text
stringlengths
42
10.1k
id
stringlengths
38
49
fw_edu_score
int64
-1
5
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2017 PhD Meganika (12263172) Duur van studie 2 jaar Totale krediete 360 Toelatingsvereistes Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies G.42 en G.54 word 'n magistergraad vereis vir toelating tot studie vir die PhD. Ander programspesifieke inligting Ing. 24 Sien ook die Algemene Regulasies. G.42 tot G.53. (a) Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies G.42 en G.54 word 'n magistergraad vereis vir toelating tot studie vir die PhD. (b) Tensy die Dekaan, op aanbeveling van die promotor anders besluit, word die PhD-graad toegeken op grond van 'n proefskrif en 'n eksamen oor die proefskrif. (c) Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke promotor, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met indiening van die proefskrif, 'n bewys uitgereik deur 'n geakkrediteerde joernaal dat 'n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien. Die artikel wat ingedien is moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die proefskrif gedoen het en moet deur die promotor goedgekeur wees indien die promotor nie 'n mede-outeur is nie. Die promotor sal verantwoordelik wees om toe te sien dat die artikel deur die proses van hersiening en hervoorlegging geneem word, soos wat vereis mag word. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie. (d) Die student moet deur sy werk, proefskrif en eksamen bewys lewer van gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk wat 'n wesenlike en besondere bydrae is tot die kennis van die ingenieurswetenskap en/of -praktyk. Universiteit van Pretoria Jaarboek 2017 | www.up.ac.za | 18:35:46 28/01/2022 | Bladsy 1 van 2 Kurrikulum: Finale jaar Minimum krediete: 360 Kernmodules Proefskrif: Meganika 998 (MIR 998) Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie. Universiteit van Pretoria Jaarboek 2017 | www.up.ac.za | 18:35:46 28/01/2022 | Bladsy 2 van
4ee47fe6-934c-4ce2-ad47-991f22132197-0
0
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2014 Hierdie riglyne bestaan uit 49 bladsye. INHOUD Watter vereistes moet die leerder aan voldoen en verskaf? .................................................. 45 3 NSS – Leerdergids Wat is die PAT? Die PAT (Praktiese Assesseringstaak) is 'n individuele navorsingsprojek wat uitgebreide onafhanklike werk vereis. Dit gee jou die geleentheid om jou inligtingsbestuursvaardighede te demonstreer. Daar word ook van jou verwag om jou vaardigheid met die toepassingsprogramme en tegnologieë wat jy gedurende die jaar aangeleer het, te demonstreer deur kwaliteit afvoer te lewer, in die vorm van: * 'n Kort beskrywing van die probleem en die taak * 'n Fokusvraag wat nagevors kan word * 'n Stel vrae van goeie gehalte * 'n Lys met toepaslike inligtingsbronne * 'n Vraelys * Sifting, evaluering en opsomming van inligting * Bestuur, verwerking en analisering van data en inligting (sigblad en databasis) * 'n Verslag oor jou navorsing * 'n Eenvoudige webtuiste wat jou kennis of bevindinge oor die onderwerp wat jy nagevors het, oordra Die PAT word in drie fases gedoen: * Fase 1: Vind en kry toegang tot inligting * Fase 3: Aanbieding van inligting/oplossing * Fase 2: Verwerk data en inligting Jou onderwyser sal datums en spertye vir elke fase voorsien. Puntetoekenning Die PAT tel 25% van jou finale Graad 12 punt vir RTT, daarom is dit uiters belangrik dat jy daarna sal streef om werk van 'n hoë standaard te lewer. | Fase | Fokus | Maksimum Punt | |---|---|---| | Fase 1 | Vind en kry toegang tot inligting | 36 | | Fase 2 | Verwerk data en inligting | 46 | | Fase 3 | Aanbieding van inligting/oplossing | 73 | | Algemeen | Waarneming en oorhoofse evaluering | 25 | | Totaal | | 180 | Die PAT-punt is 'n verpligte komponent van die finale sertifiseringspunt vir alle kandidate wat vir Rekenaartoepassingstegnologie geregistreer is. Jy moet die PAT voltooi voordat jy met jou finale Graad 12-eksamens begin. Verwys na die 'Wat jy sal benodig om die PAT te voltooi'-afdeling (op bladsy 7) in hierdie verband. Jou PAT sal deur RTT-vakspesialiste gemodereer word en die kwaliteit sal deur UMALUSI verseker word. Bewaring Onderwerp Ons erf nie die aarde van ons voorvaders nie, ons leen dit by ons kinders. ~Inheemse Amerikaanse Spreekwoord Natuurbewaring is almal se verantwoordelikheid. Selfs as jy nie baie tyd in die natuur spandeer of die skoonheid daarvan waardeer nie, benodig almal toegang tot kos, klere, medisyne, skoon lug en water en 'n verskeidenheid ander hulpbronne waarop ons elke dag reken. Dit is in almal se beste belang om te probeer om natuurlike sisteme te bewaar. Jou skool wil leerders oor bewaringskwessies en die belangrikheid van bewaring inlig, en 'n bewustheid skep om hierdie kwessies aan te spreek. Die skoolbestuurspan wil hê dat jy 'n bewaringskwessie wat jou mag interesseer ondersoek. Hulle wil ook 'n formele verslag oor jou ondersoek, wat hulle in hulle bewustheidsveldtog kan gebruik, hê. Jou ondersoek moet 'n bewaringskwessie/-probleem, die impak daarvan, die gevolge, moontlike oplossings en die rol wat leerders kan speel aanspreek of enige ander interessante feite en statistiek wat leerders oor die kwessie sal inlig. Jy moet inligting deel, soos die kennis en insig wat jy deur jou ondersoek verwerf, deur 'n webruimte vir medeleerders te skep. Oorsig van take Fase 1 In hierdie fase moet jy die volgende doen: * Gee 'n taakdefinisie. * Formuleer ander vrae wat deel sal wees van 'n vraelys. * Formuleer 'n fokusvraag. * Identifiseer bronne om kwaliteit inligting te vind. * Samel data en inligting in. Fase 2 In hierdie fase moet jy die volgende doen: * Evalueer die data en inligting wat jy gevind het en som dit op. * Ontwerp en skep 'n databasis. * Verwerk en analiseer die data wat ingesamel is. o Idees vir 'n databasis: [x] Bedreigde spesies/vleilande/ekosisteme [x] Bewaringsgeleenthede [x] Statistiek oor wildstropery [x] Bewaringsorganisasies [x] Enige ander relevante databasis inligting [x] Reservate of bewaringsareas Fase 3 In hierdie fase moet jy die volgende doen: * Al die data en inligting interpreteer, analiseer, kombineer en herrangskik die inligting om jou begrip/oplossing/aanbeveling te toon en die fokusvraag te beantwoord * Tik 'n gestruktureerde, samehangende verslag. * Skep 'n webruimte om inligting aangaande die onderwerp en ondersoek oor te dra en om wenke vir bewaring te verskaf. Algemeen * Daar word van jou verwag om in elke fase jou eie oorspronklike werk in te handig. Jy sal wys dat jou werk oorspronklik is deur om o die finale egtheidsverklaring (Bylaag C) te teken nadat die PAT voltooi is. o 'n verklaring vir elke fase te teken dat al die werk wat gedoen is jou eie is. (Bylaag B). Wat jy sal benodig om die PAT te voltooi? Om die take te voltooi, benodig jy die volgende: * 'n Kantoorpakket met die volgende programmatuur: o Sigblad programmatuur o Woordverwerking programmatuur o Databasis programmatuur * Toegang tot die Internet om: * HTML redigeerder (bv. Notepad++) en webblaaier (bv. Internet Explorer, Chrome of Firefox) o data en inligting te vind * Toegang tot ander bronne soos gedrukte media (bv. tydskrifte, koerante, brosjures, handboeke.) of ander elektroniese materiaal (bv. e-boeke, e-artikels) o elektroniese vraelyste te administreer, bv. e-pos te gebruik om vraelyste te stuur na respondente en voltooide vraelyste van die respondente te ontvang * Toegang tot fasiliteite om harde kopieë na elektroniese dokumente om te skakel, bv. skandeerder, digitale kamera, slimfoon * Bergingsmedia om jou werk elektronies te stoor en elektronies te rugsteun, bv. flitsskyf ('flash drive'), herskryfbare CD/DVD Wanpraktyk Aangesien die PAT 'n individuele projek is wat deel van jou finale promosiepunt uitmaak, mag jy nie: * hulp van andere kry sonder erkenning van hierdie hulp nie * jou PAT-werk aan ander leerders leen nie * werk indien wat nie jou eie is nie * ander leerders toelaat om toegang tot jou eie materiaal te kry nie (dit beteken nie dat jy nie boeke van en aan ander leerders mag leen nie, maar dat jy nie plagiaat mag pleeg met 'n ander leerders se navorsing nie) * werk indien wat deur iemand anders getik is nie * werk wat direk van boeke, die Internet of ander bronne gekopieer is, sonder erkenning en bewys van erkentlikheid insluit nie Die aksies hierbo genoem behels wanpraktyk, waarvoor jy gepenaliseer sal word. Nie-nakoming Jy sal die geleentheid gegun word om enige uitstaande werk vir die PAT in te lewer (of om vir die PAT aan te meld) soos dit in Nasionale- en Provinsiale dokumentasie uiteengesit word. Die afwesigheid van 'n PAT-punt vir RTT, sonder 'n geldige rede, sal beteken dat jy nie 'n uitslag vir RTT sal ontvang nie. Voorbereiding 1. Maak seker dat jy die inhoud van
<urn:uuid:2d702ce6-2e13-40e7-ad93-626c7a870f09>-0
3
eie is nie moet aangeteken word. Egtheidsverklarings van die PAT deur die leerder Leerders moet vir elke fase 'n verklaring (Bylaag B) voltooi vir die werk wat deur daardie spesifieke fase gedoen is. Alle substantiewe hulp/raad wat aan die leerders gegee is, moet as deel van die fasedokumentasie aangeteken word. Nadat die PAT voltooi is, moet leerders die egtheidsverklaring (Bylaag C) teken om te bevestig dat die werk wat ingedien is hulle eie is. Rol van die onderwyser Die onderwyser sal die inligtingsbestuursinhoud, vaardighede en strategieë onderrig voor die projek begin word. Die onderwyser sal die projek bestuur en oor die leerders toesig hou: * 'n aanvanklike beplanningsoorsig hou om die onderwerp/scenario, vereistes, doelstellings en ontwikkeling van die projek te bespreek * Saamstem oor die fokusvraag (leerders behoort die leiding wat hulle gegee word as deel van die Fase 1 dokument aanteken –Bylaag B – bv. waar toepaslik hulle eie aanvanklike vraag aanteken met duidelike bewys van die leiding en die finale vraag) * Vooraf-lees fasiliteer om agtergrondinligting oor die onderwerp/scenario in te win * Gereelde terugvoer aan die leerders gee, bv. om 'n fokusvraag te formuleer wat geskik en doenbaar is * Onderskryf elke leerder se assessering deur die assesseringsinstrument vir elke fase te onderteken, insluitend 'n finale verklaring dat die bewyse wat vir assessering ingedien is die eie werk (sonder hulp) van die leerder is * Die werk van die leerders aan die einde van elke fase te assesseer deur die gestandaardiseerde assesseringsinstrument te gebruik en terugvoer wat gegee is aan te teken * Bevestig die algemene evaluering gebaseer op die deurlopende waarneming en terugvoer om 'n finale indruk rakende die onafhanklike werk, inligtingbestuur, insig en probleemoplossing, te verskaf. * Assesseer die werk van die leerders na enige standaardisering en interne modereringsprosedures vereis word Die onderwyser sal die potensiële projek (taak definisie en fokusvraag) teen die volgende kontrolelys assesseer: * Is die fokusarea geskik vir die projek? * Is die fokusvraag en voorgestelde aksie duidelik en gefokus op 'n kwessie wat binne die tydskaal, beskikbare bronne en woordtotaal val? * Laat die fokusvraag toe dat die leerder ondersoek instel en toegang kry tot hoër vlak konsepte en vaardighede in die assesseringsdoelwitte, d.i. beplan, navors, analiseer, evalueer en verduidelik eerder as om eenvoudig te beskryf en te vertel? * Dui die fokusvraag en voorgestelde aksie aan dat die leerder in staat sal wees om die onderwerp te ondersoek en navorsing daaroor te doen of om die aktiwiteit of taak onafhanklik binne die toepaslike etiese of metodologies riglyne uit te voer? * Is dit waarskynlik dat die leerder probleme sal hê om die taak en kwessies wat met die fokusvraag geassosieer word te verstaan? Die onderwyser sal die egtheid van die PAT as volg verseker: * Die onderwyser moet op die assesseringsinstrument aandui dat die werk alleenlik die van die betrokke leerder is en onder toesig/beheerde omstandighede voltooi is. * Die onderwyser moet die assesseringsinstrument vir elke fase teken. Toesig/Gekontroleerde Omstandighede Die PAT moet op so 'n manier bestuur word sodat dit moontlik is om te bevestig dat die werk wat geassesseer is alleenlik die betrokke leerder se werk is. Bestuur van die PAT Die onderwyser moet sy/haar werkskedule volgens die tyd wat vir die PAT in die RTT KABV ("CAPS") (onderrigplan vir Graad 12) toegelaat is beplan. Daar is verskillende moontlike benaderings tot die bestuur van die PAT: Opsie 1: * Die onderwyser kan 'n porsie tyd op 'n weeklikse basis aan die PAT afstaan terwyl hy/sy terselfdertyd die res van die week met normale onderrig om die Graad 12 kurrikulum te voltooi, aangaan. * Indien hy/sy hierdie opsie kies, kan hy/sy met die PAT begin aan die einde van die eerste kwartaal, en een fase per kwartaal voltooi. Opsie 2: * Die onderwyser kan 'n aaneenlopende periode van tyd aan die PAT toeken, bv. die laaste week van elke kwartaal, en so ook een fase per termyn voltooi. Dit word voorgestel dat die onderwyser rekord hou van die leerder se onderwerp wanneer met Fase 1 begin word om te 'kits-projekte' wat dalk nie die leerder se eie werk is nie, te voorkom. Assesseringsbewyse Bewyse wat vir assessering voorgelê word met wys hoe die individuele leerder die assesseringsdoelwitte en kriteria behaal het en beplanning, terugvoer en vordering van die projek insluit. Die bewyse vir assessering sal die volgende insluit: * die projekproduk wat 'n geskrewe verslag van ongeveer 1600 – 2000 woorde (slegs inhoud, uitsluitend die dekblad, inhoudsopgawe, verwysings en grafika) webruimte (tuisblad plus 2 ander bladsye) en ander bewyse (vir elke fase). * die voltooide leerderassesseringsinstrument (vir elke fase) Vereistes (Nasionale Protokol vir Assessering Grade R – 12, Hoofstuk 3) Praktiese Assessering Taak-komponente moet: * bestaan uit assesseringstake wat die leerder se Skoolgebaseerde-assesserings- en Praktiese Assesseringspunt, soos bedoel in Hoofstuk 4 van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklarings vir RTT, beslaan; * gerig word deur assesseringskomponente vir elke vak, soos bedoel in Hoofstuk 4 van die Kurrikulum en assesseringsbeleidsverklarings * ʼn punt toeken vir elke assesseringstaak, asook ʼn gekonsolideerde punt insluit; * beskikbaar wees vir monitering en moderering * geëvalueer, nagesien en deur die onderwyser as geloofwaardig beskou word, voordat dit as bewys van leerderprestasie voorgelê word. Nie-nakoming (National Protocol for Assessment Grades R – 12, Chapter 3) Die leerder sal drie weke voor die aanvang van die finale eindeksamen gegee word om enige uitstaande werk in te gee of om hom-/haarself vir die PAT aan te meld. As 'n leerder geen Praktiese Assesseringstaak vir RTT inhandig nie, sonder 'n geldige rede, sal die leerder nie 'n uitslag in die vak ontvang nie. In die geval waar 'n leerder nie aan die vereistes vir die PAT voldoen nie, maar waar 'n geldige rede verskaf word: * Hy of sy mag 'n verdere geleentheid toegestaan word om vir die voorgeskrewe take geassesseer te word, gebaseer op 'n besluit deur die Hoof van die Assesseringsliggaam. * Sou die leerder nie daarin slaag om in die uitstaande PAT-vereistes te voldoen nie sal die punt vir die PAT-komponent uitgelaat word en die finale punt sal vir promosievereistes aangepas word in terme van die voltooide take. Geldige redes in hierdie konteks sluit die volgende in: * siekte, ondersteun deur 'n geldige mediese sertifikaat, wat deur 'n geregistreerde mediese praktisyn uitgereik is * die leerder verskyn in 'n hofsaak, wat deur geskrewe bewyse gestaaf moet word * humanitêre redes, wat die dood van 'n nabye familielid insluit, gestaaf deur 'n doodsertifikaat * enige ander rede wat as geldig deur die Hoof van die Assesseringsliggaam of sy/haar verteenwoordiger aanvaar word In die geval waar 'n leerder nie daarin slaag om in die Praktiese Assesseringstaak-vereistes van 'n spesifieke vak te voldoen nie, en waar geldige redes verskaf word, moet die bewyse vir sulke geldige redes by die bewyse van leerderprestasie ingesluit word.
<urn:uuid:2d702ce6-2e13-40e7-ad93-626c7a870f09>-1
1
### DINSDAG 25 JUNIE 2024 | Time | Event | Duration | Price | |------------|----------------------------------------------------------------------|----------|-------| | 18:00 | Opening Inbios Kunstsuitstalling | 120 minute | Gratis | ### WOENSDAG 26 JUNIE 2024 | Time | Event | Duration | Price | |------------|----------------------------------------------------------------------|----------|-------| | 15:00 | Zipline staan met Droomdroominroo | 120 minute | R300 | | 18:00 | Forte | 60 minute | Gratis | | 18:00 | Klos en Valant | 70 minute | R180 | ### DONDERDAG 27 JUNIE 2024 | Time | Event | Duration | Price | |------------|----------------------------------------------------------------------|----------|-------| | 09:00 | Albatross | | | | 10:00 | Die Vrou op die Dak | | | | 10:00 | Forte | | | | 10:00 | Ou Wyntond en die Weerlose Kreatuur | | | | 10:00 | Kunsorredeling | | | | 11:00 | ATKV-Kurs- en Boekie-oase met Marlene du Toit | | | | 11:00 | Die begrafisrede – Wynand van Vollensteet | | | | 11:00 | Onderhoud met Leon van Nieorp | | | | 12:00 | GROOT kuis saam met GROOTTm 90.5 | | | | 12:00 | SPAR Woelkaters Feesterrein | | | | 12:00 | Draf Boela draf – Tiaan Slabbert | | | | 12:00 | RSG Spekturm | | | | 13:00 | Brendan Jacobs gesels met Darine Marais | | | | 13:00 | Ronnie die Renoster | | | | 13:00 | André die Streesusraakie hipnosateur | | | | 14:00 | SPAR Woelkaters Feesterrein | | | | 14:00 | Francois Jacobs gesels met Hammie rugbyaska | | | | 14:00 | Boekespreek – Leon van Nieorp
99ee0261-6d90-4ccf-b0a3-6af7bc504e53-0
1
Wanneer jy God ken, bely jy Hom Skrifgedeelte: Psalm 9:1-11 Fokusgedeelte: Psalm 9:11 Totius het vers 11 van hierdie Psalm op 'n merkwaardige manier berym: "Die hart van hul wat U bely, sal in u Naam standvastig bly." Hoe het hy bely en ken bymekaar uitgebring? Dawid loof die Here in hierdie Psalm oor groot verlossing uit die mag van die volk se vyande. Die goddelose mense het hulle probeer vernietig, maar die Here wat die wêreld oordeel, het sy volk se vyande uitgewis (vs 6-10). Dis dan dat Dawid in vers 10 sing dat die Here vir sy volk in benoudheid 'n rotsvesting is. In vers 11 staan daar dan dat diegene wat die Here se Naam ken, op Hom sal vertrou. Teenoor die goddelose mense en die heidene wat God se Naam nie ken nie, staan die gelowige wat God se Naam ken. Wanneer ons God ken, dan bely ons sy Naam, juis wanneer ons in nood is. Die Here bring die gelowige tot daardie belydenis, want Hy verlaat sy kinders nie. In die aangesig van die dood bely ons God se Naam, want Hy verlaat sy kinders nie. Daarom het Totius dit so berym. Dis die groot verskil tussen dié wat God ken, en dié wat Hom haat. Ons bely sy Naam, ons roep Hom in benoudheid aan, want ons ken Hom. Ons weet dat ons op Hom kan vertrou. Ons weet Hy het belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Daar was natuurlik Een wat sy Naam geken het, wat bely het God is sy Vader, wat God met sy hele lewe gesoek het – en tog het God Hom verlaat. Dis ons Here Jesus aan die kruis. Daarom sal hierdie Psalm vir elke gelowige altyd waar wees. Ons kan op God vertrou en ons weet Hy sal ons nie verlaat nie. Bely die Here se Naam teenoor 'n wêreld wat Hom nie ken nie. Wees getroos dat die Een wie se Naam jy bely, jou in hierdie erkenning van sy Naam standvastig sal maak. Dat Hy jou nooit sal verlaat nie, al is jy hoe
<urn:uuid:8464d0ad-42d1-40f4-9e89-913899698fc6>-0
1
Maandag 20 Maart Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 12:1-11 Fokusgedeelte: 1 Korintiërs 12:7 In die verskeidenheid van gawes word Jesus as Here in die wêreld bekend gemaak Die Heilige Gees bevestig deur sy werking in die gelowiges dat Jesus Here is. Hy doen dit deur die kerk in staat te stel om Jesus se teenwoordigheid in die wêreld op verskillende wyses te openbaar, deur elke individuele lidmaat. Die kerk is die wyse waarop Jesus Christus op unieke manier geopenbaar word en Hy homself op 'n onderskeidende wyse uitdruk. In die kerk is daar 'n ryke verskeidenheid van mense en gawes. Daar is baie lidmate in die liggaam en elke lidmaat is anders. Geen persoon, geen gawe is 'n replika van n ander een nie. Daarom Paulus se oproep, selfs vir die verdeelde en arrogante gemeente van Korinte, om in die uitoefening van die verskeidenheid van gawes vir die wêreld te wys dat Jesus Here is. God gee die verskeidenheid van gawes en ons mag daarom nie probeer om hierdie verskeidenheid te ontken of op een of ander wyse sekere gawes beter te ag as ander nie. God is in beheer – dit bevestig verskeidenheid, want Hy is oneindig ryk in barmhartigheid en genade, gedurigdeur besig om op kreatiewe maniere te werk om sy liefde en die waarheid te wys. Aan elke gelowige afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Die kerk, die vergadering van gelowiges, is 'n gemeen-skap van die Heilige Gees, van die lewende God. Hy is ryk in verskeidenheid van genade en barmhartigheid en elke gelowige dra by tot hierdie verskei-denheid. Sing: Skrifberyming 8-1:1 Dr. TC Theuns) de Klerk
<urn:uuid:cc753f82-f7ed-4367-859a-bea6e546ffd5>-0
2
Fisiese Wetenskappe Chemie Vraestel 2 2013 pdf fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 ebook, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 pdf, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 doc, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 epub, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 read online, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 free download. fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 ebook, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 pdf, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 doc, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 epub, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 read online, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 free download. Read online FISIESE WETENSKAPPE CHEMIE VRAESTEL 2 2013 pdf or download for read offline fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 ebook, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 pdf, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 doc, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 epub, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 read online, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 free download. if you looking for where to download fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 or read online fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013. We offer free access FISIESE WETENSKAPPE CHEMIE VRAESTEL 2 2013 pdf or fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 ebook file like fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 doc and fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 epub for read online or download. You can find book fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 in our library and other format like: fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 pdf file fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 epub file fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 doc file Find fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 ebook or other books related with fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013. Free read online fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 or download for off-line read. FISIESE WETENSKAPPE CHEMIE VRAESTEL 2 2013 ebook file download fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 ebook, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 pdf, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 doc, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 epub, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 read online, fisiese wetenskappe chemie vraestel 2 2013 free download. Another Pdf Ebook File : - die jahrhundertluege heiko schrang - cbse class vii civics - cisf out zone posting list - grade 1 piano sheet music - prinsip iodometri - girls chut animals land com image - working models for english exhibitions - delta sigma theta secret rituals - physics paper 22 2013 9702 - franz biebl ave maria
<urn:uuid:3f45a2ed-903e-436d-a522-396f934923f6>-0
0
Afrikaanse Vraestelle Junie Gr 4 Right here, we have countless book afrikaanse vraestelle junie gr 4 and collections to check out. We additionally allow variant types and along with type of the books to browse. The agreeable book, fiction, history, novel, scientific research, as skillfully as various further sorts of books are readily open here. As this afrikaanse vraestelle junie gr 4, it ends stirring brute one of the favored books afrikaanse vraestelle junie gr 4 collections that we have. This is why you remain in the best website to look the unbelievable books to have. Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Junie eksamen Vraestel 2 Bespreking Graad 11 Wiskunde Geletterdheid Junie eksamen Vraestel 2 Bespreking Wiskundige Geletterdheid - Eksemeniglyne on Vraestel 1 Vraag 1 V2, Deel 1: Rekord eksamen herisiening Graad 12 Junie 2016 Vraestel 2 Vraag 1.5 en 1.6 Graad 10 Rekenaarpersoonaalgeleentlikheid Kaartlaat 2 Praktiese Fisiese Wetenskap - Ewieg 03 Rekeningskunde - Vervaardiging (Groenboek) Graad 12 Besigheidstudies - Junie eksamen herisiening Grade 11 Physical Sciences - Scalars and vectors \u0026 Vectors in TWO dimens Afrikaans Graad 12 Pryskied Adisionele Noltes Wiskundige Geletterdheid Graad 10 Wiskunde Geletterdheid Junie eksamen Vraestel 2 Bespreking MySkool! Fisiese Wetenskap Les 6 Graad 8 Wiskunde Geletterdheid Junie eksamen 2012 Junie 2016 Vraestel 2 Grade 11 Life Science - Revision Photosynthesis and Cellular respirationGrade 6 - Afrikaans FAL - 9 July 2009 - Less o inligtingstake met vioolke-bewende english language conversation - learning english conversation for beginners Fisiese Wetenskap - Foto-elektriese effek C2 Trigonometrie (90-9) (880-xf) Twesweder Graad 11 Basiese Seniur Sertifikat Eksemen Wiskunde Vraestelle 2 Nov 2017. Eksemens Wiskunde Graad 12 Eksemens Wiskunde Graad 10 Rek Inleiding tot waardewermindering - Tanya Nel Graad 11 Besigheidstudies Junie eksamen herisiening Graad 12 Junie 2016 Vraestel 2 Vraag 4 Kringe in die bok 10 GRAAD 10 - Demers Wiskunde Graad 12 Eksemens Wiskunde Graad 12 Afrikaans Huistaal - Eksemens wenke Afrikaanse vraestelle Junie Gr 4 Some of the worksheets for this concept are Afrikaanse vraestelle junie gr 4, Afrikaans paper 1 grade 12, Afrikaans paper 3 grade 10, Grade 5 afrikaans 2012, Grade 6 afrikaans paper 2012 memo, Afrikaans paper 2 grade 12 november 2012, Graad 9 lewensorientering eksemen vraestelle, Grade 12 afrikaans paper 2 november 2012. Grade 4 Afrikaans Vraestel 2020 - Learny Kids Afrikaanse-vraestelle-junie-gr-4 1/1 Downloaded from www.upperscale.com on October 24, 2020 by guest [PDF] Afrikaanse Vraestelle Junie Gr 4 Recognizing the exaggeration ways to acquire this books afrikaanse vraestelle junie gr 4 is additionally useful. You have remained in right site to start getting this info. Get the afrikaanse vraestelle junie gr 4 connect that we offer here and check out ... Afrikaanse vraestelle junie gr 4 / upperscale Displaying top 8 worksheets found for - Graad 4 Vraestelle. Some of the worksheets for this concept are Wiskunde vraestelle vir graad 4, Afrikaans graad 3 begripstoets vraestelle pdf, Graad 4 afrikaans vraestelle, Graad 4 afrikaans vraestelle, Afrikaans graad 3 begripstoets vraestelle, Wiskunde september vraestel graad 4 vraag, Graad 4 eksamen vraestelle, Graad 6 sosiale wetenskapka vraestelle ... Graad 4 Vraestelle - Worksheets & Coloring Pages for Kids Read Book Afrikaanse Vraestelle Junie Gr 4 Dear subscriber, similar to you are hunting the afrikaanse vraestelle junie gr 4 accrual to get into this day, this can be your referred book. Yeah, even many books are offered, this book can steal the reader heart for that reason much. The content and theme of this book truly will touch your heart. Afrikaanse Vraestelle Junie Gr 4 Welcome to Exan Papers - Vraestelle! Find 1000s of exam papers, study guides, summaries, tests and more set by South African teachers, mapped to the CAPS curriculum AND exam advice. This site is a showcase of resources available on Teacha! as well as other FREE sources. VIEW EXAM PAPERS & STUDY MATERIAL VIEW EXAM... Exan Papers - Vraestelle AFRIKANSE GRAAD 4 MEMO 2017. Download. AFR EAT GR 4 VRAESTEL JUNIE 2017. Download. AFRIKANSE EAT GR 4 MEMO NOVEMBER 2016. Download. AFRIKANSE EAT GR 4 VRAESTEL NOVEMBER 2016. Download. Gr4IntVorm. Download. GRADE 4 AFRIKANSE FAL MEMO NOV 2015. Download. Afrikaans - Graad 5 - Nov 2017, Download . Afrikaans - Graad 6 - Nov 2017. Download. Intermediate ... Eksemens / INTERMEDIATEphase Home Intermediate Phase Grade 4 Grade 4 Junie Eksemen 2018 Afrikaans Huistaal R 25.00, Graad 4 Junie Eksamen 2018 (Afrikaans Huistaal) quantity. Add to cart. Share this with other teachers: Click to share on Facebook (Opens in new window) Click to share on Pinterest (Opens in new window) Click to share on LinkedIn (Opens in new window) Click to share on Twitter (Opens in new window) Click to ... Graad 4 Junie Eksamen 2018 (Afrikaans Huistaal) - Teacha! Gr 7 Afrikaans(PDF) Finale Vraestelle Junie 2018 Gr 5(PDF) Gr 5(PDF) Gr5 - Maart 2018(PDF) Gr5 - September 2018(PDF) Gr 7 Afr(2019 Maart) Gr 5 Afr(2019 Maart) AFR HT GR 5 VRAESTEL JUNIE 2019 docx. Junie Eksamen 2018 Kw2 Gr 6. Nataniël 14 Junie 2018. November 2018 Kw 4 Final Gr 6 Vraestelle / Leerstoel Kruijsig Hier is 'n paar skakels om maklik Graad 4 vraestelle en opsomnings wat op Teacha is in die hande te kry. Blaaai gerus deur en kyk wat alles beskikbaar is. Die hulpmiddels is alles deur SA onlies opgestel. Graad 4 Geskiedenis Opsummings Graad 4 vraestelle en opsomnings - Vraestelle - Exan Papers Graad 4 Wiskunde Eksemenvraestelle - met Memo's 4 Vraestelle om te gebruik om op te oefen. 2 Junie vraestelle en 2 November vraestelle. Elke vraestel bestaan uit twee dele – leerwerk en storiesasme, (50 punte) S Bladsye elk. Word files met 8 dokumente om af te laai. The post Graad 4 Wiskunde Eksemenvraestelle - met Memo's appeared first on Teacha! Touise en vraestelle vir verskeie vakke - Onlines Online Read Book Afrikaanse Vraestelle Junie Gr 4 Dear subscriber, similar to you are hunting the afrikaanse vraestelle junie gr 4 accrual to get into this day, this can be your referred book. Yeah, even many books are offered, this book can steal the reader heart for that reason much. The content and theme of this book truly will touch your heart. Afrikaanse Vraestelle Junie Gr 4 - 1lpx.me Graad 4 ... Afrikaanse Vraestelle Junie Gr 4 - code.gymyes.com © Gantry Framework 2016 - 2020 Developed by RocketTheme exclusively. Gantry; Documentation; Download Dokumente - Leerstoel Impala Wiskunde Gr 4 Junie
07730410-fe1c-4e31-af6a-fab859329002-0
1
Norm Laerskool Fairland (Hersien Januarie 2020) Inhoudsopgawe Norm 2020 Die norm is gebaseer op die volgende beginsels: GRAAD R TOT GRAAD 3 1. Geen formele toekenningsgeleenthede vind plaas nie. 2. 'n Leerder sal 'n sertifikaat en 'n vorderingsverslag aan die einde van kwartaal 4 ontvang. GRAAD 4 TOT GRAAD 7 Gr. 4 tot gr. 7 se akademiese toekennings sal tydens 'n akademiese toekenningsgeleentheid aan die einde van hul gr. 4- tot gr. 7-jaar toegeken word. ʼn Leerder kan slegs een lapbalkie vir akademie per jaar ontvang. SLEGS DIE HOOGSTE TOEKENNING WORD GEMAAK. TOPPRESTEERDER – METAALBALKIE Dit word kwartaalliks by ʼn saalbyeenkoms aan alle leerders wat in gr. 4 tot gr. 7 ʼn gemiddeld van 90% of hoër behaal het, toegeken. GEEN AFRONDING WORD GEDOEN NIE EN DIE LEERDER MOET 90% OF MEER Hê. Dit word ook jaarliks aan die toppresteerder per graad (gr. 4 tot gr. 7) toegeken op die toekenningsaand. Slegs die name van die toppresteerders in die eerste posisie (gr. 4 tot gr. 7) volgens die promosiepunt word op die ererolbord aangebring. 1. BALKIE Dit word jaarliks aan alle leerders in gr. 4 tot gr. 7 met ʼn gemiddelde promosiepunt (kwartaal 1 tot 4) van 85% - 89.9% toegeken. Geen afronding word gedoen nie. 2. HALF-EREKLEURE Half-erekleure word toegeken aan die gr. 4- tot gr. 7-leerders met 'n gemiddeld van 90% - 94,9% bereken op die promosiepunt (uitgesluit die top 5 van elke graad). 3. EREKLEURE Erekleure word toegeken aan alle leerders waarvan die gemiddeld 95% en hoër is bereken op die promosiepunt. Die top 5-leerders in gr. 4 tot gr. 7 (minimum vereiste 90% gemiddelde promosiepunt) ontvang erekleure. Indien 'n leerder vanaf gr. 4 tot gr. 6 elke jaar half-erekleure ontvang het vir 'n gemiddeld bo 90% bereken op promosiepunt, ontvang die leerder erekleure. TROFEë – AKADEMIE (Gr. 4 tot gr. 6) Dit word tydens die akademiese toekenningsgeleentheid toegeken. Akademiese toppresteerder Graad 4 – hoogste persentasie (promosiepunt) Akademiese toppresteerder Graad 5 – hoogste persentasie (promosiepunt) Akademiese toppresteerder Graad 6 – hoogste persentasie (promosiepunt) Akademiese toppresteerder Graad 4 tot Graad 6 Indien meer as een leerder hierdie prestasie deel, word die trofee gedeel. TROFEë – AKADEMIE (Gr. 7) Vaktrofeë word toegeken aan die leerder met die hoogste promosiepunt in die betrokke vak. Afrikaans Engels Wiskunde Natuurwetenskap EBW Sosiale Wetenskappe Skeppende Kuns Lewensoriëntering Tegnologie Beste akademiese prestasie Graad 7 (Dux-leerder). Akademiese toppresteerders (Slegs gr. 7-leerders wat erekleure en half-erekleure ontvang.) – spesiale medalje waarop toppresteerder gegraveer is. BUITENGEWONE AKADEMIESE PRESTASIES Daar sal tydens die akademiese toekenningsgeleenthede melding gemaak word van die hoogste/beste prestasie wat ʼn leerder behaal het. (Met verwysing na olimpiades, wetenskap-ekspo, WOW-spelfees en ander aktiwiteite soos deur die skool gekoördineer). Dit is die ouer se verantwoordelikheid om die stawende bewyse vir sodanige prestasies te lewer. Alle medaljes, trofeë en oorspronklike sertifikate in verband met sodanige prestasies moet by Kamer 33 ingehandig word ter verifikasie van prestasie. Slegs sertifikaat van hoogste/beste prestasie sal tydens toekenningsgeleenthede uitgedeel word – geen medaljes of trofeë sal uitgedeel word nie. Spesifieke balkies kan verwerf word vir nasionale top 3 van WOW-spelfees, Wiskunde olimpiade (Goud verwerf tydens finale ronde) of soortgelyke akademiese geleenthede soos deur Laerskool Fairland gekoördineer. Akademie, Sport en Kultuur buite skoolverband Geen toekennings of vermeldings sal tydens die prysuitdeling vir enige buite-sport of buitekultuur of buite-akademie gedoen word nie. Tydens saalopeninge sal sodanige prestasies uitgelees word. Prestasies sal in Fairland Fotonuus geplaas word. Dit is die ouer se verantwoordelikheid om die relevante inligting en/of foto per e-pos aan ([email protected]) te stuur. Waar van toepassing sal toekennings vir erekleure en half-erekleure dadelik toegeken word aan die gr. 7-leerders vir sport en kultuur na goedkeuring deur die beheerliggaam. Erekleure/half-kleure is onderhewig aan deelname aan provinsiale (meerderheid provinsies teenwoordig is) of nasionale toernooie vir sport. Leerder moet die skoolspan verteenwoordig (lid van skoolspan wees) om in aanmerking te kom vir enige toekennings. Die normkomitee behou die reg om finale besluit te neem ten opsigte van alle toekennings. SPORT (Hersien Januarie 2020) Die norm is gebaseer op die volgende beginsels: GRAAD R TOT GRAAD 3 1. Geen formele toekenningsgeleenthede vind plaas nie. 2. Die skool skep wel geleentheid vir deelname aan leerders tussen die ouderdom van (o/6 – o/9) om aan seniorkompetisie(s) deel te neem, maar sal geen toekenning daarvoor ontvang nie. 3. Indien 'n gr. 3-leerder 10 jaar oud is en in die o/10-ouderdomsgroep deelneem, sal die leerder wel erkenning hiervoor ontvang. GRAAD 4 TOT GRAAD 7 1. Slegs leerders wat gedurende 'n kalenderjaar 10 jaar en ouer word, kom in aanmerking vir 'n toekenning. 2. ʼn Leerder kan slegs een medalje vir 'n kode per jaar ontvang. 3. ʼn Leerder kan slegs een balkie vir 'n kode per jaar ontvang. Wanneer ʼn leerder kwalifiseer vir ʼn medalje en ʼn balkie word slegs die hoogste toekenning per kode gemaak. Dit is wel moontlik vir 'n leerder om bv. erekleure in krieket, half-erekleure in rugby en 'n balkie in tennis dieselfde jaar te verwerf. ʼn Leerder kan half-erekleure of erekleure vir elke sportsoort binne skoolverband verwerf. SPORT BINNE SKOOLVERBAND SPORTSOORTE BINNE SKOOLVERBAND - Atletiek - Rugby - Netbal - Krieket - Tennis - Landloop - Skaak - Hokkie - Swem SPORT BINNE SKOOLVERBAND A. ATLETIEK INDIVIDUELE PRESTASIES SA-span en/of Internasionaal: Erepenning i) Provinsiaal: Erekleure ii) Gauteng-kampioenskap: Half-erekleure (Slegs plekke 1 – 10 in finaal behaal) iii) D10-span: Balkie iv) Deelname aan D10-kampioenskapbyeenkoms: Medalje B. RUGBY GROEP i) A-span: Goue Leeus-wenners (o/10 - o/13) : Erekleure Goue Leeus-naaswenners (o/10 - o/13): Half-erekleure ii) A-span:
d87ae578-0d9e-480d-a877-632ae5dbbaab-0
1
en leerders slegs deur die skool kan inskryf, gee ons erkenning aan redenaars wat deurdring na die landswye finaal van die ATKV se redenaarskompetisie en 'n plek in die TOP 20 nasionaal behaal. Die ouer is verantwoordelik vir lewering van stawende dokumentasie om sodanige prestasie te verifieer. Bewyse moet by die Kultuurbestuurder ingehandig word vir prosessering. PUBLIC SPEAKING Daar was vanaf 2019 vir leerders geleentheid wees om ook aan 'n Engelse afdeling vir Openbare Redevoering deel te neem. Dit sal soos redenaars oor 3 rondes plaasvind. Temas sal op 'n kwartaallikse basis verskaf word. Leerders moet aan al 3 rondes deelneem. Die punte van al 3 rondes sal bymekaar getel word om 'n gemiddeld te bepaal. Dieselfde ouderdomskriteria as vir die Redenaars geld. Ronde 1: Inligtingstoespraak Ronde 2: Inspirerende toespraak Ronde 3: Vermaaklikheidstoespraak Vereistes sal in die prospektus van die LFK uiteengesit word. VISUELE KUNS Hierdie deel van die kompetisie sal oor 3 rondes plaasvind. Punte/persentasies verwerf oor al 3 rondes (SLEGS gr. 4 tot gr. 7) sal bymekaar getel word om die toppresteerders aan die einde van ronde 3 aan te wys. Leerders moet aan al 3 rondes deelneem. Gr. R tot gr. 3 neem slegs aan Ronde 1 afdeling 1 deel. Uitslae vir gr. R tot gr. 3 sal na afloop van ronde 1 uitgedeel word. Gr. 4 tot gr. 7 Toekennings sal deur die normkomitee gemaak word gebaseer op die finale punte. Deelnemers verskaf al hulle eie materiale vir die verskillende rondes volgens voorgeskrewe riglyne. Die kompetisie sal in die saal plaasvind. Ronde 1: Illustrasie (Teken en verf) Deelnemers sal gevra word om 'n skets te maak n.a.v. 'n gegewe tema in 'n voorgeskrewe medium, bv. verf/pastelle/potlood. Ronde 2: Beeldende kuns Deelnemers sal gevra word om 'n model/konstruksie in 3D te skep na aanleiding van 'n voorgeskrewe tema. Medium sal vooraf bepaal word (bv. klei, ens.) Ronde 3: Skilderkuns Deelnemers sal gevra word om 'n skildery te skep volgens 'n sekere tema met gebruik van voorgeskrewe materiale. TOEKENNINGS: Fairland Kunswedstryd Alle toppresteerders sal aangewys word in oorleg met die insette van 'n paneel kundige beoordelaars in samewerking met die normkomitee. Hierdie reëling geld vir alle items, afdelings, genres vir die finale ronde van die kunswedstryd. Hulle finale besluite in die verband sal gebaseer wees op die handhawing van standaard e met minimum vereistes vir elke aktiwiteit. Die normkomitee behou die reg om die minimumvereistes te bepaal. Geen ateljees of privaatafrigters sal spesiale vermelding op Laerskool Fairland se toekenningsaande kry nie. Leerders skryf in as skoliere van Laerskool Fairland. Leerders met die topprestasies in elke genre word gekies om teen mekaar en teen eksterne deelnemers deel te neem. Aangesien verskillende panele die verskillende genres beoordeel, mag die persentasies verskil. Om die rede word die leerders volgens rangleer per genre gekies. Derhalwe kan 'n 80% in dans dalk gekies word bo 'n 84% in drama want die danskandidaat is 3de op die dansranglys en die dramakandidaat 16de op die dramaranglys. UITVOERENDE KUNSTE RONDE 1 AFDELING 1 (Gr. R tot gr. 3) Gr. R tot gr. 3 sal hulle uitslae na afloop van die eerste ronde van die kunswedstryd ontvang. AFDELING 2 & 3 (Gr. 4 tot gr. 7) Hierdie afdelings kwalifiseer vir moontlike toekennings in terme van die kultuurnorm. RONDE 2 Uitvoerende Kunste Finaal (Gala-aand) Die toppresteerders (gr. 4 tot gr. 7) van die uitvoerende kunste neem deel in 'n finaal, wat eksterne kompetisie insluit, om 'n ranglys te bepaal. Dit sluit dans, drama, sang en instrumentaal in. Hierdie deelnemers word bepaal deur die beoordelaars en is diegene met die hoogste gemiddelde persentasies in hul onderskeie items. 'n Leerder mag net vir 1 item per genré kwalifiseer, met ander woorde 4 items in totaal (tensy dit individueel sowel as lid van 'n groep is). In so 'n geval sal slegs die leerder se hoogste toekenning geld. MEDALJES, BALKIES, HALF-EREKLEURE EN EREKLEURE VIR FINALISTE Die finaliste wat deelneem aan Ronde 2 sal volgens 'n rangleer, gebaseer op persentasies verwerf by die finaal, kan moontlik kwalifiseer vir een van bogenoemde toekennings soos bepaal deur die normkomitee. TROFEË Sal bepaal word na afloop van die finaal (Uitvoerende Kuns) en die finale rondes van Redenaars, Public Speaking en Visuele Kuns. REDENAARS Medaljes, balkies, half-erekleure en erekleure sal deur die normkomitee bepaal word, gebaseer op finale ranglys. PUBLIC SPEAKING Medaljes, balkies, half-erekleure en erekleure sal deur die normkomitee bepaal word, gebaseer op finale ranglys. VISUELE KUNS Medaljes, balkies, half-erekleure en erekleure sal deur die normkomitee bepaal word, gebaseer op finale ranglys. TROFEË Graadwenners: Topprestasie in Graad (gr. 4) Algeheel Topprestasie in Graad (gr. 5) Algeheel Topprestasie in Graad (gr. 6) Algeheel Topprestasie in Graad (gr. 7) Algeheel Beste in genre: Toppresteerder: Dans Toppresteerder: Sang Toppresteerder: Instrumentaal Toppresteerder: Drama Toppresteerder: Redenaars Toppresteerder: Public Speaking Toppresteerder: Visuele Kuns [Hierdie kan aan individue of 'n groep toegeken word.] Die algehele wenners sal 'n wisseltrofee verower met die inskripsie: Laerskool Fairland Kunswedstryd-Finaal Kultuur Uitblinker van die jaar – Seun Uitblinker van die jaar – Dogter TROFEE – ALGEMEEN Wisseltrofee: Veelsydigheid vir akademie, sport en kultuur (gr. 7-seun) Wisseltrofee: Veelsydigheid vir akademie, sport en kultuur (gr. 7-dogter) Akademie, Sport en Kultuur buite skoolverband Geen toekennings of vermeldings sal tydens die prysuitdeling vir enige buite-sport of buite-kultuur of buite-akademie gedoen word nie. Tydens saalopeninge sal sodanige prestasies uitgelees word. Prestasies sal in Fairland Fotonuus geplaas word. Dit is die ouer se verantwoordelikheid om die relevante inligting en/of foto per e-pos aan ([email protected]) te stuur. Waar van toepassing sal toekennings vir erekleure en half-erekleure dadelik toegeken word aan die gr. 7-leerders vir sport en kultuur na goedkeuring deur die beheerliggaam. Erekleure/half-kleure is onderhewig aan deelname aan provinsiale (meerderheid provinsies teenwoordig is) of nasionale toernooie vir sport. Leerder moet die skoolspan verteenwoordig (lid van skoolspan wees) om in aanmerking te kom vir enige toekennings. Die normkomitee behou die reg om finale besluit te neem ten opsigte van alle toekennings. Enige ander toekennings wat moontlik in aanmerking geneem kan word, moet 2 weke voor die toekenningsgeleentheid ingehandig word.
d87ae578-0d9e-480d-a877-632ae5dbbaab-1
1
Tweetalige Aanleerderswoordeboek. Bilingual Learner's Dictionary Anna Nel Otto, Universiteit Vista, Port Elizabeth, Suid-Afrika Abstract: Tweetalige Aanleel'del'swool'deboek. Bilingual Learner's Dictionary by Madaleine du Plessis. In this review article the discussion concentrates on the pwpose of leamer's dictionaries, viz. to improve the communicative competence of a foreign language Leamer, and on usage guidance in Leamer's dictionaries. It is pointed out that target users should be clearLy identified and their needs assessed before the dictionary is compiled. The function of the dictionary should also be determined and throughout be taken into account, and the dictionary should ideally be an appropriate medium for both decoding and encoding. It seems as if the T A is a very appropriate medium for decoding, because the vocabulary has been restricted to a fairly simple level, the grammatical information is uncomplicated and the example sentences consist mainLy of words included as headwords. The TA is, however, not altogether an appropriate medium for encoding. Correct pronunciation is not guaranteed, because only syllabification and the main stress are indicated in words. Grammatical guidance is also not given to such an extent that Learners will be able to generate correct sentences on their own. The role that contrastive analysis and error analysis can play to anticipate Learners' problems is also pointed out Example sentences mostly reflect everyday Situations, but not aU example sentences sound natural or reflect typical language usage. Very littLe CA- and EN-collocations are recorded in the TA and the collocations which are recorded, are not treated consistently. Keywords: BILINGUAL LEARNER'S DICTIONARY, CA-COLLOCATIONS, COLLOCATIONS, COMMUNICATIVE COMPETENCE, CONTRASTIVE ANALYSIS, DECODING, ENCODING, EN-COLLOCATIONS, ERROR ANALYSIS, EXAMPLE SENTENCES, GRAMMATICAL GUIDANCE, LABELS, PRONUNCIATION GUIDANCE, PURPOSE OF DICTIONARY, TARGET USERS, USAGE GUIDANCE, USAGE NOTES Opsomming: In hierdie resensieartikel konsentreer die bespreking op die doel van aanleerderwoordeboeke, nl. om die niemoedertaalspreker se kommunikatiewe vermoe te verbeter, en op gebruiksleiding in aanLeerderwoordeboeke. Daar word gewys op die feit dat teikengebruikers duidelik vasgestel en 'n behoeftebepaling voor die saamstel van die woordeboek gedoen moet word. Die funksie van die woordeboek moet duidelik vasgestel en deurgaans in aanmerking geneem word en die woordeboek moet, ideaal gesien, 'n geskikte medium vir sowel dekodering as enkodering wees. Dit wil voorkom asof die T A 'n besonder geskikte medium vir dekodering is, aangesien die woordeskat eenvdudig is, die grammatiese inligting nie ingewikkeld is nie en die voorbeeldsinne hoofsaak1ik bestaan uit woorde wat as trefwoorde opgeneem is. Die TA is egter nie deurgaans 'n geskikte medium vir enkodering nie. Korrekte uitspraak word nie verseker nie, aangesien slegs lettergreepverdeling en die hoofk]em in woorde aangedui word. Grammatiese leiding is ook nie sodanig dat aanleerders in staat gestel kan word om selfstandig korrekte sinne te genereer nie. Daar word verder gewys op die rol wat konttastiewe analise en foute-analise kan speel om aanleerders se probleme te antisipeer. Voorbeeldsinne weerspieel meestal aUedaagse situasies, maar nie aile voorbeeldsinne klink natuurlik of weerspieel tipiese taalgebruik nie. Baie min CA- en EN-kollokasies is in die TA opgeneem en die koUokasies wat weI opgeneem is, word nie konsekwent hanteer nie. Sleutelwoorde: CA-KOLLOKASIES, DEKODERING, DOEL VAN WOORDEBOEK, ENKODERING, EN-KOLLOKASIES, ETIKETI'E, FOUTE-ANALISE, GEBRUlKSLEIDING, GEBRUlKSNOT AS, GRAMMA TIESE LEIDING, KOLLOKASIES, KOMMUNIKA TIEWE VERMOe, KONTRASTIEWE ANALISE, TEIKENGEBRUII<ERS, TWEETALIGE AANLEERDER· WOORDEBOEK, UlTSPRAAKLEIDING, VOORBEEtDSINNE Madaleine du Plessis. Tweetalige Aanleerderswoordeboek. Bilingual Learner's Dictionary, Iste uitgawe 1993, 552 pp. ISBN 0624031802 hardeband; ISBN 0624031810 sagteband. Kaapstild: Tafelberg. Pryse: R49,95 hardeband; R29,95 sagteband. Die Tweetalige aanleerderswoordeboek / Bilingual learner's dictionary (voortaan TA) sal bespreek word aan die hand van veral die kriteria wat Otto (1989) vir 'n aanleerderwoordeboek neergele het. Daar sal op twee aspekte gekonsentreer word, omdat die twee aspekte direk met mekaar verband hou en van we senlike belang is by die evaluering van die betrokke woordeboektipe. 1. Doel van die woordeboek Volgens Otto (1989) moet die teikengebruikers duidelik vasgestel wees en die aanleerderwoordeboek moet op hulle behoeftes afgestem wees; die funksie van die woordeboek moet duidelik vasgestel en deurgaans in aanmerking geneem word en die woordeboek moet 'n geskikte medium vir sowel dekodering as enkodering wees. 'n Aanleerderwoordeboek is gerig op die verbetering van 'n niemoedertaalspreker se kommunikatiewe vermoe. Onder kommunikatiewe vermoe word, in ooreenstemming met Canale en Swain (1980) verstaan: die onderlig- In die voorwoord van die T A word die teikengebruikers geidentifiseer, nl. "almal vir wie Engels of Afrikaans 'n tweed~ of derde taal is". Die funksie van die woordeboek word nerens eksplisiet uitgespel nie, maar dit wil voorkom asof die woordeboek gerig is op sowel dekodering ("nadat hy die betekenis van die trefwoord gesnap het"), as enkodering ("te sien hoe die vertaling(s) ingespan word"). In die inleiding lui dit verder: "Voorbeeldsinne en hul vertalings help om betekenisse duidelik te maak en wys jou hoe om die woord te gebruik" (my kursivering - A.N .0.). gende sis teem van kennis en vaardigheid nodig vir kommunikasie (byvoorbeeld kennis van die woordeskat van 'n bepaalde taal en die vaardigheid om die sosiolinguistiese konvensies van 'n taal toe te pas). Hierdie eis wat aan die aanleerderwoordeboek gestel word, impliseer dat die woordeboektipe 'n geskikte medium vir sowel dekodering as enkodering moet wees, d.w.s. 'n aktiewe woordeboek. Gouws (1989: 72) se dat 'n aktiewe woordeboek inligting op so In manier aanbied dat die gebruiker self die onderliggende stel taalretHs kan verstaan en toepas: ''Oit gaan dus nie net om 'n beskrywing van betekenis, gebruik en ander tipes taalkundige inligting nie, maar hierdie inligting word so aangebied dat die gebruiker na analogie van die aangebode inligting self produktief met die taal kan omgaan." Die TA is ook nie deurgaans 'n geskikte medium vir enkodering nie. Van 'n aanleerderwoordeboek word byvoorbeeld verwag om uitspraakleiding te gee wat korrekte uitspraak sal verseker. Vergelyk AI-Kasimi (1977: 36), Malone (1967: 115), Landau (1984: 93), Gouws (1984: 285) en Otto (1989: 84). In die TA word slegs lettergreepverdeling en die hoofklem in die woord aangedui. 'n Mens het nietemin waardering vir die feit dat die hoofklem in woorde aangedui word deur die onderstreping van 'n letter in plaas van 'n verwarrende skuins strepie, wat veroorsaak dat 'n mens nie weet of die voorafgaande a1 dan die daaropvolgende lettergreep bekIemtoon moet word nie, tensy jy die toeligting raadpleeg. Dit wil voorkom asof die T A 'n besonder geskikte medium vir dekodering is, aangesien die woordeskat eenvoudig is, die grammatiese inligting nie ingewikkeld is nie en die voorbeeldsinne hoofsaaklik bestaan uit woorde wat as trefwoorde opgeneem is. Die woordeskat is egter
616fe5af-36db-4869-939a-b2c900d53fd5-0
1
sin 6 nie, aangesien n6g volstaan n6g vol staan in die woordeboek opgeneem is. Slegs drie respondente het vol staan onderstreep, die res het volstaan onderstreep. By sin 8 het al die respondente die korrekte woord, nl. aaneen onderstreep, ten spyte daarvan dat aaneen en aan een nie in die woordeboek opgeneemis nie. Ten opsigte van die woorde by sin 10 het een respondent woeste i.p.v. woesste onderstreep. Oil kan waarskynlik daaraan toegeskryf word dat woes nie in die woordeboek opgeneem is nie en morfoIogiese Ieiding daaroor dus ook nie beskikbaar is nie. Ten spyte daarvan dat daar 'n gebruiksnota by aanmekaar opgeneem is, wat die onderskeid tussen aanmekaar en aan mekaar verduidelik, het drie respondente verkeerdelik aanmekaar onderstreep i.p.v. aan mekaar. Oit kan waarskynIik daaraan toegeskryf word dat hulle nie die betekenis van die woord verknog in sin 9 ken nie en dat hierdie woord nie in die woordeboek opgeneem is nie. . Opsommend kan dus gese word dat die nieopname van bepaaIde woorde en uitdrukkings en die gevolglike gebrek aan spelling-, gebruiks- en morfoIogiese Ieiding probleme vir die aanleerder kan skep. Die tweede stel vrae het soos voig daaruit gesien: Translate or choose the correct word by underlining it: 1. He will make an announcement tomorrow. 3. He was rejected for service. Hy is afgekeer / afgekeur. 2. to drop something like a hot potato (idiom) 4. He has resigned from IGI. Hy het afgetree / uitgetree. 6. He died a poor man. 5. Both were there. 7. He is under arrest. 9. What do you mean by that? 8. I'd like my account balance. 10. It should rain tomorrow. PersoonA 1. aankondiging doen 3. afgekeur 2. warm patat 4. uitgetree 6. *Hy het In arm man tot sterwe gekom. 5. Albei was daar. 7. geen antwoord nie 9. Wat bedoel u daarmee (? ontbreek) 8. Ek verlang my saldo. 10. *Dit behoort more te reen. Persoon B 1. *Hy sal more In aanmelding maak. 3. afgekeur 2. *Lets to laat staak. 4. *afgetree 6. *Hy het armoedig gesterf. 5. * Albei was teenwoordig. 7. *Hy is gearresteer. 9. Wat bedoeI jy daarmee? 8. *Ek sal graag my rek~ning balans he. 10. *Dit behoort more te reen. Persoon C 1. *Hy sal more In aankondiging maak. 3. *afgekeer 2. geen antwoord nie 4. uitgetree 6. ?Hy het arm gesterf. 5. Albei was daar. 7. *Hy is onder arres. 9. "'Wat bedoel jy da~rby? 8. *Ek wil weet wat die balans op my rekening to. *Dit behoort more te reen. ! Anna Nel Otto Persoon D 1. geen antwoord nie 3. afgekeur 2. soos In warm patat laat val 4. uitgetree 6. Hy het as 'n arm man gesterf. 5. Albei was daar. 7. ·Hy is onder arres. 9. Wat bedoel jy daarby (? ontbreek) 8. ·Ek wil graag weet wat die balans is in my rekening. 10. ·Dit behoort more te reen. Persoon E 1. ·Hy gaan 'n boodskap more maak. 3. ·afgekeer 2. ·iets net soos 'n warm patat laat val. 4. ·afgetree 6. ·Hy is In arm man gesterwe. 5. ·Die twee van hulle was daar. 7. ·Hy is onder arresteer. 9. ?Wat bedoel u? 8. ·Ek wi! my rekening baIans he. 10. ·Dit moet more reen. Persone F en G geen vrae in hierdie afdeling beantwoord nie PersoonH 1. ·More wil hy In announcement maak. 3. afgekeur 2. ·Laat val soos In warm aartappel. 4. ·afgetree 6. ·Hy was 'n aarme (sic) gevrekte man. 5. Hulle was saam daar. Al twee was daar. 7. ?Hy is in hegtenis geneem. 9. Wat bedoel jy (? ontbreek) 8. ·Hoe veel is daar in my rekening? 10. ·More sal dit reen. Die groot aantal foute toon duidelik die gebrekJdge 1eiding t.o.v. sekere woorde aan. Deur middel van goed gekose gebruiksnotas sou bogenoemde foute waarskynlik voorkom kon gewees het. Verwysings Al-Kasimi, A.M. 1977. Lillguistics and Bilingual Dictionaries. Leiden: Brill. Benson, M. 1985. Lexical combinability. Internatio/1al Journal of Human Communication 18(1): 3-14. Benson, M., B. Benson en R. Ilson. 1986. The BBI Combinatory Dictionary of English: A Guide Word Combinations. Amsterdam / Philadelphia: John Benjamins. to Canale, M. en M. Swain. 1980. Theoretical bases of communicative approaches to second language teaching and testing. Applied Linguistics 1(1): 1-47. Cowie, A.P. 1978. The place of illustrative material and collocations in the design of a leamer's dictionary. Strevens, P. 1978. In Honour of A.S. Hornby: 127-139. Oxford: U.P. Du Plessis, M. 1993. Tweetalige aanleerderswoordeboek. Bilingual learner's dictionary. Kaapstad: Tafelberg. Gouws, R.H. 1984. Uitspraakleiding in Afrikaanse woordeboeke. Webb, V.N. (Red.). 1984. Kongresreferate. Linguistevereniging van Suider-Afrikll: 279-302. Universiteit van Pretoria. Gouws, R.H. 1989. Leksikografie. Pretoria en Kaapstad: Academia. Hausmann, F.J. 1981. WOrterbiicher und WortschatzIemen. Lingllistik lind Didaktik 45/46: 71-78. Lado, R. 1957. Linguistics across cultures. Ann Arbor. Landau, S.I. 1984. Dictionaries. The Art and Craft of Lexicography. New York: Scribner's. Malone, K. 1967. Structural Linguistics and Bilingual Dictionaries. Householder, F.W. en S. Saporta (Reds.). 1967. Problems in Lexicography: 111-118. Bloomington: Indiana University. Nickel, G. (Red.). 1972. Fehlerkunde. Beitrage zltr Fehleranalyse. Fehlerbewertung und Fehlerterapie. Berlyn. Otto, A.N. 1989. Kriteria vir 'n Afrikllanse aanleerderwoordeboek. Ongepubliseerde D.Litt.verhandeling. Universiteit van Stellenbosch. Otto, A.N. 1993. Die Burger, 15 Junie 1993. Snell-Hornby, M. 1987. Towards a Leamer's Bilingual Dictionary. Cowie, A. (Red.). 1987. The Dictionary and the Language Learner: 159-170. Tiibingen: Niemeyer. Van Bls, T. e.a. 1984. Applied Linguistics and the Learnillg and Teaching of Foreign Langllages. Londen: Edward Arnold. Van Roey, J. 1988. Work in progress: A paraUexicon of English-French 'faux amis'. Snell-Hornby, M. (Red.). ZuriLEX '86 Proceedings: 161-169. Ziirich: Francke Verlag.
