevakadviseur die antwoordstelle van die Wiskundetoetse gemodereer het, het sy besluit om elke toetspunt met p% te verminder. Verduidelik, sonder enige berekeninge, watter invloed hierdie vermindering van die Wiskundetoetspunte op die helling van die kleinste kwadrate regressielyn van die bostaande data het, indien die uitskieter geïgnoreer word.
(2)
5
NSS
VRAAG 3
In die diagram hieronder, is P (–5 ; 1), Q(7 ; –2) en R(1 ; 6) die hoekpunte van ∆PQR. PQ sny die x-as by D. Die hoogtehoek van QR is α . PS RQ ⊥ en L lê op die x-as sodat PL as. x ⊥ −
3.1 Skryf die vergelyking van die lyn PL neer.
(1)
3.2 Bereken die gradient van QR. (2)
3.3 Bepaal die vergelyking van die lyn PS. (4)
3.4 Bereken die grootte van die inklinasiehoek van PQ. (3)
3.5 Bereken die grootte van ˆ PQS. (4)
3.6 Dit word gegee dat die oppervlaktes van 2 PRS 4x ∆ = en 2 PQS 16x ∆ = . Bereken die lengte van SQ, SONDER om die koördinate van S te bereken. (5)
VRAAG 4
In die onderstaande diagram word twee sirkels gegee. Sirkel O, met middelpunt as oorsprong, sny die y-as by A en gaan deur die punt C(6 ; 3). Die sirkel met middelpunt B(2p ; –p) raak die sirkel O uitwendig in punt E. Die middelpunte van die twee sirkels word verbind met die lyn OB.
y
4.4 Bereken die waarde(s) van k waarvoor die lyn 1 5 2 y x k − = + die sirkel met middelpunt O sal sny in twee punte, een met 'n positiewe x-waarde en die ander een met 'n negatiewe x-waarde.
(2)
4.5 Dit word gegee dat die lengte van EB 20 = .
4.6 Veronderstel 'n derde sirkel met die volgende vergelyking word gegee: 2 2 4 cos 8 sin 3 0 x y x y θ θ + + + + =
Bepaal die maksimum lengte wat die radius van hierdie sirkel kan wees vir enige waarde van θ . (6)
VRAAG 5
5.1 Vereenvoudig elk van die volgende sonder om 'n sakrekenaar te gebruik Toon ALLE bewerkings.
.
Gegee die uitdrukking:
x x tan. 2
cos sin
x
2
5.2.1 Vir watter waarde(s) van x, in die interval ] 180 ; 0 [ ° ° ∈ x , sal hierdie uitdrukking ongedefinieerd wees? (3)
5.2
VRAAG 6
In die onderstaande diagram word die grafieke van f (x) = acosx en g(x) = sinbx geskets vir die interval x ∈ [0° ; 180°]. Die punt P(180° ; –3) is op die grafiek van f.
6.1 Skryf die waardes van a en b neer. (2)
6.2 Skryf die periode van f neer. (1)
6.3 Skryf die waardeversameling van
|
69e08136-e3e1-4f22-a160-553473bb6757-0
| 1 |
Donderdag 8 Desember
Skrifgedeelte: Openbaring 9:13-21
Fokusverse: Openbaring 9:13, 14
God gebruik oorloë om oor die wêreld te oordeel en mense tot bekering te roep
Wanneer die sesde engel op sy trompet blaas, beveel God dat die vier engele by die Eufraatrivier losgemaak moet word. Die Eufraatrivier was die oostelike grens van die Romeinse Ryk. Oorkant die Eufraat het die vyande gebly. In die Ou Testament het Israel se vyande ook oorkant die Eufraat gebly. Dink aan die Babiloniërs en die Assiriërs. Oorlog is dus altyd van die Eufraatrivier se kant af verwag.
Soos ons gehoor het, is daar by die Eufraatrivier vier engele. Hulle is bose engele en staan reg om 'n groot deel van die mensdom met oorloë dood te maak. Die perde en perderuiters simboliseer oorloë wat in hierdie wêreld plaasvind.
Hoekom laat God toe dat die mense gepynig en doodgemaak word deur oorloë? God is die liefdevolle God, maar Hy is ook die regverdige God. En Hy oordeel regverdig oor die sondige wêreld.
Ons moenie aan God se oordeel dink as 'n geïsoleerde gebeurtenis wat by Jesus se wederkoms gaan plaasvind nie. Nee, God se oordeel is een groot eenheid! God is nou reeds besig met sy oordeel totdat die finale oordeel met Jesus se wederkoms aanbreek.
Ons kan dit vergelyk met 'n donderstorm. Vir 'n oomblik is dit stil. En dan skielik, 'n nuwe dreuning wat nog nader is. Weer 'n stilte, maar die wolke bly beweeg. En dan weer 'n slag, nog nader. So hou dit aan totdat die donderweer hier by ons slaan en die reën hard begin val.
In God se oordeel sien ons ook sy genade, want Hy gebruik sy regverdige oordeel om mense tot bekering te roep. Met elke natuurramp, epidemie of oorlog word mense opgeroep om hulle tot God te bekeer (vgl. Luk. 13:1-5). Die troos wat gelowiges het, is dat die Here hulle in dit alles vashou, en dat hulle in lewe en in sterwe aan Hom behoort.
So is dit ook met God se oordeel, dit is heeltyd daar. Ja, soms is dit vir 'n rukkie stil. Maar daar is heeltyd beweging. God berei sy donder voor en elke keer volg daar 'n slag. Elke oorstroming, aardbewing, oorlog of epidemie is 'n openbaring van God se oordeel. Al hierdie dinge gaan aanhou gebeur tot en met Jesus se wederkoms wanneer God se oordeel 'n hoogtepunt bereik.
Sing: Skrifberyming 14-3:1, 4
Dr. HM Zwemstra (Heinrich)
|
0d9ae145-c2aa-4fbd-8546-b1900cf8a75f-0
| 1 |
Monita Will is 'n doodgewone ma, met 'n buitengewone verhaal. As ma van 'n kind met spesiale behoeftes, moes sy baie uitdagings en probleme hanteer en oorkom. Maar dit was beslis nie verniet nie, want vandag is sy 'n lig in die donker vir talle ouers en kinders.
Toe Monita tien weke swanger was, het sy Duitse masels opgedoen. Die dokters het haar aangeraai om eerder die swangerskap te beëindig as gevolg van verskeie mediese risiko's soos doof- en blindheid en onderontwikkeling van die brein en hart wat hulle in die gesig gestaar het. Monita het egter haar vertroue in God geplaas en Ethan is op 37 weke gebore – doof en seerebraal gestremd. Vanaf geboorte was daar verskeie uitdagings wat sy saam met Ethan moes oorkom – 'n onsuksesvolle gehoorapparaat op drie maande, gereelde sessies by die fisioterapeut, 'n maand op 'n ventilator en uiteindelik 'n kogleere inplanting toe hy 2 jaar en 6 maande oud was.
Ethan het twee jaar lank aan die Carel du Toit skool vir Dowes in Kaapstad skoolgegaan en later aan die De la Bat-skool vir Dowes op Worcester. Monita het begin om gebare te gebruik om met Ethan te kommunikeer. Sy het aanvanklik klasse bygewoon en het later 'n werk by die Nasionale Instituut vir Dowes gekry, waar sy meer kon leer. Sy was verstom om te sien hoe doeltreffend hierdie manier van kommunikasie was. Ethan het só goed ontwikkel dat Monita hom graag in 'n horrende skoolongewing wou plaas waar die skool steeds sy fisiese gestremdhed kon akkommodeer. Nadat sy van die Martie du Plessis skool vir kinders met spesiale behoeftes gehoor het, het sy na Bloemfontein verhuis. Hier het sy begin navorsing doen oor gebare vir babas en kinders met spesiale behoeftes. En net daar is Tiny Handz gebore.
Monita vertel dat gebaretaal nie net help om kommunikasie te bevorder nie, maar ander voordele ook inhou. "Kinders wat met spraak en taal sukkel, toon dikwels negatiewe sosiale gedrag soos agressie, angstigheid en woedeuitbarstings omdat hulle nie hul basiese behoeftes kan kommunikeer nie. Gebare kan hierdie frustrasie aansienlik verlig." Aangesien die hand-oog koördinasie vinniger ontwikkel as artikulasie, kan eenvoudige gebare al van 6 maande af aangeleer word. Baie ouers is onder die wanindruk dat die leer van gebare jou kind se normale taalontwikkeling sal stuit. Intendeel, dit moedig juis vroeë kommunikasie aan. Kinders is nie net ouditiewe leerders nie, maar leer ook deur die visuele en kinetika. Met die gebruik van gebaretaal word alle leerstyle betrek.
Ouers met gehoorgestremde kinders of kinders met spraakprobleme kan ook ongelooflik baat vind by Tiny Handz klasse. Tydens klasse word basiese gebare opgedeel in kategorieë, bv. diere, kleure, emosies, kos, familie, ens. Klasse word in beide Afrikaans en Engels aangebied.
Besoek www.tinyhandz.co.za vir meer besonderhede of kontak Monita Will by 082 218 7339 of [email protected] vir enige navrae.
Edited and compiled by Annelie
|
d589b5b3-1ea5-450b-8daa-60261adc9ab6-0
| 2 |
Teken in en ontvang elke week 'n gratis Lekkerbekkie Nuusbrief: [email protected]
Gratis kinderstorie:
Die slak-resies deur Anna Emm
Daar was eenmaal vier slakkies met slymerige lyfies en ronde doppies. Wanneer die ander diertjies en dingetjies in die tuin resies gejaag het, moes die slakkies altyd eenkant sit en kyk. Want slakkies is te stadig om resies te jaag teen ander goetertjies.
"Dis onregverdig!" sug Sally Slakkie. "Ek wil ook resies jaag."
"Ja, dis beslis onregverdig!" sê Sarel Slakkie en Santie Slakkie nou ook.
Maar Simon, die slim slakkie, sê: "Maar hoekom hou ons nie ons eie resies nie? Ons kan tog seker 'n slak-resies hou en teen mekaar resies jaag?"
Die ander drie slakkies dink dis 'n baie goeie idee, en hulle spreek af om vroeg die volgende oggend tussen die rankplante teen die muur bymekaar te kom. Hulle sal dan resies jaag al met die rankplante se stingels langs, en kyk wie wen.
Sally Slakkie is nie lus vir verloor nie, en sy vra skelmpies vir Naaldekoker om saam te kom. Hy moet agter haar dop wegkruip en haar stoot met die rankplant langs. Dan sal sy sekerlik wen! Sarel Slakkie het ook 'n plan om te wen. Hy vra vir Spinnekop om 'n lang draadjie te spin waaraan hy kan vashou. Dan kan hy homself vinnig aan die draadjie trek tot by die wenstreep. En Santie Slakkie vra sommer die miertjies om onder haar glibberige lyfie in te kruip en haar stilletjies tot by die wenstreep te dra. Niemand sal mos sien nie!
Maar o aarde! Toe die slak-resies begin – al met die stingel van die rankplant langs – is Sally Slak heeltemal te swaar vir Naaldekoker om te stoot! Hy buzz en zoem en stoot en stoot, maar hulle kom nie weg teen die opdraendes nie. Sarel Slakkie trek homself teen die stingel op aan die spinnerak se draad, maar toe die afdraendes kom, swaai hy heen en weer in die lug aan die draad! Hy kan nie weer af nie! En die arme Santie Slak… Die miere se pootjies glip en gly só teen die gladde stingel met die slymerige slak op hulle ruggies, dat hulle almal van die stingel afval en in 'n hoop op die grond beland!
En Simon die slakkie? Hy gly-gly teen die stingel op soos net 'n slakkie kan, en gly super-vinnig teen die stingel af soos net 'n slakkie kan! Hy is só vinnig en hy wen só maklik, dat al die ander diertjies en dingetjies hom nooi om aan hulle volgende resies deel te neem.
Nuus uit die kantoor
Nuwe kinderstories hierdie maand!
Het jy geweet dat Anna Emm Productions al meer as 1000 nuwe kinderstories die afgelope 8 jaar op CD en DVD vrygestel het?
Die stories word regoor die land, en selfs tot in Namibië, versprei deur ons aanlynwinkel en ons netwerk van agente. Daar is reeds meer as 80 geregistreerde Anna Emm agente in Suid-Afrika! (Vir meer besonderhede oor hoe jy 'n agent kan word, stuur 'n epos na [email protected])
Wat maak ons stories anders? Dit is ons beleid en waarborg aan ons ouers dat al ons stories gegrond is op goeie waardes en gesinsverhoudings, wat beteken die kinders in die stories het respek vir die grootmense, hulle jok nie, boelie nie, steel nie, en vernietig nie. Daar is geen towery of hekse in ons stories nie.
En wraak word nooit as oplossing gebruik nie – selfs nie eens in sy onskuldigste vorm nie! Anna Emm se stories is stories waarmee kinders saans kan bed toe gaan, en wat ouers met geruste harte kan aanskakel en wegstap.
Is ons stories dus vervelig? Inteendeel! Kinders kan nie ophou luister na Anna Emm se stories nie! Die stories is verbeeldingryk en vol raaisels, verrassings en snaaksighede. Die stories word só vertel dat jong kinders dit maklik kan verstaan en volg, maar interessant genoeg dat ouer kinders (en Mamma en Pappa!) net so lekker sal saamluister. Nie twee van ons CDs is dieselfde nie!
Die nuwe CD, "Katteloffie en die Van Aardes" wat 15 Maart vrygestel word, is weer heeltemal iets nuuts…
Dit gaan oor 'n gesin, die Van Aardes, en alles wat met hulle gebeur het in hulle nuwe huis – deur die oë van Katteloffie, die straatkat…
¨Straatkatte is anders as huiskatte. Straatkatte slaap in stegies of in bome langs die pad, of soms in bokse. Straatkatte vang muise en goggas om te eet. Straatkatte loop van plek tot plek, van dorp tot dorp, net waar hulle wil wees. Straatkatte maak nes hulle wil...¨
Katteloffie is ´n straatkat. Op ´n dag beland hy per ongeluk in ´n groot boks wat na die Van Aardes se nuwe huis gaan. En daar besluit hy om ´n rukkie by díe vreemde gesin te bly - en snaakse dinge gebeur!
Stories op die CD:
1. Die kat in die boks
2. Die dief in die tuin
3. Die dogtertjie in die boom
4. Die babatjie in die dorp
Al die stories op die CD is deur Anna Emm geskryf, en voorgelees deur Lorraine du Toit. Die CD-voorblad is gedoen deur ons 13-jarige illustreerdertjie, Elanie Bieldt (wie ook al die inkleurprente vir die Lekkerbekkie Nuusbrief teken).
Blaai om vir ons spesiale aanbod op Katteloffie en die Van Aardes
Spesiale aanbod: geldig 12-18 Maart
Bestel ons nuwe "Katteloffie" storie-CD en kry enige ander CD hieronder vir slegs R40!
Hoe om te bestel:
Betaal die regte bedrag (R120) na:
Anna Emm Productions ABSA 916 338 0225 Takkode 632005
…met jou naam as verwysing.
Stuur 'n epos na [email protected] met jou bestelling, kontakbesonderhede en posadres.
Slegs geldig tot 18 Maart!
Lekkerbekkie Nuusbrief
is 'n produk van Anna Emm Productions.
www.AnnaEmm.co.za | 021 911
|
<urn:uuid:20882e69-8a0c-4475-9062-22b87b22bbca>-0
| 2 |
HANTERINGSRIGL YNE AAN SPEL TERAPEUTE OM ADOLESSENTE BY TE STAAN WAT SLAGOFFERS VAN OKKUL TVERWANTE GELOOFSPRAKTYKE WAS (GUIDELINES FOR PLAY THERAPISTS TO ASSIST ADOLESCENTS WHO HAD BEEN VICTIMS OF OCCULT RELATED RELIGIOUS PRACTICES)
deur
LOUIS LATEGAN
voorgele luidens die vereistes vir die graad
MAGISTER DIACONIOLOGIAE (SPEL TERAPIE-RIGTING)
aan die
UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
STUDIELEIER: DR
J H SCHOEMAN
NOVEMBER 2009
i
VERKLARING
EK VERKLAAR HIERMEE DAT
"HANTERINGSRIGLYNE OM ADOLESSENTE BY TE STAAN WAT SLAGOFFERS VAN OKKULTVERWANTE GELOOFSPRAKTYKE WAS"
My eie werk is en dat ek alle bronne wat ek gebruik of aangehaal het deur middel van volledige verwysings aangedui en erken het.
Geteken: ………………………………..
Datum: …………………………
DANKBETUIGINGS
By voltooing van die navorsing wil ek graag my dank aan die volgende persone betuig:
Dr. Hannie Schoeman, my studieleier, vir haar leiding, bystand en geduld en motivering ten einde hierdie navorsing te kon voltooi.
My ouers vir hul ondersteuning op so baie terreine.
Die respondent vir sy bereidheid om ten spyte van persoonlike druk en bloostelling sy persoonlike ervaring en insig te deel.
My Hemelse Vader wat my in alles gedra het en instaat gestel het om ten spyte van terugslae hierdie werkstuk te kon voltooi.
iii
OPSOMMING
HANTERINGSRIGLYNE AAN SPELTERAPEUTE OM ADOLESSENTE BY
TE STAAN WAT SLAGOFFERS VAN OKKULTVERWANTE
GELOOFSPRAKTYK WAS
Student: L Lategan
Studieleier: Dr. J P Schoeman
Datum: Februarie 2010
Satanisme het 'n destruktiewe effek op die ontwikkeling en welsyn van die adolessent en beïnvloed alle vlakke van sy of haar ontwikkeling. Sataniste gebruik
verskeie wyses om adolessente te lok, onder andere 'n fokus op individue se behoeftes aan lewensmiddele soos geld en aanvaarding,
Tydens hierdie studie is die gebrek aan riglyne vir spelterapeute in die hantering van adolessente wat in Satanisme betrokke is, as navorsingsprobleem
geïdentifiseer. In die lig van die navorsingsprobleem is die doel van die studie geformuleer, naamlik om riglyne te formuleer waarvolgens spelterapeute die
probleem van adolessente wat by Satanisme betrokke is te hanteer. Ten einde die doel te bereik, het die navorser inliging ingesamel aan die hand van kwalitatiewe
prosesse, gebaseer op die basis van bewys gebondenheid.
iv
SUMMARY
GUIDELINES FOR PLAY THERAPISTS TO ASSIST ADOLESCENTS
WHO HAD BEEN VICTIMS OF OCCULT RELATED RELIGIOUS
PRACTICES
Student: L Lategan
Promoter: Dr. J P Schoeman
Date: February 2010
Satanism has a destructive effect on the development and wellbeing of the adolescent and is known to influence all levels of his or her development.
Satanists use a variety of forms of entrapment and their focus on the individual's need of worldly goods, wealth and acceptance makes the adolescent easy prey.
During this study the lack of guidelines, for play therapists who became involved in the handling of adolescents entrapped in Satanism, was identified as the
research problem. Bearing in mind the research problem, the aim of this study had thus been formulated, namely to formulate guidelines according to which play
therapists will be enabled to address the problem of adolescents entrapped in
Satanism. To fulfill this aim, the researcher had gathered information by means of qualitative processes, based on evidence.
SLEUTELTERME
Adolessensie
Okkultverwante geloofspraktyke
Hanteringsriglyne
Kwalitatiewe navorsing
Satanisme
Slagoffer
Spelterapeut
Semi-gestruktureerde onderhoud
Toegepaste navorsing
Gestaltbenadering
Adolescents
Occult
Guidelines
Qualitative research
Satanism
Victim
Play therapist
Semi-structured interview
Applied research
Gestalt approach
KEY TERMS
INHOUDSOPGAWE
HOOFSTUK 1
25
55
HOOFSTUK 3
ONTWIKKELINGSTADIUM VAN DIE ADOLESSENT
INDELING VAN HOOFSTUKKE
HOOFSTUK 1
ALGEMENE INLEIDING EN ORIëNTERING
In Hoofstuk een word gefokus op die algemene inleiding en oriëntasie ten opsigte van die navorsing.
HOOFSTUK 2
'N TEORETIESE VERWYSINGSRAAMWERK WAARBINNE SATANISME
AS OKKULTVERWANTE GELOOFSPRAKTYK BINNE DIE KONTEKS
VAN GESTALT VERKLAAR KAN WORD
In Hoofstuk twee word gefokus op hoe Satanisme as okkultverwante geloofspraktyk binne konteks van die Gestaltteorie verklaar kan word.
HOOFSTUK 3
ONTWIKKELINGSTADIUM VAN DIE ADOLESSENT
In Hoofstuk drie word die ontwikkelingstadium van adolessensie bespreek wat gepaard gaan met belangrike ontwikkelingstake en verandering wat hom of haar vatbaar kan maak vir die invloed van Satanisme.
HOOFSTUK 4
NAVORSINGSPROSES EN NAVORSINGSBEVINDINGE
In Hoofstuk vier word 'n uiteensetting van die navorsingsproses en navorsingsbevindinge gegee.
HOOFSTUK 5
PROFIEL VAN DIE ADOLESSENT EN TERAPEUTIESE RIGLYNE
In Hoofstuk vyf word die profiel van die adolessent wat betrokke raak by satanisme beskryf en riglyne aan die spelterapeut deurgegee ten einde toepaslike hulp te kan verleen.
HOOFSTUK 6
SAMEVATTING, AANBEVELINGS EN GEVOLGTREKKINGS
Hoofstuk ses bespreek die samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings van die empiriese ondersoek.
SLOT/SAMEVATTING
In hierdie hoofstuk is daar gefokus op die motivering vir die keuse van die onderwerp, die probleemstelling en navorsingsvraag, doel en doelwitte van die studie, die navorsingsmetodologie, die afbakening van die universum en steekproef, definiëring van relevante begrippe, etiese aspekte en die hoofstukindeling.
In Hoofstuk twee word bespreek hoe Satanisme as okkultverwante geloofspraktyk binne konteks van die Gestaltteorie verklaar kan word.
HOOFSTUK EEN
ALGEMENE INLEIDING EN ORIëNTERING
1.1 Inleiding
Vir die doel van hierdie studie beskou navorser die okkulte as die omvattende begrip vir die bonatuurlike sintuiglik- en nie sintuiglik waarneembare verskynsels en ervaringe wat subjektief ervaar en objektief waargeneem kan word. Binne die konteks van okkultverwante geloofspraktyke bestaan verskillende verskynsels. Die volgende verskynsels dien as voorbeelde:
Satanisme
Magie
Oosterse mistiek
Spiritisme
Mantiek
New Age beweging: sekere eksponente wat satanistiese verbintenisse het.