616fe5af-36db-4869-939a-b2c900d53fd5-1
1
GELEENTHEID Gesprek-gids vir Groepe Begin julle byeenkoms met gebed LUISTER NA MEKAAR Deel met mekaar wat julle in die erediens gehoor en beleef het. WANDEL IN DIE WOORD Iemand in die groep lees Lukas 10:1-9 voor. Deel met mekaar watter woord of frase of gedagte uit hierdie gedeelte jou bygeval het. PAAR VRAE OM SAAM OOR NA TE DINK * Hoekom dink jy was dit nodig vir Jesus om mense uit te stuur na die plekke waarheen hy van plan was om te gaan? * Hoekom sou Jesus vir die 72 sê dat hulle nie geld, 'n reissak of skoene moet saam dra nie? (Die gedagte agter hierdie vraag gaan oor die belang van Jesus se boodskap. Die mense wat Jesus uitstuur moes ook afhanklik bly van die Vader) Jesus se opdrag aan die 72 in Luk. 10:2 sê: "Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes…" * Hoe sou jy hierdie oes in jou eie woorde verduidelik? * Wie dink jy is die arbeiders van wie Jesus praat? DINK SAAM OOR DIE TOEKOMS Hierdie opdrag van Jesus geld steeds vandag vir elkeen van ons. Daar is steeds baie mense wat nie bereik word nie. Dalk is dit mense in jou onmiddellike omgewing. Dalk is dit mense in jou dorp. Dalk is dit mense in ons land. Dalk is dit mense iewers vér oor die grense van ons land. * Hoe kan ons mekaar help en aanspoor om ons roeping as arbeiders uit te leef en die groot oes wat daar buite is te versamel? 15 Mei 2022 GEBED Sluit julle byeenkoms af deur saam met mekaar te bid en fokus veral op 'n paar gedagtes: * Vra vir die Here om jou oë oop te maak vir Sy oes wat groot is en nog nie bereik word nie; * Bid dat die Heilige Gees jou sal toerus sodat jy jou werk as arbeider in die Here se koninkryk kan uitleef. * Bid dat die Here ons as gemeente sal gebruik dat daar altyd en oral waar ons beweeg NOG 1 bereik sal
3ec1832d-cc51-44c1-bf53-28878aad6319-0
1
Meatmaster Skaaptelersgenootskap van Suid Afrika NUUSBRIEF / NEWSLETTER Meatmaster Sheep Breeders' Society of South Africa DES/DEC 2011 Nature's Moneymaker - 1060 Bloemfontein 9300 É051 4100955 Ê 051 4484220 / 0866670294 e-pos [email protected] Kersboodskap Die volgende advertensie bladsye sal met 'n oop tenderproses verkoop word: Dit lyk my hoe ouer n mens word, hoe vinniger snel die jare verby. Kersfees is voor die deur. Namens Elbe en myself wil ons u 'n Ge nde Kerfees en 'n baie Voorspoedige 2012 toewens. Mag u gedurende hierdie Kersseisoen die vrede en vreugde van 'n ware Christusfees saam met u geliefdes ervaar en mag 2012 vir u vele seëninge, geluk en goeie gesondheid inhou. Aan almal wat dalk geliefdes in 2011 verloor het, mag julle die Here se warm liefde en vertroosting ervaar. seë Danie en Elbe Visser Die Raad vir 2011 / 2012 is soos volg: Raadslede 2011 / 2012 Mnr Danie Visser - President Mnr Henk Kearney - Vise-President Mnr Jean du Plessis - Raadslid Mnr Clynton Collet - Raadslid Mnr Stephan Kirsten - Raadslid Mnr Chris Potgieter - Raadslid GEKOOPTEERDE LEDE 1. Boemie Saayman 2. Rassie van der Vyver 3. Johnny Morrison 4. Mario du Preez 5. Riaan Liebenberg Joernaal 2012 Die Genootskap gaan weer 'n joernaal uitgee in 2012. Advertensie kostes is soos volg: R1000.00 - Halfblad R2000.00 - Volblad Die afsnydatum vir advertensies is einde 29 Februarie 2012. Verwittig asseblief die kantoor indien u 'n advertensie wil plaas asook watter tipe blad. Kontak besonderhede: , tel: 051-4100955 of faks: 051-448 4220. [email protected] Onthou dat u advertensies asseblief van goeie gehalte foto's moet wees en die DPI van foto's nie minder as 600 moet wees nie. Binne Voorblad - min. tenderprys R2000 Eerste Binneblad - min. tenderprys R2000 Middel blad - min. tenderprys R4000 Buite Binneblad - min. tenderprys R2000 Buite Agterblad - min. tenderprys R2000 Die tender tydperk sal wees vanaf 23 Januarie 2012 tot die oggend 8:00 van 30 Januarie 2012. Gelukwense Baie geluk aan Mario en Angelique Du Preez met die geboorte van hulle baba seun. Keurings Die Raad het op 11 November besluit om keurings vir veilings in die toekoms nog strenger te maak. Ons doen dus 'n beroep op elke lid, kom ons bring net ons beste ramme/ooie na veilings toe. Dit is die vertoonvenster vir die ras en ons kan nie bekostig om swak diere op veilings te sit nie. Jaarbeplanner 2012 25 Februarie - CRC Produksie Veiling 15 - 18 Mei - Nampo Mei - Upington Skou Mei / Junie - Rustenburg Skou 9 Augustus - Nasionale Veiling Oktober - Loeriesfontein Skou Hiermee datums vir 2012: Meatmaster Sheep Breeders' Society of South Africa Meatmaster Skaaptelersgenootskap van Suid Afrika Nature's Moneymaker DES/DEC 2011 ondervinding het van die redigering van produksiedata sal vanaf 1 Desember by Herman se redigeer afdeling inskakel om aan u 'n ware eenstopdiens te lewer. Deelnemers sal vroeg in Januarie 2012 vir die produksie-aantekeningdienste gefaktuur word vir 'n aanvanklike periode van ses maande, waarna stoettelers dan, waar van toepassing, weer in Julie 2012 saam met hul normale Stamboekfooie, in een faktuur vir alle dienste vir die volgende periode van een jaar gefaktureer sal word. Telers sal dan voortaan slegs een faktuur jaarliks vir alle basiese diereaantekeningdienste ontvang. Kommersiële- en ander produsente wat aan produksie-aantekening deelneem sal ook in Julie 2012 vir 'n periode van een jaar gefaktureer word nagelang van die dienste waarvan hulle gebruik maak. Vir kennisname gee ons die fooie soos aanbeveel deur die teenwoordigers van die verskillende spesies op 25 Mei 2011, weer aan u: Fooie per jaar (BTW uitgesluit) Kleinvee Produksie -aantekening R250 per teler plus R4 per produktiewe ooi. Let asb weer daarop dat u in Januarie slegs vir die helfte van bogenoemde fooie gefaktureer sal word. Ons weet ons kan op u volle samewerking staat maak om hierdie Eenstopdiens, waarvan u eienaarskap het en waarin u dus inspraak het, suksesvol van die grond af te kry tot voordeel van die hele veebedryf. Groete Dr PIERRE VAN ROOYEN PROJEKKOMMITTEE Nasionale Veldram Projek Die Raad het besluit om 'n Nasionale Veldram Projek te loods wat in die Hopetown omgewing gestasioneer gaan wees. Meer inligting sal binnekort beskikbaar wees en ons vra dat u dit sal ondersteun. Dit kan net die ras verbeter. Produksie-Aantekeninge Soos u reeds bewus is, sal SA Stamboek vanaf 1 Januarie 2012 alle data hanteer ten opsigte van bogenoemde aangeleentheid. SA Stamboek het 'n skrywe gestuur aan alle telers. Aangesien al ons telers nie lid van SA Stamboek is nie gee ons graag die inligting aan u deur. AAN: Alle Deelnemers aan Produksie-aantekening komitee SA Stamboek, in samewerking met die Projek (Voorsitters van die onderskeie Prestasie-toets Advieskomitees), is nou op die punt om die versoek van die bedryf ten opsigte van die produksie-aantekening van diere en die mandaat in daardie verband ontvang, tot uitvoering te bring. Die prosesse om poste te adverteer, onderhoude te voer en die mees geskikte persone aan te stel om dienste ten opsigte van produksie-aantekening aan u te lewer, is feitlik afgehandel en ons is opgewonde oor die kundigheid wat ons kon bekom. Dr Japie van der Westhuizen sal aan die hoof van hierdie afdeling staan. Tensy omstandighede ons dwing om dit vroeër te doen, is die beplanning om vanaf 1 Januarie 2012 met dienste te begin wanneer die veldbeamptes diens aanvaar. Die verwerking van data sal egter wel vanaf 1 Desember 2011 hanteer kan word en produksiedata kan van daardie datum af direk aan Stamboek gestuur word by: Produksie-aantekening, Posbus 270, Bloemfontein, 9300 Tel: 051-4100900; Faks: 051-4473964 E-Pos: Kleinvee Navrae [email protected] [email protected] Intussen gaan alle data hantering voort soos altyd. Die redigering van die produksie data sal onder Herman Labuschagne resorteer. Ses dames wat jarelange Meatmaster Skaaptelersgenootskap van Suid Afrika Meatmaster Sheep Breeders' Society of South Africa Nature's Moneymaker DES/DEC 2011 Webblad Die genootskap het 'n nuwe webadres en lede is welkom om dit te besoek by www.meatmastersa.co.za Bedanking uit LNR Kennis is reeds deurgegee aan die LNR dat die genootskap nie meer van hulle dienste sal gebruik maak nie. Ons beveel aan dat lede wat lid is van die
<urn:uuid:cda25666-b2da-4022-9153-a89c8f8b0b58>-0
1
Woensdag 2 November Skrifgedeelte: Genesis 3:22-24 Fokusgedeelte: Genesis 3:24 Die engele is bewakers om te verseker dat God se kinders sal tuiskom in die ewige Vaderhuis Ná die sondeval van die mens in die paradys nader God tot die gevalle mens in soekende liefde en genade. * Maar uit genade stuur God die mens ook weg uit die Eden. Hy laat die ingang deur gerubs bewaak, daardeur verhinder God dat die mens nie kan ingaan om van die boom van die lewe te eet nie. So beskerm Hy die mens teen homself. * Deur vir die mens klere te maak en so hulle "naaktheid" te bedek, toon God dat Hy bereid is om hulle skuld te bedek. Die mens bevind hom nou buite die beskermde ruimte van die tuin (wat met God se seën gevul was), en bevind hom in die vervloekte grond, waar hy met groot inspanning 'n lewensbestaan sal maak. Hierdie wêreld waarin die mens hom nou bevind het, was nie soos God dit oorspronklik bedoel het nie. Dat God egter die boom van die lewe in sy genade laat bewaak, toon dat Hy op pad is na 'n herskepping. Hierdie skepping is op pad na 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde. Intussen het God verlossing bewerk deur sy Seun, Jesus Christus. So is daar vir elke gelowige die troos dat sy sondes vergewe is, dat daar vir hom 'n ewige toekoms is. Die Drie-eenheid sal dan ook uiteindelik God se verlossingsplan vervul en alle verlostes nooi om deel te wees van die volmaakte nuwe skepping. Waar die gerubs in die begintyd verhoed het dat die mens van die vrugte van die boom van die lewe eet, word in Openbaring 21:12 vertel dat 12 engele die 12 poorte in die hoë mure om die nuwe Jerusalem bewaak. Hierdie engele verhoed nou dat mense en die boom van die lewe ooit weer geskei word. Ja, die gelowiges van elke geslag word beskerm dat hulle nie van die ewige lewe beroof word nie. So sorg God deur sy bewakers dat die woorde van Johannes 10:28 vir die gelowiges waar word: "Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie." Sing: Psalm 84-1:4 Ds. AB van der Walt (Braam)
7dcc1dd0-5270-44b7-a786-a7611d4b87ab-0
1
KERNDOELWITTE EN VERNAAMSTE GEÏNTEGREERDE RISIKO'S REMGRO SE KERNDOELWITTE BESTUUR MET DIE DOEL OM WAARDESKEPPING EN VOLHOUBARE GROEI TE MAKSIMEER Remgro fokus op die skepping van aandeelhouerswaarde en volhoubare groei deur in ondernemings te belê wat voortreflike groei in verdienste en dividende oor die lang termyn kan voorsien. 2 Hierdie doelwit word ondersteun deur Remgro se beleggings­filosofie en strategie, asook sy begrip van al die risiko's en geleenthede verbonde aan die groep se beleggingsportefeulje en teikenmarkte, terwyl daar na toepaslike beleggingsmoontlikhede gesoek word. 3 Hierdie risiko's en geleenthede word deurlopend opgeweeg teen die risiko-aptyt en risikodraende vermoë, soos deur die direksie bepaal. 16 Remgro Beperk OM ETIES SAKE TE DOEN Deur altyd die impak van die maatskappy se strategie op sy kommersiële volhoubaarheid, die indirekte impak op die gemeenskap waarin hy sake bedryf en die omgewing in aanmerking te neem, lei Remgro tot ’n verantwoordelike korporatiewe burger en belegger. Leierskap gegrond op ’n etiese fondasie lei tot ’n kultuur van etiese en morele gedrag en die nakoming van wette, reëls, kodes en standaarde. Konstante bereiking van doelwitte skep vertroue, terwyl etiese omgewings ook hoë personeelmoraal bevorder. Deur altyd daarna te streef om die “regte ding te doen”, posisioneer Remgro homself as die betroubare beleggingsvennoot van keuse. 1 2 3 VERNAAMSTE GEÏNTEGREERDE RISIKO'S Remgro se vier vernaamste risiko's word hieronder saamgevat. 'n Meer omvattende ontleding van ons risiko-bestuursproses word in die risiko- en geleentheidsbestuursverslag gegee, terwyl die belangrikste finansiële risiko's, insluitende dié wat verband hou met die wêreldekonomie en wisselkoerse, in die verslag van die HFB behandel word. Die impak van die Covid-19-pandemie op eksterne risiko en geleentheid, asook die implikasies vir Remgro se Ses Kapitale en risiko-aptyt, word ook in die risiko- en geleentheidsbestuursverslag op bladsy 77 hanteer. RISIKO/GELEENTHEID KONTEKS 1 2 3 Suid-Afrikaanse landrisiko weens volgehoue maatskaplike onrus, lae ekonomiese groei, die stygende lopende rekening- en begrotingstekort en die gevolglike uitwerking van die verlaging van staatskredietgraderings. Gedurende die jaar onder oorsig is dit verder vererger deur die wêreldwye Covid-19-pandemie. Regulatoriese reaksie en sosio-ekonomiese impak, fiskale verligtingsmaatreëls, ten spyt, het groeivooruitsigte gedemp. Die onvermoë van direksies van onderliggende beleggings om ontwrigtende tegnologierisiko's en geleenthede, of soortgelyke politieke, omgewings-, maatskaplike, regulerende of ekonomiese ontwikkelings in hul markte, betyds te identifiseer en daarop te reageer. Onvoldoende kapasiteit om te innoveer kan mededingende vermoë belemmer. Die vernietiging van waarde deur die swak bestuur van bestaande beleggings, insluitende die bestuur van die onderliggende beleggings. Nie-identifisering en beoordeling van geskikte beleggingsgeleenthede. 4 DIE VOLGENDE ASPEKTE WORD AS FUNDAMENTEEL VIR VOLHOUBARE GROEI EN WELVAARTSKEPPING BESKOU Remgro is op soek na geskikte beleggingsgeleenthede, met inagneming van sy risikoprofiel en beskikbare beleggingsvermoë, om te voldoen aan sy beleggingsmandaat en waardeskeppingstrategie. Die direksies van onderliggende beleggings fokus in 'n toenemende mate op die oplossing van dringende aangeleenthede, soos buitelandse valutarisiko, maatskaplike onrus, kragvoorsieningsrisiko, waterskaarste, wetgewing en regulatoriese aangeleenthede en toename in misdaad, deur strategiese en/of beheerprosesse. Toenemende klem op verhoudingskapitaal en belangegroepinteraksie. Die volhoubaarheid van onderliggende beleggings is afhanklik van hul vermoë om markneigings en ander ontwrigtende tendense in die markte, of hul sakemodel, te identifiseer wat hul besighede wesentlik kan raak en daarop te reageer. Optimalisering van menslike, intellektuele, vervaardigings- en verhoudingskapitaal. Die suksesvolle bestuur van beleggings is afhanklik van goeie insig in die besigheid van die onderliggende beleggings en ook in die identifisering van die mees geskikte Remgro-bestuurders om die maatskappy in die direksies van hierdie ondernemings te verteenwoordig. Om uitnemendheid te bereik, vereis effektiewe organiese groei en oordeelkundige korporatiewe beleggings. Gedurende die jaar onder oorsig het Remgro sy belang in RMB Holdings Beperk ontbondel. Dit, saam met die finansiële impak van Covid-19 op onderliggende beleggings en potensiële beleggingsgeleenthede, vereis 'n besinning oor risiko-aptyt. Remgro het verskeie projekte wat op, onder andere, sakeveerkragtigheid, belangegroepverhoudinge, menslike kapitaalbevordering en innovasie fokus. VERNAAMSTE GEÏNTEGREERDE VOLHOUBAARHEIDSDRYWERS 1 Remgro se grootte en invloed stel hom in staat om beduidende belange te bekom in ondernemings wat groot genoeg is om 'n wesentlike uitwerking op Remgro se resultate te hê. Remgro se status as 'n verantwoordelike belegger van keuse vergemaklik beleggingsgeleenthede. 2 3 'n Gesonde staat van finansiële stand met lae skuldvlakke stel Remgro in staat om nuwe beleggings te maak of om sy belang te verhoog in beleggings wat goed presteer of om groeigeleenthede te befonds deur middel van aandeelhouerlenings. Remgro het die vermoë om waarde toe te voeg tot onderliggende beleggings deur middel van bekwame en ervare bestuurders. Geïntegreerde Jaarverslag 2020
93a475b1-0019-4770-9f20-bdc94a54fe5d-0
0
1. INLEIDING, PROBLEEMSTELLING, AKTUALITEIT, METODE EN DOELSTELLING VAN DIE NAVORSING 1.1 Oriëntering Die twee partye wat die nouste gemoeid is met die opvoedende onderwys van kinders en leerlinge is ouers en onderwysers. Ouers en onderwysers kan slegs as samewerkende partye of vennote die beste opvoedende onderwys bewerkstellig (Stone, 1984: 4-6). Rondom samewerking of kontak tussen ouers en onderwysers heers daar bepaalde vraagstukke en is daar probleemareas. In Hoofstuk 1 sal eerstens 'n uiteensetting van die probleme in verband met ouer-onderwyserkontak gegee word. Die aktualiteit van die navorsing sal vervolgens aangetoon word, waarna die algemene en besondere doelstelling van hierdie navorsing geformuleer sal word. Die ondersoekmetodes sal beskrywe word, en die terrein van onderzoek sal afgebaken word. Ten slotte sal daar in hierdie hoofstuk die program van onderzoek uiteengesit word. 1.2 Probleemstelling Kontak in sy breedste konnotasie tussen die ouerhuis en die skool kom dikwels in die literatuur ter sprake (vgl. Thomas, 1980: 203-204; Langen, 1983: 281-292; Epstein en Becker, 1982: 111; Barnard, M.C., 1981: 297-299 en Van der Walt en Dekker, 1983: 87-104), maar by nadere ondersoek blyk dit dat beskouinge van sommige opvoedkundiges oor sodanige kontak meestal op intuïtiewe aanvoeling van die kant van die ouers sowel as die onderwysers berus. Uit 'n fundamenteel-opvoedkundige oogpunt beskou, lyk die navorsingsprobleem soos volg: * Kontak tussen ouerhuis en skool berus in 'n groot mate op intuïtiewe aanvoeling, eerder as op fundamenteel-opvoedkundige (dit is wetenskaplik-gepreiseerde) gronde. * Die fundamenteel-opvoedkundige aard van die kontak tussen ouer en onderwyser word dikwels nie begryp nie. * Kontakterreine tussen ouerhuis en skool is nog nie bevredigend met behulp van die prinsipeel-besinnende metodes geïdentifiseer en ontleed nie. * In watter mate kontak tussen ouer en onderwyser die bevoegheidsterrein van die ouer of onderwyser in gedrang bring, is nog nie ten volle bepaal nie. * Kontak tussen ouer en onderwyser bring die beginsel van soewereiniteit in eie kring in gedrang - 'n toedrag van sake wat prinsipiële besinning regverdig. * Ouerhuis en skool as samelewingsverbande het bepaalde oorvleuelings - en raakvlakke; daarom behoort die beginsel van universaliteit in eie kring, soos dit verband hou met ouer-onderwyserkontak, prinsipieel-besinnend onderzoek te word. * Die beginsels van eenheid en verskeidenheid, gemeenskaplikheid en diversiteit, universaliteit en individualiteit hou verband met ouer-onderwyserkontak; daarom behoort daar deur fundamenteel-opvoedkundige navorsing vasgestel te word hoe bovemelde beginsels bydra tot die prinsipiële presisering van ouer-onderwyserkontak. 'n Kort samevatting van die navorsingsprobleem sal dus soos volg lyk: Die kontak tussen ouers en onderwysers berus hoofsaaklik op aanvoeling eerder as op fundamenteel-opvoedkundige navorsing. Ouer-onderwyserkontak en -kontakteerme is, sover vasgestel kon word, vaag omskrywe omdat prinsipiële fasette soos soewereiniteit in eie kring en universaliteit in eie kring nog nie in al hulle konsekwensies vir ouer-onderwyserkontak deurdink is nie. In die verband ontstaan dan die kontraversiële vraag: Hoe behoort ouer-onderwyserkontak, fundamenteel-opvoedkundig beoordeel, plaas te vind? 1.3 Aktualiteit van die navorsing Daar bestaan besorgdheid oor die professionele status van die onderwyser, want in die reël werk ander professies nie met 'n "objek", waar daar aan 'n derde party, soos die onderwyser aan die ouer, verantwoording verskuldig is nie. Enige misverstand hieromtrent kan byvoorbeeld daartoe lei dat onderwysers verkeerdelyk "aanvullende ouers" (Kruger en Krause, 1969: 22), "plaasvervangende ouers" (Van Loggerenberg en Jooste, 1966: 93) of "aanvullende voog(de)" (Scholtz, 1976: 263) genoem word. Dit is onjuis om te beweer, al wil dit so voorkom, dat die skool die ouerlike taak van opvoeding oorgeneem het. (Scholtz, 1973: 66). Indien bogenoemde bewerings waar sou wees, word die professionele selfstandigheid van die onderwyser aangetas, terwyl die skool as soewereine samelewingsverband gelyk gestel word aan die ouerhuis, wat prinsipieel nie aanvaarbaar is nie, soos in parr. 3.3.3.4 en 3.3.4.4 aangetoon sal word. Wat hierdie studie aktueel maak, is dat uit die literatuuroorsig en -studie vasgestel is dat daar besondere probleme in verband met ouer-onderwyserkontak bestaan. So is byvoorbeeld gevind dat daar knelpunte rondom ouer-onderwyskontak bestaan, waarvan negatiewe gesindhede van ouers sowel as van onderwysers jeens ouerbetrokkenheid algemeen voorkom. (Vgl. Van Schalkwyk, 1983: 16-19; Kritzinger, 1984: 66; Swart, 1983: 5; Langeveld, 1969: 14-15 en Fernandez, 1980: 17). Hierdie negatiewe gesindhede spruit dikwels voort uit oningeligheid oor en onkunde van die hele ouer-onderwyserkontakvraagstuk. Om vas te stel of die vraagstuk van ouer-onderwyserkontak in die Republiek van Suid-Afrika aktueel is, is 'n aantal kenners op die gebied van ouerbetrokkenheid by opvoedende onderwys met behulp van die metode van historiese gewig geïdentifiseer.¹) 'n Vraelys (vgl. Bylaag 1) is aan dertien respondente gestuur waarvan tien skriftelik daarop gereageer het. (Vgl. Bylaag 2). Uit die antwoorde het dit duidelik geblyk dat ouer-onderwyserkontaknavorsing ook vir Suid-Afrikaanse omstandighede noodsaklik is. As die belangrikste knelpunte in ouer-onderwyserkontak, gesien vanuit die kant van die ouers, is die volgende sake (Bylaag 2, vraag 4.1) onder andere uitgewys: * Onontwikkelde potensiaal en 'n mindere akademiese synsbeleving. * Kommunikasiegebreke tussen ouers en onderwysers. * Ouers is oningelig oor hoe en waar hulle 'n bydrae kan lewer. Daar bestaan meestal 'n gebrek aan riglyne oor ouerhulp en bestuur van oueraksies. * Die onderwyswetgewing in die RSA (Wet 39 van 1967) het die ouers in die Republiek van Suid-Afrika oorgerus en onbetrokke gemaak ten opsigte van be= ¹) Na samesprekings met erkende opvoedkundiges is 'n groslys van name van persone wat oor die afgelope aantal jare hulleself, deur middel van opvoedkundige geskrifte, openbare optredes, die uitvoer van regeringsopdragte en op ander sigbare wyses as kenners op die gebied van ouer-onderwyserkontak bewys het, opgestel. Hierdie lys is, met die hulp van die promotors gereduseer tot 13 persone wat, sover vasgestel kon word, bo alle twyfel opvoedkundiges, professionele opvoeders en ouers van statuur en die hoogste integriteit is en hulle is persoonlik en/of skriftelik genader om die vraelyste (Bylaag 1) in te vul. Hierdie vraelys met antwoorde gee slegs 'n aanduiding ten
d7d84da6-f58c-4876-b5f1-b509587119f1-0
1
en uitlewing van sy roeping om God met sy hele lewe te dien, sy Koninkryk op alle terreine uit te brei en sy naaste se heil te soek en te bevorder en die kosmos te ontgin en tot volle ontsluiting te bring." * Onderwys Onderwys is 'n omvattende begrip; die belangrikste betekenisinhoude van onderwys wat vir hierdie studie van belang is, is die volgende: + Onderwys vorm meestal 'n onderdeel van opvoeding. + Onderwys het te doen met die oordra van kennis en/of vaardighede. + Op skool word daar meer spesifiek aandag gegee aan onderwys omdat die skool se doelfunksie die ontsluiting van die logies-analitiese modaliteit van die mens (i.c. leerling) is. (Vgl. par.3.3.4.4). * Opvoedende onderwys Opvoeding word onder andere gedra deur onderwys, want die aanleer van basiese kennis en vaardighede is 'n voorvereiste vir opvoeding. Leer vind eers werklik plaas wanneer die kennisinhoude wat deur onderwys verwerf is ook die karakterinhoude het wat deur opvoeding ingeskerp is. (Dekker, 1980: 16-18). Vir hierdie navorsing is die betekenis van opvoedende onderwys meer afgespits op die belangstelling (en samewerking) wat ouers in die opvoedings- en onderwysaktiwiteite van hulle kinders se skole het. * Ouerbetrokkenheid by opvoedende onderwys Ouerbetrokkenheid by opvoedende onderwys impliseer dat ouers: + belangstelling sal hê in die bedrywighede van die skool; + sal saamwerk met die skole (onderwysers) in belang van die opvoedende onderwys van hulle kinders; + bereid sal wees om betrokke te raak by skoolaktiwiteite soos aangedui deur die professioneel-opgeleide opvoeders (die onderwysers); + gekwalifiseerde seggenskap en inspraak sal hê in die opvoedende onderwys van hulle kinders, en + bereid sal wees om as volwaardige vennote saam met die onderwysers te werk in belang van die ontsluiting en begeleiding van hulle kinders op laasgenoemde se pad na volwassenheid. * Samelewingsteoretiese model 'n Samelewingsteorie beteken vir die doel van hierdie navorsing 'n Skrifgefundeerde fundamenteel-opvoedkundige teorie oor bepaalde samelewingsverbande (i.c. veral die huwelik, die ouerhuis en die skool) ten opsigte van hulle oorsprong, wese en bestemming en wat met ouer-onderwyserkontak in verband staan. (Vergelyk in hierdie verband Schoeman, 1979: 106-107 en Van der Walt, Dekker en Van der Walt, 1983: 238). Die woord model word gebruik met die betekenisinhoud van 'n voorbeeld, 'n voorgeskrewe vorm, 'n proefsteen of 'n toetssteen. (Bosman, Van der Merwe en Hiemstra, 1984: 1014). 'n Samelewingsteoretiese model beteken dus 'n Skrifgefundeerde fundamenteel-opvoedkundige teorie oor relevante samelewingsverbande wat as model of toets- of proefsteen gebruik kan word, as sleutel tot die verhouding tussen ouerhuis/gesin/ouer en skool/onderwyser. Die begrip word verder geoperationaliseer in Hoofstuk 3 en die inhoud van die model word as toetsmaatstaf in die navorsing oor ouer-onderwyserkontak gebruik. * Ouer-onderwyserkontak Ouer-onderwyserkontak hou in dat ouers en onderwysers in die betrokkenheid van ouers by skole met mekaar te doen kry, vennote behoort te wees in die opvoedende onderwys van kinders, op bepaalde terreine met mekaar in aanraking kom en op besondere maniere of wyses met mekaar moet saamwerk in belang van opvoedende onderwys. In sy breëre betekenis impliseer ouer-onderwyser= kontak ook ouerbetrokkenheid by opvoedende onderwys in sy wydste betekenis. (Vgl. paragraaf 5.1). 1.7 Program van onderzoek Die program van onderzoek het soos volg verloop: * 'n Omvattende literatuurondersoek is onderneem met die oog daarop om 'n wetenskaplike oorsig te kry van al die sake wat verband hou met ouer-onderwyserkontak, soos onder andere die aktualiteit van die navorsingstema (vgl. paragraaf 1.3), ouer-onderwyserkontak deur die eeu (vgl. Hoofstuk 2), probleme wat in verband staan met ouer-onderwyserkontak (vgl. paragraaf 6.2.2.2) en ouer-onderwyserkontak op mikro-, meso- en makro-onderwysvlak. * Die aktualiteit van die navorsing (vgl. paragraaf 1.3) is vervolgens verder toegelig uit die antwoorde wat ontvang is na die uitstuur van 'n kort vraelys (vgl. Bylae 1 en 2) aan geselekteerde opvoedkundiges, opvoeders en ouers. * Volgende op die program van onderzoek soos dit in Hoofstuk 2 aangedui is, was die soeke na die kontoere van 'n samelewingsteoretiese model deur die eeu. * 'n Samelewingsteoretiese model is vervolgens ontwerp (vgl. Hoofstuk 3) waarna daar in Hoofstuk 4 'n fenomeenanalise van die verskynsel ouer-onderwyserkontak as verifiëring vir die samelewingsteoretiese model onderneem is. Aan die hand van die samelewingsteoretiese model is ouer-onderwyserkontak in Suid-Afrika sedert 1652 (vgl. Hoofstuk 5) krities beoordeel. Ouer-onderwyserkontak in twee oorsee lande is ook in Hoofstuk 5 aan die hand van die samelewingsteoretiese model ondersoek. * Laastens is die huidige stand van sake, ten opsigte van ouer-onderwyserkontak op mikro-, meso- en makro-onderwysvlak in Hoofstuk 6 krities beoordel aan die hand van die samelewingsteoretiese model soos dit in Hoofstuk 3 uiteengesit is. 1.8 Die struktuur van die navorsingsverslag (hierdie proefskrif) In Hoofstuk 1 word die probleem en doelstelling, die aktualiteit van die navorsing, die metode van ondersoek asook die wetenskapsteoretiese afbakening en begripsbepalinge gegee. Ten slotte word daar in hierdie hoofstuk 'n uiteensetting van die navorsingsprogram en -struktuur gegee. Die soeke na die kontoere van 'n samelewingsteoretiese model vir ouer-onderwyserkontak deur die eeue kom in Hoofstuk 2 aan die orde, omdat ouers en onderwysers reeds sedert die vroegste jare met mekaar kontak gemaak het. In Hoofstuk 3 word 'n samelewingsteoretiese model vir die verhouding tussen ouerhuis/gesin/ouer en skool/onderwyser ontwerp. Die ontleiding van die verskynsel ouer-onderwyserkontak aan die hand van die samelewingsteoretiese model vind in Hoofstuk 4 plaas. Die ontwerpte samelewingsteoretiese model dien in Hoofstuk 5 as toetsmaatstaf vir die hantering van ouer-onderwyserkontak in die loop van die geskiedenis en in enkele ander lande. In Hoofstuk 6 dien die samelewingsteoretiese model as toetsmaatstaf vir ouer-onderwyserkontak op mikro-, meso- en makro-onderwysvlak. Die navorsingsverslag word in Hoofstuk 7 afgesluit met 'n samevatting, evaluering en aanbevelings. 1.9 Samevatting In Hoofstuk 1 is aangetoon dat ouer-onderwyserkontak en die vraagstukke in verband met dié navorsingsonderwerp volgens kenners in die RSA en opvoedkundige skrywers 'n aktuele vraagstuk is wat diepgaande fundamenteel-opvoedkundige navorsing regverdig. Die probleem wat verband hou met ouer-onderwyserkontak is geformuleer en die metode van navorsing is uiteengesit. Die wetenskapsteoretiese benadering en enkele begripsbepalinge is geformuleer en die navorsingsprogram is uiteengesit. Vervolgens word in Hoofstuk 2 gesoek na 'n samelewingsteoretiese model vir ouer-onderwyserkontak deur die eeue.
d7d84da6-f58c-4876-b5f1-b509587119f1-1
1
laat toets vir dit kan genees TB WORD Wat is TB? Tuberkulose (bekend as TB) is 'n siekte wat veroorsaak word deur 'n kiem, genoem Mycobacterium tuberculosis (MTB). TB het miljoene mense, dwarsoor die wêreld, vir duisende jare, geïnfekteer. Mense met gesonde immuunstelsels word gewoonlik nie siek van TB nie, selfs al is die kiem in hul liggame aanwesig. Mense word siek van TB wanneer hulle liggame nie gesond genoeg is om die TB-kieme te beveg nie. Wanneer die immuunstelsel swak is, vermenigvuldig die TB-kieme. Dit word aktiewe TB genoem. Aktiewe TB is 'n baie ernstige siekte wat jou dood kan veroorsaak. Ek het TB gehad. Ek was getoets en het behandeling ontvang. Nou is ek genees. Fikile Boyce TB word van een persoon na 'n ander oorgedra deur die lug Die meeste aktiewe TB ontwikkel in die longe, dit word pulmonêre TB genoem. Wanneer iemand wat siek is met TB hoes of nies, word die TB-kieme in die lug vrygelaat. Die kieme kan vir 'n geruime tyd in die lug teenwoordig bly, veral wanneer die area stampvol met mense, of klam is, of die lug van 'n swak gehalte is. 'n Nabystaande persoon kan aangesteek word deur van hierdie kieme in hul longe in te asem. Die meeste van die TB-kieme bly in die longe, maar kan soms in ander dele van die liggaam groei. TB wat buite die longe groei word niepulmonêre TB genoem. Suid-Afrika ondergaan 'n geweldige en dodelike epidemie Meer persone sterf as gevolg van TB as van enige ander siekte in Suid-Afrika. Daar is baie redes hiervoor: gebrek aan behuising, ondervoeding, alkholisme, en die agteruitgaande gesondheidssisteem almal verhoog die risiko van TB opdoen. Maar die hoof rede hoekom TB so vinnig toeneem, is die MIV-epidemie. MIV verswak die immuunsisteem, wat veroorsaak dat mense minder kans het om die TB-kieme af te weer. Nieteenstaande die feit dat MIV-lyers 'n hoër risiko loop, kan enigiemand siek word met TB. Word getoets Die toets sal terugkom as "smeer negatief"of "smeer positief". 'n Smeer positiewe toets beteken daar is 'n TB-infeksie in jou longe en jy moet onmiddellik met behandeling begin. 'n Smeer negatiewe toets beteken dat jy dalk nie TB het nie. Tog, baie MIVpositiewe persone toets smeer-negatief, maar hulle het steeds aktiewe TB. Indien jy MIV-positief is en TB-simptome het, maar smeer-negatief toets, is daar ander toetse wat jou kliniek kan doen om te sien of jy werklik aktiewe TB het. 'n X-straal van die longe kan met die diagnose help. Jy kan ook wat hulle 'n TB-kultuurtoets noem laat doen, maar dit neem verskeie weke voor 'n resultaat beskikbaar is. TB kan genees word Dis belangrik om vir TB getoets te word indien jy MIV-positief is of 'n hoes het. Die hoofsaaklikste manier om vir TB te toets, is om 'n sputummonster ('n bol slym vanuit die keel) te laat toets vir die TB-kiem by 'n mediese kliniek. Medisyne kan TB genees. Wanneer jy TB het, is dit belangrik dat jy jou medisyne behoorlik gebruik. Indien jy voorheen behandel was, MIV het, verwagtend is of voorbehoedmiddels gebruik, moet jy dit aan jou dokter meld, aangesien jou medisyne van ander s'n mag verskil. Simptome van TB Pulmonêre TB (longtering) Nie-pulmonêre TB Hoes vir twee weke of langer Ophoes van dik vloeistof of bloed Koudheid, koors en nagsweet Verlies van gewig en eetlus Borspyn of probleme met asemhaal Pyn of swelling van jou maag Pyn of bloed wanneer jy piepie Koors, naarheid Pyne in ruggraat of gewrigte Voortplantings probleme Middel Weerstandige TB is 'n baie ernstige problem in SuidAfrika. Middel weerstandigheid is wanneer 'n persoon 'n vorm van die TB-kiem inkry wat nie deur die vernaamste TB-medisynes behandelbaar is nie. Dis een van die hoof redes waarom TB so 'n groot krisis is. Dis moeilik om middel weerstandige TB te behandel, maar nie onmoontlik nie, indien 1) persone wat 'n hoë risiko loop om TB op te doen, gereeld getoets word 2) persone met aktiewe TB die korrekte medisyne gegee word 3) persone wat TB-medisyne neem, die volledige kursus voltooi. Ons kan almal TB verhoed Daar is eenvoudige dinge wat almal kan doen om die oordrag van TB te voorkom: * Laat toets vir TB indien jy enige simptome het, veral as jy hoes of gewig verloor. * Indien jy MIV-positief is, vra jou kliniek gereeld om te toets vir TB. * Bedek jou mond wanneer jy nies of hoes. * Indien iemand naby jou hoes, draai jou kop weg en bedek jou mond. * Indien jy TB het, gebruik jou medisyne behoorlik. * Maak vensters oop, veral in stampvol vetrekke en taxi's. Tel: 021 422 1700 WORD
<urn:uuid:30ddd2cb-1532-4f37-aa40-df08224c66ba>-0
3
'n Kort rit in 'n vinnige voertuig H. J. Pieterse H. J. Pieterse is 'n professor in die Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria en verantwoordelik vir Kreatiewe Skryfwerk. E-pos: [email protected] In 1986 het Piet Roodt en Elize Botha my genader om deel van Tydskrif vir Letterkunde se skakelredaksie te word. My hooftaak was om ingestuurde poësie te keur en later te help met die saamstel van die tydskrif. Een hoogtepunt was die saamstel van 'n gerf geleentheidsverse ter nagedagtenis aan Stephen le Roux (Etienne Leroux, 1990). Teen die einde van die tagtigerjare het ek en Piet die meeste van die werk gedoen; prof. Elize kondig einde 1992 aan dat sy uittree as redakteur. In my redaksionele kommentaar van vroeg 1993 het ek genoem dat ek Tydskrif op 'n hoogtepunt oorgeneem het: die sirkulasiesyfers was in die duisende en die finansiële steun van die Afrikaanse Persfonds groot. Ek het geweet daar was 'n "geskiedenis" met onder meer enkele van die Sestigers, maar ek het doelbewus voortgegaan om, in 'n tyd waarin verskeie faksies 'n mens wou dwing om links, regs of watter kant ook al kant te kies, 'n neutrale redaksionele beleid te handhaaf en aan almal, ongeag ideologiese voorkeur, plek te gee in die blad, mits die bydraes uiteraard van 'n sekere gehalte was. Soos prof. Elize, het ek eenvoudig geglo in 'n diens aan die literatuur in die breë by wyse van kreatiewe tekste, resensies, artikels en bylaes oor voorgeskrewe tekste vir skole. Met die eerste uitgawe wat ek hanteer het, was ek baie gelukkig om briewe van Peter Blum aan Barend Toerien te kon plaas. (Barend se gesensureerde gedeeltes het ek ongedaan gemaak.) Jaarliks was daar 'n vergadering met die verteenwoordigers van die Persfonds, mnr. Jan Victor (wat Eugène Marais geken het in 1935!) en mnr. J. J. Brits aan huis van prof. Elize. Hierdie geleenthede het redelik formeel begin, maar op 'n goeie tydstip sou prof. Elize drankies aanbied en dan het die prosedures veel gemakliker verloop. Die redaksionele medewerkers in 1993 was Piet Roodt, prof. Elize, Nico Snyman en Elsa Nolte. Die bestaande skakelredaksie was J. J. Brits, W. A. de Klerk, Marcel Janssens (Katholieke Universiteit, Leuven, België), Eben Meiring, P. J. Nienaber en Rika Cilliers. By hierdie name het ek onder meer Joan Hambidge, Tom Gouws, Zander Strachan en Charles Malan gevoeg. Digters en skrywers wat gereeld in Tydskrif gepubliseer het in daardie tyd, sluit in Joan Hambidge, Lina Spies, Ilse van Staden, Christo van Staden (Johannes van Jerusalem), Leon de Kock, Sarina Dönges, Cas Vos, Charl-Pierre Naudé, Bernard Odendaal, Stephan Bouwer, Lucas Malan, Marius Crous, en later jonger digters wat in Nuwe Stemme sou publiseer: Toast Coetzer, Melt Myburgh, Jo Prins en Tertius Kapp, om enkeles te noem. Die meeste van hulle het intussen reeds gedebuteer met solobundels. Nuwe kortverhaalskrywers soos Anna Kemp, Johann de Lange en Paul Bosman het ook debuutverhale in Tydskrif gepubliseer. Koekie Ziervogel sou eenmalig herleef in Tydskrif. Die eerste drie jaar kon ek en Piet—my regterhand oor baie jare—vier nommers per jaar publiseer. Die politieke bevryding van 1994 was nie so gunstig vir die Afrikaanse boek nie. Die voorgeskrewe mark het met 70% geval en Tydskrif was nie uitgesluit van hierdie lot nie. Ek onthou 1996 om veral twee redes: jare lank is Tydskrif aangebied as "orgaan" van die Afrikaanse Skrywerskring; ek het hierdie gelade term vervang met "mondstuk" (die Afrikaanse Skrywerskring het uiteindelik spoorloos verdwyn; ek het nog 'n stapel brons-gedenkplate van die Skrywerskring, bedoel as grafstene, in my kantoor by Unisa gehad). Gedurende daardie jaar het die Afrikaanse Persfonds, sonder verskaffing van enige redes, hul borgskap aan Tydskrif onttrek, wat ons in 'n tydelike krisis gedompel het. Hierdie kwessie het ek in redaksionele kommentaar aangespreek en genoem dat nóg ek, nóg prof. Elize enige reaksie gehad het op telefoonboodskappe, fakse, telegramme en e-posse aan die Persfonds. Nasionale Pers het tot ons redding gekom en, deur bladgeld te hef en met 'n ruim skenking van Marcel Janssens van die Katholieke Universiteit Leuven, kon ons weer op die been kom. In 1996 en 1997 kon ek nog drie uitgawes per jaar aflewer, maar in 1999, 2000 en 2001 slegs twee gekombineerde uitgawes per jaar. Die geweldige afname in skoolinskrywings, intekenare, fondse oor die algemeen, groterwordende kompetisie met die internet en tydsbeperkings, was van die redes vir die vermindering in uitgawes. In die laat-negentigerjare is ek via 'n skrywe van die Departement van Onderwys— sonder enige opgaaf van redes—ingelig dat Tydskrif nie meer op die lys van geakkrediteerde tydskrifte sal verskyn nie. Die daaropvolgende stryd en sirkus kan op sy beste as "Kafkaesk" beskryf word—jy kan Die verhoor en Die kasteel van Kafka lees, of jy kan probeer om rasionele argumente met die betrokke staatsdepartment te voer. Ek beveel die lees van hierdie boeke aan. Gelukkig is Tydskrif se status as geakkrediteerde tydskrif weer herstel. In 2002 het daar geen uitgawe van Tydskrif verskyn nie. Die redes daarvoor was finansiële oorwegings en die feit dat dit heeltyd basies net ek en Piet was wat alles moes hanteer—keuring, saamstel, finale proeflees, ens. Ek gaan nie 'n apologia pro vita mea hier probeer gee nie. As ek reg onthou, was ek teen die einde van 2002, na 24 uitgawes van die blad, redelik op moedverloor se vlakte en op die punt om die blad eiehandig te sluit. Gelukkig het Piet Roodt—tot sy ewige eer—besluit hy het te veel tyd in hierdie projek gesteek om dit net te laat doodloop en hy het Hein Willemse oortuig om die blad oor te neem as redakteur. Hein het baie vinnig 'n nuwe baadjie vir die tydskrif aangetrek—'n meer inklusiewe blad vir Afrikaletterkunde wat hy met sy uitgebreide netwerk in Afrika onmiddellik ver oor die grense van slegs Afrikaans kon laat gedy. Soos ek, het Hein al gesien dat jy nooit almal gelukkig kan hou nie. Ek onthou laatnagoproepe van lesers wat ongelukkig was oor politieke kwessies, of oor stukke wat as pornografies of onwelvoeglik beskou is, en die deurlopende hantering van skrywersego's. Dis 'n eensame en ondankbare werk en by nabetragting wens ek dat ek Hein se ondersteuningskorps kon gehad het. Dit is uiteindelik wel ook dankbare en uiters leersame werk: die ontdekking van nuwe skrywers, plaaslik en oorsee, vlymskerp artikels van Henriette Roos, Rialette Wiehahn, Etienne van Heerden, André P. Brink, Joan Hambidge, Elsa Nolte, Louise Viljoen, Ena Jansen, Helize van Vuuren, Wilfried Jonckheere, en, later, Willie Burger en Andries Visagie, om enkeles te noem. Tien jaar destyds is maar 'n oogwink nou. Tyd rek en krimp vreemd binne die voertuig van die letterkunde. Ek is prof. Elize en Piet dankbaar vir die geleentheid om as redakteur te kon optree. Baie geluk aan Hein met die uitstekende werk wat hy ook al byna tien jaar lank doen en alle voorspoed vir die toekoms.
86fba3f8-be87-491d-b82f-20d3c74e9dcf-0
0
Skrifgedeelte: Levitikus 24:10-16 Fokusgedeelte: Levitikus 24:16; 5:1 HK, Vraag 100 Die ontering van God se Naam moet teëgestaan word, want dit is 'n gruwel voor Hom Hoewel ons nie meer soos in die Ou-Testamentiese tyd iemand wat God se Naam laster met klippe doodgooi nie, bly dit steeds vir God 'n gruwel. Ons glo en bely (HK 36:100) dat die lastering van God se Naam sover moontlik teëgegaan en verbied moet word. Die misbruik van God se Naam (as stopwoorde, kragwoorde en uitroepe van verbasing, woede, ens.) in gesprekke, flieks en TV-programme het sulke afmetings aangeneem dat dit godslasterlik is. As jy dit nie teëstaan nie is jy mede-aandadig aan die misbruik van God se Naam! Die sukses van 'n fliek of TV-program word bepaal deur hoeveel mense daarna kyk. Indien alle Christene sou saamstaan en ophou om te kyk na flieks en TV-programme waarin God se Naam misbruik word kan dit 'n groot invloed hê. Kom ons vermy daarom daardie flieks en TV-programme en weier om enigsins verder aan die misbruik van ons Here se Naam deel te hê! Kom ons gaan ook die misbruik van God se Naam in gesprekke teë. Waarom gebeur dit egter nie? Moontlik is die offer wat gebring moet word net te groot: daardie vriendskap wat jy kan inboet of die TV-program of fliek waarna jy tog so graag wil kyk. Onthou egter hoe groot die offer is wat God vir jou gebring het: sy eie Seun aan die kruis! Hoe kan 'n mens daarop wil antwoord deur mee te doen aan iets wat vir God so 'n groot gruwel is?! Sing: Psalm 66:1 (2001-omdigting) Ds. JL van der Schyff (Burgersdorp)
770bf453-1a9a-483c-8559-661097b2ff6d-0
1
SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2020 Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. PUNTE: 150 TYD: 3 uur - Afspraak met Godot - The Bald Primadonna SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: ste AFDELING A: 20 -eeuse Teaterbewegings AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr (40) AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke 20 ste -eeuse Teaterbeweging. EPIESE TEATER OF TEATER VAN DIE ABSURDE Samuel Beckett - Waiting for Godot - Bagasie - Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks André P Brink Eugene Ionesco Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER - Skrapnel Willem Anker - Top Girls Carol Churchill - Popcorn Ben Elton - Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema Barney Simon OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre CompanyOF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis en 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag (VRAAG 8) wat VERPLIGTEND is. (30) AFDELING A: 20 ste -EEUSE TEATERBEWEGINGS Hierdie vraag is VERPLIGTEND. VRAAG 1 Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg. BRON A DIE 20 STE -EEUSE TEATER Teater is dikwels soos 'n rebelse (opstandige) kind. Dit is egter 'n kragtige kunsvorm wat lesse oor die lewe, die samelewing en emosie en, nog belangriker, jouself, leer. Evalueer, in 'n opstel, hoe die toneelteks en die 20 ste -eeuse Teaterbeweging wat jy hierdie jaar bestudeer het, rebelleer en lesse oor lewensuitdagings en die mensdom se potensiaal vir verandering oordra. Skryf die naam van die toneelteks en die 20 ste -eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het, aan die begin van jou opstel neer. Verwys na die volgende in jou opstel: - Hoe die doelbewuste keuses van die dramaturg rebellie weerspieël - Die lesse van die lewensuitdagings wat eie aan die onderwerpmateriaal van die toneelteks is - Spesifieke voorbeelde om jou bespreking te ondersteun TOTAAL AFDELING A: 30 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON B 'n Moet-sien- produksie! 'n Kragtige openingstoneel! Belangrike boodskappe Is deesdae net so relevant as wat dit toe was Uitmuntende vaardige akteurs Die ensemble- groep speel goed saam 'n Belangrike bydrae tot Suid-Afrikaanse Teater … Weerspieël die lewens van die mense van daardie tyd … Emosioneel treffend! BRON B weerspieël die opgeneemde reaksies van lede van die gehoor na 'n onlangse opvoering van Woza Albert!. 2.1 Gee 'n definisie van die volgende: - Stel/Dekorstel (1) - Ensemble (1) - Rekwisiete - 'n Rolverdeling (1) (1) 2.2 Analiseer hoe die opvoering en verhoogplasing ' 'n kragtige openingstoneel' vir Woza Albert! kan skep. (6) 2.3 Motiveer waarom jy dink die toneelstuk 'emosioneel treffend' kan wees. (4) Kopiereg voorbehou VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON C 'n Moet-sien- produksie! 'n Kragtige openingstoneel! Belangrike boodskappe Is deesdae net so relevant as wat dit toe was Uitmuntende vaardige akteurs Die ensemble- groep speel goed saam 'n Belangrike bydrae tot Suid-Afrikaanse Teater … Weerspieël die lewens van die mense van daardie tyd … Emosioneel treffend! BRON C weerspieël die opgeneemde reaksies van lede van die gehoor na 'n onlangse opvoering van Sophiatown. 3.1 Gee 'n definisie van die volgende: - Stel/Dekorstel - Rekwisiete (1) Ensemble - - (1) (1) 'n Rolverdeling (1) 3.2 Analiseer hoe die opvoering en verhoogplasing ' 'n kragtige openingstoneel' vir Sophiatown kan skep. (6) 3.3 Motiveer waarom jy dink die toneelstuk 'emosioneel treffend' kan wees. (4) 7 SS/NSS VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON D 'n Moet-sien- produksie! 'n Kragtige openingstoneel! Belangrike boodskappe Is deesdae net so relevant as wat dit toe was Uitmuntende vaardige akteurs Die ensemble- groep speel goed saam 'n Belangrike bydrae tot Suid-Afrikaanse Teater … Weerspieël die lewens van die mense van daardie tyd … Emosioneel treffend! BRON D weerspieël die opgeneemde reaksies van lede van die gehoor na 'n onlangse opvoering van Siener in die Suburbs. 4.1 Gee 'n definisie van die volgende: - Stel/Dekorstel - Rekwisiete (1) (1) - Ensemble - 'n Rolverdeling (1) (1) 4.2 Analiseer hoe die opvoering en verhoogplasing ' 'n kragtige openingstoneel' vir Siener in die Suburbs kan skep. (6) 4.3 Motiveer waarom jy dink die toneelstuk 'emosioneel treffend' kan wees. (4) 4.4 Stel voor waarom dit belangrik is om 'n 'uitmuntende vaardige' akteur te wees. Gee voorbeelde uit die toneelstuk om die gebruik van fisiese en vokale vaardighede te toon. (6) 4.5 Verduidelik hoe die toneelstuk 'die lewens van die mense van daardie tyd' weergee met verwysing na die karakters en hulle gegewe omstandighede. (8) 4.6 Skryf 'n kort artikel vir 'n Erfenisdag-program. Bespreek die volgende stellings in BRON D in jou artikel: - ' 'n Belangrike bydrae
57fa16df-2f65-4063-8bfd-23efc82f4e2a-0
2
DIE NOODSAAKLIKHEID VAN LEES EN DIE BEVORDERING DAARVAN BY ONS LEERLINGE. Dit mag vir u vreemd voorkom dat die noodsaaaklikheid van lees op hierdie stadium van die onderwyssontwikkeling — as daar van ontwikkeling sprake is — in ons land in oënskou geneem moet word. Ons neem vanselfsprekend aan dat alle onderwyssers weet dat dit noodsaaiklik is. Ons neem ook aan dat dit in alle onderwysstelsels beklemttoon word. As dit die geval is, weet elke onderwyser mos hoe om die boek te hanteer en hoe om die noodsaaaklikheid daarvan in die klaskamer tuis te bring, en daarby hoe om lees te bevorder. Moontlik aanvaar ons in die onderwys te veel dinge, sonder om vas te stel of die aanvaarde wel bestaan. In hierdie eeu van klank, hierdie tegnologiese eeu waarin klankapparate, televisie, die radio, die radiogram tegnieë byna volmaak tot die menslike oor spreek, bestaan daar 'n wesentlike gevaar dat die hantering van die boek en die tydskrif al minder aandag geniet. Die volgende gegevens sal u moontlik laat dink en nadink: (a) Deur A. E. Betts in sy artikel: Parents and Teachers want to know about Reading (Education, Vol. 78 . . . Jan. 1959.) — dus sommer onlangs — word na aanleiding van 'n deurtastende onderzoek daarop gewys dat (i) 17% van die volwassenes van die V.S.A. boeke lees. Onthou dan asseblief dat dit die land is waar televisie reeds 'n magtige rol speel en waar kinders hulle ouers al vermoor het omdat laasgenoemdes hulle gehinder het toe hulle na hulle geliefde helde en heldinne gesit en kyk of na hulle geluister het. Slegs 17%! Wat doen die ander 83% dan? Hulle hou nie van boeke nie, lees moontlik allerhande snert, hou van spele waar hulle as toeskouers teenwoordig is. Die onderzoek toon dat hulle liewer hulle tyd voor die televisie-apparate deurbring as om te lees. Hulle luister net (in die geval van die radio) of kyk en luister (in hierdie geval na die televisie), d.w.s. hulle geestelike lewe gaan terug tot die konkreet-aanskoulike stadium, soos die waarin die kleinkind of die skoolgaande kind in die beginstanderds verkeer. (ii) Daarteenoor staan die persentasies in ander lande, nl. 31% in Kanada; 34% in Australië en 55% in Brittanje. (iii) Kaapland: In 1957 was daar 59,669 leers lede van die plattelandse biblioteek. Hulle het saam 1,906,210 boeke gelees of 'n gemiddelde van 31.9 per lid, d.w.s. 1 boek elke 11—12 dae van die jaar. (iv) Transvaal: In 1958 het 26,529 lede van die plattelandse biblioteek gemiddeld 26.2 boeke elk gelees, d.w.s. 1 elke 14—15 dae. Volgens die verslag van Betts staan die volwasse Brit dus bo aan die lys wat sy liefde vir die boek betref. Ongeëfukkig bestaan daar nie so 'n opgawet ten opsigte van die volwasse Suid-Afrikaner nie. Ons kan dus iets van die Brit leer, maar bepaald niks van die Amerikaner in die V.S.A. nie. As die boek waarop dan vanselfsprekend soveel klem in skole val, vir 17% (V.S.A.), 31% (Kanada), 34% (Australië) en 55% (Brittanje) betekenis het, dan is dit werkelik meer as noodsaaklik dat herhaalde male lig op hierdie aspek van taalonderwys moet val. Ek wil verder konstateer dat die resultaat van onderwysstelsels wat so 'n treurige beeld van die geestelike lewe van sekere volkere vertoon — S.A. kan maar daaronder met die grootste sekerheid ingesluit word — voorwaar nie geslaag het in die grootste opvoedingsdoel nie. (v) Hierby wil ek voeg dat 'n ondersoek aan die Universiteit van Delaware aan die lig gebring het dat die studiemetodes wat aan universiteite gevolg word, 'n groot gevaar inhoud vir ontspanningslees. Daar is gevind dat studente glad nie boeke vir ontspanningslees uitneem nie. Hulle koncentreer net op studieboeke, feite en nogmaals feite! Die universiteite dra dus weinig by tot die toekomstige tydverdryf van 'n volk waar vaders en moeders die nodige voorbeeld op die gebied van lees moet gee en wel lees as ontspanning. Hierdie onderzoek lê klem op die gevaar wat universitêre studie inhoud. Die skoolstelsels in drie lande, t.w. die V.S.A., Kanada en Australië, sowel as universitêre studie is nie juis daarop ingestel om liefde vir die boek tuis te bring nie. Maar laat ons ook kyk na die skole wat onder ons Departement ressorteer. Volgens die rapporte deur die taalinspekteurs die afgelope drie jare opgestel blyk dat ons leerlinge 'n gemiddelde van 7—8 boeke in die moeder- en van 4—6 in die tweede taal in 'n jaar lees. Wat die toestand in die provinsies is, kon ek nie vasstel nie. Ek glo dat dit daar nie veel beter kan wees nie, al stuur hulle op meer akademiese werk af as ons. U besef dus dat dit nie meer vreemd klink om die noodsaaklikheid van lees op hierdie tydstip te beklemtoon en opnuut onder die aandag van onderwysers te bring nie. U besef ook dat ons nie meer vanselfsprekend moet aanvaar dat ons onderwysers onder die huidige bedeling en onder die heersende onderwysstelsels, daarin slaag om 'n blywende leeslus by ons kinders op te wek nie. Die dosente slaag ook nie daarin in die inrigtings van hoër onderwys nie. As dit dan so is, dan verg hierdie vraagstuk die intensiewe aandag van elke onderwyser wat die regte taalbeskouing huldig en wat weet dat taal die noodsaklikste vak op skool, naas godsdienis is. Onlangs het die Cronje-verslag oor ongewenste lektuur verskyn. Die inhoud daarvan veroorsaak rillings en laat 'n mens sidder. Dit vervul 'n mens wat dit wel meen met die taal en die geestelike bouwerk in 'n volk, met walging. Red nou 'n volk wie se kinders en jongmense hulle geestelik versadig by die besmette waters wat uit die geelpers opborrel en die volk siek maak. Dit bring mee 'n grootskeepsse besoedeling van die gedagte van die kinders en die jeug. Geen wonder dat stemme dringend opgaan om die geelpers aan bande te lê nie. Hoe lank daarmee nog getalm gaan word, weet ons nie. Dit weet ons egter dat die geelpers besig is om alles af te breek wat moontlik op skool vir die boek opgebou word. Die geelpers het al klaar 'n behoefte in die siel van die jeug opgebou om hulle aan smerterige en smerige leesstof te versadig. Die persentasie kinders en volwassenes wat hulle uitsluitlik met die laaglyoerse, die konkreet-aanskoulike, die seksuele perverte bedrywe van die mens, die naakte en halfnaakte vroulike liggaaom op leesgebied besighou, is eenvoudig fantasies. Die goeie boek daarentéê lê en wag op 'n onderwystelsel waarin onderwysers staan wat deeglik toegerus is en flink kan optree om die kaf van die koring te skei. Hulle is die mense wat 'n ander leesweg vir die jeug moet aandui, nl. na die veredelende leesstof toe, na wat geestelik opheffend en skoon is. DIE NOODSAAKLIKHEID VAN LEES. Die mens as fisies-psigiese wese (liggaamlik en geestelik van aard) het verschillende behoeftes wat om versadiging en bevrediging vra. Ons ywer onverpoosd om vir die liggaamlike te sorg: voedsel en oefening, en as die liggaam siek is, word dit medies versterk. Die gewone arbeider sal op die vraag wat hy doen, antwoord: „Ek werk om te lewe". Dit is waar: dit
e20b88ad-130f-44aa-b508-3084fe03a261-0
2
Maar hulle betekenis en toepassing is onbeperk. Hierdie verskil moet tot die onderwyser by die uitbouing van 'n begrip in gedagte gehou word. (g) Lees is noodsaklik omdat dit studie moontlik maak: In hierdie verband ondervind leerlinge groot probleme. Die leesstof daarvoor is soms kompak geskrywe. Nuwe begrippe tree in 'n opeenstapelen-de aantal na mekaar op en die meeste daarvan is bepaald nie goed verduidelik nie, beide wat die beeld en die verbale vorm betref. Die voorgestelde onderwerpe is soms ver van die werkelikhed af verwyder wat die kinders betref. Hulle wemel van abstraksie op 'n hoë vlak. Soms is die woordeskat tegnies van aard en bring semantiese probleme mee. Woorde word op so 'n wyse in sinne gebruik dat die betekenis daarvan moeilik in woordeboeke onderskei of nagespeur kan word. Om hulle te kan verstaan, moes al die moontlike betekenisse van elke woord onderrig gewees het. En dit is amper 'n onmoontlikheid as die werklike onderwysure van tale in aanmerking gencem word. Hierdie soort lees is absoluut noodsaklik en duï op die onmisbaarheid van die uitbouing van die leerlinge se woordeskat op skool. Die woordeskat sal voorsiening maak vir abstraksies, vir figuurlike taal en ongewone beskrywende woorde wat groot probleme oplewer. Die boeke wat leerlinge gewoonweg raadpleeg, bevat 'n bekende woordeskat. Ek wil hier baie duidelik stel dat as 'n kind nie op skool leer lees nie, daar weinig hoop bestaan dat hy dit elders sal kan leer. Die belangrikste opvoedkundige probleem is dus om die skool aansluitend by die praktiese lewe te maak, 'n kon-tinuie proses waardeur die leerlinge in staat gestel word om aan volwassenes se aktiwiteite deel te neem. Sodoende dra hulle tot hul eie verbetering by. Die skool moet die kind laat dink. Daarvoor moet lees gebruik word. Om te dink, is die vermoe om 'n idee vas te gryp, dit uit te bou, toe te pas, te bekritiseer en dan vas te stel of dit aanvaar moet word. Kortliks, om te dink bestaan daarin om betekenisse te vind en hulle uit te toets. Om te dink, is om gedagtes te organiseer, te interpreteer en te herkonstrueer. Om die denke produktief uit te bou, is een van die belangrikste fases van onderwys. Daarvoor is lees een van die belangrikste middels. Die studerende kind, is die denkende kind. En die denkende kind is hy wat weet wat belangrik vir sy doel is, d.w.s. hy organiseer die relevante gedagtes vir sy onderwerp. Hoe kan 'n mens nou doeltreffend studeer as hy nie goed kan lees nie? Die moderne student is om-ring deur 'n duisternis boeke in biblioteke waarin spesifiek oor sy studieterrein gehandel word. Almal is nie ewe belangrik nie. Die kaf moet van die koring geskei word. Het die skool in hierdie soort onder-rig geslaag? Op hierdie gebied van studielees is in Amerika en in Engeland 3,000 navorsingseenhede gelever tot in 1955 en jaarliks is talie daarna bygevoeg. In 1948 het prof. Vernon en prof. Watts in Engeland oor die 9,000 ppe. in die skole getoets. Die doel was om vas te stel of die leesbekwaamheid in Engeland gedaal het. Die bevinding was: NEE. Ook prof. Gray in Amerika het bevind dat dit ook nie in Amerika die geval is nie. Die leerlinge is oor die algemeen tans jonger as vroeër en daarom word die indruk verkry dat hulle deesdae swakker lees. Hoewel vastgestel is dat die leesbekwaamheid nie gedaal het nie, wil dit nog nie die indruk verwek dat hulle lees nie aan baie gebreke mank gaan nie. Ons wat inspeksiebesoekte aflê, weet dat talie leerlinge in Matrikulasie nie in staat is om behoorlik vinnig en vloeiend te lees nie, laat staan maar die begrip. Die omvang van swak leesvermoë t.o.v. spelling, begrip, taalvemoë word deur ons inspekteursielkundige by sekere tipe skole blootgelê. Sy bevinding is dat die meeste leerlinge twee jaar in hulle lees-vermoë agter geraak het. Nou kan u self verstaan dat hulle glad nie na behore kan vorder nie. Die toestand baar werlik sorg. As 'n leerling swak, hortend en stadig lees, twee jaar gemiddeld in leesontwikkeling agter is, hoe kan sodanige leerling behoorlik begryp wat gelees word? Niemand wat nie presies weet hoe om 'n tang tydens die knip van draad te hanteer nie, sal sonder bloedblaare die sakie afhandel nie. As die leerling nie kan fraseer nie, die woorde nie behoorlik kan herken nie, nie presies weet waar die klem in elke sin val nie, dan bestaan daar 'n geringe moontlikheid dat hy ooit die bedoeling van die skrywer sal kan begryp, omdat die betekenis van woorde tussen swak en onbeholpe ooggrepe en ruspouses van die oë totaal verlore gaan. Dit is mos 'n vasstaande feit dat die brein sy interpretasie aan woorde tydens die ruspouses van die oog gee. i) ... Die Terapeutiese doel/noodsaaklikheid. Die sielkundiges, medici en geestelikes kom in hulle meninge omtrent die ontwrigte mens in 'n hoogs gespesialiseerde, streng, kompeterende nasionale huishouding hierin ooreen: a) ... Die mens is siek; b) ... hy is nie so seer liggaaamlik as geestelik siek nie; c) ... hy het terapie nodig; d) ... die beste terapie vir hom in die geslote, gespanne masjienkamer en masjieneeu, is die woord, die gesproke, maar veral die geskrewe woord wat direk tot hom spreek in sy werksomstandighede en hom onderrig hoe om te kan ontspan. Daar het u dit! U en ek wat dink dat ons nie geestelik siek is nie, wat dink dat ons gebalansseerd dink en handel, haal uit boeke vir onsself heilsame dinge uit as ons daarna soek. Ons is moontlik goeie vaders maar nie altyd daarvan bewus dat ons tiran- nies teenoor ons kinders en teen die vrou optree nie. Ons is te streng of moontlik te toegewend. Albei met 'n te daarby het 'n nadelige uitwerking op die huis- like atmosfeer en die onderlinge verhou- dinge. Deur boeke te lees waarin die gevolge van soortgelyke optrede geskets word, word ons moontlik van ons kwale genees. Die boek het dus vir ons 'n terapeutiese waarde. Die doel van ons lees was dus nie alleen terapeuties nie, maar ook geestelik noodsaklik. Op dieselfde wyse kan talle mense wat geestelik bekwaal is — geneeshere kan daarvoor tog nie selfies gee nie — oplossings van hulle probleme vind deur boeke oor hulle probleme te lees. Dit is tewens bewys dat leesterapie deur sielkundiges toegepas, goeie resultate afgewerp het. By hierdie ag-nege noodsaklikhede kan nog 'n paar minder belangrikes by- gevoeg word, bv. lees om rapporte te kan opstel, lees om woorde te kan her- ken, lees om goeie gewoontes aan te kweek teenoor jou naaste en jou meer- deres en ook teenoor jou minderes. Maar dan moet ek nog die laaste doel noem en moontlik die vernaamste doel en noodsaklikheid: Lees met die doel en noodsaklikheid om geestelik by die eindbestemming van die mens te kom: lees om my sondige aard te kan besef, hoe ek daarvan verlos kan word en hoe ek 'n Godewelbehaglike lewe kan lei om Hom altyd dankbaar te kan bly. Eindelik kan ons al die doelein- des en noodsaklikhede tot twee hoofgroep reduseer: (a) Die wêreldse of aardse doel en noodsaklikheid van lees: (b) Die hemelse of eindbestemmings- doel. Die leesdoel is meteens bepalend vir die noodsaklikheid daarvan. Hierdie twee kan inherent nie geskei word nie. J. L. DU PLOOY. Pretoria. (Word vervolg).
e20b88ad-130f-44aa-b508-3084fe03a261-1
2
Vrydag 2 Desember Skrifgedeelte: Openbaring 4:9 – 5:14 Fokusgedeelte: Openbaring 5:7-9 Eers huilend, dan singend: "Die Leeu, Lam is waardig!" Beleef jy soms verskillende gemoedstoestande? In Openbaring 5 word daar gehuil en jubelend gesing! Terwyl die kerk rondom God se troon sit, sit God met 'n boek beskryf met al die raadsbesluite van die verlede, hede en toekoms in sy regeerhand. 'n Sterk engel roep: Wie is waardig om die boek oop te maak om die raadsbesluite van God in vervulling te laat gaan? Johannes huil: Daar is niemand waardig genoeg nie! 'n Ouderling rondom God se troon sê: Moenie huil nie, jy gaan netnou hoor hoe die ontelbare kerkmense saam met baie engele en die lewende wesens gaan sing! Daar is die Leeu uit die Judastam, wat terselfdertyd ook die Lam van God is, wat waardig is om die boek oop te breek. Toe die kerk (ouderlinge) en die lewende wesens vanuit God se troon Jesus as die Leeu en die Lam sien uitkom en die boek uit die regeerhand van God neem, val hulle – elkeen met 'n musiekinstrument en die welriekende gebede van die gelowiges – voor die Lam neer. Hulle sing 'n nuwe lied: "U is waardig!" Hoekom? "Want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop … om ons konings en priesters vir onse God te maak." As 'n refrein by hierdie lied sluit die stem van baie engele rondom God se troon by die lewende wesens en die ontelbare ouderlinge aan. Hulle sing weer: Die Lam is waardig om te ontvang … sewe volmaakte lofseggings: krag, rykdom, wysheid, sterkte, eer, heerlikheid en lof. 'n Derde koorlied volg uit die mond van elke skepsel: Aan die Lam kom toe die lof, eer, heerlikheid en krag! 'n Vierde koor sing: "Amen!", en die kerk val biddend voor Hom neer …! Volgens Genesis 49:8-10 is die Judastam die koningstam. Juda is die wortel (beginpunt) van koning Dawid. En soos God belowe het, is Jesus uit hierdie koningshuis gebore. Maar uit die Judastam en koningshuis is daar soveel sondige en owerspelige mense afkomstig dat Jesus eers Homself as sondelose offerlam moes aanbied om te betaal vir ons sonde. Glo jý? Dan gaan jy wat nou huil, jubelend saamsing! Oefen solank! Sing: Skrifberyming 8:1-5 (5-3) Ds. AH Stavast (Arie)
d7ee7237-53a8-4e6e-9614-627e5edb1a3d-0
1
Opwarming∗ Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 † 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 5 3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 4 Module 4 5 DANS/BEWEGING 5.1 AKTIWITEIT 1 5.2 OPWARMING 5.3 [LO 3.1] Opwarmings- en vaardigheidsbourituele en liggaamsorg moet regdeur die jaar geïmplementeer word: gebruik basiese lokomotoriese en nie-lokomotoriese bewegings. Lokomotoriese bewegings: Loop Verken meer variasies van loop, soos: met knieë hoog gebuig voor of sywaarts; met bene in- of uitgedraai; met bene oorkruis op elke stap; met wyduitgestrekte bene; met die gebruik van verskillende arm- en handbewegings, soos: hande gevou agter die rug; met steekbewegings; handklappe bokant kop; slaan op borskas; arms stilgehou in enige posisie; arms swaaiend in verskillende posisies; ensovoorts; verandering van rigting, vlak, treedimensie (bv. lang of kort), tempo en krag (bv. lig, sterk of vloeiend). Voorgestelde kombinasies met verskillende variasies, bv. loop vorentoe, klap hande na vore op een looppas en na agter op die volgende; loop met bene hooggelig en klap hande onder een been en dan ander; loop op tone met voete gesprei, wiegend van kant na kant en klap hande bokant kop. Skep eie kombinasie. Hardloop Verken variasies van hardloop: verander vorm bv. knieë gebuig en hoog op na vore; ∗ Version 1.1: Jun 26, 2009 12:58 am -0500 † http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/ * bene in- of uitgedraai; * gebruik verskillende arm- en handbewegings; * verander ruimtelike patrone bv. vlakke, dimensie van passe, roete; * fokus (bv. tuur na bo, sywaarts of na `n vaste fokuspunt); verander tempo. Voeg verskillende variasies in kombinasies bymekaar, bv. hardloop vorentoe met arms vorentoe of gestrek, tuur gefokus agtertoe oor enige skouer. Skep eie kombinasie. Nie-lokomotoriese (Aksiale) bewegings(draai, buig, strek, stoot en swaai) Verken buiging en strekking van verskillende liggaamsdele, bv. * middellyf (vorentoe en sywaarts); bene by knieë en heupgewrigte (lig bene op); arms (by elmboë); * verander vorm d.m.v. strekking (van klein tot groot, uitwaarts in alle rigtings) en sametrekking met draaiing om die middelpunt van liggaam (gebruik korrekte asemhalingstegniek), op verskillende vlakke, in verskillende vorms en met verandering van spoed en krag. Voorgestelde kombinasies: * opvolgende uitwaartse en inwaartse bewegings (strek en buig in alle rigtings) in `n gedrae manier (legato); herhaal in reekse van drie of vier pulsasies (staccato); * beweeg uitwaarts en inwaarts met `n draaiende, kronkelroete; * vou hande saam en strek en buig elmboë, maak soveel rigting , vlakke, krag en spoed veranderinge as moontlik. Skep eie kombinasie. Swaaie Soos in graad vier, met byvoeging van swaai van bene (vorentoe en agtertoe; van kant na kant ); met sywaartse gebruik van arms en borskas (staan wydsbeen, buig borskas vorentoe en dan sywaarts, swaai borskas versigtig soos `n pendule: kop en arms behoort ontspanne te hang en slegs saam met borskas te beweeg). Gebruik danstegniek om stamina, krag en soepelheid te bevorder. Spronge Soos in graad 4, met meer beheer en krag in die uitvoering van spronge en verkenning van vorm, ruimte, tyd en krag: in ruimte verander rigting met halwe en vol draaie in die lug; verander dimensie, vlak tyd en krag. Voorgestelde kombinasies: * spring baie vinnig, verminder geleidelik spoed via natuurlike tempo na stadige tempo en herhaal sekwens omgekeerd; * spring vanaf een voet en kap hakke teen mekaar in die lug aan teenoorgestelde kant, land op albei voete; * spring met arms wat na vorentoe, agtertoe en in sirkels swaai; * skep eie kombinasie. hinkpasse/hoppe Verken variasies van hop met vry been hoog na vore of sywaarts gebuig; met vry been vorentoe, sywaarts of agtertoe gestrek. Hop verskeie kere na linkerkant met regtervoet, dan regterkant met linkervoet; hop op die plek, swaai vry been vorentoe en agtertoe op opeenvolgende hoppe. Skep eie kombinasie. AKTIWITEIT 2 OM VERHOUDINGS DEUR DANS TE VERKEN 2 [LU 3.2] Werk in pare Beweeg saam met `n maat om `n perfekte eenheid te vorm, bv. wip saam op en af laat wip geleidelik afneem totdat gesamentlike stilstand bereik word. Haal asem en begin woordeloos weer saam wip (`n frase begin met stilstand, groei tot groot wippe, en vervaag). Konfronteer `n maat met oop handpalms na mekaar. Bly in spieëlbeeld, sak af na vloer en kom regop, bly presies teenoor mekaar terwyl, hande van mekaar wegbeweeg (sprei), rys op tone, ens. Hou maat se hande deurgaans dop. Volg die leier Volg `n leier wat bewegingswyse en - pas bepaal; leier verander bewegingswyse of rigting, agtervolgers boots verandering so gou moontlik na: behou gelidformasie. Eenparige werk Bestudeer eie verkose slaapposisies. Konsentreer en memoriseer drie van hierdie posisies. Beweeg natuurlik in stadige aksie van een posisie na die ander. Herhaal `n paar keer. Kies `n maat om mee saam te werk, memoriseer mekaar se posisies en voer hierdie bewegende posisies saam uit. Werk in teenstelling Werk in pare of `n klein groep. Leerder A (of helfte van die groep, as daar in groepe gewerk word) strek (sprei) die liggaam vir vier tellings in `n vloeiende wyse en maak die beweging so groot as moontlik, gevolg deur `n stadige sametrekking (maak liggaam so klein as moontlik) vir vier tellings in `n ander vorm. Hou vol met hierdie aksies en herhaal met verskillende vorms elke keer. Leerder B (of ander helfte van groep) begin met die sametrekking, maar gebruik vier polsslae om saam te trek en vier om te strek (hou tyd met gegewe ritme). Skep eie kombinasies. Beantwoord die volgende vrae wanneer jy klaar is: 1. Gee `n voorbeeld van lokomotoriese bewegings. 2. Wat is nie-lokomotoriese beweging? 3. Waar is die volgende vlakke? Lae vlak Middelvlak Hoë vlak 1. Wat gebeur as iemand in jou vashardloop? 2. Hoe voel jy daaroor? 3. Hoe kan jy verseker dat almal in `n veilige omgewing saam dans? 6 Assessering LU 3 DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem. Dit is duidelik wanneer die leerder: ALGEMEEN t.o.v. 3.1 3.7 hieronder, die volgende toon: * saamwerk met ander lede van `n groep gedurende kunsaktiwiteite; * die vermoë toon om eie bydraes binne
<urn:uuid:d12ab302-4cac-4a94-8533-54183873b87d>-0
5
SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS AANSOEK OM 'N VERDERE BEVOEGDHEIDSERTIFIKAAT Artikel 9(6)(a) van die W et op Beheer van Vuurwapens, 2000 (W et No 60 van 2000) AMPTELIKE DATUMSTEMPEL A. VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIESTASIE WAAR DIE AANSOEK OP REKENAAR VASGELê WORD Aansoekverwysingsnommer 1 DATUM ONTVANG B. VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE POLISIESTASIE WAAR DIE AANSOEK ONTVANG WORD 1 Provinsie 2 Area 3 Polisiestasie 4 Komponentkode 5 Verwysingsnommer van vuurwapenaansoekregister SAPD 86 NO JAAR C. VIR AMPTELIKE GEBRUIK DEUR DIE SENTRALE VUURWAPENREGISTER (SVWR) Uitstaande/Bykomende inligting wat verlang word 1 - Persal-nommer - - Datum 2 3 Handtekening van polisiebeampte 4 Naam in drukskrif 5 Aansoek om ’n verdere bevoegdheidsertifikaat 6 goedgekeur (Merk met ‘n X) - Persal-nommer - - Datum 7 8 Handtekening van SVWR-beampte 9 Beamptekode Naam in drukskrif 11 10 Aansoek om ’n verdere bevoegdheidsertifikaat 12 geweier (Merk met ‘n X) Rede(s) vir weiering 13 - Persal-nommer - - Datum 14 15 Handtekening van SVWR-beampte 16 Beamptekode Naam in drukskrif 17 18 D. SOORT VERDERE BEVOEGDHEIDSERTIFIKAAT (Merk met 'n X) 1 A Om in vuurwapens handel te dryf 2 B Om vuurwapens te vervaardig 3 C Om besigheid as 'n wapensmid te bedryf 4 D Om 'n vuurwapen vir te besit (Merk met 'n X) Handgun Rifle Shotgun 2 B Om vuurwapens te vervaardig 3 C Om besigheid as 'n wapensmid te bedryf 4 D Om 'n vuurwapen vir te besit (Merk met 'n X) Handgun Rifle Shotgun E. BESONDERHEDE VAN AANSOEKER 1 BESONDERHEDE VAN NATUURLIKE PERSOON 2 Soort identifikasie (Merk met 'n X) 2.1 SA-burger Nie-SA-burger met permanente verblyfreg* Identiteitsnommer - - - 3 Van Voorletters 5 4 Volle name 6 7 Woonadres Poskode 8 9 Posadres Poskode 10 11 Telefoonnommer Huis ( ) Werk ( ) 11.1 11.2 11.3 Selfoonnommer Faks ( ) 12 13 E-posadres 14 Ambag of beroep Indien selfwerksaam, 15 spesifiseer 16 Naam van werkgewer/maatskappy 17 Besigheidsadres Poskode 18 19 Telefoonnommer Huis ( ) Werk ( ) 19.1 19.2 19.3 Selfoonnommer Faks ( ) 20 21 E-posadres F. BESONDERHEDE VAN HUIDIGE/VORIGE BEVOEGDHEIDSERTIFIKAAT VAN AANSOEKER 1 Soort bevoegdheidsertifikaat 2 Nommer van bevoegdheidsertifikaat 3 Datum van uitreiking - - Vervaldatum - - 4 5 IS U 'N LID VAN 'N GEAKKREDITEERDE VERENIGING? (Merk met 'n X) JA NEE Indien ja, verstrek die volgende besonderhede Naam van geakkrediteerde vereniging 6 Lidnommer Datum aangesluit - - 7 8 * In geval van 'n nie-SA-burger, moet bewys van permanente verblyf verstrek word. 9 ANDER INLIGTING 10 IS U AL OOIT SKULDIG BEVIND AAN ’N OORTREDING WAT BINNE OF BUITE DIE GRENSE VAN SUID-AFRIKA GEPLEEG IS? (Merk met ‘n X) JA NEE Indien ja, verstrek die volgende besonderhede 10.1 Polisiestasie (1) MAS- 10.2 /Saaknommer 10.3 Aanklag 10.4 Vonnis 10.5 Polisiestasie (2) MAS- 10.6 /Saaknommer 10.7 Aanklag 10.8 Vonnis 11 IS DAAR ENIGE SAKE HANGENDE TEEN U? (Merk met ‘n X) JA NEE Indien ja, verstrek die volgende besonderhede 11.1 Polisiestasie (1) MAS- 11.2 /Saaknommer 11.3 Oortreding 11.4 Polisiestasie (2) MAS- 11.5 /Saaknommer 11.6 Oortreding 12 IS ENIGE VAN U VUURWAPENS AL OOIT GESTEEL OF HET DIT AL OOIT VERLORE GERAAK? (Merk met ‘n X) JA NEE Indien ja, verstrek die volgende besonderhede 12.1 Polisiestasie (1) MAS- 12.2 /Saaknommer 12.3 Omstandighede 12.7 Besonderhede van vuurwapen 12.5 Polisiestasie (2) MAS- 12.6 /Saaknommer 12.7 Omstandighede 12.8 Besonderhede van vuurwapen 13 IS ’N SAAK VAN NALATIGHEID RAKENDE DIE GESTEELDE/VERLORE VUURWAPEN GEOPEN EN ONDERSOEK? (Merk met ‘n X) JA NEE Indien ja, verstrek die volgende besonderhede 13.1 Polisiestasie MAS- 13.2 /Saaknommer (1) 13.3 Aanklag Uitslag 13.4 13.5 Polisiestasie (2) MAS- 13.6 /Saaknommer 13.7 Aanklag Uitslag 13.8 14 IS U AL OOIT ONBEVOEG VERKLAAR OM 'N VUURWAPEN TE BESIT? (Merk met 'n X) JA NEE Indien ja, verstrek die volgende besonderhede Polisiestasie MAS- 14.2 /Saaknommer 14.1 (1) Klag 14.3 Datum vanaf Tydperk 14.4 14.5 Polisiestasie MAS- 14.7 /Saaknommer 14.6 (2) Klag 14.8 Datum vanaf Tydperk 14.9 14.10 IS 'N VUURWAPEN IN U BESIT AL OOIT GEKONFISKEER? (Merk met 'n X) 15 JA NEE Indien ja, verstrek die volgende besonderhede Polisiestasie MAS- 15.2 /Saaknommer 15.1 (1) Omstandighede Uitslag 15.3 15.4
d36b45aa-9c25-428d-b8fb-c9261d71b426-0
0
AfriForum-webkoekiebeleid Webwerwe en webportale Dokumentnaam: AfriForum-webkoekiebeleid Jongste hersieningsdatum: 28 April 2021 Weergawe: 1.0 Vrywaring Hierdie beleidsdokument, die bybehorende aanhangsel(s) en enige regte hieraan verbonde is die eiendom van AfriForum, tensy die konteks duidelik anders aandui. Dit is vertroulik, privaat en slegs bedoel vir die geadresseerde, en mag slegs deur die geadresseerde gebruik word vir die spesifieke doel waarvoor die beleidsdokument aangevra is. Die geadresseerde moet alle persoonlike inligting wat hierdeur tot sy of haar kennis of in sy of haar besit kom as vertroulik hanteer en mag dit nie openbaar maak sonder die instemming van AfriForum nie. AfriForum aanvaar geen enkele verantwoordelikheid vir enige verlies of skade, op watter manier ook al opgedoen of gely, wat voortvloei uit, of die gevolg is van, die gebruik van die inligting in hierdie beleidsdokument of die aanhangsel(s) daarvan. Inhoudsopgawe Oorsig AfriForum het homself verbind tot die ontwikkeling van veilige beleid en praktyke; in hierdie verband word ook hierdie webkoekiebeleid geïmplementeer. Hierdie beleid stel AfriForum daartoe in staat om telling te hou van besoeke aan die webwerwe asook die verkeersbronne, en om die funksionering van die AfriForum webwerwe en -portale te verbeter. Hierdie webkoekies help om AfriForum in te lig oor watter webblaaie die gewildste of mins gewilde is, en dit laat sien op watter wyse besoekers die webwerwe verken. Al die inligting wat deur hierdie webkoekies ingesamel word, word as gemiddeldes verskaf en bly om daardie rede anoniem. Die beleid is van toepassing op alle AfriForum webwerwe en -portale. Beleid Die webwerf of -portaal maak gebruik van webkoekies wat op die besoeker se toestel of rekenaar geplaas word sodat die webwerf/-portaal 'n beter gebruikerservaring kan voorsien. Oor die algemeen word koekies gebruik vir die volgende doeleindes: om gebruikersvoorkeure vas te lê, inligting te bewaar vir toepassings soos digitale winkelmandjies, en om anoniem gemaakte volgdata aan derdepartytoepassings soos Google Analytics te voorsien. In die reël sal koekies jou webervaring as gebruiker verbeter. Jy kan egter daarvoor kies om koekies af te skakel vir hierdie webwerwe of vir enige ander webwerwe. Die doeltreffendste manier om dit te doen is om koekies af te skakel in jou webblaaier of soekenjin. Ons raai jou aan om hiervoor die hulpfunksie van jou webblaaier te gebruik of om die About Cookies-webwerf te besoek waar jy leiding sal ontvang vir koekievoorkeure vir alle moderne webblaaiers. Handtekening: __________________________ Datum: __________________
f9e91940-edbe-4735-bbae-35ff117e61d8-0
1
ERROR: type should be string, got " https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/covid-19-dis-hoeveel-beddens-in-gauteng-kort/\n\n Covid-19: Dís hoeveel beddens in Gauteng kort 28 Junie 2020 Tania Heyns\n\n Al sou die Gautengse departement van gesondheid al die beddens in sy kwarantynfasiliteite gebruik wat vroeër vanjaar spesifiek vir die Covid-19-pandemie opgerig is, sal die departement stééds nie genoeg hospitaalbeddens hê wanneer die nuwe koronavirus sy verwagte piek later vanjaar bereik nie.\n\n Dít terwyl ʼn kenner meen dat die regering nie genoeg gedurende die algehele landwye afsondering gedoen het om voor te berei vir die verwagte piek nie.\n\n Gauteng is in dié stadium die nuwe episentrum en die provinsie het tans meer aktiewe gevalle van Covid-19 as die Wes-Kaap. Die tempo waarteen nuwe infeksies die afgelope week in Gauteng aangeteken is, is boonop veel hoër as dié van die Wes-Kaap, het Barend Uys, hoof van navorsing en ontwikkeling by die burgerregteorganisasie AfriForum, Donderdag aan Maroela Media gesê.\n\n Kwara Kekana, woordvoerder van die departement, het vandeesweek aan Maroela Media gesê Gauteng het in dié stadium reeds vyf kwarantynfasiliteite met beddens ingerig te midde van die pandemie.\n\n Dié fasiliteite is die Eskom Training Centre in Midrand, die Telkom Training Centre in Olifantsfontein, Transnet Esselen Park in Kempton Park, die Nasrec Expo Centre in die suide van Johannesburg en ʼn fasiliteit by die Abe Baily-natuurreservaat in Carletonville.\n\n Volgens Kekana het dié fasiliteite altesaam 1 661 beddens waarvan 297 in dié stadium spesifiek deur mense gebruik word wat in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets het.\n\n Kekana het verduidelik dat enige van dié beddens ingespan kan word wanneer die verwagte piek tref. \"Dit is egter belangrik om die behoeftes van ʼn pasiënt te bepaal na gelang van sy of haar toestand. Daar is verskillende kategorieë van pasiënte wat verskillende beddens sal benodig, waaronder kritieke beddens, hoësorgbeddens en algemene beddens,\" het Kekana verduidelik.\n\n Daar word in dié stadium egter beraam dat Gauteng ʼn tekort van 6 878 hospitaalbeddens gaan hê wanneer die nuwe koronavirus sy verwagte piek teen einde Augustus of begin September bereik. Kenners verwag dus nie dat dié 1 661 kwarantynbeddens ʼn duik gaan maak in die tekort aan hospitaalbeddens nie.\n\n Bandile Masuku, die Gautengse LUR van gesondheid, het vroeër vandeesweek verduidelik dat die verwagte tekort gegrond is op die voorspelling dat ongeveer 8 000 beddens vir ernstige siek pasiënte benodig sal word tydens die piekperiode. Daar is tans net 1 122 hospitaalbeddens in die provinsie se waakeenhede beskikbaar.\n\n Die situasie wat gewone hospitaalbeddens betref, is selfs meer beroerd nadat Masuku aangedui het dat daar tydens die piekperiode na verwagting 25 000 gewone beddens benodig gaan word. Daar is egter slegs 6 803 gewone hospitaalbeddens beskikbaar. Dit beteken dat die provinsie ʼn tekort van sowat 18 000 gewone hospitaalbeddens in sy provinsiale hospitale gaan hê.\n\n Argieffoto: Erkan Utu/Pexels.com\n\n Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut, sê die regering het bitter min tydens die afsonderingstydperk gedoen om die gesondheidstelsel behoorlik voor te berei vir wat voorlê. \"Ons het meer tyd bekom, maar ons het uit ʼn gesondheidsorgperspektief niks daarmee gedoen nie, behalwe om Covid-19 se piek in die winter in te skuif,\" meen Mulder.\n\n \"ʼn Baie donker prentjie staar Suid-Afrika eintlik nou in die gesig en ons kan verwag dat die aantal gevalle teen einde Julie sal verdubbel,\" sê Mulder.\n\n Maroela Media het vroeër berig die regering het in Mei vooruitskattings bekendgemaak wat bepaal dat Suid-Afrika se Covid-19-gevalle reeds tussen Julie en Augustus ʼn hoogtepunt kan bereik. Die regering het tóé reeds voorspel dat dit vinnig ʼn tekort aan derduisende hospitaalbeddens tot gevolg gaan hê.\n\n Die regering se voorlopige vooruitskattings het onder meer bepaal dat Suid-Afrika teen Junie meer as 30 000 Covid-19-gevalle sou hê, met meer as 500 sterftes.\n\n Dié syfer is in werklikheid veel hoër. Altesaam 131 800 bevestigde gevalle is teen Saterdagaand in die land aangemeld. Die land se dodetal staan reeds op 2 413.\n\n Volgens die regering se voorlopige vooruitskattings sal die land waarskynlik tydens die hoogtepunt van die pandemie tussen 70 000 en 90 000 gewone hospitaalbeddens benodig. Suid-Afrika het in Mei oor ongeveer 90 000 van dié beddens beskik. Luidens die model sal verskillende provinsies waarskynlik op verskillende tye ʼn hoogtepunt bereik, wat beteken die gevalle sal nie eweredig oor die land versprei wees"
84178075-8ece-4267-8584-a0463ba39c56-0
1
STOP KALK IN SY SPORE ISRAELI PTH WATER-KONDISIONEERDER WAT IS 'N PTH? 'n PTH – die afkorting staan vir PERFEKTE TEEVOETER VIR HARDHEID – is 'n in-lyn, onbreekbare chemikalië-vrye, veeldoelige katalitiese omsetter, spesifiek ontwerp om die nadelige effekte van harde water uit te skakel, en sodoende sensitiewe implimente beskerm. Dit bied die verbruiker 'n reeks bykomende voordele wat wissel van gesondheidsverbetering, tot die aanwakkering van kontantgewasse, tot die verbetering van die smaak van brak water. (Cobus Rossouw van Bloemfontein vermeld dat sy water nou soos reënwater proe nadat PTH daarmee klaargespeel het!) HOEKOM HET EK 'N PTH STELSEL NODIG? Is jy raadop met harde water? Het die geiser vir die soveelste keer gebreek? Skuim jou seep nie? Jeuk jy as jy klaar gestort of gebad het? Het jy al duisende Rande spandeer om jou wasmasjien, jou skottelgoedwasser of jou ysmasjien in stand te hou? Dis alles die gevolg van een enkele faktor: KALK. Kalk word veroordsaak deur die teenwoordigheid van Kalsium (Ca) en Magnesium (Mg) in die water. Sodra water wat hierdie stowwe bevat verwarm word, slaan dit onmiddellik neer in die vorm van 'n aanpaksel. Dis 'n karbonaat, of CaCo3 of MgCo3. EN DIT KOS JOU GELD: EEN MILLIMETER KALK VEROORSAAK ONMIDDELLIK 'N STYGING IN KRAGVERBRUIK VAN 10%! Uit 'n gesondheidsoogpunt, sal jy jou ligaam 'n reuseguns bewys deur PTH-behandelde water te drink. Lees verder… WAARVOOR WORD DIE TOESTEL GEBRUIK ? Die PTH is 'n veeldoelige waterkondisioneerder. Dit word vir die volgende doeleindes gebruik: * Voorkoming van kalksteen-aanpaksels en roes. * Verwydering van reeds-gevormde kalk- en roesneerslae en aanpaksels. * Bekamping van yster- en mangaan-neerslae. * Vermindering van oksidasieprosesse met gepaardgaande neerslae. * Vermindering van gasinhoud van water. * Verbetering van wasvermoë vanweë " natter " water. * Verbetering van smaak, onder andere brak, chloor en swael smaak. * Verhoging van grondinfiltrasie-vermoë. * Verbetering van saadontkieming. * Voorkoming van verbrakking van grond. * Verbeterde plantegroei en verhoogde produksie. * Verbeterde benutting van swembad-chemikalië * Verminderde algegroei in swembaddens en suipkrippe WAARUIT BESTAAN DIE TOESTEL? Die Israelies-vervaardigde PTH Water kondisioneerder stelsel bestaan uit `n vlekvrye staal buite-omhulsel, die buis, met `n ingeboude kern saamgestel uit 12 verskillende edelmetale en -minerale, wat as katalisator dien. Die sisteem word vervaardig in groottes van `n 1/2 duim tot 12 duim, om water volumes van 600 liter per uur tot 1 miljoen liter per uur te behandel. Stelsels tot op 2 duim in deursnit het standaard manlike skroefdraad op die punte vir maklike installasie, terwyl groter eenhede flense op die punte het. HOE WERK DIE STELSEL ? Die PTH benodig geen chemikalieë of sout nie, en werk sonder enige elektrisiteit. Deur die vrystelling van elektrone afkomstig van die binnekern, asook turbulensie opgewek deur die unieke vorm van die kern met sy ingeboude vloeibane , word die kalk (katione, bv. kalsium en magnesium) teenwoordig in die water, effektief opgebreek en in suspensie gehou, sodat dit skadeloos deur die water-stelsel vloei sonder om `n neerslag te vorm. Aanvullende elektrone word vrygestel vanaf `n neutrale grond-aarddraad, wat gratis saam met elke toestel voorsien word. Die kalk in die water teenwoordig word dus nie soos met `n konvensionele waterversagter onttrek nie, maar die samestelling daarvan word verander en in effek opgebreek, oftewel geneutraliseer. (Die polariteit van die minerale-soute word ook in die behandelingsproses verander, sodat dit nie meer saam verbind en 'n kalksteen-neerslag vorm nie. Dit veroorsaak dat water wat brak smaak merkbaar beter proe en oneindig meer geskik is vir gewasse en plante wat sensitief is vir water van swak gehalte (bv. waters met hoë soutinhoud wat brakheid tot gevolg het, dit wil sê as gevolg van hoë konsentrasies natium en chloried). WAT VAN CHLORINE IN DIE WATER? Die PTH verminder ook die gasinhoud van water, bv swael, wat as 'n neutrale gas in die atmosfeer vrygestel word. Hierdie verskynsel is een van die redes hoekom PTH verbruikers minder die kenmerkende klorine-reuk kry wanneer hulle stort, want die klorine in die water teenwoordig word nou as 'n neutrale gas, bv Cl2, in die atmosfeer vrygestel. Belangrik is die volgende: Die PTH verminder die konsentrasies residuele klorine in water met soveel soos 60%. (Sommige onbevestigde toetse het al 'n lesings van so hoog soos 70% aangedui.) Hierdie vermindering is toe te skryf aan die bevryding van klorine wat kunsmatig vasgevang is tussen die opgeloste partikeltjies minerale-soute voordat die PTH aan die werk spring met sy unieke behandelingswyse. Die klorine word nou aan die atmosfeer vrygestel as 'n gas die oomblik as jy die kraan oopdraai! En wat meer is, die water is nou veel meer drinkbaar, want daardie nare klorine-smaak is feitlik weg! VERMY CHEMIKALIEE….! Dit alles is die uitwerking van wat genoem word KATALITIESE BEHANDELING, oftewel elektro-chemiese behandeling, 'n tegniek wat vandag internasionaal verkies word bo gewone chemiese behandeling, wat 'n reeks bewese nadelige effekte teweeg bring, beide vir die menslike liggaam en vir die omgewing (vgl die dokument hierby, die 10Punt Voorsprong.) Die PTH bring die volgende uitwerking in die water te weeg: 1. Dit "poleer" die water. 2. Dit de-ioniseer die katione (positief-gelaaide ione) in die water, byvoorbeeld kalsium (Ca), magnesium (Mg) en natrium (Na), deur die polariteit te verander deur die toevoeging van elektrone, totdat die katione geneutraliseer is. 3. Dit skei die opgeloste mineralesoute van die watermolekules. 4. Dit veroorsaak dat die watermolekules van mekaar geskei word. 5. Dit veroorsaak dat die skaalbindingselemente in die water mekaar afstoot. Om op te som, kan ons se dat die PTH dieselfde uitwerking op water het as wat sou gebeur wanneer 'n watermassa oor 'n klipplaat vloei wat metale en/of minerale bevat. Die water sal vanselfsprekend 'n verandering ondergaan. PTH het dieselfde uitwerking, net oneidig meer geȉntensifiseerd. DIE PTH BIED DIE VERBRUIKER VEELVULDIGE VOORDELE WEENS SY EFFEKTE OP DIE WATER * Enorme mediese voordele: vir die vel minimiseer dit byvoorbeeld eksima of ander uitslag (vgl bv 'n getuigskrif van Michelle Theron van Gansbaai in hierdie verband); sterker hare, tande, naels en hare, omdat die absorpsie van natuurlike boustowwe soos kalsium en magnesium oneindig aangewakker word deur PTHbehandelde water in te neem. (Magnesium en kalsium is natuurlike boustowwe noodsaaklik vir die instandhouding van tande, naels, hare en bene.) * Gesonder en veiliger water – aanbeveel deur mediese spesialiste – 'n getuigskrif van Dr Bouwer is beskikbaar. * Veel sagter water vir huishoudelike gebruik –
6acf3d4e-4801-4125-afc6-2a19f7e8f40e-0
1
met PTH; vel-uitslag en irritasies word geminimiseer. Haar-vastegolwe hou langer, en mense wat hulle hare twee keer per week sjampoe, meld dat hulle dit nou slegs een maal per week hoef te doen. PTH stel die liggaam in staat om voort te gaan om kalsium en magnesium in die water te absorbeeer. Hierdie stowwe – noodsaaklik vir die opbou en instandhouding van selle in tande, naels, hare en bene – is katione waarvan die werking van die PTH hulle absorbsie deur die menslike ligaam vergemaklik. Nota: PTH word deur medici aanbeveel: Dr WVDM Bouwer, toonaangewende mediese spesialis, beveel die PTH aan vir sy pasiënte vir mediese redes: "Die ionisering van die mineralsoute in die water deur die allooi-katalisator se vrystelling van elektrone maak die water beter en veiliger vir menslike gebruik." Aan die ander kant verwyder die hars in die soutversagters kalsium en magnesium geheel-en-al, en word die liggaam van die voordele van hierdie boustowwe ontsê. Veral vrouens ly dikwels aan osteoporose weens die gebrek aan kalsium en magnesium. Die jongste wetenskaplike toetse dui verder aan dat kalsium en magnesium die ligaam teen hartsiektes kan beskerm. Gevalle word aangemeld waar PTH verbruikers minder jeuk na 'n stort of bad, nadat hulle hul in versagte PTH water gewas het. (Opgeloste fosfaat-kristalle bevat fosfor en is dus nie geskik as drinkwater nie.) Ons moet nie uit die oog verloor dat hars-versagters natrium in die water vrystel, tydens die proses van katioon-uitruiling nie. Hoë natriumvlakke in water "behandel" deur outydse harsversagters, wakker bloed-hipertensie aan en vererger iso-chemiese hartkwale. "Sodium is a well established risk factor for hypertension and resulting ischemic heart disease" – GF Parkin, Department of Civil an Environmental Engineering en GF Lynch, Department of Preventative Medicine and Environmental Health, University of Iowa. # Reeds in 1995 is die gebruik van soutbedryfte harsversagters op 25 plekke internasionaal verbied. Sien [email protected]. ## In 1997 word daar verder melding gemaak van die gevare van konvensionele waterversagting, weer eens te lese op [email protected] (** Volgens 'n verslag van die Departement van Waternavorsing van Heidelberg, wat aan mnr Coenraad Strauss, boer van die Barkly-Oos/ Kimberley distrik uitgereik is, is soutversagters se water ongeskik vir menslike gebruik." Verw. Mnr Coenraad Strauss, Consisto Carriers, Johannesburg, Sel 083 2785017; faks no 011-915- 8002.) 9. VERVOER: PTH is kleiner en meer kompak as hars-versagters en kan maklik ontkoppel en saamgeneem word wanneer die eienaar na 'n ander huis trek. 10. VEILIGHEID: Sekere fabrieke vervaardig en prosesseer voedsel, sappe, meel en bakpoeiers. Die gebruik van chemikaliee in hierdie omstandighede skep 'n veiligheidsrisiko. PTH skakel hierdie risiko uit. Dieselfde geld melkerye en kaasfabrieke, waar dit hoogs onwenslik is om met chemikalië te werk, wat daardie produkte kan besmet of kontamineer. WETENSWAARDIG… Ons is al sedert 1996 die alleenverskaffers van hierdie merkwaardige produk in Suider-Afrika. Daar is na raming tussen 10 000 en 20 000 indivuele eenhede in bedryf in SuidAfrika, Namibie, Botswana, Zambië en Mosambiek alleen. Wereldwyd word PTH's in meer as 50 lande gebruik. Daar is tientalle getuigskrifte beskikbaar, waarvan 'n paar op ons webwerf verskyn. Die PTH produk word onder meer gebruik deur Stellenbosch Universiteit, Sanlam, Woolworths, Polyoak, Anglo-De Beers, die SA Vloot en baie ander. Die Nasionale Pers-groep het TWEE van hierdie uitmuntende toestelle. Die Protea Hotelgroep verkies die PTH bo ander produkte omdat dit die verbruiker veelvoudige voordele bó ander vorme van waterbehandeling bied. U is ook welkom om die Graangewasse Navorsings-Instituut van die Universiteit van Potchefstroom te kontak en met Wayne Coerzen te gesels. Hy sal bevestig dat "Potch" reeds vir jare lank ses (6) PTH toestelle gebruik met skitterende resultate. Sy selfoonnommer is 084 714 2203. As u nog meer wil verneem omtrent hierdie wen-produk, skakel gerus vir Dr Johan Mathee, wat 'n PTH reeds langer as vyf jaar gebruik. Sy tel no is 028 424 792 of sel 082 499 9932. En as u wil hoor hoe 'n PTH by 'n kwekery presteer, praat gerus met Warren Mathews van Blue Bells Kwekery op Stilbaai. Warren vertel dat hulle drie jaar lak reeds 'n PTH in bedryf het. Die eerste dag reeds het die PTH van alle skuim, skifsel en kalk ontslae geraak, vertel Warren. Sy selfoonnommer is 082 460 8845. Bel ook gerus vir Japie Cilliers op Hopetown op 082 388 2244. ------------------ OOR LANDGRENSE HEEN… Jwaneng Casino Lodge, Botswana. Uitstekende resultate op urn en lugversorgers. Terugvoering van Irene Sheliza Bagassa, via André Pretorius wat die toestel aan die Casion besorg het, 19 April 2007. "Ons het hierdie PTH waterkondisioneerders vir al byna twee jaar, en ons water is nog steeds helder met geen spoor van roes nie. Die ou kalkaanpaksels in die koeltorings het verpoeier en word maklik verwyder. Ons het nie meeer nodig om ons stelsel skoon te blaas nie en dis 'n allemintige besparing." – mnr D Dalton, Fabrieksbestuurder, Polyoak, Windhoek, Namibie. En nog een… GETUIGSKRIF OOR ISRAELIESE PTH WATERVERSAGTER Nadat ons die PTH toestel begin gebruik het, kon ons die brak water in Rehoboth, Namibië vir die eerste keer drink, wat nie die geval was voor die installering van die toestel nie. Die toets wat ek gedoen het, was om die water wat direk uit die boorgat kom, te vergelyk met die water wat deur die toestel gevloei het. JY KON DUIDELIK DIE VERSKIL IN DIE WATER BESPEUR. Ek is baie beindruk sal beslis die toestel aanbeveel vir plaasboere met baie kalk in hul water. SHIRLEY GERTSE REHOBOTH EIENAAR VAN PTH WATERKONDISIONEERDER --------- "Geen huishouding in Suid-Afrika wat ly aan die nadelige gevolge van kalk behoort sonder 'n PTH te wees nie". - Professor dr Richard Loewenthal, wereldbekende waterchemikus, Universiteit van Kaapstad. ----------------------- WINDMAKER BK, JARE LANK BEKEND AS WATERVERSAGTING RSA Kontak Pierre* by 082 900 9253 of Tom** by 076 0362340 Epos: [email protected] Ons posadres is Posbus 789, Struisbaai 7287. Ons bedien al sedert 1996 waterverbruikers met die PTH produk. Ons is stabiel en standvastig. Ons leuse is DIENS, DIENS en DIENS. Ons ouditeure is Boshoff Visser geoktrooieerde rekenmeesters, Bredasdorp. VOORSIENERS VAN GEHALTE WATER BEHANDELINGS-TOERUSTING ALLEEN-INVOERDERS EN VERSKAFFERS : ISRAELIESE PTH WATER-KONDISIONEERDERS ~ hoe harder die water, HOE BETER werk hy ~ * Pierre Massyn, BA Kommunikasiekunde (Hons) (Cum Laude, U O V S, 1977) *Tom de Gale, BA, Universiteit van Natal, 1967.
6acf3d4e-4801-4125-afc6-2a19f7e8f40e-1
1
Sondag 11 Desember Skrifgedeelte: Openbaring 11:15-19 Fokusgedeelte: Openbaring 11:15-19 Wie is op die troon? Voordat die bose finaal vernietig gaan word, gaan hulle met 'n groot aanslag teen die Here en sy kerk kom. Goddeloosheid sal aan die orde van die dag wees, die kerk sal stilgemaak word en die gelowiges uitgelag. En dan sal Jesus kom en die vyand van God en sy kerk sal besef dat hulle hul tyd verspeel het. Met die blaas van die sewende trompet word alle twyfel uit die weg geruim oor Wie Koning is. Harde stemme het uit die hemel aangekondig dat die Koningskap waarlik aan die Here van die kerk en sy Gesalfde behoort. Toe Satan aan Jesus al die koninkryke beloof het as Hy voor hom buig, het hy gelieg (Matt. 4:1 ev). God het nie met die sondeval sy Koninkryk aan Satan gegee nie. En daarom kon die kerk (die 24 ouderlinge) aan die Alomteenwoordige God al die dank bring dat Hy sy belofte nagekom het wat Hy met 'n eed beloof het en met 'n verbond aan hulle bevestig het. En met hierdie vertroostende boodskap kan die kerk, die Bruid, ons Bruidegom inwag. Ons kan Hom vreesloos uitnooi: "Kom Here Jesus, kom gou." Ons mag nie die bose vrees nie en ons hoef nie God se oordeel te vrees nie, want ons is vrygespreek. Sing: Skrifberyming 18-1:1, 4 As u weer bang en moedeloos is, paniekerig raak oor die twyfel wat ook nou in die kerk leef, oor moet ek ingeënt word of nie, verkoop ek nie my siel nie, sien dan vers 19 in jou geestesoog gebeur. Die deure van God se hemelse tempel het oopgegaan. God verwelkom sy Bruid in die hemelse tempel. En binne-in die tempel is die Verbondsark wat van die vroegste tye die simbool was van God se teenwoordigheid by sy volk. En weet, die bose is magteloos. God regeer en Hy is op pad. Amen. Ds. A Venter (Attie)
391eb528-4dea-40a4-ae53-849ac6e517bd-0
1
G. J. Du Preez 072 1876 076 Israeliet of Saksers Kom ons kyk na 'n saak wat min mense oor besin. Ons almal weet waar die "Yashar'EL" naam vandaan kom en so ook die Saksers, maar weet jy werklik wat dit behels as uitkenning? Ek begin by die naam Yashar'EL wat Jakob ontvang het toe hy in 'n stoeigeveg was met 'n Boodskapper (YAHUSHA). Gen. 32:24-28 .. Jakob het alleen agtergebly, en 'n Man het met hom geworstel tot dagbreek.:25 En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.:26 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën. :27 En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. :28 Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel Yashar'EL; want jy het geworstel met God Skepper en met die mense en het oorwin. In Engels: Gen 32:28 And he said, 559 Thy name 8034 shall be called 559 no 3808 more 5750 Jacob, 3290 but 3588, 518 Israel Yashar'EL: 3478 for 3588 as a prince hast thou power 8280 with 5973 God Creator 430 and with 5973 men, 376 and hast prevailed. 3201 Hierdie verse aanhalings kan ons baie oor gesels weens die vertaalfoute, maar wat vir my die belangrikste is lê in vers 28; Ek haal aan: Jy sal nie meer "Jakob" genoem word nie, maar Israel "Yashar'EL". Ons kyk in kort oor die naam "Jakob" In Gen. 25:26 lees ons: En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. Dus beteken "Jakob" om aan die hakskeen van te hou. Sommige naam-ontleders reken ook dat 'Jakob' "Mag VADER Beskerm" beteken. Wat ook interessant is, is vasgevang in Gen. 3:15 wat dieselfde betekenis deurgee nl.: En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. Hier lees ons van die vyandskap tussen Eva en Ha satan en waar Ha satan die "kop" van die Adamiet vermorsel ('vermorsel' beteken dat Ha satan die heerskappy wat Adam gehad het wel ontvang het, en soos ons weet daarmee 'mors'). Die Adamiet se vertroosting lê in "jy sal hom in die hakskeen byt" (soos by Jakob en Esou). Dit beteken dat die Adamiet die heerskappy wat hy gehad het in die tuin van Eden sal agterkom dat heerskappy aan hom behoort en dit weer sal terug eis / neem (wanneer dit YAH behaag). Nou hier worstel Jakob met 'YAHUSHA' om wat te ontvang? Bo en behalwe die seën is dit die heerskappy wat die Adamiet verloor het in die tuin. Dus moet ons die worsteling tussen Jakob en die Boodskapper verstaan sodat ons 'n lering daaruit kan ontvang. As ons die woord "worsteling" lees dink ons dadelik aan stoei / geveg tussen Jakob en die Boodskapper (wat YAHUSHA moet wees). Ek het die woord "worsteling" ondersoek. Bo kan ons sien daar is 'n verskil tussen die Afrikaanse Skrif (1933) en die Engelse Skrif (K.J. 1611). Ek haal aan.: want jy het geworstel met God Skepper en met die mense en het oorwin. In Engels Skrif: for 3588 as a prince hast thou power 8280 with 5973 God 430 Creator and with 5973 men, 376 and hast prevailed. 3201 Let op dat die woord "geworstel" nie in die K.J. staan nie, maar " soos 'n prins het jy die krag / heerskappy". Die woord "worstel" lyk so ויאבק en die Strong's nommer is H80 wat stof of poeier beteken. H79 het wat ook vir dieselfde woord gebruik word beteken wel stoei. Wat meer sin sal maak is dat Jakob met YAH geredetwis het met woorde. Bo in die K.J. word uitgewys dat Jakob 'n wyse man was wat soos 'n prins met woorde kon redeneer. (1) Hy wou die gesprek tussen hom en YAH nie laat vaar. (2) Hy het YAH aangeklewe dat YAH hom nie mag verlaat totdat YAH hom sou seën. (3) Dat die woorde van YAH weer in werking kan tree wat Hy gespreek het in die tuin van Eden "en jy sal hom in die hakskeen byt". Met die verwysings kan ons nou beter verstaan wat en waaroor die "worsteling" was tussen Jakob en YAH. Jakob het geweet dat hy moet smeek en pleit dat herstel moes plaasvind vir hom en sy nageslag. Baie dink dat Jakob met YAH gestoei het en dat hy die wenner was in die geveg wat ver van die waarheid is. YAH het Jakob se redetwis aangehoor en Jakob aangesien en toegegee aan sy versoek en hom daarna geseën. Na die seën het hy 'n nuwe naam ontvang wat "Yashar'EL" heet. Die naam Yashar'EL het soos baie ander name "in die vertaalde wêreld" in verskillende rigtings gegaan soos: "Triomfantlik met Skepper" "Wie met Skepper heers" "Om te heers" "Sterk te wees" "Gesag oor te hê" "Skepper se regter" "Die prins van Skepper" "Die een wat met Skepper geveg / gesukkel het. Dus het Jakob die hakskeen gryper "triomfantlik" opgetree met Skepper YAH vir sy nageslag om te kan heers en om 'n prinse van Skepper te kan wees. Dit is toegestaan en die seën het begin toetree tot Jakob / Yashar'EL. Ons weet dat die volk wel 'n geseënde volk was tot en met hulle YAH verwerp het as Koning en 'n aardse koning gesoek het soos die heiden volke rondom hulle. Die seuns van Yashar'EL was later verstrooi oor die aarde en steeds die seën geniet waaroor Jakob gepleit het by YAH. Ek gaan nou oor na die naam "Saksers" ( Die Saksers naam is 'n stewige studie op sig self, maar ek gaan net hooftrekke aanhaal tot insig ). Die twaalf seuns van Jakob / Yashar'EL het oor die jare apart vermeerder en later as 12 stamme bekend was onder die selfde name wat Jakob hulle voorouer hulle in gedoop het. Die 12 seuns het verhuis na Egipte waar hulle na 430 jaar baie vermeerder het. Met die uittog uit Egipte het Moses orde onder die kinders van Jakob / Yashar'EL gestig. Hy het hulle afsonderlik as 12 stamme hanteer en die stamme was tevrede daarmee. Toe die volk in die beloofde-land Kanaän intrek was hulle as geheel deur Rigters gerug. Na 'n klompie jare was hulle nie meer tevrede met die verskillende rigters nie en wou 'n koning oor hulle hê soos die heiden volke oor hulself het. 'n Klompie konings het gevolg na die Rigters totdat daar 'n groot skeuring / skeiding gekom het tussen die kinders van Yashar'EL . Die volk is in twee verdeel waarvan die een deel bekend geword het as die huis van Juda (twee seuns) en die ander die huis van Yashar'EL (10 seuns). Vir 'n tyd het die twee huise langs-mekaar bly woon tot en met die huis van Yashar'EL in ballingskap weggevoer was na die heiden-volke. Die huis van Yashar'EL was ook die huis wat YAH geskei het wat deel was van Sy uitverkore volk. Die huis van Juda het 'n paar jaar na die wegvoer van die huis van Yashar'EL ook in ballingskap na Babel gegaan.
f5991a67-0a0c-4333-943f-9826e33e04f5-0
1
Laerskool Louis Leipoldt Gr 2 Yskasbrief 5 Kwartaal 1 Week 6: 11 - 15 Februarie 2019 Tema: Almal is spesiaal ( Mense met gestremdhede) Belangrik: Wiskunde * Leerders se blou huiswerksak moet asb elke dag saam kom skool toe. Assessering hierdie week: * Afrikaans: Onvoorbereide lees & onvoorbereide mondeling * Engels: Onvoorbereide lees & onvoorbereide mondeling Afrikaans Speltoets: 15 Februarie 2019 Klanke: ou en sigwoorde Spelwoorde: juffrou, fout, jou, kous, hou, hout, gou, koud, blou Sigwoorde: deur, bed, aan, 'n, die Leesboek: Bl. 16, 17, 18, 19 (Leerders MOET elke dag lees!) Engels Speltoets: 15 Februarie 2019 Klanke: i Spelwoorde: his, dig, big, hit, wig Leesboek: Bl 13, 14, 15 (Leerders MOET elke dag lees!) Voltooi huiswerkopdragte. Tel terug in veelvoude van 10. Begin by enige getal bv: 91, 81, 71, 61, 51, 41, 31, 21, 11,1 95, 85, 75, 65, 55, 45, 35, 25, 15, 5 Dit is belangrik dat u kind elke dag tel. Die volgende opdragte word die week in die klas voltooi: * Getalkombinasies van 14, optel en aftrek, maande van die jaar, datahantering, voor, na, tussen, tiene en ene bv. 14 = 10 + 4 Lewensvaardigheid Gesels tuis oor hoe ons mense met gestremdhede moet behandel en hoe ons hulle kan help. Ons doen Vrydag 15 Februarie 2019 kuns in die klas. Stuur asb die volgende: 1 x A4 pienk papier 1 x A4 rooi papier Pak asseblief elke dag vir u kind 'n gesonde en gebalanseerde
<urn:uuid:6c1f1fb7-f84f-4558-ba7e-bbf7961aad6f>-0
2
NG Gemeente Rietfontein-Suid Gebedskalender Sáám Volg Ons Christus September 2018 Krisisgebedsversoeke Alet Briers 012 330 0324 of 079 680 9255, Bid in u persoonlike stiltetyd, huisgodsdienstye en Omgeegroepe vir die volgende: 1 8 15 22 29 Ook beskikbaar by:
30d4583d-3d62-4f07-a11c-b1d451c47c0c-0
0
Conquesta Olympiads JARE VAN UITNEMENDHEID – GEVESTIG 1998 (Meervoudige keusevrae vir skool olimpiades vir graad 1 - 7) Conquesta, Posbus 99, Kloof, 3640, Suid-Afrika Tel: (031) 764-1972 * Faks: (031) 764-0074 of (086) 637-7808 E-pos: [email protected] Webtuiste: www.conquestaolympiads.com Maatskappy Registrasie No: CK98/04248/23 2017 HOOGSTE PUNTSTELSEL HOOGSTE PUNTSTELSEL - JAAR 2017 – (Graad 1 – 3) (Persentasies van nasionale gemiddeldes vir graad 1, 2 & 3) Skole wat in 2017 deelgeneem het kan hul uitslae aan die hand van die uitslaelys, wat saam met die sertifikate aan die einde van 2017 versend is, vergelyk met hierdie nasionale gemiddeldes volgens vak en graad. Indien u skool in 2018 gaan deelneem, sal u ʼn uitslaelys (hoogste puntverslag) saam met die sertifikate ontvang om u in staat te stel om u skool se uitslae te vergelyk met die nasionale gemiddeldes. Suid-Afrika / ander Afrikalande (2017 hoogste puntverslag) | | | English | Afrikaans | Lewens. 1 | Lewens. 2 | English | Afrikaans | |---|---|---|---|---|---|---|---| | Graad | Wiskunde | Language 1 | Taal 1 | (Pers. & | (Skeppende | Language 2 | Taal 2 | | | | (Home Lang) | (Huistaal) | Sos.Wel.) | Kunste) | (1st addit.) | (1ste addis.) | | 1 | 71.89 | 74.43 | 80.29 | 80.76 | 66.58 | 71.72 | 73.74 | | 2 | 67.83 | 75.02 | 85.69 | 81.08 | 62.67 | 74.13 | 75.65 | | 3 | 70.28 | 69.12 | 87.47 | 77.42 | 58.45 | 72.45 | 68.08
5b649c7b-0f14-476e-b333-7d05712339f2-0
1
'n Geheim Edition: 1st Edition Publication date: Author/Editors: Eggleton, J ISBN: 9781485110552 Format: Soft Cover Number of Pages: Retail price: R56.00 (incl. VAT, excl. delivery.) Website Link: juta.co.za/pdf/24133/ About this Publication: Titels met 'n Verhalende Teks verskaf modelle vir stories waar die verteller nie deel van die storie nie, maar 'n waarnemer is. Huller word in die derde persoon vertel. Contents Include:
f2d45053-4d34-4cc0-8733-45b123ce5502-0
1
Taalverval met besondere verwysing na die ideologieë en praktyke van verstaatliking Language deterioration with specific reference to the ideologies and practices of statism Koos Malan Departement Publiekreg Universiteit van Pretoria E-pos: [email protected] Koos Malan is professor of public law at the University of Pretoria, South Africa. Malan publishes on various aspects of constitutional theory including constitutional supremacy, constitutional change and democracy as well as on minority rights and language law. Malan is the author of an academic monograph titled Polito­ cracy: an assessment of the coercive logic of the territorial state and ideas around an answer to it, which was recently published by the Pretoria University Law Press. The book is also available in Afrikaans. He has served on the Pan South African Language Board since 2014. Malan is the author of a number of popular articles on matters relating to constitutional law in the public media such as Business Day, Beeld, Rapport and various Internet publications. Before joining academia he was a prosecutor and a magistrate. He is a founding member and was the first chair of the "Vereniging van Regslui vir Afrikaans" (Society of Lawyers for Afrikaans) and is currently still serving on the steering committee of the society. Koos Malan is professor in publiekreg aan die Universiteit van Pretoria. Malan publiseer oor 'n aantal gebiede in die teoretiese staatsreg soos grondwetlike oppergesag, konstitusionele veran­ dering en demokrasie asook minderheidskwessies en taalreg. Hy is die outeur van 'n akademiese monograaf getiteld, Politokrasie: 'n peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir 'n antwoord daarop wat onlangs deur die Regspers van die Universiteit van Pretoria gepubliseer is. Die werk het ook in Engels verskyn. Hy dien sedert 2014 op die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad. Malan is ook die outeur van 'n aantal populêre artikels oor grondwetlik verwante aangeleenthede in die openbare media soos Business Day, Beeld en Rapport en verskeie Internet-publikasies. Hy was vroeër 'n staatsaan­ klaer en landdros. Malan is 'n stigterslid en was die eerste voorsitter van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) en dien steeds op die bestuur van die vereniging. ABSTRACT It is argued in this article that the ideology of statism has been playing a major part in the accelerated rate of the deterioration and extinction of languages. Beginning with some general observations on the reason for language deterioration and extinction the emphasis subsequently shifts to the ideology of statism as a major factor determining the fate of minority languages. Statism refers to the territorial state with its single largely industrialised economy spanning the territory of the Language deterioration with specific reference to the ideologies and practices of statism whole state and organised in terms of its own distinctive statist ideology, that reinforces and justifies a state-wide homogeneous nation and the monolingualism of a single dominant (state) language to the detriment of all other (minority) languages. The statist ideology might be slanting to the left, the right or the liberal centre but it always acts in defence and in support of the homogenising monolingual territorial state. The statist ideology and the dictates of the industrialised economy are interdependent and mutually reinforcing, both working towards the homogenisations and monolingualism of the territorial state. Statism harks back to the consolidation of the modern territorial state in England and France in the sixteenth century, soon followed by the other European territorial states and thereafter in the rest of the world. The advent of the first territorial states was accompanied with the emergence of large scale industrial homogenising economies in the place of the erstwhile localised agrarian economies. In discussing the homogenising and particularly monolingual consequences of the state-wide industrial economy the elucidating insights of Ernst Gellner are discussed in some detail. The ideology of statism comes in a variety of mutations spanning the entire ideological spectrum from left to right, however consistently having the same homogenising goal and effect also as far as language is concerned. All these ideologies, regardless of how divergent they are, are in the final analysis species of the same larger genus, namely the ideology of statism. In dealing with these species the French position with a more specific emphasis on the Jacobin and nationalist policies in relation to languages since the French Revolution is first dealt with. This is followed by an assessment of the position of language in terms of the right-wing nationalist approach in Spain which reached its zenith under the dictatorship of Franco. Thereafter the approach to language in Britain is discussed with reference to the impact of Anglicisation upon the Celtic languages of the British Isles. This approach was at least in part founded upon and received further momentum in the convictions articulated by some of the foremost liberal political theorists such as John Stuart Mill. The American approach – seemingly the purist liberal one – is then discussed with reference to the impact of monoculturalism on the minority languages of the United States. Subesequently, the focus shifts to the other extreme of the ideological spectrum when the Leftist approach to language with reference to Marx and Engels is assessed. The discussion reveals that the approaches in relation to languages were, if not in theoretical design, then most certainly in purpose and effect essentially the same in terms of all these ideological positions irrespective of the ideological orientations of their authors. What all of these approaches share – whether pursued from the left, right or the liberal centre – is the statist ideology which serves as the common foundation for all of them. The conclusion drawn from this is that smaller languages, that is, languages with minoritised linguistic communities stand in the way of an encompassing collection of modern ideologies that share the common ideological matrix of statism. Smaller languages and their communities are therefore imperilled by the broadly encompassing ideology of statism and not merely by an ideological assault forthcoming from a right-wing, left-wing or similarly distinctive ideology that occupies a specific position on the ideological spectrum. It is this encompassing challenge of statism that smaller linguistic communities need to overcome. KEY WORDS: Statism, Jacobin, Liberalism (English and American), Ernst Gellner, homo­ genisation, monolingualism, territorial state, industrial economy, leftist ideology, nationalism TREFWOORDE: Verstaatliking, Jakobyns, liberalisme (Engels en Amerikaans), Ernst Gellner, homogenisering, eentaligheid, territoriale staat, industriële ekonomie, linkse ideologie, nasionalisme OPSOMMING In hierdie artikel word aangevoer dat verstaatliking in die moderne tydperk die belangrikste oorsaak vir die verdwyning van tale is. Verstaatliking verwys eerstens na die omvangryke territoriale staat, waarin 'n bepaalde dominante elite neig om sy eie karakter en identiteit aan die staat as sodanig toe te dig en van alle ander gemeenskappe (in 'n nie-oorheersende posisie) vereis om hulself in hierdie staatlike identiteit op te los. Tweedens verwys dit na die moderne industriële ekonomie, wat 'n sterk homogeniserende krag is wat eentaligheid in die hand werk. Derdens verwys dit na die ideologie van verstaatliking wat regverdiging vir die homogeniserende staat verskaf. Opvallend van die ideologie van verstaatliking is dat dit omvattend is en in verskeie verskyningsvorme oral oor die spektrum van die ideologiese skaal manifesteer. Dit sluit regse nasionalisme, Jakobinisme, tendense van die liberale politiek asook die linkse sosialisme in. In weerwil van die oënskynlik beduidende verskille tussen hierdie ideologieë en bypassende praktyke, wat oor die afgelope eeue van die belangrikste kragte in die politiek was, is hulle veranker in 'n enkele gemeenskaplike ideologiese matriks, naamlik dié van verstaatliking. Ofskoon daar 'n groeiende tendens in sowel die politieke denke as staatsregtelike praktyk is om minderheids­gemeenskappe met hulle eiesoortige kulturele bates (soos hulle tale) op 'n demokratiese wyse te akkommodeer, het die ideologie van verstaatliking nog lank nie sy houvas verloor nie en hou dit steeds 'n enorme bedreiging vir die voortbestaan van minderheidstale tale en minderheidsgemeen­skappe in. 1. INLEIDING Gedurende die laaste 500 jaar het die verdwyning van tale drasties verhaas en het meer as die helfte van die wêreld se tale uitgesterf. Volgens Klauss (1992:4-10) is die proses steeds in volle swang met baie tale wat hul lewenskrag verbeur het aangesien hulle taalgemeenskappe te klein is en die kinders in dié gemeenskappe nie meer die tale as moedertale aanleer nie. Afdeling 2 bied 'n kort agtergrondskets oor die redes en oorsake vir die agteruitgang van tale. Afdeling 3 bring my by die hooftema van hierdie artikel, naamlik dat die agteruitgang en uitsterf van tale in beduidende mate deur verstaatliking veroorsaak word. Verstaatliking is 'n homogeniserende ideologie wat met die moderne territoriale staat vereenselwig word. Dit word in Afdeling 3 toegelig. In Afdeling
<urn:uuid:4b83a1e2-4b23-4408-8f65-afa15a641520>-0
1
against barbarism of progress against stability […]. [This] is the right of historical evolution. (in Cummins 1980:46) Die ideologiese uitgangspunte van Marx, Engels en hulle volgelinge ten gunste van die groot nasies en tale is natuurlik gekwalifiseerd. Anders as die nasionaliste vir wie die territoriale staat met sy staatlike taal die eindpunt was, was dit vir die linkse sosialiste bloot tydelik die verste punt van ontwikkeling na die bereiking van die finale universele ideaal. Ook die groot state en tale sou uiteindelik ter wille van die universele klaslose samelewing opgeoffer moes word. Die linkses is dit egter eens met al die ander strominge wat hier behandel is in hulle afkeer van die kleiner nasionaliteite en tale. Hulle stem ook saam oor die voortreflikheid van die groot territoriale state met hulle vermeende verligte, rasionele en vryheidsbeliggaamde tale – die linkses ten minste tydelik en al die ander strominge permanent. 5. SLOTSOM Die opmerkings van Engels as een van die voorste woordvoerders van linkse ideologiese denke gedurende die tweede helfte van die 19de eeu pas ewegoed by die mees stiksienige chauvinistiese Engelse, Spaanse of Franse nasionalis as by 'n linkse ideoloog (Hobsbawn 1990:35). Boonop is hierdie opmerkings ook net so perfek in pas met die Jakobynse nasionalisme in Frankryk as met die regse nasionalisme onder Franco. Laastens strook dit opvallend met die liberalisme van Mill en die praktyke van die liberale demokrasie in Brittanje en natuurlik ook met die imperialistiese praktyke van die Britse imperiale bewind. Al was die ideologiese toon in die liberale VSA veel meer gedemp en subtiel was die gevolge van die oënskynlike inklusiewe Amerikaanse liberalisme vir die minderheidstale ewe verpletterend. Wat die bespreking hierbo aantoon, is dat daar sedert die opkoms van die territoriale staat deurlopend opvallende ooreenkomste was in die benaderings wat die oorheersende kragte in territoriale state teenoor minderheidsgemeenskappe en hulle tale gevolg het. Die aanbreek van die ideologiese tydvak het niks hieraan verander nie. Trouens, in weerwil van die groot verskille en heftige onderlinge vyandigheid tussen die nasionaliste (Jakobyns en regsgesind), linkse en liberale ideologiese denke en gepaardgaande praktyke, was al hierdie strominge ten slotte blote (strydende) spesies van een en dieselfde omvattende genus van staatlike ideologie, wat volgens Gellner deur die eise van die industriële ekonomie genoodsaak is. Ten slotte is die lot van kleiner tale in die moderne era by uitnemendheid deur verstaatliking bepaal, dit wil sê deur die struktuur van die omvattende sentraliserende en standaardiserende territoriale staat met sy homogeniserende industriële ekonomie en sy gepaardgaande legitimerende staatlike ideologie hetsy dit links, regs of liberaal is. Daar is tans 'n groeiende tendens in sowel die politieke denke as staatsregtelike praktyk om minderheidsgemeenskappe met hulle eiesoortige kulturele bates (soos hulle tale) op 'n demokratiese wyse te akkommodeer. Die ideologie van verstaatliking het egter nog lank nie sy houvas verloor nie en bied steeds 'n enorme bedreiging vir die voortbestaan van minderheidstale en minderheidsgemeenskappe. BIBLIOGRAFIE Aristoteles, 1962. The politics. Engelse vertaling deur T.A. Sinclair. Middlesex: Penguin Books. Bozeman, A.B. 1976. Conflict in Africa. Princeton: Princeton University Press. Beer, W.R. & J.E. Jacob (eds). 1985. Language policy and national unity. Totowa, New Jersey: Rowman & Allanheld. Conversi, D. 1978. The Basques, Catalans and Spain. London: Hurst. Cummins, I. 1980. Marx, Engels and the national Movements. London: Helm. Crystal, D. 2000. Language death. Cambridge: Cambridge University Press. Figgis, J.N. 1960. Political thought from Gerson to Grotius, 1414-1625. New York: Harper. Gellner, E. 1983. Nations and nationalism. Oxford: Basil Blackwell. Friedrich, C.J. 1963. Man and his government: An empirical theory of politics. New York: Mc Graw-Hill Inc. Gilman, D. 2011. A bilingual approach to language rights: The dialogue between US and international human rights law may improve the language rights framework. Harvard Human Rights Journal, 24:1-70. http:// harvardhrj.com/wp-content/uploads/2009/09/1-70.pdf besoek op 18 Januarie 2013. Hobsbawn, E.J. 1990. Nations and nationalism since 1780: Programme, myth and reality. Cambridge: Cambridge University Press. Grillo, R.D. 1989. Dominant languages: Languages and hierarchy in Britain and France. Cambridge: Cambridge University Press. Holdsworth, W. 1937. A History of English Law. Vol VIII. London: Sweet & Maxwell. Jacob, J.E. & D.C. Gordon. 1985. Language policy in France. In Beer & Jacob (eds), pp. 106-133. Huntington, S.P. 2004. The Hispanic challenge, foreign policy. http://www.public.asu.edu/~nornradd/ documents/HispanicChallenge.pdf (datum geraadpleeg: 7 Junie 2013). Klauss, M. 1992. The world's languages in crisis. Language. Journal of the Linguistic Society of America, 68:4-10. Kymlicka, W. & W. Norman (eds). 2000. Kymlicka, W. 1995. Multicultural citizenship. Oxford: Clarendon Press. Kymlicka, W. & A. Patten (eds). 2003. Language rights and political theory. Oxford: Oxford University Press. Citizenship in diverse societies. Oxford: Oxford University Press. Locke, J. 1992. Of civil government (second treatise). South Bend, Indiana: Regnery/Gateway Inc. http://www.litnet.co.za/Article/n-oorweging-van-die-sosiopolitieke-kragte-wat-inwerk-op-diebetekenis-en-toepassing-van-di Malan, K. 2012. 'n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet. LitNet Akademies, 9(1):54-78. May, S. 2001. Language and minority rights: Ethnicity, nationalism and the politics of language. Halow, England: Longman. Mutua, M.W. 1995. Why redraw the map of Africa: A moral and legal inquiry. Michigan Journal of International Law, 16:1113-76. Mill, J.S. 1972. Considerations on representative government. (Editor: H.B. Acton). Halow, England: T.M. Dent & Sons. Nettle, D. & S. Romaine. 2000. Vanishing voices: The extinction of the world's languages. Oxford: Oxford University Press. Phillipson, R. & Skutnabb-Kangas, T. 1994. Language rights in post-colonial Africa in Skutnabb-Kangas & Phillipson (eds). 1994:335-345. Nimni, E. 1989. Marx, Engels and the national question. Science and Society 53(3): 297-326. Rial, J. 1985. Spain: Regional languages in a Lingua Franca dominant state. In Beer & Jacob. Modern state. New Jersey: Princeton, pp. 97-105. Wexler, L.S. 1996. Official English nationalism: A French lesson. Washington Law Review 71:285-377. Skutnabb-Kangas, T. & R. Phillipson. 1994. Linguistic human rights, past and present in Skutnabb-Kangas & Robert (eds). Linguistic human rights: overcoming linguistic discrimination (1994:71-110).