Nie-Christelike religieus-godsdienstige aktiwiteite waar die magte van die bose bewustelik in die godsdiensbeoefening betrek word.
Okkultisme is die maniere wat die mens buite en sonder sy religieuse riglyne soos byvoorbeeld vir die Christen Die Bybel, Nuwe Vertaling 1984, persoonlik en in
groepsverband in sy godsdiens aanwend om met die bonatuurlike te kommunikeer sodat hy sy religieuse behoeftes kan bevredig en sy leefwêreld kan beheer. N Verdere
uitgangspunt van hierdie studie is dat:
* Okkultisme 'n religieuse konotasie en aktiwiteit het en dat
* Die Christelike geloofsbeoefening geen okkulte aktiwiteite dult nie.
Satanisme is een van die vorme van Okkultisme. Dit is naamlik die religieuse rigting wat -
(i) Satan persoonlik aanroep as voorwerp van verering en diens (met die wil);
(ii) hom erken as die bron van kennis oor die bonatuurlike (met die verstand);
(iii) hom vertrou as die bron van krag om die lewe die moeite werd te maak (met die wil en gevoel).
Satanisme word verder gedefinieër as die
|
<urn:uuid:d658ef83-3bc7-42c6-ade6-df4fa85a887e>-0
| 1 |
the horned god of witchcraft. Pan or Cernunnos. Note the thumb under the fingers and given by the right hand.
Horned Hand The sign of recognition between those in the Occult. When pointed at someone it is meant to place a curse. Note the thumb over the fingers and given by the left hand.
Witch Sign or Moon Sign Used to salute the rising moon. Also used by surfers and football teams. This is the sign that the furor should be using to indicate the "Hook Um" horns, Not the 2 above
666 The number of man. The mark of the Beast. Revelation 13:18
Swastika or Sun Wheel An ancient religious symbol used long before Hitler came to power. It was used in Buddhist inscriptions, Celtic monuments and Greek coins. In sun god worship, it is supposed to represent the sun's course in the heavens.
BRONNELYS
Alsaker, F.D. & Kroger, J. 2007 93-101 Self Concept, Self Esteem & Identity ( in Jackson, S. & Goossens, L. 2007. 2ed Handbook of Adolescent Development Hove: Psychology
Beisser, A. 2009 1-4 The Paradoxal Theory of change http://pioneersof change.net/library/articles.
Blom, R. 2006. 28-45, 100-111 The handbook of Gestalt play therapy: practical guidelines for child therapists. Londen: Jessica Kingsley publishers.
Die Bybel: 1953 Vertaling, Sewende Uitgawe, Agste druk, 2007. Tygerberg: Die Bybelgenootskap Van Suid-Afrika, Genesis 3 & 2 Korinthiërs 11: 14.
Cilliers, J.H.J. 2003. Pastoraat aan adolessente wat by okkultiese subkulture betrokke is- 'n Pastoraal terapeutiese benadering. UOVS Doktorale Proefskrif.
Clark, C.M. 1994. Clinical Assesment of adolescents involved in Satanism. Adolescence 29(114) 461-468.
Dungeons and Dragons Why all the fuss over a game, 2008 1-7 http://www.exposingsatanism.com/dnd.htm Internet 16 Januarie 2010
Durand, J. 2005 Doodloopstrate van geloof: 'n perspektief op die Nuwe Hervorming. Stellenbosch Rapid Acces publishers.
Cutting Edge Radio Program 1-6 TV/Toys Conditioning Our Children. http://www.cuttingedge.org/ce1021.html.
Delport, C.S.L. & Fouché, C.B. 2005 261-271 ( In De Vos, A.S, Strydom, H., Fouché, C.B. & Delport, C.S.L. 2005. Research at grass roots: For the social sciences and human service professions 3 rd ed Pretoria: Van Schaik
Denton, R. A. 2005 56 Die adolessent wat mishandel is se verhouding met God: 'n Pastorale Gestaltbenadering UNISA MA Verhandeling
Els, L. & Jonker, K. 2000. Satanism in South Africa. Pretoria: Amabhuku Publications.
Emerson, S. & Syron, Y. 1995. Adolescent Satanism: Rebellion masquerading as religion. Counseling and Values 39(2) 145160.
Fouché, C.B. & De Vos, A.S. 2005 100-110 ( De Vos, A.S., Strydom, H., Fouché & Delport, C.S.L. 2005 Research at grass roots: For the social sciences and human service professions 3 rd ed Pretoria: Van Schaik.
Fouché, C.B. 2005 111-120 ( De Vos, A.S., Strydom, H., Fouché, C.B. & Delport, C.S.L. 2005 Research at grass roots: For the social sciences and human service professions 3 rd ed Pretoria: Van Schaik.).
Freeman, H.E. 1971. 6 ( In Swart, L. 1999. Opvoedkundig-Sielkundige riglyne vir die weerbaarmaking van die adolessent teen betrokkendheid by Satanisme. UP MA Verhandeling.
Horn, A. 2004 37, 55-59 Movement in Gestalt therapeutic intervention for adolescents with disruptive behavioural tendencies. Unisa MA verhandeling.
Huisamen, E. 1990. 12 ( In Swart, L. 1999. Opvoedkundig-Sielkundige Riglyne vir die weerbaarmaking van die adolessent teen betrokkendheid in Satanisme UP MA Verhandeling.
Jackson.s & Goossens. L. 2007 1-55 Handbook of Adolescent Development 2ed Hove: Psychology
Johnson, L. Surviving Satanism: Overcoming self-destructive behaviour in rural adolescents. Youth Studies Australia 13 (3) 46-57.
Kjos, B. 2008 1-7 How Pokemon and Magical Cards affect the minds and values of children. http://logosresourcepages.org/Occult/pokemon- .htm.
Koch, K.E. 1986. Occult ABC: Exposing Occult Practices Grand Rapids. Kregal Publications. 27,61,220,222,235 & 239.
König, A. 2006. 114 Die Groot Geloofswoordeboek Vereeniging: CUM
Lehalle, H. 2007. 71-79 Cognitive Development in Adolescence ( In Jackson, S. & Goossens, L. 2007 Handbook of Adolescent Development Hove: Psychology ).
Malan, J.S. 1991. Gevare van die Nuwe Era Beweging Alberton Basuin Uitgewers 11
McCan, V. 2003. Harry Potter and the Occult 1-7 www.spoltlightministries.org.uk/ harrypotterarticle.htm
Oaklander, V. 2006. 11-13, 50-55, 100-112 Hidden treasure: A map to the child's inner self. Londen: Kornac Books
Plug, C., Louw, D.A.P., Gouws, L.A. & Meyer, W.F. 1997 246, 322 Verklarende en Vertalende Sielkundewoordeboek Sandton: Heinneman Voorgesette Onderwys.
Schnoebelen, W. 2008 Straight talk on Dungeons and Dragons http://www.exposingsatanism.org/d_d_talk.htm 1-4
Steck, G.M. & Anderson, S.A. 1992. Satanism among adolescents: Empirical and clinical considerations. Adolescence 27(108) 901-915.
Strydom, H. 2005. 56-69 ( In De Vos, A.S., Strydom, H., Fouché, C.B. & Delport, C.S.L. 2005 Research at grass roots: For the social sciences and human service professions 3 rd ed Pretoria: Van Schaik).
Strydom, H. 2005 192-203 ( In De Vos, A.S., Strydom, H., Fouché, C.B. & Delport, C.S.L. 2005 Research at grass roots: For the social sciences and human service professions 3 rd ed Pretoria: Van Schaik).
Strydom, H. en Delport, C.S.L. 2005 327-331 ( In De Vos, A.S., Strydom, H., Fouché, C.B. & Delport, C.S.L. Research at grass roots: For the social sciences and human service professions 3 rd ed Pretoria: Van Schaik.)
Swart, L. 1999 12-14, 24-29, 40-47 Opvoedkundig-Sielkundige riglyne vir die weerbaarmaking van die adolessent teen betrokkendheid by Satanisme. UP MA Verhandeling.
Wheeler, B.R. ,Wood, S. & Hatch, R.J. 1988. 547-550 Assesment and intervention with adolescents involved in Satanism. Social Work November-December`
|
<urn:uuid:d658ef83-3bc7-42c6-ade6-df4fa85a887e>-1
| 1 |
Hoe jy kan help
Elke druppel help om die emmer vol te maak vir boere en plattelandse gemeenskappe in nood.
Produsente, dra so by tot die Net 'n druppel-humanitêre hulpfonds.
* Skenk 'n gedeelte van jou lewering van enige produkte by GWK se fasiliteite teen een van die unieke leweringsnommers
* Kies of jou hulp moet gaan aan boere in nood of algemene publiek
* Dui die unieke leweringsnommer aan op jou geleibrief
* Sou jy 'n gedeelte van jou vrag skenk moet dit verdeel word en as twee lewerings hanteer word
* Die waarde van jou lewering word na 'n kontantbedrag omgeskakel wat gebaseer is op die huidige markprys van die produk by lewering
* Fondse word aangewend om voedselprodukte beskikbaar te maak deur die GWK-handelstaknetwerk
Leweringsnommers vir Trading en Veilings
Net 'n druppel (Landbou) – 7254900 Net 'n druppel (Algemene publiek) – 7255000
Subrekenings is van toepassing vir veelewerings, wat GWK Veilings sal deurgee op die veilingsdag. Let asseblief daarop dat skenkings van vee slegs gemaak kan word tydens 'n GWK-veiling en is van toepassing op afgehandelde transaksies.
Vir navrae oor lewerings, kontak jou plaaslike GWK-fasiliteitsbestuurder of -verteenwoordiger. Besoek ook ons webtuiste by www.gwk.co.za of stuur 'n e-pos na [email protected].
Hou ons Facebook-blad dop vir meer oor die projek in die komende maande!
Net 'n
|
052269eb-424c-43c8-9e28-b8b432175e31-0
| 1 |
e-Hervormer
Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar
15 Augustus 2013 Jaargang 6 – Uitgawe 26
In hierdie uitgawe
Predikante en gemeentes •
Voorblad •
Ander nuus •
Agterblad •
Kommentaar •
Teken in op die e-Hervorme r en r ontvang elke uitgawe gratis per e-pos!
Stuur 'n e-pos aan • [email protected]
Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan [email protected] p a
VOORBLAD
Op pad na die 70ste AKV
Presies 160 jaar gelede, op 8 Augustus 1853, het die 1ste Algemene Kerkvergadering noord van die Vaalrivier te Rustenburg sitting geneem.
Dit was uitdagende tye – pioniersomstandighede het aanleiding gegee tot armoede, konfl ik en broedertwis. Die belangrikste punt op die agenda van die eerste vergadering was die verhouding tussen die Kaapse en Transvaalse gemeentes. By die vergadering is besluit dat die gemeentes noord van die Vaalrivier selfstandig sou voortbestaan. Dit het beslag gegee aan die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.
Die afgelope 160 jaar is die AKV telkens met moeilike sake gekonfronteer: Daar was die afskeiding van die Gereformeerde Kerke in 1859 onder leiding van ds D Postma; die kerkskeuring onder leiding van ds FL Cachet in 1866; die mislukte kerkvereniging van 1885 onder leiding van ds HS Bosman; die Tweede Vryheidsoorlog met al die problematiek rondom bittereinders, hensoppers en joiners; daar was die rebellie van 1914; die Groot Depressie van 1933 en die arm blankes wat verstedelik het en in Blikkiesdorp gewoon het; die Wêreldoorloë en – les bes – die botsende nasionale strewe van wit en swart en die opkoms van apartheid.
En nou staan ons by die 70ste Algemene Kerkvergadering in 160 jaar. Ons het pas weer 'n kerkskeuring ervaar met die stigting van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes. 13 gemeentes het hulle losgemaak van die Hervormde Kerk. Soos met elke vorige kerkskeuring, word die Hervormde Kerk beskuldig van leervryheid. In die geval van die Gereformeerdes was dit oor die teologiese dwaling in die Gesange wat ons sing; Cachet het wyd en syd gereis en almal wat wou luister, vertel dat die naam 'Hervormd' teologiese liberalisme impliseer; Bosman het vir Goddefroy beskuldig dat hy nie die belydenisskrifte eerbiedig nie – waarop hy geantwoord het dat dit nie 'n leerkwessie is nie, maar 'n lewenskwessie.
Die komende Algemene Kerkvergadering staan in die teken van 'n kerklike afskeiding wat voorgee dat dit net om leerkwessies gaan, maar duidelik ook 'n ideologiese basis het. Dit daag die komende AKV uit om duidelike antwoorde te gee op moeilike vrae oor die Kerk se identiteit en relevansie vir die toekoms.
Sulke gebeure is altyd traumaties en pynlik. Tegelykertyd leer die geskiedenis ons dat pyn nuwe energie, nuwe toewyding en 'n nuwe toekomsvisie skep. Die Kerk, met krag van Bo, sal die huidige krisis verwerk en sterker staan as in die verlede.
Ek is van oortuiging dat die komende Algemene Kerkvergadering vir die Hervormde Kerk 'n waterskeidingsgeleentheid gaan wees. Ons weet nie wat die uitkoms van die vergadering gaan wees nie. Hopelik kan ons ná hierdie vergadering weer rustig en met toewyding met ons kerkwerk voortgaan. E
Dit sal gebeur, indien eerlike teologiese nadenke en wedersydse respek seëvier.
Skakels
Webblad van die Hervormde Kerk
In die kerk is daar nie ruimte vir ekstremisme nie. Daar is wel ruimte vir 'n diep en innige geloof dat Jesus Christus die enigste Here is, dat Hy sy kerk stuur om die evangelie aan alle mense te verkondig en dat ons, as Hervormde Kerk, gehoorsaam wil wees aan die opdrag van die Here.
www.nhka.org
Die Hervormer e-Hervormer
Indien u nie weer die e-Hervorme
www.hervormer.co.za www.hervormer.co.za/e_Hervormer.html
wil ontvang nie, stuur 'n e-pos na [email protected]
r r
Mev Mieke Papp
Bydraes vir moontlike plasing in die e-Hervormer moet asseblief teen Dinsdaemiddae 16:00 OP DIE LAATSTE na [email protected] gestuur word.
PREDIKANTE EN GEMEENTES
Stuur asseblief berigte oor lief en leed en gemeentegebeure na [email protected]. Die redaksie doen alles in hul vermoë om inligting korrek weer te gee, maar maak vanselfsprekend staat op die integriteit van die besonderhede soos verskaf.
Ds Peet Swanepoel • van Gemeente Derdepoort se vrou, Christa, was op Maandag 12 Augustus saam met hul dogter in 'n motorongeluk betrokke. Alhoewel sy baie seer gekry het en in die Kloof-hospitaal opgeneem is, gaan dit onder omstandighede goed. Die dogter in ongedeerd. Ons wens mev Swanepoel 'n spoedige en algehele herstel toe.
Op Sondag 11 Augustus het • mev Mieke Papp, vrou van prof (hc) Kálmán Papp, haar 85ste verjaardag gevier. Haar jongste dogter, en seun, dr Kálmán Papp en sy vrou Leoné, was by die verjaardagviering by die versorgingsoord waar prof en mev Papp tans woon en versorg word. Dit gaan nog goed met mev Papp. Sy woon in haar eie woonstel en besoek haar man wat in die versorgingsafdeling lê, getrou elke dag. Sy kom gemaklik oor die weg met haar shoprider karretjie. Mev Papp word goeie en gesonde jare toegebid. Mag sy ook krag en genade ontvang om haar man in hierdie tyd by te staan. Prof Papp is baie verswak; hy praat met moeite maar ken steeds sy eie mense. Die Kerk se voorbidding word vir hom en sy naasbestaandes gevra.
AKSIEGROEP VIR BEJAARDES. • Is jou gemeente op die hoogte van die veranderende behoeftes en nood van die ouer lidmate? Indien wel, watter aksie of plan het die gemeente in plek om daardie lidmate daadwerklik in hul eie woonplekke by te staan en hulle sodanig (fi sies, fi nansieel, sosiaal en geestelik) te ondersteun dat hulle, ten spyte van hul ouderdom, 'n lewe vol vreugde en kwaliteit kan hê? Vir meer inligting, kontak die ADV se Werkgroep vir Bejaardes (die AGB) by 082 786 8448.
Ds Willem Slabbert het laat weet dat • Gemeente Grootvlei dringend 'n orrel, 'n Nagmaalservies en 'n kateder benodig. Kontak ds Slabbert asseblief by 082 296 4150 indien u kan help.
MEDIASONDAG: Al die gemeentes • van ons Kerk word met die ondersteuning van die Kommissie van die AKV versoek om op Sondag 25 Augustus aandag te gee aan ons kerklike kommunikasie en publikasies. Die geleentheid val vanjaar saam met die herdenking van Bartolomeusnag, en kan gebruik word om na te dink oor die maniere waarop ons ons geloof in die gemeenskap betuig. SENTIK wil gemeentes versoek om by hierdie geleentheid besondere moeite te doen om die kerklike tydskrifte aan die gemeentelede bekend te stel, en dan veral die gereelde gedrukte publikasies: Die Hervormer, Konteks, die Almanak en Bybelse Dagboek. Doen asseblief moeite om lidmate aan te moedig om op die tydskrifte in te teken, en gee die gemeente se intekensyfers voor die einde van Oktober deur aan mev Van Zyl by [email protected], 012 322 8885 x291 of
|
<urn:uuid:8cb3a11e-c147-4db5-ace7-53fd00cd401c>-0
| 1 |
delwerskombuis, witolifanttafel, speelgoedtafels...
Pretpark vir die kinders, skyfskiet, kettieskiet, blaaspyp...
Outydse foto's kan geneem word
Groot gesoek en gedelf na R50 000 se kontantpryse
Vir die manne 'n bietjie kultuur te proe by die kultuurtafel
Feeswyn en Delwersfeeswyn beskikbaar
Kaartfasiliteite beskikbaar
Delwersfeessertifi kate teen R20 elk
Beskikbaar by Paula Vermaak by kerkkantoor 012 546 5678 / 087 830 0686
of Jimmy 083 254 4771 of Janine 083 260 0983
Donderdag 12 tot Saterdag 14 September: Gemeente Bergsig • Bergsigmark vanaf 10:00, Saterdag vanaf 08:00
hv Karel Trichardt- & Leonidestraat, Mountain View
Stalletjies te huur @ R200 vir die 3 dae
Teetuin met gebak, sjokoladefontein en malvalekkers op 'n stokkie
Etes schwarmas en pappadoms met vleisgeregte
Saterdag 14de
Demonstrasies van skilderkuns deur mondskilders
Delwersoektog, potjiekoskompetisie, skyfskiet
Groot pryse te wen
Kontak Tina by 078 682 7093
Saterdag 26 Oktober: Gemeente Kempton Park-Oos • KPO Lekker Kuier Kontreifees
Uitstallers en kosstalletjies
Gaskunstenaar Die Flooze (Sorina)
Toegang R20 per persoon
Kom geniet 'n heerlike dag
Kontak Anneline by 082 924 7344 of Marius by 072 778 1033
ANDER NUUS
Vakature: Assistentverpleegster •
By Andries-Marié Oosthuizen Monumenttehuis in Parys, Vrystaat Tehuis vir verswakte en selfversorgende bejaardes Pligte: Algemene versorging van inwoners, bedwas en kliniekdienste soos die neem van bloeddruk Vereistes: Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede Vorige ervaring in veld van verpleging van bejaardes sal sterk aanbeveling wees Moet geregistreer wees by die Verpleegstersraad Normale diensvoorwaardes Stuur CV aan mev A Botha, faks 056 817 7525 of e-pos [email protected]
Beeld-Kinderfonds •
Wen 'n Peugeot
ο
SMS PEUGEOT na 32541 of SMS KINDERS na 32541
R25 per SMS
Super 10 Spinning Marathon
Saterdag 7 September 07:00 tot 17:00
Centurion Mall
Kerskonsert
Woensdag 27 November in Pretoria
R110 en R155
Navrae aan Adrie van Staden by 011 976 2273 / 073 749 2697
Besoek www.beeldkinderfonds.co.za
Maandag 14 Oktober 09:00 tot 16:00 •
Predikanteseminaar
Tema: Tussen-Testamentêre Tydperk / Tweede Tempelperiode – stil of nie? Noordwes-Universiteit, Potchefstroom-kampus Kamer 204, Fakulteit Teologie Aanbieders dr Jacobus de Bruyn en mnr Eugene Coetzer Alle kerkverbande se leraars word uitgenooi Dien as verdere opleiding vir predikante R320 per persoon, sluit middagete en verversings in Inskrywings teen Vrydag 20 September op die laatste Navrae aan dr Jacobus de Bruyn by 072 606 1661 / [email protected]
KOMMENTAAR
Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur aan [email protected]. Langer bydraes sal nie geplaas word nie, en moet eerder na die gespreksforum van die Kerk se webblad gestuur word; gaan dan na www.nhka.org → Praat saam en kies die opsie wat u pas. Anonieme bydraes word ook nie gebruik nie. Die fi nale besluit oor plasing in die e-Hervormer berus by die redakteur. Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur aan [email protected]. Langer bydraes sal nie geplaas word nie, en moet eerder na die gespreksforum van die Kerk se webblad gestuur word; gaan dan na www.nhka.org → Praat saam en kies die opsie wat u pas. Anonieme bydraes word ook nie gebruik nie. Die fi nale besluit oor plasing in die e-Hervormer berus by die redakteur.
10
ο
ο
"Ds Tanya van Wyk se siening kan ek nie deel nie, nie omdat dit gaan oor regte vir vroue nie, maar omdat ons sekulêre wêreld van God vergeet het. Alles wat ons het en is, is genadegawes van God. Voor God kan nie een van ons aanspraak maak op regte nie. Saam met al ons voorregte is daar die verantwoordelikheid om dit met die regte gesindheid so uit te leef dat ons mekaar sal liefhê, minstens soos vir onsself. Vra eerder vir bedagsaamheid en respek, om mekaar al die geleenthede te gee wat ons graag vir onsself wil hê." (Verkort)
Ds Dirk Stoltz (emeritus)
"Jammer om van 'n nuwe kinkel vanuit die Kerk te verneem. Is dit nie maar die Afrikanermentaliteit wat deurkom nie? As jy jou nie met reëls wil vereenselwig nie, breek jy weg. Jare gelede toe die NG Kerk getransformeer het deur te sê dat enige ras lidmaat kan word, het heelwat lidmate na die NHKA oorgekom. Later het ander, na verdere transformasie, weggebreek en die APK tot stand gebring! Hoeveel van die Geloofsbondmense is gebore Hervormers? Terwyl mense hard probeer om die NHKA te verdeel, spring ander kerkgenootskappe soos paddastoele op, en baie van ons lidmate sluit by hulle aan." (Verkort)
Danie le Roux, Vaalpark
"Weleerwaarde vrienden, hartelijk dank voor toezending van het Tydskrif vir Hervormde Teologie. Ik heb het met veel interesse gelezen. En hier in Nederland herkennen wij heel veel wat er geschreven staat in dit nummer van het Tydskrif. Ook wij zijn op zoek naar allerlei mogelijkheden om Het hoofd boven water te houden, als Kerk. Heel veel sterkte met al deze moeilijkheden en mogelijkheden."
Hartelijke groeten, ds G Vieth
AGTERBLAD
Boektafel: Tweedehandse teologieboeke
In ooreenstemming met die beleid van die biblioteekversameling van die Hervormde Kerk word duplikate nie in die versameling opgeneem nie. Namate die elektroniese ontsluiting plaasvind en die integrering van veral AIM se boeke vorder, het talle duplikate te voorskyn gekom.
Hierdie boeke word nou ter beskikking gestel van belangstellendes en liefhebbers van boeke met teologiese temas. (Let wel: Dit gaan NIE oor vervreemding van boeke wat in die katalogus van die Argief- en Biblioteek opgeneem is nie, maar oor duplikate.) Die boektafels kan bekyk word op die 2de vloer in die Dirk van der Hoffgebou vanaf 12 Augustus tot 31 Oktober 2013, vanaf 08:30 tot 16:00 op weeksdae. Die boeke is gratis beskikbaar en word nie verkoop nie, maar die Argief sal vrywillige kontantdonasies op prys stel. Reëlings hiervoor kan met die Argiefpersoneel getref word.
Navrae kan aan die argivaris, mnr Nándor Sarkady, gerig word by [email protected] of 012 322 8885 x204. Die boeke wat beskikbaar gestel word, is nie gelys nie, maar is op grond van die biblioteekkatalogus as duplikate gemerk.
Ds Etienne Fourie
Kerknuus:
Teksversorger:
Dr Wouter van Wyk
Mev Tessa Oppermann
Uitlegkunstenaar:
Mej Izelle Marx
Advertensie-ontwerper: Mev Francis Nel
11
|
<urn:uuid:8cb3a11e-c147-4db5-ace7-53fd00cd401c>-1
| 0 |
Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch
| Doel | Om beleid neer te lê om die gebruik van taal aan die Universiteit Stellenbosch te rig |
|---|---|
| Tipe dokument | Beleidsdokument |
| Toeganklikheid | Algemeen (ekstern en intern) |
| Implementeringsdatum | 1 Januarie 2017 of so gou moontlik daarna |
| Hersieningsdatum/ hersieningsfrekwensie | Die Beleid verval ná vyf jaar. Die Beleid moet in die vyfde jaar waarin dit geld, hersien word. Indien die eienaar van die Beleid dit nodig ag, kan dit vroeër of meer as een keer in die geldigheidstydperk hersien word. |
| Goedkeuringsdatum van vorige Beleid | 22 November 2014 |
| Eienaar van hierdie Beleid | Viserektor: Leer en Onderrig |
| Institusionele funksionaris (kurator) verantwoordelik vir hierdie Beleid | Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking |
| Goedkeuringsdatum | 22 Junie 2016 |
| Goedgekeur deur | Die Raad van die Universiteit Stellenbosch |
| Sleutelwoorde | beleid, institusionele kommunikasie, leer- en onderrigtale, meertaligheid, taal, taalbeplanning |
Die Engelse weergawe van die beleid is die geldende weergawe en die Afrikaanse weergawe is 'n vertaling daarvan.
Die kern van die Beleid
Die Universiteit Stellenbosch (US) is verbind tot die omgang met kennis in 'n diverse samelewing. Die Taalbeleid beoog om uitvoering te gee aan artikel 29(2) van die Grondwet wat betref taalgebruik in sy akademiese, administratiewe, professionele en sosiale kontekste. Die Beleid beoog om billike toegang tot die US vir alle studente en personeellede uit te brei en om pedagogies verantwoordbare onderrig en leer te fasiliteer. Aangesien ons kampusse in die Wes-Kaap geleë is, verbind ons onsself tot meertaligheid deur die provinsie se drie amptelike tale, naamlik Afrikaans, Engels en isiXhosa, te gebruik.
1. Inleiding
Aan die US is ons fokus op die omgang met kennis. As deel van hierdie omgang hou die US rekening met die diversiteit van ons samelewing, wat ons taaldiversiteit insluit, sowel as die intellektuele rykdom wat in daardie diversiteit opgesluit lê.
Die Suid-Afrikaanse Grondwet verleen amptelike status aan elf tale en ag al hierdie tale as bates wat aangewend behoort te word as 'n manier om mense se potensiaal te ontwikkel. Die Grondwet bepaal dat daar nie onbillik teen enigiemand op verbode gronde gediskrimineer mag word nie. Dit bepaal voorts dat elkeen die reg het om onderwys te ontvang aan openbare onderwysinstellings in die amptelike taal of tale van hulle keuse, met inagneming van billikheid, uitvoerbaarheid en die behoefte aan die regstelling van die gevolge van vorige wette en praktyke wat op grond van ras gediskrimineer het.
Die Taalbeleid beoog om billike toegang tot die US vir alle studente en personeellede uit te brei en om te verseker dat taalpraktyke pedagogies verantwoordbare onderrig en leer fasiliteer.
2. Die meertalige konteks
Die US volg 'n dinamiese proses om die instelling inklusief en divers te maak, wat insluit die gebruik van meer as een taal. Daarom skep die US geleenthede vir die bevordering van meertaligheid.
Die US is 'n nasionale bate, en sy studente en personeellede verteenwoordig die meeste van die taalgroepe in Suid-Afrika. Hoewel ons erken dat alle Suid-Afrikaanse tale as hulpbronne vir kommunikasie dien, kies ons om ons institusioneel te verbind tot die gebruikers van Afrikaans, Engels en isiXhosa, wat die drie amptelike tale van die Wes-Kaapprovinsie is.
Die kontekstuele oorwegings vir die gebruik van hierdie tale is soos volg:
Afrikaans
Afrikaans het oor dekades heen 'n akademiese repertoire ontwikkel, waartoe die US beduidend bygedra het. Die toepassing en verryking van die akademiese potensiaal van Afrikaans is 'n manier om 'n groot en diverse gemeenskap in Suid-Afrika te bemagtig.
Engels
Sprekers van die verskillende Suid-Afrikaanse tale gebruik Engels om met mekaar te kommunikeer, en Engels het beduidende akademiese, bedryfs- en internasionale waarde. Daarom gebruik die US Engels gereeld, maar nie uitsluitlik nie, in sy akademiese, administratiewe, professionele en sosiale kontekste.
IsiXhosa
IsiXhosa word deur een van die grootste taalgemeenskappe in Suid-Afrika gebruik. Deur middel van spesifieke inisiatiewe dra die US by tot die bevordering van isiXhosa as 'n ontwikkelende akademiese taal, benewens die uitbreiding van isiXhosa as ʼn interne kommunikasietaal.
3. Toepassing van die Beleid
Die Taalbeleid is van toepassing op alle fakulteite, steundiensafdelings, bestuursliggame, personeellede en studente van die US.
4. Doel van die Beleid
Die doel van die Taalbeleid is om taalbeplanning, taalbestuur en taalgebruik aan die US te rig.
5. Mikpunte van die Beleid
5.1 Om uitvoering te gee aan artikel 29(2) (taal in onderwys) en 29(1)(b) (toegang tot hoëronderwys) gelees in samehang met artikel 9 (gelykheid en die verbod op direkte en indirekte onbillike diskriminasie) van die Grondwet.
5.2 Om by te dra tot die verwesenliking van die US se Visie 2030, soos dit in die Universiteit se Institusionele Voorneme en Strategie (2013–2018) vervat is, ten einde inklusiwiteit en billike toegang tot die US moontlik te maak vir alle voornemende en huidige studente en personeellede in die strewe na uitnemendheid.
5.3 Om doeltreffende leer en onderrig, navorsing, en dienslewering aan die US te fasiliteer.
5.4 Om meertaligheid as 'n belangrike onderskeidende kenmerk van die US te bevorder.
6. Beleidsbeginsels
Die Taalbeleid is gebaseer op die volgende twee normatiewe grondbeginsels, wat alle aspekte van die interpretasie en implementering van hierdie Beleid moet rig:
6.1 Taal aan die US behoort toegang tot en sukses in akademiese, administratiewe, professionele en sosiale kontekste te bevorder, en behoort nie 'n hindernis vir studente of personeellede te wees nie. Dít is veral belangrik in die lig van die grondwetlike noodsaaklikheid om die gevolge van vorige rassediskriminasie reg te stel, en te verseker dat geen
direkte of indirekte onbillike diskriminasie teen huidige of voornemende personeellede en studente van die US plaasvind nie.
6.2 Alle aspekte van die Taalbeleid en die implementering daarvan in onderrig en leer behoort pedagogies verantwoordbare onderrig en leer te fasiliteer.
Die volgende beginsels moet ook in ag geneem word wanneer hierdie Beleid geïnterpreteer en die implementering daarvan gerig word:
6.3 Die US respekteer die tale wat studente en personeellede gebruik, en erken hulle taalvoorkeure en taalvaardigheidsvlakke.
6.4 Die US erken die komplekse rol van taal oor die algemeen, en van ons afsonderlike tale in die besonder, in ons samelewing. Alle tale word as hulpbronne vir die doeltreffende opbou van kennis beskou.
6.5 Die US gebruik sy gekose tale op so 'n wyse dat dit alle studente, personeellede en ander belanghebbendes insluit.
6.6 Die US erken dat akademiese geletterdheid en die gebruik van akademiese taal uit stelle komplekse praktyke bestaan wat verband hou met die wyse waarop dissiplines kennis skep. Hierdie praktyke word die beste ontwikkel binne die kontekste van akademiese dissiplines en hulle vakgebiede.
6.7 Die US vestig gepaste taaldienste en dienste vir die ontwikkeling van akademiese personeellede om die implementering van die Taalbeleid te ondersteun.
6.8 Die Taalbeleid en die implementering daarvan word gerig deur wat in spesifieke kontekste redelikerwys uitvoerbaar is. Tersaaklike faktore wat oorweeg moet
|
e794e205-4e9f-4f2c-91f5-f4fbc7397a4a-0
| 1 |
geleidelik in uitgesoekte dissiplinêre domeine bekend te stel, geprioritiseer in ooreenstemming met studentebehoeftes op 'n goed beplande, goed georganiseerde en sistematiese wyse. Die akademiese rol en leierskap van die Departement Afrikatale, deur dié departement se uitgebreide ervaring van sowel onderrig as navorsing op ʼn gevorderde vlak op taal- en taalkundige gebied, sal ten volle benut word. In sekere programme word isiXhosa reeds gebruik met die oog op die fasilitering van doeltreffende leer en onderrig, veral waar die gebruik van isiXhosa belangrik kan wees vir loopbaandoeleindes. Die US is daartoe verbind om die gebruik van isiXhosa uit te brei in soverre dit redelikerwys uitvoerbaar is, byvoorbeeld deur kortkursusse in basiese kommunikasievaardighede vir personeellede en studente, loopbaanspesifieke kommunikasie, dissipline-spesifieke terminologiegidse (gedruk en mobiele toepassings) en taalgidse.
7.6 Steun
Die Taalsentrum voorsien taalsteundienste met die oog op die doeltreffende implementering van die Taalbeleid, in samewerking met die fakulteite, steundiensafdelings en bestuursliggame, deur die voorsiening van, byvoorbeeld, lees- en skryfontwikkelingsteun; taaldienste, wat vertaal-, tolk- en redigeerdienste insluit; modules in professionele kommunikasie, akademiese geletterdheid en taalverwerwing, en navorsing. Die fakulteite, steundiensafdelings en bestuursliggame kan, ná oorlegpleging met die Taalsentrum, ook hulle eie taalsteun voorsien.
8. Terugvoer, monitering en konflikbeslegting
8.1 Elke fakulteit, verantwoordelikheidsentrum en die Studenteraad dien een keer per jaar 'n verslag by die Rektor se Bestuurspan in, teen 'n datum wat die Viserektor: Leer en Onderrig bepaal, wat die volgende uiteensit:
8.1.1 Enige struikelblokke wat die betrokke omgewing met die implementering van die Taalbeleid ervaar het;
8.1.2 Enige meganismes, strategieë of tegnieke wat die implementering van die Beleid verbeter het of die doelwitte van die Beleid beter kan bevorder; en
8.1.3 Enige voorstelle vir wysigings aan die Beleid.
8.2 Die Viserektor: Leer en Onderrig berei 'n jaarverslag aan die Senaat en die Raad voor wat die terugvoer hierbo in ag neem. Die doelwitte van die verslag is onder meer die hantering van probleemgebiede en die uitruil van kennis binne die Universiteit.
8.3 Elke fakulteit doen ná die einde van elke semester skriftelik aan die Viserektor: Leer en Onderrig verslag oor die fakulteit se voldoening aan sy Taalimplementeringsplan gedurende daardie semester. Die verslag beskryf elke geval van nievoldoening sowel as die redes daarvoor volledig, tesame met die stappe wat die fakulteit doen of sal doen om toekomstige afwykings van die Taalimplementeringsplan te verhoed.
8.4 Studente wat voel hulle word negatief geraak deur die implementering van die Taalbeleid behoort die volgende prosedures te volg:
8.4.1 In die geval van implementering deur fakulteite word klagtes aanhangig gemaak soos wat die betrokke fakulteit se appèl-/ klagteprosedure voorskryf of, by gebrek aan sodanige prosedure en in voorkeurorde, by die betrokke personeellid, die betrokke departementele voorsitter of departementshoof, of die dekaan. Indien die klagtes nie bevredigend op fakulteitsvlak opgelos word nie en met akademiese kontekste verband hou, kan studente die klagtes via die Studente Akademiese Belangeraad na die Akademiese Beplanningskomitee (ABK) verwys, en indien die ABK dit nie kan oplos nie, verwys die ABK die aangeleentheid na die Senaat, met 'n aanbeveling.
8.4.2 In die geval van implementering deur steundienste word klagtes aanhangig gemaak by die betrokke hiërargie van lynbestuurders of, in die geval van die groter Universiteit, by die Rektor se Bestuurspan via die dagbestuur van die Studenteraad.
8.4.3 In die geval van implementering in studenteleefomgewings word klagtes aanhangig gemaak by die huiskomitee of die betrokke inwonende hoof. Indien die klagtes nie bevredigend op universiteitskoshuis- of privaatstudentewykvlak opgelos word nie, kan studente die klagtes na die Senior Direkteur: Studentesake verwys.
8.4.4 In gevalle waar die gebruik van die genoemde strukture nie gepas is nie, kan klagtes aan die US-ombudspersoon voorgelê word vir beslegting in oorleg met die betrokke strukture.
8.5 Personeellede wat voel hulle word negatief geraak deur die implementering van die Taalbeleid behoort die volgende prosedures te volg:
8.5.1 In geval van implementering deur fakulteite word klagtes aanhangig gemaak by, in voorkeurorde, die betrokke departementele voorsitter of departementshoof, of die dekaan.
8.5.2 In die geval van implementering deur steundienste word klagtes aanhangig gemaak by die betrokke hiërargie van lynbestuurders of, in die geval van die groter Universiteit, by die Rektor se Bestuurspan via die Viserektor: Leer en Onderrig.
8.5.3 In gevalle waar die gebruik van die genoemde strukture nie gepas is nie, kan klagtes aan die US-ombudspersoon voorgelê word vir beslegting in oorleg met die betrokke strukture.
9. Beleidsbeheer
Die Taalbeleid word deur die Raad goedgekeur met die instemming van die Senaat en ná oorlegpleging met die Institusionele Forum.
Die eienaar van die Beleid is die Viserektor: Leer en Onderrig. Die Viserektor doen jaarliks aan die Raad verslag oor sake rakende die Beleid, via die Rektor se Bestuurspan, die Senaat en die Taalkomitee van die Raad.
Die Viserektor kan 'n Taalbeplanning-en-bestuursprojekspan aanwys, en aan hierdie span take toeken om uit te voer. Die kurator van die Beleid is die Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking, wat die Viserektor ondersteun.
10. Hersiening
Taalbeleidsvorming en -implementering is dinamiese prosesse.
Die Viserektor: Leer en Onderrig:
10.1 Fasiliteer die toetsing van die Taalbeleid aan die hand van veranderende omstandighede deur navorsing oor die implementering, monitering en impak van die Beleid;
10.2 Fasiliteer gereelde oorlegpleging met die groter US-gemeenskap oor sake rakende die Taalbeleid;
10.3 Publiseer inligting wat uit sodanige navorsing en oorlegpleging spruit; en
10.4 Inisieer wanneer hy of sy dit ook al nodig ag, en hou toesig oor, 'n hersiening van die Taalbeleid met die oog op die moontlike wysiging of vervanging daarvan.
Die Taalbeleid verval vyf jaar ná die implementeringsdatum daarvan. Onderworpe aan (10.4) hierbo, moet die Beleid gedurende sy vyfde jaar geldigheidsjaar hersien word.
11. Openbaarmaking
Die Taalbeleid is 'n openbare dokument en word op die webwerf van die Universiteit gepubliseer.
12. Herroeping
Die Taalbeleid herroep en vervang die Taalbeleid en Taalplan wat die Raad op 22 November 2014 aanvaar het.
13. Verwysingsdokumente
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000
Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997
Wet op die Gebruik van Amptelike Tale 12 van 2012
Nasionale Taalbeleid vir Hoër Onderwys (2002)
Konseptaalbeleid van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (2016)
Die US se Beleid oor Studente met Spesiale Leerbehoeftes/Gestremdhede
|
e794e205-4e9f-4f2c-91f5-f4fbc7397a4a-1
| 0 |
HOOFSTUK 4
PARLEMENT
Samestelling van Parlement
42. (1) Die Parlement bestaan uit–
(a) die Nasionale Vergadering; en
(b) die Nasionale Raad van Provinsies.
(2) Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies neem aan die wetgewende proses deel op die wyse wat in die Grondwet uiteengesit word.
(3) Die Nasionale Vergadering word verkies om die mense te verteenwoordig en om regering deur die mense kragtens die Grondwet te verseker. Hy doen dit deur die President te kies, deur as ʼn nasionale forum vir die openbare oorweging van sake te dien, deur wetgewing aan te neem en deur optrede van die uitvoerende gesag na te gaan en toesig daaroor uit te oefen.
(4) Die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig die provinsies ten einde te verseker dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer in ag geneem word. Hy doen dit hoofsaaklik deur aan die nasionale wetgewende proses deel te neem en deur as ʼn nasionale forum te dien vir die openbare oorweging van sake wat die provinsies raak.
(5) Die President kan die Parlement te eniger tyd vir ʼn buitengewone sitting byeenroep om spesiale werksaamhede te verrig.
(6) Die setel van die Parlement is Kaapstad, maar ʼn Parlementswet wat ooreenkomstig artikel 76(1) en (5) verorden is, kan bepaal dat die setel van die Parlement elders is.
Wetgewende gesag van die Republiek
43. In die Republiek berus die wetgewende gesag–
(a) van die nasionale regeringsfeer by die Parlement, soos in artikel 44 uiteengesit;
(b) van die provinsiale regeringsfeer by die provinsiale wetgewers, soos in artikel 104 uiteengesit; en
(c) van die plaaslike regeringsfeer by die Munisipale Rade, soos in artikel 156 uiteengesit.
Nasionale wetgewende gesag
44. (1) Die nasionale wetgewende gesag soos dit by die Parlement berus– (a) verleen aan die Nasionale Vergadering die bevoegdheid–
(i) om die Grondwet te wysig;
(ii) om wetgewing aan te neem met betrekking tot enige aangeleentheid, met inbegrip van ʼn aangeleentheid binne ʼn funksionele gebied in Bylae 4 vermeld, maar uitgesonderd, behoudens subartikel (2), ʼn aangeleentheid binne ʼn funksionele gebied in Bylae 5 vermeld; en
(iii) om enige van sy wetgewende bevoegdhede, uitgesonderd die bevoegdheid om die Grondwet te wysig, aan enige wetgewende liggaam in ʼn ander regeringsfeer op te dra; en
(b) verleen aan die Nasionale Raad van Provinsies die bevoegdheid–
(i) om ooreenkomstig artikel 74 aan die wysiging van die Grondwet deel te neem;
(ii) om ooreenkomstig artikel 76 wetgewing aan te neem met betrekking tot enige aangeleentheid binne ʼn funksionele gebied in Bylae 4 vermeld en enige ander aangeleentheid ten opsigte waarvan wetgewing ingevolge die Grondwet ooreenkomstig artikel 76 aangeneem moet word; en
(iii) om ooreenkomstig artikel 75 enige ander wetgewing te oorweeg wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is.
(2) Die Parlement kan, deur ooreenkomstig artikel 76(1) wetgewing aan te neem, met betrekking tot ʼn aangeleentheid wat val binne ʼn funksionele gebied in Bylae 5 vermeld, ingryp wanneer dit nodig is om–
(a) nasionale veiligheid te handhaaf;
(b) ekonomiese eenheid te handhaaf;
(c) noodsaaklike nasionale standaarde te handhaaf;
(d) minimum standaarde wat vir die lewering van dienste nodig is, te bepaal; of
(e) onredelike optrede deur ʼn provinsie wat nadelig is vir die belange van ʼn ander provinsie of van die land as geheel, te voorkom.
(3) Wetgewing met betrekking tot ʼn aangeleentheid wat redelikerwys nodig is vir, of verband hou met, die doeltreffende uitoefening van ʼn bevoegdheid betreffende ʼn aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot ʼn aangeleentheid in Bylae 4 vermeld.
(4) In die uitoefening van sy wetgewende gesag word die Parlement slegs deur die Grondwet gebind, en moet hy ooreenkomstig, en binne die perke van, die Grondwet optree.