<urn:uuid:4b83a1e2-4b23-4408-8f65-afa15a641520>-1
1
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH MIV/VIGS-BELEID VIR STUDENTE EN PERSONEEL 2011 1. Lys van die definisies van afkortings, akronieme en belangrike konsepte (sien bylaag 1) 2. Voorrede 2.1 Institusionele begrip van die MIV/vigs-pandemie Die pandemie veroorsaak deur die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV) en verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) het sodanig gegroei dat dit die grootse openbare gesondheidskrisis is wat die wêreld sedert die 13e eeu in die gesig staar. Die plaag van MIV/vigs is nie meer bloot ‟n gesondheidskwessie of ‟n wetenskaplike probleem nie, maar ‟n multidimensionele krisis vir die mensdom, met maatskaplike, ekonomiese, kulturele en sielkundige dimensies. Die impak van die MIV/vigs-pandemie is so beduidend dat dit respons van alle sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing noodsaak (HEAIDS, 2009). 1 As een van die instellings wat oorgehaal is om ‟n wesenlike rol te speel ten opsigte van die ontwikkeling van leiers wat die land se ekonomie en gemeenskappe asook nasionale en internasionale beheerliggame sal vorm, het die Universiteit Stellenbosch (US) baie om tot huidige MIV/vigs-strategieë vir voorkoming van oordrag, sorg en ondersteuning by te dra. Met ‟n studentepopulasie wat verteenwoordigend is van die MIV/vigs-hoërisiko-ouderdomskategorie, het die US die ideale geleentheid om ‟n verskeidenheid steun- en opvoedingshulpbronne te benut ten einde gesondheidsbevorderende gedrag aan te moedig. Hierbenewens kan die US verseker dat wanneer studente gradueer, hulle die noodsaaklike vaardighede het wat hulle in staat sal stel om ‟n positiewe bydrae tot Suid-Afrika se MIV/vigs-respons in hul families, gemeenskap en werkplek te maak. Deur studente en personeel van die US te bemagtig, sal ons help om ‟n impak te verseker wat veel verder as die grense van die US of die Wes-Kaap strek. 1 HEAIDS. (2009). Policy framework on HIV and Aids for higher education in South Africa. Pretoria: Hoër Onderwys Suid-Afrika. 1 Die US is as instelling onskeibaar van die dorp en streek waarin dit geleë is. Deur studente en personeel in staat te stel om persoonlike risiko‟s te hanteer en ‟n leierskapsrol in te neem, sal die US se optrede ook ‟n impak op die omliggende gemeenskappe hê en ‟n voorbeeld stel van die gepaste respons vir plaaslike korporatiewe vennote en invloedryke leiers. 2.2 Visie- en missiestelling Met sy visie van ‟n instelling van uitnemendheid wat na buite georiënteer is, beskou die US MIV/vigs-opvoeding, -navorsing en -gemeenskapsinteraksie as sowel ‟n leierskaps- as ‟n welweeskwessie. Gevolglik het die US die volgende visie aanvaar as ‟n omvattende institusionele respons op MIV/vigs. Die US stel ‟n instelling wat vry is van nuwe MIV-infeksies teen 2012 in die vooruitsig. Deur samewerking sal die US-bestuur, institusionele eenhede, personeel en studente die vereiste vlak van leierskap, gesondheidsbevorderende gedrag en onderrig bied om doeltreffend op die uitdagings wat MIV/vigs in Suid-Afrika en die res van die Afrika-vasteland oplewer, te reageer. Sodanige visie vereis die volgende: Die vooropstelling van voorkoming as ‟n sleutelstrategie Samewerking tussen verskeie dissiplines Die toegewyde deelname van sowel studente as personeel Die posisionering van die US as ‟n leier op die gebied van MIV/vigs in die strewe om ‟n tasbare impak op MIV/vigs-verwante uitdagings oor Afrika heen te maak 2.3 Wetsraamwerk Die US gee erkenning daaraan dat die toepassing van hierdie beleid in die raamwerk van die bestaande Suid-Afrikaanse MIV/vigs-verwante wetgewing moet geskied. Sodanige wetgewing sluit die volgende wette en kode in, maar is nie daartoe beperk nie: Die Grondwet van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996 Die Wet op Billike Indiensneming, Wet 55 van 1998 Die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 66 van 1996 Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, Wet 85 van 1993 Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, Wet 130 van 1993 Die Kode van Goeie Praktyk, 1 Desember 2000, wat met kernaspekte van die benadering tot die hantering van MIV/vigs verband hou Internasionale instrumente wat relevant is vir die toepassing van die US se MIV/vigs-beleid sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie: Die Universele Verklaring van Menseregte Die Handves van Menseregte Die Afrika-handves van Mense- en Volkeregte Nasionale beleidsontwikkelings wat relevant is vir die toepassing van hierdie beleid sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie: Die Departement van Onderwys se Nasionale Beleid oor MIV en vigs Die Departement van Arbeid se Gids vir Werkgewers Die Departement van Gesondheid se Nasionale Strategiese Plan 3. Doel van die beleid Die doel van die beleid is om die US te lei en te rig om die volgende te doen: Die koers van MIV-oordrag en die impak van MIV/vigs op die US se studente en personeel te verlaag Die aanvaarding van ‟n omvattende leierskapsrespons vir die bestuur van die uitwerking van MIV/vigs op die US se studente en personeel te bevorder MIV/vigs-kurrikula-response te evalueer en te integreer Menslike en ander hulpbronne te mobiliseer en te beskerm Die lang- en korttermynimpakrisiko vir die US te minimaliseer MIV/vigs te destigmatiseer 4. Institusionele beleidsdoelstelling Die primêre doelstelling van die beleid is om riglyne neer te lê waarvolgens die US die volgende kan doen: Sy leierskapsrol ten opsigte van MIV/vigs vervul Die studentekorps met die toepaslike persoonlike en professionele vaardighede bemagtig om die impak van MIV/vigs op hul huidige en toekomstige gemeenskappe te versag ‟n Positiewe bydrae tot die uitvoer en verspreiding van gehaltenavorsing oor MIV/vigs maak Help om menseregte te beskerm en mensegeregtigheid vir almal wat by die US gebaseer is, te verseker deur die formulering en toepassing van MIV/vigs-verwante beleid en praktyke Tot holistiese MIV-voorkoming bydra deur die vlakke van stigma wat met MIV/vigs geassosieer word asook die koers van MIV-oordrag te verlaag 5. Omvang van die beleid Die beleid is op die volgende entiteite van toepassing: Alle werknemers, met inbegrip van tydelike, permanente en kontrakpersoneel Alle voorgraadse en nagraadse studente wat by die US ingeskryf is Alle kampusse (almal met ‟n studente- of personeelnommer is by die beleid ingesluit) 6. Aktiwiteitsprogram gemik op die bereiking van institusionele MIV/vigs-beleidsdoelstellings Sien bylaag 2 vir die omvattende implementeringsplan. 7. Institusionele benadering tot die handhawing van 'n MIV/vigs-veilige omgewing Die US het ‟n verpligting om ‟n veilige leer- en werkomgewing te verskaf waarin mense wat met MIV/vigs leef vry is van stigma en
0d3646e3-89d9-46f8-a22b-b120c4c9031a-0
1
voorwerp of indien geïnfekteerde bloed of liggaamsvloeistowwe in kontak was met die mond, oog, oop wonde en snye, behoort die volgende voorkomende maatreëls toegepas te word: 1. Verwyder onmiddellik bloed- en liggaamsvloeistofspatsels van die vel, oog en mond met water of verkieslik ‟n antimikrobiese middel. 2. In die geval van penetrerende beserings, laat die wond toe om vrylik te bloei en was die area deeglik met ‟n antimikrobiese middel of seep en water indien ‟n „n antimokrobiese middel nie beskikbaar is nie. 3. Studente: Meld alle insidente by die dokter aan diens by Kampusgesondheidsdienste (tel.nr. 808 3496) aan. 4. Personeel: Meld alle insidente by me E September (tel.nr. 808 4552) en die dokter aan diens by Kampusgesondheidsdienste (tel.nr. 808 3694) aan. Personeel mag ook gebruik maak van ‟n privaat dokter van hul keuse. 5. Die volgende omstandighede van toepassing op die blootstelling moet gedokumenteer word: die aard van die aktiwiteit waarby die student of personeellid betrokke was ten tye van die blootstelling, ‟n gedetailleerde beskrywing van die beseerde area, die mate waartoe toepaslike werkpraktyke en beskermende toerusting gebruik is en ‟n beskrywing van die bron van blootstelling. 6. Ná blootstelling moet ‟n bloedmonster van die blootgestelde geneem word. ‟n Bloedmonster van die bronpasiënt kan slegs geneem en getoets word indien die omstandighede so ‟n versoek toelaat. Daar word tans wetlik vereis dat die bronindividu sy of haar ingeligte toestemming vir die MIV-toets moet verleen. ‟n Evaluasie van die noodsaaklikheid van medikasie behoort op grond van die risiko (met inagneming van die vensterperiode) deur die mediese praktisyn gedoen te word. 7. Sowel die blootgestelde as die bronindividu behoort volledige voor- en nátoetsberading tesame met die toetsing te ontvang en die persoon wat blootgestel is behoort deeglik ingelig te word van die moontlike newe-effekte en werking van die medikasie. Die volgende persone kan geskakel word om hierdie berading te doen: 8. Indien die aard van die blootstelling geëvalueer is en die risiko vir oordrag bestaan, behoort die volgende noodmedikasie onmiddellik beskikbaar gestel te word (verkieslik binne die eerste twee uur ná blootstelling en ná ‟n maksimum toegelate periode van 72 uur). 9. Die volgende medikasie is aangedui vir noodbehandeling: KIMK: Tel.nr 808 3136 Studente: Sielkundige aan diens by die SSVO: Tel.nr. 808 4994; of die 24-huur-krisisdiens: Tel.nr. 082 557 0880 Personeel: Maureen Kennedy (Welweeskoördineerder, Menslike Hulpbronne) Tel.nr. 021 8084824 Combivir 1t bd (elke tablet bevat 150 mg lamivudine en 300 mg zidovudine). Bykomende indinavir (crixivan) 800 mg elke 12 uur is slegs aangedui wanneer die bron moontlik ‟n weerstandige virus onder lede het of wanneer die aard van die blootstelling ‟n besonder hoë risiko inhou. 10. Ongeag of die bronindividu sero-negatief toets of nie, moet die opsie aan die personeellid gestel word om op 6 weke, 12 weke en 6 maande te toets om die moontlikheid van die vensterperiode by die bronindividu uit die weg te ruim. 11. Indien noodmedikasie gegee is, behoort die opvolgtoetsdatums en monitering van moontlike newe-effekte met die dokter in beheer bespreek te word. Die nodigheid van toetse vir blootstelling aan ander oordraagbare siektes behoort deur die mediese praktisyn geëvalueer te word. 12. Gedurende al die fases van toetsing, berading en behandeling behoort die vertroulikheid van inligting oor die insident, die blootgestelde en die bronindividu te alle tye beskerm te word. Die Universiteit Stellenbosch se Kampusgesondheidsdienste sal die aanvanklike noodbehandeling (drie dae se antiretrovirale behandeling), berading en toetsing gratis aan studente en personeel verskaf. Indien meer uitgebreide toetsing of 'n langer behandelingsregime aangedui is, sal die individu self die koste moet dra. Bylaag 4 RIGLYNE VIR DIE HANTERING VAN VERKRAGTING EN SEKSUELE AANRANDING VIR STUDENTE EN PERSONEEL AAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH 1. In die geval van erge fisiese beserings moet die persoon so gou moontlik by ‟n hospitaal of mediese fasiliteit uitkom. 2. Die persoon word versoek om nie te bad, te stort, te was of skoon klere aan te trek nie. Bewaar ook enige kledingstukke/voorwerpe wat as moontlike bewysstukke kan dien. 3. Studente: Skakel die 24-uur-krisisdiens om te versoek dat die berader aan diens help met die aanmelding en verdere ondersteuning bied. KRISISDIENS (slegs ingeskrewe studente ) Die noodnommer is: 082 557 0880 (alle kampusse) 4. Personeel: Skakel die naaste polisiestasie om die verkragting aan te meld. STELLENBOSCH POLISIE, Tel.nr. 809 5000 ‟n Slagoffervrywilliger is 24 uur aan diens by hierdie nommer en is opgelei om die persoon by te staan. Vir individue 18 jaar en ouer is dit sy/haar eie besluit of hul ‟n aanklag wil lê of nie. Rape Crisis kan ook direk geskakel word by 083 484 9409. 5. Indien daar besluit word om ‟n aanklag te lê, moet ‟n verklaring by die polisie afgelê word. Die polisie sal die persoon na die distriksgeneesheer of waarnemende dokter neem vir ‟n mediese ondersoek. 6. Indien daar besluit word om nie ‟n aanklag te lê nie, kan enige mediese diens gekonsulteer word om behandeling teen mediesefonds-tariewe te bied. 7. Dit is belangrik dat die ondersoek so gou moontlik gedoen word, aangesien sekere behandelings ná 72 uur nie meer effektief is nie. Behandeling teen MIV is optimaal indien dit so gou moontlik ná die insident toegedien word. Behandeling behoort noodkontrasepsie, voorkomende antiretrovirale middels en antibiotika in te sluit. 8. Die doel van die verklaring en mediese ondersoek is om getuienis vir die hof in te samel indien die oortreder aangekeer word. 9. Dit is belangrik dat die persoon verdere mediese hulp ná die verkragting kry (wat verdere toetsting vir MIV ná 42 dae en moontlike behandeling insluit). Opvolg-MIV-toetse kan gratis by Kampusgesondheid gedoen word (Tel.nr. 808 3496). 10. Dit is verder belangrik dat die persoon sielkundige berading ontvang. Die volgende organisasies kan geskakel word vir hulp en verdere ondersteuning. KIMK: Tel.nr. 808 3136 Ingeskrewe studente: SSVO: Tel.nr. 808 4994 of Krisisdiens: Tel.nr. 082 557 0880 Personeel: Maureen Kennedy (Menslike Hulpbronne Welweesprogram): Tel.nr. 808 4824 Rape Crisis: Tel.nr. 083 484 9409 Life Line: Tel.nr. 0800 05 55 55 / 021 461 1111
0d3646e3-89d9-46f8-a22b-b120c4c9031a-1
1
Ontmoeting 42 Teks: Jesaja 6:1-8 Hulpmiddels: - Heuning/stroop - Kopieë van inkleurprent - Papier en potlode om briewe aan die kerkraad te skryf Welkom Soos die kinders in die lokaal inkom, smeer 'n bietjie heuning/stroop aan hulle lippe, maar hulle mag dit nie aflek nie. Sing nou liedjies saam of speel 'n paar welkomspeletjies, maar herinner hulle gedurig daaraan dat hulle nie hulle lippe mag aflek nie. Laat hulle na die lang tyd hulle lippe op mekaar sit om te kyk wie se lippe die taaiste is. Vra vir hulle of hulle dink mens kan goed praat of sing met sulke taai lippe. Laat almal nou hulle lippe aflek en die soet van die heuning/stroop proe en ook ervaar hoeveel makliker hulle nou kan praat en sing. Sing 'n laaste liedjie saam; nou met die "los" lippe. Wyding Temalied en stilword-ritueel soos by ontmoetings 37 en 38. Sing ook Jan de Wet se liedjie: "Keer jou tong van kwaadpraat". Hou ook jou tong vas en probeer dit weer sing. Lees Jesaja 6:1-8 Jesaja was 'n profeet. Hy was een van die groot profete van Juda (die Suidryk). Hy het in Jerusalem gewoon en het in 740 vC begin profeteer. Hy het oor en oor die mense gewaarsku dat God hulle gaan straf oor al die sonde wat hulle doen. Hy het 64 jaar lank profeteer. Al die waarskuwings het waar geword. As julle mooi onthou, sal julle weet dat die Noordryk deur die Assiriërs verslaan is. (722 vC) Die Suidryk was ook in gevaar. Al het hulle gesien wat met die Noordryk gebeur en al het God vir Jesaja gestuur om hulle te waarsku, het hulle eenvoudig net aangehou om verkeerd te doen. Jesaja het daardie tyd beleef hoe die 10 stamme ryk by die twee stamme ryk om hulp kom smeek het. Hulle wou nie help nie. God het vir Jesaja op 'n besondere manier geroep om as profeet op te tree. Hy het vir Jesaja 'n stukkie van die hemel laat sien. Hy het God se troon gesien en serafs, dis spesiale engele, wat sing. Toe Jesaja sien hoe groot, wonderlik en heilig God is, het hy baie groot geskrik. Daar was 'n groot probleem. In vers 5 sê Jesaja wat die probleem was: "My woorde en die woorde van die volk is onrein." (Jes. 6:5) Jesaja het dadelik besef dat die Here se naam nooit meer oor sy lippe of sy volk se lippe kom nie. Niemand het meer reg oor die Here gepraat, liedere vir Hom gesing of tot Hom gebid nie. Een van die ander groot profete, Esegiël, het dit ook ervaar. Vir hom het die Here in 'n visioen 'n stukkie van die Woord laat eet en dit was vir hom soet soos heuning. (Esegiël 3:2-3) Wat is rein en wat is onrein woorde? Is dit net vloekwoorde en godslasterlike woorde wat onrein is? Ja, dit is dit, maar dis meer as dit. As jy bv. goed gedoen het in 'n toets of op die sportveld, is jou woorde onrein as jy sê: "Dis my eie harde werk dat ek so goed gedoen het." Of as jy sê: "Dis net 'luck' dat ek so goed gedoen het." Of as jy sê: "Dis omdat die sterre vir my reg gelê het." Rein woorde is om vir die Here dankie te sê omdat Hy vir jou die vaardigheid gegee het. Dis om Hom te loof en te eer vir die geleenthede wat jy het om ook hard te kan werk en jou bes te probeer. As ons ons mond wil regkry en ons lippe rein wil hou, moet ons die Woorde van God op ons lippe kry. Dit beteken ons moet reg praat oor God, voor God en met God. Daarom moet ons meer uit die Woord van God lees. Vra iemand om jou te help as jy sukkel om te lees of te verstaan wat in die Bybel staan. Ons sal dan die sinne en woorde hoor waarmee ons God kan dank en loof en eer. 1 "Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie." Kinders kry tyd om oor die volgende te dink: 1. Ek wonder wat sê jy wat rein is. 2. Ek wonder wat sê jy wat onrein is. 3. Ek wonder wie van ons sal vir die Here 'n boodskapper wees wat sy woorde meer op ons lippe neem. 4. Ek wonder wat gaan jy doen om meer van die regte woorde, woorde wat God eer, te leer praat. Werskaf Laat die kinders die prentjie inkleur. Sit 'n bakkie met heuning/stroop uit en laat die kinders elkeen 'n vinger daarin druk en weer hulle lippe taai maak. Laat hulle 'n briefie skryf met 'n belangrike boodskap op vir die kerk waarin hulle vertel van hulle voorneme om God met rein woorde te eer. Gee dit Sondag vir die kerkraad. Gebedstyd: Here, ons lippe raak ook weer vinnig onrein omdat ons so maklik lelik praat. Help ons om ons lippe rein te hou deur altyd vir U dankie te sê en U te loof en prys. Amen. Sluit af met die seënbede.
64b15757-1f95-49fc-9c07-4e2484bdf939-0
3
Geagte Ouers RUGBYPROEWE Baie geluk aan Juwan Wium wat vandag aan die 3de rondte van die OP-proewe in Despatch deelneem. Na afloop van vandag se proewe, gaan hulle die spanne kies wat aan die finale proewe in Bloemfontein gaan deelneem. Ons hou vir hom duim vas! LEERLINGVEILIGHEID Ons doen 'n beroep op ouers om, wanneer u u kind by die skool kom afhaal (bv. na sport), asseblief te verseker dat die hek waar hul uitgaan, toe is. Ons het juis die omheining, hekke, ens. opgerig vir die veiligheid van ons leerlinge. JUNIE-EKSAMEN 2019 Die Junie-eksamen begin amptelik Vrydag, 24 Mei met die Graad 7- leerlinge wat hul eerste vak skryf. Die leerlinge van Graad 4 tot Graad 7 se werk waaroor hulle eksamen skryf, sal Maandag op die D6skoolkommunikeerder verskyn. Sorg asseblief dat hulle solank hersiening begin doen. Elke toets of taak is belangrik en hulle sal definitief skouer aan die wiel moet sit! Ons wil almal graag alle voorspoed met die Junie-eksamen toewens. Mag elke leerling die resultate kry wat hy/sy verdien. Indien 'n leerling gedurende die eksamen afwesig is, moet hulle 'n doktersertifikaat verskaf, anders kan geen punt vir die vraestel wat geskryf word toegeken word nie. SKOOLTYE VANAF 27 MEI – 7 JUNIE 2019 Neem asb. kennis dat die skool vanaf 27 Mei tot 6 Junie om 13:00 sal verdaag. Die skool sluit egter Vrydag 31 Mei en 7 Junie normale tyd – 12:35. Hierdie tye is van toepassing op Graad R tot Graad 7. TENNIS: MUSIC TRIVIA Soos u reeds weet, het ons Tennis Music Trivia se datum na Saterdag, 8 Junie om 18:00 vir 18:30 verander en sal steeds in ons skoolsaal plaasvind. Posbus 7113, Newtonpark, 6055 Telefoon (041) 3651233 Faks (041) 3652586 h/v Willetstraat en 4de Laan, Newtonpark, 6045 Uitnemendheid begin by omgee Hierdie geleentheid, wat belowe om vol pret en pryse te wees, dien as fondsinsameling vir ons jaarlikse tennistoer sowel as ligte en toerusting vir die bane. Meer inligting sal binnekort aan u op ons D6-skoolkommunikeerder sowel as ons Facebook-blad deurgegee word. PARKERING Ons doen 'n beroep op alle ouers om nie voor die motorhek by die skool se motorhuise te parkeer nie. Die onderwysers / nasorg kan dikwels nie die bussies parkeer in die motorhuise nie omdat daar motors voor die hek geparkeer staan. Ons waardeer u samewerking in hierdie verband. BLOEDSKENK Ons is reeds verby die halfpadmerk van die kwartaal. Onthou asseblief van ons bloedskenkprojek wat ons die hele jaar ondersteun. U kan vier keer per jaar bloed skenk. Voltooi die bewys dat u geskenk het en stuur dit skool toe. Daar sal by die junior sportdag, 8 Junie 'n geleentheid wees om by die skool bloed te skenk. Die uitslae is op D6 geplaas. RAFI'S WINTER WARMERS Ons ondersteun graag "Rafi's appliances & mattresses" met hul poging om 5000kg klere en komberse vir behoeftiges gedurende die winter in te samel. Enige klere en komberse kan na Mev. Campher gestuur word waar ons dit na Rafi's sal neem om geweeg te word. Die skool wat die meeste insamel, kan 'n 14kg Bosch wasmasjien vir hul skool asook 'n wasmasjien vir die instansie van hul keuse wen. TROLLEY DASH Ons gaan saam met die rapporte vir elke kind 'n "trolley dash"-boekie gee om te verkoop. Ons wil graag voorsiening maak vir ekstra boekies. Dui asseblief aan op die brief in die verband, die aantal ekstra boekies wat u wil verkoop. Daar is 'n 30-sekonde "trolley dash" vir die kind wat die meeste kaartjies verkoop. Die wen-klas word met pizza beloon. Baie dankie vir ywerige deelname aan die projek. KULTUURAAND SAAM MET NATASHA JOUBERT: KAARTJIES EN LEË KOSBLIKKIES Kaartjies vir ons kultuuraand saam met die bekende sangeres, Natasha Joubert, vir Woensdagaand, 12 Junie 2019, te Laerskool Newtonpark se skoolsaal, is steeds by Mev. Laas in die kantoor en gasvrouens teen R60 per persoon beskikbaar. Ons wil ook vra dat indien u leë, gewaste kosblikkies (bv. KOO) vir ons kan stuur, u dit by die kantoor sal inhandig – ons beoog om die tafels daarmee op te tof. SKOOLGELDE 2019 Baie dankie aan al die ouers wat gereeld hul skoolgelde betaal. Ek wil tog 'n vriendelike beroep doen op diegene wat agterstallig is, om die verpligting wat betref u kind se skoolgelde, so spoedig moontlik na te kom. Die skool is verantwoordelik vir sy eie rekeninge, want ons kry minimale hulp van die staat. Indien daar nie deur ouers gereageer word deur hul skoolgelde te betaal nie, sal die beheerliggaam genoodsaak wees om verdere stappe te neem. Die betaling van skoolgelde is 'n wetlike verpligting (staatskoerant no. 29311). Indien u in gebreke bly om u skoolgelde te betaal, sal dit wetlik afgedwing word. ELEKTRONIESE BETALINGS REKENINGNAAM LAERSKOOL NEWTONPARK BANK ABSA REKENINGNOMMER 1400490089 TAKKODE 632005 Op die verwysing van die inbetaling moet u asseblief die rekeningnommer en u kind se naam en van verskaf. 'n Bewys van betaling moet per e-pos gestuur word na [email protected] KRY KORTING OP SKOOLGELDE Indien skoolgelde (graad R – 7) ten volle betaal word voor/op 31 Mei 2019, sal 'n 5% korting toegestaan word. GEDAGTE VIR DIE WEEK 'n Uitgetrapte paadjie is nie noodwendig die regte een nie. – Anoniem Waar passie en vaardigheid saamwerk, kan jy 'n meesterstuk verwag. – John Ruskin JJ. Pienaar SKOOLHOOF E-pos: [email protected] Tel : 0846935318 BELANGRIKE DATUMS VIR VOLGENDE WEEK: Die volgende datums moet u asseblief op u kalender aanteken: Ma – 20 Mei : Klerewinkel: 07:30-12:00 Musiekeksamen Kuns graad R – 2 13:30-14:30 Kuns graad 3 14:00-15:00 Kuns graad 4 – 714:15-15:00 Di – 21 Mei: Musiekeksamen Kuns graad R – 213:30-14:30 Kuns graad 314:00-15:00 Kuns graad 4 – 714:15-15:00 Skaak: graad 1 – 213:30 – 14:15 (laaste) Skaak: graad 3 – 7 14:20 – 15:15 (laaste) Wo – 22 Mei : Klerewinkel: 12:00-14:30 Musiekeksamen Do – 23 Mei : Musiekeksamen Media: biblioteekboeke inhandig Dance Kids ballet graad R: 13:15 Vr – 24 Mei : Klerewinkel: 07:30-12:00 EKSAMEN:
8f070afd-994b-4981-9f81-c3b265aa96dd-0
1
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING GRAAD 9 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM KWARTAAL 1: 2012 VOORBEELD JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING: 2012 GRAAD 9 AFRIKAANS HUISTAAL MEMORANDUM – VOORBEELD 6.5 D (2) | 40 PUNTE | KODE 7 Uitmuntend 80-100% | KODE 6 Verdienstelik 70-79% | KODE 5 Beduidend 60-69% | KODE 4 Voldoende 50-59% | KODE 3 Matige 40-49% | KODE 2 Basies 30-39% | |---|---|---|---|---|---|---| | INHOUD EN BEPLAN- NING 24 PUNTE | 20-24 -Inhoud uitstaande, hoogs oorspronklik. -Idees stemjou tot nadenke uitdagend,volwasse .-Beplanning en/of eerste poging lei to t ’n foutlose aanbieding. | 17-19 -Inhoud verdienstelik, oorspronklik. -Idees verbeelingryk en interessant. -Beplanning en/of eerste poging lei tot ’n vernuftige aanbieding. | 14½-16½ -Inhoud goed, redelik koherent. -Idees nteressant en oortuigend. - Beplanning en/of eerste poging lei tot ’n goeie aanbieding. | 12-14 -Inhoud geskik, voldoende koherent. -Idees interessant, oorspronklikheid voldoende. -Beplanning en/of eerste poging lei tot ’n bevredigen d aanbieding. | 9½-11½ -Inhoud middelmatig, gewoon. Gapings in koherensie. -Idees meestal toepaslik. Oorspronklikheid beperk. -Beplanning en/of eerste poging lei tot ’n redelike en samehangend | 7½-9 -Inhoud nie altyd duidelik, Koherensie ontbreek. -Beperkte idees, herhaal dikwels. -Onvoldoende vir huistaalvlak t.s.v. Aanbiedin g nie goed nie. | | TAAL, STYL EN REDIGE- RING 12 PUNTE | 10-12 -Krities bewus van taalimpak. -Taal, punktuasie effektief gebruik. -Gebruik hoogs gepaste, figuurlike taal. -Woordkeuse uitsonderlik en volwasse. -Styl, toon, register hoogs geskik vir onderwerp. -Feitlik foutloos na proeflees en redigering. | 8½-9 -Krities bewus van taalimpak. -Taal, punktuasie korrek; Gebruik knap figuurlike taal. -Woordkeuse varieer en is kreatief. -Styl, toon, register geskik vir onderwerp. -Grootliks foutvry na proeflees en redigering. | 7½-8 -Krities bewustheid van taal duidelik. -Taal, punktuasie meestal korrek -Woordkeuse geskik vir teks.. -Styl, toon, register geskik vir teks. -Meestal foutvry na proeflees en redigering. | 6½-7 -Enkele aanduidings van kritiese taalbewustheid. -Taal eenvoudig, punktuasie oldoende. -Woordkeuse voldoende. -Styl, toon, register oor die algemeen in ooreenstemming met teksvereistes. -Steeds foute na proeflees en redigering. | 5-6 -Beperkte aanduidings van kritiese bewustheid. -Taal middelmatig, punktuasie dikwels verkeerd gebruik. -Woordkeuse beperk. -Styl, toon, register toon gebrek aan samehang. -Baie foute na proeflees en redigering. | 4-5 -Geen kritiese taalbewustheid. -Gebrekkige taal en punktuasie. -Woordkeuse beperk. -Styl, toon, register nie geskik. -Besaai met foute na proeflees en redigering. | amper reg Opstel /20 Rubriek 13.1 tot 13.4 Opstel: 40/2 = 20 | 30 PUNTE | KODE 7 Uitmuntend 80-100% | KODE 6 Verdienstelik 70-79% | KODE 5 Beduidend 60-69% | KODE 4 Voldoende 50-59% | KODE 3 Matig 40-49% | KODE 2 Basies 30-39% | |---|---|---|---|---|---|---| | INHOUD EN BEPLAN NING 19 PUNTE | 15½-19 -Inhoud beïndruk leser met insig in onderwerp. -Idees uitdagend en volwasse. -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn feitlik foutlose, gepaste opstel. . | 13½-15 -Inhoud toon deeglike interpretasie van onderwerp. -Idees interessant en verbeeldingryk. -Beplanning en/of eerste poging lei tot goedsaamgestelde, gepaste opstel. | 11½-13 -Inhoud toon ʼn goeie interpretasie van onderwerp. -Idees interessant en oortuigend. -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn goeie, gepaste opstel. | 9½-11 -Inhoud is ’n voldoende interpre-tasie van onderwerp. -Idees gewoon en diepte ontbreek. -Beplanning en/of eerste poging lei tot ʼn bevredigende opstel/ aanbieding. | 7½-9 -Inhoud gewoon met leemtes in samehang. -Idees meestal relevant, herhalend. -Beplanning en/of eerste poging lei tot gemiddelde/ redelike verstaanbare opstel. | 6-7 -Inhoud dikwels onverstaanbaar. Gebrek aan samehang. -Idees is min en dikwels herhalend. -Beplanning en/of eerste poging lei tot opstel wat nie goed aangebied is nie. | | | redigering. | | | steeds foute na proeflees en redigering. | | | |---|---|---|---|---|---|---| | STRUK- TUUR 4 PUNTE | 4 -Ontwikkeling van onderwerp samehangend met verbeeldingryke details. -Sinne en paragrawe samehangend saamgestel. -Lengte is in ooreenstemming met vereistes. | 3½ -Ontwikkeling van onderwerp samehangend en logiese ontwikkeling van details. -ʼn Verskeidenheid tipes sinne paragrawe skakel logies. -Lengte is korrek. | 3 -Ontwikkeling van onderwerp is samehangend met verbeeldingryke details. -Sinne en paragrafering: samehangend, goed gekonstrueer/ saamgestel. -Lengte is korrek | 2½ -Onderwerp bevat sommige idees, noodsaaklike details egter ingesluit. -Sinskonstruksie en paragrafering mag foute bevat, maar opstel maak nog sin. -Lengte is amper korrek. | 2 -Daar is bewyse van ontwikkeling van sommige noodsaak- like idees. -Sinskonstruksie en paragrafering foutief, maar idees is verstaanbaar. -Lengte is te kort/ te lank. | 1½ -Dwaal soms van die onderwerp af, algemene gedagte- gang moeilik om te volg. -Sinskonstruksie en paragrafering baie elementêr saamgestel. -Lengte is te kort/ te lank. | Brief:
<urn:uuid:b30cfffa-8a83-4574-97ab-f310c2c371a3>-0
2
PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL SKOOLHANDLEIDING – SODAT ALMAL KAN WEET 1. AANSOEK (Jaarliks hernubaar) Ouers moet jaarliks heraansoek doen vir hul kleuters. Inligting op die vorms moet op datum gebring word. Ingeskrewe kleuters kry voorkeur bo nuwe aansoeke. Kleuters wat reeds boeties of sussies in ons skool het, kry ook voorkeur bo nuwe inskrywings. Kleuters word op 'n waglys geplaas indien die klasse vol is. 2. TOELATINGSBELEID VIR OUDERDOMME EN VERDELING VAN GROEPE Geelklas: (Jonger groep) - Mag nog 2 jaar oud wees, maar van doeke af - Word 3 jaar oud - Word eers na 1 Julie 4 jaar oud Rooi klas (Middelgroep) - Word voor 1 Julie 4 jaar oud - Word 5 jaar oud Graad R - Word 6 jaar oud Indien 'n kleuter wat in graad R is, nie na Gr 1 in die volgende jaar gaan nie, a.g.v. enige geldige rede, moet ouers, volgens Departementele voorskrifte, aan hierdie skool en aan die Primêre Skool die vrystellingsbrief van gemagtigde persone verskaf om weer toelating in Graad R te kan hê. 3. BESOEKDAE Graad R: Vyf dae van die week Jonger kleuters: U keuse vir minder dae. (Sien ook skoolgelde) Die Kleuterskool én ons Nasorgdiens, funksioneer volgens Departementele skooldae en is dus gesluit op amptelike publieke- en skoolvakansiedae. 4. SKOOLURE VOLGENS DEPARTEMENTELE REGULASIES VIR VASGESTELDE SKOOLURE WAT ONDERRIGTYD IS, VERDIEN DIE PERSONEEL VAN DIE KLEUTERSKOOL DIE REG EN RESPEK VAN OUERS OM NIE ONDERBREEK EN GESTEUR TE WORD TYDENS ONS SKOOLURE NIE. GEEN PRIVAATKLASSE OF BUITEMUURSE SPORTONDERRIG TYDENS ONS SKOOLURE NIE. 5. AANKOMS Die Personeellid wat 07:00 die hek oopsluit, kan nog nie kleuters saam met haar neem nie. Daar is eers verpligte take om te verrig, voordat kleuters mag inkom. DIE HEK SLUIT ASB. EERS 07:10 oop en nie vroeër nie. Kleuters mag nie alleen voor die skoolhek wag nie. Ouer broers of susters of skoolwerkers mag nie u kleuter by die hek oppas nie. Die hek sluit om 7:45 en die dagprogram begin. Ons maak staat daarop dat u kleuter altyd betyds by ons skool sal wees. Baie dankie! VERTREK Die skool verdaag elke dag om 12:45 en die hek word eers om 12:45 oopgemaak. Al die kleuters moet asb. teen 13:10 afgehaal wees. Die HEK sluit weer om 13:10 en die Juffrouens kan dan vertrek. (Personeel doen nou graag eers voorbereidings vir die volgende dag) Indien u nie reëlings getref het nie, sal ons u kleuter by die NASORGKLAS vir toesig plaas, maar u sal ongelukkig 'n toesigfooi van R30 per halfuur moet betaal. (Lees asb. NASORG) U MAG U KLEUTER SLEGS VROEËR KOM HAAL INDIEN - DIE PRIMÊRE SKOOL VROEËR VERDAAG. Die hek sal dan vir 'n kort rukkie oopgemaak word vir al die kleuters wat vroeër vertrek; aangesien ons dagprogram nog nie verby is nie én dit nog onderrigtyd is, sal die hek na 'n kort rukkie weer gesluit word. - DAAR 'N KRISIS IS, REËL ASB. MET Juf Fia om die hek vir u oop te maak. Indien kleuters 'n doktersafspraak het, aanvaar ons dat kleuters te siek is om skool by te woon, hou asb. liewer siek kleuters by die huis. - U ANDER TERAPEUTIESE AFSPRAKE VIR U KLEUTER MOET REËL, AS DIT MOONTLIK IS, BUITE SKOOLURE ASB. Belangrik: Onthou u kan enige dag oor enige krisis met ons kom praat. 6. NASORG Inskrywingsvorms is by kantoor beskikbaar indien u van hierdie diens sou wou gebruik maak. Die Beheerliggaam het 'n bekwame dame aangestel. Hierdie diens is slegs vir ingeskrewe kleuters van Pre-Primêre Skool Senekal. Indien u enigsins van hierdie baie gerieflike en goeie nasorgdiens gebruik wil maak, moet u asb. eers 'n inskrywingsvorm voltooi. Dit is by die kantoor beskikbaar. NASORGTYE: - Vanaf 13:00 tot 17:10. U mag wel u kleuter vroeër kom afhaal soos dit u pas. - Indien u egter na 17:10 eers u kleuter kom haal, moet u verdere toesigfooi van R50 vir elke KWARTIER laat betaal. Dit sal so op u staat aangedui word vir vereffening. Die reëling is net om ons Personeellid wat vir NASORG verantwoordelik is, teen tydrowers te beskerm – aangesien sulke situasies ongelukkig wel al voorgekom het. FOOIE: As VERWYSING VIR ELEKTRONIESE INBETALING VIR NASORG, GEBRUIK U KLEUTER SE NAAM EN DIE WOORD "NASORG" - Elke dag van die week: R300 per maand - Enige ander twee, drie of vier dae: R25 per dag - Net toevallige toesig, nie gereeld nie: R30 per dag - U sal aan die einde van elke maand 'n staat ontvang sodat u die nasorgfooi VOOR die 5de van elke maand kan afhandel. - U moet ook asb. U KLEUTER IN DIE NASORGREGISTER UITTEKEN WANNEER U U KLEUTER BY DIE NASORG KOM HAAL. - Indien u nie self u kleuter by NASORG kan afhaal nie, reël asb. vooraf met die Nasorg Personeellid - KLEUTERS bring hul eie verversings en matrassie of kussing saam. U kan hier na goeddunke vir u kleuters ekstra klere en verversings inpak. 7. UITTEKENSTELSEL EN DAAGLIKSE REGISTER Die personeel teken die tyd aan wat u kleuter by die deur instap. 'n Volwasse, en geen ander kind nie, teken die kleuter smiddae uit. Slegs persone aan wie u toestemming in u inskrywingsvorm verleen het, mag u kleuter kom afhaal. Indien daar iemand onbenoemd u kleuter gaan afhaal, reël dit asb. vooraf met die Personeel. 8. SKOOLGELDE Skoolgelde is onderhewig aan gereelde aanpassings soos die Beheerliggaam van die skool dit nodig mag ag. 'n Jaarlikse intreefooi word gehef soos op die inskrywingsvorm vermeld. Dit is tans R500.00 en is betaalbaar sodra u, u kleuter inskryf vir die volgende jaar. Inskrywings vir die volgende jaar sluit aan die einde van die 3de kwartaal. Alle skoolgelde moet afgehandel wees teen 1 Nov. ASSEBLIEF voor die JAARKONSERT (4de kwartaal). Huidige skoolgelde is: Intreefooi: R500.00 2 dae per week: R280.00 per maand 3 tot 5 dae per week: R520.00 per maand Graad R: R550.00 per maand SKOOLGELD is maandeliks vooruit betaalbaar; VOOR die VYFDE van elke maand. U betaal net vir 10 maande skoolgeld. INBETALINGS VAN GELDE: Alle betalings aan die skool VERKIESLIK PER ELEKTRONIESE BANKDIENSTE. BANKBESONDERHEDE: PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL, ABSA SPAARREKENING 905 7249 729 VERWYSING: U KLEUTER SE NAAM EN VAN Bring asb. u inbetalingsbewys kantoor toe of laat dit op volgende selnommer registreer: Nicolien Erasmus 082 3880 531 Doen asseblief u betalings as
64ab2943-a1b0-4ccd-8aa4-2f5d03a9136a-0
1
Die sitkamer Ek kyk televisie Ek sit in die sitkamer. Teken jouself in die sitkamer. sitbank tafel mat Oor: Wat is jou gunsteling program? Kind: My gunsteling program is............. Die kombuis Teken jouself in die kombuis. yskas wasbak stoof kas tafel stoel Ek help in die
8a716b2f-abd3-454c-a4a5-337c0788e21a-0
3
Untitled Document Wat was die name van die eerste plase wat in die Bronberg-distrik geregistreer is? Toe die Dit is ook eers ná die stigting van Pretoria in 1855 wat 'n registrateur van aktes aanges Mooiplaats Mooiplaats is oorspronklik in 1842 beset deur Coert Erasmus senior. Die Aktekantoor r Zwavelpoort (373 JR) Dié plaas is in 1842 deur JSG Bronkhorst beset. Dit is op 27 September 1859 deur die Regis In Oktober 2002 het Die Bronberger berig oor Piet Colyn se Zwavelpoortfamilie. Isabella Susannah en haar man Gert Petrus Bezuidenhout van Zwavelpoort in 1919 1 / 4 dat Elta 2 / 4 Carel Jacobus Erasmus was een van die Erasmusse wat plase in ons kontrei besit het Rietfontein (375 JR) se navo 3 / 4 Thursday, 24 June 2010 18:37 4 /
9885ba58-6765-4037-8247-c4d556b07657-0
1
IS DIE BYBEL GOD SE WOORD? GERRIE MALAN ʼn Agnostikus, d.w.s. iemand wat glo dat ʼn mens niks omtrent God of die hiernamaals kan weet nie en gevolglik slegs sigbare en tasbare verskynsels in aanmerking kan neem i , het my by geleentheid gevra of ek glo dat die Bybel God se Woord is. Die betrokke persoon is deel van my geslag – ʼn geslag wat grootgeword het met ʼn opregte persepsie van die heiligheid van die Bybel in die sin dat jy nie eers daarin sou skryf nie. My naamgenoot oupa se Nederlandse Bybel in my boekrak, gedruk in 1899, het bv. nie ʼn enkele potlood- of inkmerkie in nie, behalwe die deel heel voor in waarin die geboorte van ʼn mens se kinders aangeteken kon word, asook ʼn boodskap van die persone wat dit aan hom en my ouma geskenk het. Ek het die afgelope maande baie oor die aangeleentheid nagedink, nie omdat ek enigsins twyfel aan die waarheid wat vir ons daarin opgeskryf staan nie, maar omdat daar vandag so ʼn geweldige aanslag oral teen die Bybelse inhoud en gelowiges in Christus is. Hierdie aanslag kom ongelukkig nie net van buite die institusionele kerkomgewing nie, maar ook van daarbinne. In Suid-Afrika het die UNISA teoloog, professor Sakkie Spangenberg en andere wat ʼn sogenaamde Nuwe Hervormingsnetwerk tot stand gebring het, se aftakelende uitsprake byvoorbeeld die afgelope jare wye publisiteit geniet. Onder meer het hy gesê die Bybel is slegs ʼn basisboek vir geloof. In ʼn ander uitspraak het hy Spangenberg se gebruik van die woord 'geloof' is myns insiens net 'n sinoniem vir 'godsdiens'. weer die Bybel beskryf as ʼn blote versameling van volksverhale en mites. ii Spangenberg was nog ʼn ingeskrewe lidmaat en proponent van die NG Kerk toe hy met reëlmaat in die Afrikaanse koerante soos Beeld en Rapport gereelde publisiteit geniet het met sy uitsprake. Die sanger Steve Hofmyer het weer gesê hy sal terugkeer kerk toe as die 'vervreemdingsgebod van Jesus' in Johannes 14:6, dat Hy (alleen) die weg en die waarheid en die lewe is, en dat niemand na die Vader toe kan kom behalwe deur Hom nie, uit die Bybel verwyder word. iii Daar kan nog talle voorbeelde opgenoem word, maar daar word vir hierdie artikel se doel hiermee volstaan. Nou weer die vraag: Is die Bybel God se Woord? Ek het twee antwoorde hierop – ʼn kort en ʼn lang antwoord. Kom ons kyk vervolgens daarna. KORT ANTWOORD Ja en nee! LANG ANTWOORD Die Bybel is ʼn versameling van 66 boeke – dus ʼn biblioteek – wat oor ʼn tydperk van 1400 jaar plus op drie verskillende kontinente geskryf is in drie verskillende tale deur sowat 40 verskillende skrywers. Wat laasgenoemde betref beklemtoon ek graag die 'sowat' omdat daar nie in die breë kerken akademiese omgewing volkome eenstemmigheid is oor die outeurskap van al die boeke van die Bybel nie. Daar word ook byvoorbeeld in die geval van Jesaja gemeen dat die boek soos dit vandag in ons Bybel opgeneem is, die werk van drie mense/groepe mag wees (bv. dat Jesaja se werk later deur van sy leerlinge uitgebrei of aangevul is). Jesaja word dus opgedeel in Protojesaja (1-39), Deuterojesaja (40-55) en Tritojesaja (56-66). Elke boek van die Bybel het 'n eie karakter – iets van die skrywer wat deur God geïnspireer is. In hierdie biblioteek tref ʼn mens in die woorde van ʼn universiteitsdosent van die Hebreeuse taal (en self ʼn Hebreeuse afstammeling), baie stemme aan met ʼn verskeidenheid van perspektiewe en style. iv Dit is nie ʼn afsydige of onverstaanbare teks wat vir kerke en sinagoges gereserveer is nie, maar is ʼn menslike dokument vol geskiedenis, poësie, politiek, teologie en spiritualiteit. Die apostel Paulus het die volgende aan sy leerling Timoteus geskryf: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus" (2 Tim 3:16-17). In die King James weergawe word dit gestel as "All scripture is given by inspiration of God (…)," terwyl die Holman Christian Standard Bible lui dat "All Scripture is inspired by God (…)." Die Griekse woord wat hier gebruik is, is theópneustos, wat letterlik daarop neerkom om deur God in die skrywers ingeasem of geblaas te wees. Dit kan nie regtens uitgelê word asof die Heilige Gees van God dit aan die skrywers gedikteer het nie. Hulle is deur die Gees geïnspireer om hul belewenisse, omgewings, omstandighede en geestelike gewaarwordings op skrif te stel. ʼn Mens moet ook onthou dat Paulus hier na die Ou Testamentiese geskrifte verwys, maar dit beteken geensins dat dieselfde Godgegewe inspirasie nie ook die skrywers van die Nuwe Testamentiese geskrifte gelei het nie. Ek glo dit is wat gebeur het. Boeke soos die twee boeke van Kronieke gee vir ons ʼn geskiedkundige rekord van gebeure en mense, uitgebreide stambome, maar dit bevat ook die Woord van God – kyk bv. 1 Kronieke 17:4-14 waar Natan vir Dawid die Woord van die Here bring dat hy nie die tempel mag bou nie. Die geskiedenis van die volk Israel is egter nie net tot enkele boeke beperk nie, maar is met min uitsondering deur almal vervleg. Hierdie geskiedenis staan nooit los van Israel se wipplankverhouding met God nie. Dit is ook nie die primêre bedoeling van die Skrif nie, maar wel die boodskap wat daarin vervat is. Lees gerus die Bybel met ʼn oop gemoed en jy sal oral die stemme van mense vanuit die bladsye van die Bybelboeke hoor. Wanneer Farao praat is dit sy maghebberstem en dus sy woord wat opgeteken staan. Ons kan dieselfde van bv. Die Babiloniese en ander konings sê. In die boek van die Prediker het ons dié se stem, en so ook tref ons verskeie mense se stemme in die Spreuke aan. Hooglied en Ester het stemme van hul eie. In Deuteronomium 32:1 is dit Moses wat sê, "Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond." Ek volstaan nou by hierdie paar voorbeelde van die woord(e) van mense. Wanneer Moses of die Profete egter duidelik aanspraak maak op dit wat die Here gesê het, het ons met die woord van God te doen. Jeremia tref as voorbeeld duidelike onderskeid tussen sy woord en die woord van God: "Die woorde van Jeremia, die seun van Hilkía, uit die priesters wat in Anatot, in die land Benjamin was, tot wie die woord van die HERE gekom het in die dae van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering, en gekom het in die dae van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, tot die einde van die elfde jaar van Sedekía, die seun van Josía, die koning van Juda, totdat Jerusalem ontvolk is in die vyfde maand" (Jer. 1:1-3). In vers 4 stel Jeremia dit egter duidelik dat die woord van die Here tot hom gekom het en dit is ʼn stelling wat hy gereeld herhaal. So kan ons in al die Profete duidelik die woord van God en die woord van die betrokke profeet onderskei. Let gerus op daarna as jy die Profete lees. Hierdie beginsel van God se woord in teenstelling met mense se woord tref ons op die oog af veel minder in die Nuwe Testament aan. Ons hoor in veral die briewe die stemme van mense. Lukas se evangelie is weer ʼn meer omvattende en chronologies-historiese weergawe van gebeure
cb85ca2b-6b8f-4a09-9cc7-187eff990e3c-0
1
Die vestiging van die Kerk in Natal, die Vrystaat en Transvaal na afloop van die Groot Trek JMG Storm Abstract The settlement of the Church in Natal, the Free State and Transvaal after the Great Trek. After settling in the Orange Free State, Natal and Transvaal, the Voortrekkers established congregations in Port Natal, Pietermaritzburg, Wenon, Winburg and Potchefstroom. The House of Assembly appointed an American missionary, Daniel Lindley, as minister of the Voortrekkers. After the annexation by England of Natal and Orange Free State, the congregations in these areas were incorporated in the Dutch Reformed Church of the Cape Colony. The Cape Synod admitted these congregations to the Church district of Transgariep. The congregation in Transvaal was the only congregation that was left of the Voortrekkerkerk. 1. INLEIDING Dit is vandag vanselfsprekend dat ons die terme ‘Voortrekkers’ en ‘Groot Trek’ gebruik om diegene aan te dui wat die Kaapkolonie in ’n groot beweging gedurende 1836–1838 verlaat het. Hierdie begrippe tref ons egter eers teen die einde van die sestigerjare van die vorige eeu aan om die trek uit die Kaapkolonie aan te dui. Tydens die trek self is terme soos ‘reizigers’, ‘uitgeweken’, ‘landverhuizers’ en veral ‘Emigrante’ en ‘Emigrasie’ baie meer aan die orde van die dag. (Van Jaarsveld 1974: 4). Hierdie Emigrante was ’n doelgerigte groep Afrikaanssprekende grensboere wat vanuit die Britse Kaapkolonie na aangrensende gebiede in die noorde en noordooste getrek het sonder die bedoeling om ooit terug te keer. Hulle het ’n bewuste afwerping van die Britse onderdaanskap ten doel gehad en wou buite die grense van die Britse gebied ’n nuwe volksplanting of nedersetting met ’n eie regering in ’n eie staat stig. Hierdie stigters van die noordelike Boererepublieke sou ook die grondlêers van die kerk in die leë binneland van Afrika word. Dit moet duidelik gestel word dat die vestiging en inrigting van die kerk egter nie mee gewag is tot na afloop van die Groot Trek nie. Net soos die eerste grondslae va die toekomstige Voortrekkerrepubliek reeds tydens die Trek gelê is, so is ook die noodsaklike grondslae van 'n eie organisatoriese selfstandige kerk reeds tydens die Groot Trek gelê. Eerstens is op 21 Mei 1837 te Blesberg op inisiatief van Piet Retief, die gekose goewerneur van die Voortrekkers, eerwaarde Erasmus Smit as eerste predikant van die Voortrekkers laat orden en bevestig. Daarna het verskeie kerksake van tyd tot tyd aandag geniet. Met betrekking tot die bevestiging van huwelike stel Retief 'n meer ordelike reëling daar, naamlik dat die gebooie van voornemende egpare van nou af drie maal in die kerk afgekondig moes word en nie soos voorheen sommer op 'n gewone vergadering nie. Ook het dit dringend noodsaklik geword dat kerkraadslede aangewys moes word want die eerste Voortrekkerkerkraad, wat op 8 Februarie 1837 gekies is, het nooit gefunksioneer nie. Om hulle aangewys te kry is vyf persone genomineer as ouderlinge en vyf as diakens. Daarna het die Goewerneur die nominasies goedgekeur en lootjies getrek om twee ouderlinge en twee diakens aangewys te kry. Francois Retief en Carel van der Merwe is op dié wyse tot ouderlinge verkies en Christiaan Liebenberg en Roedolf Dreyer as diakens. Op 10 Desember 1837 word die eerste amptelike kerkraadsvergadering van die Voortrekkerkerk gehou. Op versoek van die kerkraad het Retief, in sy amp as Goewerneur, die vergadering as kommissaris-politiek bygewoon. Op hierdie vergadering word onder andere besluit dat 'n maandelikse kerkraadsvergadering elke eerste Sondag van die maand gehou sal word, en dat die Voortrekkers die Kaapse kerkwet van 1824, vir sover dit toepaslik is, as kerklike wet sal aanvaar (Storm 1984: 63 vv). 'n Interessante en baie belangrike saak wat na vore tree, is dat die Voortrekkers hulle kerk onafhanklik en selfstandig inrig – gegrond op die Voortrekkerideaal van 'n vrye kerk in die onafhanklike 'maatschappij' – los van die Kaapse Kerk wat onder Britse gesag staan. Dat die Voortrekkers hulle vertrek uit die Kolonie nie beskou het as 'n kerklike skeuring nie, spreek eintlik vanself want hulle het voortdurend getrag om predikante uit die Kaapse Kerk te verkry en so implisiet gestel dat hulle van mening was dat hulle kerk dieselfde geloofs- en belydenisinhou het, hoewel dit 'n eie organisatoriese struktuur, los van die Kaapse Kerk, gehad het. Ook die byvoegsel tot die amps-eed van die goewerneur duï daarop dat die Voortrekkers nie 'n ander geloofsinhoud vir hulle kerk wou hê as dié van die kerk waarvan hulle in die kolonie lidmate was nie. Die wyse waarop hulle hulle kerk organiseer, laat egter geen twyfel dat hulle hulself as 'n onafhanklike en selfstandige Kerk, wat organies uit die Kaapse Kerk gekom het, beskou het nie. Of dit 'n oorspronklike gedagte van die Voortrekkers was om ook op kerklike gebied organisatories-onafhanklik te wou wees, is baie moeilik om te bepaal. Die negatiewe en onsimpatieke houding van die Kaapse Kerk het beslis 'n rol in die verband gespeel. Aan die ander kant is dit waarskynlik dat Piet Retief die belangrikheid ingesien het van 'n 'onafhanklike' kerk om só heeltemal die Kaaps-Britse invloed en gesag te probeer ontkom; veral as ons daarop let hoe baie moeite Retief doen om Smit 'vasgestel' te kry en die kerk in te rig. Daarby moet 'n mens onthou dat die verbondenheid van die kerk en owerheid by die Trekkers enigsins vanselfsprekend was omdat dieselfde mense wat die owerheid gevorm het, ook die kerk was – vir sover mens in hierdie omstandighede van 'die Kerk' kon praat. Terselfdertyd was dit volkome in lyn met die organisatoriese verbondenheid van kerk en owerheid waaraan hulle gewoond was vanaf die vroegste tye. Hier kan dus nie sprake wees van 'n skeuring nie want 'n skeuring of afskeiding impliseer altyd 'n leerverskil. Hier was nooit 'n leerverskil aan die orde nie, maar slegs die skepping van 'n organisatories-selfstandige kerklike struktuur. Dit was ook noodsaaklik want die Voortrekkers kon, in die lig van die bepalings van die Kaapse kerkwet, artikels 9 en 10 wat verwys na die 'Hervormde Kerk in deze volksplanting' én die Herderlijke Brief van 1837 soos ook uitgevoer deur die Ring van Graaff-Reinet, nié meer lidmate van die Kaapse Kerk wees nie. In die skepping van 'n selfstandige kerklike organisasie reël die Voortrekkers die verhouding tussen die kerk en die owerheid soos hulle dit verstaan. Oorheersend in hierdie reëling is dat die owerheid gesien word as beskermer en onderhouer van die kerk. Piet Retief stel na sy verkiesing tot goewerneur, Erasmus Smit as herder en leraar van die Voortrekkers aan terwyl Smit nooit lidmaat of predikant van die Kaapse Kerk was of kon gewees het nie. Ook dien Retief, uit hoofde van sy amp as goewerneur, as kommissaris-politiek op die kerkraad. Smit self lê die eed van getrouheid af aan Retief, die goewerneur en staatshoof van die Voortrekkers. Smit kon verder op gesag van die goewerneur huwelijke voltrek. Uit hierdie enkele sake blyk dit duidelik dat die kerkinrigting op hierdie stadium geen organisatoriese band met die Kaapse Sinode gehad het nie. 'n Tweede belangrike saak wat na vore tree, is dat die Voortrekkers in belangrike opsigte 'n ander verhouding tussen owerheid en kerk huldig en in praktyk bring as die verhouding wat in die Kaapkolonie bestaan het. In die Kolonie was die amptelike verhouding tusen owerheid en kerk nog gereël deur De Mist se
cd543f4d-cdd3-4e88-afd5-48b6c4f434fc-0
1
de parochie van deze plaats en Weenen, is Mooye Rivier. [3] De gemeente Weenen Weenen, 138 mijlen van Natal gelegen.... Alhier zijn Ouderlingen: P Cronje en Abr. Spies; en Diakenen: NJ Smit, F Joubert en Jan Davel. In die gemeente zijn een honderd kinderen gedoopt. 378 mijlen van Natal en 150 van Colesberg, is Winburg. [4] De gemeente Winburg Een zeer uitebreide parochie, zich uitstrekkeende van de Vet Rivier tot Rhenoster Rivier. Ouderlingen zijn er: M Smit; en Diakennen: Fr. Biljoen, J van der Westhuizen. In deze gemeente doopte de Wel. Eerw. Heer Lindley, gedurende zijn bezoek in 1842, 362 kinderen. 460 mijlen van Natal ligt Potchefspruit. [5] De gemeente van Potchefstroom Deze gemeente neemt in bevolking sterk toe. Vele mensen woonen ruim 532 mijlen afstands van Natal en 660 van Colesberg. Ouderlingen: F Wolmarans, P van Staden; Diakenen: P Strydom, P du Preez, Step. Viljoen en Jacob Maree. 202 kinderen ontvingen in deze gemeente den doop, in een bezoekreis van den Wel. Eerw. Lindley in 1842. Teen die einde van 1842 is die hele gebied deur die Volksraad dus in vyf gemeentes verdeel naamlik Pietermaritzburg, waar Lindley gewoon het, Port Natal, Weenen, Winburg en Potchefstroom. Met sy besoekreise en sy hardwerkendheid het Lindley die fondamente van die kerklike organisasie in die Voortrekkerrepubliek stewig gelê en het hy toegesien dat die kerklike organisasie gedra is deur bekwame kerkraadslede. Lindley se dienswerk was vir die Voortrekkerkerk van geweldige waarde in dié tyd toe die Kaapse Kerk skerp negatief en afwysend teen die Voortrekkers gestaan het. Dit moet beklemtoon word dat die Voortrekkerkerk in hierdie tyd organisatories volkome onafhanklik van die Kaapse Kerk was. Lindley was self nooit 'n lidmaat van die Kaapse Kerk nie en is, net soos Erasmus Smit, deur die Volksraad, sonder medewerking van die Kaapse Kerk as predikant aangestel. Die lidmate en kerkraadslede was ook nie meer lidmate van gemeentes van die Kaapse Kerk nie, maar was ingeskakel in die gemeentes van die Voortrekkerkerk. Juis deur in elke gemeente 'n lidmaatregister aan te lê, het Lindley sorg gedra dat die selfstandige bestaan van elke gemeente binne die geheel van die kerk op 'n vaste grondslag geplaas word. Uit die aard van die saak is nog nie aan 'n meerdere vergadering gedink nie want voorlopig het die Volksraad nog daardie funksie vervul. Terwyl die Volksraad getrag het om die onafhanklikheid van die Voortrekkerrepubliek deur Engeland erken te kry, het die Voortrekkerkerk sy onafhanklikheid uitgeleef (Pont 87: 185). 3. ONDERWERPING AAN BRITSE GESAG Ofskoon die Britse regering, hoofsaaklik vanweë finansiële oorwettings, nie begerig was om Natal kort na die Groot Trek te annekseer nie, was hulle egter ook nie bereid om die onafhanklikheid van die Voortrekkers te erken nie. Vandaar dat 'n reeks herhaalde versoek deur die Natalse Volksraad om amptelike erkenning en samewerking deur Sir George Napier, die Britse goewerneur aan die Kaap, afgewys is. Aan hierdie onbesliste beleid kom daar op 2 Desember 1841 'n einde as Napier per proklamasie verklaar dat die Trekkers in Natal, Britse onderdane was en nie die reg het om op onafhanklikheid aanspraak te maak nie, dat hulle nie die reg daartoe sal kry nie en dat hy met 'n militêre besetting van Port Natal gaan herbeset (Muller 1968: 145). Na aanvanklike hardnekkige weerstand het die Volksraad van Natal op 15 Julie 1842 aan Britse gesag oorgegee. Die Britse anneksasie sou nie net op politieke gebied nie, maar ook op kerklike gebied, gevolge vir die Voortrekkerkerk meebring. Die grootskaalse verhuising van lidmate as gevolg van die Britse anneksasie na die gebiede van Transvaal en die Vrystaat, het die gevolg gehad dat die gemeentes Weenen en Port Natal tot niet gegaan het, sodat teen 1847 slegs die gemeente Pietermaritzburg oorgebly het. (Van der Watt 1977: 43). Weenen sou in 1859 weer herstig word en Port Natal eers in 1914. In die geval van die gemeente Pietermaritzburg, het die Kaapse goewerneur onmiddellik sy gesag laat geld en die ius patronatus wat hy in die Kaapse Kerk uitgeroep het, net so in Natal gaan uitoefen. Ons kan beweer dat die Britse goewerneur, nadat Natal in Mei 1844 finaal as 'n distrik van die Kaapkolonie geproklameer is, nie alleen polities-staatkundige beheer oor Natal aangeneem het nie, maar gesien die noue verbondenheid van die kerk aan die Kaap, die Natalse gemeente as 't ware vir die Kaapse Kerk geannekseer het. So word ds Lindley op 6 Februarie 1846 as predikant van Pietermaritzburg heraangestel sonder dat hy ooit deur die Kaapse kerklike liggame as predikant toegelaat is. Reeds in 1844 word die Kaapse kerkwet van 1842 geldend vir Natal en word so finaal die band met die Voortrekkerkerk afgesny. Winburg-gemeente sou dieselfde paadjie loop. Saam met die politieke anneksasie van die Transgariep het ook die oorname van dié Voortrekkgemeente gegaan. Dit is opvallend dat dit elke keer die Britse goewerneur is wat die gemeentes by die Kaapse kerklike struktuur ingeskakel het. Die lidmate of die bestaande kerkvergaderings is nooit geraadpleeg nie. So het sir Harry Smith, die goewerneur van die Kaap, op 14 Maart 1849 die Natalse en Transgariepse gemeentes formeel ingelyf by die Kaapse kerklike struktuur en word dié gemeentes ook deel van die Ring van Transgariep wat in 1850 deur die Sinodale Kommissie van die Kaapse Kerk in die lewe geroep word (Die Gereformeerde Kerkbode 45: 314). Teen 1850 het van die oorspronklike Voortrekkerkerk nog net Transvaal as 'n onafhanklike gebied oorgebly. Net so het van die onafhanklike Voortrekkerkerk nog net die Transvaalse gemeentes oorgebly. Die Natalse en Vrystaatse gemeentes is deur die Britse Goewerneur van die Kaapkolonie sonder enige vorm van raadpleging van die lidmate, by die Kaapse Kerk gevoeg. Die Ring van Transgariep was die Kaapse Kerk se manier om die gemeentes wat as gevolg van die Britse imperialistiese optrede in sy skoot geval het, kerklik in te skakel en deel van die Kaapse kerklike struktuur te maak. Literatuurverwysings DIE GEREFORMEERDE KERKBODE, Deel II nr 45. DE JONGH, PS 19774. Die lewe van Erasmus Smit, Pretoria. DREYER, A 1929. Die Kaapse Kerk en die Groot Trek. Kaapstad. MULLER, CFJ 1968. 500 jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis. Pretoria. PONT, AD 1981. Die historiese agtergronde van ons kerklike reg. Pretoria. PONT, AD 1987. Die Voortrekkerkerk 1836–1852. Kerkregaantekeninge, B D III, Universiteit van Pretoria. STORM, JMG 1984. Die Voortrekkerkerk: 'n Historiese kerkregtelike studie van die Nederduitsch Hervormde Kerk 1836–1853. D D proefskrif, Universiteit van Pretoria. Transvaalse Argief. SSI. VAN DER WALT, PB 1977. Die Nederduitsche Gereformeerde Kerk 1834–1866, Deel II, Pretoria. VAN JAARSVELD, FA 1974. Geskiedkundige verkenninge. Pretoria.
cd543f4d-cdd3-4e88-afd5-48b6c4f434fc-1
1
RODENTICIDE ® RACUMIN RAT AND MOUSE WAX BLOCKS REG. NO. L8465 Act No. 36 of 1947 Namibian Reg. No. N-AR 0468 Before using this product read the label carefully. A bait block containing an anti-coagulant for the control of RATS and MICE in and around human and animal dwellings, factories, warehouses, storage premises, food establishments and newly established plantations. ACTIVE INGREDIENT: Coumatetralyl (anticoagulant)...............0,375 g/kg REGISTRATION HOLDER: Bayer (Pty.) Ltd. Reg. No. 1968/011192/07 P.O. Box 143, ISANDO 1600, SOUTH AFRICA TEL: (011) 921 5911 RACUMIN® is a registered trademark of the Bayer Group. 10 kg 1214 / Ver B CAUTION VERSIGTIG WARNINGS: Handle with care. Poisonous when swallowed. Toxic to fish, wildlife, pigs and other domestic animals. Store away from food and feedstuffs. Keep out of reach of children, uninformed persons, animals, poultry and livestock. IN CASE OF POISONING, CALL A DOCTOR AND MAKE THE INSERT AVAILABLE TO HIM. PRECAUTIONS: Wear rubber gloves when handling the bait blocks. Wash with soap and water immediately after accidental skin contact. Do not eat, drink or smoke whilst mixing and applying or before washing hands and face. Destroy the empty container and never use for any other purpose. Prevent contamination of edible commodities, drinking water or eating utensils and areas not under treatment. The bait block should be set out in such places where it will be completely inaccessible to children and domestic animals. The use of bait boxes or other special containers is strongly recommended. Unconsumed bait block residues must be removed and disposed of in a responsible manner. DIRECTIONS FOR USE: USE ONLY AS DIRECTED. WAARSKUWINGS: Hanteer versigtig. Giftig wanneer ingeneem. Giftig vir vis, wild, varke en huisdiere. Bewaar weg van voedsel en voer. Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone, diere, pluimvee en lewende hawe. ONTBIED DIE GENEESHEER EN TOON VOUBILJET AAN HOM IN GEVAL VAN VERGIFTIGING. VOORSORGMAATREËLS: Dra rubberhandskoene wanneer die lokaasblok hanteer word. Was dadelik met seep en water na toevallige velkontak. Moet nie eet, drink of rook tydens toediening en voordat hande en gesig gewas is nie. Vernietig die leë houer en moet vir geen ander doel weer gebruik nie. Voorkom besoedeling van enige eetbare produk, drinkwater, eetgerei en areas nie onder behandeling nie. Die lokaasblok behoort uitgeplaas te word op so 'n wyse dat dit totaal onbereikbaar is vir kinders en huisdiere. Die gebruik van lokaaskassies of ander spesiale houers word sterk aanbeveel. Onverbruikte lokaasblokkies moet op 'n verantwoordelike wyse verwyder en vernietig word. GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI. SUGGESTIONS FOR EFFECTIVE BAITING: WENKE VIR EFFEKTIEWE BEHEER: ROTTE: Ondersoek die probleemgebied. Stel vas waarlangs die rotte gewoonlik hardloop (volgens die olierige veegsels op mure en balke) en identifiseer die soort rot wat voorkom, bv. die Dakrot – die stert is langer as die kop en lyf; die Noorweegse Rot - stert is gewoonlik korter as die kop en lyf. Die Dakrot maak gewoonlik nes in die dak, terwyl die Noorweegse Rot geneig is om sy blyplek op laer vlakke te maak. RATS: Survey the problem area. Establish where the rats are running to and from (their runs are easily traced by the oily dirt smears along the walls and beams) and identify the type infesting your premises e.g. Roof Rat – tail is longer than head and body; Norway Rat – tail is shorter than head and body. The Roof Rat tends to nest in roof areas, whereas the Norway Rat tends to burrow and infest lower levels. Rats are creatures of habit and prefer to use the same runs repeatedly. Place the bait blocks on or as close to the runs as possible, as rats seldom deviate from these runs to feed. Replace blocks as soon as they are finished and continue to do so until no more bait blocks are taken. Rotte is gewoontediere wat verkies om dieselfde paadjies te gebruik. Aangesien rotte selde afwyk van hulle bewegingspatroon, moet die lokaasblokke op of so naby moontlik aan hierdie paadjies geplaas word. Vervang blokke sodra dit opgebruik is en hou aan met hierdie prosedure totdat geen lokaas meer gevreet word nie. A recommended practice is to cover up the blocks (e.g. in a length of pipe) as precautionary measure to prevent domestic animals and children gaining access to blocks. HOUSE MOUSE: Mice in general do not move more than a couple of meters from their holes. It is advisable to establish where the mice holes are and then to place numerous blocks in close proximity to the holes. Replace blocks as soon as they are finished and continue to do so until no more bait block is taken. Place blocks where they are out of reach of children and pets. RODENTS IN NEW PLANTATIONS: Rodents often cause bark damage, which can lead to loss of saplings in recently established plantations. In such areas, it is recommended that Racumin® Bait Blocks are placed at a density of 25 % (every second tree in every second row) to 50 % (every second tree). Place blocks in open-ended bait stations (e.g. bamboo pipes) in rodent runways for best results and to limit ingestion of bait blocks by non-target species. It is recommended that other control measures (e.g. erection of rapture perches) be instituted in addition to the use of rodenticides. 'n Gebruik wat aanbeveel word is om die lokaasblokke te bedek (bv. in 'n stuk pyp) om te verhoed dat huisdiere en kinders die blokke kan bereik. HUISMUISE: Gewoonlik beweeg muise nie meer as 'n paar meter van hulle gate af nie. Dit is noodsaaklik om uit te vind waar die muisgate is en om dan 'n paar blokke in die nabyheid van die gat te plaas. Vervang blokke sodra dit opgebruik is en hou aan met hierdie prosedure totdat geen lokaas meer gevreet word nie. Plaas blokke buite die bereik van kinders en troeteldiere. KNAAGDIERE IN PLANTASIE-AANPLANTINGS: Knaagdiere veroorsaak dikwels skade aan die bas, wat jong boompies laat vrek, in nuut-aangeplante plantasies. Dit word aanbeveel dat Racumin® Lokaasblokke in sulke gebiede teen 'n digtheid van 25 % (elke tweede boom in elke tweede ry) tot 50 % (elke tweede boom) geplaas word. Blokke moet verkieslik in lokaashouers met oop punte (bv. bamboespype) in knaagdierpaadjies geplaas word om die beste resultate te behaal en om inname van die blokke deur nie-teikendiere te bekamp. Dit word aanbeveel dat ander beheermaatreëls (bv. oprig van roofvoëlsitstokke), bykomend tot die gebruik van knaagdiergif getref word. NOTE: Coumatetralyl, like other Coumarin compounds has a cumulative action, i.e. small quantities must be consumed on several consecutive days until the specific symptoms of poisoning appear. Consequently, it is the repeated intake of small dosages and not a single intake of a large quantity that causes eradication of the rodents. This multiple feed efficacy reduces the risk of secondary poisoning of non-target animals. For any enquiry, contact Bayer - 0861 022 937 (08610BAYER). For poisoning emergencies only, Griffon Poison Information Centre may also be contacted 082 446 8946. NOTA: Kumatetralil soos ander Kumarienderivate, het 'n opbouende werking m.a.w. klein hoeveelhede moet op opeenvolgende dae ingeneem word totdat die spesifieke simptome van vergiftiging voorkom. Dit is gevolglik die herhaaldelike inname van klein hoeveelhede en nie 'n enkele inname van 'n groot dosis nie, wat tot gevolg het dat knaagdiere uitgeroei word. Hierdie veelvuldige voedingseffek beperk die risiko van sekondêre vergiftiging van nie-teikendiere tot 'n minimum. © Bayer
<urn:uuid:9a9b2707-e548-4d54-9038-79fd1c9cbdfa>-0
1
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2017 Dogmatiek en etiek 803 (DET 803) Module-inhoud 'n Gedoseerde module oor leerstellige teologie, fundamentaalteologie en teologiese etiek. Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as 'n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie. Universiteit van Pretoria Jaarboek 2017 | www.up.ac.za | 19:56:19 08/04/2022 | Bladsy 1 van
0b5496f1-0249-49b0-a204-8ae0436e9daa-0
1
HOOFSTUK 4. DIE ONTWIKKELING VAN LIGGAAMLIKE OPVOEDING IN INDIERSKOLE IN NATAL. In hoofstuk 3 is kortliks gewys op die ontwikkeling van Indiëronderwys in Natal. Waar hierdie ondersoek spesifiek oor die Liggaamlike Opvoeding handel, is dit nodig dat daar ook gelet moet word op die ontwikkeling van Liggaamlike Opvoeding in Indiërskole. Alvorens hierdie aspek nie behandel is nie, sal die situasie, soos dit tans daar uitsien, nie ten volle begryp word nie. Soos reeds in hoofstuk 3 aangetoon, was die ontwikkeling van Indiëronderwys in Natal 'n langsame proses wat eers na die Tweede Wêreldoorlog begin versnel het. A. l. Periode 1889 - 1909. Die vroegste verwysing na Liggaamlike Opvoeding in Indiërskole word deur Kannemeyer 1) gemaak. Hy meld dat daar in die periode 1889 - 1892 heelwat aandag gegee is aan "Physical training" in die primêre skool van eerwaarde Barret. Kuppusami 2) 1). Kannemeyer: Critical survey of Indian education in Natal, p. 109 2) Kuppusami: Indian education in Natal 1860-1946, p. 55 meld dat in bykans alle Indiërskole (primêr), Liggaamlike Opvoeding 'n verpligte vak was. Naude 1) meld ook dat "baie aandag aan liggaams-oefeninge gegee is". Na die voltooiing van die primêre skoolloopbaan, was daar nie geleentheid vir deelname aan georganiseerde Liggaamlike Opvoeding nie. Behr 2) verwys ook na Liggaamlike Opvoeding in die skole, te wete die primêre skoolleerplan van 1909 wat onder meer "gimnastiek" ingeslui het. Hierdie sogenaamde "gimnastiek" en die "Physical training" van Kannemeyer waarna hierbo verwys is, is heelwaarskynlik liggaamsoefeninge. Naude 3) bevind dat sang, dril, naaldwerk, tekene, voetbal en krieket reeds in 1901 byvakke was. Die sogenaamde "dril" waarna verwys is, is heelwaarskynlik afgelei van die Engelse "drill" en wat dui op 'n vorm van formele liggaamsoefeninge. Geen verdere verwysing na Liggaamlike Opvoeding as skoolvak word aangetref na 1909 tot en met /1925...... 1) Naude: Indiërs en Indiëronderwys in Natal en Transvaal. 'n Historiese en kritiese studie, p. 162 2) Behr, et al.: Education in South Africa, p. 336 3) Naude op cit, p. 162 1925 nie en daar moet dus aanvaar word dat die posisie staties gebly het. 2. **Periode 1925 – 1966.** Verslae van die Direkteure van Onderwys van Natal vir die periode 1925 tot en met 1966, onthul die volgende: In 1925 berig die toenmalige Superintendent van Onderwys van Natal, Hugh Bryan, 1) dat daar 'n besliste behoefte in nie-Blanke (Bantoe en Indiër) skole bestaan aan Liggaamlike Opvoeding. Of daar veel aan die verklaarde behoefte gedoen is, is te betwyfel, want in die daaropvolgende jaarverslae van Direkteure, word geen melding gemaak van die instelling van Liggaamlike Opvoeding as skoolvak nie. Eers teen 1937 rapporteer John H. Lawlor, 2) hoofinspekteur van skole in Natal, dat die meeste skoliere ondervoed is en hy beveel aan dat daar ondermeer op skool klem gelê moet word op 'n gesonde leefwyse. In hierdie verslag word daar /nie ......... --- 1) Direkteur van Onderwys van Natal: Jaarverslag 1925, p. 14. 2) Direkteur van Onderwys van Natal: Jaarverslag 1937, p. 29 nie melding gemaak van Liggaamlike Opvoeding nie, terwyl 'n volledige uiteensetting van die vordering van alle ander skoolvakke gegee word. Dit sou nie onvanpas wees om aan te neem dat die vak as sulks nog nie in hoërskole bestaan het nie, dog dat dit wel beoefen was in sekere primêre skole. In 1939 word 'n sogenaamde "Organiseerder van Liggaamlike Opvoeding" deur die Natalse Onderwysdepartement aangestel wat ook omgesien het na Indiërskole. Hierdie pos was die eerste van sy soort in Natal. In die jaarverslag van die Hoofinspekteur van Indiëronderwys van 1944, 1) word die vak Liggaamlike Opvoeding onder 'n aparte hoof behandel, soos dit die geval is met ander skoolvakke, en hy rapporteer soos volg: "In die afgelope jare is veronderstel dat Liggaamsoefeninge in sy regte verband die grondslag van die skool se aktiwiteite behoort uit te maak." 1) Direkteur van onderwys van Natal: Jaarverslag 1944, p. 21. maak. Hoewel ligmaamlike opvoeding grotendeels opvoedend en ontspannend van aard is, is hy daarop gemik om eerstens voorkomend en dan indien nodig, verhelpend te wees. Onderwysers wat in Opleidingsklasse of gedurende vakansiekursusse onderrig in die nuwe tegniek van Ligmaamlike Opvoeding ontvang het, lewer goeie werk in goedgekeurde inrigtings, maar ander - weliswaar 'n verminderde aantal - het nog nie die streng formele drillies ten gunste van die natuurliker vorms van oefening, wat tens elders aangewend word, laat vaar nie. Weens die beperkte speelterrein is werkstoestande dikwels beknop en dit word vererger deur volharding met 'n tradisie waarvolgens die eerste periode van die dag aan hierdie vak gewy word en sluiting van die oë vir die feit dat baie van die leerlinge reeds lang afstande na die skool gestap het en rus nodig het alvorens Ligmaamsoefening te doen. Beter roosters sal voorkom dat die hele skool tegelyk besig is om te drill." Voorts word daar ook in hierdie verslag verwys na die rol wat "aktiwiteite buite die Kurrikulum" speel en hier word spesifiek op die belangrikheid van sportafrigting gewys. /Omdat ...... Omdat daar in 1944 nog geen permanente onderwyskollege bestaan het nie, is die verwysing in bostaande aanhaling na "opleidingsklasse" onduidelik. In 'n onderhoud met die Inspekteur van Liggaamlike Opvoeding van die Natalse Onderwysedepartement (die toenmalige "Organiseerder"), wys hy daarop dat daar periodiek vakansiekursusse vir diensdoende onderwysers in Liggaamlike Opvoeding georganiseer is. Tydens hierdie kursusse is elementêre werk behandel. Inagnemend van die taalgebruik, is die verwysing na "goeie werk in goedgekeurde inrigtings", inderdaad bedoelend dat goeie werk gelewer is by inrigtings waar daar van hierdie kursusgangers skoolgehou het. Die gebruik, soos in die 1944 verslag gemeld, om die eerste periode van die skooldag af te sonder vir 'n massa-deelname aan liggaamsoefeninge, en wat deur die toenmalige Hoofinspekteur gekritiseer word, is bykans 'n kwarteeu later nog steeds die gebruik by baie Indiërskole. Deels na aanleiding hiervan in 'n omsendbrief aan hoofde van alle Indiërskole uitgestuur om 'n einde te maak aan die wanpraktyk. ...... wanpraktyk. Gedurende die jare 1950, 1956 en 1957 meld Direkteure van Onderwys in hul jaarverslae slegs dat daar vakansiekursusse in Liggaamlike Opvoeding vir onderwyseres gehou is, dog daar word geen melding gemaak of verslag gegee oor die vordering in die vak nie. In die 1957 verslag word gemeld: "Daar is egter nog baie skole - veral in die buite-distrikte - waarin daar geen
<urn:uuid:410dde1f-1217-49e2-b86f-c4ae5be6ec19>-0
1
"The times listed as achieved by the competitors in the 100 metre sprint events at the school championships, and listed in the results on this page, are phenomenal for school children - and would be incredible even over the shorter 100-yards distance. The results are official, however, and when Post asked Mr. Pat Samuels, president of the Natal High Schools' Sports Association if there had perhaps been a mistake in measuring the distance or in timing the competitors, he vouched for the correctness of the results. Post however, does not ask its readers to accept that a 13-year-old schoolboy, for instance, is capable of a 10,4 sec. 100 metres - the Olympic qualifying time for this distance is 10,3 sec." /Soos ........... 1) Post: 3 National school's records are broken, p. 34 Soos duidelik blyk uit die voorafgaande, is selfs die sportverslaggewer skepties oor die resultate. Die President van die Sportsvereniging is egter oortuig daarvan dat die tyd en afstand "korrek" is. C. Die opleiding van Indiëronderwysers in Liggaamlike Opvoeding. Soos reeds vermeld, was daar teen 1967 nog geen ten volle gekwalifiseerde Indiëronderwysers in Liggaamlike Opvoeding nie. Die afwesigheid van opgeleide onderwysers moet teen die agtergrond van die algemene bekwaamheidspeil van Indiëronderwysers gesien word. Met die opening van die eerste jaar- kongres van die "South African Indian Teachers Association" op 5 Julie 1967 te Durban, het die toenmalige Direkteur van Indiëronderwys hom soos volg hieroor uitgelaat 1): "An unfortunate fact is that barely 40% of all teachers are adequately /qualified." ....... 1) Indian teacher's annual conference, pp. 173-175 qualified." Teen hierdie agtergrond moet die probleem van die beskikbaarheid van gekwalifiseerde onderwysers gesien word. Die inrigtings wat vir die opleiding van Indiëronderwysers in Natal verantwoordelik is, is die volgende: Springfield Onderwyserskollege, Universiteitskollege vir Indiërs en die M.L. Sultan Tegniese Kollege. (Almal in Durban geleë.) Die rol van elke inrigting met betrekking tot die opleiding van onderwysers in Liggaamlike Opvoeding is kortliks soos volg: 1. **Springfield Onderwyserskollege**. Hierdie is die eerste inrigting wat in 1951 te Durban spesiaal opgerig is om Indiëronderwysers op te lei. Uit onderhoude met die voormalige Rektor van hierdie inrigting, blyk dit dat Liggaamlike Opvoeding sedert die ontstaan van die Kollege in 1951, 'n integrale deel van alle onderwysers-kursusse uitgemaak het. Daar is geen spesialisasie op die vakgebied gedoen nie, dog die tydstoekening vir die vak is tans nog twee periodes per week. As in aanmerking geneem word dat hierdie inrigting nie oor 'n gimnasium beskik nie en dat sportfasiliteite ontoereikend 1) is, dan spreek dit vanself dat die opleiding van onderwysers op die gebied van Liggaamlike Opvoeding beperk is. Hierdie onderwysers moes, na voltooiing van hul primêre onderwyserskursusse, in baie gevalle Liggaamlike Opvoeding in primêre en sekondêre skole gaan aanbied. Uit 'n onderhoud met die Inspekteur van Liggaamlike Opvoeding van die Natalse Onderwysdepartement blyk dit dat die vakansiekursusse wat hy vir Indiëronderwysers aangebied het, en waarna daar vroeger in hierdie hoofstuk verwys is, die volgende patroon gevolg het: Tydens die kursus het onderwysers onderrig ontvang in die gebruik van klein apparaat soos byvoorbeeld balanseerbankies, medisyneballe en tuimelmatte. Verder is ook veral aandag geskenk aan kleinterreinspele. Na afloop van so'n kursus, moes 1) Levine: The story of Springfield, pp. 80-85 die onderwysers 'n eksamen aflê. Hierdie kursusse is aangebied om die tekort aan ten volle opgeleide leerkragte die hoof te bied. 2. Durbanse Universiteitskollege vir Indiërs. Die Durbanse Universiteitskollege vir Indiërs het in 1961 tot stand gekom. Soos by die Springfieldse Onderwyserskollege, vorm Liggaamlike Opvoeding 'n integrale deel van die primêre- (P.O.D.) en hoër primêre (H.P.O.D.) kursusse. Gedurende die eerste jaar van die P.O.D.-kursus is twee periodes per week in Liggaamlike Opvoeding verpligend, dog drie periodes in Liggaamlike Opvoeding in die tweede jaar van die kursus, word as 'n keusevak aangebied. In die H.P.O.D.-kursus is twee periodes Liggaamlike Opvoeding en een periode Gesondheidsonderrig per week in die tweede jaar voorgeskryf terwyl die student in sy derde jaar drie periodes Liggaamlike Opvoeding kan neem as 'n keusevak. Met die aanstelling in 1968 van voltydse personeel in Liggaamlike Opvoeding aan hierdie instigting is daar benewens die praktiese vakke, ook onderrig verskag in alle teoretiese vakke op die gebied ......... gebied van die Liggaamlike Opvoeding. Met die oprigting van die nuwe gebouekompleks van hierdie Universiteit, word daar voor- siening gemaak vir geriewe vir die opleiding van studente in die Liggaamlike Opvoeding en is daar reeds met die beplanning van die eerste graadkursus in Liggaamlike Opvoeding vir Indiërs begin. 3. M.L. Sultan Tegniese Kollege. Soos vroeër in hierdie hoofstuk vermeld, het daar in 1965 'n Afdeling vir Liggaamlike Opvoeding tot stand gekom. Daar hierdie inrigting die enigste Indiër onderwysinrigting was wat oor die nodige geriewe en personeel beskik het om spesialisasie-opleiding in Liggaamlike Opvoeding aan te bied, is 'n eenjarige spesialisasie-kursus in 1967 ingestel. Studente wat reeds 'n minimum van 'n tweejarige na-matrikulasië onderwyserskursus voltooi het, kon aansoek om toelating doen. Benevens die praktiese opleiding, het studente ook onderrig ontvang in al die aanverwante teoretiese vakke. Die kursus het bestaan uit 'n onderrigweek van 35 uur. In die eerste jaar wat die kursus aangebied is, slaag daar 14 mans- en een damestudent. /In .......... In 1970 word verlof aan die Kollege toegestaan om ook 'n driejarige onderwyskursus in Liggaamlike Opvoeding in te stel. Die eenjarige spesialisasiekursus sou in 1971 ten einde loop. Samevatting Dit is duidelik dat waar Indiëronderwys stadig ontwikkel het, die ontwikkelingsgang in die geval van Liggaamlike Opvoeding selfs nog stadiger was en op sekere stadiums glad nie waarnembaar nie. Vanaf 1860 tot en met 1966 is dit, as gevolg van karge verslae in hierdie verband van Direkteure van Onderwys in Natal, nie moontlik om 'n duidelike beeld to vorm waarom die vordering wat Liggaamlike Opvoeding op skool gemaak het, so gering was nie. Die moontlike en voor die hand liggende rede is dat die opleiding van onderwysers op hierdie terrein nie die nodige aandag geniet het nie. Soos verder blyk uit gegewens in hierdie hoofstuk, was daar skoolhoofde wat nie die vak goedgesind was nie, gevolglik is die belangstelling van die leerling ook nie gestimuleer nie. Dit het egter ook ....... ook duidelik geblyk dat daar 'n gevoel ontstaan het by die Indiërs dat Liggaamlike Opvoeding as 'n skoolvak by hoërskole onontbeerlik is. Met die skepping van opleidingsgeriewe en die aanstelling van toesighoudende personeel deur die Dept. van Indiërsake, skyn dit dat daar sedert 1966 positiewe stappe geneem is om die tekortkominge in die reine te bring en die aanduidings is dat die agterstand wat daar tans bestaan in vergelyking met die Blanke, spoedig uitgewis sal wees.
<urn:uuid:410dde1f-1217-49e2-b86f-c4ae5be6ec19>-1
1
BEKENDSTELLING: Die Nuwe Testament en Psalms: 'n Direkte Vertaling Groote Kerk Dit is 'n voorreg om namens 'n groot span medewerkers iets te sê. Van die begin af was dit die ideaal om so inklusief moontlik te wees: ten opsigte van kerke en denominasies, dissiplines, leeftyd en geslagte. Daar is 142 persone wat betrokke was/is, terwyl 7 reeds oorlede is: ongeveer 20 verskillende denominasies, 37 vroue, 83 brontaalkenners en eksegete, 59 Afrikaanse taal- en letterkundiges, insluitende opgeleide vertalers, kreatiewe skrywers/digters, asook 64 kerklike lesers. Vir elke Bybelboek is daar 'n afsonderlike vertaalspan: 'n brontaalkenner, 2 eksegete, 'n intravertaler, Afrikaanse taalkundige en letterkundige. Hierdie spanne staan egter op die skouers van heelwat ander inisiatiewe. Reeds iBn 1997 dien 'n versoek vir 'n (konkordante) nuwe vertaling by die Kerklike Advieskomitee: Die Bybel in Afrikaans (KABA), maar sonder positiewe reaksie. Eindelik lei dit tot 'n internasionale konferensie in 2001 om vas te stel wat die beste pad vorentoe sou wees. Hierna volg marknavorsing deur die Bybelgenootskap, asook navorsing by 4 Universiteite oor die aard van verskillende moontlike vertalings. Die meeste vertalings tot in die helfte van die 20ste eeu was woord-vir-woord vertalings. Hierop volg die era van dinamiese of betekenisgeoriënteerde vertalings, soos die 1983-vertaling, en kommersiële vlotlees-vertalings. Tegelykertyd groei 'n uitgesproke behoefte by kerke aan 'n teks wat nader aan die struktuur van die bronteks bly. Navorsing wat gedoen is met oog op die behoefte wat deur die kerke uitgespreek is, het onder andere aangetoon dat verskeie oorwegings geld wanneer vertalings met die oog op verskillende funksies aangepak word. Wanneer 'n kontrak of grondwet vertaal word, geld ander maatstawwe as by die vertaling van 'n advertensie. Wanneer die Bybel as gesaghebbende Woord van God word vir kerke vertaal word, moet rekening gehou word met bestaande vertaaltradisies en die sensitiwiteit van die kerke. Daar is dus sprake van 'n dubbele lojaliteit: aan die bronteks, maar ook aan die opdraggewer, die kerke. Hoe aan hierdie dubbele lojaliteit uitdrukking gegee moet word, moet onderhandel word en duidelik in terme van 'n vertaalopdrag geformuleer word. Dit was 'n vernuwende insig aangesien in die verlede nie so eksplisiet met kerke se behoeftes rekening gehou is nie. Hierdie navorsing vind ook neerslag in 'n werkswinkel van KABA (Maart 2004) waar die vertaalopdrag (ná oorleg met die kerke) gefinaliseer is. Hierdie proses was nogal 'n uitdaging omdat die kerke na aan die bronteks wou bly, maar daar nie na 'n woord-vir-woord vertaling teruggaan kon word nie. Die vertaalopdrag is dan soos volg geformuleer: Skep 'n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik. Hierdie opdrag is verder omskryf as 'n vertaling wat 'n getroue weergawe van die betekenis van die bronteks moet wees, terwyl beelde, metafore, styl en struktuur van die bronteks so ver moontlik behou moet word. Die vertaling moet van hoë letterkundige gehalte en goed verstaanbaar wees. Die teoretiese 'handvatsel' om uitdrukking te gee aan die vertaalopdrag is verkry deur 'n konsep te gebruik wat deur die vertaalkundige Ernst-August Gutt voorgestel is, te wete "direkte vertaling". Die konsep word ongelukkig maklik misverstaan as 'n sinoniem vir woord-vir-woord of letterlike vertaling. Die terme 'direkte' en 'indirekte vertaling' is egter tegniese terme wat geyk is na aanleiding van die onderskeid tussen direkte en indirekte rede. As my vrou my ná 'n erediens sou vra, wat het die dominee presies gesê oor tema x, en ek 'n fotografiese geheue sou hê, sou ek kon antwoord: Hy sê dubbelpunt "abc". ABC sou dan sy presiese woorde moes wees - as ek hom inderdaad direk aangehaal het. As my 7-jarige my dieselfde vraag sou vra, sou ek heelwaarskynlik antwoord: Die dominee sê dat xyz. In XYZ sou ek dan my weergawe aangepas het om my kind se konseptuele wêreld te akkommodeer. Op dieselfde manier as in hierdie voorbeeld, probeer 'n 'direkte vertaling' van Rut die Hebreeuse teks so te vertaal asof sy direk aangehaal word – en goeie Afrikaans praat in haar eie tyd en wêreld. Geen poging word in die vertaalde teks self gemaak om aan te pas by moderne lesers se konseptuele wêreld nie. Moderne lesers se wêreld word eerder in voetnotas verbreed sodat hulle vreemde konsepte, metafore en beelde, mate en gewigte kan verstaan. In kontras met 'n direkte vertaling, poog indirekte vertalings om die konseptuele wêreld van moderne lesers in die teks self te akkommodeer – soos byvoorbeeld die 1983-vertaling en Good News Bible. In Oktober 2004 besluit KABA om die Bybelgenootskap te vra dat so 'n vertaling gemaak word, en in Feb 2005 keur die Bybelgenootskap die vertaling goed en vra die kerke om vertalers te nomineer . 'n Uitnodiging deur die Bybelgenootskap tot medewerking aan die projek word deur die vakverenigings van taalpraktisyns/vertalers, taalkundiges en letterkundiges landwyd versprei. Die maak van 'n direkte vertaling was en is sonder twyfel 'n groot uitdaging – dit is nie altyd maklik om die regte goeie Afrikaans uitdrukking vir 'n Grieks of Hebreeuse idioom of gelade term te vind nie; of om te bepaal hoeveel voetnote waar bygevoeg moet word nie. Tog is ons in Suid-Afrika geseën met 'n ryke tradisie van die bestudering van die grondtale en die wêreld van die Bybel, en dien op ons spanne van meet af aan mense wat die Afrikaanse taal- en letterkunde goed ken. Ek dink dat die Bybelgenootskap met vrymoedigheid sou kon sê dat hierdie direkte vertaling 'n eerlike en goed ingeligte poging is om al die kommunikasieleidrade van die Grieks en Hebreeuse brontekste in goeie Afrikaans weer te gee. Vanaand se uitgawe is dus min of meer halfpad in die proses. Hierna kan kerklike lesers en die publiek steeds kommentaar lewer wat weer deur die drie Redaksionele Komitees verwerk moet word. Die projek steun verder deurlopend op talle steunpilare in die Departement vertaling en die Bybelgenootskap as geheel. Hiermee oorhandig ek graag namens 'n groot span vertalers – mense wat in die proses baie nederig geword het – hierdie vertaling aan die Bybelgenootskap. Bernard Combrink 12 Maart
52a5e598-a094-4bc1-b0e1-5d6b4dfc8b6c-0
1
WOORDELYS PLANTORGANE | | Kambium | ‘n Laag meristematiese weefsel in die endodermis van die stingel | |---|---|---| | | Kurkkambium | | | | Korteks | | | | Fassikulêre | | | | kambium | | | | Sluitsel | | | Endodermis | | | | Bande van Caspary | | | | Perisikel | | | | Oop vaatbondel | | | | Interfassikulêre kambium | | | | Jaarringe | | | | Lentiselle | | | | Turgordruk | | | | Kapillariteit | | | | Kohesiekrag | | | | Adhesiekrag | | | | Worteldruk | | | | Transpirasie | | | | Suigkrag van transpirasie | | | | Verwelking | | | | Guttasie | | | | Huidmondjies | | | | Hidatodes | | | | Potometer | | | PLANTORGANE Ondersteuning en vervoer in plante Transpirasie, verwelking en guttasie Prosesse in plante (sekondêre diktegroei in stingels) Absorpsie van water en minerale soute Vervoer van water en minerale soute na blare. Vervoer van vervaardigde voedsel vanaf die blaar Anatomie van plante Plantweefsel Stingels en wortels
c563b2c5-8aa5-40c6-a00b-3c30e619de71-0
1
Universiteit van Pretoria Jaarboek 2016 BA Tale Tale (01130013) Kontak Programinligting Hierdie program het ten doel om die leerder toe te rus met sowel kommunikatiewe vaardigheid as deeglike kennis van die taal, letterkunde en kultuur van ten minste twee tale. Die student word deur die bestudering van die betrokke taal/tale en letterkundes(s) gelei tot 'n kritiese denkhouding en verantwoorde deelname aan (kulturele) diskoerse en perspektiewe in verskillende fasette van die mens en sy interaksie met die wêreld. Deur sy/haar studies voort te sit by wyse van 'n honneursgraad in Vertaling en Professionele Skryfwerk of 'n honneursgraad in Toegepaste Taalstudie na voltooiing van die BA Tale-program, word die student toegerus om as 'n navorser, voltydse praktisyn of vryskutwerker tot een of meer van die volgende beroepsterreine toe te tree: vertaling en tolking, redigering, leksikografie, taalbeplanning en taalontwikkeling, korporatiewe kommunikasie, teksontwerp, die advertensiewese, kreatiewe skryfkuns, mediawerk, gemeenskapsontwikkeling, toerisme en die diplomatieke sektor. Deur sy/haar studies voort te sit by wyse van 'n Nagraadse Sertifikaat in Onderwys, word die student toegerus om tot die onderwysberoep toe te tree. Na voltooiing van die BA Tale-program, kan studente ook aansoek doen om toelating tot 'n honneursgraadprogram in Joernalistiek. Toelatingsvereistes G Kandidate wat 'n TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie. G Om toelating te behou sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. G Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat 'n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word. Aansoekers met 'n TPT van 30 maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie moet die NBT aflê. G Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word. G Minimum vereistes vir 2016 | Prestasievlak | | | | TPT | |---|---|---|---|---| | Afrikaans of Engels | | | | | | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | | | 5 | 3 | C | C | 30 | Programoorsig Ander programspesifieke inligting Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem. Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, is verplig om 'n taalmodule ter waarde van 12 krediete uit die lys van taalmodules (sien Akademiese geletterdheid) te neem. Let wel: Indien ? taal onder 'Keusemodules' gekies is, kan dieselfde taal nie ook onder 'Kernmodules' gekies word nie. (Tale: Afrikaans, Engels, IsiZulu, Sepedi, IsiNdebele, Frans, Duits, Portugees, Spaans, Grieks, Hebreeus en Latyn. Kyk die taalgroepe vir keuses in programme.) Studente met 'n besondere belangstelling in enige van die volgende taalterreine kan die betrokke dosente raadpleeg vir hulp in verband met die samestelling van die program: Afrikaans: Dr N Bosman, GW 15-29, Tel: 012 420 4075; e-pos: [email protected] Afrikatale: Dr HJ Bosman, GW 15-9, Tel: 012 420 2335, e-pos: [email protected] Prof E Taljard, GW 9-16, Tel: 012 420 2494, e-pos: [email protected] Antieke Tale en Kulture: Prof GJ Swart, GW 22-22, Tel: 012 420 2762; e-pos: [email protected] Moderne Europese tale: Prof S Mühr, GW 14-18, Tel: 012 420 2419; e-pos: [email protected] Kreatiewe skryfkuns: Prof HJ Pieterse, GW 22-10 Tel: 012 420 4194/4862; e-pos: [email protected] TAALGROEPE VIR KEUSES IN PROGRAMME Let wel: U moet asb die alfabetiese modulelys raadpleeg vir volledige inligting rakende alle taalmodules soos hieronder gelys, aangesien sommige van hierdie modules spesifieke vereistes/voorvereistes het. Modulegroep 1 – Afrikaans Jaarvlak 1 * As moedertaal: AFR 110,120 * Vir sprekers van ander tale (ook vir sprekers van ander tale wat vir kwalifikasies in die regte en opvoedkunde ingeskryf is) AFR 114 * Vir studente in die regte (eerste taal): AFR 110 Nota: AFR 120 kan bykomend geneem word. * Vir opvoedkundestudente: AFR 110,120 (moedertaal); AFR 114 (sprekers van ander tale) Jaarvlak 2 * As eerste taal: AFR 214, AFR 210,220 * Vir opvoedkundestudente: AFR 214, AFR 220 * Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 210,220 Jaarvlak 3 * As eerste taal: AFR 311,321 * Vir opvoedkundestudente: Vrye keuse uit die modules met alfakodes AFR en LCC wat op jaarvlak 3 aangebied word. * Taal, kultuur, kommunikasie en media: LCC 312,320,322 Modulegroep 2 – Engels Jaarvlak 1 * Vir spesiale doeleindes: ENG 118 * Vir akademiese doeleindes: ENG 110,120 Jaarvlak 2 ENG 210,220 Jaarvlak 3 * ENG 310,320 * ENG 311,322 Modulegroep 3 – Frans Jaarvlak 1 * Vir beginners: FRN 104,181 (LLM studente) * Kultureel-professioneel (vir student wat Frans in Graad 12 geslaag het): FRN 113,123 Jaarvlak 2 FRN 211,221 Jaarvlak 3 Kultureel-professioneel: FRN 361,362,363,364 Modulegroep 4 – Duits Jaarvlak 1 * For beginners: DTS 104 * Kultureel-professioneel (vir studente wat Duits in Graad 12 geslaag het): DTS 113,123 Jaarvlak 2 DTS 211,221 Jaarvlak 3 Kultureel-professioneel: DTS
9c4f83bf-69d0-469a-b073-b11c97f60a4a-0
1
Sending in die nabloei van die Marxisme-Leninisme P Verster (UOVS) ABSTRACT “Mission in the aftermath of Marxism-Leninism” Marxism-Leninism as ideology suffered severe setbacks. The question is in which way mission can still be relevant in the aftermath of this prominent ideology. The idea of freedom as essential part of Western philosophy is discussed in relation with Marxism/Leninism. The influence of Perestroika and the effect it had on the ideology is also discussed. In the end mission must still be relevant. Certain problems with evangelical missionary efforts in Russia en Cuba are mentioned. The church should, however, remain relevant in the sense of dealing with man’s essential relation to freedom in the kingdom of God. 1 INLEIDING Die ideologie Marxisme-Leninisme het die afgelope dekade ernstige terugslae ervaar. Waar dit ongeveer tien jaar gelede nog ’n hoogbloei beleef het, is dit nou nie meer die geval nie. Die algemene oortuiging was dat dit wyer as ideologie aanvaar sou word. Dit is nou duidelik dat daar, wat die ideologie betref, ernstige vrae gevra word. Daar kan beweer word dat die ideologie as sodanig geweldig gediskrediteer is. Daar is nog enkele gebiede oor waar dit as ideologie nagevolg word, byvoorbeeld China, Kuba en Noord-Korea. Die kern van die Marxisme-Leninisme word egter ernstig bevraagteken. 2 NAVORSINGSPROBLEEM EN HIPOTESЕ In hierdie artikel word enkele aspekte van die Marxisme-Leninisme ontleed ten opsigte van die Westerse vryheidsideaal in die lig van die ommeswaai wat gekom het. Die nuwe situasie wat tot stand gekom het, word ontleed. Die vraag wat dan uiteindelik aan die orde gestel sal word is hoe sending binne hierdie nuwe situasie en met inagneming van die vryheidsideaal steeds sinvol bedryf kan word. As hipotese word gestel dat die kerk in ekumeniese verband opnuut na die vryheid van die mens moet vra om ook dié vryheid gestalte te gee in die gemeenskap waar God se koninkryk sigbaar word. 3 MARXISME-LENINISME EN VRYHEID 3.1 Marx en vryheid Marxisme-Leninisme het as basiese uitgangspunt die mens in sy situasie. Marx is aangegryp deur die nood van die mens. Sy *Das Kapital*¹ is eintlik ’n ernstige besinning oor hoe die mens vry kan kom van die onderdrukkende omstandighede van die privaat produksie waaronder hy of sy geplaas word. “Let us now picture to ourselves, by way of change, a community of free individuals, carrying on their work with the means of production in common, in which the labour-power of all the different individuals is consciously applied as the combined labour-power of the community. All the characteristics of Robinson’s labour are here repeated, but with this difference, that they are social, instead of individual. Everything produced by him was exclusively the result of his own personal labour, and therefore simply an object of use for himself. The total product of our community is a social product. One portion serves as fresh means of production and remains social”². Die vryheidsideaal bestaan ook by Marx. Hy neem dit oor van Rousseau en uiteindelik Hegel. Die vryheidsideaal wat so inherent aan die Westerse beskawing is, kom ook by die Marxisme-Leninisme sentraal voor. Die vryheidsideaal bevestig dat die mens nie in ’n situasie geplaas moet word waar hy vervreemd van homself moet bestaan nie. Alhoewel die Marxisme-Leninisme wesenlik God se bestaan en invloed misken en ook ontken dat die mens ’n ewige bestemming by God het, wil dit tog die mens as sodanig vrymaak om tot homself te kom. Die vervreemde mens, vervreem van sy arbeid, vervreem van sy bestaan, moet daartoe gebring word om weer in ’n bevrydende verhouding tot homself te kom³. Dit is juis die kapitalisme wat die verhouding van mens tot arbeid versteur. Die hantering van surpluswaarde is in dié verband betekenisvol⁴. Vir Marx⁵ is die moderne masjinerie van sy tyd voorbeeld van vervreemding van arbeid en daarmee saam van vryheid: “By means of its conversion into an automaton, the instrument of labour confronts the labourer, during the labour-process, in the shape of capital, of dead labour, that dominates and pumps dry, living labour power. The separation of the intellectual powers of production from the manual labour, and the conversion of those powers into the might of capital over labour, as we have already shown, finally completed by modern industry erected on the foundation of the machinery”. Kolakowski\textsuperscript{6} se belangwekkende boek \textit{Main currents of Marxism} behandel die aspekte volledig: “Marx was certain that the proletariat as the collective Prometheus would, in the universal revolution, sweep away the age-long contradiction between the interest of the individual and that of species. In this way, too, capitalism was the harbinger of socialism. By smashing the power of tradition, brutally rousing nations from their slumbers, revolutionising production, and liberating fresh human sources, capitalism has made a civilization in which man for the first time was able to show what he could do, although as yet his prowess took non-human and anti-human forms. It was pitifully sentimental to upbraid capitalism in hope of stopping or diverting its victorious advance. The conquest of nature must go forward: in the next stage, men would achieve mastery over the social conditions of progress”\textsuperscript{7}. Die vraag aan die orde is of Marx ooit werkelik in staat sou wees om die nuwe hoop vir mense te skep. Kolakowski\textsuperscript{8} toon aan dat Marx se oortuiging dat die proleriataat uiteindelik sou seëvier en die nuwe gemeenskap tot stand sou bring, nie berus het op wetenskaplike onderzoek nie, maar op die oortuiging van ’n profeet wat ’n argument bou op sy interpretasie van die werkelikheid. Seigel\textsuperscript{9} meen dat Marx nie daarin kon slaag om vry te kom van persoonlike lewe en die toepassing van sy teorie in die werlikheid nie, sodat hy eintlik aan die einde ontgogel moet staan voor die onvermoë van die teorie om sy ideaal te verwesenlik. “The tension between a theoretical structure which, although the sole source of scientific comprehension, could be easily mistaken for the empty dialectical play of abstract idealism, and an empirical world which, although uniquely real, was illusory and irrational, led Marx to impasses he could not circumvent”. Marx kon ook nie die noodwendigheid waarop sy teorie gebou is, laat geld sonder om daarmee ook die mens self as middelaar in die sentrum te plaas nie\textsuperscript{10}. \textbf{Ontwikkeling van die vryheidsideaal} Duvenhage\textsuperscript{11} toon aan dat die vryheidsideaal ook deur die sogenaamde \textit{Frankfurter Schule} geïnterpreteer word in Marxistiese raam. Die Verligting kon nie self die oplossing vir die vervreemding van die mens bied nie. Die gevolg was dat die Marxistiese kritiek op die kapitalisme juis was, maar ook weer in die put van vervreemding vasval - vandaar die verval van kommunisme in Rusland. Kilminster\textsuperscript{12} bevestig dat die utopie nie meer noodwendig volg op die verwagte ineenstorting van kapitalisme. nie, en dat die Marxistiese teorie juis daarom onder verdenking kom. Carter\textsuperscript{13} toon aan dat Marx juis meen dat die teenstrydighede deur arbeid oorkom kan word: "In other words, it is by interacting with the world through labour, by transforming the world to their benefit and, in the process, by transforming themselves that human beings come to have knowledge of the world. Labour is thus offered as the solution to the epistemological problems associated with the reflection theory". **Negatiewe gevolge van die Marxisties-Leninistiese vryheidsideaal** Die ironie is egter dat waar hierdie vryheidsideaal vir die Marxisme-Leninisme so belangrik was, die teenoorgestelde gegeld het waar die ideologie die heersende ideologie was. Juis daarom is Marx se godsdienskritiek van die uiterste belang. Kommunisme\textsuperscript{14} sou godsdiens totaal oorbodig maak: "But Marx would deny that, in parallel, the institutional/oppressive side of religion might disappear but its functions continue. In his earlier writings, which looked on religion as opium, the reason for this was that communism, being a self-creating society with fully satisfying interpersonal relationships, has no need for religion with its themes of creation, dependency and mediation". In die belangrike boek \textit{Discretion and Valour}\textsuperscript{15} word duidelik aangetoon hoedat daar vir die Christen onder die Marxisties-Leninistiese state 'n ongelooflike dilemma
<urn:uuid:bb595da7-4f5c-41f7-a1ee-724ef5a01c03>-0
1
aan die boodskap van Jesus Christus. Hy noem die volgende aspekte van sodanige betrokkenheid: * Vereenselwiging van die kerk van buite met die mense in Oos-Europa is noodsaklik. * 'n Toegewyde lewe is nodig sodat die evangelie nagevolg kan word. Christenskap moet primêr die uitgangspunt wees en dan eers ander sake soos denominasies en bevolkingsgroep. * God moet toegelaat word om die persoon se lewe te beheer. * Daar moet veel eerder van vennootskap sprake wees as die uitdra van persoonlike geloofsbelidensisse. In die tweede plek sal die kerk 'n tuiste moet bied vir die mens wat totaal ontgogel is in die moderne samelewing. Die kerk sal 'n tuiste moet bied vir mense wat in meer as een opsig ontgogel is met hierdie Westerse vryheidsideaal. Juis dit wat hulle soek, het vir hulle geen heil ingehou nie. En daarom moet die kerk rekening hou met 'n nuwe situasie waar mense hulself afvra, wat die omstandighede is waaronder hulle verkeer en hoe hulle dit moet hanteer? In dié verband kan verwys word na sendingpogings in Kuba. Smith\textsuperscript{28} skryf soos volg. "North American groups sometimes offer help that is not high on the Cuban priority list. Groups often bring Bibles, but Bibles are now readily available. Spanish study Bibles and other Christian literature are not. Some groups offer money to pay pastors, but Cubans request friendship and partnership. They need financial help for projects, but in the context of a sharing relationship. Visitors say, ‘We will come and offer you training’. Cubans say, ‘Good, but we are your equals; come and learn from us what it is like to have suffered for the name of Jesus’". Wat Rusland\textsuperscript{29} betref is daar baie stemme wat opgaan om te waarsku teen 'n simplistiese benadering in evangelisasie wat nie die komplekse Russiese samelewing in ag neem nie. Daar is reeds aangedui dat die talle korttermynuitreikings baie negatiewe gevolge gehad het. 'n Ware vryheidsideaal moet dan na vore gebring word, 'n vryheidsideaal waar die vryheid van die mens binne die raamwerke van die vryheid wat God bied, gesien word, waar God vryheid skep, waar God nuwe moontlikhede skep, waar God die kerk kan gebruik om nuwe moontlikhede te skep. Hier dink ons veral aan die gedagte wat baie sterk na vore kom in die heil in Jesus Christus wanneer Hy die verlossing teweegbring. Die derde manier waarop die kerk betrokke kan raak in die nabloei van die Marxisme-Leninisme is om die vakuum gelaat deur die ineenstorting van die Marxisme-Leninisme wat die denke van die mens betref en die gehoorsaamheid aan God te probeer vul sodat daar inderdaad gesoek word na 'n nuwe verhouding met God en na gehoorsaamheid in Sy diens. Die kerk sal egter daarteen moet waak om as kerk die gemeenskap te beheer. Die kerk in ekumeniese verband kan nie die gemeenskap oorneem en verkerklik nie. Die kerk dien en rig die gemeenskap op God en wat Hy van die kerk verlang. Die kerk is egter nie God se koninkryk nie. In hierdie verband moet die kerk in die nabloei van die Marxisme-Leninisme met groter ywer die ware boodskap van bevryding verkondig. Die kerk is geroep om juis nou aan mense die hulp te bring wat hulle nodig het om 'n nuwe toekoms tegemoet te gaan en dan ook in die nuwe toekoms op God te bly hoop en verder invloed in die gemeenskap uit te oefen om sodoende die heil wat God skenk aan hulle te bring. Evangelisasieveldtogte wat egter nie die aard van byvoorbeeld die Russiese gemeenskap deeglik verken nie, lei nie tot heil nie, maar tot die uitkalwing van ware toewyding aan God. Die evangeliseringsproses sal alleen sinvol verloop as rekening daarmee gehou word dat die Westerse kerk eerder by die kerk wat onder die Marxisme-Leninisme verdruk is, kan leer. Die kerke sal na mekaar moet uitreik en in hulle uitreiking na mekaar by mekaar aansluiting moet vind. 5 SLOT Ten slotte sal die kerk sy onvermoë om te getuig en te bely moet erken. Die Westerse kerk het nagelaat om die kerk in Oos-Europa te versterk en dit aan sendingorganisasies soos Geopende Deure oorgelaat. Die kerk het nie in die sentrum van belydenis, ondersteuning en hoop gestaan nie. Juis om daardie rede sal die kerk voortdurend moet vra wat daar is wat getuig en bely moet word wat nie met die tyd verander nie en wat nie met politieke omwenteling prysgegee moet word nie. Wat is die sentrale boodskap wat die kerk moet bely? Die kerk sal steeds moet bely dat die sentrale boodskap sentreer om die plaasvervanging in Jesus Christus. NOTAS: 1 K Marx, *Capital* (translated by S Moore and E Aveling) London 1912. 2 Marx, *a w*, 50. 3 D McLellan, *Karl Marx: Selected Writings*, Oxford 1977, 71. 4 M Morishima, *Marx’s Economics. A dual theory of value and growth*, Cambridge 1973, 193-196. 5 Marx, *a w*, 423. 6 L Kolakowski, *Main currents of Marxism*, 1. The Founders (translated by P S Falla), Oxford 1978, 1 ev. 7 Kolakowski, *a w*, 413. 8 Kolakowski, *a w*, 374-375. 9 J Seigel, *Marx’s fate*, Princeton 1978, 391. 10 J Mepham, From the Grundriss to Capital: The making of Marx’s method. In J Mepham and D-H Ruben, *Issues in Marxist philosophy*, Sussex 1979, 156-157. 11 P Duvenhage, Die kritiese teorie as ’n filosofiese perspektief op die twintigste eeu. *Tydskrif vir Christelike Wetenskap* 30/2 (1994), 38: 32-55. 12 R Kilminster, Theory and practice in Marx and Marxism. In G H R Parkinson, *Marx and Marxism*, Cambridge 1982, 174-175. 13 A Carter, *Marx. A radical critique*, Brighton, Sussex 1988, 264. 14 D McLellan, *Marxism and religion*, New York 1987, 30. 15 T Beeson, *Discretion and valour*, Glascow, 1982. 16 M Bourdeaux, *Opium of the people*, London 1965, 206 ev. H Gollwitzer, *Die Existenz Gottes im Bekenntnis des Glaubens*, München 1964, 76-78. J M Lochman, *Encountering Marx. Bonds and barriers between Christians and Marxists*, Philadelpia 1977, 117-128. D Rossouw, *Christen, Kommunis en Sosialis in die nuwe Suid-Afrika*, 1992, Pretoria. Rossouw, *a w*, 92. M Gorbachev, *Perestroika*, New York 1987, 21-22. G M Danilenko, International Law-making: Issues of law and policy, In A Carty and G Danilenko, *Perestroika and International Law*, New York 1990, 15. Gorbachev, *a w*, 131. P G Schoeman, The Christian and ideology, *Tydskrif vir Christelike Wetenskap* 31/3 (1995), 17:10-19. J Reimer, Mission in post-perestroika Russia, *Missionalia* 24/1 (1969), 22:18-39. Reimer, *a w*, 25. Reimer, *a w*, 33. H Smith, Ministry to Cuba: The right questions to ask, *Evangelical Missions Quarterly*, 33/1 (1997), 65:60-67. J Johnson, Three things you should not believe about ministry in the former Soviet Union, *Evangelical Misions Quarterly* 30/3 (1994), 298:294-299.
<urn:uuid:bb595da7-4f5c-41f7-a1ee-724ef5a01c03>-1
1
MOONTLIKHEID VAN DIE PRAKTISE IMPLEMENTERING VAN DIE KING-KOMITEE AANBEVELINGS deur J H JANSE VAN RENSBURG SKRIPSIÉ Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER COMMERCI in ONDERNEMINGSBESTUUR in die FAKULTEIT VAN EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE aan die RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT STUDIELEIER: PROF A L BOESSENKOOL JOHANNESBURG Oktober 1997 Hiermee verklaar ek, Jacobus Handré Janse van Rensburg, dat die skripsie 'n produk is van my eie arbeid. Geteken te ........................................... JOHANNESBURG ............... op hierdie .................. 8 .... dag van ........................................... FEBRUARI E ........................................... 19 98 ... DANKBETUIGINGS • Aan professor A L Boessenkool, my hartlike dank vir sy leiding en insette om hierdie poging 'n sinvolle skripsie te maak. • Aan my persoonlike assistent, Morné Jacobs, vir haar tikwerk, geduld en ondersteuning. • Die belangrikste is om in nederigheid dank aan my Skepper te bring, aan wie alle eer toekom omdat Hy uit genade aan my die vermoë geskenk het. ABSTRACT VERIFICATION OF THE PRACTICAL IMPLEMENTATION OF THE KING COMMITTEE RECOMMENDATIONS The previous narrow view that directors are accountable to shareholders only and that reporting of company affairs should be left to them alone is changing. With the world moving into an ever-developing era of transparency, a dynamic participating approach is required in which directors' reports would be directed at all stakeholders and should consequently address all matters of concern and interest. In respect to similar expectations overseas, the Treadway Commission in the United States of America and the Cadbury Committee in the United Kingdom, addressed the financial issues of corporate governance and made certain recommendations for change. After the publication of these recommendations, the Institute of Directors verified similar expectations in South Africa and the King Committee was formed. The King Report on Corporate Governance published in 1994 (the King Report) has advocated fundamental changes to current corporate governance practices in South Africa. The objective of the Report is to improve the system by which companies in South Africa are directed and controlled and to improve openness and accountability. The King Report recommendations were drafted to supply the necessary guidelines in the providing of relevant and comprehensive information to all stakeholders concerned. The query which arises from a review of the Report's recommendations is whether the stakeholders, whose only access to relevant information is in most instances the published interim and annual financial statements, will be able to determine if the King recommendations were in actual fact implemented. In view of the fact that one of the main objectives of the King recommendations was to ensure that relevant, timeous and understandable information is available to users, it is imperative to be able to determine if the recommendations were in actual fact implemented. The question which this research report addresses is whether it would be possible to determine from an examination of the published financial statements of a listed company if the King recommendations were implemented in practice. To obtain an answer to this question, a questionnaire was drafted which addresses the specific recommendations. The questionnaire was then applied to the published annual financial statements of three selected companies, namely Edgars, Alpha Limited and the Seardel Group. The finding of the research is that the companies indicated, as required by the Johannesburg Stock Exchange, that they do comply with the King recommendations, even though certain instances were found where the Code of Corporate Practices and Conduct were not complied with. Numerous references were also made to the companies' commitment to the implementation of the recommendations. There is, however, no indication, or verification, of the extent to which the recommendations were implemented in practice. The conclusion from the research is that the King recommendations can only be truly successful once the actual implementation of the recommendations, the problems experienced in implementation and the contribution to the enhancement of better corporate governance, are verified by an independent party and these findings published in an accessible document. ## INHOUDSOPGAVE ### HOOFSTUK 1 **INLEIDING, DOEL EN MOTIVERING VAN DIE STUDIE** | 1.1 Agtergrond tot die studie | 1 | |-------------------------------|---| | 1.2 Probleemstelling | 4 | | 1.3 Doelstellings van die studie | 5 | | 1.4 Metodiek | 5 | | 1.5 Indeling van die studie | 6 | ### HOOFSTUK 2 **DIE KING-VERSLAG AANBEVELINGS** | 2.1 Inleiding | 7 | |--------------------------------|---| | 2.2 Huidige praktyk | 8 | | 2.2.1 Redes vir mislukking van ondernemings | 10 | | 2.2.1.1 Direksiebeheer | 10 | | 2.2.1.2 Finansiële risiko | 10 | | 2.2.1.3 Uitbreiding | 10 | | 2.2.1.4 Reaksie op probleme | 11 | | 2.3 Die Kode van Korporatiewe Praktyke en Gedrag | 11 | | 2.3.1 Direksie | 12 | | 2.3.2 Voorsitter | 12 | | 2.3.3 Nie-uitvoerende direkteure | 12 | | 2.3.4 Aanstelling van direkteure | 13 | | 2.3.5 Direkteursvergoeding | 14 | | 2.3.6 Direksie vergaderings | 14 | | 2.3.7 Maatskappysekretaris en professionele advies | 15 | | 2.3.8 Kommunikasie met belanghebbendes | 15 | | 2.3.9 Oudit | 16 | ## INHOUDSOPGAWE (vervolg) | Section | Page | |------------------------------------------------------------------------|------| | 2.3.10 Werkerdeelname | 17 | | 2.3.11 Program van regstellende aksie | 17 | | 2.3.12 Etiese kode | 18 | | 2.4 Die eise van die King-verslag op finansiële verslagidooening | 18 | | 2.5 Openbaarmakingsvereistes van die King-veslag | 20 | | 2.6 Gevolgtrekking | 21 | ### HOOFSTUK 3 **PRAKTIESE IMPLEMENTERING VAN DIE KING-VERSLAG VOORSTELLE** | Section | Page | |------------------------------------------------------------------------|------| | 3.1 Inleiding
<urn:uuid:a356bad3-4e23-464e-8be3-4616be4f853c>-0
1
van die King-komitee was om die nodige aanbevelings daar te stel om te verseker dat nuttige en relevante informasie in 'n verstaanbare formaat aan alle belangegroepe deurgegee word. Vir die King-aanbevelings om suksesvol te wees moet belangegroepe uit die finansiële state van 'n maatskappy, wat van die enkele dokumente is wat beskikbaar is aan alle belangegroepe, met sekerheid kan bepaal of die aanbevelings in praktyk geïmplementeer is. Hierdie skripsie is gevolglik onderneem om te bepaal in watter mate daar uit die finansiële jaarstate van 'n maatskappy bepaal kan word of die King-aanbevelings wel geïmplementeer is. 5.2 GEVOLGTREKKING Die grootste probleem wat uit die ondersoek geblyk het is dat daar nie met sekerheid bepaal kan word in watter mate die maatskappye wel die King-aanbevelings in praktyk geïmplementeer het nie. Soos duidelik uit die ondersoek geblyk het is daar talle verwysings na die maatskappye se ondernemings om wel hierdie aanbevelings te implementeer, maar geen aanduiding, of verfikasie, van die praktiese implementasie nie. Daar word byvoorbeeld aangetoon dat die maatskappye oor ouditkomitees beskik, maar dit is onmoontlik vir die gebruiker van die finansiële state om hul effektiwiteit te bepaal. Die meeste van hierdie verwysings word ook gedoen in dele van die finansiële state wat nie deur die ouditmening van die eksterne ouditeur gedek word nie. Die enigste aspek wat in al drie die stelle finansiële state deur die ouditeure geverifieër was, was direkteursvergoeding. Die gevolg hiervan is dat daar vir die gebruiker van die finansiële state geen sekerheid is dat die aanbevelings wel geïmplimenteer is nie en die enigste afleiding wat gemaak kan word is dat die gebruiker sal moet steun op die betrokke maatskappy se ondernemings dat die King-aanbevelings wel geïmplementeer is. 5.3 AANBEVELINGS Die gevolgtrekking van hierdie skripsie is dat daar wel, soos deur die Johannesburgse Effektebeurs vereis, deur die maatskappye aangetoon word of hulle aan King voldoen. Alhoewel daar 'n aantal gevalle gevind is waar die aanbevelings in die Kode van Korporatiewe Praktyke en Gedrag nie nagekom is nie, is die algemene bevinding dat die maatskappye reeds in 'n groot mate voldoen aan die aanbevelings van King. Daar is ook talle verwysings na die verskeie areas waarop die King-aanbevelings van toepassing is en die maatskappye se verbondenheid tot die implementering daarvan. Die mate waarin die King-aanbevelings egter in praktyk geïmplementeer word, die struikelblokke wat ondervind word en die bydrae wat die aanbevelings gelewer het in die suksesvolle goewernansie van die maatskappy, sal egter eers bepaal kan word indien hierdie implementasie geverifieer en in die finansiële state of 'n aparte dokument weergegee word. BIBLIOGRAFIE • ALPHA LIMITED 1996: Annual report: December • ANON 1995: Remuneration: Pressure for disclosure. Finance Week: December/January • ANON 1995: The drive for transparency. Financial mail: February 10 • ANON 1996: Fostering good business practice. Financial Mail: September 20 • ARMSTRONG, P 1995: The King Report on Corporate Governance. Juta's Business Law: The Quarterly review for people in business: Volume 3 part 2 • ARTHUR ANDERSON 1994: Commentary and Summary of the King Report: Arthur Anderson South Africa: May • BASSON, D 1994: King oor korporatiewe konings. Finansie & Tegniek: Desember 2 • BLUMBERG 1996: Disclosure of information. Accountancy SA: September • CLARKE, K 1994: Good behaviour, SA style. Finance Week: December 1 - 7 • COETZEE, E & WESSELS, R 1997: The disclosure of directors' remuneration in annual financial statements. Accountancy and Finance Update: February • COOPERS & LYBRAND 1995: Die King-verslag. Korporatiewe Bestuur: Volume 1/95. Coopers & Lybrand Suid-Afrika • COOPERS & LYBRAND 1995: Doeltreffende interne beheermaatreëls. Korporatiewe Bestuur: Volume 2/95. Coopers & Lybrand Suid-Afrika • COOPERS & LYBRAND 1995: Riglyn. Finansiële verslagdoening & oudit: Volume 7/95. Coopers & Lybrand Suid-Afrika • CROTTY, A 1994: W & A test for King report. Finance Week: July 14 - 20 • CROTTY, A 1995: Uniform accounting should be enforced. Business Report: June 12 • CROTTY, A 1996: Discontent grows over corporate governance. Business Report : September 5 • DE LANGE, L 1997: Die lesse van Greg Blank. Finansies & Tegniek : Mei 23 • Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters 1991 Standpunte oor Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk 100 • EDGARS 1997: Annual report : March • GLEASON, D 1994: Light into dark corners. Financial Mail : December 2 • GLEASON, D 1997: Directors: Chasing the principles. Financial Mail : May 22 - 28 • GROBLER, L 1995: Hou wette uit korporatiewe beheer. Sake Beeld : Junie 14 • HOLFORD, B A 1997: Financial reporting in South Africa. Accountancy SA : April • JUDIN, J M 1995: Non-executive directors. Directorship : May • KANA, S 1995: Weathering the storm. Accountancy SA : May • KING, M E 1994: Stepping into the corporate governance minefield. Accountancy SA : March • KING, M E 1995: Vindicating vinculum. Financial Mail : February 10 • LUBBE, D 1997: Corporate Governance - A future perspective. Accountancy and Finance update : February • MARX, B & DU TOIT, A 1996: Die rol van die ouditkomitee. Finansies en Tegniek : Junie 28 • McNULTY, A 1997: Rewarding disclosure. Financial Mail : February 14 • OLIVIER, M 1995: Directors' remuneration. Accountancy SA : August • PAYNE, B 1995: JSE sets rules on corporate disclosure. *Business Day*: April 5 • PROVIS, N 1996: Open to inspection. *Enterprise*: September • PULLINGER, A 1996: Directors’ remuneration: Public or private? *Accountancy SA*: November/December • REYNECKE, M 1996: Are your stakeholders getting the assurance they deserve? *Accountancy SA*: August • REYNECKE, M 1996: Kyk anders na korporatiewe regering. *Finansies & Tegniek*: Junie 14 • RYAN, C 1995: King report lays down new rules. *Business Times*: November 19 • SEARDEL GROUP 1996: *Annual reports*: June • SIKHAKHANE, J 1997: SA directors lag badly in independence criteria. *Business Report*: April 16 • SMITH, T 1992: Accounting for Growth: Stripping the camouflage from company accounts. Chantam: Mackay • THE INSTITUTE OF DIRECTORS OF SOUTH AFRICA 1994: The King Report on Corporate Governance: Johannesburg: November • WILKINSON, R 1996: Waarom ’n nuwe King-komitee? *Finansies & Tegniek*: Junie 21
<urn:uuid:a356bad3-4e23-464e-8be3-4616be4f853c>-1
0
Annerlike Afrikaans deur Anton Prinsloo Sagteband ISBN 978-1-86919-265-5 Kleinhandelsprys is R250.00, 536 bladsye Protea Boekhuis Wie sal weet wat 'n dollewarie is? Of 'n geldmannetjie? Van 'n mooi versorgde ouer vrou word gesê "baie kilometer op maar min enemmel af". Wat sal tog 'n krompokkel wees? Wie word kolkoppe genoem? Diegene wat wil weet, kan gerus Anton Prinsloo se jongste publikasie Annerlike Afrikaans gaan lees. Dit bevat 'n skat van inligting oor ons land se kontreitale. Die outeur het honderde gesegdes, woorde en sommersêgoed, gebonde aan sekere streke en groepe in ons land, bymekaargemaak, gedokumenteer en betekenisse agterhaal. Dis 'n skat van inligting, opgeneem in 'n lywige boekwerk van 536 bladsye. Dit het nie net 'n kosbare naslaanwerk geword nie, maar sommer ook 'n boeiende leesboek wat vanweë sy interessante leesstof jou sommer uit die slaap sal hou. Ek vermoed dat skrywers/digters/skeppende kunstenaars dit as 'n handige naslaanbron sal gebruik en ek sal nie verbaas wees as ons letterkunde so mettertyd met woorde uit Anton Prinsloo se kontreiwoordeboek verryk gaan word nie. Dit is origens glad nie ongewoon dat digters byvoorbeeld woordeboeke as naslaanbron/ sinoniemebron gebruik nie. Nederland se beroemdste moderne digter, Lucebert, was klaarblyklik 'n ywerige leser van woordeboeke. Uit sy poësie het dit duidelik geblyk dat hy die vreemdste bestaande woorde benut en uit woordeboeke geput het as inspirasiebron. Taalkundiges sal openbarende taalverskynsels vind in hierdie kontreiwoordeboek uit die pen van hierdie bekende taalkundige en radiopersoonlikheid. Lesers het as 't ware help skryf aan hierdie boek: Hoewel sommige van die inskrywings al opgeteken is in algemene woordeboeke en in kontreikuns, is heelwat data die produk van die outeur se briefwisseling en gesprekke met taalgebruikers oor die hele taalspektrum van Suid-Afrika. Met hierdie boeiende werk word die taal van meer as 700 kontreie na die mense toe gebring en so lewend gehou. Anton Prinsloo is 'n voormalige programleier van RSG se "Die tale wat ons praat" en "Klassieke keuse". Hy het op 10-jarige leeftyd sy eerste stories in die kinderhoekie van die destydse koerant Die Transvaler gepubliseer en word sedertdien steeds deur taal betower. Hy was voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans en van die Komitee vir Taaladvies van die SAUK. Ander publikasies: Feite, fl aters, fi ksie ('n versameling taaleienaardighede); Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom, asook Sleng (woordeboek van hedendaagse Omgangsafrikaans), Afrikaans op sy beste (medeouteur prof. F.F. Odendal). Medeouteur van die Supplement van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans. Sy werk is bekroon deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die FAK en die ATKV. J van der Elst SA Akademie vir Wetenskap en
<urn:uuid:848c91b7-3b4e-4e0e-ac4d-acbe9e008c54>-0
1
HOOFSTUK IV. ONDERWYS IN DIE KROONKOLONIE: 1900-1906. 1. Onderwys gedurende die oorlogsjare, 1900-1902. a. Die toestand na die uitbreek van die oorlog. (1). Skole sluit weens kommandering. Met die uitbreek van die verwoestende Tweede Vryheidsoorlog tussen die Boererepubliek en Brittanje op 11 Oktober 1899 het die verantwoordelikheid wat nie alleen op die ouer as burger van die staat nie maar ook op die jong seun en dogter gerus het om hulle aan-deel te verrig in 'n styd wat alle krag en inspanning sou vereis, die onmiddellike gevolg gehad dat die meeste bestaande skole moes sluit. Soos in baie ander distrikte het die onderwysers ook weldra by die kommando's aangesluit. Waar die Engelse aan die begin van die stryd van mening was dat slegs 'n paar maande nodig sou wees om die Boererepubliek op die knieë te bring, was hulle genoedsaak om hulle sienswyse te verander toe dit in 1900 vir hulle duidelik geword het dat hulle die weerstand wat hulle te wagte was, heeltemal onderskat het. Dit was nou duidelik dat die oorlog aansienlik langer sou duur, en daarom het die onderwys van die kinders in die konsentrasiekampe vanaf 1901 die aandag van die Britse owerhede geniet. (2). Sargant die eerste Direkteur van Onderwys. Die nuwe Engelse administrasie het reeds in die loop van 1900 'n uitnodiging gerig aan die heer E.B. Sargant om sy dienste te verseker as organiseerder van die onderwys van die uitgebreide gebied wat so pas toegevoeg is tot die Britse dominiums\(^1\). Hy het in Kaapstad aangekom op 6 November 1900 en vasgestel dat die nuwe administrasie van Transvaal nog nie na Pretoria oorgeplaas was nie. Sy tweede bevinding was: "In the Transvaal I found that the Military Administration had made scarcely any provision for Education. At headquarters the whole attitude of the Staff was one of concentration upon the actual campaign and the postponement, as far as possible, of questions relating to civil life. Accordingly I received no encouragement to make offers of employment to certain men serving with the forces who had been school-board teachers at home"\(^2\). (3) Sargant tref klein privaatskooltjies aan. Sargant het wel in sommige distrikte klein privaatskooltjies aangetref wat volgens sy bevinding aan die gang gehou is deur skoolgelde asook deur 'n fonds wat gestig is deur 'n komitee in Holland\(^3\). Dit was die begeerte van genoemde Komitee dat die onderwys voortgesit moes word en wel in dieselfde gees as voor die uitbreek van die oorlog. Hierin kan ons dan ook baie duidelik reeds bespeur die begin van Christelik-nationale onderwys. In die meeste gevalle was hierdie skooltjies in die hande van Hollander-onderwysers wat voorheen deur die regering van die Zuid-Afrikaanse Republiek in diens geneem is, en die medium van onderrig was natuurlik Hollands. b. Kampskole in Transvaal volgens die model van Groenpunt en Norvalspont. Aangesien teen hierdie tyd die meeste families --- 1. Report of the Director of Education of the Transvaal and Orange River Colony Public Education 1900-1904, 1. 2. Ibid., 3. 3. Idem. van die Boere wat die wapen opgeneem het, reeds in die kampe langs die vernaamste spoorweë gekonsentreer was, was daar feitlik geen kinders meer op die plase nie en het die steeds toenemende aantal kinders in die steeds groter wordende kampe Sargant genoodsaak om voorsiening te maak vir hulle onderwys. Gesterk deur die sukses van sy eksperimente met die Boerekampskool te Groenpunt en die skool vir kampkinders te Norvalspont het hy weldra orals kampskole opgerig. Die Direkteur sê in sy verslag: "The children flocked to the schools and the mothers who brought them were all content with the arrangement that the religious instruction should be given in Dutch and other lessons in English....The scholars themselves I found tractable and well-mannered, especially those who had been brought up in larger farmhouses far removed from the influence of the towns. The charges of want of cleanliness which have been sometimes levelled against a whole population are, in my judgement beside the mark; many of the scholars were neatly dressed, and showed a degree of personal care highly creditable in the circumstances of camp life"¹). (1) Die posisie teen November 1901. Teon die einde van November 1901 het die getal van vlugtelingskinders in die kampskole op 8120 gestaan. Sargant se probleme wat hy moes oorkom om aan hierdie groot aantal kinders onderwys te verseker, was voelvuldig. Hy moes voorsiening maak vir die nodige onderwysers, aangesien die eerste onderwysers van oorsee eers na ses maande verwag kon word. Hy moes dus gebruik maak van persone uit die kampe, en hulle was baie min en moesal ongekwalifiseerd. Boekse en ander, ¹. Report of the Director of Education in the Transvaal and Orange River Colony Public Education 1900-1904, 4. skoolgereedskap was dringend nodig, en tente en allerlei afdakke moes as klaslokaal dien. "One school was opened in a grove of trees at some little distance from the tents of the refugees. Teachers volunteered for duty, the children brought small packing cases for seats, and mothers gathered round at a respectful distance. In another case the Concentration Camp had been pitched upon a racecourse. Our only possible accommodation was the grand stand; and for many months, in spite of wind and sun, the children grouped themselves on its singularly inconvenient benches to read their Dutch Bibles and to learn to speak English"¹). (2) Personeel van die organiserende inspekteurs. Die Superintendente in die kampe het hulle bes gedoen om vir die kinders onderdak sowel as voldoende banke te vind. Gewoonlik was daar baie ander werk in die kampe wat hulle aandag geverg het, sodat die pogings om die nodige akkommodasie te verkry dikwels gestrem is. 'n Personeel van organiserende inspekteurs is daarom benoem om die onderwys te regl, met mnr. J.H. Corbett as die verteenwoordiger vir Transvaal²). Hy sou ook nog lank na die oorlog 'n belangrike rol as distriksinspekteur speel in die onderwys van Wolmaransstad. (3) Verbetering in die algemene toestand vanaf 1902. Vanaf die begin van 1902 het daar egter verandering begin intree in die onderwystoestande in die Transvaal. Die Direkteur van Onderwys se dan ook: "In my opinion we had reached the end of our tether by the end of 1901. With the new year began the --- 1. Report of the Director of Education in the Transvaal and Orange River Colony Public Education 1900-1904, 8. 2. Idem. steady influx of English teachers, first from Great Britain and then from all parts of the Empire... a small number of excellent head masters were also imported\(^1\). Die meeste skole was tot die kampe beperk. Daar het egter ook "vrye" of "skoolgeldheffende" skole ontstaan op al die belangrikste bevolkingsentra en selfs ook op verafgeleë dorpe wat reeds in die hande van die Engelse was\(^2\). Volgens Departementele gegewens het die aantal kinders in die kampskole gedurende 1902 in Meimaand sy hoogtepunt in die Transvaal bereik, naamlik 17,213. Die grootste deel van die werk van die nuwe Transvaalse Onderwysdepartement in die eerste helfte van 1902 was dus saamgetrek in die kampskole\(^3\). Geen onderwysers is aangestel sonder kennis van Engels nie. Die leervakke is beperk tot Bybel, Engels Lees, Rekenkunde, Sang en "musical drill", wat dus saam die hele rooster van werksaamhede uitgemaak het. Die medium van onderrig was Engels, behalwe in die geval van Bybelse Geskiedenis wat deur medium van Hollands gegroe mog word. 2. Onderwys onder Kroonkoloniale bestuur, 1902-1906. a. Nuwe onderwyswetgewing van Sargent. (1) Sy "Public Education Ordinance 1903". Aanvanklik is die
26c8fc8e-e3ef-4fa4-9aa6-a77877709360-0
1
ontstaan van die C.N.O.-beweging.** Een van die gevolge van die oorlog was dat baie van die onderwysers, veral Hollanders, wat in die dae van die Republiek in die Transvaal onderwys gegee het, nou in groot gebrek verkeer het\(^4\). 'n Stelsel van verengelsing is deur die veroweraars op die bevolking afgedwing. Hierteen het die gees van die verowerde in opstand gekom. 'n Kommissie wat homself "Vriendenkring"\(^5\) genoem het, is in Junie 1901 in Pretoria gestig. Teen die einde van 1902 het die "Vriendenkring" oorgegaan in 'n breër kommissie tot die behartiging van --- 1. T.E.D: *Report for the School year 1905-1906*, 60. 2. Ibid., 61. 3. T.E.D.: *Report for the year ended 30th June 1906*, 61. 4. Coetzee: *Onderwys in Transvaal 1838-1937*, 95. 5. Coetzee: *Dis Gereformeerde beginsel en die onderwys in TVL*, 25. "Christolik Nasionale Onderwys na die goes en aard van die onderwys volgens die ou onderwyswette van die S. Afr. Republiek"\(^1\). Vanaf 1903 het begin hierdie uiters belangrike beweging wat deur Professor Coetzee kernagtig saamgevat word as "die beweging vir Vrye Christolik Nasionale Skole, vry van beheer en inmenging van die kant van die nuwe Engelse owerheid en Christolik Nasionaal in gees en strekking: 'n onderwys wat wou voortbou op die verlede, op die godsdienst, die taal, die geskiedenis en die kultuur van die oorwonne Boerenasie"\(^2\). b. C.N.O. in Wolmaransstad. Die C.N.O.-tydperk in Wolmaransstad neem 'n aanvang met die komst van ds. E.J.J. van der Horst, predikant van die N.H. of G. Kerk. Hy het in Julie 1903 die beroep na die Wolmaransstadse gemeente ontvang. Hy was voorheen op Bloemhof, waar hy werksaam was vanaf 1902, en is op 8 Augustus 1903 in Wolmaransstad bevestig\(^3\). Net soos te Bloemhof het hy hom die taak van die opvoeding besonder aangestrekk, en sy stempel is vir die volgende jare baie duidelik afgedruk op die onderwys in die dorp en die distrik. Uit 'n persoonlike mededeling van ds. Van der Horst kan vasgestel word dat die posisie by sy aankoms te Wolmaransstad uiterst haglik was. Hy deel mee dat alle geboue, insluitende die huidige pastorie, nog in verlate en onherstelbare afgebrande toestand gestaan het. Die Engelse was doelbewus daarop uit om skole te stig waardoor ons kinders verengels moes --- 1. Coetzee: *Onderwys in Transvaal 1838-1937*, 95. 2. Ibid., 95-96. 3. Persoonlike mededeling van ds. Van der Horst. word. Hulle het geen geld ontsien om hulle doelstelling te laat slaag nie. Hierteaenoor het ons verarmde mense gestaan met feitlik geen middel tot hulle beskikking om die stryd aan te knoop nie. Hoewel geldelik verarmd tog was hulle geestelik verryk deur die pasafgelope stryd. Dit was nie nodig om die mense oor te haal tot die nuwe stryd nie, want hulle was regdenkend en het in opstand gekom teen die beleid van die owerheid. c. Die C.N.O.-skool op Wolmaransstad. Aan die hoof van die staatskool het in 1903 gestaan mnr. J. King as hoof, met mej. Whitehead as assistente. Die skoolgebou was geleë op die plek waar die Esembos-koshuis tans nog te sien is\(^1\). Hierdie gebou is sedert 1952 omgeskop in skoolraadskantore. Spoedig na ds. Van der Horst se kom is 'n vergadering bele en die stigting van 'n C.N.O.-skool op die dorp as toenwig teen die staatskool besproek. Die grond is van die kork verkry, en die skooltjie is langs die pastorie opgerig. Die mense het bygedra tot die oprigting van die gebou deur daaraan te werk. So het onder andere W. Boshoff klippe en grond aangery; Piet van Rensburg het die messelwerk gedoen, terwyl genl. Sarel du Toit en Mias Geyer ook hulp verleen het\(^2\). Die skool is aan die begin van 1904 geopen met J.L. du Preez as hoof. Hy is later opgevolg deur W. de Greeff. d. C.N.O.-skole in die distrik. Vorskeie C.N.O.-skole is ook in die distrik opgerig. Op Doornpan onder andere is 'n vergadering ten --- 1. Persoonlike mededeling van ds. Van der Horst. 2. Idem. huise van Manie le Roux belê, deur ds. Van der Horst, waar onder meer teenwoordig was George le Roux en Piet le Roux, met die doel om 'n C.N.O.-skool op te rig en 'n gebou te verkry. Die organiserer van die staatskole, H.A.W.Hesse, wat die Regering verteenwoordig het, was ook op genoemde vergadering aanwezig om daar te verneem dat oom Manie le Roux nou sy waenhuis, waarin die staatskool gehuisves was, aanbied as skoolgebou vir 'n C.N.O.-skool. Op hierdie vergadering het ds. Van der Horst reguit gepraat en gesê: "As die Engelse kinders wil hê om op te lei kan hulle self aanteel maar nie ons kinders nie"1). Die skool op Wildebeestkantoor het in Mei 1903 gesluit as staatskool en is vervang deur 'n C.N.O.-skool. Op Klipfontein het Gerty Yeld, skoonsuster van ds. Van der Horst, baie gedoen om die goeie van dio skool te verbeter. Te Kareeboschkuil het kommandant Martiens van Rensburg 'n C.N.O.-skool begin, terwyl J.C. Theunisson 'n C.N.O.-Onderwyser te Witpoort was2). Op 15 Maart 1903 is 'n C.N.O.-skool geopen op Wolvenkop in diesselfde gebou waarin die skool voor 1900 bestaan het, 'n gebou wat gelukkig nie gedurende die oorlog afgobbrand is nie3). Die skool het goeie in dio wyk van ouderling P.Venter, met onderwyser H.J. du Plessis, en dit het gedurende 1905 20 kinders gehad. In die wyk van ouderling L.J. Fouché het 'n privaatskool met 4 kinders en met mej. M.M.Fouché as onderwysoros bestaan4). 1. Persoonlike mededeling van ds. Van der Horst. 2. Idem. 3. *Het Kerkblad*, Zondag 15 Mei 1904. 4. *Almanak voor die Gereformeerde Kerk in Z.A.*, 1905, 74-75. In 1906 tref ons 'n C.N.O.-skool aan op Rietvallei, met 22 kinders en onderwyser H.J. du Plessis, terwyl daar ook nog 'n privaatskool op Bezuidenhoutskraal was met 6 leerlinge en onderwyser W.A.J. Venter\(^1\). Op die meeste plekke in die distrik waar staatskole bestaan het, het C.N.O.-skole ontstaan, maar weens die geweldige finansiële las kon laasgenoemde skole nie hulle aanvanklike houvas bly handhaaf nie. Die onvermydelike gevolg was dat die meeste C.N.O.-skole gedurende 1906 gesluit moes word\(^2\). --- 1. Almanak voor de Gereformeerde Kerk in Z.A., 1906. Die skool te Wolvenkop is waarskynlik oorgêplaas na Rietvallei met dieselfde onderwyser. 2. Persoonlike mededeling van ds. Van der Horst.