Gesamentlike reëls en orders en gesamentlike komitees
45. (1) Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies moet ʼn gesamentlike reëlskomitee instel om reëls en orders betreffende die gesamentlike werksaamhede van die Vergadering en die Raad te maak, met inbegrip van reëls en orders om–
(a) prosedures te bepaal om die wetgewende proses te vergemaklik, met inbegrip van die stel van ʼn tydsbeperking vir die voltooiing van enige stap in die proses;
(b) gesamentlike komitees bestaande uit verteenwoordigers van sowel die Vergadering as die Raad in te stel om oorweging te skenk aan en verslag te doen oor Wetsontwerpe in artikels 74 en 75 beoog wat na so ʼn komitee verwys word;
(c) ʼn gesamentlike komitee in te stel om die Grondwet minstens jaarliks te hersien; en
(d) die werksaamhede te reël van-
(i) die gesamentlike reëlskomitee;
(ii) die Bemiddelingskomitee;
(iii) die grondwetlike hersieningskomitee; en
(iv) enige gesamentlike komitees ingevolge paragraaf (b) ingestel.
(2) Lede van die Kabinet, lede van die Nasionale Vergadering en afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies het dieselfde voorregte en immuniteite voor ʼn gesamentlike komitee van die Vergadering en die Raad as dié wat hulle voor die Vergadering of die Raad het.
Die Nasionale Vergadering
Samestelling en verkiesing
46. (1) Die Nasionale Vergadering bestaan uit minstens 350 en hoogstens 400 vroue en mans wat as lede verkies is ingevolge ʼn kiesstelsel wat –
(a) deur nasionale wetgewing voorgeskryf word;
(b) op die nasionale gemeenskaplike kieserslys gebaseer is;
(c) vir ʼn minimum stemouderdom van 18 jaar voorsiening maak; en
(d) in die algemeen, proporsionele verteenwoordiging tot gevolg het.
(2) 'ʼn Parlementswet moet ʼn formule voorsien om die getal lede van die Nasionale Vergadering te bepaal.
[Sub-a. (1) gewysig by a. 1 van die Tiende Wysigingswet op die Grondwet van 2003 en by a. 1 van die Vyftiende Wysigingswet op die Grondwet van 2008.]
Lidmaatskap
47. (1) Elke burger wat bevoeg is om vir die Nasionale Vergadering te stem, is bevoeg om ʼn lid van die Vergadering te wees, uitgesonderd–
(a) iemand wat aangestel is deur, of in die diens is van, die staat en vergoeding vir daardie aanstelling of diens ontvang, behalwe–
(i) die President, Adjunkpresident, Ministers en Adjunkministers; en
(ii) ander ampsdraers wie se funksies met die funksies van ʼn lid van die Vergadering bestaanbaar is, en deur nasionale wetgewing verklaar is met daardie funksies bestaanbaar te wees;
(b) vaste afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies, of lede van ʼn provinsiale wetgewer of ʼn Munisipale Raad;
(c) ongerehabiliteerde insolvente;
(d) iemand wat deur ʼn hof van die Republiek as geestelik gekrenk verklaar is; of
(e) iemand wat, na die
|
<urn:uuid:f941ee84-99fc-46ec-b0ae-93b4dba715dc>-0
| 1 |
voorgeskryf word indien dit binne ʼn funksionele gebied vermeld in Bylae 4 val of voorsiening maak vir wetgewing wat in enige van die volgende artikels beoog word:
(a) Artikel 65(2);
(b) artikel 163;
(c) artikel 182;
(d) artikel 195(3) en (4);
(e) artikel 196; en
(f) artikel 197.
(4) ʼn Wetsontwerp moet behandel word ooreenkomstig die prosedure wat deur subartikel (1) voorgeskryf word indien dit voorsiening maak vir wetgewing wat–
(a) in artikel 44(2) of 220(3) beoog word; of
(b) in Hoofstuk 13 beoog word en wat enige bepaling insluit wat die finansiële belange van die provinsiale regeringsfeer raak.
[Par. (b) vervang by a. 1 van die Elfde Wysigingswet op die Grondwet van 2003.]
(5) ʼn Wetsontwerp in artikel 42(6) beoog, moet behandel word ooreenkomstig die prosedure wat deur subartikel (1) voorgeskryf word, behalwe dat(2)
(a) wanneer die Nasionale Vergadering oor die Wetsontwerp stem, die bepalings van artikel 53(1) nie van toepassing is nie; in plaas daarvan kan die Wetsontwerp aangeneem word slegs indien ʼn meerderheid van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem; en
(b) indien die Wetsontwerp na die Bemiddelingskomitee verwys word, die volgende reëls van toepassing is:
(i) Indien die Nasionale Vergadering ʼn Wetsontwerp beoog in subartikel (1)(g) of (h) oorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien ʼn meerderheid van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem.
(ii) Indien die Nasionale Vergadering ʼn Wetsontwerp beoog in subartikel (1)(e), (i) of (j) oorweeg of heroorweeg, kan daardie Wetsontwerp aangeneem word slegs indien minstens twee derdes van die lede van die Vergadering ten gunste daarvan stem.
(6) Hierdie artikel is nie op Geldwetsontwerpe van toepassing nie.
Geldwetsontwerpe
77. (1) ʼn Wetsontwerp is ʼn Geldwetsontwerp indien dit–
(a) geld bewillig;
(b) nasionale belastings, heffings, regte of bobelastings oplê;
(c) enige nasionale belastings, heffings, regte of bobelastings afskaf of verminder of vrystellings daarvan verleen; of
(d) ʼn regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds magtig, behalwe ʼn Wetsontwerp beoog in artikel 214 wat ʼn regstreekse las magtig.
ʼn Geldwetsontwerp mag met geen ander aangeleentheid handel nie, behalwe–
(a) ʼn ondergeskikte aangeleentheid wat verband hou met die bewilliging van geld;
(b) die oplegging, afskaffing of vermindering van nasionale belastings, heffings, regte of bobelastings;
(c) die verlening van vrystelling van nasionale belastings, heffings, regte of bobelastings; of
(d) die magtiging van ʼn regstreekse las teen die Nasionale Inkomstefonds. (3) Alle Geldwetsontwerpe moet oorweeg word ooreenkomstig die prosedure wat deur artikel 75 voorgeskryf word. ʼn Parlementswet moet voorsiening maak vir ʼn prosedure vir die wysiging van Geldwetsontwerpe voor die Parlement.
Bemiddelingskomitee
78.
(1) Die Bemiddelingskomitee bestaan uit–
(a) nege lede van die Nasionale Vergadering deur die Vergadering verkies ooreenkomstig ʼn prosedure wat deur die reëls en orders van die Vergadering voorgeskryf word en wat tot gevolg het dat partye in wesenlik dieselfde verhouding verteenwoordig is as dié waarin die partye in die Vergadering verteenwoordig is; en
(b) een afgevaardigde uit elke provinsiale afvaardiging in die Nasionale Raad van Provinsies, deur die afvaardiging aangewys.
(2) Die Bemiddelingskomitee het ten gunste van ʼn weergawe van ʼn Wetsontwerp ooreengekom, of ʼn vraag beslis wanneer dié weergawe, of een kant van die vraag, gesteun word deur–
(a) minstens vyf van die verteenwoordigers van die Nasionale Vergadering; en
(b) minstens vyf van die verteenwoordigers van die Nasionale Raad van Provinsies.
Bekragtiging van Wetsontwerpe
79.
(1) Die President moet ʼn Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk aangeneem is óf bekragtig en onderteken óf, indien die President voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die Nasionale Vergadering vir heroorweging terugverwys.
(2) Die gesamentlike reëls en orders moet voorsiening maak vir die prosedure vir die heroorweging van ʼn Wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering en die deelname van die Nasionale Raad van Provinsies aan die proses.
(3) Die Nasionale Raad van Provinsies moet deelneem aan die heroorweging van ʼn Wetsontwerp wat die President na die Nasionale Vergadering terugverwys het indien–
(a) die President se voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp verband hou met ʼn prosedurele aangeleentheid waarby die Raad betrokke is; of
(b) artikel 74(1), (2) of (3)(b) of 76 by die aanname van die Wetsontwerp van toepassing was.
(4) Indien ʼn Wetsontwerp, na heroorweging, ten volle aan die President se voorbehoude voldoen, moet die President die Wetsontwerp bekragtig en onderteken; indien nie, moet die President–
Hoofstuk 4: Parlement
(a) óf die Wetsontwerp bekragtig en onderteken;
(b) óf dit na die Konstitusionele Hof vir ʼn beslissing oor die grondwetlikheid daarvan verwys.
(5) Indien die Konstitusionele Hof beslis dat die Wetsontwerp grondwetlik is, moet die President dit bekragtig en onderteken.
Aansoek by Konstitusionele Hof deur lede van Nasionale Vergadering
80. (1) Lede van die Nasionale Vergadering kan by die Konstitusionele Hof aansoek doen om ʼn bevel wat verklaar dat ʼn Parlementswet in die geheel of ten dele ongrondwetlik is.
(2) ʼn Aansoek–
(a) moet deur minstens een derde van die lede van die Nasionale Vergadering gesteun word; en
(b) moet gedoen word binne 30 dae vanaf die datum waarop die President die Wet bekragtig en onderteken het.
(3) Die Konstitusionele Hof kan gelas dat ʼn Wet, of ʼn gedeelte daarvan, wat die onderwerp van ʼn aansoek ingevolge subartikel (1) uitmaak, geen regskrag het nie totdat die Hof oor die aansoek beslis het, indien–
(a) dit in die belang van geregtigheid is; en
(b) die aansoek ʼn redelike vooruitsig het om te slaag.
(4) Indien ʼn aansoek nie slaag nie, en nie ʼn redelike vooruitsig gehad het om te slaag nie, kan die Konstitusionele Hof die aansoekers gelas om die koste te betaal.
Publikasie van Wette
81. ʼn Wetsontwerp wat deur die President bekragtig en onderteken is, word ʼn Wet van die Parlement, moet onverwyld gepubliseer word, en tree in werking by die publikasie daarvan of op ʼn datum ingevolge die Wet bepaal.
Veilige bewaring van Parlementswette
82. Die ondertekende eksemplaar van ʼn Parlementswet is afdoende bewys van die bepalings van daardie Wet en moet na die publikasie daarvan vir veilige bewaring aan die Konstitusionele Hof toevertrou word.
|
<urn:uuid:f941ee84-99fc-46ec-b0ae-93b4dba715dc>-1
| 1 |
Nominasievorm vir Wykskomiteelede
Wyksnommer
21
Naam van Kandidaat
Identiteitsnommer (ID)
(Heg 'n kopie van die Kandidaat se strepieskode ID aan)
Woonadres
Kontaknommer(s)
E‐pos adres
Verteenwoordig die kandidaat 'n organisasie?
JA / NEE
Indien JA, spesifiseer asb:
AREA VAN DIE WYK WAARIN DIE KANDIDAAT WOON
Besonderhede van Voorsteller(Die Voorsteller moet in die wyk woonagtig wees)
Naam van Voorsteller
Identiteits‐ Nommer
(ID)
(Heg 'n kopie van die Voorsteller se strepieskode ID aan)
Woonadres
Kontaknommer(s)
Handtekening
Die kandidaat bevestig die volgende deur langs die stelling te parafeer
Parafeer
1. Ek is geregistreer as 'n kieser op die kiesersrol van die wyk waarvoor ek genomineer is
2. Ek is nie 'n Munisipale Raadslid nie
3. Ek is nie 'n werknemer van die Stellenbosch Munisipaliteit.
4. Ek is nie agterstallig met enige van my Munisipale rekeninge nie
5. Ek is nie skuldig bevind aan 'n oortreding/misdryf of tot gevangenisstraf gevonnis sonder die keuse van 'n boete vir 'n periode van 12 of meer maande sedert Februarie 1997 nie.
6. Ek is nie deur 'n erkende hof verklaar as iemand wat geestelik versteurd is nie.
Ek , ______________________________________ , aanvaar die nominasie om as Kandidaat vir Wyk ______ te staan.
Handtekening van Kandidaat: _________________________________
Datum: ______________________
Let wel:Voltooide vorms moet op die laatsteteen 12uur vm op 25 Januarie 2017by u wykskantoor of die GOP (IDP) departement op die Tweede vloer van die Ecclesia gebou, 71 Plein straat, Stellenbosch ingehandig word. U kan dit ook e‐pos aan:[email protected]
SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK
NAAM EN NOMMER VAN GEOGRAFIESE BLOK
WORD ʼn AKTIEWE DEELNEMER IN DIE VERKIESING VAN JOU NUWE WYKSKOMITEE
Die Stellenbosch Stadsraad is in die proses om nuwe wykskomitees te stig.
Die primêre rol van die wykskomitees is om gemeenskapsdeelname in plaaslike regering te fasiliteer en te koördineer en dus sal die wykskomitee stelsel daartoe bydra dat gemeenskappe self die middelpunt van ontwikkelings beplaninning en munisipale bestuur is.
U betrokkenheid is van kardinale belang vir die effektiewe funksonering van die wykskomitee en dus nooi die Raad alle inwoners, organisasies en belanghebbendes om geskikte persone woonagtig in die wyk, te nomineer om op die wykskomitee te dien.
Neem asseblief kennis dat die sluitings datum vir die indiening van nominasie vorms aangeskuif is na 25 Januarie 2017.
Die wyk se verkiesings vergadering sal plaasvind op 30 Januarie 2017 om 19h00 in die Weber Gedenk Skool Saal.
Merk slegs een blokkie wat aandui die area waarin die kandidaat woonagtig
|
ef013685-3b08-4dbd-acba-2316feb3eca0-0
| 1 |
Nominasievorm vir Wykskomiteelede
Wyksnommer
8
Naam van Kandidaat
Identiteitsnommer
(ID)
(Heg 'n kopie van die Kandidaat se strepieskode ID aan)
Woonadres
Kontaknommer(s)
E‐pos adres
Verteenwoordig die kandidaat 'n organisasie?
JA / NEE
Indien JA, spesifiseer asb:
AREA VAN DIE WYK WAARIN DIE KANDIDAAT WOON
Besonderhede van Voorsteller(Die Voorsteller moet in die wyk woonagtig wees)
Naam van Voorsteller
Identiteits‐ Nommer
(ID)
(Heg 'n kopie van die Voorsteller se strepieskode ID aan)
Woonadres
Kontaknommer(s)
Handtekening
Die kandidaat bevestig die volgende deur langs die stelling te parafeer
Parafeer
1. Ek is geregistreer as 'n kieser op die kiesersrol van die wyk waarvoor ek genomineer is
2. Ek is nie 'n Munisipale Raadslid nie
3. Ek is nie 'n werknemer van die Stellenbosch Munisipaliteit.
4. Ek is nie agterstallig met enige van my Munisipale rekeninge nie
5. Ek is nie skuldig bevind aan 'n oortreding/misdryf of tot gevangenisstraf gevonnis sonder die keuse van 'n boete vir 'n periode van 12 of meer maande sedert Februarie 1997 nie.
6. Ek is nie deur 'n erkende hof verklaar as iemand wat geestelik versteurd is nie.
Ek , ______________________________________ , aanvaar die nominasie om as Kandidaat vir Wyk ______ te staan.
Handtekening van Kandidaat: _________________________________
Datum: ______________________
Let wel:Voltooide vorms moet op die laatsteteen 12uur vm op 02 Februarie 2017by u wykskantoor of die GOP (IDP) departement op die Tweede vloer van die Ecclesia gebou, 71 Plein straat, Stellenbosch ingehandig word. U kan dit ook e‐pos aan:[email protected]
SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK
NAAM EN NOMMER VAN GEOGRAFIESE BLOK
WORD ʼn AKTIEWE DEELNEMER IN DIE VERKIESING VAN JOU NUWE WYKSKOMITEE
Die Stellenbosch Stadsraad is in die proses om nuwe wykskomitees te stig.
Die primêre rol van die wykskomitees is om gemeenskapsdeelname in plaaslike regering te fasiliteer en te koördineer en dus sal die wykskomitee stelsel daartoe bydra dat gemeenskappe self die middelpunt van ontwikkelings beplaninning en munisipale bestuur is.
U betrokkenheid is van kardinale belang vir die effektiewe funksonering van die wykskomitee en dus nooi die Raad alle inwoners, organisasies en belanghebbendes om geskikte persone woonagtig in die wyk, te nomineer om op die wykskomitee te dien.
Neem asseblief kennis dat die sluitings datum vir die indiening van nominasie vorms aangeskuif is na 02 Februarie 2017.
Die wyk se verkiesings vergadering sal plaasvind op 07 Februarie 2017 om 19h00 in die Stellenbosch Stadsaal.
Merk slegs een blokkie wat aandui die area waarin die kandidaat woonagtig is.
Blaai om
|
de33e0fe-3329-4c18-bd99-a2841142d70e-0
| 1 |
Tyd : 1 uur
Memorandum: Kwartaal 1
Vraag 1 Jy het 1 minuut om soveel as moontlik van die volgende somme te doen:
| Som | Antwoord | Som | Antwoord | Som |
|---|---|---|---|---|
| 2 x 5 = | 10 | 33 ÷ 11= | 3 | 8 x 8 = |
| 8 x 3 = | 24 | 6 x 4 = | 24 | 7 x 2 = |
| 20 ÷ 4 = | 5 | 30 ÷ 6 = | 5 | 28 ÷ 7 = |
| 10 x 11 = | 110 | 7 x 5 = | 35 | 11 x 12 = |
| 9 x 4 = | 36 | 56 ÷8 = | 7 | 5 x 7 = |
| 45 ÷ 5 = | 9 | 12 x 9 = | 108 | 9 ÷ 3 = |
| 8 x 9 = | 72 | 99 ÷9 = | 11 | 7 x 6= |
√een punt per antwoord [21]
Vraag 2
2.1 Skryf al die veelvoude van 4 tussen 12 en 30 neer : 16; 20; 24; 28 √√(-1 vir elke verkeerde getal) (2)
2.2 Herrangskik die volgende lys getalle van klein na groot (in stygende volgorde):
2.3 Jana glo dat haar sakgeld van R36 meer is as Japie se geld. Japie het 16 R2-muntstukke en 'n R10-noot. Is Jana reg as sy glo dat sy die meeste sakgeld het? Wys al jou berekeninge.
Japie : 16 x 2 = R32 + R10 = R42√
Nee, Japie se R42 is meer as R36√
(2)
2.4 Breek die volgende getalle op volgens hul plekwaarde en skryf dan die getal in woorde:
Byvoorbeeld : 348 = 300 + 40 + 8 ; Driehonderd agt en veertig
H
In Woorde:
E
T
In woorde:
467
988
799
563
400
900
700
60
80
90
500
60
7
8
9
3
Vierhonderd sewe-en-sestig√
Negehonderd agt-en-tagtig√
Sewehonderd nege-en-negentig√
Vyfhonderd drie-en-sestig√
√√√√een punt per ry
(8)
2.5) Skryf nou die waarde van die onderstreepte syfer in elkeen van die volgende getalle neer:
2.5.1) 3945: 900√
2.5.2) 4 00
2.5.3) 8 9
3: 3√
90
2.5.4) 1032
Vraag 3
3.1 Voltooi elkeen van die volgende getallesinne:
3.1.1)
8 + 10 −12 = 3 × 2 √
3.1.2)
2 × ( 3 + 5) = 4 × 4 √
3.1.3)
2 + 3 + 4 + 5 + 14 = 28 √
3.2 Wys al jou berekeninge in elkeen van die volgende somme:
: 90√
4: 20√
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(1)
(3)
Vraag 4
4.1 Voltooi elkeen van die volgende getalpatrone:
4.1.1) 25; 22; 19; 16; 13 √
(1)
4.1.2) 1; 2; 4; 8; 16; 32 √
(1)
4.2) Teken die volgende beeld indien die patroon só sou aangaan:
(1)
4.3) Die volgende tabel toon inset- en uitsetwaardes. Wat is die reël wat gevolg word om die uitset- waardes te kry? Inset x 8 = Uitset √ (1)
| Insetwaardes | 2 | 4 | 6 |
|---|---|---|---|
| Uitsetwaardes | 16 | 32 | 48 |
4.4) Voltooi die volgende vloeidiagram:
Vraag 5
5.1 Skryf die volgende tye, wat jy op die horlosies lees, in woorde:
(4)
[9]
5.2) Skakel die volgende digitale tye om na analoog tye:
5.2.1) 18:00: 06:00 na middag (nm) √ (Sesuur) (1)
5.2.2) 14:15: 02:15 na middag (nm) √ (Kwart oor twee) (1)
5.2.3) 12:45: 12:45 na middag (nm) √ (Kwart voor een)
(1)
5.2.4) 15:25: 03:25 na middag (nm) √ (Vyf en Twintig minute oor drie) (1)
[9]
Vraag 6
6.1 Die leerders in jou klas is gevra aan watter sport hul deelneem, die volgende inligting is versamel:
12 Dogters speel netbal
7 Dogters speel hokkie
11 Seuns speel rugby
3 Seuns neem aan swem deel
6.1.1) Teken nou 'n Staafgrafiek van hierdie data en onthou al jou opskrifte:
(4)
6.1.2) Hoeveel leerders is in hierdie klas? 33√
(1)
6.1.3) Watter sportsoort is die gewildste onder die meisies? Netbal √ (1)
6.1.4) Hoeveel meer seuns speel rugby as wat swem? 8 seuns√
(1)
6.1.5) Wat is die verskil tussen die aantal meisies en seuns in die klas? 5√
(1)
[8]
Vraag 7
( -1 per elke vorm wat verkeerd ingekleur is)
Vraag 8
[8]
Totaal:
|
07c877a8-2484-42d4-9fde-ba6d34aff3bf-0
| 4 |
Tema: “Respeki!”
Skriflesing: Johannes 13:1-20
Lied 164
Ons is almal hier tesaam,
verenig in sy Naam, verheerlik Hom.
Met ons hart en mond en hand,
ons kragte en verstand
kom loof ons Hom.
Hou ons lewend deur u Gees,
laat ons u kinders wees
en U bo alles eer.
Jesus Christus, die Heer.
Broodjies vir die pad
Wat kom dan kort?
Abraham H. De Vries
Op ’n dorpie in die Klein Karoo hang daar langs een van die strate ’n bordjie met ’n advertensie: “Kom eet en kuier lekker”. Dit was ’n oor-Afrikaanse gemeenskap, maar daar was altyd ook Engelssprekende en twee Duitse gesinne. Op die toegangshekke staan in Engels almal is welkom en vir wie jy moet bel om etes te bestel.
Ek ken die plek, die eiennaar/ kok is ’n Engelssprekende Kapenaar. Maar toe ek gister daar verbryb, het dié bordjies iets in my wakker gemaak waaroor ek al lank wonder.