26c8fc8e-e3ef-4fa4-9aa6-a77877709360-1
1
Vergroot die patroon tot A4-grootte en kopieer op gekleurde papier. Sny die papier in 8 stroke en laat die kinders die prentjies inkleur. Ryg "Indian files" deur die gaatjies of maak dit met raffia of lint in 'n boekie vas. (Of los die gaatjies en kram die boekie aanmekaar.) Sit die blaadjies op mekaar met die papiertjie met die kind se naam heel voor. Maak 2 gaatjies aan die kant van die pakkie geskenkbewyse. Stuur die boekie geskenkbewyse huis toe vir vadersdag met die opdrag dat die pappa self kan kies wanneer die kindjie die take moet uitvoer. Ek sal die onkruid uittrek (as Pa vir my sal wys presies wat onkruid is en wat nie...) die hond bad of met die hond gaan stap of die kat bad Ek sal die troeteldier versorg (kies 1): Ek sal vir Pa 'n beker koffie maak. Ek sal (sonder betaling!) Pa se kar (kies 1): of was stofsuig Ek sal Pa se skoene "polish". Pa kan die "remote" vir een hele dag
<urn:uuid:21460529-9313-4825-8671-9797135e4939>-0
1
Die Hemel – God se pragtige huis 'n Storie uit God se woord, die Bybel, soos gevind in Johannes 14, II Korintheers 5, Openbaring 4, 12, 22 "Die lees van die Woord gee lig." Psalms 119:130 God weet ons het lelike dinge gedoen, Hy noem dit sonde. Die straf vir sonde is die dood. God het ons so lief gehad dat hy Sy Enigste seun, Jesus, gestuur het om aan 'n kruis te sterf om vir ons sondes te betaal. Jesus het lewendig geword en Hemel toe gegaan! Sodat God ons ons sondes kan vergewe. As jy nou jou sondes vergewe wil he, se die volgende aan God: Liewe Jesus, ek glo dat U vir my gesterf het en weer opgestaan het. Kom asseblief in my lewe in en vergewe my my sondes, sodat ek 'n nuwe lewe kan he, en eindig vir ewig saam met U kan lewe. Help my om vir U te lewe en U kind te kan wees. Amen. Johannes 3:16 Lees die Bybel en praat met God elke dag! Afrikaans Terwyl Jesus op die aarde was het hy sy dissiëpsels van die hemel vertel. Hy het dit "My Vader se Huis" genoem en ook dat daar baie wonings. 'n Woning is 'n groot, pragtige huis. Die Hemel is groter en baie mooier as enige huis op aarde. Jesus se toe vir hulle: "Ek gaan om vir julle 'n plek te berei, Ek sal weer terugkom om julle te kom haal." Jesus het die hemel toe gegaan na Sy dood en opstanding. Terwyl Jesus se dissipels by Hom was het 'n wolk Hom toegevou en weggenem na die hemel. Tot vandag toe onthou Christene dat Jesus belowe hom terug te kom en ons te kom haal. Hy het gesê dat hy skielik sal kom, wanneer ons dit die minste verwag. Maar wat van die Christene voor Jesus se opstanding? Die Bybel se hulle is reguit hemel toe om by Jesus te wees. Wanneer ons nie meer lewe in ons liggaam nie, is ons Gees lewend by God. Openbaring, die heel laaste boek in die Bybel, vertel ons hoe wonderlik die hemel is. Dis so wonderlik om te dink dat die Hemel, God se huis is! God is oral, maar sy troon is in die Hemel. Engele en ander hemel wesens prys God in die Hemel. Almal wat reeds gesterf het en in die hemel is, prys Hom ook elke dag. Hulle sing spesiale liedjies van lofsang tot eer van God. Hier is die woorde van een van die liedjies wat hulle sing: U is waardig om die Boek te neem, en sy seels oop te maak, want U het ons met U bloed gekoop, uit elke stam, nasie, valk en taal. U het ons tot konings en priesters vereer vir ons God. Die heel laaste bladsy van die Bybel beskryf vir ons die Hemel as die "Nuwe Jerusalem". Dit is baie, baie groot met 'n hoe muur reg rondom die stad. Juwele en edelgesteentes is die fondasie van die muur, dit blink met die mooiste kleure! Elkeen van die stadspoorte is gemaak van 'n reuse perell Die stadspoort is nooit gesluit nie. Kom ons gaan in en kyk 'n bietjie rond... WOW! Die hemel is selfs nog mooier aan die binnekant. Die stad is gemaak van suiver goud, dit blink soos glas. Selfs die strate is van goud gemaak! 'n Pragtige, helder skoon rivier van lewende water floei vanaf God se troon. Aan albei kante van die rivier is die boom van die lewe, dieselfde boom wat in die Tuin van Eden was. Hierdie boom is baie spesiaal. Dit dra twaalf verskillende soorte vrugte, h ander sort elke maand. Hierdie boom is vir die genesing van die nasies. Die hemel het nie die son nodig vir lig nie. God se glorie vul die hemel met sy wonderlike lig. Daar is ook nie dag of nag nie. Selfs die diere in die hemel is anders. Hulle is almal mak en vriendelik. Wolwe en skape wei saam op die gras. Selfs die magtige koning leeu eet strooi soos die beeste. Die Here se: "Hulle sal niemand seermaak of vernietig in My heilige berg nie." Wanneer ons rondkyk sien ons daar is dingte weg uit die hemel. Niemand word kwaad nie. Niemand baklei of is selfsugtig nie. Daar is nie slotte aan die deure nie, want daar is nie diewe in die hemel nie. Daar is ook nie leunaaars, moordenaar, townaars of skelmis nie. Daar is geen sonde van enige aard in die hemel nie. In die hemel saam met God is daar geen trané meer nie. Soms, in ons aardse lewe huil ons oor dingte wat ons seer maak in die lewe. In die hemel sal God al ons trané af vee. Niemand gaan dood in die hemel nie. God se kinders sal vir ewig saam met Hom daar wees. Daar is geen smarte of trané of pyn in die hemel nie. Geen siekte, of skeiding, of begrafnis nie. Almal is gelukkig in die hemel vir ewig saam met
<urn:uuid:0cdc2bfd-fd47-4934-ac88-530c7d856a41>-0
1
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LANDBOUTEGNOLOGIE NOVEMBER 2012 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 1 antwoordblad. INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. ALGEMENE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1.1 Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 1.2 ALBEI afdelings is VERPLIGTEND. 2. AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2.1 Beantwoord die vrae in hierdie afdeling op die aangehegte ANTWOORDBLAD. 2.2 Volg die instruksies wanneer die meervoudigekeuse-vrae beantwoord word. 2.3 Plaas die VOLTOOIDE ANTWOORDBLAD in die ANTWOORDEBOEK. 3. AFDELING B: GESTRUKTUREERDE VRAE 3.1 Hierdie afdeling bestaan uit VYF vrae. 3.2 Beantwoord die vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. 3.3 Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 3.4 Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 3.5 Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. AFDELING A VRAAG 1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A–C) langs die vraagnommer (1.1–1.20) op die aangehegte ANTWOORDBLAD. VOORBEELD: 1.0 A B C 1.1 Plaagdoderspuittoerusting gebruik ... stowwe en moet baie versigtig en onder toesig gebruik word. A B gevaarlike C gladde taai (2) 1.2 …, as gevolg van blootstelling aan die geraas van toerusting, is 'n gesondheidstoestand wat permanent kan wees. A 'n Longsiekte B 'n Rugprobleem C Hardhorendheid (2) 1.3 Klein snytjies en skrape wat in die werkswinkel opgedoen word, moet deur die onderwyser … word. A ontsmet en met rus gelaat B ontsmet C met rus gelaat (2) 1.4 Hierdie tipe brand moet met droë poeier of CO2-brandblussers geblus word, nadat die … afgeskakel is. A elektrisiteitstoevoer B watertoevoer C skuimtoevoer (2) 1.5 Die verkeerde gebruik en wegdoen van landbouchemikalieë … A kan respiratoriese siektes en beserings veroorsaak. B kan kanker by mense en diere veroorsaak. C Beide A en B (2) 1.6 Vlekvrye staal kan vervaardig word deur chroom, mangaan en ... saam te smelt. A B nikkel C koper sagtestaal (2) NSS 4 NSS 1.7 Die funksie van die … in 'n voertuig is om te verseker dat die ratte gewissel kan word terwyl die voertuig beweeg. (2) (2) (2) (2) (2) (2) TOTAAL AFDELING A: 40 AFDELING B VRAAG 2: MATERIALE EN STRUKTURE [35] VRAAG 3: ENERGIE 3.1 Kies 'n woord uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te pas. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.5) neer, byvoorbeeld 3.1.6 Petroleum. (5 x 1) (5) 3.2 Elektrisiteit in enige vorm is baie gevaarlik. Om die risiko van noodlottige elektriese skokke te verlaag, moet mens baie versigtig wees en alle veiligheidsregulasies ten opsigte van elektriese toerusting nakom. Noem VIER gevaarlike situasies/omstandighede wat daartoe kan lei dat werkers deur elektrisiteit geskok word. (4) 3.3 Verduidelik die proses om windenergie effektief in 'n vorm van elektriese energie om te skakel. (6) 3.4 Beskryf kortliks die begrip biobrandstof. (2) 3.5 Noem DRIE voordele van biobrandstof. (3) [20] VRAAG 4: VAARDIGHEDE EN KONSTRUKSIEPROSESSE 4.1 Die skets hieronder toon 'n MIG-sweisproses. Bestudeer dit en beantwoord die vrae wat volg. 4.1.1 Identifiseer deel A tot E. (5) 4.1.2 Waarvoor staan die afkorting MIG? (3) 4.1.3 Noem VYF voordele van MIG-sweising. (5) 4.2 Die foto hieronder toon 'n omsettersweismasjien ('inverter welder') wat vir algemene sweisdoeleindes op die plaas gebruik word. 4.2.1 Noem die tipe stroom wat deur die sweismasjien hierbo voortgebring word. (1) 4.2.2 Gee VYF redes waarom 'n boer dit moet oorweeg om 'n omsettersweismasjien aan te skaf. (5) 4.2.3 Is dit moontlik om aluminium met die omsettersweismasjien te sweis? Motiveer jou antwoord. (2) 4.3 Maak 'n netjiese, benoemde skets van die linkssweismetode wanneer met 'n oksiasetileen-sweisapparaat gesweis word. Punte sal toegeken word vir: Byskrifte 5 Netheid Skets 2 1 (8) 4.4 Beskryf die term inkrimping van sweislasse. (4) 4.5 Verduidelik die proses van vlakverharding van geslyte metaalonderdele. (2) [35] VRAAG 5: GEREEDSKAP, IMPLEMENTE EN TOERUSTING 5.1 Die foto hieronder toon 'n kragaftak-as ('PTO') wat as 'n dryfas tussen die trekker en die implement gebruik word. 5.1.1 Noem die toestel wat die kragaftak-as in staat stel om teen 'n hoek te werk. (1) 5.1.2 Noem die funksie van die ghriesnippel wat op hierdie toestel aangebring is. (1) 5.1.3 Die kragaftak-as moet altyd afgeskerm word om te voorkom dat mense beseer word. Noem TWEE vereistes van hierdie skerms. (2) 5.2 Wanneer 'n baalmasjien buite seisoen gestoor word, is daar belangrike prosedures wat gevolg moet word. Noem enige VYF prosedures. (5) 5.3 Ratkaste word in voertuie gebruik om dit moontlik te maak om die regte ratverhouding te kies vir die werk wat gedoen moet word. 5.3.1 Noem DRIE verskillende tipes ratkaste wat in 'n voertuig gebruik kan word. (3) 5.3.2 Wat is die nadeel van reguitratte? (1) 5.5 5.6 NSS 5.4 Die boer wil water van 'n rivier af pomp met 'n elektriese motor en 'n sentrifugale pomp. Die deursnee van die bandkatrol ('pulley') op die motor is 200 mm en die r/min is 1 500. Die spoed van die sentrifugale pomp, soos aangedui op die vervaardigersetiket, is 3 000 r/min. 5.4.1 Bereken die deursnee van die katrol ('pulley') op die pomp vir optimale doeltreffendheid. Dryfkatrol Gedrewe katrol Gebruik die volgende formule: Na x Da = Ng x Dg Toon ALLE berekenings. 5.4.2 Die aandrywing tussen die motor en die pomp in die skets hierbo word deur V-bande bewerkstellig.
6f1bafc4-d9d6-45df-8a8d-aaa8b187017e-0
2
Tel: (012) 546-1358/1368 Faks: (012) 546-0705 Koos De La Reystraat 279 Posbus 16163 Pretoria- Noord 0116 www.daniemalan.c0.za E-pos: [email protected] GR R OB14 /2020 Liewe Gr R Ouers, Tema: Lente (19 - 23 Oktober) Temabespreking: Noem al die seisoene Lente se maande Weer in die lente Hoe die natuur in die lente verander? Hoe pas die diere en mense aan in die lente Versie: Die lente is weer hier, vir ons plesier. Die koue winter is nou weg; die verkoues was te erg. Ons kan weer buite speel – niks kan my nou verveel. Huistaal: Hersien klanke en sigwoorde van Kwartaal 3 Klap lettergrepe Vertel storie oor Wiskunde: Tel voorwerpe (8) Getalsimbole en –name Beskryf, orden en vergelyk getalle 2-D vorms Versamel en sorteer Algemeen: Gradeplegtigheid foto’s: 20 & 21 Oktober (Trek asb. ‘n swart hempie aan) Kleurfees: 21 & 22 Oktober @ R20 Oueraand: 21 Oktober vanaf 17:00 – 19:00 Skool sluit: 23 Oktober om 11:00 Tel: (012) 546-1358/1368 Faks: (012) 546-0705 279 Koos De La Rey street P O Box 16163 Pretoria- North 0116 www.daniemalan.c0.za E-mail: [email protected] Geniet die Vakansie!! Malanne maatjie Groete Gr R
aedaff0a-4567-4b24-ab4c-daae84d62c76-0
2
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS NOVEMBER 2019 NASIENRIGLYNE Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye. PUNTE: 200 INSTRUKSIES AAN NASIENERS 1. Alle vrae met veelvuldige antwoorde veronderstel dat enige relevante, aanvaarbare antwoord oorweeg moet word. 2. Berekeninge: 2.1 Alle berekeninge moet die formules toon. 2.2 Vervanging van waardes moet korrek gedoen wees. 2.3 Alle antwoorde MOET die korrekte eenheid bevat om oorweeg te word. 2.4 Alternatiewe metodes moet in ag geneem word, met die voorwaarde dat die korrekte antwoord verkry is. 2.5 Wanneer 'n verkeerde antwoord in 'n daaropvolgende berekening gebruik word, sal die aanvanklike antwoord as verkeerd beskou word. Indien die verkeerde antwoord egter daarna korrek toegepas word, moet die nasiener die antwoord weer uitwerk met die verkeerde waardes. Indien die kandidaat die aanvanklike verkeerde antwoord daaropvolgend korrek toegepas het, moet die kandidaat volpunte vir die daaropvolgende korrekte berekeninge kry. 2.6 Nasieners moet oorweeg waar en wanneer 'n kandidaat binne berekeninge afgerond het, asook die effek daarvan op die finale antwoord. Die berekening moet dus op meriete bepunt word. 3. Hierdie nasienriglyne is slegs 'n gids met modelantwoorde. Alternatiewe vertolkings moet in ag geneem word en op meriete nagesien word. Hierdie beginsel moet egter konsekwent tydens die nasiensessie by ALLE nasiensentrums toegepas word. VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID [10] VRAAG 2: RLC-KRINGBANE 2.1 2.1.1 Drywingsfaktor is die verhouding van die ware drywing tot die skyndrywing. LET WEL: Indien die formule neergeskryf is, word 1 punt toegeken. (2) 2.1.2 Die kwaliteitsfaktor van 'n induktor verwys na die verhouding van die induktor se reaktansie tot sy interne weerstand tydens resonansie. Indien die formule neergeskryf is, word 1 punt toegeken. Die verhouding van die induktiewe/kapasitiewe reaktansie tot die impedansie tydens resonansie (2) Die verhouding van die induktiewe/kapasitiewe spanning tot die toevoerspanning tydens resonansie 2.2 • Drywinglose spanningsverdelers * Filterkringe * Tydreëlkringbane * Ossillatorkringbane 2.3 * Radio-instemkringbane 2.3.1 ( V V V V L C 2 R T − + = = ( ) 2 2 ) 16 24 12 2 − + = V 14,42 (2) (3) (3) 2.3.3 Die kringbaan is kapasitief omdat die spanningsval oor die kapasitor groter as die spanningsval oor die induktor is. As die leerder die kringbaan as induktief aandui, maar gee dieselfde rede, kan daardie motivering as korrek aanvaar word. (2) LET WEL: Indien XL en XC bereken word en daar word gestaaf dat die kring kapasitief is, moet 2 punte toegeken word. 2.3.4 5 LET WEL: Geen byskrifte, Geen punte (4) 2.3.5 Wanneer die impedansie van die kringbaan toeneem sal die drywingsfaktor daal en sal die fasehoek sodoende toeneem. (2) 2.4.3 Die fasehoek is nalopend omdat die induktiewe stroom groter as die kapasitiewe stroom is. LET WEL: Indien net die tweede gedeelte van die antwoord gegee word = 1 punt (2) Indien die leerder induktansie eerste uitwerk en daardie waarde in die resonante frekwensie formule gebruik om die kapasitansie korrek uit te werk, moet volpunte toegeken word. LET WEL: Indien die leerder net die 50 Ω in die plek van XC vervang = 2 punte. 2.5.2 Ω 12 Z R resonansie Tydens = = I T = = V Z 120 12 = A 10 Indien R instede van Z gebruik word = vol punte. (4) 2.5.3 Indien die weerstand verdubbel sal die stroom halveer. (1) (3) [40] VRAAG 3: DRIEFASE-WS-OPWEKKING 3.1 • Verminder stroomgebruik. * Toerusting genereer minder hitte en hou langer. * Verminder maandelikse rekening. * Verminder instandhouding van toerusting. 3.2 Om verbruikers met beide enkelfase- en driefasekrag te voorsien soos benodig. Om 'n neutraal en aard punt te verskaf. 3.3 'n Wattmeter is 'n instrument wat gebruik word om die drywing van 'n las te meet. hoeveelheid drywing te meet wat oor 'n sekere tydsduur gebruik 'n Kilowattuur meter (energie meter) is 'n instrument wat gebruik word om die word. Kilowattuut meter is 'n instrument waarmee energie verbruik gemeet word. (2) 3.4 3.4.1 Die Nasionale Netwerk lewer elektriese krag aan die verbruiker. (1) 3.4.2 Die Nasionale beheersentrums monitor en beheer die Nasionale Netwerk. (1) 3.5 3.5.1 V G of V L2 of L 2 of geel fase 3.5.2 120 (3) 3.7 3.8 3.7.1 Tweewattmetermetode. (1) S I V 3 L L = I L = = S 3 V L 20 000 3 220 × = A 52,5 LET WEL: As die ware drywing formule korrek gebruik word om die lynstroom te bereken =vol punte. [30] VRAAG 4: DRIEFASETRANSFORMATORS 4.1 Oorbelasting Weerlig Skakelstuwing Swak ventilasie 4.2 'n Aardfout veroorsaak dat die fases nie gebalanseerd is nie. Dit lei tot 'n verskil in spanning tussen die fases. As gevolg van hierdie spanningsverskil tussen die fases sal die relê uitklink en die transformator van die toevoer isoleer. 4.3 • Wanneer die las toeneem sal die stroom wat deur die sekondêre wikkeling getrek word ook toeneem, * Die magneto-motoriese krag in die primêre wikkeling sal ook toeneem omdat hulle direk eweredig aan mekaar is wat die sekondêre lasvereistes teenwerk. (3) (3) * Dit veroorsaak dat die magneto-motoriese krag in die sekondêre wikkeling toeneem. * Sodoende word die inset- en uitset magneto-motoriese kragte in proporsie gehou. (3) 4.5 Gedurende die transformasieproses ontstaan daar verliese wat veroorsaak dat die uitsetdrywing minder as die inset drywing is. (1) 4.6 • Die spoele is rondom al drie kernbene gedraai. * Die windinge/spoele/wikkelings kan maklik verwyder word vir instandhouding. * Die as van die windinge/spoele/wikkelings is normaalweg vertikaal. LET WEL: 'n Tekening sal punte 1 en 2 aandui wat 2 punte regverdig. (3) 4.7 4.7.1 4.8 Wedersydse induksie vind plaas wanneer die magneetveld in die primêre
b73072e9-3627-4665-9603-6f44e5d58b69-0
1
Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid Wenke vir lede Regulasies Huis en haard beskerming Die inperkingsmaatreëls wat deur die president afgekondig is ingevolge die Rampbestuurswet, wet 57 van 2002 en ondersteun deur die regulasies van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake het ten doel om die verdere verspreiding van die COVID-19 virus te voorkom. Die regulasies het ook ten doel om die beweging van mense te voorkom of te beperk behalwe in gevalle waar 'n essensiële diens gelewer word. * Regulasie 18 maak voorsiening vir die polisie, weermag, vrederegters, verkeersbeamptes en weermag mediese personeel as 'n essensiële diens. * Regulasie 20 maak voorsiening vir privaat sekuriteitsmaatskappye as 'n essensiële diens. Die polisie se interpretasie is dat plaaswagte wat by PSIRA geregistreer is 'n essensiële diens is. Die meeste plaaswagte is egter nie 'n essensiële diens nie. Algemene toepassing * Dit is nie normale omstandighede wat tans in die land heers nie en daarom noodsaak dit buitengewone maatreëls. * Selfregulering in die sektor is nou noodsaaklik. * Handhaaf die afgekondigde regulasies. * 'n Oortreding van die regulasies kan lei tot 'n boete of maksimum tronkstraf van 6 maande of beide. * Handhaaf bestaande wetgewing. * Respekteer veiligheidsmagte se opdragte, moet nie in argumente betrokke raak nie. * Vermy konflik en arrestasie. * Maak seker jy is in besit van die nodige permit (Aanhangsel C van die inperkingsregulasie) indien jy jou plaas verlaat. Kopiereg © 2020 Agri SA * Pas plaasprotokol toe vir beveiliging en voorkoming van COVID-19 verspreiding. * Wees ten alle tye waaksaam. * Sorg dat alle beveiligingsmaatreëls in plek is. * Sien om na jouself, jou gesin en plaaswerkers se veiligheid en betrek werkers en ander personeel by beveiligingsaksies. * Handhaaf goeie kommunikasie met boerevereniging, plaaslike beveiligingstrukture en bure. * Behou kommunikasie met polisiestasie en rapporteer alle misdaad en verdagte optrede. Polisieoptrede * Polisie aangestel as toepassingsbeamptes saam met lede van die weermag en vredesbeamptes. * Toepassingsbeamptes is nie gemagtig om afwykings van die regulasies goed te keur nie. * Lede van die polisie moet ondersteunend optree, 'n diens verskaf, hulp verleen, advies aan gemeenskap gee en lewens beskerm. * Toepassingsbeamptes moet regters, landdroste en regspraktisyns toelaat om na howe te reis binne die jurisdiksie gebied. * Polisiebeamptes moet te alle tye 'n aanstellingsertifikaat byderhand hê. Bladsy 1 van 2 Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid Wenke vir lede Probleemhantering Nasionale probleme word skriftelik vir hantering aan Agri SA voorsien deur Kobus Visser te kontak by: [email protected] Alle misdaad moet eerstens by die plaaslike polisiestasie aangemeld word met 'n saaknommer. Hanteer veiligheidsprobleme en toepassing van regulasies deur polisie op plaaslike- dan kluster- en daarna op provinsiale vlak. Provinsiale affiliasie kontakbesonderhede: Agri Oos-Kaap Brent McNamara I [email protected] Agri Gauteng Thinus van Zijl I [email protected] Agri Noord-Kaap Dirk Krapohl I [email protected] Agri Noordwes Boeta du Toit I [email protected] Agri Wes-Kaap Jannie Strydom I [email protected] Vrystaat Landbou Gernie Botha I [email protected] Kwanalu Sandy La Marque I [email protected] Agri Limpopo Deidre Carter I [email protected] Mpumalanga Landbou Robert Davel [email protected] I [email protected] Kopiereg © 2020 Agri SA Polisieklagtes moet eerstens met die stasiebevelvoerder opgeneem word. Ernstige klagtes oor polisie vergrype soos, korrupsie, bedrog ens. kan ook by Onafhanklike Klagte Direktoraat gelê word, indien dit nie suksesvol op stasie vlak hanteer is nie, by: Oos-Kaap I 082 592 9888 Vrystaat I 063 225 6081 Gauteng I 076 455 5718 Limpopo I 078 871 4811 KwaZulu-NatalI079 895 2741 Mpumalanga I 072 881 4196 Noord-Kaap I 064 624 8203 Noordwes I 078 163 6874 Wes-Kaap I 073 890 1269 Vrywaring Hierdie dokument is bedoel vir gebruik deur Agri SA se lede-organisasies en hulle lede en mag nie deur ander persone wat nie 'n lid van Agri SA is gebruik word nie, Agri SA aanvaar geen verantwoordelikheid vir die ongemagtigde gebruik van die inligting of enige skade wat gely kan word nie. 1 April 2020: Kobus Visser Bladsy 2 van
78646acc-452d-4928-b395-820b0ccff64d-0
1
S.A.W.A. Streek Rietvallei 2018 JAARPROGRAM Kampe wat in blou gemerk is, is Streekskampe en tel vir 100%
<urn:uuid:0b583ebe-14a3-4a3e-a3f4-1ed7341182ee>-0
1
SABBATSKOOL BYBELSTUDIEGIDS VIR VOLWASSENES Inhoudsopgawe Redakteurskantoor Rig navrae in Engels aan 12501 Old Columbia Pike Silver Spring, MD 20904, United States of America Bybelaanhalings en/of -vertalings Besoek gerus ons webwerf by http://www.absg.adventist.org Hoofbydraes Gelewer deur Mark Finley Redakteur Clifford R. Goldstein Subredakteur die Wêreldkonferensie van SewendedagAdventiste® nie. Die Sabbatskool Departement van die Wêreldkonferensie van die Sewendedag-Adventiste Kerk® het toestemming om te reël vir die vertaling van die Sabbatskool-Bybelstudiegids vir Volwassenes; dit is onderhewig aan sekere riglyne. Die kopiereg van sulke vertalings en die publisering daarvan word voorbehou deur die Wêreldkonferensie. "SewendedagAdventiste", "Adventiste" en die vlam-logo is geregistreerde handelsmerke van die Wêreldkonferensie van SewendedagAdventiste®, en mag nie sonder amptelike toestemming gebruik word nie. Soraya Homayouni Publikasiebestuurder Lea Alexander Greve Tensy anders vermeld, word alle skriftuurlike verwysings in die bybelstudiegids vir die derde kwartaal 2020 uit die volgende Bybelvertaling aangehaal: Skrifaanhalings gemerk NLV is onderskeidelik geneem uit Die Nuwe Lewende Vertaling ©2006. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy, Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou. Skrifaanhalings gemerk OAB is onderskeidelik geneem uit Die Bybel in Afrikaans ©1933, 1953. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. Skrifaanhalings gemerk NAB is geneem uit Die Bybel in Afrikaans ©1983, 1992. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. Redaksionele Assistent Sharon Thomas-Crews Pacific Press®-koördineerder Tricia Wegh Grafiese Ontwerper Lars Justinen ©Alle kopieregte 2020 Wêreldkonferensie van die Sewendedag-Adventiste Kerk® word voorbehou. Geen gedeelte van die Sabbatskool Bybelstudiegids vir Volwassenes (Derde Kwartaal), mag geredigeer, verander, gewysig, aangepas, vertaal, gereproduseer of gepubliseer word deur enige persoon of entiteit, sonder die geskrewe magtiging van E.G. White-aanhalings in Afrikaans Die Afrikaanse vertalings van die Ellen G. White-aanhalings wat in dié handleiding gebruik word, is vrylik vertaal deur die vertaler. Die vermelde bladsynommers stem egter ooreen met dié soos genoem in die Engelse bronteks van die bybellesstudiegids. Die Sabbatskool Bybelstudiegids vir Volwassenes (standaarduitgawe) word voorberei deur die Sabbatskooldepartement van die Wêreldkonferensie van Sewendedag-Adventiste®. Hierdie studiegidse staan onder die algemene leiding van die Sabbatskool Uitgewersraad, 'n subkomitee van die Wêreldkonferensie se Administratiewe Komitee (ADCOM), en die uitgewer van die bybelstudiegidse. Die bybelstudiegids weerspieël dus die algemene bydraes van 'n wêreldwye evalueringskomitee en die goedkeuring van die Sabbatskool Uitgewersraad; en verteenwoordig dus nie uitsluitlik of noodwendig die sienings en standpunte van die hoofbydraer en/of outeur(s) nie. Hierdie uitgawe word gedruk en versprei in Kaapstad, Suid-Afrika. Vriendskappe vir God: Soms het 'n enkele gedagte 'n trefkrag wat diep tot 'n mens deurdring en dan 'n mens se lewe eensklaps verander. 'n Aantal jare gelede was ek en my kollegas in 'n predikantsvergadering. In 'n stadium neem die gesprek 'n wending, en ons begin om oor dinge soos persoonlike bediening, getuienis en evangelisasie te praat. Toe sê een van my vriende min of meer die volgende: "Sending is hoofsaaklik God se taak. Hy span al die hulpbronne van die hemel in om ons planeet te red. Ons taak is samewerking, om met 'n vreugdevolle gees hand by te sit in God se reddingstaak." Meteens voel dit asof 'n sware las van my skouers gelig word. Dit is nie my taak om die verlore mensdom te red nie. Dit is God s'n. My plig is om bloot my samewerking te gee, om 'n medewerker van Hom te wees in die taak waarmee Hy reeds besig is. Die vreugde van betrokkenheid by Sy sending Die idee dat sendingwerk God se taak is, blyk ook duidelik uit die Skrif. Salomo stel dit só: "Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd" (Pred. 3:11) of soos die Nuwe Lewende Vertaling dit stel: "Hy het aan die mens 'n visie gegee van die ewigheid." In elkeen van ons plaas God, by geboorte, 'n begeerte na die ewigheid. Dit is in die wese en weefsel van die mens. Die kerkvader Augustinus het eenmaal gesê: "Heer, ons is gemaak vir U, en ons sal nooit tot rus kom totdat ons dit by U vind nie." In die Evangelie volgens Johannes is Jesus (in vele opsigte) die lewenslig aan elkeen wat op aarde gebore word (hfst. 1:9). God plaas nie net in elkeen van ons 'n begeerte na Homself nie, Hy stuur ook sy Heilige Gees om ons nader aan Hom te trek. Elke begeerte om reg te doen, elke sondebesef, kom deur die influistering van die Heilige Gees. Elke begeerte na die goeie, en elke neiging tot goedhartigheid en onbaatsugtigheid, begin by die Heilige Gees. Selfs al verstaan of besef 'n mens dit nie ten volle nie, werk die Heilige Gees in ons lewens om ons nader aan Jesus te trek (Joh. 16:7-15). Tog is Jesus self die grootste gawe ooit. Toe die mensdom geheel en al in sonde verlore was – gedoem tot 'n ewige dood – het die liefde van God die voortou geneem. Let op Jesus se woorde: "'Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is'" (Luk. 19:10, NAB). In dié verband skryf die apostel Paulus: "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was" (Rom. 5:8, NAB). Ter verlossing van die mens het God die eerste stap gedoen. Christus het die prag en praal van die hemel agtergelaat en na hierdie planeet gekom – 'n wêreld vasgevang in die duister greep van sonde – sodat Hy 'n reddingspoging kon uitvoer. Voordat ons 'n enkele treetjie in sy rigting kon gee, het God reeds 'n reuse sprong tot by die mens gegee. Voordat ons ons lewe vir Christus gegee het, het Hy ons reeds verlossing deur Sy dood geskenk. Toe ons nog Sy vyande was, was Hy reeds ons vriend. Toe ons anderpad gekyk het, het Hy reeds in ons rigting gekyk. Toe ons ons nie veel aan Hom gesteur het nie, was Hy diep besorgd oor ons. In Lukas 15 is Jesus die goeie herder wat onverpoosd na sy verlore skaap soek. Hy is ook die vrou wat angstig na die verlore silwer muntstuk uit haar bruidskat soek; en die bejaarde vader wat, sonder om te dink, sy verlore seun tegemoet hardloop. Ellen G. White gee ons baie stof tot nadenke in dié verband. Let op haar treffende woorde: "Die groot verlossingsplan is reeds voor die grondlegging van die wêreld beraam. Tog is hierdie wonderbaarlike plan – ter betaling van die mens se losprys – nie iets wat Christus alleen onderneem het nie. Voor die skepping van die aarde is dit bespreek.
d8628995-957a-4b7b-8a26-5f5a5185edf2-0
1
Misdaad neem steeds toe 'n Reeks voorvalle het weerens die gemeenskap van Heilbron en omgewing in vrees gedompel. Die jongste voorvalle sluit in brandstigting, inbraak, vergiftiging en 'n gruwel in die Lahlumlenzie-omgewing in Phiritona en die omgewing van die Biegeveld. Plaaslike inwoners is steeds geskok na 'n vlamme-toneel wat Maandagoggend omsstreks 01:15 afgespeel het. 'n Trok, wat gereeld langs die dorpspad was geparker, staan vas nadat 'n ligte lae toe gebrûe op die trekel verskyn het. Die eienaar van die trok was uitstied. 'n Inwoner het 'n oproep na die Beheerkamer gemaak om hulle te kennis te stel. 'n Poging was aangewend om die vlamme te blus, maar die vlamme het verder gestig en die trekel volledig vernietig is. Daar word beweer dat dit 'n geval van brandstigting kan wees, maar die polisie ondersoek nog die saak. Verder was daar gewonde die week 'n poging tot inbraak in Grootmanstraat. Die politie het waarskuwingsgeskote afgevuur waarna die ongewense besoekers gevlug het. Daar is ook op 'n ander aand in Voortrekkerstraat by drie verskillende huise hondse vergiftig. Daarop was daar nóg 'n afskuwelike toneel verlede week in die Lahlumlenzie-omgewing in Phiritona, wat inwoners in vrees laat leef. Kelsete Phakoe, 'n 22-jarige jong man, is wreed vermoor. Hy is verskeie kere in die keld geseuk. Tot groot ontdektuur is sy liggan in die laagwaterrug middernag vermoor. Haar liggan is by die laagwaterrug gevind met 'n platsteek op haar nek en wonde wat aandui dat sy met 'n bierbottel gesterk is. Die patogiese medeg duik aan dat die slagoffer tot einde dood is aangetref. Daar was 'n toestand van onrus en wantroue, want mense in Heilbron moet leef in 'n omgewing waar hulle onveilig voel en wantroue koester. In 'n poging om die vrede en veiligheid in die gebied te herstel, het die politie meks 'n waarskuwing in handels genomen en voor die hof gebring in verband met die dubbelmoord. Die gemeenskap wag angstig op die uitkomste van die hofsaak. Onlangs die vordering in die ondersoek na die dubbelmoord, is daar 'n verdere skokker in die omgewing van Phiritona omgeving gerapporteer. Daar is nog geen verdagtes in hegteins geneem nie. Die gemeenskap leef in vrees terwyl hulle wag op die polisie se ondersoek en dat reg en geregtigheid sal geskied. Ek vertel baie van my skoolhoophouaans. Jy het verlede jaar en die jaar vantevore saam met my deur my loopbaan gereis. Interessant, avontuurlik en baie keer skeerwekkend. Ek het vertel dat ek nie van meet af 'n onderwyser wou word nie, dat ek eerder drama of teologie sou wou studeer, maar my ma het gesê ek moet iets ordentlik gaan leer. Toe skryf ek matrik in B V Sc en doen ek my eerste kwalifikasie. Ek sou eerder omdating in 'n laboratorium wou gaan werk. Het ek gedink. My gyser moeder (toe nog nie so grys nie) het in die middel van my eerste jaar die Departement van Onderwys (daardie jare was dit nog nie "statuse" van onderwys nie) gesê: "Ek kan hom hoor ek nie, ek beurs kan kry nie?" Teen daardie tyd het ek glad nie eers aansoek gedoen om 'n beurs nie. Omdat skoolhou nie op my radar was nie. In die middel van die gesprek kondig sy aan dat die hogere amptenaar van die Departement moet aanhou, want haar kos brand. Sy het doodlitters die kos van die stoofplaat afgehaal en verder met die moeres gepraat. Ek het toe 'n onderwysebeurs gekry, waarvoor ek nie aansoek gedoen het nie. Wat my toe uiteindelik genoep het om 'n onderwykskalfikasie te kry. Ten spyte daarvan dat die lewe is wat ek van meet af doen nie, het ek later soort vas daar in gegroei. Dit het lekkerder gewees, en die ongemakke pos wat ek ná die skoolhou beklee het, was ook lekker. Dit was iets wat ek graag wou doen, alhoewel dit 'n wrede ontuigting was. Want hoe doen jy iets wat jy so graag wou doen onder enige hulpmiddel? Gelukkig het ek daarom nie gehad. Wat ek en 'n fenomenaal gewerk het. En wat ek gelukkig nie moes inhändig toe ek daar weg is nie. Ek het nie dadelik 'n werk begin doen wat vir my lekker was nie. Maar namate ek my voete gevind het, het dit lekkerder geword. Ek het 'n ongeloflike kwaaiwe administratiewe assistent. Dit is glad nie wat hy in die lewe wil doen nie. Hy wou geografie studeer en in GIS spesialiseer, maar het egter nie uitgewerk nie. Ek het al die werk wat hy kon doen. Vir jare. Hy is verlede jaar ampelik aangestel met 'n vaste salaris. Ek weet dat dit nie is wat hy wil doen nie, maar hy doen dit nigtants tot die beste wat sy kan doen. Hy kan my soms so irriteer, want hy is so vinnig, so bekwaam en dink soms aan dinge wat ek nie eers kan onthou nie. Ek gee soms vir hom iets om te doen bloot net omdat ek nie daarby kan uitkom nie. Met die hoop dat by my so paar uur of 'n dag gaan gec sodat ek eers my werk kan klaarmaak. Binne 'n momenssietjie is hy kant en klaar en kan hy vir my terugvoer gee. Netjies uiteengesit, nes ek dit verkiek. Terwyl ek nog besig is om deur my werk te stoter. Skiftpede is vooruit. Eerstig die week ek gaan hy nog sy droomwerk kry. En ek sal vir hom 'n pragtige getuigsirk gee. Omlaags praat ek met Stefan. Hy is ses jaar van afrede. En hy kaat elke oomblik by sy huishoud werk. Ek ken hom vanaf struikeldae. Ek wissel van twee posse wat hy beklee het. Die laaste een is die langste een. Die slegste een. "Hoekom bly jy 'n werk doen wat jy haat?" "Wat ek het 'n gesin om voor te sorg." Merkwaardige antwoord. Maar hoe op aarde bly jy daar?" Ons was almal al iewers waar ons 'n werk met 'n passie gehaat het. Nie vir baie lank nie, want jy het maar iewers voelers uitgesteek. Ek het nie geslaag om te doen en gevolg en gebid vir die beste. Meestal gebid vir die beste. Kom ons doen gou 'n paar somme. Jou werksweek is ongeveer 40 uur, en dit mag 45 uur wees, volgens wetgewing. Vir vandag hou ons by 40 uur per week. Daar is ongeveer 20 werksdae per maand en 12 maande per jaar. Ek is, as ek goed reken, volgens plan verloof, 10 080 uur per jaar by jou werksplek. As jy op 23 begin werk het, en op 65 aftriee (as jy nie voor die tyd jou kobblik by Petrus moet ingee nie), werk jy 42 jaar. In totaal 453 360 uur wat jy by jou werksplek moes spandeer. Is dit dan nie dalk die moete werd om 'n werk te soek waarin jy gelukkig sou wees nie? Dit hoef nie die een te wees in die vakumkamer nie. 'n groot gebied is. Hoof nie die bevoegde direkteur te wees of die hoof finansiële beampte nie. Hoof ook nie noodwendig 'n emmer vol geld te verdien nie, alhoewel dit nie te versmaai is nie. Enige werk. Ek sien baie kassiere wat hulle werk geniet en geselsies met die kliente aanknoop, sommige van hulle by die naam ken. Jy kan selfs elke dag asblislike leegmaak, maak dit glad nie saak nie. So lank jy geniet wat jy doen. Vandaag se les is om gelukkig te wees in jou werk. As jy nie is, moenie net die werk los en by die huis gaan sit en tande tel nie. Kyk uit vir iets anders, en tot dan toe: werk so hard as wat jy kan, gee jou beste. Iewers is iemand wat jou gaan
6861b06f-681c-40b4-9e4b-2142042ce428-0
1
Groot: 1874 (EEN DUISEND AGT HONDERT VIER EN SEVENTIG) Vierkante meter wat verloof geraak het of vernietig is. Alhoewel onbekend was teen die uitreiking van sodanige afskrif bewaar het, het hierdie versoek om die afkriefflik te dien by die Registrasie van Aktes te Bloemfontein, soos ook die verslag van datum van publikasie van hierdie kennisgewing. Gedateer te Heilbron op die 13de dag van Junie 2023 (GET) PP VAN DER MERWE PROFESSOR JACOB MIERWE & VENNOTE ING. ELSSTRAAT 42, HEILBRON, 9650 POSBUS 58, HEILBRON, 9650 TEL: 058 852 2041 --- **DÖHNE OOIE TE KOOP** 200 Döhne ooie te koop. Geen ou ooie. Loop 3 maande al by Dubbelsomme 52 jong ooitjies. Amper reg vir ramme. Kontak 082 671 2123 --- **BETREKKING** Benodig die dienste vir versorging van bejaarde egaap in Heilbron. Verpleegkundige onderwending sal voorkeur geniet. Inwoning is ‘n vereiste. Stuart C V [email protected] of skakel Elouise Breitenbach 082 413 5961 vir afspraak. --- **HEILBRON ROLBAL-KLUBHUIS** Geskik vir ongeveer 70 mense. Ingelusit volledige eetgerei, stoof en 2 oonde, gelysensiere kroeg beskikbaar. Hannahle Claassen 079 040 0531 --- **BAAL / SNY & BAAL** Vir die maak van vloer, vanaf sy tot baal of slegs baal. 1.2m bale (touer). Velde of wekkers. Petrus Steyn, Fransfort, Hendrik van Lindley, Klaasien Marais 082 853 6125 of Piet Meiring 082 571 4191 [email protected] --- **BIBLIOTEEK OOP** Pieroorstraat 66 • Heilbron Heilbron Biblioteek is VYF DAE per week oop vir die publiek en die tye is as volg: Maandae tot Vrydae - 09:00 - 13:00 (Volwassenes) en 14:00 - 17:00 (Kinders) • Biblioteek is gesluit op Saterdae, Sondae & openbare vakansiedae. --- **SMALLS** **BAAL / SNY & BAAL …** Vir sny-, hark- en baalwerk Kontak Evert Kleynhans 072 018 3685 Heilbron --- **Elisabé Keogh** PHOTOGRAPHY K-Clicks Photography Main Street Fairview Engagement, Weddings Individual & Family Shoot Maternity & Newborn Children & Family © ElisabéKeoghPhotography © 082 525 1014 --- **HEILBRON • EDENVILLE • FRANKFORT** Hugo Groenewald 082 569 7205 Kontak hom gerus vir enige Lewendehawe bemerkings. Uit-die-hand-transaksies of velling navrae! --- **GEKLASSIFISEERD** Die Heilbron Herald word uitgerege en gedruk deur die eienaar Heilbron Herald (Edens) Bpk., Elsstraat 44, Posbus 166, Heilbron Tel: 058 852 3033 Fax: 058 852 3033 088 853 0140 www.heilbronherald.co.za E-POS ADRESSE • Abrie Watson [email protected] • John Wessels [email protected] • Christelle Wessels [email protected] • Siëna [email protected] (Kommersiële drukwerk & koraartbydras) [email protected] (Kommersiële drukwerk, oopkliek ens.) WhatsApp Nr: 083 495 5512 • Carion [email protected] - (Kommersiële drukwerk & koraartbydras) • Dilarayse [email protected] - (Rekenings, state ens.) • Christelle [email protected] - (Beleggings ens.) • Cara [email protected] - (Wysofirma drukwerk, plakkers ens.) • Elahee [email protected] - (Wysofirma drukwerk, plakkers ens.) WhatsApp Nr: 078 857 2108 • Hendie [email protected] - (Koraartbydras, advertensies) Koerant skieluier in Heilbron, Petrus Steyn, Frankfort, Reit en eetook digitaal versprei op Heilbron se Facebook-klied en webwerf. Menings en opinies wat uitgespreek word in brieke en rubriek, is die van die individue en weerspieël nie noodwendig die siening van die redaksie nie. Gholfdag 'n reuse sukses Hoërskool Heilbron het Saterdag 10 Junie 'n triomfantele gholfdag aangebied ten spyte van die ysige koue op daardie dag. Daar was 'n totaal van 70 spelers van ooraloor wat vir hierdie besondere gelegenheid ingeskryf het. Een van die mees noemenswaardige prestaties van die dag was die spel van Simon Malgas en sy seun, sowel as die van van Juhlyn Bruyns en spanmaat Johan Welibach, asook die span van Vian Leeb en Herman Crous. Die drie spanne het saam 'n eerste plek behaal met elk 'n verbasende identiese netto telling van 54. Hierdie ongewone situasie het egter tot 'n uittelig gelei om die uiteindelike wenners te bepaal. Met behulp van die uitsel is Simon en sy seun uiteindelik as die wenners van die dag aangewys. Hul indrukwekkende prestasie het aan hulle die eerste plek besorg. Vian en Herman het die tweede plek verower, terwyl Juhlyn en Johan die derde plek behaal het. Dit was 'n intense kompetisie en al die spanne het uitstekende gholfvârdighede gedemonstreer. Die dag is gekenmerk deur opwindende, mededingende spel en kampioenskap. Te danke aan Hoërskool Heilbron wat die platform gebied het kon die gholftoetsaaste hulle beste spel lewer en was die dag 'n reëuse sukses. Heilbron Duiweklub Nuus Saterdag se wedvlug vanaf Toms Place het in baie mooi weer plaasgevind en kon die duive winnig vlieg. In die jaaroud wedvlug het Damie Stammel gewen met 'n spoed van 134,941 meter per minuut. Die ope wedvlug is gewen deur Zenith A met 'n spoed van 1470,4973 meter per minuut oor die afstand van 295 kilometer. TOMS PLACE JAARLOUD 1. Stemmett Hokke, 2. Zenith B, 3. Zenith A, 4. F Viviers, 5. Stemmett Hokke, 6. Stemmett Hokke, 7. Stemmett Hokke, 8. F Viviers, 9. Stemmett Hokke, 10. Zenith A. TOMS PLACE OPE 1. Zenith A, Zenith B, 3. F Viviers, 4. F Viviers, 5. F Viviers, 6. F Viviers, 7. Stemmett Hokke, 8. F Viviers, 9. Stemmett Hokke, 10. Zenith A. Vakante Betrekking Ontvang- en Verkoopspersoon benodig: • Goele menskennis • 3 jaar ondervinding • Toepaslike kennis van rekenaar en rekenaaprogramme • Nederlands, Afrikaans en digitaal • Afrikaans en Engels vaardig wees (lees, skryf en praat) • Moet onafhanklik kan funksioneer en probleme oplos. Minimum Universiteit Graad is • Diplom of Baccalaureus CV na: E-mail: [email protected] Aansoek sluit 23 Junie 2023.
6861b06f-681c-40b4-9e4b-2142042ce428-1
1
Irrasionale Getalle en Afronding∗ Carl Scheer Free High School Science Texts Project Chris Louw Based onIrrational Numbers and Rounding O † Rory Adams Free High School Science Texts Project Mark Horner Heather Williams This work is produced by The Connexions Project and licensed under the Creative Commons Attribution License ‡ 1 Inleiding Jy het reeds gesien dat baie ink en papier nodig sou wees om repeterende desimale getalle neer te skryf. Dis nie net onmoontlik om hierdie getalle neer te skryf nie, maar om énige getal tot baie desimale plekke of met hoë akkuraatheid neer te skryf, is gewoonlik onprakties. Daarom benader ons dikwels 'n getal tot 'n sekere aantal desimale plekke of, selfs beter, tot 'n sekere aantal beduidende syfers. 2 Irrasionale Getalle Irrasionale getalle is getalle wat nie as 'n breuk met 'n heeltallige teller en noemer geskryf kan word nie. Dit beteken dat enige getal wat nóg 'n eindige nóg 'n herhalende desimale getal is, irrasionaal is. Voorbeelde van irrasionale getalle is: √ √ √ tip: Wanneer irrasionale getalle in desimaalnotasie geskryf word, het hulle 'n oneindige aantal desimale syfers wat nooit herhaal nie. ∗ Version 1.3: Jun 13, 2011 3:32 pm -0500 † http://cnx.org/content/m31341/1.3/ ‡ http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/ by 2 As jy gevra word om uit te werk of 'n getal rasionaal of irrasionaal is, skryf eers die getal in desimaalnotasie. As die desimaal eindig, is die getal rasionaal. As dit vir ewig aanhou, soek vir 'n herhalende syferpatroon. As daar geen patroon is nie, is die getal irrasionaal. As jy 'n irrasionale getal in desimaalnotasie skryf, kan jy (as jy baie tyd en papier het!) aanhou skryf vir baie, baie syfers. Dit is egter ongerie iek en 'n mens rond gewoonlik af. 2.1 Ondersoek: Irrasionale Getalle Watter van die volgende getalle is irrasionaal? Onthou: 'n Rasionale getal is 'n breuk met 'n heeltallige teller en noemer. Eindige en herhalende desimale getalle is rasionaal. 1. π = 3, 14159265358979323846264338327950288419716939937510... 2. 1,4 3. 1, 618 033 989 ... 4. 100 3 Afronding Afronding van 'n desimale getal tot 'n sekere aantal desimale plekke is 'n eenvoudige manier om die benaderde waarde van 'n desimale getal te vind. As jy byvoorbeeld 2, 6525272 wil afrond tot drie desimale plekke, tel jy drie plekke na die desimale komma af en plaas 'n | tussen die derde en die vierde syfer na die desimale komma. (2) Nadat jy vasgestel het of die syfer in die derde desimale plek na bo of na onder afgerond moet word, word al die syfers aan die regterkant van die | geïgnoreer. Jy rond die nale syfer na bo af as die eerste syfer ná die | groter of gelyk is aan 5, andersins rond jy na onder af (los die syfer onveranderd). Wanneer die eerste syfer links van die | 'n 9 is en jy moet boontoe afrond, dan word die 9 'n 0 en die tweede syfer links van die | word boontoe afgerond. Dus, aangesien die eerste syfer na die | 'n 5 is, moet ons afrond na bo en die derde desimaal na die komma word 3. Die antwoord is dus Exercise 1: Afronding (Solution on p. 4.) Rond die volgende getalle af: 1. 120 99 = 1 , 212121212˙1˙2 tot 3 desimale plekke 3. 3 = 1, 7320508... tot 4 desimale plekke 2. π = 3, 141592654... tot 4 desimale plekke √ 4. 2, 78974526... tot 3 desimale plekke 4 Hoofstukoefeninge 1. Skryf die volgende rasionale getalle tot 2 desimale plekke: a. 1 2 b. 1 c. 0, 111111 d. 0, 999991 Kliek hier vir die oplossing 1 2. Skryf die volgende irrasionale getalle tot 2 desimale plekke: a. 3, 141592654... b. 1, 618 033 989 ... c. 1, 41421356... d. 2, 71828182845904523536... Kliek hier vir die oplossing 2 3. Gebruik jou sakrekenaar om die volgende irrasionale getalle tot 3 desimale plekke te skryf: b. 3 √ a. √ 2 √ c. 5 √ d. 6 Kliek hier vir die oplossing 3 4. Gebruik jou sakrekenaar (waar nodig) om die volgende getalle tot 5 desimale plekke te skryf en dui aan of die getal rasionaal of irrasionaal is: b. 768 √ a. √ 8 √ c. 100 √ e. 0, 0016 √ d. 0, 49 √ f. 0, 25 √ h. 1960 g. 36 √ i. √ 0, 0036 √ k. 5 80 j. −8 0, 04 √ Kliek hier vir die oplossing 4 5. Skryf die volgende irrasionale getalle tot 3 desimale plekke, en skryf die afgeronde getal dan as 'n rasionale breuk om 'n benadering tot die irrasionale getal te verkry. Byvoorbeeld, √ 3 = 1, 73205.... Tot 3 desimale plekke, √ 3 = 1, 732. 1, 732 = 1 732 1000 = 1 183 250 . Dus is √ 3 ongeveer 1 183 250 . a. 3, 141592654... b. 1, 618 033 989 ... c. 1, 41421356... d. 2, 71828182845904523536... Kliek hier vir die oplossing 5 1 See the le at <http://cnx.org/content/m37420/latest/http://www.fhsst.org/llN> 3 See the le at <http://cnx.org/content/m37420/latest/http://www.fhsst.org/lln> 2 See the le at <http://cnx.org/content/m37420/latest/http://www.fhsst.org/llR> 4 See the le at <http://cnx.org/content/m37420/latest/http://www.fhsst.org/llQ> 5 See the le at <http://cnx.org/content/m37420/latest/http://www.fhsst.org/llU> Solutions to Exercises in this Module Solution to Exercise (p. 2) Step 1. a. 120 99 = 1 , 212 |
<urn:uuid:d81a77c9-26cf-4f63-85be-f81c49883b38>-0
4
HOOFSTUK VIER-EN-TWINTIG. OOR TAALVERANDERING EN TAALVERSKYNSELS. 'n Taal verander. As ons Nederlands van die veertiende eeu vergelyk met die Ndl. van vandag, sal ons 'n geweldige groot verskil opmerk—'n verskil wat so groot is dat ons daardie ander vorm met 'n ander naam, Middelnederlands, aandui. Wat vir Ndl. waar is, is waar vir alle tale: met verloop van tyd verander hulle. Somtyds is die veranderinge so groot dat 'n mens nie die taal somar dadelik sal herken nie. As 'n Engelsman vir die eerste keer Angelsaksies (Engels van ± die 11de eeu) sien, is dit 'n vraag of hy dit somar dadelik as sy taal sal herken —en daar is baie mense wat maar nie kan glo dat Nederlands kon verander het in Afrikaans nie. WAAROM TALE VERANDER. Waarom verander tale? Baie oorsake kan aangevoer word, die vernamaamste waarvan is dat ons ons taal kry deur nabootsing van die taal van ons omgewing (ons ouers, ens.), en nabootsing is selde of ooit perfek. Verder lewe elke geslag feitlik onder nuwe omstandighede, en hierdie veranderde lewensomstandighede vereis heel dikwels nuwe woorde. Dan kan dit ook gebeur dat daar vreemde invloede (invloede van ander tale en kulture) op 'n taal se woordeskat en sinsbou inwerk en so veranderinge tweewegbring. Die afwesigheid van remmende invloede soos skole, universiteite, kerke, tydskrifte, ens., is ook dikwels 'n oorsaak wat lei tot taalverandering. Hoeveel die taal van een geslag verskil van dié van 'n volgende geslag hang daarvan af hoeveel van hierdie faktore in die spel was en tot watter graad. Soms gebeur dit dat 'n taal, veral onder sterk vreemde invloed, in één geslag byna onherkenbaar verander; dan weer is die verandering baie gering, en miskien beperk tot 'n klompie nuwe woorde (neologismes) wat ingekom het en betekenisveranderinge wat ou woorde ondergaan het. Hoe dit ook al sy, dat tale gedurig verandering ondergaan is 'n onomstootlike feit. 1. KLANKVERANDERING. Die verandering wat woorde ondergaan kan alleen tot die uitspraak beperk wees. Die betekenis bly dieselfde, maar die klanke het verander. En hier moet ons onderskei tussen verskillende soorte klankveranderinge: (1) Klankverlies of elisie, wanneer sekere klanke heeltemal wegval. Ons praat van: (a) Voorafkapping (prokopee) as 'n klank aan die begin van die woord wegval, soos in: bus (vir omnibus), spens (vir dispens). (b) Uitkapping (sinkopee), as 'n klank in die middel van die woord wegval, soos in apteek (vir apoteek). (c) Agterafkapping (apokopee) as 'n klank aan die end van die woord wegval, soos in plig (vir plicht), drif (vir drift). (2) Klanktoevoeging, wanneer een of meer klanke by 'n woord gevoeg word—die teenoorgestelde dus van klankverlies. Ons praat van: (a) Voorvoeging (protesis) as die klanke aan die begin van die woord gevoeg word, soos in: dit traak my nie (i.p.v. dit raak my nie). (b) Invoeging (epentesis) as 'n klank in die middel van die woord ingevoeg word, soos in geleentheid (Ndl. gelegenheid), daste (vir dasse), yster (Ndl. ijzer). (c) Agtervoeging (paragoge) as 'n klank aan die end van die woord gevoeg word, soos in dubbeld (i.p.v. dubbel), iemand (oorspronklik: ieman, jeman). (3) Assimilasie of gelykmaking. Dis die invloed van naburige klanke op mekaar. Ons vind dikwels dat twee na mekaar komende klanke wat van mekaar in uitspraak verskil, geassimileer word of nader aan mekaar gebring word wat betref hulle uitspraak. Dis veral die geval met n-klanke. So kry ons onner (i.p.v. onder), in nie tuin (i.p.v. in die tuin), ens. Ons kry verskillende soorte assimilasie: (a) nd word nn: onner (i.p.v. onder). (b) nb word mb: so sê die meeste mense Stellenmbosch (i.p.v. Stellenbosch), ens. 2. BETEKENISVERANDERING. Die betekenisveranderinge wat woorde met verloop van tyd ondergaan kan van verskillende aard en omvang wees. Die grootste oorsaak van betekenisverandering is geleë in die feit dat ons dikwels dieselfde woorde as verschillende rededele aantref, d.w.s. die werk of funksie wat die woord verrig is verschillend. Hoe maklik één rededeel in 'n ander kan oorgaan het ons al oor en oor gesien (sien Hoofstuk 2 en elders). Ons kry ww. wat as snw. fungeer (die nagaan van eksamenvraestelle), bnw. as snw. (daar is siekes), ens., ens. Net soos by klankveranderinge, kan ons onderskei tussen verschillende soorte en grade betekenisveranderinge. (1) Figuurlike betekenis. Ons vind dikwels dat woorde nie in hulle letterlike of alledaagse betekenis gebruik word nie, maar in figuurlike betekenis, d.w.s. die alledaagse woorde het 'n nuwe en 'n ander betekenis. As ek sê: Jan se gesig is skoon, dan kry ons skoon in sy letterlike, alledaagse betekenis van: nie vuil nie; maar as ek sê: 'n skone geleentheid, kry ek by skoon nie die betekenis van: nie vuil nie, maar 'n nuwe, ander betekenis: goeie. So kry ons baie woorde in letterlike sowel as figuurlike betekenis, vgl. \[ \begin{align*} \text{Die water is baie diep.} & \quad \text{(letterlik)} \\ \text{Hy het deur diepe waters gegaan.} & \quad \text{(figuurlik)} \\ \text{Die son het ondergegaan.} & \quad \text{(let.)} \\ \text{Sy lewensson is aan die sink.} & \quad \text{(fig.)} \\ \text{Jou mou is stukkend.} & \\ \text{Die aap kom uit die mou.} & \\ \text{Haal die stok uit die vuur.} & \\ \text{Ek moes die kastaaiings uit die vuur krap.} & \end{align*} \] Veral in spreekwoorde word woorde in 'n figuurlike betekenis gebruik. (2) Betekenis-beperking. Ons praat van betekenis-beperking wanneer ons dieselfde woord nie meer in so baie verschillende gevalle as voorheen kan gebruik nie: die woord se betekenis is beperk tot een geval of 'n paar gevalle. So is die betekenis van die Nederlandse woord beest (wat in Ndl. vir enige dier gebruik word) in Afrikaans beperk tot 'n sekere soort dier: ons bees is nie „dier” in die algemeen soos Ndl. beest nie, maar net „rundvee.” Dieselfde verskynsel kry ons by leraar, wat in Ndl. beteken enigeen wat ander mense leer (onderwyser, predikant, ens.), maar die betekenis waarvan in Afrikaans beperk is tot één soort leermeester, n.l. predikant. (3) Betekenis-verruiming. Dis die teenoorgestelde van betekenis-beperking. In stede van in minder gevalle gebruik te word (soos by beperking), vind ons dat dieselfde woord in meer gevalle as voorheen kan gebruik word: sy betekenis het verruim of uitgebrei. Dis die geval met ou, wat in Ndl. (oud) net beteken: nie jonk nie, bejaard; maar in Afrikaans ook nog in ander betekenisse kan voorkom. Die Afrikaans ou kan medelye uitdruk, b.v. die arme ou seuntjie; ook minagting: dis 'n nietige ou bankklerkie. (4) Betekenis-oordrag. Hieronder verstaan ons dié verskynsel wat ons kry wanneer 'n woord nie meer in sy ou betekenis voorkom nie, maar gebruik word vir 'n voorwerp wat nou verwant is aan die oorspronklike voorwerp waarvoor die woord eers gebesig is: die woord se betekenis word op 'n ander voorwerp
3e014110-f369-46a5-bcdc-06a348703804-0
2
— 'n geleentheid — belangrike dienste — iemand hulp — 'n gedugte nederlaag — jou gesondheid — goeie geselskap — iemand se belange — slegte geselskap — hom vrees — sy luste — vertroue — inligting — (b) Vul in 'n snw. wat pas (b.v. 'n heldhaftige poging): 'n verrassende — jou onverdeelde — 'n slaafse — 'n oordeelkundige — 'n smaakvolle — 'n onmiskenbare — 'n onbeduidende — 'n onverantwoordelike — verregaande — — aanknoop 'n noukeurige — — aanrig 'n uitheemse — — aanteken 'n deurtastende — 'n — inwillig 'n sielkundige — 'n — ontduik 'n sonderlinge — 'n — inneem 3. (a) Gee sinonieme vir (b.v. konklusie—gevolgtrekking): histories filosoof monopolie krediteur rewolusie biblioteek debiteur deputasie sisteem geografie aksent reparaer geologie ontslaap inspirasie geometrie imiteer ekonomie psichologie hoogmoedig (b) Gee die krag en, waar moontlik, die betekenis van die voor- en agtervoegsels in (b.v. onwaar: on-, vorm bnw., beteken nie): afgod, krummel, onmens, tekening, bejaard, oertaal, direktriese, boekery, kolossaal, draagbaar. 4. (a) Gee die meervoud van: doel, gebrek, pad, tree, oordeel, genot, gemoed, skof, bog, werksman. (b) Gee die teenoorgestelde geslag van: swaer, lektor, voog, tesaurier, speler, non, teef, burge-meester, dief, skywer. (c) Gee die trappe van vergelyking van: doods, gepas, graag, spits, teenwoordig, woes, onreëlmatig, boos, bekwaam, dof. 5. (a) Vorm afgeleide ww. van (b.v. wonder—bewonder): huis, wapen, droog, vlam, voordeel, haar, liggaam, hoof, man, kiem. (b) Vorm afgeleide bnw. van (b.v. haat—haatlik): moeras, sand, dief, majesteit, monster, liefde, apostel, broer, awontuur, diplomaat. (c) Vorm afgeleide byw. van (b.v. reus—reusagtig; sag-saggies): blind, groot, stil, waar, kalm, huis, noord, dag, trap, arbeid. 6. Ontleed in sinne en toon die verband aan: Dat ’n mens in luilekkerland, waar melk en heuning vloei, stadigaan sal degenereer en eventueel heeltemal ten gronde sal gaan, is seker, want dit is ’n algemeen erkende feit dat iemand, wat nie in die sweet des aanskyns sy daaglikse brood verdien nie, geleidelik versleg, al is daar mense wat wil beweer dat dit nie die geval is nie. 7. (a) Gee die frekwentatiewe van: klap, skuif, trap, hak, streef, beef, snuif, tok, kyf, stoot. (b) Gee die intensiewe van: knyp, hyg, druip, buig, weeg. (c) Gee die kausatiewe van: klief, drink, suig, sit, nyg. 8. Gebruik in sinne sodat die onderskeid in betekenis duidelik uitkom: tragies, treurig; klassiek (bnw.), klassikaal; verag, minag; langdurig, duursaam; onrustig, ongerus. 9. (a) Vul in die ontbrekende voors.: Hy het — gebreke gebly om sy skuld — volle te betaal. — vyf — was almal bestand — die koue. Ek verkies ’n reis — motor — ’n toertjie — voet. — aanleiding — — antwoord — — referte — — betrekking — — gevolge — — nadele — — my ontwil — — verband — — sy mening — — stand hou soos — vraagbrief — stand bring — dien effekte — slot — rekening (b) Gee één woord vir die woorde tussen hakies: (i) ’n (wat die dood as gevolg het) ongeluk (ii) ’n (wat in misterie gehul is) voorval (iii) (waarvan daar te veel is) energie (iv) ’n (wat ek nie kan verstaan nie) handelwyse (v) ’n (wat nie sy verstand gebruik nie) man (vi) ’n (met baie lommer) laan (vii) ’n (volgens konvensie) optrede (viii) ’n (met baie sentiment) toneel (ix) ’n (met sarkasme) opmerking (x) ’n (van ’n nasie) ramp 10. Gebruik o.s. ww. (i) in skeidbare en (ii) in onskeidbare samestelling: onderhou, deurtrek, voorkom, deurloop, voorspel, oordryf, ondergaan, onderwerp, deursny, oorweeg. B. GRAMMATIKA. (N.B.—Gee voorbeelde orals waar moontlik.) 1. Wat verstaan jy onder: (a) samestelling, (b) afleiding, (c) samestellende afleiding? 2. Verdeel die volgende rededele in klasse (gee twee voorbeelde van elke klas): (a) Voornaamwoorde. (b) Bywoorde. 3. Verklaar: (a) ’n Toevallig-wederkerende ww. (b) ’n Noodsaaklik-wederkerende ww. (c) ’n Onpersoonlike ww. (d) ’n Koppelwerkwoord. (e) ’n Hulpwerkwoord. (f) ’n Hulpbehoewende ww. (g) ’n Selfstandige ww. 4. Watter verskillende wyse het die Afrikaanse ww. en hoe word hulle uitgedruk? 5. Skryf verklarende aantekeninge oor homonieme, sinonieme, antonieme, en paronieme. 6. Wat is: (i) Denominatiewe, (ii) Frekwentatiewe, (iii) Kausatiewe, (iv) Intensiewe, (v) Privatiewe, (vi) Ornatiiewe? 7. Toon duidelik aan wat ons verstaan onder: (a) Vormwoorde (b) Stapelvorme (c) Analogie (d) Verdubbelinge (e) Doeblette (f) Wisselvorme. 8. Watter algemene reëls kan ons neerlê vir: (a) die verbuiging (met -e) van bnw.; (b) meervoudsvorming in Afrikaans; (c) die ontkening in Afrikaans; (d) woordskikking in samegestelde sinne? 9. Toon aan wat die onderskeid is tussen: (i) skeidbare en onskeidbare ww. (ii) voorlopige onderwerp en leë onderwerp. (iii) aaneenskakelende en teenstellende sinsverband. (iv) voltooide en onvoltooide deelwoorde. (v) oorganklike en onoorganklike ww. (vi) archaïsmes en taalfossiele. (vii) Anglisismes en Hollandismes. 10. Kritiseer die volgende bewerings: (a) Rededele kan in tien afsonderlike hokkies verdeel word. (b) Taalreëls is onveranderlik; die publiek moet praat soos die grammatici gebied. (c) Afrikaans is ’n baie arm taal: kyk maar net hoe min verbuigingsvorme het dit. JUTA & KLEBPK
3e014110-f369-46a5-bcdc-06a348703804-1
5
Geagte Ouers DERDE KWARTAAL 2019 Die wintervakansie is verby en alreeds is die eerste week van die derde kwartaal ook op sy rug! Die derde kwartaal is 'n baie bedrywige kwartaal met verskeie aktiwiteite op die program. In hierdie kwartaal is daar o.a. 'n basaar, graad 7-toer, 'n sporttoer, toetsreeks, drie groot sportdae en verskeie ander aktiwiteite. Ek wens almal 'n aangename kwartaal toe waar ons weereens as Newtonpark-familie sal hande vat en 'n sukses maak van alles wat ons aanpak. MEDELYE Ons opregte meegevoel word betuig teenoor Chavonne en Gizelle Pieterse in onderskeidelik grade 6H en 2C en hul familie met die heengaan van hul stief Pappa gedurende die vakansie. Mag hulle as familie die nabyheid van ons Hemelse Vader in hierdie tyd beleef. OUERAAND U het reeds 'n brief waarop u moes aandui hoe laat u die klasonderwyser/es, Maandag, 15 Julie wil sien, ontvang. Die bevestigings van die tye vir die afsprake is reeds aan u teruggestuur. Onthou asseblief om die belangrike geleentheid by te woon. Van u het die brief saam met die rapport ontvang om die onderwysers te kom sien. Dit is van uiterste belang dat u van die geleentheid gebruik maak om probleemareas met betrokke onderwyser aan te spreek. Enige ander ouer is meer as welkom om ons te kom spreek as daar iets is wat pla of as u sommer net vir die personeel vir hulle harde werk wil dankie sê. FONDSINSAMELING - "TROLLEY DASH" BY NEWTONPARK SPAR U word herinner aan ons fondsinsamelings-projek. Ons sal graag wil sien dat elke kind ten minste 1 boekie (R100) sal verkoop. Die sluitingsdatum vir al die teenblaaie met die geld om terug te wees is WOENSDAG, 24 Julie 2019. Die trekking vind op MAANDAG, 29 Julie 2019 tydens die saalbyeenkoms plaas. Ons wil net klem daarop lê, dat indien 'n boekie verlore sou raak, u verantwoordelik bly vir die R100 wat daardeur geïn sou word. Posbus 7113, Newtonpark, 6055 Telefoon (041) 3651233 Faks (041) 3652586 h/v Willetstraat en 4de Laan, Newtonpark, 6045 Uitnemendheid begin by omgee KOS VIR POUSE Ouers, doen asseblief moeite om vir julle kinders gesonde kos skool toe in te pak. Moenie nét geld in hulle hande stop om iets by die snoepie te gaan koop nie. Daar is kinders wat geen kos skool toe bring nie, en dan honger raak. Honger kinders kan nie dink nie! Skakel asseblief die skoolhoof indien daar 'n probleem is. TOELATING 2020: GRAAD 2 – 7 Op Dinsdag, 9 Julie 2019 is daar 'n brief aan elke ouer in verband met bogenoemde gestuur. Die personeelvoorsiening van Laerskool Newtonpark is afhanklik van ons jaarlikse inskrywings. Ons versoek u om asb. die skeurstrokie, onderaan daardie brief, te voltooi en onverwyld saam met R700 reserveringsfooi (per kind) skool toe stuur om sodoende te verseker dat u kind(ers) ʼn plek het. Die bedrag is voor/op 30 September 2019, betaalbaar. Hierdie bedrag is nie-terugbetaalbaar en sal dien as deel van die eerste betaling op u kind(ers) se skoolgelde vir 2020. Sodra die betaling ontvang word, sal u kind(ers) se inskrywing as afgehandel beskou word. AFHAAL VAN LEERLINGE NA SKOOLAKTWITEITE Ons wil 'n ernstige beroep op ons ouers doen om asseblief leerlinge so gou moontlik na skool en na ander aktiwiteite te kom afhaal, aangesien die skool dan nie meer verantwoordelikheid kan aanvaar vir die leerlinge nie. Indien leerlinge moet wag, stel ons voor dat hulle op die stoep voor die graad 2-klasse wag. Dié deel van die skool word deur 'n kamera gemonitor en is heel veilig. Leerlinge wat by die skool se sportgrond oefen en lank moet wag vir hul ouers, sal deur die afrigters terug geneem word na die skoolgebou, waar hulle dan ook op die graad 2-stoep kan wag vir hul ouers. Leerlinge moet nooit op 'n sypaadjie of waar hulle alleen is, wag nie. LAERSKOOL NEWTONPARK FACEBOOKBLAD Besoek gerus ons skool se amptelike facebookblad, @LaerskoolNewtonpark.co.za, die blad se profielfoto is die skoolwapen. Dis lekker om na foto's te kyk en met ons leerlinge te spog. Bly ook op hoogte met die nuutste gebeure. SKOOLGELDE 2019 Baie dankie aan al die ouers wat gereeld hul skoolgelde betaal. Ek wil tog 'n vriendelike beroep doen op diegene wat agterstallig is, om die verpligting wat betref u kind se skoolgelde, so spoedig moontlik na te kom. Die skool is verantwoordelik vir sy eie rekeninge, want ons kry minimale hulp van die staat. Indien daar nie deur ouers gereageer word deur hul skoolgelde te betaal nie, sal die beheerliggaam genoodsaak wees om verdere stappe te neem. Die betaling van skoolgelde is 'n wetlike verpligting (staatskoerant no. 29311). Indien u in gebreke bly om u skoolgelde te betaal, sal dit wetlik afgedwing word. ELEKTRONIESE BETALINGS REKENINGNAAM LAERSKOOL NEWTONPARK BANK ABSA REKENINGNOMMER 1400490089 TAKKODE 632005 Op die verwysing van die inbetaling moet u asseblief die rekeningnommer en u kind se naam en van verskaf. 'n Bewys van betaling moet per e-pos na [email protected] gestuur word. EIENSKAPPE WAT JOU KIND NODIG HET OM LEWENSLANGE SUKSES TE BEHAAL Hiermee 'n kort uittreksel uit die boek Gee jou kind 'n voorsprong in die lewe. Hierdie boek is 'n belegging vir enige ouer en opvoeder. 'n Produseerder van kwaliteit 1 Kor 10:31 "Of julle eet en of julle drink of wat julle ookal doen, doen alles tot eer van God." o Dis meestal nie wat ons doen nie, maar hoe ons dit doen wat saak maak. o Kwaliteit beteken om meer te doen as wat verwag word; méér as jou plig. o Moedig jou kinders aan om die beste produk te skep wat hulle kan, so dikwels as hulle kan. o Lei deur jou eie voorbeeld van kwaliteit. o Leer jou kind om bekend te staan as iemand wat ekstra moeite doen. JJ. Pienaar SKOOLHOOF E-pos: [email protected] Tel : 0846935318 BELANGRIKE DATUMS VIR VOLGENDE WEEK: Die volgende datums moet u asseblief op u kalender aanteken: Ma – 15 Julie : Ouerbesoekaand (geen sportoefening of wedstryde vandag nie) Kuns graad R – 213:30-14:30 Kuns graad 314:00-15:00 Kuns graad 4 – 7 14:15-15:00 Di – 16 Julie : Kuns graad R – 213:30-14:30 Kuns graad 314:00-15:00 Kuns graad 4 – 714:15-15:00 Skaak: graad 1-213:30 – 14:15 Skaak: graad 3-7 14:20 – 15:15 Wo – 17 Julie : Klerewinkel: 12:00-14:30 Kuns graad R – 213:30-14:30 Kuns
1596165e-2781-4614-a373-be7be5ba60bd-0
1
® BADU Logic Saltwater chlorinators Soutwater chloorineerders ® BADU Logic ® FEATURES * Low maintenance and easy to operate. * Clear housing for quick electrode inspection. * Self cleaning efficiency on electrodes for life. * Cutting edge cell design so that electrodes do not erode. * Fully factory tested. * Available in 4 sizes to suit all pool applications. * 12 month ex-factory warranty under normal operating conditions from date of purchase. Code / Kode Description / Beskrywing 8500000050 8500000075 8500000100 8500000150 Technical data / Tegniese data Salt level Chlorine output / hour at 100% Minimum Flow rate Maximum salt level Max. Water temperature (°C) 35 Max. Operating pressure (bar) 4 BADU®Logic 50 BADU®Logic 75 BADU®Logic 100 BADU®Logic 150 Why use the BADU®Logic range of self cleaning saltwater chlorinators? Quite simply, salt water chlorination is the healthy alternative to chlorinate your swimming pool; the natural way. Fitting a BADU®Logic salt chlorinator will transform your pool into a lifestyle asset, ensuring soft, crystal clear water without the red eyes and without dry itchy skin. The BADU®Logic range of self cleaning chlorinators is low maintenance and even lower operating costs compared to other chlorination methods and create more eco-friendly backwash water while still maintaining high levels of chlorine efficiency. The BADU®Logic range of self cleaning salt chlorinators is manufactured to the highest ISO standards and carries the CE mark of approval. Waarom gebruik die BADU®Logic reeks van self skoonmaak soutwater chloorineerders? Heel eenvoudig, sout water chloor is die gesonde alternatief om jou swembad te chloorineer, die natuurlike manier. Om 'n BADU®Logic sout chloorineerder te installeer sal jou swembad omskep in 'n leefstyl bate en dit sal sorg vir sagte, kristal helder water sonder die rooi oë en sonder 'n droë, jeukerige vel. Die BADU®Logic reeks van self skoonmaak chloorineerders se instandhouding is minimaal en nog laer bedryfskostes in vergelyking met ander chlorinering metodes en skep meer ekovriendelike terugspoel water terwyl dit steeds doeltreffende hoë vlakke van chloor handhaaf. Die BADU®Logic reeks van self skoonmaak sout chloorineerders is vervaardig met die hoogste ISO-standaarde en dra ook die CEmerk van goedkeuring weg. EIENSKAPPE * Lae instandhouding en maklik om te gebruik. * Deursigtige behuising vir 'n vinnige elektrode inspeksie. * Self-skoonmaak Lewenslange doeltreffendheid op die Selfskoonmaak elektrodes. * Voortreflike sel ontwerp sodat elektrodes nie verweer nie. * Volledig fabriek getoets. * Beskikbaar in 4 groottes vir verskillende swembadaanwendings. * 12 maande fabriekswaarborg onder normale werktoestande vanaf datum van aankoop. Voltage / Spanningstrek 220 V, 0.15 – 0.44 amp draw 220 V, 0.15 – 0.44 amp draw 220 V, 0.15 – 0.44 amp draw 220 V, 0.15 – 0.44 amp draw Specifications (all models) / Spesifikasies (alle modelle) 5 g/L (Optimum) BADU ® Logic 50: 10 g/h BADU®Logic 75: 20 g/h BADU®Logic 100: 20 g/h BADU ® Logic 150: 30 g/h 83 L/min or 5000 L/h 13 000 ppm Maks. Werkdruk (bar) 4 Maks. Watertemperatuur (°C)
<urn:uuid:c18fd8f6-34ff-4cf0-ace3-3addede5bf98>-0
1
Die volgende Goewermentskennisgewing word vir algemene informasie gepubliseer. F. P. COURTNEY CLARKE, Sekretaris vir Suidwes-Afrika. Administrateurskantoor, Windhoek. No. 40.] ORDONNANSIES 1938: UITVAARDIGING VAN. Dit het Sy Edele die Administrator behaag om sy goedkeuring te heg, ooreenkomstig artikel twee-en-dertig van "De Zuidwest-Afrika Konstitutie Wet 1925" (Wet No. 42 van 1925) aan die volgende Ordonnansies, wat hiermee vir algemene informasie gepubliseer word ooreenkomstig artikel vier-en-dertig van gemelde Wet: | No. | Titel. | Bladsy. | |-----|--------|---------| | 1 | Wysigingsordonnansie op Licensieregte vir Brouers en Distilleerders 1938 | 1163 | | 2 | Addisionele Middele- (1937—'38) Ordonnansie 1938 | 1163 | The following Government Notice is published for general information. F. P. COURTNEY CLARKE, Secretary for South West Africa. Administrator's Office, Windhoek. No. 40.] ORDINANCES, 1938: PROMULGATION OF. His Honour the Administrator has been pleased to assent in terms of Section thirty-two of the South West Africa Constitution Act, 1925 (Act No. 42 of 1925), to the following Ordinances which are hereby published for general information in terms of Section thirty-four of the said Act: | No. | Title. | Page. | |-----|--------|-------| | 1 | Brewers and Distillers Licences Duty Amendment Ordinance, 1938 | 1163 | | 2 | Additional Appropriation (1937—'38) Ordinance, 1938 | 1163 | ORDONNANSIE Om voorsiening te maak vir die wysiging van die wet met betrekking tot die betaling van lisensiergkte deur brouers van bier. (Gordgekeur 31 Maart 1938.) (Engelse teks duur die Administrateur geteken.) DIT WORD VERORDEN deur die Wetgewende Vergadering vir die Gebied Suidwes-Afrika, as volg: 1. Paragraaf (a) van artikel een van die "Brouwers en Distilleerders Licentie Belasting Proklamasie 1924" (Proklamasie No. 3 van 1924), soos gewysig deur die Wysigingsordonnansie op Lisensiergkte vir Brouers en Distilleerders 1937 (Ordonnansie No. 14 van 1937) word hiermee verder gewysig deur die volgende woorde aan die end van sub-paragraaf II daarvan toe te voeg: "Verkopinge onder zodanige licentie zijn beperkt tot de volgende uren, nl.: Weekdagen . . . 8 v.m. tot 6 n.m. Zaterdagen . . . 8 v.m. tot 1.30 n.m. Geen verkopinge zijn toegelaten op Zondag, Goede Vrijdag of Kerstdag." 2. Hierdie Ordonnansie heet die Wysigingsordonnansie op Lisensiergkte vir Brouers en Distilleerders 1938. ORDINANCE To provide for the amendment of the law relating to the payment of licence duty by brewers of beer. (Assented to 31st March, 1938.) (English text signed by the Administrator.) BE IT ORDAINED by the Legislative Assembly for the Territory of South West Africa, as follows:— 1. Paragraph (a) of section one of the Brewers and Distillers Licences Duty Proclamation, 1924 (Proclamation No. 3 of 1924), as amended by the Brewers and Distillers Duty Amendment Ordinance, 1937 (Ordinance No. 14 of 1937), is hereby further amended by the addition of the following words at the end of sub-paragraph II thereof: "Sales under such licence shall be limited to the following hours, viz: Weekdays . . . 8 a.m. to 6 p.m. Saturdays . . . 8 a.m. to 1.30 p.m. No sales shall be permitted on Sunday, Good Friday or Christmas Day." 2. This Ordinance shall be called the Brewers and Distillers Licences Duty Amendment Ordinance, 1938. ORDONNANSIE Tot aanwending van 'n verdere geldbedrag van hoogstens Twee-en-vyftig duisend tweehonderd agt-en-sestig pond vir die diens van die Gebied Suidwes-Afrika vir die boekjaar eindigende op die een-en-dertigste dag van Maart 1938. (Goedgekeur 31 Maart 1938.) (Afrikaanse teks deur die Administrateur geteken.) DIT WORD VERORDEN deur die Wetgewende Vergadering van die Gebied Suidwes-Afrika as volg:— 1. Die Administrasiereking van die Gebied Suidwes-Afrika word hiermee belas met die bedrag van ses-en-vierig duisend vyf-honderd en agtien pond op die Inkomstrekening en met vyf duisend sewehonderd en vyftig pond op die Leningsrekening tot dekking van sekere uitgawes bo en behalwe die bedrag beskikbaar gestel vir die diens van die boekjaar eindigende op 31 Maart 1938, soos in Ordonnansie No. 4 van 1937 vermeld is. 2. Die geld wat deur hierdie Ordonnansie beskikbaar gestel word moet aangewend word vir die dienste in besonderheid vermeld in die Bylae tot hierdie Ordonnansie en omstandig uiteengesit in die Begroting van Addisionele Uitgawes wat gedeel moet word uit Inkomste- en Leningsfondse (S.W.A. 2—'38), soos deur die Wetgewende Vergadering goedgekeur. 3. Hierdie Ordonnansie kan aangehaal word as die Addisionele Middele- (1937—'38) Ordonnansie 1938. ORDINANCE To apply a further sum not exceeding Fifty-two thousand two hundred and sixty-eight pounds towards the service of the Territory of South West Africa for the financial year ending on the thirty-first day of March, 1938. (Assented to 31st March, 1938.) (Afrikaans text signed by Administrator.) BE IT ORDAINED by the Legislative Assembly for the Territory of South West Africa as follows:— 1. The Administration Account of the Territory of South West Africa is hereby charged with the sum of Forty-six thousand five hundred and eighteen pounds on Revenue Account and Five thousand seven hundred and fifty pounds on Loan Account to meet certain expenditure over and above the amounts appropriated for the service of the financial year ending on 31st March, 1938, as specified in Ordinance No. 4 of 1937. 2. The money appropriated by this Ordinance shall be applied to the services detailed in the Schedule hereto and more particularly specified in the Estimates of the Additional Expenditure to be defrayed from Revenue and Loan Funds (S.W.A. 2—'38) as approved by the Legislative Assembly. 3. This Ordinance may be cited as the Additional Appropriation (1937—'38) Ordinance, 1938. | No. van Begrotingspos. | Benaming van Begrotingspos. | Bedrag. | |-----------------------|----------------------------|--------| | 1 | Administrasie | £2,034 | | 4 | Ouditeursafdeling | 230 | | 5 | Doeane en Aksyns | 619 | | 8 | Werke | 9,654 | | 10
b7fe0258-5ab4-4a66-8dc7-98f18deeb4d8-0
1
Kan die GKSA na 150 jaar beskou word as 'n stagnante kerkgemeenskap? Ekumenies beoordeel C.J. Smit Skool vir Kerkwetenskappe Potchefstroomkampus Noordwes-Universiteit POTCHEFSTROOM E-pos: [email protected] Abstract Should the RCSA after a period of 150 years be considered as a stagnated church community? Evaluated from the point of view of ecumenicism The question is whether the Reformed Churches in South Africa (RCSA) should be considered as an isolated and thus a stagnated church community. To answer this question the development of ecumenicism in the RCSA should be traced. This could only be done after an examination of the Scriptural and historical meaning of the term "ecumenicism". From the acts of the synods of the RCSA it is very clear that during the three phases of half a century each in the existence of the RCSA, from 1859 onwards, a very high premium was put on ecumenical relations. The goal of these ecumenical relations was always pointed out as church unity. In this contribution the conclusion is made that the RCSA does not see herself as a church community who disposes exclusively of the truth of the Word. Church isolation – and therefore church stagnation – is clearly not part of the RCSA's agenda; on the contrary, church isolation was always firmly contested by the RCSA on the basis of the Scriptures. The incentive to bring together churches of reformed origin, in the interior and abroad, was always part of the RCSA's view on what the church really stands for. However, there is a significant deficiency that should be noted. The specific meaning that Jesus adds to the concept "oikoumené" (Matt. 24:14), namely the proclamation to "all the nations" of the whole world ("oikoumené") regarding the world to come (Heb. 2:5) is not sufficiently emphasised but in actuality it is downplayed. Opsomming Kan die GKSA na 150 jaar beskou word as 'n stagnante kerkgemeenskap? Ekumenies beoordeel Die vraagstelling is of die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) as 'n geïsoleerde en derhalwe 'n stagnante kerkgemeenskap gesien moet word. Hierdie vraag word beantwoord deur die ontwikkeling van die GKSA ten opsigte van ekumenisiteit na te gaan, nadat die term "ekumenisiteit" Skriftuurlik en histories ontleed is. In drie fases van 'n halfeeu elk in die bestaan van die GKSA blyk uit die Handelinge van sinodes dat hierdie kerkgemeenskap vanaf hulle ontstaan in 1959 'n besonder hoë premie op ekumeniese verhoudings geplaas het. Hierdie ekumeniese verhoudings met ander gereformeerde kerke wêreldwyd is deurentyd gerig op ontwikkeling tot kerkeenheid. Die gevolgtrekking word gemaak dat die GKSA hulleself nie as 'n kerkgemeenskap beskou wat alleen en uitsluitlik oor die waarheid van die Woord beskik nie. Kerklike isolasie, en derhalwe kerklike stagnasie, is klaarblyklik nie deel van die GKSA se agenda nie; trouens, isolasie is aantoonbaar deur die GKSA op grond van die Woord bestry. Die dryfveer om kerkgemeenskappe in eenheid saam te snoer, in die binneland én die buiteland, was van vroeg af deel van die GKSA se kerkbeskouing. Tog is daar 'n opvallende leemte wat aangemerk moet word. Die betekenisaspek wat Jesus aan die begrip "oikoumené" toevoeg (Matt. 24:14), naamlik die verkondiging van die evangelie aan "al die nasies" in die "hele wêreld" ("oikoumené") met die oog op die "toekomstige wêreld" (Heb. 2:5) is nie genoegsaam beklemtoon nie, maar in betekenis eintlik verskraal. 1. Inleiding Hierdie artikel waarin die GKSA in die konteks van sy ekumeniese bande beoordeel word, word ter huldiging van prof. A. le R. du Plooy aangebied uit 'n persoonlike vriendskapsband van veertig jaar, maar ook uit 'n diepe waardering vir sy bydrae in die GKSA waarin die ekumene 'n oorkoepelende rol vervul deur die loop van meer as drie dekades. (Die omvang en blywende waarde van sy bydrae moet nog bereken word.) Prof. Du Plooy se hele bediening as predikant, akademikus, dekaan van die Fakulteit Teologie en kerkregraadgewer in die GKSA, asook in ander wêrelddele ten opsigte van ander kerkgemeenskappe, staan in die teken van sy ekumeniese gerigtheid. Met die vermoë om besonderhede in samehang met die geheel te beoordeel, konstrueer hy sy advies telkens vanuit 'n beginselkern na die geheelbeeld van die praktyk. In sy kerkreg kom die plaaslike kerk telkens in die universele kerk tereg, en die universele kerk in die plaaslike kerk. Die vraagstelling wat hier nagegaan word, is die volgende: Kan 'n neiging tot isolasie, en derhalwe 'n tendens van stagnasie, as kenmerk van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) na 150 jaar aangemerk word? Moet die GKSA beskou word as 'n kerkgemeenskap wat deur die loop van 'n anderhalwe eeu tevrede was om die hele waarheid van die koninkryk slegs in eie oordele en gebruike te vind, ondanks beskouings én ontwikkeling van beskouings wêreldwyd in die geledere van kerkgemeenskappe uit die gereformeerde tradisie rondom die GKSA? Om die sentrale vraag wat hier gestel word, te beantwoord, sal 'n beeld van die GKSA se ekumeniese beskouings en ontwikkelings deur die gang van 150 jaar weergegee moet word – hoofsaaklik aan die hand van primêre bronne, dit wil sê, amptelike besluite van sinodes van die GKSA. Daarom weerspieël die bibliografie in 'n groot mate die Handelinge van die GKSA se sinodes wat in die artikel gebruik is. Dit is ook van belang om 'n raamwerk van die aard van ekumenisiteit in die gereformeerde tradisie daar te stel, waarbinne die uitlewing van die ekumene in die GKSA beoordeel kan word. Derhalwe word die betekenis van ekumenisiteit eerste aan die orde gestel. 2. Die begrip ekumenisiteit Die begrip ekumenisiteit se wortels lê in die Nuwe Testament. Dit kom van die Griekse woord, oikoumené. Aanvanklik het hierdie woord op "bewoonde aarde" gedui (Matt. 24:14; Luk. 4:5; 21:26; Op. 3:10). Hiervolgens het die term ekumene allereers die betekenis van "betrekking hê op die hele bewoonde aarde", of, "verteenwoordigend wees van die hele bewoonde aarde". In die hellenistiese kultuurwêreld is die oorspronklike geografiese inhoud van die begrip mettertyd tot 'n kulturele en politieke inhoud uitgebrei. In die tyd van die Nuwe Testament het dié begrip, naamlik bewoonde aarde, op die beskawing van die Romeinse Ryk gedui – in teenstelling met die onbeskaafde wêreld (Nijenhuis, 1959:3). Iets van menslike gemeenskaplikheid, om nog nie te sê volstrekte eenheid nie, kon reeds uit dié term afgelei word. Mettertyd is die oorspronklike geografiese inhoud van die begrip tot 'n kulturele en politieke inhoud uitgebrei, veral ten opsigte van die hellenistiese kultuurwêreld. Jesus het 'n volkome nuwe perspektief aan die konsep oikoumené gegee deur die gerigtheid daarvan op die Romeinse Ryk te verplaas na "al die nasies" wat die getuienis sal hoor (Matt. 24:14). Die verkondiging van die evangelie aan "al die nasies" in die "hele wêreld" (oikoumené) stuur op die einde af. In hierdie betekenis dui oikoumené in die Nuwe Testament ook op die "toekomstige wêreld" (Hebr. 2:5) waarin die eenheid van die nasies in Christus tot voltooiing kom. Die Nuwe-Testamentiese ontwikkeling van die woord bied dus 'n duidelike perspektief op die gelowiges wat vir 'n nuwe wêreld bestem is. Sodoende word die kerk, as die beliggaming van dit wat blywend is, al hoe meer gekontrasteer met die verbygaande
979d6a6d-e6ea-48f0-ab67-4ff9d80e4336-0
1
al de Gereformeerde gemeenten van Zuid-Afrika. Burgersdorp: De Stem. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1879. Handelingen van de zevende algemeene synodale kerkvergadering samengesteld uit al de Gereformeerde gemeenten van Zuid-Afrika. Kaapstad: Solomon. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1913. Handelingen van de zeventiende algemene synodale vergadering van de Gereformeerde gemeenten van Zuid-Afrika. Pretoria: Van der Reyden. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1920. Handelinge van die twintigste algemene sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Bloemfontein: Nasionale Pers. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1916. Handelingen van de achttiende algemene synodale vergadering van de Gereformeerde gemeenten van Zuid-Afrika. Pretoria: Van der Reyden. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1924. Handelinge van die eenen-twintigste sinodale vergadering van die Gereformeerde Kerke in SuidAfrika. Bloemfontein: Nasionale Pers. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1930. Handelinge van die drieen-twintigste sinodale vergadering van die Gereformeerde Kerke in SuidAfrika. Potchefstroom: Die Weste. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1927. Handelinge van die tweeen-twintigste sinodale vergadering van die Gereformeerde Kerke in SuidAfrika. Bloemfontein: Nasionale Pers. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1933. Handelinge van die vieren-twintigste sinodale vergadering van die Gereformeerde Kerke in SuidAfrika. Potchefstroom: Die Weste. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1939. Handelinge van die 26ste sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Potchefstroom: Die Weste. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1936. Handelinge van die vyfen-twintigste sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Potchefstroom: Die Weste. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1942. Handelinge van die 27ste sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Potchefstroom: Die Weste. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1945. Handelinge van die 28ste sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Potchefstroom: Die Weste. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1949. Handelinge van die 30ste sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Pretoria: V&R. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1946. Handelinge van die 29ste sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Potchefstroom: Die Weste. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1952. Handelinge van die 31ste sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Pretoria: V&R. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1958. Handelinge van die 33ste sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Potchefstroom: Herald. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1955. Handelinge van die 32ste sinodale vergadering van die Gereformeerde gemeentes in Suid-Afrika. Pretoria: V&R. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1961. Handelinge van die vieren-dertigste sinodale vergadering van die Gereformeerde Kerk in SuidAfrika. Potchefstroom: Herald. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1970. Handelinge van die sewe-en-dertigste sinodale vergadering van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Potchefstroom: Herald. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1967. Handelinge van die sesen-dertigste sinodale vergadering van die Gereformeerde Kerk in SuidAfrika. Potchefstroom: Herald. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1979. Handelinge van die veertigste sinode te Potchefstroom. Potchefstroom: Herald. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1997. Handelinge van die sesen-veertigste nasionale sinode te Potchefstroom. Pretoria: V&R. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 1994. Handelinge van die vyfen-veertigste nasionale sinode te Potchefstroom. Potchefstroom: Herald. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 2000. Handelinge van die GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 2003. Handelinge van die agten-veertigste nasionale sinode te Potchefstroom. Pretoria: V&R. sewe-en-veertigste nasionale sinode te Potchefstroom. Pretoria: V&R. GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. 2006. Handelinge van die nege-en-veertigste nasionale sinode te Potchefstroom. Pretoria: V&R. kyk KONVENT VAN REFORMATORIESE KERKE IN SUIDER-AFRIKA GKSA GFK kyk GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA KERSTEN, G.H. 1961. Kerkelijk handboekje. 2e dr. Utrecht: De Banier. GOOSEN, G. 1993. Bringing churches together – a popular introduction to ecumenism. Revised and enlarged ed. Geneve: WCC. KONVENT VAN REFORMATORIESE KERKE IN SUIDER-AFRIKA. 1998. Grondslag en funksionering van die Konvent van Reformatoriese Kerke in Suider-Afrika. (Ongepubliseer.) KONVENT VAN REFORMATORIESE KERKE IN SUIDER-AFRIKA. 2008. Conventus reformatus: dokumentebundel saamgestel by geleentheid van die Konvent se tiende bestaansjaarviering. (Ongepubliseer.) NIJENHUIS, W. 1959. Calvinus oecumenicus – Calvijn en de eenheid der kerk in het licht van zijn briefwisseling. Gravenhage: Nijhoff. KÜNG, H. 1978. The church. London: Search. PELSER, P.J. 1976. Die roeping tot sigbaarmaking van die katolisiteit van die Kerk. Potchefstroom: PU vir CHO. (Th.D.-proefskrif.) SMIT, C.J. 2006. Ekumenisiteit as 'n Skrifgefundeerde raamwerk vir kerklike eenheid – ook op die gebied van sendingwerk. In die Skriflig, 42(2):89115. SAAYMAN, W.A. 1980. Unity and mission – a study of the concept of unity in ecumenical discussions since 1961 and its influence on the world mission of the church. Stellenbosch: University of Stellenbosch. (D.Th. dissertation.) SMIT, C.J. 2009. Die GKSA en ekumenisiteit – kerkeenheid oor die wêreld heen. (In Vorster, K. et al., red. Uit Dankbaarheid – 1959-2009. Pretoria: V&R. p. 139-147.) TKR SNYMAN, W.J. 1977. Nuwe en ou dinge. Potchefstroom: Pro Rege. kyk TUSSENKERKLIKE RAAD WEST, C.C. 1971. The power to be human: toward a secular theology. New York: Macmillan. TUSSENKERKLIKE RAAD. 2004. Grondslag. (Ongepubliseer.) Kernbegrippe: ekumenisiteit kerkeenheid kerkgemeenskap korrespondensie Key concepts: church community church unity correspondence ecumenism
979d6a6d-e6ea-48f0-ab67-4ff9d80e4336-1
1
Geagte ouer/s en voog/de Hoërskool Jan van Riebeeck se Lentesokkie vind op Donderdag, 26 Oktober 2023 plaas. Metgeselle van ander skole mag slegs die funksie bywoon indien hul die onderstaande voltooide afskeurstrokie inhandig met 'n afskrif van hulle identiteitsdokument voordat hulle die lokaal binnegaan. Die metgesel moet ook sy/haar skool se stempel op die afskeurstrokie aanbring. Vir leerders buite die skool beloop die kaartjies R100 p.p. Reëls vir die Lentesokkiel * Alle leerders sal tydens die funksie Hoërskool Jan van Riebeeck se gedragsreëls en algemene reëls van die WKOD betreffende skole en skoolterreine, asook optrede van leerders, gehoorsaam. * Geen leerder sal op die skoolterrein toegelaat word as daar tekens is dat hy/sy onder die invloed van drank of ander verbode middels is, wat sigarette insluit, nie. Indien leerders nie hierdie reëls gehoorsaam nie, sal hul onmiddellik van die skoolgrond verwyder word deur sekuriteit en /of die Suid-Afrikaanse Polisie sal rakende ernstige oortredings in kennis gestel word. * Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir enigiets wat met leerders gebeur voor hul die skoolterrein betree of nadat hul dit verlaat het nie. Partytjies wat voor of na afloop van die funksie gehou word, is nie deel van Hoërskool Jan van Riebeeck se sokkie nie. * Wanneer leerders die skoolterrein verlaat, mag hul nie weer terugkom nie. * Ouers moet leerders stiptelik om 21:00 optel. By voorbaat dankie vir u samewerking. Geruan Geldenhuys Graad 10 Graadhoof ([email protected]) ------------------------------------------------------------------------------------ Handig voltooide afskeurstroke en afskrif van identiteitsdokument in voor leerder funksielokaal betree. Ek, .........................................................................................(ouer se volle naam en van), ouer van............................................................................. (leerder se volle naam en van) in graad ........ van ......................................................................(skool se naam), ................................(skool se telefoonnommer) gee toestemming dat my dogter/seun die Jan van Riebeeck se Lentesokkie op 26 Oktober 2023 mag bywoon. Ek neem kennis van die reëls hierbo en aanvaar hiermee dus volle verantwoordelikheid vir my kind se veiligheid en gedrag gedurende die aand. Ek het seker gemaak dat my kind bewus is van die reëls. ................................................. ................................................. ................................. Handtekening Foon (sel of landlyn) Datum Skool se
f015a5d2-8728-4290-a06f-28a36e1410c7-0
1
VRYHEID TOT SY EER UITNODIGING NA VOLKSVERGADERING Hiermee word u uitgenooi na die TWEEDE VOLKSVERGADERING VAN DIE GELOFTEVOLK VAN SUID-AFRIKA (VV 2010) te Bothaville gedurende 8 – 10 Oktober 2010. Tydens die eerste volksvergadering wat gedurende September 2009 te Vegkop gehou is (VV2009), is die prinsipiële grondslag vir die herstel van die vryheid van ons volk gelê. Soos telkemale rondom die vryheidsideaal in ons geskiedenis gebeur het, is ook hier 'n eenheidsband tussen volksgenote tydens die vergadering gevorm. Met hierdie tweede vergadering wil ons graag die eenheidsband versterk en die werk van VV2009 voortsit. Verder wil ons op die fondamente wat gelê is, voortbou deur oor te gaan tot daadwerklike vryheidsaksies. Die vergadering word gereël deur die Geloftevolk Koördineringskomitee (GKK) wat tydens VV2009 aangewys is om die besluite van die volksvergadering uit te voer. VRYHEID TOT SY EER Die tema Vryheid tot Sy eer is ontleen aan die Bloedriviergelofte waarin die Voortrekkers die verlange uitgespreek het dat die Naam van God deur 'n oorwinning oor die vyand vereer sal word. Die huidige staat van vreemde heerskappy waaronder ons verkeer is tot oneer van God en ons glo dat sy Naam weer vereer sal word deur die herstel van ons vryheid. DOELSTELLINGS Die doelstellings van die vergadering is drieledig, naamlik: - Om verslag te doen van die uitvoering van die besluite van VV2009 en aksies ter verdere uitvoering daarvan te bespreek. - Om oor aksies ter bevordering van 'n vryheidsvisie onder ons volk te besluit. - Om aksies ter beskerming van ons volk teen die fisiese aanslag teen ons te bespreek. VRYHEID Die begrip vryheid wat hier gebruik word, dui primêr op volkome staatkundige soewereiniteit vir ons volk as geheel en nie soseer op persoonlike vryhede nie. Die fokus is nie op individue nie, maar op die volk. BESONDERHEDE VAN VERGADERING Die vergadering word DV gehou te Nampo Park by Bothaville en wel vanaf Vrydag 8 Oktober tot Sondag 10 Oktober 2010. Die volledige agenda is beskikbaar op die GKK se webtuiste by www.volksvergadering.co.za. AKKOMMODASIE Kampgeriewe is beskikbaar in 'n karavaanpark ongeveer 1 km vanaf Nampo Park. Indien ruimte ontbreek in die kampterrein sal mense ook op die parkeerterrein van Nampo Park kan uitkamp. In die omgewing is heelwat gastehuise en bed-en-ontbyt-geriewe. Besonderhede en name van kontakpersone is beskikbaar op ons webtuiste. NAVRAE Navrae kan gedoen word deur te skryf na [email protected], te faks na 022 – 913 1482 of te skakel na een van die volgende nommers: BESPREKINGS Besprekings kan ook by bostaande kontaknommers gedoen word. Verskaf asseblief u naam, eposadres en telefoon- of selfoonnommer en die aantal persone wat die vergadering saam met u bywoon. Ten einde ons in staat te stel om die nodige organisatoriese reëlings te tref, moet ons asseblief besprekings ontvang teen Dinsdag 6 Oktober 2010. Geen toegangsgeld word gevra nie maar donasies ter delging van die kostes van die vergadering sal wel tydens die vergadering opgeneem word. DEELNAME AAN VERGADERING Soos met VV2009 word daar ruim geleentheid aan volksgenote gebied om aan besprekings deel te neem. Daarom word toesprake tot die minimum beperk. Bestudeer asseblief die agenda met die oog op persoonlike voorbereiding vir tersaaklike en skeppende deelname aan besprekings. BOEKE EN DVD'S 'n Groot verskeidenheid skaars boeke en DVD's oor ons geskiedenis en ons vryheidstryd sal teen billike pryse te koop aangebied word. VERVERSINGS Ligte verversings sal op die terrein te koop aangebied word. BRING BYMEKAAR WAT BYMEKAAR HOORT Met hierdie woorde het Dr D F Malan in die dertigerjare van die vorige eeu die grondslag gelê vir die republikeinse stryd wat in 1961 op die Republiek van Suid-Afrika uitgeloop het. Ons volk het daardie republiek verloor. As gevolg daarvan verkeer ons nou in 'n voortbestaanskrisis en die toekoms van ons kinders is in die gedrang. Daadwerklike geloofsaksie is nodig. Dit is die doel van die vergadering. Daarom wil ons 'n beroep op u doen om alles binne u vermoë te doen om die vergadering by te woon. Verder wil ons u ook versoek om asseblief hierdie uitnodiging so wyd moontlik te versprei. Ons maak staat op u deelname en meelewing en glo dat die volgende woorde van die digter I D du Plessis hierin vir u tot inspirasie sal dien: Soet is die stryd van die stryder, al moet hy ook verloor. Maar hy wat sy deelname weier, is die man wat sy volk
91ea43b1-4b52-4b7b-9a0b-0a2c6061f025-0
1
Ontmoeting 20 Josua was 'n leier wat op die Here en Sy beloftes vertrou het. Teks: Joshua 1 en 24 Hulpmiddels: - Welkomkaartjies waarop staan: "Wees sterk, wees vasberade, want die Here het jou gekies." - Skryf Josua 1:9 op 'n plakkaat en knip skoon papierstrokies dieselfde grootte as die woorde. (Dit gaan gebruik word om die woorde toe te plak soos nodig.) - Karton vir boekmerke en enige gepaste versiering - Verf en A4-papier met stokke om vlaggies te maak - Roomysstokkies vir rame - Prent van 'n leeu met die teks om in te kleur - Soutklei wat gebak kan word om 'n "J", "1" en "9" mee te maak en tou om 'n armband mee te maak - Pen, potlode, uitveër en papier Welkom Elkeen kry 'n kaartjie waarop staan: "Wees sterk, wees vasberade, want die Here het jou gekies." Volg die leier Die leidster loop voor en laat die kinders agter haar aan masjeer. (Loop buite of volg 'n roete deur die vertrek.) Oefen eers met die kinders om te roep: "Ons is nie bang nie!!" Die leidster roep: "Ons is Kix …./ Sonstraaltjies!" Kinders antwoord: "Ons is nie bang nie!" Leidster roep: "Ons lees Bybel!" Kinders antwoord: "Ons is nie bang nie!" Hou so aan en roep verskillende opmerkings soos: "Ons gaan kerk toe!"; "Ons praat die waarheid!"; "Ons help ander!"; "Ons is lief vir Jesus!" ens. Terug by die beginpunt sing julle: "Ek wandel in die lig van God" terwyl almal na hul sitplekke stap. Impromptu storie Sit in 'n kring of om 'n tafel en plaas 'n voorwerp in die middel. (Dit kan enigiets wees, selfs 'n potloodsakkie of 'n tennisbal.) Julle gaan nou 'n storie opmaak. Jy begin. Neem die voorwerp en hou dit vas terwyl jy 'n storie begin vertel: "Willem is 'n leeu; 'n groot goudbruin leeu met 'n dik bos maanhare en reuse kloue. Maar Willem is 'n bang leeu. Baie bang. Selfs sy toonnaels bewe as hy net 'n muis hoor piep. Eendag word Willem wakker en hy sien dat sy familie weg is. Hulle het gaan jag. Skielik hoor hy die blare agter hom ritsel. Iets kom nader; al hoe nader. Hy draai om en daar sien hy 'n …" Sit die voorwerp weer in die middel neer en laat een van die kinders dit optel en verder gaan met die storie. Die kind sit dan weer die voorwerp in die middel en 'n ander kind wat lus het, kan verder vertel. Moedig hulle aan om pret te hê, hul verbeelding te gebruik en mekaar te respekteer. Wyding Temalied: "Ons God is 'n Wonder God" ("Our God is an awesome God") (Flam 85) Stilword-ritueel: Speel die klanksnit. (Kan gratis afgelaai word van ons webwerf en op 'n selfoon gespeel word.) Harde geluide "Kyk links en kyk regs, maar moenie verskrik wees nie!" (Doen met aksies.) Donderweer, ens. "Kyk op, kyk af en moenie bang wees nie."(Doen met aksies.) Musiek "Van voor en van agter, bo jou en onder jou, rondom jou en binne jou is die Here, die Ewige God." (Draai in die rondte met arms uitgesprei.) Woord "Ons is nie bang nie!" het julle geroep toe ons gestap het. Ons is nie bang om Bybel te lees of te bid nie, ons is nie bang om Kix (of Sonstraaltjies) toe te kom nie en nog baie ander dinge. Dis maklik om dit te sê, maar ons kan baie bang word wanneer ons weet van gevare. Nadat Moses dood is, moes die Israeliete in Kanaän intrek. Josua was nou hulle leier. In Kanaän was daar baie gevare; daarom het die Here vir Josua moed ingepraat. - Ons lees net 3 van die verse uit die Bybel voor: Josua 1:5 en Josua 1:8-9. - Herhaal vers 9. Plak nou die woorde van die vers teen 'n muur en laat die kinders dit saam met jou lees. Lees dit ritmies en hou by die ritme. Dit gaan die kinders help om die vers te onthou. - Vra nou 'n kind om al die "wees"-woorde toe te plak. Lees nou weer die vers. - 'n Volgende kind kan die woord "moenie" kom toeplak en dan lees julle die vers weer. Daar was baie probleme wat Josua moes hanteer. Hy was nou die nuwe leier van duisende Israeliete en hulle was baie keer opstandig en ongehoorsaam. Sou hulle na hom luister? Daar het oorloë voorgelê. Daar was 'n rivier waaroor hulle moes kom en hulle het nog elke dag water en kos nodig gehad. God het geweet Josua was oor al hierdie dinge bekommerd. Daarom het Hy die belofte gemaak. Plak nou "sterk", "skrik" en "die Here jou God" toe en lees weer die vers. In baie lande van die wêreld mag mense nie Bybel lees of in Jesus glo nie. Hulle word gevang as hulle bid of Bybel lees. Hulle weet hulle moet soveel as moontlik van die Bybel uit hul kop leer, anders vergeet hulle dit as hulle sonder 'n Bybel is. Hulle moet dag en nag daaraan dink. Wanneer die christene bymekaar kom, moet hulle fluister as hulle Bybel lees, sing of bid. Ons gaan nou die vers fluister asof ons dit vir hulle sê. - Fluister vers 9. - Vra nou vir die kinders of hulle kans sien om nog woorde toe te plak. - Lees dit dan een of twee maal. Dink aan iets waarvoor jy bang is. (Noem voorbeelde uit die kinders se lewens.) Skryf met jou wysvinger in die palm van jou hand waarvoor jy bang is. Maak dan vuiste met jou hande en druk jou vingers so styf as moontlik in jou handpalm. Sê weer die vers terwyl jy jou hande oopmaak en voor jou oophou. Glo jy dat die woorde van vers 9 waar is en dat die Here by jou sal wees? Josua het geglo en hy was gehoorsaam aan die Here. Die Here was al die tyd by hom. Ons sal die volgende twee weke hoor van die wonders wat gebeur het omdat Josua gehoorsaam was en alles wat God gesê het, gedoen het. - Hoor by die kinders of daar van hulle is wat kans sien om Josua 1:9 alleen te sê. Indien nie, vra of twee maats dit saam wil doen. - Laat almal opstaan en op een plek marsjeer terwyl hul die teks herhaal. Gaan sit daarna. Dit was nie net Josua wat die Here gedien het nie. Hy en sy huisgesin het saam geglo en God gehoorsaam. En nie net hulle nie… Josua het ook die hele volk, duisende mense, uitgedaag om vir die Here te kies. Daar was baie afgode in Kanaän en Josua het geweet dat die mense baie gou van die Here kan vergeet. Dit raak vir hulle interessant om van die afgode te leer en een-twee-drie, dan aanbid hulle afgode en draai hul rug op die Here. Daarom het Josua voor hulle gaan staan en gesê: "Kies die Here en dien Hom, maar oppas, julle moet mooi kies, want die Here laat nie met Hom mors nie. As julle vandag sê julle gaan Hom dien, kan julle nie weer omdraai en begin glo in afgode nie." Josua het nog 'n belangrike ding gesê. Hy het gesê dat, al kies die ander mense nie vir die Here nie, hy en sy familie sal die Here dien. Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink: 1. Ek wonder hoe het Josua se kinders gevoel toe hulle hoor wat hulle pappa sê. 2. Ek wonder hoe sal jy voel as jou pa of oupa voor almal sou opstaan en sê: "Ek en my familie sal die Here dien." (Of jou ma, ouma of die skoolhoof.) 3. Ek wonder watter woord in Josua 1:9 is vir jou die
<urn:uuid:27538bfa-d42c-4032-a8ec-196fdaa68084>-0
4
KAN 'N MIELIE MET 'N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Die Britse tydskrif, The Economist, het pas weer sy jongste Big Mac-indeks (Januarie 2014) bekend gemaak. Hierdie indeks vergelyk die pryse van die beroemde hamburger van MacDonald's in verskeie lande oor die hele wêreld met mekaar. The Economist het hierdie maatstaf in 1986 as 'n lighartige riglyn ontwikkel om aan te dui of die verskillende geldeenhede in lande waar Macdonald's as konsessiegroep funksioneer se waarde op dieselfde vlakke is, soos gebaseer op die teorie van koopkragpariteit (Purchasing-Power Parity). Die aanname is dat wisselkoerse oor die lang duur ewewig moet vind op vlakke waar die pryse van identitiese goedere en dienste in enige twee lande se geldeenhede dieselfde is. Die Big Mac-burger is 'n homogene produk wat wêreldwyd presies dieselfde gemaak word en maak dit dus 'n goeie kandidaat om sulke vergelykings mee te doen. Dit reflekteer ook die koste van grondstowwe (vleis, brood, aartappels), arbeid (kelners en kokke), kapitaal (geboue en masjinerie) en ook winsmarges van daardie lande waar dié hamburger geproduseer word. So byvoorbeeld is die gemiddelde prys van 'n Big Mac-burger in Januarie 2014 in Amerika $4.62 terwyl dit in Suid-Afrika R23.50 beloop. Teen 'n wisselkoers van R10.88 teenoor die dollar, is 'n Suid-Afrikaanse Big Mac se plaaslike dollarprys dus $2.16 wat daarop dui dat ons 'n Big Mac-burger baie goedkoper as die VSA kan produseer. Dit beteken dalk ook dat die Rand 53.3% onderwaardeer is teenoor die dollar, gebaseer op 'n Big Mac-burger se prys. Op grond van die Big Mac-indeks behoort die wisselkoers van die Rand tans R5.08 te wees om ons koopkrag op pariteit met die dollar te bring. Ons is later weer terug by die hamburger. Nou eers iets oor mielies en die vraag is of die koopkrag (Purchasing-Power Parity) daarvan ook soos dié van 'n Big Mac-burger bygebly het. Prys en opbrengs Figuur 1 bevat inligting oor die prys en opbrengs van mielies in die Oos-Vrystaat, soos gebaseer op Computus Bestuursburo se groepsgemiddelde syfers van die afgelope tien jaar: Figuur 1 toon aan dat die gerealiseerde mielieprys in 2004 van hierdie groep boere R930 per ton was terwyl hulle opbrengs toe 3.2 ton per hektaar was. Hoewel pryse én opbrengs van mielies redelik wisselvallig oor die tien jaar was, het dit in 2013 op onderskeidelik R2 121 en 4.5 ton te staan gekom. Die neigingslyn toon aan dat pryse en opbrengs geleidelik toegeneem het, ten spyte van die onderlinge wisselvalligheid. Inkomste, uitgawes en wins Figuur 2 toon die inkomste, uitgawes en wins van die mielievertakking van Computus se groep boere in die Oos-Vrystaat aan: Volgens Figuur 2 het die mielievertakking van boere in die Oos-Vrystaat se inkomste, sowel as uitgawes, met redelike wisselvalligheid oor die afgelope tien jaar toegeneem. Gevolglik toon die wins van hierdie vertakking ook dieselfde wisselvalligheid met die hoogste wins in 2008. Die neiging oor die afgelope tien jaar is egter aan die toeneem, ten spyte van die wisselvallige jaarlikse wins. Koopkrag Figuur 3 toon aan hoeveel ton mielies nodig is om sekere boerdery-items mee te kan aankoop. Dit word aangetoon vir grond, trekkers en kunsmis: Figuur 3 toon aan dat 'n boer 366 ton mielies in 2004 nodig gehad het om 'n trekker van 74 kW te kon koop terwyl dieselfde trekker se prys in 2013 die ekwivalent van 320 ton mielies was. Hierdie verhouding toon 'n wisselvalligheid soos wat veral die wisselkoers beide die trekker en mielies se prys beïnvloed het. Terselfdertyd het 'n boer in 2004 twee ton mielies nodig gehad om een ton KAN te kon aankoop terwyl 1.8 ton mielies vir hom een ton se KAN in 2013 kon aankoop. Die neigingslyn toon aan dat die koopkrag van mielies oor die afgelope tien jaar verbeter het in terme van trekker- en kunsmispryse. Ten opsigte van grondpryse toon Figuur 3 egter aan dat 'n boer in 2004 slegs 1.3 ton mielies nodig gehad het om een hektaar grond in Reitz-distrik te kon koop terwyl hy in 2013 nou 6.2 ton se mielies nodig het om 'n soortgelyke stuk grond te kan aankoop. In hierdie geval toon die neigingslyn'n verswakking van mielies se koopkrag. Dit is egter te wyte aan die skerp styging in grondpryse eerder as 'n verswakking in mieliepryse. Big Mac Figuur 4 toon die koopkrag van een ton mielies aan, spesifiek teenoor diesel, arbeid en dan 'n Big Mac-burger: Volgens Figuur 4 kon een ton mielies in 2004 vir 'n boer 924 liter diesel koop en kon hy in dieselfde jaar 0.8 arbeiders per maand met dieselfde hoeveelheid mielies bekostig. Hierdie verhouding het redelik gewissel oor die afgelope tien jaar omdat veral brandstof- en mieliepryse nie konstant gebly het nie. In 2013 kon een ton mielies 992 liter diesel koop terwyl dit 1.1 arbeiders se maandelikse loon kon betaal. In beide gevalle het een ton mielies se koopkrag dus toegeneem, ten spyte van wisselvallighede oor die afgelope tien jaar. Die uiteindelike toets is egter of mielies sy koopkrag kon handhaaf indien dit teen die Big Mac-burger gemeet word. Figuur 4 toon aan dat 'n boer in 2004 met een ton mielies vir homself 298 Big Mac-burgers sou kon koop terwyl hy 512 burgers in 2013 sou kon koop. Dit is 1.7 keer meer as in 2004 en die neigingslyn in Figuur 4 toon dan ook aan dat hierdie verhouding oor die afgelope tien jaar teen 'n redelike gradiënt toegeneem het. Dit bevestig dus dat 'n mielie wel met 'n hamburger kan kragte meet! Die Big Mac-indeks bly grootliks steeds 'n lighartige maatstaf van koopkrag maar toon tog dat die mededingendheid van mielies in die Oos-Vrystaat oor die afgelope tien jaar verbeter het. Selfs al word die geloofwaardigheid van die indeks betwyfel, bevestig die ander grafieke wel die neiging dat mielies se winsgewendheid toegeneem het ten spyte van die wisselvallighede van prys en opbrengs van die afgelope tien
<urn:uuid:7dcc9878-ec8e-4fc9-89af-c2c80141b0c6>-0
1
VERBRUIKERSTUDIES EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12 2014 Hierdie riglyne bestaan uit 14 bladsye. Blaai om asseblief Eksamenriglyne INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Verbruikerstudies beskryf die aard en doel van die vak Verbruikerstudies. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om: * Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat (NSS) -eksamen in Verbruikerstudies geassesseer gaan word. * Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei. Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA), Praktiese Assesseringstake (PAT'e) of finale eksterne praktiese eksamens, wat in 'n aparte PAT-dokument verduidelik word en elke jaar opgedateer word, nie. Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met: * Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV): Verbruikerstudies * Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumstelling, Graad R–12 * Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12) Verbruikerstudies is 'n dinamiese vak en dit is noodsaaklik dat onderwysers en leerders byhou by die huidige tendense/kwessies/ontwikkelings. 2. ASSESSERING IN GRAAD 12 2.1 Formaat van die Verbruikerstudies-vraestel vir graad 12 (bl. 64 KABV) 1. Die Verbruikerstudies-eksamen bestaan uit een 3 uur-vraestel van 200 punte. 3. Gevallestudies, scenario's, spotprente, grafieke, prentjies, etikette, spyskaarte en ander bronne sal, waar van toepassing, gebruik word. 2. Daar is SES VERPLIGTE vrae wat al die onderwerpe dek. 4. Elke onderwerp het subonderwerpe, bv. 5. Al die subonderwerpe sal oor 'n drie-jaar-siklus getoets word en nie noodwendig in elke eksamen nie. Onderwysers moet hulself daarvan weerhou om leerders af te rig in onderwerpe wat hulle voorspel. Dit is raadsaam om by die KABV se vereistes te hou. FORMAAT VAN DIE VERBRUIKERSTUDIES-VRAESTEL GEEN afsonderlike antwoordblad sal vir VRAAG 1 (kortvrae) voorsien word nie. ALLE vrae moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. Die vraestel begin met die volgende instruksies en inligting vir die leerders: (Die tydtoekenning word bygevoeg om die leerders te help om hulle tyd goed te bestuur sodat hulle die vraestel betyds kan voltooi.) 1. Al die vrae is VERPLIGTEND. 2. Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Skenk aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. 2.2 Kognitiewe vlakke Die eksamenvraestel maak voorsiening vir 'n reeks kognitiewe vlakke en verskillende moeilikheidsgrade/kognitiewe eise. Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV bl. 63) verskaf 'n uiteensetting van die verskillende kognitiewe vlakke van vrae. 3. UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV) VRAAG 1 moet soos volg beantwoord word: VRAAG 1: 1.1.2 B 1.1 1.1.1 C 1.1.3 A ens. Let daarop dat GEEN reëls oopgelaat word nie en dat die hoofletters gebruik moet word. Nadat VRAAG 1.1 beantwoord is, word 'n reël oopgelaat en VRAAG 1.2 word gedoen, bv. VRAAG 1.2 1.2.2 cholesterol ens. 1.2.1 F OF 1.2.1 anemie 1.2.2 C ens. OF Let daarop dat GEEN reëls oopgelaat word nie en dat hoofletters gebruik word. Nadat VRAAG 1.2 beantwoord is, word 'n reël oopgelaat. Deur 'n reël oop te laat nadat elke onderafdeling van die vraag beantwoord is, is dit maklik om te sien waar elke onderafdeling begin en eindig. Eksamenriglyne VRAAG 2: DIE VERBRUIKER Hierdie onderwerp staan op sy eie, maar kan ook met Voedsel en Voeding, Kleding en Behuising saamgesmelt word, bv. 'n gevallestudie/stelling/prentjie/spotprent kan gegee word wat die leerder moet interpreteer en vrae wat op die inligting wat verskaf is gebaseer is, sal gevra word. VOORBEELDE VAN VRAE: Kleding: 2.1 Gee DRIE riglyne oor hoe om oor die swak houding van 'n verkoopspersoon by 'n plaaslike klerewinkel te kla. (3) Die leerder moet die verbruikersinligting oor klagtes gebruik en dit op die inligting in die gevallestudie toepas. Behuising: 2.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag. Toe ek die huis ontruim het wat ek gehuur het, het my verhuurder die meeste van my deposito in sy sak gesteek, deur 'n lys deur te gaan van dinge wat stukkend of vermis was voordat ek ingetrek het. Hy het 'n stort afgemerk wat ek op my eie onkoste vervang het. Hy bedrieg duidelik al sy verhuurders met dieselfde kontrolelys. Hoe verdedig mens jouself teen oneerlike verhuurders? [Brief in Business Times, 2 Oktober 2011] 2.2.1 Antwoord die skrywer se vraag. (6) Die leerder moet die kennis wat hy/sy oor die verbruiker se regte het, gebruik en dit toepas om die probleem in die gevallestudie op te los. Voedsel en Voeding: 2.3 Verbruikers moet produketikette sorgvuldig deurlees voordat voedsel aangekoop word. Verduidelik elk van die volgende met betrekking tot die etikettering van voedselprodukte: 2.3.1 Eise 2.3.2 'Verkoop-teen datum' en 'Beste-voor datum'. VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 'n Gevallestudie/stelling/prentjie/spotprent/resep/maaltydplan/dieetplan moet gegee word wat die leerders moet interpreteer en vrae wat op die inligting wat verskaf is gebaseer is, sal gevra word. VOORBEELDE VAN VRAE: 3.1 Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ROLKOEK MET BESSIEVULSEL 3 groot eiers 155 mℓ koekmeelblom 100 mℓ strooisuiker 5 mℓ bakpoeier 5 mℓ vanieljegeursel VULSEL: 250 g aarbeie, in skyfies