Om op ligte toon te begin: kyk, redes vir kopstomp op ’n klein dorpie is legio. Maar – miskien oor ek genadiglik in ’n oujare se “Sap-huis” groot geword het – was één ding nooit ’n probleem nie: taal. Taal is soos asemhaal. Natuurlik was ons Afrikaans, natuurlik was die Blyths Engels, natuurlik was Milly, my laerskoolonderwyseres albei, en as die Middletons kom kuier het, albei tegelykertyd en deurmekaar.
Dit was g’n skande om die “ander taal” nie nes jou huistaal te kon praat nie. Eien van my Engelse klasmaats het altyd sy képs gaan “aantrek”, ek gebruik nou nog die Engelse “had” so min as moontlik. Die Stellenbosch waar ek gestudeer het, was wat dit betref kleindorp. Net twee Natallers wat saam met my in die Laan geloseer het, het my ooit die duiwel in gemaak. Hulle het my vars bosisietee opgerook oor hulle gedog het dis ’n soort Klein Karoo-tabak.
Uys Krige het, behalwe Afrikaans, Engels en twee ander tale gepraat, Jan Rabie nog Grieks ook, André Brink Frans en Spaans waarvan ek weet, Chris Barnard Suid-Sotho; watter taal Breyten die dag praat, hang glo af van hoe hy en Yolie die oggend wakker word.
In Amsterdam het ek soveel moontlik Nederlands gepraat, maar liewer nog, Jordanees, die Amsterdamse dialek van die werkersklas waarin die humor baie herinner aan Kaaps. Die Jordaanbuurt is net oorkant die graaf van Keizersgracht 141 af, wat nou gedeeltelik aan Naspers behoort.
Ek ken nie skrywers vir wie taal iets vreemds of gevaarliks is nie. Maar ek ken, en nie net in Suid-Afrika nie, baie wat hier taalpatriotie genoem sou kon word, meestal nie-regeringsgesinde taalpatriote in alle politieke variasies van toenterjare se “links”. Die skrywerswêrelde is nie ’n afgeslote wêrelde nie. Soos Turkye vir Pamuk, is die Kaap en Goree vir Adam Small, die Boland vir Breyten, die Vrystaat vir Krog, die Klein Karoo vir my nie wegkrupplekke nie, dis keuses. Niemand hol weg vir die wyer wêrelde nie.
Daar is voor die hand liggende faktore: ’n hele klomp tradisioneel Afrikaanse instellings se kapitulasie, waarop Hennie Aucamp al gewys het: die stryd nou weer om taal (voorheen Afrikaans!) los te maak van magsmisbruik; aan die US die miskenning van eie aandeel in die verengelsing en die gepaardgaande gebruik van aanvraag as kriterium; my probleem is: vanwaar dan my eie mengsel van diep teleurstelling en woede in die verengelsing van Afrikaanse skole en universiteite?
Vanwaar Jan Rabie se aandrang op Afrikaans? Hoekom het juis Breyten met sy taaltowery Stellenbosch probeer oorhaal om liewer ’n beter plaaslike universiteit te word? Hoekom het Stewe Claeson, ’n Sweedse skrywersvriend – voorhore rektor van een van hul volksuniversiteite – my so vreemd aangekyk toe ek vra of die migranteprobleem nie ook ’n taalprobleem skep nie? Hy het net geantwoord: “Nee, dis Sweedse universiteite.” Wat is in hierdie taalgesprekke werkelik ter sake?
Natuurlik speel tans eie belang e’n rol: die gevare vir die voortbestaan van Afrikaanse uitgewerye, koerante, tydskrifte, ens. as alle universiteite en skole in die land verengels. Dr. Ebbe Dommissie se reaksie op die beskuldiging dat hy Afrikaans verdedig omdat hy die lesertal van Die Burger wil beskerm, bly ook van krag: “Kan jy aan ’n beter rede dink!”
Natuurlik het ek waardering vir regter Albie Sachs se bevinding oor Afrikaans in die konstitusionele hofuitspraak oor die Dispuut aangaande die grondwetlikheid van sekere bepalings van die Wetsonwerp op Gauteng Skoolopvoeding van 1995. Dit is ook deur Danie Rossouw aangehaal in Beeld van 4 Maart vanjaar:
“The Afrikaans language is one of the cultural treasures of South African national life, widely spoken and deeply implanted, the vehicle of outstanding literature, the bearer of a rich scientific and legal vocabulary and possibly the most creole or ‘rainbow’ of all South African tongues. Its protection and development is therefore the concern not only of its speakers but of the whole South African nation. In approaching the question of the future of the Afrikaans language, then, the issue should not be regarded as simply one of satisfying the self-centred wishes, legitimate or otherwise, of a particular group, but as a question of promoting the rich development of an integral part of the variegated South African national character contemplated by
the Constitution. Stripped of its association with race and political dominance, cultural diversity becomes an enriching force which merits constitutional protection, thereby enabling the specific contribution of each to become part of the patrimony of the whole."
Dit klink nie of die Universiteit van Stellenbosch se taalmannewales tuis hoort by die soort Grondwet wat vir regter Sachs ter sprake is nie maar eerder by die Zuma cum suis se latere variant daarvan. Nie by "the variegated South African national character contemplated by the Constitution" nie maar by eiebelang.
Dat regter Sacks gelyk het met sy "vehicle of outstanding literature" bevestig Breyten (ek is altyd skrikkerig vir té hoog aanprysing. Breyten se kennis is wyer): dis 'n boekewêreld waarvan skrywers (André Brink én as ek goed onthou ook Elisabeth Eybers) al benoem was vir die Nobelprys. Om te weet hoeveel vergelykbaai is met die bestes in ander tale, tel net dié wat al vertaal is, en ek bedoel nie net die Brinks en die Krogs en die Jouberts en die Van Heerdens en Van Niekerks nie (hoeveel het ek nou uitgelaat!) – vergeet nie Deon Meyer se "Literaire thrillers" (Nederlanders vir dié dubbel-genre) nie; in albei genres word sy werk hoër aangeslaan as dié van Henning Mankell.
Wat sê mens vir 'n universiteit wat "wêreldklas" wil word maar wêreldklas miskyk? Hoe ernstig kan "wêreldklas" wees as voorsiening gemaak word vir 'n hele vasteland, maar nie vir al die kinders van Worcester en die Weskus nie? Die storie dat Afrikaans nie die woordeskat het nie is bewysbare onsin; Afrikaans is ook 'n Germaanse taal met die woordeskat en jargons van die hele Germaanse taalgemeenskap ter beskikking.
Hoekom nie die werkelike probleme van 'n tweetalige universiteit - waarvan almal weet - onder oë sien, aanpak en met ondervinding van foute en kundigheid en begrooting vir die nodige, oplos sonder om van akademici pakseels te maak nie?
Die vraag bly my by: wat is daar in daardie advertensie langs die straat in die Klein-Karoo dorp wat nou aan die Universiteit van Stellenbosch ontbreek?
Wat het dit wat Anglisering skynbaar altyd en oral kortkom? Wat selfs "Amerikaans" 'n slegte naam gee?
Dit lê diep. Miskien is dit iets wat juis in taalredenasies nie genoem word nie. Iets wat te doen het met ons méns-wees, nie met slimmighede nie? Met sáam mens-wees? Met juis dit wat ander mense, dié wat van jou
|
<urn:uuid:a6253c31-516a-4c0b-ae78-6e15b1960d7f>-0
| 1 |
18 AUGUSTUS
09:00 Erediens – Kanselruiling
Arno Meiring Universiteitsoord
09:00 Kategese gr 1-6
09:00 Kleuterkerk
Bring gerus die kleuters – die personeel is al voor 9 uur gereed om hulle in die Kleuterkerk te ontvang. Almal welkom!
18:00 Aanddiens & Pelgrimsgroepe
Fouché de Wet
Wees meer materialisties! Ps. 19
19:00 Belydenisklas
Eric Scholtz
Ons roeping: Om God se koninkryk te vestig ('n Gasvrye gemeente)
25 AUGUSTUS
09:00 Erediens (Kerk)
Fouché de Wet
09:00 Gesinsdiens (Saal)
Peet Crous
Marita Roos kom kuier.
09:00 Kategese gr 1-6 saam met Gesinsdiens
09:00 Kleuterkerk saam met Gesinsdiens
18:00 Belydenisaflegging & Pelgrimsgroepe
Jakkie Strachan
19:00 Belydenisklas
Peet Crous
Hoekom gebeur daar slegte goed met goeie mense?
Voorbidding:
Peter Colin van Glenwood Park is oorlede. Begrafnis was Vrydag in die kerk. Elsabé Prinsloo, Borderweg-Oos 318, Lynnwood, 082 298 8339 – herstel na operasie. Skipper Clark, Jasonstraat 65, Lynnwood Glen, 072 505 2726 – herstel na operasie.
Aansoeke vir Belydenisaflegging op 25 Augustus sluit vandag. Alle aansoeke moet so gou moontlik by die kerkkantoor ingehandig word of e-pos dit aan [email protected]. Indien jy nog nie 'n vorm ontvang het nie, kontak asseblief die kerkkantoor by 012 348 1245 of stuur 'n e-pos.
Gemeentevrouebediening wil graag uitreik met 'n bederfie vir Harmonie-Oord. Bring gerus droë koekies en sit dit in die gemerkte houer in Koinonia. Baie dankie vir die ondersteuning.
Gemeentevrouebediening nooi al die mans en vroue hartlik uit na 'n Lentekuieraand op 18 September om 18:30 vir 19:00 in Koinonia. Spreker: Marina de Wet. Tema: Krag van Kleipotte Koste: R100 pp Besprekings: Info-toonbank of kontak die Kerkkantoor 012 348 1245.
Sterkte aan al die Matrieks met die rekord-eksamen.
Ian en Jolanda McIntyre en gesin, Queens Crescent 393, Lynnwood, 082 787 6658 – Jolanda se pa is oorlede. Isabella Grobler, Lynburnweg 43, Lynnwood Manor, 082 950 2316 – hospitaal.
Yvonne Joubert, St. Peters Garden Estate 2B, Jacqueline Drive 457, Garsfontein – Mooigeleë (step down).
Dis nodig om na te dink oor die pas waarteen ons lewe
In die vroeë 1970's het John Darley en Daniel Batson, twee sielkundiges van die Princeton-Universiteit, 'n sosiale eksperiment gedoen wat sedertdien groot bekendheid verwerf het. (Yuval Noah Harari verwys byvoorbeeld daarna in sy wydgelese 21 Lessons for the 21st Century.)
Jesus se gelykenis van die barmhartige Samaritaan – waarvolgens 'n nie-Jood hulp verleen aan 'n man wat deur rowers oorval is, terwyl 'n Leviet en 'n priester verby die gewonde man in sy nood stap (Lukas 10:29-37) – het as inspirasie vir Darley en Batson se studie gedien.
As deel van hul eksperiment is aan 40 studente van Princeton se teologiese seminarium gevra om 'n kort praatjie voor te berei wat hulle dan in 'n gebou aan die oorkant van die straat moes gaan lewer.
Aan die een helfte van die groep is 'n meer algemene tema gegee, terwyl die ander helfte spesifiek op die gelykenis van die barmhartige Samaritaan moes fokus.
Met die oorbeweeg na die ander lokaal moes die studente verby 'n gehawende man beweeg wat hoes en kreun en lyk of hy hulp benodig. Die doel hiervan was natuurlik om te kyk wie van die studente die man, wat daar "geplant" is, probeer help.
'n Belangrike veranderlike in hierdie eksperiment was dat die studente onder wisselende grade van tydsdruk verkeer het. Vir sommige is gesê dat hulle eintlik reeds by die ander lokaal moes gewees het. 'n Tweede groep het so 'n bietjie meer tyd gehad, maar moes ook betreklik gou maak, terwyl 'n derde groep rustig kon oorstap.
Die resultate van die studie het onder meer ingehou dat dit nie veel verskil gemaak het of die studente oor 'n meer algemene tema of oor die gelykenis moes praat nie. Wat wel 'n impak gehad het, was die tydsdruk waaronder hulle verkeer het.
Net 10% van die studente wat gedink het dat hulle reeds laat was, het die man probeer help. Uit die groep wat 'n bietjie meer tyd gehad het, het 45% gestop, terwyl 63% van hulle wat rustig kon oorstap, hulp verleen het.
Navorsing soos hierdie kan ons laat vra na die impak van 'n gees van gejaagdheid op ons lewens. Lei die feit dat ons dikwels voel ons moes eintlik reeds elders gewees het, nie daartoe dat ons nie genoegsaam vir familie, vriende en vreemdelinge dáár is nie? Dalk is dit daarom soms nodig dat vir ons 'n spieël opgehou word wat ons bewustelik laat nadink oor die pas waarteen ons lewe – ter wille van onsself, ander mense, en die skepping waarvan ons deel is.
(Bogenoemde het op 13 Julie 2019 in Beeld se rubriek Sielsgoed verskyn en is deur professor Robert Vosloo geskryf)
Groete
Eric Scholtz
(Namens die predikantespan)
Eredienswerkers by die afgelope Sondag se erediens (van links na regs): Vasthi en Frans Henrico, Bettie Hammann, Mathilda Gey van Pittius, Sue Visser, Dawie en Bettie Mullins en Herman Groenewald. Insetsel: Nelia Louw. Nelia, Frans, Vasthi, Herman en Sue is al langer as 35 jaar by Eredienswerk betrokke.
Na verlede jaar se "Dollar a Day" ervaring, probeer die jongmense van Nuwe Generasie ten minste een keer per week, as familie, saam eet. Hierdie week het almal voor werk by Jeanri gaan kuier.
Nuwe Generasie het 'n Thule-tas as skenking ten bate van hulle CMR uitreik vir fondsinsameling ontvang. Immanuel het die trekking waargeneem. Kaartjie nommer 34 wat deur Erik van Niekerk gekoop is, het die tas gewen – baie geluk!
012 348 1245
Kantoorure: Ma-Do 07:30 – 12:30, Vry 07:30-12:00
[email protected];
www.nglynnwood.co.za
Posbus 36430, Menlopark, 0102
Sussexlaan 439, Lynnwood (GPS: S 25° E 28° 15.93)
084 588 4948 Juan Ferreira (koster)
073 267 7019 Maretha Brits (kombuis)
[email protected] (lokaalhuur)
012 348 1245 (CD bestellings (diens en begrafnis)
[email protected] (Muur van
herinnering)
063 481 3864
Lidmaatskap: Het jou inligting verander of wil jy 'n lidmaat word? Aanlynvorm: www.nglynnwood.co.za – meer info – vorms | Kontak: 012
|
<urn:uuid:1d95f334-f7ab-4c85-91d3-14897fe1f692>-0
| 2 |
2022
Plasingsdatums vir Werwingsadvertensies Publishing dates for Recruitment Advertisements
As from 2022, all recruitment advertisements will mainly be published online.
Adverts will be published on Careers@SU and external recruitment websites on a daily basis (as far as possible).
There will be no specific publishing dates.
-----------------------------------------------------------
Vanaf 2022 sal alle werwingsadvertensies hoofsaaklik aanlyn gepubliseer word.
Advertensies sal daagliks (so ver moontlik) op Loopbane@US en eksterne werwingswebwerwe gepubliseer word.
Daar sal geen spesifieke publikasiedatums wees nie.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Navrae / Enquiries: Rachel Nel [email protected] of/or Johan Loubser
|
f91b363f-3ece-4c19-9c8c-8cc2d6607df1-0
| 0 |
Mamma en Pappa laat kyk asb na my ore!
Dr Jo-Marie vdM Bothma
Ons tweede baba, 'n groot-oog seuntjie-baba (wat so goed op die BabaGim suigoefeninge gereageer het tydens voedings, ten spyte daarvan dat hy met laringomalasie en 'silent reflux' op 6 weke gediagnoseer is), wou teen 6 maande nog nie sit nie. Hy kon nie eens amper sy eie lyfie self regop hou nie. Hy het gereeld so inmekaar en vooroor gebuig gesit. Teen 7 maande het ek agter gekom dat hy stewiger sit, maar sou omval sodra hy sy koppie beweeg om 'n bewegende voorwerp met sy ogies te volg. Vandaar het ek meer op sy ontwikkeling begin fokus. Ek het ook besef dat sy babbel-klankies nie so goed vergelyk soos maatjies van sy ouderdom nie en dat hy boonop ook swak reageer op klank.
Aanvanklik kon geen dokter 'n probleem identifiseer nie. 'n Vriendin –Oudioloog het sy ore begin toets vanaf dieselfde tyd en alhoewel daar geen tekens van infeksie was nie, het tellings gedui op uitermatige hoë druk in die middeloor en swak beweging van die oordrom. Ons het getrou volgehou met vestibulêre-oefeninge en daar is elke dag BabaGim ingespan om spiere sterker te maak. Alhoewel hy al stewiger begin sit het, was sy balans swak, sou hy maklik omval en het hy geen poging aangewend om selfs net op sy magie te seil nie. Teen 9 maande kon hy ook nog nie hande-viervoet te staan kom nie. Deurentyd is sy ore gemonitor, selfs 'n kursus antibiotika is probeer – maar geen verbetering betreffende die drukking in die middeloor het gevolg nie. Op 10 maande het ons 'n Oor-neus-en-keel-spesialis gaan sien wat hom dieselfde dag nog geopereer het. Hy het pypies in die oordrom geplaas en sy ore skoongesuig. Ons moes na die operasie hoor dat hy gom-ore het; die dik vloeistof in sy middeloor was waarskynlik vir maande al daar en het nie net sy gehoor affekteer nie, maar ook sy vestibulêre sisteem.
Tuis het ons elke dag vestibulêre-oefeninge op 'n groot bal gedoen, in die winterson buite geswaai en (sonder enige hulpmiddels soos kussings) sit aangemoedig. My BabaGim notas was teen sy kamer se muur opgeplak sodat ek elke wakker oomblik kon gebruik om hom te stimuleer.
Presies 2 weke na sy operasie stap ek in sy kamer in en daar sit meneertjie (vir die eerste keer!) heeltemaal op sy eie kierts-regop in sy bed. Toevallig nogals met sy BabaGim hempie aan!
Regs: Eerste keer wat Merwe onafhanklik (sonder enige ondersteuning) sit op 10 maande (2 weke na operasie)
Toe is dit hardewerk om meneertjie te oorreed om te begin kruip! Hy het binne 3 weke van stewig sit tot maagkruip – seil gevorder. Ek was so opgewonde, maar soos wat die
weke verby getik het was ek ook bekommerd, want wanneer begin hy dan kruip, hoekom neem dit so lank?!
Wéér het ek my BabaGim notas nader getrek en besef dat hy nog 'n bietjie harder gaan moet werk om spiere sterker te maak. Op 11 maande was hy redelik groot en lank, en was daar nie genoeg krag in sy arms om sy lyfie regop in die kruip posisie te bring nie. Ek was so bang dat hy net op sy magie sou bly seil en nooit sou kruip nie!
Met BabaGim-oefeninge het ons sy armpies sterker gemaak deur hom elke dag op die bal te laat oefen, maar elke keer moes hy vir 'n paar sekondes met sy armpies voor hom druk op die grond voor ek hom weer sou terug 'tilt'. Later kon hy dit al hoe langer doen en so het hy toe ook begin om sy bo-lyfie regop te druk vanaf sy maag-liggende posisie. Prent-voorbeeld:
Daarna het hy op sy kniegies gestaan terwyl hy gespeel het by 'n lae stoeltjie of tafeltjie en toe begin hy homself oor my bene stoot/trek en siedaar – daar staan hy op al 4 en wieg!
Regs: Merwe op 11 ½ maande. Ons asjas seil op sy magie tydens een van sy oefen sessies. Hier was hy al regtig 'n ware "pro" en kon blitsvinnig die hele huis vol seil.
Na omtrent nog 2 weke van kruipbewegings oefen (terwyl ek hom met 'n handdoek onder sy lyfie ondersteun) het hy sy debuut gemaak en 2 dae voor sy eerste verjaarsdag begin kruip!
Links: Uiteindelik, hy kruip! Merwe twee dae voor sy eerste verjaarsdag!
Ek het 'n hele paar dinge hieruit geleer. Maar, dit wat my sal by-bly is: Moet nooit opgee nie, kry NOG geduld en vier elke klein mylpaaltjie oppad na daardie groot kruip!
Volg gerus die skakels vir meer leesstof oor Die Oor deur Dr Jo-Marie vdM Bothma:
THE VESTIBULAR SYSTEM - MOTION AND BALANCE (Part 1)
THE VESTIBULAR SYSTEM - MOTION AND BALANCE (Part
|
c701a983-5a49-4777-b2cb-0702c216b141-0
| 1 |
Dissipelskap avonture - WEEKLIKSE GROEPSRITME Sessie 3 van 10: Die kragprop ritme, Hoe ontmoet ek God?
I. OPENING
I. Die fasiliteerder vir hierdie week vra die groep om die opening hardop saam te lees.
II. Nooi die groep om die volgende gebed elkeen hardop te bid (gee die keuse om te "skip"). Na die laaste persoon gebid het, gee die fasiliteerder twee minute se stilte sodat lede hulle huidige Godsbeelde kan neerskryf.
III. Nooi die groep om slegs een van die volgende vrae te beantwoord.
IV. In hierdie deel van ons ontmoeting reflekteer ons op die oefening en ook die week wat verby is. As lede nie die oefening gedoen het nie, skep 'n bemoedigende maar tog uitnodigende atmosfeer.
Tydens hierdie leerervaring vergader ons om saam te onderskei en eksperimenteer wat dit beteken om as missionale dissipels gevorm en gestuur te word. God roep, versamel, vorm en stuur ons om deel te neem aan die avonture van die koninkryk. Ons glo elkeen in die groep het iets om by te dra, en dat die Heilige Gees reeds besig is met elke persoon. Hierdie is 'n spasie om te treur saam met die wat treur, en blydskap te deel met die wat blydskap ervaar. Ons glo ons rol is om opreg te luister, oop vrae te vra en mekaar te ondersteun en aan te moedig. Ons is toegewyd om aktief aan hierdie leerervaring deel te neem.
II. WORD TEN VOLLE TEENWOORDIG
Begin hierdie week se groep deur die volgende gebed 'n paar keer saam te bid (een vir een hardop):
Here, U is ons Drie-enige God - help my om U teenwoordigheid in my lewe te koester. Leer my om 'n interaktiewe verhouding met U te beleef.
Na die hardop gebed, vra elke groepslid om die natuurlike maniere hoe met God ontmoet neer te skryf.