<urn:uuid:8e2e3e4b-3959-4ad9-9296-6241f2847430>-0
3
Verwysing: 20180626-3778 13/7/1/2 Navrae: M Combrink Omsendbrief: 0025/2018 Vervaldatum: 28 December 2018 Aan: Adjunk-Direkteurs-Generaal, Hoofdirekteure, Direkteure (Hoofkantoor en distrikskantore), Adjunkdirekteure, Hoofonderwyskundiges, Hoofde: Kurrikulumondersteuning, Vakadviseurs, Kringbestuurders, Hoofde: Bestuur en Beheer, Adjunkhoofonderwyskundiges en Hoofde van inrigtings wat kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaateksamen voorberei Kort opsomming: Datums vir die eksamens en moderering van Suid-Afrikaanse Gebaretaal Huistaal Onderwerp: Datums vir die eksamens en moderering van Suid-Afrikaanse Gebaretaal Huistaal 1. Die Raad van Onderwysministers (ROM) het die 2018 Nasionale Seniorsertifikaat- (NSS-) eksamenrooster goedgekeur. Dit is in Omsendbrief 0006/2018, gedateer 25 Januarie 2018 bekendgemaak. 2. Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die datums vir die aflê van die Suid-Afrikaanse Gebaretaal Huistaal (SAGTHT) bekendgemaak. Dit is in Omsendbrief 0018/2018, gedateer 21 April 2018 uitgereik. 3. Na aanleiding van die insette van verskeie belanghebbendes, is daar besluit om die datums vir die 2018 SAGTHT NSS-eksamens soos volg te wysig: (a) SAGTHT V1 sal op Dinsdag, 06 November 2018 om 09:00 geskryf word (b) SAGTHT V2 sal op Donderdag, 15 November 2018 om 09:00 geskryf word (c) SAGTHT V3 sal op Dinsdag, 20 November 2018 om 09:00 geskryf word 4. Die datums vir die SAGTHT voorbereidende eksamens vir Graad 12 word soos volg gewysig: (a) SAGTHT V1 sal op Maandag, 13 Augustus 2018 om 09:00 geskryf word Veilige Skole: 0800 45 46 47 (b) SAGTHT V2 sal op Woensdag, 15 Augustus 2018 om 09:00 geskryf word (c) SAGTHT V3 sal op Vrydag, 17 Augustus 2018 om 09:00 geskryf word 5. Die voorbereidende eksamens sal sentraal in Pretoria nagesien word. Die nasiendatums is vanaf 28 tot 31 Augustus 2018. 6. Die DBO sal die modererings van die Skoolgebaseerde Assessering (SGA) en van Vraestel 4 (Waarnemings en Gebaretaal) in elke provinsie lei. Elke leerder se SGAportefeulje en SAGTHT Vraestel 4 sal deur ʼn span modereerders wat deur die DBO aangestel is, gemodereer word. 7. Die modereringsrooster is soos volg: 8. Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief en die gewysigde provinsiale 2018 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenrooster (Bylae A) onder die aandag van alle leerders wat Suid-Afrikaanse Gebaretaal Huistaal as vak neem. | Skool | Getal leerders – Graad 12 | Modereringsdatums | |---|---|---| | De La Bat-skool | 1 | 25 September 2018 | | Dominikaanse Skool vir Dowes | 3 | 25 September 2018 | GETEKEN: BK SCHREUDER HOOF: ONDERWYS DATUM: 2018-07-10 | Monday Maandag 2018-10-15 | 09:00 - 12:00 | CATN.1 | Computer Applications Technology Paper 1 (Practical) | Rekenaartoepassingstegnologie Vraestel 1 (Prakties) | |---|---|---|---|---| | Tuesday Dinsdag 2018-10-16 | 09:00 - 12:00 | INFT.1 | Information Technology Paper 1 (Practical) | Inligtingstegnologie Vraestel 1 (Prakties) | | Monday Maandag 2018-10-22 | 09:00 - 11:00 | ARBSA.1 | Arabic Second Additional Language Paper 1 | Arabies Tweede Addisionele Taal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | FRHSA.1 | French Second Additional Language Paper 1 | Frans Tweede Addisionele Taal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | GRMHL.1 | German Home Language Paper 1 | Duits Huistaal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | GRMSA.1 | German Second Additional Language paper 1 | Duits Tweede Addisionele Taal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | GUJFA.1 | Gujarati First Additional Language Paper 1 | Gujarati Eerste Addisionele Taal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | GUJHL.1 | Gujarati Home Language Paper 1 | Gujarati Huistaal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | GUJSA.1 | Gujarati Second Additional Language Paper 1 | Gujarati Tweede Addisionele Taal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | HBRSA.1 | Hebrew Second Additional Language Paper 1 | Hebreeus Tweede Addisionele Taal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | HNDFA.1 | Hindi First Additional Language Paper 1 | Hindi Eerste Addisionele Taal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | HNDHL.1 | Hindi Home Language Paper 1 | Hindi Huistaal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | HNDSA.1 | Hindi Second Additional Language Paper 1 | Hindi Tweede Addisionele Taal Vraestel 1 | | | 09:00 - 11:00 | ITLSA.1 | Italian Second Additional Language Paper 1 | Italiaans Tweede Addisionele Taal Vraestel 1 | | Monday Maandag 2018-10-22 | 09:00 - 12:00 | LTNSA.1 | Latin Second Additional Language Paper 1 | |---|---|---|---| | | 09:00 - 11:00 | MANSA.1 | Mandarin Second Additional Language Paper 1 | | | 09:00 - 11:00 | MGRSA.1 | Modern Greek Second Additional Language Paper 1 | | | 09:00 - 11:00 | PRGFA.1 | Portuguese First Additional Language Paper 1 | | | 09:00 - 11:00 | PRGHL.1 | Portuguese Home Language Paper 1 | | | 09:00 - 11:00 | PRGSA.1 | Portuguese Second Additional Language Paper 1 | | | 09:00 - 11:00 | SRBSA.1 | Serbian Second Additional Language Paper 1 | | | 09:00 - 11:00 | SPNSA.1 | Spanish Second Additional Language Paper 1 | | | 09:00 - 11:00 | TMLFA.1 | Tamil First Additional Language Paper 1 | | | 09:00 - 11:00 | TMLHL.1 | Tamil Home Language Paper 1 | | | 09:00 - 11:00 |
d8f89ddb-e02e-4d84-910e-bef5ab8f88b9-0
1
2 | | | 09:00 - 11:00 | NDBSA.2 | isiNdebele Second Additional Language Paper 2 | isiNdebele Tweede Addisionele Taal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:00 | XHOFA.2 | isiXhosa First Additional Language Paper 2 | isiXhosa Eerste Addisionele Taal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:30 | XHOHL.2 | IsiXhosa Home Language Paper 2 | IsiXhosa Huistaal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:00 | XHOSA.2 | isiXhosa Second Additional Language Paper 2 | isiXhosa Tweede Addisionele Taal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:00 | ZULFA.2 | isiZulu First Additional Language Paper 2 | isiZulu Eerste Addisionele Taal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:30 | ZULHL.2 | isiZulu Home Language Paper 2 | isiZulu Huistaal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:00 | ZULSA.2 | isiZulu Second Additional Language Paper 2 | isiZulu Tweede Addisionele Taal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:00 | SWAFA.2 | Siswati First Additional Language Paper 2 | Siswati Eerste Addisionele Taal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:30 | SWAHL.2 | Siswati Home Language Paper 2 | Siswati Huistaal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:00 | SWASA.2 | Siswati Second Additional Language Paper 2 | Siswati Tweede Addisionele Taal Vraestel 2 | | | 09:00 - 11:30 | SASHL.2 | South African Sign Language Home Language Paper 2 | Suid-Afrikaanse Gebaretaal Huistaal Vraestel 2 | | Friday Vrydag 2018-11-16 | 09:00 - 11:30 | AGRS.1 | Agricultural Sciences Paper 1 | |---|---|---|---| | | 09:00 - 12:00 | NTSC.1 | Nautical Science Paper 1 | | | 14:00 - 17:00 | DRMA.1 | Dramatic Arts | | Monday Maandag 2018-11-19 | 09:00 - 11:30 | AGRS.2 | Agricultural Sciences Paper 2 | | | 09:00 - 12:00 | NTSC.2 | Nautical Science Paper 2 | | | 14:00 - 17:00 | GRDS.2 | Engineering Graphics and Design Paper 2 | | Tuesday Dinsdag 2018-11-20 | 09:00 - 11:30 | NDBFA.3 | isiNdebele First Additional Language Paper 3 | | | 09:00 - 11:30 | NDBHL.3 | isiNdebele Home Language Paper 3 | | | 09:00 - 11:30 | XHOFA.3 | isiXhosa First Additional Language Paper 3 | | | 09:00 - 11:30 | XHOHL.3 | IsiXhosa Home Language Paper 3 | | | 09:00 - 11:30 | ZULFA.3 | isiZulu First Additional Language Paper 3 | | | 09:00 - 11:30 | ZULHL.3 | isiZulu Home Language Paper 3 | | | 09:00 - 11:30 | SWAFA.3 | Siswati First Additional Language Paper 3 | | | 09:00 - 11:30 | SWAHL.3 | Siswati Home Language Paper 3 | | | 09:00 - 11:30 | SASHL.3 | South African Sign Language Home Language Paper 3 | | | 14:00 - 16:30 | SEPFA.3 | Sepedi First Additional Language Paper 3 | | | 14:00 - 16:30 | SEPHL.3 | Sepedi Home Language Paper 3 | | | 14:00 - 16:30 | SESFA.3 | Sesotho First Additional Language Paper 3 | | | 14:00 - 16:30 | SESHL.3 | Sesotho Home Language Paper 3 | | | 14:00 - 16:30 | SETFA.3 | Setswana First Additional Language Paper 3 | | | 14:00 - 16:30 | SETHL.3 | Setswana Home Language Paper 3 | | | 14:00 - 16:30 | TSVFA.3 | Tshivenda First Additional Language Paper 3 | | | 14:00 - 16:30 | TSVHL.3 | Tshivenda Home Language Paper 3 | | Tuesday Dinsdag 2018-11-20 | 14:00 - 16:30 | XITFA.3 | Xitsonga First Additional Language Paper 3 | Xitsonga Eerste Addisionele Taal Vraestel 3 | |---|---|---|---|---| | | 14:00 - 16:30 | XITHL.3 | Xitsonga Home Language Paper 3 | Xitsonga Huistaal Vraestel 3 | | Wednesday Woensdag 2018-11-21 | 09:00 - 12:00 | HIST.2 | History Paper 2 | Geskiedenis Vraestel 2 | | | 14:00 - 17:00 | EQNS.1 | Equine Studies | Perdestudies | | Thursday Donderdag 2018-11-22 | 09:00 - 12:00 | BSTD.1 | Business Studies | Besigheidstudies | | | 14:00 - 17:00 | MRTE.1 | Maritime Economics | Maritieme Ekonomie | | Friday Vrydag 2018-11-23 | 09:00 - 11:30 | AFRFA.3 | Afrikaans First Additional Language Paper 3 | Afrikaans Eerste Addisionele Taal Vraestel 3 | | | 09:00 - 11:30 | AFRHL.3 | Afrikaans Home Language Paper 3 | Afrikaans Huistaal Vraestel 3 | | | 14:00 - 17:00 | AGRT.1 | Agricultural Technology | Landboutegnologie | | Monday Maandag 2018-11-26 | 09:00 - 11:30 | ENGFA.3 | English First Additional Language Paper 3 | Engels Eerste Addisionele Taal Vraestel 3 | | | 09:00 - 11:30 | ENGHL.3 | English Home Language Paper 3 | Engels Huistaal Vraestel 3 | | | 14:00 - 17:00 | DNCE.1 | Dance Studies | Dansstudies | | Tuesday Dinsdag 2018-11-27 | 09:00 - 12:00 | MUSC.1 | Music Paper 1 (Theory) | Musiek Vraestel 1 (Teorie) | | | 09:00 - 12:00 | SPES.1 | Sport and Exercise Science | Sport- en Oefeningwetenskap | | | 14:00 - 15:30 | MUSC.2 | Music Paper 2 (Comprehension) | Musiek Vraestel 2 (Begrip) | | Wednesday Woensdag 2018-11-28 | 09:00 - 12:00 | AGRM.1 | Agricultural Management Practices | Landboubestuurspraktyke | | | 14:00 - 17:00 | DSGN.1 | Design | Ontwerp |
d8f89ddb-e02e-4d84-910e-bef5ab8f88b9-1
0
Ontmoeting 8 EMMAUSGANGERS Luk 24:13 – 15: - viltbord met 3 figure: Jesus en die 2 Emmausgangers - prent van broodjie Sing: "Ek is nie 'n stapsoldaatjie nie" (Jan de Wet en die Loflaaitjies 2) "Hy leef, Hy leef, Hy leef" (Lofkleuters 1) "Jesus leef" (Lofkleuters 1) "Voel"-speletjie: Plaas 'n paar bekende goed in 'n kussingsloop of sak, bv. potlood, plastiekglasie, vrug, liniaal, balletjie, rekkie, ens. Elke kind kry 'n kans om sy hand in te steek, aan 'n item te voel en te raai wat dit is. Daarna haal hy/sy dit uit en kyk of hy/sy reg is. Stilword-ritueel: Gaan sit rug aan rug met 'n maatjie op die vloer en probeer sy of haar asemhaling hoor en voel hoe jou maatjie se rug op en af beweeg soos hy/sy asem haal. Hiervoor moet julle baie stil wees en mooi luister. Sit vir 'n tydjie so. Onthou dat die Here ook hier is en dat elke asemteug 'n genade is. Gebedsketting met gebede op papierstroke wat die kinders kan aflees: U is die Skepper van alles, Here. U hou alles in die heelal op die regte pad. U is die God van Abraham, Isak en Jakob. U het al deur die profete voorspel dat Jesus gebore sou word. U het voorspel dat Jesus sou ly en sterf. Dankie, Jesus, dat U in ons plek gesterf het. U Naam is groot oor die aarde. (Die stroke kan agterna aan mekaar vasgekram word om 'n gebedsketting te vorm.) Temalied vir kwartaal 2: "Ek hef my hande op" van Luidkidz. Gebruik 'n viltbord en prente om die volgende storie te vertel: Twee mans wat altyd by Jesus se dissipels was, was op pad van Jerusalem af na die dorpie Emmaus toe. Emmaus was omtrent 12 km van Jerusalem af. Hulle het met mekaar gepraat oor alles wat met Jesus gebeur het. Hulle was bitter hartseer dat Hy gekruisig is. Terwyl hulle daaroor wonder en praat, het Jesus self nader gekom en saam met hulle geloop. Hulle het Hom glad nie herken nie. Hy vra toe vir hulle: "Waaroor loop julle so met mekaar en praat?" Die twee mans het gaan staan. Hulle was baie hartseer. Kleopas, een van die mans, vra vir Jesus: "Woon jy nie in Jerusalem nie? Weet jy nie van al die dinge wat hier gebeur het in die dae wat verby is nie?" Jesus het vir hulle gevra: "Watter dinge?" Die twee mans vertel toe vir Jesus die hele verhaal van hulle vriend, Jesus, wat gevang, gekruisig en begrawe is. (Hulle kom nog nie agter wie saam met hulle stap nie.) "En nou hoor ons daar is van ons vriende wat sê dat hulle Hom gesien het, dat Hy opgestaan het uit die dood", het hulle baie ontsteld vir Jesus vertel. Jesus het begin om geduldig aan hulle verduidelik wat Moses en al die profete oor Hom geskryf het. Hy het vir hulle vertel dat God belowe het dat Sy Seun weer sou opstaan uit die dood. Hulle het aandagtig na elke woord wat Jesus sê, geluister en voor hulle hul kom kry was die 12km verby en was hulle in Emmaus. Jesus het gemaak of Hy verder wou loop. Die twee mans wou meer hoor en nooi vir Jesus om by hulle te bly. Dit was al amper aand. Jesus het saam met hulle by die huis ingegaan en by hulle gebly. Hulle het gaan aansit om te eet en Jesus het die brood geneem (soos Hy altyd gedoen het voor sy kruisiging) en God gedank daarvoor. Hy het die brood gebreek en vir die twee mans gegee. Toe het God hulle laat sien dat dit Jesus was. Maar Jesus het skielik verdwyn en hulle kon Hom nie meer sien nie. Die mans het nou besef waarom Jesus so opgewonde was om vir hulle alles te vertel en uit die Bybel te verduidelik. Hulle het dadelik opgestaan en in die donker na Jerusalem teruggegaan. Daar het hulle die elf dissipels en ook ander mense by hulle gekry. Hulle was opgewonde besig om te vertel dat hulle vir Jesus gesien het, toe Jesus skielik tussen hulle staan en vir hulle sê: "Vrede vir julle!" Almal het groot geskrik en gedink dis 'n spook, maar toe hulle aan Hom vat, het hulle gevoel dat dit regtig Hy was. Die kinders dink na oor die verhaal: - Ek wonder van watter deel van die storie het jy die meeste gehou. - Ek wonder watter deel van die storie dink jy is die belangrikste. - Ek wonder hoe dit sou gevoel het om aan Jesus te raak. Sluit af met die seëngroet: Leier: Mag die Here met jou wees hierdie week waar jy ookal gaan. Kinders: En met jou ook. Leier: Mag jy hierdie week in Jesus se voetspore stap. Kinders: Stap, stap, stap. Gebruik gerus hierdie prente op 'n viltbord. Knip die prente mooi uit en plak 'n lang strook vilt agterop elkeen. 'n Mens kan vilt of flennie op 'n stewige karton of hout of selfs die kante van 'n 5-liter koeldrankboks plak om as 'n viltbord te gebruik. Werskaf - Sandbak met mannetjies om die storie uit te speel. - Teken 'n kronkelpaadjie op die sement of met tou op die vloer. Elke kind kan rustig daardeur stap soos wat die Emmausgangers saam met Jesus gestap het. - Voorsien ekstra bakke sand waarop die kinders spoortjies kan vorm met hulle handjies. - Voorsien papier en verf. Sit 'n voorbeeld neer van 'n voetafdruk of
<urn:uuid:41d79e67-bc73-4d35-93fc-851842c09d0a>-0
4
INWONERDATA Merk Dogters Seuns Merk Vyf-dag loseerder Sewe-dag loseerder Leerder naam, van en graad Geboortedatum Selnommer van leerder Dieët-allergieë Merk: Normaal Vegetaries Ander Kontakouer / voog naam & van Huwelikstatus van kontakouer/ voog Selnommer van kontakouer / voog Mediese fonds *Afskrif van mediesefonds-kaart is verpligtend indien van toepassing Mediese fonds nommer Mediese kondisies Kroniese medikasie *Meld instruksies Sportbetrokkenheid Kultuurbetrokkenheid Gemeenskapsbetrokkenheid Buitesport, ander verenigings en/of ekstra klasse Dae en tye van betrokkenheid Akademiese gesindheid Kerk van keuse Eie verantwoordelikheid na kerk Hiermee onderneem ek, ____________________ouer/voog van __________________ , dat ek die koshuisbeleid gelees het en aanvaar. Handtekening van ouer / voog Handtekening van leerder __________________________ Datum SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK KOSHUISPLASING
dfa0643a-5959-4185-84f0-e24f7c37b950-0
1
Die begrip 'berit' in 'n aantal klaagpsalms: 'n Perspektief D J Human ABSTRACT The concept 'berit' in a few Psalms of Lament: A perspective. Concerning the understanding of 'berit', a century of research has been unable to exhaust the full dimension of possibilities which are covered by all the relevant Old Testament texts. Against the background of a defined hypothesis, an analysis was made of Psalms 25, 55, 74 and 83 with a literary-historical text approach to portray a few research results. The hypothesis reads as follows: The concept 'berit' portrays no uniform content and meaning within the corpus of the so-called psalms of lament and could accordingly not contribute to the debate connected to the origin, development and date of 'berit'. The study contributes to the nature of the term as far as its variegation is illustrated for a post-exilic functioning date. 1 INLEIDING Die uitgangspunt van hierdie studie is om 'n perspektief op die begrip 'berit' vanuit die formgeskiedchlike corpus van die sogenaamde klaagpsalms te bring. 'Berit' kom 21 keer in 13 psalms voor², waarvan vier psalms met sekerheid as sogenaamde klaagpsalms getipeer kan word³. Burden⁴ het in 1970 reeds in navorsingsresultate laat blyk dat "covenantal terms in the Psalms... need a careful study in the future". Sedertdien het enkele studies verskyn waarin die begrip se reikwydte gedeeltelik of ten volle in die Psalmboek aangespreek is⁵. Die Psalmboek reflektere 'n konsentraat van die teologie wat in oud-Israel beoefen is. As geloofsgetuienisse van individue en die gemeenskap wil hierdie liedere wat uit die lewe kom, na die lewe terugwys⁶. Die boek dien daarom as geloofsinspirasie vir die moderne gelowige in baie van sy lewensfasette en ervarings. Vir 'n sinvolle ondersoek en 'n bewerkbare corpus rondom 'berit' is 'n afgegrensde studieveld binne die Psalmboek dus noodsaklik. Die klaagpsalms bied 'n aktuele en bewerkbare navorsingsveld. Die begrip 'berit' kom met die uitsondering van Psalm 44, vyf keer binne die *formgeschichtliche corpus* van die sogenaamde klaagpsalms voor (25:10,14; 55:21; 74:20 en 83:6). Elkeen van hierdie psalms vertoon 'n poëtiese selfstandigheid waarin elke psalmdigter met 'n eie styl, vorm en inhoud aan sy gedagtes gee. Psalm 25 is 'n *akrostikon* met die herhaling van bepaalde sleutelwoorde as die vernaamste literêre kenmerk. In Psalm 55 word eweneens goedgekose *Leitworte* herhaal, maar die teks sal eerder vir sy tekskritiese problematiek en die opvallende aantal *hapax legomena* en *Sonderforme* onthou word. Psalm 74 se eiendomlikheid is geleë in die antiteses en *inclusio*-vorme asook die besondere opbou van die teks se struktuur. Psalm 83 kan as 'n digterlik vry-saamgestelde psalm tipeer word omdat historiese gegewens en geykte tradisies doelbewus ter wille van 'n poëtiese of literêre funksionering aangewend word. **2 HIPOTESÉ** Die perspektief wat hierdie navorsing op die begrip 'berit' wil weergee, word vanuit 'n bepaalde omlynde hipotese verdedig. Hierdie hipotese word soos volg verwoord: *Die begrip 'berit' het nie 'n eenduidige beeld of betekenis binne die corpus van die sogenaamde klaagpsalms nie en kan as sodanig nie 'n beduidende bydrae tot die ontstaans-, ontwikkelings- en dateringsdebat van 'berit' lewer nie. Die studie lewer wel 'n bydrae in soverre die aard van die begrip se veelkleurigheid rondom die reikwydte van 'n ná-eksiliese funksioneringsdatum geïllustreer word.* **3 SINTAKSIS, STYL EN METRUM** Sonder om inhoudelike aspekte as primêre uitgangspunt te neem, bly dit opvallend dat die gedifferensieerde beeld wat 'berit' vanuit die gekose *corpus* projekteer, uit 'n sintaktiese analise waarneembaar is. In al vyf gevalle verskyn 'berit' saam met afsonderlike werkwoorde binne verskillende sinskonstruksies wat soos volg saamgestel is: | Psalm | Sin | Vertaling | |-------|-----|-----------| | 25:10 | לְנַצֵּר בְּרִיתוֹ וְעָדָתָיו | ("vir hulle wat sy 'berit' en sy getuienisse bewaar") | | 25:14 | גְּבֻרִיתוֹ לְהוֹדְרִים | ("en sy 'berit' is om hulle bekend te maak") | Binne sintagmatiese verband word 'berit' se geskakeerdheid met die verskillende begrippe בָּרֵית ("bewaar"), יִדְרֹשׁ ("bekendmaak"), חֲלִיל ("onheilig"), וַיִּבְנֶה ("aanskou") en סְנֵי שְׁכָרָה ("sny/sluit") toegelig. Elkeen van hierdie werkwoorde gee uitdrukking aan die vorm en inhoud wat 'berit' reflekteer. Binne sy onmiddellike konteks verskyn die begrip voorts as deel van 'n relatiewe bysin (25:10), 'n doelsin (25:14), 'n stelsin (55:21), 'n bevelsin (74:20) en 'n redegewende sin (83:6). Grammaties word dit verbind met die partikel הַ + 'n partisipium (25:10), die partikel הַ + 'n infinitief (25:14), met 'n werkwoord (55:21) en imperatief (74:20) afsonderlik asook met die partikel הַ + 'n werkwoord (83:6). Waar 'berit' in twee gevalle saam met werkwoorde alleen verskyn, kom die begrip sintakties sowel ná (55) as vóór (83) die werkwoorde voor. Al vier psalms bevat 'n legio van stylfigure wat nie net poëtiese skoonheid bewerk nie, maar wat tot 'n bepaalde gestalte van die inhoud en tema in elke psalm bydra. Die stilistiese eie-aard bevestig telkens die selfstandige karakter van elke psalm. Geen versreël waarin 'berit' voorkom, kan met sekerheid as 'n parallelisme geïdentifiseer word nie. Slegs in Psalm 55 en 83 bestaan die moontlikheid dat 'berit', as deel van die tweede hemistige, 'n sintetiese of verklarende uitbreiding op die voorafgaande hemistige mag wees. In beide gevalle bly dit egter 'n twyfelagtige moontlikheid. Die metrum van die stiges waarin 'berit' verskyn is eweneens te onseker om 'n definitiewe afleiding daaruit te maak. Die metriese patrone wat wel geïdentifiseer word, sluit die volgende in: 4 + 3 (25:10), 3 + 2 (25:14; 55:20), 4 + 4 (74:20) en 3 + 3 (83:6). Uit hierdie gegewens kan bloot die variasie waarvan die gekonstateerde hipotese melding maak, bevestig word. 4 GEYKTE TRADISIES, MOTIEWE EN BEELDE Voordat die gevarieerdheid van 'berit' se semantiese inhoud aan die orde kom, is dit belangrik om 'n oorsigtelike beeld van die geykte tradisies, motiewe en beelde wat tot die ryke verstaan en betekenisinhoud daarvan bydra, te gee. 'n Deurlopende tema binne die corpus van die Ou-Testamentiese klaagpsalms is die worsteling wat die bidder(s) ervaar vanweë 'n bedreigde situasie wat ontstaan. Binne hierdie studie gee die sonde (Ps 25), ellende (Ps 25), 'n voormalige vriend (Ps 55) of die goddelose/vyand (Pss 25, 55, 74 en 83) tot so 'n situasie aanleiding. Al vier psalms waarin
<urn:uuid:d0ce87bc-6f44-423b-8da0-25246fcee177>-0
1
verbande tussen 'berit' en bepaalde aspekte van die psalms ondersoek. Hierdie navorsing gee egter inhoud aan 'berit' se betekenisinhoud vanuit die klaagpsalms en verskil ook van die bogenoemde eksegete se navorsingsdoel en afgegrensde studievelde. Dit dui voorts aan dat 'berit' nie net in terme van één verstaansmodel geïnterpreteer moet word nie\textsuperscript{12}. Die ope vraag waarmee hierdie studie afsluit en wat die weg en uitdaging vir voortgesette navorsing baan, is of 'berit' nie van aanvang af in die Ou Testamentiese geskiedenis en literatuur 'n begrip is wat 'n gedifferensieerde betekenisinhoud wil projekteer nie. Om vas te stel of M Noth\textsuperscript{13} en J Barr\textsuperscript{14} se bewerings oor 'n veranderde betekenisinhoud van 'berit' in latere Ou-Testamentiese tekste waar is, moet dit in breër verband binne die Psalmboek en die Ou Testament bestudeer word. Omdat die begrip so 'n sentrale en opsigtelike begrip binne die christelike kanon is, is die voortgaande bestudering van 'berit' onafwendbaar. In die lig van die voorafgaande navorsingsresultate bestaan daar dus genoeg motivering om die volgende hipotese as bewese bydrae tot die Ou Testamentiese wetenskap aan te bied: \textit{Die begrip 'berit' het nie 'n eenduidige beeld of betekenis binne die corpus van die sogenaamde klaagpsalms nie en kan as sodanig nie 'n beduidende bydrae tot die onstaans-, ontwikkelings- en dateringsdebat van 'berit' lewer nie. Die studie lewer wel 'n bydrae in soverre die aard van die begrip se veelkleurigheid rondom die reikwydte van 'n ná-eksiliese funksioneringsdatum geïllustreer word.} NOTAS: 1 Hierdie artikel gee 'n samevatting van 'n proefskrif wat onder leiding van Professor W S Prinsloo, Departement Ou Testament, Universiteit van Pretoria, voltooi is. 2 Vergelyk Psalms 25:10,14; 44:18; 50:5,16; 55:21; 74:20; 78:10,37; 83:6; 89:4,29,35,40; 103:18; 105:8,10; 106:45; 11:5,9 en 132:12. 3 Dit sluit Psalms 25, 55, 74 en 83 in. Psalm 44 wat deur talle eksegete as 'n sogenaamde klaaglied aangedui word - vergelyk onder andere H Gunkel & J Begrich, \textit{Einleitung in die Psalmen}. \textit{Die Gattungen der religiösen Lyrik Israels}, Göttingen 1933, 117; H C Leupold, \textit{The Psalms}, London 1959, 344; P C Craigie, *Psalms 1 - 50*, Texas 1983, 331 en K Seybold, *Die Psalmen. Eine Einführung*, Stuttgart 1991², 98ev, is nie vir hierdie navorsing oorweeg nie omdat die samestelling van die psalm uit 'n waarskynlike "danklied" (1-9) en 'n "klaaglied" (10-27) aan die psalm 'n uitsonderlike *Gattungs*problematiek verleen. N A van Uchelen, *Psalmen 41 - 80*, Nijkerk 1977, 21 meen tereg "deze psalm bestaat uit verschillende literaire vormen". Om hierdie problematiek te vermy en navorsingsresultate aan 'n eenduidige *Gattungscorpus* te verbind, is Psalm 44 vir die doel van hierdie studie weggelaat. Vergelyk J J Burden, *A Study of terminology describing treaty relationships between Israel and her neighbours during the Israelite monarchy*, Stellenbosch 1970, 188. J W H Bos, *Psalms and Sinai Covenant*, Michigan 1977, ondersoek slegs die "Sinai Covenant" in die psalms. S J de Beer, *The Davidic Covenant in the Psalms: A Methodological Investigation*, Pretoria 1989, ontleed die "Davidic covenant" in dieselfde *corpus* met 'n hoofsaaklike toespitsing op Psalms 89 en 132. H J Kraus, *Theologie der Psalmen XV/III*, Neukirchen 1979, 65-71, gee in sy Teologie op die psalms aandag aan die begrip met geselekteerde psalmverwysing. 'n Sistematiese ontleiding van al die psalms word nie gegee nie. F L Hossfeld, "Bundestheologie der Psalmen", in: *Der Neue Bund im Alten* (Hrsg E Zenger), Freiburg 1993, 169-176, se analise van 'berit' in die Psalmboek is die bevredigendste navorsing tot op hede. Desnieteenstaande ontbreek Psalms 55 en 83 by hom sonder enige motivering. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is die invloed van "berit" sigbaar in enkele psalmtledings van F C Fensham, "Psalm 21 - A Covenant Song", *ZAW* 77 (1965), 193-202 en P J Nel, "Psalm 132 and Covenant Theology", in: *Text and Context: Old Testament and Semitic Studies for F C Fensham* (Ed W Claassen), Stellenbosch 1988, 183-191. B Ströle, "Psalmen - Lieder der Verfolgten", *Bibel und Kirche* 35 (1982), 42. S Mowinckel, *The Psalms in Israel's Worship* I, New York 1962, 197 en B Duhm, *Die Psalmen*, Tübingen, 1899, xx, sal waarskynlik hiervan verskil. Beide wil die psalm teen 'n bepaalde historiese agtergrond lees. Met hierdie navorsingsresultaat word die vraag gestel of die sogenaamde Dawid-'berit' in die Psalmboek slegs tot Psalms 89 en 132 beperk moet word. Vergelyk die proefskrif van De Beer, *a w*, 1989, daaroor. F L Hossfeld, *a w*, 175. Bos, *a w*, 238, toets die bestaan van A Weiser se teorie oor 'n sogenaamde verbondsfees as hernuwing van die Sinai-'berit' aan die hand van 'berit' se voorkoms in psalms met 'n duidelike Sinai-'berit' verwysing. Alhoewel Psalms 55 en 83 nie deel van haar bestudeerde *corpus* uitmaak nie, is een van haar gevolgtrekkings dat "the word 'covenant' in the psalms reveals the wide spectrum of ways in which *berith* was understood in early Israel, i.e. as relationship, as commandment, and as promise or grant." 11 Hossfeld, *a w*, 169, ondersoek die begrip 'berit' in die Psalmboek, maar laat na om Psalms 55 en 83 by sy ondersoek te betrek. Hy konkludeer deur te sê: "Die Psalmen bieten ein differenziertes Bild unterschiedlicher Bundestheologien." 12 Daarmee word gepolemiseer teen standpunte wat 'berit' net in terme van 'n regsbegrip wil verklaar of die betekenisinhoud daarvan tot 'n enkele verstaanskategorie (bv as verpligting) beperk. 13 M Noth, *The Laws in the Pentateuch and Other Studies*, Philadelphia 1967, 93, sê "that in the late Old Testament literature the word "covenant" was emptied of all its meaning." 14 J Barr, "Some semantic notes on the Covenant", in: *Beiträge zur alttestamentliche Theologie - Festschrift W Zimmerli* (Hrsg H Donner), 1977, 35, beweer dat "the semantics of 'berit' were changing in late biblical and early post-biblical times", terwyl E Zenger, *Der Neue Bund im Alten*, Freiburg 1993, 39, van mening is dat "die Berit-Theologie der spätalttestamentlichen Literatur fast eine tabula rasa" is.
<urn:uuid:d0ce87bc-6f44-423b-8da0-25246fcee177>-1
1
Die ontwikkeling van die menslike bewussyn: Kan die postmodernekerk ruimte bied vir 'mitologie'? Ken Wilber se bydrae tot die pastoraat Author: 1 I.W. (Naas) Ferreira Abstract Affiliation: 1Departement Praktiese Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika Correspondence to: Naas Ferreira email: [email protected] Postal address: Posbus 12402, Elspark 1418, Suid-Afrika Keywords: psigoloog; mistikus; Oosterse Filosofie; godsdiens; grondbeginsels Dates: Received: 23 Apr. 2009 Accepted: 08 June 2009 Published: 09 Apr. 2010 How to cite this article: Ferreira, I.W., 2009, 'Die ontwikkeling van die menslike bewussyn: Kan die postmodernekerk ruimte bied vir "mitologie"? Ken Wilber se bydrae tot die pastoraat', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 66(1), Art. #181, 7 pages. DOI: 10.4102/hts.v66i1.181 This article is available at: http://www.hts.org.za Note: Hierdie artikel is 'n verwerking van 'n deel van I.W. Ferreira se MThverhandeling getiteld 'Die relevansie van Ken Wilber se integrale ontwikkelingsteorie vir die pastoraat' onder studieleiding van prof. dr Yolanda Dreyer, voorgelê en aanvaar in Augustus 2008 deur die Departement Praktiese Teologie, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. © 2010. The Authors. Licensee: OpenJournals Publishing. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License. The development of the human consciousness: Can a 'postmodern church' accommodate 'mythology'? Ken Wilber's contribution to pastoral care Postmodern theologians like Hal Taussig are not very optimistic about the future of Christianity. To them, the theistic (mythological) understanding of God is of little use in the postmodern world of the 21st century. Taussig prefers the grassroots Christianity, which has room for persons of all sexual orientations, and advocates ecological sensitivity. The question is: What do the followers of this spirituality teach their children about God? The solution is what Wilber calls 'the conveyer belt' and God's 'Kosmic address'. Everyone starts at square one, 'traditional' and grassroots Christians alike, and move along this conveyer belt. Along the way, there are seven stages and three perspectives, i.e. the first, second and third-person perspective, through which human consciousness could evolve. That means that any given person could have one of 21 different possible understandings and experiences of God. A questionnaire could assist pastors to determine at which stage or level of evolution an individual is, as well as the 'Kosmic address' that God has for that individual. Through spiritual exercises, pastors could then support the individual's further growth towards mature human consciousness. Inleiding Die kosmiese adres van God In sy boek A new spiritual home: Progressive Christianity at the grass roots beklemtoon Hal Taussig (2006) pluralisme in hedendaagse spiritualiteit. Hy voer aan dat die sogenaamde 'progressiewe Christene' (Taussig 2006:3) deur intellektuele ontleding en emosionele uitlewing hulle geloof met meer vertroue as die Christene van die sestiger- en sewentigerjare bevestig (Taussig 2006:2). Hierdie groep ondersteun die regte van vroue, homoseksuele en die omgewing. Hulle is moeg vir materialistiese verval, en verkondig 'n Christelike praktyk wat individue ondersteun om die oorheersende Amerikaanse paradigmas te weerstaan. Taussig se doel met sy boek is om hierdie nuwe stemme en hulle beweging aan die orde te stel. Hoewel hierdie groep progressiewe Christene nie homogeen is nie, wys Taussig (2006:5–52) vyf herkenbare karaktereienskappe uit wat die meeste van hulle in gemeen het. Die eerste eienskap is geestelike vitaliteit (lewensvatbaarheid), want, sê Taussig (2006:7–21), progressiewe Christene word geken aan geestelike vernuwing; deelnemende aanbidding; kunsryke eredienste waar mense hulle kan uitleef; die terugeising van vroeë Christelike rituele, sowel as die aanvaarding van nie-Christelike rituele; en kleingroepontwikkeling vir geestelike groei en versorging. Taussig skilder 'n gans ander prentjie as wat die Amerikaanse media oor Christene berig, maar hou vol: 'No longer satisfied with clear thinking and good ethics, a new generation of Christian communities has developed an emotionally textured, deeply participatory, expressive creative, and globally eclectic spiritual pattern' (Taussig 2006:20). Die tweede karaktereienskap van progressiewe Christene is intellektuele integriteit (Taussig 2006:23– 34). Mense praat anders oor God: Die grootste verandering is dat die klem nie meer op die persoonlike God val nie, maar dat God eerder as gees of energie beskou word. Vir die progressiewe Christen is God anders in die wêreld teenwoordig. Jesus word 'verlaag' tot 'n teken dat God in elke mens teenwoordig is. Dié beweging stel ook 'n ander verhouding tussen godsdiens en die wetenskap voorop. Baie Christene aanvaar nou dat evolusie korrek is en dat die aarde nié die middelpunt van die heelal is nie. Progressiewe Christene sien hulleself as deel van die postmoderne bewussyn. Taussig (2006:32) stel dit soos volg: 'Indeed, the addition of postmodern suspicion of objective knowledge makes the critical intellectual capacities of this new brand of searching Christians all the more rigorous.' Christene hoef nie meer te voel dat hulle hulle intellek ter wille van die gemeenskap van die gelowiges of geestelike ervarings opoffer nie. Die derde eienskap is die deurbreking van geslagsgrense (Taussig 2006:35–42). Volgens Taussig (2006:35) is die uitstaande kenmerk van progressiewe Christene hulle aandrang op die gelykwaardigheid van sogenaamde GLBTs – gays, lesbiërs, biseksuele en transseksuele persone – voor God en in die kerk. Slegs een Amerikaanse kerkgroep, naamlik die United Church of Christ, het die tradisionele siening dat homoseksualiteit 'n sonde is reeds amptelik verwerp. Ander is egter vinnig besig om hulle voorbeeld te volg. Progressiewe Christene se drastiese vooruitgang wat homofobie betref, sou heel waarskynlik nie sonder die verdieping van die feministiese bewussyn onder Christene die afgelope veertig jaar plaasgevind het nie. Dít het tot die bevestiging van gelyke regte oor geslags- en seksueleoriëntasiegrense heen gelei. In hierdie verband kom Taussig (2006:42) tot die volgende gevolgtrekking: 'Progressive Christianity is gender-bended. As its creative grass roots and in its fledgling national efforts it has challenged the traditional gender roles of Christianity.' HTS 1 (page number not for citation purposes) Die vierde eienskap van progressiewe Christene is vitaliteit sonder meerderwaardigheid. Volgens Taussig (2006:43–48) het Christene twee geslagte gelede nog in 'n eksklusiewe Christelike borrel geleef, maar deesdae het byna elke Amerikaner persoonlike kontak met Boeddhiste, Jode, Moslems en Hindoes. Waar Christene voorheen meerderwaardig teenoor ander gelowe gestaan het, is daar nou 'n verdraagsamer houding teenoor ander. Taussig beskryf dié ontwikkeling soos volg: American Christians across the spectrum of belief are opening up to a more respectful relationship to people of other faiths, despite a clear lag in the formal expressions of many mainstream churches. Progressive Christians do not just practice tolerance of other faiths or content themselves with policy statements. They are actively promoting a kind of Christianity that seeks mutuality of respect and relationships with other religions. (Taussig 2006:47) Die vyfde en laaste kenmerk van progressiewe Christene is geregtigheid en ekologie. Taussig (2006:49–52) wys daarop dat die ontwikkeling van progressiewe Christenskap, en dié van feminisme en ekologiese sensitiwiteit of bewussyn tegelyk plaasgevind het. Laasgenoemde twee waardes is egter nie al waaraan progressiewe Christene aandag gee nie. Hulle is ook besorg oor maatskaplike geregtigheid, wat by
320a6c71-c4b6-4f47-9d8c-588f8d82c3e0-0
0
( ) _____ Enige godsdienstige en/of spirituele ervarings (kan (Marquis 2008) Die volgende is 'n lys van verskeie aspekte of subpersoonlikhede wat mense al in sekere omstandighede by hulleself opgemerk het, maar nooit by ander nie. Merk asseblief aan die linkerkant enige van die volgende waarmee jy al probleme gehad het. Soms besef ons eers ná die tyd dat ons op 'n sekere negatiewe manier opgetree het. Toon ook regs langs die probleem aan in watter situasie of konteks jy die gedrag geopenbaar het: ______ Onverantwoordelike kind _________________________ ______ Kritiese ouer ___________________________________ ______ Dominerende 'baas van die plaas' ___________________ ______ Gedoem tot mislukking; niegunsteling _______________ ______ Uitermatig streng regter of kritikus _________________ ______ Vals ____ ______ Onwaardig, nie goed genoeg nie ____________________ ______ Spoggerigheid, beter as enigiemand anders ___________ ______ Ander, beskryf asseblief ___________________________ Die vraelys kan afgesluit word met die volgende vraag: 'Is daar enigiets wat jy dink ek behoort te weet?' Deur bloot vas te stel op watter ontwikkelingsvlak lidmate hulle bevind, is egter nie genoeg om hulle tot geestelike volwassenheid te begelei nie. Dit verg geestelike oefening om van die een vlak na die volgende te beweeg, veral op die post-rasionele vlakke. Teasdale (1999:128) stel dit soos volg: 'Spiritual practice, the work of our transformation, is the means of inner growth towards human maturity glimpsed in the best of religious experience. It is critically important in authentic spirituality.' Daaglikse geestelike oefening is die tegnologie van innerlike transformasie. In haar ontleding en modernisering van Theresa van Avila se Interior castle beklemtoon Caroline Myss (2007:50) die waarde van geestelike oefening vir die gelowige se lewe. Geestelike oefening is die ruggraat waarsonder 'n mens geen transformasie kan aanpak nie. Oor algehele toewyding aan die transformasieproses spreek Myss (2007:51) haar soos volg uit: 'Personal transformations require the inner work of self-examination, contemplation, and prayer. You must learn to love the discipline of the interior life and all that it requires of you.' Nadat Roger Walsh (1999) wêreldgodsdienste en hulle onderskeie oefeninge vir geestelike groei bestudeer het, wys hy die volgende sewe oefeninge uit (Walsh 1999:14): * Herskep jou motivering: Beperk hunkering, en bepaal jou sielsbegeerte. * Ontwikkel emosionele wysheid: Genees jou hart, en leer om lief te hê. (page number not for citation purposes) * Lewe eties: Voel goed deur goed te doen. * Wakker jou geestelike visie aan: Sien en herken die goddelike in alle dinge. * Konsentreer en kalmeer jou gedagtes. * Ontwikkel geestelike intelligensie: Word wys, en begryp die lewe. beleef die vreugde van onbaatsugtige diens. * Wees 'n lewende bewys van die Gees: Wees goedhartig, en Bo en behalwe die fisieke en psigiese voordele wat daaruit spruit, glo Walsh (1999:4, 5) ook geestelike oefening het die volgende doel: The ultimate aim of spiritual practice is awakening; that is to know our true Self and our relationship to the sacred…We see that we are a creation of the sacred, intimately and eternally linked to the sacred, and forever graced and embraced by the sacred. (Walsh 1999:4, 5) Teasdale (1999:24) beskryf weer die invloed wat verskeie ander vorme van geestelike oefening op die innerlike lewe van gelowiges kan hê soos volg: All spiritual practices are transformative, be they contemplative forms of prayer, meditation and sacred reading; a restful, active participation and presence in liturgy and ritual; music and chanting; yoga and certain martial arts; hiking and even walking. They change us within and make this inner change consistent with our actions in the world in our daily lives. (Teasdale 1999:124) Selfs in die institusionele kerk is geestelike oefening dus noodsaaklik – eers om die ontwikkelingsvlakke en -kwadrante te herken, en om lidmate dan te begelei om op hulle eie tyd en volgens hulle eie vermoëns te ontwikkel. Wilber se bydrae tot die pastoraat lê daarin dat hy aantoon dat postmoderne christenskap slegs een tree op die 'geestelike vervoerband' is en nie die hele vervoerband is nie. Die pastoraat behoort dus ruimte te hê vir gelowiges wat op ander vlakke, soos die mitologiese, verkeer. Alle gelowiges is immers op 'n ontwikkelingspad; almal is in verskillende stadia van die 'geestelike vervoerband', nie een minder of meer geldig as die ander nie. Alle gelowiges moet tog iewers begin, en kan deur pastorale begeleiding en geestelike oefening vorder tot die bewussynsvlak waar hulle wil wees. Literatuurverwysings Almaas, A.H., 2000, Facets of unity: The Enneagram of holy ideas, Shambhala, Boston/Londen. Ferreira, I.W., 2008a, 'Die ontwikkeling van die menslike bewyssyn: Die postmoderne vraag na God [The development of the human consciousness: The postmodern quest for God]', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 65(1), Art. #178, 6 pages. DOI: 10.4102/hts.v65i1.178 Beck, D.E. & Cowan, C.C., 2006, Spiral dynamics: Mastering values, leadership, and change, Blackwell Publishing, Malden, Massachusetts. Ferreira, I.W., 2008b, 'Die ontwikkeling van die menslike bewyssy: Teorieë oor die ontwikkeling van menslike bewussyn – die ontdekking van die ''misterie van die siel" [The development of the human consciousness: Theories of the development of human consciousness – discovering the "mystery of the soul"]' , HTS Teologiese Studies/Theological Studies 65(1), Art. #179, 7 pages. DOI: 10.4102/hts.v65i1.179 Keating, T., 1994, Intimacy with God: An introduction to centering prayer, The Crossroads Publishing Company, New York. Ferreira, I.W., 2009, 'Die ontwikkeling van die menslike bewussyn: Ken Wilber se AQAL-teorie [The development of the human consciousness: Ken Wilber's AQAL theory]' , HTS Teologiese Studies/Theological Studies 66(1), Art. #180, 8 pages. DOI: 10.4102/hts.v66i1.180 Marquis, A., 2008, The integral intake: A guide to comprehensive idiographic assessment in integral psychotherapy, Routledge, New York. Myss, C., 2007, Entering the caste: An inner path to God and your soul, Simon & Schuater, Londen, GB. Rohr, R & Ebert, A., 2008, The Enneagram: A Christian perspective, The Crossroad Publishing Company, New York. Riso, R. & Hudson, R., 2000, Understanding the Enneagram: The practical guide to personality types, Houghton Mifflin Company, Boston, New York. Spong, J.S., 2007, The future of the Christian tradition: The Jesus Seminar, R.J. Miller (red.), Polebridge, Santa Rosa, Kalifornië. Sturgess, S., 2002, The Yoga book: A practical & spiritual guide to self-realization, Watkins Publishing, Londen. Taussig, H., 2006, A new spiritual home: Progressive Christianity at the grass roots, Polebridge Press, Santa Rosa, Kalifornië. Walsh, R., 1999, Essential spirituality: The 7 central practices to awaken heart and mind, John Wiley & Sons Inc, New York. Teasdale, W., 1999, The mystic heart: Discovering a universal spirituality in the world's religions, New World Library, Novato, CA. Wilber, K., 2006, Integral spirituality: A startling new role for religion in the modern and postmodern world, Integral Books, Boston/Londen. HTS 7 (page number not for citation purposes)
320a6c71-c4b6-4f47-9d8c-588f8d82c3e0-1
1
Bid vir reën soos Elia van ouds Die idee dat God reën gee en weerhou is helder ingebed in die OT. Moses skrywe daaroor in sy tweede en derde preek net vóór die Intog in Kanaän en waarsku die volk dat God se seën aan gehoorsaamheid en sy straf aan ongehoorsaamheid verbind is (Deut 11; Deut 27; Deut 28). Die Psalms verkondig dieselfde waarheid (Ps 3-4; Ps 39) sowel as die profeet Esegiël (Eseg 25). 'n Helder voorbeeld hiervan is die profeet Elia wat in opdrag van die Here droogte aankondig, vanweë die sonde van Agab, en drie jaar later weer die reën, nadat die mag van die Baälprofete gebreek is (1 Kon 17-18). Hierdie helder Skrifgetuienis lê agter die oproep om hierdie God aan te roep as dit droog is en jou voor Hom te veroortmoedig en uitkoms te vra. Trouens, dit is die enigste rede waarom ons op enige plek kan bymekaar kom om te bid. God belowe dat Hy gebede sal beantwoord. Daarom is die Here se woord aan Salomo steeds geldig, maak nie saak wie voor Hom verskyn nie: "As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle veroortmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Êk die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees." (2 Kron 7:13-14). God sal luister na dié wat hulle voor Hom veroortmoedig en van Hom vra. Dit glo ek met my hele hart. Hy luister self na vreemdelinge, soos Salomo in sy gebed onderstreep. God luister: "ook na die uitlander wat nie uit u volk Israel is nie ... sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken en U vrees soos u volk Israel" (2 Kron 7:32-33)! Hierdie OT Woord is alreeds 'n duidelike woord wat deur gelowiges (en vreemdlinge) ter harte geneem moet en kan word. Dit is die wonderlike Skriftuurlike basis waarop ons kan en mag vra dat God sal ingryp, want ons glo dat God in beheer is van die natuur. Hy is na alles die Skepper en Instandhouer van die heelal, soos talle van ons elke Sondag met die Apostoliese Geloofsbelijdenis bely. Wat baie gelowiges egter vergeet, is dat dié boodskap net so sterk in die NT verkondig word. Lees net weer vir Jakobus wat die voorbeeld van die biddende Elia aangryp as 'n model wat ons kan navolg. Hy wil hê dat ons, soos Hy, sake van belang voor God sal bring, en sôos hy ernstig sal bid en intree. Hoekom? "Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking. Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie. Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes gelewer." (Jak 5:16-18). Meer nog, die mag oor die natuur word aan die getuienis van die kerk in die wêreld verbind. Lees weer die Openbaring van Johannes wat sê: "Hulle (die twee getuijes) het die mag om die hemel toe te sluit, sodat daar gedurende die hele tyd wanneer hulle God se boodskap verkondig, geen reën sal val nie. Hulle het ook die mag om al die water in bloed te verander en om die aarde met allerhande plaë te tref so dikwels as hulle dit nodig vind." (Openb 11:6). Hierdie twee getuijes is waarskynlik 'n metafoor vir die getuienis van die kerk, soos talle teoloë dit uitleê. Wat beteken dat ons as kerk ook kan saamkom om by die Here in te tree vir die breek van die droogte, soos hierdie getuijes, en soos 'n Elia. Trouens, dit is wat Jesus doen. Hy tree vir ons vanuit die hemel in (Hebr 9:24), en ons bid in die Gees dat Hy alles ten goede sal laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, al weet ons nie eers altyd hoe ons moet bid nie (Rom 8:28). Dit maak natuurlik nie saak in watter gestalte van die kerk ons is nie, klein of groot, jonk of oud. Die belangrike is om te bid, sodat God se eer in ons konteks voorop kan staan. En daar uitkoms kan kom. Daar is sommige wat Jesus aanhaal (Matt 5:45) wat gesê het dat God reën gee oor regverdiges en onregverdiges, en dat dit beteken dat sonde geen rol speel nie. Dit is aan die een kant waar. God se reën is bedoel vir almal, sonder uitsondering. Maar aan die ander kant is dit 'n halwe waarheid. Jesus praat nie daar oor droogtes nie. Hy praat daar oor ons liefde vir ons vyande. Ons moet dus die konteks waarin Jesus dit sê reg lees. Hy gebruik dié voorbeeld van God se algemene genade in die Bergrede om ons op te roep om ons vyande lief te hê, en nie self vyandig te wees nie (Matt 5:44-48). Hy maak nie 'n uitspraak oor droogtes nie. Jesus het nie gesê dat daar nooit droogtes sal wees nie. Hy het nie gesê dat God nooit sal optree teen mense wat ongehoorsaam is nie. Inteendeel. Hy waarsku in dieselfde Bergrede dat ons nie moet dink dat ons die wet van God kan verbreek en skotvry daarvan afkom nie. Hy gee ses voorbeelde daarvan juis in Matteus 5! Die waarheid van die Skrif is nie net dat God seën nie. God straf ook. En dit gebeur in dié lewe, selfs in gemeentes (Ananias en Safira - Hand 5; Swakkes, siekes en sterfgevalle in die gemeente weens die onwaardige gebruik van die nagmaal - 1 Kor 11), sowel as in die lewe wat kom (Matt 25:46; 2 Tess 1:9; Hebr 10:29; Jud 7,11). Die hele Skrif moet gebruik word in ons teologie, nie net een aanhaling uit die Bergrede waarmee nie net die res van die hoofstuk as konteks geignoreer word nie, maar die res van die Skrifboodskap ontkrag word nie. Trouens, gemeentes word opgeroep om ongehoorsaamheid te straf (2 Kor 10:6). As daar dus oor sonde gepraat en dit bely word, is dit nie net die korrupsie en misdaad daar buite nie. Dit is ook die sondes wat binne gemeentes gepleeg word, ook dié waarin ons nie ons verpligting nakom om ongehoorsaamheid van lidmate met die opsig en tug te hanter nie. Bid ernstig dat die Here die droogte sal breek] Waar jy dus ook al jouself bevind, begin om ernstig in te tree en soos 'n Elia van ouds te vra dat die Here uitkoms sal gee in die Wes-Kaap en Oos-Kaap en enige ander plek in ons land waar die droogte nou krisis afmetings aanneem. Jy kan gerus ook vir die wêreld bid, maar ons fokus is nou duidelik in Suidelike Afrika. Onthou Namibië sukkel ook plek plek. Baie kerke bid die 14de Februarie saam. Ek hou 'n byeenkoms dié aand in Somerstrand gemeente om 17:30. Jy is welkom om saam te kom bid! Die Bybelskool sal net daarna om 18:15-19:00 hervat oor Josua. Daar is ook 'n groot byeenkoms in die Kaap die 24ste Maart van Angus Buchan. Moenie dat jou vooroordele in die pad staan van gesamentlike gebed nie. Maar jy het ook 'n binnekamer. Kom op jou knieë en bid! Die Here luister na die gebed van 'n regverdige. En bid dat die Here se Naam in dit alles geëer
<urn:uuid:9006cc6b-3221-4a1d-893a-2f043c5177a5>-0
1
Beleid vir studenteterugvoer oor Modules, Dosente en Programme Die Beleid aangaande Studenteterugvoer oor Modules, Dosente en Programme is deur die US Senaat op 18 April 2008 goedgekeur. Institusionele Studenteterugvoerbeleid Implementeringsdatum: 2008 Hersieningsdatum: 2013 1. Inleiding Studenteterugvoer is 'n belangrike sentrale proses gemik op die ondersteuning en bevordering van onderrig aan Universiteit Stellenbosch (US). Veranderinge in die nasionale sowel as die plaaslike hoër onderrigkonteks, asook wysigings met betrekking tot die operasionele sy van die studenteterugvoerstelsel, noodsaak wysiging van die bestaande dokumente van toepassing op studenteterugvoer. Hierdie beleidsvoorstel het ten doel om die bestaande beleid en prosedures (van toepassing sedert 2001) met betrekking tot die afneem en gebruik van studenteterugvoer oor modules, dosente en programme te hersien, en in een dokument saam te vat. 2. Funksies van studenteterugvoer Studenteterugvoer aan die US het veral die volgende doelstellings: 1. Om dosente te help om hul eie onderrig te bevorder; 2. Om modulespanne en departemente te help met besluite oor hul aanbodbenadering; 3. Om studente te betrek en te bemagtig, ten einde leer te bevorder; 4. Om onsself (fakulteite, departemente, modulespanne) van die gehalte van ons onderrig te verseker; 5. Om te dien as moontlike bykomende bron van inligting tydens prestasiebeoordelingsprosesse; 6. Om te help met die identifisering van uitstaande dosente, en die dokumentering van uitmuntende onderrig; en 7. Om te dien as 'n bykomende bron van inligting tydens gehalteversekering. 3. Uitgangspunte Die volgende uitgangspunte vorm die basis vir die verkryging en gebruik van studenteterugvoer aan die Universiteit. 3.1 Die gebruik van studenteterugvoer behoort eerstens ten doel te hê om individuele dosente te bemagtig om hul eie onderrig te bevorder, en behoort eers daarna, met groot omsigtigheid, vir enige ander doel aangewend te word. In die lig hiervan word daar aanvaar dat: 3.1.1 dit nodig mag wees om dosente (veral onervare dosente) te ondersteun met die interpretasie en gebruik van studenteterugvoer-resultate, om die rol wat dit in die ontwikkeling van individuele onderrig kan speel, te optimaliseer; 3.1.2 studenteterugvoerdata van nut kan wees wanneer gepaste personeel-ontwikkelingsplanne vir doserende personeel saamgestel word. Dit is egter nodig dat die data binne konteks hanteer en saam met ander databronne gebruik word; 3.1.3 studenteterugvoerdata nooit ongetoets, in isolasie, of buite konteks in die meet van onderrigprestasie, vir watter doel ook al, gebruik behoort te word nie, aangesien verskeie faktore die betroubaarheid van die inligting mag beïnvloed. 3.2 Die betroubaarheid van studenteterugvoerresultate kan deur verskeie faktore beïnvloed word (bv. grootte van die klasgroep, persentasie klasbywoning, die tydstip van afname, ens.). Hierdie, en ander faktore wat moontlik 'n rol mag speel, moet tydens die interpretasie van die resultate in berekening gebring word. 3.3 Bevordering van studenteleer by studente van wie terugvoer ontvang is, berus op wysigings in die module-aanbod tydens hul studietermyn. Die gebruik van intydse (formatiewe) terugvoer, wat nie noodwendig aan lynfunksie-bestuurders beskikbaar gestel hoef te word nie, word dus aangemoedig. Hierdie tipe terugvoer kan via die bestaande institusionele terugvoervorms, gefasiliteerde fokusgroeponderhoude, die "Classroom Assessment Techniques" beskryf deur Angelo en Cross 1 , of op enige ander gepaste wyse afgeneem word. 3.4 Die Universiteit aanvaar dat studente geregtig is op hul opinies en dat inligting met betrekking tot die resultate van die terugvoer wat hulle verskaf het, en aksies geneem op grond daarvan, aan hulle 1 Angelo, T.A. & Cross, P.K. (1993). Classroom Assessment Techniques (2nd ed.). San Francisco: Jossey-Bass. beskikbaar gestel word. Waar dit, weens die vertroulikheidsaspekte rakende individuele personeellede en/of studente nie moontlik is nie, behoort inligting oor die proses wat gevolg is, en moontlike uitkomste van die proses, gedeel te word. Kwantitatiewe data met betrekking tot modules behoort as 'n minimum aan studente beskikbaar gestel te word. 3.5 Daar word van studente verwag om die terugvoerproses met verantwoordelikheid te benader. 3.6 Aangesien studente anonieme terugvoer gee, is die terugvoerstelsel van so 'n aard dat studente hul opinies vrylik, sonder vrees vir benadeling of risiko van verdraaiing van die resultate, kan uitspreek. 3.7 Die wyse waarop terugvoer afgeneem word behoort gepas te wees vir die doel en die situasie. 'n Verskeidenheid van metodes behoort gebruik te word ten einde vraelysuitputting te probeer verminder. 3.8 Verantwoordelikheid vir die afneem van studenteterugvoer berus by elke fakulteit en departement. 4. Die US-benadering Die gebruik van elektroniese terugvoer word baie sterk aanbeveel, veral in die geval van modules met groot studentegetalle. Dit laat nie alleen groter soepelheid toe nie, maar kan ook teen 'n aansienlik laer koste en met groter spoed bedryf word. Daar word egter aanvaar dat die papiergedrewe proses steeds in sommige omgewings die mees gepaste sal bly. Die Universiteit ondersteun dus steeds parallelle stelsels van elektroniese en papiergedrewe terugvoer. Die Universiteit onderskei tussen studenteterugvoer wat na afloop van die onderrigproses (in die module of program) afgeneem word, en studenteterugvoer wat tydens die proses afgeneem word. In die geval waar studenteterugvoer volgens die vereistes van hierdie beleid tweejaarliks na afloop van die proses afgeneem word, word die resultate daarvan aan die lynfunksiebestuurders beskikbaar gemaak. Dit geld nie vir nuutaangestelde dosente wat binne hul eerste jaar van aanstelling, terugvoer gemik op die ontwikkeling van hul eie onderrig aanvra nie (vgl. 5.4.1). In die geval waar die terugvoer tydens die proses afgeneem word, word die resultate daarvan, tensy anders versoek, nie aan die lynfunksiebestuurders beskikbaar gestel nie. Klein wysigings wat vroeg in die onderrigproses aangebring word, kan studente help motiveer en studenteleer bevorder. Studente waardeer gewoonlik ook die geleentheid om hul opinies tydens die onderrigproses te kan lug, asook die feit dat personeel hul mening op dié wyse versoek. Die inwin van studenteterugvoer tydens die onderrigproses word dus sterk aanbeveel, maar nie vereis nie. Amptelike studenteterugvoer aan die US word in een van drie formate afgeneem: 4.1 vir onderrigprogramme; 4.2 vir modules; en 4.3 vir dosente. 5. Beleidsbepalings 5.1 Studenteterugvoer word as 'n vertroulike aangeleentheid hanteer. Dit impliseer dat: 5.1.1 die resultate van studenteterugvoer oor dosente en modules aan die dekaan en departementele/modulevoorsitter (en, waar van toepassing, afdelingshoofde) ter insae gegee word; 5.1.2 die resultate van studenteterugvoer oor leer- en onderrigprogramme aan die dekaan en die programkoördineerder beskikbaar gestel word; 5.1.3 die diskresie by die dekaan lê om, via die departementele of modulevoorsitter, en die programkoördineerder (in die geval van leer- en onderrigprogramme): 5.1.3.1 relevante inligting op toepaslike wyse aan die studente en ander belanghebbendes beskikbaar te stel, en 5.1.3.2 waar nodig, gepaste opvolgaksies te
97287248-748c-4498-b83c-aa7775ce0404-0
0
PERSVERKLARING HESSEQUA MUNISIPALITEIT KONTAK: Munisipale Bestuurder Mnr. Johan Jacobs [email protected] Hessequa Munisipaliteit Tel: 028 713 8000 VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING 14 Junie 2021 JEUGDAG VIERINGE GEKANSELLEER Jeugdag word op 16 Junie 2021 gevier en is dit ʼn huldeblyk aan diegene wat vir ʼn regverdige en demokratiese samelewing geveg het. As Burgemeester van Hessequa, ondersteun ek die viering van hierdie belangrike dag, aangesien dit ons herinner aan die belangrike rol wat ons jeug in die toekoms van ons land speel. Die Hessequa streek het 'n hoë werkloosheidsyfer onder ons jeug en die gebrek aan voldoende vaardighede, beperk hulle om hul volle potensiaal te bereik. Werkskepping, opleiding en vaardigheidsontwikkeling is die grootste deurslaggewende faktore wat nodig is om ons jeug toe te rus om hul toe te laat om die formele arbeidsmark te betree. Die bemagtiging van jeug is vir Hessequa Munisipaliteit ʼn prioriteit. Die Gemeenskap Ontwikkeling afdeling van Hessequa Munisipaliteit het dus onmiddellik ingekoop toe hulle deur die Stilbaai SAPD genader is om by hulle Jeugdag program op 16 Junie 2021 betrokke te wees. Die doel van die program was om jeugdiges aan bemagtigingsgeleenthede bloot te stel. As deel van die program sou jeugdiges die geleentheid gebied word om 'n loopbaan uitstalling by te woon. Op 10 Junie 2021 het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes van Suid-Afrika (NICD) bevestig dat Suid-Afrika nou amptelik die derde golf van COVID-19 infeksies betree het. Die afgelope 2 weke het ook getoon dat die aantal Covid-19 gevalle in die Hessequa munisipale gebied toeneem en is daar gevolglik besluit om die Jeugdag program af te stel. Enige navrae in die verband kan aan Mnr R Heunis by (028) 713 7805 gerig word. Ek doen hiermee ʼn beroep op ons jeug om nou meer as ooit verantwoordelik op te tree. Neem die veiligheid en gesondheid van julle gesinne, vriende en mede-skoliere in ag. Dra jou masker, was en ontsmet jou hande op ʼn gereelde basis en behou ʼn veilige sosiale afstand. Die verantwoordelikheid om die verspreiding van COVID-19 te voorkom begin by jouself. Grant Riddles Uitvoerende Burgemeester EINDIG UITGEREIK DEUR: Me D Budricks Hoof: Openbare Betrekkinge & Administrasie Hessequa Munisipaliteit Tel: 028 713 8000 E-pos:
26b6c2d3-a0ec-4d3d-aeb2-ff2c6ef3f847-0
1
Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie2022; 41(1):115 South African Journal for Science and Technology2022; 41(1):115 https://doi.org/10.36303/SATNT.2022.41.1.939 SATNT / SAJST ISSN: 2222-4173 EISSN: 0254-3486 © 2022 The Author(s) Creative Commons License [CC BY-NC 3.0] Open Access article distributed under the terms of the http://creativecommons.org/licenses/by-nc/3.0 referaatopsomming 'n Ondersteunende stelsel vir die toets van konsensus-algoritmes JDP Bothma, W Nel, RC Fouché Departement Rekenaarwetenskap en Informatika, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika Korresponderende outeur: J Bothma E-pos: [email protected] A support system for the test of consensus algorithms: The project is twofold: The first part consists of an analyser for identifying and extracting sections of the Bitcoin blockchain suitable for testing new algorithms. The second part is a pseudo-random number generator utilising data within the Bitcoin blockchain for use by a newly developed nonlinear proof-of-work algorithm. Bitcoin is 'n populêre digitale geldeenheid met 'n markaandeel van ongeveer 40% en 'n markkapitalisasie van R5.4 biljoen gemeet in November 2022 (CoinMarketCap, 2022). Bitcoin rus op drie pilare: die blokskakeldatastruktuur, 'n eweknienetwerk ('P2P') en die Bewysvan-Werk- (BvW) konsensusalgoritme. Hierdie konsensusalgoritme het egter aansienlike tekortkominge waarvan hoë energieverbruik slegs een is. Die wye reeks moontlike toepassings van die onderliggende tegnologie van Bitcoin dryf konstante navorsing en ontwikkeling van nuwe, beter algoritmes (Ferdous et al. 2020). In die ontwikkeling van nuwe konsensusalgoritmes moet die hipotese dat 'n nuwe algoritme meer effektief as 'n bestaande een is, getoets word. Die Bitcoin-blokskakel met die BvW-algoritme is geskik as maatstaf as gevolg van sy populariteit en bestaande gebruik as maatstaf vir ander algoritmes. Om die effektiwiteit van verskeie algoritmes te vergelyk, moet die invloed van ander faktore, soos berekeningsvermoë en mynpoele, verminder word. Die BvW-algoritme pas die moeilikheidsgraad vir die oplossing van 'n blok aan na gelang van die berekeningsvermoë van die netwerk. Hierdie eienskap verseker dat, gemiddeld, een blok elke tien minute opgelos word (Drescher 2017; Nakamoto 2009). Geen toetsnetwerk kan egter ooit dieselfde berekeningsvermoë besit as die huidige Bitcoin-netwerk nie. Sonder dieselfde berekeningsvermoë sal dit 'n geïsoleerde toetsnetwerk buitensporig lank neem om algoritmes te toets aangesien die moeilikheidsgraad gemik is op 'n veel hoër berekeningsvermoë. Historiese tydperke waar die berekeningsvermoë van die Bitcoin-netwerk soortgelyk was aan dié van 'n toetsnetwerk bestaan egter. Die blokskakel, wat in daardie periode gebruik is, kan dus gebruik word tydens eksperimentele toetsing van nuwe algoritmes. Hierdie projek vergemaklik die toets van nuwe algoritmes deur hierdie probleem as die primêre doel te hanteer. Die berekeningsvermoë van die toetsnetwerk word bereken en ingevoer, waarna die program afdelings ('epochs') in die Bitcoin-blokketting met 'n geskikte moeilikheidsgraad vir toetsdoeleindes gaan soek. Data uit die geïdentifiseerde afdelings kan dan onttrek word vir gebruik deur die toetsnetwerk. Tweedens dra die projek ook by tot die ontwikkeling van die nie-liniêre BvW-algoritme. Hierdie nie-liniêre algoritme wyk af van die BvW-algoritme deur 'n dinamiese teiken aan elke myner toe te ken in plaas van 'n uniforme teiken oor die netwerk heen (Bezuidenhout et al. 2020). Om te verhoed dat kriptoverwerkers hul dinamiese teikenwaarde manipuleer, kyk hierdie projek na verskeie pseudo-ewekansige nommergenerasiemetodes met data vanuit die bestaande Bitcoin-blokskakel. Die doel is om hierdie gegenereerde nommers tydens teikenbepaling te gebruik om moontlike manipulasie te verhinder. Verwysings Bezuidenhout, R., Nel, W., Burger, A., 2020, Nonlinear proof-of-work: improving the energy efficiency of bitcoin mining. Journal of Construction Project Management and Innovation 10(1), 20-32. https://doi.org/10.36615/jcpmi.v10i1.351. CoinMarketCap., 2022, Global cryptocurrency charts. Beskikbaar van: https://coinmarketcap.com/charts/. Geraadpleeg 16 November 2022. Drescher, D., 2017, Blockchain basics: A non-technical introduction in 25 steps. Apress Media LLC. https://doi.org/10.1007/978-1-4842-2604-9. Ferdous, M.S., Chowdhury, MJ.M., Hoque, M.A., et al., 2020., Blockchain consensus algorithms: A survey. http://arxiv.org/abs/2001.07091 Nakamoto, S., 2009, Bitcoin: A peer-to-peer electronic cash system. Beskikbaar van: https://bitcoin.org/bitcoin.pdf. Geraadpleeg 16 November 2022. SATNT / SAJST2022; 41(1) 115 http://www.satnt.ac.za
f3e8948a-ee48-434f-8fe1-130a8b2e7ee0-0
1
Gebed in Jesus se naam (Uit: 'Gebed maak alles anders' geskryf deur Bennie Mostert, Carpe Diem uitgewers) Die Naam van Jesus is van die allergrootste belang in voorbidding. Daarsonder is ons tot niks in staat nie, daarsonder het ons in werklikheid geen reg om na God toe te gaan of enigiets in gebed van Hom te vra nie. Om in die Naam van Jesus te bid, sê Wesley Duewel, beteken o.a. die volgende: * To pray in Jesus' Name is to pray for his sake. * To pray in Jesus' Name is to be conformed to his nature. * To pray in Jesus' Name is to use his Name as your reference. * To pray in Jesus' Name is to acknowledge His full role as God's anointed - your Prophet, Priest and King. * To pray in Jesus' Name is to claim Calvary's victory for your need. * To pray in Jesus' Name is to pray in all His authority. Om in Jesus se Naam te bid, is die sleutel tot al die krag en beloftes van God. Jesus sê baie pertinent dat ons in sy Naam moet bid: "Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen" (Joh.14:13-14). "Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra" (Joh.15:16). "Dit verseker ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam bid, sal Hy vir julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees" (Joh.16:23b-24). Van daardie dag af sal julle in my Naam bid en hoef Ek nie julle voorspraak by die Vader te wees nie... " (Joh.16:26). In die tyd wat die Bybel geskryf is, het die naam van 'n persoon sy persoonlikheid aangedui. 'n Persoon se naam het aangedui wie daardie persoon is en ook wat jy van hom kan verwag. In die Bybel is daar talle name waarmee Jesus beskrywe word en wat vir ons aandui hoe en wie Hy is en wat ons van Hom kan verwag. 'n Boek wat met groot vrug oor hierdie onderwerp gelees kan word en wat ook direk oor die gebruik van die Naam van Jesus in die gebed handel, is Living and praying in Jesus' Name (Dick Eastman en Jack Hayford). Om te bid in Jesus Naam, beteken om na God die Vader te gaan op grond van die verdienste van Jesus Christus. Jesus het vir ons die oorwinning aan die kruis behaal. Hy het in ons plek plaasvervangend gesterf en die weg tot versoening met die Vader, verlossing van ons sonde en ook oorwinning oor die sonde moontlik gemaak. Daar aan die kruis het Hy die Satan verslaan en vir ons die oorwinning oor die Bose behaal. In Jesus Naam het ons toegang tot die Vader, maar sonder Jesus en die naam van Jesus Christus het ons nie toegang tot God nie en is daar ook niks wat ons in die gebed van God kan verkry nie. Baiekeer maak mense staat op hulle eie geestelike volwassenheid, of hulle opregtheid, of hulle gebedsmetodiek of die feit dat God in die verlede al hulle gebede beantwoord het, om antwoorde op gebed te ontvang. Nee, niks wat die mens is, kan doen of gedoen het, maak dat God ons gebede beantwoord nie. Slegs die verdienste van Christus aan die kruis maak vir ons die pad na die Vader se hart oop en daarom moet ons in Jesus se Naam bid. 2 Korintiërs 1:20 sê dat alle beloftes ja en amen is in Christus Jesus. In Jesus is al God se beloftes waar (ja) en ons moet hierdie beloftes toe-eien (amen maak) deur in Jesus Naam te bid vir die vervulling van hierdie beloftes. Hoe moet ek die Naam van Jesus gebruik? Oordink die name wat hieronder genoem word, bid hulle - ja, gebruik hulle as "wapens" in jou gebedstyd. Gebruik die Name van die Here Jesus net soos wat jy enige ander belofte van God in die Skrif sal gebruik. Wesley Duewel noem die volgende aantal gedagtes in verband met die gebruik van die Naam van Jesus: * Verbly jou in sy kosbare Naam. * Onthou wat sy Naam (Name) verteenwoordig. * Gee uitdrukking aan jou liefde vir Hom deur sy Naam te gebruik. * Bid jou gebedsversoeke in sy Naam. * Glo in sy Naam. * Gebruik die gesag van sy Naam. * Heilig jou gebede in sy Naam. * Bestraf Satan in sy Naam. * Verkry Jesus se medewerking deur die gebruik van sy Naam. Gebruik die Naam van Jesus as jou wegkruipplek. * * Doen alles in die Naam van Jesus. Hier is sommige van die name van die Here Jesus soos dit in die Skrif gebruik word en wat ons in voorbidding kan gebruik: Name van God die Vader en die Seun Jos.5:14 Aanvoerder van die leër van die Here Adonai (God ons Regeerder) - Eseg.16:8 en 30 Advokaat -1 Joh.2:1 Afstammeling van Dawid -Op.5:5 Allerhoogste -Ps.18:13; Luk.1:76 Alles wat die Here laat uitspruit -Jes.4:2 Apostel van die geloof wat ons bely - Heb.3:1 Arm van die Here - Jes.51:9 Baie Groot Beloning - Gen.15:1 Balsem van Gilead - Jer.8:22 Banier vir die nasies ('n Vaandel onder die nasies) - Jes.11:12 Barmhartige en Genadige God Ps.86:15 Beeld van God - 2 Kor.4:4 Beeld van die Onsienlike God Kol.1:15 Bedienaar van die heiligdom - Heb.8:2 Beloner - Heb.11:6 Bergvesting - Ps.31:3 Bewaker van julle lewe - 1 Pet.2:25 Bewerker van wonderdade - Eks.15:11 Borg (van 'n beter verbond) - Heb.7:22 Bos Hennablomme - Hoogl.1:14 Bron van alle standvastigheid en bemoediging - Rom.15:5 Bruidegom (man) - Jes.54:5 Blink Môrester - Op.22:16 Christus - Joh.6:69 Christus Jesus - 1 Tim.4:6 Christus die Here - Luk.2:11 Christus alles en in almal - Kol.3:11 Christus die Krag van God (en die Wysheid van God) - 1 Kor.1:24 Christus ons lewe - Kol.3:4 Die Amen - Op.3:14 Die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die Eerste en die Laaste en die Lewende - Op.1:12-18 Die Apostel en Hoëpriester - Heb.3:1 Die Begin en Voleinder van die geloof - Heb.12:2 Die Bron van ewige saligheid - Heb.5:9 Die Brood wat God gee - Joh.6:33 Die Brood wat lewe gee (die Brood van die lewe) - Joh.6:35 Die Vader wat Hom ontferm - 2 Kor.1: 3 Die Een wat is en wat was en wat kom - Op.1:8 Die Een wat deurboor is - Sag.12:10 Die Eerste en die Laaste - Op.1:17 Die Eerste van baie broers - Rom.8:29 Die Eerste verhewe bo die hele skepping - Kol.1:15 Die Engel wat hulle gered het - Jes.63:9 Die Ewige Lewe - 1 Joh.5:20 Die Graanoffer - Lev.2:1-10 Die Gawe van God - Joh.4:10 Die Heerlikbeid van God - Heb.1:3 Die Heilige van Israel - Jes.29:19; 49:7 Die Hoof van elke man - 1 Kor.11:3 Die Klip wat deur die bouers afgekeur is - Ps.118:22; 1 Pet.2:6 Die
b8208931-d7f6-4ab4-9fb5-01f14d5d5c8a-0
1