III. ONS LUISTER NA MEKAAR
Hoeveel muurproppe het jy in jou huis? Hoeveel laaiers / 'chargers' is daar in jou huis? Watter muurprop gebruik jy die meeste? Watter een van jou toestelle moet die meeste ingeprop (gecharge) word?
IV. ONS KYK TERUG
Wat was jou belewenis met die spieël ritme se gebed? As jy terugkyk na jou daaglikse joernaal, watter tekste staan vir jou uit? Hoeveel uit 10 sal jy jou week gee en hoekom? Waarvoor is jy dankbaar? Wat was vir jou moeilik?
OEFENING VAN DIE WEEK:
V. Die fasiliteerder lees die skrifgedeelte hardop , laat 'n rukkie stilte toe na die voorlesing. Vra iemand anders om na die stilte die teks weer te lees. Breek dan die groep op in pare om te wandel in die Woord. Na 6 minute deel die groep wat hulle by hul vriendelike vreemdelik gehoor het in die groot groep. Wanneer almal terug gerapporteer het lees die Nouwen aanhaling voor. Lees ook die lys met verskillende dissiplines voor.
VI. Die fasiliteerder lees die stel vrae hardop en elke groepslid kies dan op watter een van die vrae hy/sy wil reageer. Die groep oefen om na mekaar te luister. [Onthou om HOW WE GATHER MATTERS] toe te pas
VII. Die fasiliteerder lees weer die stel vrae hardop en elke groepslid kies dan op watter een van die vrae hy/sy wil reageer. Vra die groep om notas te maak oor hul mede groepslede se antwoorde sodat hul ondersteuning in die week kan gee.
In hierdie week skeduleer ons 6 afsprake met die Here. Ons skryf dit in ons kalenders, net soos ons enige ander afspraak sal skeduleer. Gedurende hierdie afsprake werk ons deur die uitdeelstukke.
V. ONS LEES EN LUISTER SAAM (Wandel in die Woord)
Skrifgedeelte: Markus 1:32-39
The very first thing we need to do is set apart a time and place to be with God and him alone. The concrete shape of this discipline of solitude will be different for each person depending on individual character, ministerial task, and milieu. But a real discipline never remains vague or general. It is as concrete and specific as daily life - Henri Nouwen
Watter gedeelte(s) staan vir jou uit? Watter gedeelte bemoedig jou? Watter gedeelte ontstel jou? Watter vrae het jy oor hierdie gedeelte?
VI. RITME VRAE
Hoe sal jy Jesus se ritme in hierdie teks beskryf? Hoekom dink jy is Markus se beskrywing van Jesus se inskakeling by God so spesifiek? Watter dissiplines beoefen jy tans om tyd met God te spandeer? Watter spasies (plekke en tye) help jou om met God in te skakel? Is die dissiplines van inprop (engagement) of uitprop (abstinence) vir jou makliker om te beoefen 1 ? Watter dissipline sal jy graag wil aanleer?
VII. ONS KYK VORENTOE
Wat het uitgestaan vir jou van die gesprek? Het jy tot enige ander insig gekom? Is daar enige ondersteuning wat jy benodig van die ander groepslede?
VIII. Die fasiliteerder verduidelik die Oefening bo aan die bladsy. Ons nomineer iemand om ons te herinner om die oefening te doen. Daarna sluit ons af met die seëngebed.
VIII. OEFENING EN SEËN GEBED
Mag jy in hierdie week inskakel by God en spesiale ontmoetings beleef. Mag jy spasie in jou lewe vind om jou vriendskap met God te bou. Mag jy verras word deur God in jou alledaagse lewe.
Amen.
1 Dallas Willard notes that some of the most famous unplugging disciplines (abstinence) include solitude, silence, fasting, frugality, chastity, secrecy and sacrifice. The disciplines of plugging in (engagement) include study, worship, celebration, service, prayer, fellowship, confession and submission. - Raw Spirituality - Tom Smith (loc 916 -
|
be2d21ec-ac00-4c3f-9fa1-044b2adfbd98-0
| 1 |
Skrifgedeelte: Efesiërs 4:1-24
Fokusgedeelte: Efesiërs 4:17
Dink
Die Heilige Gees laat Paulus in hoofstuk 4 begin met: "Ek druk julle dit op die hart." In 4:17 weer: "In die Naam van die Here doen ek 'n ernstige beroep op julle."
Hoofstukke 4 tot 6 het 'n besondere plek in dié brief, die Nuwe Testament en die hele Bybel. Om te kan dink, is 'n groot gawe van God aan ons mense. Dink reg en doen reg. So bewaar die Here die eenheid van sy kerk.
Kyk na die heidene, sê Paulus, geïnspireer deur die Heilige Gees. So moet julle nie wees nie. Hulle dink, ja, maar "hulle gedagtes lei tot niks, hulle verstand is verduister, hulle deel nie aan die lewe wat God skenk nie". Hulle volhard in hulle moedswillige onkunde – hardnekkig, met 'n stywe nek wat nie wil draai nie – oorgegee aan losbandigheid, kry nie genoeg van alles wat vuil is nie. Sommige van hulle handhaaf 'n hoë moraal in hulle denke en lewenstyl (Rom 2:15), maar dit gaan oor hulle eindpunt, waar hulle uiteindelik teregkom – die verderf, ewige niks, alles vergeefs. So het Paulus dit in die wêreld van sy tyd raakgesien. Ons beleef dit in onbeskaamde rykdom langs skreeuende armoede, korrupsie in die politiek vloei oor in roof, diefstal, moord.
Hulle gedagtes, verstand, onkunde, hulle hele hart is gerig op ... niks. Dis die heidene! Die Skrif noem die afgode die "Niks", die "Ydele". Ja, geld, mag, wetenskap, mooi liggaam … dit belowe so baie. Wie die lewe daarin soek en verwag, beland in die lugleegte van niks.
Kinderlik, nederig voor die Here buig ons ons hoofde (ons denke). Ons dank die Here vir die nuwe lewe in Jesus Christus deur die kragvolle werk van sy Gees – dink! Wees anders as die heidene. Lewe die nuwe lewe.
Sing: Psalm 86:6
Ds JJ de W Krüger
|
6e44ee6b-8ce8-4f08-84c3-061ac79d95c8-0
| 1 |
'n Versameling van 'n ietsie van alles wat soet is. Nie aan te beveel vir diegene wat die skaal dophou nie.
INHOUDSOPGAWE:
AARTAPPEL-KOEKSISTERS .......................................................... 14
AMANDELNOUGAT .......................................................................... 16
APPELKOOS AMANDEL VIERKANTE ............................................ 14
APPELKOOS LEKKERS ..................................................................... 8
APPELKOOSBALLETJIES MET KLAPPER ....................................... 8
BAKLAVA .......................................................................................... 25
BORSPLAAT MET GOUESTROOP ................................................... 5
BORSSUIKER KLONTJIES (Barley Sugar) ...................................... 18
BOTTERKARAMEL (Butterscoth) ..................................................... 19
BRANDEWYNHAPPIES ................................................................... 13
BRUINTJIES ..................................................................................... 21
CRUNCHIES ..................................................................................... 24
DADELROLLETJIES ......................................................................... 13
DRUIWE ROOMYS ........................................................................... 11
FUDGE ................................................................................................ 6
FUDGE MET ROOM ........................................................................... 7
GRONDBOONTJIE KLONTJIES ...................................................... 21
GRONBONE LEKKERS MET HEUNING ........................................... 3
HASELNEUTMAKROLLETJIES ....................................................... 18
HEUNINGBOSLEKKERS ................................................................... 6
JAPTRAP SJOKOLADEBALLETJIES .............................................. 16
JELLIE LEKKERS ............................................................................... 3
JOEP-JOEPS ...................................................................................... 5
KARAMEL SJOKOLADE SKYWE .................................................... 21
KARAMELBLOKKIES ....................................................................... 20
KARAMEL-EN-SULTANA-BOLLETJIES .......................................... 12
KERSIE EN NEUTE FUDGE .............................................................. 4
KERSIE NEUTE YSKASBLOKKIES ................................................. 24
KERSIEBLOKKIES ........................................................................... 23
KITS GEMMER TRUFFELS ............................................................. 10
KLAPPERBOLLAS ............................................................................ 17
KLAPPERYS ..................................................................................... 24
KOEKSISTERS ................................................................................. 22
KOFFIE FUDGE .................................................................................. 6
KOFFIE-EN-NEUTE-FUDGEBLOKKIES .......................................... 17
KONDENSMELK ROOMYS .............................................................. 11
KRAAKLEKKERS ................................................................................ 8
KRAKERIGE SJOKOLADE STAFIES ............................................... 12
LEKKERGOED KIERIES .................................................................. 25
YSTERVARKIES ......................................................................................... 18
SHERBET
4x250ml versiersuiker 35g koeksoda
28g wynsteensuur
Sif al die bestanddele driemaal saam. Skep in klein plastieksakkies met 'n strooitjie.
JELLIE LEKKERS
45ml gelatien
125ml koue water 125ml kookwater 45ml suurlemoensap versiersuiker
2x 250ml suiker 60ml lemoensap geel kleursel
Week gelatien in koue water. Meng suiker en water en kook saam. Voeg gelatien by suikermengsel en kook vir 10 minute. Voeg lemoen en suurlemoensap en kleursel by. Gooi in pan wat met koue water uitgespoel is en laat om te stol. Sny in blokkies en rol in versiersuiker.
ONGEKOOKTE MELKPOEIERLEKKERS
2x 250ml melkpoeier 60ml water 250ml klapper
250ml versiersuiker 10ml vanielje essens
Meng al die bestanddele behalwe die klapper tot 'n stywe mengsel. Voeg meer water by indien nodig. Rol balletjies met die hand, rol in klapper en laat vir 1 uur staan.
TOFFIES MET GRONDBONE
170ml ongesoute, gaar grondbone
625ml suiker
125ml water knippie sout
12.5ml asyn
3ml vanielje-essens
Vryf die doppe van die grondboontjies af en kap twee derdes daarvan grof. Meng suiker, water, asyn en sout in 'n swaar kastrol en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Verhoog die temperatuur 'n bietjie en bring tot kookpunt. Kook sonder om te roer totdat die hardekraak stadium bereik is. Verwyder van die hitte en voeg die vanielje-essens by. Gooi helfte van die mengsel in 'n gesmeerde bakplaat en sprinkel gekapte grondbone oor. Gooi die res van die mengsel oor. Sprinkel heel grondbone bo-oor en breek in stukke wanneer kook. Pak weg in lugdigte houer.
GRONDBONELEKKERS MET HEUNING
30ml botter
375ml suiker
125ml heuning 250ml grondbone 5ml vanielje-essens
125ml water
1ml koeksoda
Smelt die botter in 'n kastrol, voeg die suiker, heuning en water by en roer tot opgelos. Bring tot kookpunt. Kook sonder om te roer tot ligtekraakstadium. Verwyder van hitter en roer grondbone, koeksoda en essens by. Gooi in 'n gesmeerde plat pan. Merk vierkante as dit effens afgekoel het en breek in stukke wanneer koud.
TOFFIE MET ROOM EN SJOKOLADE
15ml gouestroop
15ml botter
425ml bruinsuiker
250ml room 15ml gerasperde sjokolade 5ml suurlemoensap
Meng stroop, room, botter en sjokolade in kastrol en roer oor lae hitte totdat die botter gesmelt is. Voeg bruinsuiker en suurlemoensap by en roer tot opgelos. Kook mengsel vir 30 minute. Roer gedurig. Gooi uit in gesmeerde pan en merk vierkante voordat mengsel verhard.
PYNAPPEL-EN-KLAPPER-BLOKKIES
125g botter 2 eiers 2,5ml vanielje 2,5ml bakpoeier 187ml klapper
250ml bruinsuiker 440g blik fyn pynappels 250ml koekmeel knypie sout
Stel oond op 180C. Room botter en suiker. Klits eiers, pynappel en vanielje by. Sif meel, bakpoeier en sout. Roer meelmengsel by bottermengsel en roer klapper by. Skep in gesmeerde vierkantige koekpan en bak vir 30 minute. Laat effens afkoel en sny in blokkies. Sit louwarm saam met vars vrugte en roomys voor. Lewer ongeveer 24 blokkies.
SJOKOLADEFUDGE
125ml room 30ml kakaopoeier, gesif
450g witsuiker 45ml gouestroop
Smeer 'n groot broodpan met botter en voer uit met gesmeerde botterpapier. Plaas al die bestanddele in 'n mediumgroot swaarboompan en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos en die kakao goed gemeng is. Was die suikerkristalle met 'n nat deegkwassie van die kante van die pan af. Kook sowat 5 minute en roer af en toe tot die sagtebalstadium 'n bietjie van die mengsel sal 'n sagte bal vorm as dit in yswater gegooi word. Verwyder van die hitte en klop nog 3 minute met 'n houtlepel of tot die mengsel net begin stol aan die kante van die kastrol en nog 'n effense glans het. Gooi in die voorbereide broodpan. Sny in vierkante sodra dit begin stol. Bewaar in 'n lugdigte houer. Maak sowat 24 blokkies.
SJOKOLADE-BRANDEWYN BALLETJIES
500g donker sjokolade
|
<urn:uuid:f67a4def-c74a-48d4-8274-6093b963d7f7>-0
| 1 |
tot geset en sny in blokkies.
MAKLIKE TRUFFELS:
300g ontbytgraanvlokkies 75ml kakao 100g gesmelte margarien 5ml vanielje geursel
knippie sout 5ml fyn kitskoffiepoeier 397g kondensmelk 65ml klapper
Vermeng die ontbytvlokkies, sout, kakao en kitskoffiepoeier in 'n bak. Voeg die margarien, kondensmelk en vanielje geursel by en vermeng dit alles goed saam. Vorm okkerneutgrootte balletjies van die mengsel. Rol elke balletjie in klapper sodat dit rondom goed bedek is.
MALVALEKKERS
30ml gelatien 500ml strooisuiker rooi voedselkleursel versiersuiker om lekkers in te rol
125ml koue water 125ml kookwater 10ml vanielje geursel
Spuit 'n 2.5liter bak met kleefwerende kossproei. Laat week die gelatien in die koue water tot sponsagtig. Verhit stadig totdat dit heeltemal opgelos is. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die voedselgeursel, vanieljegeursel en versiersuiker, en klits 7-10 minute lank met 'n elektriese klitser totdat die mengsel begin verdik. Kleur met ongeveer 12 druppels rooi voedsel. Kleursel en voeg ook die vanielje geursel by. Meng goed en giet uit in die voorbereide bak sodat die mengsel sowat 1.5cm diep daarin lê. Plaas in yskas tot gestol en sny dan in blokkies. Rol in versiersuiker. Lewer 65 blokkies.
KLAPPERYS
750ml suiker 200ml water 'n paar druppels pienk geursel knypie kremetart
397g kondensmelk 750ml klapper 5ml vanielje geursel
Plaas suiker en water in 'n swaarboomkastrol en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Voeg kondensmelk by en roer tot dit kook. Voeg kremetart by en laat kook sonder om te roer totdat mengsel sagtebalstadium bereik. Verwyder van stoof, voeg klapper en vanielje by en klop mengsel tot dik en romerig. Gooi die helfte van die mengsel in 180mm vierkantige pan. Kleur die res van die res met kleursel en gooi oor die wit laag. Laat afkoel en sny in vierkante wanneer gestol.
KERSIE NEUTE YSKASBLOKKIES
500g donker sjokolade in stukkies gekap
30ml gouestroop
klont botter
100g geroosterde, gekapte Macadamia neute
4 vingerbeskuitjies, in klein stukkies gebreek
340g ontpitte kersies, in stroop goed gedreineer
Smeer 'n vierkantige koekpan van 20x20cm met botter. Smelt sjokolade oor lae hitte of in mikrogolf tot glad. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep in voorbereide koekpan en maak gelyk. Verkoel oornag, sny in blokke. Lewer ongeveer 20 happies.
SALIGE SUURLEMOENDROOMPIES
KORS
150ml botter 1 ekstra groot eier gerasperde skil van 1 suurlemoen
125ml strooisuiker
500ml koekmeelblom
VULSEL
4 ekstra groot eiers
175ml suiker 12.5ml mielieblom
125ml suurlemoensap
25ml water
BOLAAG:
37.5ml botter
125ml koekmeelblom 20ml fyn amandels(opsioneel)
20ml strooisuiker
Verroom die botter en strooisuiker saam tot lig en romerig. Voeg die eier by en klits. Voeg dan die koekmeelblom en suurlemoenskil by en meng weer goed. Rol 5mm dit uit en plaas in 'n bakplaatjie van 23x20cm. Bak sowat 20 minute lank of totdat die kors strooikleurig bo is. Laat afkoel. Klits die eiers en suiker tot lig en dik. Voeg die suurlemoensap stadig by. Meng die mielieblom met die water om 'n gladde pasta te vorm en voeg ook by die mengsel. Verhit oor stadige hitte, terwyl gedurig geroer word, totdat die mengsel verdik. Smeer oor die kors. Vryf die botter met jou vingers in die koekmeelblom tot goed gemeng en voeg die strooisuiker en die amandels by. Strooi egalig oor die vulsel en bak weer sowat 15 minute lank. Laat effens afkoel en sny dan in blokkies.
CRUNCHIES
250g botter 10ml koeksoda 250ml witsuiker 250ml klapper
50ml gouestroop 250ml koekmeelblom 500ml hawermout knypie sout
Smelt die botter en gouestroop. Voeg die koeksoda by en meng. Meng die droë bestanddele en roer dit by die botttermengsel. Druk dit met 'n spaan in rolkoekpan van ongeveer 40x27cm. Bak dit ongeveer 20 minute tot goudbruiî by 160C. Laat dit effens afkoel. Sny in vierkante van 5x5cm. Lewer ongeveer 40 koekies.
BAKLAVA
100g okkerneute afgedop 50g amandels 2ml gemengdespeserye 1 pak (500 g)filodeeg
50g pistasieneute,afgedop 5ml fyn kaneel 50g strooisuiker 170g gesmeltebotter
STROOP 250ml strooisuiker 2 skyfies vars suurlemoen
300ml water 60ml heuning
Voorverhit die oond tot 170 8C.Verwerk al die neute in die voedsel-verwerker tot grof gekap, voeg die speserye asook die strooisuiker by en meng deur. Gebruik 'n oondpan van25x34cm en sny die filodeeg so groot soos die pannetjie. Bedek die filodeeg met 'n klam doek om te voorkom dat dit uitdroog. Smeer die pan en pak 10 lae filodeeg, elk met gesmelte botter gesmeer, op die bodem. Besprinkel goed met neute. Pak5 lae filodeeg bo-op, elk met botter gesmeer. Sprinkel weer neute oor. Herhaal 5 lae filodeeg en neute, eindig met filodeeg. Gebruik 'n skerp mes en sny diamantvorms uit die boonste laag van die baklava (moenie regdeur sny nie). Bak 40 minute. Bring al die bestanddele vir die stroop, buiten die heuning, tot kookpunt. Roer gedurig sodat die suiker opgelos is voor dit begin kook. Verlaag dan die hitte en laat prut tot stroperig,sowat 10 minute. Voeg die heuning by.Giet die warm stroop oor die baklava wanneer dit uit die oond kom. Laat minstens 4 uur staan. Sny in diamant-vorms en sit voor met vrugte en Griekse jogurt.
MINT LEKKERGOED
500g pond suiker
2 eetlepels ingedampte melk
½ koppie botter 4 drupples peppermint geursel
2 drupples groen kleursel
Meng al die bestandele saam en knie goed. Maak klein balletjies vorm minte. Plaas op 'n bakplaat. Laat oornag set
LEKKERGOED KIERIES
3 koppies suiker
½ koppie water
5ml mint geursel ¾ koppie stroop
¾ teelepel rooi kleursel
¼ eetlepel koeksoda
Meng suiker, water, stroop en koeksoda en verhit tot suiker opgelos het, kook maar moenie roer nie. Voeg ½ teelepel mint geursel by en verdeel dan in twee gedeeltes. Meng die kleursel by die een helfte in. Sit olie op oppervlak en rol dit in riempies en draai die rooi kleur om die wit kleur.
|
<urn:uuid:f67a4def-c74a-48d4-8274-6093b963d7f7>-1
| 1 |
Saterdag 17 Desember
Skrifgedeelte: Openbaring 14:6-13
Fokusgedeelte: Openbaring 14:6-7
God is genadig, maar die genadetyd loop ook uit ...
Dwarsdeur die Bybel leer ons God ken as 'n God wat lankmoedig en geduldig is (vgl. Ps. 145:8). En tog, ten spyte van hierdie eienskappe van die HERE, ten spyte van die talle oproepe tot bekering, is daar steeds mense wat bly weier om na sy stem te luister.
Tog skrik dit God nie af nie. In ons Skrifgedeelte sien ons hoe al die oproepe tot bekering deur die eeue saamtrek in een laaste wekroep tot die (goddelose)mens om hom uit sy onverskilligheid wakker te skud . Dit blyk uit die boodskap van die eerste engel, want as hy op die toneel verskyn, bring hy "'n goeie boodskap" . Die boodskap is "goed", omdat dit die mens, voordat die oordeelsdag kom, vir oulaas wil waarsku om God te dien (vs 6, 7). Hierdie oproep word versterk deur die tweede en derde engel wat die oordele van God aankondig. Die tweede engel wat die val van Babilon aankondig, die setel van die God-vyandige wêreldmagte (ook verwysend na die wêreld wat die mens so dikwels in sy diens aan die Here weglei, laat verkoel, laat versaak). Die derde engel wat die uiteinde van die goddelose beskryf deurdat hulle "die wyn van God se toorn onverdun sal drink" (vs 10-11). Uit hierdie gedeelte is dit dus duidelik dat, net voordat die oordeelsdag finaal aanbreek, daar een finale wekroep oor die hele aarde sal weerklink waarin die mens vir oulaas opgeroep word om God te dien (vs 6, 7). Want dit is so, God is 'n genadige God, lankmoedig, vol liefde . In Christus het ons dit gesien deurdat Hy vir ons sondes aan die kruis gesterf en betaal het. Ons sien dit ook in die herhaalde oproepe tot bekering. Tog moet ons besef: die genadetyd gaan nie vir altyd bly nie.
Eindelik loop die tyd ook uit ...
Sing: Skrifberyming 39:4, 5 (15-3)
Terwyl ons in hierdie genadetyd leef, mag hierdie gedeelte ons aanspoor om in ons diens aan die Here te volhard (vs 12). Mag die Heilige Gees ons die krag en genade daarvoor gee. En daar waar die lewe my dalk op 'n syspoor geneem het, keer terug na die Here. Waar ek dalk lou geword het, brand weer helder in sy diens. Doen dit vandag nog, voordat die tyd uitloop ...
Ds. PC van Rooy (Nelius)
|
844f2519-2fd6-4e63-9982-9287a99182b9-0
| 1 |
Tweespalt en tweestryd in die modernisme
Versfeld, Marthinus. 2010. Oor gode en afgode. Pretoria: Protea
Boekhuis. 204 p. Prys: R150,00. ISBN: 978-1-86919-362-1.
Resensent
: L. Kleinhans Skool vir Tale, Vaaldriehoekkampus, Noordwes-Universiteit
Versfeld se Oor gode en afgode kan beskryf word as 'n diagnose van die sosio-politieke euwels van die moderne epog en die intellektuele (ideologiese) stromings waaruit hulle ontstaan. Die verbrokkeling van die Middeleeuse (Christelike) wêreldorde gaan gepaard met die innerlike verdeeldheid en worsteling van die moderne mens. Die belang van die eenheidsbegrip, soos aangedui in Wolff se insiggewende inleiding, geniet voorrang in die bundel. Binne die bestek van vyf essays doen Versfeld verslag van die stelselmatige verbrokkeling van die moderne mens, die wêreld waarin hy/sy leef, en die verhoudings waarin hy/sy met sy/haar medemens verkeer.
Die tweespalt in die gees van die moderne mens vind sy oorsprong in die verarmde begrip van redelikheid wat deur die Verligtingsdenkers verkondig is. Onder die invloed van hierdie intellektuele tradisie word abstrakte, konseptuele kennis hoog op prys gestel ten koste van die vele ander soorte kennis en ervarings wat deel vorm van die menslike lewe.
Hier maak Versfeld waardevolle gebruik van die Aristoteliaanse begrip van die praktiese rede of verstandigheid. Alhoewel nóg estetiese waardering, nóg geloofskennis aanspraak kan maak op rasionele kwalifikasie, is dit redelik om albei as geldig te beskou. "Die redelike lewe", skryf Versfeld, "is die goedbepaalde lewe, die lewe wat 'n behoorlike mate van rede en nie-rede bevat". Dit is die taak van die
Koers 76(1) 2011:195-206
praktiese rede om die regmatige plek van die verskeie vorms van ervaring en kennis te bepaal.
Versfeld bemerk dieselfde gebrek aan innerlike eenheid van die rasionalistiese tradisie in die werk van Rousseau. Die onvermoë om 'n geïntegreerde beeld van die mens te formuleer is die denkfout wat Rousseau uiteindelik skuldig maak aan die "verslawing van die mensdom". Die minagting vir die rede en die gepaardgaande verheffing van die gevoelstoestand tot "algemene wil" beroof die mens van die geleentheid om in gemeenskap met sy/haar medemens saam te leef. In die afwesigheid van 'n redelike betoog, en met slegs sentiment as rigtingwyser, word werklike deugsame optrede, wat 'n gemeenskapsvereiste is, haas onmoontlik. Losgemaak van alle ander gemeenskapsverbande word die mens uiteindelik aan die totalitaristiese almag van die staat uitgelewer.
Die totalitaristiese aard van die moderne staat word eweneens deur die westerse samelewing se materialistiese en hedonistiese neigings aangehelp. Imperialisme en 'n nihilistiese krygersmoraliteit vloei van nature voort uit die ongetemde nastreef van plesier en mag. Versfeld beklemtoon dat slegs die aanneem van 'n bonatuurlike Christelike etiek, in plaas van 'n hierdie-wêreldse lewensbeskouing, ons van die ongekende uitbuiting van mens deur mens kan red. Dit is ook slegs 'n siening van die mens as 'n redelike en skeppende wese, imago Dei, wat ons van die selfontkenning van die gees in 'n vyandige, gemeganiseerde en ontmensde natuurlike omgewing kan verlos.
In die afwesigheid van die Christelike begrip van eenheid en vleeswording word die "gedeeltelike met die finale goeie" en die "tydelike met die ewige" verwar. Die moderne mens vind (af)god waar hy/sy slegs skepsel behoort aan te tref. Daarom dan die "gode en afgode" van die bundeltitel en 'n misbruik van ons tydelike, aardse bestaan.
Die invloed van Thomas van Aquino en sy voorganger Aristoteles, is regdeur Versfeld se bundel sterk te bespeur. Dit moet gestel word dat 'n meer kritiese ingesteldheid teenoor die intellektuele nalatenskap van die Middeleeue, tesame met 'n nie uitsluitlikpessimistiese blik op die modernisme, wenslik sou wees. Versfeld erken hy skryf met "die gees van verset van iemand wat die dertiende eeu as een van die brandpunte van die beskawing beskou". Veral die onkritiese tipering van die Middeleeue as 'n tyd van ongeëwenaarde eenheid en harmonie, kan bevraagteken word.
Desnieteenstaande lê die besondere waarde van Versfeld se bydrae juis in die (her)interpretasie van die insigte van hierdie denkskool in die lig van die moderne epog waarin hy homself bevind. Hierin bly Versfeld getrou aan die kriterium van prudentia wat hy die moderne mens oplê: om met kennis om te gaan te midde van 'n gevoeligheid vir die besondere geval. Versfeld demonstreer so 'n gevoeligheid vir die besondere deur 'n deeglike en insiggewende analise te maak van die probleme van die moderne era. Soos reeds genoem, is dit die gebrek aan eenheid wat telkens uitgewys word as die bron van die verbrokkeling van die moderne mens en sy samelewing; 'n toestand wat noodgedwonge op afgodediens uitloop. Oor gode en afgode, is gevolglik nie alleenlik vir die filosoof geskik nie, maar vir enigeen wat 'n belangstelling in die sosio-politieke kenmerke van die moderne tyd koester, asook die metafisiese dryfvere wat laasgenoemde
|
<urn:uuid:91508520-c953-4914-98ea-055c75e9800c>-0
| 1 |
Woensdag 14 Desember
Skrifgedeelte: Openbaring 12:18 – 13:10
Fokusgedeelte: Openbaring 13:8
Harde kontaksport, maar die oorwinning is verseker
Dier uit die see (vs 1 ev) dui waarskynlik op die Romeinse owerheid wat die kerk van Christus vervolg het in die tyd toe Openbaring geskryf is. Dit dui egter ook op die antichris wat wil vernietig en verlei. Die tien horings met die heersingskrone dui op die mag wat hy wel het en verkry. Die genesing van die wond dui op wonderdade wat hy kan verrig. Die aanslag is wreed en werklik. Ons beleef die kontak van die bose naby, en in ons leefwêreld.
Die duiwel is oorwin en tog spartel hy en sy bose trawante op aarde met woede om te verlei, te vernietig, stukkend te maak. Die werklikheid van die bose aanslag beleef ons in die tye waarin ons leef. Dit voel soms of daar meer dinge skeefloop as regloop in hierdie stukkende wêreld. Alles is inderdaad nie net maanskyn en rose nie.
Maar dan lees ons dat die ware gelowiges getrou bly, hulle wie se name in die boek van die Lam staan, sal nie buig en die dier uit die see aanbid nie (vs 8). Daar is dus oorwinning te midde van die aanslag. Wanneer jy glo in Jesus Christus, kan jy weet dat hierdie oorwinning en volharding ook vir jou daar is deur die werking van die Gees. Ons word nie bepaal die die verwardheid van ons tyd, die aanslag van die bose of die intensiteit van die misleiding nie. Ons word bepaal deur Christus wat die bose oorwin het. In sy Naam kan ons staan en leef.
Sing: Psalm 48-1:1, 5
Ds. CJ van Heyningen (Johan)
|
14610efd-3f37-44cd-b9e4-ae9a8e39785b-0
| 1 |
Gehoor hang aan soldaat se lippe
Die soldaat se storie. Klassieke Musiek. Fismersaal. Vandag om 20:30.
Die kombinasie van klavier, viool en klarinet het Sondag 4 Maart vir die gehoor in die Fismersaal ’n interessante klankwêreld ontsluit. Drie jong musici, Visser Liebenberg (klarinet), Misha Melck (klavier) en Ané van Staden (viool), was op die verhoog om drie uitdagende werke te speel.
Die hoofgereg vir hierdie konsert was Strawinski se "L’Histoire du Soldat", oftewel "Die soldaat se verhaal". Maar voordat dit sou begin, is twee trio’s, deur Khachaturian en Bartók, gespeel. Heelwat indrukke van volksmusiek is in dié werke te bespeur, maar telkens ontpop dit in iets uiters virtuoos.
Goeie balans tussen die instrumente is heeltyd gehandhaaf, terwyl geen sololyn ooit die ander musici oordonder het nie. Tussen die drie spelers was daar ’n goeie effek van musikale gee-en-neem.
In albei werke is dit asof klarinet en viool met mekaar gesels, met die klavier wat hulle deurgaans stuur. Van Staden en Liebenberg het hierdie gesprek aanmekaargehou met ’n kombinasie van lang, vloeiende musikale lyne en, in kontras daarmee, virtuose vertoon van tegniek wat steeds uitdrukkingsvol was.
Melck het ’n stewige bydrae tot hierdie musikale gesprek gemaak, sodat die drie spelers oorgekom het asof hulle goed op mekaar ingestel was.
Die Strawinski-hoofgereg is laaste voorgesit. Hiervoor het Niël Rademan die musici bygestaan as die verteller van die soldaat se verhaal (in Afrikaans). Hy was ’n innemende en animerende verteller – ’n mens kon sien hoe die gehoor aan sy lippe hang om die lot van die soldaat te hoor.
Soos die programboek verduidelik, is die instrumentaliste in hierdie werk die karakters van die verhaal. En soos die goeie musikale gesprek in die voorafgaande werke, het die drie musici in hierdie stuk ook hul staal gewys.
Die uiteinde was ’n pittige, meesleurende en heel genotvolle musikale verhaal. – Wayne
|
6f078688-8ba4-4947-9cd9-718cc05ecdc3-0
| 1 |
Administrator's Notice
Administrator's Notice 691 22 April 1987
JOHANNESBURG MUNICIPALITY: DETERMINATION OF POLLING DISTRICTS IN WARD 11
The Administrator has, in terms of section 12(1) of the Municipal Elections Ordinance, 1970 (Ordinance 16 of 1970), divided Ward 11 of the Johannesburg Municipality into the number of polling districts as described in the Schedule hereto.
PB 3-6-2-2-2
SCHEDULE
JOHANNESBURG MUNICIPALITY: DESCRIPTION OF POLLING DISTRICTS
POLLING DISTRICT 11A
Commencing at the eastern most corner beacon of East Town; thence in a north-easterly direction along the western boundaries of Montgomery Park and Franklin Roosevelt Park to the northernmost corner beacon of Franklin Roosevelt Park; thence in a south-easterly direction to the southernmost corner beacon of Linden Township; thence along the north-eastern boundaries of Franklin Roosevelt Park and the Eastern most corner beacon of Erf 642 Franklin Roosevelt Park Extension 1; thence in a north-easterly direction along the boundary between Franklin Roosevelt Park Extension 1 and Emmarentia Extension 1 to the northernmost corner beacon of Erf 864 (Park) Franklin Roosevelt Park Extension 1; thence along the Eastern boundary of Franklin Roosevelt Park Extension 1 to the southernmost corner beacon of that Township; thence in a general southerly direction along D F Malan Drive to the North-western corner beacon of Melville; thence in a south-easterly direction along D F Malan Drive to the north-eastern corner beacon of Portion 190 of Braamfontein 53; thence in a general westerly direction along the northern boundary of Portion 190; thence to the northern boundary of Westdene to the north-western corner beacon of Westdene; thence in a south-westerly direction along the north-western boundary of Westdene to the easternmost corner beacon of Triomf; thence in a north-westerly direction along the north-eastern boundary of Triomf and the eastern boundaries of Portion 132 and Portion 185 of Watervall 211 IQ to the easternmost corner beacon of Albertville; thence in a north-westerly direction along the north-eastern boundary of Albertville to the northernmost corner beacon of the Township; thence in a south-westerly direction along the north-western boundary of Albertville to the north-eastern corner beacon of Stand 60, Albertville; thence in a north-
Administrateurskennisgewing
Administrateurskennisgewing 691 22 April 1987
MUNISIPALITEIT JOHANNESBURG: BEPALING VAN STEMDISTRIKTE IN WYK 11
Die Administrateur het ingevolge artikel 12(1) van die Ordonnansie op Munisipale Verkiesings, 1970 (Ordonnansie 16 van 1970), Wyk 11 van die Munisipaliteit Johannesburg in die aantal stemdistrikte soos in die bygaande Bylae omskryf, verdeel.
PB 3-6-2-2-2
BYLAE
MUNISIPALITEIT JOHANNESBURG: BESKRYWING VAN STEMDISTRIKTE
STEMDISTRIK 11A
Vanaf die mees oostelike hoekbaken van East Town; vandaar in 'n noordoostelike rigting met die westelike grens van Montgomery Park, Franklin Rooseveltpark langs tot by die mees noordelike hoekbaken van Franklin Rooseveltpark; vandaar in 'n suidoostelike rigting tot by die mees suidelike hoekbaken van Linden; vandaar langs die noordoostelike grense van Franklin Rooseveltpark en Franklin Roosevelt Park Uitbreiding 1 na die mees oostelike hoekbaken van Erf 642 Franklin Roosevelt Park Uitbreiding 1; gaan voort vandaar in 'n noordoostelike rigting langs die grens tussen Franklin Roosevelt Park Uitbreiding 1 en Emmarentia Uitbreiding 1 na die mees noordelike hoekbaken van Erf 864 (park) Franklin Roosevelt Park Uitbreiding 1; gaan voort vandaar al langs die oostelike grens van Franklin Roosevelt Park Uitbreiding 1 na die mees suidelike hoekbaken van daardie dorp; en gaan voort vandaar in 'n algemeen suidelike rigting langs D F Malanylaan na die noordwestelike hoekbaken van Melville; vandaar in 'n suidoostelike rigting met D F Malan-rylaan langs tot by die noordoostelike hoekbaken van Gedeelte 190 van Braamfontein 53; vandaar in 'n algemeen westelike rigting met die noordelike grens van Gedeelte 190 langs; vandaar na die noordelike grens van Westdene tot by die noordwestelike hoekbaken van Westdene; vandaar in 'n suidwestelike rigting met die noordwestelike grens van Westdene langs tot by die mees oostelike hoekbaken van Triomf; vandaar in 'n noordwestelike rigting met die noordoostelike grens van Triomf en die oostelike grense van Gedeelte 132 en Gedeelte 185 van Waterval 211 IQ langs tot by die mees oostelike hoekbaken van Albertville; vandaar in 'n noordwestelike rigting met die noordoostelike grens van Albertville langs tot by die mees noordelike hoekbaken van daardie dorp; vandaar in 'n suidwestelike rigting met die noordwestewesterly direction along the south-western boundary of Albertville Extension 1 to its intersection with the south-eastern boundary of Albertskroon; thence in a north-easterly direction along the south-eastern boundary of Albertskroon to the easternmost corner beacon of Albertskroon; thence in a north-westerly direction along the north-eastern boundary of Albertskroon to the northernmost corner beacon of that Township; thence in a general south-westerly direction to the easternmost corner beacon of Remainder of Waterval 211; thence in a general north-westerly direction along the north-eastern boundary of Remainder of Waterval 211; thence in a northerly direction along the eastern boundary of Portion 256 of Waterval 211 to the south-western corner beacon of Northcliff; thence in an easterly direction along the southern boundary of Northcliff to the westernmost corner beacon of Northcliff Extension 3; thence in a south-easterly direction to the westernmost corner beacon of Waterval Estate; thence in a north-easterly direction along the north-western boundary of Waterval Estate to the north-eastern corner beacon of Northcliff Extension 3; thence cutting across Portion 34 of Waterval 211 in a straight line with the north-eastern boundary of East Town and proceeding in the same direction along the north-eastern boundary of the same Township to the point of commencement.
POLLING DISTRICT 11B
Commencing at the southernmost corner beacon of Linden Township; thence in a north-easterly direction along the south-eastern boundary of Linden and the northern boundary of Emmarentia Extension 1 to the north-western corner beacon of Greenside; thence in a south-easterly direction along the western boundaries of Greenside and Greenside Extension 1 to the intersection of Barry Hertzog Avenue and the Braids Road; thence in a general south-westerly direction along the Braids Road to its intersection with the western boundary of Emmarentia Extension 1; thence in a general southerly direction along the western boundaries of Emmarentia and Emmarentia Extension 1 to the south-western corner beacon of Emmarentia which is common to the northern corner beacon of Melville Township; thence along the north-western boundary of Melville Township to its intersection with D F Malan Drive; thence in a general north-western direction along D F Malan drive to the most southern corner beacon of Franklin Roosevelt Park Extension 1; thence in a general northwards direction along the eastern boundary of Franklin Roosevelt Park Extension 1 to the most northern corner beacon of Erf 864 (park) Franklin Roosevelt Park Extension 1; thence in a south-westerly direction to the most southern corner beacon of Erf 642 Franklin Roosevelt Park Extension 1; thence in a north-western direction along the north-eastern boundaries of Franklin Roosevelt Park Extension 1 and Franklin Roosevelt Park to the point of commencement.
like grens van Albertville langs tot by die noordoostelike hoekbaken van Standplaas 60, Albertsville; vandaar in 'n noordwestelike rigting met die suidwestelike grens van Albertville Uitbreiding 1 langs tot by die kruising daarvan met die suidoostelike grens van Albertskroon; vandaar in 'n noordoostelike rigting met die suidoostelike grens van Albertskroon langs tot by die mees oostelike hoekbaken van Albertskroon; vandaar in 'n noordoostelike rigting met die noordoostelike grens van Albertskroon langs tot by die mees noordelike hoekbaken van daardie dorp; vandaar
|
199449d5-c8b3-4b8f-9ebe-26e18689c9aa-0
| 0 |
'n Jaar saam met God
Tuis-retreat vir Groot Heilige Week
Groot Heilige Week
Groot Heilige week begin op Palmsondag, die Sondag 'n week voor Paassondag. Dan word Jesus se intog in Jerusalem op die rug van 'n donkie herdenk. Dit is gebruiklik om op of vir dié dag kruisies te vou van palmblare.
Daarna volg Groot Heilige Week met die gebeure van Jesus se laaste week voor die kruisiging. Dit word onder meer vertel in Markus 11-15.
Die Maandag van Groot Heilige Week is die dag waarop gelowiges terugdink aan die tempelreiniging. Op die Dinsdag word gedink aan die gesprekke tussen Jesus en die godsdienstige leiers op die tempelplein. Op die Woensdag gaan dit oor die gebeure toe 'n vrou Jesus met duur olie geslaf het.
Op die Donderdag is daar 'n paar dinge wat in herinnering geroep word. Dit sluit in dat Jesus sy dissipels se voete gewas het, dat Hy die nagmaal ingestel het tydens die Pasgamaal, dat Hy en die dissipels afgestap het na die tuin van Getsemane waar Jesus gaan bid het, en sy inhegtenisname.
Op Goeie Vrydag is die fokus op Jesus se kruisiging en dood, en sy begrafnis.
Stil Saterdag herdenk die dag waarop Jesus in die graf was. Dit is die laaste dag van Lydenstyd, die dag voor Paassondag en die viering van Jesus se oorwinning oor die dood.
Die Heilige Week is die ideale geleentheid om van die gebeure van die Groot Heilige week weer te lees, te beleef en te oordink. Hierdie tuis-retreat dien as 'n hulpmiddel om presies dit te doen. Daar is vir elke dag 'n teksgedeelte om te lees en iets om oor na te dink.
Mag die Groot Heilige Week vir jou 'n kosbare tyd wees.
Palmsondag
Lees Matteus 21:1-11
Toe hulle naby Jerusalem kom en Betfage aan die Olyfberg bereik, het Jesus twee dissipels vooruit gestuur en vir hulle gesê: "Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar 'n donkie kry wat vasgemaak is, en 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My. En as iemand vir julle iets daaroor sê, antwoord dan: Die Here het hulle nodig, en Hy sal hulle gou weer terugstuur." Dit het gebeur sodat die uitspraak van die profeet vervul sou word: "Sê vir Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig en Hy ry op 'n donkie, op die vul van 'n pakdier." Die twee dissipels het toe vooruit gegaan en gedoen wat Jesus hulle beveel het. Hulle het die donkie en die vul gebring, van hulle klere op die diere gesit, en Jesus het opgeklim. Die grootste deel van die skare het van hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takkies van die bome afgebreek en dit op die pad gestrooi. Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: "Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!" Toe Jesus in Jerusalem ingaan, het die hele stad in beroering gekom en gevra: "Wie is hierdie man?" Die skare het geantwoord: "Dit is die profeet Jesus van Nasaret in Galilea!"
Dink na oor
Neem 'n tydjie om na te dink oor die woorde.
"So let us spread before his feet, not garments or soulless olive branches, which delight the eye for a few hours and then wither, but ourselves, clothed in his grace, or rather, clothed completely in him. We who have been baptized into Christ must ourselves be the garments that we spread before him."
— Saint Andrew of Crete
Maandag
Lees Matteus 21:12-17
Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op die tempelplein koop en verkoop, daar uitgejaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi en vir hulle gesê: "Daar staan geskrywe: 'My huis sal 'n huis van gebed wees,' maar julle maak dit 'n rowersnes." Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. Maar toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat in die tempel aanhou uitroep: "Prys die Seun van Dawid!" was hulle verontwaardig. Hulle sê toe vir Hom: "Hoor jy wat sê hulle daar?" "Ja," antwoord Jesus. "Het julle nooit gelees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders en suigelinge u lof sing?" Toe het Hy hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Betanië toe, waar Hy die nag gebly het.
Dink na oor
Jesus reageer hier heftig teen die uitbuiting van mense.
Watter rol speel geregtigheid in jou lewe?
Oorweeg dit om vandag Kerrie vis vir Goeie Vrydag te maak. Daar is 'n resep op die webblad.
Dinsdag
Lees Matteus 21:23-27
Jesus het na die tempel toe gegaan, en terwyl Hy besig was om die mense te leer, kom die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk na Hom toe en vra: "Met watter gesag doen u hierdie dinge? En wie het u hierdie gesag gegee?" Toe antwoord Jesus hulle: "Ek gaan julle een ding vra, en as julle My daarop antwoord, sal Ek vir julle sê met watter gesag Ek hierdie dinge doen. Die doop van Johannes, waar het dit vandaan gekom: van God, of van mense af?" Hulle redeneer toe onder mekaar: "As ons sê: 'Van God af,' sal hy vir ons sê: 'Waarom het julle hom dan nie geglo nie?' Maar as ons sê: 'Van mense af,' kom ons by die mense in die moeilikheid, want almal beskou Johannes as 'n profeet." Toe antwoord hulle vir Jesus: "Ons weet nie." En Hy sê vir hulle: "Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie."
Dink na oor
Lees biddend Koos van der Merwe se gedig Inkarnasie.
êrens in strate van stof êrens in stede van klip Hy het by mense van klei kom woon lig het met donker kom praat sondaar en Redder was saam verlore verdwaal het ontmoet met hoop krisis verkrummel deur krag leuen deur die waarheid oorwin stukkende mense het Hy verbind ek sal my lewe ook bring ek sal kom buig voor my Heer en aan sy voete sal rus my vind as U my red, is ek vry rig U my op, kan ek leef raak met u hand aan die stof in my.
Woensdag
Lees Matteus 26:6-13
"Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het 'n vrou by Jesus gekom met 'n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet. Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. "Waarom so 'n verkwisting?" vra hulle. "'n Mens kon die reukolie vir baie geld verkoop het en dit vir armes gegee het."
Jesus het dit gemerk en vir hulle gesê: "Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen. Die armes het julle altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie. Deur hierdie reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis. Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot 'n herinnering aan haar."
Dink na oor
In die Nuwe Testament se tyd sou 'n gasheer wat 'n gas uitgenooi het vir 'n ete, die persoon met 'n bietjie olie gesalf het as teken van respek en eerbied. Terwyl Jesus en sy dissipels by Simon 'n feesmaal geniet, kom daar 'n vrou in met 'n albaste fles vol kosbare nardusolie, sy breek die mooi fles en gooi die baie duur reukolie oor Jesus se kop uit. Met hierdie handeling salf sy hom nie net tot koning nie, maar ook vir sy begrafnis. Kort daarna word Jesus gekruisig. Hierdie eenvoudige handeling is in 'n sekere sin 'n geloofsbelydenis.
|
c4a30556-e538-4489-a485-770b7fe98aca-0
| 3 |
'n Vrou praat oor die ANC
Een van die top Afrikaanse professionele vroue wat in April deel was van 'n groep Suid-Afrikaanse vroue wat in Harare met ANC-vroue gesprek gevoer het, het met haar terugkoms in Suid-Afrika haar ervaringe met haar vriende gedeel in 'n lang brief. Hier volg 'n verkorte weergawe van die brief:
Ek was eers baie huiverig (om te gaan), veral oor die klompe publisiteit wat vorige groepe "ANC-praters" gekry het, en die feit dat 'n mens miskien lyk of jy hulle dade goedkeur. Maar op die ou end het ek tog besluit om te gaan.
Ek weet lankal hoe lieg die pers — kyk maar net hoe smeul hulle ons land swart — en wou graag 'n eie opinie oor die ANC vorm. Verder glo ek ook daar moet met enigiemand gepraat word, sonder voorwaardes. Praat is nie vriendskap nie.
Nou vir my indrukke. Onthou tog, dis net my indrukke. Dit mag verkeerd wees, ek mag naief wees, dom, liggelowig, ensovoorts.
My eerste en oorweldigende indruk was die kwaliteit van die ANC vroue. Hulle is ontwikkelde, indrukwekkende diplomate. Selfs die heel jongetjies kan hul saak met outruiing en logika stel. Die ANC het 'n departement vir vrouesake, en daar was 'n hele klompje vroue wat in die departement werk. Dan was daar 'n paar wat in die regsafdeling, onderwyss-afdeling of gesondheidsafdeling werk, of gesante in verskillende lande is. Daar was seker so vyf blankes, 'n Indiëër of twee, 'n kleurling of twee, en verder swartes. Maar almal neem eeuerymoedig deel aan die debat.
Tweedens moet ek praat oor die goeie gesindheid wat hulle deurgaans getoon het. Hulle was vriendelik en geduldig en ek het nie nooit 'n sweempie van haatdraendheid of vyandigheid gevoel nie. Hulle het uit hulle pad gegaan om ons te ontmoet waar ons was; al was dit soms in filosofie baie ver van hulle af.
Derdens het ek 'n heel ander/nuwe perspektief op die ANC as organisasie gekry. Mev Sally Mugabe het die konferensie geopen en daar was 'n hele groep Zimbabweëse vroue. Ons is ook Saterdag-aand deur die Kubaanse konsulaat onthaal, en het heelwat ander lande se verteenwoordigers daar ontmoet. Oral tref mens 'n respek vir die ANC aan, wat deur mense aan my beskryf is as "'n krag vir demokrasie", of "die mees redelike groep wat julle kan hoop om mee te onderhandel". En hulle is onteenseglik 'n groep met geweldige invloed. Hulle gaan nie verdwyn nie. Ons kan hulle nie wen deur meer en meer mense uit die land te jaag nie: hulle het die oneindige finansiële en ander hulpbronne wat hulle bloot gebruik om elkeen van dié wat die land uit vlug, te ontwikkel in 'n effektiewe wapen. Hulle mense is almal besig om dwars oor die wêreld in elke maanlike veld opleiding te kry. Hulle is 'n groep wat deel sal moet wees van 'n politieke oplossing in Suid-Afrika, of daar sal geen vrede wees nie.
En ook 'n nuwe perspektief op ons land. Ja, ek weet ons is nie so sleg soos hulle ons maak nie (en tussen hakies, dit is nogal snaks hoe hulle weer 'n boer met 'n geweer agter elke bos sien, waar die regering 'n kommunis met 'n bom agter elke bos sien), maar ek is gedwing om te beseft dat ons ook nie so onskuldig is soos ons voorgee nie. In ons land hoor ons dikwels dat Suid-Afrika uitgekryt word as 'n destabiliseerder van sy bure, veral Mosambiek en Angola. Maar ons glo dit nie. Ons regering sê heeltjy hoe goed dit vir ons sal wees as ons stabiele bure het. Maar ek is bevrees ek moes begin glo dat Renamo nie veel meer is as groepies jong boewe wat sonder leierskap rondwerf en dood en verwoesting saai met wapens wat ons hulle gee nie.
Ons het 'n video oor die situasie gesien, wat skokkend was, en toevallig was daar die weermag gebruik om 'n oorlog TEEN DIE BEVOLKING te voer. Hulle geweld is dus in essensie selfverdediging, of die verdediging van die volk teen 'n onderdrukkende regering.
As 'n mens luister na hulle persoonlike verhale van polisie-optrede, aanhouding sonder verhoor, brutaliteit en absolute gebrek aan basiese respek vir die mens, is dit geweldig moeilik om hulle in die oë te kyk en hulle geweld te veroordeel.
Hulle is baie seker dat die ANC as sulks nie kommunisties is nie. Hulle wys vir jou uit watter vroue wel kommuniste is — daar was net een. Hulle sê dat die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party ook veg vir die ontbanning van alle politieke organisasies en 'n regering wat die hele bevolking veteenwoordig. En daarom werk hulle saam. Sodra 'n verkiesing in die "huwe" Suid-Afrika afgekondig word, sal die Kommunistiese Party egter hul eie ding doen.
Oor sanksies het hulle ook 'n interessante standpunt, wat ek nog nie van tevore gehoor het nie. Volgens die VVO "charter" is rassisme 'n internasionale oortreding en Suid-Afrika is skuldig bevind aan hierdie oortreding, omdat ons diskriminasie op grond van ras in ons wetboek vervat het. Die enigste straf wat die internasionale wêreld kan gee vir so 'n oortreding, is sanksies.
Verder vra die ANC deurgaans vir onmiddellike, totale sanksies, want dit sou die SA-regering binne weke tot onderhandeling dwing, en die minimum skade aan die ekonomie aanrig. Maar hulle kry net gedeeltelike sanksies reg, sodat die ekonomie stadig doodgewurg word, met maksimum skade.
Maar soos met geweld sien hulle dit as een van die min "wapens" wat hulle het, en wat hulle sal moet aanhou gebruik.
Die ANC werf vir 'n nie-rassie, veelparty demokrasie in Suid-Afrika. Nie-rassisties: hulle wil al die groepe in Suid-Afrika hier hê en gebruik. Ook die witmense. Hulle kan dus nie sien dat 'n toekomstige regering nie ook blankes sal bevat nie. Maar daar sal geen verdeling op grond van ras wees nie, en hulle sien beslis die land as een, en nie as 'n klomp onafhanklike landjies nie.
Hulle wil hê die regering moet alle politieke organisasies onthaal en alle politieke gevangenes vrylaat. Dan sal hulle na Suid-Afrika terugkom en dan kan onderhandelinge begin. Hierdie stap moet sonder voorwaardes (soos die afsweer van geweld) gebeur.
Daarna voorsien hulle 'n groot onderhandeling om 'n nuwe konstitusie op te stel. Dit mag voorafgegaan word deur 'n verkiesing van die mense wat dit moet opstel.
Nou my konklusies, want die brief raak onleesbaar lank. Ek dink ons blanke Suid-Afrikaners moet so gou as moontlik aanvaar dat ons beslis 'n swart meerderheidsregering gaan kry. Ons enigste keuse is of ons dit voor 'n oorlog of na 'n oorlog sal kry.
Ek het probeer om my gedagtes so duidelik as moontlik te deel. Ek sal baie graag van jou wil hoor wat jy van die hele storie dink. Selfs al is jy so vies oor ek skielik begin politiek praat en dan nogal sulke kommunistiese politiek, dat jy nooit weer met my wil praat nie, laat weet my tog. Dis vir my baie belangrik om te weet hoe jy
|
19a8612b-035c-42f7-982c-3226fa7848b5-0
| 1 |
Kuns om van wakker te lê
Fever Sleep: The Colonial Pillow Series – Kurt Campbell
WorldArt, Johannesburg
Johan Myburg
‘The sleep of reason produces monsters,” het Goya in 1799 in sy Los caprichos verklaar. Agter dié opmerking sit ’n kritiek op die dwaasheid, vergrypte, eiebelang en valsheid van sy tyd. As dit waar was in 1799, het ons steeds kunstenaars nodig om ons bewus te maak van ons vergissingen. Skynbaar oorkom ons mettertyd nie die praktyk nie…
Met ’n klein maar treffende uittstalling (sewe werke) lewer die Kaapstadse kunstenaar Kurt Campbell kommentaar op persepsies wat te make het met besit, egtheid en koloniale belang. Of die droom daarvan.
Hy gebruik kopstutte eie aan Afrika as vertrekpunt, dié soort wat ’n mens op kurio-markte of in museums teekom. Maar Campbell verkieks bô die ware jakob om sy eie getroue weergawes te maak van Plasticene. In dié werke gebruik hy skroewe, knope, munte, patroondoppies en koëls – die bydrae van ’n koloniale teenwoordigheid in Afrika. Van dié werke maak hy argivale drukke (op papier met ’n leeftyd van 100 jaar) wat hy dan as kunswerke op die uittstalling aanbied.
Die Plasticene-werke vernietig en begrawe hy.
Waarmeer die kyker dus gekonfronteer word, is afbeeldings van afbeeldings (die foto hierbo is ’n verdere afbeelding!).
Die oorspronklike, die “egte”, word in Campbell se verwysingsveld derhalwe verdag. Die oorspronklike kopstut – wat deesdae versamelstatus het en dikwels vir verduisende verkoop word – staan buite die konteks waarin dit gebruik is as kopkussing. Dat dit juist die afbeelding is wat die (interpretasie)moontlikhede open, is wat Campbell aandui. Dat die kopstut inderwaarheid nie “besit” word nie, lewer kommentaar op die drang om “objekte” te versamel.
Kolonialisme kom derhalwe ook binne die kunstenaar se ontginingswêreld. Die invoeging van sogenaaamde Westerse elemente in die tradisionele kopstutte, maak dit onbruikbaar, of minstens ongemaklik. Dis dié ongemaklike verhouding tussen kolonieerder en gekoloniseerde wat Campbell duidelik in die oog het.
Die koorsagtige slaap waarna die titel verwys, roep dus meer beelde van rusteloosheid op as van rus.
As kyker staan jy voor dié werke, bewus van die bekoring. Maar eweneens toenemend bewus van die misleiding.
Campbell se Fever Sleep is elegante versetkuns. Dié soort wat monsters uitwys vir wat hulle is.
■ Tot 29
|
5d2ba11b-b77b-4e35-ac88-1a9a28e95913-0
| 1 |
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES
NOVEMBER 2018
NASIENRIGLYNE
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 48 bladsye.
PUNTE: 300
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te verseker:
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor die hele land
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by skole/onderwysinstellings
1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes, word die volgende kleure aanbeveel:
Senior nasiener:
Adjunkhoofnasiener:
Hoofnasiener:
Interne Moderator:
DBE moderator:
Groen
Bruin/Swart/Blou
Pienk
Oranje
Nasiener:
Rooi
Turkoois
2. Omvattende nasienriglyne word voorsien, maar dit is geensins volledig nie. Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
* 'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyne gegee word
* Oorspronklik is
* Uit 'n ander bron kom
* 'n Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
3. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal egter van die aard van die vraag afhang.
4. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word en ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
5. Die woord 'Subtotaal' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag of subvraag te vergemaklik.
6. Die doel daarvan om punte (gelei deur 'maks' in die uiteensetting van die punte) aan die regterkant te omkring is om konsekwentheid en akkuraatheid te verseker met die nasien van die skrifte asook met berekeninge/moderering.
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur 'maks' in die nasienriglyne. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
2
NSS – Nasienriglyne
3
NSS – Nasienriglyne
8. In 'n indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord tersaaklik wees en verband hou met die vraag.
9 Foutiewe nommering van antwoorde en sub-vrae in AFDELING A en B sal streng gepenaliseer word. Daarom word korrekte nommering in alle afdelings sterk aanbeveel.
10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui aan met 'n 'H' of 'R'.
11. Neem kennis dat geen punte toegeken sal word vir die aanduiding Ja/Nee in die evalueringstipe vrae wat bevestiging of motivering vereis nie. (Van toepassing op AFDELING B en C)
12. Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik word:
,
12.1 Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele hofgedinge.'√
12.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA verminder tyd en koste wat spandeer word√ op lang siviele hofgedinge√, want die werkgewer sal nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te betaal as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig was nie.'√
LET WEL:
1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'analiseer'.
2. Let op die plasing van die merkie(√) in die toekenning van punte.
13. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyne en die konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
13.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel voor, (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.
13.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/toon verskille/differensieer, regverdig, ontwerp, ontwikkel, ontleed, evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word.
4
14. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord verskaf vir AFDELING B en C vrae waar slegs een antwoord vereis word.
15. AFDELING B
15.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n lyn deur die onnagesiende gedeelte te trek en gebruik die woord 'Kanselleer'.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer word.
15.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die kandidaat. Punt 15.1 geld steeds.
15.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe antwoorde te finaliseer.
15.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
15.4.1 Waar die getal feite wat vereis dat kandidate moet 'verduidelik/ bespreek/beskryf', gespesifiseer is, sal dit soos volg nagesien word:
* Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
* Verduideliking 1 punt
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyne gegee om die toekenning van punte te vergemaklik.
15.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die nasienriglyne toegeken.
15.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B EN C (waar van toepassing).
16. AFDELING C
16.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
16.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
| Struktuur/Uitleg | Is daar 'n
|
f12bea61-d92d-4aa7-84d9-dd74635cae58-0
| 1 |
Kontroles word uitgevoer gedurende√ en na afloop van die produksieproses.√
- Prosesse is in plek om te verseker dat die gehalte van produkte/dienste/stelsels voldoen aan voorafbepaalde standaarde√ met minimum defekte/oponthoude/ tekortkominge.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gehalteversekering.
- Verseker dat elke proses daarop gemik is om die produk die eerste keer reg te kry√ en voorkom dat foute weer gemaak word.√
Maks (6)
10.3 Onderskeid tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie maar die onderskeid moet duidelik wees.
2. Die verskil moet duidelike wees maar hoef nie gekoppel te wees nie.
| GEHALTEBESTUUR | GEHALTEPRESTASIE |
|---|---|
| - Tegnieke/instrumente√ wat gebruik word om die ontwerp/gehalte van produkte te verbeter.√ | - Totale prestasie van elke afdeling word gemeet√ teen gespesifiseerde standaarde.√ |
| - Kan gebruik word vir verantwoord- baarheid√ binne elke besigheidsfunksie.√ | - Kan bereik word, as alle afdelings/ departemente saamwerk√ na dieselfde gehaltestandaarde.√ |
| - Is daarop gemik om te verseker dat die gehalte van goedere/dienste√ konsekwent is√/Fokus op die maniere√ om eenvormigheid/konsekwentheid te verkry.√ | - Kwaliteit word gemeet√ deur fisiese produkte/statistiese uitsette van prosesse/vraelyste van gebruikers en/of kopers van goedere/dienste.√ |
| - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gehaltebestuur. | - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met gehalteprestasie. |
Maks (8)
3. Ken 'n maksimum van VIER (4) punte toe indien verskille nie duidelik is nie/Sien gehaltebestuur of gehalteprestasie na.
NSS – Nasienriglyne
10.4 Besigheidsfunksies
- Ontwikkel/Implementeer/Monitor effektiewe strategiese planne.√√
10.4.1 Gehalte-aanwysers van die algemene bestuursfunksie
- Effektiewe organisering/allokering/toekenning van besigheid se hulpbronne om te verseker dat lang- en korttermynplanne suksesvol bereik sal word.√√
- Leer/verstaan veranderinge in die besigheids-omgewing op 'n volgehoue basis.√√
- Gestruktureerde standaarde en norme is in plek om beheermeganismes te kan implementeer.√√
- Kommunikeer visie, missie en waardes effektief.√√
- Wees bereid om 'n voorbeeld te stel van die aanvaarbare gedrag wat ook van werknemers in terme van etiek en produktiwiteit verwag kan word.√√
- Vestig prioriteite en gee rigting aan die besigheid.√√
- Wees pro-aktief en probeer om altyd mededingende voordeel oor mededingers te verbeter.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gehalte-aanwysers van die algemene bestuursfunksie.
- Verseker dat alle departement/die besigheid hulle spertye/doelwitte bereik. √√
Submaks (10)
10.4.2 Gehalte-aanwysers van die produksiefunksie
- Die produksie-/bedryfsprosesse van 'n besigheid/Besigedebehoort korrek gedoen te word deur behoorlike produksiebeplanning en beheer.√√
- Voorsien hoë gehalte dienste/produkte volgens spesifikasies.√√
- Produkte en dienste behoort teen die laagste moontlike koste geproduseer te word om maksimum winste te kry.√√
- Produkte moet aan klante se vereistes van veiligheid, betroubaarheid en duursaamheid voldoen.√√
- Besighede behoort die rol en verantwoordelikhede van die produksie- werkskorps duidelik aan hulle te kommunikeer.√√
- Besighede moet goeie na-verkoopdienste en waarborge lewer.√√
- Kry akkreditasie van die SABS/ISO 9001 om te verseker dat gehalteprodukte geproduseer word.√√
- Bemagtig werkers om trots op hul vakmanskap te wees.√√
- Spesifiseer die produk/diens se standaarde en neem kennis van die faktore wat verbruikers gebruik om gehalte te beoordeel.√√
- Implementeer gehaltebeheerstelsels om te verseker dat gehalte geboue gereeld geproduseer word.√√
- Monitor prosesse en vind die oorsake van produksieprobleme.√√
- Benut masjinerie en toerusting optimaal.√√
- Kies die geskikte produksiemetode bv. massa/lot fabrikasie/stukwerk.√√
- Akkurate berekeninge van produksiekoste.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe gehalte-aanwysers van die produksiefunksie.
Maks (20)
Submaks (10)
47
NSS – Nasienriglyne
10.5 Impak op die vermindering van koste van gehalte
- Skeduleer aktiwiteite om duplisering van take uit te skakel.√√
- Stel gehaltesirkels in plek om metodes waarop hulle hul werk/vakmanskap kan verbeter, te bespreek.√√
- Deel verantwoordelikheid vir gehalte-uitsette tussen bestuur en werknemers.√√
- Ontwikkel werkstelsels wat werknemers bemagtig om nuwe maniere vir gehalteverbetering te vind.√√
- Lei werknemers op alle vlakke op, sodat elkeen sy/haar rol in gehaltebestuur verstaan.√√
- Werk baie nou saam met verskaffers om die gehalte van grondstowwe/insette te verbeter.√√
- Verminder belegging in duur, maar ondoeltreffende inspeksieprosedures in die produksieproses.√√
- Verbeter kommunikasie rondom gehalte uitdagings/afwykings, sodat elkeen uit ondervinding kan leer.√√
- Implementeer proaktiewe onderhoudsprogramme vir toerusting/masjinerie om produksieonderbrekings te verminder/uit te skakel.√√
Maks (12)
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die impak wat TGB kan maak op die vermindering van die koste van gehalte.
10.6 Gevolgtrekking
- Elke besigheid moet 'n gehalte bestuurstelstelsel hê wat verseker dat sisteme en stelses en prosesse korrek en veilig uitgevoer word.√√
- Gehalte is belangrik sodat 'n besigheid volhoubaar kan wees.√√
- Alle besigheidsfunksies dra by tot die suksesse of mislukking van 'n besigheid en moet daarom kwaliteit-aanwysers hê.√√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met
- Dit is belangrik dat besighede 'n behoorlike stelsel vir die bestuur van gehalte het, byvoorbeeld TGB sal die koste verlaag en die winste verhoog.√√
kwaliteitkonsepte/algemene bestuursfunksie/produksiefunksie/impak van TGB op die
(1 x 2) (2)
vermindering van koste.
[40]
VRAAG 10: UITEENSETTING VAN PUNTE
SASO - vir elke komponent:
| BESONDERHEDE | MAKSIMUM |
|---|---|
| Inleiding | 2 |
| Betekenis van gehalteversekering | 6 |
| Onderskeid tussen gehalte- bestuur en gehalte-prestasie | 8 |
| Gehalte-aanwysers van die algemene bestuursfunksie en die produksiefunksie | 20 |
| Hoe TGB die koste van kwaliteit verminder | 12 |
| Gevolgtrekking | 2 |
| INSIG | |
| Struktuur/Uitleg | 2 |
| Ontleding/Interpretasie | 2 |
| Sintese | 2 |
| Oorspronklikheid/Voorbeelde | 2 |
| TOTALE PUNTE | |
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
|
f12bea61-d92d-4aa7-84d9-dd74635cae58-1
| 2 |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.